’n lee kerk, maar tog vol van christus...2020/09/06 · bergsig se gebedsgroep stuur asb. jou...
TRANSCRIPT
6 September 2020
09:00 Familiediens Regstreeks op YouTube Ds. Johan Els
18:00 @6 Aanddiens
Arno Mattheus
Deuroffer: Alta du Toitskool
13 September 2020, Preekreeks: #24/7 Plakkers Ons het in die afgelope
drie-en-twintig weke so
baie geleer uit die omstan-
dighede waarin ons, ons
bevind het.
Vir die eerste keer is kerk-
geboue wêreldwyd toege-
maak, maar dit kon nie die
Woord van God stuit om
verkondig te word nie.
Dit het ons wel laat dink …
ek self het baie meer
begin dink oor Godsdiens-
vryheid en ander lande
wat mense gedurig beperk
om hul geloof uit te leef.
Skielik is dit nog MEER
ons eie verantwoor-
delikheid om aan die
Woord gekoppel te bly.
Die kerkgebou en
samesyn van medege-
lowiges is nie die trek-
pleister daarna toe nie.
Die gerief van ons eie huis
raak ’n maklike plek van
aanbidding.
So het beide aanbiddings-
ruimtes hul uitdagings. Die
kerk kan soos ’n warm-
broei kuierplek raak en die
huis weer soos ’n bly in
jou koekon snoesige
ruimte.
Daar is ’n ooreenkoms
tussen die twee - dat
beide vinnig ’n gemak
aanbidsone kan raak.
Ons moet gedurig onsself
uitdaag om eerder te kyk
of ons nie te “gemaklik” in
ons aanbidding raak nie.
Die vervolgdes beleef
omtrent altyd ongemak te
midde van hul aanbidding.
Kyk na die leë kerk foto
hierbo - hoe ongemaklik
is dit nie om vir ’n leë kerk
te preek nie?
Tog as ons, ons visie ver-
breed weet ons daar sit ’n
magdom mense en luister
aan die anderkant van die
skerm wie bereik kan
word.
So moet ons as Christene
ook gereeld introspeksie
doen en ons visie ver-
breed rakende hoe ons as
Christene leef in ’n ge-
broke wêreld.
Pasop vir gemak en maak
jou hart oop - verlaat soos
die renduif jou nessie -
gaan maak ‘n draai buite
jou gemaksone, leef jou
Christenskap anders,
meer tasbaar uit en kom
dan terug na die huis van
die Here om gevoed te
raak met Sy Woord.
Ons sien uit om weer
saam te kan aanbid.
Mag dit ’n groot lekkerte
en viering wees om God te
verheerlik.
Prys sy Heilige naam.
09:00 Familiediens Regstreeks op YouTube Ds. Mizelle Prinsloo
18:00 @6 Aanddiens
Ds. Johan Els
Deuroffer: CAD
6 September 2020, Preekreeks: #24/7, Vol vs Leeg Biddag: Dowes
’n Lee kerk, maar tog vol van Christus
Blomme wat OMGEE en
HOOP verkondig vanaf Laer-
skool Durbanville. Lees meer op
die agterblad.
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré as jy betrokke wil raak: [email protected]
Kos en Kos-vir-Kersfeesprojek
Kontak: Uitreikekantoor (021 976 4106) ([email protected])
Baie gesinne en individue in, en op die drumpel van Durbanville, ly daagliks honger a.g.v. werkloosheid en ander sosiale probleme. Durbanville-Bergsig help om hierdie groot behoefte te takel, in samewerking met die drie naaste takkantore van BADISA Trio – Bellville, Kraaifontein en Scottsdene, deur nie-bederfbare kosvoorrade en kospakkies te verskaf volgens beskikbare fondse. Gemeen-telede skenk die kosvoorrade of kontant vir die aankoop daarvan. Gemelde Badisa-kantore versprei die kosvoorrade volgens hulle dis-kresie. Die behoefte word steeds groter en ons vertrou ons Hemelse Vader om die gemeente in staat te stel om in die toekoms op ’n steeds groter skaal tot hierdie projek te kan bydra. Die kosnood bly steeds baie groter as die beskikbare bronne.
Kospakkies word ook vir gemeentelede uitgegee soos benodig.
Elke jaar word die “Kos-vir-Kersfees”-projek gedurende November geloods waardeur Berg-sig gemeentelede finansiële skenkings maak vir die aankoop van kosvoorrade vir ver-spreiding aan behoeftiges voor Kersfees.
Josias Willemse is verlede week gedoop in Durbanville-
Bergsig deur Ds. Johan Els. Hy is die seun van Jacobus
en Cara Willemse.
’n Vreugdevolle dag vir almal ten spyte van die maskers.
Handelinge 14:15
15 Mense, wat vang julle nou aan? Ons is maar net sulke mense soos julle. Ons bring vir julle die goeie boodskap dat julle hierdie sinlose
gode moet laat staan en julle tot die lewende God bekeer. Dit is Hy wat
die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het.
Bergsig het ’n gebeds-WhatsApp-groep waarop ons gebedsversoeke van individue en die gemeente deel en dan saam daaroor bid. Indien jy deel wil wees van Bergsig se GEBEDSGROEP stuur asb. jou naam en nommer vir ds. Mizelle by 083 394 1101. Raak deel van die groep veral nou as jy baie alleen voel. Die leraars is beskikbaar om jul te bedien - al is dit per telefoon.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Deuroffer: Christelike Afhanklilheidsdienste Christian Action for Dependence is 'n dinamiese orga-nisasie vir die ondersteuning van drank & dwelmafhank-likes en hul gesinne. Hul hoofdoel is om te verseker dat die afhanklike van die herstellende middel, hulself daarvan weerhou. Hul ondersteun die afhanklike en hul gesin fisies, sielkundig, sosiaal en godsdienstig om meer produktief en gelukkig te wees. Uit persoonlike ervaring weet ons dat daar hoop is, en as sodanig verstaan ons die probleem. Bel gerus indien jy hulp benodig: 0828991883 / 021 903 1030
BAIE, BAIE DANKIE vir aanlyn-offergawes wat inbetaal word
deur internet inbetalings, Zapper en Snapscan asook vir
kontantinbetalings by kerkkantoor.
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • [email protected] •
www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551
Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]
S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527
Oppi-hoek kos:
Die volgende fondsinsameling van die kerk deur kosverkope is op 18 Sept. 2020. Daar is heerlike Boerie roosterkoeke te koop teen R35 (dit is basies ‘n vars roosterkoek met twee stukkies boerewors en tamatiesmoor).
Daar is ook “kaal” roosterkoeke te koop @R10 elk en pannekoek spesiaal gebak deur die Bouwer Gesin.
Pannekoek pryse: enkel – R7, 3x – R20, 15x – R100
Pannekoek is vanaf 10:00 tot 18:30 beskikbaar. Roosterkoek is eers na 12:00 beskikbaar.
Bring jou Bestellingsnommer saam wat jy sal kry sodra jy die vorm voltooi ingestuur het.
Kontant in 'n koevert met die regte bedrag.
EFT: Bring asb bewys van betaling saam vir EFT be-talings. Snapscan betalings sal outomaties opgetel word en geen bewys is nodig nie.
Gebruik die skakel om te bestel: http://bit.ly/oppihoek-kos
DURBIES GEE OM! Die Durbieland waarde vir Septembermaand is
OMGEE en die Durbies het lentedag gevier deur te
wys dat hul omgee. Leerders en onderwysers het
blomme en takke met blare uit hul tuine skool toe ge-
bring. Al hierdie blomme is bymekaar gesit om bossies
blomme te skep. Elke enkele blom of tak vol blare, het
'n verskil gemaak! Hierdie blommeversierings is 'n her-
innering aan alle gesinne regoor die wêreld, wat tans
swaarkry of iemand verloor het weens COVID-19.
Laerskool Durbanville wys dat hul omgee en dat ons
saam met alle gesinne staan wat tans sukkel, maar
terselfdertyd die begin van die lente en die skoonheid
rondom ons wil vier, terwyl ons in so 'n pragtige
wêrelddeel leef. Dankie aan Laerskool Durbanville.
Ons ervaar OMGEE.