2012 august

24
Jaargang 19 Nr. 7 022-913 1777 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne Botaniese Tuin...p6 Magdaleen 2de in skryf- kompetisie...p10 60 jaar vir Daniël en Mara... p11 Ouma groet...p13 Madiba-dag...p14 en p16 Steynville sport en kul- tuur...p18 Grant Khomo rugby- week...p21 Ses na Comrades...p22 www.piketberg.com R2,00 Augustus 2012 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] DRINGEND OPSOEK na 2012 se... BESTE POT-MAKER! 29 SEPTEMBER 2012 SKRYF NOU IN! Jy kan NOU jou plot ook uitkies! Inskrywingsvorms beskikbaar in die winkel. “If you can dream it, you CAN DO it!” Juné van der Westhuizen was deel van „n groep van 10 Suid-Afrikaners wat gedurende die Junie vakansie aan die grootste AMTC Shine kompe- tisie nog, in Orlando Florida, gaan deelneem het. Daar was 1200 deelne- mers. Gaylord Palms met sy byna 10 000 kamers is asemrowend mooi en gou het ons besef in Amerika is alles net 4x groter as in Suid-Afrika. Die eer- ste uitstappie was vroegoggend na al die “Outlets” en Orlando Mall, fantasties en sommer vinnig het die kinders die Amerikaanse aksent opgetel en lekker gepraat…“Guess” as “GASS” uit- gespreek! Dag 2 het Universal Studios en Disney gevolg...dít kan mens eintlik vir niemand oorvertel nie, net eenvoudig onbeskryflik. Ratanga is piepklein teen alles wat die kinders daar kon ry en beleef. Die 3D Harry Potter Ride was hul hoogtepunt en almal was dit eens, dit was by verre die beste dag van hul lewens. 4 Julie was Independence Day en wow…dis groot in Amerika en die vuurwerke was „n absolute skouspel. Daarna het twee dae se intensiewe opleiding deur top akteurs en modelle gevolg. Van vroeg tot laat en hulle het gou besef dit gaan nie maklik wees nie. Moeë lywe het saans die swembad be- soek en ”getan” (ja, half 9 skyn die son nog!) Vervolg op p15 Juné van der Westhuizen Foto verskaf Juné wen trofee in VSA

Upload: piketberg-tourism

Post on 17-Mar-2016

288 views

Category:

Documents


16 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: 2012 August

1

Jaargang 19 Nr. 7 022-913 1777

Piketberg se koerant

vir Piketberg se

mense...

Lees binne Botaniese Tuin...p6 Magdaleen 2de in skryf-kompetisie...p10 60 jaar vir Daniël en Mara... p11 Ouma groet...p13 Madiba-dag...p14 en p16 Steynville sport en kul-tuur...p18 Grant Khomo rugby-week...p21 Ses na Comrades...p22

www.piketberg.com

R2,00

Augustus 2012

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P

P IK E T B E R G

0 2 2 9 1 3 1 9 3 9

0 2 2 9 1 3 2 4 0 4

Alle korrespondensie aan [email protected]

DRINGEND OPSOEK

na 2012 se...

BESTE

POT-MAKER! 29 SEPTEMBER 2012

SKRYF NOU IN!

Jy kan NOU jou plot ook

uitkies!

Inskrywingsvorms

beskikbaar in die

winkel.

“If you can dream it, you CAN DO it!” Juné van der Westhuizen was deel van „n groep van 10 Suid-Afrikaners wat gedurende die Junie vakansie aan die grootste AMTC Shine kompe-tisie nog, in Orlando Florida, gaan deelneem het. Daar was 1200 deelne-mers. Gaylord Palms met sy byna 10 000 kamers is asemrowend mooi en gou het ons besef in Amerika is alles net 4x groter as in Suid-Afrika. Die eer-ste uitstappie was vroegoggend na al die “Outlets” en Orlando Mall, fantasties en sommer vinnig het die kinders die Amerikaanse aksent opgetel en lekker gepraat…“Guess” as “GASS” uit-gespreek! Dag 2 het Universal Studios en Disney gevolg...dít kan mens eintlik vir niemand oorvertel nie, net eenvoudig onbeskryflik. Ratanga is piepklein teen alles wat die kinders daar kon ry en beleef. Die 3D Harry Potter Ride was hul hoogtepunt en almal was dit eens, dit was by verre die beste dag van hul lewens. 4 Julie was Independence Day en wow…dis groot in Amerika en die vuurwerke was „n absolute skouspel. Daarna het twee dae se intensiewe opleiding deur top akteurs en modelle gevolg. Van vroeg tot laat en hulle het gou besef dit gaan nie maklik wees nie. Moeë lywe het saans die swembad be-soek en ”getan” (ja, half 9 skyn die son nog!) Vervolg op p15

Juné van der Westhuizen Foto verskaf

Juné wen trofee in VSA

Page 2: 2012 August

2

Redaksioneel

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April)

per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland.

(Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Redaksie ([email protected])

Redakteur: Kenneth Smit

Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensiebestuur-

der: Margaret Smit 022-913 1777

Uitleg: Barbie Breunissen en

Kenneth Smit

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R435 Halfblad: R295

Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag.

Briewe van ons lesers...

Die volgende Piketberger verskyn op 23 Augustus 2012. Berigte en advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 14 Augustus

2012 om 17:00

Elmirique Smit skryf…

Kan nie glo dat 10 maande van my wonderlike avontuur verby is nie. Ek het baie bedrywighede wat voorlê vir my in die 7 weke wat kom. Einde Julie gaan ek Italië toe vir 'n week, gaan deur Pisa, Florence en Rome toer saam met

'n vriendin wat ek hier ontmoet het. Dan natuurlik lê die groot pak voor… Die afgelope maand was baie bedrywig, Elena het haar A-diploma in swem be-haal en is tans besig met haar B-diploma. Die meisies gaan al-bei suksesvol na die volgende groep toe sodra die skool weer

begin na die somervakansie. Elena gaan na groep 3 en Giulia gaan na groep 6. Ek is voorwaar trots op hulle. Giulia het ook vir die eerste keer deelgeneem aan 'n perdrykompetisie en dit was ook baie goed. Die gas-pa het ook verjaar en was vir die dag Dieretuin toe in Rotter-dam. Die dieretuin in Rotterdam is verdeel in wêrelddele. Daar was Asië, Europa, Afrika, Amerika en Australië en Suid-Amerika. Dit was opwindend om al die diere te sien. Ek het ook die geleentheid gekry om saam met my gas familie na 'n familietroue te gaan en 'n regte Nederlandse troue te kan beleef. Dit was 'n dubbele troue met twee onthale na mekaar. In die volgende artikel sal ek vertel ook my Italië-avontuur. Geniet jul winter, want die somer hier is nie te warm nie, maar baie reën soos nooit gesien.

Soek!!!!!

Strooi om te baal!

Skakel Michael Smuts

083 603 0007

Barbie Breunissen Margaret Smit

Kenneth Smit Marietha Goosen

Geleenthede

VSA Koor na Piketberg 4 Augustus

Ongeveer 60 stemme uit Piketberg is hard aan die oefen om op 4 Augustus saam met 60 stemme uit Amerika ‟n massakoor te vorm. Kom ons pak die NG Kerk vol op Saterdag 4 Augustus en kom geniet luisterryke sang en orrelspel. Hierdie is „n inisiatief van Sherlock Fortuin, „n boorling van Piketberg. R20 donasie.

Toerisme kantoor skuif vanaf 1 Augustus in

die Sinagoge gebou in Kerksraat, onder die Piketberg Museum.

"Die kinders van vandag het darem baie meer geleenthede as wat ons gehad het..." hoor ek dikwels myself en ander sê.

Maar laat ons nou nie daaroor wroeg nie, steeds bly die een konsert, spesiale toer, paar eisteddfods of elke jaar se Voortrekker- en CSV-kampe wat ons gedurende ons skoolloopbane gehad het, hoogtepunte en beslis geleen-thede waar ons gevorm is en voorberei is vir die lewe. Om geleenthede te hê, moet daar meeste van die tyd volwassenes wees wat dit help skep. Die volwassenes is dikwels agter die skerms doenig en vind vreugde en genoegdoening in die manier waarop die kiddies die ge-leenthede aangryp! Ek blaai deur Die Piketberger en ver-stom my aan watter geleenthede ons kinders net die af-gelope maand aangegryp het - en dan maak ek 'n punt daarvan om na die volwassene agter die geleentheid te kyk en dankbaar te sê: Sjoe, Piketberg het briljante ouers, onderwyseresse, mentors en voorsitters, Piketberg het briljante kinders....kortom, in Piketberg het ons hope geleenthede! Vir jou wat nie 'n ouer van skoolgaandes is nie, of 'n onderwyseres, mentor of voorsitter nie - jy is net iemand wat sin en betekenis aan jou lewe wil gee - blaai weer deur die koerant....daar is die koor, VLV, KANSA, Botaniese Tuin, ACVV, Tuinbouklub, Rus-'n-Bietjie, Skoue, Feeste en Konserte, Leeskring, Radie Kotze Hos-pitaal, Skole en Biblioteke, Oefengroepe en Herwin-ning....gryp daai geleentheid aan!

Marietha

Page 3: 2012 August

3

Herwin Herwin Herwin Gebruik die deurskynende plastieksakke.

Vriendelike diens gewaarborg

„n Gesellige sosiale byeenkoms van Piketberg Land-

bouvereniging en Vroue Landbouvereniging van Piketberg het op 18 Julie by De Berge Gastehuis

plaasgevind. Op die foto verskyn Hugo Lambrechts, wynmaker by die wynkelder op Porterville wat „n wyn-proe aangebied het van wyn gemaak van druiwe van die omgewing, Daniël Rossouw, voorsitter van PLV,

Paul Burger, wat „n indrukwekkende fotobeeld van Piketberg omgewing aangebied het en Riana Richter,

voorsitter van VLV Piketberg. Foto verskaf

Verenigings kuier gesellig saam Die kunstige Miemie en Magriet

So baie mense het gewonder oor die asemrowende de-kor en kostuums van die pas afgelope Dierejolyt konsert, opgevoer deur PHS se Grondslagfase. Verskeie oud-leerders van PHS, wat nou ouers van PHS is, was be-trokke by die projek. Een van die grootste kopsere (neksere?) was sekerlik die maak van die kameelperd se kostuum. Dit is ontwerp en gemaak deur Miemie Louw van Piketberg („n oud-ouer) en haar dogter Magriet (Louw) Meyer, oud-leerder van PHS en tans woonagtig in die Kaap.

Magriet Meyer en Miemie Louw het hul kuns en naald-werk/talent ingespan vir Dierejolyt se Kameelperd.

Foto: verskaf

PHS se Matriekafskeid 24 Augustus

Page 4: 2012 August

4

Klere vir die vrou met eksklusiewe

smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Hoender-en-sampioenrolletjies 15ml olyfolie 1 groot hoenderborsie, ontvel en ontbeen Sout en vars gemaalde swartpeper 125g sampioene, fyn gekap 1 prei, fyn gekap 125ml room 15ml pietersielie, fyn gekap 1 rol (400g) Today Brown Bread Puff Pastry Voorverhit die oond tot 200 grade C. Verhit die helfte van die olie en braai die hoenderborsie tot gaar. Geur met sout en peper en vlok die hoender in fyn stukkies. Verhit die res van die olie en braai die sampioene en prei tot gaar. Roer die room by die sampioene en prei en kook tot al die vloeistof verdamp het. Roer die pietersielie en gevlokte hoender daarby in. Rol die deeg uit en sny in 8cm x 8cm blokkies. Skep „n lepelvol vulsel in elke blokkie en rol die deeg op. Smeer die kante met „n bietjie water, knyp dit toe en rangskik rolletjies op „n ge-smeerde bakplaat. Bak 15 tot 20 minute of tot gaar. Maak +12 rolletjies.

Kekkel & Kraai

Langstraat 79

Piketberg

022-913 2297

Lewensritme Het ons straks ons lewensritme verloor omdat 'n juk van teleurstelling, mis- en teëspoed, ongelukkigheid en vele meer, besig is om ons te kniehalter. Laat ons straks half oogluikend toe dat ons geluk gesteel word? Om lewens-ritme te behou moet daar gefokus word en niks of nie-mand mag toegelaat word om ons daarvan te weerhou nie. Die ritme van die lewe gaan nie oor haas of oor spoed nie, maar dit gaan veel eerder om voort te beweeg na „n doelwit, wat deur jou eie individualiteit aan jou voorge-skryf word. Daar moet beslis ritme in elke denkpa-troon wees, ritme in jou psige, in jou omgang met gelief-des en vriende, in jou belangstellingsvelde, in jou werk-situasie, jou betrokkenheid by jou Kerk en jou beskikbaar-heid in jou gemeenskap. Hierdie lysie kan deur elke leser verder voltooi word. Die vraag bly: Beweeg ek ”ligvoets” deur die lewe of is daar „n mymerende negatiewe effek wat my aandag afwaarts laat drentel en ek so my lewen-spassie; my ritme verloor. Lewensritme kan nie wegges-teek word nie...dit is tè maklik waarneembaar: Jy hèt dit of jy hèt dit nie. Dit is derhalwe nie iets wat met sluwe toneelspel verstoke kan word nie. Lewensgeluk binne die raamwerk van jou huishouding en sosialisering met an-der, is van kardinale belang, want ongelukkigheid kan jou en my ritme temper. Geluk is iets wat geld en goed nie kan skep nie, maar dit is beslis iets waarvoor ek en jy, self alleenlik voor verantwoordelik is. Mag ek en elke le-ser met oortuiging die las wat ons saamsleep afwerp, sodat ons vreugdevol ons lewensritme met volhoubaar-heid kan voortsit. Die appèl word op u en my lewe ge-maak en ek alleen kan my eie geluk skep of vernietig!

deur Jannie Lategan

Kansa is besig met Toktokkie fondsinsameling. Die volgende persone is tans toktokkies: Riana

Hougaard, Suzette Fouché, Mercia Carstens, Maresa (Carstens) Kriel en Marita Nel.

WINTERUIT-VERKOPING

Uile-moles! Dringende aankondiging. Uile-moles! Daar het verskeie spesies en grootte uiltjies by die BIO kom intrek. Hulle is lastig en raas vreeslik saans, en die bure wonder wie ons kan skakel om hulle van kant te maak en of ander heenkome vir hulle te vind. Hulle is tog te dierbaar en so aanskoulik en kan in die toekoms as sieraad vir die dorp dien en van waarde wees as Toeriste aantrekking.

Kontak Cobis Wilson by 022 913 1368

Naaldwerk Insit van “zips”, korter maak

van broeke, knope vervang en enige ander herstelwerk

wat u verlang

Kontak M. Nel by 073 166 8065 of 022 913 3438

KANSA

Page 5: 2012 August

5

Page 6: 2012 August

6

Piketberg kry eersdaags „n eie Botaniese Tuin. Om mee af te skop het Driaan, die Jeugwerker, saam met vyf jong-mense op Jeugdag 16 Junie die eerste boom geplant, „n Olienhout. Elke jaar op Jeugdag feesviering sal nog „n boom by gevoeg word. Nadat die boom vasgestamp is, het Driaan die seën gevra op die nuwe gemeenskapspro-jek. Ons bedank Ferdinand Bruwer vir die boom, wat hy kosteloos en onbaatsugtig geskenk het, ook die sakkie kompos. Dankie vir elkeen wat entoesiasties is oor die tuinprojek (Sien skets onderaan bladsy).

Eerste boom in nuwe Botaniese Tuin

Leeskring 15 Augustus

„n Hemelhoë hekkie Deur Douwleen Bredenhan

word bespreek

Piket Veteraan Trekker Implimente Klub

Wildsvleis te koop @ R40/kg Besoek ons webtuiste www.specialprices.co.za

vir ander winskopies. Webtuiste word weekliks aangepas met nuwe winskopies.

Kontak Diedricht of Christelle Brand by 021 872 7736 (na-ure) of epos adres [email protected] of

[email protected]

Op die foto plant Daniel Goosen, Louis Bester, Anina Bester, Madré van Zyl en Ricardo de Villiers „n Olien-

houtboom in die nuwe Botaniese Tuin. Foto: Cobis Wilson

Enjin dag te De Glebe 11 Augustus 2012

Open 10:00 met kanonskoot Toegang R20 per persoon

Gika GAP Konsultasie Diens Vir hulp met die implementering en pre-oudits vir Global-

GAP, Tesco Nurture en Leaf, skakel Anneke van Dyk. 083 270 9369, 023 312 1583 of

e-pos [email protected]

Voorbeeld hoe die Botaniese Tuin, h/v Voortrekker straat en Die Trek, uitgebrei gaan word.

Page 7: 2012 August

7

MONDAY BLUE’S

BUY 1 GET 1 FREE

BUSTA BURGER

R22.00

Tel: 022 913 1092

Page 8: 2012 August

8

„n Oggend met Randall Wicomb

Randall Wicomb,

b l o m m e k u n -

stenaars Elbeth

Liebenberg en

Marjolijn Malan

tree Donderdag

2 Augustus op

ten bate van

ACVV Piketberg.

Die geleentheid

word om 09:30 by

De Hoek se

Ontspanningsaal

aangebied en

sluit „n heerlike

Noen-ontbyt in.

Kaartjies is teen

R100pp beskikbaar by die ACVV kantoor, skakel

022 913 1525 of 084 5818 560.

Jacqueline na Tuinbou Jacqueline Goliath, wenner van die toekenning vir die beste vroulike entrepreneur in die kommersiële afdeling van Landbou 2012, kom lewer „n praatjie op Piketberg. Sy is die mede-eienaar van De Fynne Kwekery naby Stellenbosch. Hulle kweek in-heemse potplante, vrugtebome en an-der ornamentele plante. Die kwekery het in 2001 begin met 1000 plante, daar is tans 600 000 plante. Sy gaan die vergader-ing inlig oor die aanplant en die versorging van die verskillende inheemse- en baie belan-grik, waterbesparende plante. Sy gaan ook plantjies saambring om te verkoop. Die vergadering waartydens sy gaan optree is op Woensdag 1 Augustus in die Munisi-pale biblioteeksaal. Tee en iets om te eet word vanaf 9:30 bedien. Die vergadering begin 10:00. Almal welkom, nie-lede gee „n donasie van R20. Vir verdere inligting, kontak Katinka Morrison by 082 829 6918.

Jacqueline Goliath Foto verskaf

Huishulp Gesoek

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698 Sangfees Hoërskool Porterville 2 Augustus

Page 9: 2012 August

9

022-913 2646

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Klavierstemmer Stem, herstel, koop, verkoop

en restoureer klaviere. ‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer

023 232 0422 of 082 704 3276 Opgelei te Worcester.

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

Die inwoners van Huis AJ Liebenberg en die Rus-„n-Bietjie klub is uitgenooi na „n handsak-dag waar hulle “die mees oorspronklike handsakke” kon uitstal en „n prys wen.

Rus-„n-Bietjie klub

Die wenners is Winnie Grobbelaar, Roline Kotze en Bessie Visser. Foto verskaf

Page 10: 2012 August

10

Fokus op…

Vroue

Fokusblad Volgende maand fokus ons op

“Huis en Tuin”. Dit is amper lente en tyd om jou tuin reg te kry vir die blomtyd en jou huis

te “springclean”. Indien u „n artikel of advertensie wil plaas

skakel gerus vir Margaret Smit 022-913 1777

Weskusklong se Verdriet pa sit dikbek met vroetel-vingers innie net en staar met vis-oë tot waar die see wegraak in anner-land sy dowe ore vol see-geruis willie weet van die wet van kwotas en konsessies want pa het pekel in sy are en sy hart lê vol liefde wat net jare se spore oor die weskus-sand kan bring ma is weer innie annertyd en huil haar eie huile oor nog ‘n lyf wat in haar oë se stil verwyt tog later ook ‘n liefhê kyk sal word wat styf-styf vashou en met eelt-hande kan streel en bokkom-stukkies sny en uitdeel tot elkeen haar hart voel klop en saggies saam met haar hallelujas sing maar ek sien elke deurgetrapte linolium sukkel-oomblik en die lyne op hul gesigte kerf met pa se skerp vismes oor my hart en skool saam tot ‘n bondel skubberige slyk wat hatig en donker bly saam spoel met die res van my vrae oor waar my drome heengewaai het en waar my spore nou al net sou lê, as ek nie hier tussen die duine toegeval het nie, en as ek sou kon opstaan teen die gal in my, en teen die see

Magdaleen van Zyl, bekende sang– en drama dosent van Piketberg, en gereelde ru-br ieksk rywer van Die Piketberger het tweede geëindig in die Ope Afdeling vir Poësie in die BSV-Skryfwedstryd. Sy vertrek op 25 Augustus na Bloemfontein as deel van haar prys, om „n slypskool by te woon, aange-bied deur Francois Bloemhof. Die eerste plek behoort aan Irene Raath van Langen-hovenpark, Bloemfontein en die derde plek aan Wilna van Heerden van Stellenbosch. Die Piketberger plaas met groot trots haar gedig “Weskusklong se Verdriet”.

Magdaleen 2de vir skryf

Magdaleen van Zyl Foto: Vanessa De Villiers

Sekretaressedag

Die jaarlikse ACVV Sekretaressedag word weer hierdie jaar by Tillies aangebied op

Vrydag 31 Augustus 2012 om 07:00 vir 07:30

Kaartjies is by die ACVV kantoor beskikbaar Tel. 022-9131525 of

E-pos: [email protected]

Behind every successful man is a woman One night President Obama and his wife Michelle de-cided to do something out of routine and go for a casual dinner at a restaurant that wasn‟t too luxurious. When they were seated, the owner of the restaurant asked the president‟s secret service if he could please speak to the First Lady in private. They obliged and Michelle had a conversation with the owner. Following this conversation President Obama asked Michelle, why was he so inter-ested in talking to you. She mentioned that in her teenage years, he had been madly in love with her. President Obama then said, “so if you had married him, you would now be the owner of this lovely restaurant,” to which Mi-chelle responded, “no, if I had married him, he would now be the President”.

Die Piketberger bring hulde aan al die bekwame vroue van Piketberg wat op verskeie terreine hulle gawes, talente, energie en tyd aanwend tot voordeel van die gemeenskap.

Vrouedag 9 Augustus

Sê dankie aan een vrou op hierdie dag

Salon Cut Above NOU BESKIKBAAR

Permanent smoothing System, Heat-straightening service

Kontak Tina van Zyl 022 913 1885 / 073 243 0748 Vir meer besonderhede

Page 11: 2012 August

11

Enige herstelwerk in en om die huis Hang van deure

Inbou van vensters en deure Sweiswerk

Installering van kragproppe, ligte en geysers Verfwerk

Loodgieterwerk

Sakkie Koegelenberg

078 276 2065

Nutsman

Op 28 Junie 2012 was Daniël en Mara Lam-brechts van Grootklipfon-tein, Aurora, 60 jaar getroud. Hulle is op 28 Junie 1952 in die NG Moedergemeente op Worcester in die huwelik bevestig deur Ds Bru-wer. Hulle getuig dat "beproewings nie een egpaar gespaar word nie, maar jou standvas-tigheid van Geloof bou die huwelik op en maak jou steeds sterker."

60 Jaar Getroud

Loopstraat 108 Posbus 190 l Piketberg

t 022 913 2899 f 086 618 2836

s 082 590 8505

[email protected] [email protected]

Ons firma fokus op finansiële dienste vir medium- en klein-sake entiteite asook individue.

W&H Schoeman Rekenmeesters bied „n volledige spektrum van finansiële dienste en oplossings aan:

Belasting en rekeningkundige dienste Indiening van statutêre opgawes (BTW, LBS en Inkomstebelasting) Bestuursadvies Stigting en administrasie van Trusts en Maatskappye Besigheid- en struktuurbeplanning Opstel van kontantvloeistate en besigheidsplanne vir Banke

AANDAG alle individue – die 2012 belastingseisoen vir persoonlike belastingopgawes het op

1 Julie 2012 geopen. Maak seker jou belastingopgawe

word betyds ingedien! Kontak ons gerus indien jy

enige navrae het!

Mara en Daniël Lambrechts Foto verskaf

Drama Fees PHS se Drama groep olv Magdaleen van Zyl voer vanjaar twee toneelstukke en twee eenvrous-tukke op. Hulle gaan deelneem by die Nama-kwalandfees in Springbok en by die Loganfees in Fraserburg.

Foto‟s: Berenice Scheepers

Tent opgetel op die Porterville pad 21 Julie. Kontak Kenneth by 071 897 1314 enige tyd na 17:00

Page 12: 2012 August

12

Wat Sê Die Reg? Deur Christelle de Villiers

Verbruikerswet …. Hoe word jy beskerm?

Die Verbruikerswet bring goeie nuus aan verbruikers. Ons kyk na „n paar onderwerpe wat alledaags voorkom, en wees verseker dat hierdie, maar net „n druppel in die emmer is.

Voetstoots Jy koop, na aanleiding van „n advertensie in die snuffel-gids, „n 1985 skedonkie en die verkoper sê die ou motor-tjie is so betroubaar jy sal nie spyt wees nie. Jy koop dit voetstoots en die verkoper het niks genoem van die vele probleme van die voertuig nie. Binne „n paar weke kan jy nie eens meer van die huis tot by die werk ry sonder vrees om te gaan staan nie. Die wet identifiseer spesifiek „n verbruiker se reg tot “…goeie kwaliteit produkte wat in goeie werkende toestand is, vry van defekte en geskik vir die doel waarvoor dit aangeskaf is...”. Dit beteken dat die verkoper die lys van defekte moet herstel op sy onkoste, TENSY hy skriftelik vir jou die defekte uitgewys het en jy skriftelik die verkoper vrywaar van enige herstelwerk. Moenie uit die oog verloor dat jy darem ook jou eie skade moet beperk en jou huiswerk rondom die produk behoort te doen nie (byvoorbeeld, vra „n motorwerktuigkundige om vinnig net te kyk na die voertuig en jou in te lig van moontlike probleme). Hierdie verpligting op die verkoper geld slegs vir ses maande. Dieselfde basiese beginsels geld ook vir die koop en verkoop van onroerende eien-dom.

Diens-Kontrakte Jou selfoon kontrak het verval en toe jy „n paar maande later wil oorskakel na „n ander selfoonmaatskappy word daar vir jou gesê dat jy drie maande kennis moet gee in-dien jy jou kontrak wil kanselleer, dis outomaties hernu. Die wet verbied hierdie optrede en stipuleer dat hierdie tipe kontrakte dan maand-tot-maand voortgesit word en dus onmiddellik gekanselleer mag word deur die verbrui-ker. Die wet plaas ook sekere verpligtinge op die maat-skappy soos dat hulle vir jou skriftelik die opsie moet gee om te hernu of te kanselleer wanneer die kontrak uitloop.

“Returns and Refunds” Jou skootrekenaar breek en die vervaardiger sê hulle moet dit wegstuur vir herstelwerk. Volgens wet het die verbruiker ses maande om die goedere terug te neem en het dan „n keuse om sy geld terug te kry, of „n nuwe pro-duk te ontvang, of herstelwerk. Let wel, die verbruiker het die keuse. Indien die verkoper jou produk wil wegstuur vir reparasies en jy kan nie sonder die produk nie, kan jy aandring op die opsie wat jou pas. Dit geld egter slegs vir “wear & tear” en nie in „n geval waar jy self nalatig was nie. Almal is verbruikers en hierdie wet verleen aan ons geweldig baie regte – maak seker dat jy nie ingeloop word nie en dat „n verkoopsman jou nie aan die neus rondlei nie - staan op jou regte!

Jacobus Eksteen en Ruzanne Sieberhagen het op 31 Maart 2012 in die NG Kerk Riebeek Kasteel getrou.

Die onthaal was by Delsma Farm – Riebeek Kasteel. Foto verskaf

Ons beloof ewige trou

REGSTELLING VORIGE ARTIKEL: Die vorige artikel het gemeld dat daar nie gemeenregte-like huwelike in SA is nie (dit was „n druk / tikfout). Die sin moes as volg gelees het: Daar is wel gemeen-regtelike huwelike in SA (bv Moslem huwelike), maar saambly word nie as sulks erken nie.

Kombuis en slaapkamer eenhede. Koffietafels, kanttafeltjies T.V. Kaste (Platskerm) Rakkies, kassies Restorasie van meubels Dekor Items, domes Geskenke, pragtige lint

Christo en Linda van Schalkwyk

VSA SANS Koor (Sharing a New Song)

4 Augustus NG Kerk Piketberg

Page 13: 2012 August

13

Ouma groet Lewis Stores 1 6 J a a r v a n ononderbroke diens by Lewis Stores in Piketberg het vir Ouma tot „n einde gekom. Maar in totaal was sy omtrent „iets in die 30 jaar‟ werksaam, sê sy huiwerend, want Ouma kan nie mooi onthou nie. Ansie vertel te oulik dat sy nog goed onthou hoedat Ouma op haar eerste dag hier in „n uithang rokkie met „n Laptop grootte „ s a k ( s k o o t )rekenaar‟ (nog met „n papier rolletjie) onder die arm ingestap het, en haarself by die deur voorgestel het as Kaai (Ouma Kaai van die Baai – soos in hawe) sê sy. Ouma gaan nou eers bietjie rus en huis-huis speel en vir Oom Kowie bederf. Die kinders soek al hoeka dat Ouma moet kom kuier sodat hulle bederf kan word. Ouma se afskeid is in die Bio Cafê gehou.

Ouma (Kaai) van Lill en Martha Robertson. Foto Cobis Wilson

Volgende Piketberger verskyn 23 Augustus

Marelize Coetze, spreker, en Sandra van Wyk van Piketberg Leeskring.

By die onlangse Leeskring is die boek Dans met die dood : Joernaal van 'n anoreksielyer, van Aniel Botha, behandel. Marelize Coetze, 'n skooldogter van Porterville het met die leeskring kom praat oor haar anorexia. Sy het 'n wonderlike getuienis gelewer en kan terugkyk en weet sy is genees van 'n vreeslike vernietigende siekte. Haar geloof en haar liefde vir haar gesin het almal diep geraak .Haar storie kan ook gelees word in die Lig van April 2012. Foto: Gerna Croeser

Leeskring Nuus

Page 14: 2012 August

14

Aurora Skou en Gimkana

18 Augustus 2012

J J Strydom, Die Byeboer, Andriëtte Norman, Wynand en Cheree

083 990 5074

It‟s your birthday month M.G. van Rooy skryf… A-a-a-men, A-a-a-men, A-a-amen, Amen, Amen… Seeing you so clearly, full of smiles and dancing, as you sing one of your favourite chorusses. The change of key makes you more excited and as you change voices from soprano to tenor to bass, inviting all tossing along…I really miss you. It‟s your birthday month and another year…no wishes at midnight from family and friends and the choir, beginning your birthday with song and praise just the way you al-ways did it. Have to remind you that it‟s your birthday and you are not supposed to sing to yourself, but as we know, you will grab your guitar and start singing. How can one forget a person like you Dadda!!!! Each July and December brings back all the memories that make us laugh and cry, we know what‟s in goodbye. Joking, singing, dancing and rubbing your rough beard in the little one‟s faces...we miss it all…it was so good. Who will forget the squeaky sounds from your pockets when you didn‟t want to share your cashew nuts or chocolates you were not supposed to eat? I think that‟s all you didn‟t share, a noble man you were. No one can say you treated unfair. I know you still pray to God to speed up what you were trying to do on earth. A family knitted close together and that will stay like that for all our lives. Many tears were shed, many hearts were broken and many hard words spoken. What is missing, is you at the head of the table, keeping everyone calm and showing respect. You always showed signs of a great negotiator and lawyer. My poem doesn‟t rhyme but no need for that to apply, well I think that it fits cause you didn‟t care about words, as long as the melody was there and of those you knew the lyrics, all confident and bold, who will ever forget “How excellent” is Your name. I see flashes of you in ac-tion, all your favorite hymns and chorusses…always the same, transparent and spontaneous to give meaning to each word. It‟s July, it‟s raining, it‟s your birthday month. We still not sure about what day it is. This year will be just as special as all the ones we had, each year we learn to accept but the longing will always remain. I dreamt of you and not funny at all, it was about song and how to thank God. How can we forget what you left behind, please dear Lord come and touch us once again. I wanted to say more but the secret is space and I need to wish you now, just to finish off my day. Happy birthday my dearest Dadda, I miss you so much. Each birthday in Heaven shine a light upon us. Thank you for the gift of life and talents and memories to hold on to for many years to come. I will try to sing and play your favourite songs on every special birthday. Enjoy your birthday; I can hear you sing in my heart.

„n Mens is veronderstel om elke dag te doen wat mens op hierdie spesiale dag doen, maar dit was wonderlik om die glimlagte te sien op die gesigte van Radie Kotzé se pasiënte toe Boland Superspar afsonderlike pakkies uit-gedeel het om die pasiënte te bederf op hierdie dag. Mag dit vir elkeen van ons „n uitdaging wees om elke dag te gee aan ander-bietjie van ons tyd, bietjie van ons oorvloed, bietjie van ons liefde.

Personeel van Boland Superspar, Jeremy, Angelica en Deonett oorhandig „n pakkie aan „n pasiënt.

Die eenheidsklas onder leiding van Adelé Cruywagen (regs agter) ontvang bederfpakkies van Boland Su-

perspar. Agter van links Angelica, Tertia Roux, Jeremy en Deonett, personeel van Boland Superspar.

Boland Superspar vier Madiba-dag

Daarna het Boland Superspar gaan kuier by Steynville Primêr se eenheidsklas en het vir elke kind „n spesiale bederfpakkie uitgedeel wat al die kinder-gesiggies laat ophelder het. Die eenheidsklas het ook hul bydrae gele-wer tot Madiba-dag deur agtuur saam met die res van die wêreld vir Madiba te sing. Hulle het ook besoek afgelê aan „n inwoner van Piketberg wie se been onlangs geam-puteer is en het vir die dames wat daagliks koskook by Steynville Primêr, bederf met „n spesiale geskenkie om dankie te sê.

Maak elke dag „n Madiba-dag...

Page 15: 2012 August

15

Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00

Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00

Sondae: 08:00 – 14:00

Daar is „n gemeenskaplike monster wat in elke mens se lewe nesgeskop het. Dis die klein boetie van ern-stige kwessies soos armoede en oorbevolking en die groot boetie van die monster wat sokkies in jou was-masjien verslind. Hierdie middelkind is die monster van tyd. Dae raak al hoe korter en die lys van take en pligte raak al hoe langer. Waar het mense destyds tyd gekry om stambome te ontrafel en stories oor die draadloos te luister? „n Middagslapie was destyds so vanselfsprekend soos jou “asseblief” en “dankie,” maar deesdae kry ek nie eers meer tyd om op face-book rond te krap nie. Mense se bloeddruk skiet die hoogte in wanneer die motor voor hulle tydsaam voortkruie en ek beleef gereeld hoe ek myself moet aanpraat wanneer ek die slak in die inkopiesentrum met my trollie wil platry. Ek is selfs bereid om met „n rooi gesig te erken dat ek dikwels bekendes in die winkel probeer vermy, omdat ek weet dat ek nie tyd het om te klets nie. Jy stoom heeldag voort teen die ongeskrewe tempo wat die medemens aan homself stel, en saans is jy so moeg as jy jou katel bereik, dat

jy nie werklik die krag het om te luister hoe goor jou man se dag was nie. Elke dag is daar iets wat „n mens hoop, droom, wens, verlang. Ek verjaar een van die dae en die grootste geskenk wat ek kan kry, sal wees om „n “Go Slow” dag met my man te beleef. „n Dag waarop ek tyd het om my hare te was en dit buite in die vars lug te laat droogwaai. „n Dag waarop ek my koffie rustig kan drink en daarna tyd het vir „n tweede koppie. „n Dag waarop ek rustig in die bad kan sit en skeer en nie op my een beentjie in die stort hoef te balanseer, omdat ek oorhaastig is nie. „n Dag waarop ek en my man vir mekaar kan kyk en weer vir “Wesley” en “Elzaan” kan sien son-der om aan werk en huis en geld en skuld te dink. Dalk is dit iets waarna ons elkeen kan strewe. Nie die skynglans van klatergoud nie, maar „n “Go Slow” dag, so elke nou en dan, net sodat jy weer tyd het om te onthou waaroor die lewe werklik gaan. Sodat jou oë weer oopgaan vir die dinge wat rondom jou aangaan, en sodat jy weer elke dag begin en afsluit deur jou oë na Bo te hef.

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg

7320

022-913 2933 Faks: 022-913 2959

Dave Ferguson 083 306 2572 E-pos [email protected]

Maandae & Dinsdae: Gesluit (Ons kan wel

groepbesprekings aanvaar indien vooraf

met ons gereël is)

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop):

Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 [email protected]

Juné...vervolg van p.1 en al die waterpret saam met nuwe vriende geniet. Ty-dens AMTC Shine se kompetisie deel, het die deelne-mers hul gate uit geniet waar hulle aan groot verhoë, be-ste klank en beligting, kameramanne en panele van drie rye beoordelaars en agente blootgestel is. Hulle het soos “superstars” gevoel en hul vertonings is deurgaans op die groot skerms oral vertoon...en daar het hulle BAIE gelag! Juné het aan “acting, modelling and photography” deel-geneem en was heeltemal uit die veld geslaan toe sy een van die groepie deelnemers was, wat gekies is om hul talent by die GRAND FINALE te wys. Vyf minute voor die GRAND FINALE voor „n stampvol saal begin het, is aangekondig dat families dit “live” aanlyn kon kyk en blits-vinnig is Piketberg toe ge-sms en dit was „n hoendervleis- lekker oomblik toe sy haar ding doen en die twee Leons vanuit Piketberg laat weet dat hulle haar sopas gesien het. Sjoe…tegnologie maak die wêreld vinnig en klein. Die volgende dag is “flash interviews” en toe die verrass-ing van Callbacks met agente wêreldwyd gehou…en dit was omtrent „n ondervinding. AMTC SHINE is afgesluit met „n fantastiese banket met ongelooflike lekker kos en Juné ontvang hier „n pragtige trofee vir “AMTC Shine Overall Finalist in Acting”. Daarna is die kongres afgesluit met „n WRAP Party vir die jongklomp waar hulle gedans en gesels het met hul nuwe vriende tot vroeg die vol-gende oggend. So het Orlando Amerika „n plek met groot herinneringe en baie spesiale oomblikke in haar lewe ge-word. Dankie Jesus, dit was amazing om saam met be-geesterde Christene daar in die vreemde te Praise en Worship en baie dankie vir die vriende wat ge-bbm en ondersteun het, dit het so baie beteken.

Page 16: 2012 August

16

67 Minute vir Madiba by Radie Kotze

PHS se Laerskool VRL het 67 minute gebruik ter voor-bereiding en die uitvoer van 'n besoek aan die pasiënte en personeel van Radie Kotze Hospitaal op Piketberg. Elke personeellid het 'n sjokolade ontvang en elke pasiënt 'n tydskrif en gebreide artikel - óf slaapsokkies, óf 'n mus óf handskoene. Baie dankie aan elkeen wat mee-gehelp het om dit moontlik te maak.

Jacques Schreuder by Glenda Dietrich, Melissa Beck, Harry Roux en Bendert Smit wat vir Suster Hendrea

Kellerman, regs, 'n sjokolade oorhandig.

PHS se Laerskool VRL voor Radie Kotze Hospitaal op Madiba dag: Bendert Smit, Jac Goosen, Harry Roux,

Melissa Beck, Janét Stander, Anicia van Rooyen, Glenda Dietrich en Barend Smit.

Anna Skippers ontvang 'n geskenk van Barend Smit en Melissa Beck. Foto’s: Marietha Goosen

Anicia van Rooyen en Barend Smit oorhandig 'n geskenkie aan Francina Schrolts.

Janét Stander en Jac Goosen besoek Sharon Frans.

Benodig Vrywilligers!

asook Skenkings van hondekos,

katkos, speelgoed of ...borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected] Standard Bank Piketberg

Rek: 08 333 458 0

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers VAN HUIS AJ LIEBENBERG SE

VLEISMARK VERSKUIF NA 27 OKTOBER 2012

Kollektelyste gaan voort soos beplan en moet teen 17 Augustus by kantoor ingehandig/inbetaal word.

Page 17: 2012 August

17

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en

Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

Die personeel van Nedbank het klere en komberse inge-samel en op 5 Julie gaan aflewer by 10 huisgesinne in die plaaslike trajektekamp. Elke kind onder die ouderdom van 3 jaar het ook 'n spinternuwe kombers ontvang. Die 10 gesinne is vooraf geïdentifiseer deur Ray van Rooy en Mac Dixon. Hulle het ook die personeel vergesel tydens die aflewering. Dit was Nedbank se manier om 67 minute van hul tyd te gebruik om vir hul medemens iets te doen - Nelson Mandela. Die personeel is so geraak deur wat hul gesien het, dat hulle besluit het om nog klere in te samel en voor einde Julie te gaan versprei.

Personeel van Nedbank by inwoners van die trajektekamp. Foto verskaf

Nedbank besoek Trajektekamp SAOU Vasvra Kompetisie

Jac Goosen, Harry Roux, Albert Grobler en Johan Visser van PHS het deelgeneem aan „n SAOU vasvra kompetisie in samewerking met Die Burger, Media 24.

Uit 22 spanne het Piketberg „n gesamentlike agste plek behaal.

Foto‟s verskaf deur SAOU

WATER Suiwering sisteme

9 jaar in die Weskus en Swartland

WINTER aanbod tot 31/08/2012

Alle sisteme korting van 15 – 20%

GRATIS INSTALLERING,

eerste 3 bestellings per dorp,

(Weskus en Swartland)

Groot verskeidenheid sisteme asook

Filters beskikbaar @ beste pryse!!!

LW. Groot sisteem (prys minder as R2,000.00)

KAN brakwater versuiwer!!

Voorbeelde van sisteme kan ge e-pos word

Kontak Antoinette Goosen 022 713 2122 / 082 958 4243

Gesondheid en Terapie Kliniek/Health & Therapy Clinic, Vredenburg

Hulle is deur hulle onder-wyseres, Chr iste l le Spangenberg (links) in-geskryf. Vir voorberei-ding van die vasvra moes die span vir twee weke gedurende die Junie vakansie Die Bur-ger lees.

Page 18: 2012 August

18

Te koop

Te koop

PUMA Rugbytoks nr 7 (voorspeler) R350, uit-stekende toestand. Feitlik nuut. Kontak Charmaine 072 442 6957

Steynville Primêr sport- en kultuurnaweek

Steynville Primêr het die eerste naweek van Junie hulle sport- en kultuurnaweek gehad. Hulle het die naweek afgeskop met ‟n kultuuraand in die AME-saal. Daar is die gehoor bederf met sang, dans, gedigte, hip hop, gum-boots, klavierspel en solo sang. Saterdag het Liebenberg Primêr Steynville Primêr op die Rhinogronde ontmoet waar hulle netbal en rugby teen mekaar gespeel het. Die spelers het hard gespeel met pragtige gesindhede teenoor mekaar. Steynville is opreg trots op al hulle spelers. Steynville Primêr wil ook van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan hulle borge en hulle ouers vir die pragtige ondersteuning.

Die drie tenore: Waldon Meyer, Johan-Lee Adams: Cartwill Engelbrecht. Foto‟s Johan van Lill

Die O/11 seuns van Steynville Primêr, Cartley Dirks hardloop met die bal in sy hand.

5 Piece Drum set R3000.00

Contact SW Burger 083 767 2910

Page 19: 2012 August

19

Biblioteke hou vakansieprogram Piketberg Openbare biblioteek en L.B.Wernich biblioteek het in die eerste week van die Junie vakansie kinders besig gehou met 'n vakansieprogram met 'n troeteldier tema. Die veearts, Rouxlene Sheridan, en haar assi-stente, Nadine de Waal, en 'n baie geduldige Ying Yok, het met die kinders kom gesels oor die versorging van katte en honde. Daarna het die kinders vrae beantwoord en kon hulle tyd-skrifte, hondebeskuitjies en honde- en katkos wen, ge-skenk deur die veearts. Die kinders het plakkate gemaak oor die versorging van troeteldiere. Vyf wenners is gekies en elkeen het 'n pak-kie ontvang met sowel geskenkies van Boland Superspar as hondekos van Pro Vac Premium. Later in die week het hulle ook 'n diere-bewertjie gemaak, koekies versier wat lyk soos 'n kat of hond en 'n papegaai in sy hokkie en kat of honde maskertjies. Carla en Nicola Kellerman het gedurende die week ge-help met die program.

Op die foto bo en regs verskyn die veearts Rouxlene Sheridan en haar

assistent Nadine de Waal met Ying Yok.

Tertia Roux van Boland Superspar is

agter tweede van regs. Carla Keller-

man links en Nicola Kellerman regs.

Foto‟s: Gerna Croeser

Page 20: 2012 August

20

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors

2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar:

Tuinsand en plaas-

mis teen

billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf

bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie

082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde

abattoir geslag is

So moét ons herwin

Alle droë goed bv. glasbottels, enige papier, tydskrifte, boeke, koerante, kantoor papier,

karton, skoolboeke, blikke, shampoo bottels, spray bottels, plastiek, enige stukkende tuinstoele, was-

goedmandjies, speelgoed, binnekante van yskaste, wasmasjiene, winkelsakke en hope meer. Gooi net

skille, afvalkos, melk BOKSIES en sanitêre toiletgoed in die swart sakke.

Skakel ons asseblief indien enige navrae Michael Smuts Sel: 083 603 0007

Vir sakke kontak Michael of Heléne by 083 652 3391

Hou ons dorp skoon ! !

NB

Deurskynende sakke

slegs vir

herwinnings ite

ms

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

Page 21: 2012 August

21

PHS se Eerstes neem deel aan Wintertoernooi

Op Donderdag 12 Julie en Saterdag 14 Julie het PHS se o/19A-rugby– en netbalspanne aan „n Wintertoernooi deelgeneem wat jaarliks te Hoërskool Swartland op Malmesbury gehou word. 14 rugbyspanne het deel-geneem. Piketberg het in hul eerste wedstryd teen Hoër-skool Brackenfell gespeel en 13-3 gewen. Saterdag het PHS teen Drostdy B gespeel en 28-17 gewen. Op die netbalbane het PHS teen Hoërskool Vredenburg, Swartland, Strand, Tygerberg, Charlie Hofmeyer en Des-patch meegeding.

Foto‟s: Barbie Breunissen

Grant Khomo Rugbyweek

Erich Kankowski en Christie van der Merwe was deel van „n groep van ongeveer 450 seuns wat hulle provinsies verteenwoordig het by die Grant Khomo Rugbyweek vir 0/16 spanne. Boland het drie wedstryde gespeel. Hulle het eerste te staan gekom teen Grens en 23-15 gewen. Die tweede wedstryd was teen die Pumas en Boland het weereens gewen, 23-22. Die laaste dag het Boland die hoofvoorwedstryd teen OP gespeel. Hulle het moedig teruggeveg en die wedstryd verloor met „n goeie telling van 31-25. Boland is van die kleiner ligas en het uitstekend gevaar. Hulle het groot spanne soos die Bulle en die Leeus uit-geskakel. Boland het ongeveer vierde uit „n groep van 20 spanne geëindig. Daar word nou gewag op die bekendmaking van die Elite skolespan, „n groep van 50 spelers wat gekies word deur SARU. Ons hou styf duimvas vir julle, Erich en Christie-Red.

Erich Kankowski in aksie. Christie van der Merwe vat vas.

Berig en foto‟s: Elsabé Kankowski

Manne Aand met Kobus Wiese

en Balie Swart Vrydag 17 Augustus PHS se skoolsaal

Vir navrae en kaartjies kontak Chris van der Merwe

022 913 1300 of 084 5104 737

Onthou Interskole Saterdag 18 Augustus

PHS se sportvelde

Matriekafskeid 24 Augustus Die Piketberger soek jou foto,

stuur na [email protected]

Page 22: 2012 August

22

Abe Afrika het vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die Comrades voltooi en daarmee 'n "back-to-back" medalje verower. Sy tyd in 2011 van 07:22 het hom 'n silwer medalje besorg. Vanjaar het hy, ten spyte van 'n lies besering, 'n Bill Rowan medalje verower vir sy tyd van 08:27:02. Vir Abe was van-jaar se marathon in die ysige koue en winderigheid 'n emosionele en sielkundige stryd. Sy besering het hom taamlik opgekeil en tussen draf, stap en swaarkry het hy net geweet hy wil homself en sy onder-

steuners nie teleurstel nie. Groot was sy dankbaarheid en verligting toe hy die eindstreep haal. Hierdie werknemer van Steynville Sekondêre Koshuis bedank Piketberg Sportraad en Piketberg Rhinos Rugbyklub vir hulle finan-siële ondersteuning. Foto: Marietha Goosen

Vanjaar was Nazeen Afrika se eerste Comrades Marathon wat hy in 10:12:13 voltooi het. Hy het 'n brons medalje verower. Hy het lank hieroor gedroom en met harde oefening en deursettingsvermoë kan hy nou terugkyk op 'n per-soonlike oorwinning. Sy broer, Abe is beslis vir hom 'n inspirasie. Nazeen is 'n petroljoggie by Total Winkelshoek en bedank Piketberg Sportraad, Piketberg Rhinos Rug-byklub en Total Winkelshoek vir hulle finansiële ondersteuning. Foto: Marietha Goosen

Abe Afrika

Nazeen Afrika

Gavin Wiggell

Piketbergers na Comrades Ses Piketbergers het vanjaar, as deel van Swartland Atletiekklub, aan die Comrades deelgeneem.

Wilfred Turner

Gavin Wiggell, werknemer by Knights Kafee is „n kranige en toegewyde atleet. Hy het vanjaar sy neënde Comrades voltooi en sy tyd van 09:10:43 het aan hom „n brons medalje besorg. Gavin be-dank al sy vriende en familie vir hulle morele en finansiële onder-steuning. Foto: Marietha Goosen

Peet Myburgh het vanjaar sy 9de Comrades voltooi

en al 9 was Bill Rowan medaljes. Dit is die

medalje tussen silwer en brons en moes hy die

wedloop klaarmaak binne 9 ure. Sy wentyd was 08:15:45. Foto verskaf

Richard Butcher com-pleted his 28th Comrades this year in 09:49:31. He came 32nd in the Grand

Master category. Photo by Action Photo

Vir Wilfred Turner „n werknemer by Piketberg ambulansstasie, het „n kinderdroom uiteindelik waar geword. Hy onthou die knop in sy keel die oggend van die wedloop en hoe hy verlang het na die mense die naaste aan hom. Dit was sy eerste Comrades met „n tyd van 10:54:44. So deur die seer oor die eindstreep het hy vir homself gesê: “Ek is volgende jaar weer hier.” Hy is trots op sy bronsmedalje. Foto: Ora Turner

Olimpiese Spele

Hierdie graad R's van PHS is baie opgewonde oor die Olimpiese Spele wat op 27 Julie begin. Elkeen dra 'n mussie in die kleur van die ringe van die Olimpiese em-bleem. Agter is Walter Hagen, Jandries Potgieter, Anli Lambrechts en voor is Hanret Swanepoel en AJ Joubert. Kyk gerus na die kleur uitgawe op ons webwerf. Die musse is met baie liefde gebrei deur 'n anonieme leser. Foto: Marietha Goosen

Page 23: 2012 August

23

PIKET-BO-BERG CYCLE

‘n Nuwe opwindende roete word bevestig vir vanjaar. Ons nooi graag die plaaslike gemeenskap

uit om deel te neem aan die dag. Kom geniet die pragtige roete saam met die hele gesin.

Bring slegs u ID

Dokument en

ontvang 5%

afslag op u

inkopies.

Page 24: 2012 August

24

DRINGEND OPSOEK na

2012 se...

BESTE

POT-MAKER! 29 SEPTEMBER 2012

SKRYF NOU IN …

En kies jou eie

staanplek!

Inskrywingsvorms

beskikbaar in die

winkel. Kontak

Tertia Roux - 022 9131163

[email protected]

Dewald Delport is die gelukkige wenner van ‘n Castle

Lite Yskas. Om in te skryf moes kliënte ‘n twaalf-pak

Castle Lite koop en hul inkopie-strokie in die inskry-

wingsbus gooi. Hier oorhandig Marietjie Pedro

(Winkelbestuurder) die prys!

Hier oorhandig Marietjie

Pedro (Winkelbestuurder)

die R1200 koopbewys aan

Mnr en Mev Marais.