· web viewas grande finale sal die twee musici ‘n virtuose verwerking van isaac albéniz se...

Post on 23-Jun-2018

216 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

PERSVRYSTELLING:

KLAVIER EN ORREL UITVOERING

Die Brooklyn Teater bied op 10 en 12 Maart konserte met die uitsonderlike kombinasie van pianis Wessel van Wyk en orrelis Ockie Vermeulen aan.

Wessel en Ockie gaan ‘n stylvolle en interessante program aanbied. Hulle open met die “Fantaisie” van Clifford Demarest, ‘n werk wat spesifiek vir die kombinasie van klavier en orrel gekomponeer is. Die dramatiese styl van hierdie werk bewys dat, sover dit volume en effek betref, die twee instrumente mekaar beslis kan ewenaar.

Drie sensitiewe verwerkings van Koraalvoorspele deur JS Bach – Mein Gläubiges Herz,BWV 68, Wachet auf BWV 140, en Jesu bleibet meine Freude BWV 147- sal afgewissel word deur ‘n weergawe van die Hallelujah koor deur GF Händel, spesiaal verwerk deur Ockie vir sy en Wessel se kombinasie.

Twee geliefde komposies uit die Klassieke periode, Mozart se Andante uit die Elvira Madigan klavierkonsert K.467, en Beethoven se Andante sostenuto uit die klaviersonate Op.27 no. 2 (“Die Maanlig”) is deur hierdie twee musici aangepas om te toon hoe effektief hulle onderskeie timbres kombineer. In hul weergawe van Alexander Guilmant se Simfonie no.2 sal Wessel en Ockie ‘n subtiele afwisseling tussen die rolle van solis- en begeleier ontgin.

Beide hierdie veelsydige voordraers deel ‘n lewendige belangstelling in populêre musiek. Hulle gaan weergawes van Alan Silvestri se “Forrest Gump” filmtema, Karl Jenkins se “Palladio” en Richard Rodney Bennet se “Blues” uit sy “Four Piece Piano Suite” speel.

Vir liefhebbers van aansteeklike ritmes is”Libertango” en “Oblivion’ van Astor Piazzolla, sowel as”Winter Games” van David Foster op die spyskaart. As grande finale sal die twee musici ‘n virtuose verwerking van Isaac Albéniz se “Asturias” uitvoer.

Hierdie is inderdaad ‘n unieke musiekgebeurtenis. Die CD, “Music for Piano and Organ” deur Wessel van Wyk en Ockie Vermeulen gaan terselftertyd vrygestel word – kopieë kan na afloop van die konserte gekoop word.

Lokaal: Brooklyn Teater

Datums en tye:

Vrydag, 10 Maart om 19:00

Sondag, 12 Maart om 15:00

Kaartjies: Ticketspace of 0124606033

top related