boodskap van die hoof inhou - gereed vir alles...die anker op die skild simboliseer kragtige...

20
Bladsy 1. Boodskap van die Hoof 2 2. Prosedure vir inskrywing 2 3. Geskiedenis van die skool 3 Ontstaan Skoolwapen Skoolvlag Skoollied Drie geslagte Bellvilliete Legendes van weleer 4. Akademie 8 Vakke en ekstra vakke Sielkundige hulpdiens 5. Buitemuurse aktiwiteite 10 Sport 6. AANSOEK OM TOELATING (UITHAALBYLAE) Toelatingsvorm Vakkeuses 7. Buitemuurse aktiwiteite 11 Sport Kultuur, Verenigings en Klubs Ander 8. Erkenning aan leerders 15 9. So werk ons skool 16 Dissiplinêre stelsel Voogdestelsel Skoolbywoning Graad 8-oriëntering Ouerbetrokkenheid Voorgeskrewe kleredrag Leweransiers Klerebank Hand- en skryfboeke Leerderleiers 10. Finansies 20 Onderriggeld Merietebeurse Graad 9 - 12 (Afslag op Skoolfonds) Inhoudsopgawe

Upload: others

Post on 08-Feb-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Bladsy

1. Boodskap van die Hoof 2

2. Prosedure vir inskrywing 2

3. Geskiedenis van die skool 3

Ontstaan

Skoolwapen

Skoolvlag

Skoollied

Drie geslagte Bellvilliete

Legendes van weleer

4. Akademie 8

Vakke en ekstra vakke

Sielkundige hulpdiens

5. Buitemuurse aktiwiteite 10

Sport

6. AANSOEK OM TOELATING (UITHAALBYLAE)

Toelatingsvorm

Vakkeuses

7. Buitemuurse aktiwiteite 11

Sport

Kultuur, Verenigings en Klubs

Ander

8. Erkenning aan leerders 15

9. So werk ons skool 16

Dissiplinêre stelsel

Voogdestelsel

Skoolbywoning

Graad 8-oriëntering

Ouerbetrokkenheid

Voorgeskrewe kleredrag

Leweransiers

Klerebank

Hand- en skryfboeke

Leerderleiers

10. Finansies 20

Onderriggeld

Merietebeurse

Graad 9 - 12 (Afslag op Skoolfonds)

Inhoudsopgawe

Die Hoërskool Bellville is 'n waardegedrewe tradisieryke skool, waar elkeen se droom bewaarheid kan word.

Hierdie Afrikaansmedium skool met sy trotse geskiedenis van amper 80 jaar is daarop gerig om rigtingwysers

vir jou pad vorentoe vas te Iê. Rigtingwysers uit die verlede, hede en vir die toekoms.

1. ONS GROOT VERLEDE

Op 25 Januarie 1937 word die Hoërskool Bellville met 32 leerders en 2 personeellede geopen. Met hierdie

Stigtingsdag is 'n trotse tradisie geskep waarin elke leerder se droom waar kan word. Dit is een van die weinige

skole met 'n ongelooflike geskiedenis van DRIE skoolgeboue gedurende sy bestaan. Hier sal jy verseker jou

droom kan uitleef en volg in die voetspore van legendes soos Dawie de Villiers, Gene Louw, Hennie Joubert en

Marianne Kriel om maar 'n paar oudleerders te noem.

2. KRAG IN DIE HEDE

Dit is die skool se visie om elke leerder te begelei om sy volle potensiaal te ontwikkel. Ons wil graag 'n

gelukkige, goedvoorbereide en toegeruste jong volwassene die toekoms instuur. Daarom Iê ons groot klem op

WAARDES, DISSIPLINE EN AKADEMIE wat ondersteun word deur 'n hoogsopgeleide onderwyskorps. 'n

Gelukkige kind is egter 'n betrokke kind. Om hierdie rede sorg ons vir die beste geleenthede en geriewe op elke

moontlike gebied: sport, kultuur en akademie.

3. DIE TOEKOMS

Tradisieryke skole soos die Hoërskool Bellville sal altyd die toekoms met vertroue aanpak omdat sy fondamente

van WAARDES, DISSIPLlNE, TROTS EN UITSTAANDE AKADEMIESE PRESTASIE reeds vasgelê is. Daarom

is dit maklik om 'n leerder voor te berei vir die tegnologiese wêreld daarbuite. Talle oudleerders se prestasies

op nagraadse vlak is die rede waarom die Hoërskool Bellville as een van die topskole deur die Universiteit van

Stellenbosch bestempel word. Ons is oortuig daarvan dat ons in die jare wat voorlê sal kan saamwerk om u

kind se toekoms te beplan deur hulle voor te berei vir die volwasse lewe.

Aan elke potensiële GRAAD-8 Bellvilliet wil ek graag die volgende boodskap gee:

• Moenie dat mense met jou "KOP smokkel" wanneer dit by jou toekoms kom nie.

• Die Hoërskool Bellville is ‘n tradisieryke, waardegedrewe en veilige Afrikaansmedium Hoërskool.

• By hierdie Hoërskool kan jy "OOPKOP" akademies presteer.

• Dit het sport- en kultuurgeriewe wat KOP en SKOUERS bo ander uittroon.

• As jy regtig "KOP" wat aangaan, sal jy weet die Hoërskool Bellville is die plek vir jou.

• Kontak ons vandag nog en vind uit hoe jy met 'n "KORTKOP" voor die ander kan wegspring.

Ons hoop dat jy 'n lang, tradisieryke en gelukkige verbintenis met die skool sal hê.

Bellville-groete

SKOOLHOOF

Deon du PlessisBoo

dska

p va

n d

ie h

oof

[2]

Jou ouers kan vanaf 1 Februarie 2016 vir 2017 begin inskryf en vir ‘n onderhoud reël. Doen so aansoek om jou plek te verseker:1. Die volgende dokumente moet saam met jou aansoek ingehandig word: 1.1 Aansoekvorm. (Middel van Prospektus) 1.2 'n Vakkeusevorm. Graad 8's het verpligte vakke, maar moet 'n keuse maak tussen

Engels Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal, asook Skeppende Kuns of Musiek. Frans en Kuns kan as ekstra vak aangebied word.

1.3 'n Afskrif van jou geboortesertifikaat. (Verpligtend) 1.4 Graad 6-rapport. (Verpligtend) – As u reeds vroeg aansoek gedoen het, moet u die

graad 7-Aprilrapport na die tyd aan die skool stuur. 1.5 Bewys van fisiese woonadres. (Munisipale/telefoonrekening) 2. Na die inhandiging van die aansoekvorm moet 'n afspraak gemaak word by die skoolhoof

waar jy en jou ouer(s) teenwoordig moet wees. Skakel mev. Bets Mong by 021 948 1801

om 'n afspraak te reël.3. Belangrike datums: 2 Maart 2016: Ope-aand 11 Maart 2016: Sluitingsdatum vir eerste aansoeke 30 Mei 2016: Sluitingsdatum vir laataansoeke

Geskieden

is van die skool

[3]

ONTSTAAN

In die dertigerjare was Bellville 'n klein plattelandse gemeenskap met onder andere 'n melkplaas. Reeds in 1935 het 'n afvaardiging van die Bellville Belastingbetalersvereniging die (Kaapse) Skoolraad genader en aan hulle uitgewys dat daar 'n baie dringende behoefte is aan 'n sekondêre skool vir die leerlinge wat in die Bellville-streek woon. Die Skoolraad het hierdie versoek ondersteun en dit by die Onderwysdepartement aanbeveel. Die Superintendent-Generaal van Onderwys was aanvanklik nie tevrede dat daar 'n goeie saak uitgemaak is nie en het die versoek van die hand gewys. 'n Gesamentlike afvaardiging van die belastingbetalersvereniging en die skoolkomitee van die Laerskool Bellville, het hulle saak persoonlik aan die S.G.O. gaan voorlê. Hardkoppig het die afvaardiging by die S.G.O. aangedring dat die sekondêre skool tot stand moet kom sodra geskikte akkommodasie gevind kan word, maar nie later nie as die begin van 1938.

Uiteindelik in November 1936 het die Departement die totstandkoming van die sekondêre skool te Bellville vanaf die begin van 1937 goedgekeur. Mnr. C.J. Grové, die eerste skoolhoof, skryf onder andere in sy eerste jaarverslag van 12 Desember 1940, soos volg: “Met groot haas en sonder enige kans tot deeglike voorbereiding, is die sekondêre skool op 25 Januarie 1937 in die teenwoordigheid van 'n 40-tal ouers en belangstellendes en met 32 leerlinge in st. 7 deur mnr. Charlie Hofmeyr, vise-voorsitter van die Kaap, geopen in die saal van die ou magistraatshof regoor die polisiekantoor en vlak teen die hoofweg met sy drukke verkeer en geweldige lawaai. Die personeel het destyds bestaan uit die hoof en een assistent (mej. L. Celliers).”

Die plaaslike dorpsbestuur het die terrein langs Voortrekkerweg afgestaan in ruil vir 'n geskikte stuk grond. Gedurende Augustus 1938 is eindelik begin met die bou van 'n skool. Op die westelike grens is 350 bome teen sewe sjielings aangeplant om 'n heining te vorm. Op die eerste dag van 1940 word die nuwe skoolgebou betrek met 155 leerlinge en 8 onderwysers.

Vir die Afrikaanse betrekking is 102 aansoeke ontvang en mnr. D.H. Cilliers is aangestel en het in Januarie 1941 diens aanvaar. In dieselfde jaar het hy die skoollied verwerk en getoonset. Teen 1943 staan die inskrywings alreeds op 286 leerlinge en 14 onderwysers. Die nuwe aanbouings is gedurende Maart 1943 deur dr. Bennie Hewitt van die Kaapse Skoolraad ingewy.

Gedurende 1951 word tien klaskamers aangebou. Dit sluit nog 'n musiekkamer, 'n metaalwerkkamer, 'n houtwerkkamer en 'n biologielaboratorium in. Vanaf 1954 word naaldwerk ook aangebied. Gedurende 1960 word kleedkamers op die sportterrein gebou en in 1964 word nog drie erwe met huise daarop teen die Ou Paarlpad aangekoop om die sportterrein te vergroot.

Die skool is sedert Januarie 1969 'n Afrikaansmedium hoërskool. Dit beteken dus dat met die uitsondering van Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal, alle vakke in Afrikaans onderrig word.

Uiteindelik, nadat daar in 1968 vir die eerste keer die versoek gerig is vir die verskuiwing van die skool, word dit in 1992 'n werklikheid. Op 24 September 1992 spit mnr. Willie Barnard, die voorsitter van die Bestuursliggaam, die eerste sooi vir die bou van die nuwe skoolgebou.

Om die geskiedkundige gebeure te vier, stap die hele skool elke 5 jaar op stigtersdag, 25 Januarie, van die vorige skoolgebou in Voortrekkerweg tot by die huidige skoolgebou. Daar word dan op tasbare wyse hulde gebring aan die 40 ouers, 32 leerders en 2 personeellede wat in Januarie 1937 die Hoërskool Bellville geopen het.

Die skool was onder die volgende hoofde se leiding:

Mnr. C.J. Grové Januarie 1937 tot Maart 1949

Mnr. R. Coetzee April 1949 tot Desember 1970

Mnr. D.L. van den Berg Januarie 1971 tot Desember 1973

Mnr. G.F.P. Kellerman Januarie 1974 tot Junie 1983

Mnr. C.E. van Staden Oktober 1983 tot September 1985

Mnr. A.C. Lombard Januarie 1986 tot September 1996

Mnr. J.P. Crous Januarie 1997 tot September 2010

Mnr. G.J.J. du Plessis Sedert Januarie 2011

DIE SKOOLWAPEN

"Kort na die stigting van die skool in Januarie 1937 is daar gevoel dat alle middels aangewend moet word om so gou moontlik 'n eenheids- en samehorigheidsgevoel by die leerders te kweek, en derhalwe is 'n kompetisie uitgeskryf om vir die skool 'n wapen te ontwerp. Byna al die leerders het vlytig meegedoen en verskeie prysenswaardige pogings is ontvang. Die ontwerp van 'n st. 7-leerder, André Coetzee, is as die geskikste beoordeel en dit het met 'n paar klein veranderinge die wapen van die skool geword."

Die Latynse slagspreuk "Paratus ad Omnia", wat beteken dat die leerders van hierdie skool altyd vir alle gebeurlikhede gereed is, is as leuse gekies.

Deur die jare is verdere veranderinge aan die wapen gedoen voordat, met die hulp van die Staatsheraldikus, die finale ontwerp goedgekeur en geregistreer is in 1994. (Sien voorbeeld op omslag)

Die anker op die skild simboliseer kragtige standvastigheid, maar ook die goeie hoop wat gekoester word vir die heilsame en nuttige invloed wat van die skool moet uitgaan.

Die vlam het 'n tweeledige doel: Dit is eerstens die lig van kennis, waardes en norme wat die leerders op skool moet ontvang. Tweedens is dit die beskawende en verfynde gees wat van die leerders moet uitgaan nadat hulle die skool verlaat het om hulle regmatige plekke in die samelewing met verantwoordelikheid te vul.

Die triquetra is 'n opvoedkundige simbool, wat die drieledige verhouding tussen leerder, onderwyser en ouer simboliseer. (Sien binneblad)

SKOOLVLAG

Die eerste skoolvaandel was volgens die Jaarbladfoto's alreeds in 1942 of selfs vroeër in gebruik en het bestaan uit die skoolwapen wat sentraal op 'n vlootblou vaandel aangebring is.

Daar is tans 'n hele paar leerders in Hoërskool

Bellville wat die derde geslag van 'n familie is wat

Hoërskool Bellville bywoon. Vervolgens van die

leerders, hul ouer(s) en grootouer(s).

Vlnr: Sune Veldsman – 2009 - 2013, Jana Veldsman – 2009 - 2013, Mari Veldsman - 2006 - 2010,

Nolita van der Vyver – 1978 - 1982, Maria Magdelena le Roux – 1951

Voor: Irma du Plessis (nee Kilpert) – 1941

Agter: Andries du Plessis – 1941, Thilda Smink (nee Du Plessis) – 1968 - 1972,

André Smink – 2007 - 2011

Vlnr: Maretha Terblanche (nee Van Zyl) – 1954 - 1957, Maret Scott (nee Terblanche) – 1984 - 1988,

Evert Scott (graad 12) – 2016

Drie geslagte B

ellvillieteDit is nie duidelik wanneer die skoolvlag sy ontstaan gehad het nie. Die vlootblou vlag het 'n breë geel horisontale baan in die middel gehad, waarop die skoolwapen sentraal geplaas is.

Met die verandering van die skoolwapen en ook die verskuiwing na die nuwe skool is daar besluit dat die tyd ryp is om ook weer na die ontwerp van die vlag te kyk om dit by meer moderne standaarde aan te pas.

Die ontwerp van mnr. Anton Hendriks is aanvaar. Dit bestaan uit 'n vlootblou agtergrond met 'n diagonale maroen band daarop. Aan weerskante van dié band is daar 'n smaller goue band. Die vlag is amptelik op 26 Augustus 1994 in gebruik geneem.

Skoolli

ed

Waar Tafelberg sy skadu's werp van kruine groots en skerp,

Aan Kaapse Vlak se noordergrens – die vrug van hartewens –

pryk stewig soos 'n vaste rots ons Alma Mater trots,

Waar opgelei word in Sy krag die jeug vir nageslag.

Koor: Die Bellville Hoërskool wil trag

Met woord en daad en in gedrag

By werk en spel van dag tot dag

Sy plig te doen met 'n vrolik' lag,

Sy plig te doen met al sy mag.

Die skoollied is reeds in 1937 verwerk en

getoonset deur mnr D.H. Cilliers.

[4]

40 jaar in die gange van

die Hoërskool Bellville!Lindi Anker, hoofleier (dogters) vir 2014, haar pa, Pine Anker

(Onderwyser 1986 - tans), ouma Esmé van Vuuren (nee

Fourie 1953 - 1957) en oupa Pierre van Vuuren (1951 – 1955)

het oor drie geslagte heen reeds 40 jaar in die gange van die

Hoërskool Bellville deurgebring.

Oupa Pierre het vanaf 1953 – 1955 vir die skool vleuel

gespeel. Ouma Esmé was in die skool se hokkie- en

atletiekspanne. Lindi se ouer suster, Esmé-Mari (2003 -

2007) en broer Pienaar (2006 - 2010), was ook albei in die

Hoërskool Bellville.

[5]

Die Hoërskool Bellville het 'n ryke tradisie van leerders wat op sport, akademiese, kulturele en politieke terrein presteer het.

HENNIE JOUBERT: 1939 - 1943

Een van die Hoërskool Bellville se bekendste oudskoliere is op 31 Oktober gehuldig deurdat die musiek-

departement na hom vernoem is. Professor Joubert was nie net 'n oudskolier nie, maar hy het ook in 1951

onderwys by sy alma mater gegee. Hy was tot met sy heengaan in 1986 hoof van Unisa se Musiekeksamens. Hy

matrikuleer aan die Hoërskool Bellville in 1943 en gee ook onderwys hier in 1951. Vanaf 1967 tot 1986 was hy

Direkteur van die Unisa Musiekeksamens. Hy ontvang ‘n ereprofessoraat van Unisa in 1983. In 1986 word ‘n

Eredoktersgraad vanaf die Universiteit van Port Elizabeth aan hom toegeken. Hy is bekend as ‘n komponis van

bekende koor-, orrel- en klavierwerke. Hy tree ook op as pianis en begeleier van bekende sangers soos

Mimi Coertze, Emma Renzi, Gé Korsten, Monsarat Caballe en Nicolai Gedda.

GENE LOUW: 1945 - 1948

PRESTASIES Ek kan met trots sê dat ek vir Bellvile se eerstespan rugby gespeel het en aan die halfmyl by die

Ko-Ed deelgeneem het.

Vanaf 1979 tot 1989 was ek Administrateur van die Kaapprovinsie en vanaf 1989 tot Maart 1994 was ek lid

van die kabinet.

HERINNERINGE Pappa Grové was die skoolhoof – die onbetwisbare Baas van die Skool! Wanneer hy in die

gang afgestap het, kon ons van ver, die ysterhakies onder sy skoene, in die gang hoor afkom. 'n Doodse stilte,

dissipline was die wagwoord!

Pappa se oudste seun was ‘n klasmaat, wat goed presteer het en net so dan en wan in ‘n toets gefouteer het. Die

voordeel hiervan was dat wanneer klasmaats kantoor toe moes gaan vir ‘n pak slae die onderwyser nooit die moed gehad het om Pappa

se seun voor hom te tugtig nie. Vir ons ander was dit ‘n salige verlossing. Dankie vir die pak slae wat my gespaar is.

Vir my was dit 'n hartseerboodskap toe verneem is dat, na my tyd natuurlik, hierdie geliefde ou skoolgebou prysgegee moes word om na

die nuwe Hoërskool Bellville te verkas. Die sentiment was te groot, te opreg! Ek was bevoorreg om die "ou" Hoërskool Bellville te besoek

en 'n boodskap oor te dra, nie sonder 'n traan in die oog nie. Ewe-eens was ek bevoorreg om die nuwe Hoërskool Bellville met sy

inwyding en daarna te besoek – met 'n glimlag op die gesig!

Groot was my vreugde toe ek sien hoe die "nuwe" skool floreer. My siening is geheel en al gewysig – die oorwoë besef dat dit die beste

besluit was, 'n groter skool, meer geriewe, 'n beter verskeidenheid van vakaanbiedinge, 'n ware sierraad!

Ek trek al my vorige bedenkinge terug. Die beste besluit ooit! Lank lewe nuwe Hoërskool Bellville.

Paratus ad Omnia

[6]

DAWID JACOBUS (DAWIE) DE VILLIERS: 1954 - 1958

• Op 10 Julie 1940 in Burgersdorp gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding aan die Hoërskool Bellville en studeer

daarna aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy ´n BA, BA-Hon en BTh verwerf – en later ook ´n D. Phil

in Filosofie. Hy dien in die Studenteraad in 1962-63 en ontvang in 1963 die Abe Bailey-reisbeurs. In 1964 tree

hy in die huwelik met Suzaan Mangold, wat Primaria van Harmonie was en in 1960-61 lid van die

Studenteraad.

• In 1967 word hy predikant van die Moedergemeente van die NG Kerk, Wellington. In 1969 aanvaar hy ´n pos

as dosent in Wysbegeerte aan die Randse Afrikaanse Universiteit waar hy ook ´n MA verwerf. In 1972 word hy

verkies as Parlementslid vir die kiesafdeling Johannesburg-Wes. In 1978 word hy Suid-Afrika se Ambassadeur in

die Verenigde Koninkryk. In 1980 word hy aangestel as Minister van Handel, Nywerheid en Toerisme. Hy word in 1981

verkies as die LP vir die kiesafdeling Piketberg wat hy vir 13 jaar – tot 1994 – in die Parlement verteenwoordig. In die tydperk waarin hy

'n kabinetspos beklee het, is verskeie portefeuljes aan hom opgedra, onder andere Handel, Nywerheid en Toerisme; Mineraal- en

Energiesake; Administrasie- en Privatisering en Openbare Ondernemings.

• As leier van die Nasionale Party se onderhandelingspan by Kempton Park, was hy deurlopend direk betrokke by die onderhandelinge

wat tot ´n nuwe grondwet en die oorgang na volle demokrasie in Suid-Afrika gelei het.

• Ná die verkiesing van 1994 word hy Minister van Omgewingsake en Toerisme in die Kabinet van die Regering van Nasionale Eenheid,

onder die Voorsitterskap van President Mandela.

• In 1997 word hy verkies as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se Spesialiteitsorganisasie vir Toerisme, UNWTO

(United Nations World Tourism Organisation) en verhuis na Madrid, Spanje, waar die hoofkantoor gesetel is. Na twee termyne, in dié

hoedanigheid, en byna 9 jaar in die buiteland, keer hy en Suzaan in 2006 terug na Suid-Afrika en na Stellenbosch, waar hulle nou woon.

Hy is nog steeds verantwoordelik vir ´n aantal VN-projekte en is ook voorsitter van die Wêreldkomitee vir Etiek in Toerisme.

• As sportman het hy Suid-Afrika van 1962 tot 1970 in rugby verteenwoordig – 22 keer as kaptein. Hy was ook onderskeidelik kaptein

van die Provinsiale spanne van die WP, Boland en Transvaal; Suid-Afrika se Sportman van die jaar in 1968 en 1970; ontvang die

Staatspresident se toekenning vir Sport in 1969 en 1970. Hy glo in die waarde van fiksheid en het na sy uittrede uit rugby, baie

marathons, asook verskeie Twee-Oseane en 'n Comrades voltooi.

HERINNERINGE Die Höerskool Bellville is vanjaar 79 jaar oud. Oor meer as 7 dekades het die skool 'n trotse tradisie opgebou.

Duisende leerders is daar gevorm, geslyp en toegerus om die geleenthede en uitdagings wat op hul gewag het, te kon hanteer. Die kern

van die skool is nie die geboue en sportvelde nie – hoe belangrik dit ook al mag wees – maar die onderwysers. As ek terugkyk oor die 5

jaar wat ek daar op skool was, besef ek watter geweldige invloed onderwysers op my lewe gehad het – sommige natuurlik meer as

ander.

Dissipline was streng en jy moes by die reëls hou, of daar is moeilikheid. Die meerderheid van ons onderwysers het hul vakke met

toewyding en passie aangebied. Hulle was goeie leermeesters wat ook belanggestel het in die sukses van hul leerders. Hulle het van

hul eie tyd afgestaan om sport af te rig, en dikwels spanne vergesel wat op Saterdae iewers teen 'n ander skool moes kragte meet.

Naas onderwysers is die interaksie met jou medeleerders ook 'n belangrike faktor in jou vormingsjare. Ek het goeie maats gehad. Ons

het saam baie pret gemaak, mekaar bygestaan en ondersteun. Van daardie vriendskappe het tot vandag behoue gebly. Naas die

leerwerk was daar ook die speelwerk. Ek het met entoesiasme aan rugby, krieket en atletiek deelgeneem. Ek het in die o.13- rugbyspan

begin in 1954, toe ek in standerd 6 was. Onder die bekwame hand van mnr. Amie Gonin ('n uitstekende wiskunde onderwyser) het my

spel progressief ontwikkel. In my laaste twee skooljare (st. 9 en 10) was ek in die eerstespan (o.19A) as kaptein. Daarmee is die

grondslag gelê vir die sukses wat ek later op die rugbyveld behaal het. Die laaste bydrae wat die Höerskool Bellville tot my lewe gemaak

het, en waarskynlik die grootste en belangrikste van almal, was die ontmoeting met Suzaan Mangold, wat vanaf 1956 'n leerling van die

skool geword het. Suzaan was 'n sterk persoonlikheid en baie gewild. In haar matriekjaar was sy hoofmeisie van die skool. Ons paaie

het daar gekruis en nooit weer geskei nie.

MARIANNE KRIEL: 1985 - 1989

Ek was in die Hoërskool Bellville van 1985 - 1989 en dit was wonderlike jare. Ek hou baie van die feit dat

Bellville gebalanseerd is: Sport, Akademie en Kultuur is belangrik en die skool verteenwoordig ook mense van

verskillende agtergronde, ekonomiese omstandighede en familiesituasies. Dit help om 'n mens minder

bevooroordeeld te maak en dit is een van die beste lesse wat 'n skool jou kan leer.

PRESTASIES • SA (Springbok)–kleure in swem, tweekamp en lewensredding • Houer van SA-Swemtitels en

SA- en Afrika-swemrekords • WP- netbal, swem, atletiek, tweekamp, lewensredding • A-gemiddeld elke jaar,

insluitend in graad 12-eindeksamen.

My beste oomblikke was altyd die groot atletiekbyeenkomste, die lekker wintersportdae en die lekker

skoolatmosfeer. Die Hoërskool Bellville was definitief 'n hoogtepunttyd in my lewe en ek sal vir altyd trots bly op my

Alma Mater!

[7]

JAN ELLIS: 1986 -1990

PRESTASIES Ek was vanaf 1986 tot 1990 'n leerder by die Hoërskool Bellville. Ek het erekleure in Drama verwerf

en matriek met 'n onderskeiding geslaag. Wat Bellville so spesiaal maak, is dat ek ook vir die o.19A-rugbyspan

kon speel en 'n Ko-Ed-dirigent kon wees. Na skool het ek met die hulp van mnr. Herman van der Westhuizen 'n

toneelstuk geskryf wat leerders in plaaslike toneelfeeste, Eisteddfods en in België opgevoer het.

HERINNERINGE Ons was een van die laaste generasies in die ou skoolgebou in Voortrekkerweg. Hoogtepunte

elke jaar was dramatoere na Montagu en Fraserburg toneelfeeste.

Rugby, rugby, rugby en krieket. Ek is nou nog suur dat ons interskole teen DF Malan verloor het. Die Eerstespan

Rugbytoer na Johannesburg was onvergeetlik. Ons het ongelukkig in al drie toerwedstryde ons alies gesien, maar

die moeilikheid maak tussendeur was veel belangriker.

Ek het gereeld weggekom met lang hare by haarinspeksie, want dit was vir “'n rol”. Ek was ook bevoorreg gewees om in dieselfde tyd in

die skool te wees as 'n hele gros superatlete – Marianne Kriel was die jaar voor my en Elmarie Gerritz was in my klas. Ek bewonder

verskeie van die onderwysers vir die feit dat hulle ons nie vermoor het nie – ons was 'n moeilike en aktiewe klomp. Ons skoolhoof,

Adri Lombard, se missie was om 'n kultuur van “styl” by almal te kweek. Dit was 'n baie goeie ding. Ek onthou ons het baie by hom

geleer en al die moleste waarmee ons weggekom het. Ai, as hulle maar geweet het!

BENITA VAN ZYL: 1979 - 1983

Ons het in Kuilsrivier gewoon en derhalwe was ek in Laerskool Mikro. Die Hoërskool Bellville was die skool waar ek

geglo het ek sal al my drome en ideale op sport- en akademiese gebied in die hoërskool kan bereik. Gevolglik

was die keuse vir die hoërskool baie maklik. Die enigste probleem was dat ek moes pendel en lang ure weg van

die huis af sou wees. Die opoffering was egter beslis die moeite werd!

’n Normale�skooldag�het�soos�volg�daar uitgesien:�Ek�vertrek�06:50�met�'n�geleentheid�uit�Kuilsrivier. Vanaf�kwart�oor�twee�in�die�middag�tot�half�vier�het�ek�vinnig�verklee�en�in�’n�klaskamer�op�my�eie�gesit�en�huiswerk�doen. Ons�atletiekoefening�by�die�skool�het�dan�van�halfvier�tot�vyfuur�geduur. Hierna�het�ek�Bellville�Atletiekklub�toe�gestap�(±�2�km)�om�daar�te�gaan�hekkies�oefen. Hier�het�my�pa�my�dan�ongeveer�halfag�in�die�aande�kom�haal�en�kon�ek�vir�die�eerste�keer�huis�toe�gaan.�Soms�na�’n�atletiekbyeenkoms�op�Woensdae,�in�Groenpunt,�kon�ek�eers�halfelf�in�die�aand�vir�die�eerste�keer�huis�toe�gaan. In�graad 8�het�ek�reeds�die�WP�o.16�vyfkamp-rekord�gehou.

Netbal was my groot liefde en die Hoërskool Bellville was dié plek waar ek dit kon uitleef. In st. 7 (graad 9) het ek 1e span netbal

gespeel asook WP-Skole o.19B. In graad 10 tot 12 het ek in die WP o.19 A-span gespeel. As WP-span het ons op Vrydae by die

destydse JJ du Preez in Parow geoefen. Ek moes vanaf HS Bellville na die stasie stap en trein ry tot by JJ du Preez-stasie en dan onder

deur die duikweg stap tot by die skool. Nadat ons klaar geoefen het, moes ek weer dieselfde roete in die aand terug volg tot by Bellville-

stasie. Hier het ek van ’n telefoonhokkie my pa gebel om my te kom haal – moes soms maar redelik benoud staan en wag. Die harde

werk was beslis die moeite werd, want in graad 9 het ek reeds erekleure vir atletiek en netbal verwerf. In graad 12 is ek ook gekies vir

die SA-Skole Netbalspan, as onderkaptein. Ek is ook vereer in my matriekjaar met die hoogste toekenning wat die Hoërskool Bellville op

daardie stadium aan enige uitsonderlike prestasie, hetsy akademie, sport of kultuur, gegee het.

Benewens sport was ek deel van ons skoolkoerant se redaksie en ook leerderraad in graad 11 en 12 waar ek reeds op 'n vroeë

ouderdom my leierseienskappe kon begin ontwikkel.

As gevolg van die afstand en koste daaraan verbonde, was sosiale skakeling nie hoog op my agenda nie. Ek kon dus al my energie aan

my sport en akademie wy.

Die Hoërskool Bellville het ongetwyfeld vir my 'n geborge omgewing geskep waar ek my potensiaal kon ontwikkel. Hier het ek gegroei as

‘n mens en op verskeie terreine my doelwitte bereik. Ek het ook baie selfstandig geraak en kon onafhanklik funksioneer.

“Paratus ad omnia” het my voorberei vir die lewe as 'n gebalanseerde persoon, met Christelike beginsels en hiervoor sal ek die

Hoërskool Bellville altyd eer en onthou – my trots, my Alma Mater!

Na skool het ek by die Universiteit Stellenbosch gaan studeer en vir Maties A en Boland A en weer in 1989 – 1997 vir die WP-span

netbal gespeel. Ek is deur die Universiteit Stellenbosch met Sport Erekleure in my finale jaar vereer. Benewens die SA o.25- en SA Top

10-spanne wat ek tydens hierdie tydperk bereik het, was ek ook in 1995 deel van die SA-netbalspan wat by die Wêreldtoernooi in

Birmingham, Engeland, die silwer medaljes gewen het. In 1992 het ek Springbokkleure verwerf – 'n doelwit wat ek my hele

sportloopbaan nagestreef het!

In 1996 - '97 was ek die kaptein van die SA-netbalspan en het ons na Australië en Nieu-Seeland getoer vir toetse. In 1997 het Engeland

hier in Suid-Afrika kom toer en ons het die reeks 3 – 0 gewen! Dit was die laaste keer wat Suid-Afrika teen Engeland, tot op hede, aan

die wenkant was .

In 2011 ontvang ek 'n Rektorstoekenning vanaf die Universiteit Stellenbosch vir uitnemende diens.

[8]

LET WEL • Aan die einde van graad 9 word belangrike vakkeuses vir grade 10 - 12 gemaak. Indien daar te min leerders is wat 'n

bepaalde vak kies, sal die betrokke vak nie in daardie jaar aangebied word nie.

• 'n Agste vak sal slegs aangebied word indien daar meer as 10 leerders is wat die vak wil neem.

BELEID T.O.V. EKSTRA VAKKE• Verpligte klasbywoning

• Alle take voltooi

• Klasgelde word gehef

• Gemiddeld van 70% in graad 9.

VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde OF

Wiskundige Geletterdheid

Lewensoriëntering

KEUSEVAKKE -

Drie van onderstaande soos uiteengesit

op vakkeusevorm:

Fisiese Wetenskappe

Lewenswetenskappe

Geografie

Rekeningkunde

Besigheidstudies

Verbruikerstudies

Visuele Kuns

Musiek

Inligtingstegnologie

Rekenaartoepassingstegnologie

Ingenieursgrafika en -Ontwerp

Toerisme

Dramakuns

Ekonomie

Siviele Tegnologie

AGSTE VAKKE

Ontwerpkuns

Gevorderde Wiskunde

Rekenaartoepassings-

tegnologie

Frans

VAKKE, VAKKEUSE EN EKSTRA VAKKEEen van die wydste vakkeuses in die Wes-Kaap. Met ‘n oop vakkeuse:

Graad 10 - 12Graad 9VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde

Tegnologie

Lewensoriëntering

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Skeppende Kuns (Drama, Kuns en

Musiek) OF

Musiek as vak

Kuns as vak

Drama as vak

EKSTRA VAKKE

Frans

Kuns

Graad 8VERPLIGTE VAKKE

Afrikaans Huistaal

English Home Language OF

English First Additional Language

Wiskunde

Tegnologie

Lewensoriëntering

Natuurwetenskappe

Sosiale Wetenskappe

Skeppende Kuns (Drama, Kuns en

Musiek) OF

Musiek as vak

Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe

Skeppende Kuns (Drama, Kuns en

Musiek) OF

Musiek as vak

EKSTRA VAKKE

Frans

Kuns

Aka

dem

ie

KEUSE TUSSEN MUSIEK OF SKEPPENDE KUNS

MusiekMusiek as 'n keusevak kan deur enige belangstellende seun of meisie gekies word, mits hy gemotiveerd is om 'n instrument te leer bespeel, of reeds kan bespeel. Tydens graad 8 en 9 word 'n breë oorsig van musiekgeskiedenis en teorie behandel om musiek beter te verstaan asook praktiese onderrig. Leerders word ook in ‘n klein komponent van Drama en Kuns onderrig, sodat hulle ook met hierdie vakke sou kan voortgaan.

• Daar is ongelukkig ‘n beperking op die aantal leerders wat musiek neem.

• Afhangende van die getal aansoeke sal daar ‘n keuring plaasvind.

• Musieklesse vir die eerste instrument word gratis aangebied.

• Leerders wat hulle instrument het/aanskaf, betaal niks verder nie.

• Indien ‘n leerder nie sy eie instrument besit nie, het die skool ‘n aantal instrumente beskikbaar wat teen ‘n minimale bedrag gehuur kan word: R1000 per jaar of R100 per maand oor 10 maande.

• Indien ‘n leerder die skool se instrument gebruik, bv. klavier en perkussie, is ‘n bedrag van R400 betaalbaar ter instandhouding van die instrumente.

• Wanneer ‘n leerder ‘n tweede instrument by die skool neem, is R500 lesgeld betaalbaar vir leerders in grade 8 en 9.

• Normale huurgeld soos hierbo uiteengesit is betaalbaar vir ‘n tweede instrument.

Skeppende Kuns‘n Vak wat beide die Kunsrigting en Drama vakrigting aanspreek. In graad 8 word ‘n algemene oorsig gegee oor Drama en Kuns.In graad 9 kan daar voortgegaan word met Skeppende Kuns, maar daar is ook ander opsies.

Indien ‘n leerder goed presteer in Kuns of Drama kan hy in die plek van Skeppende Kuns intensiewe onderrig ontvang in een van hierdie twee vakke. Hierdie keuse is egter verbonde aan ‘n keuringsproses.

EKSTRA VAK VIR GRAAD 8

KunsVir toekomstige graad 8's word daar Kuns as ekstra vak na skool aangebied sodat hulle in graad 8 hul tegniese vaardighede meer intensief kan ontwikkel as wat daar tyd voor is tydens die leerarea Skeppende Kuns.

In graad 10 mag hulle twee kunsvakke neem. Die een staan bekend as Visuele Kuns en die ander as Ontwerpkuns. Vir beide vakke is daar 'n praktiese en teoretiese komponent. Die praktiese inhoud van albei vakke behels 'n wye verskeidenheid mediums (na aanleiding van die beskikbaarheid van fasiliteite.)

Leerders mag een of beide vakke as deel van hul vakkeuse doen. Tans bied ons slegs Visuele Kuns in die skool aan en kan Ontwerp-kuns na skool geneem word by die Tygerberg Kunssentrum.

Inligting in verband met die verskillende Ontwerpkunsvakke by die Kunssentrum, asook aansoekvorms om toelating, word aan die begin van die derde kwartaal beskikbaar gestel.

SIELKUNDIGE HULPDIENSVoorligting word aan die leerders deur die onderwyser-voorligter en vakonderwysers gegee. Die voorligter / sielkundige is beskikbaar indien hulp nodig is met vakkeuse in graad 9, beroepskeuse in graad 12 en enige studie- en persoonlike probleme.

Ons fokus egter op bepaalde beginsels wat in die Hoërskool Bellville toegepas word, wat die fondamente van elke leerder vir die toekoms lê.

• Diensbaarheid sodat jy met trots kan omgee en betrokke kan wees.

• Uitnemendheid deurdat jy met oorgawe jou drome nastreef.

• Menswaardigheid omdat jy hierdie eienskappe elke dag sal uitleef.

• Integriteit sodat elkeen van julle ‘n toekomstige groot leeu van die skool, met trots kan wees.

[ ]9

SPORTPRESTASIES VAN FORMAAT

OudleerdersOns skool het oor die jare verskeie Springbokke opgelewer:Dawie de Villiers, John Villet en Werner Greeff (rugby), Leon van den Heever (7's-rugby), Stefan Nel (SA o.19), Leon Karemaker (SA o.19), Chris Williemse (fietsry), Adri de Jongh (atletiek), Marianne Kriel (swem), June Gruneberg (hokkie), Benita Nieuwoudt (netbal), Francois van Niekerk (skaak), GF Linde (SA o.23-krieket), Jolandi Potgieter (SA Protea vrouekrieket) Loumarie Visagie (netbal) en Anneke

Brink (Netbal – was ook SA-kaptein)

Krieket Die Hoërskool Bellville speel in die premierliga in die WP. Hulle wen die Peter Buttner trofee vir o.19A's in 2010, 2011 en 2013 asook interskole teen DF Malan vir 14 keer in die laaste 15 jaar. Die afgelope ses jaar lewer dieHoërskool Bellville nege WP-krieketspelers op. In 2015 Ian Smit in die o.15A-span en Tian Boonzaier in die o.19B-span. In 2015 wen die o.19A-span die Sammy Bloch-trofee en die o.15A-span wen hul liga. Die Hoërskool Bellville se prestasies is te danke aan puik afrigting en fasiliteite, onder andere drie turfblaaie en ses turfnette sowel as twee binnehuisekrieketnette. George Linde wat tans vir die Cobra’s speel, is een van die Hoërskool Bellville se produkte.

Netbal Die Hoërskool Bellville is trots op hul ryke netbaltradisie. Jaarliks word ses spanne per ouderdomsgroep in die WP-liga ingeskryf. In 2011 verteenwoordig 9 spelers die WP-spanne en 2 spelers word opgeneem in die Wes-Kaapspan. In 2012 ontvang 7 speelsters WP-kleure en een o.15 speler ontvang Wes-Kaapkleure. Drie spanne, o.16A, o.16B, o.14A en o.14F Wes-Kaap het in 2013 in die WP-Ligakampioenskappe gespeel. Die o.16B wen silwer en o.14F goud. Ons het ook een o.18 speler in 2013 in die Wes-Kaapspan gehad en nege ander in die onderskeie WP-spanne. In 2014 het ons een o.14 speelster in die Wes-Kaapspan gehad. Ses ander speelsters word opgeneem in die WP-spanne. Netbal bloei in 2015 – drie Wes-Kaapspelers en nege WP-spelers. Die o.14A-span verower silwer by die 2015 WP-ligakampioenskappe;

o.16A, o.15A en o.15C eindig onder die top vier skole

RugbyTwee o.14-, twee o.15-, twee o.16- en vier o.19-spanne neem deel in die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie se Premierliga vir hoërskole. Dit bring mee dat die Hoërskool Bellville kan meeding op die hoogste vlak. Indien daar ekstra spanne is, word addisionele westryde gereël.

Alle A-spanne onderneem jaarliks ten minste een toer. Die Hoërskool Bellville bied ook jaarliks 'n Sportdag vir Hoër- en Laerskole aan. Die proewe vir die kies van Westelike Provinsie se skolespanne vind ook plaas op die velde van die Hoërskool Bellville.

In 2015 word twee spelers verkies tot die Westelike Provinsie se Cravenweekspan wat deelneem aan ‘n geskiedkundige toernooi by Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Carlü Sadie word verkies tot die SA-Skolespan en Ryan Muller tot die SA-Skole A-span na die afloop van die toernooi.

Die Hoërskool Bellville het ook al die volgende Springbokke opgelewer: Dawie de Villiers, John Villet, Werner Greeff, Leon van den Heever en Leon Karemaker (SA-Skolespan).

HokkieDie hokkiespelers van die Hoërskool Bellville het met toewyding en passie uitmuntende prestasies gedurende 2015 gelewer. Al ons skool se hokkiespanne het uitgeblink in hul betrokke ligas. Ons het ‘n aantal spanne wat onder die top 3 in hul liga geëindig het. Die eerstespan meisies het besonder goed gevaar.

Seunshokkie:

Die eerste seunshokkiespan het met dissipline en ongelooflike spel die skool trots gemaak en goed saam gegroei as ‘n nuwe span. Ons is geweldig trots op al hierdie spelers. Al die seunshokkiespanne se wenpersentasies verbeter vanaf 2014 en daar is ‘n duidelike opwaartse kurwe in die kwaliteit van hokkie by die Hoërskool Bellville. Die seuns lewer vier WP-sone spelers asook een WP o.16A-speler. Baie geluk aan Kevin Brand wat ook verkies is tot die SA o.16-oefengroep. Geluk aan: Francois de Kock, Heinrich Botha, Martin Fredericks, Eon Swart en Kevin Brand!

[ 0]1

Bui

temuu

rse a

ktiw

iteite

SPORTDie buitemuurse program word elke middag van die week op 'n georganiseerde basis beoefen. Aan elke aktiwiteit word 'n bepaalde tyd op die namiddagprogram toegeken. Deelname aan die buitekurrikulêre program is in belang van u kind. 'n Betrokke kind is 'n gelukkige kind. Ouers behoort deelname aan te moedig. Elke leerder behoort aan ten minste een somersportsoort en een wintersportsoort deel te neem.

SEUNS Atletiek

Gholf

Hokkie Hokkie

Krieket Landloop

Tennis Rugby

Skaak Skaak

MEISIES Atletiek

Hokkie

Hokkie Landloop

Tennis Netbal

Skaak Skaak

SPORT BUITE SKOOLVERBAND

Prestasies in verskeie sportsoorte word erken.

Fietsry, Gimnastiek, Gewigoptel, Hengel, Judo,

Karate, Toutrek, Swem, Tweekamp,

Lewensredding, Jukskei, Aërobiese Danse,

Aksie-netbal, Korfbal, Binnenshuise

krieket, Landsdiens en

Voortrekkers.

SO

ME

R

WIN

TE

R

[10]

Dogtershokkie

2015 was weer ‘n suksesvolle jaar vir die hokkie. Bellville se hokkie meisies eindig vyfde in die Wes-Kaap. Dit is ‘n besonderse prestasie wanneer jy in ag neem dat die top 12 spanne in die hele Wes-Kaap teen mekaar meeding in hierdie liga en die span wat 11de en 12de eindig na ‘n laer liga sak. Ook is ons besonder bevoorreg om onder die top 12 ‘n posisie te beklee aangesien daar 60 skole is wat meeding vir die Top 12 liga in die Kaap Skiereiland. Baie geluk aan elke dogter wat deelgeneem het.

Die Hoërskool Bellville lewer ook hierdie jaar agt provinsiale spelers op naamlik: Rozanne Compion, Marilana van Deventer, Melissa Trautman, Caitlynn Bradford, Nika van der Merwe, Anke Marais, Sa’dyah Harmse en Mar-li van der Heever).

Die Hoërskool Bellville se Eerste Meisies Hokkiespan speel vanjaar 37 wedstryde waarvan hulle 18 wen, ses gelykop speel en net drie verloor.

Die Hoërskool Bellville eindig ook 10de uit 24 spanne by ‘n top internasionale toernooi. Spanne van Namibië, Engeland, Holland, Zimbabwe en Australië het met mekaar meegeding.

Ons is waarllik trots op elke hokkiespeler wat die Hoërskool Bellville in 2015 verteenwoordig het.

AtletiekDie Hoërskool Bellville se atletiek het tydens die 2015 seisoen besonderse prestasies bereik.

Ons het 32 Noordsone-atlete opgelewer waarvan 22 die WP by die Wes-Kaap kampioenskappe verteenwoordig het. Adriaan Jansen van Rensburg (Diskus); Rozanne Kompion (paalspring) en Kayla Smit (gewigstoot en diskus) het deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Junior Atletiek kampioenskappe tydens April 2015. Ons atlete was uiters suksesvol in hul deelname tydens die SA- Junior kampioenskappe. Adriaan Jansen van Rensburg het ‘n medalje verower vir seuns o.19 diskusgooi. Ons kan ook tydens die vierde kwartaal ‘n groep atlete na Bloemfontein neem om aan die jaarlikse die Hoërskool Jim Fouché byeenkoms te gaan deelneem.

Ons atletiekseisoen behels tans 15 byeenkomste waar ons atlete goeie en strawwe kompetisie teëkom. ’n Spesiale woord van dank aan ons afrigters wat ontelbare ure in ploeg om van ons atletiek ‘n sukses te maak.

TennisDie Hoërskool Bellville het vier seuns- en vier dogterspanne wat in verskillende ligas in die Noordelike voorstede van die Westelike Provinsie meeding. Aan die einde van die tennisseisoen word oorkruiswedstryde teen die wenners van die Suidelike voorstede gespeel om sodoende die WP-wenner in die onderskeie ligas te bepaal. Ons het verskeie WP-spelers deur die jare opgelewer. Soret Nel (2006 - 2009), Madalé Bezuidenhout (2006 - 2009) en Carl Mangold (2008 - 2010) en Janke van Dyk (2014) het die WP tydens die jaarlike interprovinsiale toernooi te Pretoria verteenwoordig. Teana Engelbrecht (2013) en Nelius Liebl (2015) speel vir WP in ‘n toernooi tussen WP, Boland en Suid-Westelike Distrikte. Ons spanne word deur ‘n professionele afrigter afgerig. Twee opvoeders is ook by afrigting betrokke.

GholfTwee gholfspanne van die Hoërskool Bellville is geaffilieer by die Westelike Provinsie Gholf Unie. Hulle neem deel in die Noordelike Sone van die WP. Gholf is ‘n wintersport en wedstryde vind plaas op Maandae.

Die Hoërskool Bellville het al puik gholfspelers opgelewer soos Charl Coetzee (SA), Ian Snyman (SA o.19 en WP-Seniorspan) en Zilke Bal (Boland Junior en Senior Damesspan).

SkaakGedurende die afgelope seisoen het die skaakspan wat bestaan uit Jaco du Plessis, Zander Bezuidenhout, Jacques Wiid, Michael Mariano, Paul-Daniël Pretorius en Tiaan Opperman (gr8) baie goed gevaar. Hulle het in twee van hulle wedstryde gelykop gespeel en die res gewen.

Die eerstespan het ook deurgedring na die zone-kampioenskappe in Somerset-Wes wat gehou is op 8 Augustus 2015. Hier het hulle onder andere meegeding teen HS De Kuilen, HS Parel Vallei, HS Strand en HS Brackenfell. Ongelukkig het hulle nie verder deurgedring na die volgende rondte nie. Gedurende die interskole teen HS DF Malan het ons leerders ook daarin geslaag om gelykop te speel.

Ons is baie trots op ons skaakspanleerders vir die goeie sportspangees wat hulle openbaar.

[ ]11

[12]

Kul

tuur

OudleerdersSterre in die musiek- en vermaaklikheidswêreld:Jan Ellis (akteur), Hennie Joubert (voormalige hoof van Unisa Musiek), Henré Pretorius (akteur, TV-aanbieder en regisseur), Pierre van Heerden (Musicals soos Cats, Chicago & Lion King – in SA en internasionaal), Hanno Janse van Rensburg (Hennie van Halen van Aking), Dawid Venter (Wêreldbekende fluitis), Ilse Minnie (perkussie – tans VSA), Henry Mylne (regisseur, o.a. 7de Laan), Shirley Ellis (regisseur, o.a. Suidooster), Wicus Pretorius (redakteur: Tuis), Melissa van der Spuy (musikant), Herman Pretorius (MK-aanbieder – oorlede 2009), Ronel Foster (de Goede) (bekroonde digteres), Marnus Hattingh (skrywer), Zirk van den Berg (skrywer, wenner van die KykNET-Rapport-Boekprys vir 2014.

DramaDramakuns word nie net as akademiese vak aangebied nie, maar drama is ook 'n buitemuurse aktiwiteit. Ons neem aan kompetisies en Eisteddfods deel en ons voer ook 'n groot verskeidenheid produksies op soos kinderteater en musiekblyspele. Dit is nie net akteurs wat betrokke is nie, maar ook regisseurs, dramaturge, beligting- en stelontwerpers, asook grimeerkunstenaars.

ToneelspelkompetisieSedert 2002 bied die Hoërskool Bellville 'n nasionale toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders aan. Dié kompetisie is enig in sy soort in Suid-Afrika. Die wenners wen kontantpryse, studiebeurse en rolle in verhoogproduksies en sepies.

MusiekDie Hoërskool Bellville is trots daarop om 'n gevestigde tradisie te hê van 'n groot en aktiewe musiekdepartement – een van die grootstes in die Wes-Kaap. Ons blaasorkes en koor, waarop ons baie trots is, is van hoogstaande gehalte. Die sukses wat hulle jaarliks in ons streek en nasionaal behaal, bewys hulle besondere toewyding. Ons streef daarna om liefde en entoesiasme vir musiek te kweek, en deur die optimale benutting van talente uitmuntendheid na te streef.

Johann Vos KlavierkompetisieDit word jaarliks georganiseer en aangebied deur die musiekdepartement van die Hoërskool Bellville om talentvolle hoërskoolleerders uit die hele Wes-Kaap geleentheid te gee om op 'n hoë kompeterende vlak deel te neem. Ons vier vanjaar die 26e bestaansjaar van die kompetisie!

Hoërskool Bellville Gemengde Koor Daar is ‘n ryke koortradisie opgebou oor baie jare heen, asook suksesvolle internasionale deelname aan kompetisies en plaaslike Eisteddfods. Die koor staan sedert 2011 onder leiding van Hannelize du Plessis. Die koor ontvang cum laude-toekennings tydens deelname aan die Helderberg Eisteddfod (95%) asook die Paarl Eisteddfod (94%). By albei hierdie geleenthede word hul ook aangewys as algehele wenners van die Gemengde Hoërskoolkoorafdeling. Hul behaal ook 94% met deelname aan die HJS Paarl se koorfees.Die Hoërskool Bellville se gemende koor is ook aangewys as die wenners van die Hoërskoolafdeling tydens deelname aan die finaal van die Nasionale Tygerberg Eisteddfod.Sedert 2015 is daar ook ‘n seunskoor saamgestel wat ‘n dubbelgoud-toekenning by die Helderberg Eisteddfod ontvang.Ander hoogtepunte is die jaarlikse Hoërskool Bellville koorfees in die Hugo Lambrechts Ouditorium, Interskole kultuuraand, Drieskole-konsert, koorkamp en kerkoptredes. Die koor en orkes beplan om ‘n binnelandse konserttoer in 2016 te onderneemDie koor beywer hom vir die ontwikkeling van die stem, verhoogpersoonlikheid, selfvertroue en die kweek van trots, lojaliteit en respek teenoor die skool en medemens.

OrkesteDie senior orkes, o.l.v. Riaan van Wyk het sy 20ste bestaansjaar in 2014 gevier en bestaan uit 50 musiekkante waarvan die meeste onderrig by die skool se musiekdepartement ontvang. Die orkes het reeds vele prestasies, plaaslik en oorsee, behaal en het in 2015 98% by die Tygerberg Eisteddfod behaal en die ope-afdeling van die SAMOV-kampioenskappe gewen. Die gemeenskap word betrek deur buitespelers in sy midde te verwelkom en samewerking tussen skool-, musieksentrum-, universiteits- en professionele orkeste te bewerkstellig. Die jaarlikse hoogtepunte is die WindWorx Fanfare, Stellenbosch Bands Extravaganza, Interskole- en Drieskole-konserte asook die Gala-aand wat met koor en gaskunstenaars gepaard gaan.Die junior orkes, wat onlangs onder die leiding van Caren Heys begin is, is ‘n belangrike leerskool vir ons jong spelers om hul instrumentvaardigheid in orkesverband te vestig en is deel van die skool se orkesprogram om ‘n hoë speelstandaard te handhaaf, maar ook ‘n genotvolle musiekomgewing te skep.

EisteddfodsLeerders word aangemoedig om verder te groei as kunstenaars deur aan verskillende Eisteddfods deel te neem.

Hands for a Bridge"Hands for a Bridge provides high school youth with opportunities to explore issues surrounding social justice in their local, regional and international communities." In vennootskap met Isilimela Comprehensive School in Langa en Roosevelt High School in Seattle, Amerika pak ons uitruilprogramme en dialoog aan wat ons leerders leer van hulle eie samelewing, land en wêreld en wat hulle toerus om die leiers van môre te wees.

Koor, Orkes,

Hands for a Bridge,

Drama, Sapiens,

Debat, Redenaars,

ACSV

KULTURELE

AKTIWITEITE,

VERENIGINGS EN

KLUBS

SkooltydskrifOns Skooltydskrif, Sapiens, verskyn 4 keer per jaar en word volledig bedryf deur ywerige leerders (vanaf graad 9 - 12). Sapiens verskyn gereeld op Media24 se lys van Top Tien skoletydskrifte in die land.

Redenaars en DebatteLeerders neem deel aan die ATKV debats- en redenaarskompetisies, sowel as forumdebatte. ‘n Interne redenaars- en debatskompetisie vind ook jaarliks plaas.

Public speaking and debatingOur orators participate in the The Young Communicators' Award and UN Debating Competition where Bellville was placed 3rd in the Western Cape competition in 2015.

LandsdiensLandsdiens fokus op natuurbewaring en volhoubaarheid en staan onder leiding van gekwalifiseerde ouers. Gereelde uitstappies en kampe word onderneem.

VerhooggrimeringDaar is gratis opleiding vir belangstellendes. Vaardighede word aangewend tydens die skool se toneelopvoerings. Ons vergader Woensdae na skool in C1. Leerders hoef nie ‘n aanleg vir kuns te hê nie.

NoodhulpOpleiding word tot vlak 3 deur 'n geakkrediteerde opleidingsinstansie aangebied. Diens word gelewer tydens sportbyeenkomste en noodsituasies tydens skoolure.

HOËRSKOOL BELLVILLE BIED OOK ...

StaptogteElke jaar word staptogte by Boesmanskloof, Bolandroete, Tafelberg of Leeukop aangebied.

Oorsese toereJaarlikse toere word aangebied na die Ooste, Israel of Europa tydens die Maart-/Junie-vakansie en die Hands for a Bridge-toer na Amerika gedurende September.

Impulse – VCSVLeiers word jaarliks gekies en is verantwoordelik vir geestelike leiding binne die skool soos die VCSV-week, kringe, aandgeleenthede, uitreike en skakeling met ander skole.

BybelonderrigDaar is 'n weeklikse periode op Woensdae wat deur jeugspanne / plaaslike predikante / gospelorkeste behartig word.

River-Rafting'n Jaarlikse 3-dag roei op die Oranjerivier.

KampeVerskillende geestelike kampe word aangebied soos bv. Avontuurkamp vir graad 8's, seniorkamp, Impulse-leierskap, "Worship-kamp" en Leerderleierkamp.

MatriekdagMatrieks kry die geleentheid om as groep gees te bou. Tydens hierdie sessie bou ons herinneringe en smee hegte vriendskappe.

WerkskaduGraad 10-leerders kry geleentheid om by 'n werksplek van hul keuse werksondervinding op te doen en daaroor verslag te doen.

PrysuitdelingBy hierdie geleenthede word aan leerders erkenning gegee vir verdienstelikheid of prestasies gelewer.

Mediasentrum'n Volledig toegeruste mediasentrum met fiksie, vaklektuur en naslaanwerke, asook rekenaars met internettoegang, is tot die leerders se beskikking. Die mediasentrum het ook ‘n fotostaatmasjien en ‘n rekenaardrukker wat teen’n fooi beskikbaar is vir gebruik.

[13]

MotorkompetisieSedert 1987 is al meer as 46 kompetisies gehou ter ondersteuning van die skoolfonds. Dit help om die skoolfonds so laag moontlik te hou.

Bellville SportdagTydens hierdie geleentheid, die eerste naweek van die tweede kwartaal, word ± 20 laerskole en 30 hoërskole betrek by 'n onvergeetlike naweek van netbal, rugby en hokkie.

Snoepie'n Verskeidenheid heerlike en gesonde wegneemetes en ander eetgoed is beskikbaar voor skool, pouses en op sportmiddae.

FasiliteiteSekerlik die mooiste skoolterrein en geboue in die Wes-Kaap! • 8 netbalbane, 6 tennisbane, 3 krieketvelde, 3 hokkievelde en 5 rugbyvelde • Gimnasium vir beoefening van binnenshuise sport en 'n "high performance" sentrum • Mini-Astrobaan vir hokkie.

SportsentrumsVolledige toegeruste sportsentrum (rugby en krieket) asook klubhuise vir hokkie en netbal.

GeesfeesteDit word aan die begin van elke jaar deur leerderleiers vir alle leerders aangebied om gees te bou voor sportgeleenthede.

GlansgeleenthedeJaarliks word ‘n Seniorbal en Winterbal (Juniors) aangebied deur die leerderleiers. Die matriekafskeid is 'n hoogtepunt op die kalender vir ons matrieks.

LeiersprojekteLeierskapsontwikkeling, uitreike na ander gemeenskappe, Tygerbeerprojek, Paaseier-projek, hospitaalbesoeke, skakeling tussen skole, leierbraai saam met die MTBS-skole, Valentynsrose, glansgeleenthede en insameling van klere en kos vir behoeftiges is van ons leiersprojekte.

Mnr. en Mej. BellvilleDie verkiesing van Mnr. en Mej. Bellville is 'n glansryke geleentheid. Die leerders wat hierdie titels verower, beywer hulle vir welsynswerk en is ambassadeurs vir hulle skool.

MTBS'n Skouspel van sang en atletiek. Hierdie byeenkoms is reeds 'n 20-jarige tradisie en elkeen van die deelnemende skole (DF Malan, Tygerberg, Bellville en Stellenberg) streef daarna om die gesogte sang- en atletiekbekers te verower. Die Hoërskool Bellville het ‘n trotse rekord by die geleentheid en hoop op verdere suksesse in 2016. Mev. Pansegrouw, ons sportorganiseerder, is al ses jaar lank die hooforganiseerder van MTBS.

UNISA MusiekJaarliks verskyn daar leerders van die Hoërskool Bellville op die Ererol van Uitblinkers met prestasies bo 90% soms selfs 100%. Drie leerders is sover in 2015 op die Ererol geplaas vir uitmuntende prestasies! Hulle is Eugène Fouché (graad 5 saxofoon), Teana Engelbrecht (graad 4 saxofoon) en Nathan Huysamen (graad 4 klavier).

SluitkasteTe huur teen 'n baie billike jaarlikse fooi.

Tegniese spanTegniese spanlede kry die kans om hul vaardighede te ontwikkel t.o.v. klank- en oudiovisuele apparaat met die oog op 'n loopbaan in so 'n veld. Die Hoërskool Bellville is trots op die prestasies van sy leerders en gee tydens jaarlikse prysuitdelingsfunksies en afsluitingsfunksies erkenning aan leerders wat op verskeie vlakke presteer.

Erkenning aan Leerders

ERKENNING AAN LEERDERS

Sertifikate, halfkleure en erekleureTydens die prysuitdeling word erkenning gegee aan leerders wat hard werk en goed presteer op akademiese, sport- en kultuurgebied, asook leerders wat volgehoue diens lewer aan die skool.

Sertifikate word toegeken aan leerders wat deur die jaar goed presteer, maar nie kwalifiseer vir halfkleure of erekleure nie.

Halfkleure en erekleure word toegeken aan leerders wat VOLGEHOUE goeie prestasies lewer op sport-, kultuur- en akademiese gebied. Kriteria word deur die erekleurekomitee en topbestuur vasgelê en word van tyd tot tyd hersien. Leerders wat halfkleure ontvang, dra ‘n brons (eerste toekenning), silwer (tweede toekenning) en goue (derde toekenning) balkie onder die wapen van die baadjie. Leerders wat erekleure ontvang, het die reg om die erekleurewapen asook die koordomboorsel op hulle skoolbaadjies te laat aanbring. Leerders betaal self hiervoor. Daar is ‘n volledige uiteensetting van die kriteria op die skool se webwerf en in die leerders se dagboek.

[15]

So

werk

ons sk

ool

DISSIPLINÊRE STELSELDie gedragskode vloei uit die missiestelling voort en vorm die agtergrond waarteen die reëls van die skool gesien en verstaan moet word. Dit dui aan wat elkeen mag doen, sodat 'n veilige en geborge atmosfeer geskep word waar almal gelukkig kan wees en waar onderrig en opvoeding ongestoord kan voortgaan.

ORDE IS ALLEEN MOONTLIK WAAR ALMAL BINNE DIE REËLS OPTREE.

Dissipline verwys na gehoorsaamheid aan gesag, wedersydse respek, ordelike gedrag en dus ook na die vrywillige nakoming van reëls en regulasies.

Dissipline en reëls beskerm ook die kind teen onredelike optrede teenoor en deur maats, sy/haar ouers en die personeel.

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

REGTE VERANTWOORDELIKHEDE

'n Leerder het die reg om: Vir hierdie reg moet 'n leerder:

1. te studeer en klasse/ studiegeleenthede respekteer en nie ander leerders steur of ontwrig nie; onderrigsituasies by te woon werkopdragte uitvoer en huiswerk gereeld doen.

2. na geluister te word billike versoeke en menings beskaafd stel; aandag gee as opdragte gegee word; ook na ander luister; stilbly as ander praat.

3. tyd optimaal te gebruik ander se tyd respekteer; deeglik beplan en prioriteite stel; saamwerk t.o.v. versoeke vanaf opvoeders; die skool daagliks bywoon.

4. met respek behandel te word en se optrede en kleredrag respek verdien; ander mense en hul eiendom respek vir sy/haar eiendom te verwag respekteer; verantwoordelik optree; skooldrag, skool- en nasionale

simbole respekteer; gesag, tug- en dissiplinêre maatreëls aanvaar; ander rasse, kulture, godsdienste en geslag respekteer.

5. veilig te wees vreemdelinge op die terrein en insidente rapporteer; nooit ander leerders dreig, aanraak of in gevaar stel nie; nooit opruiende gedrag aanhits nie.

6. in 'n skoon omgewing te werk elke dag skoon, geskeer en netjies wees; nie eiendom en die omgewing beskadig of bemors nie.

7. regverdig behandel te word se motiewe suiwer en eerlik wees; objektief, redelik en beskaafd optree; erken dat mense verskil en tekortkominge het; ander regverdig en met deernis behandel.

8. sy/haar kant van 'n saak te stel ander 'n billike geleentheid gee om hulle mening te lug; altyd die waarheid praat; dit op 'n ordelike manier doen.

9. deel te neem aan die skool se 'n bepaalde seisoen/termyn van deelname voltooi; oefeninge getrou bedrywighede bywoon; samewerking aan die afrigters gee; spankeuses, groep- en

klasindelings aanvaar en respekteer; sportmangees openbaar; goeie gedrag by byeenkomste openbaar; die skool se sportkode aanvaar en uitleef.

10. gelukkig te wees positiewe en lojale beeld teenoor die skool uitdra en 'n gelukkige atmosfeer skep.

11. erkenning vir prestasies te geniet prestasies skriftelik aan die skoolhoof bekendmaak; ander gelukwens wanneer hulle presteer.

STRAFSTELSELOns gebruik 'n puntestelsel waarvolgens 'n leerder negatiewe punte ontvang vir oortredings wat begaan word. Die graad van die oortreding bepaal die aantal punte wat toegeken word.

VOOGDESTELSELTwee graadvoogde, 'n man en 'n dame, word by elke graadgroep aangestel. Dié twee persone tree soos hoofde in elke graadgroep op.

Die graadvoogde is verantwoordelik vir skakeling met leerders / ouers / voogde oor:

• akademie

• dissipline

• ander toepaslike sake[16]

SKOOLBYWONING'n Leerder is skoolpligtig tot aan die einde van die jaar waarin hy / sy die ouderdom van 15 jaar bereik of graad 9 voltooi het.

Dit is beslis in die beste belang van elke leerder om gereeld skool by te woon. Indien 'n leerder afwesig is, moet die skool voor 09:00 per telefoon, brief, e-pos of faks in kennis gestel word.

Indien 'n leerder afwesig is op 'n toets- of eksamendag, moet 'n mediese sertifikaat getoon word voordat 'n alternatiewe datum bepaal sal word.

SKOOLTYE06:00 Die skool se hoofingang word oopgesluit sodat leerders na die studielokaal (B2) kan gaan vir die leerders wat vroeg

afgelaai word.

7.25 Die skool word oopgesluit aan die sluitkaste se area. Die doel hiervan is om alle leerders die geleentheid te gee om hulle boeke / sportsakke vroegtydig uit te sorteer.

7:35 Die eerste klok sal lui, wat vir leerders 'n aanduiding is om na die registerklasse / vierkant te beweeg.

7:40 Die tweede klok is 'n aanduiding dat alle leerders in die vierkant aangetree of reeds in hulle registerklasse moet wees. Indien nie, sal 'n leerder "as laat" deur leerderleiers / personeel aangeteken word.

14:30 Einde van skooldag.

GRAAD 8-ORIËNTERINGGedurende die eerste dae van die skooljaar word al die graad 8-leerders onttrek vir oriëntering. By dié geleentheid word leiding ten opsigte van die akademiese, sport- en kulturele bedrywighede van die skool en ook ander aspekte van die skoollewe gegee. Ons vind dat ons nuwelinge hierna hul plek in die Hoërskool Bellville vol kan staan.

OUERBETROKKENHEIDOuers kan op verskillende maniere positief betrokke raak by die skool, o.a. deur hulp met projekte en die opvoeding van hul kind. Die Beheerliggaam, OOV en Sport Ondersteunersklub (Leeuklub) bied van die geleenthede vir betrokkenheid. Navrae oor die OOV en Ondersteunersklub kan aan die skool gerig word.

VOORGESKREWE KLEREDRAG

SOMERSDRAG Seuns

Wit kortmouhemp. Indien baadjie gedra word, moet die kraag oor die baadjie gevou wees. Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure moet saam met die baadjie gedra word. Moulose oortrektrui mag egter sonder baadjie gedra word in die somer. Swart poleerbare toerygskoene (nie sweedseleerskoene, sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoëhakskoene of stewels nie) met grys skoolkouse met ingebreide skoolkleure.

SOMERSDRAG Meisies

Donkerblou rok sonder gordel met wit kortmouhemp. ‘n Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen is verpligtend tydens saalbyeenkomste. Vlootbloutrui met v-nek, met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Moulose oortrektrui mag egter sonder baadjie gedra word in die somer. Swartleer plathak-, oprygskoene of skoene met een bandjie is verpligtend. Kort wit sokkies met ingebreide skoolkleure.

WINTERSDRAG Seuns

Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen te alle tye is verpligtend. ‘n Wit hemp waarvan die boonste knoop vas is met skooldas is verpligtend. Grys broek (kort of lank) en swart lyfband met klein gespe. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene nie. Swart poleerbare toerygskoene (nie sweedseleerskoene, sportskoene, skerppuntskoene, velskoene, hoëhakskoene of stewels nie) met grys skoolkouse met ingebreide skoolkleure.

WINTERSDRAG Meisies

Vlootblou skoolbaadjie met skoolwapen te alle tye verpligtend. Donkerblou rok sonder gordel, wit langmouhemp waarvan die boonste knoop vasgemaak is met skooldas is verpligtend. Vlootbloutrui met V-nek, met ingebreide skoolkleure of oortrektrui met ingebreide skoolkleure moet saam met baadjie gedra word. Donkerblou geweefde serp met ingebreide skoolkleure kan gedra word. Geen handskoene of langbroeke nie. Swartleer plathak, opryg- of skoene met een bandjie is verpligtend. Lang swart kouse.

[17]

[18]

LEWERANSIERSDie skoolklere wat aan die voorgeskrewe vereistes beantwoord, is by die volgende sakeondernemings verkrygbaar:

De Jagers Uitrusters (regoor Tygervallei Sentrum) – 021 914 7816

School and Leisure (Willowbridge – 021 914 0495)

Skoolreënbaadjies en netbal-, hokkie- en krieketklere kan by die skool gekoop word by die sportorganiseerder (021 948 1801).

Skoolreënbaadjies kan buite die skool bo-oor die skoolbaadjie gedra word. Skoolreënbaadjies vervang nie die skoolbaadjies nie.

KLEREBANKDie skool beskik oor 'n klerebank. Besonderhede is by die sekretaresse (021 948 1801) beskikbaar. Goeie tweedehandse skoolklere is hier verkrygbaar.

HAND- EN SKRYFBOEKEHandboeke word op ‘n huurbasis aan leerders verskaf teen ‘n bedrag wat jaarliks vasgestel word deur die skoolhoof en Beheerliggaam. Dit sluit alle WKOD-boeke in. Boeke vir vakke soos IGO, Musiek en Ontwerpkuns is egter die leerder se verantwoordelikheid en moet self by die skool aangekoop word aangesien die boeke dien as werkboeke en nie weer gebruik kan word nie. Verlore boeke sal deur die leerder self betaal moet word alvorens nuwe boeke uitgereik kan word.

Die skool probeer die ouers op die volgende maniere bystaan:

• Tye waarop die handboeke teruggegee kan word en weer vir die volgende jaar uitgegee word, word bepaal en sal tydens die skooldag in graad- en registerverband geskied.

• Skryfboeke soos voorgeskryf deur die onderskeie vakhoofde, aan die leerders verskaf. Indien ‘n leerder se boek vol is, moet dit self aangevul word.

• Ouers is onder geen verpligting om boeke by die skool te huur nie en kan dit direk van die verskaffers af aankoop.

[19]

TWEE VOORSITTERS(Raad van Leerders)

ONDERVOORSITTER

(Raad van Leerders)

Bestuur die

Omgeekomitee,

Matriekkomitee en

Leerderaksiekomitee

Elke komitee verkies

2 voorsitters

8 Leerderleiers

wat by die

komitee ingedeel is

Seksieleiers

• Leerderleiers word demokraties verkies deur die leerders van die betrokke graad

• Daar word 4 graadleiers (twee seuns en twee dogters) in elke graad verkies.

Hulle vorm Die Raad van Leerders.

• Die Seniorraad bestaan uit 10 graad 11-leerders en 20 graad 12-leerders.

• Leerderleiers ontvang opleiding in Desember tydens 'n Leerderleierskamp.

Leerderleiers

ONDERVOORSITTER

(Raad van Leerders)

Bestuur die

Geeskomitee,

Sosiale Komitee en

Matriekkomitee

Elke komitee verkies

2 voorsitters

8 Leerderleiers

wat by die

komitee ingedeel is

Seksieleiers

ONDERRIGGELD

Kragtens die huidige onderwysreëlings van die staat word ouers van skole verplig om onderriggeld aan die skool te betaal. Die betaling van hierdie geld word deur wetgewing verplig. Geld van die ouers ontvang, word aangewend vir die skep en onderhou van 'n onderwysinfrastruktuur wat tot die voordeel van alle betrokke leerders sal wees. Dit dek alle uitgawes, behalwe die salarisse van die personeel wat deur die WKOD betaal word.

Die Beheerliggaam beveel sterk aan dat ouers die debietorderstelsel as betaalwyse aanvaar, aangesien dit administratief die eenvoudigste stelsel is. Die nodige vorms is by die skool beskikbaar.

Behoeftige ouers kan aansoek om kwytskelding doen. Volle besonderhede en die nodige aansoekvorms is by die skool beskikbaar.

Ouers wat probleme met betaling het, moet die debiteureklerk kontak en nie die skoolhoof nie.

Benewens die verpligte ouerbydraes, word van tyd tot tyd fondsinsamelingsprojekte van stapel gestuur. Die doel van die fondse word gewoonlik baie duidelik deur die organiseerders uitgespel.

Dit is die plig van ouers om die betaling van hulle kinders se skoolgeld as prioriteit te beskou.

MERIETEBEURSE

ALGEMEEN: BEURSE EN AFSLAG

1. Die aantal beurse wat elke jaar toegeken word, sal afhanklik wees van die beskikbaarheid van fondse.

2. Die besluit van die Beheerliggaam is finaal en geen besware sal aangehoor word nie.

3. Aansoekvorms moet die skool bereik teen die keerdatum soos jaarliks bepaal (Sluitingsdatum is 30 Mei 2016). Aansoekers sal per e-pos in kennis gestel word of hulle aansoek suksesvol was of nie.

Kriteria

1.1 Beursbeleid

1.1.1 Die Finansiële Komitee van die Beheerliggaam bepaal jaarliks 'n bedrag wat vir beurse beskikbaar is.

1.1.2 'n Beurskomitee, bestaande uit lede van die Beheerliggaam se Finansiële Komitee en onderwysers, sal die aansoeke verwerk om te bepaal wie vir beurse kwalifiseer.

1.1.3 Slegs die prestasies van die betrokke jaar sal in aanmerking kom (met die uitsondering van nuwe seniorleiers).

1.1.4 Die besluit van die Beheerliggaam is finaal en geen besware sal aangehoor word nie.

1.1.5 Aansoekvorms moet die skool teen die keerdatum, soos jaarliks bepaal, bereik.

1.1.6 Aansoekers sal per pos / e-pos in kennis gestel word of hulle aansoek suksesvol was of nie.

1.2 Graad 8 (2017)

1.2.1 Laerskoolleerders doen saam met hul graad 8-inskrywings aansoek vir beurse.

1.2.2 Skriftelike, gesertifiseerde bewyse van alle prestasies moet gelewer word, asook 'n kort getuigskrif oor die betrokke leerder se gedrag, onderteken deur die skoolhoof.

1.2.3 Leerders se prestasie in akademie, sport, leierskap en kultuur sal in aanmerking geneem word.

1.2.4 Leerders se prestasies sal gemeet word op 'n vasgestelde tabel. 'n Minimum van 4 punte moet behaal word om vir 'n beurs in aanmerking te kom.

1.2.5 Om vir leierskap, sport- en kulturele beurse te kwalifiseer, moet die aansoeker 'n minimum van 50%-gemiddeld in akademie behaal.

1.2.6 Beurse is slegs vir die vrystelling van skoolfonds. Klere en boekgelde bly steeds die verantwoordelikheid van die aansoeker.

1.2.7 Indien ‘n leerder in graad 7 ‘n beurs ontvang vir graad 8, sal die beurs slegs geldig wees in graad 8 en 9 indien prestasies in graad 8 gehandhaaf word.

GRAAD 9 - 12 (Afslag op skoolfonds)

1. Leerders wat nie gekwalifiseer het vir vol beurse nie, kan in aanmerking kom vir afslag op grond van hulle prestasies by die Hoërskool Bellville.

2. Leerders kom doen jaarliks aansoek vir afslag op die gegewe aansoekvorm. Hierdie aansoekvorms sal beskikbaar wees in die vierde kwartaal.

3. Leerders se prestasies in akademie, kultuur, sport en leierskap sal in ag geneem word. Veelsydigheid sal ook in aanmerking geneem word.

Fina

nsies

[20]