eldo-info nuusbrief – 24 april 2020 · eldo-info 2017 . eldo-info nuusbrief – 24 april 2020 ...

12
Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK TYD Meeste van ons se vaste roetine is omver gegooi en tog het ons almal nog dieselfde hoeveelheid tyd in 'n dag. Mag ons hierdie week en selfs na hierdie grendeltydperk ons tyd as waardevol beskou en dit wys bestee. Mag ons mekaar se tyd respekteer. Mag elkeen van ons besef dat ons tyd op aarde 'n genadegawe is en dat elkeen van ons se tyd besig is om uit te hardloop. Maak die meeste van jou tyd en leef voluit - self al is jy by die huis. Leef vir die mense om jou, leef vir die tye wat jy tot God kan nader sonder dat iets jou aanjaag. Onthou selfs die grendeltydperk en onserkerheid is tydelik, maar God is ewig.

Upload: others

Post on 27-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

TYD

Meeste van ons se vaste roetine is omver gegooi en tog het ons almal nog dieselfde hoeveelheid tyd in 'n dag. Mag ons hierdie week en selfs na hierdie grendeltydperk ons tyd as waardevol beskou en dit wys bestee. Mag ons mekaar se tyd respekteer.

Mag elkeen van ons besef dat ons tyd op aarde 'n genadegawe is en dat elkeen van ons se tyd besig is om uit te hardloop. Maak die meeste van jou tyd en leef voluit - self al is jy by die huis. Leef vir die mense om jou, leef vir die tye wat jy tot God kan nader sonder dat iets jou aanjaag.

Onthou selfs die grendeltydperk en onserkerheid is tydelik, maar God is ewig.

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

2

AKADEMIE

Microsoft Teams is die platform waardeur onderrig aanlyn by Hoërskool Eldoraigne aangebied gaan word tydens en na die grendeltyd (moontlik dan ter ondersteuning), wat bepaal sal word deur ‘n moontlike terugkomplan, wanneer aangekondig word.

Enkele redes ter ondersteuning vir hierdie besluit:

1. Die samestelling van ‘n nuwe rooster sou met ons tyd beskikbaar, nie moontlik wees nie. (ongeveer drie weke)

2. Die kundiges met die rooster, het gaan kyk hoe hulle almal se versoeke kan akkommodeer. Dit het ‘n scenario geskep dat die FET-fase tot omtrent 19:00 in die aande sou moes skoolhou, in verskillende sessies. Dit is gewoon nie billik teenoor u as ouers, die leerders en elke gesin nie.

3. Om die bestaande skoolrooster net tydsgewysig so bietjie aan te pas, gaan die oorgang van ‘n

aanlyn skoolrooster, na die bestaande skoolrooster, wanneer ons weer na “normale skool” toe terugkeer, minder verwarrend vir leerders en personeel maak.

4. Dit is veral geldig wanneer die grade moontlik infaseer gaan word, met die graad 12’s wat eerste

gaan terugkeer skool toe. ‘n Aanlyn rooster vir die res van die skool en die graad 12’s se bestaande akademiese rooster, sal botsings van personeel se klasse veroorsaak, om maar ‘n enkele praktiese implikasies uit te lig.

5. Die behoeftes en verwagtinge van personeel, ouers en leerders is:

• Personeel wil graag hulle eie kinders onderrig, omdat hulle reeds met hulle ‘n verhouding gebou het. • Personeel verkies kleiner groeperings, soos hulle bestaande klasse, om hulle leerders werklik te kan

bereik deur beter interaksie. • Personeel en leerders het ‘n behoefte aan struktuur, sodat nadat akademie afgehandel is, aandag aan

ander verantwoordelikhede gegee kan word. Sodoende kan elke dag beplan word, volgens elke huishouding se unieke situasie, waarvoor daar begrip en deernis is.

Selfgerigte leer is ‘n reuse paradigma sprong!

Ons siening van leer is dat dit uit boeke kom en agter houttafeltjies voor ’n witbord gebeur, of by ’n lessenaar met pen en papier net voor ’n groot eksamen! Dit is egter glad nie leer nie. Dit is hoofsaaklik memorisering en herhaling.

Leer is wanneer ‘n mens bevoegdheid met ’n vaardigheid, of die kennis of verstaan van ’n konsep kan demonstreer. Kennis en die oordra van inhoud is die ou onderwysergesentreerde paradigma. Leerders kan deesdae inligting en inhoud deur middel van tegnologie bekom.

Het u onlangs MS Teams begin gebruik en reggekom? Het u iets nuuts geleer van virusse en bevolkingskurwes? Alle leer is eintlik selfgerig: niemand kan leerders iets leer wat hulle nie self wíl leer nie.

Dit wat gebeur wanneer ‘n onderwyser teorie aan leerders voorhou, of wat leerders in hulle korttermyn geheue prop om die eksamen te klop, is nié leer nie.

Leer gebeur wanneer leerders intern die volgende besef:

• Ek hét iets om te leer • Ek het tóégang tot ’n betroubare bron om vanuit te leer of ’n persoon by wie ek kan leer • Ek kán leer

Leer is dus nie die stimulus nie, dit is ‘n gevolg. Met ander woorde, om in die denkraamwerk van leer te kom,

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

3

benodig leerders ’n stimuli (oorsaak). Ons visie en doel is om onderwysergerigte leer om te skakel na selfgerigte leer, deur interaktief, aanlyn klas aan te bied op MS Teams.

Dissipline en hantering van leerders, wat om welke rede nie die onderrigprogram volg nie of die onderrigproses doelbewus ontwrig, sal volgens ‘n E-leer beleid, hanteer word.

Formele assessering en ander moontlikhede van assessering word nog ondersoek en dringende aandag word hieraan gegee. Enige wenke of bydraes van ouers sal verwelkom word.

Informele assessering kan wel deur die "Assignments" gedeelte van MSTeams hanteer word, sodat die leerders wel geassesseer word op deurlopende wyse.

Akademiese struktuur

Die bestaande skoolrooster is as basis gebruik en behels die volgende:

• ‘n Sesdag siklus wat elke dag 8 periodes sal hê. • Op ‘n Dag 1, 3 en 5 sal daar 7 periodes wees en ‘n periode 8 bygevoeg word, wat leerders kan

bywoon vir ‘n “ekstra klas”. Verdere detail sal met u gekommunikeer word op ‘n geleë tyd. • Bogenoemde periode 8 sal by gr. 10 – 12 aan ‘n kombinasiesleutel gekoppel wees. • By gr. 8 en 9 sal dit aan Wiskunde gekoppel wees. • Op ‘n Dag 2, 4 en 6 sal daar die gewone 8 periodes wees. • Die periodes sal 35 minute lank wees.

Die tydskedule wat gebruik gaan word:

Registrasie 07:50 - 08:00 Periode 1 08:00 - 08:35

Registrasie 08:35 - 08:45 Periode 2 08:45 - 09:20

Registrasie 09:20 - 09:30 Periode 3 09:30 - 10:05

Registrasie 10:05 - 10:15 Periode 4 10:15 - 10:50 POUSE 10:50 - 11:15

Registrasie 11:15 - 11:25 Periode 5 11:25 - 12:00

Registrasie 12:00 - 12:10 Periode 6 12:10 - 12:45

Registrasie 12:45 - 12:55 Periode 7 12:55 - 13:30

Registrasie 13:30 - 13:40 Periode 8 13:40 - 14:15

• Die leerders sal 07:50 begin inteken vir hulle MSTeams-klas vir periode 1. Om 08:00 begin periode 1

en eindig om 08:35. • Daar sal 10 minute aantekentyd voor die aanvang van elke periode wees. • Na afloop van periode 4, is daar ‘n 25 minute breek.

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

4

Program vir 28 – 30 April 2020

• Graad 12 sal met Dag 2 begin op 28 April. • Graad 11 en 10 begin met Dag 3 op 29 April • Graad 9 en 8 begin met Dag 4 op 30 April.

Vakansiedae: 27 April en 1 Mei Op hierdie openbare vakansiedae, sal daar geen akademiese werk gedoen word nie en gun ons almal ‘n welkome blaaskans. Ons personeel en leerders werk huidig hard aan hulle akademie. Dit word opreg waardeer - gun uself ook ‘n ruskans.

Moontlike tegnologiese uitdagings?

Alhoewel ons MSTeams ten volle gaan implementeer en die platform die voorkeur sal geniet, sal die WhatsApp-

metode en in enkele gevalle, Google Drive/Classroom vir eers parallel met MSTeams gebruik word, om te

verseker ons leerders mis geen akademie nie. U moet nie huiwer om die skool te kontak indien u onseker is

met die implementering van MS Teams nie. Die kontakpersone verskyn in die tabel hieronder:

Tegnologie: Gerhard Stoop

[email protected]

Akademie: Me. Marié Joubert

[email protected]

Skoolhoof: Dr. Anton Prinsoo

[email protected]

Graad 11 en 12 tempo en volume werk

Graad 12’s en 11’s - julle sou nét so hard werk onder normale omstandighede. Dit is die realiteit van graad 11 se volume werk en die moeilikheidsgraad van die kurrikuluminhoud. By die graad 12’s is daar nog ‘n groot volume werk wat afgehandel moet word.

Ons veranderde omstandighede is ’n fantastiese selfgerigte-leergeleentheid

Hoërskool Eldoraigne het reeds die visie én plan in plek. Die uitvoer van die plan is ‘n opwindende vooruitsig vir ‘n groeigeleentheid.

Baie dankie aan elkeen wat positief is en ‘n paradigmaskuif na selfgerigte leer begin maak het. Hierdie proses gaan nie foutloos verloop nie, maar met ‘n entoesiastiese aanslag, kan ons berge versit ...

Hoe eet ‘n mens nou weer ‘n olifant? Happie vir happie!

SPORT

BOOGSKIET

Boogskiet was geseënd met ‘n wonderlike besige eerste kwartaal. Die nuwe skuts wat reeds by die span

aangesluit het, vorder baie goed en ons sien daarna uit om hulle op die kompetisie baan in aksie te sien.

Hoërskool Eldoraigne se boogskiet span het behoorlik vir hulself naam gemaak. In die eerste vier kompetisies

van die eerste kwartaal wen die span 3 silwer medaljes en 1 brons medalje.

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

5

Ons sien baie uit daarna om na die grendelstaat weer ons skuts te sien en lekker saam te oefen. Daar gaan ‘n

paar veranderinge wees by die oefeninge om die veiligheid en gesondheid van ons leerders?? te beskerm. Ons

stuur meer besonderhede sodra daar verligting van die grendelstaat is. Enige een is nog steeds meer as welkom

om enige tyd by die boogskiet span aan te sluit. Alle toerusting word voorsien.

Vir meer inligting skakel gerus vir Christelle Aucamp: [email protected] of 079 215 4819

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

6

PERDESPORT

Is jou gedagtes ooit bietjie deurmekaar tydens ‘n opening as die ruiters geluk gewens word? Moenie verder

wonder waaroor daar gepraat word nie! Lees meer oor hierdie intressante sportsoort:

Dresseer

Eenvoudig gestel beteken dresseer ‘opleiding’ of ‘voorbereiding’. Die slim mense beskryf dit as volg: Dressering

is die hoogste vorm van perde-opleiding, word gesien as die ‘kuns’ van perdesport, en word gebruik as die basis

van al die ander perdesport-dissiplines." In die moderne dresseer kompetisie, word die perd en ruiter getoets

voor `n aantal beoordeelaars (tot 5), om die perd se manier van beweging en vlak van skoling ten toon te stel.

Kompetisies word gery op `n plat area van ongeveer 60m x 20m wat omring word deur `n lae heining waarop

12 merkers geplaas is wat aandui waar elke beweging moet begin en eindig. Elke beweging word geëvalueer

en `n punt word toegeken uit 10. Sommige moeilike bewegings tel dubbeld, die punte word saamgetel en

bereken tot `n persentasie.

Equitation

Equitation is `n toets wat gery word deur die ruiter wat ook `n springbaan (showjumping) , net na die toets insluit

– alles in een dissipline.

Die toets bestaan uit tegniese bewegings op die plat oppervlakte asook oor die hindernisse, en het ten doel om

die ruiter wat goed sit op die perd, en die perd oortuigend kan beheer, te beloon. Beoordeelaars kyk ook na die

ruiter se aanvoeling teenoor die perd, of sy/hy die beste resultaat rakende die perd se beweging, akkuraatheid

en onderdanigheid kan bereik. Die spring-fase is op ̀ n vlak wat die gemiddelde perd of ponie sal pas en evalueer

die ruiter se vermoë om sy/haar perd effektief deur die baan se hindernisse te lei.

Working Riding

Die Working Riding perd moet gehoorsaam wees om verskeie take uit te voer met `n goeie houding en

temperament. Die perd en ruiter voer `n aantal take uit bv tel items op, dra dit na `n ander plek en plaas dit

neer, ry oor plastiese oppervlaktes op die grond, draf oor pale op die grond en spring oor `n hindernis. ens.

Performance Riding

Performance Riding is `n skou-klas waar die perd en ruiter geëvalueer word op die oorgang vanaf stap, draf en

gllop. Die perd moet gehoorsaam kan stil staan terwyl die beoordeelaars die netheid van die ruiter evalueer,

asook die gehoorsaamheid van die perd as hy langs die ruiter draf en stap (met leisels in die hand).

Western Mounted Games

Western Mounted Games bestaan uit ̀ n aantal speletjies soos die ‘rescue race’, ‘barrel racing en ‘cattle classes’

(waar beeste met toue gevang word). Hierdie dissipline het `n groot Amerikaanse Western invloed. Ander

speletjies het ook `n Britse oorsprong bv ‘tent pegging, ring spearing en pony club games’. `n Goeie Western

Mounted Games perd moenie net vining soos `n resiesperd wees nie, maar vereis ook ratsheid, stamina en

moet vining en effektief kan reageer.

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

7

Mounted Archery

`n Perde boogskieter is `n perderuiter gewapen met `n boog en skiet vanaf die perd se rug af. In groot oop

areas was dit `n baie effektiewe manier van jag, om kuddes te beskerm en vir oorlog.

Vandag het dit `n nuwe opwindende perdesport dissipline geword waar ruiters aan verskeie dissiplines op

verskeie bane deelneem. Dit strek vanaf die stadiger Hongaarse item (waar hulle poog om soveel as moontlik

pyle in die teiken te skiet, van ver en van naby terwyl die perd galop), tot die Koreaanse item waar ruiters so

akkuraat as moontlik probeer skiet teen `n baie hoë spoed.

Die verhouding tussen die ruiter en sy perd is van kardinale belang, omdat die perd die spoed moet handhaaf

sonder die ruiter se hande op die teuels.

Working Hunter

Working Hunter of hierdie dissipline?? Word gesien as `n skou-klas, daarom moet ruiter en perd baie netjies

wees vir kompetisies. Die item bestaan uit `n aantal natuurlike hindernisse (landloop) waaroor gespring moet

word. Die ruiter en perd voltooi die hindernisbaan, waarna hulle die volle arena moet omry op `n vinnige gallop,

voordat hulle tot `n beheerde stop moet kom voor die beoordeelaars. Word geëvalueer op spoed, die perd se

gehoorsaamheid, springstyl en netheid. (by hoër vlakke ook op die perd se bou – hoe hy lyk en beweeg).

Stadium Eventing

In hierdie dissipline moet die ruiter en perd een rondte van standaard spring (show jumping) voltooi en dan die

arena verlaat tot by `n volgende arena waar `n tweede natuurlike springbaan voltooi moet word. Die twee

springbane verskil baie van mekaar en dit toets die ruiters op `n ander manier – om aan te pas. Dit gee ruiters

die geleentheid om hul perd ook gewoond te maak aan die ‘landloop’ baan wat natuurlike hindernisse soos pale

wat val en heinings bevat. (punt)

Showjumping

Showjumping is kompeterende akkuraatheid van `n ruiter oor `n hindernisbaan. Elke stampie, of afstamp van

`n hindernis word gepenaliseer teen die ruiter. Die wenner is die ruiter wat die hele baan foutloos kan voltooi

en wat dit die vinnigste doen.

Ek hoop julle het hierdie inligitng intressant gevind en dat ons nuwe ruiters in die toekoms sal hê!

Perde-groete

Juf. Rika Davel

Page 8: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

8

Page 9: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

9

GHOLF

Aan al ons gholfspelers by die huis, ons hoop dit gaan goed en dat julle oorleef. Ek glo die meeste se kortspel -

“chipping” en “putting” gaan drasties verbeter het na die inperking. Ek dink regtig die regering kon ons laat gholf

speel het – ons stap mos ver uitmekaar uit!

Dit is so dat gholf nie net die spel self is nie – daar is reëls, kondisionering van die liggaam en dan seker die

BELANGRIKSTE deel is die psigologie van die speler. “Wat gaan deur my kop as ek ‘n 2m put moet sink vir

R2 000 000?”

Kom ons toets julle algemene kennis met die volgende vrae! *Probeer om nie google te gebruik nie.

ALGEMENE KENNIS:

• Wat is Tiger Woods se regte naam/name? • Hoeveel stokke mag jy maksimum in jou gholfsak hê? • Wat skree ‘n mens as jy sien jy gaan miskien ander mense raakslaan met jou bal? • Gee die volgende spelers se regte name:

o Big Easy o The Mechanic o The Black Night o Lefty

• Watter Europese stad gaan die 2022 Ryder Cup aanbied? • Tydens die Olimpiese Spele in Rio, wie het die goue medalje gewen? • In watter toernooi dra die “caddies” almal wit klere met groen pette? • Wat noem ons die tipe baan met sandduine langs die baan? • Watter baan en in watter land is die bekende “Swilcan Bridge” • Wie was die eerste nie-Amerikaner wat die Groen baadjie gedra het en wat is die toernooi se naam? • Wie was die jongste speler om aan die Ryder Cup deel te neem en hoe oud was hy? • Noem vyf belangrike punte wat in ag geneem moet word as jy proffesioneel wil speel.

TELLINGS EN HULLE NAME:

Houe op gat Wat ons dit noem

4 onder baansyfer

3 onder baansyfer

2 onder baansyfer

1 onder baansyfer

Baansyfer

1 oor baansyfer

2 oor baansyfer

3 oor baansyfer

Page 10: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

10

4 oor baansyfer

5 oor baansyfer

5 en meer

WAT BETEKEN DIE VOLGENDE OP ‘N TELBOORD TYDENS ‘N TOERNOOI?

a: a:

b: DNS:

c: MDF:

d: RTD of RETD:

e: T:

f: WD:

• Hoe voorkom mens beserings by gholfspelers? Noem ses (6). • Noem 5 tipiese gholf verwante beserings.

GHOLFREËLS

• Noem vir my die 5 reëls wat jy as persoon vir jou daarstel as jy gholfspeel. (Dit behoort vir elke gholfspeler ALTYD te geld)

*Antwoorde sal in die volgende Eldo-Info verskyn.

KULTUUR

MUSIEK

Die Eldo Musiq Studio gaan voort met lesse gedurende die tuisblytydperk (ek hou nie van die woord grendeltydperk nie) as gevolg van die Coronaviris-Covid-19. Aanlynlesse op Zoom vind reeds plaas vanaf 6 April 2020. Alle musiekleerlinge is besig om hard te oefen en voor te berei vir hul eksamens. Die Mei-maand Teorie eksamens is geskuif na Augustus- Septembermaand. Die Pretoria Eisteddfod sal egter nie plaasvind hierdie jaar nie en is gekanselleer tot 2021. Die Allegretto Kunswedstryd gaan steeds voort en datums vir uitdunrondtes sal bekend gemaak word. Ek is so trots op hierdie leerders wat steeds oefen en hard werk ten spyte van al die uitdagings.

Page 11: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

11

Hier is n paar foto’s van die aanlynlesse. Links bo: Carmie Arpin Graad 6 Klavier eksamen. Middel bo: Charlize Hanekom Graad 1 Klavier. (haal hakie uit) Regs bo: Marné Zeelie Graad 5 Klavier eksamen. Middel: Danica Serfontein Dwarsfluit beginner. Links Onder: Riegardt Weich Graad 3 Klavier eksamen.

UIT DIE SIELKUNDIGES SE KANTOOR

Ons Eldo’s se geestesgesondheid is vir ons belangrik. Onthou om ook na jou emosionele welstand om te sien, deur tyd te maak vir die volgende tipe aktiwiteite: oefening, stokperdjies, musiek luister, tyd spandeer saam met jou gesin en te “connect” met vriende. Maak ook tyd vir ontspan.

Reflekteer oor die volgende vrae:

Waarvoor is jy VANDAG dankbaar?

Wat doen jy nou, waarop jy trots gaan wees wanneer jy oor ‘n paar maande terugkyk na hierdie tyd?

Watter gedagte moet jy voor tot siens sê om seker te maak dat jy aanpasbaar bly?

Page 12: Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020 · ELDO-INFO 2017 . Eldo-Info Nuusbrief – 24 April 2020  • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK

12

Wat doen jy vandag wat jou help om jou huidige omstandighede/uitdagings te hanteer?

Onthou, jy het dalk nie beheer oor wat om jou aangaan nie, maar jy het wel beheer oor jou gesindheid, jou gedagtes, jou interaksies en ook oor dit waarop jy jou tyd spandeer.

Indien jy hulp nodig het in hierdie tyd, maak asseblief kontak met Adri Grobler of Marike du Plessis. Stuur gerus ‘n e-pos aan [email protected].

Wees elke dag die béste weergawe van jouself!

AANSOEKPROSEDURES

Voornemende ouers kan die ondergenoemde aansoekprosedure volg:

Graad 8

1. Registreer u besonderhede by www.hseldo.co.za/laerskool-vorm om belangrike Eldo-inligting te ontvang.

2. Die inskrywingsboek is beskikbaar op ons webblad by www.hseldo.co.za/toekomstige-eldos.

3. Die volledig voltooide inskrywingsboek met die ondergenoemde dokumentasie moet per e-pos aan [email protected] gestuur word.

- Bewys van adres

- Albei ouers/voogde se ID

- Leerder se nuutste beskikbare rapport

- Leerder se geboortesertifikaat

4. Ons sal ouers in kennis stel sodra ons weet wanneer die amptelike aanlyn toelatingsprosedures van die Gauteng se Onderwysdepartement open.

Graad 9-12

‘n Volledige voltooide inskrywingsboek www.hseldo.co.za/toekomstige-eldos met die voorgeskrewe ondersteuningsdokumentasie moet aan [email protected] gestuur word.ingehandig word. Die betrokke graadhoof sal u dan kontak.