25 oktober 2015 god wys die pad! - ngsuidkus.co.za · 2015-10-20 · sorg dat jy 20 minute voor die...

4
Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Slangetjies en leertjies bordspel en dobbelsteen Genoeg afdrukke van die doolhof prentjies waar die maats die mier moet help om by sy maatjie uit te kom. Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel. Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote) Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou. 25 Oktober 2015 God wys die pad! Job 42:1-6, 10-17

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 25 Oktober 2015 God wys die pad! - ngsuidkus.co.za · 2015-10-20 · Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks

Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Slangetjies en leertjies bordspel en dobbelsteen Genoeg afdrukke van die doolhof prentjies waar die maats die mier moet help om by sy maatjie uit te kom.

Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel.

Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote)

Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou.

25 Oktober 2015 God wys die pad!

Job 42:1-6, 10-17

Page 2: 25 Oktober 2015 God wys die pad! - ngsuidkus.co.za · 2015-10-20 · Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks

Bidtyd: Openingsgebed Vra een van die kinders om te open met gebed.

Lestyd: Slangetjies en leertjies. Deel die groep in twee of drie groepe op. Elke groep kry ‘n kleur om mee deel te neem aan die bordspel. Plak die bord teen die muur voor in die klas. Gee elke keer iemand anders in die groep kans om die dobbelsteen te gooi om aan te beweeg. Maak sommer ‘n ekstra groot dobbelsteun van ‘n vierkantige boks/ spons om die interaksie meer te maak in die klas. Kyk watter groep wen en gee ‘n klein beloningtjie vir die wenspan. Met slangetjies en leertjies, gaan mens soms af met die slangetjie, terug op jou pad, maar met die leertjie kan jy sommer lekker vinnig voorentoe beweeg. Die belangrikste is om op die padjie te hou om by die eind blokkie uit te kom. Mens kan nie êrens in die middel stop nie. Wie van julle het al ooit saam met mamma of pappa gery, en dan verdwaal hulle? (Gee geleentheid dat kinders van die insident kan vertel) Wat beteken dit om te verdwaal? Om te verdwaal is om nie by die plek uit te kom waar jy graag wil wees nie, dis om die verkeerde pad te vat. Dis soos om met die slangetjie weg van jou pad af te gaan. Dan vat dit baie langer om by die einde te kom. Maar soms is daar korter padjies om te neem, soos by die leertjies wat jou sommer baie vinniger by die einde laat kom. Maar deesdae gebruik hulle mos ‘n GPS om uit te kom waar hulle graag wou wees. Partykeer kom mens sommer net by ‘n vurk in die pad en dan moet jy ‘n keuse maak, gaan jy links of gaan jy regs. Wanneer mens links gaan, kan daar dalk padversperrings kom, maar dit kan ook gebeur as mens regs gaan. Jy sal nooit weet voordat jy die pad begin loop het nie. Die belangrikste is om eers mooi te dink en dan die keuse te maak en as die pad nie reg uit werk nie, maar terug te loop na waar die pad gevurk het en dan die ander pad te vat.

Singtyd: (Hierdie liedere is slegs voorstelle. Gebruik gerus meer bekende liedere) Liedjie: Ek wandel in die lig van God Ek wandel in die lig van God Ek wandel in die lig van God Ek wandel in die lig Ek wandel in die lig Ek wandel in die lig van God. I’m walking in the light of God I’m walking in the light of God I’m walking in the light I’m walking in the light I’m walking in the light of God Liedboek: Lied Onthou jul nog Onthou jul nog wie’t lank terug Die aarde goed gemaak? Ons God en Vader wat nooit slaap Wat altyd oor ons waak Vir mossies sorg Hy dag na dag Vir lelies in die vlei Vir ons het Hy sy Seun gestuur Hoe lief het Hy vir my!

Page 3: 25 Oktober 2015 God wys die pad! - ngsuidkus.co.za · 2015-10-20 · Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks

Bybeltyd vervolg: Weet julle wat het met Job gebeur toe hy vir God gaan jammer sê het? Die Bybel sê vir ons in Job 42:10 dat die Here Job se omstandighede verander het, en vir hom twee keer soveel goed gegee as wat hy vroeër gehad het. Die Here het vir Job geseën. Dit het goed gegaan met Job. Hy het by die eindblokkie van die slangetjie en leertjies speletjie uitgekom. Hy het by die skat uitgekom en die skat is die Here en Sy groot liefde vir ons. Wanneer ons dus verkeerde dinge gedoen het, moet ons dit bely, jammer sê oor wat ons verkeerd gedoen het, en saam met die Here op die regte pad loop. Dan sal ons eendag vir altyd en vir ewig saam met Jesus in die hemel kan wees.

Doentyd & Leertyd: Laat die kinders die paadjie inkleur wat die mier help om by sy maatjie uit te kom. Moedig die kinders aan om te gaan vertel wat hulle vandag geleer het. En moedig hulle aan om te gaan jammer sê wanneer hulle iets verkeerd gedoen het. Groettyd: Dankie Jesus dat U vir my lief is en vir my die regte pad wys wat ek moet loop. Amen

Bybeltyd: Verlede week het ons van Job geleer. Job was ‘n man in die Bybel wat baie lief was vir God, maar wat amper vergeet het hoe lief God vir hom was en hy het amper vergeet dat God vir hom sal sorg. En toe het God hom kom herinner dat God wat die hemel en die aarde gemaak het, ook vir Job gemaak het en daarom ook aan Job dink en vir hom baie lief is. Toe Job onthou dat God vir hom so baie lief is, het hy so bietjie skaam geraak. Hoe voel dit om skaam te raak? Mens voel mos om weg te kruip en jou wange word rooi en al wat jy wil doen is om jammer te sê. Dis hoe Job gevoel het. Want sien maats, Job was by ‘n vurk in die pad, of hy moes glo God is lief vir hom, of hy moes glo God het van hom vergeet. En Job het amper vergeet dat God vir hom lief is. Daarom kom hy hier in Job 42:1-6 en sê eintlik vir God: Ek is so jammer, want ek het amper vergeet dat U alles gemaak het, en dat U alles weet, en dat ek eerder net moes stil bly en weet dat U vir my sal lief bly. Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, dan moet ons nie gaan wegkruip nie, ons moet gaan jammer sê. Want as ons gaan jammer sê, dan kry ons ‘n tweede kans om weer oor te begin.

Page 4: 25 Oktober 2015 God wys die pad! - ngsuidkus.co.za · 2015-10-20 · Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks