die kosmos - sawa.org.za · mahindra xuv500 w8 2.2 diesel wat loop agter die mahindra? sprite super...

18
SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 1 Die KOSMOS Jaargang 34 uitgawe 7 Mei 2013 OORDENKING AS DIE STORMS OM JOU WOED- Lk.8: 22-25. Wat kan ‘n mens alles doen om te oorleef as jy in ‘n storm op ‘n boot is en die water binne in die boot ophoop? Gooi die anker uit? As jy ‘n sterk swemmer is, spring oorboord? Maak die boot ligter deur alles wat opgetel kan word oorboord te gooi? Begin om soveel as moontlik van die water uit te skep? Wat het die dissipels gedoen om uit die situasie te kom? Hulle maak vir Jesus wakker, sodat Hy hulle kan help. “Meneer, Meneer, ons vergaan!”= een van die korste gebede in die Bybel. Wat moet ons doen in die storms wat oor ons lewe kan kom? Moet ons self eers ons probeer red of moet ons na Jesus toe gaan om ons te help? Ons moet doen wat die dissipels gedoen het – hulle het direk gegaan en Jesus wakker gemaak! Ons kan in gebed gaan en Jesus vra om ons te help. Anders gestel: ons moet net vir Jesus wakker maak en Hy sal ons kom help. Die wonderlike evangelie is dat Jesus nadat Hy opgevaar het, Hy aan die regterkant van die Vader gaan sit het, sodat Hy kan kyk waar Hy ons kan help. Sien 2 Kron.16:9a Watter mense sit by die see op hoë stoele om te kan sien of daar mense is wat sukkel om uit die branders uit te kom? Ja-lewensredders! Jesus kyk uit die Hemel neer om te sien waar Hy ons kan help! Hy is in elke situasie ons lewensredder! SLOT: GODISNOWHERE Die dissipels op die boot kon of gelees het: GOD IS NO WHERE! en kon maar self gepoog het om hul situasie te beredder. OF Gelukkig het hulle gelees: GOD IS NOW HERE! en het dadellik vir Jesus om hulp genader. Gepreek Te: Hopefield.Secunda

Upload: others

Post on 27-Oct-2019

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 1

Die KOSMOS

Jaargang 34 uitgawe 7 Mei 2013

Jaargang 35 uitgawe 6 Februarie 2013

OORDENKING

AS DIE STORMS OM JOU WOED- Lk.8: 22-25.

Wat kan ‘n mens alles doen om te oorleef as jy in ‘n storm op ‘n boot is en die water

binne in die boot ophoop?

Gooi die anker uit? As jy ‘n sterk swemmer is, spring oorboord?

Maak die boot ligter deur alles wat opgetel kan word oorboord te gooi?

Begin om soveel as moontlik van die water uit te skep?

Wat het die dissipels gedoen om uit die situasie te kom?

Hulle maak vir Jesus wakker, sodat Hy hulle kan help. “Meneer, Meneer, ons

vergaan!”= een van die korste gebede in die Bybel.

Wat moet ons doen in die storms wat oor ons lewe kan kom? Moet ons self eers ons

probeer red of moet ons na Jesus toe gaan om ons te help?

Ons moet doen wat die dissipels gedoen het – hulle het direk gegaan en Jesus

wakker gemaak! Ons kan in gebed gaan en Jesus vra om ons te help. Anders gestel:

ons moet net vir Jesus wakker maak en Hy sal ons kom help.

Die wonderlike evangelie is dat Jesus nadat Hy opgevaar het, Hy aan die regterkant

van die Vader gaan sit het, sodat Hy kan kyk waar Hy ons kan help.

Sien 2 Kron.16:9a

Watter mense sit by die see op hoë stoele om te kan sien of daar mense is wat sukkel

om uit die branders uit te kom?

Ja-lewensredders! Jesus kyk uit die Hemel neer om te sien waar Hy ons kan help! Hy

is in elke situasie ons lewensredder!

SLOT: GODISNOWHERE

Die dissipels op die boot kon of gelees het: GOD IS NO WHERE! en kon maar self

gepoog het om hul situasie te beredder.

OF

Gelukkig het hulle gelees: GOD IS NOW HERE! en het dadellik vir Jesus om hulp

genader.

Gepreek Te: Hopefield.Secunda

Page 2: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 2

INHOUDSOPGAWE

Oordenking……….…............…..1

Redaksie………..…………..........2

Van die Voorsitter………..….......3

Voogdelys…………….….…........4

Verjaarsdae……………...............5

Huweliksherdenkings…..............5

Nuttige Wenke............................5

Lekkerbek……..….……...…........6

Streeks Baadjies.........................7

Voorraad.....................................7

Lief en Leed................................7

Ek en My Wa…………......…......8

Uit God se Apteek.......................9

Spinnekop byt.............................9

Uit die Natuur………………..….10

Toekennings.............................10

Saamtreknuus……….…...........11

Tegnies.....................................13

Tieners......................................14

Senior Burgers..........................14

Kleuters……………...…….…....15

Oplossing van Blokkiesraaisel.16

Blokkiesraaisel..........................17

Jaarprogram………..………......18

REDAKSIE

Hallo Sawanante

Ek en Andre het beurte gemaak om

‘n week by die huis te bly met griep.

Ek is nog nie gesond nie ! Ek hoop

regtig dat die winter elke een van

julle genadig sal wees.

Verdere nuus is dat ek vir ses

maande afgeboek is by die werk. Ek

dink dit het net betyds gekom vir die

winter.

Geniet die winter maande met ‘n

glasie rooiwyn voor ‘n kaggelvuur, of

dalk met jou woonwa op ‘n warmer

plek as Secunda. Geniet dit !

Marianne

REDAKSIE

Teen die tyd wat jul die Kosmos

onder oë kry is ons al in die 6 de

maand van die jaar.

Ek doen weer ‘n beroep op elkeen

om vir ons artikels, wenke, resepte

en nuus te stuur. Dit is ons

NUUSBRIEF, en kan nie tot sy reg

kom sonder nuus nie. Vertel ons van

jou nuwe woonwa/ motor, van ‘n

oulike kampplek, jou kind se troue,

geboorte van ‘n nuwe baba, enige

iets.

Sterkte vir die lekker koue Secunda

winter en mag jou Oosvaal hart

warm klop.

Alta Grobler

Page 3: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 3

‘n PAAR WOORDE VAN ANDRE

Dagsê Vriende

Dit is al die middel van jaar, Junie maand is hier en die koue kan al gevoel

word. Die gebiedskamp het goed afgeloop by Loskopdam, die weer was

fantasties en ons het lekker gekuier saam met ons vriende van die ander

streke in die gebied.

Lance was weer verkies as Gebiedsvoorsitter op die gebiedsvergadering

gedurende die kamp tot en met die kongres die jaar. As die nuwe SAWA

struktuur ingestem word dan verval die gebied struktuur soos voorheen

bespreek.

Oosvaal het nie kampe gereël vir Junie en Julie nie aangesien ons ‘n toer wou

reël Natal noordkus toe, die toer sal dan nie meer voortgaan as gevolg van ‘n

gebrek aan belangstelling.

Daar is wel ‘n nasionale kamp gedurende 14 -17 Junie 2013 te Warmbad in

Bela Bela teen R840 vir die naweek. As julle belangstel kontak die SAWA

kantoor (Juliana) of vir my om julle plek te boek.

Ons volgende kamp is die naweek van 9-11 Augustus 2013 by Malonjeni

Vereeniging, dit is ons AJV. Ek nooi julle graag almal hartlik uit om die kamp

by te woon, soos ek ook verlede maand en in my e-pos geskryf het al is dit

die enigste kamp wat jy kan bywoon die jaar sal dit fantasties wees. Dit is ons

spog kamp van die jaar en ‘n platform waar jy ook kan deel hê aan die

beplanning van ons streek vir die volgende jaar.

Kyk mooi na julle self en geniet die leesstof in die uitgawe van die Kosmos.

Vriendelike Oosvaal groete

Mooi bly

Andre Erasmus

ADVERTENSIE

Ons bied die geleentheid vir julle om

besighede, koop/verkoop hoekie te adverteer in

ons nuusbrief teen ‘n geringe fooi. Kontak vir

Marianne of Alta gerus indien jul belangstel.

-Red

Page 4: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 4

VOOGDELYS

Andre en Marianne Erasmus (Tel Andre 0833007706; Marianne 0828902019) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Middelbultstr 25, Secunda

Martiens en Alta Grobler (Tel Martiens 0824668110; Alta 0812708916) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Kleynstraat 2, Secunda

Johan en Karin Burger (Tel Johan 082 923 5614) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Vermeerstraat 18, Secunda

Johan en Magda van Dyk (Tel Magda 072 142 3229) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: William Hogge straat 1, Secunda

John en Yolanda Brummer (Tel Yolanda 079 883 6226) e-pos Adres: [email protected]; Straatadres: Waterson straat 11, Secunda

Andre en Annemarie Fourie (Tel Annemarie 082 852 0657 ) e-pos

Adres: [email protected]; Straatadres: Krokodilrivierstr 7,

Secunda

Lance & Retha Batts; Hennie & Monica Oosthuyzen; David & Ria van As; Gregor & Ria van Deventer; Paul & Anriëtte van Schalkwyk; Neil & Henriëtte van Wyk; Henry Viviers en Gerrie & Amelia Brits

Kobus & Annatjie Bester; Janke Britz; Peet & Elsie

Jonker; Corné & Christa Thirion; Chris & Thiana

Bornman; Alta van Heerden; Peter & Vernice

Richard en Mario & Mitsi Weyers

Francis & Marlize Hodgeman; Edwin & Rene

Sieberhagen; Tinus & Marie Labuschagne en Francois

& Mariane Ueckermann

Nico Botha; Danie & Annelie Meyer; Neels & Bettie

Malan en Sakkie & Gretha Mocke

Ronnie & Magda Moorcroft; Theo & Elize Saayman;

Simon & Risella van Renssen; Frans & Ohna Steyn en

Neil & Marietta Parks

Jacques Fourie; Pierre Fourie; Div & Bella de Villiers;

Wimpie & Rita Meintjes; Gert & Lena van Rensburg en

Gerhard & Ankia van Niekerk

Page 5: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 5

VERJAARSDAE

Junie

04 – Neels Malan

04 – Lena van Rensburg

05 – Chrizané Venter

07 – Div de Villiers (JD)

25 –Thiana Bornman

30 – Ohna Steyn

30 – Marietta Parkes

Mei

03 – Marie Labuschagne

10 – Gregor van

Deventer

11 – Michelle Parkes ‘03

13 – Chris Bornman

14 – Janke Britz

19 – Danie Meyer

19 – Magda van Dyk

23 – Corné Thirion

26 – Theo Saayman

HUWELIKSHERDENKINGS

Mei

06 – Simon & Risella van Renssen

Junie

13 – Gert & Lena van Rensburg

16 – Paul & Anriëtte van Schalkwyk

25 – Corné & Christa Thirion

NUTTIGE WENKE

AI TOG DIE STORT!!!!!

Die sakkie vir die wasmasjien wat al die kleingoedjies bymekaar moet hou

werk lekker vir ‘n badkamersakkie – dis deurskynend en van gaas gemaak

so geen water kan onderin versamel nie.

Die vierkantige matjies wat inmekaar pas soos ‘n legkaart werk heerlik

binne en voor die stort. Dit suig nie water op nie en word maklik droog.

Gebruik mikrovesel lappe om op te staan – dit vou lekker klein op en

absorbeer baaaaaaie water.

Page 6: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 6

LEKKERBEK – Ontvang van Martiens Grobler

Blackberry Swirls recipe

Ingredients

300g blackberries

3 tbsp water

2 tsp cornflour

6 tbsp granular Canderel

500g pot reduced fat Greek yogurt

grated rind 1/2 lemon

sprigs mint, to decorate

Directions

To make the berry compote, put the blackberries in a pan with the

water. Bring to simmer and cook gently for 2-3 minutes until the

juice begin to run.

Blend the cornflour with 1 tbsp water and add to the fruit. Continue

to cook until the juices thicken squishing a few of the berries to

add more colour.

Remove from the heat and stir in half of the Canderel. Set aside to

cool.

Stir the lemon zest and remaining Canderel into the yogurt. Layer

the berry compote with the yogurt into individual glasses. Chill

until ready to serve.

Serve with a sprig of mint on each if liked

Servings

Serves 4

Page 7: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 7

STREEKS BAADJIES

Sawanante

Ons is baie opgewonde oor die nuwe baadjies vir die die Streek. Sien foto onder.

Plaas asseblief so gou moontlik jul bestellings by Martiens en Alta Grobler

S - L XL – 2XL 3XL – 5XL

Mens All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54

Ladies All weather jacket R 207.94 R 228.74 R 249.54

Bogenoemde prys sluit die koste van die borduur uit. Kontant met alle bestellings

asb.

LIEF EN LEED

Alta Grobler is gebyt deur ‘n

spinnekop. (Sien foto op bl 9)

Lance & Retha het ‘n nuwe kar

gekoop en by ‘n nuwe huis ingetrek

(Sien foto by Ek en my Wa bl 8)

VOORRAAD

Voorraad Beampte:

Annemarie Fourie

Sweetpakke Boshoed Sirkel & Snorre Windjakker Windjakker (Waterdig) Oosvaalhemde Oosvaalpette Alle verkope – Kontant met

bestelling

Page 8: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 8

EK EN MY WA – Lance en Retha Batts

WAARMEE SLEEP JY? ? Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel

WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model

WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer Loskopdam toe gesleep

en het soos ‘n droom gesleep. Het voertuig nou eers 2 maande.

WAT IS JOU SLEEPSPOED? 90 tot 110 km/u.

WAT IS DIE MAHINDRA SE BRANDSTOF VERBRUIK? Mahindra is nog nie ingeloop nie

maar ek het 11.0km/l met die wa saam gekry en 13km/l daarsonder. Het egter gelees dat die

verbruik optel na 16km/l sodra voertuig ingeloop is.

WAARMEE HET JY VOORHEEN GESLEEP?

- Audi A4 Triptronic – Super Sport – 2 jaar, engine krag te min met automatiese ratkas

maar was baie ekonomies

- Chrysler 3.3 LX automaties – Super Sport – 2 Jaar, krag was goed gewees maar

voertuig was baie dors - 2.5km/l

- Toyota Camry 2.2 SEL - Camppride – 5 Jaar, geen klagtes baie goed gesleep net my

alie het gejeuk

AS JY WEER KON KIES: - Sal eers bestaande kombinasie hou en uittoets en sien wat kry ek

uit die voertuig uit. Maar sover is ek baie tevrede met my voertuig.

HOE LANK IS JY ‘N SLEPER? 20 Jaar.

HOE HET JY VOORHEEN VAKANSIE GEHOU? Baie lekker dankie Nee ernstig het

tyddeel gehad en in chalets

WAAR HOU JY GEREELD VAKANSIE? In die Kaap en probeer om nie dieselfde oord twee

keer te besoek nie. Hou daarvan om nuwe oorde te ontdek en uit te toets. Die jaar is die Ou

Skip in Melkbosstrand vir 3 weke. Ek is nie juis ‘n see mens nie maar verken die nuwe

omgewing baie. Ook visvang trek my nie.

HOE GEREELD KAMP JY? As Sawanant een keer per maand, maar soms is dit twee keer ‘n

maand agv my verpligtinge as Gebiedsvoorsitter, maar ek kla nie. Ek lief die kamp lewe dan

een maal per jaar ‘n lekker kamp vakansie saam met my familie.

WAAROM KARAVAAN KAMP? Waarom nie. Daar is niks lekkerders as om ‘n naweek saam

ander kampeerders te kuier in die natuur nie. Kampeerders is gemaklike mense en ons maak

so baie vriende regoor die land. En mens kan die Here se natuurskoon soveel te meer geniet

en waardeer. En ek het die kans om aan ‘n wonderlike organisasie te behoort waar ek my

kultuur en christelike waardes saam met ander kan uitleef - SAWA

Page 9: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 9

UIT GOD SE APTEEK – Cayenne Pepper (Rooi

peper)

Rooipeper se gesondheidsvoordele is legio. Dit moet egter in groot genoeg

hoeveelhede ingeneem word. Koop leë kapsule doppies by die apteek en vul dit

met rooipeper. Drink dit soos wat jy jou gewone pille sou drink. Net so kan jy

doppies met gemmer en borrie ook vul en sodoende genoegsame hoeveelhede

inneem.

As jy sukkel met koue voete sal dit help as jy dit vir 5-10 minute week in water

waarin 5ml rooipeper opgelos is. Dit stimuleer die bloedsomloop deurdat die are

breër maak en sodoende die voete warmer maak

Dit verlig die ongemak van artritus en rumatiek. Week ‘n waslappie in warm

water wat met rooipeper gemeng is en plaas dit oor die gewrig.

Dit bevorder metabolisme, en kan dus help met gewigsverlies.

Dit is ‘n uitstekende antiseptikum.

Dit verlig spiersaamtrekking.

Cayenne peper bevat flavonoïdes wat die hartselle gesond maak sowel as

beskerm. Dit bevat vitamienes wat bakterieë beveg en die immuunstelsel

versterk.

Swanger vroue en persone wat borsvoed mag dit nie gebruik nie, en persone

met lae bloeddruk mag dalk ‘n bietjie lighoofdig voel as hulle dit neem.

SPINNEKOP BYT

Alta se voet na ‘n week. Sy is

vermoedelik deur ‘n viooltjie

spinnekop gebyt. Ons het ‘n

artikel oor die viooltjie spinnekop

op die volgende bladsy

Page 10: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 10

UIT DIE NATUUR

Vioolspinnekop word vir baie Blameer Tans is daar verskeie

berigte wat die rondte doen dat vioolspinnekoppe nou vollop in huise voorkom en enige oop

wond is nou ‘n “vioolspinnekop” byt.

Suid-Afrika het ‘n ryk spinnekopfauna en meer as 2000 spesies is reeds beskryf. ’n

Verskeidenheid spinnekoppe kom in en om huise voor en kom dus in aanraking met mense.

Meeste spinnekoppe vermy egter kontak en sal slegs uit self verdediging byt wanneer hulle

vasgedruk of bedreig word.

Vioolspinnekoppe is nie volop in huise in Suid-Afrika nie en dit is belangrik dat indien ’n

spinnekop iemand byt dit deur spesialiste geïdentifiseer word. Die vioolspinnekop kan moeilik

vanaf ’n foto geïdentifiseer en ons vind dat in 80% of meer gevalle die oorspronklike

identifikasies verkeerd is. Die vioolspinnekoppe het ’n afgeplatte borsstuk, ses oë, lang bene

en is bruin tot rooi-bruin met donker patrone op die agterlyf en ’n dowwe viool-vormige merk

op die borsstuk.. Hulle is in die nag aktief, wanneer hulle rond beweeg op soek na kos.

Die byt is pynloos en word gewoonlik nie waargeneem nie en in die proses word geen

spinnekop gesien nie. Na 2-3 uur swel die bytplek en vorm ’n rooi area met ‘n donker pers

kern. Oor ’n dag of twee vorm die wond ’n nat blaas wat donker raak van kleur. Gewoonlik na

die vierde dag verminder die swelling en infeksie. Die nekrotiese weefsel sterf af en dit laat ’n

wond wat soms sukkel om te genees. Daar is geen antivenien beskikbaar en behandeling

moet fokus op voorkoming van sekondere infeksies agv bakteriële besmetting

As persone vermoed dat hulle moontlik vioolspinnekoppe het is hulle welkom om fotos te

neem en te stuur aan [email protected] . Prof. Ansie Dippenaar-Schoeman Specialist Scientist

Landbounavorsingsraad

TOEKENNINGS

Andre en Marianne

Erasmus kry 75

Algemeen en 60 Streeks

Toekenning

Die arme vioolspinnekop (Loxoceles) is nou in die nuus en verskeie valse berigte word versprei deur die internet en eposse oor hierdie groep spinnekoppe. Hulle behoort aan die familie Sicariidae en word in Suid-Afika as ’n skaars spinnekop beskou. Daar is byvoorbeeld oor ‘n 40 jaar periode nog geen vioolspinnekop in huise en tuine in Pretoria versamel nie. In die Nasionale Versameling van Arachnida wat meer as 150 000 spinnekoppe bevat is slegs 120 eksemplare vioolspinnekoppe en

Page 11: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 11

Annetjie besig met ‘n slaai

Lance met ‘n snytjie brood

Ons kuier by ‘n dooie vuur

Oosvaal verskaf die roosters en die

vuur

SAAMTREK NUUS

Gebiedskamp: Loskopdam

24 tot 26 Mei 2013

Ek, Kobus en Annatjie Bester was

bevoorreg om al die Donderdag by

Loskopdam te arriveer vir ‘n heerlike

Gebiedskamp naweek. Sarie en Hennie

van Suidoos het later die dag by ons

aangesluit. Annatjie het die aand heerlike

bunny chows vir ons gemaak. Met ons

maggies vol is ons almal vroeg bed toe.

Vrydag oggend begin die dag met ‘n

lekker ontbyt saam. Die middag begin die

res van die gebied se lede stuk-stuk

arriveer en gou kry elkeen ‘n staanplek.

Jurie en Kittie Dreyer ons voog en

Nasionale Voorsitter het ons vereer en

saam met ons kom kamp die naweek.

Gou was die waens – as ek reggetel het

was ons 35 waens gewees – opgeslaan.

Ons het lekker saam gebraai of eerder

probeer braai. Sou sweer ons braai vir

die eerste keer want sonder dat ons vleis

‘n teken van gaar word getoon het, het

ons vure uitgebrand en daar sit ons

sonder houtskool. Andre vlieg so 20:00

daar weg hek toe en gaan koop nog

houtskool en siedaar ons vleis word mooi

gaar hehehehe. Na ‘n heerlike saam

kuier is ons bed toe.

Page 12: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 12

SAAMTREK NUUS

Vervolg

Saterdag oggend het die

Gebiedsbestuurslede om 9:00 aangesit

vir ons Gebiedsbestuurs vergadering.

So voor 11 uur was ons klaar en kry

ons ook kans vir ontspan. Daar is ook

aan elke wa ‘n spesiale geskenkie

gegee. Baie dankie aan Retha wat

haar tyd opgeoffer het om die

geskenkies te gaan koop. Ook vir die

laat aande se werk wat jy ingesit het

om die Oosvaal- en Gebieds embleme

op te plak.

Saterdag middag steek Andre en

Kobus die vure aan terwyl ek, Retha

en Annatjie met die pap begin.

Marianne en Andre het die heerlikste

sous gemaak. Om 18:00 kom almal by

Kobus se wa byeen en word daar tot

laat saam gebraai.

Johan Opperman van Luiperds het

Sondag oggend vir ons ‘n besondere

boodskap gelewer, dankie Johan. Daar

oorhandig ons die kollekte van R780-

00 wat ge-in is by die diens oor aan

tannie Charlote van Huis Betsie Louw.

Na afsluiting trakteer ons vir Jurie,

Kittie, Vossie en Hannetjie op ‘n

heerlike ontbyt en kuier ons vir oulaas

saam.

Weereens baie dankie vir ‘n heerlike

saam kuier naweek julle. Andre en

Marianne, Kobus en Annatjie en

laaste maar nie die minste Retha baie

dankie vir jul hulp met die aanbied van

die Gebiedskamp. Ek het geweet ek

kon op jul staat maak. Andre en

Marianne ‘n spesiale dank dat jul

steeds bereid was om te kom kamp al

was jul siek gewees met griep. Ek

waardeer jul opoffering. Die wat die

kamp gemis het, het ‘n baie lekker

kamp gemis asook ‘n werklike mooi

geskenkie. Sien jul weer op die

volgende kamp.

Lance Batts

Marianne en Retha besig met die sous

Kamp kommandante vir die naweek

Page 13: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 13

Ek het ’n groot probleem met die uitlaatpype van die

wasbakke in my woonwa. Die wasbak se uitlaatpyp is

onder die woonwa te kort afgesny, met die gevolg dat

vuil water op jou staanplek uitloop en jou tentarea

binnestroom en poeletjies maak wat vlieë lok.

Ek weet nie of die vervaardigers van party

woonwaens net suinig is, of nie dink nie.

Die handewasbak binne die woonwa se pyp is amper

lank genoeg, maar dit is so styf vasgemaak met

kabelstroppe dat jy dit nie in ’n opvangkan se opening

kan kry nie. ’n Mens kan nie die handewasbak vir

tande borsel gebruik sonder dat die tandepasta-water

oral op die grond onder my woonwa is nie.

Ek het met die eenvoudige idee gekom om die

uitlaatpype te verleng sodat die water wat ons gebruik

in ’n opvangkan opeindig, en nie op die vloer nie.

Jy benodig ’n 25mm-buigbare leipyp (die gewone is

20 mm), lasse, kabelstroppe, PVC-gom, en

metaalhakies wat die pyp vashou terwyl jy ry.

Sny die lengtes van die pype sodat dit lank genoeg is

om by die opvangkan uit te kom. Gom die een ent van

die verlengingspyp aan dié van jou woonwa se

uitlaatpyp met die PVC-gom vas.

Die metaalhakies onder die woonwa se bakwerk

klamp die ente van die pype vas sodat dit nie rond

fladder as jy ry nie. Die kabelstroppe hou die pyp in

die lengte aan die bakwerk van die woonwa vas. Die

pype het nog nooit losgekom terwyl ek ry nie.

Sit die uitlaatpype in ’n opvangkan onder jou woonwa

ná jy kamp opgeslaan het, en maak dit elke oggend

leeg.

Artikel: WegSleep #17 | November 2009

TEGNIES

Weg met grys water

Page 14: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 14

Moet nooit,

Opkrop as jy iets op die hart het nie

Stilbly as jy ‘n opinie het nie

Moed opgee as jy sukkel nie

Kwaad word as jy teleurgestel word nie

Ongeduldig raak as jy nie jou sin kry nie

Bly lê as jy geval het nie

Persoonlik raak as jy in die rug gesteek word nie

Sinies raak as liefde nie uitwerk nie

Oordeel as jy iemand nie ken nie

Verwyt as iemand ‘n fout begaan nie

Haat as iemand jou seermaak nie

Ophou glo as jou vertroue geskend word nie

Bang wees as jy alleen is nie of

Twyfel in jouself nie

WANT…..

JY is baie spesiaal en elke liewe ding wat met jou gebeur

En elke liewe mens wat oor jou pad kom, is vooraf vir jou beplan

Om jou sterker, wyser en slimmer te maak

En jou diepte en karakter te gee.

Geniet jou lewensreis…

Onthou……..

HOOP maak die die reis moontlik,

GELOOF maak dit makliker en

LIEFDE maak dit onvergeetlik mooi !

Ingestuur deur Lance Batts

SENIOR BURGERS

Page 15: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 15

VIR DIE KLEUTERS

Page 16: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 16

OPLOSSING VAN VORIGE

BLOKKIESRAAISEL

M I T S I K A M P

A O L

R I T S S U A

I M A R I A N N E

O G W T K

W O O N W A D I E N

E D E I

Y S E E

E E R N A T A L

R A A O

S O P N A T T E I E R

T U R U

E T E U S

E W A R M B A D

H E K A L

O T A L

E K E N A

V O O R D E N K I N G

E B O

L O O P A F S T A N D

D O T R

T O A

F F

Page 17: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 17

BLOKKIESRAAISEL

S U R E G S E E W W E E E

O N O O R D Y U I O P W B

B I D A M A S D L F G G L

N C N I E L K A A N N M Y

E O A B D E D F I G H I D

T R N M D N A L I E L K E

R D O P E R A S T U V W P

A A E G E B S M A D A Y O

H M R K A I A M A N Z I O

G E A M A L O N J E N I R

B S A A L K E K M A A N T

E L A N D S K L O O F H T

K A I Y A B O I A S C B R

A L D A R O O P B N S O O

S O E N N E R D A L S O O

P S O E A U I R O E A M P

O I D G R A N A D E E S M

D P A A K O K A R I B A O

P P B S S S E I O O L P K

O O M E R T N E I R E N E

O K R S I U T S E W S O O

L O A A M A D P O K S O L

M O W B R S A A L P D A B

Soek 20 kampeer terreine

Oplossing in volgende Kosmos

Page 18: Die KOSMOS - sawa.org.za · Mahindra XUV500 W8 2.2 diesel WAT LOOP AGTER DIE MAHINDRA? Sprite Super Sport 2003 model WAT PLA? Op die stadium niks agtergekom nie. Nog net een keer

SAWA Oosvaal se “Die Kosmos” Bladsy 18

KONTAK ONS

SAWA Webwerfadres - http://www.sawa.org.za/

SAWA eposadres - [email protected]

Die KOSMOS word uitgegee deur Streek Oosvaal van die SA Woonwa-Assosiasie (SAWA). Plasing van berigte, artikels of enige ander bydrae of advertensie impliseer nie dat dit noodwendig die standpunt van Sawa is nie. Kommentaar en ander redaksionele artikels word

deur die Redakteur verantwoord.

OOSVAAL BANK

BESONDERHEDE

Penningmeester:

Johan Burger

Bank : Standard Bank, Secunda

Rekeningnommer : 137501072

Takkode 05344

Nuusblad van Streek

Oosvaal van die Suid‐Afrikaanse Woonwa‐Assosiasie

Redakteur en bladuitleg:

Marianne Erasmus,

Posbus 5666, Secunda, 2302

Tel: 082 890 2019 (Sel)

Epos: [email protected]

Drukwerk en verspreiding: Andre en

Marianne Erasmus

Oosvaal 2013 jaarprogram

Datum Plek Tarief

22 – 24 Mrt Presidente - Klipdraai Meyerton

19 – 21 Apr Badplaas R170 per nag

24 – 26 Mei Gebieds Kamp - Loskopdam R175 per nag

14 – 16 Jun Wintersaamtrek – Warmbad

28 Jun – 11 Jul See Toer {Natal Noordkus}

Afgestel – geen belangstelling

08 – 11 Aug AJV Malonjeni R200 per nag

13 – 15 Sept Nasionaal (Koppiesol)

20 – 24 Sept Sondela (te vêr & te duur) Word verskuif

11 – 13 Okt Kongres (Buffelspoort)

25 – 27 Okt Monateng, Pretoria R330 per nag

22 – 24 Nov Eastco (Magaliesburg) R205 per nag

NB: Ons sal die tariewe insit soos dit beskikbaar kom