die pad saam - vkb.co.za · maak jou kind groot met die here se beloftes my bybelbeloftes 50...

52
Uitgawe 12 - April 2012 Veelekke Is dit werklik nodig? Vee-aanleg vordering Versekering - veldbrande Rentekoerse kan laag bly Risikobestuur Angus: Waarheid in liefde Wen groot met ons foto-kompetisie Só lyk VKB se 2020-visie Die Pad Saam

Upload: others

Post on 13-Sep-2019

12 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Uitgawe 12 - April 2012

Veelekke Is dit

werklik nodig?

Vee-aanleg vordering

Versekering - veldbrande

Rentekoerse kan laag bly

Risikobestuur

Angus:Waarheid in

liefde

Wen grootmet ons

foto-kompetisie

Só lyk VKB se 2020-visie

Die Pad Saam

B

365 - dít is hoeveel dae in ’n gewone jaar is. Ook hoeveel keer in die Bybel geskryf staan: “Moenie vrees nie” of “Moenie bang wees nie”.

Sit jy vandag met ‘n vrees wat dreig om jou te oorweldig? Vrees jy dat jou huwelik in ’n egskeiding kan eindig; dat jy by die werk afgelê gaan word; of dat jy teen die einde van die maand nie jou rekeninge sal kan betaal nie? Luister dan weer na vyf van dié 365 teksverse wat jou staande kan hou:

Psalm 27:1 – “Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?”

Jesaja 35:4 – “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier. God kom julle red!”

Jesaja 41:10 – “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.”

Mattheus 10:31 – “Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Johannes 14:27 – “Vrede laat Ek (Jesus) vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.”

God is elke dag van die jaar by jou om jou deur enige 11 mm krisis te dra. Hy het reeds oplossings vir uitdagings wat jy nog nie eens in die gesig gestaar het nie. Hy kan aan jou ’n deurbraak bewerkstellig uit enige onmoontlike situasie. Al wat jy moet doen: “Moenie bang wees nie, moenie vrees nie!” Sterkte.

Gebed:

Vader God, baie dankie dat U nie vir my ’n gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar ‘n gees van liefde, krag en selfbeheersing. Help my om te midde van elke vrees te onthou dat U die laaste sê het. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

- Benescke Janse van Rensburg

UIT DIEWOORD

Maak jou kind groot met die Here se beloftes

My Bybelbeloftes50 Bybelbeloftes vir haasbekkies met rooimiere Deur Susan GoosenR149,95

Volkleur prenteboek met 'n skatkis vol beloftes uit die Bybel. Voorlees en selfl ees. Ryklik geïllustreer met 50 aktiwiteite vir jong kinders van 3 tot 7 jaar.

gjou redié 3

Psalmbang

Jesajhier.

JesajbekoEk ho

Mattwerd

M5mR

Vve5v

Direkte bestelling: [email protected] E-aankope: www.bybelmedia.co.zaDeeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA Besoek ons op Facebook

Moenie vrees nie…

11

Ontwerp, uitleg en druk

www.infoworks.bizTel: (018) 468-2716

In dié uitgawe...

Die Pad Saam

2 Uit Anelie se pen Redakteursbrief: Aangenaam, dis lekker om te ontmoet3 VKB en NTK – Visie 20204 Positiewe resultate tydens inligtingsweek getoon6 VKB fi nansiële resultate April tot Desember 20117 Rentekoerse kan lank laag bly8 VKB is verbind tot ons produsent-ontwikkelingsprogram9 Upcoming farmers honoured by VKB10 Certifi cation ceremony at NTK11 Nu-pro se spesifi kasies vir lekke14 Lekke bevorder goeie gesondheid by jou diere16 Beesvirusdiarree kan effektief bestuur word14 Sterk optrede nodig teen veediefstal16 Beesvirusdiarree kan effektief bestuur word20 Die Lombards: 'n pa-en-seun wenspan22 Uitstekende vooruitsigte vir veevoeraanleg26 In gesprek met: Doctor Radebe27 Warm water teen 'n sakpas-prys29 Ontmoet Jacobus Wentzel van Boer Soek 'n Vrou-faam30 Fuchs – a company to be reckoned with32 Risikobestuur in 'n neutedop33 Veldbrande – 'n risiko om mee rekening te hou34 Loonverhogings bekommer produsente Vaalwater doen dit weer!36 Die waarheid in liefde38 Boervrou in murg en been40 Soccer tournament brings municipalities together NTK meets goverment offi cials VKB Damesdag: Moet dit nie misloop nie!41 Lojale NTKaners word erken Welkom aan Ruan Kruger Ontmoet die nuwe implemente- en trekkermanne42 Bieliemieliefees 2012 fotoblik NTK Nylstroom betrokke by Weesgerus43 NTK Landmark op Naboom borg tuinbouklub44 Suduko: Pret vir die hele gesin45 Fotokompetisie: Wen meer as R10 000 se pryse46 Die Pad Saam bootrit47 Raad oor die huwelik: Uit die mond van die suigeling Leer by jou hond48 So 'n paar interessante wenke vir vroue

EindredakteurKoos Janse van Rensburg

VKB-redaksieHannelie CronjePosbus 100Reitz 9810Tel: (058) 863-8223Web: www.vkb.co.zaE-pos: [email protected]@vkb.co.za

2222

2020

44

NTK-redaksieTienie RasDelene SnymanPosbus 29Nylstroom/Modimolle 0510Tel: (014) 719-9211Web: www.ntk.co.zaE-pos: [email protected]

UitgewersVKB en NTK

2626

3838

4646

Alle regte van DIE PAD SAAM word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg. Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers

of medewerkers nie.

Uit se pen

In Januarie vanjaar was ek by my dogter (Graad 8) in Voor trekker Hoërskool Bethlehem se ontgroeningskonsert. Om eerlik te wees, die geskreeu van die kinders het my effens onkant betrap, maar wat my wel geweldig beïndruk het, is die volgende:

Die hoofmeisie van die koshuis het die storie vertel van die vrou wie se motor gaan staan het. Daar het ‘n jongman by haar gestop, homself voorgestel as Abrie en gevra of hy kan help. Aanvanklik was sy bang, maar het darem ingestem dat hy kan help. Nadat hy die motor herstel het, het sy aan hom gevra wat sy hom skuld, waarna sy antwoord was: “Niks nie.” Al wat hy vra is dat as iemand hulp nodig het, sy die persoon ook moet help.

Verbaas groet sy die jongman en ry verder. By ‘n vulstasie stop sy om gou iets te gaan eet. ‘n Hoog swanger meisie bedien haar. Sy kon sien die meisie is moeg, maar sy is steeds vriendelik en behulpsaam. Tydens hul gesprek kon sy agterkom dat die meisie as weens fi nansiële redes móét werk. Die meisie bring later vir haar die rekening en stap weg. Na ‘n rukkie kom die meisie terug, maar die vrou is reeds weg. Sy maak die rekening oop en daar is die rekening se geld plus ‘n ekstra R600. Sy kon haar oë nie glo nie, en kon nie wag om terug te gaan huis toe nie.

By die huis gekom is haar man reeds in die bed. Sy klim saggies agter sy rug in en sê, “Abrie moenie meer stres nie; ek het vandag die geld gekry wat nog uitstaande is vir die bevalling.”

Na dié storie het die hoofmeisie ‘n gebed gedoen en weer was my verbasing groot toe ek al die seuns sien opstaan en die dogter langs my sê vir my, “Tannie, hou my hand vas.” Daar sit die hele ry en hou hande vas.

Kom ons leer by die kinders – hou hande was en help mekaar.

Hierdie uitgawe is vol interessante artikels. Koos se inligtingsvergadering saam met die produsente was ‘n groot sukses. Sy boodskap, Die Pad Vorentoe, oor VKB se visie, is baie insiggewend – lees dit gerus.

Dan is daar Hannes Dreyer se artikel, Is lekke werklik nodig? Ook interessante artikels oor die vordering van die veevoerfabriek en die opkomende produsent dr. Radebe (hier beïndruk sy deursettingsvermoë, en hy praat net met lof en trots van sy VKB-lidmaatskap), om maar enkeles te noem.

Daar is ook ‘n spesiale aanbod vir ‘n ongeloofl ike bootreis. Manne, ek dink dit is tyd dat julle jul vrouens bietjie bederf – daar is gelukkig nog baie kans om te spaar vir hierdie “Boere Cruise”.

Ek nooi elkeen uit om vir my ‘n e-pos of brief te stuur met enige nuuswenke. Sê vir my waaroor jy graag sal wil lees en/of op watter vrae jy antwoorde soek. In die volgende uitgawe gaan ons twee blaaie afstaan aan briewe van ons lesers. So, ek sien uit daarna om briewe van ons lesers te ontvang. Indien ek nie self kan antwoord nie, sal ek kundiges op die spesifi eke gebied kry om dit te beantwoord. My adres is: Hannelie Cronjé, Posbus 100, Reitz, 9810 of e-pos: [email protected].

Ek wil afsluit met net ‘n paar woorde oor myself. Ek het in Desember vanaf Somerset-Wes in die Kaap na Reitz verhuis en is Januarie getroud met ‘n wonderlike man, Loffi e Cronjé van Reitz, ná twee jaar van ‘n langafstandverhouding aan die gang hou. Saam het ons vyf kinders: Liezl (24), Petrie (22), Lezane (20), Klara (19) en Emma (14). Ek het ongeloofl ike passie vir wat ek doen, en is baie lief vir mense en diere.

Aan Annelie: Baie, baie dankie vir al jou hulp, niks was vir jou te veel moeite nie; ek hoop ek kan jou skoene volstaan.

Lekker lees aan hierdie uitgawe!

Hannelie

Ons staan aan die begin van ‘n nuwe jaar en soos julle kan sien het Die Pad Saam ‘n nuwe gesig en sommer nuwe lewe.

Dit is te danke aan Hannelie Cronjé wat vanaf Januarie vanjaar by VKB aangestel is. Ek gee met trots die publikasie aan haar oor en wens haar net die beste toe. Hannelie kom uit die mediabedryf en haar kennis is ‘n groot pluspunt vir VKB en Die Pad Saam.

My wense vir almal vir 2012:

Mag jy nooit…

- omdraai wanneer jy teleurgestel word nie.- ophou wanneer jy verloor het nie.- bly lê wanneer jy geval het nie.- haat wanneer jy nie waardeer word nie.- hoogmoedig word wanneer jy presteer het nie.- rus wanneer jy voorspoed gevind het nie.- in die steek laat wanneer jy vertrou word nie.

Mag jy altyd…

- lewe met die wete dat jy met 'n doel lewe.- ly in die geloof dat lyding krag bring.- doen met die besef dat dit jou taak is.- gee en deur jou gawe verryk word.- lewe met die oog op die onsienlike.

Groete (vir oulaas)

Anelie

.

ulaaas)

Hannelie en Annelie

Redakteursbrief: Aangenaam, dis lekker om te ontmoet

2

Die Pad Saam – April 2012il 20

VKB en NTK – Visie 2020Die direksies van VKB en NTK het onlangs weer besin or die strategiëe van die twee ondernemings. Tydens die vorige strategiese beplanningsessie van VKB is bevind dat die grootste probleem vir VKB is dat daar ‘n paar kern besigheidseenhede is wat reeds vir baie jare al “sterre of kontantkoeie” is. Ongelukkig was daar te min nuwe bedrywe binne die onderneming wat van die grond af kom.

Gegewe die feit dat VKB ‘n relatiewe klein tot medium landboubesigheid was, het dit ‘n gebrek aan kritiese massa gehad. Kritiese massa kan oor tyd die voortbestaan van ‘n landboubesigheid in gedrang bring en gevolglik is daar tydens die sessie op ‘n groeistrategie ooreengekom. Groei sou bewerkstellig word deur geografi ese groei, sowel as groei in besigheid met bestaande klante.

Die groeistrategie is redelik suksesvol toegepas gedurende die afgelope drie jaar. Geleenthede het opgeduik uit ander geografi ese gebiede. Die besigheidsmodel is aantreklik vir produsente uit die aangrensende omgewing, gegewe die feit dat daar in hul gebiede nie meer tipiese produsentbesighede bestaan nie.

Nuwe bedryfspunte is suksesvol gevestig in Senekal en Bethlehem. Die bedryfspunte in Heilbron, Harrismith en Morgenzon is almal winsgewend en stelselmatig besig om hul markaandeel uit te brei en ‘n bydrae tot die groep se wins te maak. Die geografi ese uitbreidings is gedoen om ons geografi ese voetspoor in die Noord-oos Vrystaat te verstewig.

VKB se betrokkenheid by NTK het ‘n kwantum sprong in terme van kritiese massa vir VKB beteken. Tesame met die kritiese massa op die gebied van handel, skep dit ook geleenthede vir ons graanafdelings en dit bring ook groot geleenthede na vore op die kleinhandel en nywerheidsgebied. Die NTK-voetspoor is uitgebrei met ‘n nuwe tak op Potgietersrus en die ander takke word stelselmatig opgegradeer.

Die direksies het die strategie geher-evalueer. VKB het tot die slotsom gekom dat die sukses wat behaal is met die geografi ese uitbreiding en die kwantumsprong wat bereik is met NTK, veroorsaak het dat kritiese massa nie meer VKB se grootste bedreiging is nie. Dit laat die vraag ontstaan of daar met die strategie van geografi ese groei voortgegaan moet word en of dit werklik waarde toevoeg tot VKB se lede; en of VKB sy kritiese hulpbronne eerder op ‘n ander gebied moet aanwend?

Die toekomstige strategie fokus gevolglik eerder op generiese groei wat gemik is op ons produsente se behoeftes na

produksiehulpmiddele en selektiewe benutting van geleenthede in die landbouwaardeketting.. Dit is die direksie se mening dat beter geleentheid om welvaart te skep vir VKB-lede, eerder daarin lê om geleenthede in die waardeketting te benut, as om geografi es baie vinnig te groei. Met uitbreiding in die waardeketting sal die waarde wat gegenereer word deur die bestaande lede gedeel word. Indien VKB geografi es groei, genereer die maatskappy waarde maar die delers word meer. Die gevolg hiervan is dat bestaande lede marginaal beter daaraan toe is met geografi ese uitbreiding.

Die toekomstige strategie fokus steeds daarop om generies te groei met bestaande klante. Ons is veral oortuig dat die model van aansporingskortings aan die produsent, weer vir NTK sal vestig as voorkeurverskaffer aan die landbouprodusente in die omgewing.

Generiese groei en geografi ese groei vind plaas in ‘n bekende mark met bekende produkte. Dit is die tipe besigheid wat ons ken en waarin ons stelsels oor jare ontwikkel is. Die besigheid vind plaas in ‘n volwasse mark met sterk mededinging, maar as jy in enige opsig ‘n mededingende voordeel het, is daar geld te maak uit so ‘n mededingende omgewing. VKB se besigheidsmodel waar die bedryfswins wat jaarliks uit die produsent gemaak is, as aansporingsbonus aan hom toegeken word (om hom aan te spoor om meer besigheid met ons te doen), bied vir ons ‘n mededingende voordeel in vandag se besigheidsomgewing.

Daarteenoor is die uitbreiding in die waardeketting nie so ‘n bekende terrein nie en is daar nie bestaande stelsels daarvoor nie. Dit impliseer ‘n nuwe leerskool, ‘n nuwe geestelike ingesteldheid en ‘n ander metode van besigheid doen. Die mededinging is gewoonlik baie sterk en daarby raak internasionale mededinging al hoe belangriker. Indien die geleenthede baie selektief benut word en slegs dié aangepak word waar ons oor een of ander vorm van mededingende voordeel beskik, kan daarmee sukses behaal word.

Geleenthede in die waardeketting wat

benut word sluit in die geïntegreerde braaikuikenprojek waarmee VKB tans besig is. Hierdie projek sluit in die oprigting van ‘n sojaolie-aanleg op Villiers saam met vennote, die bou van ‘n pasgemaakte veevoeraanleg op Vrede vir die braaikuikenprojek en die oprigting van ‘n braaikuikenabattoir. Gegewe die feit dat ons reeds beskik oor ‘n uitgebreide kleinhandelnetwerk in die Limpopo en die Vrystaat, is dit deel van die strategie om die Mfoods-winkeltjies uit te brei in die landelike omgewing om op só ‘n wyse die produkte van ons produsente soos mieliemeel, suikerbone, grondbone, kookolie en braaikuikens, direk by die verbruiker te plaas.

Hoewel die fokus verdeel is, bly die kern rede vir VKB en NTK se bestaan die landbouprodusente in ons bedieningsgebied se behoeftes. Waar ons integrasiegeleenthede in die waardeketting ondersoek, is dit gemik daarop om deur middel van terugwaartse integrasie die belangrike insette vir die produsent so goedkoop moontlik te bied of om waarde tot sy produkte toe te voeg.

Artikel deur Koos van Rensburg

3

4

André Odendaal, Bestuurder: Graanbemarking, het ‘n oorsig en vooruitsig vir Graanproduksie gegee. Volgens hom is die huidige mielievoorrade relatief laag tot verbruik en die vraagvooruitsigte na graan en ander landbouprodukte, goed.

Tydens Kobus van Heerden, Uitvoerende Hoof: Kommersiële Dienste, se voorlegging is lede toegespreek oor omsette, opbrengste en tendense van Algemene Handel, Meganisasie, Insethandel en Saadverwerking.

Volgens Koos van Rensburg, Hoof Uitvoerende Beampte, is hul strategiese visie om van VKB ʼn suksesvolle, langtermyn volhoubare, outonome produsentebesigheid te maak wat waarde toevoeg aan sy lede en aandeelhouers en wat die rol van ander belanghebbers in die bereiking van hul doel, respekteer.

“Ons strategie impliseer om suksesvol, volhoubaar en winsgewend te wees op die langtermyn en om waarde vir die lede van VKB toe te voeg en om ʼn volledige diens aan die produsent te lewer. Ons wil ook die produkte gelewer so waardevol as moontlik maak en die produsente van die nodige inligting voorsien,” het hy gesê.

Van Rensburg het ook die verskillende nywerhede in die waardeketting bespreek. “Die landbouprodusent is die kern rede vir ons bestaan, wat ons aanpak se uiteindelike doel is om die volhoubaarheid van ons produsente te verbeter,” het hy gesê.

Markus Mittermaier, Hoof: Finansiële Beampte, het onder meer die vorige jaar se resultate, inkomste, uitgawes, wins, opbrengs en kapitaal bespreek. Bonusse het gestyg van 2010

se R100 miljoen per ton gelewer na 2011 se R125 miljoen per ton gelewer.

Dr Nic van Stryp, Uitvoerende Hoof: Finansiering en Versekering, het ʼn kort oorsig gegee oor hoe VKB se Finansiering oor die afgelope vyf jaar ontwikkel het.

Wat kan produsente van fi nansiering verwag?• Bemagtigde Kredietbestuurders• Vinnige omdraaityd (mandate)• Direkte toegang tot Kredietbestuurders• Rentevoordeel:

– geen rente in maand van aankope en maand van betaling nie

– laer koers op komponent van aandeelhouerslening • Bonus op omset tov rente gehef - gemiddeld 21,3%• 2,5% betalingskorting op sekere lynitems• Laer koste in vergelyking met ander fi nansierders• Termynlenings onderworpe aan buite fi nansierderkeuring

Wat kan produsente van versekering verwag?• Van 6 produkverskaffers na 16 verskaffers• Gekwalifi seerde personeel • FSB en wetsnakoming• Cims-stelsel:

– beter bestuursinligting – beter onderskrywing – beter eisediens

• Beoogde uitbreidings:– 2 adviseurs – VKB– 2 adviseurs – Limpopo

• Bonus op omset gemiddeld 8,19% van premie wat deur VKB betaal is (2011)

ʼn Inligtingsweek is vanaf 23 - 27 Januarie op Warden, Daniëlsrus, Reitz, Memel, Vrede, Villiers, Frankfort, en Petrus Steyn gehou. VKB se bestuur en al sy lede is na dié week genooi en in totaal was daar ongeveer 400 mense wat dit bygewoon het.

444

Die Pad Saam – April 2012il 20

88

6

33

55

11 Daan Venter, Dolf Botha en Neil Ungerer

22 SM Mofokeng en vriende

33 Louw Kleynsmidt, Jan Oosthuizen en Koos Van Rensburg

44 Pieter Peacock, Neels du Toit, Ben Pieters en Jan Janse van Rensburg

55 Bertus Meintjies, Hennie Hills en Sakkie Hills

66 Jacobus Claasen, Ignus Badenhorst, Bernard Schmidt, Izak Dreyer, Kobus Strydom, Jaco Maritz en Francois van Eeden

77 Ignus Badenhorst, James Streak, Hans Bester, Barend Bester en Gert Botha

88 JC Cronje...So lag mens mos

99 Bart Kruger, Hertzorg Bothma, Chris Bothma, Bertus van Rooy

1010 Pula Giliomee en Jannie Du Plessis deel grappie met Niel

1111 Leon Jaquire, Nan Dreyer en Nic van Stryp

1212 Gerhard Mostert, Riebeeck Wessels, Nollie Steyn en Atman Meintjies

1313 Koos van Rensburg, Gideon Slabbert en Adri van Schoor

1414 Koks Kaakebeeke, Gerrie van der Heever en Andre Odendal

1515 Ingnus Badenhorst, James Streak, Christ Cronje, Paul du Plessis, Koos Van Rooyen, Kobus Strydom

1616 Basie vd Heever, Oom Nic van der Merwe, Corné de Jager en Pierre De Viliiers

11

66

1122

44

99

1111

1212

1313

77

1010

1414

1515 1616

5

6

VKB Finansiële resultateApril tot Desember 2011

Hierdie fi nansiële jaar was van die begin af gekenmerk deur moeilike landbou ekonomiese toestande. Reënval was baie wisselvallig en het die lae koringpryse die winsgewendheid van koringroduksie in die Oos-Vrystaat onder geweldige druk geplaas. Aan die einde van Desember 2011 behaal VKB ‘n omset van R2 533 miljoen vir die 9 maande wat heelwat beter is as die vorige jaar asook die begroting. Hoewel die mielieoes kleiner was as die vorige jaar het die hoër mielieprys grootliks vergoed vir die laer tonne. Die hoër mielieprys tesame met uitstekende omsette in die kommersiële afdelings is gesamentlik verantwoordelik vir die styging in omset teenoor die vorige jaar.

Wat die netto wins aan betref het die kleiner mielieoes (kleiner in vergelyking met die vorige 3 jaar se rekordoeste) ‘n negatiewe effek gehad op die winsgewendheid van die silo’s. Wat egter positief is, is dat die kommersiële afdelings uitstekend presteer en grootliks vergoed vir die verlies aan inkomste by die silo’s.

VKB se netto wins vir die nege maande geëindig 31 Desember 2011 is R107,4 miljoen teenoor die vorige jaar se R120,3 miljoen en die begroting van R88,8 miljoen. Hoewel dit R12,9 miljoen laer is as dieselfde tyd verlede jaar, is dit ‘n bogemiddelde wins gegewe die omstandighede in die landbou.

Die fi nansiële prestasie van ons beleggings in nuwe besighede soos NTK Limpopo Agric, Nu-Pro Veevoere, Nu-Pro Commodities en Crown Bag is bo verwagting goed en dra almal by tot VKB se goeie resultate.

Wat VKB se investering in die nywerhede aanbetref is al drie projekte (Hoenders, Veevoer en Oliepers) nog in die oprigtingsfase en is daar nog geen inkomstebydrae.

VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige jaar asook die begroting, soos in onderstaande grafi ek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede asook ‘n heelwat groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Onverkoopte koringvoorraad en ‘n styging in die insetkoste van mielieaanplantings is vir hierdie buitengewone styging in debiteure verantwoordelik. Die totale bates aan die einde van Desember beloop R1 755 miljoen waarvan 37% rentedraende skuld is. Hoewel die rentedraende porsie van die bates toegeneem het word die balansstaat meer doeltreffend aangewend.

Gesien hierdie positiewe resultate vir die 9 maande, sien VKB uit na ‘n bogemiddelde wins op jaareinde wat vir beide aandeelhouers en personeel voordele inhou.

Artikel deur Markus Mittermaier, VKB

Rentekoerse kan lank laag blyArtikel deur dr Roelof Botha, ekonomiese raadgewer, PwC

Die opwaartse neiging in Suid-Afrika se infl asiekoers kan druk op die Reserwebank plaas om ‘n strenger monetêre beleid te oorweeg.

Die verbruikersprysindeks (VPI) was vir twee maande, November en Desember 2011, bokant die Reserwebank se boonste teikenvlak van 6%, maar darem net-net (6,1%).

Weens die bestaan van ʼn beleid van infl asieteikens behoort die amptelike bankkoers (en ook die prima-oortrekkingskoers van die handelsbanke) met ʼn halwe persentasiepunt te verhoog sodra die VPI ʼn vlak van 6,5% bereik.

Suid-Afrikaners met skuld (en daar is heelwat) het derhalwe rede om so effens senuweeagtig te wees oor die Reserwebank se volgende rentekoersbesluit, veral indien die opwaartse neiging van die infl asiekoers aanhou.

Hoë produksiepryse

ʼn Leidraad vir die vooruitsigte van hoër verbruikersinfl asie kan in die neiging van die produksieprysindeks (PPI) gevind word. Die nuus hier is nie bemoedigend nie, aangesien die PPI gedurende die tweede helfte van verlede jaar meesal bokant die 10%-vlak beweeg het.

In die reël volg die VPI die algemene neiging van die PPI, maar die hoogte- en laagtepunte van die VPI is heelwat meer gematig. Gelukkig het die PPI darem in die laaste twee maande van 2011 begin om effens af te plat.

Indien die VPI in die eerste kwartaal vanjaar ʼn gesloerde sameloop met die PPI vertoon, kan verbruikersinfl asie tot 7% styg, voordat ʼn dalende neiging weer intree.

Indien die Reserwebank sou besluit om die beleid van infl asieteikens streng toe te pas en die verband- en primakoers dan met ʼn volle persentasiepunt styg, sal dit daarop neerkom dat diskresionêre verbruiksbesteding in Suid-Afrika maandeliks met byna R1,5 miljard kan daal (as gevolg van hoër rentekoste).

Die koste van bedryfskapitaal in die landbou sal natuurlik ook verhoog, iets wat allermins bekostig kan word in ʼn bedryfstak waar die risiko heelwat groter as in die meeste ander sektore van die ekonomie is. Gelukkig bestaan daar ten minste vier goeie redes waarom die primakoers moontlik vanjaar onveranderd sal bly.

Groeikoers nog te laag

Ten eerste het die Suid-Afrikaanse ekonomie nog nie ten volle herstel van die kortstondige resessie van 2009 nie.

Hoewel die groeikoers van die BBP sedert die einde van die resessie (in die derde kwartaal van 2009) net minder as 3%

% Afname in uitgesoekte produkpryse tussen 2011 se hoogtepunt en Des 2011

Produk %

Katoen -58 Lemoene -37 Koring (VSA HRW) -24Suiker -22Mielies -19Koffi e (Robusta) -19Sojabone -17Sojaboonolie -12Super-fosfaat -11Ru-olie -10Beesvleis -1Bron: Wêreld Bank

beloop het (op ʼn jaarbasis), is dit nie naasteby genoeg om werkloosheid wesenlik te verminder nie.

Tweedens het vraagtoestande ook nog nie sodanig verbeter dat daar enige tekens van vraaginfl asie in die ekonomie is nie.

Die benutting van produksiekapasiteit in die vervaardigingswese het aan die einde van verlede jaar op ʼn vlak van sowat 80% beweeg, wat nog heelwat minder is as die rekordvlak van 85,8% wat in 2007 aangeteken is.

Die afwesigheid van oormatige verbruikersvraag word verder bevestig deurdat die verhouding van huishoudelike skuld tot besteebare inkomste tans sowat 7% laer is as drie jaar gelede.

Derdens is daar nie veel wat strenger monetêre beleid kan verrig om die grootste sondebok vir hoër infl asie hok te slaan nie. Die regering en ander instansies in die openbare sektor is grootliks verantwoordelik vir geadministreerde pryse (soos elektrisiteit en brandstof) en dié het die afgelope jaar teen meer as dubbel die koers van die VPI toegeneem.

Dit sou onsinnig wees om rentekoerse te verhoog in ʼn poging om infl asie laer te dwing teen die agtergrond van ʼn openbare sektor wat met ondoeltreffendheid deurspek is.

VPI naby draaipunt

Vierdens bestaan daar ʼn sterk moontlikheid dat die VPI naby aan sy boonste draaipunt beweeg, aangesien die PPI skynbaar reeds met ʼn nuwe daalfase begin het. ʼn Indrukwekkende getal produkpryse het teen die einde van verlede jaar gestabiliseer of gedaal, veral in die landbousektor.

Sedert Gill Marcus se aanstelling as hoof van Suid-Afrika se sentrale bank is monetêre beleid deurgaans verslap en die koste van krediet beweeg nou al vir meer as ʼn jaar op die laagste vlak in bykans vier dekades.

Hopelik sal die Reserwebank vanjaar die beleidsklem op ekonomiese groei vestig in ʼn poging om die trae pas van werkskepping in die formele sektore ʼn hupstoot te probeer gee.

Indien die primakoers vanjaar onveranderd op 9% gehou word en die VPI binnekort begin daal, bestaan daar weinig rede vir enige verandering in monetêre beleid in 2012 of 2013 en kan die primakoers vir etlike jare op dié vlak bly.

Die Pad Saam – April 2012 7

VKB Landbou Beperk word deur strategiese doelwitte gedryf. Die organisasie is verbind tot die opleiding en ontwikkeling van opkomende produsente (voorheen benadeelde groepering of SEB-produsente) tot volwaardige en volhoubare kommersiële produsente.

VKB het in samewerking met Agriseta (sektorale opleidingsraad)‘n vennootskap met BathoPele gesluit om hierdie strategiese doelwit te behaal.

Die ontwikkelingsprogram vir opkomende produsente is in 2008 geïmplementeer en word jaarliks aan ‘n groep gekeurde potensiële opkomende en kommersiële produsente binne die VKB-gebied aangebied.

Dit is nou die vierde jaar dat BathoPele in sameweking met VKB die produsent-ontwikkelingsprogram aanbied; ‘n venootskap wat oor die afgelope jare groot vrugte afgewerp het en nog vir baie jare van krag tot krag sal gaan.

Die produsenteprogram bied aan opkomende produsente die geleentheid om blootstelling te kry in die groter ekonomiese omgewing waarin die landbou fungeer.

Die program bestaan uit twee hoofkomponente:

1. PlaasbestuurPlaasbestuur het ten doel om ‘n breë oorsig te gee van ekonomiese aangeleenthede en hoe plaasbestuur in die groter geheel van die ekonomie inskakel. Aspekte wat hier aangespreek word is onder meer die volgende:

• Personeelbestuur wat administrasie, veiligheid, werkloosheidsversekering, arbeidsprosesse en basiese arbeidswetgewing aanspreek.

• Basiese bestuursbeginsels wat aspekte soos beplanning, kommunikasie, besluitneming en spanwerk aanspreek.

• Doeltreffende en veilige benutting van elektrisiteit.• Finansiële en besigheidsbestuur wat aspekte soos landbou-

ekonomie, Agri SEB, besigheidsbeginsels, begrotings en basiese boekhoudings dek.

2. PlaaspraktykePlaaspraktyke het ten doel om die opkomende produsent toe te rus met die nodige kennis om van sy boerdery ‘n sukses te maak in die praktyk. Hier word veral na lewende hawe en graan gekyk.

• Lewende hawe spreek dierevoeding, bestuur van weiding, gesondheid, teel en die bemarking van aanwas aan.

• Graan spreek aspekte aan soos plantstrukture, bemesting en voeding, oesskatting, plaag- en onkruidbeheer, oes en die bemarking van graan.

Teoretiese opleiding word opgevolg met praktiese demonstrasies en praktyke om nuut verworwe kennis vas te lê.

SuksesseDie program het reeds uitstekende resultate gelewer en volhoubare projekte is gevestig. Van hierdie volhoubare projekte is onder meer:

• Groenteplaas in Oranjeville.• Etlike hektare gewasverbouing in Qwa-Qwa.• Etlike volhoubare lewende hawe.• Twee persone uit vorige program wat as assessors en mentors

optree.• Gevorderde ontwikkelingsprogram word vanjaar

geïmplimenteer.

VKB sal voortgaan om opkomende produsente op te lei en te ontwikkel tot volwaardige kommersiële produsente wat ‘n verskil maak en ‘n bydrae tot die ekonomie lewer.

Die meeste van die produsente het op ‘n plaas grootgeword en het dus al die praktiese kennis van boerdery as plaaswerkers opgedoen, maar het geen kennis van besigheid gehad nie. Ons het hier gefokus op leierskap in landbou asook fi nansiële bestuur. Baie van die produsente het die eerste keer geleer hoe om tranksaksies neer te skryf en ook hoe om winsgewend te boer. Hulle het geleer van basiese boekhouding en hoe om al hul tranksaksies te boekstaaf.

Ons het ook die onderwerp van menslike hulpbronne aangeraak en hoe om elektrisiteit effektief op die plaas te gebruik. Hulle het ook nou ‘n beter begrip van wette wat op die boerdery van toepassing is en hoe om beter verhouhings met hul plaaswerkers te handhaaf.

Die praktiese gedeelte het bestaan uit opleiding van lewende hawe- en graanmodules en die leerders het ook die geleentheid gehad om ‘n kommersiële produsent se plaas te besoek om te sien hoe hy sy plaas bestuur. Verder is ‘n abattoir besoek om na die gradering van vleis te kyk. Die leerders het ook aangedui dat hierdie blootstelling waarde toegevoeg het tot hul bestaande kennis.

Verder het BathoPele twee jong produsente, Thabo Kholane en Neo Goqo (wat in 2010 op VKB se opkomende produsenteprogram was), as assessors opgelei en aan hulle die geleentheid gebied om deeltyds as fasiliteerders vir ons op te tree. Hulle het ook ‘n suksesvolle groenteverbouingprojek in Phutaditjaba begin en help ook ander opkomende produsente in die Oos-Vrystaat met groenteverbouing.

8

Die Pad Saam – April 2012

Upcoming farmers honoured by VKBOn the 27th of January 2012 VKB held the fourth certifi cate ceremony for the Upcoming Farmers Development Programme which was endorsed by the presence of the Department of Agriculture, the Fezile Dabi Municipality District, Pierre de Villiers (VKB member of the Board of Directors and the Chairman of BEE Committee), Riaan Gerritzen (Executive Manager: Human Resources Division), and other dignitaries.

This development programme for upcoming producers came into being as a vehicle to turn VKB’s strategy in terms of enterprise development into a reality. This programme aims to equip and furnish the smallholder producers with:

• knowledge of the greater economic structure that agriculture operates within;

• skills for healthy business management;• basics of farm management; and • skills in modern farming practices.

Twenty smallholder producers from Metsimaholo were awarded certifi cates and Mapule Mofokeng scooped Top Achievers Award while Daniel Sebeko and Emely Tsotesti walked away with the merit awards.

Twenty smallholder producers from Metsimaholo were awarded certifi cates and Mapule Mofokeng scooped Top Achievers Award while Daniel Sebeko and Emely Tsotesti walked away with the merit awards.

Metsimaholo Trust Farmers

Front from left to right: MS Mofokeng (Top Achiever), and two Merit Award Winners, Daniel Sebeko and EmelyTsotetsi.

9il 20

11 Masekela dressed for the occasion.

22 The three winners of the day: MH Maluleka (Top Achiever), MA Sethosa and PD Maleka (Merit).

33 The whole group with the winners, and Prozzy Ravhele in front.

44 Tienie Ras presents John Madumetja with his certifi cate.

55 Tienie Ras, Ernest Beck (Batho Pele), Moses Maine (VKB).

66 TR Ntloedibe gave feedback.

77 Sabina Mailula receives her certifi cate.

88 The winners and important role-players: Belinda Louw, Tienie Ras, Ernest Beck, Mose Maine, Prozzy Ravhele and Johan Groenewald.

Certification ceremony at NTKIt was a four-way partnership that drew to a close: the certifi cation ceremony was held at NTK head offi ce to conclude the co-operation between NTK, Batho Pele, the Department of Agriculture and Tompi Seleka Agricultural College. The benefactors of this co-operation were the learners who received their awards after an enormous effort of almost a year.

It all started a year ago. It was, however, not the fi rst farmer development programme of NTK and VKB. With previous successful programmes, Johan Groenewald was ready to host another of these programmes and the success rate was astounding.

After the initial nominations of potential students were done, the Department of Agriculture got involved and Tompi Seleka offered their facilities and further training programmes to be part of this initiative of NTK. As with the previous programmes, Batho Pele provided the physical training with sponsorships through the SETA and the rest by NTK.

It was a winning combination from the start and the handing over of certifi cates echoed the successes achieved.

Prozzy Ravele (NTK) acted as master of ceremonies. After the opening prayer, the producers joined in singing.

Groenewald welcomed everybody attending the ceremony. He thanked

Tienie Ras for his vision of the future by making all of this possible. He also thanked and welcomed all the other parties who played a role. But his fondest welcome was to the producers themselves – the people who this is all about!

After his welcome speech Moses Maine of VKB explained the value of training. He explained the challenges that exist in the developing farming community and highlighted why skills development is of the utmost importance.

Mr Van der Merwe of the Department of Agriculture called it a special day in his address to the guests. He thanked the 20 producers that endured to the bitter end and wished them well for the future.

Ras spoke on behalf of NTK when he said that NTK can not and will never distance itself from the community. He said although agriculture in South Africa faces several problems, the producers can still provide food for the nation. It is, however, important to ensure that developing producers become commercial producers to supply the growing need for food.

He said agriculture might not be the main contributor to the GDP (gross domestic product) but it is an essential contributor. He urged the producers who took part in the programme not to stop here but to add value to their communities.

From Batho Pele’s side, Ernest Beck gave an encouraging speech, motivating the producers to do even better in future. He congratulated the group on their good performance and hard work. He also stressed that these certifi cates had to be earned by achieving the highest scores in attendance and testing of knowledge obtained. He ended off his speech with the following thought: the difference between ordinary and extra-ordinary is the extra! He urged the producers to never give up.

Feedback from the producers followed. It was obvious that this course meant a lot to each individual, that they gained much from the lessons in business but also from the practical information they received.

It can all be summarised in the words of one of the producers’ feedback: “Now I know how to manage my business!” Indeed the fi rst step to commercial farming.

After the certifi cates were handed out, three special awards were made. Two merit awards were made to MA Sethosa and PD Maleka with top honours as Top Achiever that went to HM Maluleka. Congratulations to all those who received awards, but particularly to these three achievers.

All the praise goes to the four partners who worked so hard to train the producers, the future of our nation.

11 22 33 44

55 66 8877

10

Die Pad Saam – April 2012Die Pad Saam – April 2012

4

8

Nu-pro se spesifi kasies vir lekkeArtikel deur Niel Ungerer, Besturende Direkteur, Nu-Pro Voere en Nu-Pro Commodities.

*NP-Winterlek 45Doel:1. Winterlek 45 is ‘n kostedoeltreffende onderhoudslek vir

vroeë dragtige en nie-dragtige koeie gedurende die winter.

2. Klaar gemengde lek wat die nodige proteïen en spoorelemente verskaf om die mikro-organismes in die grootpens te stimuleer.

3. Bevat hoë vlakke van natuurlike proteïen asook rumen-degradeerbare proteïen om te help met die vertering van winterweiding.

Voerinstruksies:

Riglyne vir inname sal afhang van die tipe dier asook die kwaliteit van die weiding. 450 g – 600 g/bees/dag, (behoort 220 g rumen-degradeerbare proteïen te voorsien). Dit kan met gelyke dele mieliemeel of hominy chop gemeng word om ‘n produksielek te vorm.

Samesteling van Winterlek 45g/kg Min/Maks

Proteïen 450 Min

Proteïen vanaf NPN 75 % Maks

Vog 120 Maks

Vet 40 Maks

Vesel 70 Maks

Kalsium 30 Maks

Fosfor 5 Min

Ook in konsentraat beskikbaar.

NP-Produksielek 28Doel:

1. Produksielek 28 is ‘n hoë kwaliteit produksielek vir produserende diere (lakterende koeie/ooie, eerste kalf/lam, verse/ooie en jong groeiende diere) op lae kwaliteit winterweiding en oesreste.

2. ’n Produksielek gebasseer op die mees onlangse navorsing rondom voorsiening in voedingstofbehoeftes vir produserende diere op lae kwaliteit weiding.

3. Bevat die korrekte balans natuurlike proteïen-, NPN- en energiebronne vir optimale produksie en benutting van winterweiding.

4. Sal ekonomiese groei van speenkalwers/lammers en aanteeldiere op lae kwaliteit winterweiding verseker.

Voerinstruksies:

Riglyne vir inname sal afhang van die tipe dier en die produksietempo asook die kwaliteit van die weiding. 1 500 g - 1 800 g/bees/dag; 250 g – 350 g/skaap/dag

*NP-Grainlick 45Doel:

1. Grainlick 45 is ‘n kostedoeltreffende klaargemengde onderhoudslek vir die spesifi eke doel om die voorkoms

Samesteling van Produksielek 28g/kg Min/Maks

Proteïen 280 Min

Proteïen vanaf NPN 54.2 % Maks

Vog 120 Maks

Vet 40 Maks

Vesel 65 Maks

Kalsium 12-15 Maks

Fosfor 6 Min

van asidose (suurpens) te beperk terwyl beeste en skape oesreste bewei.

2. Dit bevat die nodige proteïen en spoorelemente om die mikro-organismes in die grootpens te stimuleer.

3. Bevat hoë vlakke van natuurlike proteïen asook rumen-degradeerbare proteïen.

Voerinstruksies:

Om suurpens te beperk moet diere vir ten minste 14 dae alvorens hulle op oesreste gaan, vrye toegang tot Grainlick 45 hê. Grainlick 45 moet deurgans ad lib beskikbaar wees tydens aanpassing en op graanlande daarna. 450 – 600 g/bees/dag, behoort 220 g rumen-degradeerbare proteïen te voorsien.

*NP-Ultrawol 30Doel:

Samesteling van Grainlick 45

g/kg Min/Maks

Proteïen 450 Min

Proteïen vanaf NPN 75%

Vog 120 Maks

Vet 40 Maks

Vesel 60 Maks

Kalsium 20 Maks

Fosfor 5 Min

1. Ultrawol 30 is ‘n hoë kwaliteit produksielek vir produserende skape (lakterende ooie, jong groeiende lammers en ramme).

2. ‘n Produksielek gebaseer op die mees onlangse navorsing rondom voorsiening in nutriëntbehoeftes vir produserende diere.

3. Bevat die korrekte balans deurvloeiproteïen-, NPN- en energiebronne vir optimale uierontwikkeling en stimuleer sodoende bies- en melkproduksies. Verlaag lamvrektes omdat dit die voorkoms van abnormale en taai biesmelk voorkom.

4. Bevorder ekonomiese spiergroei van lammers en sal oormatige kondisieverlies by lakterende ooie voorkom, met betekenisvolle verbetering in herbesetting.

5. Bevorder wolgroei by wolskape en verhoog terselfdetyd die wolkwaliteit.

Nu-pro bied 'n wye verskeidenheid lekke wat elk aan die produsent se verskillende behoeftes voorsien.

11

››› Vervolg op bladsy 12

6. Kan ook as prikkelvoeding vir ooie en ramme dien.

Voerinstruksies:

Riglyne vir inname sal afhang van die tipe dier en die produksietempo asook die kwaliteit van die weiding. Sorg dat daar altyd voldoende weiding beskikbaar is. 300 – 400 g/skaap/dag

Ook in korrels beskikbaar.

*NP-Hefgro 17Doel:

1. Hefgro 17% is ‘n lekaanvulling vir beeste op somerveld en medium kwaliteit aangeplante weidings.

2. ‘n Produksielek gebasseer op die mees onlangse navorsing rondom voorsiening in nutriëntbehoeftes vir produserende diere.

Samesteling van Ultrawol 30 g/kg Min/Maks

Proteïen 300 Min

Proteïen vanaf NPN 53.57%

Vog 120 Maks

Vet 40 Maks

Vesel 60 Maks

Kalsium 20 Maks

Fosfor 6 Min

Samesteling van Hefgro 17% g/kg Min/Maks

Proteïen 170 Min

Proteïen vanaf NPN 33.8%

Vog 120 Maks

Vet 70 Maks

Vesel 110 Min

Kalsium 12 Maks

Fosfor 3 Min

*Produkte is ook beskikbaar in konsentraatvorm waar eie mielies en sout bygevoeg kan word om volledige lekaanvullings te maak.

3. Bevat hoë kwaliteit verbyvloeiproteïen, en energiebronne vir optimale spierontwikkeling en groei van jong bulle en verse op groen weiding.

4. Kan gebruik word vir “backgrounding” van kalwers op somerveld.

5. Vir die uitgroei van jong stoetdiere (bv Fase D-bulle) op somerveld.

6. Bevat groeibevorderaars vir bykomende ekonomiese groei en verbeterde voeromsetdoeltreffendheid.

Voerinstruksies:

Riglyne vir inname sal afhang van die tipe dier en die produksietempo verlang asook die kwaliteit van die weiding. Verseker dat daar altyd voldoende weiding beskikbaar is. 1 000 – 2 000 g/bees/dag.

Niel Ungerer

››› Vervolg van bladsy 11Nu-pro se spesifi kasies vir lekke

Figuur 2: Proteïenbenodighede van koeie in vergelyking met wat die veld voorsien.

Figuur 3: Energiebenodighede van koeie in vergelyking met wat die veld voorsien.

Soorte lekke

Normaalweg word daar onderskei tussen drie soorte lekke:• Fosfaat – spoorelement lek• Proteien – minerale lek• Energie – minerale lek

Fosfaatlekke

Dit word gewoonlik gedurende die somermaande gebruik om mineraaltekorte aan te vul. Voorbeeld: 50% sout en 50% van ‘n fosfaatbron (byvoorbeeld dikalsiumfosfaat).

Proteïen – minerale lekke

Word gewoonlik na verwys as winterlekke omdat wintersveld ‘n tekort aan proteïen het.

Energie – minerale lekke

Dit word gewoonlik in die lente en vroeg in die somer wanneer veld ‘n energietekort het gebruik. Baie positiewe resultate word verkry om koeie herbeset te kry.

Daar is natuurlik verskillende name vir van die lekke en dit is nodig om ‘n veekundige vir aanbevelings te raadpleeg.

Enkele Opmerkings

Moenie probeer om self minerale lekke saam te stel nie. Daar is baie interaksies tussen minerale en die verkeerde samestellings kan baie probleme tot gevolg hê.

Lekinnames bepaal gewoonlik die ekonomie. Daar word dikwels lekinnames van 500 g/bees/dag aanbeveel, maar die beeste vreet heelwat meer. Die maklikste metode om die regte lekinname te kry, is om lek elke derde dag lek uit te sit, met ander woorde 1 500 g wat dan vir drie dae moet hou. Navorsing het getoon dat beeste drie dae sonder lek kan klaarkom sonder dat die mikro-organismes benadeel word.

‘n Lek is nie ‘n wondermiddel nie en kan nie ruvoer vervang nie.

Die nuutste navorsing het getoon dat volwasse koeie nie werklik verbyvloei-proteien nodig het nie. (Van der Merwe, 2011). Beplan jou lekprogram vroegtydig en maak gebruik van kundiges om jou te help.

Literatuur

Mouton, J. 2011. Hoekom moet ek lek gee? Lesing: Inligtingsdag, Neuman Broers 2011.

Van der Merwe, O.J. 2010. The degradable protein requirements of beef cattle consuming winter forage hay from the false grassveld type. M.Sc (Agric) Dissertation, University of Free State.

Fi 2 P t ï b di h d k i i

14

Lekke bevorder goeie gesondheid by jou diere

Artikel deur dr. Hannes Dreyer, LDO Dienste, Vrede

Op uitnodiging van Fouriesburg KANSA, in samewerking met Sheridan VLU, het KANSA se Hoof van Navorsing, dr Carl Albrecht ‘n aanbieding gelewer oor "die stryd teen kanker in die kombuis”. Hier is hul bevindings en aanbevelings:

Daar moet altyd onthou word dat die bees en die skaap herkouers is en dus in staat is om onbenutbare produkte vir die mens (ruvoer) te omskep in benutbare produkte soos vleis, melk, wol en pels. Om dit te kan doen het die herkouer dan ‘n goed ontwikkelde grootpens (rumen), sien Figuur 1, nodig.

Lekke is meestal daarop ingestel om tekorte wat in die veld mag voorkom aan te vul sodat daar nie produksieverliese plaasvind nie.

Die benodighede van vleisbeeste in terme van ruproteïen en energie word onderskeidelik in Figure 2 en 3 aangetoon. Dit is duidelik dat daar in sekere tye van die jaar groot leemtes onstaan. Die doel van lekke is dan juis om hierdie leemtes of tekorte aan te vul. Figuur 1: Bees met sy verskillende mae.

Die Pad Saam – April 2012

16

Artikel deur Willem Schultheiss

Die volgende feite is belangrik om in ag te neem as ‘n mens die nadelige effek van Beesvirusdiarree (BVD) in ’n kudde wil beperk of heeltemal uitskakel:

1. BVD veroorsaak immuunonderdrukking en maak beeste van alle ouderdomme meer vatbaar vir ander siektetoestande.

2. BVD is slegs afkomstig van ’n permanente draerbees (PI’s) in die kudde.

3. PI-beeste skei die virus deurlopend uit in enige uitskeiding (mis, uriene, trane en ejakulaat).

4. ’n PI-bees het ontstaan toe dit tydens ongeveer 40 - 120 dae van dragtigheid in die baarmoeder aan die virus blootgestel is toe die moeder blootgestel is aan ’n tydelike infeksie (TI), afkomstig van ’n ander PI-dier in die kudde. So ’n kalf herken dus nie BVD as vreemd nie en skei dit vir die res van sy lewe uit. Na vier maande dragtigheid is die immuunstelsel van die ongebore fetus genoegsaam ontwikkel om BVD as vreemd te herken en sal PI-kalwers nie ontstaan nie.

5. Die aantal PI-beeste is die hoogste in die jongste ouderdomsgroep beeste in ’n kudde.

6. Identifi kasie en eliminasie van PI-beeste is noodsaaklik as deel van ’n totale beheerstrategie teen BVD.

7. Onbeheersde uitskeiding veroorsaak dat vatbare, naїewe beeste geïnfekteer word met ’n tydelike BVD-infeksie.

8. Tydelike infeksies met BVD veroorsaak melkverliese, sowel as fetale- en groeiverliese en ‘n verhoogde vatbaarheid vir ander infeksies soos longontsteking en bosluisoorgedraagde siektes.

9. Daar is twee soorte BVD-entstowwe op die mark: lewende entstowwe of geїnaktiveerde entstowwe. Al hierdie entstowwe is meestal in kombinasie met ander virusse soos die Herpes-virus (aansteeklike bees-rhinotrageїtis - IBR) en para-infl uensavirus (PI3) en bakteriële toksiene naamlik leukotoksien van Mannheimia haemolytica A1. Die rede vir hierdie kombinasie is omdat hierdie organismes volop is in die omgewing. In die deur BVD-immuun-gekompromiteerde bees, veroorsaak hierdie organismes maklik longontsteking en is inenting met ’n multivalente entstof dus aangewese.

10. Die lewende entstowwe is aangewese in nie-dragtige beeste aangesien die risiko van fetale verliese verhoog as dragtige beeste daarmee ingespuit word. Hulle plek is dus in die toediening aan jongvee, naamlik vervangingsverse en bulkalwers vanaf vier tot vyf maande ouderdom (voorspeen). Die lewende entstof kan herhaal word na-

speen, maar sorg moet gedra word dat dit nie korter as drie tot vier maande voor verwagte teling geskied nie.

11. Daar is verskeie goeie wetenskaplike bewyse dat sellulêre immuniteit wat verkry word na toediening van lewende entstowwe voor konsepsie, die fetus sal beskerm as die moeder aan ’n tydelike BVD-infeksie blootgestel word. Só ’n fetus is dan nie permanent met BVD besmet (PI) as dit later gebore word nie.

12. Lewende entstowwe gee ’n bykans onmiddellike sellulêre immuniteit en dit is hoekom hierdie entstowwe ideaal is vir voerkraalkalwers aan die begin van die voerperiode wanneer vinnige beskerming teen lugweginfeksies nodig is.

13. Aan die ander kant behoort dooie BVD-entstowwe die mees strategies toegedien te word aan die dragtige bees ongeveer een tot twee maande voor verwagte kalwing. By suiwelbeeste is dit tydens afdroog. Op hierdie stadium van dragtigheid sal geen entstof die ontstaan van ’n PI-kalf meer kan voorkom nie, omdat die fetus reeds permanent besmet geraak het tydens ongeveer 40 - 120 dae van dragtigheid toe die immuunstelsel dit nog nie as vreemd kon herken nie.

14. Dit neem ongeveer drie tot vier weke voordat naїewe beeste voldoende teenliggame na enting met ’n geїnaktiveerde entstof ontwikkel.

15. Die doel is om nie net die moeder teen virusse te beskerm nie, maar ook om hoër teenliggaanvlakke te voorsien aan die pasgebore kalf via kolostrum (maternale immuniteit) vir beskerming teen immuunonderdrukking weens BVD, virusse en die leukotoksien van M. haemolytica A1 wat lugweginfeksie veroorsaak.

16. Skraagdosisse met Respiravax® kan, sonder inmenging deur maternaal verworwe immuniteit, aan die kalf voor die ouderdom van vier maande toegedien word om beskerming teen die immuunonderdrukkende effek van tydelike infeksies met BVD en die lugweginfeksie-virusse te verskaf.

17. Daar is geen bewyse dat die hoofsaaklik humerale immuniteit deur middel van teenliggame die ongebore fetus doeltreffend sal beskerm teen tydelike BVD infeksies (om ’n PI kalf te word) vanaf die moeder gedurende die ongeveer 40 - 120 dae van dragtigheid nie.

18. Dooie entstowwe is ook nie bedoel vir gebruik in voerkrale nie omdat dit te lank neem (vier weke en langer) vir teenliggame om te vorm in ’n omgewing waar die infeksietempo meestal baie hoog is weens hoë populasiedigtheid.

Tabel 1: Beide lewende en dooie BVD-bevattende entstowwe het ’n plek in beeskuddes.

Lewende BVD-bevattende entstowwe Dooie BVD-bevattende entstowweTipe beskerming Onmiddellik via sellulêre immuniteit. Na ongeveer 3 - 4 weke hoofsaaklik deur

humerale immuniteit (teenliggame).

Is dit veilig vir dragtige verse en koeie?

Nee - Daar is ’n risiko van resorpsies en aborsies. Ja, kan met veiligheid gebruik word.

Beste tyd van toediening Aan jongvee vanaf 4 – 5 maande ouderdom (voorspeen). Herhaal een of twee keer nie later as 3 – 4 maande voor eerste teling.

Dien jaarliks 1 - 2 maande voor verwagte kalwing toe om kalf via kolostrum tot op 4/5 maande oud te beskerm.

Die Pad Saam – April 2012

18

PANNAR se staatmakers

Indien jy betroubare, top-presterende produkte waarop jy kan reken verlang, is jy by die regte plek. PANNAR is deurlopend daartoe verbind om 'n toonaangewende, wêreldklas verskaffer van top gehalte saad te wees.

By PANNAR lewer ons met trots ’n groot verskeidenheid top kwaliteit, hoë opbrengs produkte vir volkome gemoedsrus. Van ontkieming tot genetiese suiwerheid, asook gradering, saadbehandeling en saadgesondheid, word die PANNAR-belofte van Globale Tegnologie – Plaaslike Prestasie, uitgeleef.

Ons is 'n maatskappy wat in elke opsig sterk in Suid-Afrikaanse landbou gewortel is. Ons bewese rekord van uitstaande produkte en dienslewering spreek vanself.

GEDUGTE WITBASTERS: SPRING WEG MET DIE BESTE

PANNAR se toonaangewende witmieliepakket is saamgestel uit konvensionele, stronkboorder-weerstandbiedende basters, Roundup Ready® en stapelgeenbasters. Dit bied goeie risikoverspreiding en bevorder vooruitstrewende boerdery. PAN 6Q-445B is die top kommersiële baster die afgelope drie seisoene in die LNR en PANNAR nasionale proewe. Die witmieliepakket word gekenmerk deur sterk meerkoppigheid, sterk kompensasievermoë, wye gebiedsaanpasbaarheid en stabiliteit. Die volgende nuwe basters is beskikbaar:

PAN 5Q-649R: Die baster met Roundup-onkruiddodertoleransie word gekenmerk deur sy topprestasie en stabiliteit in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes-gebied. Dit beskik oor baie goeie staanvermoë, sterk meerkoppigheid en spruit min. Geskik as toevlugsoord by die BR-basters.PAN 5Q-751BR: Hierdie baster word gekenmerk deur sy topprestasie, sterk meerkoppigheid en goeie agronomiese eienskappe. Dié medium-vinnige baster is in dieselfde klas as PAN 5Q-433B. Die stapelgeenbaster presteer uitstekend in die Noordwes-Vrystaat en Noordwes-produksiestreke. Dit beskik oor goeie stabiliteit, spruit min en presteer uitstekend op sandgrond.PAN 6Q-745BR: Hierdie stapelgeenbaster in die mediumgroeiklas bied beide stronkboorderweerstand en Roundup onkruiddodertoleransie. Dit is die stapelgeenweergawe van PAN 6Q-445B en is baie goed aangepas vir al die produksiestreke. Hierdie sterk meerkoppige baster beskik oor hoë opbrengspotensiaal en uitstekende stabiliteit. Dit kan met vrug as die hoofaanplanting gebruik word.

STAATMAKER GEELBASTERS: OORTREF JOU STOUTSTE VERWAGTINGS

PANNAR se geelbasterreeks met verskillende groeiseisoenklasse

bied optimale risikoverspreiding. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram is ʼn koste-effektiewe bestuursinset wat die produksiedoeltreffendheid van die ultravinnige en medium-vinnige mieliebasters kan verhoog. Die PAN 6Q-308B reeks mediumgroeiseisoen-basters vorm ’n gedugte pakket vir die hoof geelmielie-aanplanting onder droëland. In die ultravinnige reeks is PAN 3Q-740BR die toppresteerder in die LNR se proewe onder besproeiing. Dié ultravinnige pakket word nou aangevul met ’n nuwe konvensionele baster:PAN 3Q-222: Dié baster presteer goed onder besproeiing in al die produksiestreke. Onder droëland is dit goed aangepas vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal; plant dit teen ten minste 15% hoër plantestand as die tipiese mediumgroeiers. Dit beskik oor baie goeie staanvermoë en lewer hoëgehalte graan met ’n rooi kleur. Die ideale baster om in die toevlugsoord aan te plant.. Die YieldBoost™ swamdoderspuitprogram word aanbeveel vir optimale produksie.

KORING: GOED BEGIN IS OES GEWIN

PANNAR beskik oor ’n volledige droëland-kultivarpakket vir die Vrystaat, asook twee nuwe wenner-besproeiingskultivars. PANNAR se kultivars handhaaf uitstekende prestasie in die LNR-proewe in die verskillende produksiegebiede oor die afgelope twee jaar. Die twee nuwe lentetipe kultivars, PAN 3471 en PAN 3478, vaar uitstekend onder besproeiing en gaan ’n omwenteling in die mark veroorsaak. Albei die kultivars het hulself onderskei met hoë en stabiele opbrengste en beskik terselfdertyd oor goeie siektebestandheid, bak- en maalkwaliteit.

Vir die besproeiingsprodusent ’n besliste keuse in die pakket:PAN 3471: Dié toppresteerder die afgelope twee seisoene in die LNR-KGI-proewe vir vroeër plantdatums in die warmer streke én later aanplantingsdatums in die koeler streke. PAN 3478: Die kultivar beskik oor ’n hoë opbrengspotensiaal onder besproeiing en is wyd aangepas. In die LNR-KGI-proewe vir die oostelike Hoëveld het PAN 3478 met beide vroeë en later plantdatums oor die afgelope twee jaar koning gekraai.

GRAANSORGHUM: ONGEËWENAAR

Meer as 30 jaar oud, is die PANNAR sorghumteelprogram een van die oudstes met 'n kiemplasmabank wat versamel is oor die wêreld. Die LNR-resultate van die afgelope jare bevestig die PANNAR-pakket se uitnemendheid as die beste pakket in die mark. Die pakket beskik ook oor ’n bittersorghum.

PAN 8909: Die toppresteerder in die LNR-proewe oor twee seisoene, is spesifi ek geskik vir die maalbedryf. Dit beskik oor uitstekende opbrengsstabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. Dié baster met egalige groeiwyse gradeer GL en het goeie maaleienskappe. PAN 8909 het goeie staanvermoë, algemene

19Die Pad Saam – April 2012

blaarsiektetoleransie en toleransie teen aarbrand. Dit is grootsadig met goeie skepelmassa.

SONNEBLOM: ONS SONSKYN IN JOU BEURSIE

PANNAR neem sedert 1976 aan die LNR se nasionale kultivarproewe deel en het vir 26 jaar agtereenvolgend, basters in die top vier posisies. In tien seisoene het PANNAR die eerste posisie en in baie gevalle drie posisies in die eerste vier behaal. PANNAR is een van die eerste maatskappye in die wêreld met 'n hoë oleïensuur sonneblom-navorsingsprogram en om basters met weerstand teen IMI-onkruiddoders (Clearfi eld® Production System) te bemark.

PAN 7080: Die nuwe generasie baster is die afgelope drie jaar die toppresteerder in PANNAR se nasionale proewe. Die baster kombineer uitstekende opbrengspotensiaal met ’n wye aanpasbaarheid en word vir alle sonneblomproduksiestreke aanbeveel. Dit is bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).

SOJABONE: ’N WYE KEUSE UIT ’N ENKELE BRON

Die PANNAR sojaboonprogram het in 1977 begin met die evaluering van sojaboonkultivars uit die buitewêreld. Sedertdien het baie vooruitgang in agronomiese eienskappe en opbrengs asook die insluiting van Roundup-onkruiddoderweerstand plaasgevind. PANNAR is aan die voorpunt van nuwe ontwikkeling en die

markleier in Suid-Afrika. Die afgelope twee jaar lewer PANNAR-kultivars die top-prestasie in elk van die produksiestreke asook die algehele beste prestasie.

PAN 1664R: Dit is die toppresteerder in die LNR se nasionale proewe die afgelope twee seisoene. Met die beste algehele prestasie in koel, matige en warm produksiestreke. Uitstaande opbrengsstabiliteit en wye gebiedsaanpasbaarheid maak dit PANNAR se gewildste kultivar.

ROOI GESPIKKELDE BONE: VOORDELIGE EIENSKAPPE VIR KNAP PRODUSENTE

Die droëboonpakket bied ’n wye keuse van voordelige eienskappe gekombineer vir produsente in al die produksiestreke. Hierdie volledige pakket verlaag die risiko tradisioneel met droëboonproduksie geassosieer as ’n ‘hoë risiko, hoë inkomste’ gewas.

’n Toppresterende rooi gespikkelde boonpakket bied uitsonderlike opbrengsprestasie en stabiliteit. Die pakket bied ’n kultivar vir alle produksieomstandighede, van ’n hoë inset, gemeganiseerde bedryf tot die lae inset, bestaansboerdery.

KLEIN WIT INMAAKBOON

PAN 123: Dit is ’n nuwe bekendstelling en die top inmaakboon in die LNR meerjarige droëboonproewe (2008 - 2011). Dit lewer uitstekende prestasie in al die vernaamste inmaakboon-produksiestreke. Dit is ’n wenkombinasie met uitstaande opbrengspotensiaal, siekteweerstand en graankwaliteit. Saadproduksie sal gekoördineerd met die inmaakbedryf plaasvind om geleidelike infasering van hierdie opwindende kultivar te verseker.

Vir navrae, skakel Ras Meintjes by 082 925 7167; Of die Heidelberg-kantoor by: (016) 341-5881; hoofkantoor: (033) 413-9500. Of stuur ‘n e-pos na: [email protected]

PAN 6Q-745BR, ’n stapelgeenbaster in die mediumgroeiklas is soortgelyk aan PAN 6Q-445B. Dit is baie goed aangepas vir al die produksiestreke.

PAN 3471 en PAN 3478 is uithaler lente-tipe besproeiingskoring-kultivars wat ’n omwenteling in die mark gaan veroorsaak.

PAN 7080 is ’n nuwe toppresteerder in PANNAR se sonneblompakket.

www.pannar.com

20

Die Lombards: ‘n pa-en-seun wenspanHannes en Hano Lombard van die Westend Landgoed in die Morgenzon-distrik, is verlede jaar aangewys as een van die drie fi naliste in Voermol se Beesboer van die Jaar-kompetisie. Die melkery was in 2011 ook die naaswenner in die MPO-Noord se Meester Suiwelboer van die Jaar-kompetisie.

Artikel deur Sandra Dreyer

Die gedugte pa–en-seun-span het ‘n gemengde boerdery, wat ‘n akkerbou-afdeling, veeboerdery en melkery insluit. In die akkerbou-afdeling word met mielies, sojabone, ryegrassaad en saadaartappels (in vennootskap met ‘n buurman, Jurg van Niekerk) geboer. Die vee-afdeling sluit ‘n Drakensberg- en Merinokudde in en ‘n groot Holstein-stoetery vorm die melkery.

Die Westend Landgoed is ‘n lewensdroom wat oor jare gestalte aangeneem het. Die landgoed wat naby Morgenzon in Mpumalanga geleë is, is prentjiemooi met groen grasheuwels, damme vol water, netjiese buitegeboue en ‘n pragtige huis en tuin.

Hannes is in Reivilo gebore en het sy skooljare daar deurgebring. Hy het siviele ingenieurswese aan die Universiteit Pretoria studeer en het drie jaar na die voltooiing van sy studies as ingenieur gewerk, waarna hy gaan boer het. Hy was getroud met Augusta en drie kinders is uit die huwelik gebore: Hano (34), Leazanne (31) en Rowyn (30). Na Augusta se ongeluk en dood is Hannes met Sanet van Aardt getroud, wat self ook twee seuns het.

Hano is op Morgenzon gebore. Hy het sy laerskoolloopbaan aan Laerskool Morgenzon voltooi, waarna hy na Hoërskool Ermelo is. Na sy studiejare aan die Universiteit van Pretoria, het hy na Westend teruggekeer en saam met sy pa begin boer. Hano en sy vrou Imke het twee dogtertjies, Kayla (4) en Zanni (2).

Ons het met die twee boere gesels.

Hoe voel dit vir ‘n pa en seun om saam te boer? Hannes: Om die waarheid te sê dit was vir my ‘n verligting

toe hy begin saam boer het! Dit is steeds vir my so – hy verlig baie van die druk van die boerdery. Dit laat

mens ook besef dat ‘n mens nie moet stagneer nie. Jongmense het nuwe idees en

wanneer ek soms briek wil aandraai, besef ek dit is goed om tog te vernuwe.

Hano: Vir enige seun wat die geleentheid kry om saam met sy pa te boer, is dit ‘n groot voorreg. ‘n Mens moet dit aangryp en ten volle uitleef. Op die ou end leer ‘n mens baie by jou pa wat al baie skoolgeld betaal het. Ons denkwyse en manier van doen verskil wel, maar dit is nie negatief nie – ‘n bietjie verskil is soms goed! Dit het my aan die begin ‘n tydjie geneem om gewoond te raak aan die werksverhouding, want wanneer jy begin boer ken jy jou pa nog net in die pa-en-seun verhouding.

Wat beskou jy as jou eie beste persoonlike bydrae tot die boerdery?Hannes: Ek dink die ingenieursagtergrond help my om stelsels te ontwerp en te bestuur. Die administrasie en fi nansies is hoofsaaklik my afdeling. Ons hou elke oggend ‘n kort vergadering en bespreek ons dag se beplanning met mekaar.Hano: Ek hou daarvan om buite te wees. Die operasionele aksies word deur my gedryf. Alles moet teen die optimum tempo gebeur. Elke ding moet op die regte tyd gebeur. Ek en my pa ken mekaar in alle besluite – twee koppe is beter as een!

Jul het ‘n baie uitgebreide boerdery met verskillende fasette. Wie bestuur elke afdeling? Die werksmense wat vir jou werk is jou heel belangrikste bate! Ons het sestig voltydse werksmense en medewerkers. Johan Pretorius is in beheer van die melkery en werk saam op ‘n prestasiebonusstelsel. Hy en sy vrou Kobie, wat ook afdelings van die melkery behartig, is vir ons baie werd. Die twee voormanne, Daniël en Siphiwe Nkhosi, twee broers, is Johan se regterhande by die melkery. Hul ken die bedryf so goed en is ware staatmakers. Wayne Pieterse hanteer die tegniese afdeling en Chris Fourie tree as ons konsultant vir die melkery op. Rudie van den Berg van Farm Vision is die landbou-ekonoom en raadgewer. Earnest Haines hanteer die getalkontroles asook sekere ander aksies by die vee. Christo Meyer is die plaas se algemene meganiese bestuurder en sorg dat alles aan die loop bly.

Wat is jou gunsteling afdeling van die boerdery?Hannes: Ek is meer betrokke by die skape en beeste.Hano: Die akkerbou is my eerste liefde.

Wat is jul wenresep om so ‘n groot prestasie te behaal om een van die fi naliste in die Voermol Veeboer van die Jaar-kompetisie

te wees?Hannes: Diversiteit versprei jou risiko, maar is ook

veeleisend. Ons probeer ons sisteme en stelsels so eenvoudig as moontlik hou.Hano: Ons karring nie met goed wat tydrowend is nie! Ons konsentreer op dit wat ekonomies

belangrik is. Ek dink goeie bestuur is deel van die wenresep.Wie is jul mentor wat hulp en leiding met die boerdery aanbetref? Hannes: Oor die jare was daar verskillende mense en landbou-instansies wat ‘n ondersteuningsrol gespeel het soos Nooitgedacht, VKB en OTK se onderskeie landboukundige afdelings.Hano: My pa is my belangrikste mentor.

se regterhande by den is ware staatmak

ris FouBerg Earneksies

ganie

telingeer b

erbou

esep oe in dies?

Hanneveeleso eHanis nie

belanwenreWie isboerHanmeond

pHannes: Om die waarheid te sê dit was vir my ‘n verligting

NoolandHan

y g gtoe hy begin saam boer het! Dit is steeds vir my so – hy

verlig baie van die druk van die boerdery. Dit laat mens ook besef dat ‘n mens nie moet stagneer nie.

Jongmense het nuwe idees en wanneer ek soms briek wil

aandraai, besef ek dit is goed om tog te vernuwe.

en is ware staaafdeling en ChRudie van den en raadgewer.sekere ander aalgemene megbly.

Wat is jou gunstHannes: Ek is mHano: Die akke

Wat is jul wenrevan die fi naliste

te weeH

w

Hano en Imke Lombard met Kayla en Zanni.

21Die Pad Saam – April 2012

Gunstelinge

Kos: Bonsmara fi llet – medium/rare

Drank: Ek drink gedurende die dag Oros. Wanneer ek ‘n drankie drink hou ek van whiskey en water of 'n lekker droë wit wyn.

Boek: Natuurboeke. Deesdae lees ek graag kortverhale.

Fliek: Enige iets – net nie Science Fiction of Horror nie!

Beste eienskap: Ek kan beplan,organiseer en prioritiseer.

Stokperdjies: Jag, visvang, perdry, tennis en gholf (ek maak net nie genoeg tyd vir dit nie).

Lewensleuse: My woord is my eer!

Het julle wenke vir pa’s en seuns wat saam wil begin boer?Hannes: Daar moet wedersydse respek en ‘n goeie verstandhouding wees! Gee van dag een af vir jou seun ruimte om sy idees uit te leef en nuwe dinge aan te pak. Soms is mens nie self lus vir verandering nie, maar dit is belangrik.Hano: Maak seker daar is genoeg ruimte om jouself te kan uitleef, anders is julle die hele tyd in mekaar se hare! Dit lyk idillies om te boer, maar jy moet lief wees vir boerdery en seker wees

Wat is jul wenke vir beginnerprodusente? Hannes: Kapitaal is een van die beperkende faktore vir toetrede tot die boerdery. Jy moet voldoende fi nansies hê. Jy moet ook

die nodige kennis hê om dinge reg te doen. Baie mense wat reeds suksesvol is in hul beroep, byvoorbeeld ‘n mediese dokter, maak dikwels ‘n sukses van ‘n boerdery omdat hy die vermoë het om kennis in te win.Hano: Jy moet ‘n liefde en aanvoeling hê om te kan boer.

Beplan jul om die boerdery uit te brei deur nog fasette by te voeg, of gaan jul konsentreer en verder spesialiseer met dit wat jul reeds het? Hannes: Ek glo nie ons gaan nog nuwe vertakkings byvoeg nie, maar sal steeds werk om die standaardom elke vertakking te verbeter.Hano: Daar is altyd ruimte vir verbetering! Ons wil egter wegbly van intensiewe boerdery.

Wat is jul persoonlike toekomsdroom?Hannes: Ek en Sanet wil graag bietjie meer reis – eerste Namibië en Botswana. Ek wil net nie niks doen nie – ek wil steeds betrokke wees by die boerdery. Ek en my broers het ook ‘n ekstensiewe beesboerdery op die familieplaas naby Reivilo en ek sal graag daarmee wil aanhou.Hano: My drome is tans beroepsgedrewe. Ek sal graag ook meer aandag aan my motorfi etsryery wil gee en beplan om later vanjaar die “Roof of Africa” te gaan doen.

Hannes en Sanet LombardJohan Pretorius in die moderne koeibehuising wat onlangs vir die Holsteins opgerig is. Koeie word heeltyd onderdak gehou, vreet in ‘n sentrale area en slaap

Hannes en Hano Lombard in hul kantoor op die landgoed.

22

Uitstekende vooruitsigte vir veevoeraanlegVKB het gedurende 2010 besluit om, as natuurlike verlenging van die braaikuikenprojek, ’n veevoeraanleg in Vrede op te rig. Die toerusting waarop besluit is, is Andritz Sprout wat een van die top internasionale verskaffers van tegnologie, sisteme en diens in die veevoerbedryf is. Hulle hoofkantoor is in Oostenryk, met streekskantore in Denemarke, Nederland, VSA, Slowakye en China waarvan hulle kliënte regoor die wêreld bedien. Die projek word deur Techmach Technology uitgevoer.

Die aanleg sal slegs daarop gefokus wees om braaikuikenvoer te vervaardig wat uit die volgende vyf kategorieë bestaan:

• “Broiler pre-starter”• “Broiler Starter”• “Broiler Grower”• “Broiler Finisher”• “Broiler Post Finisher”

Die kapasiteit van die aanleg is 30 ton per uur met ’n kapasiteit van 16,000 -18,000 ton per maand. Mielies maak sowat 60% van die rou materiaal op die voer uit en dit sal ’n verhoogde vraag na mielies in die VKB gebied stimuleer.

Soja-oliekoek maak 18% van die rou materiaal uit en dit kan gelewer word vanaf die nuwe soja-oliepersaanleg wat op Villiers opgerig word. Die nuwe oliepers, Free State Oil, is ’n gesamentlike onderneming waarin VKB ’n belang saam met twee ander partye het.

In beide gevalle is dit ‘n gewas wat tans in die Oos-Vrystaat geproduseer word en waar daar dan addisionele waarde toegevoeg kan word deur die verdere verwerking daarvan na veevoer. Die beplande datum van eerste produksie is 1 Junie 2012.

Konstruksie neem ‘n aanvang. Uitgrawings word gedoen.Die fondasie word gelê vir die onder- grondse vlak en die innametonnels.

Die konstruksie vorder... Konstruksie goed op dreef. Die aanleg begin vorm aanneem.

Die korrelpers, wat verskillende grootte korrels kan pers.

Die area waar die afkoelingsproses gaan plaasvind.

In die sikloonstelsel vind die afsuiging van warm, vogtige lug plaas ná die verkoelingsproses.

2222222

23

Oprigting van die staalkonstruksie. Oprigting van die staalkonstruksie. Oprigting van die staalkonstruksie.

Die hamermeule, waar die mielies gebreek word.

Hierdie 8 ton-menger word aangewend vir mielies en ander losmaatprodukte.

Losmaat-grondstowwe word in die bunker-area gestoor.

Die 355 kW persmasjien (expander). Die rollermeule.

ʼn Vooraansig van VKB se nuwe veevoeraanleg op Vrede.

En só lyk die fabriek se sifmeule.

Die Pad Saam – April 2012

2424 Gemeenskappe

UIT DIE KLIëNT SE MOND:

NOG ‘N SUKSESVOLLE PROJEK DEUR ECHOVIR DUP 3 BOE DERR Y TE TWEELING

Echo het ses hoenderhuise suksesvol afgehandel vir Mnre. Johan du Plessis snr en jnr wat vir die VKB-Groep op Reitz op kontrakba-sis gaan braaikuikens produseer. Hierdie is die eerste ses huise wat suksesvol voltooi is in die VKB-Groep deur Echo; Echo is trots daarop om met die Du Plessis-familie te kon werk en sien uit na ‘n lang en vrugbare besigheidsverhouding met Dup 3-Boerdery in die toekoms.

Echo wens oom Johan en Johan jnr baie sterkte toe met die pluimveeboerdey en glo dat met die toewyding waarmee hulle hierdienuwe projek aanpak, hulle van die beste groeiers in die groep sal wees.

Ons het in die braaikuikenbedryf betrokke geraak nadat die Vrystaatse Koöperasie die inisiatief geneem het om ‘n slagpale op Reitz te vestig en aan sy aandeelhouers die geleentheid gebied het om as groeiers te deel in die projek. Ons gaan van die standpunt uit dat jy nie al jou eiers in een mandjie plaas nie. Hoewel ons oor geen kennis beskik het oor die grootmaak van braaikuikens nie, was dit wel vir ons ‘n geleentheid om te ondersoek en so ook ons risiko verder te versprei. VKB en Echo is werksaam in die Noord-oos Vrystaat wat baie koue winters het. Dit was vir ons baie belangrik dat die huise baie goed geïsoleer is en baie dig seël, omdat dit jou energiekoste geweldig beïnvloed. Daarby is kwaliteit en vakmanskap ononderhandelbaar, asook die voltooiing van so projek binne ‘n vasgestelde tyd.

Verskeie ope dae op plase van verskillende verskaffers is besoek. Ons het verder drie produksie-eenhede besoek wat oor Echo-huise beskik. Elkeen is van die top presteerders in hul onderskeie groepe. Die besoeke het ons besluit net vergemaklik om met Echo te werk.

Ons het met die oprigting van die huise baie goeie samewerking gekry en daar was baie goed by die tydskedule gehou, wat getuig van baie goeie organisasie en toesighouding. Wanneer daar probleme was, is die probleme vinnig opgelos en was die werk deurentyd van hoogstaande gehalte.

Ek wil net laastens vir Pieter en sy span bedank en hoop ons kan in die toekoms weer saam werk.

25Die Pad Saam – April 2012 25Die Pad Saam – April 2012 Profiel

Straatadres:Solidum GebouMundtstraat 328, WaltooPretoria, Suid-Afrika

Posadres:Posbus 1860, Silverton0127, Suid-Afrika

Webadres:www.echocoldrooms.co.za

Kantoornommers:

+27 12 803 0605

Faksnommer:+27 12 803 7621

Tomchochicksare happychicks inany area

Hannes NelCel: 082 808 8353E-mail: [email protected]

Pieter BuitendagCel: 082 803 1104E-Mail:[email protected]

ECHO SMOOTH 200

Echo Smooth 200 and 100 both with chromadeck ceilings and high quality finishing

Insulated Panel Manufacturers

“ ONS GEHALTE ONS TROTS, ONS PRODUK ONS PASSIE !”

+27 12 803 9490

Echo wil baie graag aan die einde van 2011 ’n bedanking rig aan al ons kliënte wat ons deur die jaar ondersteun het.

Ons wil ook graag van die geleentheid gebruik maak om ons dank uit te spreek aan al ons kliënte wat ons die afgelope vyf jaar in die hoenderbedryf ondersteun het, en toegelaat het dat ons kan spog met ons produk op hul plase. Dit het werklik aan ons die ge-leentheid gegee om in ons leuse te volhard:

Ook ‘n spesiale dank aan al ons voornemende kliënte wat so getrou ons unieke en baie suksesvolle opedae of bekendstellings bygewoon het en met ons kwaliteit en diens spog saam met die immer groeiende tevrede kliëntebasis van Echo.

26

Doctor Albert Radebe is ‘n ondernemende, opkomende produsent naby Ascent. Hy is in 1975 op die plaas Witbank naby Cornelia gebore en is die tweede jongste van agt kinders van Christina en wyle Samson Radebe. (Hy glimlag en sê dat sy ouma Zablina tydens sy geboorte in die hospitaal was nadat ‘n hond haar gebyt het en dat sy uit die hospitaal laat weet het dat hul dié kind Doctor moet noem, want sy dink hy gaan eendag ‘n mediese dokter word!)

Artikel deur Sandra Dreyer

In gesprek met: Doctor Radebe

Sy skooljare het hy aan die plaasskool Uitsien en later aan Evungwini Secondary School in Thembalihle, Vrede deurgebring, waar hy in 1995 gematrikuleer het. Na skool het hy twee jaar lank by mnr. Izak Dreyer gewerk; en van 1997 tot 2000 is hy na Midrand waar hy as trokbestuurder gewerk het.

Hy het teruggehunker na die plaas en die platteland en in 2000 het hy na Thembalihle teruggekeer en sy eie steenkool-handelaarsonderneming begin. Na drie jaar, toe steenkool se prys met sowat 120% gestyg het en die verkope gevolglik begin afneem het, het hy besluit om sy suksesvolle besigheid te verkoop. In 2003 gebruik hy die geld wat hy uit die steenkoolonderneming verdien het as deposito en met behulp van ‘n Land Bank-lening koop hy en sy oom Izak Tsotetsi die plaas Geluk tydens ‘n veiling. Hulle boer tans met Bonsmara-tipe beeste en het ook ‘n klein troppie skape.

Doctor praat met die grootste lof van VKB, van wie hy ‘n lid is. Hy vertel dat hy in 2010 deur VKB op ‘n landboubestuurskursus van ses maande by ITO Focus in Qwa Qwa gestuur is en dat hy baie daarby gebaat het.

Hy sê dat dit beklemtoon moet word dat hy ‘n self-onderhoudende produsent is en nie afhanklik is van die staat nie.

Doctor is getroud met Fakazile Malakoane en hulle het twee dogters: Nokulunga (8) en Nolwazi (3).

Wie het jou die meeste geïnspireer om te gaan boer?

Nadat ek my steenkoolbesigheid verkoop het, het my oom Izak Tsotetsi gesê dat die tyd ryp is dat ons grond van ons eie moet koop. Ons boer steeds saam en kom baie goed oor die weg.

Wat is die grootste probleem as ‘n opkomende produsent wil begin boer?

Die kapitaal! Om ‘n lening te kry was ‘n groot uitdaging. Gelukkig het ek genoeg gespaar uit my onderneming om geld te kon neersit as sekuriteit.

Hoe het dit gevoel om te besef: ek is nou die eienaar van my eie grond?

“I felt very happy!” Ek het ook gedink: dit is nie die einde nie, dit is die begin van groter dinge.

Beplan jy om jou boerdery verder uit te brei ?

Ek moet eers myself bewys. Ek wil eers die volle potensiaal van die grond tot my beskikking ontgin voordat ek verder gaan en dink aan nog grond.

Wie is jou mentor met jou boerdery?

Izak Dreyer. Ek beskou hom as my broer. Hy voorsien my van al die noodsaaklike inligting en het aan die begin selfs soms vir my van sy plaasgereedskap geleen soos ‘n beesklem en ‘n onthoringbout.

Sal jy graag wil hê dat een van jou kinders later ook moet boer?

Ja! Ek dink vroue kan nou baie dinge doen. Hulle is nou baie dapper en pak baie dinge aan. Hulle kry ook nou beter skoolonderrig en ek sal wil hê dat hul tersiêre onderrig moet ontvang en elkeen ‘n graad verwerf: verkieslik in Landbou of Ekonomie. Ek sal egter nooit in hul pad staan as hul iets anders wil doen nie.

Hoe sien jy die toekoms van boerdery in Suid-Afrika?

Ek dink landbou-wetgewing veroorsaak dat plase al hoe kleiner gaan word. Dit is ‘n groot bedreiging vir voedselvoorsiening. Wat vir die regering goed lyk op papier, werk nie altyd so goed in die praktyk nie. Boerdery is ‘n gespesialiseerde bedryf en goeie opvoeding en opleiding is nodig. Met die boetie-boetie politiek word daar dikwels mense op staatsgrond geplaas wat geen opleiding het nie en dan nie die vermoë het om die boerdery behoorlik te bedryf nie.

Watter wenke het jy vir ander beginner-produsente?

Al is jy ‘n gebore produsent, moet jy eers so goed as moontlik gekwalifi seer wees. Kry eers jou opleiding; studeer. Daar is vir my vier dinge wat nodig is: Dedication, Desire, Determination en Discipline!

Die Radebe-gesin: Albert en Fakazile met hul dogters Nokulunga en Nolwazi.

27

Warm water teen 'n sakpas-prysDie installasie van ‘n sonkrag-waterverwarmingstelsel stel jou in staat om ‘n positiewe bydrae aan jou omgewing te lewer. Hierdie eenvoudige aksie kan lei tot ‘n besparing van tot 60% op jou elektrisiteitskoste.

Hoe werk dit?‘n Sonkrag-waterverwarmingstelsel is ‘n baie eenvoudige en betroubare konsep wat die son se energie gebruik om water te verhit. Vandag gebruik miljoene huise en besighede sonkrag-waterverwarmingstelsels. ‘n Tipiese stelsel bestaan uit ‘n plat plaat, die “solar collector” of ‘n “evacuated tube collector”, wat aan ‘n geseëlde warmwatertenk gekoppel is.

Hoe kan jy daarby baat?• Dit stel jou in staat om ‘n positiewe, ‘groener’ bydrae tot

die omgewing te lewer.• Word nie deur stygende elektrisiteitskoste beïnvloed nie.• Gratis warm water vir die res van jou lewe.• ‘n Belegging in jou kind se toekoms.• Verminderde verbranding van fossielbrandstof.• Verhoog die herverkoopwaarde van jou eiendom.

Vir enige navrae skakel Rudolf Botha by 082 334 3793.

Gunstelinge

Kos: Organiese voedsel! Groente –ek het self ‘n mooi groentetuin.

Drank: Ek is ‘n verantwoordelike drinker. Bier is my gunsteling.

Boek: Natuurboeke. Deesdae lees ek graag kortverhale.

TV: Ek hou van TV-kyk, veral sport soos sokker, krieket, gholf en tennis en dan luister ek ook baie radio.

Stokperdjies: Ek speel graag sokker en “pool”.

Lewensleuse: Ek glo ek moet elke dag ‘n ent stap of draf, want dit doen my gees en liggaam goed. Ek is ’n Christen en rig my lewe daarvolgens in.

Jy is ‘n raadslid op die Phumelela munisipale raad. Watter bydrae wil jy daar lewer?

Ek sal graag wil hê daar moet in elke belastingbetaler se persoonlike behoeftes voorsien word, onafhanklik van ras of kleur. Die infrastruktuur moet verbeter word en behoorlik onderhou word. Die produsente se belastinggeld moet uiteindelik weer teruggeploeg word in hul plase en boerderye. Ek glo die munisipaliteit kan byvoorbeeld hulp verleen met die maak van voorbrande op die plase. Die fondse word tans nie reg aangewend nie.

Wat is jou persoonlike toekomsdroom?

Ek sal my graag self wil sien as een van die kommersiële produsente in Suid-Afrika. Dit is vir my ‘n groot uitdaging in die land met sy groot bevolkingsontploffi ng. Nuwe tegnologie gaan wel help dat ons beter produsente sal word.

Izak Tsotetsi by die beeste op die plaas

Die Pad Saam – April 2012

28

Ontmoet Jacobus Wentzel van Boer Soek ‘n Vrou-faamDit is ongeloofl ik hoeveel aanhang die TV-realiteitsreeks Boer Soek ʼn Vrou geniet. Selfs Springbokrugbyspelers verwys daarna as hul gunsteling program op televisie. Deelname aan hierdie program bring kitsbekendheid aan die produsente en die vroue wat inskryf.

Jacobus Wentzel het aan die derde reeks van Boer Soek ʼn Vrou deelgeneem nadat sy niggie hom as’t ware daarin gedwing het. Hy het by sy aansoek ʼn opmerking aangeheg dat produsente van Limpopo afgeskeep word in die reeks en toe word hy sowaar gekies! Kameramanne het later aan hom genoem dat dit heerlik is om by hom te skiet – daar is soveel om te sien in die bosveld.

Jacobus boer in die Alma-omgewing op ʼn pragtige plaas omring deur berge maar met genoeg plat aarde om behoorlik op te boer. Hier het hy aanvanklik die drie meisies wat hy gekies het onthaal, en later net vir Ina. Ina is steeds in sy lewe en wat tussen hulle is, is beslis ernstig. Hy antwoord egter geen vraag as dit oor trouklokkies gaan nie. ‘n Man moet darem steeds ʼn paar geheime hê!

Die hele ondervinding was vir hom baie lekker. Hy was nog nooit spyt dat hy deelgeneem het nie. Daar is min voordeel te trek uit die bekendheid wat volg – miskien net hier en daar ʼn borgskap maar niks meer as dit nie. Maar om vir Ina te kon ontmoet, was beslis die moeite werd.

Hy en sy pa, dr Kobus Wentzel, boer aangrensend maar elk met hul eie besigheid. Sy vernaamste boerderyvertakking is beeste. Die ras waarmee hy boer is Beefmaster en Jacobus kan nie uitgepraat raak oor die aanpasbaarheid van die ras nie. Hy is duidelik vertroud met die eienskappe en kenmerke van die ras. Volgens hom sal hy nooit met ʼn ander ras boer nie, omdat hy grootgeword het met Beefmasters.

Hy het ʼn indrukwekkende stoetery opgebou. Sy bulle is gesog en verkoop gewoonlik direk van die plaas af. Omdat die ras vasgeteel is, is daar geen variasies of afwykings nie. Hy het dit reggekry om binne drie jaar kort skedes in sy trop te teel.

Dit is juis die breë bek maar klein kop van die ras waarvan Jacobus hou. Hulle vreet baie, maar kalf maklik.

Verder boer Jacobus ook met waatlemoene, aartappels, mielies en grondbone. Hy het gelukkig water op die plaas en het vier sirkels onder besproeiing. Hierdie 2 000 hektaar word ekonomies benut en wetenskaplik bestuur.

Jacobus het in Pretoria grootgeword maar by die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. Hy was ʼn inwoner van Reitz Manskoshuis en het ʼn graad in landbou-ekonomie verwerf. Hy het vir ses maande probeer om ʼn kantoorwerk te doen maar gou besef dat daar net een ding is wat hy wil doen en dit is boer; en soos hulle sê: die res is geskiedenis!

Jacobus besef dat boerdery nie altyd maklik is nie. Daar is altyd iets wat pla. As dit nie insetkoste en veral brandstofpryse is nie, is dit iets anders. Veral herstelwerk en onderhoud op ʼn plaas het geen einde nie!

Jacobus is ʼn klant van NTK - dis waar hy alles kry wat hy benodig. Hy doen die meeste van sy aankope op Nylstroom maar is ook ʼn klant van Warmbad en Vaalwater – afhangend van waarheen hy op pad is. Sy gunsteling persoon by NTK is natuurlik Tannie Pepsi by die Nylstroom-tak. Sy is die beste! – aldus Jacobus.

Jacobus is dalk bekend weens sy deelname aan ʼn TV-reeks, maar hy wil eerder geken word aan die kwaliteit produkte wat hy op die plaas lewer en veral die stoetbulle wat hy teel.

Meer oor Beefmasters

Beefmaster is ʼn sintetiese ras wat geneties saamgestel is met ± 50% Brahman, 25% Hereford en 25% Korthoring bloed. Die resultaat was die Beefmaster wat die beste eienskappe van elke individuele ras aangeneem het. Dit is bereik na jare se selektiewe kruisteling, versigtige eksperimente en ongenaakbare uitskot van ongewenste diere.

Regdeur die geskiedenis van Beefmaster was die grootste doelwit om vleis te produseer. Die beste beeste produseer die hoogste kwaliteit vleis teen die laagste koste, dit beteken meer wins. Die teel- en bestuursprogram wat nagevolg is, is gebaseer op die natuur se oudste wet: “Oorlewing van die sterkste”.

By seleksie word ses vereistes gestel. Die vereiste ekonomies-belangrike eienskappe is: vrugbaarheid, temperament, gewig, bouvorm, gehardheid en melkproduksie.

Die Suid-Afrikaanse Beefmaster word geteel en geselekteer om optimaal in al die klimaatstoestande van Suider-Afrika te produseer. Elke dier is die produk van toegewyde telers se seleksie en prestasietoetsing, met die klem op funksionele doeltreffendheid. Dit is nogtans goeie praktyk om bulle van telers in ʼn mens se eie omgewing te koop om die probleme met aanpassing vry te spring.

Jacobus Wentzel en sy pa, Kobus Wentzel.

29

Fuchs Lubricants South Africa is part of Fuchs Petrolub AG, the largest independent lubricants manufacturer in the world.Fuchs was founded in 1931 by the grandfather of the current CEO, Stefan Fuchs, and the company is still owned by the Fuchs family. Since then, the company has spread across the globe and currently has 50 ISO accredited production plants in 96 countries around the world.

Fuchs Lubricants South Africa is the 9th largest company in the group and boasts the most complete and comprehensive range of specialised and standard, high quality lubricants in Southern Africa. This includes the following product ranges:

• Titan automotive oils and greases;• Wm. Penn automotive oils and

greases;• Silkolene specialised motorcycle

lubricants;• Fuchs industrial oils and greases

including the Cassida range of food grade lubricants;

• Ecocool and Ecocut metal working fl uids and Anticorit corrosion preventatives;

• Agrifarm agricultural products;• Planto plant based, environmentally

friendly lubricants; and• Specialised mining products.Fuchs currently supplies lubricants to most of the major mining groups, the largest steel manufacturers in the country, and many of the major automotive manufacturers. During the construction of the Gautrain, Fuchs supplied the bulk of all the lubricants used by the Bombela Consortium.

The Fuchs production plant is located in Isando, Gauteng and has sales branches in Durban, Welkom and Port Elizabeth. We also have large regional branches in Bloemfontein, Botswana (Gabarone), Namibia (Windhoek), Zimbabwe (Harare and Bulawayo) and Zambia (Lusaka and on the Copperbelt).

Fuchs provides high quality lubricants and services to a wide range of American industries – from underground mines to pharmaceutical manufacturers, to makers of complex metal components such as automotive, appliance and aerospace manufacturers. Fuchs is constantly developing new products to meet the ever-changing demands of modern industry.

On-going local development, combined with access to Fuchs Group technology

from around the globe, ensures our customers of products and services that are truly "leading edge".

Please visit our website on www.fuchsoil.co.za for more information.

More about the company

Fuchs, founded in 1931 as a family fi rm in Mannheim, Germany, is nowadays a globally operating corporation, and the world's leading supplier of lubricants among the independent companies.

Fuchs is a top-ranking front-runner with a complete range of lubricants as its core program. The company has customised specialty solutions for various market niches to complement its standard products. Furthermore the company boasts comprehensive consultancy and service capabilities.

Fuchs offers lubricants for hundreds of applications – including lubricants for car drivers and motorcyclists, goods transport, passenger traffi c, mining companies, the steel industry, vehicle and machinery construction, the building trade and agricultural equipment.

The group's harmonized policy in all essential and strategic questions utilises to optimum effect the synergies created by worldwide interaction of the individual companies involved. International resources are deployed so economically and effi ciently that they directly benefi t the customers on the spot.

The group employs more than 3 600 people in Europe and overseas at more than 52 operative companies.

All shareholdings are owned by Fuchs Petrolub AG, the group's ultimate management company. The most important regions for Fuchs in terms of sales are Western Europe, Asia and North America.

The company possesses a degree of specialisation way above the sectoral average, and a high tempo of innovation.

The product ranges comprise several thousand lubricants and related specialties for all applications and industries. The customer base is huge and diverse: from the mining and steel industries to farmers; from the vehicle sector to transport companies; from mechanical engineering fi rms and the

Executive Board: Stefan Fuchs (Chairman), Dr. Alexander Selent (Vice Chairman), Dr. Lutz Lindemann, Dr. Georg Lingg, Dr. Ralph Rheinboldt

pharmaceutical industry to domestic product manufacturers; plus specialty and non-specialty dealers for engine oils.

The ordinary and preference share of Fuchs Petrolub AG, Mannheim, are listed for offi cial trading on the stock exchanges in Frankfurt/Main and Stuttgart.

FuchsFuchs – a company to be reckoned with – a company to be reckoned with

30

Die Pad Saam – April 2012

32

Artikel deur Jaco Heckroodt

Risiko is die bron van bogemiddelde winste en verliese wat in enige boerdery of besigheid voorkom. Boerdery-ondernemings het daagliks te doen met baie vorme van risiko.

Baie eienaars en bestuurders bestuur risiko ook so suksesvol dat die boerdery-ondernemings oor die langtermyn lewensvatbaar is. Risiko is ʼn term waaraan verskeie betekenisse gekoppel kan word. Hierdie betekenisse kan altyd herlei word na ʼn variasie wat in potensiële uitkomste voorkom. Landbourisiko’s kan verbind word met negatiewe resultate, wat volg op onvoorspelbare klimaat, biologiese veranderlikes, sowel as prysveranderlikes. In besigheidsbestuur kan die kern van die bestuursprobleem beskryf word as hoe om met onsekerheid te handel. Besluitneming oor toekomstige optredes word bemoeilik deur onvolledige kennis oor wat in die toekoms gaan gebeur – die toekoms kan dus nie met sekerheid voorspel word nie.

Verskeie bronne van risiko kom binne die landbousektor voor. Besigheidsrisiko kan beskou word as die risiko wat enige besigheid aan blootgestel is, ongeag hoe dit gefi nansier word. Veranderlike graanopbrengste, reproduksiekoerse wat verander, uitbrekings van veesiektes, klimaatsverandering en onvoorsiene veranderinge in markte en pryse kan as die belangrikste besigheidsrisiko’s beskou word.

Verder kan ʼn verandering in regeringsbeleid en in wetgewing ook as ʼn bron van besigheidsrisiko beskou word. Makro-ekonomiese veranderlikes soos rentekoerse, wisselkoerse en infl asie vorm ook deel van besigheidsrisiko. Besigheidsrisiko word nie beïnvloed deur die besigheidsvorm wat gebruik word of die gebruik van eie en vreemde kapitaal wat in die onderneming aangewend word nie. Die belangrikheid van besigheidsrisiko is gesetel in die feit dat beplande opbrengste en pryse nie behaal word nie, en dat die onderneming se vermoë om te betaal vir insette, kapitaal en arbeid wat gebruik is, beperk word.

Finansiële risiko word afgelei van die gedeelte vreemde kapitaal wat in die onderneming gebruik word, relatief tot die eie kapitaal – dit is totale laste tot eie kapitaal. Hierdie verhouding word ook die hefboomverhouding genoem. Indien die hefboomverhouding oor tyd verswak, beteken dit dat die fi nansiële risiko van die onderneming vergroot. Finansiële risiko kan dus besigheidsrisiko vergroot.

Verskillende benaderings tot risiko

Ondernemers se benadering tot risiko word deur hul persoonlikhede en individuele omstandighede beïnvloed. Jonger progressiewe produsente kan byvoorbeeld baie wen deur ʼn hoë risiko onderneming aan te pak. Daarteen het hy relatief min om te verloor in terme van eie kapitaal. Die ondernemer kan ook verliese oor die langtermyn neutraliseer. Hierdie produsente word as risikonemers beskou.

Ouer en gevestigde produsente kan in teenstelling hiermee baie verloor en relatief min in verhouding tot wat hy reeds besit, wen deur ʼn hoë risiko projek aan te pak. Só ʼn produsent, wat as ʼn risikovermyder beskou word, sal daarom ook versigtiger wees in sy benadering en eerder poog om risiko’s te verminder.

Ondernemers wat neutraal (risiko-ongevoeliges) staan teenoor risiko, aanvaar en beskou risiko as ʼn natuurlike verskynsel van sake-ondernemings wat binne die kapitalistiese stelsel voorkom. Watter een van die drie groepe se benadering as die mees korrekte beskou kan word, bly ʼn ope vraag. ʼn Beginpunt vir elke ondernemer is egter om sy eie vermoë en gewilligheid om risiko’s te loop, te evalueer.

Van die strategieë en optredes wat deur die ondernemer gevolg kan word om risiko’s teen te werk, is die volgende:

• Diversifi kasie het dit ten doel om ʼn verskeidenheid produkte te produseer sodat ʼn terugslag in een vertakking nie die ondergang van die hele onderneming beteken nie. Indien die tweede en daaropvolgende produkte aan dieselfde klimaatsrisiko’s blootgestel is as die eerste produk, kan dit die boerdery se bestuurs- en fi nansiële risiko’s verhoog. Indien boerderyvertakkings ook uitgebrei word, kan bestuursdoeltreffenheid ook ingeboet word.

• Met gesonde fi nansiële bestuur, wat insluit die doeltreffende gebruik van vreemde kapitaal, die verlaging van vaste koste relatief tot bruto inkomste en totale bruto marge, asook die oordeelkundige belegging in toerusting en lewendehawe, kan die langtermyn oorlewing van die onderneming verbeter word.

• Aangepaste boerderystelsels verkry die optimale benutting van natuurlike hulpbronne binne ʼn streek wat harmoniseer met die plaaslike omgewingstoestande. Stelsels of praktyke wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie, het wisselende resultate tot gevolg en gee aanleiding tot opbrengste wat van jaar tot jaar wissel. Met aangepaste stelsels kan dus verseker word dat riskantheid binne perke gehou word.

• Deur vooruit kontrakte te sluit, kan ʼn ondernemer die toekomstige onsekerheid wat ʼn bepaalde produksievertakking kan raak, deels verminder of geheel en al uitskakel. Die risiko verbonde aan kontrakte is dat die gekontrakteerde massa nie gelewer kan word nie weens negatiewe klimaatsomstandighede. Verder bestaan die risiko dat die prys waarteen gekontrakteer word die seisoen se laagste markprys kan wees. Dit is dus belangrik om ʼn omvattende bemarkingsplan op te stel voordat kontrakte aangegaan word.

• Met formele versekering word die risiko van ʼn nadelige gebeurtenis vir een party (die versekerde) verlaag, deur dit oor te dra na ʼn ander party (die versekeraar). Die versekerde word dus beskerm teen ʼn bepaalde gespesifi seerde verlies. Gegewe die hoë insetkoste wat betrokke is by gewasverbouing, kan dit sin maak vir ʼn produsent om oesversekering te gebruik om die invloed van klimaatsrisiko te verminder.

• Deur die gebruik van nuwe tegnologie kan operasionele doeltreffendheid verhoog word en kan bewerkingsaksie tydig uitgevoer word.

• Indien surplusse in goeie jare voorkom, kan dit afhangend van die fi nansiële posisie van die boerdery, buite die landbouomgewing belê word. Marginale ná-belaste opbrengskoerse speel ʼn belangrike rol in die beleggingsbesluit.

Risiko en onsekerheid is deel van alle besigheidsaktiwiteite en optredes. Bogemiddelde opbrengste kan slegs verkry word indien die belegger bereid is om bogemiddelde risiko’s te neem.

Artikel deur Jaco Heckroodt, Landbou-ekonoom by VKB Landbou Bpk. op Reitz. Vir navrae, kontak hom by (058) 863-8215 of e-pos: [email protected].

Veldbrande – ‘n risiko om mee rekening te hou

Wie benodig versekering teen die verspreiding van brand?Almal wat grond besit aangrensend tot hoë digtheid boerdery-aktiwiteite (byvoorbeeld wingerde, boorde of plantasies) moet beslis versekering uitneem teen die verspreiding van brand. Geboue en bates op aangrensende eiendom moet ook in gedagte gehou word. ‘n Brand kan ‘n hele huis binne 60 sekondes vernietig.

Wat presies is Verspreiding van Brand-versekering?Gedurende warm en droë seisoene en natuurlik winter in die Vrystaat is perfekte toestande vir veldbrande. Aangejaag deur ons sterk winde, kan hierdie brande buite beheer woed en grootskaalse skade aan weiding, grensdrade, geboue, diere en natuurlik oeste berokken. Volgens die Nasionale Veld en Bosbou Brandwet 1 van 1998, is dit elke grondeienaar se plig om voorbrande te maak en te onderhou, sowel as om toerusting en personeel op gereedheidsgrondslag te hou om brande te bestry. Indien ‘n brand op jou eiendom ontstaan en versprei na die aangrensende eiendom word daar onmiddellik aanvaar dat jy nalatig is tot wanneer jy die teendeel kan bewys. Die koste om jouself te verdedig kan jou fi nansiële welstand ernstig knou.

Hoekom moet jy Verspreiding van Brand-versekering uitneem?Verspreiding van Brand versekering sal eerstens betaal vir jou regskoste om te bewys dat jy nie nalatig was nie. Indien jy wel nalatig bewys word, sal die Verspreiding van Brand versekering ook betaal vir die skade veroorsaak. Indien jy egter nie Verspreiding van Brand-versekering het nie, kan dit tot bankrotskap lei.

Wat is die grootste fout wat begaan word met die uitneem van Verspreiding van Brand-versekering?Die bedrag waarteen verseker word is te laag. In die meeste gevalle is die bedrag waarteen verseker word slegs R1 000 000. Onthou dat die versekeraar slegs betaal tot maksimum die bedrag waarvoor jy verseker is. Oeste, diere, geboue, voertuie en natuurlik mense se lewens laat R1 000 000 na kleingeld lyk.

Ons staan op die vooraand van ons brandseisoen. Praat gerus met ‘n versekeringsadviseur by VKB om jou met versekeringdekking behulpsaam te wees. Die adviseur kan jou verder bystaan om ‘n volledige risiko-analise van jou besigheid te maak en te verseker dat alle risiko’s waaraan jy blootgestel word korrek en volledig verseker is.

‘n Veldbrand is iets wat ‘n produsent binne enkele oomblikke van fi nansieel sterk, tot bankrot kan neem. Die verspreiding van brand is een van die mees verwaarloosde afdelings van versekering, hoewel dit die grootste risiko is waaraan ‘n produsent blootgestel word, naas die winsgewendheid van sy oeste.

33Die Pad Saam – April 2012ilililllilillilililllllilllllll 2222222222222222222222222222222222200000000000000000

Makelaarswww.vkb.co.za

Beskerm nou u risiko deur VKB

34

Die regering sal moet besluit hoe belangrik goeie produsente vir hom is, het Andries Theron, Ondervoorsitter van Graan SA, gesê oor die kwessie van voedselsekuriteit in die land. Produsente van die Reitz-gebied is tydens ’n streekvergadering deur Graan SA toegespreek.

Die insetkoste van diesel, saad en kunsmis laat groot kommer onder produsente en desondanks lyk dit of die regering eerder neig om produkte in te voer as om by sy eie plaaslike produsente te koop. Intussen lewer Suid-Afrika van die beste produkte ter wêreld.

Die kwessie van werkersvergoeding is ook uitgelig nadat die loonverhoging verlede maand aangekondig is.

Produsente sê saam met swak markpryse word hul uitgawes net meer. Agri SA het in ’n verklaring gesê hy het reeds ’n brief aan die minister van arbeid, Mildrid Oliphant, gestuur waarin hy vra dat die verhoging van plaaswerkers se lone hersien moet word.

Elize van der Westhuizen, Menslike Hulpbronbestuurder van Agri SA, het gesê waar verlede jaar se verhoging bereken is op die verbruikersprysinfl asie (VPI) van November plus 1% vir voedselinfl asie in die landelike gebiede, is vanjaar s’n bereken op die VPI van Oktober plus 1,5% vir voedselinfl asie.

Die laagste kwartiel van die VPI is glo gebruik om die minimum maandloon te bereken waar voedselinfl asie reeds ingesluit was. Dit, volgens Agri SA, verteenwoordig dus ’n dubbele kompensasie vir voedselinfl asie.

Waar lande soos Europa en Amerika bekommerd is oor die veiligheid van voedsel, bekommer Afrika hom oor die beskikbaarheid daarvan.

Van der Westhuizen sê die ander probleem is dat die staatskoerant ’n verhoging van R317,51 tot R374,10 aangekondig het, terwyl die weeklikse loon slegs tot R347,10 verhoog is. “Vakbonde dring nou aan op R374,10.

“Ons sal graag ons arbeiders meer wil betaal, maar ons kan dit nie doen as ons nie wins genereer nie. Ons is heeltemal van die markpryse afhanklik,” sê Ben Pieterse, Voorsitter van die Riemland-boerevereniging en ’n graan- en veeprodusent.

Graan SA het produsente op Reitz toegespreek tydens ’n streeksvergadering. Voor staan Marna Swart, Skakelbeampte van Graan SA; van links, middel: Corné Louw, Senior Ekonoom van Graan SA, Piet van Niekerk, produsent van Reitz, Cerneels Claassen, Oud-voorsitter en Direkteur van VKB, en Willie Steyn, produsent van Reitz; agter: Andries Theron, Ondervoorsitter van Graan SA, Neil Claassen, Streeksverteenwoordiger van Graan SA vir streek 18, en Nollie Steyn, Voorsitter van die Graan SA-tak op Reitz.

- Artikel deur Maryke Swart

Louw Vellema en sy span van NTK LandMark Vaalwater het vir die tweede agtereenvolgende jaar daarin geslaag om as die top winkel in die mediumwinkel-kategorie van LandMark aangewys te word. Dit is ʼn puik prestasie en beslis iets om op trots te wees!

Om hierdie eer te ontvang beteken volgehoue harde werk, deurlopende handhawing van die uiters hoë standaarde en ʼn personeelkorps wat ingelig en gemotiveerd saamwerk. En hieraan voldoen Vaalwater met uitnemendheid.

Daar kan baie redes gegee word vir die tak se sukses. Maar volgens die personeel van Vaalwater kan die sukses in die eerste plek voor die voete van hul bestuurder gelê word: Louw Vellema bestuur en lei deur voorbeeld.

Vellema is allesbehalwe grootkop oor die hele ding. Op sy beurt sê hy weer dis die personeel wat meer as hul kant bring en natuurlik hul klante vir wie hulle dit graag wil doen.

Vaalwater het die wenresep gevind en gaan van krag tot krag. Dis veral ‘n besonderse prestasie as ʼn mens in gedagte hou dat nie te lank gelede nie, was Vaalwater onder aan die lys van presteerders en vandag is dit ʼn heel ander storie!

Tydens ʼn glansgeleentheid in die Kaap is die toekenning aan Vellema gemaak. Hy het dit namens sy hele tak in ontvangs geneem omdat dit geen een-man-vertoning nie was nie. Inteendeel, dis is ʼn spanpoging soos min om van Vaalwater nommer een in LandMark-kringe te maak.

Baie geluk aan elke personeellid van Vaalwater met hierdie prestasie en ons weet julle sal net voortbou op hierdie sukses.

Louw Vellema, bestuurder NTK LandMark Vaalwater (regs), ontvang die prys van Brand Theunissen.

35Die Pad Saam – April 2012Die Pad Saam – April 2012 35Die Pad Saam – April 2012

Dit sal boere en landboubesigheidseienaars goed pas datNedbank Besigheidsbanksake kantore in Bloemfontein,Welkom, Bethlehem en Kroonstad het. Elkeen van hullebied ’n plaaslike toegangspunt tot Nedbank sewêreldklasbankkundigheid, bedryfspesifieke oplossingsen omvattende finansiële produkte en dienste.

‘Ons verstaan dat dit ’n uitdaging kan wees om ’n landboubesigheid

op die been te bring en te bedryf, om nie eers te praat van hoe

ingewikkeld jou bankbehoeftes kan wees nie. Dis hoekom ons by

Nedbank Besigheidsbanksake daartoe verbind is om jou, jou besigheid

en jou personeel te help om makliker sake te doen – nie net by ons

nie, maar ook met jou verskaffers en kliënte. Nedbank

Besigheidsbanksake is spesifiek rondom die behoeftes van jou

besigheid gestruktureer, wat verseker dat jou besigheidsbanksake

moeitevry is – wat jou die tyd gee om te konsentreer op wat vir jou

die belangrikste is, die bedryf van jou besigheid,’ sê Herman

Groenewald, Nedbank Besigheidsbanksake se Gebiedsbestuurder vir

die Noord-Vrystaat.

‘Die kern van die bank se produkte, dienste en oplossings is ’n

verhoudingsgebaseerde model, met ’n ervare landboubesigheidsbestuurder

wat as die primêre kontakpunt vir al jou bankbehoeftes aan jou

besigheid toegewys is. Jou landboubesigheidsbestuurder word deur ’n

kliëntediensspan en ’n landbouspesialis ondersteun. Die Nedbank

Besigheidsbanksake-landbouspan het ’n deeglike begrip van die

streeksekonomie en ’n werklike belangstelling in die sukses van elke

individuele kliënt. Die gespesialiseerde aard van die

landboukliëntediensspanne beteken dat ons in staat is om die siklusse

te verstaan waarmee boere te doen het. Hierdie kliëntediensspanne

sluit ’n kredietbestuurder, kredietontleder en diensbestuurder in, wat

almal spesialiskennis het omdat hulle op die landbousektor

konsentreer. Of dit nou strawwe weerstoestande, epidemies of swaaie

in kommoditeitspryse is, ons verstaan dat boerdery ’n onvoorspelbare

besigheid is en ons wil ons kliënte daarmee help. Daarbenewens stel

Nedbank Besigheidsbanksake: Ons maak dit makliker om landbousake te doen

Van links na regsHerman Groenewald Gebiedsbestuurder: Noord-VrystaatGert Taljaard Landboubesigheidsbestuurder: Noord- en Oos-VrystaatKoot Klopper Streekslandboubestuurder: Noord-Kaap en Vrystaat

en die borgskap van landbougeleenthede soos boeredae en die

Universiteit van die Vrystaat se landbou-seminare ons in staat om die

boerderygemeenskappe op ’n persoonlike vlak te leer ken. Dis tot ons

en ons kliënte se voordeel,’ verduidelik Groenewald.

Ons streekspanne sluit landbouspesialiste in wat leiding met

betrekking tot en ondersteuning vir alle landbouverwante versoeke

verskaf en bemagtig is om – binne raamwerke – te verseker dat elke

versoek doeltreffend gehanteer word, en sodoende ’n omvattende

landbouwaarde-aanbod aan boere en landboubesighede bied.

‘Aangesien ons in ons Bloemfontein-kantoor besluite op voetsoolvlak

neem, is ons in staat om vinnige, ingeligte besluite te neem en

doelgemaakte oplossings aan ons kliënte te bied. Om ’n selfs beter

begrip van ons kliënte se behoeftes te kry besoek ons

kredietbestuurders kliënte se plase en landboubesighede om ’n beter

insig te kry in wat op voetsoolvlak gebeur,’ sê Groenewald.

Maar dit gaan nie net oor doeltreffendheid nie. Om te verseker dat ons

oplossings op jou besigheid van toepassing is, het kliëntediensspanne

deur middel van produkspesialiste op tegniese gebiede soos tesourie,

globale handel en kontant, en bedryfspesialiste direkte toegang tot

Nedbank se betrouenswaardige wêreldklasbankoplossings en -

kundigheid. ‘Dit is ’n uitdaging om ’n landboubesigheid uit te bou,

maar met Nedbank Besigheidsbanksake sal dit soveel makliker wees,’

sê Groenewald.

Hierdie Nedbank Besigheidsbanksake-kantore, wat in die spesifieke

behoeftes van mediumgroot maatskappye met ’n jaarlikse omset van

tot R400 miljoen voorsien, is vier van 65 landswye nawe wat in elke

gebied waar hulle bedrywig is, waarde vir besigheidseienaars en

entrepreneurs toevoeg. Vir meer inligting oor ons gespesialiseerde

landboubesigheidsprodukte, -dienste en -oplossings moet jy

Van links na regs

Herman Groenewald Gebiedsbestuurder: Noord-Vrystaat

Gert Taljaard Landboubesigheidsbestuurder: Noord- en Oos-Vrystaat

Koot Klopper Streekslandboubestuurder: Noord-Kaap en Vrystaat

Ontkenning: Hierdie kommunikasie is net vir inligtingsdoeleindes opgestel. Daar word sterk aanbeveel dat toepaslike professionele advies ingewin word voordat daar gereageer word op enige inligting wat hierin vervat is. Hoewel alle sorg met die opstel van hierdie kommunikasie aan die dag gelê is, word geen voorstelling, waarborg ofonderneming, uitdruklik of stilswyend, rakende die akkuraatheid of volledigheid van die inligting of voorstellings gegee nie. Alle inligting wat hierin vervat is, kan op enige tydstip ná publikasie sonder kennisgewing verander. Prestasie in die verlede van enige beleggingsproduk is nie ’n aanduiding van toekomstige prestasie nie.

Nedbank Beperk Reg No 1951/000009/06, BTW-reg No 4320116074, Rivoniaweg 135, Sandown, Sandton, 2196, Suid-Afrika. Ons onderskryf die Bankpraktykkode van Die Bankvereniging Suid-Afrika en, in die geval van onbeslegte geskille, steun ons beslegting deur die Ombudsman vir Bankdienste. Ons is ’n gemagtigde finansiëlediensverskaffer. Ons is ’n geregistreerde kredietverskaffer ingevolge die Nasionale Kredietwet (NKR Reg No NCRCP16).

Dit sal produsente en landboubesigheidseienaars goed pas dat Nedbank Besigheidsbanksake kantore het in Bloemfontein, Welkom, Bethlehem en Kroonstad. Elkeen van hulle bied ’n plaaslike toegangspunt tot Nedbank se wêreldklas-bankkundigheid, bedryfspesifi eke oplossings en omvattende fi nansiële produkte en dienste.

Ons verstaan dat dit ’n uitdaging kan wees om ’n landboubesigheid op die been te bring en te bedryf, om nie eers te praat van hoe ingewikkeld jou bankbehoeftes kan wees nie. Dis waarom ons by Nedbank Besigheidsbanksake daartoe verbind is om jou, jou besigheid en jou personeel te help om makliker sake te doen – nie net by ons nie, maar ook met jou verskaffers en kliënte. “Nedbank Besigheidsbanksake is spesifi ek rondom die behoeftes van jou besigheid gestruktureer, wat verseker dat jou besigheidsbanksake moeitevry is – wat jou die tyd gee om te konsentreer op wat vir jou die belangrikste is: die bedryf van jou besigheid,” sê Herman Groenewald, Nedbank Besigheidsbanksake se Gebiedsbestuurder vir die Noord-Vrystaat.

“Die kern van die bank se produkte, dienste en oplossings is ’n verhoudingsgebaseerde model, met ’n ervare landboubesigheidsbestuurder wat as die primêre kontakpunt vir al jou bankbehoeftes aan jou besigheid toegewys is. Jou landboubesigheidsbestuurder word deur ’n kliëntediensspan en ’n landbouspesialis ondersteun. Die Nedbank Besigheidsbanksake-landbouspan het ’n deeglike begrip van die streeksekonomie en ’n werklike belangstelling in die sukses van elke individuele kliënt. Die gespesialiseerde aard van die landboukliëntediensspanne beteken dat ons in staat is om die siklusse te verstaan waarmee produsente te doen het.

Hierdie kliëntediensspanne sluit ’n kredietbestuurder, kredietontleder en diensbestuurder in, wat almal spesialiskennis het omdat hulle op die landbousektor konsentreer. Of dit nou strawwe weerstoestande, epidemies of skommelinge in kommoditeitspryse is, ons verstaan dat boerdery ’n onvoorspelbare besigheid is en ons wil ons kliënte daarmee help”, sê Groenewald. “Daarbenewens stel ons interaksie met en ondersteuning van die Vrystaat Landbou-unie en geleenthede soos hul jaarlikse kongres en alternatiewe-energie-dag en die borgskap

van landbougeleenthede soos boeredae en die Universiteit van die Vrystaat se landbou-seminare ons in staat om die boerderygemeenskappe op ’n persoonlike vlak te leer ken. Dis tot ons en ons kliënte se voordeel,” verduidelik Groenewald.

Die streekspanne sluit in landbouspesialiste wat leiding en ondersteuning gee met betrekking tot alle landbouverwante versoeke en wat ook bemagtig is om – binne raamwerke – te verseker dat elke versoek doeltreffend gehanteer word, en sodoende ’n omvattende landbouwaarde-aanbod aan produsente en landboubesighede bied. “Aangesien ons in ons Bloemfontein-kantoor besluite op voetsoolvlak neem, is ons in staat om vinnige, ingeligte besluite te neem en pasgemaakte oplossings aan ons kliënte te bied. Om ’n selfs beter begrip van ons kliënte se behoeftes te kry besoek ons kredietbestuurders kliënte se plase en landboubesighede om ’n beter insig te kry in wat op voetsoolvlak gebeur,” sê Groenewald.

Maar dit gaan nie net oor doeltreffendheid nie: om te verseker dat ons oplossings op jou besigheid van toepassing is, het kliëntediensspanne deur middel van produkspesialiste op tegniese gebiede soos tesourie, globale handel en kontant, en bedryfspesialiste direkte toegang tot Nedbank se betrouenswaardige wêreldklas-bankoplossings en kundigheid. “Dit is ’n uitdaging om ’n landboubesigheid uit te bou, maar met Nedbank Besigheidsbanksake sal dit soveel makliker wees,” verduidelik Groenewald.

Hierdie Nedbank Besigheidsbanksake-kantore, wat in die spesifi eke behoeftes van mediumgroot maatskappye met ’n jaarlikse omset van tot R400 miljoen voorsien, is vier van 65 landwye kantore wat in elke gebied waar hulle bedrywig is, waarde vir besigheidseienaars en entrepreneurs toevoeg. Vir meer inligting oor ons gespesialiseerde landboubesigheidsprodukte, -dienste en –oplossings, skakel gerus vir Herman Groenewald by (057) 916-4500, of stuur ’n e-pos aan hom by: [email protected].

36

GL ANSSTORIEGL ANSSTORIE

Die waarheid in liefde

GLL ANNSSSTOOORRIEArtikel geskryf deur Angus Buchan

Fergus, Angus en Andy Buchan

Die Pad Saam – April 2012

Toekomsgenerasie-groei vind hier plaas

---

TTTTTToTT ekomsgenerasie-groeivvvvvvind hier plaas

---

----

------

-

Enkele jare gelede het ’n boer van Natal die koerantopskrifte gehaal met sy bediening onder veral mans. Met sy Mighty Men Konferensies het Angus Buchan sy passie uitgeleef – om die Evangelie in sy volheid aan mans te bring en die Koninkryk van God te sien groei. Angus is egter net so passievol daaroor om die opdrag wat hy ontvang het, aan die volgende geslag oor te dra; daarom dat hy baie graag as mentor vir jongmense optree.

Ek het so pas van Stellenbosch teruggekom waar ek die voorreg gehad het om met meer as ’n duisend Christenleiers te gesels. Dit was wonderlik! Ek moet heel eerlik wees: dit bly my gunsteling om jongmense toe te spreek.

Hoekom? Hulle wil altyd net die waarheid hoor. Statistiek het die volgende interessante inligting oor jongmense aan die lig gebring:• 51% spandeer minder as 15 minute per week in gesprek met hul pa’s• 70% is seker dat God wel bestaan• 66% het ’n persoonlike oorgawe aan Jesus gemaak• 64% glo egter dat alle gelowe dieselfde god aanbid• 76% glo dat die Heilige Gees net ’n simbool is en nie ’n persoon nieDit het nodig geword dat ons weer die Waarheid in liefde oordra - dan sal hulle dit aanvaar.

Toekomsgenerasie-groei vind hier plaas

Die universiteit is die teelaarde vir die toekomstige geslag en wanneer jongmense hier aankom, kom hulle soekend na die waarheid. Hulle wil antwoorde hê op lewensvrae, maar hulle het ook visie en planne wat hul wil implementeer.

Hulle is nie reeds so vasgevang in sekere lewenspatrone soos van die ouer geslag nie. Die meeste van hulle gaan nog steeds hier wees lank nadat ons nie meerhier op aarde is nie. Die Waarheid soos ons dit in in die Woord in Joh 17:17 vind, is so op die geslag van toepassing: “Laat hulle vir My geheilig wees deur ’n hegte verbintenis aan die Waarheid.”

Heilige Gees is teenwoordig

Toe ons begin om die Woord van God te spreek, het ek die teenwoordigheid van die Heilige Gees met oorweldigende liefde in die lokaal aangevoel, en die respons was verstommend! ’n Jongman wou weet of hy maar met iemand van ’n ander geloofsoortuiging mag uitgaan (met die plan om met haar te trou).

Die antwoord? ’n Baie besliste nee! Waarom? Die Bybel sê ons mag nie in dieselfde juk trek as iemand wat anders as ons glo nie en as boer kan ek daarmee identifi seer. Indien jy twee osse het wat in verskillende rigtings trek, sal die wa net mooi nêrens heen beweeg nie! Mag ’n jongman en – dame saamslaap? Beslis nie! Waarom nie? Omdat die Bybel baie duidelik is daaroor dat jy dan ’n hoereerder is en hoereerders sal nie in die hemel welkom wees nie. Dit is die Waarheid en die Waarheid sal ons vry maak.

Soeke na die waarheid

Dit is die soort vrae waarop die jonges antwoorde soek. As ons sê dat die Woord dit sê en ons glo dit met ons hele hart, is daar nie ruimte vir enige kompromie nie!

Ek herinner my aan die verhaal van die jongmeisie wat regtig aan die brand vir Jesus was; sy was by elke aspek van haar kerk betrokke en sy het haarself vir God rein gehou. Sy het egter eendag by die huis aangekom met die nuus dat sy met ’n baie stoere kommunis gaan trou en haar ouers was verslae. Hulle wou weet waarom sy haar hele uitkyk op die lewe verander het. Haar antwoord? Dit was

die heel eerste man wat sy ontmoet het wat werklik oortuig was dat dít wat hy geglo en gedoen het, reg was en juis daarom wou sy met hom trou.

‘Pasgemaakte’ Evangelie skadelik

Die grootste skade wat die Kerk deesdae kan aanrig, is om voortdurend te probeer om die Evangelie só aan te pas dat niemand daardeur aanstoot gegee word nie. Jong studente wil nie graag aan ander aanstoot gee nie en dit is waarom hulle aantrek en optree soos wat hulle doen.

Ek respekteer hulle daarvoor. Maar een ding wat hulle nodig het, is om in iets te glo. Dit is noodsaaklik dat ons die Waarheid van die Evangelie na hulle bring – ons moet dit leef, vertel en eenvoudig hou, soos dit in die Bybel vervat is.

Onvervalste waarheid maak vry

Daar is so baie teleurgestelde mense in die wêreld juis omdat hulle valse verwagtings gehad het. Hulle het juis hul rûe op Christenskap gekeer omdat die Waarheid nooit in liefde aan hulle verkondig is nie. Dit behoort onvervals aangebied te word en dan sál ons ’n Heilige Gees-herlewing beleef!

ANGUS BUCHAN, boer en internasionale evangelis. Kontak: 033 417 1695 of www.shalomtrust.co.za

37

Boervrou in murg en beenIndien jy al ooit in Marian Roeland van Vrede se geselskap was en jy vir ‘n halfuur lank nie gelag het nie, moet jy jou laat herklassifi seer as ‘n suurpruim!

Wanneer sy ‘n afspraak met jou het, sien jy haar nie aankom nie, jy hoor haar. Sy groet links en regs en knoop ‘n geselsie aan en jy hoor haar lag. Wanneer jy met haar gesels is jy soms verbysterd, verstom of verwonderd, maar nooit verslae nie.

Marian is in Kaapstad gebore en is die enigste kind van Willem en Dalene Willemse. Sy was ‘n leerling van Laerskool Simon van der Stel in Wynberg en later Hoërskool Porterville, nadat haar ouers daarheen verhuis het. Sy het haar BA Volkekunde en Staatsleer aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en in Pretoria by die Nasionale Inteligensiediens begin werk. “Ek is ‘n opgeleide spioen!” lag sy en as jy vra of daar iets opwindend gebeur het in haar dienstermyn, lag sy weer: “Ja baie, maar dit is ‘n geheim!”

Sy het haar man SW op ‘n Oujaarsaandpartytjie naby Tweeling ontmoet en is in 1983 getroud. Hulle het drie dogters: Michelle, die oudste is getroud en woon in Witbank waar sy ‘n onderwyseres is. Hanri is die koörineerder van die ATKV se postmatriek-program in Drakensville en die jongste, Marizanne, is besig met haar Honneursgraad in Sielkunde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.

Ons het met Marian op hul plaas Middenin gaan gesels.

Jy was ‘n stadsmeisie toe julle getroud is en jy vir die eerste keer op ‘n plaas kom bly het. Was dit ‘n groot aanpassing?

Ja, dit was ‘n groot aanpassing: die stadige tempo en die stilte na die stad. Ek was eensaam – daar was nie jongmense om my nie. Die manier van doen het verskil van hoe ek grootgeword het. Die Essie-stoof was ‘n groot aanpassing! Ek moes brood bak in oopgesnyde oliekannetjies. Wanneer die ses bediendes om die hoek gekom het om te kom skoonmaak het ek my elke keer doodgeskrik. Skielik was ek fi nansieel afhanklik van my man en dit is nie asof ‘n boer sê: “Kry my vrou en spend nie!” Ek het

stimulasie gemis – kunsuitstallings, kursusse en alles wat die stad te bied het. Ek het dom gevoel ook: ek kon nie kos maak nie, nie vleis bewerk nie. Dit was soos ‘n nuwe wêreld wat ek betree het. O ja – en die vlieë!

Is jy nou ‘n boervrou in murg en been en sien jy jouself as die tipiese

boervrou?

Ek dink so. Wat is ‘n tipiese boervrou? Ek dink daar is nie meer ‘n tipiese boervrou nie. ‘n Boervrou is nie meer iemand wat

net hoenders voer en konfyt kook nie. Daar is tans ‘n wye

spektrum van beroepe betrokke en jy kan nou ‘n boervrou tussen ander vrouens sit en nie eers weet sy is ‘n boervrou nie. Sy lyk en is soos enige

ander vrou. Sy is net met ‘n boer getroud.

Is dit ‘n eensame lewe op ‘n plaas?

Ja dit is beslis baie eensaam. Dit is ongelukkig nie moontlik om net om die hoek te ry en koffi e te drink saam met jou vriendinne nie. Ek is baie sosiaal en hou van mense en het dus ‘n behoefte aan mense om my. So, ek rig my lewe daarvolgens in. Ek kry geweldig baie kuiermense, wat vir my heerlik is! Eintlik het ek ‘n nie-betalende gastehuis. Ek hou ook daarvan om soms naweke net te ontspan of soms saam met SW te gaan visvang.

Raak jy beangs wanneer jy hoor van plaasaanvalle en moorde en hoe veiligheidsbewus is julle?

Ek sal moet jok as ek sê dit raak my nie. Ek is baie keer alleen – veral in planttyd, maar ek is baie veiligheidsbewus. Wanneer ek alleen is sluit ek alles en het die veiligheidsalarm se paniekknoppie by my. Maar ons lewe nie ‘n lewe van angs en vrees nie, want dan sal ek nooit op ‘n plaas kan leef nie. Ek loop nie die hele tyd en dink: nou gaan ek aangeval word nie.

Watter aandeel het jy in die boerdery self?

My man verkies om sy boerdery alleen te reël en te behartig. Ek doen wel vir hom sy lone en help reël aan afsprake. Verder is ek die gasvrou vir al sy besoekers: mense wat eet en oorslaap. Planttyd (Oktober en November) en skeertyd (Januarie) is die besigste tyd op die plaas en dan sorg ek dat ek by die huis is. SW staan dan soggens half vier op en ry vier uur en ek moet dan die krisisse tuis hanteer.

Is jy betrokke in die gemeenskap waar jy bly?

Toe ek jonger was, was ek baie betrokke by die skool in Vrede en die kerk in Cornelia. Dit hou ‘n mens baie besig. Ek was ook ‘n lid van die besprekingsgroep in Vrede en was baie betrokke by die Gesinsorg van die OVV (nou VVA) en die Jeugsorgsentrum in Vrede. Deesdae is ek “afgetree” en behoort net aan die leeskring in Vrede.

SW en Marian Roeland

38

Room 1, 2 and 3 include

Queens size bed, Closet space

Full on suite bathroom (shower and bathtub) - (not on suite with room 3)

Outdoor tub - (Room 2), Private Patio - (Room 2)

Included:

Breakfast, Kitchen facilities, Living room

DSTV (in television room), Bar with DSTV television

Barbeque/Braai area, Swimming pool

Directions

Gansbaai : 140 km’s from Cape Town; follow the N2 through Hermanus, Stanford to Gansbaai!

Excursions

Shark-cage diving, Whale watching, Hiking trails, Riverboat rides

(Standford)Horse trails (Standford or Gansbaai), Quad bike rides,

De Kelders (The Caves)Day trips to Hermanus, Restaurants,

Wine Tours (Standford), Cheese Factory (Kleinrivier),

Bird watching (Standford), Art trails (Baardskeerdesbos),

Visit nature reserves, Paintball

Contact us

Klara MunnikMobile: 082 567 6651

Email : [email protected]

Klara'sKlara'sB&BB&B

1 2 3

0 mm

Watter wenke het jy vir jong meisies wat beplan om met ‘n boer te trou of wat pasgetroud is met ‘n boer?

Hulle moet dapper wees! (Ha ha!) Sy moet iemand wees wat selfaangewese is en nie omgee om lang tye alleen te wees nie. Indien sy iets vir haarself kan doen en ook geld daarmee kan inbring, des te beter. Sy moet onafhanklik wees wat beroep en menswees aanbetref en moet op haar eie kan funksioneer. Ek is die hele tyd besig: in die somer verwerk ek groente en vrugte, maak elke week botter, slag, kook konfyt, maak kos vir gaste. In die winter verwerk ek beeste en bokke. As jy op ‘n plaas wil aard, moet jy lief wees vir die natuur! Jy moet ook nie gou moed verloor nie, want jy moet jou man ondersteun in droogtes en slegte tye.

Julle het nie ‘n seun nie. Sal jy daarvan hou as een van die dogters besluit om te kom boer?

Ek sal nie ‘n dogter keer wat wil kom boer nie, want ‘n vrou kan enige beroep net so goed soos ‘n man doen. Ek sal egter verkies as ‘n dogter dit nie doen nie. Dit is ‘n harde lewe – jy is baie buite en in die son. Ek sien ook hoeveel spanning beleef my man in sy boerdery. Ek sal dit my dogter wil spaar.

Jy is lief vir reis. Watter lande het jy reeds besoek en watter een was jou gunsteling?

Europa, Suid-Amerika, die Ooste en Indië. My gunsteling is by verre Indië en ek hoop om die land weer te besoek. Ek hou die minste van die Ooste – hulle het geen persoonlike ruimte nie, hul eet katte en honde, het geen respek vir diere nie en het ‘n groot mark vir renosterhorings. Hulle is klewerige klein mensies!

Jy het 'n uitstekende kennis van die geskiedenis - waar kom die liefde vandaan en in watter geskiedenis stel jy spesifi ek belang?

Ek was van kleins af lief vir geskiedenis – ‘n liefde wat deur my pa aangewakker is. As jy weet waar jou wortels is, weet jy waar jy vandaan kom en wie jy is. Dit het my, my taal en kultuur leer ken en verstaan. Indien jy respek het vir jou eie, kan jy ook ander kulture respekteer. Ek stel belang in alle geskiedenis, maar het ‘n spesiale sagte plekkie vir die geskiedenis rondom die ontstaan van die Afrikaanse taal en die Anglo-Boere-oorlog.

Wat is jou toekomsdroom?

Ek het meer as een: om ‘n beter mens te wees, om nog baie te reis, ek sal baie graag diere-en kindermishandeling wil hokslaan en ek wil baie graag ‘n boek skryf. O ja, en ek sal ‘n beter mens wil wees om mee saam te leef!

Marian in ‘n straat in Indië

Die Pad Saam – April 2012

40

Tema: “In harmonie met die natuur”

Datum: 17 April 2012

Plek: Siesta Gastehuis, Frankfort

Registrasie: Vanaf 07:30

Opening: 08:15

Sprekers: Prof. Paul Wessels, Departementshoof, Obstetrie & Ginekologie UVS

David Viljoen van Tuine en Tossels

Navrae: Anelie Swemmer, 058 863 8277

Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke; bespreek dus vroegtydig!

Soccer tournament brings municipalities together

Three local football associations from three local municipalities accepted VKB’s invitation to take part in the tournament. VKB Agric Ltd is the primary and corporate sponsor whose objective it is to promote the culture of football excellence and to afford the youth to showcase and develop their talent. Furthermore it encourages young people to do sport instead of crime.

The tournament kicked off and the teams that battled to the semi-fi nals per LFA received a fully furnished soccer kit including soccer balls.

Out of all the participating teams, Real Madrid FC (Reitz) and Sweet Harmony FC (Villiers) went head to head in the fi nals where Real Madrid emerged as the 2011 VKB Soccer Tournament champions after hammering Sweet Harmony FC 5 - 0.

The third annual VKB Soccer Tournament took to the fi eld yet again in the 2011 soccer season with over 30 teams competing for the VKB Soccer Tournament Trophy.

Real Madrid FC added a colossal trophy to their collection and each player was awarded a gold medal.

The response from the soccer fans from Mafube, Nketoana and Phumelela local municipalities was quite excellent. This undoubtedly demonstrated that soccer fans and VKB Agric Ltd still hold soccer as one of the major sporting codes across the region and the entire province.

NTK meets government officialsAn informal get-together for NTK personnel and offi cials of various government departments was recently held at head offi ce. The purpose of this social event was stated on the invitations to the guests: NTK endeavours to engage informally with stakeholders in our socio-economic environment to promote the spirit of co-operation and goodwill.

Tienie Ras used the opportunity to welcome everyone at NTK. He

mentioned the fact that government plays a huge part in NTK’s business. This opportunity was created to get to know each other. He quoted Abraham Lincoln: “I don’t like that man much therefore I must get to know him better.”

Jo-Anne Moobi was hostess of the evening and mingled with all the guests. Other senior NTK personnel also attended the event.

Tienie Ras, Jo-Anne Moobi and Damanyt Dama of the Department of Agriculture.

Barbara Hoek with Solomon Monoya and Patrick Mabana of Public Works.

David Kekana with Masilo Malema of Land Bank.

Joël Samba (producer), Buks de Bruyn and Johan Wessels.

41

Lojale NTKaners word erken

Nie minder nie as 41 mense het vanjaar langdienstoekennings van onderskeidelik 20 jaar, 25 jaar, 30 en selfs 35 jaar diens ontvang. Tydens ʼn gesellige geleentheid by hoofkantoor is sertifi kate aan hierdie mense oorhandig waarna ʼn heerlike ete aan hulle voorgesit is.

Voordat Tienie Ras die oorhandigings gedoen het, het hy daarop gewys dat hierdie mense reeds ʼn spesiale bonus en ekstra verlof ontvang het vir hulle

diensjare. Hy het gevra dat hierdie groep wat soveel jare se ondervinding het, jongmense moet aanmoedig om te leer en om doelgerig te werk. Elkeen se erfl ating is die opleiding wat hy/sy aan die jonges gee. Hoewel ʼn organisasie van tyd tot tyd nuwe bloed nodig het, kan ervaring nie vervang word nie

Ras het elkeen bedank vir hulle harde werk oor die jare en hulle ʼn goeie toekoms toegewens.

Tienie Ras oorhandig die sertifi kaat aan Tshehla Maloba vir sy 35-jaar diens.

Ontmoet die nuwe implement- en trekkermanneBaie welkom aan JP Smit wat as Heelgoederebemarker in Polokwane/Pietersburg en omgewing aangestel is. Hy sal ook klante in die Louis Trichardt, Messina, Vivo, Dendron en Alldays omgewing bedien. Smit sê hy sien daarna uit om produkte van hoogstaande gehalte te bemark.

Hy wil graag ’n verskil maak in hierdie moeilike tye in die landbousektor deur aan produsente die regte implemente te verskaf. Omdat hy baie ondervinding het in veral implemente, wil hy klem lê op die verkoop daarvan. “Die regte implement maak die produsent se lewe aansienlik makliker.”

Omdat naverkoopdiens so belangrik is, werk hy nou saam met die Onderdele-afdeling (Frik Nel en Herman Crause) en die werkswinkel.

Smit en Martin Byleveld kom baie goed oor die weg en saam sal hulle kookwater diens lewer. Smit glo die eerste trekker verkoop die verkoopsman dalk alleen, maar die volgende trekker verkoop jy as span, omdat naverkoopdiens baie punte tel.

Burger: die nuwe besproeiingsboffi n

Henrico Burger is einde verlede jaar by NTK Besproeiing aangestel waar hy saam met Janneman Henn onder die bekwame bestuur van Lammie Henn, sy kennis tot voordeel van NTK inspan. Volgens Burger is die besproeiingsbedryf uitdagend, wisselvallig en uiters kompeterend. Daarom is dit noodsaaklik om bobaas diens te lewer.

Hy is bereid om enige plek waar daar ‘n behoefte aan besproeiing is, te werk. Of dit nou op ʼn produsent se plaas, ʼn regeringsprojek of by die tak is, hy wil graag aan almal net die beste diens lewer. Volhoubaarheid en konsekwentheid is die wagwoord, hetsy dit die produk ter sprake is of die diens wat gelewer word. Hiermee vereenselwig Burger heelhartig!

Nuwe man by Nylstroom Silo

Sedert 1 Desember verlede jaar is Pieter van Heerden werksaam by Nylstroom Silo. Hy het reeds al sy kursusse voltooi en is slaggereed om sy kant in die Graan-afdeling te bring.

Henrico Burger

JP Smit

Mmamakemane Nhlapo kry erkenning vir sy 35-jaar dienstydperk.

Welkom aan Ruan Kruger

ʼn Nuwe Takbestuurder het gedurende Januarie by NTK se Handelsafdeling aangesluit. Ruan Kruger sal voortaan die leisels van Potgietersrus Handelstak oorneem.

Baie welkom. Mag jy groot suksesse op Potgietersrus bereik. (Meer oor hom in die volgende uitgawe.)

Ruan Kruger

Die Pad Saam – April 2012

42

11 Mnr & Mej. NTK Weesgerus

22 Kyk net so ʼn windlawaai!

33 Wynand Strydom by Mej. Petite.

44 Stampvol!

5 Ons dans en sing in die water!

66 Die kleingoed staan nader.

77 Die junior wenners saam met Wynand Strydom.

88 Boeppense op ʼn ry!

Bieliemieliefees 2012 fotoblik11 Honger.

22 Die Broers.

33 Nou wat nou?

44 Kom nou asseblief!!!!

55 Ma, dit reën.

66 Mooi was nog nooit lelik nie.

77 Spanpraatjie: Bulletjie Rugby.

88 Die Mielie is mooi vanjaar.

9 Halloooooooo.

10 Druk nou boetie.

11 Weet jou ma wat jy doen?

12 VKB ontvang 2de prys vir uitstalling.

NTK Nylstroom betrokke by WeesgerusHesmarie Barkhuizen het die afgelope paar jaar al die NTK Nylstroom-tak by Weesgerus, die oord net buite Nylstroom, se vakansieprogram betrokke gemaak. Vanjaar was geen uitsondering nie en NTK is weer oral bemark.

Weesgerus het ʼn hele saal tot NTK se beskikking gestel waarvandaan NTK verkope kon doen. Barkhuizen kon hierdie groot saal as ʼn mini-winkel inrig, met groot welslae.

NTK was ook die borg van die potjiekoskompetisie en het voorskote aan die deelnemers verskaf asook pryse aan die wenners. Die pryse was van so ‘n aard dat die kompetisie baie straf was – almal wou as wenners aangewys word!

Mnr. & Mej. NTK Weesgerus is nie net ʼn geval van kies ʼn mooi meisie en ʼn aantreklike kêrel nie – die voorbereiding, organisering en reël van so ʼn geleentheid behels baie meer. Boonop is daar baie kategorieë waarin die mooi (en minder mooi, as jy na Mnr. Boepens kyk) mense kon deelneem. En om die wenners aan te wys is ʼn groot affêre.

Gelukkig ken Barkhuizen haar storie! NTK het ook hierdie geleentheid geborg. NTK se Mnr. & Mej. Weesgerus was die hoogtepunt van die vakansieprogram en die wenner was: NTK!

Volgende jaar maak ons weer so!

11 22 33 44

55 66 77 88

99 1010 1111 1212

1122 33 44 55

66 7788

Daar is ʼn baie goeie verhouding tussen NTK LandMark in Naboomspruit en die plaaslike tuinbouklub. Hierdie verhouding is onlangs weer eens met ʼn borgskap deur NTK tydens ʼn spesiale vergadering van die klub verstewig.

Wat die vergadering so spesiaal gemaak het, is dat dit bygewoon is deur al vyf ere-lede van die klub. Die vergadering

is deur Netta Bezuidenhout, voorsitter, gelei. Sy het NTK vir die borg van pryse vir die geleentheid bedank. Daar is ʼn groot ophef van NTK gemaak wat daarop dui dat NTK beslis die tuinier in Naboomspruit se beste vriend is!

NTK LandMark op Naboom borg tuinbouklub

11 Rita Grove en Jan Erasmus van NTK Naboomspruit saam met Netta Bezuidenhout, Voorsitter van Naboom Tuinbouklub.22 Die dames lyk al te swierig met hul hoede.33 Kyk net hoe elegant.

44 Gerda Venter (ere-lid) oorhandig ʼn prys aan Ina Visagie.55 Nog ʼn prys is op die spel.66 Calude en Johanna Hannah is albei ere-lede.en Francois van Eeden

Dit is nooit te laat om aan jou gesondheid te werk nie…

BRING HIERDIE KOEPON SAAM WANNEER JY ONS BESOEK EN SPAAR R100

MARPE’s Wellness Clinic in Reitz het die antwoord

Ons het jare se ondervinding met resonansieterapie-tegnologie:

* Toets vir wanbalanse in liggaam * Detox

* Sauna & osoonbehandelings * Organiese vitamienes

* Behandeling van > 1 200 siektes * Berading

11 2233

44

55

66

R100 - Geskenkbewys

Vir 'n afspraak skakel: 082 926 1881 of besoek ons by Uniefeestraat 26, Reitz

43Die Pad Saam – April 2012

Suduko: Pret vir die hele gesin

4 1 6

3 4 7 1

2 8 6 3

3 6 5 4 9

4 1 7 6 5 3

4 9 1 8

7 1 5 9

8 9 5 4 2 6 7

4 9 5

4

8 1 4 3 6 2

9 3 7

2 9

4 1 2

8 1 5 7

3 5 8 4

9 6 2

5 3 9 1

Wen meer as R10 000 se pryse

Lubbestlust

Sakkie en Mariëta Muller

Wildplaas slaapeenhede

8 Luukse lugversorgde selfsorg eenhede. Alle kamers en-suite badkamer Kan van 2 – 5 persone slaap.

Ontspanningslokaal en braai-area

Luukse lugversorgde ontspanningslokaal: leefarea; groot skerm TV (DSTV); kroeg; snoekertafel; veerpyltjiebord; volledig toegeruste oopplan-kombuis

(potte, panne, braaigereedskap en breekware vir 24 persone), yskaste, vrieskaste, ys daagliks verskaf.

Linne en handdoeke beskikbaar. Daaglikse skoonmaakdiens.

Hout vir braai; swembad met dekstoele.

Jag en besigtigingsritteJagpryse en reëls beskikbaar op aanvraag.

Faks: +27 86 578 4472Sel: +27 82 557 7477

E-pos: [email protected] Provinsie: Tussen Alldays en Waterpoort

NTK en VKB se fotokompetisie gee jou die kans om meer as R10 000 se pryse met elke uitgawe te wen deur net vir ons te wys wat jy alles met jou kamera kan doen. Jou foto kan dalk ook nog verskyn in VKB of NTK se dagboek of kalender.

Totale pryse per uitgawe:

• R500-eetbewys van Spur; • ‘n Naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem of by Lionsrock Lodge; • Drie dae-wegbreek op ‘n jagplaas, Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).Die wenners van bogenoemde pryse van elke uitgawe kwalifi seer dan vir die fi nale beoordeling waar daar ‘n algehele 1ste, 2de en 3de plek aangewys sal word in Januarie 2013 waar die groot pryse losgeslaan word: onderskeidelik R1 000 / R500 / R300 in kontant; asook ‘n eetbewys by die Spur op Bethlehem ter waarde van onderskeidelik R500 / R330 / R200; en ook ‘n naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem, ingesluit aandete; of ’n naweek by Lionsrock Lodge; en ook ‘n drie dae lange wegbreek op ‘n jagplaas genaamd Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).

Verskillende kategorieë:• 0 - 9 jaar• 10 – 18 jaar• 18 Jaar en ouerApril/Mei se fokus is landbou. Dink nou net verder as bloot die woord. Oorspronklikheid sal beslis in jou guns stel.

Reëls:• ‘n Maksimum van 5 foto's per persoon.

• Die beoordelaars (Bethlehem Fotografi eklub) se beslissing is fi naal.

• Geen pryse mag omgeruil word vir kontant nie.

• Stuur inskrywings voor 20 April 2012 aan [email protected], indien dit nie moontlik is vir jou nie, gaan na jou naaste

Handeltak en vra die bestuurder om die foto te stuur via e-pos na hierdie e-posadres.

• Foto’s is VKB se eiendom en kan gebruik word soos nodig.

• Formaat van foto’s: dit moet ‘n Jpeg wees en nie groter as 1MB.

• Wenners sal aangekondig word in die Junie/Julie-uitgawe. Verskaf asseblief jou naam, ouderdom, selnommer en adres.

4 NAGTE – 28 Januarie tot 1 Februarie 2013

Sluit by ons aan vir hierdie spesiale “DIE PAD SAAM”-lesersvaart en jy kan in Maputo inkopies doen en die stad se besienswaardighede besigtig en daarna die son met jou vel opdrink op die sagte wit strande van Barra Lodge aan die sy van jou geliefde – teen ‘n reuse besparing. Aan boord van die MSC OPERA is daar elke minuut van die dag of die nag iets om jou mee te vermaak. Die grootste en modernste vaartuig wat nog ooit op Suid-Afrikaanse waters gevaar het, die MCS OPERA, bied al die fasiliteite wat ‘n mens van die wêreld se beste passasiersbote verwag, soos ‘n putt-puttbaan, spa, gimnasium, swembaddens, jacuzzi’s, kroeë, winkels, ‘n casino en 135 kajuite met hul eie privaat balkonne.

Begin die dag met ‘n smaaklike ontbyt op die dek, waag dan jou hand aan ‘n potjie ringgooi op die dek, skuifbord, tafeltennis

of vlugbal, of sit net agteroor en ontspan met ‘n cappuccino en staar uit oor die branders. Onweerstaanbare belastingvrye inkopies is ook ‘n opsie. Na ete kan jy die kleinspan by die crèche los en ‘n kort middagslapie vang, of in jou kajuit na ‘n fl iek lê en kyk. Wanneer die son sak, is dit tyd om te peusel aan Italiaanse cuisine gevolg deur komedie- of kabaretvertonings, en vir die naguile speel die disko nog tot in die vroeë oggendure sodat jy jou danspassies kan oefen.

Spaar tot R4 944 per paartjie

28 Januarie - Vertrek vanaf Durban29 Januarie - Maputo30 Januarie – Barra-skiereiland31 Januarie – Op see1 Februarie - Durban

Kajuit-kategorie Spesiale Besparing Kategorie 3 - binne R3 724 R1 596Kategorie 4 – binne R3 864 R1 656Kategorie 5 - binne R4 004 R1 716Kategorie 6 - see-aansig R4 144 R1 776Kategorie 7 - see-aansig R4 340 R1 860Kategorie 8 - see-aansig R4 564 R1 956Kategorie 9 - see-aansig R4 788 R2 052Kategorie 10 - balkonkajuit R5 068 R2 172Kategorie 11 - balkon-suite R5 768 R2 472

Addisionele koste per persoon:Hawe en bagasie R500 Verpligte versekering per volwassene R 50Diensfooi vir boot – per volwassene R200 Diensfooi vir boot – per kind R100• Tariewe is per persoon wat dubbelakkommodasie deel.• ‘n Maksimum van 2 kinders (onder 18 jaar) reis GRATIS, maar betaal

slegs hawe- en baggasie-fooie en die boot se diensgelde as hulle ‘n kajuit met 2 betalende passasiers deel!

Let wel:• Bepalings en voorwaardes geld. BF&W.• Hierdie aanbod is onderworpe aan beskikbaarheid en kan nie saam

met enige ander afslagaanbod gebruik word nie.• Hierdie spesiale aanbod hang af van hoeveelhede en kan te eniger

tyd opgeskort word. Beperkte beskikbaarheid – op ‘n eerste daar, eerste klaar grondslag – so moenie wag nie – bespreek vandag nog!

Ingesluit by die tarief:• Akkommodasie in die kategorie bespreek• 3 etes per dag, plus middernaghappies daagliks• Kaptein se skemerkelkpartytjie en gala-ete• Partytjie vir enkellopendes• Vloervertonings elke aand• Diskoteek• Alle speletjies en daaglikse aktiwiteite• Toegang tot casino • Aërobiese oefeninge en gimnasium

Plekke moet direk by sa cruises bespreek word en gemerk word ‘“die pad saam” leserstoer spesiale aanbod’

[email protected] of skakel 0861-SACRUISES (-722784).www.sacruises.co.za

Vir besprekings of inligting, kontak asseblief:

Tarief

46

Leer by jou hondMense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe – soos om almal altyd lief te hê, nê? Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.

Leef eenvoudig.

Gee liefde vrylik.

Gee werklik om.

Praat vriendelik.

Onthou, as 'n hond jou leermeester was, sou jy dinge geleer het soos:

• As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;

• Moet nooit nee sê vir 'n pretrit nie;• Geniet die vars lug en die wind in jou

gesig ekstaties;

• Neem af en toe 'n slapie;• Strek voordat jy opstaan;• Hardloop, baljaar en speel daagliks;• Gedy op aandag en laat mense aan

jou raak;• Moenie byt as 'n grom genoeg is nie;• Staan 'n oomblik stil op 'n warm dag

en lê op jou rug op die gras;• Drink op 'n snikhete dag baie water en

lê onder 'n skaduweeboom;• As jy gelukkig is, dans rond en swaai

jou hele lyf;• Geniet 'n eenvoudige, lang uitstappie;• Eet met smaak en entoesiasme, hou

op as jy genoeg gehad het;

• Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;

• As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en

• As iemand 'n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies teen hul aan.

Raad oor die huwelik: Uit die mond van die suigeling

Hoe besluit jy met wie om te trou?

Jy moet iemand soek wat van dieselfde goed as jy hou. Soos byvoorbeeld: As jy van sport hou moet sy daarvan hou dat jy van sport hou en die chips en dip bly aandra. (Alan, 10)

Geen mens besluit regtig voor hulle groot is met wie om te trou nie. God besluit dit lank voor die tyd, en jy vind eers later uit met wie jy sit. (Kirsten, 10)

Wat is die regte ouderdom om te trou?

23 - want dan ken jy die persoon vir 'n ewigheid. (Camile, 10)

Geen ouderdom is 'n goeie ouderdom nie. Jy moet simpel wees om te trou. (Freddie, 6)

Hoe kan 'n vreemdeling getroude paartjies uitken? Jy sal maar moet raai en maar kyk of hulle op dieselfde kinders skree. (Derrick, 8)

Wat dink jy het jou ma en pa in gemeen?

Nie een van hulle wil nog kinders hê nie. (Lori, 8)

Wat doen die meeste mense as hulle uitgaan? Uitgaan is vir die plesier en mense moet dit gebruik om mekaar beter te leer ken. Selfs seuns het iets om te sê as jy lank genoeg luister. (Lynette, 8)

As mense die eerste keer uitgaan vertel hulle vir mekaar 'n klomp leuens wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan. (Martin, 10)

Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeef loop? Ek sal huis toe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die doodsberigte. (Graig, 9)

Wanneer kan jy iemand soen? As hulle ryk is. (Pam, 7)

Die wet sê jy moet 18 wees en ek gaan nie daarmee stry nie. (Curt, 7)

Die reël sê as jy iemand soen, dan moet jy met haar trou en kinders hê. Dis die regte ding om te doen. (Howard, 8)

Is dit beter om te trou of moet mens alleen bly?

Dis beter vir meisies om alleen te bly maar seuns het iemand nodig om agter hulle aan te loop en skoon te maak. (Anita, 9)

Hoe sal die wêreld anders wees as mense nie getrou het nie?

Daar sal verseker 'n klomp kinders wees wat verduidelikings soek. (Kelvin, 8)

En die wenner is.... Hoe sal jy 'n huwelik laat werk? Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk, al lyk sy soos 'n lorrie. (Kelvin, 8)

47Die Pad Saam – April 2012

So 'n paar interessante wenke vir vroue

Stoor beddegoed binne een van die kussingslope en jy sal nooit weer na die maatjies hoef te soek nie.

Verhoog die volume van jou iPhone/iPod deur dit in ‘n bakkie te sit.

Gebruik ‘n ou wet-wipes-houer om plastieksakkies te stoor.

Voeg babapoeier by jou strandsakitems. Dit verwyder die sand makliker van jou vel af.

Sit Velcro teen die muur vas om sagte speelgoed te stoor.

Sit Velcro teen die muur vas om sagte speelgoed te stoor.

Vind klein verlore items soos oorbelle deur ‘n sykous oor die stofsuier se pyp vas te maak.

Maak ‘n kolwyntjiehouer deur kruise in ‘n boks se deksel te sny.

Verloor jy alewig jou badkameritems? Gebruik ‘n magneet om haarknippies en knyptangetjies te stoor.

‘n Kolwyntjiepan maak ‘n uitstekende skryfbehoeftehouer.

Plastiek broodhakies maak die perfekte kabel-benamings.

Bak kolwyntjies direk in roomyskegels. Dit maak dit soveel meer pret en makliker vir die kinders om te eet.

Deur ʼn okkerneut oor skrape op houtmeubels te vee, sal die meubels sommer nuwe lewe gee.

Vries Aloe Vera in ysbakkies om sonbrand te streel.

Draai jou kolwyntjiepan om: bak koekiedeeg bo-op en jy het heerlike koekiebakkies vir vrugte of roomys.

48

Die Pad Saam – April 2012

TEL: 0861 11 12 11 FAKS: 0800 15 20 00 www.partrite.co.za [email protected]

G R O N D S LY T M A S J I N E R I E

T R E K K E R T R A N S M I S S I E

S P U I T O N D E R D E L E

20 L

STOU

SAE 15W40

Multifunctional Engine,

Hydraulic and

Transmission Fluid

MADE IN SOUTH AFRICA

20 L

UTTO MP

SAE 75W80 NOT TO BE USEDIN ENGINES

MADE IN SOUTH AFRICA

Multifunctional

raulic and

smission Fluid

Hyd

Tran

6004615002200>DESCRIPTION

FUCHS TITAN HPE 15W40 is a super-long-term all-season engine oil of the SHPD category for diesel and petrol engines with and without turbo charging in passenger cars, trucks, buses and industrial equipment.

SAE 15W40

MADE IN SOUTH AFRICA

HPE

APPLICATIONSTITAN HPE 15W40 can be used in all heavy-duty turbo charged as well as naturally aspirated diesel and petrol engines. It can also be used in certain transmissions.

Viscosity @ 40°C cSt 107.9Viscosity @ 100°C cSt 14.6Viscosity Index 139

SPECIFICATIONS TITAN HPE 15W40 meets the requirements of the following specifications:• ACEA E7• API CI-4/SL• Global DHD-1• CAT ECF-1a / ECF-2

• VOLVO VDS-3• ACEA A3/B4• Allison C-4• CAT TO-2• Case MS 1121

• CUMMINS CES 20076/7/8• DEUTZ DQC III• MACK EO-M PLUS• MAN M 3275-1

• MB-Approval 228.3• MTU DDC type-2• RENAULT RLD / RLD-2

• Cummins CES 20071/2• DAF• IVECO 18-1804 Class T2 E7• NH 330 H• Steyr A-201

TYPICAL DATA

High Performance Diesel Engine Oil

FUCHS LUBRICANTS (SA) (PTY) LTD Tel: Smartcall 0861 2 FUCHS (0861 238 247)

GERMAN TECHNOLOGY PRODUCED IN SOUTH AFRICA UNDER QUALITY CONTROL OF FUCHS PETROLUB AG GERMANY

20L

FUCHS LUBRICANTS (SA) (PTY) LTD Tel: Smartcall 0861 2 FUCHS (0861 238 247)

GERMAN TECHNOLOGY PRODUCED IN SOUTH AFRICA UNDER QUALITY CONTROL OF FUCHS PETROLUB AG

DESCRIPTION

FUCHS Wm Penn GEAR OILS are heavy duty gear lubricants blended

from mineral base oils and additives to offer increased protection for

final drives, transmissions and gearboxes of vehicles operating under

severe conditions.

PERFORMANCE LEVELS

• API GL-5

• ZF TE-ML 07A, 08

APPLICATIONS

• Commercial and Passenger vehicles,

• Off highway equipment

- Gearboxes, Axles, Differentials, Hypoid differentials,

Spiral bevel axles, Manual transmissions, Steering

gear units.

TYPICAL DATA

Viscosity @ 100°C cSt 15.3

6 004615 000343 >

MADE IN SOUTH AFRICA