foto deur corne pretorius weesgerus - druiwefees · candid camera – al daardie skelm klieks van...

16
Foto deur Corne Pretorius Weesgerus - Druiwefees

Upload: vudang

Post on 21-Mar-2019

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Foto deur Corne Pretorius Weesgerus - Druiwefees

Van my kant af…… Nadat die Mooifonteiner byna verdwyn het, is dit met groot opgewondenheid dat ek die eerste uitgawe van ons nuwe Mooifonteiner publiseer.

Die Mooifonteiner word: DEUR Mooifonteiners,

VIR Mooifonteiners, OOR Mooifonteiners uitgegee

Maak dit jul eie – ek is bloot die samestellers vir al die bydraes. Terwyl ek deur die ledebesonderhede gegaan het was ek verstom om na die beroepe van ons lede te kyk. Weet julle dat daar: Ingenieurs Passers & Draaiers Bestuurders (in verskeie rigtings) Pensionarisse Tuisteskeppers Verpleegsters & Susters Projek Bestuurders IT Spesialiste Tegniese Instrukteurs Besigheids Analiste Haarkapsters Boere Argitek Tekenaars Vliegtuigwerktuigkundiges

En baie, baie meer saam met ons kamp? Ek wil hierdie mense aan julle voorstel en beter leer ken. Ander onderwerpe waarvoor julle na kan uitkyk is: Ons eie “Klagtes & Komplimente” bladsy. Hier kan alle lede anoniem vir ons laat weet waarvan

het julle gehou, en waarvan nie tydens onlangse kampe/oorde. Geen persoonlike kommentaar nie asb – wat het gepla in die badkamers / staanplek / pad / weer ens, en wat het jou beindruk? Sal jy sekere oorde aanbeveel? Hoekom?

Wat eet julle? Ek gaan tydens elke kamp by ‘n paar van julle inloer om te sien wat word gebak

en gebrou. Wat drink julle? Daar is tog meer om te drink as water, Coke, bier of wyn. In elke uitgawe gaan

twee resepte vir skemerkelkies wees – een met alkohol en die ander alkohol vry. As jy jou eie skemerkelkie resep met ons wil deel is jy welkom. Gaan soek bietjie na jou avontuurlustige kant!

Snuffelblad – het jy kamptoerusting wat jy nie meer gebruik nie, maar steeds in ‘n goeie

toestand is? Laat weet my. Of dalk maak/vervaardig jy iets wat jy wil bemark – hier mag jy adverteer – gratis en verniet. Maak seker jou naam & kontakbesonderhede is korrek.

Candid Camera – al daardie skelm klieks van jou – stuur dit in! En die nabyskoot van oom Olifant of Leeu, hier’s die plek om te ‘brag’.

Wat is jou geheime kamp reëls om naweek kamp makliker te maak? Werk lysies vir jou? As jy

net een stukkie raad aan ‘n nuwe kamper kan gee, wat sal dit wees? Watter nuwe stukkie toerusting het jy gekoop – werk dit vir jou? Sal jy dit aanbeveel?

Het julle gedurende die afgelope jaar gekamp sonder SAWA – was dit lekker? Vertel ons watter

oorde julle besoek het, wat julle gedoen het, en waarom julle soontoe gegaan het. Is daar iets soos Kamp Etiket……. En Braai Etiket???? Wat is jou opinie?

Hoe kontak julle my? Helen 084 586 7695 [email protected] faks: 086 545 3116 Groetnis van wa tot wa en tent tot tent

Danie & Helen Dennis

GOD SE KRAG (Risa) Die storie word vertel van 'n seun wat in 'n ongeluk sy linkerarm verloor het. Aanvanklik het dit maar moeilik gegaan om so met een arm oor die weg te kom, maar met verloop van tyd het die kind dit al makliker reggekry. Op 'n dag besluit hy dat hy weer kans sien daarvoor om aan sport deel te neem en dat hy judo-lesse wil gaan neem. Hy begin klasloop by 'n ou Japanese man, wat hom sommer met die intrapslag 'n ingewikkelde beweging leer. En dit is toe ook waar dit bly. Vir 'n hele drie maande is hierdie beweging al wat die seun oefen. Op 'n dag, toe hy nou al redelik moeg is daarvoor om hierdie beweging oor en oor te oefen, vra hy sy sensei: "Sensei, is ek nie veronderstel om darem nou ander bewegings ook te leer nie?", waarop die sensei antwoord: "Nee, want hierdie beweging is al wat jy ooit gaan nodig kry!"

Die dag breek aan waarop die sensei die seun laat deelneem aan 'n judo-toernooi. Sy eerste twee opponente verslaan hy sommer in 'n japtrap. Die derde en vierde opponent is nie so maklik om te klop nie, maar met bietjie moeite kry hy dit tog reg. Hy dring deur na die eindrondte. Die laaste ou teen wie hy te staan kom, is 'n groot seun met bultende spiere. Die gehoor snak behoorlik na hulle asem, want hulle sien al hoe hierdie

groot ou die kleiner een heeltemal gaan vermorsel. En dan gebeur die ondenkbare - die seun met die een arm wen die geveg en daarmee ook die hele toernooi!

Op pad huistoe kan die seun nie uitgepraat raak oor sy ondervinding nie: "Sensei, dit is die wonderlikste ding wat nog ooit met my gebeur het! Maar daar is net een ding wat ek nie so mooi verstaan nie. Hoe is dit moontlik dat ek met net een beweging die toernooi kon wen?" "Jy het jou oorwinning aan twee dinge te danke," antwoord die sensei. "Nommer een: jy het die heel moeilikste gooi in judo nou amper bemeester. Nommer twee: die enigste verdediging vir daardie gooi, is dat jou opponent jou aan jou linkerarm gryp!"

Soms is dit wat vir ons na ons grootste swakheid lyk, in Christus ons sterkste punt, want God se krag kom juis tot volle werking wanneer ons swak is (2 Korinthiërs 12:9)!

GEBED: Here, dankie dat U krag in my tot volle werking kom juis wanneer ek op my swakste is. Dankie dat ek niks is sonder U nie, maar dat ek tot alles in staat is omdat U my krag gee!

WAT MAAK JOU BRAAI ‘n TREFFER?

Goeie geselskap, ‘n knetterende vuurtjie,

‘n tjoppie was sis op die kole…..

Wat is dit wat maak dat ons so behep is met braai….

Is dit die sous….. is dit die vleis….. of die bykosse……?????

Whiskey-marinade 1 Koppie sojasous ¼ Koppie Dijon-mosterd 1 koppie whiskey ¼ koppie bruinsuiker ½ teelepel sout 5 eetlepels Worcestersous ¼ teelepel swartpeper So maak mens: Meng bestandele en klits tot die suiker opgelos is. Marineer vleis vir minstens 1 uur Bedrup vleis gereeld met sous terwyl dit braai Heerlik saam met varkribbetjies, hoender vlerkies en tjoppies Mayonnaise Broodjie 250g Mayonnaise 2 koppies bruismeel 1 koppie melk Sif die meel Voeg mayonnaise en melk by Meng deeglik Bak 30 min oor medium kole tot goudbruin. Dit kan eenvoudig nie makliker nie!

HET JY GEWEET?

Een van die gevaarlikste bome om onder te kamp is „n bloekomboom. In Australie word

bloekombome ook “Widow makers” genoem omdat soveel afgebreekte takke op motors val en

mense dood maak.

Dit is veral in temperature hoër as 30° dat takke geneigd is om spontaan af te breek.

Wat is Salmonella, en waar kom dit voor?

Salmonella is „n bakterie, vernoem na die ontdekker, Daniel Salmon in 1906. Hierdie bakterie is

verantwoordelik vir baie siektes in mense en diere. Die mees algemene oorsaak van

voedselvergiftiging is Salmonella. In uitsonderlike gevalle kan dit selfs Tifus Koors veroorsaak.

Salmonella word versprei as gevolg van die aanraak of eet van besmette voedsel. Simptome

sluit in Diarrhea, naarheid, maag krampe en koors. Die meeste vleis en pluimvee wat ons

hanteer is „n potensiële bron van Salmonella, en daarom is dit so belangrik om veral hoender

goed gaar te maak. Salmonella ontwikkel ook wanneer vleis of pluimvee nie koud genoeg

gehou word nie.

Watter produkte kan Salmonella bevat?

Rou vleis

Rou eiers

Rou skulp vis

Melk

Kaas

Ons kan dit ook opdoen deur te raak aan skildpaaie, voëls en ander mense / hande wat die

bakterie aan hul hande het.

Nog ‘n goeie rede om gereeld jou hande te was!

‘n Gebed vir My Oudag - Anoniem

Bydrae van Lenie Viljoen Here,

U weet beter as ek dat ek ouer word

En dat ek eendag oud sal wees.

Help my dat ek nie praatsiek word nie,

En behoed my veral

Van die noodlottige gewoonte om

Iets te sê te moet hê

Oor elke onderwerp en by elke geleentheid.

Verlos my van die behoefte

Om alle ander mense se sake te moet reel.

Hou my gees vry van die relaas

Van nimmereindigende besonderhede.

Gee my vleuels om die kern van ‘n saak te kan stel.

Ek vra genade om na die verhale van ander mense

Se kwinte en kwale te luister,

Maar sluit asseblief my lippe

As ek oor my eie kwellings wil uitwei.

Hou my redelik goedgeaard, Here,

Want ‘n iesegrimmige oumens

Is een van die duiwel se pronkstukke.

Bewaar my van skynheiligheid

En heilig my lewe.

Maak my bedagsaam, maar nie buierig nie,

Hulpvaardig, maar nie baasspelerig nie.

As ek dink aan die skat van wysheid

Waaroor ek beskik,

Lyk dit vir my jammer dat ek

Dit nie alles kan gebruik nie, Here.

Leer my die groot les

Dat dit tog af en toe moontlik is

Dat ek my kon vergis het.

Want U weet, o Here,

Dat ek aan die einde van my lewe

Tog graag ‘n paar vriende wil oor hê.

Amen

2010 – Wat ‘n heerlike kamp jaar……

Eastco -Estelle en Elize lek die poeding pot uit

Potch Dam se Wenspan

Omaramba – as jy baie praat skeer ek

sommer jou borshare ook, skattie!

Kareekloof – dit was nat, koud en daar was

slange, maar watwou, Dan Ellis moet braai en

chips moet ons kry!

Ben & Desimar pronk langs

hul nuwe ryding – nogal in

„designer‟ klere by

Buffelspoort.

„n Spoggerige ontbyt word bedien by Buffelspoort

En dan was daar Kaia Manzi…….

Rene, geen

kommentaar

nie…. Dankie!

AJV Kaperjolle!

Wildtuin Toer 2010

Geheime Kamp – Ruby River Resort

Nou ja, wat kan ‘n mens meer sê!

Bestuur het lank en hard gesoek na „n oord vir ons Geheime Kamp – en wat „n verassing was dit nie!

Avontuurlik, opwindende natuurskoon, fantastiese geriewe, lieflike staanplekke & uitsig, rivier front,

visvang, DRIE swembaddens en heerlike, warm weer! Al was dit effens verder as gewoonlik, het die

oord meer as opgemaak daarvoor.

Vrydagaand het ons Vet Frikkies geeët en tot laatnag saam gekuier. Saterdag-middag was daar rugby in

die kroeg, Saterdagaand „n gesamentlike braai, en Sondagoggend moes ons die perdebye tot kalmte

roep voordat ons kon boekevat. Dit was „n kamp wat ons almal lank sal onthou!

Kyk weer…..

Albie Pretorius

het hierdie foto

geneem. ‘n

Krokodil wat ‘n

vis vang naby

die oord!

DIE VIS

Nee, dis nie Hoepfner se kleinkind nie – dis haar pop!

MANJANE KAMP

Bosveld streek se gryskoppe het ons genooi Die gryskoppe van Mooifontein

om ons gewig by hul kamp in te kom gooi –

Manjane kamp was toe ons voorland Amper ’n hele week was ons daar gestrand

En kan ons oumense nog kuier! Lag en gesels soos kerkklokke wat beier ...

Die weer het ‘hom’ knap gedra

Wat meer kon ons vra Met die berge en grasvlaktes om ons heen

Ontvang ons groot genade en seën

Die diere was ook glad nie skaam Oom olifant het gedog ons nooi hom ook saam

Met sy slurp op die motorkar enjin Was almal se nerwe maar baie dun ...

Soggens en saans was dit familie Kaspaas Wat hul na die kampeerplekke toe haas

Soos kuiergaste van ouds was dit hulle tyd vir iets stouts ...

Piesangs, beskuit, noem dit op

Al’s lê die wêreld vol Op elke asblik sit meneer

Heerlik in die son en mediteer -

Maar wie skrik nou vir Moeder Natuur Volgende jaar kom kamp ons weer hier

’n goeie prys is reeds beding Kyk wie kan jul almal na Manjane bring

Pensioenariskamp van Bosveldstreek

Dankie vir ’n wonderlike week –

Mooifontein pensioenarisse en Bets ’n Spesiale dankie ook aan jul

Soveel omgee maak mens klein en stil ...

Eztrelita 2010-08-16

Uit die Mond van die Suigeling……. Liewe Jesus Ek het nie geweet oranje pas by pers totdat ek diesonsondergang gesien het wat U Dinsdag gemaak het nie! Dit was so mooi! Eugene -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Moes die kameelperd so lyk of was dit 'n ongeluk? Norma -------------------------------------------------------- Liewe Jesus In plaas van om mense te laat doodgaan en heeltyd nuwes te moet maak, hoekom hou U nie die wat U nou het nie? ane -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Wie het die strepe om die lande getrek? Nan -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ek was na 'n troue en hulle het mekaar sommer daar in die kerk gesoen. Is dit reg? Neil -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Dankie vir my bababoetie, maar ek het vir 'n babahondjie gebid! Joyce -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Dit het die hele vakansie gereen en was my pa kwaad! Hy het goeters oor U gesê wat 'n mens nie veronderstel is om te sê nie, maar ek hoop maar dat U hom in elk geval nie sal seermaak nie. Jou Vriend (maar ek gaan nie vir U sê wie ek is nie!) -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Stuur asseblief vir my 'n ponie. Ek het nog nooit voorheen vir iets gevra nie, U kan dit maar naaslaan. Bruce -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ek wil net soos my pappa wees as ek eendag groot is, maar nie met soveel hare oral oor nie.. Sam -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ek dink soms aan U, selfs al bid ek nie. Elliott -------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ek wed dit is moeilik vir U om al die mense in die wereld lief te he. Daar is net vier mense in my gesin en ek sal dit nooit kan doen nie! Nan ---------------------------------------------------------

Liewe Jesus Van al die mense wat al vir U gewerk het, hou ek die meeste van Noag en Dawid. Rob ---------------------------------------------------------- Liewe Jesus My broers het vir my vertel van hoe 'n mens gebore word, maar dit klink nie reg nie. Hulle maak seker net 'n grap, nê? Marsha ---------------------------------------------------------- Liewe Jesus As U my Sondag in die kerk sal dophou, sal ek vir Jou my nuwe skoene wys. Mickey ---------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ons het geleer dat Thomas Edison lig gemaak het, maar in die Sondagskool leer ons U het. Ek wed hy't Jou idee gesteel. Donna --------------------------------------------------------- Liewe Jesus Ek dink nie enigiemand kan 'n beter God as Jy wees nie. U weet mos ek sê dit nie net omdat U alreeds God is nie, nê? Charles ---------------------------------------------------------- Liewe Jesus Miskien sou Kain en Abel mekaar nie so doodgemaak het as hulle elkeen sy eie kamer kon hê nie. Dit werk vir my en my broer. Paul ----------------------------------------

Die lewe sterf as jy ophou DROOM Hoop sterf as jy ophou GLO Liefde sterf as jy ophou OMGEE

Die Wette van Braai & Rooster

Om te braai is ‘n ernstige saak….. jy kan nie net wegspring nie, jy moet die reëls volg

Jy word die eerste keer genooi word vir ‘n braai, en jy staan die gasheer met raad en daad by. Toe jy die volgende keer genooi word vir ‘n braai hang daar ‘n bordjie bokant die braai:

“Wie braai, ek of *&#@ jy?” – as jy weer genooi wil word, oorweeg dit om minder raad en meer komplimente te gee!

***** Die braaier mag braai WAARVAN hy hou, en HOE hy daarvan hou.

***** Dit is onwettig om in ‘n ander persoon se braai te krap. Dit sluit in die rondstamp en omkrap van kole, toets-vingers in marinades of die onregmatige draai van roosters wanneer die braaier nie kyk nie.

***** Om sigaret stompies / gebruikte snesies / papiere, leë bierblikke ens in buurman se vuurtjie te gooi is bloot ongeskik, tensy jy jou stukkie vleis in ‘n gebruikte asbakkie of op ‘n gebruikte snesie wil eet.

***** Elke verbruiker van braaivleis is geregtig op ‘n skoon rooster tydens die braaiproses. Enige oorblyfsels van diere, klonte marinades en gefossileerde as moet verwyder word voordat die braaiproses begin.

***** Hoender mag vooraf in die mikrogolf gaargemaak word. Elke braaivleiseter het die reg om teen salmonella beskerm te word.

Nog vis nog vlees…… moet NOOIT vleis en vis saam braai nie – gebruik aparte roosters. Tensy jy mal is oor ‘n visserige T Bone….

***** Braaiers wat beskermende handskoene dra mag nie deur besoekers, vriende of familielede getart, geteister of gespot word nie. Die braai mag dalk net per ongeluk gly en op iemand se voet val…. Soos die spotter se voet!

Tot Volgende Keer

Helen Dennis