balke toe! - boeredansgroep.co.za toe maart 2011.pdf · vrou se naam sarie marais toe hy die...

24
Die Hoefslagfees, tussen Koster en Lichtenburg, het op Saterdag 29 Mei 2010 plaasgevind. Dit is die geleentheid in die jaar waar Friesperdtelers spog met hulle trotse diere. In 2010 is daar ook hulde gebring aan Eugene Terreblanche wat vroeër in die jaar vermoor is. Hy het altyd self op sy spog Friesperdhings opgetree. Sy perde was daar, maar hy nie. Terwyl sy broer-hulle in ‘n perdekarretjie, getrek deur Friesperde, gery het, is ‘n op- name van een van Eugene se gedigte gespeel waarin hy gevoelvol gevra het dat hy eendag, as hy kon kies, op ‘n Friesperd se rug huis toe gedra kan word. Die sweep het geklap en die wawiele het gedraai agter die rooi span aan en nadat die ossewa sy rondte gemaak het in die arena is die boeredan- sers afgelaai sodat daar gedans kon word. Lede van De Oudewerf en die Rooidag Tradisionele Boeredansers het die besoekers trakteer op die pas- sies en vrolike klanke van onder andere die Ti-pi-tinwals, Saterdagaandse- ties en die Weskuspolka. Op versoek is daar later weer in die kraal gedans. Toeskouers het hierdie kultuurvorm baie geniet. Hierdie optrede gaan moontlik ‘n instelling word en ons is reeds besig met voorbereidings vir hierdie jaar se optrede op 28 Mei. HOEFSLAGFEES29 Mei 2010 Balke Toe! Kom laat ons boekevat Nuusblad van die Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011 Psalm 78: 3,4 & 7 Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir hul kinders nie… sodat die volgnede geslag dit kan weet… en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar. Wees getrou aan julle volk, aan jul tradisies, aan jul godsdiens en aan jul God. Die Here sal julle lei en julle die weg aanwys waarheen julle moet gaan. - Jopie Fourie (18781914) - In hierdie uitgawe Jaarvergadering: Eastco 3,4 Weesgerus Boeremusiekfees 5 Op die lei 8 Vereniging en Boeredanse tref Plus 50 9 Vertel ons bietjie …. 10 Handleiding vir boeredans- groepe 12 Storietyd: Oom Andries 19 Dans was maar ons plesier 21

Upload: others

Post on 11-Sep-2019

33 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

Die Hoefslagfees, tussen Koster en Lichtenburg, het op Saterdag 29 Mei 2010 plaasgevind. Dit is die geleentheid in die jaar waar Friesperdtelers spog met hulle trotse diere. In 2010 is daar ook hulde gebring aan Eugene Terreblanche wat vroeër in die jaar vermoor is. Hy het altyd self op sy spog Friesperdhings opgetree. Sy perde was daar, maar hy nie. Terwyl sy broer-hulle in ‘n perdekarretjie, getrek deur Friesperde, gery het, is ‘n op-name van een van Eugene se gedigte gespeel waarin hy gevoelvol gevra het dat hy eendag, as hy kon kies, op ‘n Friesperd se rug huis toe gedra kan word.

Die sweep het geklap en die wawiele het gedraai agter die rooi span aan en nadat die ossewa sy rondte gemaak het in die arena is die boeredan-sers afgelaai sodat daar gedans kon word. Lede van De Oudewerf en die Rooidag Tradisionele Boeredansers het die besoekers trakteer op die pas-sies en vrolike klanke van onder andere die Ti-pi-tinwals, Saterdagaandse-

ties en die Weskuspolka.

Op versoek is daar later weer in die kraal gedans.

Toeskouers het hierdie kultuurvorm baie geniet. Hierdie optrede gaan moontlik ‘n instelling word en ons is reeds besig met voorbereidings vir hierdie jaar se optrede op 28 Mei.

HOEFSLAGFEES—29 Mei 2010

Balke Toe!

K o m l a a t o n s b o e k e v a t

Nuusblad van die Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Psalm 78: 3,4 & 7

Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, sal ons nie verberg vir

hul kinders nie… sodat die volgnede geslag dit kan weet… en hulle vertroue op

God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar.

Wees getrou aan julle volk, aan jul tradisies, aan jul

godsdiens en aan jul God. Die Here sal julle lei en julle

die weg aanwys waarheen julle moet gaan.

- Jopie Fourie (1878—1914) -

In hierdie uitgawe

Jaarvergadering: Eastco 3,4

Weesgerus Boeremusiekfees 5

Op die lei 8

Vereniging en Boeredanse tref

Plus 50

9

Vertel ons bietjie …. 10

Handleiding vir boeredans-

groepe

12

Storietyd: Oom Andries 19

Dans was maar ons plesier 21

Page 2: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

Kosie is op 28 Desember 1884 op Downs naby Campbell en 120 km wes van Kimberley gebore. Op sestienjarige ouderdom het Kosie hom by die Boere magte aangesluit as lid van 'n verkenningskorps van vyftien burgers on-der veldt. Willem Visser.

Op 24 Oktober 1901 het dié korps teen sononder op Downs aangekom. Bedag op 'n verrassingsaanval deur Kakies wou hulle nie in die opstal oornag nie. Hulle het sowat 'n kilometer wes van die werf tussen digte bosse afgesaal en die perde gespan.

Hulle was onbewus daarvan dat 'n Griekwa spioen hulle opgemerk het en aan die Britte op Campbell gaan rap-porteer het.

Teen dagbreek is die slapende Boere gewek deur die ge-blaf van die plaashonde. Visser het opdrag gegee om op te saal. Die Kakies het hulle egter onverhoeds vanuit 'n suidelike rigting aangeval en Visser het bevel gegee dat hulle op die vlug moet slaan aangesien die oormag te groot vir teenstand was.

In die daaropvolgende chaos het Visser se perd ver-boureerd geraak en hy kon hom nie bestyg nie.

Toe Kosie sien in watter gevaar sy offisier verkeer, het hy sonder huiwering teruggejaag om Visser te help.

Terwyl die koeëls om hulle gefluit het, het Kosie van sy perd gespring en die stang van Visser se perd vasgegryp sodat hy kom opklim. Kosie se perd het toe egter los-geruk en weggehardloop.

Visser het daarop aan Kosie geskreeu om agter hom op sy perd te spring. 'n Britse koeël het Kosie egter noodlot-tig in die kop getref en Visser moes noodgedwonge son-der hom wegjaag.

Kosie se lyk is dieselfde dag in 'n kombers toegedraai en begrawe op die plek waar hy geval het.

Kort ná die vredesluiting in 1902 het sy naasbestaandes die oorskot opgegrawe en in die familiekerkhof op Downs herbegrawe. Op sy grafsteen staan die volgende:

Het graf zal emmers hier getuig Hy stierf gelyk een held Voor onze vreiheid in ons volk Rust hy hier in ons velt.

In 1969 is sy oorskot op Magersfontein herbegrawe en 'n monument ter ere van hom is op Downs opgerig.

met J P Toerien hy was ‗n joernalis en ‗n digter. Haar man was waarskynlik

die skrywer van die Afrikaanse woorde van Sarie Marais. Die lied Ellie

Rhee is glo op die goudmyne gesing deur die Amerikaners wat daar

gewerk het.

Daar het Toerien die lied gehoor en die naam Ellie Rhee verander na sy

vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf

het.

In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met die naam Sarie Marais.In 1949 is die

eerste vroue tydskrif uit gegee met die naam Sarie Marais. Dit is later ve-

rander net na Sarie.

In 1932 op die Olimpiese Spele in Los Angeles is Sarie Marais verkeerdelik

as Suid-Afrika se amptelike volsklied gespeel.

My antwoord op die eerste vraag is dus:

Tot vandag toe weet niemand nie!

Sarie Marais is geskryf in die tyd van die Anglo-Boereoorlog (1899-

1902). Daar is onsekerheid oor wie die woorde geskryf het.

Die wysie is gebaseer op die liedjie ―Sweet Ellie Rhee‖, wat in

1865 deur die Amerikaner Septimus Winner geskryf is. Navorsers

probeer al dekades lank bepaal wie Sarie Marais werklik was.

Sarie Marais is ook in ander lande soos Brittanje, Frankryk, Para-

guay en Sri Lanka gewild.

Dit is nie duidelik of daar regtig ‗n Sarie Marais was nie en of dit

sommer net ‗n naam was wat hulle gebruik het nie. Daar was 2

vroue wat gesê het dat hulle Sarie Marais is.

Storie 1: Sarie Mare 1840 1877

Sarie Mare wat in 1840 gebore is op Uitenhage. Sy is later getroud

met Louis Jacobus Nel. Sy is op 37 jarige ouderdom oorlede na

die geboorte van haar 11 de kind. Een van haar seuns, Paul Nel,

het predikant geword vir die soldate. Die soldate was baie lief vir

hom omdat hy saans om ‗n kampvuur sulke lekker stories kon

vertel. Hy het ook vertel van sy mooi ma wat so jonk oorlede is. Die

mense dink dat die soldate dalk uit respek vir Paul die lied vir en

van sy ma gesing het.

Storie 2 : Sarie Mare 1869 1939

Susara Margaretha Mare is op 15 April 1869 in Transvaal by Sui-

kerbosrand gebore. Dit is in die Mooirivier omgewing. Sy is getroud

O N S V O L K S H E L D E : K o s i e B r i e d e n h a h n

W i e w a s S a r i e

M a r a i s n o u e i n t l i k ?

2

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

‗n Volk met ‗n visie is ‗n Volk met n toekoms,

‗n Volk met ‗n begeerte is ‗n Volk wat oorleef,

‗n Volk in Jesus is ‗n Volk met lewe,

Handel in die geloof tot eer bewys aan God, Vertrou op

God deur jou dade aan Hom op te dra.

Page 3: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

3

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

GROEPNUUS

27 Januarie 2009

CANSA, Klerksdorp Optrede in 2010

REGS: Lyk my Ben het iets op die hart en Danie wag geduldig

om te hoor wat dit is.

12 Maart 2010

CANSAS, Ficksburg optrede

Manie het die groepie in aksie gevang.

Ma en seun (Hannes) laat waai nogal nê.

Jaarvergadering 19 Sept 2009

Eastco Magaliesburg

Tydens die naweek is daar nie net vergadering gehou nie. Daar is

gedans en gekuier en deur gedruk dag toe.

(blaai om vir episode 2)

Page 4: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

4

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Daar is bietjie dinkskrum ge-

hou - terwyl ‗n skrum van ‗n

ander soort op die TV aan die

gang is.

Geweldige skade is aangerig aan die

hoenderplaas maar nou ja, die volk

moes eet.

Manie het bevestig dat ‗n derm so gestop word.

Page 5: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

5

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

18 - 20 Februarie 2011

Boeremusiekfees –Weesgerus

(Nylstroom)

Wat ‗n belewenis!!! Die kinders het

afgesien van ons geskeduleerde

optrede sommer gereeld ‗n draai op

die dansvloer gemaak terwyl boere-

orkeste die musiek verskaf het.

Hulle het ook nou weer nuwe idees

vir danspassies - natuurlik ―afgekyk‖

by die ―ooms en tannies‖.

Die groep was opgewonde en trots

en hulle optrede van en op die

dansvloer het daarvan getuig.

Die kinders het die groot name soos Hannes Schoeman, Danie Grey en die liewe Oom Manie Bodenstein in lewende

lywe gesien en het nie geskroom om te vra vir ‗n foto of, in Hannes se geval, die speel van die Sonskynwals nie.

Nie eens die warmwater swembad kon hulle lank weghou van die vrolike klanke en interresante danspassies in die

saal nie (hulle het wel hulle kuiers tussen 00:00 en 04:00 die oggend ingehaal).

Die boodskap op hulle gholfhempies lees: Ons sing, praat en DANS AFRIKAANS en hulle het met die dra van die

lemmetjiegroen hempies, ‗n groter boodskap as wat hulle

met die mond kon uitdra, met trots verkondig.

Voorwaar ‗n groep wat nog hoë hoogtes gaan bereik in

die toekoms.

Page 6: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

‗n Groep volwassenes het die stof van die skoene afgedans en lekker saamgekuier terwyl nuwe boeredanse aangeleer is en nuwe dansers

toewys gemaak is.

Dankie aan die organiseerders vir hierdie geleentheid.

O U D E W E R F b i e d k u r s u s a a n

2 1 M a a r t 2 0 0 9

6

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

13 Januarie 2010

Sommer vroeg in die jaar is die boeredansers deel van die ATKV Centrurion tak se pro-

jek: Boeredanse en Volkspele ―Ons Eie‖. Die geleentheid het media dekking geniet en

het ten doel om ‘n tradisie van ―kultuurkuieraande‖ daar te stel.

REGS: Oudag Kadriel soos gedans deur die kinders en die volwassenes.

ONDER: Die kinders wag angstig vir hulle beurt om ‗n draai te maak op die

vloer.

Page 7: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

Die beeldhouer het met effense aanpass-

ings die een os gevorm as tipiese Groot

Trek-os en die ander een „n meer modern

Afrikanertipe os. Dit simboliseer dan die

verlede en die hede.

Krag en diensbaarheid is die twee

hoofeienskappe van die trekos wat deur

die beeldgroep vergestalt word. Die

granietrots is simbool van die gebonden-

heid aan die aarde en die onverganklik-

heid daarvan.

Die beeldgroep is deur die toe Staatspresident

P W Botha onthul op 12 November 1988.

Die lewensgrootte beeldgroep uit brons,

geskep deur Phil Minnaar, bestaan uit

twee osse wat in „n dramatise trakaksie

gestol is. Dit is asof mens kan sien hoe

die twee osse met gespanne spiere en

swaaiende koppe teen die juk beur. Die

trekketting is aan „n granietrots gekop-

pel.

Die Afrikanerosse wat deur die

beesteler, Henning van Aswegen aan die

museum geskenk is, het as modelle ge-

dien.

D i e T r e k o s b e e l d g r o e p —

W i l l e m P r i n s l o o m u s e u m

W a t g e b e u r w a a r . .

7

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Dagboek

“In die volkskultuur het ek

iets ontdek wat baie mooi

is”.

Prof P W Grobbelaar

MAART

18 - 20 Kursus - Voortrekkermonument (Danette Smith)

APRIL

16 Wapadrand - Voortrekkermonument optrede

30 Wapadrand - Voortrekkermonument optrede

MEI

7 Wapadrand - Constantiapark Laerskool / Boere-orkes en

potjiekos (R75 / R50 / R35 ) van 17:00 - 22:00

KOM DANS LEKKER SAAM !!!! - WERWINGSMOONTLIKHEDE

vir Volwassenes - Kontak Henk Harmse 083 390 6977

6 - 7 Kursus - Skuilkrans (Ben Raubenheimer)

28 Wapadrand - Voortrekkermonument optrede

JUNIE

4 Wapadrand - Karnaval Magalieskruin optrede

11 Wapadrand - Voortrekkermonument optrede

JULIE

23 Wapadrand - Voortrekkermonument optrede

AUGUSTUS

?? Wapadrand - Nasionale Eisteddfod

?? Wapadrand - Tshwane Jeugkunstefees

SEPTEMBER

2 - 4 Wapadrand - Boeremusiekgilde Thabazimbi (Leeupoort) optrede

LAAT WEET ONS WAT

GEBEUR WAAR!!

Page 8: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

Op die afgelope Volksdans spesialisasie kamp wat in Januarie by die Voortrekkermonument gehou is het ons hierdie

interressante groepfoto geneem. Op die kamp was daar nie minder nie as 7 broer/suster of suster/suster kombina-

sies wat saam gekamp en gedans het.

En wat meer is, die meeste van hulle het reeds die P/D spesialisasie verwerf en doen dit nou net vir die lekkerte en

vir die samesyn saam met ou en nuwe vriende.

Wat ‗n groot lekkerte – boeredanse word weer ‗n aktiwiteit vir die familie.

Nou moet ma en pa ook leer – een van die dae skuif ons weer die stoele in die sitkamer eenkant toe en dans saam

soos vroeër. 18—20 Maart is daar juis vir hulle ‗n geleentheid om te dans.

B o e r e d a n s e w o r d w e e r „ n

f a m i l i e - d i n g

W a a r k o m o n s s p r e e k w o o r d e v a n d a a n ?

8

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

“As jy wil weet of „n

vrou kwaai is, kyk

of sy knaend vloere

vryf”

C J Langehoven

Die man is ‘n regte lunsriem

- baie vuil

‗n Luns is ‗n ysterpen wat deur die gat in die punt van ‗n as gesteek word om

te verhoed dat die wiel uitval. ‗n Riempie het in die destydse ossewa die

funksie van ‗n spy gehad. Die riempie is deur ‗n gaatjie in die onderpunt van

die luns gesteek om te verhoed dat die luns uitval. Omdat daar meesal net

grondpaaie was, en die riempie nie ver van die grond was nie, het stof baie

aangepak vanweë die ghries waarmee die wa gesmeer was.

Page 9: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

V e r e n i g i n g e n B o e r e d a n s e t r e f P L U S 5 0

P a g e 9 Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Hierdie artikel het verskyn in die Des 2010 / Jan 2011 uitgawe van die Plus 50 tydskrif:

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

9

Page 10: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

aangaan nie.

Net daar en dan het ek besluit

om iets te probeer doen hieraan -

terug in Pretoria het ek „n epos

aan die Voortrekkermonument,

Genl Opperman geskryf. Hulle

is al besig met hierdie stryd

sedert 2007.

Ek is seker daar is nog vele ander Afrikaner bakens wat

dieselfde paadjie loop en ek dink dit is „n kwessie van,

“niemand kla nie, so hoekom sal ons geld spandeer op „n skyn-

baar nodelose struktuur”.

My uitdaging aan die leser is:

As jy besoek aflê, of moet ek liewer sê “jy MOET besoek aflê”

by ons monumente en as dit verwaarloos is, gaan dit net ons

wees wat daaroor bekommerd gaan wees. Doen iets daaraan—

kontak die beheerliggaam, loods „n projek om die plek skoon te

maak.

Ander voor ons se swaar fondsinsamelingsprojekte om die

struktuur opgerig te kry kan mos nie verniet wees en sommer

net vergaan nie?

Vertel ons bietjie:

Kom ons begin ons eie :

“Oppie pad” kolom.

Was jy al op Thomas farm net

buite Hopetown waar die slag van Belmont plaasgevind

het? Het jy gesien hoe lyk die plaasopstal wat as Lord

Methuen se hoofkwartier en later hospitaal gedien het?

Het jy al op Phillipolis in die tronk (uit vrye wil) oornag?

Dalk het jy al koffie gedrink by Kalbassie—‟n padstal net

buite Vredefort, waar die tannie nog moerkoffie met „n

moeseliendoek maak en dit nogal sonder om „n sent te

vra—sy wil net sit en gesels om die groot ou tafel.

Stuur jou inligting—waar en wat en sommer ‟n foto of

twee ook —ons wil ook gaan kyk.

O n s M o n u m e n t e : V o o r t r e k k e r M o n u m e n t : W i n b u r g

L a a t j o u d i n k n ê ?

“Doen wat reg is en jy sal

baie stampe kry, maar nie in

jou gesig nie”

Jy sien die monument as jy oppad is Kaap toe vir die lang verdi-

ende vakansie of oppad terug om nog „n jaar te begin.

Het jy al afgedraai en gaan kyk? Ek het! Ek was geskok om te sien

hoe dit daar lyk. Gras staan kniehoogte en selfs hoër. Afgesien van

‟n paar poppe wat statiese uitstallings vorm, het die nuwe regering

selfs hier oorgeneem.

Ons eie geskiedenis word in ‟n hoekie gedruk en alles van 1994 af,

kry nou ‟n plek in ‟n museum wat opgerig is ter nagedagtenis aan

die Voortrekkers—hier waar die grootste mate van eenheid bereik

is en die Groot Trek staatkundig en kerklik georden is.

So al met „n toegegroeide paadjie kom jy by die nederige en een-

voudige huisie waar Pres Steyn sy eerste asemteug gegee het. Jy

voel die geskiedenis, jy ruik die swaarkry en jy ervaar die trotsheid

van hierdie man.

Nêrens kry jy ‟n pamflet wat jou vertel—dis nou as jy nie reeds

geweet het nie—van die simboliek en die geweldige groot

boodskap wat hierdie struktuur uitdra nie. Al wat jy kry is die

boodskap— net in ENGELS — “Sorry for the inconvenience during

renovations”. Is dit herstel of is dit “her-uitlê” van die museum?

Daar is nie „n gids in sig nie—niemand wat jou kan vertel wat hier

10

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

4 2 8 3 7

9 3

5 2

6 4 5 1

3 6 4 8

3 2 9 6

9 4

7 3

1 7 6 5 2 Oplossing op volgende bladsy

Page 11: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

W A T S Ê D I E J O N G K L O M P V A N B O E R E D A N S E

O p l o s s i n g : S u d o k u

Boeredanse klink nie altyd na „n baie opwindende term nie maar die kamp by die Voortrekker-

monument was „n belewenis.

As 15 jarige jong seun met geen ondervinding van “Voortrekkers” nie was ek glad nie opge-

wonde om saam met Chantelle hierdie Boeredans-naweek te gaan bywoon nie. Ek het met

gemengde gevoelens gegaan want hoe kan hierdie tipe danse dan ooit interessant wees.

Ek het niemand anders geken nie en sommer met die intrapslag welkom gevoel tussen die

kinders. Daar was jong kinders en daar was ouer kinders. Ek het almal se aandag en gesel-

skap baie geniet. Ons voel amper soos een groot familie wat baie pret deel.

Met die dansery het ek maar eers baie skrikkering gevoel. Eweskielik moet ek danspassies aanleer en na ander soort

musiek luister. Tannie Danette is „n uitstekende leermeesteres en het ek sommer baie vinnig die nuwe danse aan-

geleer. Vrydagaand het ons tot laat gedans en Saterdag byna vir 11 ure gewals en passies soos die Polka, Settees,

Mazurka, Kadriel en Paddika aangeleer. Ons het baie roteer aangesien die choreografie van so aard is dat jy gereeld

maats wissel. Voete wat pyn het my beslis herinner ek is besig om iets ongewoons te doen. Ons was moeg en uit-

geput maar dit was groot pret om al die nuwe danse aan te leer.

Soggens is ons wakker gemaak met „n stukkie boeremusiek en dan het jy net so „n halfuur gehad om aangetrek te

kom en “Bosluispap” as ontbyt te gaan geniet! Ek het die storie eers so bekyk en gewonder wat gee hierdie mense

ons nou om te eet – maar toe uitgevind dat dit eintlik baie smaakvol is. Dis glo tradisie op die kamp! Die middag- en

aandetes was ook heerlik! Al die ouers wat gehelp het, het baie moeite gedoen om die kamp vir almal so aangenaam

as moontlik te maak en ons waardeer dit alles baie.

Sondag teen 12:00 het ons ouers opgedaag en met toejuiging het ons hulle vermaak met ons Boeredanse! My ouers

was skoon verbaas toe hulle sien hoeveel nuwe passies ek aangeleer het!

Behalwe vir die danspassies het ek ook sommer „n klomp nuwe vriende gemaak! BOEREDANSE IS GROOT PRET!!!

Groete tot „n volgende keer – sien jou by die Boeredans! ZARIUS PRETORIUS (15 JAAR OUD – skolier by AFFIES)

11

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

5 4 1 9 6 2 8 3 7

2 6 9 7 3 8 5 1 4

3 8 7 1 4 5 6 9 2

6 9 4 8 5 1 2 7 3

7 3 2 6 9 4 1 8 5

8 1 5 3 2 7 9 4 6

9 2 3 4 1 6 7 5 8

4 5 8 2 7 9 3 6 1

1 7 6 5 8 3 4 2 9

“Sugarbush”

(„n vertaling van

“Suikerbossie”),

gesing deur Doris Day

en Frankie Laine, was die eerste

liedjie van Afrikaanse oorsprong wat

die Amerikaanse toptien-

treffersparade gehaal het (1952).

Page 12: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

H A N D L E I D I N G V I R B O E R E D A N S G R O E P E

Ons wil die vereniging se getalle laat groei. Hoe kan ons dit doen?

Bemarking is maar die eerste stap en dit gebeur dikwels wanneer jy dit nie beplan het nie.

Hoe reageer jy op navrae van belangstellendes? Is jy self opgewonde en het jy „n werklike passie vir boere-

danse?

Nou goed: Jy het jou nuwe lede oorreed om die oefeninge by te woon.

Nou is dit belangrik dat „n skynbaar onbenullige aspek vir sommiges - jou adminstrasie - in plek moet wees.

Jy moet reg wees om die vrae te kan beantwoord wat die person het by jou eerste oefening. Eerste indrukke is blywend en dit

kan in invloed op jou ledetal hê.

Met „n vereniging wat al amper sterk kan loop maar steeds meer dansgroepe wil stig is daar „n leemte geidentifiseer vir „n hand

leiding waaraan dansgroepe en hul leiers kan vashou vir leiding en rigting. Indien jy enige aspekte het wat jy in so handleiding

sou wou sien, stuur dit aan [email protected] vir insluiting in „n voorlopige handleiding vir voorlegging by die Algemene

Jaarvergadering in September 2011.

12

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Wenke vir die aanleer van danse

Samestelling

van danse

Hoe organiseer ek ‘n

dansgeleentheid/ kursus

BEMARKING—

Waar begin ek?

Hoe lyk ‘n grondwet

vir ‘n dansgroep?

Kontakpersone

vir hulp

Herkoms van

ons boeredanse Admin wenke

vir ‘n dansgroep

Voorbeeld van ‘n basiese

kursus uitleg?

Page 13: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

13

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Uittreksel uit Huisgenoot Tempo van Maart 2010.

Page 14: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

14

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Page 15: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

15

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Page 16: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

16

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Page 17: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

17

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Page 18: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

18

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Page 19: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

19

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

STORIETYD……

Oom Andries (Uittreksel uit “Bokmis op Wonderkroon” Biografiese vertellings deur Josie

Breytenbach)

Oom Andries-hulle het elke jaar, wanneer die mielies ryp is, saans die koppe

afgemaak buite by die mielievloer. Dit was „n ronde vloer met beesmis uitges-

meer en met „n kleirandjie rondom. Wanneer al die mielies van die koppe af-

gedraai is, en die stronke op „n hoop gepak om mee vuur te maak, dan hou oom

Andries „n mieliebôl. Hy was „n uithaler konsertinaspeler en sy seuns het tyd gehou met die kitaar en banjo.

Toe ek nege jaar oud was, het ek Pa gesoebat om my na die mieliebôl te neem. Pa was nie „n danser nie, maar hy het gehou van

musiek en van geselskap. Ons twee stryk toe deur die klofie die aand. Ma bly afkeurend tuis. Met my hand in Pa s‟n was ek nie

bang vir die kond met die afkop wat oom Andries een aand met sy eie oë daar gesien het nie.

Toe ons deur die lyndraad klim, hoor ek al die konsertina en ek wens stilletjies date k al groot genoeg was om gevra te word vir „n

dans. Ek weet dan al hoe om die Charleston te dans, dink ek.

Pa en ek gaan sit hier digby oom Andries, en ek sien daar‟s groot opgewondenheid onder die dansers. Andrew Kapenaar het kom

kuier en het „n splinternuwe dans met hom saamgebring uit die Kaap uit. Dit was die “hush-hush” en ek sien hy‟s besig om die ander

touwys te maak met die dans. Ek is die ene oë. Jy dans hom op die wysie van Pêreby, pêreby, jy moet jou nollery laat bly – voren-

toe en agtertoe, vorentoe en agtertoe en dan wip-wip vorentoe. Wat „n saligheid. Ek oefen ook ongemerk hier langs die kant van

die vloer, en dis nie lank nie, of ek het sy slag. Oom Andries rek die konsertina dat hy so „n boog maak en knik aanmoedigend vir my.

Ankôr, Ankôr! Skree die dansers, en toe hy weer begin speel, val Bettie van oom Frik en ek ook in hier langs die kant van die vloer,

en ons dans die hush-hush asof ons hom self in die Kaap gaan haal het. Intussen droom ek van die grote Kaap en al die wonderlike

dinge wat daar te sien moet wees.

Hoe breed is die strate daar? Vra ek vir Pa, want ek weet hy was al daar op sy honeymoon, en ek beny Andrew Kapenaar wat selfs al

„n sirkus en „n merry-go-round gesien het.

Koffiedrinktyd gaan sit ek naby oom Andries en vra saggies vir hom: “Van waar af ken julle vir Andrew Kapenaar?”

“Sy pa het vir jou oupa gewerk op Armoed vir „n tiekie op „n dag en kos” sê hy. “later het hy poliesman geword op Oudshoorn en het

jou oupa hom verniet in sy tuishuis op die dorp laat woon op voorwaarde dat hy vir hulle sorg vir kos en slaapplek wanneer hulle met

Nagmaal op die dorp oorbly. Nou bly hulle in Observatory in die Kaap”

Die Observatory moet „n wonderlike plek wees, dink ek. Die hush-hush kom eerste soontoe.

“Uitkap!” roep oom Andries, sit sy leë koppie neer en val weg met “Piet skiet die kat” op die konsertina. Maar dis „n patika , en die

dansers wil nou net hush-hush. Hy slaan oor in „n ander key en begin weer met Pêreby, pêreby, jy moet jou nollery laat bly”, en die

dansers wieg vorentoe en agtertoe en wip saam met “dis „n mooi noointjie, met „n rondjie mondjie, jy moet jou nollery laat bly.

So opgeruimd was oom Andries – amper te opgeruimd vir „n boer in die depressietyd.

Het hy dalk met die konsertina die hartseerkanker van die swaar jare prober doodspeel?

“toe ek nog maar „n kalfie was toe moes ek honger ly

En nou dat ek „n groot bees is, nou melk die mense my”

Page 20: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

20

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Die Vastrap - Oom Hannes vertel:

Na die Anglo Boere oorlog was die mense baie arm (behalwe die hensoppers)!

Alles was vernietig en hulle moes feitlik uit niks ‗n bestaan prober maak. Huise was

daar nie en nuwes moes met roustene of sooie gebou word. Die vloere was van

grond en miershoop.

Ek was nog klein, in 1916 net 5 jaar oud, maar ek onthou nog goed. Die mier-

shoop is uitgekies met ‗n voorkeur vir lymerige, vaal leemgrond, Dit is uitgekap en

gespit, op die slee gelaai en aangery huistoe (‗n wa is nie gebruik nie—as jy een

gehad het—wan tdie grond was baie swaar en die slee was lag). Dan was die

miershoop stukkend gekap, ingesuur met water en vir so twee dae laat lê. Daarna

is dit met emmers en grawe in die huis ingedra en omtrent ses duim dik ingesit,

vasgestamp em met slapper klei oorgevryf.

Dit het baie stadig droog geword. As dit droog was, is dit weer effens natgemaak

en dan was die jongmense uitgenooi om die vloer te kom vastrap. Met boerekon-

sertina, viool en kitaar, swart baadjie en wit broeke het hulle gekom om die aand

onder lantern en kerslig met boeretroos en boontjiesop te kom geniet. Die stoele

en tafels is teen die mure gesit en later dan weer na die middle verskuif sodat die

hele vloer vasgetrap kon word.

Volgens my wete was daar nooit ‘n sekere tipe dans wat ooit vastrap genome was

nie. Daar is seker party mense wat dit gebruik het om na ‘n sekere sort dans te

verwys. Dit was sekere maar soos party stukke wat net een wysie het, maar drie of

vier verskillende name gehad het.

Die dag na die dans was die vloere weer met modderklei opgevryf en as dit droog

was het hulle dit dan met beesmis gesmeer vir verdere gebruik.

Ek onthou al hierdie dinge baie goed.

Op die plaas Klipkraal in die Morgenson-distrik waar ek groot geword het, het ‗n

spruit met ‗n lang vlei deurgeloop. Meer boontoe was daar so ‗n wit kleilaag wat,

as jy water en bietjie growwe sout bygegooi het, ‗n baie mooi wit kleur aangeneem

het. Die mure was daarmee afgewit en dit het so ‗n lekker grondreuk deur die ver-

trek gelaat.

Artikel uit: Opskommel.

Page 21: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

21

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Dans was maar ons plesier

Uittreksels uit die artikel geskryf deur: Yalda Krause en Edith H Katzenellenbogen

Was jy al ooit op „n “*sheepskin?” Ken jy die bekoring van „n outydse plaasdansparty: sy prêt, joligheid, spontaniteit, gees van hartlikheid,

ongekunsteldheid en frisheid? Inligting uit vraelyste aan die ervare-in-jare beeld die karakter van so „n dansgeleentheid en die passie vir

hierdie vermaakvorm uit;

Die name van die outydse danse kom vandag as ‗n aardigheid in ons taal voor – die meeste mense het nooit die uitvoering van die danse

self gesien nie. Tot ongeveer 1940 was bykans geen gesellige plaasdansparty denkbaar sonder die wals, seties, polka, mazurka, vas-

trap, paddika, kadriel, lansers en koddeljons nie. Hiervan was die wals waarskynlik die gewildste.

Baie van die dansname is volksetimologiese produkte. Schottische het in die Afrikaanse volksmond verander na seties, settees, satties,

sittees, sikketees ensovoorts en pas de quatre is vervorm na Paddika. Die Franse dans cotillion (wat onderrok beteken), roem met ver-

skeie variasies: kotiljon(s), katiljon(s), kotteljons en selfs skotteljons.

Hierdie danse is nie sommer ‗n onverskillige sameflansing van bewegings nie, inteendeel, hulle het ‗n ryke tradisie. Ten spyte van die

Engelse en Europese wortels van hierdie danse het die nuwe nasie wat hier gevorm is, sy eie stemple daarop afgedruk en dit volkseie

gemaak.

Hierdie kultuurdanse het ‗n besondere behoefte in die gemeenskap vervul, dit ten spyte van die dans-is-sonde-uitspraak van die kerk.

Dit was ‗n belangrike en gewilde tydverdryf tydens naweke, vakansiedae en reëndae wanneer die boerderyaktwiteite stilgestaan het.

Daar is nie gelate op ‗n gepaste dansgleentheid gewag nie, maar gedans ―net wanneer ons so gevoel het‖ (mev A Havemann, Boshoff).

Dire tot vier verrassingspartytjies (―surprise parties‖) per week in sommige distrikte behels dat die jongklomp met eetgoed by ‗n geskikte

plaashuis bymekaarkom, aanklop en op ‗n vriendelike ontvangs hoop – wat hul klokslag gekry het, al het die gasheer en –vrou reeds

geslaap.

Die Afrikaner se dansbelewenis was waarskynlik eerder ‗n emosionele as ‗n estetiese uitting. Daar is met groot vreugde en vuur gedraai,

geswaai, geskoffel, gespring, getrap en voete gestamp. Die lewenslus en avontuurlike gees van die plattelandse Afrikaner het veral met

die polka duidelik sigbaar geword as die jongklomp die vloer laat dreun het met ―sulke wilde bokspringe‖ (mve S Fourie, distrik Rouxville).

Terselfdertyd was ‗n bietjie onskuldige vermaak ‗n ontvlugting van die swak sosio-ekonomiese toestande waarin die meeste Afrikaners

aan die begin van die eeu geleef het (depressie en droogte).

Die noodlot en natuurelemente kon nie eers hul geesdrif demp nie. Wanneer ‗n wawiel ‗n [aar myl van die postal uitgeval het, is die osse

daar en dan uitgespan en aan die jukke vasgemaak. Die jongklomp het sonder meer al die benodighede vir die aand saamgedra,

waaronder ‗n grammafoon en dansplate indie die orkes ‗n blaaskans neem. Spruite en rivier is selfs aangedurf. Dames het met hul wit

rokke en wit skoene deur kniediep water geloop of is deur die mans deur vol spruite gedra. Soms was die water so hoog dat dit deur die

perde- of kapkarre gespoel het. Wat ook al die toestande, ―dwarsdeur die nag, al was die nag ook 22 Junie en die wêreld wit geryp, dan

was dit nog altyd baie lekker …. as die maat reg was‖ (mev E Bouwer, Somerset Oos). Wanner die huweliksmaat nie kon dans of nie

daarin belanggestel het nie, of wanner ouers hul kinders toestemming geweier het, het etlike lydende partye gevoel dat hulle baie plesier

ontneem is.

*bokjol, boeredansparty

Dit is klaarblyklik ‗n spottende benaming wat onder die

Engelse gemeenskap ontstaan het om met die ruwe

boerejongens en hulle velbaardjies die gek te skeer

(uit: Kinders van konings, Volksballades: tekste en bladmusiek)

RED:

Deel ons hierdie passie vir ons boeredanse? Is dit die

beeld wat ander mense sien wanneer ons die vloer vat?

Daardie vreugde is wat mense wil laat deel word van ‗n

organisasie wat vorentoe stoom en wil uitbou en behou wat syne is.

Kom ons neem weer eienaarskap van een van ons Afrikaner kultuurvorme – boeredanse.

Page 22: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

22

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

My Pa se “op-die-knie-sit” stories! Een ding wat ek nooit van my pa sal vergeet is sy manier waarmee hy vir jou ‘n le-

wensles geleer het nie. Hier is een van daardie lesse:

Edelweiss blommetjie

In ‗n klein dorpie in die Switserse Alpe het ‗n arm gesin gewoon Die dorpie was omring met hoë kranse. Die ma was ernstig siek en slegs ‗n operasie in Amerika sou haar gesond kon maak. Daar-voor was daar nie geld nie en die pa en die seuntjie was magteloos.

Op ‗n dag stop ‗n groot bus met Amerikaanse toeriste in die dorpie. Baie ryk vrou het uit die bus geklim en dadelik begin rond vra wie vir haar die edelweiss blommetjie in die berg sal gaan pluk. Die hele doel van haar besoek was om so ‗n blommetjie in die hande te kry. Sy het selfs ‗n groot beloning beloof aan die persoon wat die blom sal gaan pluk.

Die mense was huiwerig want die blom groei net baie hoog in die berg teen gevaarlike rotswande. Die rede hiervoor is dat die blom bestuif word deur ‗n mot wat net op daardie hoogtes voorkom.

Die seuntjie het van die versoek te hore gekom en na sy pa gehardloop om hom te gaan vertel dat hulle uiteindelik ‗n kans het om die geld vir sy ma se operasie te kan bekom. Die pa was, omdat hy die gevare geken het, glad nie te vinde vir die aksie nie. Die seuntjie het egter volgehou en die pa het later ingegee. Die seuntjie is na die vrou om vir haar te sê dat hulle die blom die volgende more sal gaan pluk Op haar vraag ―Hoekom sien jy en jou pa kans om dit te doen terwyl niemand anders dit wil doen nie‖ was sy antwoord sonder huiwering ―Ons het die geld nodig vir my ma se operasie.‖

Die storie het spoedig deur die hele dorpie versprei. Die volgende more is pa en seun met ‗n paadjie berg uit, hulle het al met die kruin langs beweeg tot bo die krans waar die edelweiss groei. ‗n Groot klomp mense insluitend die toeriste het gebeurtenis angstig dopgehou

Daar het die pa die tou cm vir cm deursoek om seker te maak daar is nie ‗n swak plek nie. Toe het hy die tou om sy lyf geknoop en die ander punt om sy seuntjie se lyf. Hulle het na die rand van die afgrond beweeg. Die pa het stewig stelling ingeneem en die seuntjie het stadig oor die rand van die afgrond af gegly.

Almal was doodstil. Die Amerikaanse vrou het toe besef aan watter gevaar sy die kind en sy pa blootgestel het. Skielik het die seuntjie geskree. ―Pa kan maar trek ek het hom‖ Na ‗n rukkie het hy oor die rotswand verskyn. Sy pa het hom opgehelp, die mense het hande geklap. Die vrou het stadig nader gestap en vir die seuntjie gevra of hy baie bang was. Sy antwoord was ―Nee want my pa was dan aan die ander punt en ons het dit vir my ma gedoen‖

Die vrou was oorstelp van bewondering en het aangebied om vir die reis en operasie in Amerika te betaal.

My pa het die storietjie al vir menige kind en volwassene vertel en die boodskap bly treffend maak nie saak watter ouderdom jy is nie – God IS ALTYD aan die anderkant van die tou MITS jy VERTROU en VASHOU.

6 April - Van Riebeeckdag / Volksplantingsdag / Stigtingsdag

Kommandeur Jan van Riebeeck en sy groep van drie skepe land op 6 April 1652 in Tafelbaai. Die Van Riebeeckgelofte word in 1654 deur Jan van Riebeeck afgelê. Dit is, saam met die geloftes van Paardekraal en Bloedrivier, een van die Afrikanervolk se drie geloftes aan God.

31 Mei - Uniedag / Republiekdag / Bittereinderdag

CJ Langenhoven skryf op 30/31 Mei 1918 die eerste drie strofes van Die Stem van SA. Die Unievlag word in 1928 vir die eerste keer in Kaapstad gehys. Die Unie van SA word ‗n Republiek. Die Unievlag is as Nasionale vlag behou en word op sy eie gehys.

10 Okt - Krugerdag / Heldedag

Paul Kruger is gebore in 1825. Afrikaanse Taalmonument is in 1975 in die Paarl onthul.

16 Des - Dingaansdag / Geloftedag / Versoeningsdag

Slag van Bloedrivier aan die oewer van die Klein Tugelarivier oorwin 470 Voortrekkerburgers met 64 waens 10 000 Zoeloes op hierdie Sondagmore in 1838. In 1910 word dit „n openbare vakansiedag verklaar en in 1952 word dit verander van Dingaansdag na Geloftedag.

Slegs laasgenoemde word nog as „n amptelike vakansiedag erken

V a k a n s i e d a e e n h u l o o r s p r o n g

Page 23: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

KOMITEE LEDE

Voorsitter: Lucia van Wyk

083 384 0542

[email protected]

Ondervoorsitter: Ben Raubenheimer

076 924 9549

Sekretaresse: Louisa Heymans

072 684 1672

Tesourier: Fanus van Wyk

083 306 4470

[email protected]

Bemarking: Manie Brits

083 737 6797

[email protected]

KONTAK BESONDERHEDE VAN GROEPE

1. De Oudewerf Trad. Boeredansers

Lucia van Wyk - 083 384 0542

(Pretoria)

2. Rooidag Trad. Boeredansers

Danie Scheepers - 084 250 6395

(Stilfontein)

3. Wapadrand Boeredansgroep (kinders)

Danette Smith - 082 923 6177

(Pretoria)

4. Protea Vastrap Trad. Boeredansers

Patrys Roestoff - 084 516 9491

H a n d i g e K o n t a k t e

SA Vereniging vir Kultuurgeskiedenis (SAVK) : Redakteur— Estelle Pretorius - [email protected] Protea boekhuis - Hatfield : 012 362 5663 Baie wye verskeidenheid Africana boeke en baie behulpsame personeel Voortrekker Monument - Erfenis sentrum : 012 326 6770 Etta Judson - Museumbestuuder Peterjasie.co.za - interressante afrikaanse nuusbrief op die web Hannes Schoeman - musikant : 082 873 8310 Danie Grey - musikant : 073 233 8129 Philip Raath - musikant : [email protected] Pieter Bodenstein - Boeremusiekgilde : 082 410 1655

Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 2, Uitgawe 1 van 2011

Die argief is „n waardevolle bron van

inligting maar is ook noodsaaklik vir

die bewaring van daardie inligting.

Kontak Ben Raubenheimer indien jy

enige materiaal vir die opneem in

die vereniging se argief het.

I N D I E V O L G E N D E

U I T G A W E

Verdere agtergrond van ons

boeredans style

Ons Monumente

Verdere dagboekinskrywings

Wie was Hannie v d Merwe?

Op die lei : Wat praat jy!

Verskil tussen Volspele en

Boeredanse

23

Page 24: Balke Toe! - boeredansgroep.co.za Toe Maart 2011.pdf · vrou se naam Sarie Marais toe hy die Afrikaanse woorde vir die lied geskryf het. In 1931 is daar ‗n kort film gemaak met

NOTAS

Stuur gerus jou brokkies en nuus aan: Danette Smith by

[email protected] of Faks: 012 313 3758