enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware...

7
Omsendbrief 14/17 2017 05 08 “Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware Kunstenaar se volmaakte werk.” ~ Michelangelo Buonarroti~ Geagte ouers 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde Baie geluk aan al die rugbyspanne wat verlede week teen Laerskool Roodekrans en Laerskool Fairland gespeel het. Dankie aan ons seuns vir pragtige spel en mooi sport- mangees. Dankie ook aan al ons ouers vir u ondersteuning, dit word baie waardeer. 1.2 Netbal 1.2.1 Wedstryde Baie geluk aan al die netbalspanne wat verlede week teen Laerskool Roodekrans en Fontainebleau gespeel het. Dankie aan ons dogters vir pragtige spel en mooi sportmangees. Dankie ook aan al ons ouers vir u ondersteuning, dit word baie waardeer. 1.2.2 Netbalklinieke Baie dankie aan al die o.10 A, B, C-dogters wat die netbal- kliniek bygewoon het op Vrydag, 5 Mei en Saterdag, 6 Mei. Die dogters het beslis hierby gebaat. 1.2.3 Mini-Netbal Baie dankie vir elke dogter en ouer se teenwoordigheid by die Mini-Netbalfees op Woensdag, 3 Mei 2017 wat by Weltevreden Park Primary plaasgevind het. Dankie aan ons dogters vir pragtige spel en mooi sportmangees. 1.3 Landloop Landloopoefening begin vandag, 8 Mei om 14:00 tot 14:45. Atlete oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 14:00 tot 14:45. Alle graad 2 tot 7 leerders is welkom. Onthou gemaklike klere, tekkies en jou waterbottel. 2/... Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

Dit

Omsendbrief 14/17

2017 05 08

“Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware

Kunstenaar se volmaakte werk.” ~ Michelangelo Buonarroti~

Geagte ouers

1. SPORT

1.1 Rugby

1.1.1 Wedstryde

Baie geluk aan al die rugbyspanne wat verlede week teen

Laerskool Roodekrans en Laerskool Fairland gespeel

het. Dankie aan ons seuns vir pragtige spel en mooi sport-

mangees. Dankie ook aan al ons ouers vir u ondersteuning,

dit word baie waardeer.

1.2 Netbal

1.2.1 Wedstryde

Baie geluk aan al die netbalspanne wat verlede week teen Laerskool Roodekrans

en Fontainebleau gespeel het. Dankie aan ons dogters vir pragtige spel en mooi

sportmangees. Dankie ook aan al ons ouers vir u ondersteuning, dit word baie

waardeer.

1.2.2 Netbalklinieke

Baie dankie aan al die o.10 A, B, C-dogters wat die netbal-

kliniek bygewoon het op Vrydag, 5 Mei en Saterdag, 6 Mei.

Die dogters het beslis hierby gebaat.

1.2.3 Mini-Netbal

Baie dankie vir elke dogter en ouer se teenwoordigheid

by die Mini-Netbalfees op Woensdag, 3 Mei 2017 wat by Weltevreden Park

Primary plaasgevind het. Dankie aan ons dogters vir pragtige spel en mooi

sportmangees.

1.3 Landloop

Landloopoefening begin vandag, 8 Mei om 14:00 tot 14:45.

Atlete oefen op Maandae, Dinsdae en Donderdae om 14:00 tot 14:45.

Alle graad 2 tot 7 leerders is welkom. Onthou gemaklike klere, tekkies en jou

waterbottel.

2/...

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Page 2: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

2

1.4 Tennis

Ons jaarlikse tenniskampioenskappe vind plaas op 29 Mei tot 1 Junie 2017. Inskrywings

sluit vandag, Maandag, 8 Mei 2017. Inskrywings moet asseblief na me Hanli van Zyl

gestuur word.

Die rondomtalie resultate sal die posisie van die kind op die leër aandui en volgens dit sal

die skoolspanne gekies word.

(J Breet en T Breet)

2. GHOLFDAG 2017

Ons jaarlikse Gholfdag vind plaas op Vrydag, 19 Mei 2017. Ons maak weer met vrymoedigheid

staat op ons Kruinerouers om te deel in hierdie dag. Ons benodig asseblief skenkings van die

volgende:

Gr RR tot 1 leerders - 'n nuwe buisie lip ice

Gr 2 - 3 leerders - enige sjokoladestafie (bv. Bar One)

Gr 4 - 5 leerders - Super C's lekkertjies

Gr 6 - 7 leerders - enige energie koeldrank bv. Energade.

Die items kan by me Hanli-Mari Olivier in

die kantoor ingehandig word.

Daar is ook nog vierballe en borgskapgeleenthede beskikbaar.

Skakel gerus vir Sharon by 082 683 0244.

(Bestuur)

3. LAERSKOOL HELDERKRUIN GHOLFDAG

Ons gholfdag vind op Vrydag, 19 Mei te Krugersdorp Gholfbaan plaas. Die leerders sal dié dag

om 09:45 verdaag. Daar sal wel wagklasse wees indien u kind nie tuis versorg kan word nie.

(R van der Watt)

4. BORGVORMS: FEESDAG 2017

Alle oudstes en enigstes het ‟n borgvorm ontvang. Lootjies is te koop teen R100 elk. Borgvorms

en alle fooie moet teen einde Augustus ingehandig word. Let ook op die kompetisie wat deel is

van die borgvorm.

(Bestuur)

5. AFVALPAPIER/HERWINNING

Dit sal waardeer word indien u alle afvalpapier soos ou tydskrifte, koerante

ensovoorts saam met u kind skool toe sal stuur. Ons vra ook enige leë 2 of

5 plastiekbottels. Die skool ondersteun „n herwinningsprojek waarby ons

finansieël baat. (R van der Watt)

6. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Mee élRaana Venter (Graad RR), Erika Lombard en Charlene Staples (Graad R‟e) sal hierdie

week aan diens wees vanaf 06:45. U neem dus u kleuter na die bogenoemde klasse/personeel.

Die ander personeel is eers van 07:15 af by hul klasse.

(L Kapp)

3/...

Page 3: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

3

7. KOOR

7.1 Kinderkoor

Baie dankie en geluk aan elke koorlid wat Woensdag, 3 Mei te Hoërskool Wonderboom

Koorfees (Pretoria) opgetree het. Julle was weereens fenomenaal. Dankie aan me Nel,

mnr Schalk van der Merwe en die koorouers vir julle toegewydheid.

(M Nel)

8. SKOOLDRAG

Wintersdrag is nou verpligtend. Ons is bewus daarvan dat daar nêrens

skooldasse beskikbaar is nie. Ons verstaan dus as u kind daarsonder

skool toe kom.

(Bestuur)

9. INSKRYWINGS 2018

Inskrywings het geopen. U is welkom om pakkette so spoedig moontlik terug te stuur. Graad 1

inskrywings wat ná 12 Junie 2017 ontvang word, sal as laatinskrywings hanteer word. Die skool

hanteer alle elektroniese registrasie (Graad 1 – 2018) namens die ouers. „n Vriendelike versoek

dat ouers nie self registreer nie aangesien dit verwarring veroorsaak.

(Bestuur)

10. FRED EN MARTIE SOPKOMBUIS – KGR-PROJEK

Dit is nou die laaste 2 weke om produkte en items in te stuur. Ons het die tydperk, omdat die

kosprodukte baie min is, en rig ‟n vriendelike versoek vir nie-bederfbare voedsel van 2 minute

noedels tot mieliemeel.

Mense van verskillende ouderdomme van babas tot afgetrede mense is betrokke by die

sopkombuis.

“Ou” heel klere en skoene is ook welkom.

Alles kan direk na die kunsklas (me A Botes) gestuur word.

Baie, Baie dankie!

Die KGR wil ook baie dankie sê vir die gesinne en personeel wat

wel items ens. vir die sopkombuis gestuur het. Dit word baie waardeer.

(A Botes)

11. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie

aktiwiteite betrokke is!

8 Mei 2017 - Tennis: Inskrywings vir Rond-Om-Talie Kampioenskappe sluit

- Netbal: gewone oefening vir almal

- Mini-Netbal: gewone oefening vir almal

9 Mei 2017 - Netbal o.10 tot 13 A, B, C-spanne: Liga vs Fairland (tuis)

- Mini-Netbal: Geen oefening vir o.6 tot o.8

- Mini-Netbal: o.9 oefen

10 Mei 2017 - Mini-Netbalfees: Gekanselleer as gevolg van datums wat bots

- Netbal: gewone oefening vir almal

- Rugby: Liga vs Randhardt (weg)

- Juniorkoor: Sing in Harmonie (Siverstar Casino Globe)

4/…

Page 4: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

4

11 Mei 2017 - Netbal: Liga vs Bryanston Parallel (tuis)

- Kinderkoor: Sing in Harmonie (Siverstar Casino Globe)

12 Mei 2017 - GLRU oefening

13 Mei 2017 - Mini-Netbal: Maragon Private School (weg)

- Tau-rugby te Dr Havinga (weg)

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

“Bakkersdag”

Die jaarlikse Oppikruin Feesdag vind die jaar op Saterdag, 2 September 2017 plaas. Die Feesdag begin om 09:00.Om die klasse hierdie jaar te help met die fondsinsameling vir hulle stalletjies, het ons dit goedgedink om weer hierdie jaar ‘n “Bakkersdag” te hou. Die dag gee aan elke graad die geleentheid om “tuisgemaakte”produkte soos pakkies klapperys, fudge, soetkoekies, beskuit ensovoorts te verkoop. Daar word een dag in die week afgestaan vir die Graad om dan hulle produkte te verkoop. Dit vind slegs tydens die twee pouses plaas. Die personeel sal die leerders bystaan en help met die verkope. Verkope sal met Kruinermunte gedoen word. U kan dus vroegtydig munte aankoop by Elouise in die kantoor. Mamma’s is welkom om te kom hand bysit met die verkope. Alle produkte is skenkings vanuit die klasse en absoluut vrywillig – dit kan tuisgemaakte of gekoopte produkte wees. U kan ook heel koeke of terte skenk wat ons in skywe sal opsny. Die produkte moet asseblief die dag voor u betrokke graad se verkoopsdag by die skool afgegee word. Die rooster vir verkope is as volg:

Gr 4 7 Junie Gr 3 28 Junie Gr 2 26 Julie Gr 1 2 Augustus Gr RR & R 30 Augustus By voorbaat dankie vir u samewerking en ondersteuning met hierdie projek.

Page 5: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

Nuwe Algemene Praktisyn Dr. Nicolette Oliver(B.Phys.T) (MBCHB) (CDE Diabetes Management Course) 263 Ontdekkersweg (Hoek van Dienspad en Snipe straat) Horison 1724 0117601756 / 0117602355 / 0840322670 Kantoor ure: Maandag- Vrydag: 8:00- 17:00 , Saterdag: 8:00 - 12:00 Ons aanvaar meeste Mediese Fondse en eis direk.

Young Engineers Build your tomorrow, today!

“Die PRETVOLLE manier om Wetenskaplike-, Tegnologiese-, Ingeneurs- en Wiskundige Konsepte te leer”

Ons maak gebruik van gespesialiseerde Lego® produkte om u kind te leer.

Ons bied die volgende twee programme aan: Lego® Challenge vir Gr 1 – 4 (1 jaar kursus) GaliLego Technic vir Gr 5 – 7 (1 jaar kursus)

Klasse word nou elke Maandag en Donderdag middag by Laerskool Helderkruin aangebied.

Vir meer inligting kontak ons by: [email protected] of 079 176 9796

W A L L Y M O R E T O N

T E N N I S

P r o f e s s i o n e l e

T E N N I S A F R I G T I N G

Af r ig te rs t en vo l l e gek wa l i f i s ee r d en TSA goedgek eur

Groep lesse

by

L a e r s k o o l H e l d e r k r u i n t e n n i s b a n e

O p n

W o e n s d a g

O f

V r y d a g m i d d a g n a s k o o l

M i c h a e l M o r e t o n : 0 8 3 5 8 3 9 4 8 0

T r e v o r M o r e t o n : 0 8 3 5 8 3 9 5 9 2

M a r y a n n M o r e t o n : 0 8 3 7 6 3 5 9 8 6

m o r e t o n t e n n i s @ t e l k o m s a . n e t

L e s s e s l e g s m e t T S A e n U S P T R

o p g e l e i d e e n g e k w a l i f i s e e r d e

P r o f e s s i o n e l e T e n n i s a f r i g t e r s :

T r e v o r M o r e t o n , M i c h a e l M o r e t o n e n M a r y a n n M o r e t o n

CDV ACCOUNTING

EXELLENCE ~ INTEGRITY ~ PROSPERITY www.cdvaccounting.co.za

We consult with: Business, Sole

proprietors, Independent Contractors, HOA’s,

Individuals and Trusts And provide cost

effective solutions for:

Bookkeeping

Accounting

Taxation Services

CIPC assistance

Annual Financial

Statement

Independent Review

services

Call / SMS / WhatsApp: 082 564 3136 (Christel) Email: [email protected]

Page 6: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

A& B KUNSSENTRUM

Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywings-vorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin.

Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!

POOL MANAGEMENT SERVICES

FOR TOTAL POOL CARE

Monthly Pool Maintenance Repairs to Motors, Pumps, Filters & piping Re-Marbelite Acid Treatments Water Analysis Leak Detection Weirs & Lights All Repairs & Maintenance

SIMPLY DIAL 08 6000 POOL (7665)

Johan 082 414 041

Dwerg-hasies met hok te koop R800!!!

Sluit in hok, hasies, kos, hooi, pellets, kosbak,

hooibak, waterbottel

Buitehok slegs 5 maande oud en in uitstekende

kondisie

Hasies is beide wyfies so geen ‘verassings’ nie

(±11m oud)

Onmiddelik beskikbaar

Kontak Christelle 082 833 6813 / [email protected]

Moeg vir by die huis sit… Oorweeg Brocor Eiendoms Agente & Afslaers. Buigbare ure en ekstra inkomste. Sluit jou by ons Wesrand tak aan. Vereistes: Eie vervoer, selfoon, rekenaar. Opleiding sal voorsien word. Kontak ons vir meer inligting Kirsty: 072 341 2394 [email protected]

Durrheim Letley Ing is gerieflik gebasseer in die Jurisdiksie van die Krugersdorp, Kagiso, Randfontein en Roodepoort Landdroshowe. Ons spesialiseer in:

Testamente Kontak Besonderhede: E-pos: [email protected] Tel: 010 591 8165 Faks: 086 539 0058 Adres: Voortrekker Straat 229, Monument, Krugersdorp

Page 7: Enige ware kunswerk is net „n skadu van die ware ...kruiners.co.za/wp-content/uploads/2017/05/Kruiner-Klets-1417.pdf · 1. SPORT 1.1 Rugby 1.1.1 Wedstryde ... ‘n Sessie per week

Even Faster Electrical Services (Pty) Ltd No job to big or small, we fix it all!! 24/7

No Call Out Fee!! Free Quotes!! Same Day Service!!

Coc’s

No Powers

Faulty Lights

Geysers

Stoves And Many Many More

Lourens: 076 219-4963

Gerda: 079 663-5498

Office: (011)056-7222

Email: [email protected]

Website: [email protected]

Sukkel u kind met Engels of wiskunde ? Ekstra klasse word aangebied na skool by Kip Mc Grath Sentrum Adres: Galena Laan 30, Helderkruin Skakel : 011 768 3098 www.kipmcgrath.co.za

Wiskunde klasse! Graad 1 tot 7 Me Ronelle Grobler 072 028 4708 Graad 8 tot 12 Me Euréka Jansen 072 432 1430 Vanaf 2de Kwartaal 2017. Geen oproepe tydens skoolure nie. Skakel enige tyd vanaf 14:00.

Mondskerms

Dis sportseisoen!!!

Laat maak jou mondskerm teen billikste prys van R350 elk!!

Afdrukke kan by die skool gedoen word vir 10 of meer, of by die praktyk,

17 Van Oordstraat, Noordheuwel.

Vir verdure navrae kontak die kamer van Dr Johan Baard op 011 665 1327 of vir

Swane op 083 564 6808.