christen sendeling in ‘n relativistiese...

54
CHRISTENSENDELING IN ’N RELATIVISTIESE WêRELD deur Dr Sakkie Potgieter

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

CHRISTENSENDELING IN ’N RELATIVISTIESE WêRELD

deur

Dr Sakkie Potgieter

Page 2: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

INHOUDSOPGAWE

VOORWOOORD

HOOFSTUK 1GLOBALISERING1.1. INLEIDING1.2. DIE WêRELD VERANDER1.3. DIE TEMPO VAN VERANDERING VERSNEL1.4. ONS GLOBALE DORP1.5. DIE TYD VAN NOAG1.6. DIE TYD VAN JESUS SE SENDINGOPDRAG1.7. DIE TYD VAN DIE ONTDEKKINGSREISIGERS1.8. DIE HEDE

HOOFSTUK 2RELATIVISME2.1. INLEIDING2.2. DIE STILLE MEERDERHEID2.3. NUUSWAARDIGE MINDERHEDE2.4. WETENSKAP2.5. IDEOLOGIE2.6. FUNDAMENTALISME2.7. IDEALISME2.8. GEVOLGTREKKING

HOOFSTUK 3SENDING IN DIE GEDRANG3.1. INLEIDING3.2. DIE SENDING IS GEVAARLIK3.3. DIE SENDING IS ONNODIG2.4. DIE SENDING IS DUUR3.5. DIE SENDING IS ARROGANT3.6. DIE BYBEL AS WOORD VAN GOD3.7. DIE BYBELBOODSKAP3.8. DIE KENBAARHEID VAN GOD

HOOFSTUK 4BOUMATERIALE VIR ‘N SENDINGMODEL4.1. INLEIDING4.2. SENDINGMODELLE UIT DIE BYBEL EN DIE KERKGESKIEDENIS4.3. ELKEEN ‘N SENDELING4.4. ‘N PERSOONLIKE GELOOFSKEUSE4.5. ORTOPRAKSIE4.6. DIE WIEL VAN ONTWIKKELING

Page 3: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

HOOFSTUK 5‘N GEMEENTELIKE SENDINGMODEL5.1. INLEIDING5.2. DIE AGENDA VAN DIE WERELD5.3. PREDIKING AS TEOLOGIESE REFLEKSIE5.4. INTERGODSDIENSTIGE REFLEKSIE5.5. IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME5.6. GEMEENTELIKE EN INTER-GODSDIENSTIGE EVALUERING5.7. GEVOLGTREKKINGS

CHRISTENSENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELD

VOORWOORD

Kan Christene vandag nog sendingwerk doen? Indien wel, wie is die sendelinge? En wat is hulle boodskap?

Daar sal diegene wees wat sommer by die vrae hierbo al sal aanstoot neem. Vir hulle is die antwoord so vanselfsprekend dat daar geen bespreking nodig is nie. Jesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die hele wêreld in te gaan en die Evangelie te verkondig. En in Handelinge 1: 8 het Hy vir sy dissipels belowe dat die Heilige Gees hulle sal vervul. Daarna sal hulle sy dissipels word tot by die “uithoeke van die wêreld”.

Wat maak ons dan met die stemme, meestal vanuit Christelike kringe nogal, wat vra dat alle sendingwerk beëindig moet word? Of, as daar nie gevra word vir ‘n einde aan alle sendingwerk nie, dan word daar iets so ingrypend nuut in die plek van die outydse sendingmodel voorgestel, dat die woord sending in elk geval vervang moet word.

‘n Meer gepaste benaming sou dan wees “dialoog” of “Christelike teenwoordigheid”. Die benaming “sending” het vir hierdie kritici te veel die koloniale konnotasies van Westerse imperialisme, rasse- en kultuurmeerderwaardigheid en selfs geweld en verdrukking. Sendingwerk is vir hulle deesdae iets wat bely moet word, nie iets wat gedoen moet word nie!

Ten spyte van al die besware, wil ons in hierdie boekie outyds wees en weer ‘n slag die Christensending bepleit – hierdie keer egter met deeglike inagneming van die veranderde wêreld waarin ons lewe. Ons sal probeer wys dat sendingwerk nie die taak is van ‘n spesiale soort mens wat na ‘n vêr en vreemde land toe gestuur moet word nie, maar eerder dié van elke Christenmens, oud en jonk, in elke plaaslike gemeente.

Om hierdie herlewing van die sending ‘n werklikheid te maak, sal ons aan sekere voorwaardes moet voldoen. Om die waarheid te sê, ‘n nuwe sendingmodel sal ontwikkel moet word – een wat voldoen aan die vereistes van ons tydsgees. Hierdie tydsgees kan veral met twee modewoorde tipeer word, t.w. globalisering en relativisme.

Page 4: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die eerste voorwaarde is dat ons die “wêreld” waarheen Jesus ons stuur, beter sal probeer verstaan. Wie is die “nasies” na wie ons gestuur word (Matt. 28)? Waar lê die “uithoeke van die wêreld” (Hde. 1:8)? Dit gaan hier nie net oor die geografiese verstaan van ons wêreld nie, maar ook oor die begrip vir die tydsgees, of algemene “wêreldbeskouing”. Hierdie vrae oor die huidige wêreld en moderne tydsgees, word in die eerste twee hoofstukke behandel.

Die tweede voorwaarde is dat ons die krisis waarin die moderne tydsgees die oorspronklike sendingbenadering geplaas het, sal begryp. Miskenning van die harde werklikhede van ons tyd lei tot naïwiteit, dikwels verskuil met ‘n beroep op ons “kinderlike geloof”. Dit is nie meer genoeg nie. Trouens, dit sal lei tot ‘n marginalisering van die Christelike godsdiens.

Die kerk sal nie meer ‘n bydrae kan lewer tot die wêreldagenda nie, want die aktiwiteite van die kerk sal deur die belangrikste meningsvormers gereduseer word tot die stokperdjie van een van tientalle geloofsminderhede. Die kerk sal hoogstens verduur word. Trouens, die kerk sal vir geen magstrukture enige bedreiging inhou nie en sal daarom nie ‘n invloed uitoefen op die maghebbers se toekomsplanne nie.

‘n Gemarginaliseerde kerk sal nog bid om die koms van God se Koninkryk, maar sal nie self aftief daaraan kan meedoen nie.

‘n Derde voorwaarde sal wees dat ons kom tot die aanduiding van ‘n baie konkrete pad vorentoe. Daar is ‘n ongeduld in die wêreld met dromers wat nie iets bydra tot die welstand van ons “globale dorp” nie. Mense wat te midde van armoede, onreg, besoedeling van die natuur, seksisme en die bedreiging van wêreldvrede, met hulle koppe in die wolke bly loop en droom oor die hiernamaals, beteken op aarde niks!

Hierdie uitdaging om die kerk se getuienis hoorbaar te maak op die wêreldagenda, sal in hoofstuk drie behandel word.

In ‘n vierde hoofstuk sal ons opsommend al die “boumateriale” vir ‘n gemeentelike sendingmodel versamel en enkele nuwes byvoeg.

In die vyfde hoofstuk beveel ons ‘n gemeentelike sendingmodel aan; een wat hopelik voldoen aan die vereistes van die relativistiese wêreld waarin ons vandag lewe.

Dr Sakkie PotgieterVG Gemeente Carnarvon053 382 [email protected]

Page 5: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

HOOFSTUK 1GLOBALISERING

INLEIDING

Een van die belangrikste voorwaardes vir die formulering van ‘n nuwe Christelike sendingbewussyn, is dat ons ons wêreld van vandag beter sal probeer verstaan.

Party mense met wonderlike harte vir die sending, sal klaar protesteer. Vir wat begin ‘n mens by die wêreld as jy oor die Christelike sending wil nadink? Moet Christene nie altyd by die Bybel begin nie? Dit is tog net daar waar ons die antwoorde gaan vind, of hoe? Tog is die sendeling iemand met ‘n geadresseerde boodskap. Die boodskap is geadresseer aan “al die nasies” (Matt 28: ) en “die uithoeke van die wêreld” (Hand. 1:8).

Natuurlik is die boodskap self van die grootste belang. Dit is ook nie net ‘n boodskap in ‘n heilige boek onder die sendeling se arm nie. Dit is ‘n boodskap in die hart, een wat die sendeling voortdryf, soos dit met Paulus die geval was. Hy het immers geskryf, en wee my as ek hierdie evangelie nie verkondig nie.

Nogtans gaan ons probeer om te wys hoe die wêreldbegrip van die sendeling nog altyd die inhoud van sy boodskap self ten diepste beïnvloed het. Om dus te praat van ‘n tydlose boodskap wat onveranderd eeu na eeu na dieselfde geaddresseerdes geneem moet word, is gewoonweg nie waar nie.

Die gedagte om by ons begrip van die wêreld om ons te begin, is lankal nie vreemd aan die teologie nie. Een van die belangrike vereistes vir die bedryf van teologie, is juis dat jy altyd jou eie “konteks” sal probeer verstaan. Dit beïnvloed die manier waarop ons ons Bybel lees, daaroor nadink en dit wat ons daarin lees, toepas.

Ons beweeg nooit in ‘n vakuum nie, maar tussen mense met ‘n groot verskeidenheid van spirituele, intellektuele, finansiële, sosiale en ander behoeftes. Dit is hier waar die sending moet grondvat, in die konkrete wêreld om ons; tussen die mense wat die Here oor ons weg bring..

Die boodskap van God se liefde vir die wêreld, soos bewys in sy Seun, Jesus Christus, moet in die wêreld om ons vastrapplek kry. En … ons is die sendelinge wat Hy geroep het om dit moontlik te maak.

DIE WêRELD VERANDER

Gewoonlik gaan die stelling hierbo gepaard met ‘n diep sug van die ouer geslag. Hulle voel dat hulle nie kan byhou nie. Maar dan sê hulle gou : “Ai, dankie tog, ons het darem nog die Woord van God wat nooit sal verander nie”.

Page 6: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Maar is dit so eenvoudig? As die wêreld verander, verander die mense wat daar lewe ook. Hulle “wêreldbeskouing” (letterlik, die manier waarop hulle die wêreld sien) verander. Dit beteken dat dieselfde ou, bekende gedeeltes in die Bybel skielik nuwe betekenis kry. Hulle beweeg deur nuwe kontekste. Daarom lees ons die ou, bekende gedeeltes met nuwe oë en hoor ons hulle met nuwe ore.

Miskien kan ons die saak illustreer aan die hand van ‘n groot rots wat ons van ons jeug af al goed ken. In al hierdie jare sedert ons jeug, het die rots nog niks verander nie. Dit is nog presies dieselfde rots van ons kinderdae. Tog is dit vir ons vreemd om te ontdek, nou dat ons ouer geword het, dat die rots eintlik kleiner is as wat ons hom in ons jeugherinnerings voorgestel het. Die rots het dus nie verander nie. Ons het.

Verder ontdek ons ook dat die onveranderlike rots, tog op verskillende tye anders vertoon. Vroegmôre lyk hy anders as laatnag, toe hy nog ‘n onheilspellende, donker silhoeët was. Dit het skielik ‘n interessante, oranjerige skynsel. Teen die middag het dit weer tot ‘n vaalgrys kleur verander en nou sien ons in die skerp lig fyner besonderhede wat ons voorheen nog nooit opgelet het nie.

Het die rots dus verander? Nee, maar ons waarneming daarvan het verander. Ons sien die rots telkens “in ‘n nuwe lig”. Net so sal ons moet leer dat die Bybel telkens, in ‘n snel veranderende wêreld, “in ‘n nuwe lig” beoordeel sal moet word.

DIE TEMPO VAN VERANDERING VERSNEL

Om net te sê dat die wêreld vandag verander, is niksseggend. Selfs om te beweer dat die wêreld vinnig verander, beteken nie veel nie. Verandering as sodanig is niks nuuts nie. As ons egter sê dat die tempo van verandering versnel, dan is dit nogal iets. Waar dit vroeër, sê maar tien eeue geneem het om X aantal innoverende nuwighede na die mensdom te bring, het die periodes verkort tot een eeu, een dekade …

Die Nederlandse sendingwetenskaplike, Hendrik Kraemer, het in 1938 al beweer dat die grootste veranderinge in die geskiedenis van die mensdom in slegs die vorige vyftig jaar (dws 1888-1938) plaasgevind het.

Kraemer het natuurlik nie oordryf nie. Tog sou elke geslag ná 1938 sy uitspraak waarskynlik kon herhaal, met die verskil dat die periode telkens verkort sou kon word. Nog nooit in die geskiedenis van die mensdom het die wêreld so vinnig verander soos in die afgelope 35 … 20 … 12 jaar nie.

ONS GLOBALE DORP

Page 7: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Kan die legio veranderinge wat jaar na jaar in die wêreld om ons plaasvind, onder een noemer gebring word? Dit is nie maklik nie. Tog is daar ‘n modewoord wat die veranderinge min of meer tipeer, naamlik “globalisering”.

Met globalisering word bedoel dat ons wêreld teen ‘n groot tempo besig is om te krimp. Natuurlik bedoel ons nie daarmee dat die radius van ons planeet krimp nie. Dit is eerder ‘n uitspraak wat probeer om ons ervaring as aardbewoners te tipeer. Dit voel asof die aarde kleiner word, vanweë die aardbewoners se groeiende kennis van, en betrokkenheid by, mekaar.

Daar word daarom selfs deesdae na ons planeet verwys as ‘n “global village”. Ons planeet het ‘n dorpie geword! Veral diegene van ons wat op ‘n stadium in ‘n klein, plattelandse dorpie gewoon het, behoort te weet wat daarmee bedoel word. In so ‘n klein dorpie weet almal mos altyd alles van mekaar. En dit wat jy nie weet nie, raai jy, en verkondig jy! Tog is daar min gemeenskappe wat vir hulle voortbestaan meer afhanklik raak van mekaar as diegene in hierdie klein dorpies.

Net so word die wêrelddorp se burgers al hoe vinniger in ‘n interafhanklikheid ingesuig. Vir sommige gemeenskappe is hierdie situasie onaanvaarbaar en erg verontrustend. Hulle raak onverdraagsaam en dring aan op hulle “privaatheid”. Hulle duld nie dat enigeen sy neus in hulle sake kom druk nie. Hulle maak soos die dorpskluisenaar wat uit die dorpie padgee om liewer in ‘n grot in die berge te gaan woon.

Ander gemeenskappe en individue verwelkom weer hierdie veranderinge en word ware “wêreldburgers”. Die grense tussen hulleself en mense van ander godsdienste en kulture vervaag vinnig. Hulle beklemtoon nie meer soseer die verskille tussen hulle nie, eerder die ooreenkomste. Hulle wil nie hulleself van andere om hulle isoleer nie, maar wil eerder hulleself gaan bekendstel as die “goeie bure” van langsaan.

Al hierdie verwysings na die krimpende wêreld waarin ons lewe, mag dalk oordrewe klink. Daarom gaan ons vier “snitte” in die wêreldgeskiedenis maak. Die eerste een gaan wees in die tyd van die sondvloed soos beskrywe in Genesis 6-8. Die tweede snit sal wees in die tyd van die sendingbevel van Jesus; die derde in die tyd van die sogenaamde ontdekkingsreisigers en die laaste een is die hede.

Die bedoeling is alles behalwe om ‘n volledige wêreldbeskouing van die mense in elkeeen van hierdie periodes te gee. Met slegs enkele verwysings uit elkeen van hierdie periodes, hoop ons om te wys hoe die proses waarna ons verwys as “globalisering” aanvanklik teen ‘n slakkepas plaasgevind het, toe momentum opgebou het, en tans teen angswekkende spoed voortspoed, en steeds versnel!

DIE TYD VAN NOAG

Page 8: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Vir die mense van hierdie periode was die aarde sonder twyfel ‘n plat skyf. Bokant die aarde was daar die hemelgewelf waardeur duisende liggies geskyn het. Onder die voete was daar die doderyk.

As die Bybel in hierdie tyd sê dat die hele wereld onder vloedwaters vergaan het, is dit natuurlik die waarheid, in soverre dit vir die skrywer(s) die hele bekende wêreld van daardie tyd was. Hulle sou nie bewus gewees het van volkere in Afrika en ander kontinente nie. Hulle sou ook nie geweet het dat die eerste mense dalk al vir meer as ‘n miljoen jaar op aarde geleef het nie.

Hierdie bekende wêreld was egter nog maar beperk tot die gebied tussen die Tigris en die Euvraat, wat waarskynlik hulle walle oorstroom het. Waarskynlik kon dit ‘n baie groter ramp gewees het. Tog moet ons in ag neem dat honderde volkere in “onontdekte gebiede” waarkynlik in hierdie tyd nie eens ‘n ou onweertjie opgemerk het nie.

DIE TYD VAN JESUS SE SENDINGOPDRAG

Volgens Matt. 28:19 het Jesus sy dissipels na “al die nasies” toe gestuur. Almal! Lukas skryf dat die Jesus se opdrag was om te gaan “tot in die uithoeke van die wêreld” (Hde. 1:8). Die vraag moes sekerlik by die dissipels opgekom het oor waar hierdie nasies woon. Waar eindig hierdie “uithoeke van die wêreld?

Allereers moet ons onthou dat die wêreld vir hierdie eerste dissipels sonder twyfel, net soos in Noag se tyd, plat was. Die hemelruim (en die hemel) was ‘n ruimtelike gebied daar bo in die lug en die doderyk (en die hel) was ‘n ruimte iewers onder ons voete, in die buik van die aarde, of daaronder.

Groot nasies en leiers het sedert die tyd van Noag na vore gekom. Groot veldslae is geveg en koninkryke het gekom en gegaan. Tog was daar nog selde so ‘n kombers oor die “wêreld” (die bekende wêreld) gegooi as juis in hierdie tyd van Jesus se sendingopdrag.

Al die nasies waarheen Jesus die dissipels gestuur het, was so vêr hulle kennis gestrek het, onderwerp aan die politieke mag van die Romeinse Ryk. Hoewel ons vandag weet dat die geografiese gebied waarbinne die Romeinse Ryk sy bestaan gevind het, slegs groot dele van Europa en Noord-Afrika ingesluit het, was dit na die beste wete van die dissipels van Jesus die hele wêreld.

Terwyl die politieke mag van die destydse wêreld in die hande van die Romeinse Ryk, en in die besonder van die keisers was, was die Hellenistiese (Griekse) kultuur die oorheersende kultuur van daardie tyd. Dit was dus raadsaam om, naas kennis van jou eie volkstaal en kultuur, ook kennis te verkry van die Griekse taal, kultuur en filosofie. Dit sou jou ‘n gesofistikeerde wêreldburger van jou tyd maak.

Oor hoe die dissipels van Jesus die “uithoeke van die aarde” verstaan het, kan ons natuurlik net bespiegel. Hoe vêr sou hulle moes reis om daardie uithoeke te bereik? En

Page 9: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

hoe sou daardie uithoeke lyk? Tog het een ding vir die dissipels vasgestaan. Daar het vir hulle geen mense bestaan buiten dié waarna die Heilige Geskrifte verwys nie. Daar kon van al hierdie geslagte, sedert die skepping van Adam en Eva, verslag gedoen word (Luk. 3:23-38).

Uit die Geskrifte sou die dissipels kon aflei dat daar in totaal ongeveer 76 geslagte was wat sedert die heel begin tot op hulle dag op aarde gelewe het. As een geslag bereken word as ongeveer ‘n periode van veertig jaar, beteken dit dat die dissipels aanvaar het dat Adam en Eva, die eerste mense, ongeveer 3 000 jaar vroeër, gelewe het.

Adam en Eva het Joodse name gehad. Dus was dit vir die dissipels ‘n uitgemaakte saak dat God eers Jode gemaak het, en dat dit eers met die taalverwarring by die toring van Babel (Gen. 11), gebeur het dat mense ander tale begin praat het. Verder moet ons natuurlik in gedagte hou dat “al wat op die aarde lewe”, volgens hierdie beskouing, tydens die tiende geslag ná Adam en Eva, in die groot vloed verdrink het (Gen. 7:21). Dit was nou met die uitsondering van Noag, sy gesin, en die diere wat hy in die ark ingeneem het.

Laastens moet ons kyk na die vervoermiddels tot beskikking van die dissipels. Hoe moes hulle reis as hulle gehoop het om die “uithoeke van die aarde” te bereik? Die belangrikste vervoermiddel was maar seer voete in oop sandale. As jy ‘n bietjie vinniger wou reis, kon jy dit te perd of kameel doen. As jy ‘n seeroete moes volg, moes jy dit op ‘n klein skippie waag – weerloos teen enige stormgeweld en, indien hoegenaamd moontlik, te alle tye al teen die kus op en binne sig van land.

DIE TYD VAN DIE ONTDEKKINGSREISIGERS

Eers amper sestien eeue ná die aanvanklike sendingopdrag van Jesus aan sy dissipels, het Europese lande ernstige pogings aangewend om die onontdekte dele van die wêreld te gaan soek. Vir hierdie ontdekkingsreisigers was die aarde nog altyd plat. Daar was wel iemand wat intussen ‘n groot dwaalleer kom verkondig het. Sy naam was Kopernikus (1473-1543). Hy het sowaar loop en vertel dat die aarde rond is en dat die eintlike rondom die son draai. Kan jy jouself iets so dom voorstel? Gelukkig het die kerk hom sommer gou op sy plek gesit en gewys daarop dat hy goed sê wat in stryd met die Bybel is. Kopernikus was ‘n ketter.

Die vreemde idees van Kopernikus was wel al ‘n stuk of tien eeue vroeër vaagweg as ‘n moontlikheid genoem. Vader Augustinus, die groot kerkvader van Noord-Afrika, het gesê wat hy van so ‘n absurditeit dink. “Aangaande die fabel dat daar antipode is, dit wil sê mense aan die ander kant van die aarde, waar die son opkom wanneer dit by ons ondergaan, mense wat met hul voete onder ons s’n loop, dit is hoegenaamd nie geloofwaardig nie … Daar was net een paar oorspronklike voorouers, en dit is ondenkbaar dat sodanige afgeleë streke deur Adam se nasate bevolk kon word” (soos aangehaal in Joubert 23).

Page 10: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Aangesien ongeveer ‘n driekwart van die twee millenia sedert Jesus se aanvanklike sendingopdrag al verstryk het, sou ‘n mens groot veranderings in die mens se algemene wêreldbeskouing verwag het. Tog het daar relatief min verander. Die grootste verandering het hoogstens gekom in die mens se groeiende nuuskierigheid oor die “uithoeke van die wêreld”.

Was daar nog onontdekte dele van die wêreld? Indien wel, wat sou ons daar vind? Daar was net een manier om uit te vind. Skep al jou moed bymekaar, klim op ‘n klein skippie en durf die magtige oseane aan. Slegs die dapperste avonturiers het hiervoor kans gesien. Tog was die nuuskierigheid van die mens nou sodanig geprikkel dat Europese moondhede hierdie ontdekkingsreise begin finansier het. Die koloniale geskiedenis het begin.

Die ontdekkingsreisigers was vol vrese vir dit wat vir hulle sou wag by die “uithoeke van die aarde”. Aangesien hulle geglo het dat die aarde plat was, moes die aarde mos eindig in geweldige loodregte watervalle – wat waarheen val?! Die antwoord in die gemoed van baie vreesbevange matrose was dat dit sou wees tot in die stinkende bekke van vurige drake wat hulle met skippie, bemanning en al sou insluk! Dit moes sekerlik moed geverg het om nogtans op daardie skippie te klim!

DIE HEDE

Vandag het ons ons wêreld reeds van alle kant af bekyk. Ons sien hom vanuit die buitenste ruimte en sien dat hy rond is. Ons weet ook dat hy maar een klein planeetjie, soos ‘n nietige albastertjie, in ‘n onbegryplik grote en steeds uitdyende heelal is. Ons het die aarde karteer van Noordpool tot Suidpool. Selfs elke stad is in kaart gedissekteer, met die aanduiding van elke straat, elke skool en elke park.

Ons vlieg binne ‘n paar ure met ‘n straler na die “uithoeke van die aarde”. Ons sein TV beelde lewend en onmiddellik vanoor die hele wêreld tot op TV-stelle binne-in ons sitkamers. Ons gesels met mekaar of stuur vir mekaar briewe met die druk van ‘n paar nommers of kodes.

Die versnelling waarmee die wêreld die afgelope vyf eeue gekrimp het, vergeleke met die eerste vyftien, is verstommend. Maar dit is ook weer misleidend om dit aan te dui as ‘n proses van die afgelope vyf tot ses eeue. Die meeste van die veranderings hierbo, hou verband met tegnologiese vooruitgang van die afgelope dekades, nie eeue nie. En steeds versnel die tempo van verandering!

Ons het intussen ook ontdek hoe mense hulle vir baie eeue met die wêreld misgis het. Adam en Eva kon nie Jode gewees het nie, want hulle was waarskynlik Afrikane of selfs Suider Afrikane. Hulle kon ook nie slegs vir ses-en-sewentig geslagte voor die koms van Jesus op aarde bestaan het nie. Moontlik bestaan homo sapiens al vir so veel as twee en ‘n half miljoen jaar!

Page 11: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Terwyl die “hele wêreld” in Noag se vloed vergaan het, het tientalle volkere waarkynlik salig onbewus van hierdie tragedie, op onontdekte kontinente onder ‘n skroeiende son deur ‘n droogtesiklus beweeg. Terwyl “almal” hulle op bevel van die Romeinse keiser laat inskryf het, het tientalle volkere in “onontdekte” lande waarskynlik nog nooit gehoor van ‘n Romeinse Ryk en sy keiser nie.

Terloops, as ons dalk dink dat die begin van die geskiedenis van die mens op aarde en die begin van die heelal as sodanig min of meer saamval, moet ons maar weer dink! Om hierdie relatiewe skeppingsperiodes binne ons denkraamwerk te bring, moet ons vir onsself die geskiedenis van die skepping en dié van die mens, op ‘n oneindig ingekorte tydskaal voorstel.

Kom ons stel onsself voor dat die skepping een maand gelede tot stand gekom het. Elke twaalf minute stel op hierdie tydskaal ‘n tydperk van een miljoen jaar voor. Intelligente lewe het dan ongeveer ‘n halfuur gelede ontstaan. Jesus se geboorte het dan net meer as een sekonde gelede plaasgevind!

Ons soek lank nie meer na nuwe nasies op aarde nie. Op hierdie planeet is daar nie meer onontdekte gebiede nie. Ons het ons aandag nou op die eindelose hemelruim begin rig. Boodskappe en ruimteskepe word die oneindige ruimtes ingestuur in die hoop dat ander vorme van intelligente lewe opgespoor sal word. Talle wetenskaplikes beskou dit as hoogs onwaarskynlik dat daar in die ontsaglik-grote heelal geen ander planeet met min of meer die elemente van die aarde sal bestaan nie. En as daar nog sulke planete bestaan, is dit uiters onwaarskynlik dat intelligene lewe nie ook daar sal bestaan nie.

Wetenskaplikes maak met reuse ruimteteleskope flink vordering in hul pogings om die skeppingsgebeure self waar te neem! Dit beteken natuurlik dat hierdie teleskope soveel ligjare in die verlede moet intuur dat dit die horlosies en almanakke laat terugdraai tot by die skeppingsoomblik om daarna te kan kyk!

Wat beteken die opdrag van Jesus om na al die nasies te gaan, as ons nageslagte dalk nuwe intelligente lewe in die ruimtes ontdek? “Blote verspotte bespiegeling”, sal sommige mense ergerlik uitroep – amper soos Augustinus dit gedoen het ten opsigte van die absurde idee van antipode aan die ander kant van die aarde …?

HOOFSTUK 2 RELATIVISME

INLEIDING

In die vorige hoofstuk het ons die versnellende veranderinge in die wêreld met ‘n enkele modewoord probeer tipeer – globalisering. Maar hoe onvermydelik is die globaliseringsproses regtig? Kan dit gestuit word? Kan dit selfs omgekeer word? Indien wel, wat is dan ‘n realistiese alternatief?

Page 12: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Kan ons byvoorbeeld doelbewus ‘n plan van aksie implementeer wat as’t ware almal weer begin terugdryf na hulle eie hoekies? Kan ons die uitgebreide kommunikasie netwerke (sateliet TV, selfone, internet ...) doelbewus vernietig sodat ons soos in “die goeie ou dae” salig onbewus kan raak van mekaar? Kan ons interafhanklike politieke en ekonomiese makrostrukture soos die VN, die Europese Unie en Nepad, ontbind?

Soos ons in hierdie hoofstuk sal beklemtoon, is daar wel groepe, dikwels spottend na verwys as die “lunatic fringe”, die kranksinnige periferie, wat so glo en wat dit inderdaad probeer doen. Dit is ook gewoonlik hierdie groepe wat die voorblaaie van die koerante en die hoofnuus op televisie haal.

Dit mag lyk asof die tipiese tydsgees in die tyd van globalisering, vanwee die media-aandag, deur hierdie lunatic fringe bepaal word. Tog is dit eerder die stille meerderheid wat die tydsgees bepaal. Hierdie tydsgees van die stille meerderheid sal ons tipeer as “relativisme”.

In hierdie hoofstuk sal ons nogtans tussen die twee teenpole bly beweeg – van relativisme tot by die lunatic fringe en terug. Die rede daarvoor is dat die een moeilik verstaan kan word sonder die ander. Daar sou selfs so ver gegaan kon word as om te beweer dat die een die ander bepaal. Die lunatic fringe se optrede is ‘n geirriteerde, en soms gewelddadige reaksie op die dreigende gees van relativisme. Die gees van relativisme word weer verder bestendig deur ‘n groeiende afkeer in die optrede van die lunatic fringe.

DIE STILLE MEERDERHEID

Meer as ooit tevore, word ons vandag aan vreemde kulture, godsdienste en denkrigtings blootgestel. Kommunikasie is vinnig en direk. Die vreemdelinge kom elke dag jou sitkamer binne deur middel van sateliet TV. Jy ontmoet hulle as politici, as ekonome, as imams, as film- en musieksterre, en as sporthelde.

In die letterlike sin van die woord is ons kosmopolitaans. Kosmos het polis geword, die heelal het ‘n dorp geword. Vreemdelinge van gister is vandag se rolmodelle. As die ouer geslag die jeug sou wou waasku teen volksvreemde invloede, soos ‘n geslag gelede nog dikwels gebeur het, sal dit as totaal absurd afgelag word.

Dit is veral die jeug, maar nie eksklusief die jeug nie, wat vandag hierdie nuwe kosmopolitaanse opset met oop arms tegemoetgaan. Die grense tussen volke, nasies, godsdienste en tale vervaag by die dag. Hulle raak irrelevant.

Die eerste vraag wat gevra word, is of die persoon wat per sateliet in jou sitkamer verskyn, ‘n goeie politikus is, of ‘n intelligente akademikus, of ‘n briljante krieketspeler, of ‘n gewilde skrywer, of ‘n groot popster is. Eers baie later mag iemand dalk terloops vra na die kultuur of geloof van die betrokke persoon.

Page 13: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Dit was nie altyd so nie. Inteendeel!

Die omhelsing van ‘n kosmopolitaanse lewenswyse, moet natuurlik ook gevolge hê vir die waarheidsvraag. Daar is skielik ‘n hele mengelmoes van kulturele, godsdienstige, politieke en ander teenstrydighede wat versoen moet word. Jy kan verskillende dinge met hierdie inherente teenstrydighede in ‘n kosmopolitaanse wêreld doen.

Eerstens sou ‘n mens hulle totaal irrelevant kon verklaar. My waarheid verskil van joune, maar so what?! As ek gelukkig met my waarheid kan saamleef, en jy met joune, waarom gaan ons dan begin krap waar dit nie jeuk nie?

So ‘n siening is natuurlik baie materialisties. Jou waarde as mede-burger van ons wêrelddorpie word glad nie bepaal deur wat jy glo nie, maar deur wat jy doen. Wat kan jy bydra tot die gerief van ons almal? Groter harmonie en vrede? Meer welvaart? Meer estetiese skoonheid? As jy enige waarde toevoeg, dan raak dit wat jy glo totaal onbelangrik. Dit is hoogstens ‘n vraag vir die skinderkolomme agter in’n tydskrif.

Tweedens sou die inherente teenstrydighede ten opsigte van die waarheidsvraag opgelos kon word, deur ‘n sinkretistiese sintese na te streef. Daarmee word bedoel dat teenstrydighede nie irrelevant verklaar word nie, maar in eie reg as waardevolle bydrae tot die geheel. Trouens, ons uitdaging sal wees om al die waarhede soos verwaaide herfsblare te gaan bymekaar hark.

‘n Bietjie waarheid van elke deelnemende groep, wat ons soos legkaartstukkies hul regmatige plek laat vind, sal ons in staat stel om die totale prentjie te voltooi. Die (enkele en ondeelbare) waarheid sit tans nog verborge tussen al die deelwaarhede. Ons hoef nogtans nie ongeduldig te wees met die soektog na die voltooide prentjie nie. Dit sal kom.

Derdens, is daar die moontlikheid om die waarheid as ‘n transendente werklikheid te verklaar, wat nooit nodig sal hê om imanent te raak nie. Anders gestel, die waarheid is nie bestem vir hierdie wêreld waarin ons lewe nie. Dit bestaan as ‘n ewigdurende konsep, iets wat ons nastreef, terwyl ons vrede maak met die wete dat ons dit nooit sal bereik nie. Dit terg ons en lok ons uit. Tog bly dit maar ‘n interessante stokperdjie vir intellektueles en akademici.

Godsdienstige groepe sal dikwels ‘n godheid benoem as alleen bewaker van die finale waarheid. Paulus skryf byvoorbeeld in I Korintiers 13 dat ons ‘n raaiselagtige beeld sien in ‘n dowwe spieël. Eers eendag, as ons God ontmoet, sal ons van aangesig tot aangesig sien, en dan sal ons verstaan.

Daar bestaan ook ‘n interessante Hindoelegende wat lui dat die godheid Brahman, gesoek het na ‘n plek waar hy homself kon versteek vir die nuuskierige oe van die mensdom. Eindelik het hy besluit dat die beste wegsteekplek binne-in die mens self is. So het hy toe sy identiteit verander van Brahman, die god buite ons, na Atman, die god binne-in ons.

Page 14: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die Boeddhisme as pseudo-godsdientige sisteem, soek vandag nog na “god” en die waarheid binne-in elke mens self.

Nie-godsdienstige groepe vereenselwig die finale, onweerlegbare waarheid nie noodwendig met ‘n godheid nie, maar wel met ‘n filosofiese konsep, ‘n ideaal. Die vraag is natuurlik of die woord “ideaal” nie net so goed met ‘n hoofletter gespel kon word, om ook maar weer ‘n soort godheid aan te dui nie.

Watter interpretasie ook al gekies word, is dit ons gevolgtrekking dat die waarheid in ‘n tyd van globalisering soos ‘n glibberige koekie seep in ‘n warm bad geword het. Sodra jy hom onder jou hand voel, glip hy weer weg en begin die soektog van voor af.

Dit bring ons nader aan ‘n definisie van die relativisme. Om te lewe in ‘n tyd van relativisme, beteken om te lewe sonder enige sekerhede. Ewige waarhede bestaan nie meer nie, slegs tydelike sinvolle vertrekpunte vir die lewe. Ons “waarhede” van vandag mag dalk oor ‘n paar eeue, of dekades (!) vergelyk word met die “waarheid” van ‘n paar eeue terug wat die aarde plat verklaar het, die hemel as ‘n ruimte daarbo en die doderyk as ‘n ruimte onder die voete. Lagwekkend. Jou waarheid is dus net waar vir jou tyd, maar ‘n grap in die toekoms!

NUUSWAARDIGE MINDERHEDE

Benewens die stille meerderheid wat skynbaar gemaklik hulle wêreldburgerskap aanvaar, is daar ook die minderhede wat baie media-aandag geniet en daarom soms die indruk kan laat dat hulle eintlik die oorheersende tydsgees verteenwoordig. Hierdie groeperinge het gewoonlik min of meer dieselfde oogmerke. Hulle wil naamlik die horlosie terugdraai na ‘n tyd toe hulle nog in isolasie kon woon en hulle kon wysmaak dat hulle die alleenbesitters van die waarheid is.

Ons siening van hierdie groepe is gewoonlik nie baie vleiend nie. Die radikaalste pool verteenwoordig vir ons die “lunatic fringe” – die kranksinnige periferie. Ons sal dalk hoogstens geamuseerd toekyk hoe byvoorbeeld die Aamish terugkeer na perdekarre, outydse drag en outydse waardes. Of ons kan verontwaardig toekyk hoe die Taliban in Afghanistan in die een-en-twintigste eeu vroue nog die reg tot geleerdheid wil ontneem!

In die uiterste gevalle kan hierdie groepe veel meer as lagwekkend of ‘n irritasie wees. Hulle kan ook uiters gevaarlik wees. Hulle kan wêreldvrede bedreig, en selfs grootskaalse terreur saai.

Daar is natuurlik in die versetgroepe teen ‘n gees van relativisme heelwat skakerings tussen blote eksentrisiteit en militante terreur. Ons gaan probeer om hierdie groeperinge min of meer in volgorde van onskuldig tot uiters gevaarlik te groepeer.

WETENSKAP

Page 15: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Wetenskap is tog sekerlik iets wat nie sommer in dieselfde asem met die moderne tydsgees van die relativisme genoem kan word nie, of hoe? Dit hoort tog sekerlik tog tot die terrein van sekerhede.

Nie lank gelede nie, was die uitspraak dat iets “wetenskaplik” is, inderdaad min of meer sinoniem met die uitspraak dat iets onfeilbaar waar is. Dit was die einde van die gesprek. Daar was niks meer by te voeg nie. Geen argumente sou tog iets kon verander aan die feit dat die saak “wetenskaplik” was nie.

In ons tyd van relativisme is dit glad nie meer die geval nie. Trouens, die agterdog waarmee alle wetenskapsaansprake deesdae bejeen word, is een van die belangrikste redes waarom ons vandag op die drumpel van ‘n sogenaamde post-moderne paradigma staan.

Nie te lank gelede nie, is daar nog geglo dat God deur die wetenskaplike vermoëns van die mens al hoe meer in Sy eie klein hoekie toegeverf sou word. Hy sou die “God of the gaps” word. God sou met ander woorde slegs ingeroep word om die al kleiner wordende terreine van onkunde vir die mens te kom vul.

As ‘n mens in ag neem vir hoe lank die rede die toneel oorheers het, dan het die val van die wetenskap eintlik baie skielik en skouspelagtig gekom. Die “gap” wat ons buite die wetenskappe om vir God wou oophou, is skielik weer omtrent so groot en wyd as die lewe self! Die hele lewe is een groot misterie en oral roep ons weer vir God om daardie ruimtes vir ons te kom vul.

Selfs die terrein van die wetenskap is dus ingetrek in die invloedsfeer van die oorheersende tydsgees van ons tyd, naamlik die relativisme.

IDEOLOGIE

Die verskynsel van die ideologie het veral sedert die Tweede Wêreldoorlog groot belangstelling gewek. Geen wonder nie! Die ideologie van Naziïsme in Adolf Hitler se Duitsland het immers die dood van miljoene veroorsaak. Nog baie miljoene het onder die mag van ideologieë groot vernedering en verdrukking gely. Maar wat is hierdie verskynsel wat reeds soveel skade aangerig het?

Daar is veral twee definisies van ‘n ideologie wat vir ons belangrik gaan wees, as ons uiteindelik in ons moderne lewe ‘n geloofwaardige plek vir die Christelike sending wil vind. Die belangrikste algemene kenmerk is egter die manier waarop die hele wêreld in twee kampe verdeel word. Almal wat binne-in jou kamp is, met ander woorde jou kulturele, godsdienstige, politieke ... vriende, word gereken as die alleenbesitters van die waarheid.

Page 16: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die implikasie van so ‘n siening, naamlik dat jy en jou mense in “jou kamp” die volle waarheid aan julle kant het, is natuurlik dat daar niks van die waarheid buite julle kamp kan bestaan nie. Buite julle kamp seevier die leuen. Daar is vir hulle net een plan. Hulle moet hulle dwaling besef en erken. Hulle moet hulle daarna bekeer tot jou sienswyse. As hulle dit nie wil doen nie, skuld hulle dit ten minste aan jou dat hulle jou sal respekteer en met rus sal laat. Anders moet hulle maar die gevolge dra!

Dit behoort reeds uit hierdie vroeë definisie van die ideologie te blyk hoe gevaarlik ‘n ideologie in ‘n tyd van globalisering kan wees. Waar ‘n ideologie in isolasie bestaan, kan ons dit nog veregelyk met ‘n gevaarlike leeu in ‘n hok. Al die potensiële aggressie word as’t ware geografies ingehok.

As ons die leeu-illustrasie nou egter verder kan voer, dan het globalisering meegebring dat ‘n groep mense die leeu omsingel het en die kring stadig maar seker nouer trek. Die leeu is nie langer in ‘n hok nie en voel al hoe meer bedreig. Daar kan uiteindelik net een gevolg wees. Die leeu gaan verdediging in aanval omskep en dit kan ‘n bloedige stryd afgee.

Een van die kenmerke van ‘n ideologie is volgens Klaus Nürnberger juis die feit dat dit soveel emosies wakker maak. In sy woorde : “Challenge and ideology and the demons begin to dance”!

FUNDAMENTALISME

Die begrip “fundamentalisme” het, soos ‘n mens uit die term kan aflei, iets te make met fondamente. Dit verwys veral, maar nie eksklusief nie, na godsdienstige gemeenskappe, wat nie noodwendig teen verandering en vernuwing gekant is nie. Hulle voorwaarde is net dat alle vernuwing gebaseer moet wees op die fondamente van hulle eie tradisie.

Die wekroep is daarom telkens : terug na die Bybel/die Q’uran/die Baghavat Gita/die party manifes/die belydenisskrifte ... Vernuwing is nie noodwendig verkeerd nie, maar dan moet ons eintlik sê : terug na die toekoms!

IDEALISME

Daar is nog een “uitweg” wat soms gekies word deur diegene wat weier om die nuwe relativistiese tydsgees te aanvaar, maar wat terselfdertyd nie vereenselwig wil word met die onverdraagsaamheid van die “lunatic fringe” nie. Die uitweg is om alle verantwoordelikhede vir die status quo te abdikeer en voor te gee dat jy jou met belangriker ewigheidswaardes besig hou.

Dit is veral godsdienstige groepe wat hulle by tye diep skuldig maak aan hierdie idealistiese ontvlugting. Hulle alibi vir onbetrokkenheid is altyd dat hulle besig is met iets belangriker. Ander mense moet maar altyd hulle hande vuilmaak om die status quo te

Page 17: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

vernuwe, ideologieë teen te staan, en die gevare van vervolging te trotseer. Terwyl hierdie mense met hulle koppe in die wolke rondloop, beteken hulle “op aarde niks”!

Hierdie houding van ontvlugting is al by geleentheid self ‘n ideologie genoem – die ideologie van stilswye. Deur te swyg as ‘n heersende ideologie jou medemens uitbuit en verdruk, word jyself stilswyend ‘n ondersteuner van die heersende ideologie. Dit help nie om dan soos so baie Duitsers na die Tweede Wêreldoorlog jouself te verontskuldig met ‘n : “Wir haben nicht gewusst” (ons het nie geweet) nie. Met jou stilswye toe jy moes gepraat het, het jy jouself reeds aandadig gemaak aan al die ideologiese wandade.

‘n Laaste baie belangrike vereiste as mense nie van idealistiese ontvlugting beskuldig wil word nie, is dat hulle hulle woorde sal bevestig met dade. In ons wêrelddorpie is daar ‘n ongeduld met mense en mensegroepe wat net praat en niks bydra tot ons almal se voorspoed nie. Die hongeres kan nie woorde eet nie, die huisloses kan hulle huise nie met woorde as boumateriaal bou nie, die verdruktes kan hulleself nie met baie woorde bevry nie.

GEVOLGTREKKING

As gevolg van globalisering en die oorheersende tydsgees van relativisme staan godsdienstige, kulturele, politieke en ander groeperinge van mense almal voor ‘n tweeledige uitdaging.

Eerstens, hoe behou ons ons unieke aard, ons identiteit, sonder om daarmee in ‘n relativistiese wêreld aanstoot te gee?

Tweedens, hoe lewer ons ‘n positiewe, praktiese bydrae tot die geheel van ons globale dorp?

HOOFSTUK 3SENDING IN DIE GEDRANG

INLEIDING

Globalisering en die algemene gees van relativisme waarna ons in die vorige twee hoofstukke verwys het, bring die Christelike sending voor ‘n krisis te staan. Trouens, talle stemme gaan nou al vir dekades op, wat vra dat alle sendingwerk gestaak word. Hierdie kritiese stemme is ook nie net afkomstig van mense buite die Christelike kerke nie. Inteendeel! Die skerpste kritiek kom juis vanuit kerklike kringe.

Sendingwerk is skynbaar nie meer iets wat gedoen moet word nie. Dit moet eerder bely word! Sendingwerk word gelykgestel met hooghartige veroordeling van andere se

Page 18: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

godsdienstige en kulturele erfenisse. Dit is daarom destruktief. Dit is inherent hooghartig en pretensieus. Dit dra die kiem van imperialistiese aggressie.

Die geskiedenis van die Christelike sending onderskryf ongelukkig grootliks die harde oordeel hierbo. Westerse kolonialisme en Christelike sending het in baie opsigte sinoniem geraak. Die een is so haatlik soos die ander. Hierdie tema is welbekend en was al die inspirasie agter menige Hollywood film.

Deur eenvoudig voort te gaan met die Christelike sending asof daar geen probleem is nie, is onverantwoordelik. ‘n Eenvoudige verwysing na Jesus se opdragte in Matt. 28:24 en Hande 1:8 : “Gaan na al die nasies ... die uithoeke van die wereld”, is nie genoeg nie. Die sending verkeer in ‘n krisis, en ons sal deeglik moet kyk na die inherente probleme.

DIE SENDING IS GEVAARLIK

In die vroeë 1980s het plakkate teen lamppale in Tübingen, Duitsland, die gesig van die pous vertoon. Agter hom het die Ajatollah Khomeni, revolusionêre Islamitiese leier in die destydse Iran gestaan. Net twee woorde, gevolg deur ‘n uitroepteken was op die plakkaat aangebring : “Ach Gott!!”

Gruwels, verrig in die naam van die een of ander god, is skynbaar so oud soos die mensdom self. Osama bin Laden was nie die ontdekker daavan nie. Hy het ook nie patentereg daarop nie. Hy is maar een in ‘n baie lang ry van massamoordenaars in die naam van ‘n god. Om die waarheid te sê, die Bybel self berig aan ons ‘n gruwelike volksmoord in die naam van die God van Israel (I Samuel 15:3)!

In die naam van ‘n god vlieg passasiersvliegtuie met selfmoord “sendelinge” aan boord in die Trade Center in New York vas. In die naam van nog ‘n god word wraak geneem met ‘n kruistog wat beoog om Irak met die aarde gelyk te maak. In die naam van ‘n god het Adolf Hitler ‘n Wereldoorlog ontketen. In die naam van ‘n ander god het apartheid mense in Suid-Afrika verneder en verdruk net omdat hulle nie wit was nie.

En na dit alles sug ons almal : “Ach Gott!”

‘n Mens sou so graag wou glo dat die Christelike sending darem van ‘n ander orde is as die haatlike ideologieë wat ons wêreldorde bedreig. Dit praat dan so mooi van liefde. Dit verkondig God, en die kruis van Jesus Christus. Hoe kan daar dan enige gevaar daarin opgesluit wees?

Laat ons egter vir ‘n oomblik terugtree en meer objektief probeer wees. Is dit wat ons van die Christelike sendingboodskap sê nie waar van elke ander godsdienstige en selfs sekulêre boodskap nie? Is die Islam dan nie ‘n boodskap oor Allah wat vol liefde en ontferming is nie? Is die boodskap van die sosialisme dan nie dat dit ‘n regverdige bedeling vir almal beoog nie? Is die boodskap van die kapitalisme dan nie dat dit

Page 19: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

welvaart beoog wat uiteindelik tot almal se voordeel, ook die van die armstes sal wees nie?

Tog het bogenoemde godsdienste en ideologieë in die geskiedenis, mooi bedoelinge en al, van die bloedigste oorloë ontketen! Godsdienstige en ideologiese magsgroepe is vandag nog verantwoordelik vir die grootste bedreigings van wêreldvrede, terwyl hulle hulle eie weergawe van wat wêreldvrede verg, bly verkondig!

Ons praat die hele tyd nog van godsdienste en ideologieë asof hulle twee onderskeibare bewegings verteenwoordig. Is dit alles so eenvoudig. Geleerdes het al herhaaldelik daarop gewys dat ideologieë pseudo-godsdienstige kenmerke vertoon. Godsdienste vertoon aan die ander kant weer ideologiese kenmerke.

DIE SENDING IS ONNODIG

Reeds in die 1960s het die Wêreldraad van Kerke versoek dat daar ‘n moratorium geplaas word op alle sendingwerk. Sendingwerk was nie net gevaarlik en uit voeling met ons tydsgees nie, dit was ook gewoonweg onnodig!

Die moderne kommunikasie tegnologie (voor sateliet TV, selfone en die internet!), was volgens die WRK voldoende om te verseker dat sendingwerk finaal gestaak kon word. Die sending sou voortaan vervang kon word deur die ekumene. Jesus het immers gebid vir sy dissipels, “dat hulle een sal wees, sodat die wêreld kan glo” (Joh. 17). Ons energie kan dus eerder bestee word aan die verbetering en bestendiging van ons onderlinge eenheid, eerder as om verder sendelinge na vreemde lande te stuur.

Sendelinge het in die moderne tyd ook telkens met verbasing gemerk dat gemeenskappe waar hulle die evangelie wou gaan verkondig, nie naastenby so oningelig was as wat hulle vooraf gedink het nie. Die mense het dikwels reeds kennis geneem van die Christendom. Hulle het dit klaar oorweeg en het hulle redes waarom hulle dit aanvaar of verwerp het.

DIE SENDING IS DUUR

‘n Beswaar teen die sending wat ons nie langer durf ignoreer nie, is dat dit duur kos. Die vraag is of dit wat bereik word die kostes regverdig. Die ou sentimentele uitsprake oor die waarde van ‘n “enkele siel vir Jesus gewen” beïndruk eenvoudig nie meer nie.

Die vraag wat ‘n gemeente altyd sal moet vra voordat daar oorweeg word om sendelinge na verre lande te stuur, is watter alternatiewe daar vir daardie selfde fondse was. Dit is soms skokkend om te sien hoe daar by die arm man by Lasarus se poorte verbygestap word omdat sendelinge in verre lande sogenaamd gehelp moet word om die “Woord te versprei”.

Page 20: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Terloops, laat ons die vraag oor kosteeffektiwiteit nie net beperk tot die sending nie, maar toepas op die Christelike kerk as sodanig. Die moderne mens sal in ons tyd met al meer dringendheid moet vra waar ons prioriteite lê. Hoeveel geld bestee ons aan die interne opbou van gemeentestrukture? En hoe regverdig ons daardie besteding in die lig van die nood rondom ons?

As mense in ons omgewing nie ‘n dak oor hulle koppe het nie, of brood op hulle tafels, of skoene en klere vir hulle kinders, waarom is dit dan nog vir ons ‘n prioriteit om sendelinge na verre lande te stuur? Hoor ons dan nie vir Jesus in Matt. 25:45 nie : “Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie”?

Die kerk en die sending is nie daar as doel in sigself nie. Dit moet God se liefde verteenwoordig by die mense wat dit die nodigste het.

DIE SENDING IS ARROGANT

Die TV-reeks “Southpark” is berug vir sy onbeskofte, vloekende TV- karaktertjies wat absoluut niks en niemand ontsien nie. In een van die episodes van Southpark kom Christen sendelinge by ‘n geïsoleerde stam. Hulle probeer die een karaktertjie oortuig dat hy sy “Christian name” moet leer ken, maar al wat die grootoog karatertjie uitkry is snaakse klapklanke.

Toe die karaktertjie vir die sendelinge beduie dat hy honger is, gee hulle hom ‘n Bybel. Hy steek dit in sy mond en probeer dit eet. Die sendelinge bring uiteindelik met hulle arrogansie en inmenging soveel ontwrigting dat die stam besluit om ‘n ruimteskip te bou sodat hulle van die sendelinge kan wegvlug. Die sendelinge bou egter hulle eie ruimteskip en sit die stam agterna!

Een van die lesse wat die studieveld van gemeenskapsontwikkeling ons geleer het, is dat jy nooit met ‘n “top-down” benadering in enige gemeenskap begin werk nie. Jy kan geen veranderinge inisieer nie. Jy kan hulle bloot fasiliteer. Dit beteken dat die vraag nie is wat jy besit wat die gemeenskap nie besit nie. Die vraag is veel eerder wat die behoeftes van die gemeenskap is, soos deur hulleself geidentifiseer.

Die buitestaander wat hoop om iets tot ‘n gemeenskap se ontwikkeling by te dra, mag nie self bepaal wat vir die gemeenskap goed is nie. Die buitestaander gee ook nie die pas van ontwikkeling aan nie. Met goeie fasilitering slaag die buitestaander eerder daarin om die gemeenskap hulle eie pas te laat bepaal, op pad na doelwitte wat hulle self identifiseer het.

As ons die Christelike sending van die verlede beoordeel aan die hand van die algemene benadering tot gemeenkapsontwikkeling, soos hierbo uiteengesit, dan plaas dit die sending in ‘n baie slegte lig. Daar is byvoorbeeld die verhaal van die sendeling wat die inwoners van ‘n sekere sendinggebied gevra het om al die vrugte wat hulle bymekaar kon

Page 21: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

maak na die markplein te bring. Hy en die ander sendelinge het toe op die vrugte gespring en dit in die grond ingetrap om aan te dui wat God van hulle kultuurerfenis dink!

DIE DOEL HEILIG DIE MIDDELE

Al die gevare vir die Christelike sending hierbo was ongelukkig nie bloot hipoteties nie. Die sending het alte dikwels inderdaad in hierdie slaggate getrap. Die een verskoning wat altyd aangevoer kon word, was dat die sendeling met hierdie foute en al, tog immers ‘n verkondiger van God was en nie van homself/haarself nie.

Die implikasie van so ‘n ontvlugting was dan dat alles wat goed was aan die sending aan God toegeskryf sou word, en alles wat sleg was aan die mens. Prestasies van die sending was vanweë die genade van God. Mislukkings was vanweë die sonde van die mens. So baie sendingfoute word geregverdig met ‘n verwysing na die hoë doel wat die sendelinge nagestreef het.

Die sendeling is besig met die verkondiging van die Woord van God. Die sending is verantwoordelik vir die redding van duisende “siele” wat verlore was. Die sendeling is besig met “ewigheidswerk” waarvan die waarde skaars bereken kan word. Daarom heilig die doel die middele.

Maar is die oplossing so eenvoudig? Is dit moontlik om jou in ‘n relativistiese, globale dorp te beroep op jou god ter regverdiging van jou dade? Is dit dan nie juis waar soveel van die werklike en potensiële konflik ontstaan nie?

In die volgende deel van hierdie hoofstuk gaan ons kyk na die houdbaarheid van hierdie tipiese verskonings ter regverdiging van sendingfoute.

DIE BYBEL AS WOORD VAN GOD

Die belydenis dat die Bybel “Woord van God” is, dien dikwels as verskoning vir al die feilbaarhede van die draer van daardie Woord. Dit is nie moeilik om “na binne” mekaar te troos met die aanspraak dat die Bybel “Woord van God” is nie. Maar kan so ‘n standpunt in ‘n relativistiese wereld ook “na buite” gehandhaar word?

Die Bybel is nie regtig een boek met God as outeur nie. So eenvoudig is dit nie. Die Bybel is eintlik ‘n biblioteek van ses-en-sestig boeke, oor ‘n periode van baie eeue geskryf deur verskillende outeurs aan verskillende lesers en in verskillende omstandighede.

Ons bely wel dat die skrywers in hulle eie tye en omstandighede geinspireer was om God se Woord aan hulle lesers te bring. Tog bely ons ook dat hierdie inspirasie organies van aard was en nie meganies nie. Dit beteken dat God nie aan die swakhede van die Bybelskrywers verbygegaan het toe Hy hulle geinspireer het nie.

Page 22: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

God het met ander woorde nie ‘n superras van sondelose mense geskep sodat hulle Sy Woord kan skryf nie. Hulle was doodgewone, sondige mense. Hulle was ook nie altyd so danig eensgesind soos ‘n mens dink nie. By geleentheid het Paulus byvoorbeeld vir Petrus (Sefas) in die openbaar ‘n huigelaar genoem (Galas. 2:14).

God het hierdie Bybelskrywers ook nie bo hulle tyd uitgelig sodat hulle uitsonderlike historici, letterkundiges, sielkundiges en kosmoloe geword het nie. Hulle was steeds kinders van hulle tyd. Vanselfsprekend so. Hoe sou dit byvoorbeeld vir die lesers van Psalm 8 geklink het as die skrywer daarvan moderne kosmologie of die kwatumfisika sou verkondig? Of as Paulus die moderne psigologiese verduidelikings oor gay seksualiteit aan sy lesers sou probeer verduidelik.

Daarmee word nie gese dat die wetenskaplikes van Bybelse tye dom was nie. Hulle het enige tyd dieselfde intellegensie gehad van wetenskaplikse vandag. Tog het baie van hulle uitsprake perfekte sin gemaak in hulle tyd, het dit mettertyd al hoe meer in onsin begin verander, bloot omdat die konteks begin verander het.

Die samestelling van die Bybel het vir enige buitestaander amper ‘n soort willekeurigheid gehad. Waarom is die ses-en-sestig boeke van die Bybel as kannoniek beskou terwyl soveel ander as apokrief beskou is en nie in die Bybel opgeneem is nie.

Moderne navorsers soos Timothy Freke en Peter Gandy is selfs uitgesproke in hulle veroordeling van vooroordele wat die samestellers van die Bybel sou gehad het. Die Bybelsamestellers wou naamlik, volgens hulle, sekere teologiee bevorder en ander verdruk, en het daarom onbeskaamd die opname van sekere boeke bepleit ten koste van andere.

Dit moet baie duidelik gestel word dat hierdie boekie nie probeer om te oordeel oor die korrektheid al dan nie van hierdie aansprake nie. Party teoloe sal dit selfs kort-af wil verwerp as ‘n poging om die uitgediende gnostiek van die vroee Christelike era te laat herleef.

Ons wil dus geen kommentaar lewer op die meriete van Freke en Gandy nie, maar bloot vra hoe die kerk en sending in ‘n tydsgees van algemene relativisme hierdie en talle ander radikale nuwe stemme gaan akkommodeer. Of is dit glad nie moontlik nie?

As ons aan die kerk as ‘n geisoleerde groep mense kon dink, was dit baie makliker om “die geledere te sluit”. Die Kerk kon in so ‘n situasie bloot die soms skreiende teenstrydighede in die Bybel afmaak as dinge wat gebeur het onder die “leiding van die Heilige Gees”.

In ‘n relativistiese wereld is meer rasionele antwoorde as dit nodig! Dit is immers vir enige objektiewe waarnemer opvallend hoe dikwels die “Heilige Gees” in die verlede mense gelei het om hulle eie diepste, sondigste wense te bevredig!

Page 23: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

DIE BYBELBOODSKAP

As die samestelling van die Bybel, met die meegaande skynbare willekeurighede in die proses, die Bybel in die relativisties tydsgees betrek, hoeveel te meer die boodskap wat die kerk (en die sendeling) verkondig?! Hierdie boodskap is naamlik die resultaat van tientalle baie subjektiewe prosesse. Elke leser van die Bybel is bevooroordeeld!

Eerstens gaan die leser iemand wees wat die bril van ‘n eie denominasie gaan opsit. Die denominasie (Anglikaan, Katoliek, Metodis, Gereformeerd) self is die resultaat van eeue se tradisie. Wanneer die leser die Bybel oopslaan, is die fondamente van daardie denominasionele tradisie reeds gegooi.

Tweedens gaan die leser iemand wees wat in ‘n sekere kultuur grootgeword het. Daardie kultuurgroep dra in die opvoeding van kinders reeds sekere waardes oor, waarvan nie maklik afgewyk sal word nie.

Derdens behoort elke leser ook tot ‘n sosiale klas. Die leser is vooraanstaande, geleerd en welgesteld, of arm, ongereken en on- of semigeletterd. Hierdie verskille is nie maar toevallig nie, maar het ‘n diepgaan invloed op die lees en verstaan van die Bybel.

Vierdens is daar die politieke vooroordele wat dikwels ‘n groter rol speel by mense se interpretasie van die Bybel as wat hulle wil voorgee. Die politiek oorheers letterlik elke deel van ons lewe. Dit is daarom ‘n praktiese daaglikse werklikheid, wat vanselfsprekend ons interpretasie van die Bybel sal beinvloed.

Vyfdens is daar persoonlike geloof wat letterlik jou unieke persoonlikheid weerspieel in die lees van die Bybel. William Cantwell-Smith bepleit daarom ‘n onderskeiding tussen wat hy noem “kumulatiewe tradisie” en “persoonlike geloof”.

DIE KENBAARHEID VAN GOD

‘n Baie ou legende vertel die verhaal van ‘n heilige wat die woestyn ingegaan het om God te ontmoet. Toe hy uiteindelik uit die woestyn terugkeer, het sy gesig, vanwee sy ontmoeting met God, gestraal. Die mense het onmiddellik begin om vir hom oor sy ervaring uit te vra, maar hy was geheimsinnig.

Uiteindelik het die heilige, uit pure radeloosheid, vir die mense ‘n formule gegee. Die mense het die formule geneem, ‘n geloof gestig, die geloof begin versprei, onverdraagsaam geraak teenoor almal wat anders as hulle geglo het. “And the saint was sad”!

Inderdaad. Godsdiens kan ons van mekaar en God self vervreem. Godsdiens wat meer word as om ons te verwys na die “woestyn” is ‘n gevaarlike saak! God is en bly ‘n misterie. Hy/Sy is nie so eenvoudig vas te vang in enige formule nie. God is altyd veel,

Page 24: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

veel groter, selfs as die somtotaal van ons denke oor Hom/Haar. (Vir die res van hierdie boekie gaan ons, bloot om praktiese redes, na God op die tradisionele Christelike manier verwys as manlik, “Hy”.)

Maar wat dan van God se openbaring aan ons? Veral die openbaring aan ons deur Jesus Christus het vir baie Christene die debat beeindig. Nou ken ons God presies. Ons weet Hy is, hoe Hy dink en hoe Hy optree.

Die vraag wat ons dalk saam met die verwysing na Sy openbaring moet vra, is in welke mate God homself ook steeds verberg. Aan Moses “openbaar” God homself in ‘n brandende braambos. Of, is dit dalk akkurater om te se dat God homself aan Moses “verberg” in ‘n brandende braambos?! God is immers veel meer as ‘n brandende braambos!!

Eweneens moet bely ons dat God homself aan die profete openbaar het in visioene. Sommige van die visioene was weliswaar indrukwekkend. Tog moet ons weer vra of God homself in die visioene “openbaar” het, of is dit akkurater om te se dat Hy homself in die visioene van die profete “verberg” het?

Die Christelike geloof twyfel nie vir ‘n oomblik dat die absolute, finale openbaring van God in sy Seun, Jesus Christus, plaasgevind het nie. Ook hier kom die Christengelowige tog voor die vraag of hierdie “openbaring” van God nie ook maar ‘n “verberging” van God is nie?

As die openbaring van God so duidelik was soos dikwels bely, hoe is dit dan moontlik dat Jesus nou al vir die moderne mens tientalle persoonlikhede aangeneem het. Dr. Johan Cilliers vra in een van sy preekbundels die vraag : “Sal die regte Jesus opstaan asseblief”. Wie is Hy? Die terroris? Vryheidsvegter? Is hy swart? Of wit?

As God dan van plan was om in sy besoek aan ons wêreld Homself so te openbaar dat alle teenspraak meteens sou verdwyn, dan wonder ‘n mens maar net waarom Hy nie gewag het tot in ons tyd nie. Waarom verskyn Jesus in ‘n tyd voor die era van kameras en televisieligte en ondersoekende, kritiese joernalistiek?

Die gebod lui dat ons nie vir ons ‘n afbeelding van God mag maak nie. Is dit nie presies wat die mens nog maar altyd met Jesus gemaak het nie. Hy word alles vir almal. Ons skape Jesus na ons beeld en behoefte en stel hom in ons diens. Ons raak selfs ongelowig en opstandig as hy nie na ons pype dans nie.

Alle navorsing oor die historiese Jesus bevind telkens dat hy iewers in die dik lae watte van die gemeenteteologiee toegedraai is; soveel so, dat die hele verhaal van die historiese Jesus deur sekere teoloe as ‘n blote mite verwerp word. Jesus is vir hulle niks meer as ‘n metafoor van Goddelike liefde nie. God is vanweë hierdie Jesusgelyke “openbaring” eintlik ‘n groter misterie as ooit. Ons ontmoet God daarom steeds nie deur ‘n formule nie, maar deur na die woestyn te gaan.

Page 25: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die volle Evangelie van Jesus het, volgens hierdie teoloë, al eeue voor die aansprake oor ‘n historiese Jesus in die sogenaamde heidengodsdienste bestaan. Dionisus, Osiris Bacchus was in eeue lank voor die historiese “Jesus” reeds gode wat mens geword het op die vyf-en-twintigste Desember, twaalf dissipels om hom vergader het, water by ‘n bruilof in wyn verander het, aan ‘n kruis gesterf en weer na drie opgestaan het, en weer sal kom om diegene wat aan hom behoort te kom haal.

Weereens wil ons beklemtoon dat ons in hierdie boekie nie te kenne gee dat bogenoemde baie of min meriete het nie. Die vraag is eerder hoeveel ruimte ons in die kerk en in ons sending kan laat vir hierdie soort sienings. Is hierdie teoloë by voorbaat vir ons ketters wat nie verduur behoort te word nie, of verwelkom ons hulle in ‘n relativistiese wêreld by die groot gesprekke van ons wêrelddorpie?

HOOFSTUK 4BOUMATERIALE VIR ‘N SENDINGMODEL

INLEIDING

In hierdie hoofstuk versamel ons al die boumateriale vir die oprigting van ‘n sendingmodel in ‘n relativistiese samelewing. Eerstens wil ons die resultate van die vorige drie hoofstukke hieronder saamvat.

Daarna wil ons kortliks stilstaan by enkele sendingmodelle uit die Bybel en uit die na-Bybelse kerkgeskiedenis. Ons hoop om dan uit hierdie vorige sendingmodelle, die goeie te neem en as verdere “boumateriaal” by te voeg.

In die laaste deel van hierdie hoofstuk, hoop ons om ook laaste noodsaaklike voorwaardes wat in ag geneem moet word vir ‘n moderne sendingmodel, by te voeg.

Na hierdie versameling van al die nodige boumateriale, hoop ons om in die laaste hoofstuk hieruit ‘n sendingmodel aan te beveel. Die vorige drie hoofstukke het veral die volgende resultate gelewer :

- Die sendingmodel sal moet voldoen aan die behoeftes van ‘n baie wye verskeidenheid van kulture, godsdienste en sosiale groeperinge wat almal teen ‘n versnellende tempo in ‘n globale dorp interafhanklik raak.

- Die sendingmodel sal voorts rekening moet hou met die relativistiese tydsgees wat oor die meerderheid inwoners van ons wêrelddorpie vaardig geraak het.

- Die sendingmodel sal ook terdeë bewus moet bly van die baie prominente onverdraagsame periferie, bestaande uit groeperinge wat soms selfs nie vir die ergste vorme van terreur terugdeins nie, solank hulle eng, eksklusivistiese ideologiese oogmerke bevorder kan word.

Page 26: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

- Die sendingmodel sal nie bloot idealisties kan ontvlug in woorde “van ewigheidswaarde” nie. Dan sou ons “op aarde niks beteken nie”. Die dade wat spruit uit die geloof wat ons bely, sal ‘n wesenlike, positiewe verskil moet maak aan die mense in ons wêrelddorpie.

- Die sendingmodel sal ook bewus moet wees van die baie groot verskeidenheid van standpunte in sy eie midde. Die sendingboodskap is nie een, klinkklare formule, in goud gegiet nie, maar bestaan uit ‘n baie wye verskeidenheid van teologieë wat deur verskillende denominasies, kulture, klasse en persoonlike oortuigings beïnvloed word.

SENDINGMODELLE UIT DIE BYBEL EN KERKGESKIEDENIS

Die volgende is geensins ‘n dieptebespreking van die sendingmodelle van die verlede nie. Die vraag is slegs watter relevante inligting ons uit die volgende kursoriese oorsig kan leer, voordat ons begin om ‘n eietydse sendingmodel aan te beveel.

Die eerste Bybelse ”sendingmodel” kan skaars in die ware sin van die woord so genoem word. Niemand word daarvolgens gestuur nie. Die bedoeling is eerder dat die nasionale lewe van die volk van God, Israel, so voorbeeldig moet wees, dat dit getuig van God se genadige en almagtige teenwoordigheid in hulle midde. Die heidennasies moes deur hierdie voorbeeld oorreed word om hulle by God se volk te kom aansluit.

Soms word beweer dat Jona die een uitsondering was op die reël van die sogenaamde sentripetale (middelpuntsoekende) sendingmodel van die Ou Testament. Dit is egter slegs moontlik om se te redeneer indien ‘n mens die historisiteit van Jona ernstig sou neem.

Narvorsing dui egter eerder daarop dat die verhaal van Jona ‘n Joodse midrasj was, dit wil sê ‘n verhaal sonder enige aansprake op historiese korrektheid, maar met ‘n onderliggende boodskap, amper soos die gelykenisse van Jesus. Die boodskap van die verhaal van Jona sou dan ‘n poging verteenwoordig om die Jode uit ‘n gees van eksklusivisme te ruk. Dit wil selfsugtige Jode wys dat God selfs die God van hulle grootste vyande (Ninivé) wil wees.

Na Jesus se hemelvaart verander die sentripetale sendingbeleid van die Ou Testament in ‘n sentrifugale beleid. Baie simplisties gestel, was die benadering nou nie meer om die heidennasies na jou toe te laat kom nie, maar om self die inisiatief te neem en na hulle toe te gaan.

Die sentrifugale sending het in die sendinggeskiedenis, na die Bybelse tye, al hoe meer verskraal tot die aktiwiteite van enkelinge. Hierdie enkelinge het getuig van ‘n spesiale sendingroeping wat hulle van God ontvang het, en wat hulle laat gaan het na verre “heidenlande” om die Evangelie daar te gaan verkondig.

Die sentrifugale sending het ongelukkig ook die moontlikheid geskep dat diegene aan die “tuisfront”, dit wil sê in die gemeentes, min of meer passiewe ondersteuners van die

Page 27: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

sending geword het. Hulle was nou “sendinggesindes”, of “sendingvriende”. Almal was nie eens dit nie. Daar was in baie gevalle self teenstand teen die sending

Met die opkoms van die ekumeniese bewegings in die twintigste eeu, het die klem weer geleidelik begin terugskuif na ‘n soort sentripetale sending – met ‘n verskil. Die ontnugtering oor die teenstrydighede tussen Wêreldoorloë, geinisieer en gevoer tussen Christene tuis, enersyds, en die Evangelie van liefde wat sendeling wil uitdra, andersyds, het ‘n nuwe benadering genoodsaak.

Die boodskap van die ekumene was duidelik. As ons een is in die ekuemene, dit wil sê die gesamentlike gesprekke van Christelike denominasies wêreldwyd, dan sal ons weer ‘n geloofwaardige getuienis kan lewer na buite. Die ekumene het dus elke gelowige in die gemeentes weer in die hoofstroomsending teruggeplaas. Dit was elkeen se verantwoordelikheid om die geloof te help bevorder.

ELKEEN ‘N SENDELING

Die grootste les uit hierdie kursoriese oorsig van historiese sendingmodelle, is dat ons nie kan toelaat dat die sending in ons tyd weer die stokperdjie van ‘n minderheid word nie. Om ‘n ou uitdrukking van ons studentedae weer op te haal : “Jy is of sendeling, of jy is sendingveld”!

Die kerk is nie ‘n passasiersbus op pad na die hemel nie. Dit is ‘n pergrimstog. Ons stap almal saam en stry saam om ons doel te bereik. Die beeld van Openbaring 12 is hier ter sake. Die vrou, die kerk, is hier in die woestyn. Dit is ‘n plek van swaarkry, maar ook van versorging deur God.

Miskien lyk die bewering dat elke gelowige in die gemeente ‘n sendeling is na mooi teorie wat met die werklikheid min in gemeen het. Wat van die pas-gedoopte babatjies? Wat van die bejaardes in ouetehuise? Wat van die groot persentasie meelopers, wie se name wel op die gemeenteboeke staan, maar wat selde ‘n kerkdiens bywoon, gewoonlik vir okkasies soos ‘n doop, ‘n troue of ‘n begrafnis?

Inderdaad is hulle almal sendelinge! Party laat ons dalk dink aan die lagwekkende Jona wat al God se opdragte na die beste van sy vermoë teenstaan en saboteer, maar wat tog ‘n hele stad tot bekering laat kom! Ons is soms sendelinge, nie as gevolg van wat ons doen nie, maar ten spyte van wat ons doen. Maar laat ons meer prakties wees oor die groepe wat ons hierbo noem.

Babatjies wat gedoop word, is nie te jonk om sendelinge genoem te word nie, want hulle verkondig die genade van God soms duideliker as enige volwassene. Hulle kon nog niks (goed of kwaad) verdien nie. Tog ontvang hulle die teken van God se genade. Jesus waarsku protesterende volwassenes om soos hierdie kindertjies te word. Hy laat selfs by geleentheid ‘n kindjie vir volwassenes preek, bloot deur hom/haar te roep om daar tussen hulle te kom staan (Matt. ...)!

Page 28: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die bejaardes het nie nodig om kerkdienste by te woon as die ouderdom hulle in hulle huise of in ‘n ouetehuis of hospitaal of siekeboeg vaskluister nie. Hulle is sendelinge wat alleen in staat is om deur hulle lewens te illustreer wat God in hierdie fase van hulle lewe vir hulle beteken.

En die kerkloses dan? Hulle is nie noodwendig gewillige sendelinge nie, maar sonder dat hulle dit dalk self wil weet, is hulle sendelinge. Hulle word naamlik deel van die totale getuienis van hulle wat bely dat hulle glo in Jesus Christus as hulle verlosser. Sommige van hulle is kerklos vanweë frustrasies met ‘n plaaslike gemeente of, tragies genoeg, plaaslike persoonlikhede met wie hulle bots.

Ander kerkloses vind hulle in botsing met die rigting wat deur hulle denominasie ingeslaan word. Nog ander is sommer teen alle georganiseerde godsdiens gekant, maar bely tog dat hulle in hul privaatlewe glo in Jesus as verlosser.

Om hierdie of enige ander, dikwels miskende groeperinge sonder meer te verketter en vervreem, is nie gewens nie. God het al in die verlede sy volk geskok met die wyse waarop Hy randfigure, buitestaanders en selfs vyande van die volk, gebruik het om sy volk te laat bekeer tot ‘n nuwe weg. Waarom sou Hy dit nie in ons eie tyd kon doen nie?

Die kerk sal in ‘n relativistiese wêreld dus maar stadig moet wees met die banvloek!

‘N PERSOONLIKE GELOOFSKEUSE

Een van die belangrikste vereistes van die volwasse sendelinge in ‘n Christelike gemeente, is ‘n persoonlike geloofskeuse. Dit mag klink asof hierdie stelling strydig is met amper alles wat tot dusver gesê is. Tog is dit nie die geval nie.

Die vraag is nie of jy in ‘n relativistiese tyd in iets glo nie. Jy het trouens daarin geen keuse nie. Ook ‘n soort “vrugteslaai geloof” in die naam van New Age, of wat ook al, is nie die antwoord nie. Trouens hierdie manteldraaiery en aanpassing by alles en almal het gewoonlik die teenoorgestelde resultaat as dit wat die voorstaanders daarvan skynbaar wil bereik. Waar die bedoeling is om almal te akkommodeer, is die gevolg eerder dat jy met hierdie benadering almal antagoniseer!

‘n Persoonlike geloofsoortuiging is ‘n vereiste. Ons is nie eens altyd bewus van die mate waarin geloof ‘n werklikheid is wat ons hele lewe oorheers nie. Ons glo dat daar onsigbare virusse is wat ons lewens bedreig. Ons het hulle nog nooit self gesien nie, maar ons geloof op grond van dit wat andere vir my sê, is sterk genoeg om ons tot aksie aan te spoor. Daarom tref ons mediese voorsorg. Dit is geloof.

Op die godsdienstige terrein toegepas, sal ons dalk ontken dat daar ‘n God is wat alles geskape het en onderhou. Op die vraag hoe alles dan ontstaan het, antwoord ons dat dit toeval was. Of ons dan daarvan hou of nie, sal ons maar moet aanvaar dat daardie

Page 29: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

“toeval” ‘n geloofsuitspraak geword het. Toeval het alles geskape, en “Toeval” is die naam van my god waarin ek verkies om my geloof te stel.

Inderdaad, geloof vorm ‘n onafwendbare deel van elke mens se lewe.

Die vraag is dus nie regtig of ek glo nie, maar wel hoe ek glo. Dit is eerder watter soort openheid ons handhaaf ten opsigte van die noodsaaklike geloofskeuse wat ons gemaak het. Is ons bereid om gekorrigeer te word in ons geloof? Of is ons so rigied in ons geloofskeuses dat ‘n uitdaging daarvan die demone laat dans (om Klaus Nürnberger se definiëring van die ideologie weer op te haal)? Indien wel, is die vraag waar die ononderhandelbare waarhede vir ons begin.

So belangrik is hierdie openheid teenoor die Christensendeling se gespreksgenoot, dat die term “dialoog” die afgelope ongeveer 50 jaar in die sendingwetenskap as alternatief vir die woord “sending” aanbeveel word. Sending dra, in hierdie beskouing, net te veel van die historiese bagasie van arrogansie, westerse imperialisme en minagting van nie-Christelike kulture en godsdienste.

“Dialoog”, aan die ander kant, getuig van nederigheid en ‘n gewilligheid om te gee sowel as om te ontvang. Die ontmoeting tussen Christen en nie-Christen word dan tweerigting-verkeer in plaas van blote eenrigtingverkeer. Die sendeling moet bereid wees om te leer uit die ontmoeting tussen Petrus en Cornelius, in Handelinge ... .

In hierdie verhaal van Petrus en Cornelius, kan ons Petrus sien as verteenwoordiger van die kerk en sending, en vir Cornelius as verteenwoordiger van die nie-gelowige wêreld. Tog openbaar God homself aan beide van hulle en die uiteinde van hulle ontmoeting, is die bekering van Cornelius en sy huisgesin, maar ook van Petrus en, primêr as gevolg van sy getuienis, die hele kerk (vgl. Handelinge 15)!

ORTOPRAKSIE

‘n Laaste voorwaarde vir die aanbeveling van ‘n sendingmodel vir ons tyd, is dat die sendeling altyd bereid moet wees om die daad by die woord te voeg. Hierdie saak is reeds in die inleiding tot die huidige hoofstuk aangeraak. Tog is dit nodig om ‘n bietjie daarop uit te brei.

In ‘n vorige era het die kerk buitengewone klem gelê op korrekte denke (ortodoksie) by die lidmate. Deesdae word ewe veel klem gelê, of selfs meer, op korrekte dade (ortopraksie). Dit is natuurlik alles behalwe ‘n nuwe tendens. Jakobus waarsku immers al dat (geloofs)woorde sonder dade dood is.

Die gevaar van ‘n sinlose herhaling van leë woorde, is dat dit later aan hierdie “ortodokses” ‘n alibi vir onbetrokkenheid verleen. Solank hulle die regte goed sê, hoef hulle nie ook die regte goed te doen nie. Dit is soveel temeer die geval as hulle hul kan beroep op die onkwantifiseerbare “ewigheidswaarde” wat hulle ortodokse woorde inhou.

Page 30: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

DIE WIEL VAN ONTWIKKELING

Gemeenskapsontwikkeling bied ons ‘n goeie vertrekpunt vir die implementering van al die verskillende vereistes vir ‘n gemeentelike sendingmodel wat ons in hierdie hoofstuk genoem het. Die aanvaarde formule, gebaseer op die filosofie van ‘n katolieke priester, Fr. Paolo Freire, kan geïllustreer word deur ‘n wiel.

Om die ontwikkelingswiel aan die rol te kry, moet daar eers deeglike beplanning plaasvind. Die deeglike beplanning moet gevolg word deur aksie. Die aksie moet gevolg word deur refleksie, of evaluering, van die aksie. Daarna, en gegrond op die voorgaande evaluering volg die volgende fase van beplanning en sodoende word die ontwikkelingswiel aan die rol gehou.

Een van die belangrikste vereistes vir die rol van die ontwikkelingswiel, is dat die inisieerders van die ontwikkeling nie met ‘n vooropgestelde idee by die gemeenskap sal opdaag nie. Die benadering mag onder geen omstandighede “top-down” wees nie. Die inisieerders vervul eerder die rol van fasiliteerders – in-staat-stellers.

Die doel van die fasiliteerder is om die mense te help sodat hulle hulle eie diepste behoeftes kan verwoord. Die geheim van sukses is deelname. Niemand mag uitgesluit word van enige fase van die rollende wiel van gemeenskapsontwikkeling nie. Die gemeenskap moet gesamentlik beplan, gesamentlike aksies loots en gesamentlike evaluering doen van die aksies wat hulle uitgevoer het

In die laaste hoofstuk sal ons poog om die filosofie van gemeenskapsontwikkeling toe te pas op die Christelike sending. Kan dit ons help om ‘n gemeentelike sendingmodel wat die meeste van die voorwaardes wat ons in hierdie hoofstuk beklemtoon het, te inkorporeer?

HOOFSTUK 5‘N GEMEENTELIKE SENDINGMODEL

INLEIDING

In hierdie laaste hoofstuk begin ons met dit wat ons aan die einde van hoofstuk vier as vereistes gestel het. Die model moet prakties van aard wees, asook inklusief. Niemand wat aan die gemeente behoort moet uitgesluit word by die gemeentelike sendingmodel nie.

Ons gaan dus deurgaans baie prakties wees in ons benadering.

Page 31: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

DIE AGENDA VAN DIE WêRELD

Die beeld wat sommige gemeentes onbedoeld oordra, is die van ‘n mompelende, outistiese mens. Ons praat met onsself, in plaas van met die wêreld om ons. Ons formuleer ons eie vrae en “amen” en “halleluja” daarna oor ons slim antwoorde op ons eie vrae.

Die belangrikste vrae vandag is nie afkomstig uit die gemeente self nie. Die vrae kom uit ons globale dorp, meestal van buite die grense van ons gemeente. Die belangrikste vraag wat ons vir onsself moet beantwoord is daarom nie wat ons van onsself dink nie, maar wel wat die wêreld daarbuite van ons dink. Ons moet vertoonvensters van God se genade in die wêreld, en in belang van die wêreld, wees.

Hoe gaan ons te werk? Hoe vind ons die relevante vrae daarbuite, wat ons aandag verg?

Laat ons hierin prakties wees. Min of meer teen September van elke jaar begin gemeentes beplan vir die kerkprogram van die volgende jaar. Dit is die beplanningfase van die rollende wiel van gemeenskapsontwikkeling. Kerkraadskommissies en die besture van gemeentelike verenigings kan hierdie tyd benut om voelers uit te steek na andere in die omgewing.

Die doel sal wees om ‘n agenda vir die volgende jaar se gemeenteaktiwiteite te begin saamstel. Met “agenda” word hier bedoel, die maatskaplike brandpunte vir die volgende jaar. Sommige agendapunte sal korttermyn beplanning verg; ander langtermyn.

Hierdie agenda word nou nie meer in isolasie opgestel nie. Daar word doelbewus geskakel met alle belangegroepe uit die omgewing – die munisipaliteit, die ekumeniese kerkstrukture, ander godsdienstige groeperinge (Moeslims, Boeddhiste, Jode, Afrika godsdienste ...) en nie-regeringsorganisasies (NRO’s).

In sommige gevalle sal gemeentes dalk voel om ook politieke partye by die gesprekke te betrek, maar dit het sy vanselfsprekende slaggate. ‘n Mens wil juis vermy dat ‘n gewone gemeenskapsgerigte agenda verpolitiseer word. Indien ‘n gemeente wel hierdie weg opgaan, moet baie seker gemaak word, dat geen plaaslike politieke party uitgesluit word nie.

Die agenda wat so, met deelname deur alle belangegroepe saamgestel word, sal verhinder dat die gemeente uitrangeer word om eenkant, in ‘n eie hoekie ‘n bestaan te vind. Hierdie agenda word hierna in die beplanning van ‘n gemeenteprogram vir die volgende jaar ingewerk. Maandtemas kan byvoorbeeld uitgewerk word, om die hele gemeente te help fokus op die relevante aksie wat moet volg.

Nie net die prediking moet afgestem wees op bevordering van die gemeenskapsprogramme nie. Die kerkverenigings kan ook hulle aandag op dieselfde temas vestig. Ook Bybelstudies en bidure op wyksvlak kan die gemeente sensitief maak vir die uitdagings van die spesifieke program wat beplan word.

Page 32: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Hieronder volg ‘n paar denkbeeldige agendapunte en die gemeenskapsprojekte wat daaruit voortspruit.

1. Die plaaslike en provinsiale owerhede loods in Maartmaand ‘n werkskeppingsprojek in samewerking met die dorp se werkloosheidsforum. Daar is ‘n groot behoefte aan kundigheid vir die bestuur van die projek, veral in die eerste fase daarvan. Daar is ook ‘n behoefte aan vrywilliges wat hulle dienste gratis kan kom aanbied, net totdat die projek selfstandig funksioneer en aan die projek ‘n langtermyn lewensvatbaarheid begin verleen.

2. Die Moeslims gaan tydens Ramadan ‘n groot veldtog loods om straatkinders te begin versorg. Hulle beoog sopkombuise, gekombineer met kursusse in algemene lewensvaardighede. Hulle sal dit verwelkom as mense as vrywillige kokke, skeppers en skoonmakers hulle dienste kom aanbied.

3. Ons gemeente het dit ons oogmerk gemaak om in Junie die grootskaalse besoedeling van die natuur onder die Bloudam te gaan opklaar. Ons het reeds die samewerking van die plaaslike munisipaliteit, die Moeslims en die Joodse gemeenskap vir die projek verkry. Ongeveer ‘n honderd vrywilligers sal vir hierdie projek benodig word, asook ses bakkies wat kan help met die wegry van die rommel.

4. Die NRO genaamd “Read and Write” loods in September geletterdheidsprogramme vir plaaslike ongeletterdes. Hulle vra vir skenkings van ou boeke vir die inrigting van ‘n eie bibiotekie. Hulle bied ook in Oktober opleiding aan voornemende onderwysers wat bereid is om vrywillig twee ure per week aan klasse af te staan.

PREDIKING AS TEOLOGIESE REFLEKSIE

Nadat die agenda beplan is, begin die ontwikkelingswiel rol. Elke aksie wat op die jaarprogram geplaas is, word voorafgegaan deur deeglike teologiese refleksie na binne en na buite. Die sleutel tot sukses is hier die deelname van so veel as moontlik mense in die gemeente, en ook daarbuite.

Prediking verkry ‘n besonderde relevansie wanneer dit gerig is op die geidentifiseerde agendapunte van die “wêreld”. Dit poog om vas te stel watter unieke bydrae die Christelike gemeente tot die oplossing van die spesifieke probleme kan lewer.

Daar moet in die prediking gewaak word teen ‘n “Ik heb gezegd” houding. Die vraag is of gemeentes nie maar moet ontslae raak van “so spreek die Here” kanselkleedjies nie. Die prediker is nie geroep tot hemelse proklamasies en die gemeente tot verwonderde stilswye nie.

Page 33: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die prediking moet daarop gerig wees om elke individuele lidmaat saam te laat praat. Dit moet ‘n lewendige debat oor die teksgedeelte en die toepassingsmoontlikhede daarvan in die praktyk ontketen.

Die intensiteit van die debat behoort eintlik die norm te wees vir ‘n suksesvolle preek, en nie ‘n vervelige eenstemmigheid nie. Na die preek moet die gemeente gons – rondom die etenstafel, in die werkplek en – as dit die dag ‘n briljante preek was, binne-in die rugbyskrum!

‘n Verdere oogmerk van die prediking moet natuurlik wees om die lidmate te motiveer om hulleself diensbaar te stel vir die voorgenome aksies. Om ‘n verskil te maak as gemeente, sal opofferings verg – geldelik, maar ook in terme van tyd en energie. Daarom moet die gemeente die doel van die aksie verstaan deur dit in die lig van die Bybel te beoordeel.

INTERGODSDIENSTIGE REFLEKSIE

Na die deeglike teologiese refleksie na binne, wend die gemeente die aandag na buite. Alle godsdiensteige groepe word genooi na ‘n geleentheid vir inter-godsdienstige refleksie. Ook ander groepe wat hulleself nie as godsdiensgroepe wil definieer nie, maar wat tog ‘n geleentheid wil he om aan die gesprek deel te neem, kan genooi word.

Elke groep kry by hierdie byeenkoms die geleentheid om hulle deelname aan die voorgenome gemeenskapsaksie te motiveer, met verwysing na hulle heilige geskrifte of hulle algemene filosofiese vertrekpunte.

Hierdie benadering sal interessante ooreenkomste en verskille aan die lig bring. Daar mag verrassende ooreenkomste wees, wat lei tot wedersydse respek en begrip vir mekaar se heilige geskrifte (Bybel, Q’uran, Baghavat Gita ...). Die byeenkoms mag ook groot verskille aan die lig bring. Juis die feit dat dit gedoen word in ‘n ontspanne situasie van gesamentlike beplanning, ontlont enige konflikpotensiaal, en moedig juis verdere gesprekvoering aan.

Hierdie tipe inter-godsdienstige byeenkomste skep dus eintlik ‘n wen-wen situasie vir al die deelnemers. Dit skep geleenthede om mekaar as medemense te leer ken en respekteer. Dit toon ook ooreenkomste en verskille tussen die groepe aan en leer almal om in ons globale dorp akkommoderend en verdraagsaam teenoor mekaar te wees.

IMPLEMENTERING VAN PROGRAMME

Nadat die beplanningsfase voltooi is, word oorgegaan tot die volgende fase in die wiel van gemeenskapsontwikkeling – aksie. Net soos die beplanningsfase gepoog het om so inklusief moontlik te werk te gaan, word ook in die implementering daarna gestrewe om die aksie skouer aan skouer aan te pak.

Page 34: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die bedoeling is nie om op kunsmatige wyse mense by gesamentlike aksies in te dwing as dit nie voorafgegaan is deur ooreenkomste tussen hulle nie. Dit sou nogtans bevorderlik wees vir die oogmerk van wedersydse respek en samewerking as afsonderlike aksies bloot vir kennisname in die beplanningstadium bekendgemaak word.

Juis die feit dat daar skouer aan skouer met mense van ander gelowe saamgewerk word, skep nuwe gespreksgeleenthede wat verreikende gevolge kan he. Agter die opskeplepels en die pannekoektafels, tussen die volgemaakte vullissakke, in die lokaal waar die geletterdheidskursus aangebied word, ontmoet mense mekaar in die eerste plek as mense. So groei daar wedersydse respek en selfs vriendskappe.

Die gesamentlike aksies ontwapan ook die kritici wat godsdiens wil reduseer tot idealistiese ontvlugting. Daar word prakties geillustreer dat geloof sonder die werke inderdaad dood is.

GEMEENTELIKE EN INTER-GODSDIENSTIGE EVALUERING

Net soos die teoretiese beplanningfase vergesel was van teologiese refleksie na binne en na buite, moet ook die evaluering van die geimplementeerde planne vergesel word van ‘n gemeentelike en inter-godsdienstige refleksie.

Die waarde van die evalueringsfase moet beslis nie onderskat en daarom afgeskeep word nie. Die beste leermeester in die ontwikkelingsproses is die identifisering van die goeie, sowel as die slegte elemente van die aksie self. Waar het ons groot sukses behaal? Waar was daar ruimte vir verbetering? Waar sal ons moet teruggaan tekenbord toe omdat ons geensins ons doel bereik het nie?

Die evaluering sal verkieslik eers gemeentelik en daarna inter-godsdienstig gedoen word. Dit gee aan die verskillende godsdienstige tradisies die geleentheid om hulle onderskeie evaluerings behoorlik te fundeer in hulle eie heilige geskrifte en tradisies.

Wanneer hulle dan aan die gesamentlike evaluering deelneem, sal daar waarskynlik meer teologiese pitkos wees. Dit sal verhinder dat die hele ontwikkelingsaksie later die onderlinge teologiese ooreenkomste en verskille begin ignoreer. Die hele proses word dan te veel gefokus op gewone materiele oorwegings en dit saboteer een van die belangrikste doelstellings daarvan.

GEVOLGTREKKINGS

Ons het in hierdie boekie nooit afgewyk van die begrip “sending” nie. Dit ten spyte van die feit dat daar nou al sedert die sestigerjare gevra word dat die uitgediende begrip “sending” geskrap word, en vervang word met die begrip “dialoog”.

Page 35: CHRISTEN SENDELING IN ‘N RELATIVISTIESE WêRELDgnm.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/18/2014…  · Web viewJesus het immers in Matt. 28 vir sy dissipels beveel om die

Die groot argument agter hierdie oproep tot die skrapping van die begrip sending is die historiese konnotasie daaraan verbonde. Sending het vir die moderne mens ‘n aanstoot geword. Die konnotasie is die van minagting van vreemde kulture en godsdienste en aggressiewe imperialisme

“Dialoog”, daarenteen, verteenwoordig respek vir nie-Christelike godsdienste en tradisies. Hulle aanhangers word gereken as gelyke gespreksgenote van die Christen sendelinge. Die gesprek word nie eensydig oorheers deur die sendelinge nie, maar word ‘n gelyke ruil van perspektiewe en menings.

As die tweede term, “dialoog”, so opsigtelik beter geskik is vir die wereld en tydsgees van vandag, waarom sal ons dan nog vasklou aan die term “sending”? Die antwoord le vir ons ‘n herdefiniering van ‘n term wat te veel emosionele en sentimentele waarde vir Christengelowiges inhou, dat ons dit sonder meer sou vervang.

Hierdie herdefiniëring is hopelik duidelik uit die voorgestelde sendingmodel in hierdie slothoofstuk. Ons sending is daar nie soseer ‘n sending om te bekeer nie, maar ‘n sending om te ontmoet.

Beteken sodanige definiëring van die sending dan dat alle bekering taboe is? Is daar ‘n verbod op iemand wat as gevolg van die inter-godsdienstige gesprekke een godsdiensoortuiging wil verruil vir ‘n ander een? Natuurlik nie! Trouens, die deelnemers van alle godsdienstige oortuigings moet tog vanselfsprekend reken met die lewende God in hulle midde hulle kan verras, soos Hy Petrus en Cornelius verras het in hulle ontmoeting met mekaar.

Daar sal diegene wees wat hierdie soort benadering beskou as verraad teenoor die Evangelie. Vir diegene moet ons vra of dit dan al ooit die bedoeling was dat sendelinge meer sou wees as blote getuies? Ons getuig. God oortuig.

Miskien is die nuwe benadering minder as in die verlede gerig op ‘n geskarrel vir dominansie, op slinkse strategieë, op ‘n kompetisie en ‘n “stryd om die hart en gees” van die ander kant. Tog skep dit dalk meer getuienisgeleenthede as ooit tevore. Die belangrikste nog, is dat hierdie getuienisgeleentheid geskep word in ‘n klimaat van wedersydse respek en aanvaarding.

Die ontmoeting word nou ook veel meer as ‘n “tref-en-trap” geleentheid. Die getuienisse van mense bring hulle bymekaar en skep die geleentheid vir langtermyn vriendskappe en samewerking. Ons beweeg almal uit ons geisoleerde kokonne en stel onsself aan mekaar voor as kinders van ‘n God wat groter is as wat ons ooit kon bedink. Daarna laat ons dit in sy bekwame hande om ons te kom verras met resultate wat ons moontlik in ons wildste drome nie kon voorsien nie.