e f fees must fall - psg · die voorsitter van die amerikaanse federale reserweraad is vasgevang...

4
Marius Cornelissen Dit was ‘n lang en moeilike, maar tog merkwaardige jaar. Kom ons wandel deur die letters van die alfabet om terug te kyk na ‘n paar oomblikke wat die afgelope jaar definieer het. A Apple Ten spyte van ‘n uitdagende jaar, is die skepper van die beroemde iPhone nog steeds die grootste maatskappy in die wêreld met ‘n markkapitalisasie van byna $600 biljoen. B Brexit Brittanje het gestem om die Europese Unie te verlaat, wat tot die bedanking van die Eerste Minister, David Cameron, aanleiding gegee het. C Captain America: Civil War Die film met die hoogste omset in 2016, verdien meer as $1 miljard wêreldwyd. D Demokratiese Alliansie Die amptelike opposisie was die groot wenner in die plaaslike verkiesings en beheer nou ook Tshwane, die Stad van Johannesburg en Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit. E Eskom Die kragreus ondervind moeilike tye ná die bedanking van sy uitvoerende hoof, Brian Molefe, nadat hy genoem is in die verslag oor staatskaping. F Fees must Fall Nog ‘n jaar, nog ‘n rondte van protesaksie by universiteite. G Gordhan, Pravin Die Minister van Finansies is een van die mees bespreekte mense in Suid-Afrika in 2016. Terwyl hy sy bes probeer om ‘n krediet afgradering te voorkom, voer hy ook ‘n stryd teen magte in sy eie party. H Hlaudi Motsoeneng Dit was ‘n besige jaar vir die nou voormalige bedryfshoof van die SAUK, wat ook beweer dat hy die vermoë het om wonderwerke te verrig waar hy ook heengaan. I Isis Die terroriste-groep het weereens onskuldige lewens geëis met bomaanvalle in Brussels en Istanbul. J Juno Die NASA ruimtetuig is suksesvol in Jupiter se wentelbaan geplaas en stuur wetenskaplike data terug. K Kim Kardashian Die glanspersoon het die nuus gehaal toe haar juwele, ter waarde van $10.1 miljoen, gesteel was in Parys. Die A tot Z van 2016 NUUSBRIEF Desember 2016 Menlyn DESEMBER 2016 | 1

Upload: others

Post on 04-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: E F Fees must Fall - PSG · Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad is vasgevang tussen stygende rentekoerse en om Wall Street te paai. Tot dusver wen Wall Street

Marius Cornelissen

Dit was ‘n lang en moeilike, maar tog merkwaardige jaar. Kom ons wandel deur die letters van die alfabet om terug te kyk na ‘n paar oomblikke wat die afgelope jaar definieer het.

A AppleTen spyte van ‘n uitdagende jaar,

is die skepper van die beroemde iPhone nog steeds die grootste maatskappy in die wêreld met ‘n markkapitalisasie van byna $600 biljoen.

B BrexitBrittanje het gestem om die Europese Unie te verlaat, wat

tot die bedanking van die Eerste Minister, David Cameron, aanleiding gegee het.

C Captain America: Civil WarDie film met die hoogste omset in 2016, verdien meer as

$1 miljard wêreldwyd.

D Demokratiese AlliansieDie amptelike opposisie was die groot wenner in die plaaslike

verkiesings en beheer nou ook Tshwane, die Stad van Johannesburg en Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit.

E EskomDie kragreus ondervind moeilike tye ná die bedanking van

sy uitvoerende hoof, Brian Molefe, nadat hy genoem is in die verslag oor staatskaping.

F Fees must FallNog ‘n jaar, nog ‘n rondte van protesaksie by universiteite.

G Gordhan, PravinDie Minister van Finansies is een van die mees bespreekte

mense in Suid-Afrika in 2016. Terwyl hy sy bes probeer om ‘n krediet afgradering te voorkom, voer hy ook ‘n stryd teen magte in sy eie party.

H Hlaudi Motsoeneng Dit was ‘n besige jaar vir die nou voormalige bedryfshoof

van die SAUK, wat ook beweer dat hy die vermoë het om wonderwerke te verrig waar hy ook heengaan.

I IsisDie terroriste-groep het weereens onskuldige lewens geëis

met bomaanvalle in Brussels en Istanbul.

J JunoDie NASA ruimtetuig is suksesvol in Jupiter se wentelbaan

geplaas en stuur wetenskaplike data terug.

K Kim KardashianDie glanspersoon het die nuus gehaal toe haar juwele, ter

waarde van $10.1 miljoen, gesteel was in Parys.

Die A tot Z van 2016

NUUSBRIEFDesember 2016

Menlyn

DESEMBER 2016 | 1

Page 2: E F Fees must Fall - PSG · Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad is vasgevang tussen stygende rentekoerse en om Wall Street te paai. Tot dusver wen Wall Street

L Leonard CohenDie bekende sanger, liedjieskrywer, kunstenaar, digter,

skilder en skrywer is in November oorlede.

M Moody’s Die kredietgraderingsagentskappe het weereens ‘n

afgradering van Suid-Afrika se skuld oorweeg. Op Vrydag, 25 November, het hulle ‘n verslag vrygestel wat nie die huidige kredietgradering bevestig of aangepas het nie.

N NkandlaDie Konstitusionele Hof het uiteindelik die sage tot ‘n

einde gebring, deur President Zuma opdrag te gee om van die skuld vir die opgradering terug te betaal.

O OlieDit was ‘n wisselvallige jaar vir olie, maar ooraanbod

onderdruk steeds die prys.

P Panama PapersHierdie sensitiewe dokumente het belastingontduiking

deur individue en maatskappye aan die lig gebring.

Q Quinton de KockDie jong Proteas paaltjiewagter is stadig maar seker

besig om rekords te breek. Op die ouderdom van 23 het hy reeds meer internasionale eendaagse honderdtalle as wat Graeme Smith het in sy hele loopbaan behaal het.

R RandDie geldeenheid het sterk teruggeveg na die Nene-gate-

sage, maar is steeds kwesbaar vir verdere skokke.

S Springbokke‘n Eerste nederlaag teen Italië en ‘n rekord nederlaag teen

Nieu-Seeland het hulle oor ‘n diep afgrond gedompel.

T TrumpTrump het die wêreld en voorspellings geskok deur die die

Amerikaanse presidensiële verkiesing te wen, wat die tafel dek vir ‘n baie interessante vier jaar vorentoe.

U Usain BoltNog ‘n Olimpiese Spele, nog drie goue medaljes vir die

mees suksesvolle naelloper van alle tye.

V VBS Mutual BankHierdie klein bank het ‘n lening aan President Zuma toe-

gestaan om hom in staat te stel om sy skuld vir Nkandla te betaal.

W Wayde van NiekerkOns 400m sensasie het nie net goud in Rio gewen nie,

maar ook Michael Johnson se ikoniese rekord verpletter.

X Xi JinpingDie Chinese president neem ‘n nuwe rol aan om die

Chinese ekonomie meer oop te stel vir globale handel.

Y YellenDie voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad

is vasgevang tussen stygende rentekoerse en om Wall Street te paai. Tot dusver wen Wall Street.

Z ZikaDie muskiet-oordraagbare virus het die nuus getref net

voor die Olimpiese Spele in Rio, wat besoekersgetalle en selfs atleet deelname beïnvloed het.

DESEMBER 2016 | 2

Page 3: E F Fees must Fall - PSG · Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad is vasgevang tussen stygende rentekoerse en om Wall Street te paai. Tot dusver wen Wall Street

Brait – Brait te koop

Etienne Meyer

Brait is ‘n beleggingshouer maatskappy en nog een van Christo Wiese se ondernemings. Brait bestaan hoofsaaklik uit vier onderliggende beleggings in die vorm van Virgin Active, Premier Foods, Iceland Foods en die nuutste aanwins, Britse handelaar New Look. Brait bied ‘n diverse en gekonsentreerde portefeulje vir sy aandeelhouers aan wat oor verskeie sektore en streke soos Europa, Asië en Afrika versprei is.

Brait se aandeelprys het onlangs onder geweldige verkoopsdruk gekom, en terwyl die aandeel ‘n jaar gelede teen ‘n vlak van R174 verhandel het, tans kort duskant R90 verhandel. As gevolg van ‘n wisselvallige rand/pond wisselkoers en ongunstige handelstoestande in Europa wat ‘n uitwerking op New Look en Iceland Foods het, verhandel Brait se aandeelprys heelwat laer as die maatskappye se netto batewaarde per aandeel van ‘n R105.60 (soos deur Brait berig op 30 September).

Brait ervaar tans die wind van voor, insluitend as gevolg van die voortslepende droogte in Suid-Afrika (wat impakteer op Premier Foods), maar bied nog goeie langtermyn waarde aan in die vorm van Virgin Active, met ‘n soliede basis, annuïteitsinkomste en goeie groeigeleenthede in Asië.

New Look ervaar korttermyn uitdagings, maar hulle langtermyn vooruitsigte lyk belowend veral in Asië met hulle voortdurende veranderende, meer verbruikers gebaseerde ekonomie.

Ons voel dat Brait op sy huidige verhandelingsvlakke ‘n goeie aanwins tot die langtermyn portefeulje sal wees.

Brait: Aandeelprys

Jan2012 2013 2014 2015 2016

Jul Jan Jul Jan Jul Jan Jul Jan Jul

Bronne:Stocks and Strategywww.reuters.com www.ftmarkets.com

Desember vakansie wink – Is u gereed?

Ulandi Janssen

Dit is daardie tyd van die jaar wanneer almal net een ding in gedate het - die einde van die jaar vakansie. Ek het gedink dat dit gepas is om u te voorsien met twee handige kontrolelyste om te verseker dat u ‘n heerlike, ontspanne vakansie geniet, wetende dat alles in orde is

U vakansie kontrolelysDrie weke voor u reis:

• Vind uit of Visas nodig gaan wees.• Besoek u dokter om te reel vir inentings of medikasie

benodig vir u bestemming.• Bevestig besonderhede van u reis reëlings na en van die

lughawe.• Het u die nodige magtiging van u bank om u voertuig oor

die grenspos te bestuur?• Is u paspoort geldig vir nog 6 maande nadat u die land

weer betree het?

Twee weke voor u reis:

• Het u u buiteladse valuta bestel?• Het u u sekuriteitsmaatskappy in kennis gestel dat u

weggaan?

Een week voor u reis:

• Het u ‘n buurman/vrou laat weet dat u weggaan en dat hulle ‘n ogie moet hou?

• Is u Testament opdateer en op ‘n veilige plek bewaar?

Drie dae voor u reis:

• Bevestig u bagasie beperkings met die lugdiens maatskappy waarvan u gebruik maak.

• Bevestig weereens die besonderhede van u reis reëlings na en van die lughawe.

• Reël om u kontakbesonderhede, huis sleutels en alarm kodes vir ‘n familielid of vriend te los.

• Bevestig dat alle kredietkaarte geaktiveer is.

Dag wat u vertrek:

• Bevestig of daar enige vlugvertragings is. • Verseker alle vliegkaartjies, visas, buitelandse valute en

paspoorte is veilig in u reissak. • Maak seker alle elektriese toebehore afgeskakel en

uitgeprop is. • Maak seker alle vensters is toe en deure is gesluit. • Maak seker u het die korrekte kontaknommers in geval

van gesteelde of verlore krediet- of debietkaarte.

DESEMBER 2016 | 3

Page 4: E F Fees must Fall - PSG · Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad is vasgevang tussen stygende rentekoerse en om Wall Street te paai. Tot dusver wen Wall Street

MENLYN | Newlands Kantoorpark, Grondvloer, Blok B, Lois Laan 261 , Newlands, Pretoria 0049 | Posbus 118, Newlands, Pretoria 0049 | Tel: 012 368 1778 | Faks: 012 368 1770

Die opinies in hierdie dokument is dié van die skrywer en nie noodwendig die van PSG nie. Dit verteenwoordig nie advies nie. Alhoewel hoë sorg geneem is in die navorsing en voorbereiding van hierdie nuusbrief, kan geen verantwoordelikheid geneem word vir enige optrede gebaseer op inligting in hierdie nuusbrief nie. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n goedgekeurde finansiële dienste verskaffer. FDV 728

U finansiële kontrolelys1. Verseker dat u genoegsame reis versekering in plek het.2. Is u Testament op datum en op ‘n veilige plek gestoor?3. Het u voldoende likiditeit in u boedel sowel as genoeg

voorsiening vir u geliefdes om voort te gaan met hul daaglikse verantwoordelikhede indien iets met u sou gebeur?

4. Het u begrafnisdekking?5. Is u begunstigdes op u bestaande risikodekking steeds

korrek?6. Het u genoegsame ongeluksdekking in plek? Dit is

relatiewe goedkoop versekering en betaal uit in die geval van dood of permanente ongeskiktheid as gevolg van enige vorm van ongeluk (bv. motorongeluk/skietongeluk/vliegongeluk ens – enige onnatuurlike oorsaak van dood of permanente ongeskiktheid). Bowenal is daar geen mediese onderskrywing betrokke indien die dekking by Sanlam geplaas word nie.

7. Kontak my asseblief indien u ‘n behoefte aan enige van die bogenoemde punte het. [email protected] of 071 607 2968.

Bron: Sanlam

Die wonders van geduld

Ben Fraser

Het jy al ooit probeer om ‘n warm koppie koffie te drink terwyl jy op ‘n ongelyke pad ry? Die kanse is goed dat jy meer koffie op jou klere gaan kry as in jou mond. Soortgelyk hieraan is om te probeer om korttermyn winste te maak om uit ‘n slegte situasie te probeer beweeg. Die kanse vir verliese is baie goed.

Oor die afgelope twee jaar het ons geweldige onstuimigheid in die mark

ervaar. In teendeel, die totale prestasie van die mark oor die afgelope twee jaar was maar 4%, wat op ‘n jaarlikse syfer van ongeveer 1.98% uitwerk.

Nov14

14121086420

-2-4-6-8

Jan15

May15

Jul15

Sep15

Nov15

Jan16

Mar16

May16

Jul16

Sep16

Nov16

Bron: www.investecassetmanagement.com

Ons word gereeld gevra wat om te doen, hoe om te reageer en wat die toekoms vir ons inhou met betrekking tot die mark. Hieronder is ‘n paar punte om na te volg in onstuimige marktoestande en ook om ‘n verandering in denkwyse aan te bring.

Moet ek omskakel uit my huidige posisie as gevolg van swak prestasie?Nee. Sit terug, ontspan en kyk hoe die omstandighede uitspeel. Ons benadering tot beleggings en advies is om fondse te gebruik wat ‘n sterk geskiedenis het, deur die goeie en slegte tye. Ons hou hierdie fondse konstant dop om te verseker dat die fondsbestuurder se benadering in-lyn is met kliënte se beleggingsdoelwitte, asook die besluite neem wat met ons uitkyk op die mark ooreenstem. In tye soos hierdie is dit nie noodwendig ‘n spesifieke fonds wat swak presteer nie, maar meer ‘n oorhoofse ‘mark probleem’.

Wat is julle uitkyk op die huidige markomstandighede?Tye is taai en 2016 was ‘n besondere moeilike jaar. Uit ‘n waardasie perspektief glo ons dat die plaaslike mark uitstekende waarde bied, terwyl sterker groeivooruitsigte die Amerikaanse markte tot nuwe hoogtes kan dryf. Ons verstaan dat beleggers bekommerd is in tye soos hierdie. Onthou dat ons ook beleggers is en dieselfde emosies ervaar. Ons is al deur baie storms oor die afgelope twintig jaar, van die Asiatiese krisis in 1997, die Russiese en Suid-Amerikaanse kwessies in 1998, die pyn van 11 September 2001 en natuurlik die Bear Stearns/Lehman Brothers debakel wat gelei het tot die wêreldwye finansiële krisis van 2008/9. Ook hierdie wat ons tans beleef sal verbygaan.

Wat moet ek doen in die huidige markomstandighede?Vir optimale groei is dit beste praktyk om teen die laagste moontlike prys te belê en op die hoogste moontlike prys uit die belegging te onttrek, met betrekking tot elke mark-siklus. Alhoewel dit moeilik is om presies te bepaal wanneer ‘n spesifieke bate wel op sy laagste punt en ook wanneer dit op sy hoogste punt is, is dit so dat dit nie ‘n goeie idee is om uit ‘n posisie te beweeg wanneer die vlakke baie laag is of in ‘n posisie in te beweeg wanneer dit op ‘n hoogte punt is nie. Om daardie rede, in tye waar die mark op ‘n laagte punt is, is dit beter om, sover moontlik, soveel as moontlik te belê. Die opwaartse potensiaal vir iets wat op sy laagste is, is baie groter as iets wat ‘n entjie van die grond af is. Deur geduldig te wees, sal beleggings waarskynlik die waardevolle vrugte lewer wat in-lyn met jou behoeftes en beleggingsdoelwitte is. Ons advies is om rustig te bly in hierdie situasie en te wag tot die omstandighede opklaar. Die langtermyn beloning is altyd groter as die korttermyn onsekerheid.

GeseëndeeesseisoenFDESEMBER 2016 | 4