afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · web...

25
Die kruppel engel - Zenobia Kock - HOOFSTUK 1 1. Wat is die naam van die plaasskool waar Tina graad 7 voltooi het? 2.1 Waarheen is Tina op pad? (bl. 1) 2.2 Op watter tipe vervoer maak sy staat? 3. ‘n Motor hou stil en ‘n seun klim uit. 3.1 Wie is die seun? 3.2 Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. 3.3 Wat sê hy vir Tina? 4. Wat is die naam van Stefaans Marais se plaas? 5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Sê ook waarom jy so sê. Ant Lya is Stefaans Marais se ma. 6. Beskryf Tina se fisiese voorkoms. Noem 9 feite. 7. Was Tina gelukkig by die plaasskool, Rising Star? Motiveer ook jou antwoord. 8. Hoe weet die leser dat Tina baie goed vaar op skool? 9.1 Wat is Tina se siening oor “safe sex”? 9.2 Hoekom is dit haar siening? 10. Hoe weet ons dat Stefaans Marais nogal baie alkohol gebruik? 11. Hoe weet Tina dat daar wel plekke is waar jy in Afrikaans kan studeer na skool? 12.1 Verduidelik wat Tina bedoel met: “Sy wat Tina is, is ook ‘n mistyk…”. 12.2 Hoe laat Tina se ma haar partykeer voel oor die feit dat sy gebore is? 13. Hoe is Tina en Pa At aan mekaar verwant? 14. Tina vra vir Stefaans Marais vir geld. 14.1 Waarvoor moet hy alles betaal? 14.2 Hoekom wil Tina na die dorpskool toe gaan? 1

Upload: vudan

Post on 24-Sep-2018

303 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

Die kruppel engel- Zenobia Kock -

HOOFSTUK 1

1. Wat is die naam van die plaasskool waar Tina graad 7 voltooi het?

2.1 Waarheen is Tina op pad? (bl. 1)

2.2 Op watter tipe vervoer maak sy staat?

3. ‘n Motor hou stil en ‘n seun klim uit.

3.1 Wie is die seun?

3.2 Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word.

3.3 Wat sê hy vir Tina?

4. Wat is die naam van Stefaans Marais se plaas?

5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Sê ook waarom jy so sê.

Ant Lya is Stefaans Marais se ma.

6. Beskryf Tina se fisiese voorkoms. Noem 9 feite.

7. Was Tina gelukkig by die plaasskool, Rising Star? Motiveer ook jou antwoord.

8. Hoe weet die leser dat Tina baie goed vaar op skool?

9.1 Wat is Tina se siening oor “safe sex”?

9.2 Hoekom is dit haar siening?

10. Hoe weet ons dat Stefaans Marais nogal baie alkohol gebruik?

11. Hoe weet Tina dat daar wel plekke is waar jy in Afrikaans kan studeer na skool?

12.1 Verduidelik wat Tina bedoel met: “Sy wat Tina is, is ook ‘n mistyk…”.

12.2 Hoe laat Tina se ma haar partykeer voel oor die feit dat sy gebore is?

13. Hoe is Tina en Pa At aan mekaar verwant?

14. Tina vra vir Stefaans Marais vir geld.

14.1 Waarvoor moet hy alles betaal?

14.2 Hoekom wil Tina na die dorpskool toe gaan?

15. Hoekom vra Tina vir Stefaans Marais om vir ant Lya die geld te gee waarmee sy haar skoolbenodigdhede te koop en nie vir haar ma nie?

16. Waarvoor gee Stefaans Marais nie geld nie?

17. Weet Tina se ma van haar planne om na die dorpskool te gaan? Motiveer ook waarom jy so sê.

1

Page 2: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

HOOFSTUK 2

1. Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die nommer en die antwoord neer.

Ma Lettie is (frustreerd/kwaad/geskok) as sy hoor Tina wil na die dorpskool gaan.

2. Hoekom reageer haar ma so?

3. Watter tipe werk wil Tina nie eendag doen nie?

4. Watter klagte het Ma Lettie oor Tina?

5. Wat leer die dorpskool nie vir die kinders nie?

6. Wat het gebeur toe Tina vir haar ma sê dat sy vir Stefaans Marais gevra het om te betaal vir die dorpskool?

7. Wat is die kleintjies se name?

8.1 Wat besef Tina nadat haar ma haar so verskriklik geslaan het?

8.2 Hoekom lyk Tina anders as die ander bruin kinders.

9. Hoe oud was Ma Lettie toe sy swanger geraak het met Tina?

10. Watter leuen het Ma Lettie vir Tina vertel van wie haar biologiese pa was? Noem 3 feite.

11. Wat bedoel Tina met: “Om te weet wie jou pa is, is om te ís.”?

12. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Sê ook hoekom jy so sê.

Tina wil ook agter die kunsklas met iemand vry soos die ander kinders.

13. Ma Lettie wil nie praat oor…

A Stefaans Marais

B Jakob

C Ouma Rebekka

D Oompie Ketôt

14. Watter tipe werk doen Pa At?

15. Vul die ontbrekende woorde in.

Pa At gee óf ‘n 15.1 ____ ____ óf kry 15.2 ____ wanneer hy baie kwaad is. Ma Lettie sê dat hy net

15.3 ____ drink. Hy sorg goed vir hulle met 15.4 ____, 15.5 ____ en 15.6 ____, maar as sy 15.7 ____ naby aan die naweek is, dan het hulle net die 15.8 ____ wat Ma Lettie in die groot huis verdien en die geld wat deur die 15.9 ____ inbetaal word.

16. Verduidelik hoekom ‘n prokureur elke maand vir Ma Lettie geld inbetaal.

17. Hoe weet ons dat Tina ‘n nagmerrie oor Jakob gehad het? Noem 2 feite.

18. Watter verwyt het Ma Lettie teenoor Tina op Oukersaand?

19.1 Hoe het Pa At reageer toe hy hoor dat Tina vir Stefaans Marais gaan vra het om te betaal vir die dorpskool?

2

Page 3: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

19.2 Waarom het hy so reageer? Noem 2 feite.

20.1 Hoekom het Ma Lettie vir ant Merlin begin slaan?

20.2 Verduidelik waarom die mense nie van ant Merlin hou nie.

21. Pas die beskrywings in kolom B by die beskrywings in kolom A. Skryf net die vraagnommer en die letter neer.

A B21.1 Van Noodt se bruin woonbuurt A Oom Ketôt se vrou21.2 ant Sanna B Het net soveel sjebiens as kerke.21.3 Evaan C Jakob se ma21.4 ant Merlin D Het ‘n te kort aan kerke

E Wou Pa At met ‘n mes aanval

HOOFSTUK 3

1. Wie het Tina gevat om alles vir die dorpskool te gaan koop?

2. Verduidelik wat bedoel word met die volgende vergelyking:

“Pa At loop rond soos ‘n donderwolk.”

3. Wat is stilstuipe?

4. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die woord neer.

Pa At blameer Tina daarvan dat sy 4.1 ____ is, want sy wil na die 4.2 ____-skool toe gaan

en wil tussen die 4.3 ____ wees eerder as haar eie mense. Hy sê sy sal altyd ‘n 4.4 ____ in die

Boere se oë wees. Tina huil en sê dis nie omdat sy ‘n 4.5 ____ wil wees nie, maar omdat sy nie

eendag ander mense se huise wil 4.6 ____ maak nie omdat sy 4.7 ____ is daarin.

5. Aan wie, volgens Pa At, is die Boere te danke vir die kos wat hulle het om te eet?

6.1 Watter twee mense gaan die dag saam met Tina dorp toe met die dag wat skool begin het?

6.2 Hoekom moes die twee mense saam met haar gaan?

7.1 Met watter vak sukkel die kinders by die dorpskool?

7.2 Hoekom sukkel Tina nie met hierdie vak nie?

8. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer ook waarom jy so sê.

Tina sukkel met die Afrikaanse termonologie in die Wiskunde klas.

9. Verduidelik wat Tina bedoel wanneer sy sê die ander vakke is vir haar soos koek terwyl sy droë

pap verwag het.

10. Waarmee assosieer Tina trappe?

11. Watter nare ondervinding beleef Tina die eerste aand in die koshuis?

12. Met wie deel Tina ‘n kamer in die koshuis?

3

Page 4: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

13. Wat is 13.1 Lindiwe en 13.2 Loisie se verduideliking vir wat die graad 12’s aan die graad 8’s

doen in die koshuis?

14. Sou jy sê Tina is gelukkig in die koshuis? Motiveer jou antwoord.

15.1 Wie is juffrou Dale?

15.2 Hoe word juffrou Dale deur Tina beskryf?

16. Vir wie teken Tina in die Kuns en Kultuur klas?

17. Sê waarom Tina na die skoolhoof se kantoor geroep word.

18. Wat het in die kerk gebeur toe predikant Buffel bid tydens die biduur?

19. Hoekom het Jakob so verskriklik gestink?

20. Tina het Jakob jammer gekry die dag in die kerk na sy epileptiese aanval. Hoekom het sy vir

hom jammer gevoel.

21. Om watter rede het die Polisie juis vir Tina vrae kom vra oor Jakob?

22. Hoe het juffrou Dale reageer op die skets wat Tina van haar gemaak het?

HOOFSTUK 4

1. Wie steur haar nie aan instruksies by die graad 8’s se amptelike oriëntering nie?

2. Wie is meneer Leonard? Noem TWEE feite.

3.1 Hoekom wou Hanmarie se ouers haar na Bloemfontein gestuur het?

3.2 Verduidelik waarom Hanmarie bly was dat sy nog by die dorpskool was.

4. Waarom is die graad 10 klasse so groot in vergelyking met die graad 8 klasse?

5. Wat is die dorp se naam?

6. Wie, volgens Hanmarie, gaan in graad 10 Bloemfontein toe om in Engels te leer?

7.1 Wie is Ketlin en David?

7.2 Waar bly hierdie twee karakters?

8. Watter storie het uncle David-hulle van juffrou Dale gehoor?

9.1 Na wie verwys Tina as “Witvark met ‘n pepertong”?

9.2 Hoekom verwys Tina só na die persoon?

10. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer ook waarom jy so sê.

Juffrou Dale bied net Kuns en Kultuur aan as ‘n vak by die dorpskool.

11. Watter tipe karakter vind ons in Ruan?

12.1 Met wie spot Ruan in juffrou Dale se klas?

12.2 Hoe reageer juffrou Dale op Ruan se bespotting van Jakob?

4

Page 5: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

13. Ruan vat vet kanse by die skool behalwe in meneer Leonard se klas. Hoekom?

14. Wat het Jakob altyd in die straat voor die supermark gedoen?

15. Weet die kinders van die dorpskool dat Jakob oorlede is? Waarom sê jy so?

16. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf elke keer net die vraagnommer en die antwoord neer.

Meneer Plaatjies keer Tina voor en sê mevrou 16.1 ___ het hom vertel van haar 16.2 ___. Hy vra dat Tina dit moet aanpas vir die 16.3 ___. Haar gedig gaan oor die 16.4 ___ en hy dink al die nuwe kinders sal daarmee kan 16.5 ___. Meneer Plaatjies is die enigste 16.6 ___ onderwyser en hy verstaan as die kinders 16.7 ___ praat.

17. Verduidelik waarom Tina voel sy kan nie die goeie nuus oor haar gedig deel met die volgende

mense nie:

17.1 die koshuiskinders

17.2 Ma Lettie

17.3 Stefaans Marais

18. Dink jy juffrou Dale gee om vir Tina? Waarom sê jy so?

19.1 Het Tina van juffrou Dale se aanbod gebruik gemaak?

19.2 Verduidelik jou antwoord vir vraag 19.1.

HOOFSTUK 5

1. Noem TWEE goeie eienskappe van Andries.

2.1 Wat vra Tina vir Andries?

2.2 Wat was sy antwoord?

2.3 Wat het Andries gesê moet sy nie doen nie?

3.1 By wie kan Tina gaan bly as sy nie ‘n geleentheid kry om huis toe te gaan vir die naweek nie?

3.2 Hoekom dink sy sal hierdie mense verlig wees as sy nie by hulle bly nie?

4. Wie kom tot Tina se redding by die koöperasie?

5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te noem.

Stefaans Marais het gedink Tina ry naweke huis toe met ‘n bus.

6. Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die vraagnommer en die letter neer.

Stefaans Marais word kwaad as Tina hom ________ noem.

A Oom

B Baas

C Pa

D Meneer

5

Page 6: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

7. Gaan sy dadelik saam met Stefaans Marais huis toe? Motiveer jou antwoord.

8. Behandel Stefaans Marais vir Tina anders as wat die boere die bruin mense behandel? Motiveer ook waarom jy so sê.

9. Hoe voel Tina daaroor dat mense oor haar praat met dié dat haar pa ‘n wit man is?

10. Hoe reageer ant Ketlin en uncle David afsonderlik as Tina by hulle aanklop die Vrydagmiddag? Motiveer ook hoekom elkeen van hulle so reageer.

11. Hoekom voel dit vir Tina of sy wil begin huil en dat sy haar ma amper wil haat?

12. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Tina gaan na 12.1 ____ om 12.2 ____ te doen. Haar vriendin bly by haar 12.3 ____ in 12.4 ____ omdat die 12.5 ____ haar in die koshuis gesit het, want die 12.6 ____ by die huis is nie bevorderlik vir 12.7 ____ nie.

13. Waarmee sukkel Loisie as dit by Wiskunde kom?

14. Hoekom is dit ironies dat Pa At van Boeremusiek hou?

15.1 Aan watter sanger word Tina blootgestel deur Loisie?

15.2 Wat is kenmerkend van hierdie sanger se musiek?

16. Wat het Tina vir aandete gehad daardie Vrydagaand in Marta-se-Kris?

17. Stefaans Marais vra vir Tina: “Hoekom bly jy liewer nie die naweek in die dorp nie?”

Waaraan dink Tina alles as hy hierdie vraag aan haar stel?

18.1 Wanneer laas het Tina ordentlik geëet die spesifieke Vrydag?

18.2 Verduidelik hoekom die koshuiskinders nie middagete kry op ‘n Vrydagmiddag nie.

HOOFSTUK 6

1. Hoe kom Tina weer op die dorp na haar naweek by die huis?

2. Tina moet haar dag vol maak totdat die koshuis oopmaak. Wat doen sy om die dag om te kry?

3. Wie is ook in die VGK-kerk?

4. As wat het dié kerk voorheen bekend gestaan?

5. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer ook waarom jy so sê.

Na die kerkdiens kan almal koffie en toebroodjies geniet.

6.1 Tina groet vir dominee Buffel. Dit lyk of hy nog met haar wil praat, maar daar is ‘n lang ry mense wat wag om hom te groet. Waaroor, dink jy, wou hy met haar praat?

6.2 Hoekom, dink jy, wou die dominee oor die persoon praat?

7. Wie is die graad 8 sondagskool onderwyser?

6

Page 7: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

8. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Die mense sê dominee Buffel het 8.1 ___ ___, niemand kan by sy 8.2 ___ inkom nie, maar 8.3 ___ het. Die honde het 8.4 ___ aan hom gedoen nie. Hy is deur dominee Buffel geleer hoe om aan ‘n 8.5 ___ te klop en nie om sommer net by mense se 8.6 ___ in te loop nie. Jakob het na die dominee verwys as die 8.7 ___ met 8.8 ___ hare. Daarna het dominee Buffel vir Jakob by die 8.9 ___ afgelaai.

9. Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Ant (Ketlin/Sanna/Merlin) is die vrou van die sopkombuis wat Jakob al baie gehelp het.

10. Verduidelik waarom Loisie kies om al die pad koshuis toe te loop en nie afgelaai word deur haar oom nie.

11. Wat maal daardie aand deur Tina se kop toe sy gaan slaap het?

12. Trek die volgende tabel oor in jou boek en voltooi dan die tabel.

Tina sien vir Jakob by die hoof se kantoor uitkom…

Die verskille in sy voorkoms Die ooreenkomste in sy voorkoms(noem 4) (noem 2)

13. Wat sê Jakob vir Tina?

14.1 Waarheen moet juffrou Dale die naweek gaan?

14.2 Hoekom moet sy daarheen gaan?

14.3 Wie gaan saam met haar?

14.4 Hoe, lei jy af, voel juffrou Dale oor die kursus wat sy moet bywoon?

14.5 Wat sê juffrou Cline dan vir haar om haar gerus te stel?

15. Verduidelik hoe juffrou Dale toe uitgevind het van Tina se gedig vir die koerant.

16. Pas die onderwysers in kolom B by die beskrywing of vakke in kolom A. Skryf net die vraagnommer en die letter neer.

KOLOM A KOLOM B16.1 skoolhoof A Juffrou Dale16.2 EBW en kuns B Juffrou Cline16.3 Skeinat en Wiskunde C Meneer Rheeder16.4 Engels D Meneer Leonard16.5 Afrikaans E Meneer Roode16.6 L.O. F Mevrou Avenant16.7 Biologie G Meneer Viljee16.8 MSW H Meneer Els

17.1 Wie is die teikengroep van Tina se gedig?

17.2 Wat is die doel van haar gedig?

18. Is die onderstaande stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer ook waarom jy so sê.

Tina voel baie trots wanneer juffrou Dale haar komplimenteer op haar gedig.

7

Page 8: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

19. Hoe sal Tina vir meneer Plaatjies kan help met die skoolkoerant?

20. Daardie aand teken Tina vir Jakob. Hoekom, dink jy, het sy begin huil?

HOOFSTUK 7

1. Wat was vir Tina ‘n hoogtepunt die middag toe hulle dorp toe mag gaan?

2.1 Hoekom kon sy nie ‘n boek uitneem by die biblioteek nie? Noem twee feite.

2.2 Hoe het juffrou Dale haar gehelp? Noem twee feite.

23. Verduidelik waarom Tina gemengde gevoelens gehad het oor die feit dat juffrou Dale haar gehelp het.

3. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer ook waarom jy so sê.

Loisie en Lindiwe het saam met Tina na die biblioteek gegaan.

4. Tina besluit daardie aand dat sy van juffrou Dale hou al skree sy so op die kinders. Hoekom, dink jy, maak sy daardie besluit?

5. Hoe weet die leser dat die kursus wat juffrou Dale oor die naweek bygewoon het, die moeite werd was? Noem twee redes.

6. Wat presies behels die opdrag wat die graad 8’s in die EBW-klas kry? Verduidelik breedvoerig.

7. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die letter neer.

Op ‘n middag kyk Tina na ‘n kinderprogram oor geldsake. Die tienersakeman was 7.1 ____ as Japie Jokobus. Hy lyk nie so 7.2 ____ soos wat sy hom onthou nie. Die 7.3 ____ is 7.4 ____ en sy vel lyk sag en 7.5 ____. Die oor is net 7.6 ____ genoeg om sy gesig 7.7 ____ te maak. Hy praat eienaardig, maar nie 7.8 ____ nie. Sy boodskap is dat 7.9 ____ die sleutel is tot finasiële 7.10 ____ .

8. Jakob sê ‘n mens moet terugdink aan jou kleintyd en onthou waarin jy goed was. Waaraan laat dit vir Tina dink?

9.1 Watter plan het Tina vir die EBW-projek?

9.2 Waar gaan hulle die koekies maak?

9.3 Waarop spaar die meisies met Lindiwe se organisering om die kombuis mooi skoon te maak?

9.4 Wat noem hulle die koekies?

10. Is die onderstaande stelling waar of onwaar? Sê ook hoekom jy so sê.

Die tjokbrokke was ‘n groot sukses.

11. Watter verligting ervaar Tina daardie Vrydagmiddag?

12. Verduidelik hoekom Tina nou eers verstaan hoekom Simphiwe en Phakama nie na die dorpskool wou gaan en klaar maak met skool nie.

13.1 Wat besluit Tina om daardie naweek huis toe te vat?

13.2 Hoekom maak sy daardie besluit?

14.1 Watter besorgde gebaar maak Stefaans Marais wanneer hulle by die kaffee stop?

14.2 Hoe, dink jy, voel Tina hieroor?8

Page 9: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

HOOFSTUK 8

1. Voltooi die onderstaande sin deur die ontbrekende woord in te vul. Skryf net die vraagnommer en die antwoord.

Tina-hulle moes die resep _______ om genoeg tjokbrokke te hê vir die groot aanvraag daarna.

2. Wat is Tina, Hanmarie, Lindiwe en Loisie se verantwoordelikhede afsonderlik met die maak en verkoop van die tjokbrokke?

3. Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter neer.

‘n Mens kry mense wat na-apers is. Wat beteken dit?

A Mense wat snaakse goed doen.

B Mense doen dit wat jy doen.

C Mense wat die klits kwyt is.

D Hansworse in ‘n sirkus.

4.1 Wie was ook baie suksesvol met hierdie EBW-projek?

4.2 Wat het die persoon/persone vir die projek gedoen?

4.3 Sou jy sê dit is ironies dat Ruan die projek so ernstig opgeneem het?

5.1 Waarom hoop Tina dat juis Hanmarie sal wil aangaan om tjokbrokke te maak en te verkoop?

5.2 Hoe reageer Hanmarie wel op die voorstel om aan te gaan met hulle tjokbrokke besigheid?

6.1 Juffrou Dale vra vir Tina hoekom sy so bekaf lyk. Tina antwoord. Wat was haar drie redes waarom sy so ongelukkig was.

6.2 Watter voorstel maak juffrou Dale?

6.3 Watter voorwaarde sal tannie Bessie aan hulle stel?

6.4 Watter skok kry Tina nadat sy gehoor het hulle kan die koshuis se kombuis gebruik?

7. Is die stelling waar of onwaar? Motiveer ook waarom jy so sê.

Lindiwe en Loisie was entoesiasties om te hoor hulle kan aangaan met die tjokbrokke.

8. Kies elke keer die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnomeer en die antwoord neer.

Tina sê hulle hoef die koekies net 8.1 (drie/een/twee) keer ‘n 8.2 (maand/week/dag) te maak. Hulle moet net 8.3 (min/genoeg/meer) op ‘n slag maak dan sal hulle 8.4 (voldoen/ontgaan/ verloor) aan die aanvraag daarvoor.

9. Wie stem in om saam met Tina aan te gaan met hulle besigheid?

10. Wat, dink jy, is Loisie se rede(s) om nie meer deel te wees van die besigheid nie.

11. Ruan het ‘n vaste kontrak met ‘n paar van die onderwysers om weekliks hulle motors te was. Watter afleiding maak hy hieruit?

12. Wat irriteer Tina vreeslik as dit by Ruan kom?

9

Page 10: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

13. Die dag toe tannie Bessie help om die tjokbrokke te sny, sien sy die snylitteken op Tina se hand.

13.1 Waar op Tina se hand is die litteken?

13.2 Hoekom was die dokter baie onsimpatiek teenoor Tina toe hy vir haar steke ingesit het?

13.3 Wat was die dokter se instruksies aan ant Merlin daardie dag in die hospital?

13.4 Waaroor het Tina en Jakob daardie dag so baklei dat hulle in die hospitaal beland het?

13.5 Hoe het Tina die snylitteken gekry?

14.1 Hoe is Tina gestraf na haar en Jakob se bakleiery?

14.2 Wanneer het Tina die pop teruggekry?

15. Wat verstaan die leser nou beter oor Tina se vermoë om wasgoed te was?

16. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer ook waarom jy so s.

Ant Merlin het gedoen wat die dokter vir haar gesê het sy moet doen met Jakob se wond.

17. Verduidelik waarom die buurvrou vir ant Merlin by die polisie wou gaan aangee?

18. Wat het daarna met Jakob gebeur?

HOOFSTUK 9

1. Watter twee uitgawes kon Tina maak met die geld wat sy verdien het deur tjokbrokke te verkoop?

2. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die nommer en die antwoord.

Tina skryf haar naam op vir 21. ____. Sy haal die 2.2 ____span wat deur 2.3 ____ afgerig word op ‘n 2.4 ____ manier.

3. Dink jy dat Stefaans Marais doelbewus sorg da thy Vrydae ingaan dorp toe? Motiveer jou antwoord.

4.1 Wat gebeur as Tina oor ‘n naweek netball moet speel?

4.2 Voel sy nog soos ‘n las vir uncle David en ant Ketlin? Motiveer ook waarom jy so sê.

5. Watter kompliment gee Stefaans Marais vir Tina?

6.1 Hoe ondersteun en motiveer hy vir Tina met haar besigheid?

6.2 Hoekom is Tina geskok hieroor?

7. Is die volgende stelling waar of onwaar? Sê ook hoekom jy so sê.

Tina is ‘n briljante netbalspeler.

8. Watter ooreenkoms maak juffrou Dale met Tian na die eerste netbalwedstryd?

9. Tina is nie ‘n sportiewe mens nie, maar juffrou Dale sien ‘n ander talent in haar. Hoe help sy vir Tina daarmee?

10.1 Wie speel in Tina se plek netbal?

10.2 Hoekom het sy nie van die begin af netbal gaan speel nie?

10

Page 11: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

11. Is die stelling waar of onwaar? Motiveer ook jou antwoord.

Tina moet nog steeds gaan opwarm en vir ‘n halfuur om die baan hardloop/draf vir fiksheid.

12.1 Wat gebeur wanneer Tina baie moeg gehardloop is, maar sy moet nog aanhou hardloop?

12.2 Hoekom, dink jy, hardloop die karakter saam met haar?

12.3 Hoe voel Tina daaroor da thy saam met haar hardloop?

12.4 Hoe help hy haar wanneer hulle so saam hardloop?

13.1 Juffrou Dale vra vir Tina wie haar geleer het hoe om fartleks te doen, maar sy beantwoord nie die vraag nie. Hoekom wil sy nie die vraag beantwoord nie?

13.2 Wat, dink jy, is die rede waarom Tina ongemaklik voel om oor Jakob te praat?

14. Is die stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord.

Jakob is ‘n man van min woorde.

HOOFSTUK 10

1. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ook ‘n rede vir jou antwoord.

Tina kan nie tydens die Julievakansie gaan draf nie weens die ongelyke terrein.

2. Wat is, volgens juffrou Dale, die regte manier om ‘n huis te bou?

3. Gee ‘n verduideliking vir die betekenis van die volgende woorde.

3.1 pousies

3.2 karretjiesmense

4.1 Tina kla oor die huis wat so koud is. Wat het Pa At hierop te sê gehad?

4.2 Het hy ‘n goeie standpunt? Motiveer waarom jy so sê.

5. Aan watter tipe huise was Ma Lettie gewoond in haar lewe as ‘n kind?

6.1 Waar bly die skaapskeerders deesdae?

6.2 Is dit voordelig vir die kinders van skaapskeerders? Gee ‘n rede vir jou antwoord op vraag 6.1.

7. Pa At se mense het nooit getrek nie. Waar het hulle gebly?

8.1 Hoekom dink Tina dit is vreemd dat Stefaans Marais nie Engels praat nie?

8.2 Hoe help Pa At haar reg met die misverstand?

8.3 Wie was die laaster persoon in die familie wat ‘n engel gehad het?

8.4 Het Stefaans Marais ‘n engel? Motiveer jou antwoord vir vraag 8.4.

8.5 Wat is altyd die engel van Engelsplaas se naam?

9. Hoe het dit gebeur dat Ma Lettie op Engelsplaas beland het?

10. Het Ma Lettie ooit skool toe gegaan as kind? Motiveer dan ook waarom jy so sê.

11

Page 12: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

11. Is die onderstaande stelling waar of onwaar? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

Tina het vir Ma Lettie geleer hoe om te lees.

12. Hoekom, dink jy, wou Pa At nie op Engelsplaas vir Stefaans Marais gewerk het nie?

13. Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer ook waarom jy so sê.

Ma Lettie voel nie gemaklik met die gesprek oor Engelsplaas nie.

14.1 Watter vraag wat deur Klein Attie gevra word, word deur Tina beantwoord?

14.2 Hoe sal Tina dan weet wat die antwoord op daardie vraag is?

15. Wat het die engele van Engelsplaas almal in gemeen met mekaar? Noem TWEE.

16. Trek die volgende kolom in jou boek oor en voltooi.

16.1 Beskryf Oumies se engel.

16.2 Beskryf Oumies se oupa se engel.

16.3 Beskryf Oumies se oupa se oupa se engel.

17.1 Ma Lettie begin dan makliker saampraat. Wat sê sy nog van die engel?

17.2 Verduidelik hoekom sy dit sê.

18. Verduidelik wat die verskil is tussen ‘n mak Boesman en ‘n wilde Boesman.

19. Wat het Klein Attie by die skool geleer van Boesmans?

20. Vyl die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Pa At vertel die storie van toe sy 20.1 ____ Oumies se 20.2 ____ was wat haar opgepas het toe sy nog

20.3 ____ was. Sy het agtergekom dat die man met die kakieklere met Oumies 20.4 ____ het. Toe het sy

met haar pa daaroor gaan praat. Haar pa het op sy beurt toe met die boer, haar 20.5 ____, gaan praat. Die

boer nooi toe die man met die kakieklere om saam te gaan 20.6 ____ om vir hom ‘n 20.7 ____ te leer.

Hulle het deur ‘n draad geklim. Die boer se geweer het toe per ongeluk afgegaan en skiet die man in sy

20.8 ____. Daarna het Oumies se pa die dooie man se liggaam 20.9 ____ in ‘n ou 20.10 ____ in die

familiebegrafplaas op die plaas. Pa At se oupa het toe op Engelsplaas gewerk en hy moes 20.11 ____om

van die 20.12 ____ontslae te raak en te begrawe.

21. Hoekom wou Oumies se pa nie na die polisie toe gegaan het nie?

22. Het iemand toe na die man in die kakieklere kom soek? Verduidelik wat gebeur het.

23.1 Het Pa At se oupa sy geheim na sy graf geneem?

23.2 Verduidelik jou antwoord vir vraag 23.1.

23.3 Hoe het die man se pa daarop reageer?

12

Page 13: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

23.4 Watter leuen sou die man vir sy vrou gaan vertel het?

24. Watter ander ooreenkoms merk Tina op met Engelsplaas se engel?

25. Watter nuwe vraag ontlok dit dan by Tina?

26. Benoem al die Jakob-engele wat in die boek bekend gemaak word.

HOOFSTUK 11

1.1 Waar draf Tina oor naweke?

1.2 Hoekom draf sy juis daar?

2. Een Sondagoggend sit Stefaans Marais op ‘n klip.

2.1 Hoekom sit hy daar?

2.2 Waarvoor het Tina gehoop?

2.3 Hoekom, dink jy, het Tina en Stefaans Marais so ongemaklik gevoel hier.

2.4 Hoe voel Tina as hy haar nie terugroep nie?

3.1 Die volgende Saterdag draf sy weer op Engelsplaas se grondpad. Hoekom draai sy dan skielik om?

3.2 Wie loop Tina dan op die grondpad raak?

3.3 Wat is die rede vir die partytjie wat op Engelsplaas gehou word?

4. Is die stelling waar of onwaar? Motiveer ook waarom jy so sê.

Juffrou Dale weet dat Stefaans Marais Tina se biologiese pa is.

5.1 Hoe reageer Tina wanneer sy besef dat juffrou Dale weet dat sy Stefaans Marais se kind is?

5.2 Hoekom reageer Tina so?

5.3 Hoekom is juffrou Dale spierwit van die skok?

5.4 Verduidelik hoekom Stefaans Marais onder die indruk is dat Tina geweet het dat hy haar pa is.

6. Is juffrou Dale bewus van die familie se engel? Motiveer waarom jy so sê.

7. Waarom het Tina later daardie dag eienaardig gevoel? Noem TWEE feite.

8. Juffrou Dale sê daar is oral mense wat ander help en dat niemand ooit kan sê dat hy/sy alles op sy/haar eie gedoen het nie. Stem jy saam met hierdie stelling? Sê ook hoekom jy so sê.

9. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Tina en juffrou Dale praat later oor 9.1 ____. Sy sê vir Tina dat Stefaans Marais gesê het dat sy baie

9.2 ____ was vir mense. Tina vertel haar hoe 9.3 ____ die ander kinders was omdat sy daarheen kon

gaan en in die huis mag gewees het. Sy vertel dat Oumies baie 9.4 ____ was vir haar, maar dat sy ook

baie 9.5 ____ kon wees.

Oumies het gesorg dat Tina kon speel met 9.6 ____, 9.7 ____, 9.8 ____, 9.9 ____ en ‘n regte pop. Hierop

13

Page 14: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

het juffrou Dale geantwoord dat Tina se ouma vir haar alles gegee het om haar voor te berei vir 9.10 ___.

Sy het seker gemaak Tina het alles wat sy 9.11 ____gehad het en nie wat sy net wou 9.12 ____nie.

10.1 Watter tragedie het Oumies se lewe baie moeilik en hartseer gemaak?

10.2 Verduidelik hoe dit gebeur het.

11. Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

Tina het (agter die huis/in die huis/onder haar bed) weggekruip as sy skaam gekry het.

12. Wat het Oumies vir haar gesê wat haar baie ontstel het?

13. Is die volgende stelling waar of onwaar. Gee ook ‘n verduideliking vir jou antwoord.

Oumies en Ma Lettie het goed oor die weggekom.

14.1 Hoekom wil Tina nie praat van ouma Martina nie, maar hou voet by stuk met ‘Oumies’?14.2 Hoekom, dink jy, wou juffrou Dale voorstel dat Tina praat van ouma Martina in plaas van Oumies?

15. Wat is Tina se geboortenaam?

16. Waaroor is Tina nuuskierig?

17.1 Watter indruk het Tina van wit mense wat verlief is?

17.2 Hoekom het sy hierdie indruk?

18.1 Wat het ant Sanna vir Tina vertel oor haar ouers se huwelik?

18.2 Watter verduideliking gee juffrou Dale daarvoor?

19. Watter karaktereienskap kom na vore van ant Sanna in die hoofstuk?

20.1 Verduidelik hoekom juffrou Dale by Coetzeerus oorbly as sy vir die naweek by Stefaans Marais gaan kuier.

20.2 Wat leer Tina hieruit?

21. Van die tien kinders wat in Meneer de Bruyn se Sondagskoolklas is, is daar net vier kinders oor. Wat is dit wat Meneer de Bruyn nie besef nie?

22. Watter afleiding maak Tina uit Matteus 18 vers 10?

23. Wat besef Tina in die einde van hoofstuk 11?

HOOFSTUK 12

1. Wie, in Tina se klas, hou van die Goth look?

2. Vul die ontbrekende woorde in.

Juffrou Dale sê niks in ‘n advertensie is 2.1 ____ nie. Alles daarin is daar om jou te 2.2 ____ om die produk te koop. Sy sê verder dat advertensies op ‘n mens se 2.3 ____ speel, want jy wil 2.4 ____ en 2.5____ word.

3. Na watter tipe advertensie word daar in die klas gekyk as ‘n voorbeeld van advertensies?

4.1 Watter vraag pla Tina hier?

14

Page 15: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

4.2 Wat is juffrou Dale se antwoord op haar vraag?

5.1 Tina vra later vir juffrou Dale hoekom Stefaans Marais alkohol drink. Hoe reageer juffrou Dale dan daarop?

5.2 Wat drink hy nou?

5.3 Hoekom sê juffrou Dale dat Tina hom laat ophou drink het? Noem drie feite.

6. Hoe word Stefaans Marais deur juffrou Dale beskryf? Noem twee eienskappe.

7. Hoekom het Oumies destyds baie vir Tina gebid?

8. Dink jy Oumies se gebede vir Tina is verhoor? Motiveer waarom jy so sê.

9.1 Het mense toe vir juffrou Dale vertel van Stefaans Marais se kleurling kind?

9.2 Wie, volgens Tina, het nie daarvan vergeet nie?

10. Hoe het die rit huis toe saam met Stefaans Marais verskil van ander Vrydae?

11. Watter aankondiging word gemaak wanneer hulle drie dan aansit om middagete tee et?

12. Tina is baie opgewonde en wou graag iets vra, maar bly dan stil. Wat wou sy vra?

13. Watter eienskap van Stefaans Marais word hier deur Tina opgemerk?

14. Wat vra juffrou Dale en Stefaans Marais dan vir Tina?

15. Is die onderstaande stelling WAAR of ONWAAR? Gee ook ‘n rede vir jou antwoord.

Tina voel skaam oor haar ma teenoor juffrou Dale was so modern is.

16. Hoe weet Tina dat Ma Lettie hulle verwag het?

17. Tina sien haar ma vir die eerste keer as ‘n buitestaander. Verduidelik hoe sy haar ma sien.

18. Wie is Diana?

19. Hoe reageer Ma Lettie op die vraag of Tina hulle blommemeisie mag wees op hulle troudag?

20. Verduidelik hoekom Tina na Ant Sanna gestuur word om Bybel te lees.

21. Juffrou Dale het vir Ma Lettie gevra of Tina by hulle op Engelsplaas kan gaan bly na die troue.

21.1 Hoe voel Tina daaroor?

21.2 Wat was Ma Lettie se antwoord op daardie vraag?

21.3 Wat sal Ma Lettie wel toelaat?

22. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Motiveer elke keer waarom jy so sê.

22.1 Ma Lettie en Pa At sal ook na die troue toe gaan.

22.2 Tina is bly dat haar ouers besluit het om nie na die troue toe te gaan nie.

23. Hoekom trou juffrou Dale en Stefaans op Van Noodt en nie in haar tuisdorp nie?

24. Wat besef Tina na die middag in die biblioteek en dit wat sy daar gehoor het?

25. Pla dit vir Tina dat sy ‘n kleurling is? Gee nou ‘n rede vir jou antwoord.

15

Page 16: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

HOOFSTUK 13

1. Vul die ontbrekende woorde in. Skryf net die nommer en die antwoord neer.

Tina wag vir die rooi kar op die N1 om te stop, want sy kry ‘n gevoel van 1.1 ____ en dink dit is 1.2 ____, maar dit is 1.3 ____. Sy is nie 1.4 ____ nie, maar net effens aangeklam.

2.1 Wat vertel ant Merlin vir Tina van die tyd toe sy ‘n baba was?

2.2 Wat wil ant Merlin by Tina weet?

3. Wat, besef Tina, gaan daardie aand gebeur wanneer sy slaap?

4. Hoe het Jakob sy naam gekry? Noem 4 feite.

5. Hoekom is Tina verward oor hoe Jakob sy naam gekry het?

6. Is die stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer ook waarom jy so sê.

Ant Merlin weet dat Jakob/Djakob die naam van Engelsplaas se engel is.

7. Wie gee gewoonlik vir ant Merlin slaapplek?

8. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer ook jou antwoord.

Meneer Coetzee ken vir ant Merlin.

9. Tina veg daardie aand teen die slaap. Hoekom doen sy dit?

10. Wat droom sy toe van Jakob?

11. Tina gaan na die begrafplaas vir ‘n begrafnis van ‘n skoolkind. Wanneer laas was sy daar om ‘n begrafnis by te woon?

12.1 Wie se graf is twee rye van die oop graf af?

12.2 Wie staan by daardie graf?

12.3 Tina kyk nah om by die graf. Hoe word hy beskryf?

12.4 Hoe lank terug is Jakob oorlede?

13. ‘n Jaar se verdriet vou soos ‘n swaar, donker kombers om Tina. Sy gaan sit langs die hopie grond van Jakob se graf. Die onthou is selfs skerper as wanneer sy dit droom.

13.1 Hoekom het haar ma haar by ant Merlin gelos daardie dag?

13.2 Het ant Merlin na hulle gekyk daardie dag?

13.3 Hulle het baklei oor die pap en wie dit moes roer. Wat gebeur toe Jakob die pap wou roer?

13.4 Kon Tina hom gehelp het? Verduidelik.

13.5 Wat gebeur toe sy hom probeer help?

13.6 Hoe het Jakob sy brandwonde opgedoen aan sy gesig?

13.7 Sou jy sê ant Merlin is ‘n verantwoordelike ouer gewees? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

13.8 Wie het Tina en Jakob daardie dag kom help?

14. Tina het gedink sy gaan pak kry as haar ma terugkom van die dorp. Hoekom het sy so gedink?

16

Page 17: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

15. Hoekom, dink jy, wil Tina nie oor Jakob praat noudat ons weet hoe sy gesig gebrand het nie?

16. Ma Lettie het nooit met Tina gepraat oor wat met Jakob gebeur het nie. Met wie het sy daaroor gepraat en wanneer het sy oor hom gepraat?

17. Hoekom het hy vir drie maande alleen in die hospitaal in Kimberley gelê sonder enige besoekers?

18. Hoekom het niemand anders vir hom gaan kuier in Kimberley se hospitaal nie?

19.1 Hoe het Jakob se ma reageer toe sy hom weer in Van Noodt se hospitaal sien?

19.2 Hoekom, dink jy, het sy so gereageer?

HOOFSTUK 14

1.1 Hoe weet Tina dat Jakob saam met haar by die begrafplaas is?

1.2 Soos wat ruik Jakob by die begrafplaas?

1.3 Hoe het Jakob geruik die aand by die biduur?

1.4 Het Tina vir Jakob gesien? Motiveer waarom jy so sê.

2. Verduidelik waarom Tina op die matras gaan lê het by ant Ketlin en gemaak het of sy slaap.

3.1 Waarmee word Tina se verdriet hier vergelyk?

3.2 Watter afleiding maak jy hieruit?

4. Dink jy dis ‘n goeie ding dat Tina daardie dag onthou van hoe Jakob gebrand het met al die emosies wat sy dan nou ervaar?

5. Noem al die redes waarin ons as die lesers kan sien dat Tina skuldig voel vir die dag toe Jakob gebrand het.

6. Hoe gebeur dit dat Tina in die detensieklas beland het?

7. Waaroor is Lindiwe ontsteld?

8. Wat sal Lindiwe se ouers doen as hulle uitvind dat sy ekstra geld verdien met die tjokbrokke wat hulle maak en verkoop?

9. Is die volgende stellin waar of onwaar? Motiveer waarom jy so sê.

Tina se ouers weet dat sy ekstra geld verdien met die tjokbrokke en sy word daarvoor verged.

10. Waarmee het juffrou Dale vir Tina gehelp rakende haar geld?

11. Tina besef sy is inderdaad gelukkig. Noem twee dinge waarvoor sy hier baie dankbaar is.

12. Verduidelik hoekom die tjokbrokke vir Tina donker grys lyk en nie donker bruin nie.

13.1 Waaroor was Stefaans Marais bekommerd toe hy Tina daardie Vrydag by die koshuis opgetel het?

13.2 Hoekom was hy bekommerd hieroor?

13.3 Hoekom, dink jy, het Tina hierdie foute gemaak?

17

Page 18: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

14. “Gaan ‘n mens se engel weg as hy vir jou kwaad is?” vra sy.

14.1 Watter afleiding maak die leser uit Tina se woorde?

14.2 Hoe toon Stefaans Marais troos teenoor Tina? Noem TWEE feite.

14.3 Hoekom is Stefaans Marais rooi in die gesig?

15.1 Stefaans en Tina praat oor Oumies en haar engel. Wat sê Stefaans oor wat sy ma gesê het van haar engel? Noem TWEE dinge.

15.2 Wat, dink jy, was vir Oumies ‘n doel in haar lewe na Tina se geboorte?

16. Hoe weet ons dat Tina beter voel nadat sy ‘n bietjie met haar pa gepraat het?

HOOFSTUK 15

1. Is Ma Lettie bly om vir Tina te sien? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

2.1 Wat doen Tina nadat sy haar wasgoed opgehang het?

2.2 Watter emosionele toestand is kenmerkend van Tina se gedrag?

3. Vul die ontbrekende woorde in.

3.1 ____ kom om 3.2 ____ by haar op die bed sit met ‘n warm koppie 3.3 ____. Pa At sit sy hand op haar hare net soos 3.4 ____ vroeër die dag gedoen het en vir Tina is dit ‘n 3.5 ____ gebaar. Haar oë is dik 3.6 ____ oor 3.7 ____ en haar 3.8 ____ wat sy dra oor hom.

4.1 Hoe is Jakob dood?

4.2 Wat wonder Tina oor sy dood op die treinspoor?

4.3 Wie moedig haar ma aan om oor Jakob se dood te praat?

4.4 Wat sê Ma Lettie dan oor hoe Jakob dood is?

4.5 Tina onthou wat Jakob by die kerk vir haar gesê het. Wat het hy vir haar gesê?

4.6 Dink jy Jakob is kwaad vir Tina? Motiveer jou antwoord vir vraag 4.6.

5. Hoekom, dink jy, het Jakob selfdood gepleeg?

6. Wanneer het Jakob sy eie lewe geneem?

7. Verstaan Pa At hoekom Tina nou oor Jakob huil? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

8. Watter bevestiging word gegee deur Ma Lettie oor Jakob se gevoelens vir Tina?

9. Pa At sê Jakob was baie stout. Hoekom sê hy dit?

10.1 Wat het dominee Buffel in sy preek by Jakob se begrafnis gesê?

10.2 Watter afleiding, dink jy, het Tina daaruit gemaak?

11. Is die volgende stellin waar of onwaar? Gee ook ‘n rede vir jou antwoord.

Tina het daardie aand goed geslaap.

12. Hoe weet Tina dat sy nie alleen is wanneer sy met haar kop tussen haar knieë sit nie?

13. Sou jy sê dat die boek eindig op ‘n hoopvolle noot? Motiveer dan waarom jy so sê.

18

Page 19: afrikaans-afrikaans.weebly.comafrikaans-afrikaans.weebly.com/.../5/8/5358755/die_krup…  · Web view3.2Beskryf hoe die seun deur Tina se oë gesien word. ... 14.1Waarvoor moet hy

19