aankondiginge 4 februarie 2018 - ng kerk kuilsrivier-de eike · aankondiginge 4 februarie 2018...

9
AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure is nuwe intrekkervorms beskikbaar. Voltooi dit asb. sodat ons jou kan kontak. Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: [email protected] Kuilsrivier Faks 021 903 9541 [email protected] Webwerf : www.ngkeike.co.za Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 12:00 Bankbesonderhede: ABSA takkode 632005; Rekeningnommer 3010590069 Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427 Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 [email protected] Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h) Tyd Diens/Geleentheid Prediker/Lokaal 08:30 Samekoms van kerkraadslede Koster se kantoor 09:00 EREDIENS Deuroffer: Hugenote Kollege Erediensspan 3 Johan Norman Ds. Jandré Viljoen 09:00 Kinderkerk gevolg deur junior kategese gr R tot 6 Konsistorie en daarna verskeie lokale 17:00 Belydenisklas gr 11 18:00 Informele Aanddiens Ds. Jandré Viljoen 18:50 Senior Kategese gr 7 tot 10 VANDAG SE PROGRAM VYFDE SONDAG NA EPIFANIE

Upload: others

Post on 02-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

AANKONDIGINGE

4 FEBRUARIE 2018

W E L K O M B Y D I E E R E D I E N S ! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente.

By die deure is nuwe intrekkervorms beskikbaar. Voltooi dit asb. sodat ons jou kan kontak.

Posbus 272 021 903 3818 E-pos adres: [email protected] Kuilsrivier Faks 021 903 9541 [email protected]

Webwerf : www.ngkeike.co.za Kantoorure: Maandag tot Vrydag 08:00 – 12:00 Bankbesonderhede: ABSA – takkode 632005; Rekeningnommer 3010590069

Leraars: Ds. H Burger Ds. C Barnardo Ds. J Morkel Ds. J Viljoen 021 903 1798 021 982 7076 021 903 6654 084 383 7427

Saakgelastigde Mariana van Schalkwyk 021 903 3818 Sekretaresse Cathy Fullard 021 903 3818 Koster Tim Burrows 021 903 3818 of 082 444 5677 [email protected] Kinderkerk Riëtta Odendal 021 903 4963 Snr Kategese Anien Heydenrych 074 496 6519 Orrelis René Ferreira 021 981 4806 (h)

Tyd Diens/Geleentheid Prediker/Lokaal

08:30 Samekoms van kerkraadslede Koster se kantoor

09:00 EREDIENS

Deuroffer: Hugenote Kollege

Erediensspan 3 – Johan Norman

Ds. Jandré Viljoen

09:00 Kinderkerk gevolg deur junior kategese – gr R tot 6

Konsistorie en daarna verskeie lokale

17:00 Belydenisklas – gr 11

18:00 Informele Aanddiens Ds. Jandré Viljoen

18:50 Senior Kategese – gr 7 tot 10

VANDAG SE PROGRAM

VYFDE SONDAG NA EPIFANIE

Page 2: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

MAANDAG, 5 FEBRUARIE

18:30 Erediens & aanbidding – kommissievergadering in die konsistorie Sportmanne – Geen byeenkoms 19:30 Vrouelidmate – Bybelstudiebyeenkoms by Margaret Valentine se huis

09:30 Senior Burger Bybelstudie – in konsistorie 19:00 Kooroefening in die kerk 19:00 Eiendomme – kommissie vergadering in die konsistorie 19:00 Pannie se kleingroep – byeenkoms by Pannie se huis

WOENSDAG, 7 FEBRUARIE

09:30 Vroue Bybelstudie – in konsistorie 10:00 Othello Aftree-oord – biduur in eetsaal 15:00 Fondse – kommissievergadering in die konsistorie 18:30 Kommunikasie taakspan – vergadering in die konsistorie

DONDERDAG, 8 FEBRUARIE

Sopkombuis: Christelle Smit, Marina Rogotta, Etetia Conradie, Sorina Greeff, Elsabé Marais en Marieta Pienaar 19:00 Getuienisaksie – kommissie vergadering in die konsistorie

VRYDAG, 9 FEBRUARIE

09:30 Gebedsgeleentheid in die Moederskamer

SATERDAG, 10 FEBRUARIE

SONDAG, 11 FEBRUARIE

SESDE SONDAG NA EPIFANIE BIDDAG VIR OPVOEDING EN ONDERWYS 09:00 Oggenddiens - GESINSDIENS Deuroffer: Radiokansel Erediensspan 1 – Derick du Toit 09:00 Kinderkerk vir graad R tot 6 in konsistorie, gevolg deur jnr kategese – verskeie lokale 17:00 Belydenisklas – graad 11 18:00 Informele Diens 18:50 Senior kategese graad 7 tot 10

GEMEENTE DAGBOEK

G E BE D SO N D ER W E R P V I R D I E W EE K : V E ROO TM OED I G I N G E N GEB E D V I R RE ë N

L E ES R OO S TER T E K S TE V I R D I E W EE K : 2 K on in gs 2 : 1 -1 2 ; Ps 5 0 : 1 - 6 ; 2 K o r 4 : 3 - 6 ; Ma rk 9 : 2 -9

Page 3: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

04/02 Susan Potgieter, Jannie van Zyl, Amoré van Schalkwyk, Albert du Preez 05/02 Pieter Gresse, Cleone Fourie, Magdeld Nel, Marilise Carstens, Danie Esterhuyse, Yolande Laing 06/02 Bettie Pieterse, Megan Papas 07/02 Hennie van Zyl, John-Paul Goslett, Alana Jonas, Daniëlle Fölscher, Tiaan van Zyl, Kitty de Jager, Leandré Kotze, Frikkie Herholdt 08/02 Abé Engelbrecht, Deon Herselman, Hannelie Viljoen 09/02 Jurgens Liebenberg, MC van Deventer, Christoff van Zyl, De Wet Coetzee, Annelie Nimmo 10/02 Johan Kotzé, Melissa Papenfus, Dupré Verster

VERJAARSDAE VIR DIE WEEK

VANDAG SE DEUROFFER

HUGENOTE KOLLEGE

Die Hugenote Kollege is ’n privaat opleidingsinstansie wat studente vanuit die Christelike geloof en waardestelsel oplei om maatskaplike- en kerklike dienswerk te kan beoefen. Tans bied die Kollege sertifikaatkursusse in Maatskaplike Hulpwerk, Gemeenskapsontwikkeling, Vroeë Kind Ontwikkeling, Kinder- en Jeugsorg asook Teologie en Bediening aan. Die Kollege bied ook kortkursusse aan vir gemeentes en lidmate wat hulle kan help om hulle dienswerk in die Koninkryk van God nog beter te kan doen. Kontakbesonderhede: Uitvoerende Hoof 021-873-1181 [email protected] www.hugenote.com

Page 4: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

1. Versoeke vir gebedsvoorbidding kan deurgegee word na enige van die gebedsgroepe by die volgende lidmate: Lerina Venter (021 903 9069) en Marita Koen (021 903 7820).

2. Liedere Versoekboek: indien daar ‘n spesiale lied is wat jy graag wil versoek deur die gemeentegesing moet word, skryf dit gerus in die versoekboek wat in die vakkie in die voorportaal is.

3. Die Mediasentrum is gedurende die skoolkwartale elke Sondag na die erediens oop.

4. Lidmate is steeds welkom om tweedehandse klere, beddegoed, ens. na die kerk te bring vir die klerebank sowel as boeke vir vanjaar se basaar.

5. Die ouers van voorskoolse kleuters wat die kinderkerk bywoon, kan hulle na afloop van die diens by die konsistorie afhaal.

6. Die eerste uitgawe van Die Akker vir 2018 verskyn 25 Maart 2018. Lidmate is welkom om bydraes daarvoor by die kerkkantoor af te gee of e-pos na [email protected]. Die sperdatum vir bydraes is 8 Maart.

7. Ds. Hannes is Dinsdag met verlof. Die Senior Burger Bybelstudie gaan wel voort.

VAN ALLES EN NOG WAT

DANKSEGGING EN VOORBIDDING

1. Sarita en Serahn van Rooyen se lidmaatskapsertifikate is ontvang vanaf

Kuilsrivier-Suid gemeente. 2. Baie geluk aan Danie Esterhuyse (Klaradyn) wat môre sy 80ste

verjaarsdag vier. 3. John en Lynette Haynes (Van Wyk straat) het ‘n kleinseun ryker geword.

Dit is Jacques en Nicola Haynes van Brackenfell se eersteling. 4. André en Vicky Cronjé (Keurboomlaan) se kleindogter is gedurende die

afgelope week gebore. 5. Bennie en Bethley Scheidegger se roudiens is eerskomende Woensdag

om 13:00 in ons kerk. Die teraardebestelling sal om 15:00 in Durbanville plaasvind.

6. Sarita van Rooyen (Paddockstraat) sterk tuis aan na ‘n operasie. 7. Elsa Müller (Huis de Kuilen) het slegte nuus oor haar gesondheid ontvang. 8. Rudi (Pionierstraat) en Pierre Swart (Othello) se broer is oorlede.

Page 5: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

GEDAGTE VAN DIE WEEK Om te getuig is nie ‘n stokperdjie of ‘n een-dag-‘n-week-aktiwiteit nie. Dit is ‘n

lewenstyl. ‘n Mens “getuig” nie van Christus wanneer dit jou pas nie. Jy is ‘n

getuie. Jy leef jou getuienis, ook wanneer jy glad nie eens daaraan dink nie.

RE Coleman

DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE

NGK KUILSRIVIER: MIDDAGKONSERT

NG Kerk Kuilsrivier (Moedergemeente) nooi almal uit na die eerste middagete konsert wat aangebied word vanuit die NG Kerk Kuilsrivier. Ons glo dat dit die eerste van nog vele konserte met kunstenaars van die omgewing en elders sal wees. Indien jy op 14 Februarie jou in Kuilsrivier bevind, moenie hierdie geleentheid misloop nie. Daar is parkering beskikbaar op die kerkterrein. Plek: NG Kerk Kuilsrivier (Moedergemeente) Tyd: 13:15-13:45 Kunstenaars: Sang (Karen de Goede); fluit (Annette Cronje) en pianis (Liz Carstens) Koste: ’n Donasie sal gepas wees Kom luister saam na God se liefdesklanke vir elke mens op aarde.

DAG VAN VEROOTMOEDIGING EN GEBED

14 FEBRUARIE 2018

In hierdie tyd van knellende droogte word gelowiges uitgedaag om hulle te

verootmoedig en in gebed hulle vertroue op God te plaas vir hulp en uitkoms. In die

Bybel sien ons immers dat woestyn- en swaarkrytye geleenthede geword het van

diepe verootmoediging. Dit was ook in dié tye dat God sy roeping aan mense bekend

gemaak het en hulle opnuut bewus geword het van hulle afhanklikheid van Hom.

Die moderature van die NG Kerk in Wes-Kaapland, die VGK Kaapland, die NG

Kerk in Oos-Kaapland, die Anglican Church of Southern Africa (Anglikaanse

Kerk), die Congregational Kerk, die Presbiteriaanse Kerk en die Evangelical

Lutheran Church of Southern Africa (ELCSA), doen nou ‘n beroep op alle

landsburgers om 14 Februarie 2018 ‘n dag van verootmoediging te maak. 14

Februarie is Aswoensdag, die begin van die lydenstyd in die kerkjaar. Ons bede is dat

in die lig van die droogte die hele lydenstyd vir die kerk van Christus ‘n tyd van

verootmoediging en gebed sal wees.

Op 14 Februarie sal die kerkklokke om 12:00 lui om almal op te roep tot gebed en

verootmoediging.

Page 6: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

UITNODIGING

Die Kerkkoor van NG Kerk De Eike nooi jou hartlik uit om te kom aansluit by ons. As jy ‘n sangstem het en kan noothou, is jy eintlik verplig om jou talent met ons te kom deel. Ons het stemme in al vier stempartye nodig vir 2018. Oefeninge is op Dinsdagaande om 19:00 – 20:00. Ons begin vanjaar op Dinsdagaand 30 Januarie oefen. Ons streef daarna om die Here met ons stemme te dien – hierdie is dalk net die geleentheid waarvoor jy gewag het. Moenie uitstel nie, meld aan! Dit sal jou lewe verryk! René Ferreira, Orrelis

DE EIKE KOSKAS

De Eike se koskas verskaf maandeliks kospakkies aan verskeie lidmate en gesinne in ons gemeente. Bydraes van enige nie-bederfbare kos, skoonmaakmiddels, toiletware, ens. kan in die mandjies by die deure beplaas word of by die kerkkantoor afgegee word. Lidmate wat verkies om ‘n finansiële bydrae te gee, is welkom om dit só te doen.

Page 7: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

DIE KOMMISSIE VIR VROUELIDMATE PREEKSKETS – 4 FEBRUARIE 2018

PREDIKER: DS. JANDRé VILJOEN

TEMA: AS EK DIT NIE GAAN DOEN NIE, WIE GAAN DIT DAN DOEN?

SKRIFLESING: Handelinge 1:1-14

LIEDERE:

Loflied – lied 464: 1&4

Toewyding – lied 308:1&5

Uitstuurlied – 488:1-5

Inleiding

As kind het ek altyd met verbasing geluister na sendelinge se stories. Ek het ook altyd geglo dat die “gestuurdes” net sendelinge is. Dit was ook vir my interessant dat sendelinge soms hanteer was as arm mense wat eintlik maar net bedel vir geld. Sleg om te dink dat sendelinge moet “bedel” vir geld. Hoekom sê ek dit, want ek was self daar. Sendelinge spandeer soms meer tyd aan PR verwante sake as die fisiese werk. Ten spyte van al die PR in sendingwerk was ek egter altyd bewus van Jesus se opdrag. Ek was ook bewus van die feit dat Jesus se opdrag beloftes bevat.

Jesus se opdrag bevat beloftes

Handelinge 1: 8 openbaar Jesus se beloftes aan ons: “Julle sal krag ontvang wanneer die heilige gees op julle kom, en julle sal getuies van my wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde.” Die realiteit is egter dat hierdie belofte van ons ietsie vra. Dit vra van ons as gelowiges om te bid, want as ons nie gaan bid nie wie gaan dit dan doen!

Jesus se opdrag vra dan van ons om te bid

Dit is soms vir my sleg om te dink dat ons so min gee vir sending. So min van ons tyd en energie. Ons wil weet wat hulle doen, maar ons wil nie bid nie. Die fondasie van enige bediening lê in die aksie van mense wat op hul knieë neerbuig en intree. Jesus se hele bediening bevestig dit. Dit is ons “handeling.” Deur te bid en te ondersteun raak ons die “krag” wat ander moet ontvang.

Page 8: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

HOE GROOT IS JOU JESUS

Dave Bookless, ‘n befaamde internasionale spreker en eko-teoloog, lewer

‘n praatjie oor die Christen se verhouding tot die natuur.

Dave is die direkteur vir Teologie by A Rocha Internasionaal, ‘n Christen

organisasie wat hom beywer om mense bewus te maak van die mens se

verantwoordelikheid teenoor die natuurlike omgewing. A Rocha is in 22

lande aktief betrokke met omgewings-projekte!

Waar: NGK Kuilsrivier — De Eike, Pionierweg, Kuilsrivier (GPS –33.913046, 18.682130) Wanneer: 12 Februarie 2018 om 19:00 Tema: “Hoe Groot is jou Jesus – ‘n omgewingsperspektief”. Toegang: Gratis. Almal welkom! Jacobus van der Linden, die jong seun wat tydens die afgelope skoolvakansie vanaf Alexanderbaai

tot by Kaappunt gestap het om die jeug bewus te maak van omgewingsuitdagings, sal kortliks sy

ervarings met die staptog deel.

Moenie die geleentheid misloop nie – veral nie nou met die dreigende waterkrises in Kaapstad nie! Navrae: Ds Chris Barnardo, 082 822 6619

Page 9: AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 - NG Kerk Kuilsrivier-De Eike · AANKONDIGINGE 4 FEBRUARIE 2018 WELKOM BY DIE EREDIENS! NUWE INTREKKERS : Baie welkom in die gemeente. By die deure

Dag 1

Suid

-Afrika

Dag 2

Kuils

rivier

Dag 3

Tem

a

van d

ie g

em

eente

Dag 4

Vryw

illig

ers

Dag 5

Leraars Dag 6

Kerk

kan

toor person

eel

Dag 7

Jeugbediening!Dag 8

Senior B

edien

ing!

Dag 9

Hu

is De K

uilen

Dag 10

Maatskaplike werkers by skole

Dag 11

Kos vir skole

Dag 12

Aksie Samaritaan

Dag 13

Kuilsrivier SAPD-Speurafdeling

Dag 14

BA

DISA

Dag 15

GR

EEN P

AR

K

Dag 16

VG

K K

OE

LEN

HO

F Dag 17

Kayamandi Dag 18

Mozam

biek

Candeni-gemeente

Dag 19

Ha

nd

eva

t-pro

jek

Dag 20

Indië Rahul, Lorette en familie

Dag 21

FEBA RAdio