Graad 10 TAALHERSIENING
Bestudeer
die strokiesprent hieronder en skryf dan die sinne wat daarop gebaseer is oor soos aangedui. Moenie die basiese betekenis van die sinne verander nie.
8.1 Zits sê: “Ek kan nie meer wag om universiteit toe te gaan nie.”Zits sê dat... (1)
8.2 Zits moet na ‘n goeie universiteit toe gaan.Volgende jaar... (1)
8.3 Zits hou baie van partytjies. Hy wil in die koshuis bly.Aangesien... (1)
8.4 Matrieks moet baie hard vir die eksamen leer om te slaag.Matrieks behoort.... (1)
8.5 Graad 12 is die belangrikste jaar van jou lewe.In die verlede... (1)
8.6 Was jy al ooit by ‘n koshuis tydens ‘n partytjie?Nee,... (1)
8.7 Zits het Vrydag ‘n partytjie by sy huis gehou.‘n Partytjie.... (1)
8.8 Pa sê vir Zits dat hy by die regte universiteit moet aansoek doen.Pa sê vir Zits:" (1)
8.9 Die seun gaan studeer by ‘n universiteit om ‘n goeie werk te kry.Die seun gaan studeer by ‘n universiteit sodat... (1)
8.10 Die graad 12’s studeer elke aand hard in hulle kamers om die toetse te slaag.Elke aand.... (1)
8.11 Zits wil universiteit toe gaan omdat hy partytjies wil hou.Zits wil universiteit toe gaan om... (1)
8.12 Die meisie het blonde hare. Zits gaan saam met die meisie na die Matriekafskeid toe.
Die meisie saam met wie... (1)
[12]VRAAG 9 WOORDSTRUKTURELees die paragrawe wat op die spotprent hieronder gebaseer is. Doen elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf die nommer en die korrekte antwoord neer.
[Bron: Beeld, 24/09/2014]
Op 9.1 (24 – skryf die getal voluit) September 9.2 (vier/vuur – kies die korrekte
woord) ons Erfenisdag. Deesdae staan die dag ook bekend as Braaidag en dit is‘n
dag waarop alle 9.3 (S.A. – gee die persoonsnaam) ‘n vleisie op die kole gooi.
Die man 9.4 (wie/wat – kies die korrekte woord) Braaidag bekend gemaak het, is
Jan Scanell, beter bekend as Jan Braai. Hy het ‘n nuwe Guinness-wêreldrekord
opgestel vir die man wat die 9.5 (lank – gee die oortreffende trap) kon braai.
Vandag is Jan Braai 9.6 (beroemd – gee die intensiewe vorm) vir sy lekker
braairesepte.
Alhoewel ons 9.7 (elke jaar – gee een woord) op Erfenisdag ‘n tjoppie braai, moet
ons nie 9.8 (onthou – gee die antoniem) 9.9 (oor + wat – gee die korrekte vorm
van die woord) dit werklik gaan nie. Op Erfenisdag gedenk ons ons verskillende
9.10 (kultuur – gee die meervoud), tale en gebruike. Dis ‘n dag waarop ons ons
9.11 (passion – gee die Afrikaanse woord) vir ons land en ons mense wys. Al raak
ons soms kwaad 9.12 (met/vir/van – kies die korrekte voorsetsel) mense wat
anders as ons is, is dit juis ons andersheid wat ons uniek maak.
Maak dus die meeste van hierdie 9.13 (opgewonde/opwindende – kies die
korrekte woord) dag. Nooi al jou vriende en braai sommer die 9.14 (julle/hele/hulle
– kies die korrekte woord) dag lank. So, kry jou blits en hout reg, maak jou
9.15 (glase – gee die verkleinwoord) vol en hou ons 9.16 (land + vlag – vorm ‘n
samestelling) hoog![16 x ½ = 8]