e vd walt - 2020 droomdelwers deur esta steyn werkboek

89
SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020 1 DROOMDELWERS deur Esta Steyn WERKBOEK Bronne: 1. Steyn, E. 2015. Droomdelwers Skooluitgawe Graad 11 HT- Roman. Bedfordview: SA Heritage Publishers. 2. Hugo, S. 2015. Letterkunde Studiegids Droomdelwers. Johannesburg: Pearson SA. INLEIDING TOT DIE ROMAN 1. Esta Steyn, bekend vir Weskus-verhale soos die TV-reeks Meeulanders en die roman Kinders van die Sabbatsee, se Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus-gemeenskappe: Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap). Dit word redelik idillies uitgebeeld: wit huisies teen die see, min winkels, straatjies waarin kinders speel, mense wat op die strand gaan stap, visvang, klipvissies in poele soek, op rotse sit en droom. Daar is armoede, maar mense help mekaar. 2. In elke Paradys is daar egter ’n slang, en hier is meer as een. 3. Die verteller/kommentator van die verhaal is ene Kêppies Killian, wat in Weskus-streekstaal praat en kort-kort vir ons die agtergrond van die gebeure uitspel. Dit is duidelik dat die skrywer vertroud is met hoe die mense van haar kontrei hulle kleurryk uitdruk. Mense kry byname of liefdesnaampies: Kêppies se regte naam is byvoorbeeld Kirstoof Jakobus Killian, Leendra word dikwels Leentjies genoem, en Cecile heet meesal Sielie. 4. Kêppies voel genoop om die storie “soesie see self” te vertel, al is dit moeilik om vas te vat en te orden, maar “dit skrou om gevertel te word” (5). Hy is die boesemvriend van Koster, wat vir die kerk en vir Miss Sweetie Bonthuys (vrou van oom Bontie en ma van Boeta) van die winkel werk. Kêppies is ook die pa van goeie pastoor Gerald. 5. Dié gemeenskappe leef van die see en die soutpanne. Daar is egter ook ontginbare graniet, en dit is wat doktor Samuel van der Sandt, die aantreklike geoloog, na Soutmansdal en liefdesintrige bring. Hier ontmoet hy Leendra van Hellberg, ’n groenoog rooikop wat hy Juffrou Van Helleveeg doop. Sy is iemand met ’n tragiese verlede en veral hoogs ontvlambare humeur wat – natuurlik as ’n “rissiepit” bekend staan. Wanneer Samuel sy kamp opslaan in die Kleinkloof waar haar ouers voorheen gewoon het, skroom sy nie om hom te probeer verwilder nie. Die leser moet weet hierdie liefdespaadjie gaan kronkel. 6. Leendra is pas na sewe jaar in die Silwerkruis-gevangenis in die Vrystaat vrygelaat. Sy het haar minnaar, Ferdinand, doodgeskiet toe sy nog in die Redelinghuyse se spoghotel gewerk het. Vreemde, bykans onoortuigende omstandighede word hier voorgestel. Ferdinand die juweelsmous en Gilbert Redelinghuys, eienaar van die hotel, pierewaaier en een van die skurke in die verhaal, was albei op haar verlief. Leendra word as slagoffer uitgebeeld, die een wat onverdiende skuld moet dra. Die onregverdigheid van haar gevangenisstraf word onderstreep. Hier en daar praat sy van haar wroegings in sel 1288. 7. Die Redelinghuyse se bose plan is om die mense van die nederige (dog gelukkige) gemeenskap van Vlaktevlei te ontwortel en na Dwarsmansdal te laat verskuif. Gilbert en sy ma Minette wil die “lokasie” verwyder van grond wat aan hulle behoort om daar The West Coast Holiday Resort te vestig. (“Hulle het nou lank genoeg so ’n prime spot by die see opgefok met hulle krotte” – 27). Dit veroorsaak konflik en opstand in dié geweste. 8. Gilbert se suster Patricia (Patty) is ’n cliché-karakter: die mooi, bedorwe, wulpse kind van kleindorpse elite, wat haar flikkers vir Samuel gooi. 9. Leendra is gedrewe om die waarheid omtrent die gebeure van die dag waarop sy Ferdinand geskiet het, uit te vind, anders sal sy nooit werklik vry wees nie. Daar is vele geheime om uit te

Upload: others

Post on 02-Mar-2022

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

1

DROOMDELWERS deur Esta Steyn

WERKBOEK Bronne:

1. Steyn, E. 2015. Droomdelwers – Skooluitgawe – Graad 11 HT-

Roman. Bedfordview: SA Heritage Publishers.

2. Hugo, S. 2015. Letterkunde Studiegids – Droomdelwers.

Johannesburg: Pearson SA.

INLEIDING TOT DIE ROMAN

1. Esta Steyn, bekend vir Weskus-verhale soos die TV-reeks Meeulanders en die roman Kinders van

die Sabbatsee, se Droomdelwers speel af in twee wisselwerkende klein Weskus-gemeenskappe:

Soutmansdal (die wit gemeenskap) en Vlaktevlei (die bruin gemeenskap). Dit word redelik idillies

uitgebeeld: wit huisies teen die see, min winkels, straatjies waarin kinders speel, mense wat op die

strand gaan stap, visvang, klipvissies in poele soek, op rotse sit en droom. Daar is armoede, maar

mense help mekaar.

2. In elke Paradys is daar egter ’n slang, en hier is meer as een.

3. Die verteller/kommentator van die verhaal is ene Kêppies Killian, wat in Weskus-streekstaal praat

en kort-kort vir ons die agtergrond van die gebeure uitspel. Dit is duidelik dat die skrywer vertroud

is met hoe die mense van haar kontrei hulle kleurryk uitdruk. Mense kry byname of liefdesnaampies:

Kêppies se regte naam is byvoorbeeld Kirstoof Jakobus Killian, Leendra word dikwels Leentjies

genoem, en Cecile heet meesal Sielie.

4. Kêppies voel genoop om die storie “soesie see self” te vertel, al is dit moeilik om vas te vat en te

orden, maar “dit skrou om gevertel te word” (5). Hy is die boesemvriend van Koster, wat vir die kerk

en vir Miss Sweetie Bonthuys (vrou van oom Bontie en ma van Boeta) van die winkel werk. Kêppies

is ook die pa van goeie pastoor Gerald.

5. Dié gemeenskappe leef van die see en die soutpanne. Daar is egter ook ontginbare graniet, en dit

is wat doktor Samuel van der Sandt, die aantreklike geoloog, na Soutmansdal en liefdesintrige

bring. Hier ontmoet hy Leendra van Hellberg, ’n groenoog rooikop wat hy Juffrou Van Helleveeg

doop. Sy is iemand met ’n tragiese verlede en veral hoogs ontvlambare humeur wat – natuurlik –

as ’n “rissiepit” bekend staan. Wanneer Samuel sy kamp opslaan in die Kleinkloof waar haar ouers

voorheen gewoon het, skroom sy nie om hom te probeer verwilder nie. Die leser moet weet hierdie

liefdespaadjie gaan kronkel.

6. Leendra is pas na sewe jaar in die Silwerkruis-gevangenis in die Vrystaat vrygelaat. Sy het haar

minnaar, Ferdinand, doodgeskiet toe sy nog in die Redelinghuyse se spoghotel gewerk het.

Vreemde, bykans onoortuigende omstandighede word hier voorgestel. Ferdinand die juweelsmous

en Gilbert Redelinghuys, eienaar van die hotel, pierewaaier en een van die skurke in die verhaal,

was albei op haar verlief. Leendra word as slagoffer uitgebeeld, die een wat onverdiende skuld

moet dra. Die onregverdigheid van haar gevangenisstraf word onderstreep. Hier en daar praat sy

van haar wroegings in sel 1288.

7. Die Redelinghuyse se bose plan is om die mense van die nederige (dog gelukkige) gemeenskap

van Vlaktevlei te ontwortel en na Dwarsmansdal te laat verskuif. Gilbert en sy ma Minette wil die

“lokasie” verwyder van grond wat aan hulle behoort om daar The West Coast Holiday Resort te

vestig. (“Hulle het nou lank genoeg so ’n prime spot by die see opgefok met hulle krotte” – 27). Dit

veroorsaak konflik en opstand in dié geweste.

8. Gilbert se suster Patricia (Patty) is ’n cliché-karakter: die mooi, bedorwe, wulpse kind van

kleindorpse elite, wat haar flikkers vir Samuel gooi.

9. Leendra is gedrewe om die waarheid omtrent die gebeure van die dag waarop sy Ferdinand

geskiet het, uit te vind, anders sal sy nooit werklik vry wees nie. Daar is vele geheime om uit te

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

2

pluis. Op die dag wat Leendra vir Ferdinand geskiet het, is haar pa, Hennerik Rooihel (soos Kêppies

na hom verwys), en haar ma boonop in ’n verdagte ontploffing by hulle steengroef dood.

10. Wat en wie het Sielie, Leendra se sussie wat hakkelend vasgesteek het in die verlede, daar by die

steengroef gesien wat haar geestelik vertraag of geknak het? Siela speel steeds met poppe en

haar gesprekke met dié poppe is ’n middel waardeur geheime maklik ontrafel kan word. Dié

karakter is duidelik ook bedoel om trane te trek en om mense wat hulle oor haar ontferm, in ’n goeie

lig te stel.

11. Oom Phil van Tonder en sy vrou Lucia ontferm hulle oor Leendra

en Sielie, aangesien hulle pa glo bankrot gesterf het nadat die

steengroef al sy geld “opgevreet het”. Phil en oom Bontie ontgin

sout en Leendra kan in die soutmyn se kantoor gaan werk. Van

die begin af word gesuggereer dat iets hier nie pluis is nie.

12. Pastoor Gerald word as vroom en mensliewend voorgestel. Sy

vrou Jamaina, hoof van die laerskool, soek meer verhewe

weiveld as Vlaktevlei terwyl hy sy tweestryde voer. Die huwelik

is gelukkig, maar hy word aan ernstige versoeking blootgestel

wanneer hy op die engelagtige inkommer, Rebekka Cupido,

verlief raak.

13. ’n Karakter wat veronderstel is om vermaaklik te wees, is Mara,

Lucia se sewentigjarige ma, wat gewoonlik “opgetooi (is) soos ’n

eertydse aktrise” (16). Haar verspotte kleredrag word telkens

beskryf, asook haar skinderneigings. Oordrewe, maar daar sal mense wees wat haar geniet.

14. Nog ’n karakter wat amper te goed is om waar te wees, is Minette Redelinghuys se suster, die

kunstenares Gretel Grossman. Gretel protesteer ook teen die gedwonge verskuiwing. Sy groet

mense met “Guten Tag” en woon in haar huisie cum ateljee Der Schutz (Die skuiling).

Onpretensieus, bevriend met almal, veral die onderdruktes en minderbevoorregtes, en natuurlik

ook met Leendra.

15. ’n Sjarmante en ryk “Italjaner”, Mario, duik ook op as Samuel se vennoot. Wat het dié man by

Leendra se pa net voor sy dood gaan soek?

16. Die “groot branner” van die wegraping van Vlaktevlei bou al meer op om die gemeenskap met

mense, skool, kerk en al uit te wis, en dit hou mens aan die lees.

17. Verskeie karakters uit die twee gemeenskappe, plus die inkommers, fokaliseer. Daar is moorde,

dreigende onteiening en ontwrigting, die skelmstreke van vele. Geloof en versoeking, die krag om

op te staan na die val, is temas in die roman. Meer as een liefdesverhaal is ingeweef.

18. Dit is ’n kontreiverhaal wat maklik lees. Al weet die leser dat die goeie karakters gaan triomfeer en

die skurke sal boet vir hulle dade, hou die spanningslyn jou aan die raai en wonder, tot aan die

einde. Dan word die laaste geheime uiteindelik oopgevlek

[VERKRY VANAF: https://www.litnet.co.za/droomdelwers-n-kontreiverhaal-wat-maklik-lees/]

Indien die werkboek verwys na DIE STUDIEGIDS verwys dit na die volgende:

Hugo, S. 2015. Letterkunde Studiegids – Droomdelwers. Johannesburg: Pearson SA (AFGEROLDE NOTAS)

Indien die werkboek verwys na DIE ROMAN verwys dit na die volgende:

Steyn, E. 2015. Droomdelwers – Skooluitgawe – Graad 11 HT- Roman. Bedfordview: SA Heritage Publishers.

(JOU LEESBOEK)

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

3

INLEIDENDE INLIGTING

WAT MOET EK WEET VOOR EK DIE VERHAAL BEGIN LEES?

• Die verhaal is aktueel en na aan die waarheid.

• OPSOMMING VAN DIE VERHAAL: Die mense van Vlaktevlei wat ontruim moet word omdat

daar ‘n nuwe vakansieoord beplan word. Die ryk Redelinghuyse besit die grond waarop

Vlaktevlei ontstaan het. In die verlede is Vlaktevlei aan die munisipaliteit verhuur en na 99

jaar sou die huurpag verval. Nou eis die Redelinghuyse dat die bruin gemeenskap wat daar

woon, moet verskuif word, sodat hulle ‘n luukse vakansieoord daar kan bou.

• Droomdelwers, DIE BOEK, is ‘n roman. Dit word beskou as ‘n KONTREIVERHAAL,

SPANNINGSVERHAAL en LIEFDESVERHAAL.

STRUKTUUR VAN DIE ROMAN

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

4

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

5

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

6

[POWERPOINT VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

AKTIWITEIT 1:

Noem en bespreek die kenmerke van ‘n kontreiverhaal in terme van hierdie roman (Droomdelwers).

WENKE:

✓ Daar is 11 kenmerke.

✓ Elke kenmerk moet bespreek word in terme van die roman.

✓ Sien bl. 1 – 2 van die Studiegids.

✓ Voltooi die aktiwiteit in jou werkboek.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

7

HOE OM ‘N LANGVRAAG TE ONTLEED / BEANTWOORD

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

8

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

9

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

10

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

11

HIERDIE LANGVRAAG KAN OOK IN DIE EKSAMEN GEVRA WORD. MAAK SEKER DAT JY

DIT BESTUDEER.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

12

HIERDIE IS ‘N VOORBEELD VAN ‘N RUBRIEK WAARVOLGENS JOU LANGVRAAG

NAGESIEN WORD.

NOG ‘N VOORBEELD OM ‘N LANGVRAAG TE BEANTWOORD

GRAAD 11 – DIE LETTERKUNDIGE OPSTEL

ALGEMENE WENKE

Daar sal van jou verwag word om in jou eksamens tot einde matriek ‘n langvraag te

beantwoord oor of die roman of die drama wat jy gedoen het.

Indien jy die drama kies as langvraag sal jy die kontekstuele vrae oor die roman

beantwoord en andersom.

WOORDE: Graad 11→ 350 – 400

Jou opstel moet bestaan uit ‘n inleiding, liggaam en slot. GEEN SUBOPSKRIFTE

NIE!!

INLEIDING:

Is nie ‘n herhaling van die vraag nie.

Wat is die onderwerp van die vraag.

Ontleed die vraag in die gedeeltes wat gevra word.Kyk dus wat is die

sleutelwoorde in jou vraag.bv. vergelyk/ beskryf/ beoordeel/kontrasteer ens.

Jou inleiding is so tussen 25 – 30 woorde

HERFOMULEER dus die vraag vir jou inleiding en stel jou standpunt.

Begin soos volg bv.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

13

In die roman, Droomdelwers, deur Esta Steyn … (herfomuleer dan die res van

die vraag.)

LIGGAAM:

Ontwikkel jou standpunt volgens die PVI –METODE

Jou letterkundige opstel bestaan uit 14/15 PVI’s

Elke PVI is ongeveer so 26 woorde

P→ maak ‘n stelling/punt

V→ verduidelik wat jy met jou stelling bedoel. Lei dit in met voegwoorde soos

want, omdat, daarom ens.

I→ illustreer jou verduideliking verder met ‘n aanhaling of selfs net met ‘n

verdere verduideliking (voorbeeld) uit die teks.

Dis altyd goed om so 3 -4 goedgekose aanhalings uit die tekste ken.

Vermy “soos byvoorbeeld” na jou feit (P).

Moenie nommers of opskrifte in jou opstel gebruik nie.

Moenie feite oor en oor herhaal nie jy sal gepenaliseer word.

BEPLANNING IS BELANGRIK.

Moenie afdwaal nie en moenie gorrel nie.

SLOT:

2 SINNE

Kort, sterk samevatting. Jou opinie/ evaluasie ens.

Kyk wat in die vraag gevra word.

Moenie die vraag se woorde herhaal nie.

So 20 -25 woorde.

Dui die aantal woorde na die laaste woord tussen hakies aan.

Die letterkundige opstel tel 25 punte (inhoud = 15 en taal en styl = 10)

DROOMDELWERS

LANGVRAAG 2

Skryf ‘n letterkudige opstel van 400 – 450 woorde waarin jy bespreek hoe Jamaina

Killian en Mara Marais as stereotipes gekarakteriseer word en of dit die leser

manipuleer om van hulle te hou of nie.

BEPLANNING:

Ontleed die vraag:

- Jy moet stel wat is stereotipering

- Bespreek dit dan rakende Jamaina Killian

- Bespreek dit dan rakende Mara Marais

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

14

Slot: die manipulering van die leser

Doen jou beplanning in kolomvorm (Inleiding en slot kan jy in paragraafvorm

beplan.)

Moontlike inleiding:

In die roman, Droomdelwers, is daar beslis sprake stereotipering

(veralgemening) as dit kom by die karakters van Jamaina Killian en Mara

Marais. Hierdie veralgemening lei dan ook daartoe of ons as lesers van hulle

gaan hou of nie.

Moontlike slot:

Ten slotte kan ons sê dat die lesers op die ou einde nie van Jamaina hou nie

as gevolg van haar selfsug en materialisme.Hulle hou ook nie van Mara nie

wat as die tipiese skoonma, wat haarself beter as ander ag, uitgebeeld

word.Trouens die lesers lag haar uit en minag haar .

SKRYF NOU DIE FINALE POGING AAN DIE HAND VAN BOGENOEMDE

BEPLANNING!

LANGVRAAG!! BESPREEK DIE TITEL VAN DIE ROMAN VOLLEDIG. VERWYS SPESIFIEK NA DIE VOLGENDE

ELEMENT NAAMLIK DIE SAMESTELLING VAN DIE WOORD “DROOMDELWERS”.

Die titel is ‘n samestelling van die woorde “droom” en “delwers”.

Die woord “droom” verwys na dinge wat jy voel, sien, dink en soms hoor terwyl jy slaap, of gedagtes,

voorstellings en beelde wat in jou gees opgeroep word. Dit kan ook verwys na dinge wat jy voel as

jy wawyd wakker is, maar wat voel soos die dinge wat jy in drome sien as jy slaap – dinge wat jy jou

verbeel of waaroor jy mymer of fantaseer. Dit voel of jy ‘n droom lewe – soos wanneer jy verlief is.

Die woord “droom” kan ook verwys na die voorstelling van ‘n wens of hoop oor die toekoms wat jy

in jou verbeelding maak – lugkastele. Jy kan droom van vryheid, rykdom of geluk. Ons noem ook

dinge wat uitermate mooi of lekker is drome. Leendra was byvoorbeeld ‘n droom in haar groen

satynaandrok.

Die karakters in Droomdelwers het almal drome: liefde, geluk, om dinge te behou soos dit is, om ‘n

goeie toekoms te hê.

Die woord “delwers” het ook verskillende betekenisse.

Letterlik hou dit verband met die ontginning of uitgrawe van minerale, gesteentes, meestal in ‘n oop

terrein. ‘n Delwer is die persoon wat na die minerale of gesteentes grawe. Samuel van der Sandt

kom Soutmansdal toe met die doel om graniet te ontgin. Die Vlaktevleiers wat sout op die soutpanne

raap, staan in die volksmond ook bekend as soutdelwers.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

15

Figuurlik gesproke kan ‘n mens na iets abstraks delf: Leendra grawe diep om die waarheid te ontdek

oor wat daardie dag gebeur het.

Uit bogenoemde kan ons sien dat die titel van hierdie roman versigtig gekies is. Selfs voordat ‘n

mens begin lees, skep die titel reeds ‘n sekere verwagting by die leser en veronderstel dit ‘n magiese

wêreld van die moontlikhede van drome.

In ‘n gesprek tussen Mario en Samuel praat Mario oor hoe ‘n man voel as die regte vrou sy pad

kruis en vergelyk hy dit met die ontdekking van ‘n ryk neerslag graniet. Hy sê: “And you will be

keeping on mining your dreams.”

TYDSVERLOOP IN DROOMDELWERS

• Die storie word vanuit agternaperspektief vertel. Daar word gereeld verwys na dit wat in die

verlede gebeur het.

• Die verhaal wat in die teenwoordige tyd vertel word, word chronologies aangebied, m.a.w.

volgens normale tydsverloop. Dit begin by die begin en die gebeurtenisse wat volg, word

vertel in die volgorde waarin dit plaasvind totdat dit by die natuurlike slot eindig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

16

INLIGTING OOR DIE SKRYWER

Gebore op 23 Julie 1945 in Struisbaai as Hester Aletta Ellis.

Sy is die jongste van drie dogters. Haar ouers, Hennie en Hettie

Ellis, was die eienaars van die ou losieshuis op Struisbaai.

Sy matrikuleer in 1963 aan die Hoër Meisieskool Worcester.

Sy werk na skool as boekhoudster in haar pa se meubelfabriek

en saagmeule op Worcester, Elda Meubels.

In 1969 tree sy in die huwelik met Le Roux Steyn, ‘n apteker,

waarna hulle na Saldanha verhuis, waar die familie vandag nog

woon.

[UITTREKSEL UIT STUDIEGIDS]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

17

AKTIWITEIT 2 – PRE-LEES

1. Watter inligting verskyn op die titelblad van die boek?

- Titel van die boek

- Skrywer se naam

- Uitgewer se naam

2. Elke hoofstuk speel op ‘n ander dag af. Voltooi die tabel:

HOOFSTUK DAG VAN DIE WEEK

1 Sondag

3 Saterdag en Sondag

4 Maandag

5 Dinsdag

9 Saterdag

10 Maandag

3. Hoeveel lettertipes word daar in die verhaalgedeelte van die boek gebruik?

Twee

4. Gee een moontlike rede waarom ‘n skrywer meer as een lettertipe sou gebruik?

Een lettertipe kan die teenwoordige tyd verteenwoordig en die ander terugflitse OF een

lettertipe kan die vertelling wees en die ander lettertipe daardie persoon se gedagtegang.

5. Skryf die eerste vraag neer wat in die eerste hoofstuk gevra word. Word daardie vraag in

dieselfde paragraaf beantwoord of nie? Motiveer jou siening.

“Waar loop haal hy sy begint?”

Nee, die vraag word nie beantword nie, want die storie is soos die see en hy laat hom nie

vasvat nie.

6. Aan wie het die skrywer hierdie boek opgedra?

Die boek is aan haar susters Elna en Gerda opgedra.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

18

HOOFSTUK 1

(BL. 3 – 34 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 7 – 8 van die Studiegids.

Sien bl. xix – xxi van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 3:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Wie is verantwoordelik daarvoor dat hierdie storie vertel word? Hoe weet jy dit? (2)

2. Evalueer wie die hoofkarakter is en gee ‘n motivering vir jou keuse. (2)

3. Lei uit die gegewens hierbo af met watter twee karakters Leendra in konflik gaan

wees. Hoekom sê jy so? (4)

4. Van watter karakter hou jy die meeste? Motiveer jou siening. (2)

[10]

AKTIWITEIT 4 – HOOFSTUK 1 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Vul die ontbrekende woorde in:

Leendra van Hellberg kom per 1.1 _______________ by die Kaapse stasie aan. Sy was 1.2

____________________ jaar in die 1.3 _______________ -tronk in die 1.4

_______________. Sy is drie jaar vroeër vrygelaat weens 1.5 _________________. Sy het

nie op die bus geslaap nie, want sy het na die weerkaatsing van haar 1.6 ______________

in die busvenster gekyk.

2. Noem twee dinge waarna toeriste in Soutmansdal kom kyk.

3. Maak ‘n lys van dinge in hierdie hoofstuk wat spanning skep.

4. Benoem en verduidelik die beeldspraak in die volgende:

4.1 Kêppie se openingsparagraaf.

4.2 Kêppie sê sy storie “skou om vertel te word”.

4.3 Leendra se gedagtes op bl.15: “Haar gedagtes word wilde swart diere wat uit

skaduwees loer en haar uit haar skuiling wil dryf.”

4.4 “En die enkele woord [“S-sussie”] laat sewe jaar se tralies tuimel”.

5. Verduidelik die moontlike simboliek van:

5.1 Berta se orrel.

5.2 Sielie se poppe.

6. Voltooi die onderstaande tabel oor Leendra van Helberg se drie “lewens” soos hieronder

aangedui:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

19

VOOR HAAR TRONKSTRAF TYDENS HAAR TRONKSTRAF NA HAAR TRONKSTRAF

• Woon saam ouers en

suster – eers by soutmyn

en later by steengroef in

Kleinkloof.

• Ma (Berta) bak koekies en

gee hoenders kos.

• Leendra en Sielie doen in

die middag huiswerk in hul

ma se naaldwerkkamer.

• Speel saam met Boeta

Killian.

• Na matriek – werk in

mynkantoor en daarna as

‘n ontvangsdame by

Soutmans Hotel.

• Gewens sy kan eendag

haar eie koffiewinkel begin.

• Raak verlief op Ferdinand,

‘n

verkoopsverteenwoordiger,

wat juwele verkoop.

• Wanneer juwele wegraak,

word Leendra daarvoor

blameer en afgedank.

• Ouers sterf in

gasontploffing.

• Leendra skiet Ferdinand

per ongeluk dood toe sy vir

Gilbert wou doodmaak.

• Hofsaak volg. Gilbert en

Minette getuig teen haar en

sy word 10 jaar

gevangenisstraf opgelê.

• Sewe jaar in Silwerkruis-

gevangenis in die

Vrystaat.

• Eetsaal was groot en die

vroue luidrugtig.

• Kos – “blertse pampoen

op ‘n blikbord” en Sondae

jellie en vra vir poeding.

• Oom Phil het haar nooit

gebel of ‘n brief geskryf

nie.

• Saans het die maanlig in

strepe deur die tralies

geskyn en het sy verlang

na Ferdinand se

aanraking.

• Vasgevang in woede,

haat en drang na

vergelding.

• Sewe jaar ouer.

• Maerder, skerper en rook

kwaai.

• Woon by haar ma se

jonger broer, Phil van

Tonder en sy nuwe vrou,

Lucia.

• Lucia is simpatiek en

liefdevol, maar Phil is

suinig en kil teenoor haar.

• Huis is verbou met nuwe

matte en meubels.

• Naaldwerkkamer is nou

Phil se studeerkamer en

die ou meubels verkoop

“om skuld te delg”

aangesien die steengroef

al haar pa se geld

“opgevreet” het.

• Soutmyn behoort aan

Phil. Hy bied haar werk in

die kantoor aan.

• Sy ervaar stigmatisering

van mense soos Lucia se

ma, Mara en Minette.

• Sielie het ‘n lappop met ‘n

voorskoot wat sy

“Mamma” noem en by

Leendra in die bed sit om

haar te troos.

• Leendra voel steeds nie

vry nie.

• Sy soek nog antwoorde

om te kan vergewe.

JY SAL NIE ELKE HOOFSTUK SE ANTWOORDE ONTVANG NIE. HIERDIE DIEN SLEGS AS

‘N VOORBEELD OM TE SIEN HOE JY DIE VRAE MOET ANTWOORD.

HOOFSTUK 1 – ANTWOORDE

1. (1.1) Bus

(1.2) sewe

(1.3) Silwerkruis

(1.4) Vrystaat

(1.5) amnestie

(1.6) niksseggende oë

2. Klippe, bokkoms, soutpanne, flaminke

3. Leendra “weet dat sy nooit vry sal kan wees voordat sy nie die waarheid weet nie”. Gerald Killian

is beroep na die gemeente Sonop in Atlantis en moet binnekort besluit. Kêppies wil nie saamgaan

nie, maar Jamaina wil graag gaan. Wanneer Kêppies Leendra sien aankom, weet hy haar aankoms

sal “’n beroerte” op die dorp veroorsaak. Wanneer Leendra die klerekas oopmaak, herinner die

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

20

groen romp haar aan Ferdinand. Kêppies vertel vir Gerald dat Leendra die verkeede man geskiet

het. Leendra onthou dat ‘n onbekende Italianer kort voor die ontploffing by haar pa was.

4. (4.1) Hy vergelyk die storie met die see. Net so moeilik as wat dit is om die see te orden of vas

te vang, is dit om die storie wat hy wil vertel ordelik te rangskik.

(4.2) Personifikasie – die storie roep soos ‘n mens wat aandring dat sy storie vertel word.

(4.3) Metafoor. Die raakpunt is die vreesaanjaendheid. So bang as wat wilde diere wat uit

skaduwees loer haar maak, maak haar gedagtes oor die gebeure wat tot haar tronkstraf

gelei het, haar.

(4.4) Metafoor. Die raakpunt is vrywording / verligting. Sielie se herkenning bevry Leendra van

die “tronk” van vrees dat haar sussie haar vergeet het.

5. (5.1) Dit is ‘n antieke erfstuk wat van haar ma na dogter oorgedra word. Dit verteenwoordig

Leendra se familiewortels en verlede. Die verkoop daarvan simboliseer die verlies aan haar

verlede, tuiste, ouers, geskiedenis.

(5.2) Dit stel haar gesinslede voor en simboliseer Sielie se poging om hulle te vervang. Sy sit

byvoorbeeld die mamma-pop by Leendra in die bed tydens haar eerste nag uit die tronk om

die gemis aan ‘n troostende moeder te verlig.

AKTIWITEIT 5 - LANGVRAAG:

Stereotipering kan gedefineer word as: Veralgemening. Dikwels ‘n bevooroordeelde beskouing van

‘n groep of person as tipies of kenmerkend van sy soort. Skryf ‘n vloeiende opstel van 300 – 350

woorde waarin jy bespreek hoe Jamaina Killian en Mara Marais as stereotipes gekarakteriseer word

en of dit die leser manipuleer om van hulle te hou of nie.

JAMAINA KILLIAN

• Vrou van Vlaktevlei se pastoor – Gerald Killian

• Kêppies Killian (skoonpa) beskryf haar as ‘n streng skoolhoof wie se man soms deurloop deur haar

“skerp tong”. Haar seuns (Dagghie en Denver) is egter ongedissiplineerd, omdat sy glo in

“menseregte”. Sy is miskien blind vir haar kinders se foute.

• Kêppies voel Jamaina was nog nooit regtig ‘n Vlaktevleier nie. Sy verlang terug na die Kaap en sien

neer op die gemeente en hul plattelandse leefwyse. Dit word beklemtoon deur haar statige kleredrag

en die feit dat sy nooit sonder ‘n hoed in die kerk gesien word nie. Sy dra ook baie parfuum.

• Koster sê dat Jamaina vir Gerald sal aanhits om die beroep na Atlantis te aanvaar, want sy wil trek

uit Vlaktevlei.

• SY WORD DUS AS VOLG GESTEREOTIPEER:

- Trotse en hovaardige “Mevrou Pastoor” wat materialistiese dinge hoër ag as die welsyn van d ie

gemeenste.

- Leser ervaar haar as hard, selfsugtig, materialisties en manipulerend en hou dus nie van haar nie.

MARA MARAIS

• Lucia van Tonder se sewentigjarige ma.

• Sy word beskryf as “opgetooi soos ‘n eertydse aktrise wat wag om weer die verhoog te bestyg”: met

krale en kettings wat haar “beplooide nek” versier.

• Oogskadu is TE groen, lipstiffie TE pers, hare TE oranje en haar bont bloes se groen-en geel patrone

skreeu teen haar skelpienk serp. Sy het swak smaak in kleredrag.

• Sy spog met die belangrike mense wat sy ken.

• Sy praat neerhalend oor Leendra. Sy voel Lucia maak te veel kos vir ‘n onbelangrike gas en die wit

handdoeke is nie gepas vir Leendra wat sopas uit die tronk kom nie.

• Sy jak die Bonthuyse af toe hulle vir Leendra kom groet.

• Sy luister ‘n gesprek af tussen Phil en Leendra.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

21

• Haar dogter, Lucia, dink ook sy dink net aan haarself.

• Mara word GESTEREOTIPEER tot –

- ‘n karikatuur van ‘n stief- of skoonma wat haarself hoër as ander ag en nie skoom om mense se

gevoelens seer te maak nie.

- Die leser word dus gemanipuleer om nie van haar te hou nie en haar uit te lag en te minag.

AKTIWITEIT 6 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Leendra van Hellberg. Verwys na die volgende:

• Moontlike ander name wat aan haar gegee is.

• Verwantskappe in die roman.

• Die manne in haar lewe.

• Karaktereienskappe.

• Haar uiterlike voorkoms.

• Haar beroep.

• Haar woonplek

WENK: Sien bl. 31 van die Studiegids.

LEENDRA VAN HELLBERG

ANDER NAME: Leentjies, Juffrou Helleveeg

VERWANTSKAP: Hendrik en Berta van Hellberg se dogter, Sielie se suster, oom Phil van Tonder

se susterskind

MANNE IN HAAR LEWE: Ferdinand van Wyk, Gilbert Redelinghuys, Samuel van der Sandt

KARAKTEREIENSKAPPE: kwaai soos ‘n rissiepit met haar hoogs ontvlambare humeur, vurig, word as

slagoffer uitgebeeld, eerlik, met ‘n reguit blik in haar oë, weerloos

UITERLIKE VOORKOMS: baie mooi, rooi hare, heldergroen oë

BEROEP: ontvangsdame by die hotel (sewe jaar tevore), nou werk sy in die kantoor op

die soutpan

WOONPLEK: by oom Phil en Lucia van Tonder op die soutpan

AKTIWITEIT 7 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Sielie van Hellberg. Verwys na die volgende:

• Moontlike ander name wat aan haar gegee is.

• Verwantskappe in die roman.

• Die man in haar lewe.

• Karaktereienskappe.

• Haar uiterlike voorkoms.

• Haar beroep.

• Haar woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

22

HOOFSTUK 2

(BL. 35 – 60 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 8 – 11 van die Studiegids.

Sien bl. xxii –xxiv van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 8:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Gee ‘n bewys uit die eerste paragraaf van hierdie hoofstuk dat Kêppies se vertelling

uit ‘n agternaperspektief is. (1)

2. Hoe verskil die mense wat saam met Leendra by die soutpan werk en Phil van

Tonder se siening oor Hendrik van Hellberg? (2)

3. Verduidelik hoe jy in hierdie hoofstuk voorberei word op ‘n moontlike liefdesdriehoek

tussen Samuel, Patricia en Leendra. (3)

4. Hoe weet jy dat Patty en Samuel se doelstellings en mikpunte met die

granietsoekery heeltemal van mekaar verskil? (Stel beide kante) (2)

5. Hoekom is dit ironies dat Gretel familie van die Redlinghuyse moet wees? (Stel jou

argument van Gretel se kant a fen van die Redelinghuyse se kant af.) (2)

[10]

1. Kêppies vertel wat Rachel (Koster se vrou) vertel het oor Leendra (Hennerik Rooihel se dogter).

2. Die mense van die soutpan het Hendrik van Hellberg geresprekteer / en Phil dink dat hy ‘n bakkie

bestuur het dat daar niks van hom oorbly nie, wat daarop dui dat hy hom glad nie respekteer nie.

3. In hierdie stadium dink Leendra dat Samuel niks meer as ‘n padvark is nie. / Patricia het reeds haar

kleim afgesteek en is saam met hom Skarlakendraai toe. / Leendra het beslis opgemerk dat Patricia

saam met die man in die bakkie is. In liefdesverhale kom die en wat eers gehaat word dikwels later

bo uit!

4. Hy wou graniet gaan soek en wou hê sy moet gaan wys waar om dit te kry, / maar sy het ‘n piekniek

beplan en ook glad nie die regte skoene saamgebring nie.

5. Gretel is ontsteld oor die Redelinghuyse se planne om die mense te verskuif. / Die Redlinghuyse het

haar van die begin af gewaarsku om nie tussen die Vlaktevleiers te gaan woon nie.

AKTIWITEIT 9 – HOOFSTUK 2 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Wat is die “1288” op bl. 35?

2. Waarmee kontrasteer die witheid, oopheid en Vryheid van die soutmyn in Leendra se

gedagtes?

3. Beskryf hoe Leendra die soutmyn-werkers se vertroue gewen het. Noem minstens drie dinge.

4. Benoem en verduidelik die beeldspraak in Gerald se woorde: “Partymaal, wanneer ons

teruggaan na die plek van ons pyn, sien ons hoedat die tyd tog genesende rowe gemaak

het.”

5. Vergelyk die simboliek van die kleur silwer soos gebruik in die naam van die Silwerkruis-tronk

en Gilbert se silwer motor.

6. Verduidelik die ironie in elk van die volgende:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

23

6.1 Mara noem Samuel (Sammy) “’n klipdoktor … ‘n ginoloog”.

6.2 Gilbert sê Vlaktevlei se kerk en skool is “stokou geboue wat nie veel werd is nie”.

6.3 Minette sê van Gretel: “Sy sal later besef hoe selfsugtig sy is”.

HOOFSTUK 2 – ANTWOORDE

1. Die nommer van Leendra se sel in die Silwerkruis-tronk.

2. Met die donkerte en gevangeskap van die tronk.

3. Sy het almal soggens gegroet, teetyd saam met hulle gerook en na hul probleme geluister en vir

hulle opgekom by die moeilike Phil van Tonder.

4. Metafoor. Tyd is soos ‘n roof wat die pynlike wond bedek sodat dit kan genees.

5. Silwer het gewoonlik ‘n positiewe konnotasie, maar sowel die tronk as die motor hier het negatiewe

konnotasies.

6. (6.1) Mara ken akademici van die Bult, maar kan nie geoloog sê nie. Sy verwar dit met

“ginekoloog”, wat bydra tot die humor.

(6.2) Vir die Vlaktevleiers het die geboue diep geestelike en historiese waarde.

(6.3) Minette is die een wat selfsugtig is, nie Gretel nie.

AKTIWITEIT 10 – LANGVRAAG:

Naamgewing is dikwels ‘n kortpad vir vir lang beskrywings. Bespreek die naamgewing in

Droomdelwers en verwys na die volgende:

• Kêppies

• Kirstoof

• Vaatjie

• Leendra van Hellberg

• Hennerik Rooihel

• Samuel van der Sandt

• Mi’Sweetie

• Regter Van Houweling

• Regter Joop van Murgel

• Soutmansdal

• Dwarsmansdal

• Silwerkruis-tronk

• Midnight Magic-naelpolitoer

• Der Schutz

Naamgewing speel ‘n belangrike rol by die karakterisering in hierdie roman.

• Kêppies verwys na ‘n pet – suggereer Kêppies ‘n vissermanspet dra.

• Die spelling van Kirstoof pleks van Christoffel dui op ongeletterheid van sy ouers wat hom so

geregistreer het.

• Vaatjie pas by sy werk as kroegman. Hy is ook baie vet – net soos ‘n vaatjie.

• Van Hellberg suggereer taaiheid, opvlieëndheid en ‘n kort humeur soos stereotipies van rooikoppe.

• Van der Sandt is ‘n geoloog wat hom met sand en klip besig hou.

• Samuel is ‘n Bybelse naam wat met goedheid en profesie geassosieer word.

• Regter van Houweling en regter Joop van Murgel se vanne is ongewoon en klink deftig en belangrik

– meer rede vir Mara se naamsmousery en snobisme.

• Soutmansdal is afgelei van die soutmynwerkers, maar verwys ook na die Bybelse “sout van die

aarde”.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

24

• Dwarsmansdal suggereer dwarstrekkery en tweespalt teenoor die samehorigheid van die

Soutmansdal- en Vlaktevlei-gemeenskappe.

• Silwerkruis-tronk suggereer dat die tronk ‘n plek van geestelike bekering en redding is. Kruis is ‘n

simbool van die onskuldige geofferde of sondebok.

• Midnight Magic is ‘n sensuele naam wat verband hou met Patricia se verleidelike houding teenoor

Samuel.

• Der Schutz beteken Die Skuling en is die naam van Gretel se blyplek. Sy voel daar veilig na haar

man se dood.

Dit is duidelik dat name, en veral byname, boekdele spreek.

AKTIWITEIT 11 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Hendrik van Hellberg. Verwys na die volgende:

• Moontlike ander name in die roman.

• Verwantskappe in die roman.

• Karaktereienskappe

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 12 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Berta van Hellberg. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman.

• Karaktereienskappe

• Woonplek

AKTIWITEIT 13:

Bespreek die volgende temas volledig. (Droomdelwers – Presteer Notaboek)(Bl.41)

1. Armoede

2. Godsdienstigheid

3. Platteland vs die stad

4. Versoeking

5. Apartheid en rassisme

6. Ontworteling en verskuiwing

7. Liefde

1. ARMOEDE

Kêppies sê dat die mense van Vlaktevlei nie hoog lewe nie – leef van die sout, soutpanne en visvang.

Al is daar armoede in Vlaktevlei, leef die mense met trots en waardigheid. Tevredenheid wanneer

hulle na die televisie-uitsending “oppie mêp” is. Tydens betogins – DREUNSANG – “Vlaktevlei laat

hom nie vertrap nie!”

2. GODSDIENSTIGHEID

Die kerk en die skool is in die middel van Vlaktevlei. Kêppies noem dit die hart van die mense. Dis

die ontmoetplek, trouplek en plek as jy die dag ingespit word. Gerald-hulle doen nie ander werk as

kerkwerk op ‘n Sondag nie. Gerald verwys na die Vlaktevleiers as die “sout van die aarde”, ‘n

metafoor wat aan die Bybelboek Matteus ontleen word en voortleef in die idiomatiese uitdrukking wat

verwys na mense wat ander help en verbeter deur ‘n goeie voorbeeld te stel en ‘n positiewe invloed

op hulle uit te oefen.

Dit word, onder andere, bewys wanneer Rebekka in die hospitaal is nadat sy Denver en Dhaggie uit

die see gered het en die mense vir haar ‘n biduur hou. Die kerk is tydens hierdie geleentheid voller

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

25

as wat dit gewoonlik meet Nagmaal is. Rebekka se begrafnis is die grootste begrafnis wat daar ooit

op Vlaktevlei was.

Een van die bewys van Kêppies se gemak met sy godsdienstige oortuigings is die sardoniese humor

daaroor. Hy sê dat hulle in die Bybelse opdrag hulle oë opgeslaan het na die berge – al het hulle nie

eens ‘n berg op Vlaktevlei nie.

HIER IS SLEGS ‘N BESPREKING VAN PUNT 1 EN 2. JY MOET PUNT 3 TOT 7 IN JOU EIE

WOORDE BESPREEK / VERDUIDELIK.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

26

HOOFSTUK 3

(BL. 61 – 86 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 11 – 13 van die Studiegids.

Sien bl. xxiv –xxvii van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 14:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Gee twee redes hoekom Jamaina bekommerd is oor Rebekka en Gerald. (2)

2. Hoe verskil Jamaina en Gretel se gevoelens oor Gerald se besluit om die beroep Atlantis

toe te aanvaar? (Stel albei kante.) (2)

3. Leendra antwoord die foon en sê dat Sammy besig is om te drink en haar later sal

terugbel. Hoe voel jy oor wat Leendra hier gedoen het? Staaf jou siening. (2)

4. Wie, antisipeer jy, gaan die sterkste invloed hê op Gerald se besluit om op Vlaktevlei

te bly? Brei uit op jou mening. (2)

5. In hierdie stadium is Samuel vir Leendra slegs ‘n irritasie. Watter gedrag openbaar

hy hier wat haar siening in die toekoms beslis gaan verander? Hoekom dink jy so? (2)

[10]

1. Rebekka is ‘n baie mooi vrou. / Rebekka is nou baie weerloos. / Dinge tussen Gerald en

Jamaina is nie baie lekker nie, want sy wil Atlantis toe en hy kom nie met ‘n antwoord

vorendag nie.

2. Jamina is verheug en Gretel is bekommerd – sy bevraagteken sy besluit

3. JOU EIE OPINIE!

4. Gretel, want sy kan hom dalk oortuig dat die mense hom nodig het.

5. Hy het deernis met Sielie en haar poppe veroorsaak ‘n knop in sy keel. Sy sagte kant wat

hy hier op ‘n baie natuurlike wyse toon, kan later tot sy voordeel wees.

AKTIWITEIT 15 – HOOFSTUK 3 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Lees die volgende teksaanhaling (p.81) en beantwoord dan die vrae daaroor: “Maar ek het

Hendrik geken, en sy humeur. Hy sou homself en die hele spul wou opblaas, eerder as om

daardie klas van aantygings teen een van sy dogters aan te hoor.”

1.1 Wat was die familieverwantskap tussen die spreker en Hendrik?

1.2 Wat is die “aantygings teen een van sy dogters”?

1.3 Phil impliseer dat Hendrik sy eie huis opgeblaas en so sy eie vrou se dood veroorsaak

het. Noem nog drie redes waarom Phil so dink.

1.4 Wat word bedoel met “sy humeur”?

1.5 Hoekom verskil Samuel hieroor van Phil?

2. Gerald laat die Groen Hokkie vir Rebekka en Tommie regmaak. Noem twee redes hoekom

dit Kêppie ontstel.

3. Wat bedoel Koster wanneer hy vir oom Kêppies sê: “Dis sukke tyd, Broe”?

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

27

4. Jamaina sê vir Rebekka: “Ek en Gerald is gewoond daaraan om te doen wat ons kan.”

Bedoel sy dit? Wat noem ons hierdie soort optrede?

5. Wat is Leendra se “wonde” waarvan die trunk haar moes genees?

6. Hoekom, dink jy plaas die outeur Gretel in Duitsland ten tyde van Leendra se hofsaak en

vonnis?

7. Verduidelik die moontlike implikasie van die sewe ibises (bl.86).

AKTIWITEIT 16 – LANGVRAAG:

Konflik skep spanning. Bespreek die interne en eksterne konflik wat Rebekka en Gretel in Gerald

se lewe teweegbing. Verwys ook na die woorde op die kanselkleed (bl.70).

AKTIWITEIT 17 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Gilbert Redelinghuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Meisie wat hy in sy lewe wil hê

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Voertuig

• Woonplek

AKTIWITEIT 18 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Patricia Redelinghuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Ander name in die roman

• Mans in haar lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 19 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Rudie Redelinghuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 20 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Minette Redelinghuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Woonplek

AKTIWITEIT 21 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

28

Bespreek die karakter – Rudolph Germanus Redelinghuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Sy nalatenskap

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

29

HOOFSTUK 4

(BL. 87 – 102 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 13 – 14 van die Studiegids.

Sien bl. xxviii –xxix van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 22:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou

siening.

1.1 Samuel toon tekens dat hy op Leendra verlief is. (2)

1.2 Gilbert gaan vir Leendra soen. (2)

1.3 Gerald is bang vir Jamaina. (2)

1.4 Gilbert is rassisties. (2)

1.5 Rudie het vir Gerald oortuig om op Vlaktevlei te bly. (2)

[10]

1. Waar. Samuel se oë is meer op Leendra as op Patty.

2. Vals. Hy dreig dat hy dit gaan doen. Daar is geen bewys dat hy dit gaan regkry nie.

3. Waar. Gerald is huiwerig om vir Jamaina te vertel van die vergadering – ook dat Rebekka die werk -

by die hotel gekry het.

4. Waar. Hy dink ook die mense sit op ‘n “prime spot” waar hulle nie hoort nie: “’n ongewenste spul

mense”.

5. Vals. Gilbert se siening laat Gerald met ‘n groot dilemma: Hy kan mos nie sy mense net so los nie.

AKTIWITEIT 23 – HOOFSTUK 4 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Lees die volgende teksaanhaling (bl.88) en beantwoord dan die vrae daaroor:

“Ons kan doen met so ‘n stunning waitress,” gly Gilbert se oë oor Rebekka wanneer sy saam

met Vaatjie die hotel binnestap.

1.1 Skryf Gilbert se woorde in Standaardafrikaans.

1.2 Sê of dink Gilbert hierdie woorde? Gee ‘n goeie rede vir jou antwoord.

1.3 Hoekom kry Gerald die gevoel da thy in die skuld by die Redelinghuyse is?

1.4 Hoekom het die noem van die Vlaktevlei-kwessie so ‘n hewige effek op Gerald?

AKTIWITEIT 24 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Phil van Tonder. Verwys na die volgende:

• Ander name

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

30

AKTIWITEIT 25 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Lucia van Tonder. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Woonplek

AKTIWITEIT 25 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Mara Marais. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Woonplek

AKTIWITEIT 26 – BESPREKING:

Bespreek die agtergrond / ruimte / milieu en watter invloed dit op die verhaal het.

WENK: Sien bladsy 43 van die Studiegids.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

31

HOOFSTUK 5

(BL. 103 – 108 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 15 van die Studiegids.

Sien bl. xxix van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 27:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou siening.

1. Samuel is simpatiek teenoor Sielie. (2)

2. Samuel is net vriendelik met Sielie om by die regte klippe uit te kom. (2)

3. Leendra het rede om Gilbert se motiewe te wantrou. (2)

4. Leendra het soms aggressiewe gedagtes. (2)

5. Leendra is tot dusver die Redelinghuyse se slagoffer. (2)

[10]

AKTIWITEIT 28 – HOOFSTUK 5 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Op bl. 106 lees ons van “die koppe waaruit rotsformasies soos die gladde skowwe van

walvisse klim”. Watter visuele effek het die gebruik van die woord “skowwe”?

2. Verduidelik die paradoks in: “Die sagte woorde klop kliphard deur haar kop.”

3. Gilbert sê Leendra moet saam met hom partytjie toe gaan, anders moet oom Phil die R35 000

skade aan sy Porsche betaal. Wat noem ons so ‘n daad? Dink jy dit is aanvaarbaar?

AKTIWITEIT 29 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Kêppies Killian. Verwys na die volgende:

• Ander name

• Verwantskappe in die roman

• Boesemvriend

• Karaktereienskappe

• Woonplek

• Funksie in die verhaal

• Taalgebruik

AKTIWITEIT 30 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Pastoor Gerald Killian. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Ander vrou in sy lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

32

AKTIWITEIT 31 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Jamaina Killian. Verwys na die volgende:

• Ander name

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

33

HOOFSTUK 6

(BL. 109 – 115 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 16 - 17 van die Studiegids.

Sien bl. xxx van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 32:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die name in die lys hieronder. Skryf slegs die antwoord

langs die vraagnommer neer.

Gilbert Rdelinghuys, Gretel Hagendoorn, Jamaina Killian, Kêppies Killian, Pastoor Gerald

Killian, Pastoor Gerald Killian, Rudie Redelinghuys, Rudie Redelinghuys, Vos Philander.

1._______________________ het die mense aangemoedig om kalm te wees.

2.________________ wil tot aksie oorgaan en sweep die mense op. 3.__________________ voel

onrustig en ongemaklik oor die vergadering. 4.___________________ is meer op sy gemak en

doen die meeste van die praatwerk. 5.____________________ was baie verdrietig oor die

vergadering en 6._____________________ het soos ‘n gebroke man gevoel. Iemand gooi vir

7._________________ met ‘n bierbottel teen die oogbank. Ironies genoeg was dit

8.___________________ wat sy wonde skoonmaak en hom kalmeer. 9.___________________

skryf ‘n tjek uit vir 10.___________________ en sy kan besluit waarop sy dit gaan spandeer.

[10]

AKTIWITEIT 33 – HOOFSTUK 6 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Wat is die “dissabillitie” waarvan Kêppie praat?

2. Vul die ontbrekende woorde in: Gilbert wil Jamaina (2.1________________) deurdat hy vir

haar geld aanbied om op Vos te (2.2_________________).

3. Benoem en verduidelik die beeldspraak in die woorde: “En so het die branner oor Vlaktevlei

gebreek en die nuus het by al die huis ingespoel”.

4. Benoem en verduidelik die stylfiguur in die volgende woorde: “Die geluid van glas wat breek,

stook die mense op en die Rooi Kopdoek laat weer haar stem hoor.”

5. Aan watter historiese gebeurtenis herinner die stootskrappers wat huise platvee en hoe dra

dit by tot die gemoedere?

AKTIWITEIT 34 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Bontie Bonthuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

34

AKTIWITEIT 35 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Sweetie Bonthuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Ander name

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 36 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Boeta Bonthuys. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 37 – LANGVRAAG

Bespreek Droomdelwers as ‘n voorbeeld van ‘n kontreiverhaal.

Gee veral aandag aan die verteller se gebondheid aan die steek, die funskie van die ruimtelik-

geografiese gebied, die temas wat afspeel in hierdie landelike milieu, die rol van verskeie karakters

se herinneringe, asook die taalgebruik van die streek.

[BRON – STUDIEGIDS]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

35

HOOFSTUK 7

(BL. 116 – 122 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 17 - 18 van die Studiegids.

Sien bl. xxxi van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 38:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Dink jy dat ‘n mens Vos Philander as ‘n politieke aktivis kan bestempel?

Gee bewyse vir jou aanname. (2)

2. Verduidelik Gerald se metaforiese en vergelykende taalgebruik in:

2.1 Almal moet weer soutmense raak. (2)

2.2 Soos die kaptein van ‘n boot kan hy nie nou afspring nie. (2)

3. Motiveer waarom oom Bontie dit nodig vind om te sê dat Hendrik van Hellberg nie

iemand was vir skuld nie. (2)

4. Evalueer of dit geregverdig is om te sê dat Kêppies en Koster moontlik ‘n

drankprobleem het. (2)

[10]

AKTIWITEIT 39 – HOOFSTUK 7 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Lees die onderstaande teksgedeelte en beantwoord dan die vrae daaroor:

“En daarom, geliefde Vlaktevleiers, het ek besluit om my nuwe aanstelling in Atlantis te

kanselleer. ‘n Kaptein van ‘n boot spring nie eerste af as sy skip in ‘n storm beland nie. Hy

wag tot sy bemanning veilig is.”

1.1 Wie is hier aan die woord?

1.2 Waarom het hy besluit om die aanstelling te kanselleer?

1.3 Hoe reageer elk van die volgende karakters op hierdie aankondiging?

1.3.1 Kêppies

1.3.2 Jamaina

1.3.3 Dagghie

1.3.4 Gretel

1.3.5 Rebekka

2. Verduidelik die woordspeling en humor in Abrahaampie se sêding dat ‘n mens nie “slapende

slange moet opwerk” nie.

AKTIWITEIT 40 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Koster Kaaiman. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Ander name

• Boesemvriend

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

36

• Gedrag

AKTIWITEIT 41 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Oubaas Kaaiman. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Gedrag

• Sy dood

AKTIWITEIT 42 – LANGVRAAG:

Kêppies Killian is ernstig daaroor dat die storie oor die verskuiwing van die mense van Vlaktevlei

opgeteken en bewaar moet word vir die nageslagte.

Bespreek die invloed van die potensiële menseverskuiwing op die inwoners van Vlaktevlei, die

motivering van die Redlinghuyse en die gevoelens en optrede van die vreemdelinge, veral Samuel

van der Sand ten Mario Martinelli.

[Bron – Studiegids]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

37

HOOFSTUK 8

(BL. 123 – 133 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 18 - 19 van die Studiegids.

Sien bl. xxxii - xxxiii van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 43:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Maak ‘n lys van almal in hierdie hoofstuk wat in Kleinkloof was die oggend

voor die noodlottige ontploffing. Skryf die name ondermekaar. (4)

2. Watter twee karakters het na die ontploffing in Kleinkloof aangekom? (2)

3. Gilbert sê dat hy vir Leendra se ouers voor die ontploffing alles vertel het oor hulle

dogter se diefstal. Glo jy dit? Motiveer jou siening. (2)

4. Dink jy dat die skoot wat Ferdinand se dood veroorsaak het ‘n ongeluk was, of was dit

moord? Staaf jou mening. (2)

[10]

AKTIWITEIT 44 – HOOFSTUK 8 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Hoe lank is Phil en Lucia al getroud? Staaf jou antwoord met gegewens uit die teks.

2. Hoekom beskou Samuel Leendra as ‘n uitdaging?

3. Samuel en Leendra se woorde en optrede weerspreek hul gevoelens wanneer hulle oor die

graniet stry. Bespreek hierdie stelling.

4. Vergelyk die oom Phil wat Lucia ontmoet het met hoe hy nou is. Dink jy hierdie verandering

is oortuigend / geloofwaardig of nie? Motiveer jou antwoord.

5. Leendra praat vir die eerste keer oor die gebeure van die noodlottige dag en aand. Waarom

vertel sy dit juis aan Lucia en nie byvoorbeeld aan Gretel nie?

AKTIWITEIT 45 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Rebekka Cupido. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Ander man in haar lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 45 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Johnny Cupido. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Karaktereienskappe

• Beroep

• Woonplek

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

38

AKTIWITEIT 46 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Samuel van der Sandt. Verwys na die volgende:

• Ander name

• Vroue in sy lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Voertuig

• Woonplek

AKTIWITEIT 47 – LANGVRAAG:

Leendra van Hellberg, die hoofkarakter in Droomdelwers, ondergaan - onder die invloed van

verskeie karakters – ontwikkeling.

Bespreek hierdie stelling in ‘n literêre osptel van 350 tot 400 woorde. Verwys in jou bespreking na

die bydrae wat pastor Gerald Killian, Gretel Grossman, Gilbert Redelinghuys, Phil van Tonder en

Samuel van der Sandt tot Leendra se ontwikkeling lewer.

[Bron – Studiegids]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

39

HOOFSTUK 9

(BL. 134 – 146 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 19 - 21 van die Studiegids.

Sien bl. xxxii - xxxv van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 48:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou siening.

1. Jamaina kan nie wag om weg te kom uit Vlaktevlei nie. (2)

2. Koster glo nie Johnny Cupido se verduidelikings nie. (2)

3. Vir Mario is mooi vrouens belangriker as granietvondste. (2)

4. Daar het ongenooide gaste by die partytjie opgedaag. (2)

5. Leendra was skuldig aan die diefstal van die juwele in die hotel. (2)

[10]

AKTIWITEIT 49 – HOOFSTUK 9 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Ant Sweetie “stoot vir Johnny met geweld uit die kafee uit”.

1.1 Hoekom kan ant Sweetie Johnny so maklik uitstoor?

1.2 Hoekom het Koster en Kêppie dan “in hulle lewe nie geweet Miss Sweetie is tot sulke

dinge in staat nie”?

1.3 Hoekom sê sy “Skuus, oom Kêppies”?

2. Hoekom vra Mario of Samuel al met Rudie oor die prospekteerderslisensie gepraat het?

3. Mario vergelyk Leendra se oë met Italiaanse graniet. Bespreek die ooreenkomste en wat dit

impliseer.

4. Hoekom is Johnny Cupido se naam ironies?

5. Sweetie is bekend as ant Sweetie. Hoekom sê sy dan vir Johnny “Ek is nie jou antie nie”?

6. Waarna verwys Johnny as hy sê “Want hier sal mens wragtag moet bid vi die derde

vermeerdering, anners vrek mens vannie honger”?

7. Waarom voel Gilbert skuldig oor sy getuienis in die hofsaak?

8. Minette het Leendra “gebrandmerk”. Gee moontlike redes hiervoor.

9. Bespreek die betekenismoontlikhede van die bordjie “Storage room”.

AKTIWITEIT 50 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Vos Philander. Verwys na die volgende:

• Karaktereienskappe

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 51 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Gretel Grossman. Verwys na die volgende:

• Karaktereienskappe

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

40

• Verwantskappe in die roman

• Man in haar lewe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 52 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Mario Martinelli. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Vrou in sy lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

• Woonplek

AKTIWITEIT 53 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Maurizio Martinelli. Verwys na die volgende:

• Verwantskappe in die roman

• Vrou in sy lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

41

HOOFSTUK 10

(BL. 147 – 151 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 21 - 22 van die Studiegids.

Sien bl. xxxv van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 54:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou siening.

1. Die prospekteerpermit kan eers gefinaliseer word nadat ‘n voorbeeld van die

graniet in Carrara geëvalueer is. (2)

2. Gilbert is disrespekvol teenoor sy oupagrootjie. (2)

3. Die graniet wat Mario en Samuel uithaal, word na Leendra vernoem. (2)

4. Gretel is ‘n filantroop. (2)

5. Jamaina is sarkasties met Gerald. (2)

[10]

AKTIWITEIT 55 – HOOFSTUK 10 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Lees die volgende teksaanhaling en beantwoord dan die vrae daaroor:

Daar is ‘n pouse. Gilbert kyk wantrouig van Mario na Samuel. “Waaroor gaan dit eintlik?”

“Ons wil onderhandel oor ‘n prospekteerpermint,” sê Samuel.

1.1 Waarvoor wil Samuel prospekteer?

1.2 Hoe het die Redelinghuyse die mineraalregte verloor?

1.3 Wie besit nou die mineraalregte en hoe het dit gebeur?

1.4 Hoekom reageer die Redlinghuyse nie met skok of verbasing nie?

1.5 Hoekom moet hy dan vir Rudie toestemming vra?

2. Stem jy saam met Gerald as hy sê Jamaina klink sarkasties wanneer sy sê: “Ja, ek dink

darem Rebekka sal ‘n rukkie sonder hulp kan klaarkom.”

AKTIWITEIT 56 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Vaatjie Fortuin. Verwys na die volgende:

• Karaktereienskappe

• Voorkoms

• Beroep

AKTIWITEIT 57 – LEER KEN ‘n KARAKTER:

Bespreek die karakter – Ferdinand van Wyk. Verwys na die volgende:

• Vrou in sy lewe

• Karaktereienskappe

• Uiterlike voorkoms

• Beroep

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

42

• Uiteinde

AKTIWITEIT 58 – RANDFIGURE:

Voltooi die volgende tabel oor randfigure in die roman:

WENK: Sien bladsy 39 van Studiegids vir hulp.

KARAKTER BESKRYWING

Anna Bothma

Bassontjie

Clive Morris

Debbie Jansen

Gertie Syster

Jaap Gouws

Katriena Kuipers

Konstabel Booi

Paulina Plaatjies

Piet Meyer

Regter Van Houweling

Tappies

Veronica Daniels

Vytjie Koopman

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

43

HOOFSTUK 11

(BL. 152 – 168 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 22 - 24 van die Studiegids.

Sien bl. xxxv - xxxvii van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 59:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Wat, dink jy, is vir Gretel die belangrikste: Vlaktevlei of dat sy familie is

van die Redelinghuyse? Motiveer jou siening. (2)

2. Watter twee mense, volgens Rudie, sal nooit die Redelinghuyse se kant van hierdie

saak insien nie? (2)

3. Gerald voel dat hy as leier misluk. Bewys dat hy dalk reg is. (2)

4. Wat doen Leendra wat haar bynaam “rooikop rissiepit” korrek bewys? (2)

5. Gee ‘n bewys dat Jamaina agterdogtig is oor Gerald en Rebekka. (2)

[10]

AKTIWITEIT 60 – HOOFSTUK 11 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Kêppies sê Jamaina is “depressed”. Gee ‘n goeie Afrikaanse woord vir “depressed.”

2. Wie is Gouws?

3. Gretel sê haar familiebande met die Redelinghuyse maak haar meer van ‘n Vlaktevleier. Wat

bedoel sy?

4. Wanneer Leendra vir Samuel vertel van haar ma se orrel, sê sy, sy dink nie oom Phil besef

regtig hoe sy daaroor voel nie. Verduidelik die ironie hiervan.

5. Waarna verwys Gerald wanneer hy sê hy voel soos Sauel wat Dawid se siter nodig het?

6. Verduidelik die ironie wanneer Jamaina vir Dagghie sê: “Jy weet hoe treurig is jou tenses.”

7. Boeta se Afrikaans word foneties geskryf en verskil van Leendra s’n. Verduidelik hoekom.

8. Vos Philander sê as die Vlaktevleiers wit was, sou hulle nie moes plek maak vir ‘n

vakansieoord nie. Dink jy sy argument is geldig of net politieke opportunisme?

AKTIWITEIT 61 – RANDFIGURE:

Voltooi die volgende tabel oor randfigure in die roman:

WENK: Sien bladsy 39 van Studiegids vir hulp.

KARAKTER BESKRYWING

Annie Heraud

Botes

Darryl Isaacs

Dottie van Rooy

Ghaatjie Willemse

Joseph White

Kleinjan

Kurt Combrinck

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

44

Pienaar

Regter Joop van

Murgel

Sersant Theron

Trudie Muggels

Vince Makube

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

45

HOOFSTUK 12

(BL. 169 – 177 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 24 - 25 van die Studiegids.

Sien bl. xxxviii - xxxix van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 62:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

1. Motiveer Rudie Redelinghuys se bekommernis oor ‘n moontlike onderhoud met

Gretel wat op die televisie gebeeldsend word. (2)

2. Hoe het Gilbert se oupagrootjie bygedra tot die totstandkoming van Vlaktevlei? (2)

3. Om watter rede het Gilbert so ingenome geglimlag? (2)

4. Verduidelik hoekom Jamaina nou skuldgevoelens oor Rebekka het. (2)

5. Voel jy jammer vir Jamaina? Hoekom sê jy so? (2)

[10]

AKTIWITEIT 63 – HOOFSTUK 12 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Wat is die “I See You” waarvan Kêppie praat?

2. Wie is Gaberjal?

3. Gilbert sê sy oupagrootjie het die kerk en skool op Vlaktevlei in 1906 gevestig.

3.1 Hoekom moet die Vlaktevleiers spesfiek na 99 jaar verskuif?

3.2 Watter jaar is dit dus nou?

4. Gilbert sê op televisie: “Die laaste stewige skunking is minder as ‘n maand gelede gemaak”

4.1 Van watter skenking praat hy?

4.2 Hoekom kry Jamaina hoofpyn na hierdie aankondiging?

4.3 Verduidelik Gilbert se stelling: “Dit was sommer net ‘n spanne in die works, Pa”.

5. Benoem en verduidelik die beeldspraak in die volgende:

5.1 “Maar ek het ‘n gevoelte in my hart gekry dat Vlaktevlei hom nie sal laat platveeg nie”

5.2 “Hulle [die stootskrapers] het oppie oop stuk veld agter die skool begin brul”.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

46

HOOFSTUK 13

(BL. 178 – 218 IN LEESBOEK)

OPSOMMING VAN DIE HOOFSTUK

Sien bl. 25 - 27 van die Studiegids.

Sien bl. xxxix - xliv van die leesboek.

JY MOET HIERDIE OPSOMMINGS DEEGLIK BESTUDEER. DIT IS

EGTER NIE ‘N PLAASVERVANGER VIR DIE HOOFSTUK NIE. JY

MOET STEEDS DIE HOOFSTUK LEES / LUISTER.

AKTIWITEIT 64:

Lees die opsomming in die Studiegids en beantwoord die vrae wat volg:

Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou siening.

1. Oubaas het die lont op die dag van die groot ontploffing aangespreek. (2)

2. Vaatjie Fortuin beskerm die Redelinghuyse in die polisieondervragings. (2)

3. Samuel het ‘n belangrike rol gespeel in die onthulling van Phil se leuens. (2)

4. Die Italianer aan wie Leendra aan die einde van die hoofstuk 1 gedink het, was op die

ou end ‘n weldoener en nie ‘n skurk nie. (2)

5. Die leser wil graag hê dat Boeta en Sielie ook moet trou. (2)

AKTIWITEIT 65 – HOOFSTUK 13 VRAE. UIT LEESBOEK:

1. Wie het elk van die volgende karaktrs doodgemaak?

1.1 Hendrik

1.2 Berta

1.3 Phil

1.4 Oubaas

1.5 Rebekka

2. Wat bedoel Mara wanneer sy sê: En dis wat my so seermaak, Sweetie. Good Grief.”?

3. Oom Bontie bekyk die gewerskaf in die steengroef en dink: “Wat sou Hendrik Rooihel vandag

gesê het?” Wat sou Hendrik waarskynlik gesê het?

4. Waarna verwys Leendra as sy sê “Ek kan bottels sjampanje stukkend kap”?

5. Wat is die implikasie daarvan dat Gilbert gereeld vir Oubaas gratis drank gegee het?

6. Verduidelik die ironie in Phil se woorde: “Ja, Mara. Daai geraamte gaan nog lelik in iemand

se kas begin rammel.”

7. Benoem en verduidelik die beeldspraak in Phil se woorde: “Die klippe in die Kleinkloof het

klaar begin praat”.

8. Verduidelik die woordspel in die sin: “Miss Dolorosa!” groet Mario haar gul, “so happy to see

you! So very, very happy!”

9. Phil se bloed vorm ‘n rooi kol teen die sout wat soos diamante blink. Watter stylfiguur word

hier gebruik

10. Wat impliseer Anna Bothma se SMS aan Kurt Combrinck?

11. Leendra het vroeër gesê sy sal nie vry wees voordat sy kan vergewe nie. Hoe weet ons sy

het uiteindelik daardie punt bereik?

12. Bespreek die dramatiese effek van Phil se selfdood op die soutpan.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

47

VERDERE BESPREKINGS

AKTIWITEIT 66 – INTRIGE EN SUBINTRIGE:

Beantwoord die volgende vrae volledig:

WENK: Sien bladsy 28 – 29 in die Studiegids vir hulp om die vrae te beantwoord.

1. Defineer die term “plot”. Wat is ‘n sinoniem vir die gegewe woord?

2. Defineer die term “subintriges”.

3. Bespreek die hoofintrige van die kontreiverhaal.

4. Bespreek die subintriges van die kontreiverhaal.

5. Bespreek die hoofintrige van die spanningsverhaal.

6. Bespreek die subintriges van die spanningsverhaal.

7. Bespreek die hoofintriges van die liefdesverhaal.

8. Bespreek die subintriges van die liefdesverhaal.

AKTIWITEIT 67 – IRONIESE WENDING:

Bespreek die ironiese wending in die verhaal volledig.

WENK: Sien bladsy 43 van die Studiegids vir hulp om vrae te beantwoord.

AKTIWITEIT 68:

Sê by elkeen van die volgende stellings of dit WAAR of VALS is en motiveer elke keer jou siening.

1. Kêppies is ‘n ek-verteller in hierdie roman.

2. Omdat Samuel met die hoofkarakter Leendra trou, is hy ook ‘n hoofkarakter.

3. Droomdelwers kan beskou word as ‘n politieke roman.

4. Mara kan beskou wod as ‘n cliché karakter.

5. Gilbert hou meer van Leendra as wat sy van hom hou.

6. Sielie speel ‘n baie belangrike rol in Leendra se ontrafeling van al die geheime.

7. Rudie Redlinghuys se karakter verskil tog van die van die ander Redlinghuyse.

8. Koster Kaaiman was ‘n diamantsmokkelaar.

9. Lucia en Leendra ervaar beide innerlike konflik as gevolg van Phil van Tonder.

10. Droomdelwers is ‘n kontreiverhaal wat deurgaans in die streeksaal van die Weskus geskryf

is.

11. Dit was Jamaina se skuld dat haar man op Rebekka verlief geraak het.

12. Dit is ironies dat Rebekka vir Denver en Dhaggie uit die see uit gered het.

13. Vos Philander en Gilbert Redelinghuys kan as opponenete beskou word.

14. As dit nie vir Gretel was nie, sou Vlaktevlei nooit ontwikkel het in die baie beter Western

Mining Village nie.

15. Die see as ruimte en milieu is deurlopend letterlik en figuurlik in Droomdelwers teenwoordig.

[15 x2]

[30]

AKTIWITEIT 69 – KORTVRAE OOR DIE KARAKTERS IN DIE ROMAN:

Beantwoord die volgende vrae volledig:

1. Watter twee persone sterf in 1998 in ‘n gasontploffing?

2. Wie het die steengroef in Kleinkloof begin?

3. Hoeveel jaar tronkstraf het Leendra gekry? Hoeveel van hierdie jare het sy uitgedien?

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

48

4. Hoekom is Leendra tronk toe gestuur?

5. Waar werk sy na haar vrylating?

6. Wie is Leendra se suster?

7. Wie het Hendrik Rooihel se aandeel in die soutmyn gekoop?

8. Met wie is die persoon genoem in nommer 7 getroud gewees?

9. Waar werk die volgende karakters?

9.1 Pa Bontie

9.2 Ma Sweetie

9.3 Boeta Bonthuys

10. Wie het die kerk in Vlaktevlei gevestig?

11. Wie is Gilbert Redelinghuys se ma en pa?

12. Wie is Gilbert Redelinghuys se suster?

13. Wie is Lucia van Tonder se ma?

14. Wie was Ferdinand van Wyk?

15. Wie is Samuel van der Sandt? Wat was sy bynaam?

16. Wie is Mario Martinelli?

17. Wie is Mauritzio Martinelli?

18. Wie is die pastoor van Vlaktevlei?

19. Wie is die pastoor se vrou van Vlaktevlei?

20. Wat is die name van die seuns van die pastoor en sy vrou?

21. Wie is Johannes Kaaiman?

22. Wie is Rachel Kaaiman?

23. Wie is die onderhoof van Vlaktevlei Primêr?

24. Wie is Minette Redelinghuys se suster?

25. Noem 3 ander onderwysers by Vlaktevlei Primêr.

26. Wie is Vaatjie?

27. Wie is Paulina Plaatjies?

28. Wie is Vytjie Koopman?

29. Wie is Dottie van Rooy?

30. Hoe is Rebekka Cupido oorlede?

31. Wie gee vir Tommie Cupido kunsklasse?

32. Wie is Johnny Cupido?

33. Wie behandel vir Sielie?

34. Noem 3 persone wat by Meyer en Malherbe Prokureurspraktyk werk.

35. Wie is die volgende persone –

35.1 Jaap Gouws

35.2 Sersant Theron

35.3 Dokter Mouton

35.4 Botes

35.5 Konstabel Booy

35.6 Vince Carolissen

AKTIWITEIT 70 – LANGVRAAG:

Bespreek die innerlike en uiterlike konflik wat Gerald Killian ervaar rondom sy rol as pastoor van

Vlaktevlei se kerk en die liefdesdriehoek wat onstaan tussen hom, sy vrou Jamaina en Rebekka

Cupido. Gee ook jou mening oor die geloofwaardigheid van Gerald se karakter en die ontknoping

van die liefdesdriehoek.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

49

In die roman,Droomdelwers, ervaar Pastoor Gerald Killian innerlike en uiterlike konflik rakende sy

rol as pastoor van Vlaktevlei se kerk sowel as die liefdedriehoek wat tussen hom, Jamaina en

Rebekka ontstaan.

AKTIWITEIT 71 – LANGVRAAG:

Identifiseer die drie lewensfases van LEENDRA van HELLBERG wat in die roman uitgebeeld word

in ‘n literêre opstel van 350 -400 woorde met verwysing na letterkundige tegnieke wat aangewend

word. Lewer ook kommentaar oor die temas van skuld en onskuld, versoening en vergifnis wat in

Leendra se karakterontwikkeling weerspieël word.

MOTIEWE WAT IN DIE ROMAN VOORKOM

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

50

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

KONFLIK

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

51

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

KARAKTERS

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

52

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

53

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

54

VERTELLER

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

TYD

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

55

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

56

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

57

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

58

[POWERPOINT VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

AKTIWITEIT 72 – LANGVRAAG:

Moontlike langvrae vir eksamendoeleindes. Jy het al van hierdie vrae uitgewerk in die werkboek.

Hierdie is hersiening vir eksamendoeleindes.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

59

[UITREKSEL UIT STUDIEGIDS VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

AKTIWITEIT 73 – LANGVRAAG:

Hierdie langvraag is vir jou voltooi. Bestudeer dit volledig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

60

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

61

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

62

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

63

[POWERPOINT VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

64

AKTIWITEIT 74 – LANGVRAAG:

Hierdie langvraag is vir jou voltooi. Bestudeer dit volledig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

65

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

66

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

67

[POWERPOINT VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

68

RUIMTE

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

69

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

70

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

71

[POWERPOINT VERKRY VANAF AFRIKAANSE HULPBRONNE DRIVE, SKRYWER ONBEKEND]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

72

EKSAMENVOORBEREIDING

AKTIWITEIT 75:

Voltooi die volgende vraestel volledig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

73

[UITTREKSEL UIT PRESTEER STUDIEGIDS]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

74

AKTIWITEIT 76:

Voltooi die volgende vraestel volledig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

75

[UITTREKSEL UIT PRESTEER STUDIEGIDS]

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

76

AKTIWITEIT 77:

Voltooi die volgende vraestel volledig.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

77

[UITTREKSEL UIT PRESTEER STUDIEGIDS]

AKTIWITEIT 78:

Voltooi die kontekstuele vrae in jou leesboek op bl. 231 – 233.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

78

INTERESSANTE INLIGTING OOR DIE ROMAN EN DIE TELEVISIEREEKS

deur Esta Steyn (die skrywer) saamgestel. TELEVISIEREEKS

Omdat Droomdelwers gebaseer is op die televisiereeks, Soutmansland, is dit miskien ‘n goeie idee om eers na die reeks

te kyk en hoe die ontwikkeling van die teks plaasgevind het.

Soutmansland is geskryf in opdrag van die SAUK in 1996.

Die opdrag was om ‘n Weskusreeks te skryf van 10 Episodes (50 minute elk)

GESOEK: ‘N GESKIKTE AGTERGROND

Die keuse van Weskus storie-materiaal - vir agtergrond van verhaal, moes verkieslik iets anders wees as die elemente

wat reeds in Meeulanders gebruik was, soos die ghwano-eilande, die mosselbedryf en die bokkombedryf.

Dit moes verkieslik sterk elemente wees, wat op sigself sou kon bydra om die intriege van die verhaal te bepaal.

1. Sout:

Toe ek afkom op die Die Cerebos Soutmyn op Velddrift, het ek besef dat sout ‘n element is wat baie bruikbaar

kon wees. Dit het my uit die staanspoor gefassineer: Soutpanne, soutakkers en die verwerking van sout.

Daarbenewens ook die figuurlike term “sout van die aarde” sou ‘n aanwins vir sommige van die karakters in die

verhaal kon wees.

2. Steengroewe:

Omdat daar wel ‘n paar gevestigde steengroewe aan die Weskus is, is besluit dat die ongenaakbaare barheid

van ‘n steengroef tesame met die verguising van klip, ‘n verdere element in die storie kon wees. Die letterlike,

sowel as die figuurlike betekenis daarvan, sou ‘n sinvolle bydrae kon lewer.

3. Graniet:

Die soektog na en die ontdekking van graniet was die derde element wat bepalend vir die intrige sou kon wees.

Veral as daar sprake kon wees van die vonds van ‘n seldsame graniet met ‘n ontginbare kapasisteit. Hierdie

drie elemente moes aldrie oorkoepelend bydra tot die ontwikkeling van die verhaal.

GESOEK: ‘N GESKIKTE VERHAALRUIMTE

Dit moes verkieslik ‘n bekoorlike, idilliese plek wees met ‘n landelike atmosfeer. Na ‘n lang soektog het ek dit uiteindelik

gevind op Steenberg’s Cove by St. Helenabaai.

Daar by die nederige nedersetting langs die see, het ek die volgende aangetref: ‘n Klein kerkie, ‘n klein skool, pastorie,

sinkdakhuisie. Ek het instinktief geweet dat ek op heilige storiegrond staan.

Oorkant die pad was die Steenberg’s Cove Hotel, in my gedagtes het ek die hotel aangebou en verander in ‘n groot,

moderne hotel.

Verder weg, ook langs die see, was ‘n plaaswerf met verskillende geboue. Ek het die Cerebos Soutmyn vanaf Velddrif,

15 km verder, in my gedagtes verskuif en daar kom neerplant. Twee fiktiewe dorpies is op daardie oomblik gebore:

Soutmansdal en Vlaktevlei. En tussen die twee het ek toe die vleilande in Velddrif gaan haal en met flaminke en al daar

kom neersit.

AANVANG VAN DIE VERHAAL

En so het die kerkie ‘n pastoor gekry. En die skool ‘n prinsipaal, asook personeel. Die sinkgeboutjie is ook betrek.

Vlaktevlei het begin lewe.

Op die plaaswerf is die Van Hellberg Soutmyn gevestig, met eienaar, voorman en werkers. Soutmansdal het ook ‘n

poskantoor, bank en ‘n kafee gekry.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

79

In die hotel, wat nou die Soutmans Hotel geword het, het ryk en invloedryke mense die eienaars geword.

Die granietkoppe aan die agterkant van die hotel het Die Kleinkloof geword. Daar was dadelik die potensiaal van raaisels

wat daar begrawe kon wees.

Vanweë die ligging van die twee dorpies wat bymekaar teen die see lê, sou al die karakters gemaklik bymekaar betrek

word – en sou hulle voortdurend interaktief wees.

NAVORSING:

Ek moes dadelik met navorsing op sout en graniet begin. In hierdie opsig was ek baie gelukkig. In een van ons

gastehuisies op ons werf, het Dr. Neels Dreyer, ‘n geoloog van Kaapstad, toevallig sy intrek vir ‘n paar weke geneem.

Hy het my van al die nodige, waardevolle inligting voorsien. My boonop ook verseker dat sout en graniet dikwels

geografies naby mekaar gevind word. Dit het die storie perfek gepas.

ONTWIKKELING VAN KARKATERS EN INTRIGE:

Na vele denkprosesse is daar ‘n uiteenlopende verskeidenheid van karakters gekies. Hulle probleme en onderlinge

konflikte sou moes sorg vir genoeg intrige om die verhaal teen ‘n pas te kon laat vorder.

Ons kyk na die hoofkarakters:

VAN HELLBERG SOUTMYN

1. Leendra Van Hellberg,

Die vurige rooikop is na sewe jaar pas uit die gevangenis ontlsaan en keer terug na Soutmansdal. Sy is destyds

aangekla van die moord op haar minnaar, Ferdinand.

Wat was werklik die motief vir haar daad? En onder watter omstandighede het dit plaasgevind? Dit het gebeur

op dieselfde dag wat haar ouers, Berta en Hendrik Van Hellberg tragies gesterf het in ‘n ontploffing in die

Kleinkloof. Dis hier in die Kleinkloof wat Hendrik van Hellberg destyds‘n steengroef begin het. Leendra gaan

aanhou delf totdat sy al die antwoorde het. Daarsonder kan sy nie waarlik vry word nie.

2. Sielie van Hellberg

Leendra se sussie, die 19 jarige Sielie was 11 jaar oud toe die ontploffing plaasgevind het. Sy was ‘n getuie van

die gebeure, maar as gevolg van die skok kan sy dit nie onthou nie. Boonop het sy op daardie dag gedeeltelik

stom geword en sy sukkel om te praat. Nie net haar spraak is belemmer nie, maar ook haar ontwikkeling. Op

19 is sy steeds soos ‘n kind van 11 wat kerm dat sy ‘n swaai wil hê.

3. Phil van Tonder

Hy is Leendra se oom, wat haar vaderlik ontvang en in sy huis verwelkom. Hy bied vir Leendra werk aan in die

soutmyn se kantoor. Maar dit blyk gou dat hy moontlik verskuilde agendas het en miskien meer weet was wat

hy wil voogee.

4. Lucia Marais

Sy is Phil se nuwe vrou wat baie graag swanger wil word. ‘n Sagte, nederige mens wat baie simpatie met

Leendra het. Indien sy meer van Phil se verlede weet, steek sy dit aanvanklik baie goed weg.

5. Mara Marais

Lucia se ryk ma wat by hulle kuier ‘n Flambojante figuur vol armbande en oorbelle en wat daarop uit is om elke

moontlike skinderstorie ‘n entjie verder te vat.

6. Oom Bontie Bonthuys

Die nederige, maar ondeunde Bontie is Phil se voorman by die soutmyn. Hy en sy vrou Sweetie bly in “Die Bont

Huis” regoor die Van Tonders se plaashuis. Vir Leendra is Bontie ‘n ware vaderfiguur, iemand om te vertrou en

die man wat haar later sal help om drade uit die verlede bymekaar te trek. Bontie hou van sy knertsie brandewyn

maar hy loop lig vir sy vrou, Sweetie.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

80

7. Sweetie Bonthus.

Ant Sweetie se kafee is ‘n bymekaarkomplek op die dorp. Hier loop al die stories van Soutmansdal en Vlaktevlei

rond. En dis hier waar ou Mara ook kom soek vir skinderstories, maar haar elke keer vasloop teen Sweetie wat

haar telkens in die krop stuit. Want bekend en bemind soos wat Sweetie is, vat sy nie nonsens nie. Van niemand

nie, allermins van die beterwetige Mara.

8. Boeta Bonthuys

Boeta is Bontie en Sweetie se seun. ‘n Stil man wat stadig praat. Hy is ‘n nutsman wat ook sweiswerk doen

en het ‘n ou stoor gekoop wat hy besig is om reg te maak vir sy besigheid. Dis hier waar Sielie hom help en

vir hom koffie maak. Hoe sal hy ooit met Sielie kan trou? Want hy weet tog dat haar kop op 11 vasgehaak het

op die dag van die ontploffing. Grootword sal sy nooit grootword nie. Al wat hy kan doen, is om die swaai vir

haar te maak waaroor sy tog so kerm. Een ding is egter seker: Boeta sal vir Sielie met sy lewe beskerm, tot die

dood toe.

VLAKTEVLEI:

9. Pastoor Gerald Killian

Hierdie ernstige godsman word beskryf as “mooi van aansien” soos Dawid in die Bybel. Hy ontvang ‘n beroep

van ‘n gemeente in Atlantis in die Kaap. Of hy hierdie beroep moet aanvaar, word vir hom ‘n stryd. Want

wanneer hy bewus word van Vlaktevlei wat deur ‘n verskuiwing bedreig word, besef hy dat hy ‘n ware herder

sal moet wees wat sy gemeente deur hierdie tyd van groot ontwrigting sal moet lei. Hy word onder druk geplaas

deur sy vrou Jamaina. Dan duik daar nog ‘n rede op waarom hy twyfel oor die beroep. Soos Dawid van ouds,

kom Gerald Killian te staan voor die versoeking van sy lewe. Dit gebeur in die vorm van ‘n mooi vrou oor wie

hy hom ontferm. Hy raak verlief en kan amper nie saamleef met sy skuldgevoelens nie. Sy stryd word daagliks

groter. Versoeking word dus ook ‘n sub-tema van die verhaal.

10. Jamaina Killian

Gerald se vrou, Jamaina, is die prinsipaal van Vlaktevlei se skool. Hierdie trotse, ambisieuse vrou, smag om weg

te kom van die kleindorpse bestaan. Haar man se beroep na Atlantis is die uitkoms waarvoor sy al so lank wag,

sodat die seuns ook in ‘n beter skool kan kom. Die behoefte om weg te kom, word al hoe meer dringend

namate sy vermoed dat haar man verlief is op die mooi jong vrou, Rebekka Cupido.

11. Rebekka Cupido

Rebekka is getroud met Johnny Cupido van Mitchells Plein. Johnny laai haar en hule seuntjie, Tommie, een

Saterdag af by ant Sweetie se kafee en hy verdwyn met hulle kar, hulle enigste besitting. Rebekka het geen

heenkome nie. Pastoor Geral Killian ontferm hom oor haar en bied vir haar en Tommie blyplek aan in die

sinkgeboutjie, wat “die Groen Hokkie” genoem word, regoor die pastorie. Hy sorg ook dat sy werk kry by die

Redelinghuyse se hotel, terwyl Tommie ingeskryf word by die Vlaktevlei skool.

Die groeiende opstand in Vlaktevlei eis later Rebekka se lewe en haar dood het verreikende gevolge vir Vlaktevlei

se toekoms.

DIE SOUTMANS HOTEL:

12. Rudie Redelinghuys:

Eienaar van die Soutmans Hotel. Hy is ‘n nugterdenkende besigheidsman, tog ook iemand wat ‘n sagte kant

het. Die planne om die grond van Vlaktevlei te onteien en ‘n nuwe ontwikkeling daar te skep, bekommer hom.

Hy durf hom egter nie teensit teen sy vrou Minette en sy seun Gilbert se toekomsdroom nie. Hy besef dat hiedie

ontruiming van Vlaktevlei veral sy skoonsuster, Gretel Grossman, wat ‘n kunsonderwyseres v by Vlaktevlei is, ten

diepste sal raak.

13. Minette Redelinghuys:

Rudie se modieuse vrou. Die nuus dat Leendra van Hellberg terug is op Soutmansvlei ontstel haar, want haar

en Rudie se seun, Gilbert, was voorheen verlief op Leendra. Minette was een van die getuienisse in die

opspraakwekkende hofsaak destyds. Haar verdoemende getuienis teen Leendra het gesorg vir ‘n tronkvonnis.

Het sy onder eed gelieg? Op die oomblik is haar fokuspunt op Gilbert. Sy wil hom help om sy droom waar te

maak: die beplande West Coast Holiday Resort.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

81

14. Gilbert Redelinghuys:

Rudie en Minette se seun. ‘n Arrogante jong man wat nie huiwer om Vlaktevlei met stootskrapers plat te vee

nie. Hy droom groot. Maar die verterende droom wat hom sy lewe lank ontwyk het, is Leendra van Hellberg.

Hy voel skuldig omdat hy destyds in die hofsaak nie die volle waarheid gepraat het nie.

15. Patricia Redelinghuys:

Rudie en Minette se dogter. ‘n Pragtige bedowe brokkie wat aan net die beste gewoond is en mans om haar

pinkie draai. Haar visier is op die geoloog, Dr. Samuel van der Sandt.

DIE KLEINKLOOF:

16. Dr. Samuel van der Sandt:

Hy is verbonde aan ‘n mynmaatskappy in Kaapstad, Western Mining. Nou her hy het kamp opgeslaan in die

Kleinkloof met die doel om vas te stel of daar moontlik graniet is. Hy loop hom herhaaldelik vas in Leendra van

Hellberg, wat hom nie vertrou nie. Wat het hy sewe jaar gelede in Die Kleinkloof gedoen? Hoekom was hy

daar, kort voor die ontploffing? Wat weet hy werklik? Hoekom krap hy nou weer in die Kleinkloof rond? Om

Leendra van Hellberg te tem, gaan meer kos as ‘n tien-ton granietblok.

17. Mario Martinelli

Hierdie flambojante sjarmante karakter is Samuel se vennoot, wat later vir Samuel help om die prospekteer

permitte van die Redelinghuyse te kty.

18. Maurizio Martinelli

Mario se seun - slaan Patricia Redelinghuys se voete onder haar uit met sy romantiese Italiaanse maniertjies.

SKRYFPROSES:

Die skryfproses was ‘n langsame proses. Om vir televisie te skryf, of liewer - om in enige medium te skryf - moet ‘n

skrywer bereid wees om baie tonele oor te skryf. My beleid van “I thrive on rewriting” was van toepassing.

‘n Tragedie het ons gesin getref terwyl ek aan die skryf was. Ons tweede seun, het naby die see van die denkbeeldige

Soutmansdal, op see vermis geraak op sy seilplank. Hy het verdrink. Dit het gevolg 8 jaar nadat ons eerste seun in ‘n

motorfietsongeluk oorlede was.

Ons gesin was platgelsaan en in ‘n rouproses. Later het ek wel besef dat die kontrak vir die draaiboek op ‘n manier ‘n

uitkoms van die Hemelse Vader was: dit het genesend geword om my fokus op ander mense (die karakters) se verliese

te plaas. Ek het my rekenaar na sy kamer verskuif en daar gewerk, om naby sy goed te wees. Dit het vir my dikwels

gevoel asof hy ‘n wakende oog oor die manuskrip hou. Sonder dat ek dit doelbewustelik beplan het, het verlies ‘n sub-

tema van die teks geword. Ons sal later verder oor die temas praat.

FIKSIE WORD TOE AMPER BEWAARHEID!!

Nog voordat die reeks verfilm is, bars ‘n groot bohaai los oor Erf. 40 aan die seefront by Steenberg’s Cove!

‘n Ontwikkelingsmaatskappy wil die huisies sloop om plek te maak vir ‘n peperduur waterfront-kompleks. Steenberg’s

Cove is in oproer!

Om een of ander rede het die ontwikkeling nie voortgegaan nie. En presies soos in die storie het Vlaktevlei die sloping

gelukkig vrygespring.

Asof dit nie genoeg was nie, het nog iets het gebeur: Die Steenberg Cove Hotel het met groot uitbreidings begin. Presies

soos wat ek dit in my kop beplan het. En asof dit nie genoeg was nie, word daar twee groot granietblokke voor die hotel

as versiering geplaas. Uiteindelik was die hotel perfek vir die Redelinghuyse se Soutmans Hotel. Hoe gelukkig kan ‘n

skrywer nou wees?

VERFILMING VAN DIE REEKS:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

82

Na vele beraadslaag is die verfilming van die reeks wel gedoen op presies dieselfde plek as waar die storie-idee ontstaan

het: Daar op op Steenberg’s Cove by St. Helenabaai.

Die vervaardiger was Herman Binge van Cape Waterfront Television.

Die regisseur was Gerrit Schoonhoven.

AKTEURS:

Deirdre Wolhuter, Kevin Smith, Marius Weyers, Antoinette Kellerman, Trix Pienaar, Neil Sandilands, Vinette Ebrahim,

Vanessa Nabal, Goliath Davids, André Odendaal, Chris Vorster, Susanne Beyers, Joanie Combrinck en ander.

TEMALIED;

Die temalied vir die reeks is geskep en vertolk deur Lize Beekman, wat toe nog relatief onbekend in die bedryf was. Die

lirieke het die inhoud en atmosfeer van die storie ongelooflik mooi saamgevat. Die liedjie, “Soutmansland” is opgeneem

in haar album “Cake”.

Janine Neethling het die musiek vir die reeks gedoen. Later het die vervaadiger aan my gesê dat hy hulle beslis nie sou

kon bekostig, indien hulle toe reeds sulke groot name in die musiekbedryf was soos vandag nie.

DIE REEKS WORD ‘N ROMAN

Reeds op die stel van Soutmansland het ek besef dat die reeks moontlik in ‘n roman omskep kan word. Myns insiens

was die verhaal en die karakters nog nie tot volle potensiaal ontgin nie.

Die skryfproses van die roman het eers in 2009 begin.

VERSKILLENDE MEDIUMS:

Omdat ‘n draaiboek en roman twee verskillende mediums is, sou daar drastiese aanpassings gemaak moes word.

Die atmosfeer van die roman sou bepalend wees. Dit sou ‘n kleindorpse kontreiverhaal wees, met ‘n tipiese Weskus-

aanslag.

Daar sou ‘n nuwe invalshoek bedink moes word.

Die karakters sou meer volledig, tot volle potensiaal, ontwikkel moes word. Die voordeel van roman as medium is dat

daar groter geleentheid is om die karakters se gedagte prosesse volledig te beskryf. Sommige karakters sou noodwendig

deur ‘n kenteringsproses gestuur moes word, sodat hulle teen die slot van die verhaal gelouterde karakters met nuwe

insigte kon wees.

Die intrige sou aangepas en uitgebrei moes word. Dit sou, uit die aard van die roman-medium, nie dieselfde wees as in

die reeks nie.

Die navorsing sou weer nagegaan moes word. In die reeks kon ‘n kamera met een skoot baie inligting oordra. In die

roman sou elke aspek van die ontginning van graniet beskryf moes word.

Daar sou gesoek moes word na ‘n Eerstepersoonsverteller. Hierdie karakter sou op een of ander wyse maklike toegang

tot die ander karakters moes hê, om van almal se doen en late te weet, sodat hy die storie kon vertel.

Die ideale karakter is gevind in die persoon van oom Kêppies Killian, die pa van pastoor Gerald Killian. Oom Kêppies, ‘n

geliefde, nederige, eenvoudige man, met groot insig en lewenswysheid was bevriend met Koster – wie se vrou Rachel

op die soutmyn ‘n pakker was. Hy was ook bevriend met Vaatjie, die barman by die hotel.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

83

Sodoende het hy kontak met die verskillende groepe karakters gehad. Sy vertelling sou tydspronge kon oorbrug wat die

skryfproses sou vergemaklik.

Gedrurende die skryfproses het Oom Kêppies spoedig sy sentrale plek ingeneem en kon ek my later nie indink wat die

roman sonder hom sou wees nie. Dit was so ‘n plesier om te hoor hoe hy sy storie vertel. Op een of ander manier was

ons twee verknog aan mekaar.

Oom Kêppies se vertelling is in kursief aangedui, om dit te onderskei van die verhaalteks. Wat verder nodig was, was ‘n

derdepersoonsverteller.

Hierdie verteller (die skrywer) sou chronologies die verhaal in die teenwoordige tyd vertel as aanvulling van oom Kêppies

se vertellings.

Die antagonis, Gilbert Redelinghuys, was ‘n uitdaging om as geloofwaardige karakter te ontwikkel as gevolg van die feit

dat sy arrogante persoonlikheid veel meer as een faset gehad het. Hy moes die leser die harnas injaag, maar ook

uiteindelik simpatie wek.

Die protagonis, Leendra van Hellberg – was ook ‘n uitdaging, as gevolg van haar tronk-agtergrond, haar bitterheid,

wraaksug en wantroue wat spruit uit die verlede. Sy is nie verniet Hendrik Rooihel se meisiekind nie, ‘n ware vuurvreter.

Om haar as volwaardige karakter te vestig, moes sy ook ‘n sagte, liefdevolle kant hê. Daarom was dit belangrik om haar

beskermingsdrang teenoor Sielie uit te beeld, asook haar liefde vir ant Sielie, en haar verhouding met oom Bontie.

SKRYFPROSES:

In die loop van die skryfproses van Droomdelwers het ek, presies soos in die geval van die roman Meeulanders, wat

ook gebaseeer was op die televisiereeks, spoedig agtergekom, dat ek my nie kan verbind aan die geskrewe draaiboek

nie. ‘n Roman het ‘n manier om sy eie ritme te ontwikkel en ‘n mens moet jou noodwendig daardeur laat lei. Dit het tot

die gevolg gehad dat sekere storielyne, wat belangrik in die reeks was, eenvoudig verdwyn het, om plek te maak vir nuwe

intriges. Die gebeure wat tot die slot lei, het verander en is aangepas om by die roman se struktuur aan te pas. Dit was

‘n kwessie van keuses wat gemaak is op grond van daardie “storie-gees” deur wie ‘n skrywer hom laat lei - om die storie

te behaag.

Droomdelwers is nie geskryf met literêre aspirasies nie. Dis bloot geskryf as ‘n lekkerleesboek, met volop intrige en

raaisels - en met karakters wat hopelik sal voorleef in die geheue van lesers.

TEMAS

Verskillende temas het ongemerk in die teks ingesluip. Waarvan die belangrikste sekerlik hebsug is – en die verwoestende

invloed daarvan op ‘n gemeenskap.

Verder is daar sprake van verskillende sub-temas soos: Verlies, versoening, vergifnis, vrywording.

TITEL:

Die titel Droomdelwers was die oorspronklike titel vir die reeks. Hierdie titel was egter volgens die SABC nie

“kommersieël” genoeg nie. Vir die roman het die titel egter die inhoud gekomplimenteer.

Figuurlik gesproke sal mens kan sê dat daar sprake is van verskillende karakters wat op een of ander wyse soekende is

na antwoorde, delwend na die vervulling van drome.

Verder is daar dan ook die letterlike delwing na graniet en die ontdekking van die vonds in die Kleinkloof, in die vorm van

die seldsame Dream Dolorosa.

AANBEVELINGS VIR LEERDERS:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

84

DROOMDELWERS: DIE LUISTERBOEK (CD)

Leerders, wat miskien nie ywerige lesers is nie, sal daarby baat vind om na die LUISTERBOEK op CD te luister.

Dit is die RSG voorlesing in 2012 deur Elize Cawood.

Sy het ‘n uitmuntende en aangrypende vertolking van die karakters gedoen.

SOUTMANSLAND: TV- REEKS OPNAMES:

Leerders moenie onder die indruk verkeer dat indien hulle na die TV reeks se opnames kyk, hulle nie die roman hoef te

lees nie. Soos reeds verduidelik, is dit twee verskillende mediums, wat tot noodwendige verskille lei. Dit raak veral die

karaktervorming, intrige, asook die ontknoping en die slot.

Ek wens die leerders alle seën en sukses toe. Ek hoop hulle sal hierdie ervaring aan die Weskus geniet.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

85

EKSTA AANTEKENINGE OOR DROOMDELWERS

TITEL

‘n Titel gee gewoonlik reeds ‘n aanduiding van die inhoud van die verhaal en / of ‘n sleutel tot die

tema.

“Droomdelwers”kan verwys na mense wat soek na hul drome / hul drome najaag. Dit kan op

verskillende karakters in die boek van toepassing wees. Spesifiek is daar Gilbert se droom van

die nuwe vakansieoord wat hy wil ontwikkel, maar daar is ook Lucia se droom van die sout-

besigheid wat sy vir Sielie wil ontwikkel.

Met die delf-gedeelte in gedagte dink ‘n mens aan die Van Hellbergs se besigheid waarmee hul

geld wil verdien om hulle drome waar te maak.

Delf beteken ook “soek na iets” , impliseer dis weggesteek – word hier ook in die boek gedelf na

die waarheid omtrent die gebeure op die dag van die ontploffing?

MILIEU

Die milieu verwys na die agtergrond waarteen ‘n verhaal afspeel. Dit sluit tyd en ruimte in.

“Droomdelwers” speel af in die moderne tyd (daar word verwys na selfone, viertrekbakkies en

minirokke en ‘n roomys kos R12. Op bl. 170 sê Gilbert sy oupagrootjie het die kerk en skool in

1906 gestig en dan sê die televisie-woordvoerder die vlaktevleiers leef al 99 jaar op huurgrond.

Dus is dit so ongeveer 2005.)

Die verhaal speel af teen die weskus van Suid-Afrika in die klein gemeenskap van Soutmansdal

(klen, blanke dorpie) waarbinne die kleinkloof ook val, met Vlaktevlei – bruin gemeenskap – direk

langsaan.) Die twee gemeenskappe lê naby die groot dorp Dwarsmansdal.

Daar is verskillende belangrike ruimtes bv. Redelinghuyse se hotel, ant Sweetie se kafee, die

kantore van die soutmyn, die soutmyn self, die kleinkloof, Pastoor Gerald se huis met die groen

hokkie, Die Bont Huis en Phil se huis. Silwerkruis-gevangenis met Leendra se sel word ook in

terugflitse geneom

TYDSVERLOOP IN DIE VERHAAL

Onder tydsverloop verstaan ons verteltyd en vertelde tyd. Vertelde tyd is die tydperk waaroor die

verhaal strek (Onbepaald maar sluit terugverwysings van meer as 7 jaar in, bv. wat op die dag

van Leendra se ongelukgebeur het) Verteltyd is hoe lank dit neem voor die leser die storie ken,

gemeet in ‘n aantal bladsye of tyd wat dit neem om die verhaal te lees.

VERTELLER

Onthou: die verteller is nie die skrywer nie.

Daar is 2 soorte vertellers:

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

86

Eerstepersoonsverteller (Verteller is een van die karakters in die verhaal, kan meer detail-inligting

gee, die leser emosioneel meer betrek, is gewoonlik geloofwaardig, want hy / sy is by al die

gebeure betrokke. Is gewoonlik subjektief)

Alomteenwoordige derdepersoonsverteller ( ‘n buitestaander vertel die verhaal , Is meer objektief,

hou leser emosioneel dalk meer op afstand.

In “Droomdelwers” word die verhaal chronologies en in die teenwoordigetydsvorm vertel deur ‘n

derdepersoonsverteller. Die skryfster gebruik egter ook ‘n eerstepersoons-verteller om

tydspronge in die verhaal te oorbrug. Sy vertelling word kursief gedruk om dit van die verhaalteks

te onderskei. Die vertelling word ook foneties geskryf sodat die leser uit die uitspraak en

woordgebruik aflei dat dit ‘n bruin inwoner van vlaktevlei is. Dit word ook in die verledetydsvorm

geskryf. Die vertelling is amper ‘n soort skinder-sameswering met die leser wat die leser meer

betrokke laat voel by die verhaal.

KONFLIK

Konflik help om spanning te bou in ‘n verhaal. Konflik kan uiterlik wees (die hoofkarakter vs. ‘n

ander karakter / die gemeenskap / ‘n stelsel / sy omgewing) of innerlik (in die gemoed van die

hoofkarakter deur botsing van behoeftes / drange / begeertes/ vrese ens.

In “Droomdelwers” kom uiterlike sowel as innerlike konflik voor. Uiterlik is daar die Redelinghuyse

se konflik met die Vlaktevleiers, Gilbert se stryd met Leendra, die stryd tussen Leendra en Patricia.

Innerlike konflik is bv. Gerald se sielestryd oor sy gevoelens vir Rebecca, Leendra se botsende

gevoelens jeens Samuel en Rudi se geheime gevoelens vir Ingrid.

FOKALISATOR

Dit verwys na die persoon uit wie se oogpunt die gebeure vertel word, d.w.s. die persoon op wie

gefokus word in die geval, Leendra.

TEMA

Tema is die hoofgedagte(s) / belangrike sake sentrale idee wat in ‘n verhaal aangeraak word. ‘n

Tema is altyd universeel, d.w.s. algemeen-geldend.

Belangrike temas in “Droomdelwers”

Reg en geregtigheid

Verwoestende effek van hebsug en geldgierigheid

Verhoudings

Minder belangrike tems is iets soos die hantering van trauma.

KARAKTERS

Die mense / diere wat in ‘n verhaal optree.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

87

Daar is 2 hoofgroepe karakters.nl. die hoofkarakter(s) en die newekarakters. Die hoofkarakter(s)

– gewoonlik een persoon, of ‘n klein groepie mense - is die belangrikste karakter(s). Hy / sy hulle

is die persoon / persone wat progressie / verandering ondergaan.

In dié verhaal is Leendra van Hellberg die hoofkarakter. Aanvanklik voel sy geestelik vasgevang

al is sy nie meer in die tronk nie en sê sy sal eers eendag vry wees wanneer sy die waarheid van

“daardie dag” (haar ouers se sterfdag) uitgevind het- wat toe wel gebeur het.

Newekarakters is gewoonlik die grootste groep karakters in ‘n boek. Dit is die minder-belangrike

karakters. Hier is dit bv. Boeta, Koster, Rebecca ens.

Karakters kan op twee maniere bekendgestel word: as ronde karakters of as plat karakters.

Ronde karakters is die karakters wat redelik breedvoerig beskryf word sodat dit voel asof jy as

leser hulle ken, jy weet wat aangaan in meer as een fasset van hul lewe ens. Hier kan ons vir

Leendra, Sielie, Phil Gilbert en Samuel as voorbeelde gebruik.

Plat karakters is karakters van wie die leser nie veel weet / hoor nie, daar word amper so half

toevallig ‘n paar maal na hulle verwys, hulle ondergaan byna geen ontwikkeling nie. Dink bv. aan

Mario, Vaatjie, Denver en Dagghie.

Let wel: Die hoofkarakter is gewoonlik ‘n ronde karakter en die newekarakters kan rond of plat

wees.

VERLOOP VAN DIE VERHAAL

In “Droomdelwers” is die aankoms van Leendra terug op Soutmansdal die motoriese moment wat

onmiddellik spanning skep toe die leser uitvind dat sy in die tronk was.

Die hoof-intrige (“plot”) is Leendra se soeke na die waarheid oor haar ouers se dood en die

bevryding wat vergifnis mag bring. Die (hoof)klimaks is wwr Sielie onthou wie haar ouers

doodgemaak het.

Sub-intriges is die liefdesdriehoeke van Leendra, Ferdinand en Patricia, asook van Gerald,

Jamaina en Rebecca. Dan is daar ook die Vlaktevleiers se verset teen gedwonge verskuiwing,

die ryk Redelinghuyse se manipulering van geldmag, Oubaas se verdwyning ens.

HOE OM ‘N LANGVRAAG AAN TE PAK:

Lees die vraag deeglik. Breek die vraag in onder-afdelings op, indien moontlik. Maak

seker van WAT jy moet doen, bv. bespreek, verduidelik, kontrasteer , gee jou mening ens.

Kry rofweg die feite i.v.m. die antwoord bymekaar.

Beplan jou antwoord. Elke paragraaf bestaan gewoonlik uit ‘n feit / stelling / punt wat

daarna verduidelik word en dan spesifieke voorbeelde uit die verhaal.

Jou antwoord moet bestaan uit ‘n Inleiding (EEN volsin, Omskryf vraag se inhoud), ‘n

lyfgedeelte (verskillende paragrawe) en ‘n slot (samevatting, konklusie, een paragraaf).

In die lyfgedeelte van jou antwoord is die kolletjies-onderwerpe in dieselfde volgorde as in

die vraag.

Daar moet ‘n duidelike slot wees.

Skryf netjies oor.

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

88

Moenie sub-opskriffies gebruik nie.

Skryf die getal woorde (lengte van vraag) onderaan.

Hou deurentyd die tyd wat jy het vir die betrokke vraag, asook die punte wat die vraag tel,

in gedagte.

Onderstreep die sleutelwoorde waar moontlik,bv. as karaktereienskappe gevra word,

onderstreep al die karaktereienskappe wat jy in jou antwoord noem.

RAAMWERK VIR LANGVRAAGBEPLANNING

Moontlike langvrae oor “Droomdelwers”:

1. Bespreek die ontstaan en ontwikkeling van die verhouding tussen Leendra en Samuel.

Verduidelik wat die dag van die ontploffing gebeur het wat gelei het tot die dood van die

Van Hellbergs en Leendra se gevangenskap. Motiveer die verskillende persone wat

betrokke was, se optrede.

2. Alhoewel Leendra uit die Silwerkruis-gevangenis vrygelaat is, het sy steeds nie vry gevoel

nie. Sy wou eers weet wat werklik op die dag van haar ouers se dood gebeur het.

Verduidelik kortliks hoe die volgende persone bygedra het daartoe dat sy antwoorde kon

vind: Sielie, Lucia en Samuel.

3. Verduidelik die vyandskap tussen die Redelinghuyse en Leendra.

Gevangenskap / vasgevangenheid is een van die temas in die verhaal. Verduidelik hoe

die tema van toepassing is op die lewens van Gerald, Sielie, Rudi en Leendra

4. Bespreek kortliks hoe gierigheid die lewens van Gilbert, die Vlaktevleiers en Phil beȉnvloed

het.

VOORBEELD-LANGVRAAG

SAAMGESTEL DEUR E VD WALT - 2020

89

Bespreek kortliks hoe gierigheid die lewens van Gilbert, die Vlaktevleiers en Phil beȉnvloed het.

Gilbert, die Vlaktevleiers en Phil was slagoffers van gierigheid.

Geld kan nie geluk koop nie – dié spreekwoord word weer eens as waar bewys in die lewe van

Gilbert Redelinghuys. Hy was deel van ‘n ryk familie. Hulle het ‘n groot stuk grond en ‘n

suksesvolle hotel besit en hy het met ‘n duur motor - ‘n Porsch- gery. Hy wou ‘n rykmansoord

bou op die grond van die Vlaktevleiers. Hy kon wel die oord op ‘n ander plek bou, maar dan sou

die drooglegging van die bou-area baie geld kos, daarom was dit nie vir Gilbert ‘n opsie nie. Hy

verkies die goedkoper uitweg, nl. om die Vlaktevleiers van hul grond af te sit, wat dan lei tot onmin

tussen die Redelinghuyse en die Vlaktevleiers bv. die vergadering wat oproerig raak en lei daartoe

dat Rudi gewond word. Gierigheid maak dus van Gilbert ‘n ongewilde persoon in die

gemeenskap. Gilbert het ook geld as afpersmiddel gebruik wat sy waardes onder verdenking

bring. Hy het geld vir Jamaina gegee om te gebruik na goeddunke in ruil daarvoor dat sy Vos

Philander probeer ompraat om nie die gemeenskap teen hom op te stook en vir Leendra gedwing

om saam met hom na Patricia se partytjie te gaan, om die skade aan sy motor wat deur Sielie

veroorsaak is, af te skryf.

Die Vlaktevleiers was ‘n rustige gemeenskap wat in vrede saamgewoon het totdat Gilbert se

gierigheid hulle uit Vlaktevlei wou verdryf. Die gebeure het hul vrede omvergewerp en die

gemeenskap opstandig gemaak. Dit het ook onderlinge verskille uitgebring bv. Vos wat voel hul

moet baklei vir hul regte terwyl ander persone voel hul moet maar hul lot aanvaar ter wille van die

vrede. Dit het ook die gemeenskap uitmekaar gedryf deurdat sommiges op Dwarsmansdal huise

gekry het, en ander nie.

Gierigheid het gemaak dat ook Phil sy waardes opsygeskuif het vir geld. Hy was by onwettighede

betrokke om meer geld te maak, hy het bv. met diamante gesmokkel. Hy het Koster se broer

doodgemaak na ‘n skelm diamanttransaksie. Daarna het hy sy spore probeer toevee deur die

ontploffing en ook vir Hendrik van Hellberg en sy vrou doodgemaak. Hy het geld uit die boedel

gesteel, self die soutmyn gekoop en vir Leendra gelieg oor haar pa se nalatenskap. Toe Leendra

hom konfronteer, het hy selfmoord gepleeg.

Gierigheid het dus die lewens van Gilbert, Phil en die Vlaktevleiers negatief beinvloed.

(396 woorde)