heuwelsein€¦ · daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die kantoor/spreekkamer: ons is...
TRANSCRIPT
Liturgie
Prediker: Ds Hendrik van Zyl—DEGNOS & Tsumkwe
Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1
Tema: Vertrou ons die Heilige Gees?
Loflied: Lied 411 : 1—3
Verootmoediging: Lied 190 : 1—3
Slotlied: Lied 438 : 1 & 2
S O N D A G 07 Mei 2017
Pase 4
Heuwelsein
Draers van die lig ... se Koning leef!
Alle nuwe lidmate! Hartlik welkom hier by ons! Ons hoop dat jy hier tuis is en jou liefde vir Jesus hier wil uitleef. Gee asb. jou naam na die diens in die voorportaal by die ouderling op en iemand sal
jou kontak. By Kruiskerk, meld asb by die leraar aan. Huisbesoek: Indien u ʼn behoefte aan huisbesoek het, kontak asb u Blok-leraar. Indien u bewus is
van iemand wat dringend huisbesoek benodig kan u ons daaroor skakel. Dr Charles—079 895 3911 Blokke D/F, E/G, H/I, L en M.
Ds Mauritz—079 895 3916 Blokke A, B, C, J/K, N, O Ons is hier vir u!
Laat weet asb jou leraar van siekte, veral hospitalisasie. Die hospitale het nie meer lyste beskikbaar waarmee ons lidmate kan opspoor nie. As jy ons nie laat weet nie, kan ons jou nie
besoek nie ... en dis vir ons dominees baie sleg as dit gebeur. Laat weet ook asb wanneer persone “step downs” toe gaan
Ouers met peuters wat formele diens bywoon, is welkom om in die kapel te gaan sit. Daar is klank en beeld en dit laat die kinders ook deel van die diens voel
Tee: u word genooi om saam te kom tee drink by die luik by die saal. Jeugwerker: Elna vd Walt (0824625507)
09:00 Formele diens: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees?
09:50 Kinderkerk (Voorskool—Gr. 2): Ds Mauritz 09:50 Kategese
10:30 Kruiskerk: Ds Hendrik van Zyl Teks: 1 Korintiërs 1 : 1—9; 2 : 10—3 : 1 Tema: Vertou ons die Heilige Gees?
15:00 Diens vir Sothosprekendes: Ds Mauritz
17:30 Aanddiens: Ds Mauritz (Drienie Lombard kom vertel van haar werk in Teks: Lukas 24 : 13—35 Borgerhout, Antwerpen, België) Tema: Die Emmausgangers
Diakens aan
diens:
7 Mei Margaret, James, Petrusa,
Trudie, Retha, Clarina, Deon
14 Mei Izak, Clasina, Manie, Martie,
Rina, Annie, Deon
Dr Charles is tans met Sabbatsverlof tot 31 Mei. Indien jy ‘n leraar
benodig, kontak asb. vir ds Mauritz by 079 895 3916
Christ@work
Geen selbyeenkoms die week, agv kerkraadsvergadering.
Dankie vir jou positiewe gesindheid rondom dankoffers. Vir u gerief, veiligheid en ’n konstante inkomste vir die gemeente, word u vriendelik gevra om
elektroniese inbetalings te oorweeg. Neem asb u lidmaatnommer saam wanneer u daarvoor gaan reël. NG Gemeente Heuwelkruin, ABSA; Rek no: 470 583 266;
Takkode: 632 005; Verw: U lidmaatnr
LET WEL:
10 Mei—Kerkraadsvergadering om 18:00
13 Mei—Ringsitting te Woodland Hills
Sondag 14 Mei om 9:30 gesamentlike nagmaalsdiens—GEEN Kruiskerk, Kinderkerk en/of Kategese
14 Mei—Moedersdag
14 Mei—Pinksterboekies beskikbaar aan kerkraad vir uitdeel in Blokke
BASAARVERGADERING VAN 15 MEI VERSKUIF NA 5 JUNIE
18 Mei—Aliquando nagmaal 11:00
25 Mei—Hemelvaart (Instapnagmaal 18:00)
28 Mei—Christ@Work koekverkoping
28 Mei—Pinkster begin!
Wen ‘n Inkleur-Bybel ter waarde van R800!!! Jeug vir Jesus en Christ@work van NG Kerk Heuwelkruin,
samel geld in vir ‘n motiverings-middag vir onderwysers tydens
hul Xhariep-Uitreik. Koop ‘n kaartjie vir slegs R10!!! Jy kan
dalk die wenner wees van ‘n pragtige Inkleur-Bybel! Die
persoon wat die meeste kaartjies verkoop w en ook ‘n Inkleur-Bybel. Kaartjies beskikbaar by Heuwelkruin se kerkkantoor in
Lukas Steyn Weg, Heuwelsig, Bloemfontein Of by Elna vd
Walt Balletskool Kantoor op die hoek van Lukas Steyn Weg en Dan Pienaar (Maandae tot Woensdae (14:00-17:30) Meer
info: Kontak Elna by [email protected] of 082 462 5507
Trekkingsdatum: 25 Junie 2017—Wenner sal telefonies in
kennis gestel word.
Word stil en luister: Johannes 10 : 1—16
Sondagaand (Gesinsgesels):
Was julle al op ‘n plaas waar daar skape is? Boere gebruik nie meer vandag
regtig skaapwagters nie, want hulle het heinings en skaaphonde.
Wat is die werk van ‘n herder/skaapwagter? Wat bedoel Jesus as Hy sê:
“Ek is die goeie herder?”. Wat beteken dit vir jou om Jesus as Herder te
ken?
Maandag:
Jesus gebruik die beeld van ‘n skaapkraal om ons iets te laat verstaan van
hoe kosbaar ons vir God is (Joh 10 : 28—29).
Wat beteken dit dat Jesus ons geloof en redding “veilig bewaar”? Lees
ook bv Rom 8 : 31—39.
Dinsdag:
Vir die skape om veilig in die kraal te wees, moet hulle deur die hek/ingang
ingaan. Jesus sê: “Ek is die ingang vir die skape”.
Wat dink jy wil Jesus ons leer wanneer Hy sê dat Hy die ingang is? (Sien
ook verlede week se teks: Joh 14 : 6)
Woensdag:
Binne die kraal is Jesus se skape veilig. Maar buite die kraal is daar rowers en
diewe en slagters wat die skape van Jesus wil wegsteel!
Watter “rowers” en “diewe” is daar alles in die wêreld wat ons as
gelowiges van Jesus wil wegsteel? Hoe hou Jesus ons veilig teen hulle?
Donderdag:
Lees Joh 10 : 11 saam met Ps 23.
Hoe gee Jesus in Joh 10 nuwe betekenis aan Dawid se woorde in Ps 23?
Hoe het Jesus se woorde in vers 11 waar geword? Wat beteken dit vir jou
om hier te sien dat Jesus die waarheid praat en nie leë beloftes maak
nie?
Vrydag:
Die sleutel tot ons verhouding met die Goeie Herder is dat ons sy stem ken,
m.a.w “hoor” én “luister”!
Hoe hoor ons Jesus se stem? Watter ander/vreemde stemme is daar?
Die kerk se identiteit lê daarin dat ons in ‘n verhouding met Jesus leef.
Hoe volg ons die Herder om self herders te wees?
Saterdag:
Lees môre se teksgedeelte ter voorbereiding vir die erediens. Wat hoor jy?:
Johannes 6 : 1—15, 25—59
LIEF EN LEED
Gert Pienaar snr (C) ICU Netcare
Jan vd Westhuizen (H/I) Koma tuis
Hennie Combrinck (M) Geval en heup beseer
Rehanna Smit (B) Kornea oorplanting
Sussara Pretorius (M) Mediese toetse
Rina Prinsloo (D/F) Operasie gehad
Afgevaardigdes na die Ringsitting: Herklaas Smit, Willie Henning, Johannes Beckmann, Ds Mauritz
Geluk aan Ernest Marx (E/G) wie se ma 102 jaar geword het.
Skakel 5: Aan God die Vader kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voor die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees Efes. 1:3-4. Vir Heuwelkruin: Mag ons uitreik die mense van Fauresmith instaat stel om U liefde, genade en seën waarlik te leer ken.
Ons BID vir: België
Bevolking van net minder as 11 miljoen. Tweede rykste
land in die wêreld. Hoofstad is Brussels—hoofstad van die
Europese Unie, sowel as NAVO.
Rooms Katolieke kerk is grootste kerk (ongeveer 58% van
sg. Christene in België). Slegs ongeveer 7% van Katolieke
lidmate is egter nog betrokke by die kerk. Evangeliese
Christene is slegs ongeveer 1,6%.
Bid vir:
effektiewe sendingwerk in een van ons lande van Christelike herkoms;
vreemdelinge/Moslems dat hulle die bekende God van die Christene sal
ontmoet;
groter betrokkendheid van nominale Christene by kerke;
die impak van rykdom, sekularisasie, immoraliteit en liberalisme wat
veroorsaak dat mense voel hulle het God nie nodig nie, en landswette
skep wat nie volgens Bybelse beginsels is nie;
die toegewyde Christene in Beligië, dat hulle sal volhard in geloof en
getuienis;
die kerk in België, dat sy ‘n kragtige getuienis tot eer van God sal wees.
BARMHARTIGHEIDSMAAND 2017 – HEUWELKRUIN
Liewe Gemeente, baie dankie dat ons weer ons Barmhartigheidsprogram van 2017
onder die naam van Heuwelkruin kan begin. Ons deel graag die volgende met die
gemeente. Soos in die verlede vra ons u ondersteuning gedurende Mei-maand (kos en
klere) en Pinkster 2017 (kombersprojek deur sop- en broodtjieverkope met Pinkster en
donasies).
Ons benodig veral voedsel (in die vorm van pasta, meel, blikkieskos, langlewemelk en
graankos). Ook klere, veral mans- en kinderklere. Dit kan in die waentjie by die
hoofingang van die kerk geplaas word. Ander lewensmiddele soos seep en tandepasta is
ewe welkom. Selfs speelgoed vir kinders sal ʼn plek kry. Kontantbydraes maak altyd ʼn
reuse verskil.
ONS PROGRAM VIR DIE SONDAE IN MEI-MAAND
7 Mei – Ans Coetzee van Atalia (behoeftige bejaardes)
14 Mei – Elna van der Walt en Christ@Work
(na Fauresmith-uitreik)
21 Mei – Martie Erasmus van Tant San (vlagskip)
28 Mei – Pinkster begin. Kombersprojek begin ook
met sop/broodverkope
Heuwelkruin is deur die jare bekend “Warmhartigheid” met
Barmhartigheidsmaand en Pinkster (waartydens ons kombersinsamelings het)
Met groot vrymoedigheid en dankbaarheid.
Griesel Muller en Barmhartigheidskommissie 2017
ENGO projekte
Daar is weer penne
by Kantoor
beskikbaar wees
vanaf 29 Mei 2017.
Daar is ook kaartjies
vir die gelukkige
trekking vir die Bakkie teen R30-00 per kaartjie
by ENGO beskikbaar.
Ondersteun asb die projekte .
Ons benodig mense om te help by die klank /data. As
daar enigiemand is wat belangstel kan hulle asb die
kerkkantoor skakel.
KANTOOR/SPREEKKAMER: Ons is op soek na gemakstoele en/of ‘n rus-
bank, asook ‘n klein lessenaar wat ons kan gebruik om ‘n kantoor/spreekkamer by
die kerk toe te rus vir gebruik vir kleiner vergaderings en waar lidmate die leraars
kan kom sien. Kontak Ds Mauritz (079 895 3916) as jy hiermee kan help.
Die volgende litmatekommissies se voorsitters tree uit:
ADFIN
Ampsbediening– en Evangelisasie
Barmhartigheid Dit is baie belangrik dat hierdie leemtes so spoedig moontlik gevul moet word. Indien jy belangstel in een van hierdie funksies, of indien dit binne die gawe(s) val wat die Here jou gegee het, vra ons dat jy asb. so spoedig moontlik die kerkkantoor of Ds Mauritz hieroor sal skakel.
Tema: “In die voetspore van Jesus ...”
( Wat is ware dissipelskap?)
28 Mei tot 4 Junie