feesblad (50 jaar) van die gereformeerde kerk...
TRANSCRIPT
1
Gedenkblad
Gereformeerde Kerk Wonderboompoort 50 jaar
1960 – 2010
Inhoudsopgawe
1. Voorwoord bl. 3 2. Die wonderdade van die HERE in die Gereformeerde Kerk
Wonderboompoort bl. 4-13
3. Gedenk julle voorgangers bl. 14-20
3.1 Ds. J.B. du Plessis bl. 14
3.2 Ds. H.A. van Dalsen bl. 14
3.3 Ds. M.W. van der Walt bl. 16
3.4 Ds. I.W. Ferreira bl. 17
3.5 Ds. G.J. Meijer bl. 17
3.6 Ds. A.H. Klopper bl. 19
3.7 Ds. C. Jooste bl. 20
4. As die HERE die huis nie bou nie . . . Die bou van die kerk bl. 21-22
5. Lewende stene, ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom:
die liggaam van Christus in aksie bl. 23
6. Om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk: Die Kerkraad bl. 24-27
7. Vroue wat die godsvrug bely bl. 28-32
8. Verbly jou, o jongeling, in jou jeug: Jeugaksies bl. 33-34
9. Verbondsopvoeding en -onderrig: bl. 35-37
9.1 Geloofsopvoeding en -onderrig by die kerk bl. 35
9.2 Geloofsopvoeding en -onderrig by die skool bl. 36
10. Die hart van die verstandige verwerf kennis: Biblioteek en Legamus bl. 38
11. Verkondig die evangelie aan die ganse mensdom: bl. 39-42
11.1 Koningskinders bl. 39
11.2 Evangelisasie en Sending bl. 39
11.3 Evangelisasie-uitreik na Malawi bl 40
12. Ons glo aan die gemeenskap van die heiliges: bl. 43-53
12.1 Die woord van God is lewend en kragtig: Bybelstudie bl. 43
12.2 Gemeentekampe bl. 43
12.3 Gemeente-etes, broodjie-aande en kuier na kerk bl. 46
12.4 Genadegawes in aksie: Wonderdag bl. 48
12.5 50/50 toere bl. 51
13. Dra mekaar se laste: Die diakonale amp in die Gereformeerde Kerk
Wonderboompoort bl. 54-60
13.1 Inleiding: bl. 54
13.2 Kontakdae bl. 56
13.3 Wonderstap bl. 58
2
Gereformeerde Kerk Wonderboompoort
1960 – 2010
Soli Deo Gloria
Stigtingsdag van ons kerk bevestig
As elf desember negentien sestig.
Wonderboompoort begin dan nou
Met Christus as hoeksteen waarop ons bou
Verbondskind by tye gebring ten doop
Deur ouers met liefde geloof en hoop
Verklaar dan ook volle betekenis
Met afleg van geloofsbelydenis.
Woord en Gees lei ons na die Lewensbrood.
Hy, Helper in die nood, red ons van die dood.
Selfs ook in die swartste nag
Was die Heer alleen ons krag.
Ses leraars oor die vyftigjaar
Het hul by ons kerk geskaar.
Met een doel gaan hul mee akkoord,
Die suiwer bediening van Gods Woord.
Vele hoogtepunt om op te noem,
Niks waarop ons as mens kan roem.
U genade vir ons genoeg, o Heer.
Soli Deo Gloria – Aan God Alleen Die Lof En Eer!
Br. Kosie Pienaar
3
Voorwoord
In die lig van die ewige bestaan van die koninkryk van God, is vyftig jaar maar ʼn kort tydjie –
selfs in terme van die skepping, waarin ons Hemelse Vader sy koninkryk hier op aarde kom
vestig het en sy kerk op aarde gestel het, om sy Koningskap sigbaar te maak. Tog staan ons
verwonderd oor die genade van die Here, dat Hy dit beskik het om hier in die noorde van Pre-
toria, ʼn gemeente van Christus, die Gereformeerde Gemeente Wonderboompoort, te roep, te
vestig en te onderhou. Hierdie wete vul ons met verwondering en stem ons tot dankbaarheid.
Met hierdie gedenkalbum wil ons graag uiting gee aan hierdie groot verborgenheid. Ons leef in
tye waarin die bestaan van die kerk voortdurend aan menslike kritiek en wêreldse vrae blootge-
stel word. In die gees van die Hervorming kan ons as gemeente terugdink aan die groot genade
wat die Here aan ons bewys het.
Sola gratia – Genade alleen. In sy genade het dit God behaag om sy kinders, wat uit genade ge-
red is en in hierdie omgewing woon, bymekaar te roep en ʼn gemeenskap van gelowiges hier te
vestig. Ons kan terugkyk op vyftig jaar van God se genade aan gebroke sondaar mense, mense
wat te midde van gebreke, tog die genade ontvang het om hier in die liggaam van Christus op-
geneem, gevoed en versterk te word.
Solo Christo – Christus alleen. Ons gemeente is die liggaam van Christus en buig alleen voor
ons hoof Christus. Hý is ons Koning en Verlosser. Hý regeer in die gemeente deur die bedie-
ning van die ampte wat Hy ingestel het. As mense is ons sondige dienaars, wat nie altyd hierdie
regeermag sigbaar gemaak het nie, maar tóg kan ons erken dat Hy hier regeer en dat ons ge-
hoorsaam voor Hom buig.
Solo Scriptura – Die Skrif alleen. Die gemeente van God het nie van hoorsê van Christus se
koningskap verneem nie, maar ontvang sy openbaring in die Heilige Skrif. Op Sondae word die
Skrif verkondig, in die huise bedien, in die kategese geleer en in die pastoraat tot vertroosting,
vermaning en versterking bedien. Vir 50 jaar lank is die Skrif in die Gereformeerde Gemeente
Wonderboompoort die ruggraat van haar bestaan.
Solo fidei – Geloof alleen. Christus leer deur die verkondiging van die Skrif aan sy gemeente,
die wonder van sy genade. Die genade word sigbaar in die feit dat die regverdige alleen deur
die geloof sal lewe. As gemeenskap van gelowiges kan ons alleen lewe, omdat die gawe van
geloof in Christus Jesus deur die genade van God aan sy kerk gegee word.
Soli Deo Gloria – As ʼn gemeenskap van gelowiges, wat alleen voor Christus en sy Woord
buig, sien die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort sy roeping duidelik in hierdie wêreld.
Dit is ʼn roeping wat nie die wêreld nie, maar die eer van God, as sy hoogste roeping stel. Deur
die eer van God voorop te stel sal hierdie gemeente van Christus in hierdie wêreld haar roeping
vervul en gehoorsaam aan haar Koning wees.
Die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort staan in hierdie tradisie van die Reformasie, ín die
wêreld, maar nie ván die wêreld nie. Die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort beleef al 50
jaar die genade van die Here en wil daarom die eer aan God alleen gee.
Ontvang hierdie bundel met blydskap, nie as ʼn teken van eie prestasie nie, maar as ’n erken-
ning van die weë van die Koning met sy gemeente.
Soli Deo Gloria.
Ds. Christiaan Jooste
4
Die Wonderdade van die HERE
in die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort
Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hulle kinders
nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy
wonders wat Hy gedoen het, . . . sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore
word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders . . . (Psalm 78:3, 6)
Stigtingsnotule
Die Kerkraad van die Gereformeerde kerk Pretoria-Noord, het nadat hy:
i) met besondere dankbaarheid gelet het op die besondere seën van die Here in die snelle uit-
breiding van die gemeente;
ii) op verskillende vergaderings ernstige aandag gegee het aan die saak van intensiewer bear-
beiding,
op sy vergadering van 29 Julie 1960 besluit om daartoe oor te gaan om die oostelike deel van
die dorp en die vyf buitewyke oos en noord af te stig tot ’n selfstandige gemeente. Hierdie saak
is op 21 Augustus 1960 op ’n vergadering van die Kerkraad met die gemeente gestel. Die ver-
gadering was baie goed bygewoon en met algemene eenstemmigheid is besluit om die voor-
neme van die Kerkraad tot afstigting goed te keur. Die aansoek tot afstigting is aan die Klassis
Noordelike Pretoria op sy sitting van 22 September 1960 voorgelê en is so goedgekeur.
Die stigtingsdatum is deur die Kerkraad vir Sondag 11 Desember 1960 bepaal. Genoemde dag
was vir die Kerkraad en gemeente een van groot blydskap en van dankbaarheid teenoor die
Here, want om 15:30 die middag het die gemeente byeengekom, onder leiding van die kerk-
raad, tesame met die Deputate van die Klassis, te wete di. D.J. van der Walt van Voortrek-
kerhoogte en J.J.S. Venter van Pretoria-Wes.
Die plaaslike leraar, ds. W.F. Venter, het die verrigtinge soos volg gelei: Vir die opening van
die vergadering van die Kerkraad met die gemeente laat hy Ps. 146:1 sing, gaan voor in gebed
en lees daarna Ps. 126. Ná die verwelkoming – in besonder van die deputate – stel hy die saak
van afstigting, lees die brief van toestemming van die KIassis voor en verklaar vervolgens dat
hiermee onder leiding van die Kerkraad van Pretoria-Noord en in teenwoordigheid van die
deputate van die Klassis, behoorlik gestig is: DIE GEREFORMEERDE KERK ONDERSTE-
POORT, bestaande uit 11 wyke met 392 belydende en 308 dooplidmate. Op staande voet is die
stigtingsakte onderteken. Hierna word die volgende name ter approbasie aan die gemeente
voorgedra.
Vir ouderlinge: Brs. P.J.W.S. van der Merwe, J.F.S. Katz, D.G. Kruger, J. van den Berg, J.H.
Kotze, P. du Plessis, J. Booysens, J.C. Smit, P.H.J. van der Walt, J.L. Pretorius, en Jan Botha.
Vir diakens: Brs. F. Visser, D.E. Heystek, J. van Aswegen, A.A.H. van Wyk, Jan Kruger, J.C.
van den Berg, P. Enslin, M. Pretorius (jnr.), H. van Niekerk, M. Nieman en J. Nel. Al hierdie
broeders word deur die gemeente goedgekeur.
Ná afsluiting van hierdie vergadering het die erediens in verband met die stigting van die nuwe
gemeente plaasgevind. Dit is deur ds. W.F. Venter gelei. Na die gebruiklike openingshande-
linge lees hy Ps. 122 en II Konings 6:1 en 2. Hierna word die verkose broeders in die ampte be-
vestig en hulle word die seënbede uit Ps. 134 toegesing.
By die bediening van die Woord spreek ds. Venter kortliks oor die woorde van die profeteseuns
5
in II Konings 6:1 en 2: “die plek waar ons woon is vir ons te nou . . . laat ons vir ons plek
maak.”
Ná die uitspreek van die seën is gelukwense namens die Klassis en kerkverband deur ds. D.J.
van der Walt oorgebring en namens die moedergemeente deur oudl. D.P.J. Lessing. Oudl P.H.
van der Merwe het namens die nuutgestigde gemeente daarop geantwoord.
Geteken deur W.F. Venter (Voorsitter) en P.J.W.S. van der Merwe (Skriba).
Eredienste
Tydens die eerste vergadering van die Kerkraad op 14 Desember 1960 word besluit om Preto-
ria-Noord se uitnodiging te aanvaar en tot die einde van Desember saam met hulle dienste te
hou.
Vanaf Januarie 1961 word die dienste in die saal van Laerskool Danie Malan gehou. Die
Kerkraad het maandeliks ’n donasie van R10-00 vir die gebruik van die saal aan die skool
betaal. Daar word ook reëlings getref met ds. J.C. van der Walt, emeritus-predikant, om ge-
reeld die dienste waar te neem.
Wat is in ’n naam?
Die naam van die gemeente was van die begin af vir sommige lidmate ’n steen des aanstoots.
Reeds met die eerste vergadering vra oudl. D. Kruger ’n besprekingspunt aan oor die naam van
die gemeente, min wetende watter probleme nog rondom dié saak sou ontstaan.
Op die volgende vergadering – ’n spesiale vergadering gehou op 30 Januarie 1961 – word die
saak dan ook bespreek. Die naam Dirk Postma word genoem. In die notule van daardie verga-
dering lees ons: “Die naam het dadelik byval gevind by die hele vergadering en daar is besluit
om die naam van die gemeente Onderstepoort te verander na die gemeente Dirk Postma”.
Die Klassis maak beswaar teen die naam en op die vergadering van 12 April 1961 kom die
naam weer ter sprake. Die Klassis se beswaar is om twee redes, naamlik dat die Klassis nie in
die saak van die naamsverandering geken is nie en dat die naam Dirk Postma as mensverheer-
liking beskou word. Die Klassis versoek derhalwe dat die Kerkraad die naam in heroorweging
moet neem. Ná ’n lang bespreking besluit die Kerkraad dat hulle wel gefouteer het deur die
Klassis nie in die saak te ken nie en sal om verskoning vra. Wat die naam self aanbetref, word
besluit om daarmee te volstaan en aan die Klassis te verduidelik dat dit hoegenaamd nie gegaan
het oor die persoon nie.
Die Klassis spreek hulle ontevreden-
heid daaroor uit en ’n brief van be-
swaar word ook van ’n lidmaat van
’n ander gemeente ontvang. Op die
vergadering van 11 Augustus 1961
word die saak weer bespreek en be-
sluit die Kerkraad om die naam na
Pretoria-Noord-Oos te verander. Die
naam is egter te lomp en op die ver-
gadering van 18 Augustus 1961 word
die naam weer bespreek. Die vorige
besluit word herroep en die naam
Wonderboompoort word algemeen
aanvaar. Nadat dit deur die Klassis
goedgekeur is, het daar wat dit betref rus en vrede gekom.
6
Foto geneem in 2000 van die lidmate wat die Stigting van die kerk in 1960 meegemaak het
Voor: Bettie Seegers, Ben en Chrissie Vermaak, Inkie Botha, Nora Posthumus-Meyjes. 2de Ry: Corrie Smith, Hettie van Aswegen, Willie Jansen, Bettie de Goede, Anna Bouwer, Ria van der Merwe. 3de Ry: Leon Perceval, Magda Pienaar, Nakkie en Hennie van Niekerk, Hettie Schee-pers, Rosa en Larrie Heystek. Agter: Floris Visser, Fanie Visser, Vickey en Flip Venter, Sarel Bes-ter, Jan Kruger, Johan Kruger, Florie Visser, Johan Labuschagne. Afwesig: Martie Marx, Vickey Visser, Elsie Kruger en Gesina Smit.
’n Goeie naam is beter as goeie olie . . . [Prediker 7:1]
WONDER – Die wonder van verlossing, die wonder van God die Vader se neerbuigende liefde, toe Hy sy Seun hier aan die kruis laat sterf het, die wonder om deel van sy verbondsvolk te wees (Rom. 11:33-36 ; Joh. 3:16 ; Ef. 1:3-14).
BOOM – Soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd, soos ’n palmboom hoog en rustig, so groei Gods volk deur sy genade, deur die Woord te hoor; die Woord wat deur die Heilige Gees bevestig word. (Ps.1:3 ; Ps.92:13-16).
POORT – Waar die Woord gepredik word en die Heilige Gees werksaam is. (Gen 28:16-17).
7
8
Die eerste predikant
Op die vergadering van 4 Januarie 1961 word ’n tweetal gestel om ’n predikant te beroep en
Sondag 8 Januarie word die eerste keer beroep. Ná ’n paar onsuksesvolle beroepe word ds. J.B.
du Plessis van Magol op 21 Mei 1961 beroep.
Op ’n vergadering van 7 Junie 1961 deel die skriba mee dat hy ds. J.B. du Plessis gevra het om
op Sondag 11 Junie hier te preek en dan ook sy besluit aan die gemeente bekend te maak. Daar
was ’n hewige reaksie van die kant van die kerkraad, wat gevoel het dat so-iets nie ordelik is
nie. Ná ’n lang bespreking word ’n ooreenkoms met die skriba bereik en die saak word so
goedgekeur. ds. Du Plessis maak dan ook bekend dat hy die roeping sal opvolg.
Op 21 Junie 1961 word ’n spesiale vergadering gehou en die reëlings vir die ontvangs van ds.
Du Plessis bespreek. Die ontvangs en bevestiging vind aan die begin van Augustus 1961 plaas.
Dit was ’n groot dag vir die gemeente om na soveel wedervarings uiteindelik ’n eie predikant
te kon hê.
Na drie jaar by ons gemeente het ds. Du Plessis uit die bediening getree en moes ons weer
eens ’n predikant beroep!
Tweede predikant
Die Kerkraad het gevoel dat dit goed sal wees as daar spoedig weer ’n predikant in die
gemeente kan wees. Op 20 Oktober 1963 word ’n predikant beroep, maar dit was onsuksesvol.
Op 17 November word ’n beroep op ds. H.A. van Dalsen uitgebring en hy laat weet dat hy die
roeping opvolg. Op ’n vergadering van die Kerkraad op 13 Desember is ds. Van Dalsen ook
teenwoordig en word reëlings getref vir sy verhuising van Outjo, S.W.A. Daar duik een
probleem op, dié van huisvesting. Aangesien ds. Van Dalsen ’n uitgestrekte gemeente bedien
het, vra hy goedkeuring dat sy bevestiging hier eers gedurende Februarie 1964 sal plaasvind.
Dit het aan die Kerkraad twee maande tyd gegee om ’n geskikte huis as pastorie aan te koop.
Reëlings word ook getref om ds. Van Dalsen en sy gesin op Vrydag 21 Februarie hier te
ontvang. Op ’n vergadering, gehou op 17 Januarie, word ’n kommissie benoem om die finale
reëlings vir ds. Van Dalsen se ontvangs te tref, te wete oudle. P. du Plessis en J. Kloppers en br.
D. Erasmus.
Op 22 Februarie 1964 word ds. Van Dalsen dan volgens kerkorde hier as predikant van die ge-
meente bevestig. Ná alles wat die gemeente die afgelope tyd moes deurmaak, was dit ’n vreug-
devolle dag, maar daar het nog harde werk op ds. Van Dalsen gewag, voordat al die stof sou
gaan lê. Gedurende ds. Van Dalsen se bediening het verskeie ontwikkelings in die gemeente
plaasgevind.
Buitedienste
Daar is alreeds voorheen besluit om ook buitedienste te hou, terwille van lidmate op die plotte,
wat dit moeilik gevind het om die dienste in die dorp by te woon. Weens omstandighede kon
daar op daardie stadium nog nie uitvoering aan gegee word nie. Die saak is onder ds. Van
Dalsen se aandag gebring. Hy het wel bedenkinge oor die wenslikheid daarvan, maar die
Kerkraad het besluit om dit tog op die proef te stel.
Op 28 Junie 1964 word die eerste buitediens in die Uniefeesskool gehou. As gevolg van die
snelle uitbreiding in die omgewing van Rooiwal en Hammanskraal word daar gedurende 1967
besluit om meer gereelde buitedienste in die omgewing te hou. Ná slegs ’n paar maande is die
gedagtes weer gestaak. Gedurende Maart 1970 het die saak weer ter sprake gekom, maar nou
9
het dit in die rigting van afstigting beweeg. ’n Kommissie is benoem om ondersoek in te stel na
die aankoop van geskikte grond.
Met die Junie-vergadering word gerapporteer dat ’n broeder 2 morg grond aan die kerk skenk.
Sending
Die sendingaktiwiteite te Hammanskraal het voortdurend aandag geniet. Aangesien die gebied
binne die grense van hierdie gemeente geleë is, het die kerkraad, in medewerking met naburige
kerkrade, ’n leidende aandeel in die aktiwiteite gehad. Op die kerkraadsvergadering van Julie
1964 rapporteer ds. Van Dalsen dat ’n kerkgebou vir die gemeente Temba, op Hammanskraal,
voltooi is.
Susters
Die susters het reeds vanaf afstigting ywerig in die gemeente as Gereformeerde Susters-organi-
sasie gewerk.
Ouetehuis
Op die vergadering van die Kerkraad gedurende Desember 1964 deel die voorsitter van die dia-
konie mee dat hulle beoog om ondersoek in te stel na die moontlikheid om in samewerking met
die Gereformeerde Stigting, ’n tehuis op te rig waar ouer lidmate versorg kan word. Ter onder-
steuning van die voorneme wys ds. Van Dalsen daarop dat daar wel ’n dringende behoefte vir
so ’n tehuis bestaan. Die vergadering het ’n kommissie benoem, met ds. Van Dalsen as same-
roeper, om die saak verder te ondersoek. Op die vergadering van Februarie 1965 deel ds. Van
Dalsen mee dat hulle die saak met die Gereformeerde Stigting bespreek het en die groen lig
gekry het om die saak verder te ondersoek.
Die volgende paar jaar was die vordering maar stadig en is hoofsaaklik aandag gegee aan ’n
behoefte-opname, die soeke na geskikte erwe en die opstel van planne vir ’n doelmatige gebou.
Met die vertrek van ds. Van Dalsen was die saak nog aan die gang.
’n Derde predikant
Gedurende Desember 1970 maak ds. Van Dalsen bekend dat hy ’n beroep gekry het na Bloem-
fontein-Noord. Met die kerkraadsvergadering van Januarie 1971 maak hy bekend dat hy hom
geroepe voel om die roeping te aanvaar, en kry die Kerkraad se bewilliging. Op sy versoek
keur die Kerkraad dit goed dat hy op 28 Februarie losmaking sal ontvang. Die Kerkraad besluit
om dadelik weer oor te gaan tot die beroeping van ’n predikant. Op 17 Januarie 1971 vergader
die Kerkraad saam met die gemeente en word ds. M.W. van der Walt van Beestekraal beroep.
Op 18 Februarie 1971 vergader die Kerkraad onder voorsitterskap van die konsulent om o.a.
twee sake te bespreek, nl. die afskeid van ds. Van Dalsen en die ontvangs van ds. M.W. van der
Walt, wat laat weet het dat hy die roeping opvolg. Die ontvangs is gereël vir 20 Maart met die
bevestiging op Sondag 21 Maart.
Op Sondag 28 Februarie 1971 word van ds. Van Dalsen afskeid geneem nadat hy losgemaak is
volgens bepaling van die kerkorde. Soos vroeër gereël, word ds. Van der Walt en sy gesin op
Saterdag 20 Maart 1971 ontvang. Nadat hy die volgende dag deur prof. Tjaart van der Walt
bevestig is, lewer hy sy intreepreek. Dit was ’n baie vreugdevolle naweek vir die gemeente van
Wonderboompoort, wat só gou al weer ’n predikant kon verwelkom.
Op 15 ApriI vind die eerste kerkraadsvergadering plaas waar die Kerkraad ds. Van der Walt
ook amptelik welkom heet. ds. Van der Walt het dadelik aandag gegee aan sake wat onafge-
handel is en dit verder gevoer. Een van die sake was die bediening van die buitewyke.
10
Afstigting
Die saak wat reeds in ds. Van Dalsen se tyd bespreek is, kom weer na vore op die vergadering
van 16 September 1971. ’n Kommissie word benoem om ondersoek na meerdere bediening in
die buitewyke in te stel. Met die Oktobervergadering van dieselfde jaar lewer die kommissie
verslag en op hulle aanbeveling besluit die Kerkraad (a) om oor te gaan tot afstigting en (b) om
’n kommissie te benoem om alle stukke gereed te kry vir voorlegging aan die Klassis, met sy
eerskomende sitting. Met die vergaderings van November en Desember dien die kommissie
skriftelike rapporte in en teen Mei die volgende jaar is alles gereed vir die afstigting, wat vir
Sondag 4 Junie, bepaal is. Die oggenddiens, met die stigting van die Gereformeerde Kerk
Rooiwal, sal deur ds. Van Dalsen waargeneem word en die middag sal ds. Van der Walt die
diens lei. Die verrigtinge op die bepaalde dag het dan ook baie goed verloop en die nuwe ge-
meente is gestig. Die gemeente Wonderboompoort het ’n bruidskat van R10 000 gegee.
Versorging van ouer lidmate
Die reëlings vir die oprigting van ’n tehuis vir die versorging van ouer lidmate het intussen
weer momentum gekry. Alle voorafgaande reëlings is getref en met die vergadering van die
Kerkraad op 14 Oktober 1971 word op versoek ’n boukommissie vir die oprigting van die ge-
bou aangestel. Op 18 November van dieselfde jaar is besluit om voorlopig ’n plaaslike bestuur
vir die tehuis te benoem. Dit sou uit 4 lede van Wonderboompoort-gemeente bestaan en 3 lede
van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord. Teen Junie 1972 het die bouwerk goed gevorder
en moes die Kerkraad kennis neem dat hulle verantwoordelik is vir die meubilering van die
gebou.
Met die Augustusvergadering rapporteer die boukommissie dat die tehuis moontlik teen die
einde van die jaar voltooi sal wees. Aan die finansiële kommissie word opgedra om R40 000
vir meubels te vind.
Op die Septembervergadering is gerapporteer dat daar subsidie van die staat sal wees, wat dan
vir die aankoop van ameublement aangewend kan word. Aandag is reeds gegee aan losiesgelde
wat deur die inwoners betaalbaar sal wees. ’n Minimum van R30-00 en ’n maksimum van
R52-00, al na gelang van inkomste, word aanbeveel.
Teen dié tyd is die susters ook al betrek en word hard gedink en gewerk. Met die Oktober-
vergadering het hulle reeds hulle lede benoem om in die ouetehuis se bestuur te dien. Met No-
vember se vergadering word reeds beplan om die aansoeke gedurende Januarie 1973 te keur
met die vooruitsig om teen April reeds in te trek. Daar word ook gedink aan ’n bestuurder. Die
gedagte was om dit aan ’n predikantstandplaas te koppel, maar volgens die kerkorde sou dit nie
ordelik wees nie.
Met die vergadering van 15 Februarie 1973 maak die eerwaarde voorsitter bekend dat oudl.
P.J. van der Walt as bestuurder aanbeveel word. Teen dié tyd was dit ook duidelik dat die
gebou nie voor Junie-maand voltooi kon word nie. Die meubels word intussen deur middel van
’n oortrokkefasiliteit, wat deur die bank toegestaan is, aangekoop. Daar word ook besluit op die
naam Gereformeerde Stigting Hermon. Met die vergadering van Junie 1973 word gerapporteer
dat die eerste 50 inwoners reeds ingetrek het en dat Hermon nou aan die gang is. Teen Oktober
was die huis ten volle beset en sedertdien is ’n waglys opgebou.
Die aktiwiteite in die gemeente gaan nou bestendig voort. Die susters en JV is steeds bedrywig,
die Kerkraad is aktief op die gebied van sending, terwyl die nodige aandag ook aan evangelisa-
sie gegee word.
11
Van proponent tot vierde predikant Gedurende 1986, vars uit die Teologiese skool, met twee jaar diensplig op hande, het propo-
nent I.W. Ferreira, en sy vrou Elsie, hulle binne die gemeentegrense gevestig, waar hulle toe
lidmate van die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort geword het. Hulle was pas getroud en
die HERE het beskik dat Elsie ’n aptekerspos in Pretoria-Noord gekry het, terwyl ds. Naas saam
met sy twee jaar diensplig by Voortrekkerhoogte, ook twee jaar hulpdiens in Wonderboom-
poort-gemeente kon verrig. Sodoende kon hy ds. Martiens van der Walt, wat DV oor twee jaar
sou emeriteer, behulpsaam wees.
Totsiens en welkom
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 26 November 1987 gee ds. Martiens kennis dat hy
graag in Mei 1988 – as hy 65 jaar oud word – wil emeriteer. Op die kerkraadsvergadering van
14 Januarie 1988 word formeel aansoek om emeritaat gedoen. Onder voorsitterskap van die
konsulent, ds. Fanus Heystek word die versoek goedgekeur. In dieselfde tyd word die beroe-
ping van ’n medeleraar bespreek. Uit ’n groslys word ’n tweetal saamgestel wat vir beroeping
aan die gemeente voorgehou word. Op Sondag 17 Januarie 1988 word proponent Ferreira ty-
dens ’n gemeentevergadering as medeleraar van Wonderboompoort-gemeente beroep. Hy volg
die roeping op en word Saterdag 20 Februarie as predikant bevestig. Tydens hierdie geleent-
heid word ds. Naas en sr. Elsie feestelik deur die gemeente as nuwe predikantspaar verwelkom.
Ontwikkeling in die Noorde
As gevolg van besluite van die plaaslike owerheid om die kerngebied van Pretoria-Noord as
sakegebied te proklameer, het heelwat demografiese verskuiwings sedert die vroeë negentigs
plaasgevind. Dit het die Kerkraad genoop om so vroeg as September 1993 in die rigting van ’n
toekomsgesprek met Pretoria-Noord te dink. Twee jaar later word indringende gesprekke rond-
om daadwerklike samewerking gevoer. Die Kerkraad besluit in beginsel dat eventuele same-
smelting met Pretoria-Noord ’n realiteit mag word, ten einde oorlewings- en bedieningskrisisse
die'hoof te bied. Tydens ’n gemeentevergadering word die gemeente se finansiële stand en pro-
fiel van die lidmatesamestelling bespreek. ’n Duidelike tendens is dat die gemeente verouder
en daar ’n vermindering in lidmatetal is. Ná ernstige oorweging besluit die Kerkraad om die
kerkeiendom gedurende die volgende ses maande nie te verkoop of te verhuur nie. As tussen-
tydse maatreël sal ernstig gepoog word om die finansiële toestand in die gemeente te verbeter.
Vanaf Januarie 1996 word samewerking op verskillende vlakke met Pretoria-Noord in die'
vooruitsig gestel. Die Kerkraad gee opdrag aan ’n kommissie om die lewensvatbaarheid van ’n
kleuterskool op die kerkterrein en ander benuttingsmoontlikhede te ondersoek. ’n Evangelise-
ringsentrum (KRUISnet) kom ook tot stand om alle evangeliseringsaksies in die gemeente en
met ander gemeentes te koördineer. In die loop van die jaar het die kommissie wat ondersoek
na alternatiewe benutting van die kerkgebou moes instel, aanbeveel dat aansoek by die Stads-
raad van Pretoria gedoen word om ’n kleuterskool te akkommodeer.
Waarheen, Here?
Die jaar 1997 was ’n jaar vol van ingrypende gebeure. Ten einde verligting op finansiële ge-
bied te bewerkstellig, is besluit om ’n bestaande kleuterskool vanaf Januarie in die kerksaal en
aanverwante lokale te akkommodeer. Die lidmatetal (belydend- sowel as doop-), het drasties
afgeneem. Die hoërskoolkatkisante het byvoorbeeld uit een klas bestaan. Met die bejaardes in
Huis Hermon buite rekening gelaat, was daar nou minder as 300 belydende lidmate. Gedurende
Oktober word ’n gemeentevergadering gehou, waar die meerderheid lidmate vra dat same-
werking met Pretoria-Noord verder ondersoek moet word. Kommissies van beide gemeentes
vergader en steun word uitgespreek vir samewerking vanaf 1 Januarie 1998. Die geboue van
Wonderboompoort sou verhuur word. Om besparings op uitgawes te bewerkstellig, sou kostes
met Pretoria-Noord gedeel word. Samewerking neem vanaf Desember 1997 ’n aanvang.
12
Wonderboompoort vergader nou in die Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord. Die kerkgebou
van Wonderboompoort raak in onbruik. Hierdie omstandighede, en die moontlikheid dat die
kerkgebou nie weer in gebruik geneem sou word nie, was vir baie gemeentelede ’n bitter pil
om te sluk.
Tussen al hierdie besluite en verwikkelinge deur ontvang ds. Ferreira ’n beroep na die Gerefor-
meerde Kerk Magol. In afhanklikheid van en gehoorsaamheid aan die HERE, en met inagne-
ming van al die gebeure, besluit hy om die beroep op te volg. Soos enige ander gemeente wie
se predikant ’n beroep aanvaar en opvolg, was dit ’n tyd van verwarring.
Genadiglik verlaat die HERE nooit sy kerk nie; daarom is dit ook belangrik dat daar vertel sal
word van Sy wonderdade in ons gemeente.
In die nuwe jaar (1998) onttrek die potensiële huurder sy aanbod om die kerkkompleks te
huur; so-ook ’n tweede huurder enkele weke later. Tog besluit die gemeente onder leiding van
die Kerkraad dat met samewerking met Pretoria-Noord voortgegaan moet word. Daar sou ná
die koms en bevestiging van ’n nuwe predikant oor die saak van samewerking en moontlike
samesmelting verder besin word. Intussen word ds. Naas se dienstermyn van 10 jaar op 22
Februarie gevier en neem ons op 8 Maart van hom, Elsie en die kinders – Judith, Lourens en
Christine – afskeid.
Tyd van beslissing . . . Tyd vir die vyfde predikant!
Ná die vertrek van ds. Naas het die Kerkraad deeglik aan die werk gespring. ’n Tweetal vir be-
roeping moes aan die gemeente voorgelê word, en die pastorie het opknapwerk geverg. Op 19
April 1998 word ds. G.J. Meijer van die Gereformeerde Kerk Ermelo beroep. Onder leiding
van die Heilige Gees aanvaar hy die beroep op 7 Mei. Hierna gebeur dinge vinnig. Ds. Gerard,
sr. Henriëtte en hulle vier seuns – Jannes, Gerben, Arno en Dirk – betrek op 14 Julie 1998,
tydens die skoolvakansie, die pastorie. ’n Hele paar ywerige lidmate was by om te help toe die
vragmotor met huisraad en wat nog, teen sononder in die “warm” Generaal Beyersstraat stil-
hou. Die innerlike moes versterk word, meubels op die regte plekke geplaas word en les bes
moes gordyne opgehang word, anders kan ’n ordentlike mens mos nie slaap nie. Daar was
groot vreugde in die gemeente om weer ’n pastoriegesin te ontvang. Ds. Gerard word op Sater-
dag 1 Augustus in die amp bevestig. Dieselfde dag word die Meijer-gesin met blydskap feeste-
lik verwelkom.
Gedurende September word ’n kommissie deur die Kerkraad aangewys om ’n aanbeveling te
maak oor verdere samewerking, samesmelting met Pretoria-Noord of voortgang as selfstandige
gemeente. Ná deeglike besinning word die gemeente gedurende November ingelig dat besluit
is om vanaf 1 Desember 1998 na ons eie kerkgebou terug te keer! Alhoewel die samewerking
met Pretoria-Noord hartlik was en daar vele bande in die noue betrokkenheid gesmee is, was
dit vir die gemeente ’n heuglike dag om weer in hulle eie kerkgebou, onder die geklank van
Gods Woord, te kon verkeer.
En nou, onse God, ons loof u, en ons prys U heerlike Naam. Want wie is ek tog, en wat is my
volk, dat ons in staat sou wees om sulke vrywillige gawes te skenk? Want dit kom alles van U,
en uit U hand het ons dit aan U gegee. (I Kronieke 29:13 en 14).
Hande uit die moue
Met groot ywer en entoesiasme is daar aan die werk gespring om sake op die kerkterrein weer
in orde te kry. Die kleuterskool het gedurende die eerste helfte van 1999 elders heen verskuif
en die gemeente het weer die volle gebruik van die saal en ander lokale gehad. Onder die seë-
nende hand van die HERE het die Woordbediening voortgegaan en was daar weer ’n geleidelike
groei in lidmatetal.
13
Lidmate 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004
Doop 48 75 81 83 87 89 97
Belydend 305 323 339 322 341 358 390
Totaal 353 398 420 405 428 447 487
Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan U Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u
trou ontwil. (Psalm 115:1).
Ds. Gerard vertrek
Ná ’n besondere geseënde dienstydperk vanaf 1 Augustus 1998 tot 16 Maart 2008, waarin daar
op alle fasette van die bedieningsveld met vreugde gearbei kon word, ontvang dr. Gerard Meij-
er begin Februarie 2008 ’n beroep na die Gereformeerde Gemeente Pretoria Oos-Moot. Die
Kerkraad word op 21 Februarie deur dr. Meijer ingelig dat hy besluit het om die roeping na die
Gereformeerde Gemeente Pretoria Oos-Moot op te volg. Sy versoek is dat hy op 16 Maart los-
making van sy ampspligte by Wonderboompoort sal ontvang. Die Kerkraad het hierdie versoek
met leedwese toegestaan.
Op Sondag, 16 Maart 2008 neem die Gereformeerde Gemeente Wonderboompoort met groot
hartseer, maar tog ook met groot dankbaarheid teenoor die HERE vir dienswerk wat deur Sy
dienskneg in Wonderboompoort verrig is, afskeid van dr. Gerard, sr. Henriëtte en hul vier
seuns: Jannes, Gerben, Arno en Dirk.
Ds. Dries Klopper
Hierna verloop daar ’n jaar, waarin 9 predikante die een na die ander beroep word, maar steeds
bly die gemeente sonder herder en leraar. Voortdurend word daar ernstig gebid tot ons Hemelse
Vader dat Hy die regte leraar op die regte tyd sal roep. In hierdie tydperk het ons Hemelse
Vader op besondere wyse in ons gemeente se behoeftes voorsien: verskillende geëmeriteerde
predikante het Sondae met die prediking gehelp. Uiteindelik is daar amptelik vanaf September
2008 tot 9 Mei 2009, toe Ds. Christiaan bevestig is, met ds. Dries Klopper, geëmeriteerde
predikant van die Gereformeerde Gemeente Kroonstad, wat toe by ons gemeente lidmaat
geword het, ’n diensooreenkoms gesluit. Hy het vir etlike maande baie kosbare dienswerk in
ons gemeente verrig. Dankie, ds. Dries!
Ds. Christiaan Jooste
Op 12 Maart 2009 beskik die HERE dat ds. Christiaan Jooste, predikant van Innesdal/Eloffsdal-
kombinasie, die beroep na Wonderboompoort aanvaar.
Op 9 Mei 2009 word ds. Christiaan en sr. Irma Jooste met hulle drie dogters, Rene, Elni en
baba Irma feestelik en in groot dankbaarheid teenoor die HERE, wat weer eens voorsien het,
ontvang.
In God, dié God wat ons beveilig,
voel nou ons hart opnuut verblyd;
en op sy Naam, ontsaglik heilig,
vertrou ons tot in ewigheid.
Goedertieren Vader,
hoor ons as ons nader
met ’n diep ontsag;
slaan ons gunstig gade,
skenk ons u genade
as ons op U wag! (Psalm 33:11 – berymd)
Saamgestel deur Oudl. Johan Labuschagne
14
Gedenk julle voorgangers
Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uitein-
de van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. (Hebreërs 13:7)
Herinneringe aan Ds. J.B. du Plessis (Augustus 1961 tot September 1963)
Ná ’n paar onsuksesvolle beroepe, word ds. Jan Barend du
Plessis van Magol op 21 Mei 1961 na die pasgestigte ge-
meente beroep. Op 11 Junie 1961 preek ds. Du Plessis by
die gemeente en maak hy bekend dat hy die beroep gaan
opvolg. Aan die begin van Augustus 1961 word hy beves-
tig. Volgens die boeke van die kassier beloop sy traktement
R130-00. Ds. Du Plessis was betrokke by die boukommis-
sie en het die hoeksteen van die kerkgebou op 8 Junie gelê.
Só onthou br. Larrie Heystek ds. Du Plessis:
Vyftig jaar gelede se dinge het oor die jare maar baie vervaag. Ek herinner my wel dat ds. J.B.
’n begaafde predikant was en sommer uit die vuis gepreek het en by geleentheid die gemeente
so padlangs aangespreek het, dat party lidmate aanstoot geneem het. Ek onthou ook dat hy
meestal met ’n manel op die preekstoel verskyn het. As persoon was hy bemind – ook onder die
ouer garde, wat hom waarskynlik as ’n soort van ondeunde kind beskou het!
Vliegtuie was sy stokperdjie. Hy was ’n kranige vlieënier! Op ’n keer tydens huisbesoek, het hy
uitgehardloop toe ’n vliegtuig oor die huis gevlieg het, om te probeer om die soort vliegtuig te
identifiseer.
Ná drie jaar by ons gemeente, is hy uit die bediening uit en was hy vir baie jare by die Christe-
like Seemansorganisasie in Kaapstad betrokke, waar hy sendingwerk onder seelui gedoen het.
Hy het onder andere gehelp met die opstel van die organisasie se nuusbriewe. Hierdie nuus-
briewe is in ’n boek saamgebind en uitgegee.
Ds. H.A. van Dalsen se herinneringe aan sy bedieningstyd in die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort (1964-1971)
Dis al ver in die verskiet – dit nader al 50 jaar! En tog is daar soveel helder onthou van al die
lief en leed gedurende die 7 jaar wat ons bevoorreg was om met u te deel.
Ons het van die verre Noorde van Namibië gekom – en toe ’n gemeente in Pretoria! Eintlik het
ons glad nie geweet wat om te verwag nie – die vorige, eerste arbeidsterrein was só ver en
miskien só anders. En nou, van die bosse en woestyne af skielik binne-in Pretoria.
En tog – tot ons dankbaarheid het ons gou soveel mense leer ken wat net so hartlik en vrien-
delik was teenoor hulle predikantspaar as in die destydse Suidwes-Afrika. Dit het sommer da-
delik by die verwelkoming al geblyk – en dit het só gebly, die hele sewe jaar lank wat ons be-
voorreg was om met u te wees.
Op Saterdag 22 Februarie 1964 het ds W.F. Venter, geliefde predikant van Pretoria-Noord, ons
bevestig.
Ds. Jan en sr. Aletta du Plessis
15
Ds. H.A. van Dalsen
Dit was vir ons as ’t ware ’n nuwe begin. ’n Nuwe, pas-voltooide kerkgebou, ’n nuwe pastorie,
wel aangekoop, maar pas gebou, ’n nog baie jong gemeente, net drie jaar vantevore gestig en
ons self, ook nog jonk en baie onervare – veral wat die dienswerk in ’n stedelike gemeente
betref.
En tog was die jare in Pretoria vir ons ’n ryke ervaring en ook vir ons persoonlik ’n gelukkige
tydperk. Baie dinge was net soveel méér eenvoudig en selfs gemakliker as in die verre Suid-
wes-Afrika, met sy ontsaglike uitgestrektheid . . . maar ook sy wonderlike, aangrypende natuur-
skoon en sy interessante en wellewende mense.
Daarby was Wonderboompoort ’n groeiende gemeente, iets wat sy eie eise gestel het aan die
Kerkraad en die herder, maar tog in baie groot mate ’n gevoel van bevrediging en veral van
groot dankbaarheid met hom saamgebring het. By ons aankoms was daar nét meer as 400 bely-
dende lidmate en 7 jaar later het die getal al op 560 belydende lidmate gestaan. Binne die eerste
jaar ná ons vertrek is ons uitgenooi na die afstigting van die gemeente Rooiwal en was dit my
voorreg om met die laaste erediens in die moedergemeente voor te gaan.
Een saak wat ons geraak het, was dat daar in Pretoria – en
ook in die eie gemeente, baie bejaardes was waarvoor daar
maar weinig voorsiening gemaak is vir versorging. In ons tyd
het dit egter nie verder gevorder as die verkryging van die
twee erwe waarop Huis Hermon later gebou is en die beplan-
ning deur die argitek nie. Dit is egter vir ons iets om oor
dankbaar te wees, dat ons só tog iets kon doen vir die ver-
sorging van ons bejaardes.
Na 7 jaar het die roepstem na Bloemfontein-Noord gekom,
waar ons ook met seën en vreugde kon arbei tot met my
emeritaat in 1998. Op Sondag 27 Februarie 1998 het ek die
oggend my afskeidspreek gelewer en my emeritaat ontvang.
Alhoewel die jare by die Gereformeerde Kerk Wonderboom-
poort so ver in die verskiet lê, het ons dit nooit vergeet nie!
Ons onthou soveel mooi dinge, soveel wonderlike vriendelik-
heid, so baie dierbare lidmate! Ons onthou ook dae van swaarkry en teleurstelling – maar dit
word totaal oorskadu deur soveel wat mooi was en vandag nog vir ons mooi is!
Bowenal onthou ons die Hand van die Here wat ook in daardie spesifieke sewe jaar ons en die
hele gemeente gelei, bewaar en geseën het! Mag dieselfde Hand van Genade altyd oor u as ge-
meente uitgestrek bly! Mag die Here, ons God en Vader u altyd seën en bewaar!
By die spesiale geleentheid van die gemeente se halfeeufeesviering is dit vir my en Rita ’n
groot voorreg om dit met u te mag deel. Ons bede is dat ons God en Hemelse Vader u ook op
die pad vorentoe as gemeente by die hand sal neem en u ryklik sal begenadig en oorvloedig laat
deel in die grootheid van Sy genade!
Hubrecht van Dalsen.
16
Herinneringe aan Ds. M.W. van der Walt (1971-1988)
Ons twee, Martiens en Ans van der Walt, was onderskeidelik 47 en 45 jaar oud toe ons na
Wonderboompoort verhuis het. Na ons mening in die fleur van ons lewe, hoewel toe dr. Louis
Coetsee vir sy klein seuntjie vra hoe die nuwe dominee vir hom lyk, het hy gesê: “Goed, maar
baie oud”.
Ons oudste seun, Hendrik, het na sy 1ste
jaar BSc. nog 2 jaar diensplig in die weer-
mag gedoen. Die tweede, Marthinus, was
in st. 9 (gr. 11) en die derde, Johannes, in
st. 6 (gr. 8). Daar was dus twee seuns in
die huis wat reg was vir kattekwaad (na
die ma geaard!). Toe kom hulle nog met
die Kerkraad se seuns in kontak en die
gort was gaar.
Destyds was dit nog die gebruik dat die
predikantspaar elke lidmaat in die ge-
meente besoek het, om kennis te maak.
Dit was harde werk, want jy moes tee of
koffie by almal drink en meestal nog koek ook eet. Die wyksouderling het ons in sy wyk rond-
geneem en ons het een keer by ’n man en vrou gekom, waar die vrou gelyk het of sy dalk die
man se ma kon wees, maar die onnutsige ouderling het niks vooraf gesê nie en hulle net as
meneer en mevrou X voorgestel. Ons moes baie versigtig gesels om nie in ’n gat te trap nie. Ná
die besoek het die karnallie-ouderling geskater van die lag, want dit wás toe man en vrou. My man moes dadelik aan die werk spring met die argitek van die ouetehuis, want hy was die
enigste lid van die boukommissie wat ’n voldag werk gehad het, maar vryelik kon rondbeweeg.
Hy was baie geïnteresseerd in bouwerk, want hy het toe al fisies deel gehad aan die bou van 4
kerke én ’n pastorie. Die eerste wat hy gedoen het, was om al die ouetehuise in Pretoria te
besoek, en daar ís BAIE. Wat die inhoud van die Huis Hermon aanbetref, het hy alles self aan-
gekoop ná sy ondervinding by al die ander tehuise. Die sitkamerstoele is by ’n meubelfabriek
laat maak, sodat dit hoër as gewone stoele kon wees vir gemaklik sit vir ouer mense.
My man het ook begin om aan jaarlikse toere vir die seniors te dink. Dit moes baie bekos-
tigbaar wees en die etes is altyd self gemaak. Hy het vooraf elke spyskaart uitgewerk, en alle
aankope gedoen. Tot my groot spyt kon ek nie saamgaan nie, want ek het by die Raad vir Gees-
teswetenskaplike Navorsing (RGN) as taalpraktisyn gewerk – daar was 3 seuns wat moes stu-
deer en die jongste knaap het vasgebyt dat hy in Stellenbosch wou studeer (sy oudste broer was
toe reeds navorser by die Instituut vir Wingerdbou en Wynkunde dáár).
Na ’n paar jaar het Daan Smit, van ons gemeente, by Umhlanga Rocks luukse woonstelle ge-
bou en van toe af was die toer jaarliks, buite seisoen, daarheen. Ná ons aftrede is ek en Mar-
tiens nog steeds saamgenooi. Nou gaan ek, as weduwee, nóg jaarliks saam as alleenloper, maar
gelukkig saam met baie vrolike geloofsgenote.
Nadat Huis Hermon goed aan die gang was, het my man begin dink aan saal bou by die kerk en
Jan Smit het die saal met kombuis en katkisasielokale teen ’n billike prys gebou. Ek hoef nie te
noem van hoeveel nut die saal en katkisasielokale tot vandag toe is nie.
As ’n predikant emeriteer by ’n bepaalde gemeente, bly ’n mens vas aan daardie gemeente.
Daarom is dit vir my ’n groot genade van die HERE dat ek deel mag hê aan hierdie besondere
halfeeufees van die gemeente Wonderboompoort.
Sr. Ans v.d.Walt
Sr. Ans en wyle ds. Martiens van der Walt
17
Ds. Naas Ferreira se herinneringe (1988-1998)
As ’n jong getroude paartjie, pas klaar gestudeer
en op pad om ’n twee jaar diensplig tydperk te
trotseer, het ons een Sondagoggend ná die diens
ons attestaat in ds. Martiens van der Walt se
hande geplaas. Dit het ’n twaalf jaar lange ver-
bintenis met Wonderboompoort begin: eers net
in hulpdiens, maar deur die Here se genadige
beskikking, ná Ds. Martiens se emeritaat, ook
voltydse bediening. As jong predikantspaar het
ons letterlik alles as ’n “eerste” beleef. Dankie
vir julle geduld met ons: die eerste jare van die
huwelik, swangerskappe (twee miskrame), ge-
sinwees (ons drie kinders is in Wonderboom-
poort gebore), die soet en suur van bediening en
selfs die aangesig van die dood. Hoeveel keer
het ek die genadevoorreg gehad om by ’n gelo-
wige bejaarde se sterfbed te staan. Huis Hermon
het sy merk op ons gelaat. Kosbare herinneringe
wat ’n dankbare glimlag bring en soms – as ons
dit vaagweg onthou – ook ’n traan. Ons het die
Here in Sy genade leer ken en soveel mede-
gelowiges wat ongetwyfeld ons lewe verryk het.
Ons dra julle op die hart. Ons dank aan die Here
vir soveel genade . . . te midde van al ons gebre-
ke.
Ds. I.W. (Naas) Ferreira
Dr. Gerard Meijer se herinneringe (1998-2008)
Terugskouing: 1998 – 2008
My herinneringe aan ’n kosbare bedieningstyd van ongeveer 10 jaar word in die naam van die
kerk verwoord: die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort.
Kerk van Jesus Christus
By ons aankoms in Pretoria-Noord in Augustus 1998 het die gemeente ’n unieke situasie be-
leef. Vanweë verskeie faktore is daar toe al vir etlike maande nie meer eredienste in ‘ons’ eie
kerkgebou gehou nie. Eredienste is in die kerkgebou van en op Sondagaande saam met die GK
Pretoria-Noord gehou. Tog het die gemeente sy eie karakter behou – één met die broeders en
susters van ons buurgemeente; en tog anders. Einde November 1998 is daar eenparig besluit
dat die gemeente selfstandig moet bly voorbestaan. Jesus Christus bewaar sy kerk en hou dit in
stand, ongeag watter omstandighede daar heers. Die ‘terugkeer’ na Genl. Beyersstraat 256 was
’n vreugdevolle, feestelike gebeurtenis.
Boom
Die gelowige is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is (Psalm 1). Dit geld ook vir die
gemeenskap van gelowiges, die kerk. Wonderboompoort is ’n boom met vele takke. Dit is –
soos alle ander kerke van die Here Jesus – ’n gemeenskap met ryk skakerings. Wat in ons be-
Ds. en mev. Naas Ferreira met Judith, Lourens
en Christine
18
dieningstyd opvallend was, is die bereidheid van lidmate om elkeen op sy en haar eie manier
lewendig deel te vorm van die boom. Uiteraard was daar ook enkelinge wat nie van harte in-
geskakel het nie, maar in geheel gesien, het ons lidmate met verskillende agtergronde en visies
leer ken en waardeer omdat daar ’n bereidwilligheid was om in eenheid aan Christus diensbaar
te wees. Die aktiewe deelname aan eredienste, nagmaal-etes, Bybelstudie-byeenkomste, katki-
sasie, gemeentekampe, JV, OJV, Hermon met sy unieke omstandighede, 50/50 (met sy onver-
geetlike toere!), Kontakdae, saamhuil en saamlag, saam treur en saam bly wees – dit het die
lewenskrag van die boom bevestig.
Wonderboom
Die feit dat die gemeente vyftig jaar mag bestaan, is reeds ’n wonder op sigself. Dit is alles ge-
nade. God se genade. Maar die wonder van die Wonderboom het ook in talle ander fasette van
die gemeentelewe na vore getree. Die hou van ’n jaarlikse Wonderdag, die aankoop van die
Diakonie se Wonderbus (nadat die vorige bussie tydens ’n 50/50-toer gesteel is), die saamkuier
tydens die Wonderstap (elke jaar op 16 Junie) – dit is alles sigbare vergestaltings van die Won-
derboom se wonderlike en genadige bestaan. Die wonderwerke van God was ook in die alle-
daagse bedieningswerk sigbaar. Ernstige siek lidmate wat beter geword het, lidmate wat in
Christus geleef en gesterf het (in 10 jaar was daar ongeveer 110 begrafnisse), dwalende lidmate
wat tot inkeer gekom het en weer van harte begin inskakel het, nuwe lidmate wat bygekom het,
huweliksbevestigings, geboortes: dit is geen vanselfsprekendhede nie. Dit is wat van die boom
’n Wonderboom gemaak het en nog steeds maak.
Poort
Die kerk van Christus is geen passasiersboot nie, maar ’n oorlogskip. Dit is geen rusplek vir ge-
arriveerde christene nie, maar ’n werkplek vir aktiewe gelowiges. Met dié boodskap het my
voorganger, ds. Naas Ferreira, die gemeente voortdurend tot diens opgeroep. Dit was ons voor-
reg om met daardie basiese beginsel verder te werk. Die poort van die gemeente staan oop. Op
’n stadium het daar te midde van al die kerklike woelinge ’n aansienlike getal lidmate van
ander Gereformeerde Kerke by Wonderboompoort aangesluit. Na die beste van my wete het
almal ’n kosbare tuiste in die gemeente gevind, tot so ’n mate dat ’n mens by terugskouing nie
kan dink hoe die gemeente in 10 jaar se tyd verander en gegroei het nie. Daar is oor baie jare
ook intensief met die Koningskinders gewerk. Bystand is verleen aan br. Oupa Nkoana, wat
besondere werk in die Hammanskraal-omgewing gedoen het. In die kerkverband het die
gemeente gehelp waar en soveel ons kon; nie alleen wat fisiese offergawes betref nie, ook wat
beskikbaarstelling van arbeidskrag/werkkrag en hulp in (dikwels moeilike) gevalle betref. Die
poort staan oop, danksy God se ge-
nade.
Die pad vorentoe
’n Herinnering aan 10 jaar se diens-
werk sou nie volledig wees as daar nie
ook ’n perspektief op die toekoms is
nie. Sedert ons vertrek in Maart 2008
het daar opnuut heelwat ontwikkelinge
en verwikkelinge in en om die ge-
meente plaasgevind. My wens en bede
is dat u altyd sal bly by wat ons Here
Jesus Christus u gemaak het: kerk vir
Hom, bruid in sy diens. Aan Hom die
dank.
G.J. Meijer VDM
Dr. Gerard Meijer met sr. Henriëtte en hulle vier seuns –
Gerben, Jannes, Arno en Dirk
19
Ds. Dries Klopper – gelukwensing en herinneringe aan Wonderboom-poort-gemeente (2008-2009)
Hiermee wil ons ons hartlike geluk-
wensing oordra aan die Gerefor-
meerde Kerk Wonderboompoort, en
ons dank aan die Here, met die her-
denking van Wonderboompoort se
50ste bestaansjaar, veral waar ons
leef in ’n tyd van emigrasie, maar
ook in ’n tyd van toenemende onge-
loof en geestelike verval, waar die
lidmate van die tradisionele kerke
besig is om te verminder. Dit laat
ons egter nie radeloos nie, want dit
is God wat sy kerk dra, daarom sal
die poorte van die hel nie die kerk
kan oorweldig nie. Tot die einde toe
sal daar die seweduisend wees wat
die knie nie voor Baäl sal buig nie.
Dit was ons aangename voorreg, om
ná emeritering vir meer as ’n jaar
lidmate van die Wonderboompoort-
gemeente te wees. Met die beroep
wat dr. Gerard en sr. Henriëtte Meij-
er na Oosmoot aanvaar het, het ek
aanvanklik met die prediking perio-
diek uitgehelp, maar sedert Septem-
ber 2009 was ek vanweë ’n bedie-
ningsooreenkoms, hulpdiens-predi-
kant van Wonderboompoort, tot met
die beroepaanvaarding van ds. Christiaan en sr. Irma Jooste. Met die aanvaarding van die
beroep van ds. Christiaan Jooste van Eloffsdal na Wonderboompoort, het hy ons naam aan
Eloffsdal deurgegee, en is ek sedertdien hulpdienspredikant van Eloffsdal.
Dit was ’n wonderlike voorreg om die Woord in Wonderboompoort te kon bedien. ’n Gemeen-
te wat, te midde van baie strominge elders, getrou gebly het aan die Gereformeerde beginsels,
met lewendige sang, wat gespreek het van meelewende lidmate. ’n Pragtige groep jongmense is
evangelies besig met die Koningskinders. Daar is ’n groepie ouers wat groot erns maak met
Gereformeerde Onderwys. ’n Gereformeerde skool is enkele jare gelede deur hierdie ouers in
die Noorde van Pretoria gestig. Die bediening van die Huis Hermon-inwoners is ’n groot prio-
riteit by Wonderboompoort. Die Bybelstudie het ons ervaar as wonderlike Woordontginning,
en ons kon selfs help met huisbesoek in vakante wyke. Ons verblyf en diens in Wonder-
boompoort bly ’n aangename ervaring wat die Here op ons pad geplaas het, en die vyftigjarige
herdenking van die bestaan van die gemeente is ook vir ons ’n vreugdevolle en dankbare
feesgeleentheid. Mag die Here die gemeente van Wonderboompoort steeds bewaar en vermeer-
der.
Soli Deo Gloria.
Ds. Dries en sr. Elsie Klopper
Ds. Dries en sr. Elsie Klopper
20
Ds. Christiaan Jooste, huidige herder en leraar – Ons belewenis
Ons is nou ’n bietjie
meer as ’n jaar hier in
die midde van die bedie-
ning van die gemeente
Wonderboompoort. Ná
twee jaar van kombina-
siebediening in Pretoria-
Moot, het ons die roep-
stem van die Here ge-
hoor om oor te kom na
sy gemeente aan die
noordekant van die Ma-
galiesberg in Pretoria-
Noord. Die Here het ge-
roep en op 9 Mei 2009
word ons in die Gerefor-
meerde Kerk Wonder-
boompoort bevestig. Vir
ons was dit ’n weer-van-vooraf begin, want nou kan ons in een gemeente fokus en werk.
Wanneer ons moet skryf oor ons belewenis van die gemeente, beweeg ons op moeilike terrein,
want waaroor moet geskrywe word? Die gemeente is kerk van die Here, wat tog steeds onder
die aanslag van die Bose en die aanvegting van die sonde staan. Om hierdie rede is dit
gevaarlik om oor ons belewenis van die gemeente iets neer te pen. Gun ons daarom die
geleentheid om meer te skryf oor ons belewing van God se genade te midde van die
gebrokenheid van sy kinders, ook in Wonderboompoort. Te midde van ons sonde, kom ons tog
voortdurend onder die besef van Sy groot genade.
Die grootste genade wat die kerk van die Here ontvang het, naas die gawe van die Heilige
Gees, om ons aan alles te herinner wat Christus geleer het, is die gawe van sy besondere open-
baring in sy Woord. In Wonderboompoort het ons gesien hoe ʼn gemeente in dankbaarheid die
wonder van God se Woord soos dit in die Skrif openbaar word, ontvang. Erns word gemaak
met Woordbediening in prediking, Bybelstudie, kategese en huisbesoek. Die kerk het egter nie
net die roeping om die Woord te hoor nie, maar ook om die Woord te dóén. Op ʼn besondere
manier word daar in die gemeente hard gewerk om die Woord nie net in verkondiging hoorbaar
te maak nie, maar ook in dade tasbaar te maak. Die genade van ons God word sigbaar wanneer
die gemeente in opregte meelewing in mekaar se vreugdes en hartseer deel. Hier kan ons beleef
dat die liefde, wat ons in Christus ontvang het, ons versterk en roep om in onderlinge liefde vir
mekaar om te gee. Die Here het in sy genade dit ook in die gemeente gegee om mekaar in lief-
de op die hart te dra. As gelowiges wandel ons in die werke wat God vir ons voorberei het, so-
dat ons nie in onsself mag roem nie.
Met groot dankbaarheid weet ons dat die Here ons hier geroep het om sy roem groot te maak in
die kudde wat Hy hier gestel het en steeds hier versorg. Saam met die kudde jubel ons oor 50
jaar van genade!
Soli Deo Gloria.
Ds. Christiaan, Irma, Rene, Elni en Irma
Ds. Christiaan en sr. Irma met Rene, Irma en Elni
21
As die HERE die huis nie bou nie . . . Die bou van die kerk en kerksaal
’n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daar-
aan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. (Psalms 127:1)
Kerkgebou
’n Kommissie word in 1961 benoem om uit te kyk vir ge-
skikte grond om ’n kerk te bou. Op die vergadering van 8
September 1961 rapporteer hulle dat twee erwe beskikbaar
is teen R6 000. Die Kerkraad is huiwerig om soveel te be-
taal en die saak word uitgestel. Op 20 September word ’n
spesiale vergadering gehou om die saak van die grond
weer te bespreek. Die kommissie verduidelik dat die twee
genoemde erwe die enigste geskikte grond is en daar word
besluit om die twee erwe in Generaal Beyersstraat (toe nog
Commercialstraat) aan te koop.
Op die vergadering van 15 Junie 1962 word gerapporteer
dat die erwe danksy ’n bruidskat wat van Pretoria-Noord
ontvang is (£500 of R1 000) gekoop en betaal is. Op 14
September word besluit om die dorpsraad te versoek om
die gebruiksaanwysing op die twee erwe te wysig, sodat dit
ook gebruik kan word vir godsdiensbeoefening.
Ds. J.B. du Plessis, oudle. Jan Smit, J. Kotze en P. du Plessis en diak. S. van der Schyff word as
boukommissie benoem. Op 19 Oktober beveel die kommissie aan dat
die Kerkraad optree as eienaarbouer;
’n doelmatige gebou met 438 munisipale sitplekke teen R60-00 per sitplek
opgerig word;
mnr. W.E. Mussman gevra word om as argitek op te tree en alle argiteksverplig-
tinge uit te voer.
Die beraamde koste vir die bouwerk was
R27 000. ’n Lening vir R33 000 is by die
bouvereniging aangegaan.
Op Saterdag 2 Maart 1963 word die eer-
ste sooi deur oudl. Hansie Krathz, as
oudste ouderling van die gemeente, ge-
spit, die hoeksteen is op Saterdag 8 Junie
1963 deur ds. Du Plessis gelê en die na-
me van die kerkraadslede agter die hoek-
steen ingemessel. Op 28 September van
dieselfde jaar word die gebou in gebruik
geneem.
Interessante feite oor die kerkgebou
Het u al opgelet dat die sierstene bokant die deur waar die ouderlingbanke is, kapmerkies op
het? Omdat dit soms ’n probleem was om weer dieselfde kleur sierstene te kry moes daar nood-
Die Gereformeerde Kerk
Wonderboompoort vandag
22
Heel bo: Die swaard bo-op die kerktoring.
Bo: Klipmuur aan die voorkant van die kerk.
wendig ander aangekoop word. Die kapmerkies is aangebring om die skurwe plekkies weg te
neem sodat die stene min of meer dieselfde lyk
Die buitengewoon skerppunt toring staan, tot by die punt van die
swaard, ’n outydse 110 voet (35 m) hoog. Die swaard op die
toring was aanvanklik verchroom. Dit is deur weerlig getref en
’n swart spiraalstreep is van bo-af gelaat wat ’n mens duidelik
van onder kon sien. Die swaard is van gietyster en die hand van
koper gemaak en is altesaam oor die twee meter hoog. ’n Prag-
tige swaard van die Gees! (Efes. 6:17)
Toe die klip vir die muur aan die voorkant van die kerkgebou
aangery is, wou ’n lidmaat weet: “Wat wil julle met die klippe
maak? Bou julle ’n beeskraal of wat?”
Die boukommissie wou eers leiklip op die dak sit. Toe Jan Smit
hulle egter wys op die probleme wat ander gemeentes met
leiklipteëls het, wat die heeltyd breek, het hulle op asbes-
teëls besluit.
“Ons sal versmoor!” was maar slegs een van die
menings oor die feit dat nie een van die onderste
vensters van die kerkgebou aanvanklik kon oop-
maak nie. Die argitek het in gedagte gehad dat daar
lugversorging geïnstalleer sou word, maar die ge-
meente het nie daarvoor die nodige finansies gehad
nie. Hortjiesvensters is toe uiteindelik ingesit.
Vergroting van die kerkgebou
Reeds gedurende die bediening van ds. Van Dalsen is daar beplan om die geriewe by die kerk
te vergroot. Ná die vertrek van ds. Van Dalsen word op 11 Maart 1971 besluit om die saak
terug te hou totdat ds. Van der Walt eers gevestig is.
Op die vergadering van 15 April keur die Kerkraad dit goed dat kleedkamers opgerig word.
Broeders word benoem om met ’n argitek te onderhandel i.v.m. die nodige planne. Met die
vergadering van September 1971 kom
die kommissie met ’n nuwe voorstel, nl.
dat die kleedkamers só gebou word dat
dit teen geringe koste met die konsistorie
verbind kan word om ook ’n moeders-
kamer te vorm. Die gewysigde planne
word goedgekeur. In Januarie 1972 maak
’n broeder ’n aanbod om die aanbouings
teen R7 000 te doen. Sy aanbod word
aanvaar. Op 3 Junie is die aanbouing
gereed en word op ’n gesellige byeen-
koms in gebruik geneem. By dieselfde
geleentheid word daar ook afskeid ge-
neem van die lidmate wat ná afstigting
by Rooiwal sal ressorteer.
Die aanbouing aan die kerk wat in 1972 gedoen is
23
Lewende stene, ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom: die
liggaam van Christus in aksie
. . . en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom,
om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1 Petrus 2:5 )
24
Om die heiliges vir hul dienswerk toe te rus: Die Kerkraad
En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders
en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van
Christus . . . (Efesiërs 4:11,12)
Die amp van die ouderling by die Gereformeerde Kerk Wonderboom-poort
By die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort word die ouderlinge gereeld daaraan herinner
dat Christus mense tot besondere ampte in sy kerk roep om die gelowiges vir húlle dienswerk
toe te rus tot opbouing van die liggaam van Christus; daarom rus Christus hulle ook toe met die
gawes wat hulle nodig het.
By ons gemeente word daar gereeld tyd afgesonder op bepaalde Donderdagaande, vir toerus-
tingsgeleenthede, sodat die kerkraadslede toegerus word vir hulle roeping om die gemeente te
onderrig, te regeer, te versorg, op te bou en toesig te hou oor die leer. Afgesien van die Woord-
verkondiging Sondagoggende en -aande, word daar deur Bybelstudie-byeenkomste elke tweede
Maandagaand geleentheid gegee, waartydens die Woord van God saam met medegelowiges be-
studeer kan word, om hulle sodoende in die rykdom van die evangelie te verdiep.
Die ouderlinge doen verslag by verslagvergaderings net voor die Nagmaal oor die leer en lewe
van elke lidmaat in hulle onderskeie wyke. Tydens huisbesoek word die gemeentelede met raad
en troos ondersteun en vermaan, tot opbouing van die liggaam van Christus.
Voor: Onbekend, JC Botha, DG Kruger, JFS Krahtz, ds. WF Venter, AH van Dyk, JH Kotze, JC Smit, AJ Vorster. Middel: F Visser, JH Kloppers, WA Smit, P du Plessis, LC van Dyk, onbekend, PJ van der Walt, onbekend, onbekend. Agter: JC van den Berg, JJ Venter, HCJ van Rensburg, SJ Bester, JM van Aswe-gen, LAS van Wyk, SP van der Schyff, HPJ van Niekerk, P Enslin, N Venter, J Kruger.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 1964
25
Voor: Oudle ED Ras, M Wiechers, PJ Cronjé, A de Ridder, F Visser, PJ van der Walt, Ds. MW van der Walt, Oudle. J van der Merwe, JC Smit, J Kruger, DE Heystek, DJ Coetzer, JC Botha. Middel: Diaks. T du Randt, BJ du Toit, Oudl. JA du Plessis, Diak. A de Ridder, Oudle. LHJ Kruger, HP Slabbert, JM Labu-schagne, P Bos, DJ Booyens, M Louw, JT Ferreira, WM du Preez, I Ueckermann, Agter: Diaks. PH Engelbrecht, K Landman, WG Engelbrecht, LM Ehlers, JL Myburg, WF Kirsten, JL Steenekamp, M van Wyk, B Slabbert, H Beumer, T Booyens, PS Visser. Afwesig: Oudle. PL van Vuuren, SJ Bester. Diaks. JE van der Merwe, P Scheepers, JF Pienaar, GD Roets, JC Dreyer.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 1985
Heel voor: Diaks. MJ Vermaak, AP van Rooyen. 1ste Ry: Oudle. PG Uys, JC Smit, JC Botha, DG Kruger, Ds. HA van Dalsen, Oudle. PJ van der Walt (kassier) CJH de Jager, CJ Kruger, HJ van der Linde. 2de Ry: Oudle. LJB Vorster, PJ Fourie, W Venter, CM Cameron, J Koelman, JM van Aswegen, DE Heystek, AJV Kruger, SJ Malan. 3de Ry: Diaks. DJ Coetzer, JM Labuschagne, JJ Venter, JL Botha, Oudle. L Coetzee, T Visser (skriba), AAH van Wyk, WA Nel, Diaks. AJ Potgieter, JC Stander, JJ de Jager. Agter: Diaks. PJ Fourie, A Engelbrecht, J Lubbinge, DJ Roux, CD Ras, WM Nicholas, HC Penny, J Kruger, CJ du Plooy, JF Pienaar, PC du Plessis.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 1971
26
Voor: Oudle. M Wiechers, C Welgemoed, J Kruger, PJ van der Walt, ds. IW Ferreira, oudle. F Visser J Botha, DE Heystek, D Coetzer, DJ Booyens. Middel: Diaks. T Ferreira, P Smuts, oudle. SJ Bester, LHJ Kruger, A de Ridder, S Crause, diak. A van Wyk, oudle. A van Wyk, J Coetzee, ED Ras. Agter: Oudle. J van der Merwe, diak. M Ras, oudl. J Pienaar, diaks. W Engelbrecht, L Perceval, oudle. P Bos, JM Labuschagne, diak. JE van der Merwe.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 1989
Voor: Oudle. JC Coetzee, J Kruger, JM Labuschagne, ds. GJ Meijer, oudle. F Visser, P Bos, diaks. K Bos, H Bauerlé. Middel: Diak. JE van der Merwe, oudle. C Sweetnam, H van Niekerk, ED Ras, DE Heystek, CS Vermaak, LHJ Kruger, C Hechter, diaks. W van Vuuren, ED Ras, oudl. LSF Perceval. Agter: Oudl. T Fourie, diak. JAJ Pienaar, oudl. LD Snyman, diak. JF Pienaar, oudle. AJB Ras, GC van Staden, JF Pienaar, J Erasmus, diaks. N. Bos, G Henning.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 1999
27
Voor: Oudle.JC du Plessis, JF Vorster, MWJ Redelinghuys, LHJ Kruger, JAJ Pienaar, P Bos, ds. GJ Meijer, GJ van Aswegen, JM Labuschagne, CG van Staden, diak. K Bos. Tweede Ry: Oudl. FJM van Tonder, diak. JE van der Merwe, oudle. MA Buys, C Malan, JM van der Merwe, ED Ras, DJP Erasmus, HV van Wyk, diaks. R Smith, N Bos. Derde Ry: Diak. GJ Bateman, oudle. PB Goede, AJB Ras, diaks. HC Pretorius, CJ Malan, JL Heystek, L Keet, oudle. GS Vermaak, R Drenth. Agter: Diaks. JF Pienaar, N Laubscher, A Visagie, BJ Buys, oudl. C. du Preez, diak. C Seegers, oudle. LSF Perceval, J du Plooij, diak. CFJ Bekker.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 2005
Voor: Oudle. JE van der Merwe, J Visser, JF Vorster, ED Ras, ds. C Jooste, oudle. JM Labuschagne, MJW Redelinghuys, JAJ Pienaar, FJM van Tonder. Middel: Diak. N Bos, oudle. DJP Erasmus, JC Kok, diaks. R Smith, B Seegers, F Seegers, JG Malan, JG Pretorius, MA Buys, HS du Preez, oudl. GJ van Aswegen, diak. JF Pienaar. Agter: Oudl. DGB Boshoff, diak. JM Labuschagne, oudle. JM van der Merwe, JL Heystek, diak. BJ Breytenbach, oudl. GS Vermaak, diak. AG Kok, oudl. J du Plooij, diak. ED Ras, oudl. CG van Staden. Afwesig: Oudle. MA Buys, R Drenth, C Malan, AJB Ras, diaks. BJ Buys, CJ Malan, JP van de Wetering, CR Victor.
KERKRAAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERK WONDERBOOMPOORT 2010
28
Vroue wat die godsvrug bely
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en in-
getoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam
wat die godsvrug bely, met goeie werke. (1 Timoteus 2: 9, 10)
Wees altyd bly!
Ons Skepper-God hou alles in sy hand, ook die seisoene en vir alles is daar ’n spesifieke tyd.
So mag ons hierdie jaar feesvier en met dankbaarheid terugkyk na die afgelope 50 jaar. Met I
Thessalonicense 5: 16-18 hoor ons dan ook die opdrag :
“Wees altyddeur bly.
Bid sonder ophou.
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van
God in Christus Jesus oor julle.”
God het aan elkeen van ons die kosbare gawe van blydskap in Jesus gegee. Kom ons vier fees
met dankbare harte en die belofte dat Hy sy kerk sal bewaar!
Die susters van Wonderboompoort het ook die afgelope 50 jaar God se hand van seën, genade
en bewaring in ons lewens ervaar.
1960 – 1970
Die susters het reeds vanaf afstigting ywerig as Gereformeerde Sustersorganisasie in die ge-
meente gewerk. In daardie tyd is daar in die kerk baie geredeneer oor die korrekte naam en
funksie van die susters in die gemeentelike aktiwiteite. Op ’n tydstip is besluit dat die susters ’n
vereniging op Gereformeerde grondslag moes wees. Ds. Van Dalsen het die sustersorganisasie
in ’n baie ernstige lig beskou en ’n studie gemaak van die aanbeveling van die Nasionale Sino-
de in dié verband. Op die kerkraadsvergadering van Februarie 1965 rapporteer ds. Van Dalsen
dat hy die susters ontmoet het en die funksie van die susters in die gemeentelike aktiwiteite
breedvoerig aan hulle verduidelik het. Daar behoort nou nie meer enige onsekerheid in dié
verband te wees nie. Die susters het dit so aanvaar.
1971 – 1988
Sr. Ans van der Walt, weduwee van ds. M.W. van der Walt, is baie opgewonde oor ons fees-
vierings vanjaar! Sy het met nostalgie terug gedink aan die 17 jaar wat hulle by Wonderboom-
poort-gemeente gedien het. Sy wil graag enkele gebeurtenisse met ons deel.
Sr. Ans van der Walt: 21 Maart 1971 tot 22 Mei 1988
Met groot verwagting het vyf Van der Waltjies uitgesien na die nuwe stadsgemeente na vyf
jaar in ’n plaasgemeente. Die pastorie waar ons sou bly was kleiner as dié waaruit ons getrek
het en aanpassings moes inderhaas gemaak word, o.a. some wat in te lang gordyne geryg moes
word en die rondawel-studeerkamer wat ook as vierde slaapkamer moes dien.
Wat ek goed onthou, is die susters wat in die hoërskoolsaal rondgespring het om alles eksie-
perfeksie te kry vir die ontvangs. Heleen Engelbreght het met haar motor vol lekkernye by die
skoolhek ingery en tot haar grootste skok, het sy by ’n paar trappe wat onverwags opgedoem
het, afgery. Dit was ’n konsternasie om die motor wat wipplank gery het, weer voor op te lig en
agteruit te stoot. Gelukkig was daar baie gou ’n hele paar gespierde manne byderhand.
Die susters was ywerige fondsinsamelaars en die beste manier daardie jare was koektafels in
die hoofstraat voor die drankwinkel. Ons moes die vorige jaar al by die munisipale kantoor
datums bespreek vir die koektafels.
29
’n Enorme ekstra aktiwiteit vir die susters het gou sy verskyning gemaak, naamlik HERMON-
ouetehuis. Ons het niks met die befondsing te make gehad nie, maar wel met al die inwoners
self, wat meesal ontwrig was na ’n lewe van onafhanklikheid. Baie van hulle het ook nie kin-
ders in Pretoria gehad nie en hoewel hulle onderling by mekaar gekuier het, was ’n kuier van
“buite” altyd baie welkom. Om nie te praat van tuisgebakte beskuit of kleinkoekies nie! Ek ont-
hou toe daar eenkeer 88 van óns gemeente se bejaarde lidmate in Huis Hermon was en hulle
was nie geneë om op elke vloer se sitkamer bymekaar te kom vir huisbesoek deur die dominee
nie. Hy moes mooitjies in al 88 kamers sy besoek doen, soos dit dan ook hoort!
Ons susters het ook gereeld gesellighede gereël vir die inwoners en bekende sangers het daar
vrywillig opgetree. Ek onthou toe Barbara Veenemans ’n keer saam met Rudi Neitz daar was.
Dit was ook ons susters se taak om waar Huis Hermon se bestuurder vermoed het ’n geldtekort
was, te gaan uitvind waarmee ons kon help en dan sommer die nodige artikels te gaan koop.
Ons het ook dié wat nog kon loop, winkels toe geneem om inkopies te doen. Hulle was tog só
lief om lekkers te koop! Die susters het veral in die winter daar gaan pannekoek bak en ’n mens
het jou verstom as jy sien hoe hol van binne iemand kan wees vir pannekoek!
Die susters het oorskietwol gekollekteer, want die tannies het graag hangers oorgetrek en dit is
dan verkoop vir ’n sakgeldjie. Hulle het ook ’n eie biblioteek gehad met ’n groot verskeiden-
heid boeke wat geskenk is en hoewel ek besluit het om niemand se naam te noem nie, moet ek
darem Malie van der Merwe s’n noem wat baie, baie jare biblioteekdiens gedoen het, ten spyte
van soms baie swak gesondheid.
Behalwe die groot bouery van Hermon, is daar ook in ons tyd ’n kerksaal met katkisasiekamers
en ’n kombuis gebou en ons susters was grootliks daarby betrokke. ’n Menigte gordyne moes
gemaak word en so ’n saal en katkisasielokale sluk ’n massa meubels in! Die kombuis het ook
baie skottelgoed nodig gehad, wat deur die jare deeglik en goed deur die susters gebruik is.
Nog ’n onderneming wat deur die susters aangepak is, was die stoffering van die kerkbanke.
Dit het deur baie jare gemaklike sit vir veral ouer mense gebied. Jammer dat kinderskoene sul-
ke sagte sitplekke maklik verniel. Die susters het ook vir al die nagmaalstafels nuwe tafeldoeke
gemaak.
Wat ek die heel beste van die susters se aktiwiteite onthou, is egter die onoortreflike afskeids-
funksie wat ons te beurt geval het. Hoewel my attestaat nie meer in Wonderboompoort is nie,
voel ek nog ’n baie hegte band met die gemeente, soos blyk uit besoeke met spesiale geleent-
hede en omdat ek die gemeente se emeritaatsweduwee is.
Groete in Christus.
Sr. Ans van der Walt
Baie dankie, tannie Ans, vir u bydrae. Die susters van Wonderboompoort bid dat u altyd die
krag, seën, en genade van ons hemelse Vader mag ervaar. Kuier lekker hier en geniet die fees!
“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” (Ps. 16: 6)
1986 – 1998
Ds. Naas en sr. Elsie Ferreira het ná hulle studies in Pretoria-Noord ingetrek. Ds. Naas was toe
besig met sy diensplig as kapelaan en suster Elsie het ’n pos as apteker hier aanvaar. Hulle het
by Wonderboompoort-gemeente ingeskakel en het gou hul voete hier gevind. Ná twee jaar is
ds. Naas hier bevestig en suster Elsie het haar volle gewig by die susters ingegooi. Nie lank nie,
toe is sy voorsitster en het sy haar goed van haar taak gekwyt. Dit was ’n voorreg om saam met
haar te beplan, te werk en te ontspan.
30
Sr. Elsie Ferreira aan die woord :
Dit voel soos ’n leeftyd gelede wat ek en Naas by die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort
as jong getroudes aangeland het. Ek kan egter die vriendelikheid en goedhartigheid onthou, as-
of dit gister was. My drie kinders is in hierdie gemeente gebore, gedoop en tot in die afgrond
toe bederf deur al die lidmate, veral die susters. Ek dink byvoorbeeld terug aan die keer op ’n
bejaarde-toer, waar my oudste twee van haar tande gewissel het en hoe elke tannie en oom haar
’n geldjie in die hand gestop het.
Al my herinneringe is aangenaam en van onskatbare waarde. As ek egter ’n spesifieke geleent-
heid moet uitsonder, is dit die Bybelse ete, wat die susters een jaar aangebied het. Dit was so-
veel pret om volgens die tema aan te trek en soos dit in die Bybelse tye die gewoonte was, by
die tafels aan te lê. My herinneringe is egter so soet, omdat Wonderboompoort nie slegs my en
Naas se eerste gemeente was, ons kinders hier gebore is en ons God se seën so ryklik ervaar het
gedurende ons tien jaar hier nie, maar ook omdat ons waarlik die wonderbaarlikheid van ’n fa-
milie in Christus ontdek het. Ons is die Here ewig dankbaar vir ons Wonderboompoort-familie
en die geleentheid wat Hy aan ons toegestaan het om werksaam te wees in so ’n wonderlike ge-
meente.
Sr. Elsie Ferreira.
Elsie, ons susters bid jou, met Naas aan jou sy, nog baie vreugdevolle en geseënde jare se
saamwerk in Sy Koninkryk toe!
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goed-
heid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (Galasiërs 5: 22)
1998 – 2008
Ons het Henriëtte Meijer leer ken as ’n geordende persoon wat altyd eers goed beplan en, met
haar sonnige geaardheid, ons as susters geïnspireer het, om al die aktiwiteite saam deur te voer.
Baie dankie vir jou leiding. Dit was ’n plesier om saam met jou te werk! Ook het sy vir ons
feesblad ’n rukkie in die verlede teruggeblaai om ’n paar herinneringe met ons te deel.
Sr. Henriëtte Meijer skryf:
Wat ’n heerlike voorreg om saam met Gereformeerde Kerk Wonderboompoort die HERE te
dank en te prys vir Sy groot genade oor die afgelope 50 jaar. Dit was ’n groot vreugde om vir
byna tien jaar lank deel te kon wees van hierdie gemeente: ’n gemeente wat ons omring het met
só baie liefde, begrip, vriendelikheid, verdraagsaamheid en gasvryheid. Dit was ’n voorreg om
as lewende stene saam te kon bou aan die bruidskerk van ons Here Jesus Christus! Dankie vir
die geleentheid om enkele herinneringe met u te deel tydens hierdie besondere fees. Gedurende
Julie 1998 het Gerard en ek, tesame met ons vier kinders (Jannes, Gerben, Arno en Dirk) ’n
tuiste in die gemeente gevind. In Wonderboompoort se pastorie het ons voorskool- en laer-
skoolseuns soos plante opgegroei, om tien jaar later as tieners en jong volwassenes na ’n nuwe
pastorie te vertrek.
Die susters se aktiwiteite was altyd ’n groot lekkerte. Nadat ons aan die einde van 1998 weer
ons eie kerkgebou betrek het, het almal aan die werk gespring om die saal en die kombuis op te
knap. Die kerksaal is verfraai met nuwe vloerteëls, ’n lagie verf (met die nodige ontsteltenis
omdat die verf pienk was!) en nuwe gordyne. Later van tyd is die kombuis voorsien van nuwe
kaste en ’n spens.
Geloofsgroei
Geloofsgroei was die kern van ons sustersbyeenkomste. Die Susters-Bybelstudies in die oggen-
de en sustersvergaderings saans, was wonderlike verrykingsgeleenthede. Ons het onder andere
saam meer geleer oor: diensbaarheid, dankbaarheid, gereformeerde liturgie, ander gelowe, as-
ook die binding aan ons beloftes.
31
Op baie maniere kon ons heerlik saam werk – teeskink, pannekoek bak, etes voorberei. Alles
maniere waarop ons mekaar beter leer ken en waardeer het. Die gesellige jaarafsluitings sal nog
lank onthou word – die boemelaarsaand, chinese ete en ook die proe-fees waar elkeen haar
troufoto’s (en selfs trourokke) gewys het. Elke jaar was daar ’n aktiwiteitsgeleentheid: origami,
kralekuns, laslappiewerk en lapverf, was maar ’n paar van die vaardighede wat ons aangeleer
het.
Om die gemeenskap van die heiliges konkreet te beleef, is voortdurend daarop gefokus om
mekaar as gemeentelede beter te leer ken. So het ons in die beginjare die susters in sewe groepe
verdeel en aan elke groep ’n vrouenaam gegee – Ester, Debora, Mirjam, Salomé, Lidia, Ragel
en Tabita. Sewe vrouens wat in die verbondsgeskiedenis geken is aan die uitsonderlike geloof
wat die Here in hulle gewerk het. In groepsverband en deur middel van die verskillende wyk-
susters, is elke suster opgeroep tot diens – om ons gawes tot opbou van mekaar en tot eer van
God uit te leef. Gedurende 2002 is die name van die groepe verander na edelstene wat in die
Bybel voorkom: Agaat, Ametis, Opaal, Saffier, Smarag en Topaas.
Mag die HERE u as susters (en gemeente) begenadig om steeds te bly skitter in dienswerk!
Sr. Henriëtte Meijer.
“Wie sal ’n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale. Gee haar van die vrug
van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.” (Spreuke 31: 10, 31)
2010
As susters van Wonderboompoort kyk ons in 2010 met groot dankbaarheid terug op die voor-
treflike bouwerk wat die deugsame susters van ons gemeente die afgelope 50 jaar aan die Kerk
van Jesus Christus verrig het. Ons wil graag óns roeping en diensbaarheid met net soveel ywer
tot eer van God aanpak. Daarom is ons gebed dié van Psalm 40:4
Net om u wil te doen soos in u Boek
– die wonderskrif wat nooit vergaan –
dit klaar van my geteken staan,
dit wil ek, HEER, van ganser harte soek.
Ek bied U hart en hande
in will’ge offerande –
al wat ek is en het;
diep in my ingewand
waar liefde en ywer brand,
dra ek u heil’ge wet.
Ons het sr. Irma Jooste gevra om, in hierdie halfeeu-feesjaar, namens ons susters die slotwoord
te spreek.
Sr. Irma Jooste skryf:
Hy het ons eerste gegryp en liefgehad, daarom kan ons nie anders as om in diepe dankbaarheid,
as geroepe susters, voor Hom te buig nie. Dit waartoe Hy ons geroep het, om Hom te dien in
Christus, met alles wat ons is en alles wat ons het. Daarom sing ons jubelend bly van Psalm
40:5
Nou sal ek u geregtigheid laat hoor:
daarvan in groot vergadering
vry-uit die blye boodskap bring,
uit dankbaarheid tot sanglus aangespoor.
U trou wat nooit beswyk het,
u heil wat ons geblyk het,
u guns oneindig groot –
sal ek my hulde bring
in groot vergadering
van vriend en vreugdgenoot.
Sr. Irma Jooste
“Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ’n vrou wat die HERE vrees, sy
moet geprys word.” (Spreuke 31:30)
Saamgestel deur sr. Henny Bos
32
sustersbestuur en wyksusters – 2005
Wyksusters se sprokieskarakters
AMETIS: Marelize Boshoff, Wanda van
Wyk, Marie vd Berg & Nelia Drenth
TOPAAS: Rina v Aswegen, Bettie van
Wyk & Maryna Redelinghuys
SMARAG: Elize Pienaar, Heléne See-gers, Henny Bos & Santie Malan
AGAAT: Carien Erasmus, Martie Goe-de, Hannetjie Vermaak & Rita Enslin
SAFFIER: Kittie Kok, Debbie Bekker,
Beth Laubscher & Juanita Visagie
BESTUUR: Martie Goede, Retha Bos, Debbie Bekker, Bettie van Wyk, Wanda van Wyk, Henny Bos & Henriëtte Meijer
Saam teedrink by jaareindfunksie
Koffie en tee skink vir die gemeente
“Mooi geleer, Susters!”
Pannekoek bak – “Só doen ’n mens
dit, Susters!”
Safari-ete van huis tot huis
Geloofsgroei by Bybelstudie
Die groot kwilt bind ons saam
33
Verbly jou, o jongeling, in jou jeug: Jeugaksies
Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonk-
heid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God
jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring. (Prediker 11:9)
Die Ouerjeugvereniging (OJV)
Die OJV, wat gemik is op naskoolse jongmense, het sy ontstaan gehad uit die Koningskinders-
Bybelstudiegroep. Die gevoel van die Koningskinders se groepleiers en organiserders was dat
daar meer interaksie tussen die jeug moes wees en dat daar meer geleenthede vir Bybelstudie
moes wees. Dit het veral baie nodig geword om goeie en gesonde kennis van die Skrif te kry,
om onsself te verryk en opgewasse te wees vir die veeleisende taak van evangelisasie onder
moderne kinders.
Die gedagte was ook om die naskoolse jeug van Wonderboompoort-gemeente, wat nie betrok-
ke was by die Koningskinders-Bybelstudiegroep nie, te betrek met die oog op meelewing. Daar
is besluit om ander gemeentes se jeug ook te betrek deur middel van gespreksaande. Die be-
trokke predikante van die ander gemeentes is dan om die beurt genooi om die besprekings te
lei. Interkerklik, maar ook binne ons eie gemeente, het daar ’n groep ontstaan, wat bekend
geraak het vir sy entoesiasme om deel te neem en te leer. Saam is talle kuieraande na kerk,
naweke van sosialisering en aktiwiteite, kampe en selfs ’n rits staptoere gereël.
Ons vergader elke tweede week om Bybelstudie te doen, of na ’n gesprek te luister oor interes-
sante onderwerpe, soos byvoorbeeld die huwelik, engele van die Here, die evolusieteorie,
doodstraf, die doop en gebed, Tydens Bybelstudie het ons Rut, die Evangelies, Openbaring en
die Klein Profete gedoen. Dit is wonderlik om te sien hoe elkeen se gawe bydra om die liggaam
van Christus op te bou.
Die byeenkomste van die OJV is wonderlike geleenthede vir die jeug van die gemeente om wa-
re vriende te kan maak. Hierdie groep jongmense dra mekaar se belange op die hart en daarom
sien almal hulle Sondagoggende en -aande in ’n kring in die binneplein by die kerk staan, of in
die kerksaal, waar hulle mekaar beter leer ken. Die Here se genade kan hierin duidelik waarge-
neem word. Hy bou sy kerk en bring gelowiges bymekaar. Uit hierdie vriendskappe het al
huwelike tot stand gekom, asook die geboortes van verbondskindertjies.
Tydens die stappery het ons geleer dat die lekkerste water in die Drakensberg se strome is en
met ’n lied in die hart het ons die lewe in die stad verruil vir die wandelpad. So ’n instelling het
dit al geword, dat daar minstens een staproete per jaar aangepak word. Na die Magoebaskloof-
staproete, Giants Cup-, Blyderivier-, Die Walvis-, die Strandloper en die Otter kan ons voor-
waar sê: Ons is lief vir stap!
Die saamstappery het die voete al meer en meer laat jeuk vir nog groter uitdagings! Hierdie ge-
jeuk van rooimiere om te stap en klouter waar ander nie kan of wil nie, het gelei tot die stig van
’n eie stapklub onder ons kerkjeug naamlik: die Rooimier-stapklub.
Die Rooimiere, soos hulle bekend staan, gaan stap jaarliks ’n groot staptog op van die mooiste
plekke in die land! Die beplanning van die staptog gaan gepaard met lekker onderlinge op-
sweeping tot aksie! Die groep het ook ’n jaarlikse T-hemp-kompetisie, waar ’n Rooimierhemp
ontwerp moet word. Met hulle bloedrooi T-hemde, wat ook soms na kerkfunksies gedra word,
staan die Rooimier orals waar hulle gaan, uit!
Die groep het ook hul eie webblad ontwikkel, naamlik www.rooimier.com, waar elke staptog
en staproete bespreek word en ruim toegelig word met foto’s en video’s.
Diakens Ruan Smith en Francois Pienaar
34
Op die voetspore van die Otter
Die Rooimier-stapklub word raakgesien!
Saam stap in die Drakensberg
OJV-Bybelstudie
OJV-Landepartytjie
Kuier om die tafel by gemeentekampe
Lekker vrolik saam sing by die gemeentekamp!
So lyk ons in die Wilde Weste!
Gestewel en gespoor vir die wandelpad!
Kenmerkende kring jongmense by die kerk
VERBLY JOU, O JONGELING, IN JOU JEUG . . .
JEUGAKSIES
35
Verbondsopvoeding en onderrig
Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse
God na Hom sal roep. (Handelinge 2:39)
Reeds tydens die Sinode van Dordtrecht is die fondamente vasgelê wat die belangrikste aspekte
van die Christelike opvoeding en onderrig wat verbondskinders behoort te ontvang, beklem-
toon. Die geloofsopvoeding en -onderrig deur die ouers tuis, die onderwysers in die skole en
die ampsdraers by die kerk, moet daarop gerig wees om die ware Gereformeerde Leer aan ver-
bondskinders oor te dra. Hierdie opvoeding moet dus by die kerk, die skool en tuis eenstemmig
wees.
“Opdat de Christelijke jeugd van hare tedere jaren aan, naarstiglijk in de fundamenten der
ware religie onderwezen en met ware godzaligheid vervuld mogen worden, soo moet deze
drieërlei wijze van catechiseeren waargenomen worden. In de huizen van de ouders; in de
scholen van de schoolmeesters; en in de kerken van de predikanten, ouderlingen en lezers, of
ziekenbezoekers” Sinode van Dordtrecht (1618-19).
Geloofsopvoeding en -onderrig by die kerk
Leer my u weg . . . Kategetiese onderrig by die Gereformeerde Gemeente Wonderboompoort
“HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.” Ps 119: 33
Die kategetiese onderrig in die Gereformeerde Gemeente Wonderboompoort se oogmerk is
steeds om die kinders in te lei in die kennis en vertroue van die geloof en om hulle verbonds-
matig te onderrig aangaande God en sy Woord.
By Wonderboompoort neem die predikant die verantwoordelikheid vir hierdie onderrig met
enkele hulpkategete wat hom met sekere “vakke” by die laerskoolkinders bystaan.
Algemene oorsig oor die katkisasie-leerplan
In die Grondslagfase (Graad 1-6) word gefokus op die aanleer van die Bybelse geskie-
denis, Psalms word aangeleer en lewensopvoeding verskaf.
In die volgende fase (Graad 7-9) word op die Heidelbergse Kategismus en kerkgeskie-
denis gekonsentreer.
Die belydenisklas (Graad 10-11) behandel die Nederlandse Geloofsbelydenis, Dordtse
Leerreëls en Dordtse Kerkorde. Onderrig word afgesluit met ’n kamp waartydens finale
afrondingswerk gedoen word. Tydens die kamp word ruimte geskep om die ouers te
betrek, sodat daar met hulle oor aflegging van die geloofsbelydenis van hulle kinders
gesprek gevoer kan word. Dit word opgevolg met die ondervraging van die katkissante.
Ander aktiwiteite
Jaarliks word ’n vasvra gereël vir al die kinders van die Gereformeerde Kerke Akasia, Pretoria-
Noord en Wonderboompoort. Dit word hartlik deur die kinders ondersteun.
Mag Christus deur die werk wat hier gedoen word, verheerlik word. Solo Deo Gloria.
Oudl. Michiel Buys
36
Gereformeerde geloofsopvoeding en -onderrig by die skool
En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders
inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy op-
staan. (Deut.6: 6,7)
Die grootste geskenk wat gelowige ouers aan hul kinders kan gee is om hul te onderrig en toe
te rus met die Woord van God. Ons kan hierdie geskenk nie net gee nie, maar meer nog, ons
moet dit gee. By die doopvont het ons beloof dat ons ons kinders na ons vermoë sal “onderrig
en laat onderrig” in die leer van ons Hemelse Vader.
Die Kerkorde, Artikel 21 sê: “Die kerkrade moet toesien dat die ouers die skoolonderrig aan
hulle kinders in die vrees van die Here laat geskied”. Dit word verder versterk deur die herhaal-
de onderskrywing van gereformeerde onderwys op die sinodesittings die afgelope dekade.
In die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort is daar ’n groep ouers wie se kinders in hoof-
saaklik twee Gereformeerde Skole is, nl. Dirk Postma en Noordelike Pretoria.
Stigting van die Gereformeerde skool Dirk Postma
In die lig van bostaande het ’n groepie ouers byeengekom, ’n ouervereniging gestig en op 7 Ja-
nuarie 1987 is die Gereformeerde Laerskool Dirk Postma se “deure” geopen met drie onderwy-
sers en 42 leerlinge. Die skool het aanvanklik maar stadig gegroei en daar is gebruik gemaak
van GK Die Kandelaar se fasiliteite. In Januarie 1994 is ’n kleuterskool begin, gevolg deur ’n
hoërskool in Januarie 1998 met 13 onderwysers en 13 leerlinge. Soos die skool gegroei het, het
akkommodasie ’n probleem geword. Asbesklaskamers is bekom, twee erwe is aangekoop, die
huidige skoolgebou is opgerig en uitgebrei. Vandag is daar ongeveer 35 voltydse en deeltydse
personeellede in diens. Die leerlingtal is tans 300+ kinders gesamentlik tussen die Kleuter-,
Laer- en Hoërskool.
Maklik was dit nie. Dat daar baie probleme was waarvoor die ouervereniging te staan gekom
het, is beslis nie uitgesluit nie. Jaar na jaar was daar aanslae van die Satan teen hierdie skool.
Die HERE gee vandag nog steeds die krag en insig om hierdie probleme te bowe te kom.
Ander gereformeerde skole is tot stand gebring. In ons midde het die Gereformeerde Skool
Noordelike Pretoria ontstaan, wat tans in ’n huis langs Wonderboompoort-gemeente gehuisves
word . . .
Sr. Martie Goede
Stigting van die Gereformeerde skool Noordelike Pretoria
Die Gereformeerde Skool Noordelike Pretoria (Griffies) het in 2005 tot stand gekom, omdat
gemeentelede en ouers van plaaslike gemeentes hulle geroepe gevoel het om voorsiening te
maak vir Gereformeerde onderwys in die nabye omgewing.
Daar word al hoe meer besef dat dit die taak van die verbondsouers is om ons verbondskinders
te onderrig en nie die staat nie. Dit is ons oortuiging dat ’n skool nie alleen ons kinders leer lees
en skryf nie, maar dat die skool ’n groot bydrae lewer tot ’n kind se lewensbeskouing en
karaktervorming. ’n Kind se skoolopvoeding het dus ’n reuse invloed op sy lewe en ook op die
vorming van sy geloofslewe. Die nodigheid van gereformeerde, gehalte-onderwys is dus ’n
praktiese noodsaaklikheid!
Die gereformeerde onderwys se ARSO-leerplanne en leerstof word opgestel met die ideaal om
alle lewensterreine vanuit die Skrif te benader. Griffies vervul ’n belangrike rol in Noordelike
ARSO = Aksie Reformatoriese Skoolonderrig
37
Pretoria om hierdie ideaal te help verwesenlik deur dit konsekwent in al die grade en dissipli-
nes te gebruik.
Die skool staan onder die beheer van ’n dagbestuur, wat deur die lede van die Gereformeerde
Skoolvereniging Noordelike Pretoria gekies word. Lidmate van die GKSA word voordurend
uitgenooi om lid te word van die vereniging om op dié manier by te dra tot die uitvoer van hier-
die besondere taak, wat aan ons as verbondsouers, -grootouers en -gemeenskap deur die HERE
opgedra is.
Die skool wat aanvanklik met Graad 0 tot 3 begin het, bied tans Graad 00 tot Graad 7 aan.
Sedert 2009 is die skool onder die leiding van dr. Manda Nel as skoolhoof, bygestaan deur vier
bekwame onderwysers. Daar is tans 27 kinders in die skool. Dit is ons bede dat die skool onder
die seënende hand van God van krag tot krag sal gaan.
Br. Jan Rijn Zeevaart
Gereformeerde opvoeding en onderwys by die kerk
Ouers, kinders, onderwysers en studente betrokke by
Gereformeerde opvoeding en onderwys by die twee skole
Ds. Christiaan tydens ’n vasvra
38
Ook die klein kindertjies besoek
ons biblioteek!
Die hart van die verstandige verwerf kennis: Biblioteek en Legamus
Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van die wyse soek na kennis. (Spr. 18:15)
Ons gemeentebiblioteek het in 2006 deur die seënende hand van die HERE sy deure in die kerk-
saal oopgemaak. Die lektuurkommissie, wat die biblioteek bedryf, stel dit ten doel om lidmate
in hulle geestelike groei by te staan en Skrifkennis te vermeerder deur relevante Bybelstudie en
leesmateriaal beskikbaar te stel. Daar is naslaanwerke, Bybelstudiehandleidings, vakliteratuur,
preekbundels en verskeie boeke wat handel oor aktuele sake. Boeke oor onderwerpe soos
Groot- en Kleindoop, Jehova Getuies, Evolusie, en baie ander, verskyn reeds op ons rakke.
Sondae ná die eredienste is die bilioteek oop en kan lidmate boeke besigtig, naslaan en uitneem.
Die tydskrifrak in die kerksaal is daar om geleentheid te bied vir lidmate om insae te kry in
verskeie kerklike tydskrifte soos Die Kerkblad, Waarheid en Dwaling (waarvan publikasie
ongelukkig nou gestaak is), Clarion (van die Gereformeerde Kerk in Kanada) en Naderbekeken
(van die Gereformeerde Kerk in Nederland).
Om leeslus aan te wakker word daar in 2008 ’n leeskring by name LEGAMUS (Laat ons lees!)
in die lewe geroep. By bepaalde geleenthede word daar saans ná die aanddiens boekbespre-
kings gehou. Op Sondagaand 1 Junie 2008 het Legamus die 75-jarige herdenking van die ont-
vangs van die eerste Afrikaanse Bybels in Kaapstad onder die gemeente se aandag gebring
deur ’n feestelike uitstalling by die biblioteek. Die ingebruikneming van die Afrikaanse Bybel
is deur Legamus op 17 Augustus 2008 uitgebeeld met behulp van ’n historiese voorstelling. Le-
gamus het die stigting van die Gereformeerde Kerk in Rustenburg 150 jaar gelede op 15 Febru-
arie 2009 deur ’n historiese voorstelling op te voer, herdenk. Legamus het ook Calvyn se ge-
boortedag 500 jaar gelede op 12 Julie 2009 herdenk met ’n opvoering en boekuitstalling. Her-
vormingsdag is op 1 November 2009 herdenk deur die groot dade van God deur die Hervor-
mers in herinnering te roep. By al hierdie opvoerings is ampsdraers, susters en kinders van die
gemeente as “akteurs” betrek. Deur die skepping van sulke geleenthede poog Legamus om ons
roeping en verkiesing vas te maak, want as ons dit doen, sal ons nooit struikel nie (II Pet. 1:10).
Sr. Ina van Tonder
Uitstalling: Calvyn 500 jaar
– 12 Julie 2009
Gerhard Kok as
Calvyn
Die Afrikaanse Bybel 75 jaar –
Klankopname by Radio Pretoria
Deelnemers aan die Geloftefeesvertelling – 2009
Verkondig die evangelie aan die ganse mensdom
En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse
mensdom. (Markus 16:15)
Koningskinders
Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die
koninkryk van God. (Markus 10:14b)
Die evangelisasie-aksie Koningskinders het sy ontstaan te danke aan ds. Lammert Stavast
wat deur die HERE besiel is met ’n passie vir seerkrykinders. Die aksie by Wonderboompoort
is gemik op kinders in ons omgewing, wat in haglike omstandighede lewe. In die 15 jaar van
die Koningskinders se bestaan in ons gemeente, het ons dikwels te doen gekry met armoede,
verwaarlosing, mishandeling, molestering, depressie en nog meer. Die mees hartverskeuren-
de was egter dat baie van hierdie kinders geen band of verhouding met die HERE gehad het
nie. Daarby maak rebelsheid en ongehoorsaamheid dit moeilik om met hulle te werk.
Tydens jaarlikse kampe word hierdie kinders eerstens goed versorg en gevoed. Na elke ete is
daar Bybelstudie, waar die groepleiers volgens ’n vooraf uitgewerkte tema, met hulle 3 of 4
kinders in die groepie werk. Tussen hierdie sessies word geswem en baljaar, handvaardighe-
de aangeleer – alles groot pret. Elke dag word begin en afgesluit met stiltetyd. Kinders word
geleer om te bid. ’n Band met die groepleier “oom” of “tannie” ontstaan – wat ’n aangrypen-
de ervaring! Enkele voorbeelde: ’n groepleier kry ’n telefoonoproep ná die kamp: “Oom, my
pa weier om vir ons uit die Bybel te lees. Wat moet ek doen?” ’n “Tannie” – self eintlik nog
’n kind, staan eenkant saggies en huil. Die rede? “Ek kry hierdie kinders so verskriklik jam-
mer!”
Kampe word opgevolg deur maandelikse byeenkomste van Bybelstudie en saam eet, gevolg
deur speletjies en pret. Intussen is ook begin met katkisasie by Wonderboompoort se kerk-
gebou elke Sondagmiddag, waarna verversings verskaf word deur die susters.
Ons kerkverband hou jaarliks verskeie kampe vir jongmense om hulle by die kerk betrokke te
kry. Die ervaring het geleer dat daar geen beter wyse is om jongmense se betrokkenheid te
verkry en te behou, as om hulle te lei tot dienswerk in God se koninkryk nie. Baie ampsdraers
in verskillende gemeentes het hulle eerste blootstelling tot dienswerk by Koningskinders ge-
kry. Verskeie huwelike het ook al langs hierdie weg tot stand gekom. Belangrikste nog: Baie
kinders is toegerus met kennis van en liefde vir God. Wat die uiteindelike wins vir die Konin-
kryk sal wees, is in ons Vader se hand.
Oudl. Daan Erasmus
Evangelisasie en Sending
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en
die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
( Matteus 28:19)
Die gemeente het deur die jare gehoor gegee aan hierdie opdrag van ons Here deur aktief
betrokke te wees by evangelisering binne die grense van die GK Temba noord van Ham-
manskraal.
39
40
Sedert die afstigting is daar begin om in een van die noordelike wyke van die GK Temba nl.
Greenside (tans Maubane) en Bosplaas (tans Carousell View) evangeliseringswerk te doen.
Die aanvanklike werk is deur brs. Jan Botha en Arrie de Ridder (eggenoot van sr. Mara de
Ridder, tans in Hermon) gedoen. Beide hierdie broeders was Tswana vlot magtig. In die
sewentigerjare het br. Pieter Bos hierdie gebied begin bearbei. Verskeie broeders en teolo-
giese studente van Hammanskraal het saam met hom deur die gebied gewerk en gaandeweg
daarin geslaag om ’n aantal gesinne tot die geloof in Christus te bring. Hierdie broeders het
die grondslag gelê vir die voortgesette betrokkenheid van ons gemeente in die gebied. Ere-
dienste is op Sondae gehou en daar is ook nagmaal bedien deur die predikant van die GK
Temba. Destyds het die teologiese student Jack Lekalakala ’n besondere bydrae gelewer. Ds.
Jack is tans predikant van die GK Makolokwe. Ongeveer 4 jaar gelede het teologiese student
Oupa Nkoane daar begin met praktiese evangelisering as deel van sy teologiese studies aan
die Mukhanyo Bybelkollege. Wonderboompoort het aan hom ’n honorarium betaal om sy
reiskostes te dek en ook vir verblyf in die gebied. Gedurende die tydperk wat hy daar werk-
saam was, is daar ook gereeld Sondae dienste gehou, katkisasie gegee en kwartaalliks nag-
maal bedien. ’n Hele aantal kinders is gedoop en ’n paar jongmense het belydenis van geloof
afgelê. Broeder Oupa het ook opleiding aan diakens en ouderlinge verskaf. Hy het sy studies
voltooi, is beroepbaar en is tans betrokke in die Ramotse-gebied. Die GK Rietvallei is daar
betrokke en sal Ramotse tot kerkstigting begelei.
Oudl. Frits van Tonder en Br. Pieter Bos
Evangelisasie-uitreik na Malawi, 1995 – 2005
Gedurende 1994 word ds. Naas Ferreira uitgenooi na ’n ontbytgeleentheid. Tydens hierdie
geleentheid word daar gefokus op die volke, wat nog nie deur die Evangelie bereik is nie,
veral dié in Afrika. Een land bly in ds. Naas se gedagtes vassteek – die land Malawi. By hom
het die HERE reeds die nodige saaiwerk gedoen en hom toegerus tydens sy bediening in Won-
derboompoort.
Lidmate wys in 1990 ’n gulde geleentheid van die hand om vir ’n week na die Seychelle
eilande te gaan en hulle versoek dat die geld eerder aangewend mag word vir ’n besoek aan
Malawi. Die versoek word toegestaan en hulle reis onder militêre begeleiding deur die oor-
loggeteisterde Mosambiek, na Malawi en deurkruis dié land vir ’n maand lank en dit met ’n
1400 Nissan bakkie! Tydens die besoek doen hulle aan by die NG Sendingstasie by Nkoma
en leer so die sendelinge en hospitaalpersoneel ken. Gedurende 1992 slaag ds. Naas daarin
om deel te neem aan ’n uitreik na Mosambiek en ontvang onder gevaarlike oorlogstoestande,
verdere waardevolle geestelike toerusting.
Gedurende 1993 besoek broeder Pieter Bos ’n sendingorganisasie wat werk onder die Mos-
lems doen, Eternal Life Outreach (ELO) se kantore in Pretoria-Noord. Daar word vasgestel
dat hulle ook medewerkers in Malawi het. ’n Verdere geleentheid word nou vir broeder Bos
geskep om hierdie medewerkers te gaan besoek, aangesien hy reeds saam met die Pretoriase
Dieretuin en die Port Elizabethse Museum beplan het om Malawi te besoek.
Terug by ds. Naas en 1994. Vol geesdrif wil ds. Naas nou uitreik na Malawi, maar broeder
Bos se belangstelling lê in Angola. Die HERE keer egter alle ander planne, met die gevolg dat
drie broeders, naamlik ds. Naas Ferreira, br. Pieter Bos en br. Fred Nel (van ELO) in April
1995 na Malawi reis om die eerste uitreik te beplan! Verskeie plekke langs die meer word
ondersoek en daar word uiteidelik op Mtakataka besluit waar Wonderboompoort vir die
volgende 10 jaar sal arbei.
41
Gedurende Julie 1995 vertrek ’n span van 19 na Mtakataka onder leiding van br. Pieter Bos
en onder die vaandel van Kruisnet, wat intussen in Wonderboompoort gestig is. Van die 19
siele in die span, was 7 lidmate van Wonderboompoort, een teologiese student, Jack Leka-
lakala, 5 verteenwoordigers van Eternal Life Outreach en 6 ander medewerkers.
Hierdie eerste uitreik was vir almal wat dit meegemaak het ’n besondere geslaagde uitreik.
Die plaaslike gemeente in Malawi het vir die geleentheid ’n “summer’s hut” asook ’n toilet,
kombuis en wasplek van riete voorberei. Karen Ras het egter na sewe dae erge diarree opge-
doen. ’n Dag later slaan die rietkombuis aan die brand as gevolg van ’n gaslek en Bertus van
Wyk brand sy hand met die gasvlam. Daar word besluit dat Tjaart Fourie vir Bertus na Nko-
ma sal neem vir mediese behandeling en Karen en Albert Ras ry saam om iets vir haar onge-
steldheid te kry. Daar word vasgestel dat Karen eintlik Malaria onder lede het. Nadat sy vol-
doende herstel het, is sy en Albert per vliegtuig terug huis toe. Die voorsienigheid van die
HERE blyk hier baie duidelik. Eerstens die goeie bande wat voorheen met Nkoma gesluit is en
tweedens die feit dat Bertus se besering daartoe gelei het dat Karen betyds noodsaaklike
mediese behandeling kon kry.
In April 1995 vertrek broeders Pieter Bos, Willem Kirsten en klein Willem-Frederik om die
uitreik van Julie 1995 te gaan beplan. Geen geldelike hulp is tot op daardie stadium van ons
Kerkraad ontvang nie en die kostes is deur gemeentelede, buitestanders en die span self voor-
sien. Groot hulp is van Basjan Krause ontvang, toe hy sy bakkie beskikbaar gestel het. By
aankoms te Mtakataka stel die broeders vas dat hulle gladnie welkom is nie! Na twee dae se
onderhandelinge kom hulle agter dat van die ander medewerkers sekere verwagtinge by die
gemeentelede en Kerkraad oor finansiële en materiële steun geskep het, waarvan ons mense
niks geweet het nie. Ons kon hulle egter oortuig van ons eerlikheid en opregtheid soos Paulus
ons geleer het: “Wat ons het, gee ons, die Woord en Sy Krag”.
Verdere uitreike het sterk gekonsentreer rondom die Bybelse beginsel waar twee-twee na hui-
se gegaan het en met behulp van tolke die Evangelie bedien het. Die amptelike taal in Malawi
is Engels. Tog kon baie mense die boodskap nie verstaaan nie. Bybels in Chichewa (die alge-
mene spreektaal) is saamgeneem en verantwoordelik uitgedeel.
In April 2000 stuur die Kerkraad ds. Gerard Meijer, br. Johan Labuschagne en brs. Pieter en
Tjaart om ’n besoek aan Mtakataka te bring. Ook hierdie besoek was baie suksesvol en daar
word besluit om met die uitreike voort te gaan.
Die afronding van die uitreike word vir 2003 beplan met opleiding aan ouderlinge: “Hoe om
preek te maak” deur dr. Flip Buys van Mokanyo. Die nodige toestemming vir die opleiding
word egter nie ontvang nie en dit kon nie voortgaan nie.
2004: Die 10de jaar van uitreike na Mtakataka. Kort voor die uitreik willig di. Johannes
Aucamp en Boeta Erasmus in om die opleiding waar te neem! Die HERE voorsien. Hy voor-
sien die broeders en die opleidingsmateriaal. Die kursusmateriaal vir diplomastudente van dr.
Buys kon nou gebruik word. In Malawi was daar twee predikante, die plaaslike leraar en die
direkteur van die Nehemia Instituut, wat ook kon help. Veertig ouderlinge registreer vir die
kursus en 36 ontvang sertifikate.
Die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort wil met groot dankbaarheid teenoor die HERE,
aan Hom alleen die eer gee. Deur die HERE se genade kon ons saai en nat maak, maar SLEGS
Hy kan laat groei.
Br. Pieter Bos
42
Ds. Meijer besoek Maubane
Evangelisasie in ds. Meijer se tyd
Evangelisasie in ds. Jooste se tyd
evangelisasie by tembA
Die span wat saamgegaan het.
Die Woord word verkondig
Ernstig aan die werk
Op ver paaie met die Wonderbus
Roodeplaatdam, Januarie 1995
Verversings tydens groepleiersopleiding
koningskinders
Koningskinders met hul T-hempies
Koningskinders doen Bybelstudie
Die uitreikgeleentheid na Malawi in Julie 2004
Na elke ete is daar Bybelstudie
Groep-Bybelstudie
Verposing op pad na Malawi
Klipkasteel, April 1995
43
Ons glo aan die gemeenskap van die heiliges
Die woord van God is lewend en kragtig: Bybelstudiegroepe
Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en
dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar
van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (Hebreërs 4:12)
In die Middeleeue was toegang tot die verklaring en verstaan van die Skrif in die hande van
die kerklike hiërargie geleë. Deur die genade van die Here het die Hervorming deurgebreek
en is die Skrif as openbaring van God weer aan die gelowiges gegee. Die Bybel, wat net vir
geskoolde teoloë in die kerklike Latyn toeganklik was, is in die spreektaal van mense vertaal.
As kerk van die reformasie is ons vandag nóg geseënd dat ons as gelowiges self die Skrif kan
lees en aan die hand van die belydenis kan verklaar en verstaan. Tog is alles nie ewe duidelik
nie en het ons steeds nodig dat die Bybel saam bestudeer moet word. Bykomend tot die
prediking, kan ons ook in ons gemeente deur middel van Bybelstudie die nuwe en die ou
dinge uit die skatkamer van die Evangelie haal. In die gemeente funksioneer 3 amptelike
Bybelstudiegroepe:
Gemeentelike Bybelstudie wat tweeweekliks vergader. Tans word die groot genade
van “redding deur die geloof alleen” in die Romeine-brief bestudeer.
Die susters vergader weekliks en bestudeer die implikasies van Christus se hoofskap
oor die liggaam van gelowiges aan die hand van die Efesiërbrief.
Die senior burgers van Huis Hermon vergader weekliks en kan die vreugde en smart
van die gelowige se lewe aan die hand van die Psalms bestudeer.
Bybelstudie is nie net ʼn ongekontroleerde saampraat oor die inhoud van Skrifgedeeltes nie,
maar dit moet aan die vereistes vir goeie Skrifverklaring voldoen. Die grammatikale aspekte
van ʼn teks en die historiese konteks word in ag geneem. Deur hierdie metode kan ons veilig
by die betekenis van die teks in ons eie lewe uitkom. Deur die Bybelstudie word gelowiges
self ook geleer om die Skrif verantwoordelik te verstaan en in die praktyk van ons daaglikse
lewe toe te pas. In die Bybelstudie van die gemeente kan ons besef hoe wonderlik geseënd
ons is, omdat God Homself aan ons bekend maak as die Genadige en die Regverdige, wat
Koning in ons lewe is.
Ds. Christiaan Jooste
Gemeentekampe
Kamp is al ’n jarelange tradisie by Wonderboompoort. Oud en jonk kom die Vrydagaand, aan
die begin van die naweek, bymekaar vir ’n onvergeetlike byeenkoms van medegelowiges en
vriende. Die naweek skop af waar almal mekaar help om kamp op te slaan, of in die geval
van ’n chalet-kamp, hulle intrek te neem. Die diakonie voorsien die Vrydagaand ’n ligte ete,
sodat niemand hulle hoef te bekommer oor kosmaak ná ’n lang en veeleisende werksdag nie.
Sodra almal hul intrek geneem het, word die kamp met Skriflesing en gebed geopen en die
naweek se program word deur die Kampkommandant bespreek. Indien die tyd dit toelaat,
word daar ’n paar kenmekaarspeletjies gespeel. Ná huisgodsdiens is dit slaaptyd vir die
44
moeës en die oues, maar vir die res sluit die Vrydag met ’n lekker kampvuurkonsert en same-
sang af. Daar word gesing en op die kitaar getokkel tot laatnag, wanneer almal besluit dis nou
slaaptyd, behalwe natuurlik vir die ondeunde jonges wat dan nog soms ’n behoefte het om
kattekwaad aan te vang.
Die Saterdagoggend vroeg is daar koffie en beskuit. Die dag begin met ’n Bybelstudie wat
deur die predikant gelei word. Elke kamp het ’n unieke tema soos bv.“Berge in die Bybel” en
die Bybelstudie handel dan ook oor hierdie tema. Dit is voorwaar ’n besonderse geleentheid
om jou saam met medegelowiges in die Woord te verdiep.
Tydens sommige kampe word daar ook ’n handewerk-aktiwiteit vir die broeders gereël, soos
bv. hoe om ’n kierie uit ’n stuk hout, ’n windklok uit bamboes, of ketties te maak, wat daarna
werklik moet kan skiet. Die susters leer kralewerk, vervaardiging van houertjies uit plastiek-
bottels en om allerlei handige nuttige item te vervaardig. Elke kampterrein is uniek, en daar-
om wissel aktiwiteite van staptogte, boeresport en speletjies tot waterkaskenades en vele
meer. Daar word ook hope tyd ingeruim vir net lekker saamkuier, of net lekker rus. Die pro-
gram word spesifiek só saamgestel dat daar genoeg geleentheid is vir medegelowiges om
mekaar beter te leer ken.
Saterdagaande na ete word huisgodsdiens gehou, gevolg deur ’n konsert, of andersins net ’n
lekker saamkuier-geleentheid rondom die vleisbraaivuur. In die verlede is daar ook al ’n
Bybelvasvraspeletjie gereël, waar almal in spanne ingedeel is en dan moes die spanne saam
deur ’n “nagmars” van punt tot punt beweeg om al die strikvrae uit die Bybel te kon beant-
woord. ’n Gewilde item op die program is die kampvuurkonsert en -samesang. Dit is dan ook
al “tradisie” onder die jonges om “Liefling” van Gé Korsten te sing, natuurlik met die nodige
oordrewe emosie en nagemaakte diep stem!
Sondagoggende is daar ’n erediens op die kampterrein, gelei deur die predikant. So tussen
deur die Sondagoggendkuier word daar kos gemaak vir middagete. Na middagete is dit kamp
afslaantyd en oppak . . . vroeg genoeg vir almal om betyds vir die aanddiens in ons kerkgebou
te wees.
Gemeentekampe is voorwaar ’n onlosmaaklike deel van Wonderboompoorter-wees! Die dia-
konie probeer om dit sover moontlik vir alle lidmate moontlik te maak om die kampe mee te
maak, daarom is daar chaletkampe, sowel as karavaan- en tentekampe, wat jaarliks afgewis-
sel word. Kampterreine soos Die Hoekie, Die Rustenburgse kultuursentrum, KwaTidimalo,
Diamanté, Nkwe en Monateng sal ons nimmer vergeet nie!
Diak. Francois Pienaar
Gemeentekampe
DIE HOEKIE
45
NKWE
KWATIDIMALO
gemeentekampe (vervolg)
Hoekom smaak die eier vandag so snaaks?
46
Gemeente-etes, broodjie-aande en kuier na kerk
Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n. Want
hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. (Filippense 2:4,5)
Met hierdie woorde word ons gemeente opgeroep om die eenheid tussen gelowiges te behou,
deur mekaar se belange op die hart te dra, soos Christus ons belange op Sy hart dra.
Die susters inisieer die gemeente-etes. Daar is vroeër jare op twee nagmaaletes per jaar be-
sluit. Die heerlike samesyn het egter gesorg dat daar tans met elke Nagmaal ʼn gemeente-ete
is! Elke Nagmaalete het sy eie karakter. In die somer word daar ʼn bring-en-braai gehou, of
koue vleis en slaaie. In die winter is daar sop en broodjies, of vleis en groentegeregte. Elke
suster het haar eie besondere talent met die maak van geregte. Die geregte uit elke huis word
op een tafel geplaas. Elkeen kan dan maar skep waarvan hy/sy die meeste hou. Dis so lekker
om soms kos wat ander mense voorberei het, te geniet! Gewoonlik is die bestuur verantwoor-
delik vir die nagereg. Alleenlopendes bring elkeen ʼn liter vla of broodjies, afhangende van
die ete. Tydens die ete word almal betrek. Die diakens help om die tafels en stoele uit te pak
en indien daar ʼn vleisbraai is, sorg hulle vir die vuur en dat die braaiers gereed is. Elke gesin
is verantwoordelik vir hul eie tafeldoek, eetgerei en drinkgoed.
Voordat die ete ’n aanvang neem, sit ’n paar ouderlinge met lekker sterk stemme, om die
beurt ʼn paar Psalms en Skrifberymings in en sing die gemeente spontaan saam. Dominee
doen die tafelgebed om die dankbaarheid vir die feesmaal voor die Here te bring en dan ge-
niet almal saam mekaar se uitsoekgeregte. Ná die ete en die nagereg, word ʼn dankgebed ge-
doen en dan help almal, oud en jonk om op te ruim. Om saam te kan eet en so van medegelo-
wiges se welstand en doen en late te verneem, gee aan die hele ete ʼn feestelike en meelewen-
de karakter. Dit gaan nie oor die kwaliteit of kwantiteit van die kos nie, maar oor die heerlike
saamwees van gelowiges.
Daar word jaarliks ’n fondsinsamelingsgeleentheid deur die susters gehou, waartydens daar
meestal ook ’n ete met ’n bepaalde tema aangebied word. Die hele gemeente word hierby
betrek met kaartjieverkope, die maak van die etes en die pret wat met so ’n geleentheid ge-
paard gaan. Wie sal ooit die pret van die Duitse-aand kan vergeet? Ds. Gerard het díe aand so
met oorgawe die voortou geneem, dat ’n kerkraadslid hom glo later sterk daaroor aange-
spreek het! Dan was daar ook nog die Griekse-aand, die Boerefees, die Mik-en-Pik en vele
meer. Die Pasga en die Bybelse ete, was besondere leersame en insiggewende geleenthede.
Die meelewing van die gemeente word ook in die besonder beleef wanneer daar elke Sondag
ná elke erediens tee en koffie bedien word. Daar kan die gelowiges ook saamgesels en mee-
leef in alles wat elke week deur elkeen beleef word. Een maal per maand, gewoonlik die
eerste Sondag van die maand, ná die aanddiens vind die broodjiesaand in die gemeente plaas.
Die susters bring die broodjies, wat in elk geval die aand by die huis genuttig sou word, saam
kerktoe en almal kan dan deel, eet en gesellig verkeer oor ’n koppie koffie en ander gemeen-
telede se trefferbroodjies geniet.
ʼn Blyplek is ʼn dak oor die kop, maar waar die hand van ʼn vrou is, is dit ʼn huis. Onder die
susters van die gemeente is almal nie dieselfde nie. Daar is die werkende Marthas, die luiste-
rende Marias, die dienende Febes en die verkondigende Priscillas. Elkeen word geroep om
die gawes wat sy ontvang het, sigbaar en tot opbou van die gemeente uit te leef. Groot dank
aan elke suster wat haar gawes uitleef, veral ten opsigte van die bevordering van die gemeen-
skap van die heiliges, maar nog groter dank aan ons Hemelse Vader wat hierdie gawes so on-
verdiend gee.
Sr. Annemarie van Staden
47
Proe mekaar se uitsoekgeregte
Dr. Gerard-hulle se afskeidsete
Heerlike samesyn ná Nagmaal
Die broeders moet die skape braai!
Ein Prosit, ein Prosit der
Gemütlichkeit!
Boeretannies by die Boere-ete
Besgeklede Boer
Duitse vrolikheid en gemoedelikheid
Gemeente-etes, broodjie-aande en kuier na kerk
Twee Bybelse figure eet saam!
Meelewing ná die erediens
Al geselsende skottelgoedwas
Die voorbokke by die Duitse
aand
Dat brood die mens se hart versterk
Bybelse ete – 2004
Kindertjies se meelewing by ons kerk
48
Genadegawes in aksie: Wonderdag
En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: is dit profe-
sie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die
lering; of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie ’n voorganger is,
met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid. (Rom.12:6-8)
Die woord WONDERDAG dui op díe besondere dag op ons gemeente se jaarprogram, waar-
tydens die wonderlike gawes wat die Here aan elkeen van sy kinders gegee het, in belang van
ons broeders en susters en kinders met mekaar gedeel word. Die hoofdoel van Wonderdag is
nie om geld te maak soos met basaars nie, maar om die gemeente op te roep om saam te kom
geniet en deel te hê aan die wondergawes wat die Here aan elkeen van ons gee. Indien daar ’n
wins gemaak word, word dit aangewend in belang van die opbou van ons gemeente.
Die Wonderdag Sentrale Komitee (WSK) bestaan uit vier gesinne, wat reël dat daar ’n aantal
koördineerders, volgens elkeen se bepaalde gawes, vir die verskillende kraampies is. Die ge-
meentelede kies op hulle beurt, volgens elkeen se besondere gawes, by watter kraampie hulle
wil aanmeld. Die koördineerders deel dan die gemeentelede by hulle onderskeie stalletjie vir
die Wonderdag in uurlikse werkspanne in. Die gemeentelede wat nie vrywillig kies waar
hulle betrokke wil wees nie, word dan deur die WSK ingedeel, om sodoende te verseker dat
elke gemeentelid betrek word. Hierdie betrokkenheid word dan gemeet, sodat ons aan die
einde kan sê wat die persentasie betrokkenheid van die gemeente was.
Die saamdink en -beplan, die harde werk en baie pret met die bou van die kraampies, die
heerlike saamkuier en deel in mekaar se lief-en-leed, die kinders se lekker saamspeel, ja, die
hele wonder van deel te hê aan die gemeenskap van die gelowiges by WONDERDAG, kan
onmoontlik nie, soos die betrokkenheid daarby, in ’n persentasie uitgedruk word nie!
Die WSK besluit op ’n tema vir die dag, wat dan deur elke stalletjie uitgebeeld word. Daar is
dan ook ’n wisseltrofee wat toegeken word aan die stalletjie wat die tema die beste uitbeeld.
Die volgende gawes is onder andere deur die jare op treffende wyse uitgebeeld deur die inrig
van die stalletjie, sowel as die klere wat die gemeentelede aangetrek het:
Die handwerkstalletjie – Met ywer is daar voor die Wonderdag gewerk met die
gawes van handvaardigheid, wat die Here aan verskeie gemeentelede uitgedeel het,
sodat daar pragtige artikels te koop aangebied kon word by die handwerkstalletjie.
Die gawes wat die Here uit die grond aan ons gee, is ook uitgebeeld, waar blom-
plante, boompies, groente en vrugte, wat meestal self gekweek is, in’n stalletjie uitge-
stal word om verkoop te word.
Ook die lande van die wêreld is nie oor die hoof gesien nie; dit het baie interessante
en prettige uitbeelding van die tema tot gevolg gehad.
Die tema plekke in ons eie land het ook baie interessante verbeeldingsvlugte
meegebring!
Kleure uit die Bybel het een jaar gesorg vir pragtige kleurvolle stalletjies.
Die beroepe wat in die Bybelse tyd beoefen is, is ook uitgebeeld en was ’n besonder
leersame ervaring.
Die tuin van Eden, wat bekende plekke in die Bybel uitgebeeld het, het ook aan die
beurt gekom. Dit het ook ’n bietjie navorsing geverg.
Die uitbeelding van die seisoene, waar God die natuur laat leef en laat rus na goed-
dunke, het ’n pragtige Wonderdag tot gevolg gehad!
Oudl. Jaap en sr. Martie du Plooij
49
wonderdae
+
50
Nog meer wonderdae
51
50/50 toere
Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. In die gryse
ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, om te verkondig dat die HERE
reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. (Ps. 92:14-16)
Die vestiging van Huis Hermon binne Wonderboompoort se gemeentegrense het ’n ander di-
mensie van barmhartigheidsversorging van bejaardes na vore gebring.
Behalwe dat die diakonie finansiële ondersteuning tot hul fisiese versorging ten opsigte van
huisvesting in Huis Hermon gegee het, is daar ook eise op geestelike en kulturele gebied ge-
stel.
Waar Huis Hermon aanvanklik net 20 verswakte bejaardes van die 150 inwoners gehuisves
het, was die oorgrote meerderheid redelik aktief en selfversorgend.
Sondae het die diakonie ’n munisipale bus gekontrakteer wat die bejaardes na die Gerefor-
meerde Kerk Wonderboompoort en die Nederduitse Gereformeerde Kerk Pretoria-Noord vir
hul onderskeie dienste aangery het.
Om te voorkom dat die inwoners nie van die gemeenskap afstomp nie, is weekliks films deur
die diakonie vertoon, musiekkonserte is gereël met sangers soos Rudi Neitz, Leonore Veene-
mans en andere. Daar is gereeld vir die inwoners vleisbraaigeleenthede en uitstappies deur
die diakonie gereël.
So is die grondslag vir die eerste Hermon-toer na die Nasionale Kruger Wildtuin met die be-
soek gedurende Mei 1980 gelê.
Die toergroep het bestaan uit ongeveer 39 Hermoniete, 1 suster van Ons Tuis en 7 helpers
wat ds. Martiens van der Walt ingesluit het. Die reis wat om 05:00 by Huis Hermon begin
het, het ’n draai by die Gereformeerde Kerk Nelspruit ingesluit, waar ons middagete deur die
susters bedien, geniet het. Skukuza is laatmiddag via die Paul Krugerhek bereik. Koffie is om
05:00 soggens bedien, sodat almal vir die vroeë reis gereed kon wees. Die helpers moes in die
donker aangetrek, anders was die koffiedrinkers reeds om 04:30 voor die deur! Voor die bus
vertrek het, is stiltetyd gehou en was almal bewus van die dag wat in die bosveld breek en
onder die diepe besef van die Gods-openbaring in die natuur. Soos Psalm 19 vers 2 en die
daaropvolgende verse dit stel: “Die hemele vertel die eer van God en die uitspansel verkondig
die werk van sy hande.” So kon ons die skepping saam geniet.
Wie sal ontbyt by Tshokwane vergeet! Die reuk van braaiwors en eiers en spek maak die
kokke mos dors. Hoe gemaak as daar twee ouderlinge – oom Jan en oom Petra – sit en nie
saam met die res ’n draai wou gaan ry nie, terwyl daar rondom die vure gesweet word. Tee
word hulle aangebied, wat hulle gretig sal aanvaar, maar die braaiers beraam ’n ander plan!
Wie drink nou tee as die vleisie so op die hardekool sis. Die braaiers se kasteeltjie kom in die
koffiebekers; oom Jan, ’n karnallie op sy tyd, se kasteeltjie in ’n teekoppie en oom Petra kry
sy regte Vyf Rose tee. Toe oom Jan se neus die koppie se rand bereik, ruik hy onraad, loer na
ons en behou sy waardigheid om sy “tee” saam met oom Petra te geniet. Wat ’n heerlike
ontbyt!
Die reis terug was haarfyn volgens ds. Martiens se stiptelikheid beplan, vanaf Satara na Or-
penhek, waar ontbyt genuttig is. Hierna is byna elke besienswaardigheid soos Blyderivier,
52
“God’s Window”, die kolkgate, ens, besigtig. Sesuur die aand het ons by die Gereformeerde
Kerk Lydenburg vir ’n heerlike aandete aangedoen.
Met dankbare harte ná die lang dag, het die tuiskoms in die omgewing van eenuur die nag, ’n
mens onder die diepe besef van Psalm 16 verse 5 en 6 gebring, met die woorde van die
digter: “Die Here is die deel van my erfenis en van my beker; Ú onderhou my lot. Die
meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”
Hierna het nog ’n Wildtuintoer gevolg, toe ’n week by Badplaas se warmbron, ’n dagrit na
Warmbad en die Aventura Oord, waarna ’n heerlike skaapbraai ons die middag op Settlers
verkwik het. ’n Toer na Marble Hall se katoenpluismeule en ’n draai by oudminister Hendrik
Schoeman se lemoenplaas, is laatmiddag met ’n heerlike ete by die Gereformeerde Kerk
Marble Hall afgesluit.
Wat ’n heerlike voorreg was dit om saam met hierdie groepe bejaardes in die midde van die
Gereformeerde Kerk Wonderboompoort die lof en die eer aan die Here te kon bring, as hulle
saam met die Psalmis sê: “En ook tot die ouderdom en die grysheid toe – O God, verlaat my
nie”
Oudl. Johan Labuschagne
En so word die stokkie van ds. Martiens na die volgende wedlopers aangegee . . . Namate
Hermon al hoe meer verswakte bejaardes begin versorg het, het die toer na buite uitgebrei.
Die “Hermon”-toer, het die 50/50-groep geword, wat saam met die diakonie aktief betrokke
geraak het by die toer en al hoe meer lidmate wat buite Hermon woon, het dit meegemaak.
Tussen die blou lug en die see, die majestueuse berge en die veld is die toergangers en die
kosspan oor God se genade verwonderd gelaat. Nie net oefen Hy ons in die kerklike lewe vir
die wedloop nie, maar ook in die daaglikse lewe, wanneer ons saam met geloofsgenote in die
natuur ontspan. Die toerprogram soek altyd die eer van die Here deurdat oggend- en aand-
godsdiens gehou word en die eredienste op ’n Sondag by die naaste Gereformeerde gemeente
bygewoon is.
Die toerlied (op die wysie van As ek moeg word vir die lewe in die stad) wat deur die
toergangers tydens 2001 se toer na Umhlanga Rocks saamgestel is, getuig egter die beste van
die belewing daarvan:
1. As dit tyd word vir die 50/50 toer
moet ek my spaarbus voer.
As dit tyd word vir die 50/50 toer
moet ek my spaarbus voer.
Refrein:
In die donker trek ons uit die Noord
met ’n bus vanaf die Wonder-poort.
En só begin die toer,
ons wikkel en ons roer!
2. Ons besoek die mooiste plekke in ons land
by berg en bos en strand.
Ons besoek die mooiste plekke in ons land
by berg en bos en strand.
Refrein:
Op die toer pak vriende stories uit
lag en gons tot ons ou ore tuit
En so wil ons geniet
ons 50/50 lied!
3. Ons ontvang die Woord wat ware
vrede bring en kan ons loflied sing.
Ons ontvang die Woord wat ware
vrede bring en kan ons loflied sing.
Refrein:
In dit als vind ons verbintenis
wat net by ons God te vinde is.
Ons loof ons God en Heer
en gee Hom dank en eer.
53
Op die grondslag wat deur die eerste toere neergelê is, is Golden Gate, Umhlanga Rocks,
Willem Pretorius Wildreservaat, Sybrandt van Niekerk, Weesgerus, Bosveld Wegbreek, en
Ballito onder andere besoek. Veral Licorna in Umhlanga Rocks het ’n heerlike wegbreek ge-
word. Die luukse woonstelle is deur oudlidmaat Daan Smit van die Jan Smit Groep teen ’n
bekostigbare prys beskikbaar gestel.
Die toer het ’n ander aspek van diensbaarheid in die gemeente na vore laat kom. Jaarliks
gaan ’n groep vrywilligers saam, wat instaan om die diakonie met die reëlings van die toer te
help en wat op die kosspan dien. Henny Bos en Marie van den Berg het oor ’n tydperk van
35 jaar die voorlopers geword en onder hulle bekwame leiding kon ’n goed geoefende
stokkie in 2008 na ’n nuwe groep aangegee word. Mag die Here gee dat ons dié wedloop tot
eer van sy Naam kan volhou.
Francois Pienaar, Nico en Retha Bos
54
Dra mekaar se laste: Die diakonale amp in die
Gereformeerde Kerk Wonderboompoort
Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus. (Galasiërs 6:2)
Inleiding:
Die diakens besoek almal en spoor hulle aan om daadwerklike liefde teenoor die medege-
lowiges en alle mense te bewys. Deur elkeen te besoek: dra hulle sorg dat nie een deur
armoede, eensaamheid, ouderdom, siekte of om ander redes van die geloofsgemeenskap ver-
vreem raak nie. Die middele wat gegee word tot diens van die wat in nood verkeer, word
sorgvuldig beheer, met wysheid bestee en met vertroosting uit die Skrif uitgedeel. Die dia-
kens sorg dat die gemeente hulle eenheid in Christus in daadwerklike onderlinge liefde be-
oefen. Verder sien hulle toe dat die gelowiges aan almal goed doen, sodat die liefde van
Christus op hierdie wyse openbaar kan word.
Die diakens in die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort streef daarna om volgens die
Kerkorde Artikel 25 te funksioneer. Barmhartigheidswerk word deur die diakonie bestuur,
maar alle lidmate is ook daarby betrokke. Die diakens is verantwoordelik om die gawes uit
die gemeente reg te kanaliseer na waar daar behoefte is. Sou dit blyk dat iemand hulpbehoe-
wend is, word daar eers deeglik deur die diakonie ondersoek ingestel. Die diakens, as rent-
meesters van die gawes van die Here, moet dit met verantwoording aan Hom kan bestuur. By
die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort bedryf die diakonie die koskasprojek, waarin
gemeentelede nie-bederfbare produkte in ’n kis in die kerksaal plaas vir die versorging van
hulpbehoewende lidmate. Dit gee die gemeente dan ook geleentheid om meer direk by die
hulp aan hierdie broeders en susters betrokke te raak.
Die diakonie maak ook van tyd tot tyd skenkings aan die Paul Kruger Kinderhuis in Pretoria
en die een in Reddersburg, asook aan Huis Hermon. Buite-instansies soos Bandjies vir
blindes en Trans Oranje Skool word ook ondersteun soos finansies dit toelaat.
Die bekende Wonderbus is ’n bussie wat deur die diakonie gebruik word om lidmate in Huis
Hermon, asook ander lidmate in die gemeente wat nie vervoer het nie, na die eredienste of
gemeentefunksies te bring. In 2002 is die diakonie se vorige bussie in Umhlanga gesteel en
dit was ’n groot terugslag vir die gemeente. Die genade van die Here was egter groter, in die
sin dat ons voorsien was van voldoende middele om ’n nuwe bussie te verkry. Hierdie nuwe
bussie was die Wonderbus. In 2007 is die Wonderbus weer eens tydens ’n Koningskinders-
kamp gesteel. Weer was die genade van die Here groot, deurdat die polisie die bussie binne 3
dae teruggevind het, die skuldiges gearresteer het en die voertuig aan ons terugbesorg het.
Die behoefte aan ’n tehuis waar bejaardes versorg kan word, het destyds duidelik geword.
Wonderboompoort se diakonie het dan ook ’n sleutelrol in die oprigting van Huis Hermon
gespeel. Beide oggend- en aanderedienste word lewendig na Huis Hermon uitgesaai deur
middel van ’n stelsel wat deur die diakonie geïnstalleer is. Die diakonale bejaardesorgfonds
is gestig om lidmate in Huis Hermon te ondersteun. Die diakonie betaal van tyd tot tyd ’n
bedrag in hierdie fonds. Ander gemeentes word ook genader om hierdie fonds te ondersteun.
Die diakonie bevorder die gemeenskap van gelowiges deur die reël van gemeentefunksies
soos die jaarlikse Gemeentekamp, die Kontakdag en die Wonderstap.
55
Nie slegs by lidmate in nood nie, maar ook by die lidmate waaroor die ouderlinge geen
kommer uitgespreek het nie, word minstens twee keer per jaar huisbesoek gedoen, waar-
tydens lidmate uit die Woord vertroos en aangemoedig word tot die gemeenskap van die
gelowiges en onderlinge meelewing.
Die hoofbron van inkomste vir die diakonie is die kollektes tydens die eredienste en ook by-
draes wat lidmate elektronies of per koevert bydra.
Die diakonie het die laaste 50 jaar voorwaar ’n geseënde tyd beleef. Te alle tye het die Here
beskik, dat daar genoeg middele is vir die werk wat gedoen moet word. Alle dank aan die
Here vir hierdie besonderse genadegawe.
Francois Pienaar
Diaks. André Buys, Gerhard Kok en Bennie
Buys besig met ampswerk.
Diaks. Kobus van der Merwe en Francois
Pienaar besig om kollekte te tel.
Hermon, die tuiste van baie van ons senior
lidmate en verswakte bejaardes.
Senior lidmate word elke Sondag met
die Wonderbus aangery kerktoe.
Diaks. Francois Pienaar en Jaco Pretorius
kontroleer voorrade in die koskas vir behoeftige gesinne.
Diaks. Quintus Malan, André Buys, Francois Pienaar en Jaco Pretorius in ligte luim op ’n
gemeentekamp.
56
Kontakdae
Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het. (Johannes
13:35)
Elkeen wat al tydens ’n Kontakdag saamgekuier het, kan getuig dat dié dag daarin slaag om
onderlinge liefde en meelewing in die gemeente te verdiep. Die geleentheid word vir oud en
jonk geskep om in kontak met mekaar saam te kuier en mekaar sodoende beter te leer ken.
Die gesegde lui nie verniet bekend maak bemind nie.
26 Februarie 2000 – Die diakens bak pannekoek en elkeen bring sy eie vulsel saam.
Philip Nel stap as nuwe intrekker in die gemeente met die “doulos”-pantrofee vir die
beste nuwelingbakker weg.
17 Februarie 2001 – Gemeentekonsert. Oud en jonk neem deel. Die kinders bied ’n
produksie van “In die kokosboom” aan en tannie Sannie Kruger (wat 10 September
2010 haar 97ste verjaarsdag gevier het) dra ’n gedig, wat sy nog van haar skooljare
onthou, pragtig voor.
23 Februarie 2002 – ’n Ritsrit deur Pretoria-Noord se strate. Die verrigtinge word af-
gesluit met ’n unieke worsbroodjiebraai by die kerk, waar die langste worsbrood in
die gemeentegeskiedenis uitgepak word.
2003 – Die diakonie hang uit met ’n potjiekos-ete en kry gaskunstenaars Nantes en
Adél (wat ook tydens die Wonderdag gesing het) om op te tree.
7 Februarie 2004 – Chinese roerbraai. Hierdie keer is die gemeentelede self die gas-
kunstenaars. Alhoewel informele Chinese drag nie verpligtend is nie, neem verskeie
lidmate die aanbeveling ter harte en kom met tipiese “Chinese drag” te voorskyn.
5 Februarie 2005 – Die diakens hou skaapbraai onder “protes” van die herder en
leraar wat dit nie oor die hart kan kry om skaap te eet as hy daaraan dink dat hy ’n
kudde moet bedien nie. Om die geleentheid op te vrolik, word ’n spesiale rondte gholf
gereël waaraan alle ouderdomsgroepe deelneem.
4 Februarie 2006 – “Boemelaars” beset die kerkterrein en kaias word met karton,
sambrele, plastiek en nog wat gebou. Gelukkig is dit net ons lidmate wat hulle
innoverende karakter wys. Vis en tjips word uit die Wonderbus se kattebak bedien.
Quartus Malan loop met die eerste prys as “besgeklede boemelaar” en natuurlik die
“doulos-trofee” weg.
3 Februarie 2007 – Die skaapbraai-sukses word herhaal, met eweveel genot!
8 November 2008 – Snoekbraai op Wonderdraai . . . Almal smul saam . . . Die ge-
leentheid word vroeg reeds afgeskop met ’n waterwurm vir die junior katkisante se
jaarlikse afsluiting.
28 November 2009 Die diakonie se krieketspan – die Diakonators – daag die
ouderlinge offisieel tot ’n halfdag-krieketwedstryd uit . . .
So word daar met elke geleentheid ’n tree nader gegee aan die praktiese verwesenliking van
die diakonale opdrag om die gemeente as een gemeenskap in Christus te laat lewe.
Diak. Nico Bos
57
kontakdae
58
Wonderstap
Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u
skepsele! (Psalm 104:24)
Vakansiedag: 16 Junie . . . vir sommige was dit altyd “Comerades”, vir ander Jeugdag. Vir
óns by die Gereformeerde Kerk Wonderboompoort beteken dit Wonderstap! Dit is ’n dag
van verwondering oor God se skepping, inspanning, lekker sweet, moeg word, pret en ple-
sier! Ons vier fees, want dit is weer Wonderstap!
Nou wat is Wonderstap? Die Wonderstap word deur die diakonie gereël. Vir die diakens wat
dit reël, beteken dit: ons WONDER telkens waar ons hierdie jaar gaan STAP! Om te verstaan
waarom daar ’n Wonderstap gereël word, moet ons weet wat die werk van die diakonie is,
naamlik die bevordering van die eenheid van die gemeente en die onderlinge liefde teenoor
mekaar as medegelowiges, asook om seker te maak dat niemand van die geloofsgemeenskap
vervreemd raak nie.
As ’n mens hierdie gewigtige taak in ag neem, blyk dit dat gesamentlike ontspannings-
aktiwiteite ook nodig is om die onderlinge geloofsgemeenskap binne kerkverband te bevor-
der. Dit is dan ook die doel van die Wonderstap, dat gemeentelede informeel mekaar beter
kan leer ken en sodoende dan ook mekaar se laste en vreugdes kan deel en dra.
Die presiese ontstaan van die Wonderstap het met die tyd vervaag, maar volgens oorlewering
het die eerste Wonderstappe in 2001en 2002 by Pelindaba (Phalindingwe-staproete)
plaasgevind. Daarna was daar ’n Wonderstap in die Magaliesberg by Silkaatsnek, tot bo by
die kabelkarretjies en in 2004 en 2008 by Soutpan op die Onderstepoortpad uit. In 2005 het
ons by die Botaniese Tuin gaan stap, in 2006 by Hennopsrivier, in 2007 by Rustig naby
Hartebeespoort, in 2009 by die Groenkloof-natuurreservaat en in 2010 by Drie Berge net
buite Brits. Die eerste vyf jaar is daar telkens medaljes uitgereik aan al die dapperes wat die
staptog voltooi het.
Die Wonderstap moet vir almal lekker, opwindend of ontspanne wees, en daarom is daar dan
ook gewoonlik ’n rustiger korter roete vir die ouer mense en die ouers met klein kindertjies,
terwyl die jong fikse gemeentelede ’n langer en veeleisender roete aanpak. Daar word ook al-
tyd lekker vrugte deur die diakens saamgedra, vir ’n verversinkie by die halfpadmerk! Die
gedagte van die Wonderstap is beslis nie om mense moeg te maak nie, maar soms gebeur dit
sommer vanself! Die belangrikste oogmerk van Wonderstap is eerder die saam stap, die ver-
wondering aan God se skepping en die vriendskappe wat tydens die stappery gesmee word.
Besonder hegte vriendskappe ontstaan ook tussen die diakens wat die voorbereidings tref!
Daar was byvoorbeeld ’n spesifieke voorval tydens die verkenning van ’n staproete, toe 3
van die diakens die allergrootse vark wat nog ooit gesien is, teëgekom het. Die gesnork van
die vark in die donker nag, in sy poging om uit sy hok te breek, het so op een van die diakens
ingewerk, dat hy hom verbeel het dat honde hom gejaag het, toe hy van die stort af kom! Al
die lief en leed het meegebring dat hierdie 3 diakens groot vriende geword het, toe hulle die
aand by RUSTIG moes oorslaap om voorbereidings te tref vir die Wonderstap.
Vra maar enige iemand wat die Wonderstap meegemaak het hoe lekker dit is, veral die saam
eet ná die stappery, die kuier en natuurlik die stories van dié wat verdwaal het!
Mag ons as gemeente in die volgende 50 jaar ook op die geloofspad só saamstap!
Diak. Jaco Pretorius
59
WONDERSTAP
PHALADINGWE
RUSTIG
60
SOUTPAN
DRIE BERGE
SILKAATSNEK
WONDERSTAP verder
HENNOPSRIVIER
GROENKLOOF
61