afrikaans prosa en poësie graad 8-12...is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat...

24
5 1. Poësie In prosa het ons die ongebonde styl wat sonder reëlmaat voortvloei. Poësie daaren- teen, is ‘n meer gebonde styl, gekenmerk deur ‘n groter mate van metriese reëlmatig- heid. Verdere kenmerke waardeur die digwerk hom onderskei van die prosawerk is Poësie is ‘n beknopte uidrukkingwyse. Die digter het minder woorde nodig as die prosaskrywer om te sê wat hy wil sê. Poësie is gewoonlik beeldryker. Dit laat ‘n groter vryheid van woordorde toe. Dit het ‘n groter reëlmaat en ordening. Poësie is oor die algemeen klankryker, harmonieuser van klank. Daar kan ‘n verskil wees in die woordgebruik. Poësie kan rym. Wat is poësie? (Grieks -poien - om te maak; poietes - maker; poiema - maaksel) die werklikheid self nie. Daar word ‘n beroep op die leser se verbeelding en sy deelname aan dié kam- mawêreld gemaak. Woorde word in ‘n gedig anders gebruik as byvoorbeeld in ‘n weerberig. Dit gaan dus nie om feite nie, maar om houdings, emosies en menslike reaksies weer te gee. Die spreker of meedeler speel ‘n rol in die wêreld van die gedig. 1.2 Soorte poësie 1.2.1 Kort gedigte Kwatryn Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske- mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa, aaba. Dit bestaan uit vier versreëls. Die slotvers moet rym met ander klanke wat prominent in die gedig voorkom, sodat die gedig ‘n geslote geheel vorm.

Upload: others

Post on 30-Jan-2020

18 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

5

1. PoësieIn prosa het ons die ongebonde styl wat sonder reëlmaat voortvloei. Poësie daaren-teen, is ‘n meer gebonde styl, gekenmerk deur ‘n groter mate van metriese reëlmatig-heid.

Verdere kenmerke waardeur die digwerk hom onderskei van die prosawerk is

Poësie is ‘n beknopte uidrukkingwyse. Die digter het minder woorde nodig as die prosaskrywer om te sê wat hy wil sê.Poësie is gewoonlik beeldryker.Dit laat ‘n groter vryheid van woordorde toe.Dit het ‘n groter reëlmaat en ordening.Poësie is oor die algemeen klankryker, harmonieuser van klank.Daar kan ‘n verskil wees in die woordgebruik.Poësie kan rym.

Wat is poësie?

(Grieks -poien - om te maak; poietes - maker; poiema - maaksel)

die werklikheid self nie.Daar word ‘n beroep op die leser se verbeelding en sy deelname aan dié kam-mawêreld gemaak.Woorde word in ‘n gedig anders gebruik as byvoorbeeld in ‘n weerberig. Dit gaan dus nie om feite nie, maar om houdings, emosies en menslike reaksies weer te gee.

Die spreker of meedeler speel ‘n rol in die wêreld van die gedig.

1.2 Soorte poësie

1.2.1 Kort gedigte

Kwatryn

Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa, aaba. Dit bestaan uit vier versreëls. Die slotvers moet rym met ander klanke wat prominent in die gedig voorkom, sodat die gedig ‘n geslote geheel vorm.

••••••

••

Page 2: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

6

Voorbeelde:

Stillewe

Die spieël weerkaats ‘n stukkie bed en handehorlosie, kleingeld en kruisbande,en eenkant in ‘n glas buig waterskedelig om valstande.

D.J. Opperman

XXXI –

Vir daardie Deur kan ek geen sleutel kry By daardie Sluier sien ek nie verbyOns word onthou ‘n wyltjie, Ek en Jy,So lyk dit – en dan klaar met JOU en MY.

Omar Khayyam (‘n Persiese digter) vertaal deur C. J. Langenhoven

Epigram (Puntgedig)

Is ‘n kort gediggie waarin ‘n sekere gedagte kernagtig en treffend uitgedruk word.Die sukses daarvan berus gewoonlik op vernuftige woordspeling of ‘n paradoks en die doel is gewoonlik spot of nuttige lering.

Voorbeeld

In die katkisasieklas

“Ja, veertig dae agtereenen veertig nagte lank gereën – dis ‘n rekord tot op hede.”“Meneer, mag ek iets vra?”“Maar alte seker, Japie. Ja?”“Was die boere toe tevrede?”

Kom sê my die beduidenis Ek moet my so verwonderLangdradig op die preekstoel isSo kort van draad daaronder

A.G. Visser

Limeriek

Bestaan uit twee lang rymende reëls, gevolg deur twee kort rymende reëls – en dan weer ‘n lang reël wat met die eerste twee rym. Dit is gewoonlik grappig of spottend van aard, byvoorbeeld:

Page 3: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

7

‘n Hollander van Stellenboschword dik van tjips en lekker koschhy wil niks weetvan streng dieëtwant dan hangt al zijn vellen losch

Phillip de Vos

Haikoe

‘n Kort gediggie van Japanse oorsprong wat gebruik word om ‘n spesiale oomblik vas te vang en jou gevoel op daardie oomblik weer te gee. Die tradisionele vorm bestaan uit drie versreëls (sewentien lettergrepe) wat as volg ingedeel is:

Eerste versreël: vyf lettergrepeTweede versreël: sewe lettergrepeDerde versreël: vyf lettergrepe

Voorbeeld 1

Die blou voël se oogis nog ‘n druppeltjie reëntussen die takke

Voorbeeld 2

Laat middag in Maartdie soet geur van ryp rietewarm by die rivier

1.2.2 Epiese digsoorte

‘n Gedig is epies wanneer dit verhaalelemente bevat.

Die epos of heldegedig

Vertel ‘n grootse gebeurtenis uit die geskiedenis van ‘n volk of die mensdom en is oor-spronklik bedoel om aan ‘n gehoor voorgedra te word. Dit speel hom af rondom ‘n

-heid van die onderwerp te pas.

Die ballade

Is ‘n epies-liries-dramatiese gedig: ‘n kort verhaaltjie in digvorm.Epies - omdat ‘n verhaal vertel wordLiries - omdat die sangerige element oorheersDramaties - omdat dit vol handeling is en gewoonlik dialoog bevat.

Die verhaal word meestal in spronge vertel en word dikwels onderbreek deur waar-skuwings, vrae of herhalings. Die verhaaltrant is vinnig en die taal eenvoudig.

Page 4: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

8

Die idille

Vertel gewoonlik ‘n liefdesverhaal van eenvoudige mense teen ‘n landelike agter-grond.

Verhalende gedigte

Dit is die algemene naam wat ons gee aan alle gedigte waarin die verhaalelement oor-heers – veral as ons nie juis weet waar om hulle te groepeer nie. Die letterkunde van die ouer volke bevat ook nog oorlewerings uit die verre verlede: mites, sages, legen-des en sprokies wat soms nog in digterlike vorm bestaan.

Liriese digsoorte

Dit sluit al die digsoorte in waar die persoonlike element oorheers. Word veral geken-merk deur sangerigheid en die spontane uitdrukking van gevoel. Die doel is nie om ‘n verhaal te vertel nie, maar om ‘n stemming te wek. Hulle is oorwegend subjektief van aard. Alle gedigte waar daar ‘n spontane uitdrukking van gevoel is, is liries.

Minnelied

Die minnelied het die liefde as tema. Soms word die gedigte aan ‘n ideaal of persoon gerig, soms is dit lig-spottend of romanties-sentimenteel, dan weer donker van hart-stogtelike verlange na ‘n verlore liefde.

Ode is ‘n lofsang

Dit is ‘n liriese gedig waarin ‘n belangrike gebeurtenis, ‘n aangrypende voorwerp of ‘n grootse persoonlikheid breedvoerig en in forse verhewe taal besing word. Afrikaans is arm aan hierdie digsoort. N.P. van Wyk Louw se Aan die Skoonheid is een van die min.

Elegie (klaag– of lyksang)

Is gewoonlik ‘n gedig waarin die digter ‘n gestorwe dierbare beween of sy diep ont-roerde gemoed uitstort na aanleiding van die een of ander aangrypende lewensraaisel. Dit is altyd weemoedig van toon.

Sonnet

Die sonnet is Italiaans van oorsprong (sonetto: ‘n klein liedjie). Die Italiaanse digter, Petrarca, het dit in die veertiende eeu reeds gebruik. Hierdie digvorm is in baie lande nagevolg. In Engeland het Shakespeare en ander ‘n effens gewysigde vorm gebruik wat vandag bekend staan as die Engelse of Shakespeare sonnet. Uiterlik het die son-net vasgestelde lengte, vorm en rymskema, innerlik ‘n bepaalde soort gevoelsbewe-ging.

Die Italiaanse sonnet bestaan uit 14 vyfvoetige jambiese versreëls met die rymskema: abba, abba, cde, cde.

Page 5: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

9

Die Engelse sonnet bestaan ook uit 14 vyfvoetige versreëls, maar met die rymskema:abab, cdcd, efef, gg.

Let op die verskil in rymskema, waardeur hierdie twee tipes sonnette onderskei word.

Die Italiaanse sonnet toon altyd ‘n duidelike tweeledigheid wat die beeld en toepas-sing verteenwoordig. Die oktaaf (agt reëls) bevat gewoonlik ‘n beeld, uiteensetting, natuurbeskrywing, verskynsel of gebeurtenis wat die gevoel na die hoogte stoot en ‘n musikale geheel vorm. Die sekstet bevat dan die digterlike toepassing en veroorsaak ‘n daling van die gevoel. By die Engelse sonnet kry ons gewoonlik nie hierdie tweeledigheid van beeld en toe-passing of verdieping nie, maar een gevoelens- en gedagtestroom wat deur die drie kwatryne heen geleidelik na ‘n hoogtepunt gevoer word. In die rymende koeplet aan die einde kry ons dan ‘n wending, ‘n samevatting van die geheel, die kerngedagte.

Skematiese opsomming

Twee soorte sonnette:

Italiaanse sonnet

} }Innerlike bou Oktaaf - natuurbeeld Sekstet - keer / wending Toepassing

Bestaan uit twee kwatryne (van vier reëls elk) elk in twee tersines (van drie reëls elk).Die twee kwatryne saam vorm die oktaaf (2x4=8 reëls) en die twee tersines saam die sekstet (2x3=6 reëls).In die oktaaf word ‘n waarneming beskryf, met die sekstet waar ‘n wending plaas-vind in die vorm van ‘n toepassing.

••

1.

2.

3.

Uiterlike bou abba-kwatryn oktaaf (8) abba

cde - tersine sekstet (6) cde

Page 6: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

10

4. Die rymskema is gewoonlik “omarmde rym” in die oktaaf, byvoorbeeld:

a b b Omarmde rym Eerste kwatryn a Oktaaf a b b Omarmde rym Tweede kwatryn a

c d Eerste tersine c

Sekstet d c Tweede tersine d

Engelse sonnet

Uiterlike bou abab cdcd Drie kwatryne

efef

gg KoepletInnerlike bou

Bestaan uit drie kwatryne‘n Verspaar wat op mekaar rym, genoem ‘n rymende eindkoeplet (2 reëls).Geoordeel na sy uiterlike vorm, het die sonnet kruisrym in die kwatryne en paar-rym in die koeplet.Die hele gedig bevat een deurlopende gedagtegang wat geleidelik dwarsdeur die drie kwatryne loop.Die wending of hoogtepunt word in die rymende eindkoeplet bereik.

aba Kruisrym Eerste kwatrynb

cdc Kruisrym Tweede kwatrynd

1.2.3.

4.

5.

]] }}]] }

}

}} }

]] }]] }

Page 7: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

11

efe Kruisrym Derde kwatrynf

gg Paarrym Vierde kwatryn

Rymende eindkoeplet KLIMAKS Eerste 8 reëls natuurbeskrywing Laaste 6 reëls toepassing Wending na reël 8

Alliterasie

(Medeklinkerrym – halfrympatroon). Waar medeklinkers aan die begin van woord ooreenstem, bv. die wind wat waai. (Wenk: wanneer dit in ‘n antwoord aangedui word, moet die klanke onderstreep word.)

Antitese

(Teenstelling/kontras). Twee teenoorgestelde dinge word langs mekaar geplaas om by wyse van kontras die uitwerking op die leser te verstrek. Daar bestaan talle sulke teenstellings in die spreektaal, naamlik, lief en leed, erns en luim. Nog ‘n voorbeeld: indie songloed van ons somer in ons winternag se kou. Dit kan ook aangewend word om die woordorde uit te hef en staan ook bekend as kontraswerking.

Antonomasia

(Naamsverwisseling). Dit is verwant aan die metafoor, maar ons gebruik in plaas van die beeld ‘n eienaam, byvoorbeeld ‘n sterk man sal ‘n Simson genoem word en iemand wat baie kla ‘n Jeremia, omdat daardie persone bekend is vir daardie kenmerkende eienskappe.

Anafoor

Dit is die herhaling van dieselfde woord aan die begin van sinne.

Argaïsme

(Veroudering). Dit is die gebruik van ‘n verouderde woord in ‘n uitdrukking, bv. “Die skip word uitgesleep om gekalfateer te word”, of “Pa verskyn in sy nagkabaai”.

]] }] }

Page 8: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

12

Assonansie

(Klinkerrym/halfrympatroon). Die herhaling van dieselfde vokaal, byvoorbeeld: “Die maan gaan staan.”

Allegorie

‘n Allegoriese gedig het net soos ‘n simboliese gedig twee vlakke, naamlik die kon-krete en die abstrakte. In ‘n allegorie het ons egter ‘n volgehoue parallelisme tussen die konkrete en die abstrakte. Elke saak op die konkrete vlak het dus ‘n simboliese betekenis op die abstrakte vlak. Die allegoris wil ‘n waarheid verkondig en maak daarvoor gebruik van die werklikheid. Agter dit wat oppervlakkig gegee word, moet dus die eintlike betekenis gelees word. Die fabel (‘n vertelling waarin diere in plaas van mense sprekend en/of handelend optree) en die gelykenis (‘n verhaal wat op ‘n ernstige toon ‘n godsdienstige waardheid illustreer) is allegoriese voorbeelde.

Asteriks (*)

Waar ‘n asterisk in poësie gebruik word dui dit gewoonlik ‘n tydverloop of wending aan.

Asindeton

Teenoorgestelde van polisindeton. Voegwoorde word weggelaat waar ons dit nor-maalweg sou verwag. Dus onderdele of woordorde van ‘n sin (of vers) word sonder voegwoorde aaneengeskakel, byvoorbeeld. “My hart bloei oor die stad: glas, sink, beton.” “Honde, katte, hoenders, varke: alles peul by die kombuisdeur uit”.

Apostroof

Is die aanroep van ‘n persoon wat nie teenwoordig is, of God, binne die gedig. “Oskoonheid van die lyf, jy slaat ...”. Die woordjie “O” lei gewoonlik die apostroof in.

Beeldspraak

Dit is beeldryke uitdrukking van taal en kom baie in poësie voor. Alle beeldspraak berus op vergelyking.

Voorstelling

meisie plantvroulik blarepraat blommemooi mooiens. ens.

raakpunt MOOI

meisie blom

Page 9: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

13

Die beeld berus dikwels op sintuiglike indrukke:

oë - gesigsuitdrukkings (sy lyk soos ‘n spook)ore - gehoorsintuig (dit klink soos klokke)vel - tassintuig (die kussing is soos dons)neus - reuksintuig (die gras se geur is soos naeltjies)tong - smaaksintuig (dit is so bitter soos gal)

• Die skepping van ‘n digterlike beeld

Wanneer die digter die verband tussen twee sake raaksien, ontstaan ‘n beeld, bv. Die meisie is mooi. Die roos is mooi.

• Vergelyking

Dit ontstaan wanneer ‘n spreker of skrywer twee sake wat in talle opsigte van mekaar verskil, op grond van enkele ooreenkoms met mekaar gelykstel. Die vergelyking openbaar hom in talle vorme: die bewuste gelykstelling met behulp van “soos”, “net soos”, “net”, byvoorbeeld: “Tot een vir een die vrees soos ‘n karos laat val” (N.P. van Wyk Louw)

• Metafoor

Op grond van die ooreenkoms tussen twee dinge van verkillende aard kan ‘n mens, sonder om ‘n vergelyking te maak, sommer direk een ding in die plek van die ander stel. Een saak word gelykgestel aan ‘n ander saak sonder die gebruik van soos, nes of net soos.

Die meisie is ‘n roos (vergelykingswoord is weggelaat)Daar stap ‘n roos (bedoelende die meisie)

Daar word aan lewelose dinge, natuurverskynsels, abstrakte begrippe, ensovoorts, die eienskappe van lewende diere of mense toegeskryf, bv. “Wat sing die see?” – “Wat kla die wind?” – “Wat roep die meeu?” Dit kan die vorm aanneem van ‘n vergelyking of metafoor.

Wat wil die gedig met beeldspraak wen?Rykdom aan informasie, gevoelsassosiasie, konkreetheid en bondigheid.

Binnerym/Middelrym

Wanneer ‘n woord in die reël met ‘n woord aan die einde van die reël rym, bv. “Ek slaap in die rus van die eeue gesus” (Jan Celliers).

Blanke versreëls (rymlose versreëls/vrye vers)

Wanneer daar geen rym voorkom nie.

Page 10: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

14

Benaming van strofes

‘n Strofe is ‘n aantal versreëls wat ‘n eenheid vorm.Strofes met 2 reëls - koepletStrofe met 3 reëls - tersineStrofe met 4 reëls - kwatrynStrofe met 6 reëls - sekstetStrofe met 8 reëls - oktaafStrofe met 14 reëls - sonnet

Cliché

Soms gebeur dit dat ‘n digter ‘n mooi vonds (‘n frase of woorddeeltjie) telkens her-haal. Die gevolg is dat ons naderhand daarvoor afgestomp raak. So iets noem ons ‘n cliché.

Distansiëring

Is uitsteltegniek/uiteenplasing: wanneer meer as die normale spasies tussen woorde oopgelaat word om ‘n sekere effek te verkry. ‘n Soort spanning deur afwagting op

Digterlike vryheid

Wanneer ‘n digter self woorde verander of skep om ‘n sekere doel te dien, bv. byvoe-ging van ‘n lettergreep om by die metrum te pas: “maar bowe die pak van die wolke dak”.

Dramaties

‘n Gedig is dramaties wanneer dit onder andere dialoog bevat.

Dubbelsinnigheid

‘n Woord, frase of sin wat vatbaar is vir twee vertolkings of onduidelik is.

Elisie

Is die weglating van ‘n klank in ‘n woord ter wille van rym of ritme, byvoorbeeldneed’rig, in plaas van nederig.

Ellips

Word deur drie puntjies (stippels, beletseltekens . . .) aangedui. ‘n Sin word on-voltooid gelaat . . .

••••••

Page 11: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

15

Funksies

‘n Deel word verswyg en aan die leser se verbeelding oorgelaat.Dit kan ‘n ruspose aandui.Dit kan die aandag vestig op ‘n belangrike deel wat volg.Dit kan ‘n sekere atmosfeer skep.Dit kan dui op herhaling van die handeling.Dit kan ook ‘n dramatiese kontras aandui.

Eufemisme

Is wanneer ‘n versagtende woord gebruik word, bv. Hy het saggies heengegaan, of Haarseun slaap agter die kerkhofmuur, in plaas van “Hulle is dood”. Die funksie hiervan is dat die onaangename hierdeur verswak, verklein of versag word.

Nog voorbeelde

i.p.v. steel sê ons iemand het lang vingersi.p.v. dood sê ons ontslaapi.p.v. dronk sê ons iemand het te diep in die bottel gekyki.p.v. mal sê ons van lotjie getiki.p.v. selfmoord sê ons hy het sy hand aan sy eie lewe geslaan

Eindrym

Woorde wat aan die einde van versreëls rym.

•Manlike eindrym

Die laaste lettergreep is beklemtoon en eindig op ‘n konsonant, byvoorbeeld: woord - akkoord.

Funksie: om die aandag daarop te vestig of uit te hef, deur die kort staccato tempo en harde kras klanke.

•Vroulike eindrym

‘n Onbeklemtoonde lettergreep volg na ‘n beklemtoonde lettergreep. Die lettergreepeindig op ‘n vokaal of diftong, byvoorbeeld: bare - gevare; wye - vleie.

Funksie: om byvoorbeeld lomerigheid, uitgestrektheid, rustigheid, ensovoort, te sug-gereer.

Enjambement

Wanneer een versreël oorgaan in die volgende versreël sonder enige leestekens.

FunksiesVerdoesel die eindrym en voorkom sodoende eentonigheidBeïnvloed die leestempo en ritme

1.2.3.4.5.6.

•••••

1.2.

Page 12: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

16

Bevorder vloeiendheidBindmiddels by versreëls en strofesHef woorde in die enjambementsposisie uit

Bv. Ek moet keer dat nog ‘n hart verskink om grondelose smart. S.J. Pretorius6. Suggereer beweging

Herhaling (repetisie)

Wanneer woorde, versreëls of strofes herhaal word om ‘n bepaalde gedagte te be-klemtoon.

Die son bak neer op die vlaktes, vlaktes gras,‘n windmeul, stasie en drie peperbome;op vlaktes gras, klipkoppies, vlaktes gras;‘n windmeul, stasie en twee peperbome D.J. Opperman

FunksiesBelangrike woorde, reëls of sinsnedes word uitgehef.Die eenheid van die gedig word daardeur versterk, want herhaling bind versreëls.Dit verleen aan die gedig ‘n vaste patroon.Dit verleen ‘n bepaalde musikaliteit of sangerigheid aan die verse.

Hiperbool (oordrywing of vergroting)

Dit is om woorde te oordryf, erger te maak as wat dit is om ‘n saak te beklemtoon, bv. “hemelhoë” golwe, “duisendmale gesê”. Om ‘n bewering indrukwekkend te maak, word dit heeltemal oordryf. Die doel is nie om opsetlik ‘n onwaarheid te verkondig nie, maar om ‘n saak te beklemtoon.

Humor

Luimigheid met eers as grondtoon opgewekte geestigheid. ‘n Sin vir humor is die vermoë om die lagwekkende in iets te sien. Die lagwekkende word egter met mee-gevoel en begrip benader. (Daar word soms na humor verwys as “lag met ‘n traan”.)

Inlassing (parentese)

Hier word gebruik gemaak van die aandagstreep aan weerskante van die inlassing, bv. “Die nag daar in die stad – geen een om in jou nood jou by te staan nie – het jy geweet dat Hy alleen in Getsemané sou binnegaan”.

Ironie

Die teenoorgestelde van wat bedoel word, word spottend gesê, bv. Lag met ‘n traan (bedekte spot); Jy is nou ‘n troue vriend om my so in die steek te laat.

3.4.5.

1.2.3.4.

Page 13: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

17

Inversie

(omgekeerde woordorde). Die skrywer of digter wil sekere gedagtes beklemtoon of die rympatroon behou en verander die normale woordorde om dit te bereik, bv. “Enhy het hulle liefgehad, die mense van die stadsdorpie en die veld digby en die geurende blomme en die see.”

Illusie van die werklikheid

Beeld van die werklikheid.

Jambe

Dit is die metriese maat waarin lettergrepe in ‘n versreël verdeel word. Die jambiese

Klanknabootsing (onomatopee)

Dit is ‘n verskynsel in die poësie, maar ook in die prosa, waar ‘n klank of klankherha-ling die beskrywing klankmatig ondersteun, die natuurgeluid naboots . . . die klank van die woord stem ooreen met die geluid wat dit wil beskryf, bv.:

Dit kraak deur die brekende blokke;Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof, kom die eerste druppels neer.

Met ander woorde dit is wanneer woorde gevorm is na aanleiding van ‘n klank.

In die geval van klankmetafoor boots die klank nie slegs die geluid na nie, maar sug-gereer dit ook beweging:

Vinnig langs die paadjie trippel Mabalel;Vrolik klink die liedjieWat die klingelinge van haar enkelringe vergesel

Eugène Marais

In die geval van klanksimboliek dra die klank of klankherhaling by tot die opwek van ‘n bepaalde stemming.

Kontras (teenstelling)

Situasie en gedagte-inhoude kom voor in woordgebruik, sintuiglike indrukke. ‘n Skerp kontras word byvoorbeeld gemaak in “die dae kom en die nagte gaan”; “die skadus word lank en weer kort.”

Klimaks en anti-klimaks

‘n Reeks feite of mededelings word in stygende lyn van belangrikheid genoem, of in die omgekeerde orde ten opsigte van betekenis, byvoorbeeld:“waar die newelstelsels wêrelde word,waar keisers en kwepers ryp en val.”

Page 14: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

18

Liriek

‘n Liriese gedig is ‘n sangerige gedig. (Die lier is ‘n musiekinstrument - die gedig is gewoonlik met musikale begeleiding gesing). Die gedig kry ‘n liriese inslag deur die teenwoordigheid van rym, herhalings, enjambemente, patroonmatigheid, asook die teenwoordigheid van ‘n refrein (versreël of versreëls wat telkens herhaal word soos ‘n koor). ‘n Gedig is liries van aard as dit die digter se persoonlike gevoel of siening deurgee.

Legende

in die Bybel voorkom nie. Dit het sy ontstaan te danke aan die vrome fantasie van latere gelowiges. (‘n Godsdienstige verhaal wat nie op historiese gronde nie, maar op volksoorlewing berus.)

Leestekengebruik

Die gebruik van kommas, stippels, aandagstrepe, ens. is met ‘n doel; daarom sê ons dit is funksioneel. Soms word leestekens totaal weggelaat – ook om ‘n besondere rede. ‘n Ruspunt voor of na ‘n woord kan die woord uithef.

• Aandagstreep

Dit word veral gebruik om die woord of gedagte wat volg te beklemtoon.Dit dui gewoonlik ‘n kontras aan, bv: “maar die tarenaal sit stom op haar nes vol eiers – my hart broei oor die stad; glas; sink; beton.”Dit word gebruik om parenteses (inlassinne) aan te dui.Dit word gebruik om by distansiëring (uitsteltegniek) die aandag op die kli-maks te vestig.

• Dubbelpunt

‘n Verdere verduideliking volg gewoonlik na die dubbelpunt.

• Weglatingspuntjies

Dit dui dikwels ‘n wending in ‘n versreël aan. Die woorde vóór en na die stippels het nie met dieselfde onderwerp te make nie, byvoorbeeld:

“terwyl ons, soos twee kinders opgetoëmekaar toelag met glinsterende oë . . .asof hul jammerlik hul lot kan raaisit hul sif, met monde moeg gesluit.”

Dit stippel dui dikwels ‘n onderbreking van ‘n gedagte aan, dit wil sê ’n huiwering.

• Kommapunt

Die ruspunt word gebruik om elke keer ‘n nuwe gedagte aan te toon, bv:

••

••

Page 15: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

19

“‘n Skurwe huisie uit ysterklip gekerf;‘n slap draadheining; op die stoep lê rond‘n vark, vier hoenders en ‘n hond;‘n stowwerige kind kruip oor die werf.”

• Komma

Kommas kan voor en na ‘n bystelling kom, wat dan die gedeelte uithef (paren-tese).Dit dui op afsonderlike gedagtes, kenmerke.Dit hou die aandag gevange en verleen sodoende aan sekere woorde of sin-snedes groter prominensie.Baie kommas vertraag die tempo en dit beïnvloed weer die toonaard.

• Uitroepteken

Verleen forsheid, kragtigheid en beklemtoon dringendheid van verse.Word gebruik om ‘n gedagte of woord te beklemtoon.Dit word gebruik om ‘n sekere gevoel te versterk.

• Hakies

Verdere toeligting word tussen hakies geplaas.Dit word gebruik om ‘n parentese aan te dui.

• Vraagteken

Dit word aan die einde van ‘n regstreekse vraag gebruik.Dit word aan die einde van ‘n retoriese vraag gebruik.

Parentese is ‘n ingelaste gedagte in ‘n sin ter verklaring of verduideliking en word aangedui deur kommas, aandagstrepe of hakies.

Litotes (verkleinings)

Dit is dikwels ‘n geval van skynnederigheid. Iets wat werklik groter betekenis vir die skrywer het, word voorgestel asof dit van minder belang is, byvoorbeeld: Hierdie werkie van my word nogal baie gelees.Hierdie geskenkie is ‘n blyk van waardering (groot geskenk).

Metrum en ritme

Onder metrum verstaan ons die patroonmatige opeenvolging van beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe in ‘n vers. Die metrum mag nooit so ‘n belangrike faktor in die digter se werk word dat dit sekere gedwonge woordverskuiwings of –toevoe-gings versoorsaak of lettergrepe se byvoeging of weglating noodsaaklik maak net om die metrum “reg te kry” nie.

••

•••

••

••

Page 16: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

20

Funksies

Bring afwisseling Hef belangrike woorde uit. Verleen ‘n bepaalde nadruklikheid aan woorde en frases.

Versvoete

Wanneer woorde so agter mekaar gerangskik word dat die beklemtoonde lettergrepe op gereelde afstande van mekaar staan, ontstaan metriese patrone, bv: “Dit is/die win/terwind/wat waai/ - so ‘n metriese patroon noem ons ‘n versvoet, en maat of metrum is dan die vaste skema waarvolgens hierdie versvoete (metriese patrone) me-kaar opvolg om ‘n reël te vorm. Op grond daarvan praat ons van ‘n viervoetige (soos in die voorbeeld hierbo) ‘n vyfvoetige vers, ensovoorts.

(Dus: die beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergreep vorm saam ‘n versvoet. Die vasstelling van die bepaalde versvoet in ‘n reël noem ons skandering.)

Die jambe (v/) (Tweede lettergreep dra die aksent)Die trogee (/v) (Eerste lettergreep dra die aksent)Trogeïse inversie - Kom voor wanneer die vers deurgaans jambies is en daar vind ‘n omruiling in die begin van die versreël plaas. Die funksie hiervan is die uithef-

Daktiel (Daktilus ( / v v )) - Kan vergelyk word met die walsmaat in musiek waar een beklemtoonde lettergreep gevolg word deur twee onbeklemtoondes.Anapes ( v v / )

Spondee ( / / ) Dit is wanneer twee beklemtoonde lettergrepe op mekaar volg.Die spondee kan nie alleen in ‘n hele versreël voorkom nie. Dit vorm ‘n onderdeel van ‘n versreël saam met ander versvoete.

1.2.3.

•••

•••

Wenk

As jy skandeer, moet jy die hele versreël op een reël skryf. Maak seker dat jy die reël korrek oorgeskryf het en moenie ‘n lettergreep byvoeg of weglaat nie.

Die wisseling van versvoete kan die volgende funksies hê:

Dit kan belangrike woorde, sinsdele of sinne uithef.Dit bring afwisseling - verbreek eentonigheid.Dit kan die tempo versnel (as daar meer onbeklemtoonde lettergrepe voorkom).

1.2.3.4.

Page 17: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

21

Ritme

Dit is meer natuurlik as metrum en word bepaal deur aksente, intonasie, tempo, ruspunte en enjambemente. Dit word nie metries bepaal nie, met ander woorde: dit bestaan nie uit afgebakende beklemtoonde en onbeklemtoonde lettergrepe wat in ‘n vaste patroon herhaal word nie. Aksentuering speel ‘n belangrike rol in die bepaling van ritme in ‘n versreël. Hier onderskei ons tussen woordaksent en sinsaksent of ‘n versreëlaksent.

Faktore wat ritme beïnvloed

WoordaksentSinsaksentTempoIntonasieNatuurlike ruspunteEnjambementeElisie

Die wisselwerking tussen metrum en ritme

Soms val die metrum en ritme saam.Waar die ritme teen die versmaat (metrum) indruis kan dit juis ‘n besondere effek verkry.Herhaling van woorde, frases, sinskonstruksies en die funksie daarvan in ‘n

Herhaling van verse en van strofes en die funksies daarvan in ‘n bepaalde teks,

Monoloog

Dit is ‘n alleenspraak.

Metonimia (oornoeming)

Twee sake of begrippe wat nou met mekaar in verband staan, word in verband met mekaar gebring, bv: “Die pen is magtiger as die swaard,” beteken die skrywer het meer mag as die vegter. Die pen = die skrywer en die swaard = die soldaat/vegter.Nog ‘n voorbeeld: “Die hakekruis is nie meer die gevaar nie, maar nou bedreig die hamer-en-sekel die Westerse wêreld.” Die hakekruis = Duitsers onder Hitler se be-wind en hamer-en-sekel = Rusland.

Die ketel kook; die kraan lek (die water); die bad loop in (water); hy het die bottel lief (dronk); die huis is gesluit (deur); die dam loop oor (water).

Naïewe toonaard

Dit is ‘n toonaard sonder aanstellery, ongekunsteld, natuurlik.

•••••••

1.2.

3.

4.

Page 18: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

22

Neologisme (Natuurskepping)

‘n Taal is dinamies en beweeglik - dit staan nooit stil nie. Daarom kom daar gedurig nuwe woorde en uitdrukkinge by (terwyl oueres ook weer afsterf). Nuwe woorde is bv. televisie, straallaagbande, veiligheidsgordels, ensovoorts.

Oksimoron

-beeld: “die bergstilte suis”, onder “wit duisternis”.

“O” – Die woordjie dui dikwels in poësie op ‘n bepaalde emosie. Dit versterk die gevoel van die versreël, byvoorbeeld: weemoedigheid, vreugde.

Onomatopee (sien klanknabootsing)

Omwisseling

Woorde wat omgeruil word. Funksie: beklemtoning.

Paradoks (skynbare teenstrydigheid/‘n skreiende, skerp kontras) - byvoorbeeld: “Om die waarheid te sê moet ek lieg”.Dit is enige stelling wat op die oog af absurd/teenstrydig voorkom, maar wat wel geldig is en die kern van die waarheid bevat. Paradokse word dikwels gebruik om verkwikkende waarhede of idees uit te druk, byvoorbeeld: “my vreugde was ‘n helder hel.” Die vreugde word gesien as aangenaam, maar ook onaangenaam.

Pousering Daar word ‘n oomblik gestop of gewag.

Funksie:

GedagteskeidingOm belangrike gelese woorde te laat insink.Om die leser in te stel op belangrike woorde wat gaan volg.

Progressie

Dit dui op ‘n duidelike ontwikkeling in ‘n bepaalde rigting, dit kan ook ontwikkeling van ‘n gedagtegang wees. ‘n Geleidelike verandering of vordering tot die hoogtepunt (klimaks), byvoorbeeld Die reën van Eugene Marais.

Polisindeton

Herhaling van voegwoord “en” en “of” wat ons normaalweg kan weglaat, bv. “Af-sonderlik en trots en vry”.“Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg, of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.”

1.2.3.

Page 19: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

23

Parallelisme

Is die herhaling van dieselfde gedagte in ‘n ander bewoording. Dit skakel dus die her-haling van dieselfde woorde en sinne uit, byvoorbeeld: “Here, maak U weë bekend; leer my U paaie ken.” “Ons loop en word nie moeg nie; ons wandel en word nie mat nie.”

Refrein

Kom gewoonlik voor by ballades. Dit is woorde, versreëls wat aan die end van op-eenvolgende koeplette van ‘n lied of gedig telkens herhaal word.

Retoriese vraag (interrogasie/interrogatief)

Is ‘n vraag waarop geen antwoord verwag word nie, en wat aangewend word om ‘n bepaalde gedagte uit te hef. Dit word gebruik wanneer die sin in die vorm van ‘n vraag gestel word met die doel om aandag te trek.

Voorbeeld:

“ Vergewe en vergeet? Hoe kan ons vergewe? Hoe kan ons vergeet?”“Maar wat van die mens?”“Die held wat sterf, wat wen hy.”

C.Louis Leipoldt

Rym

Is die herhaling, gereeld of ongereeld, van woorde of klanke. Rym is ‘n belangrike vormelement, daarby ‘n middel om klankbinding in ‘n gedig te bewerkstellig, ook is dit vir baie digters ‘n soort gids wat die gang van die gedig bepaal, bowenal is dit ‘n dissipline wat die digter dwing om die moontlikhede van sy taal deeglik te verken.

Funksies:

Rond versreëls af.Gee patroonmatigheid aan reëls en strofes - is ‘n dissiplinemiddel, die digter onderwerp hom aan rymdissipline.Beklemtoon sekere woorde.Wek afwagting.Het ook ‘n klankfunksie - omdat die rymwoord gewoonlik aan die einde van die versreël staan, kan dit klankwaardes beklemtoon en die stemming van die gedig help bepaal.Bind die versreëls en strofes tot eenheid.Verskaf vaste steunpunte aan die verse.

• Volrym

Dit kom voor wanneer woorde met mekaar rym.

1.2.

3.4.5.

6.7.

Page 20: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

24

• Volrympatrone

a.Beginrym - beginwoorde en versreëls rym met mekaar bv. “My vuurtjie en ek is op wag-

My vuurtjie en ek alleen” Jan F.E. Celliers

b.Binnerym - ‘n woord binne ‘n versreël rym met ‘n woord aan die einde van die selfde versreël, bv: “Ek slaap in die rus van die eeue gesus.”

J.F.E. Celliers

c. Eindrym - woorde wat aan die einde van versreëls rym, byvoorbeeld: “En kyk maar goed, want as jy hom vind, vertel ek vir jou ‘n sprokie my kind,”

Koos du Plessis

• Eindrymverbindings

a. Paarrym aabbb. Kruisrym ababc. Omarmde rym abbad. Gebroke rym abace. Vrye vers geen vaste rympatroonf. Rymdwang as die digter ter wille van die rym die taal op ongemotiveerde en op merkbare wyse geweld aandoen.

• Halfrym

Alliterasie en assosiasie.

• Rymelary

Hier het ons te doen met oordrewe rym, byvoorbeeld:

Dit kraak deur die brekende brokke dit knars in die knakende knokke

• Repetisie

Herhaling van woorde, bv. “Dis heuwels, heuwels, heuwels sover ‘n mens se oog kan sien.”

Simboliek

In letterkundige werke kry woorde dikwels simboliese waarde. ‘n Simbool is dus ‘n saak/voorwerp wat iets anders verteenwoordig. In A.G. Visser se werke word die roos die simbool van die vrou. In “Skoppensboer” van Eugene Marais word hierdie troefkaart simbool van die dood.

Page 21: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

25

Sinestesie (omruiling van sintuie)

Twee sintuie word in een beeld betrek, byvoorbeeld: “Die borrigeur van die son”. Dit wat deur die visuele sintuig gesien word, naamlik die son, word deur die reuksintuig (borriegeur) ervaar.

‘‘n Sterk sintuiglike prikkel wat vir een sintuig bedoel is, word deur ‘n ander sintuig waargeneem, byvoorbeeld:“Die sterre sing” (die visuele word gehoor).“Ons proe die melodie” (klank word deur die smaaksintuig waargeneem).

Sinekdogee (Gedeeltelike herhaling)

Die geheel word deur dele daarvan aangedui, byvoorbeeld: haar “blou-beaarde hand” dui op ouderdom.Nog voorbeelde: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.” Hier word van al ons liggaamlike behoeftes gepraat. “Die jongman vra die nooi om haar hand.” Hier word meer as net haar hand bedoel.

Iets word aangedui deur slegs ‘n gedeelte daarvan te noem (gewoonlik die kenmer-kendste gedeelte).

Suggestie

Die oproep van ‘n denkbeeld; ‘n saak word nie direk gestel nie.

Stoplap

‘n Oorbodige woord of uidrukking as aanvulsel in ‘n sin of in ‘n versreël ter wille van rym of ritme.

Satire (spotvers, skimping of hekeldig)

In ‘n satire word menslike swakhede, dwaashede, ondeugde, wantoestande of tekortkomings bespotlik voorgestel, soms met die bedoeling om tot verbetering aan te spoor. Daar word dus gehekel, skerp berispe, afkeurend bespreek.

Sesure

Dit is natuurlike ruspunte binne ‘n versreël en het die voordeel dat dit die vooraf-gaande woord laat uitstaan en ook die betekenis van die woord wat volg verhoog, byvoorbeeld: “Halfskaam, verleë, het sy opgekyk.”

Sarkasme

Die spreker sê wat hy bedoel, maar op ‘n spottende manier, byvoorbeeld:“Jy is nie juis die slimste man wat ek al ooit ontmoet het nie.”“Jy is nie eintlik in die wieg gelê om ‘n kunstenaar te word nie.”

Page 22: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

26

Subtitel

Van ‘n verhaal of gedig is die ondertitel wat gewoonlik iets meer sê as die titel self.

Styl

Dit is die trant of wyse van skryf, skilder, bou, ensovoorts. Elke digter of skrywer het sy eie styl en elke kunswerk is ‘n stuk lewe soos gesien deur ‘n persoonlikheid, ‘n tem-perament wat die styl bepaal. Daarom “gebruik” ‘n skrywer nie ‘n styl soos ‘n graaf of pik nie.

Byvoorbeeld: as julle as klas dieselfde gebeurtenis of natuurtoneel moet beskryf, sal elkeen se beskrywing van die ander s’n verskil, want dit het op elkeen ‘n eiesoortige indruk gemaak en elkeen het sy eie uitdrukkingswyse.

Styleienskappe

Helderheid of duidelikheid (teenoor duisterheid, vaagheid of dubbelsinnigheid); eenvoud; omslagtigheid; krag; saaklikheid; kernagtigheid; pittigheid; verhewenheid (teenoor verspottigheid en platvloersheid); oorspronklikheid en vindingrykheid; geestigheid (humor, grappigheid, luimigheid, komiek, skerts, satire); welluidenheid, plastiek; tragiek.

Die skrywer maak bewus en minder bewus van allerlei stylmiddele gebruik, byvoor-beeld: woordkeuse, beeldspraak, en andere.

Spanning

Word in ‘n gedig verkry deur:uitsteltegniek (distansïering)herhaling van ‘n kernwoordwoordkeuseleestekens wat die tempo beïnvloed. Die tempo beïnvloed weer die toonaardkort klanke, staccato-effek (afgemetenheid)

Tempo

Dit is ‘n baie belangrike element van ‘n gedig, want tempo suggereer of skep altyd ‘n bepaalde atmosfeer. Betekenis en tempo is ook ten nouste met mekaar verbonde. Kyk na die volgende voorbeelde:

“By staande waatre klaag my siellewe”

Die tempo in hierdie versreël is stadig. Dit gevoel van verlatenheid en droefheid word deur hierdie stadige tempo versterk. Kyk na die volgende versreëls:“En o, met my is die windjies bly:hul spring uit die stof orenten wals en draai in dwarrelswaai

•••••

Page 23: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

27

oor my vloer, van ent tot ent:”

Hier is die tempo vinnig om ‘n atmosfeer van vrolikheid en opgewektheid te skep en ook die gevoel van die haastige windjies word versterk.

Faktore wat tempo beïnvloed:

Leestekens - baie leestekens vertraag die tempo, terwyl min leestekens die tempo versnel.Enjambemente - versnel die tempo.

Verslengtes - kort versreëls vertraag die tempo.

Dui op die uiterlike bou van ‘n gedig. Die manier waarop die gedig gedruk is. Voor-beelde:

lettertipelengtes van reëlsskuinsdruk (kursief/italics)hoof- en kleinlettersleestekenswyse waarop reëls geplaas is

Toonaard (atmosfeer)

Kan weemoedig, opgewek, ernstig, hartseer, ensovoorts, wees.Die volgende faktore beïnvloed die toonaard van die gedig

Woordkeuse - woorde kan ‘n sekere stemming skepKlanksuggestie - kort en lang klankeVerkleinwoorde - deur verkleinwoorde kan toegeneentheid, minagting en ander gevoelswaardes uitgebeeld wordDie tema van die gedig bepaal die atmosfeerEnjambement verleen ‘n soepele gang wat die toonaard bepaal‘n Snelle of langsame tempo beïnvloed die toonaardKort versreëls beïnvloed die tempo. Kort versreëls gee ‘n besliste, afgemete of dringende toonaardDeur woorde, frases of versreëls te herhaal, kan ‘n sekere toonaard bepaal wordProgressie - ontwikkelingsgroei vind plaas

Die volgende tegnieke kan aangewend word om woorde uit te hef

Alleenplasing van woorde of sinsnedes, byvoorbeeld een of twee woorde per reëlBelangrike woorde staan gewoonlik aan die begin of einde van versreëlsVeranderde woordorde (omgekeerde woordorde/inversie)Veranderde woorde of sinsnedes

•••

••••••

•••

••••

••

••••

Page 24: AFRIKAANS PROSA EN POëSIE GRAAD 8-12...Is ‘n kort, kragtige gedig met hoogstens twee klanke wat in die volgende rymske-mas gerangskik kan word: aaaa, aaab, abbb, abab, abba, abaa,

28

Wisseling in (verbreking van) metrumWoorde in rymposisiesHerhaling van woorde, sinsnedes en sinneKontrastering

Verkleining

Funksies:

Dit dui op werlike verkleiningDit dui op die digter se persoonlike betrokkenheid en sy emosionele belewenisDit beïnvloed die toonaard van die gedig - dui op vertedering, liefdevolheid, mi-nagting, ens.

Voorplasing

Wending

‘n Wending is waar daar ‘n verandering of ommekeer in die gedig is.

••••••

1.2.3.