emosionele pyn: oorsake en gevolge · 8 tienie prinsloo sy is later die dag kalm en vol blydskap by...

17
HOOFSTUK 1 EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE A nnie, ’n toegewyde Christen, het op ’n dag huilend in my studeerkamer vertel hoedat haar voortdurende angstigheid probleme in haar gesin veroorsaak. As haar man en kinders êrens heen ry, bel sy hulle tot drie keer om uit te vind of hulle nog veilig is – al het sy gebid dat die Here hulle moet bewaar. Sy het ook elke dag vir haar eie veiligheid gevrees. In die gesprek met haar het ek uitge- vind dat daar in die verlede ’n gewapende roof plaasgevind het waar sy werk. Ek het haar genooi om my te vertel van die voorval en alles wat sy daardie dag emosioneel beleef het. Sy het haar hart leeggepraat. Toe kon ek haar die goeie nuus meedeel dat Jesus ons juis onder sulke omstandighe- de nooi: “Kom na My toe, dan sal Ek sal julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra” (Matt. 11:28, Die Lewende Bybel). Sy het die uitnodiging aangegryp en ons het saamgebid vir genesing van haar vrese. Daarna het ek haar gelei om die booswigte wat hulle daardie dag by die werkplek geter- roriseer het in die Naam van Jesus en in sy krag te vergewe.

Upload: phungkhuong

Post on 26-Feb-2019

248 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

HOOFSTUK 1

EMOSIONELE PYN:

OORSAKE EN GEVOLGE

A nnie, ’n toegewyde Christen, het op ’n dag huilend in my studeerkamer vertel hoedat haar voortdu rende

angs tigheid probleme in haar gesin veroorsaak. As haar man en kinders êrens heen ry, bel sy hulle tot drie keer om uit te vind of hulle nog veilig is – al het sy gebid dat die Here hulle moet bewaar. Sy het ook elke dag vir haar eie vei ligheid gevrees. In die gesprek met haar het ek uitge-vind dat daar in die verlede ’n gewapende roof plaasgevind het waar sy werk. Ek het haar genooi om my te vertel van die voorval en alles wat sy daardie dag emosioneel beleef het. Sy het haar hart leeggepraat. Toe kon ek haar die goeie nuus meedeel dat Jesus ons juis onder sulke omstandig he-de nooi: “Kom na My toe, dan sal Ek sal julle rus gee, julle almal wat moeg is en swaarkry onder die laste wat julle dra” (Matt. 11:28, Die Lewende Bybel).

Sy het die uitnodiging aangegryp en ons het saamgebid vir genesing van haar vrese. Daarna het ek haar gelei om die booswigte wat hulle daardie dag by die werkplek ge ter-roriseer het in die Naam van Jesus en in sy krag te vergewe.

978-1-4316-0038-0.indd 7978-1-4316-0038-0.indd 7 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 2: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

8 TIENIE PRINSLOO

Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het ’n vrede wat net Jesus alleen kan gee. Prys Hom!” Maande later het sy stralend by ’n biduur getuig hoe die Here haar lewe sedert daardie dag verander het.

Daar is baie mense wat dieselfde ervaring as Annie deur-gemaak het. Ons lees of hoor deesdae daagliks van ka pings, moord en gewapende roof wat soms met die mar te ling van slagoffers gepaardgaan. Selfs mense wat dit self nog nie beleef het nie, voel as gevolg van sulke berigte angs tig en onveilig. Dit kan meebring dat hulle in ’n mate self daar-deur getraumatiseer word.

Daar is ’n legio faktore wat tot die hoë stresvlakke in ons mooi land meewerk. Baie mans het hulle werk verloor weens regstellende aksie, of leef onder die swaard dat dit hulle enige tyd te beurt kan val. As gevolg hiervan ont-staan fi nansiële probleme wat tot verdere stres lei. Die eg- s keidingsyfer in Suid-Afrika het gedurende die afgelope de kades die hoogte ingeskiet en ’n klomp verwonde eg-genote en kinders gelaat wat sukkel om weer koers in hulle lewens te kry. Ek lees dat die selfmoordsyfer, selfs onder tieners (van alle rasse), kommerwekkend hoog is.

Daarbenewens gebeur dit in toenemende mate dat vroue, en ook soms mans, by hul werkplek aan seksuele teis tering on derwerp word – en dan gedreig word met afdan king in dien hulle daarvan sou praat. Voeg hierby: stres weens kollegas se kritiese of onetiese optrede by die werk, of die moontlike uitbuiting van sakevennote ... en dit word dui-delik dat min mense vandag ongeaffekteer deur die le we gaan.

Ek sien die afgelope jare toenemend mense van alle ge slagte en ouderdomme wat “gebreek” is deur die lief-

978-1-4316-0038-0.indd 8978-1-4316-0038-0.indd 8 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 3: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

9’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

de lo se of onnadenkende optrede van ouers, stiefouers, fa mi lie, onderwysers, medeskoliere, lewensmaats, skoon- ouers of kinders. Ja, soms selfs deur boesemvriende! Om sake te vererger, maak die moderne tegnologie dit moont lik dat selfs onskuldiges die slagoffer kan word van skinder-veldtogte of soms inkriminerende saamgefl anste foto’s wat op selfone of die internet rondgestuur word. Tie ners word veral op die manier geteiken, soms uit blote jaloesie of wraak.

Emosionele pyn bring mee dat sommige mense (en selfs kin ders) so vasgevang in hulle ellende voel dat hulle, in ’n poging om daaraan te probeer ontkom, hulle wend tot drank of dwelms. Die probleem is dat – hoewel dit aan-vanklik momenteel verligting kan bied – dit op die lange duur die hele situasie kompliseer. As die oorsaak van die trauma nie aangespreek word nie, bly dit in die onderbe-wuste agter en lei dikwels tot alkohol- en middele-versla-wing.

TRAUMAS WAT ONTSTAAN HET IN DIE KLEUTERJARE

Selfs ’n klein kindjie kan trauma beleef en dit kan vir jare daarna, tot selfs in die ouderdom, ernstige nagevolge hê indien dit nie hanteer word nie. Kinders wat gemolesteer word, worstel dikwels met die addisionele pyn dat nie- mand hulle geglo het toe hulle dit wel bekendgemaak het nie. Sommige is selfs as leuenaars gebrandmerk! Mole-steerders laat hulle slagoffers glo dat die welsyn hulle sal wegneem uit hulle ouerhuise indien hulle met iemand daar oor sou praat, of hulle word gedreig dat hulle gestraf sal word. In die tyd waarin ons leef, word derduisende kin-

978-1-4316-0038-0.indd 9978-1-4316-0038-0.indd 9 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 4: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

10 TIENIE PRINSLOO

ders op dergelike wyse gemanipuleer en ge traumatiseer. Dit geld ook vir verkragtingslagoffers.

Volgens sielkundiges kan pynlike of skok-ervarings – of dit voor ge boortelik of in die kleuterjare plaasvind – letsels aan die mens se gees veroorsaak wat jou vir die res van jou lewe ne ga tief kan beïnvloed.

Dit gebeur dikwels dat van die gebeure so skokkend of pynlik was dat die kind dit probeer “vergeet”. Dan ge-beur dit dat hulle alle gedagtes daaraan onderdruk en vir jare in ontkenning bly. Sielkundiges sê egter vir ons dat die onderbewuste nóóit vergeet nie. On derdrukte emosies kan negatiewe, selfs destruktiewe gedrag tot gevolg hê. Nag-merries, rebelse gedrag, vrese, span ning, paniek-aanvalle en slaaploosheid is maar enkele van die probleme wat hier-uit kan voortspruit. Die tragedie is dat tientalle mense diep verwond voortstrompel tot in hul oudag sonder om te besef wat aan die wortel daarvan lê.

’n Middeljarige vrou het my op ’n dag kom sien. Sy het my vertel dat sy haar lewe lank erg aan engtevrees ly. Na ’n indiepte-gesprek met haar, en nadat ons saam gebid het, het sy meteens onthou dat haar ma haar kleintyd dikwels in ’n donker vertrek toegesluit het as straf “omdat sy stout was”. Sy het dit mettertyd vergeet, maar ’n groter wor-dende vrees ontwikkel om in hysbakke te ry, of in klein ver-trekke “vasgevang” te word. Nadat sy die insidente ont hou het, het ons daaroor saamgebid en die Here gevra vir ge-nesing daarvan. Die vrees het daarna verdwyn. Ek het haar jare daarna weer gesien en sy het my juigend vertel dat sy totaal bevry was van die vrees sedert ons daardie dag daar-oor gebid het.

Ek het oor die jare geleer dat ons vir die Here kan vra om aan ons te openbaar waar ons vrese en angste vandaan kom.

978-1-4316-0038-0.indd 10978-1-4316-0038-0.indd 10 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 5: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

11’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

Die Skrif nooi ons juis om in “allerhande be proewings” na die Here te gaan vir insig om die situasie te hanteer. Jako-bus sê vir ons: “As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee” (Jak. 1:5).

Hiermee word bystand deur opgeleide terapeute, be ra-ders en sielkundiges nie uitgeskakel nie – God gee ook aan hulle die nodige kennis om mense te help om by die bron van hulle probleme uit te kom.

DIE GEVOLGE VAN ONBEHANDELDE TRAUMA

VerwerpingEk sien byna daagliks mense wat verwerping beleef het op een of ander wyse. Dit is seker van die pynlikste traumas wat ’n mens kan beleef. Dit het veral ’n negatiewe in vloed op huwelike en interpersoonlike verhoudings.

Die belewenis van verwerping het merendeels sy oor-sprong daarin dat iemand as kind ’n gebrek aan liefde of aan vaarding van ouers, skoolmaats, vriende en later van le wensmaats, kollegas of werkgewers on dervind het. ’n Gevoel van minderwaardigheid – en selfs soms rebellie! – kom dikwels voor by mense wat hierdeur geraak is. Aan-mer kings soos “Jy sal nooit slaag nie”, “Jy is ’n gebore mis-lukking”, “Jy sal nooit eendag gelukkig/suk ses vol wees nie!”, “Ek wens jy vrek!” of “Mag jy een of ander leed oor-kom!” is maar enkele van die woord-sweepslae waar van ek hoor waarmee mense as kind reeds gestriem is. Soveel mense sit met ’n verskeurde, verfl enterde gemoed voor my hulle pyn en uitwurg. Hoe wreed kan mense nie wees om sulke oordele oor ’n kind uit te spreek nie! Baie is al toege-slinger dat hulle “nooit gebore moes gewees het nie” of selfs dat hulle “ongewens was en is”!

978-1-4316-0038-0.indd 11978-1-4316-0038-0.indd 11 4/5/2012 11:54:24 AM4/5/2012 11:54:24 AM

Page 6: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

12 TIENIE PRINSLOO

Dit het ’n vernietigende uitwerking op dié aan die ont-vangkant daarvan. Ek kry gereeld te doen met pragtige, hoogs intelligente mense wat nooit tot hulle volle poten-siaal ontwikkel het nie en oor die algemeen sielsonge luk kig is as gevolg van soortgelyke negatiewe uitsprake wat in hul kinderjare oor hulle uitgespreek is.

Deur dit wat ek aanhoor in my studeerkamer, begin ek ver staan waarom die Bybel ons waarsku dat dit wat die mens sê, soms vernietigende gevolge het. Jakobus omskryf dit vir ons:

As ons ’n perd wil laat doen wat ons wil hê, sit ons ’n stang in sy bek en daarmee kan ons dan die perd stuur waar ons wil. Skepe is ook ’n goeie voorbeeld. ’n Skip wat so groot is en ’n sterk wind nodig het om hom aan te dryf, word tog deur ’n klein roer gestuur in die rigting wat die stuurman wil gaan. ’n Mens se tong is ook klein, maar kyk wat kan hy nie alles doen nie – soos ’n klein vonkie wat ’n hele bos kan laat afbrand. Net so gevaarlik as wat vuur is, kan ’n mens se tong ook wees, want alles wat sleg is, kan daaruit te voorskyn kom. Hy neem so ’n plek in ons lewe in dat hy ons hele lewe kan besmet. Die tong is ’n vuur wat uit die hel aan die brand gesteek word, en daardie vuur kan ons hele lewe van begin tot end aan die brand steek.

~ Jakobus 3:3-6, Die Lewende Bybel

Wrede aanmerkings kan ’n mens se gees ernstig ver wond en letsels laat wat ’n mens vir die res van jou lewe negatief kan beïnvloed. Die tragedie is dat mense wat verwerping beleef het, soms glo dat God hulle ook verwerp, erger nog: Hulle twyfel of daar regtig ’n “liefdevolle God” bestaan.

978-1-4316-0038-0.indd 12978-1-4316-0038-0.indd 12 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 7: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

13’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

PerfeksionismeTalle mense word as gevolg van pynlike emosionele erva-rings perfeksioniste. Let wel, ek sê “word” perfeksioniste. In die meerderheid gevalle vind ons dat die oorsprong van hierdie probleem lê in die feit dat hulle as kind nooit erken ning gekry het vir prestasies wat behaal is nie. Die pa, ma of onderwyser het byvoorbeeld nooit die kind op die skouer ge klop en gesê dat hulle trots is op hom of haar vir harde werk, prestasies op skool of op sportgebied nie. Baie ouers spoor hulle kinders genadeloos aan om “nog beter te doen” al werk die kind hard en presteer bo vermoë. Die ouers meen dat dit die kinders sal motiveer om nog beter te doen. Die tragedie is dat sulke kinders die idee kry dat hulle net nooit “goed genoeg” is nie.

Mense praat alte maklik spottend van perfeksioniste. Die ironie is dat diesulkes selde waarlik gelukkig is, want hulle dryf hulself voortdurend. Hulle moet ten alle koste bewys dat hulle die “beste” is, in “beheer” is. Huisvroue kan dit vir hul huisgenote onaangenaam maak om tuis te wees om dat hulle huise te alle tye perfek skoon en agterme kaar moet wees. Ek wens ek kan onthou hoeveel mans al by my kom raad soek het hieroor. In twee gevalle moes mans hulle skoene by die voordeur uittrek voordat hulle in hulle eie huis mag kom!

Ander het gekla dat sy vrou wanneer gaste opdaag, die hele tyd kussings regsit en al agter die gaste aan skoon-maak. Dit ver oor saak dat perfeksioniste in normale sosiale verhou dings by die werk plek, of tussen vriende dikwels as die spreekwoor de like “pyn” beleef word omdat hulle van an der verwag om dieselfde onredelike, soms onhaal-bare stan daar de te handhaaf. Hulle besef nie dat daar ’n dieper, on ge defi nieerde probleem is wat hulle gedrag be-

978-1-4316-0038-0.indd 13978-1-4316-0038-0.indd 13 4/5/2012 11:54:25 AM4/5/2012 11:54:25 AM

Page 8: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

14 TIENIE PRINSLOO

paal nie. So word dit ’n bose kringloop: Hulle stresvlakke is deurentyd hoog en dit lei tot verdere spanning met dié wat in hulle onmiddellike omgewing is.

Perfeksionisme is nie ’n deug nie – deur jouself gedurig ge nadeloos te dryf, word jy ’n slaaf van jou eie onredelike ver wagtings. Dit maak ook nie enige geestespyn beter nie; trouens sulke mense ervaar en veroorsaak net meer stres!

DIE UITWERKING VAN DIE TRAUMA VANEGSKEIDING VAN OUERS OP TIENERS

Dit is opvallend dat meer as 90% van die tieners en jong-mense wat my die afgelope jare kom sien het, uit gebroke huise kom. Die emosionele pyn wat kinders ervaar wan- neer hulle skielik moet aanpas by twee ouerhuise, “nu we” ouers (stiefpa of -ma), en dalk ook “nuwe” broers en sus-ters, verwar en verskeur die kinders. Die tragedie is dat kinders ná ’n egskeiding dikwels as speelbal gebruik word om ouers teen mekaar af te speel. Soms word hulle ge dwing om te “kies” tussen Pa en Ma. Dit lei tot gedragsafwykings en openlike rebellie teenoor alle vorme van ge sag.

Egskeiding laat dikwels wrakke agter. Kinders glo dat húl le iets verkeerd gedoen het en dat dit die rede is hoe-kom hulle ouers skei. Sulke gedagtes laat hulle met verlam-mende skuldgevoelens. Die hartseer is dat hulle hierdie wan ge dagtes met niemand bespreek nie.

Dit is belangrik dat ’n huwelik kerngesond en gelukkig moet wees – veral ter wille van die kinders. Ek dink nie ouers be sef watter skade aan hulle kinders gedoen word as daar ge durig konfl ik tussen ouers is nie ... en dit dikwels ten aan skoue van die kinders! Die misbruik van drank van een of albei ouers veroorsaak gewoonlik dat ’n kind geen

978-1-4316-0038-0.indd 14978-1-4316-0038-0.indd 14 4/5/2012 11:54:25 AM4/5/2012 11:54:25 AM

Page 9: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

15’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

vriende het nie omdat hulle nie maats huis toe wil neem nie uit vrees vir wat hulle dalk tuis kan aantref.

My ondervinding is dat kinders in sulke om stan dig hede mak lik betrokke raak by mede-getraumatiseerde skool -maats. Omdat hulle almal dieselfde pyn en verwerping er-vaar, raak hulle deel van groepe soos “Emo”. Toe ek onlangs vir ’n dogter in graad 11 vra: “Wat is Emo?” het sy haar arms om haar lyf geslaan, vorentoe en agtertoe gewieg en gesê: “Kry my jammer, kry my jammer!” Ek het daaroor nage- lees en uitgevind dit is ’n soort kultus waaraan ongeluk-kige jongmense behoort. Hul le gebruik embleme soos ’n hart wat met doringdraad toegedraai is en dra slegs swart klere. Hulle kleur ook hulle hare swart en kam dit só dat die linkeroog bedek is. Hulle sny hulleself met skerp voor-werpe en “besing” selfmoord met gediggies en sketse. Wat Emo gevaarlik maak, is dat hulle aanvaar hulle mag self-moord pleeg, want met dié daad, so glo hulle, kom hulle in die “Black Parade”. Daarna word hulle gereïnkarneer met die oog op ’n “beter lewe”. Vir sommige tieners wat by my was vir berading, was Emo net ’n springplank tot satanaan-bidding.

DIE UITWERKING VAN TRAUMA OP DIE LIGGAAM

Die Bybel sê: “Die gees van ’n man ondersteun hom in krank heid, maar ’n verslae gees (King James Version: a wounded spi rit) – wie kan dit opbeur?” (Spr. 18:14, 1953-ver-taling). Die mo derne sielkunde bevestig dit. Dis ’n medies bewese feit dat mense wie se moed deur een of ander trau-ma gebreek is, min weer stand teen siekte het.

Die Bybel bevestig dit. Die spreukedigter sê: “’n Vro-like hart bevorder die genesing, maar ’n verslae gees (King

978-1-4316-0038-0.indd 15978-1-4316-0038-0.indd 15 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 10: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

16 TIENIE PRINSLOO

James Version: a broken spirit) laat die gebeente uitdroog” (Spr. 17:22 1953-vertaling). Sommige verklaarders meen dat hierdie “uit droog van die gebeente” ook kan sinspeel op sekere vorme van artritis. Ek is deur ’n kollega in Nieu-Seeland vertel van ’n besondere geval. ’n Dame wat deur-trek was van artritis het op ’n dag haar bitterheid teen oor haar familie teenoor hom bely. Sy was jare lank in kon fl ik met haar familie. Met die Here se hulp het sy elkeen wat haar veront reg het, by die naam vergewe in die Naam van Jesus Christus. Hierna het die on verwagte gebeur. Haar toe stand het week na week stelselmatig merkbaar ver be ter! Die styfheid wat die siekte meegebring het, is onder beheer gebring en sy kon haar daag likse takies verrig ... iets wat sy vir jare nie in staat was om te doen nie! Sy kon enkele maan de daarna weer loop son der hulpmiddels.

Mense wat fi sies en/of psigies deur ’n skok- of nega-tiewe ervaring gegaan het, kan as gevolg daarvan intense hart seer, ongelukkigheid of depressie beleef. Voortdu rende stres veroorsaak dat ’n oormaat adrenalien afgeskei word. Die gevolg is dat mens geïrriteerd is, en soms oor die ge - ring ste dingetjie woedend en in sommige gevalle selfs ge wel ddadig kan raak. Dit is faktore wat verhoudings en ge sond heid verder benadeel. Slaapsteurnisse kom dikwels as gevolg hiervan voor en onderwerp die liggaam aan ver-dere stres.

Waar persone verontreg is en sake nie uitgepraat of ge-skik word nie, kan dit lei tot onvergewensgesindheid, bit-ter heid, haat en selfs wrokke teenoor dié wat hul le te na ge-kom het. Die hartseer is dat dit ’n boemerang-ef fek het: ’n Bitter persoon is gewoonlik onaangenaam en word gevolg-lik deur ander vermy. Dit lei na tuurlik tot verdere verwer-ping en so ontstaan ’n bose kring loop.

978-1-4316-0038-0.indd 16978-1-4316-0038-0.indd 16 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 11: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

17’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

Daar word beweer dat waar mense in tense verwerping of trauma oor ’n lang tyd beleef het, se kere vorme van kan ker soms kan ontwikkel. Medici beklemtoon dat voortdurende stres ’n direkte uitwerking op die liggaam se immuniteitsis-teem kan uitoefen. Wanneer dit laag is, is ’n mens vatbaar-der vir sekere siektes. Waak egter teen veralge mening in dié verband. Alle gevalle van artritis of kanker word nie noodwendig deur ’n gewonde gees veroorsaak nie! Daar is ’n menigte faktore wat daartoe kan meewerk. ’n Mens moet altyd van die Here onderskeiding vra.

’n Positiewe ingesteldheid teenoor wat met jou ge beur, is voordelig vir die gesondheid van die liggaam. ’n Aantal jare gelede het die destydse superintendent van Tygerberg-hospitaal in die Kaap gesê dat dit vir hom en sy personeel opmerklik is dat blymoedige Christene gouer herstel na ’n ope rasie as dié wat nie ’n verhouding met die Here het nie.

Ek het die afgelope tyd iets interessants teëgekom: Pro-fessor Francis Collins, die skrywer van die boek The Lang-uage of God, word beskou as een van die wêreld se voor-ste wetenskaplikes. Hy skryf in die boek dat hy vroeër in sy lewe ’n ateïs was. Tydens sy mediese studies het hy be trokke geraak by die siek pasiënte in die hospitaal. Hy skryf dat dit hom opgeval het dat gelowige pasiënte iets uit straal:

... a strong reassurance of ultimate peace, be it in this world or the next, despite terrible suff ering that in most instances they had done nothing to bring it on themselves. If faith was a psychological crutch, I concluded, it must be a very powerful one ... why were these peo-ple not shaking their fi sts at God and demanding that their friends and family stop all this talk about a loving and benevolent super-natural power?

978-1-4316-0038-0.indd 17978-1-4316-0038-0.indd 17 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 12: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

18 TIENIE PRINSLOO

Die siekes se reaksie op hulle pyn het hom so beïn druk dat hy tot die gevolgtrekking gekom het daar ’n God moet wees. Dit het gelei tot sy bekering. Is dit nou nie ’n positie-we verhaal nie?

NOG MOONTLIKE GEVOLGE VANONVERWERKTE TRAUMAS: DEPRESSIE

Negatiewe emosionele belewenisse waarmee nie gehandel is nie, lei tot stres. Aanhoudende stres kan oorgaan na de-pressie. Dit simptome daarvan is nie noodwendig dat so ’n persoon hartseer lyk of huilerig of teruggetrokke voorkom nie; inteendeel dit kan ook tot onbeheerste woe de-uitbar s-tings, erge geïrriteerdheid en liggeraaktheid lei. Dit bedui-wel verhoudings net verder.

Dit is egter baie belangrik om te onderskei wat die oor-saak van enige skielike gemoedsverandering is omdat se-kere siektes (soos wanfunksie van die skildklier, Alzhei-mersiekte en ander), asook hormoonwisseling by vroue, dikwels met bostaande simptome presenteer en alte dik-wels misgekyk word. Daarom is dit belangrik om bewus te wees daarvan dat depressie nie net deur uitwendige faktore veroorsaak word nie (vanweë traumatiese gebeur-tenisse), maar dat dit ook inwendige (liggaamlike) oorsake het. Meer hieroor in hoofstuk 8.

DIE GEVOLGE WAT TRAUMA IN DIE KINDERJARELATER OP DIE HUWELIK KAN HÊ

Ek het op ’n keer ’n egpaar by my gehad vir berading. Die vrou het reeds die huis verlaat, maar sy en haar man was al twee gewillig om aan hul huweliksprobleem aandag te

978-1-4316-0038-0.indd 18978-1-4316-0038-0.indd 18 4/5/2012 11:54:25 AM4/5/2012 11:54:25 AM

Page 13: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

19’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

gee. Hulle was albei voorheen getroud en geskei. Uit die vo rige huwelik het elkeen kinders gehad en die vrou se twee kinders was nog by hulle in die huis. Saam het hulle ’n jong seuntjie.

Die man was eerste by my. Ons het saam die drie lyste van onder andere traumas en gevolge deurgewerk. Hy was ook by ok kul tiese praktyke betrokke. Van die simptome wat hy be leef het, was onder andere woedebuie, ongeduld, rebelsheid, fyngevoeligheid en gevoelens van minderwaar-digheid. Hy het baie traumas as kind beleef deurdat hy ver-werping ondervind het van sy ouers se kant – veral nadat nog kinders ná hom gebore is en hulle al die aandag gekry het ... As vyfjarige moes hy in die dorp loseer om skool by te woon. Later is hy koshuis toe waar hy deur ander seuns gemolesteer is. Toe die ander kinders oud genoeg was om skool toe te gaan, het hulle ’n plaasskool bygewoon. Daar-na is hy huis toe gebring om saam met hulle die skool by te woon.

Sy meisie het swanger geword en hulle moes trou. Die hu welik was van die begin af ge doem. Na sy pa se dood het sy jonger broer die familieplaas ge ërf terwyl hy ’n plaas gekry het waarop ’n groot verband was. Dié moes hy self af betaal.

Sy vrou het intussen ’n verhouding met sy beste vriend aan geknoop. Nadat hy R300 000 aan regskoste bestee het in sy egskeidingsgeding met sy vrou het hy die plaas ver loor en is bankrot verklaar. Daarna moes hy vir sy jon ger broer as voorman gaan werk. Mettertyd het hy teen al les en almal begin rebelleer.

Volgens hom het die predikant destyds openlik sy vrou se kant gekies en haar gedurig besoek, maar nooit by hom uitgekom om hom te ondersteun nie. Die gevolg was dat

978-1-4316-0038-0.indd 19978-1-4316-0038-0.indd 19 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 14: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

20 TIENIE PRINSLOO

hy ook bitterheid ontwikkel het teenoor die kerk.Die dag toe hy my besoek het, het ons eindelik die punt

bereik waar hy almal wat hom leed aangedoen en ver-werp het in die Naam van Jesus Christus vergewe het. Hy moes ook sy pa vergewe wat hom gedurig ’n “verloor-der” en ’n “misbaksel” genoem het. Hierdie negatiewe uit- spra ke het hy nietig verklaar in die Naam van Jesus Chris-tus. Sy ma het gedurig ’n waarsêer geraadpleeg. Hy het hom van haar handelwyse gedistansieer en enige bose mag wat daardeur in hulle ouerhuis ’n invloed op hom kon uit-oefen, beveel om te wyk in die Naam van Jesus Christus. Daarna het hy die “juk” van Jesus opgeneem en God gevra om hom te vervul met sy Heilige Gees.

Sy vrou het daarna gekom vir berading. Ons het ook die drie lyste deurgewerk. Sy het onder andere die volgende af gemerk: frustrasie, woedebuie, fyngevoeligheid, de pres-sie, kommer en weersin in seks.

In ons gesprek het dit duidelik uitgekom dat sy ook ver-wer ping beleef deur haar ouers – veral van haar pa se kant. Daar was ’n paar traumas wat letsels gelaat het. Van die traumas was die skielike dood van haar broer, ’n skok-er-varing toe sy as kind deur ’n inbreker bedreig is en dat sy swanger geword terwyl sy nog op skool was. Sy is gedwing om die baba vir aanneme af te teken omdat die pa van die kind alle kontak met haar verbreek het. Die man met wie sy later getroud is, was ’n alkoholis en het haar fi sies mis-handel. Terwyl sy swanger was met die tweede kind by dié man, is sy van hom geskei.

Sy was bereid om almal wat haar leed aangedoen het, te ver gewe. Daarna het sy die vervulling met die Heilige Gees vir haarself toegeëien en Jesus se juk op haar geneem.

Met ons volgende afspraak het die man en vrou saam ge-

978-1-4316-0038-0.indd 20978-1-4316-0038-0.indd 20 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 15: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

21’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

kom en die haakplekke in hulle huwelik kalm en beheersd deurgesels. Wanneer ’n mens die simptome wat hulle afge-merk het in oënskou neem, kan ’n mens verstaan waarom daar soveel konfl ik en onenigheid in hulle huwelik was. Een van die probleme was dat die vrou haar man kwalik ge neem het vir die feit dat hy nie met sy stiefseun ’n ver-houding kon opbou nie, terwyl hy en die stiefdogter baie goed oor die weg gekom het. Toe hy noem dat die kind altyd afsydig is, het ons die moontlikheid bespreek dat die seun reeds in die moederskoot verwerping ervaar het ter-wyl sy ma besig was om van haar eerste man te skei. Dit het hulle albei gehelp om ’n nuwe benadering te volg om ’n verhouding met die seun op te bou.

Tydens gesprek het dit aan die lig gekom dat die man nooit sy vrou geken het in enige belangrike besluite wat hy geneem het nie. Hy het haar in ’n mate gedomineer. (Dit sien ek dikwels by Afrikaner-manne!) Toe beide egter onder neem om Jesus as die Hoof van hulle huwelik te er ken en hulle deur Hom te laat lei in alle besluite, is die knoop deur gehak en het die man die volgende dag sy vrou en kin-ders by haar ma se huis gaan haal.

Dit het lang en indringende gesprekke gekos, want ons moes saam teruggaan na die oorsprong van hulle indivi-duele probleme. Beide van hulle ouers het nie gesonde hu-welike gehad nie, met die gevolg dat hulle geen rolmodelle gehad het vir die vorming van ’n gelukkige huwelik nie.

Ek het oor die jare tientalle egpare wat op skei gestaan het, bygestaan. In verreweg die meeste gevalle het dit geblyk dat beide moeilike kinderjare beleef het. My ondervin ding is dat Jesus stukkende huwelike kan en wil heelmaak – selfs nadat man of vrou, of albei, gedink het dat die huwelik fi -naal en onomkeerbaar verbrokkel het. Selfs in gevalle waar

978-1-4316-0038-0.indd 21978-1-4316-0038-0.indd 21 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 16: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

22 TIENIE PRINSLOO

een of albei van die huweliksmaats beweer dat hulle liefde vir die ander dood is, het ek in meer as 90% van gevalle waarmee ek te doen gekry het, gesien hoe God nuwe liefde vir mekaar opwek, indien al twee huweliksmaats Hom die geleentheid daartoe gee.

En sou dit gebeur dat daar geen kans vir versoening bestaan nie as gevolg van ernstige geestesafwyking by een van die huweliksmaats, of ’n totale onwilligheid van man of vrou om met die huwelik voort te gaan, sien ek hoe God die Vader genesing bring vir dié wat agterbly. Dit sluit ook die kinders in.

Tog is daar hoop! Jesus kan verseker ’n wankelende hu-welik herstel, maar dan moet man én vrou bereid wees om vir berading te gaan en die Here te erken as die Hoof van hulle verhouding. As hulle dan met Hom reke ning hou en Hom toelaat om hulle te lei by alle sake waaroor hulle van mekaar verskil, of waar hulle besluite moet neem, is die huwelik op ’n gesonde en stewige basis en word onnodige konfl ik vermy.

Dit het oor die jare vir my duidelik geword dat as ’n paar-tjie voor hul troue seksuele omgang gehad het, een of dik-wels albei van die huweliksmaats mekaar daarna wantrou in hul huwelik. Die gedagte kom voortdurend na vore: Wat verhinder my maat om wéér in ’n buite-egtelike verhou-ding betrokke te raak as hy of sy bereid was om dit met my te doen? Gewoonlik is so ’n egpaar uiters jaloers op me kaar en bring dit geweldige spanning. Wanneer al hierdie sake na Jesus gebring word vir genesing, kan die egpaar van voor af begin en aan ’n mooi en gelukkige huweliksver-houding bou. Daarvan is ek ’n dankbare getuie.

Ek wens soms ek het die tyd om alles neer te skryf wat ek al in my studeerkamer beleef het. Dit was (en is danksy

978-1-4316-0038-0.indd 22978-1-4316-0038-0.indd 22 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM

Page 17: EMOSIONELE PYN: OORSAKE EN GEVOLGE · 8 TIENIE PRINSLOO Sy is later die dag kalm en vol blydskap by my weg. Drie dae later het ek ’n SMS van haar gekry: “Prys die Here, ek het

23’N STUKKENDE MENS KAN HEEL WORD

die Here ná my aftrede steeds) my voorreg om oor ’n aantal dekades heen te kon sien hoe Jesus stukkende en gebroke mense heelmaak. Hy het ons immers verseker: “Waar ie-mand se lewe gebroke is soos ’n riet wat geknak is, sal Hy dit nie verbreek nie, en waar dit swak is soos ’n lamppit wat rook, sal Hy dit nie beskadig nie” (Matt. 12:20, Die Lewende Bybel).

Is enige van wat in hierdie hoofstuk bespreek is op jou van toepassing? Skep moed. Jesus het gekom om jou van negatiewe bagasie van die verlede te verlos en die diep emosionele pyn te genees. Hy het op ’n dag aan sy om-standers gesê: “’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Joh. 10:10).

978-1-4316-0038-0.indd 23978-1-4316-0038-0.indd 23 3/29/2012 11:22:44 AM3/29/2012 11:22:44 AM