die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. die meulenaar maal...

6
Die rooi hennetjie Deursettingsvermoë Lank, lank gelede, toe hoenders nog hoog kon vlieg, het daar ’n oulike rooi hennetjie op ’n plaas gebly. Een mooi sonskyndag stap sy op die werf en tel ’n paar koring- korrels op. Sy neem die koringkorrels na haar plaasvriende toe en vra: “Wie gaan my help om hierdie koring te plant?” “Nie ek nie,” sê die kat. “Ek is nie lus nie.” “Nie ek nie,” sê die eend. “Ek weet nie hoe nie.” “Nie ek nie,” sê die vark. “Ek sien nie kans nie.” “Dan sal ek die koring self plant,” sê die rooi hennetjie. En dit is presies wat sy doen. Die rooi hennetjie sorg mooi vir haar koring en gee dit gereeld water. Uiteindelik is dit ryp en reg om geoes te word. “Wie sal my help om die koring te oes?” vra die rooi hennetjie vir haar plaasvriende. “Nie ek nie,” sê die kat. “My rug is seer.” “Nie ek nie,” sê die eend. “My poot is seer.” “Nie ek nie,” sê die vark. “My maag is seer.” “Dan sal ek self die koring oes,” sê die rooi hennetjie. En dit is presies wat sy doen. Toe gaan sy weer na haar plaasvriende toe. “Wie sal my help om die koring na die meulenaar te neem?” vra die rooi hennetjie. “Nie ek nie,” sê die kat. “Dis te warm.” “Nie ek nie,” sê die eend. “Dis te laat.” 94

Upload: others

Post on 07-Jun-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

Die rooi hennetjieDeursettingsvermoë

Lank, lank gelede, toe hoenders nog hoog kon vlieg, het daar ’n ou like rooi hennetjie op ’n plaas gebly.

Een mooi sonskyndag stap sy op die werf en tel ’n paar koring-korrels op. Sy neem die koringkorrels na haar plaasvriende toe en vra: “Wie gaan my help om hierdie koring te plant?”

“Nie ek nie,” sê die kat. “Ek is nie lus nie.” “Nie ek nie,” sê die eend. “Ek weet nie hoe nie.” “Nie ek nie,” sê die vark. “Ek sien nie kans nie.” “Dan sal ek die koring self plant,” sê die rooi hennetjie. En dit

is presies wat sy doen.Die rooi hennetjie sorg mooi vir haar koring en gee dit gereeld

water. Uiteindelik is dit ryp en reg om geoes te word.“Wie sal my help om die koring te oes?” vra die rooi hennetjie

vir haar plaasvriende.“Nie ek nie,” sê die kat. “My rug is seer.” “Nie ek nie,” sê die eend. “My poot is seer.” “Nie ek nie,” sê die vark. “My maag is seer.” “Dan sal ek self die koring oes,” sê die rooi hennetjie.

En dit is presies wat sy doen.Toe gaan sy weer na haar plaasvriende toe.“Wie sal my help om die koring

na die meulenaar te neem?” vra die rooi hennetjie.

“Nie ek nie,” sê die kat. “Dis te warm.”

“Nie ek nie,” sê die eend. “Dis te laat.”

94

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 94 2014/09/01 4:24 PM

Page 2: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

“Nie ek nie,” sê die vark. “Dis te ver.” “Dan sal ek dit self na die meulenaar neem,” sê die

rooi hennetjie. En dit is presies wat sy doen. Sy swoeg en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak.

Die rooi hennetjie sit die sak op haar rug en sukkel weer die hele ent pad terug plaas toe.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 95 2014/09/01 4:24 PM

Page 3: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

“Wie sal my help om hierdie meel na die bakker te neem?” vra sy haar plaasvriende.

“Nie ek nie,” sê die kat. “Die bakker is te kwaai.” “Nie ek nie,” sê die eend. “Die

bakker is te suur.” “Nie ek nie,” sê die vark. “Die

bakker is te duur.” “Dan sal ek self die meel na

die bakker toe neem,” sê die rooi hennetjie. En dit is pre-sies wat sy doen. Die bakker gebruik die meel om ’n heer-like brood te bak. Die rooi hen bedank hom, draai die brood in ’n rooi doek toe en dra dit terug plaas toe.

Die rooi hennetjie is skaars terug of al drie haar plaas vriende kom aan ge draf.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 96 2014/09/01 4:24 PM

Page 4: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

“Wat ruik so lekker?” vra die kat.“Wat lyk so lekker?” vra die eend.“Wat voel so lekker?” vra die vark.“Wie sal my help om hierdie heerlike brood te eet?” vra die rooi

hennetjie vir haar plaasvriende.“Ek sal!” sê die kat. “Met lekker dik botter!” “Ek sal!” sê die eend. “Met vyekonfyt vir my!” “Ek sal!” sê die vark. “En ’n beker koffie daarby!” “O nee, julle sal nie!” sê die rooi hennetjie. “Ek gaan hierdie

heer like brood stoksielalleen opeet.”Dit is presies wat die rooi hennetjie gedoen het ... met botter en

vyekonfyt en ’n beker koffie daarby.En nie een van die drie het ’n krieseltjie gekry nie!

97

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 97 2014/09/01 4:24 PM

Page 5: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

98

Vir die kindOm deursettingsvermoë te hê beteken om soos die kaptein van ’n seilboot op die groot see te wees. Hy weet presies waarheen hy op pad is sonder om sy bestemming te kan sien. Nie storms of gevare kan hom keer om dit te bereik nie. Al kan die reis ’n jaar lank duur, lê hy getrou elke dag se afstand af.

Ons is ook soms op ’n reis. Partykeer is dit om te leer lees of die reëls van ’n sportsoort te verstaan. Ander kere is dit om somme te doen, ’n graad te slaag of nuwe vriende te maak.

Dit is moeilik om deur te druk en aan te hou as alles verkeerd loop en niemand jou wil help nie. Onthou, niks wat die moeite werd is, gebeur maklik nie. Nelson Mandela was 27 jaar in die tronk voordat hy president geword het.

Vir die ouer en onderwyserSukses hang meestal nie van intelligensie af nie, maar van deur-set tingsvermoë en die geduld om weer en weer te probeer. Om ’n kind hiermee toe te rus, is een van die grootste geskenke wat ’n ouer of onderwyser ooit kan gee. Begin by die stel van eenvoudige doelwitte. Een tree op ’n slag in die regte rigting sál uiteindelik resul tate lewer. Hou die volgende in gedagte:

Glo in elke kind se unieke vermoë om sukses te behaal. Hou altyd sy ouderdom en vaardighede in gedagte. Laat die kind toe om te kies of hy byvoorbeeld gimnastiek wil doen of eerder kunsklasse wil bywoon. Moenie toelaat dat jou eie drome en ideale die kind se drome kaap nie. Hy hoef nie eensklaps ’n kampioen te word nie. Help die kind om realistiese doelwitte te stel en ’n prentjie in sy gedagtes daarvan te vorm. Herinner hom veral daaraan wan neer hy sukkel. Help die kind om te onderskei tussen optrede wat deur settings-vermoë bevorder en optrede wat dit in die wiele ry.

Vir die kindOm deursettingsvermoë te hê beteken om soos die kaptein van ’n

Vir die kindOm deursettingsvermoë te hê beteken om soos die kaptein van ’n

Vir die ouer en onderwyserSukses hang meestal nie van intelligensie af nie, maar van deur-

Vir die ouer en onderwyserSukses hang meestal nie van intelligensie af nie, maar van deur-

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 98 2014/09/01 4:24 PM

Page 6: Die rooi hennetjie...en sweet en hyg en blaas met die swaar sak tot by die meul. Die meulenaar maal die koring totdat dit spierwit meel is. Toe gooi hy dit in ’n sak. Die rooi hennetjie

99

Stel die kind gerus dat almal foute maak – selfs die skoolhoof en staatspresident. Die verskil is of die persoon bereid is om weer te probeer. Help die kind om ’n taak wat onmoontlik lyk in kleiner dele op te breek wat meer hanteerbaar is. So verseker jy dat hy ge-reeld sukses smaak. Stel dit duidelik dat tou opgooi nie ’n opsie is nie. Moenie ver-skonings aanvaar vir ’n onafgehandelde taak nie. Versterk die kind se selfvertroue. Soms is jou teenwoordigheid genoeg motivering. Ander kere help jou eerlike terugvoering weer om die uitdaging in perspektief te sien. Prys elke bietjie vordering, veral as die kind sukkel. Herinner hom aan vorige suksesse en hoe goed dit gevoel het. Moedig die kind aan om verantwoordelikheid te aanvaar en self besluite te neem. Bied ondersteuning, maar gee ook ruimte vir eksperimente-ring. Soms is dit nodig dat ’n kind sy kop stamp om al ter na-tiewe metodes te oorweeg. Betrek die kind by jou eie doelwitte, byvoorbeeld die aanlê van ’n groentetuin of die versiering van die klas. Dit gee hom ’n idee van hoe die proses werk. Maak die kind bewus van mense wat deursettingsvermoë aan die dag gelê het om sukses te behaal. Benadruk dat die lang en moeilike pad met vreugde, trots en selfvertroue beloon word wat baie meer werd is as enige prys. Vertel die kind van probleme wat jy moes oorkom en swak ge woontes wat jy moes afleer om ’n doelwit te bereik. Help die kind om gewoontes te identifiseer wat hom verhoed om doel-witte te bereik. Gee die kind gereeld geleentheid om nuwe dinge te probeer. Onthou, jou verhouding met die kind is veel belangriker as by voorbeeld die verskil tussen ’n derde en vierde plek.

vertel_vir_my_n_storie_binne.indd 99 2014/09/01 4:24 PM