1 gaan na inhoud - dagstukkie.co.za · god? ‘n mens kan seker sê dat die bybel jou vertel hoe om...

71

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike
Page 2: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Die Gewone DingeMaak Saak

Die Profeet Miga

Louis NelJanuarie 2021

Page 3: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Inhoud

1 Die Boek Miga

2 Miga van Moreset

3 Die Regter is Op Pad

4 Die Hof is in Sitting

5 Sakemanne aan die Beurt

6 Ds. Miga se Kruis

7 Regters

8 Oor die Profete

9 Materialisme - die Monster

10 Vrede kom!

11 Dinge Sal Beter Word

12 Die Nuwe Koning

13 Dou in die Dor Woestyn

14 God se Groot Genade

15 Korrupsie

16 Geen Gelowiges Oor Nie?

17 God is Genadig

Page 4: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Die Boek Miga

Miga Inleiding

Video - Oudio

Die een groot vraag oor die Bybel is, wat wil dieHere graag by my tuisbring wanneer ek Sy woordlees? Het jy al mooi hieroor gedink? Een moontlikeantwoord is, dat die Bybel my wil vertel oor myverhouding met God, met ander woorde, hoe om indie regte verhouding met Hom te kan kom staan. Ditgaan dus oor my geestelike lewe.

Dit is natuurlik nie al waaroor die Bybel gaan nie, enhierdie is maar net gedeeltelik waar, want die Bybelgaan oor baie meer as net my geestelike lewe. Ditgaan oor my totale lewe! Vat byvoorbeeld die boekHooglied: hierdie boek handel oor jou liefdeslewe.Hooglied is ‘n baie besonderse gedig wat die liefdebeskryf tussen ‘n man en vrou.

Die profeet Miga skryf oor die doodgewone,alledaagse dinge van die lewe, daardie goed watelke dag gebeur by jou werk, daar waar die sakeluibesigheid bespreek, slim planne maak ensaketransaksies afhandel. Maar in dieselfde asemskryf Miga ook oor God, oor wat Sondagoggend indie erediens gebeur en allerhande geestelike dinge.Wanneer ons Miga begin lees, sien ons hoedat diedoodgewone alledaagse dinge verweef is met onsgeestelike lewe. Gewone goed word terselfdertyd

4

Page 5: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

ook geestelike dinge.

Ek wil so graag my Sondaglewe skei van myMaandaglewe. Sondagoggend sit ek my heiligegesiggie op wanneer ek kerk toe gaan. Maandag bydie werk is dit egter ‘n totaal ander prentjie! Miga wildit by ons tuisbring dat hierdie twee onlosmaaklikinmekaar geweef is.

Die profeet Miga het nie alleen oor die huidige lewegeskryf nie, maar ook oor die toekomstige. Hywaarsku oor God se oordeel maar terselfdertydvertel hy ook van God se groot genade en vergifnis.

Miga het geleef in ‘n tyd waar konflik en spanninggeheers het in Juda en Israel, asook die nasiesrondom hulle. Ons moet onthou dat die volk indaardie tyd verdeel was in twee, die Tienstammerykoftewel Israel, en die Suidryk oftewel Juda.Terselfdertyd het die Assiriese ryk ‘nopgangstydperk beleef, wat verdere spanningveroorsaak het. Omdat Israel nie onder die juk vanAssirië wou staan nie, tree hy in koalisie metDamaskus. Hulle probeer Juda oorreed om ook inhierdie koalisie ingesluit te word om hulle sterker temaak, maar Juda, onder die regering van koningJotam het geweier. Gevolglik besluit Israel om Judaaan te val. Intussen raak die Edomiete en Filistyneook vir Juda ‘n groot bedreiging, en onderkoningskap van Jotam se opvolger, Agas soek Judahulp by Assirië. Israel word deur Assirië aangeval en

5

Page 6: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

uiteindelik word hulle dan deel van die Assiriese ryk.Baie Israeliete word in ballingskap weggevoer, enstede word verwoes.

Die uiteinde was tragies, want Assirië se hulp aanJuda het veroorsaak dat hy nou ook onderdanigmoes word aan Assirië. Die ergste was egter datJuda boonop ook onderwerp was aan die Assiriesegodsdiens. Hulle was gedwing om hierdieafgodediens te erken. Boonop moes hulle swaarbelastings aan die Assiriërs betaal. Nadat diestaatskas gestroop was, word die tempelskattegeneem om te betaal vir die Assiriërs se geldsug.Baie gou het sedelike agteruitgang asook ‘n moreleverval gevolg. Korrupsie het oral ingesypel, selfs indie regstelsel en die profetediens. Hierdiesogenaamde “manne van God” het slegsgeprofeteer om hulle eie belange te beskerm.

Dit is onder hierdie tragiese omstandighede wat dieprofeet Miga moes preek en die Woord van Godbring aan die nasie.

Miga het egter nie wanhoop gebring deur syprediking nie. Hy het nie gesanik, “Alles is verlore!”nie. Hy het eerder probeer wys dat God groot is. Hyhet die absolute grootheid en almag van Godbesing om sodoende die volk vir God te laatraaksien. Hy wou hê dat die volk moes sien dat Godbeslis nie onbetrokke was nie. Inderdaad was Hyintens betrokke by Sy volk. Dit was vir God baie

6

Page 7: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

belangrik wat met hulle sou gebeur. Hy hetomgegee vir hulle, al het hulle in sonde verval. Ja,natuurlik het Hy nie goedgekeur wat hulle gedoenhet nie, en Hy het hulle sonde veroordeel. Maar Hyis ook oneindig genadig, en Hy is bereid om tevergewe.

Miga wou terselfdertyd ook probeer om die volk teinspireer om hulle medemens raak te sien. Hy praatoor al die verskillende vlakke van die samelewing:sakemanne, regters en die kerk. Alles wat daargebeur is ewe belangrik. En hy spreek ook ‘n euwelaan wat selfs vandag in 2021 steeds vir baie grootprobleme sorg - materialisme.

As dit dalk vir jou klink asof die boek Miga net gaanoor oordeel en sonde en alles wat sleg enverskriklik is, maak jy ‘n groot fout. Miga is ‘ntydlose boek, en laat ons ook vorentoe kyk, diep indie toekoms in. Hy lig die sluier oor ‘n wonderliketoekoms en ‘n ewigdurende vrede - vrede onder ‘nnuwe Koning wat nie feilbaar is soos die aardsekonings van Miga se tyd nie. Omdat Miga tydloos is,is die boek uiteindelik dan vandag vir jou en my óóksteeds ‘n boek van hoop.

Gebed:

Here, my gebed is dat U ons oë sal oopmaak vir diewonderlike hoop wat Miga ons bring.

7

Page 8: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Miga van Moreset

Miga 1:1

Video - Oudio

Is dit ooit belangrik om die eerste paar lyntjies van‘n Bybelboek te lees? Dis gewoonlik mos maar net‘n groet of iets! Niks belangrik nie…...

Dikwels is daar baie meer opgesluit in so ‘n inleidingas wat dit op die oog af lyk. ‘n Enkele paar woordekan dikwels ‘n groot klomp inligting bevat, wat dalkbaie belangrik kan wees. Dit kan jou inligting geeoor die skrywer, die tyd waarin die boek geskryf is,aan wie dit gerig is, en selfs waaroor die boek gaan.

So lees ons net so terloops sommer verby dieinleiding van Miga se brief, en dink nie eers verderdaaraan nie. Maar kom ons gaan kyk ‘n bietjie indiepte wat in hierdie eerste niksseggende lyntjiesstaan en dan besin ons oor die implikasies vanhierdie inleiding.

Die héél eerste ding wat my opval is die eerste vierwoorde: “Die Woord van die Here....” Miga maakdoodseker dat hy nie met allerhande tierlantyntjiesbegin nie, maar dat elke leser wat hierdie boek optelreg van die eerste woorde af sal weet dat dit nie dieprofeet Miga is wat hierdie dinge kwytraak nie. Dit isnie maar ‘n paar gedagtetjies wat hy gehad het oordie lewe nie. Inteendeel: Wat in hierdie boek staan

8

Page 9: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

is die Woord van die Here wat hom gedring het omalles op te teken. Die Heilige Gees het dus hierdiedinge vir Miga op die hart gelê. Wanneer ons duslees van veroordelings en teregwysings, mag onsdit nie ligtelik opneem nie, want dit is God se Woordwat tot die leser spreek. En ons mag dit ook nieafmaak as iets wat Miga vir Samaria en Jerusalemalleen geskryf het nie, want God se Woord istydloos en ewig, en die blote feit dat hierdieprofetiese werk as deel van die Bybel opgeneem is,sê vandag vir ons dat ons deeglik kennis moetneem van wat hier geskryf is, en dat ons ook onseie lewens daaraan moet gaan toets.

Eerstens is dit seker belangrik dat ons darem moetweet wie Miga nou eintlik was. Al wat hierdie profeetvan homself sê, is dat hy Miga van Moreset is. Ditbeteken natuurlik nie dat hy in Moreset was toe hydie boek geskryf het nie, maar dit beteken dat hyvan Moreset afkomstig was. Ons sien dit dikwels indie Bybel, byvoorbeeld Simon van Serene. Daarwas ‘n paar manne met die naam Simon (onderandere Simon Petrus), en deur sy naam te koppelaan die dorp van sy herkoms, onderskei hy homvan ander mense met dieselfde naam. Miga het syuitsprake gemaak in Jerusalem. Die naam Migabeteken: “Wie is soos die Here?” Moreset was ‘ndorpie sowat veertig kilometer suidwes vanJerusalem.

Van die profeet self weet ons eintlik niks nie. Hy

9

Page 10: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

skryf nie oor homself nie, en elders in die Bybelword daar maar min oor hom geskryf. Daar is slegsenkele aanhalings uit sy boek, soos byvoorbeeldMatteus 2:6, waar van sy profetiese woorde oorJesus aangehaal word. Dan is daar ook ‘nverwysing na Miga deur Jeremia (Jeremia 26:18)waar hy sê dat Miga voorspel het dat Sion soos ‘nland omgeploeg sou word en dat Jerusalem ‘npuinhoop sou word.

Dit gaan met ander woorde in hierdie boek gladnieoor Miga nie, maar oor wat God aan hom openbaarhet. Dikwels lees ons in ‘n boek se voorwoord hoedie skrywer opgehemel word. Hier is dit baie beslisnie die geval nie. Miga bly totaal op die agtergrond,dit is die saak wat vir hom voorop staan.

As ons verder na die inleiding van die boek kyk,sien ons dat Miga dit wat hy geskryf het, koppel aan‘n spesifieke tydperk in die geskiedenis. Daar wasspesifieke konings wat in daardie tyd regeer het,naamlik Jotam, Agas en Hiskia. En dit gaan oorspesifieke plekke soos Samaria en Jerusalem. Ditwas nie sommer profesieë wat in die lug gehang hetnie, dit was werklikheid - historiese situasies. Godse Woord is nie iets wat in die lug hang, ververwyder van ons mense af nie. Sy Woord iskonkreet, vir spesifieke mense en spesifiekeomstandighede.

Verder moet ons ook besef dat God se Woord

10

Page 11: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

tydloos is, net soos God Self, en daarom het dit ooknet soveel betrekking op ons eie spesifiekeomstandighede vandag, 2700 jaar later. Wanneerons dus hierdie boek lees, sal dit beslis vandag virmy en jou iets sê oor ons eie lewens enomstandighede.

Verder kan ons ook uit hierdie inleiding sien dat dieboek ‘n spesifieke gerigtheid het. Dit gaan oor diehoofstede van die Noordryk (Samaria) en Judea(Jerusalem). Wanneer die hoofstad van ‘n landaangespreek word, dan het dit betrekking op diehele land, want die land word beheer vanuit diehoofstad. Miga spreek met ander woorde die tweekoninkryke aan wat onder die regering staan vandie Israeliete.

En omdat hierdie ‘n tydlose profesie is, spreek ditvandag ook vir Suid-Afrika aan, en almal wat inhierdie land woon. So ook Australië en Brittanje, ofwaar jy ookal mag woon.

Kom ons neem die Woord van God ter harte enluister wat Miga, die woordvoerder van die HeiligeGod vir ons wil sê.

Gebed:

Here, dankie vir U heilige Woord wat tydloos is.Maak asseblief my hart oop om ontvanklik te weesvir U Woord.

11

Page 12: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Die Regter is Op Pad

Miga 1:2-5

Video - Oudio

Met bewende hande het ek die boek Migaoopgemaak om daaruit ‘n reeks dagstukkies teskryf. Ek was bang, en ek het die Here gevra of eknie liewer ‘n ander, makliker boek kon kies nie.Maar Hy het daarop aangedring dat Miga die boekis. Wat gaan dit vir my en jou oplewer? Ek het myoë oor die bladsye laat gaan, en al wat ek kon sienwas oordeel, oordeel en nogmaals oordeel. DieHere het vir my gesê: “Kyk dieper!” En toe sien ekdit - tussen die oordele lê kosbare juwele verskuil.

In die eerste paar verse staar jy jou blind teen vreesvir die oordeel van God. Maar kom ons gaan kykmooi na die beeld wat Miga vir ons daar skilder.

Ons sien ‘n hofsaal. Dit is die hooggeregshof, en diespanning loop baie hoog, want almal wag vir diekoms van die Regter en die Aanklaer. Wat gaanvandag in hierdie hof gebeur? Elkeen wat daar sitvoel skuldig, want hierdie Regter is die grootste vanalle tye. Die hofsaal waar ons sit het ‘n heiligeatmosfeer. Almal is te bang om selfs te fluister, wantdit kan die heiligheid van die ontsagwekkendehofsaal skend.

En dan gaan daar ‘n gefluister deur die saal: “Die

12

Page 13: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Regter het Sy kantoor verlaat! Hy is op pad na diehofsaal!”

Miga beskryf die aankoms van hierdie Regter asasemrowend, indrukwekkend. Wanneer Hy dieheiligheid van Sy “kantoor” verlaat om af te kom,smelt die berge weg voor Hom, want Sy heiligheidstraal uit in ‘n gloed wat alles voor Hom verteer.Miga beskryf hoe Hy oor die hoë plekke van dieaarde kom. In my gedagtes sien ek Hom aankomoor die Alpe en die Himalayas. Die vreesaanjaendeMount Everest, wat al soveel lewens geëis hetomdat hy haas onklimbaar is, is vir hierdie Regtermaar soos ‘n klippie onder Sy voet. Wanneer Hydaaroor beweeg, smelt die graniet en sneeu wegvoor Sy heiligheid. Soos was wat in ’n warm vuurgegooi word wegsmelt, so smelt die berge en loopsoos water teen die hellings af. Die valleie skeuroop en verkrummel voor die almag van die Regterwat op pad is.

Vir die ongelowige moet dit ‘n angswekkende gesigwees, want hy weet wat dit alles vir hom gaaninhou. Maar vir my as gelowige vul dit met ontsag,bewondering, aanbidding. Die absolute grootheid,almag en heiligheid van die Regter vul my nie metvrees nie maar ‘n asemrowende verwondering.Wanneer ek Hom maar hoor aankom wil ek neervalin aanbidding en lofbetuiging, want ek weet dat Hyop pad is om al die onreg aan te spreek.

13

Page 14: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Maar dit vul my ook met dankbaarheid en nuweontsag, want skielik besef ek dat Hy nie maar net ‘nGod is wat daar bo in die hemel iewers is waarniemand Hom kan sien nie. Hy is nie onbetrokke bydie dinge wat hier op die aarde gebeur nie. Hy ispersoonlik, intens betrokke by alles wat hier onderaangaan!

Nou bereik die spanning in die groot, weelderigehofsaal breekpunt, want die Regter het aangekom.Die glans van Sy heiligheid vul die ganse hofsaalvan hoek tot kant soos ‘n heerlike geur. En dangebeur die verrassende: Die Regter gaan neem dieplek in waar die aanklaer gewoonlik staan. HierdieRegter is tegelykertyd ook die Aanklaer. In enkelewoorde stel Hy die aanklag. Maar hierdie aanklaglaat almal in die hofsaal na hulle asems snak, wantdie beskuldigdes is nie soos wat almal verwag, dieAssiriërs of die Filistyne nie. Die beskuldigdes is niedie goddelose - diegene wat moor en roof en dieganse wêreld in rou dompel nie. Die aanklag komteen “Jakob”. Nie die persoon van Jakob nie, maarsy afstammelinge, die volk Israel. Dit gaan oor dieontrou van Sy volk, die volk van God.

Niemand het dit verwag nie. Almal is uit die veldgeslaan oor wie beskuldig word. Skielik is dit dieklaer wat sy plek moet inneem in diebeskuldigdebank. “Maar wat het ek dan gedoen?”hoor ons amper die beskuldigde protesteer.

14

Page 15: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Waarom is dit juis Israel, die volk van God wateerste voor die regterstoel moet staan? Dieantwoord is eintlik voor die hand liggend. Deur dieeeue het God baie moeite gedoen met hierdie volk.Hulle het voorkeurbehandeling gekry reg van dageen af. Wanneer hulle gesondig het, is hulle nieuitgedelg nie, maar het God hulle uit Sy grootgenade elke keer weer ‘n kans gegee. Kyk maar nethoe het hulle God se geduld beproef gedurende dieuittog uit Egipte. Kyk maar net hoe God elke keerwanneer hulle gemor en gekerm het, met ‘nliefdevolle hand hulle gehelp het.

Ek en jy as gelowige moet oppas dat ons nie dalkook in die beskuldigdebank land nie. God vra vanons om liefde na te streef en om Hom te dien. Hydwing ons nie om dit te doen nie. As ons blyhardkoppig lewe en ons eie kop volg, ons verlustigin die sonde - God sal mos maar weer vergewe......Daar kan ‘n dag kom dat die Regter gaan omdraaien sê: “Nou is jy in die beskuldigdebank.” Onsmoenie dat dit met ons gebeur nie!

Gebed:

Here, help my asseblief om elke dag vir U te lewe -om liefde uit te leef en te doen wat U van my vra.

15

Page 16: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Die Hof is in Sitting

Miga 1:6-16

Video - Oudio

Die hof is in sitting. Die Regter neem die plek vandie Aanklaer in. Dan wys Hy die vinger na die tweebeskuldigdes. “Wie is verantwoordelik vir dieoortreding?” Dan kyk hy na beskuldigde nommereen. “Samaria, na hierdie hofsaak gaan Ek sorg datjy ‘n puinhoop word in die oop veld!” Ons sienhoedat Samaria spierwit word in die gesig - sy knieëwil knak onder hom. “Die aanklag teen Samaria”gaan die Aanklaer voort, “is prostitusie!”

Almal wat in die hofsaal teenwoordig is, snak nahulle asems. “Hoe afgryslik!” trek die fluistering deurdie saal.

In die heidense wêreld van daardie tyd, was diesogenaamde “natuurgodsdienste” sekerlik diegewildste onder die mense, want hier kon hullehulle wildste fantasieë na hartelus uitleef sonder omdaaroor skuldig te voel. Dit het immers gegaanonder die naam van godsdiens, en daarom washulle mos half verplig om deel te neem aan al diewalglike seksuele praktyke. Hier was selfstempelprostitute wat in diens was van die tempel!Prostitusie was as deel van diegodsdiensbeoefening bedryf.

16

Page 17: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Onthou jy nog die groot debakel destyds tydens diesokker wêreldbeker, toe sommige hooggeplaastesin die politiek probeer het om prostitusie te wettig inSuid-Afrika? Hulle het aangevoer dat dit net was omdit meer aantreklik te maak vir die miljoene toeristewat na die land sou stroom. Uiteindelik is dit, nagroot druk van die kerke, toe nie gewettig nie, maarek is baie seker dat daar maar ‘n blinde oog gedraaiwas in daardie tyd na enige bedrywighede van diestraatvrouens en mans. Vandag is prostitusienatuurlik onwettig in ons land, maar dit gaan openlikvoort as ‘n uiters winsgewende bedryf!

Die aanklag teen Samaria is, dat hy verval het inprostitusie. Die klag lê egter veel dieper as hierdieuiterlike, walglike sonde. Prostitusie was eintlik dieuitvloeisel van die heidense afgodsdiens. In die heeleerste gebod waarsku God sy volk dat hulle géénander gode mag hê nie. Dan sê Hy verder dat hulleook nie enige beelde mag maak om dit te aanbidnie. God eis dus van Sy volk dat hulle Hom en Hómalléén mag aanbid. En nou het hierdie volk gekomen agteraf ‘n afgodsdiens ingesmokkel. Hulle sitsteeds die front op as “Volk van God” en hulle roemdaarop dat hulle uniek is en dat hulle die enigstevolk in die wêreld is wat slegs hierdie God aanbid.Hulle is baie gou om te wys hoe vroom hulle lewe,en dat hulle die reinheidswette nakom, nie ‘nkrieseltjie varkvleis sal eet nie en die Sabbat getrounakom. Maar wanneer dit donker word hang hulle

17

Page 18: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

rond waar die straatvrouens bedrywig is, enverlustig hulle in die orgies wat in die naam vangodsdiens bedryf word.

Die verdoemende uitspraak van die regter oorSamaria is dat hy totaal verwoes sal word. Dieafgodsbeelde sal stukkend geslaan word en diebouklippe sal verstrooi word in die laagte. Selfs diestad se fondamente sal uitgegrawe word.

Die probleem het egter ontstellende nagevolgegehad, want soos wat Kovid 19 soos ‘n veldbrandversprei, so het hierdie “virus” van Samaria sesonde ook vinnig versprei en die hele omgewingbesmet. En die siekte is ongeneeslik!

Die Aanklaer draai nou na beskuldigde nommertwee, Jerusalem. Ook Jerusalem, die “Heilige Stad”het sy heiligheid verloor. Nou staan hy ook skuldigaan dieselfde aanklagte. Het dit maar net totJerusalem beperk gebly, dan was daar dalk noghoop, maar nou het dit ook versprei na al die kleindorpies in die omgewing. Daarom is die uitspraakvan die Regter dat nie alleen Jerusalem sal val nie,maar die hele Juda saam met hom.

Een-vir-een noem die Aanklaer die name van diedorpe wat hulle skuldig gemaak het aan hierdiegruwel: Gat, Bet-Leafra, Safir, Saänan, Bet-Haesel,Marot. Dan kyk Hy Lakis in die oë en skud Sy kop.Lakis is die brandpunt, die oorsprong van al hierdieonheil! En Lakis het ‘n klomp van die dorpe in die

18

Page 19: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

omgewing saamgesleep, insluitende Miga segeboortedorp, Moreset. Lakis se probleem was dathy sy vertroue gestel het op sy eie militêrevermoëns, en dat hy ‘n mosie van wantroue in Godgestel het.

As gelowige vandag, moet ons baie goed besef watons eie vermoëns is. Ons moet dit gebruik tot eervan God. Ons moet egter baie deeglik onthou datdit God is wat ons die vermoëns gee. Doen ons ditnie, word ons ‘n god vir onsself. Selfs die magtigstemens op aarde moet te alle tye onthou dat dit Godis wat hom die mag gee, en dat hy totaal afhanklikis van God. Plaas jou afhanklikheid totaal in God sehande.

Lakis se vonnis is verdoemend: Hulle sal inballingskap weggevoer word! Die mat gaan totaalonder hulle uitgeruk word. Die vonnis het in werkinggetree toe Samaria in 722 vC tot ‘n val gekom heten so ook Jerusalem in 586 vC. Die hof verdaag.

Gebed:

Here God Almagtig, ek besef vanoggend net weerhoe nietig ek is, en dat ek totaal van U afhanklik is.

19

Page 20: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Sakelui aan die Beurt

Miga 2:1-5

Video - Oudio

Die deure van die luukse kantoor swaai oop en ‘nman stap in. Die ontvangsdame sien sommerdadelik aan sy gesig en hele houding dat hierdieman baie omgekrap is. Haar hart klop in haar keel!“Hier kom moeilikheid, moeilikheid met ‘n hoofletterM!”

“Ek wil die eienaar van hierdie besigheidonmiddellik spreek asseblief! Ek is Ds. Miga vanMoreset.”

“Ek is jammer Dominee, Meneer Grootbaas is nienou beskikbaar nie.” Sy weet sommer dat haar baaskniediep in die sop is oor sy skelmbesigheidspraktyke, en sy probeer hom beskerm.

“Baie dankie,” sê Ds. Miga beleefd, en voor diearme stotterende dametjie kan keer, stap hysummier in Mnr. Grootbaas se kantoor in en trek diedeur agter hom toe. Sy begin haar goedjiesbymekaar maak, want sy weet al sommer klaar datsy hierna beslis in die pad gesteek gaan word!

Miga kyk vanoggend die sakemanne en -vrouereguit in die oë. Nee, dit is nie omdat hy omgekrapis dat hy dit doen nie - dit is in opdrag van God dathy daar staan. Die manier wat hulle sake doen, kom

20

Page 21: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

onder die vergrootglas, en wat hy daar sien, lykbeslis nie kosjer nie. En dan deel Miga die nuusmee, inderdaad gladnie goeie nuus nie, want hy valsommer dadelik met die deur in die huis met“Ellende!” Hierdie woordjie het meer om die lyf aswat ons vermoed, want dit is ‘n woord wat by ‘nbegrafnis gebruik was om die mense se droefheiden hartseer uit te druk oor die persoon wat gesterfhet. In vandag se terme sou dit wees soos om joueie doodsberig in die koerant te moet lees.

Nou moet ons baie duidelik verstaan, dat niemandsonder sonde is nie, en dat almal maar die een ofander tyd struikel, dikwels sommer baie keer op eendag. Maar dit is nie waaroor dit hier gaan nie.Wanneer Miga die sakelui aanspreek, is dit oor ‘ndoelbewuste, beplande, goed-deurdagte gekonkel.Hulle planne word met groot sorg uitgewerk,uitgedink en beplan. Daarna word dit in die nagbespreek met sakevennote. Maar dit bly nie net bybeplanning nie, hierdie duistere planne word dan indade omgesit en uitgevoer.

Alles kom neer op hebsug, want die geldgierigesakemanne wat alreeds baie geld het, wil nog meeren meer hê. En dit maak nie saak wie daaronder lynie, en hoeveel skade die ander persoon berokkenword nie. Die probleem is dat die slagoffers vansulke oneerlike saketransaksies nie maar net hullegeld of eiendom verloor nie, maar verder ook hullemenswaardigheid. Ek het dit al so dikwels gesien

21

Page 22: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

hoe so ‘n slagoffer in sak en as gaan sit. Hulle is tebang om ander mense in die oë te kyk. Daar kleef ‘nstigma aan hulle. Hulle vriende vermy hulle of skryfhulle doodeenvoudig totaal af. En die ongemaklikevrae wat gevra word, so asof dit nou hulle eie skuldis dat hierdie ding gebeur het. Dis vernederend, omdie minste te sê!

Die probleem met duistere sakebedrywighede, isdat dit nie alleen die slagoffers raak nie. Sonde teenander mense is ook terselfdertyd sonde teen God.Sakemanne wat hulle besig hou deur anderonskuldige mense te beroof (daar is nie ‘n anderwoord daarvoor nie!) sal uiteindelik ontdek dat hullegroot wins omswaai in ‘n reuse verlies. My ouskoonmoeder het altyd gesê dat die wiel stadigdraai, maar draai, draai hy! Eendag sal dít wat jygesaai het na jou terugkom! En Miga beklemtoonhierdie feit, want soos wat hulle onregmatig anderse geld en eiendom ingepalm het, sal hulle ookhulle eie geld, eiendom en grond verloor, en mensegaan spotliedjies oor hulle sing. Vir God is oneerlikebesigheid totaal onaanvaarbaar!

Die probleem kan egter baie erger wees ook, wantas jy so ver afgedwaal het van God af dat jydoelbewus ander mense indoen en hulle skadeberokken, dan het jy dalk al ook so ver afgedwaaldat jy jou geloof kan verloor. Dat jou vertroue niemeer in Jesus is nie, maar in jou eie (skelm) krag enslimmigheid. En wanneer dit gebeur het, het jy dalk

22

Page 23: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

jou kans verbeur om die ewige lewe te kan erf.

My liewe vriend/vriendin, as jy vandag daar is, danpleit ek by jou om jou saak met die Here reg temaak. Gaan maak reg waar jy verbrou het en vraGod om vergifnis. Maar die belangrikste van alles,is om weer jou vertroue in Jesus alleen te plaas.Saggeus, die tollenaar het gaan regmaak waar hyverbrou het, en die mense wat hy beroof het dubbelterugbetaal (Lukas 19). En toe volg hy Jesus.

Gebed:

Here, vergewe my asseblief waar ek iemand skadeaangedoen het met slinkse sakepraktyke. Help myom reg te maak waar ek verbrou het.

23

Page 24: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Ds. Miga se Kruis

Miga 2:6-11

Video - Oudio

Ds. Miga loop in die leraar se studeerkamer in, waardié besig is om sy preek vir die naweek voor teberei. Die man is so hard aan die werk en so diepingedagte, dat hy nie eers vir Miga sien nie. Met ‘nglimlag kom loer Miga oor die dominee se skouerom te sien waaroor sy preek gaan. Dan verstar syglimlag: al wat hy daar sien, is vleitaal. Daar worddie mooiste dinge gesê, maar absoluut géénvermelding word gemaak van die mens se eieverantwoordelikheid nie. Hy kyk totaal verby al diekorrupsie en moord en doodslag en slegte dingewat in die gemeente aangaan. Al wat hy in hierdiepreek doen, is om die heuningkwas mildelik teswaai en almal heuning om die mond te smeer.

Miga is hoogs ontsteld. Hy storm by diestudeerkamer uit. “Hierdie man is nie werd om ‘nleraar genoem te word nie!” Dit kook en borrel inhom. Hoe meer hy daaroor dink, hoe meer kom hytot die besef dat hierdie dominee net daarop uit isom vir die mense te sê wat hulle graag wil hoor. Enwat meer is: hierdie is nie die enigste leraar wat ditdoen nie, daar is nog ander ook waarvan hy weet!

Ds. Miga gaan sit voor sy rekenaar, en dan skryf hy‘n e-pos wat hy beplan om vir al die leraars met

24

Page 25: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

hierdie houding te stuur. “Wees reguit met diemense!” skryf hy, “Vertel vir hulle waar hulleverantwoordelikhede lê! Die gemeentes het korrupgeraak, en julle as leraars moet hierdie probleemreguit aanspreek. Moenie doekies omdraai nie,vertel vir die sakemanne wat slinkse transaksiesdoen en ander mense uitbuit dat hulle dit moetstaak. Moenie hulle gewetens probeer sus deur nikshieroor te sê nie. Praat daaroor!”

Ds. Miga raak nou lekker opgewerk: “Julle bly vir diemense allerhande gerusstellende dinge vertel, soosdat daar nooit enige ellende oor hulle sal kom nie.Dat hulle maar kan aankarring met hulle sondigepraktyke! Waarom sal God dan nou kwaad worddaaroor? God vergewe mos al jou sondes. God isliefde, onthou! Hy doen altyd net goed aan Sy volk.Hy is gladnie so ernstig oor sonde as wat daardieMiga-predikant dit wil maak nie! Vandag wil ek virjou sê, liewe dominee, jy lei die gemeente op ‘ndwaalspoor!”

En dan druk hy die “SEND” knoppie, en die e-posvlieg. Maar o wee! Skaars is sy e-pos gestuur, of diebriewe stroom in van talle hoogs-omgekraptedominees. Ds. Miga het baie hard op hulleliddorings getrap, en dit maak seer. “Hoe durf jy onsbeskuldig!” word hy uitgejou. “Is dit dan nie reg datons preek oor genade en liefde nie?”

Ds. Miga het seer, maar dit is nie sy persoonlike

25

Page 26: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

seer nie. Dit is die seer wat hy beleef van die mensewat slagoffers is. “Ja, natúúrlik is dit reg om oorliefde en genade te preek! Maar as daar onreg isdurf jy ook nie daaroor stilbly nie! God se liefde engenade bring vir gelowiges ‘n sekereverantwoordelikheid, en mense moet weet wat dieverantwoordelikheid behels. Dit help nie om hullegewetens te sus nie!”

Wanneer Ds. Miga daardie Sondag op die kanselklim, praat hy kaalkop die waarheid. Hy noem diegemeente se probleem op die naam. Hy sienhoedat ‘n paar baie vroom gesigte skielik verstraken vloer toe kyk. Hy maak dit baie duidelik dat ditdikwels onskuldige of weerlose mense is wat dieswaarste getref word deur die hartelose optrede vansommiges. Dit is weduwees wat geen inkomste hetnie en maar net op genade leef, wie se huise vanhulle af weggeneem word. Dit is weerlose vrouenswat beroof word van die bietjie gerief wat hulle noghet. En dit is onskuldige kindertjies wat op die straatbeland. Die Here het daardie huise en gerief enblyplek vir hulle gegee, maar nou is dit hartelosesakelui wat gierig geword het wat dit van hulle afwegneem.

“En die probleem is,” slaan Ds. Miga die laastespyker in die doodskis, “dat die skuldigesvanoggend hier in die kerkbanke sit. Ja, julle weetwie julle is!”

26

Page 27: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Na die erediens stap Ds. Miga terug huistoe. Hy hetopgemerk hoe die bywoning van sy eredienstegekrimp het. Dit is ontstellend. Hy is nie meer diegewilde prediker van ouds nie. Maar hy durf niestilbly nie. En dan is daar nóg ‘n ontstellende dingwat sy ore bereik het. In die wandelgange worddaar gefluister dat hulle hom gaan vervang.Sommige gemeentelede wil hom met alle mag hierweg hê. Hulle het ‘n ander dominee in gedagte, eenwat glo baie mooi kan preek. Hulle sê die man praatnooit óóit oor sonde nie, hy praat net oor liefde engenade. Boonop is hy baie welsprekend. Jy voel gloso goed as jy na een van sy preke geluister het.

“Here, wat moet ek maak?” kreun Ds. Miga syversugting uit na die Here, “Wys U my asseblief watek moet doen.”

Gebed:

Here, help my asseblief om U Woord suiwer uit tedra sonder om die krag daaruit te haal.

27

Page 28: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Regters

Miga 2:12-3:4

Video - Oudio

Op die oop veld loop ‘n klompie skape en blêr, hierdrietjies en dáár nog ‘n handjievol. Doelloos,herderloos loop hulle en ronddwaal. Die veld is volgevaar, jakkalse, rooikatte en allerhandeongediertes. Hulle weet nie waarheen om te gaannie. Hulle is verlore. En dan kom daar ‘n herder enbegin hulle bymekaarmaak. Hy jaag die kleingroepies almal op ‘n bondel totdat daar ‘n groot tropskape bymekaar is op pad na die veiligheid van diekraal, weg van die dodelike kloue van al dieroofdiere.

Skape wat sonder ‘n herder ronddwaal is soos ‘nongeluk wat plek soek om te gebeur. Hulle isweerlose diere, en daar wag baie gevare op hulle.Mense is in ‘n sekere sin baie soos skape. Dalk isdit nou nie juis altyd ‘n vleiende ding om te sê nie!Maar Jesus het byvoorbeeld, in ‘n goeie sin mensevergelyk met skape. Hy het Homself gesien as dieHerder, en die gelowiges Sy skape. Hierdie is ‘nbaie mooi beeld wat Jesus se sorg vir Sy kindersuitbeeld.

Miga gebruik ook hierdie beeld. In die vorigegedeeltes het ons gesien hoe die Here oordeel,maar hier sien ons dat God ook weer die gedeelte

28

Page 29: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

van die volk wat steeds getrou gebly het, liefderykbymekaar maak soos ‘n herder sy skape, en hullena veiligheid bring. God se ontferming, Sy genadeen liefde vir diegene wat in Hom glo, is baie groteras Sy oordeel.

Maar dan in die volgende hoofstuk, praat Miga weeroor die regters, en dan is hy baie ontsteld.

‘n Land se regstelsel bepaal die beskaafdheid vandie land. Die prentjies wat geskilder word oor diedestydse Wilde Weste was, om die minste te sê,totaal van alle reg gestroop. As die mense gedinkhet dat ‘n man skuldig is, is hy summier opgehangof doodgeskiet, dikwels sonder ‘n verhoor. Dit het inBarberton en Pelgrims Rus nie juis beter gegaantydens die groot goud stormloop nie. Niemand wassy lewe seker nie, en skelmstreke, moord endoodslag was die norm van die lewe.

Vandag het Suid-Afrika eintlik ‘n baie goeieregstelsel, en oor die algemeen is die integriteit vandie regters onkreukbaar. Maar in Miga se tyd wasdit ‘n totaal ander saak. Soos wat dit ook vandagnog in baie dele van die wêreld totaal korrup is.

In Israel was daar baie duidelike riglynewaarvolgens ‘n regter moes handel. Eksodus 18 enDeuteronomium 1 lê die bepalinge neerwaarvolgens ‘n regter moes werk. Miga skilder egter‘n ontstellende prentjie waar die regters presies dieteenoorgestelde doen as die voorskrifte bepaal wat

29

Page 30: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

in die heilige Skrifte neergelê is. Hulle steur hullenie aan God se bepalings nie! In plaas daarvan dathulle die goeie liefhet, haat hulle dit. En in plaasdaarvan om die verkeerde dinge te haat, het hulledit juis lief.

So erg was dit, dat Miga die regters vergelyk metslagters, in ‘n slegte sin. Hierdie regters maak metdie mense wat hulle hulp nodig het soos watslagters met ‘n dier se karkas doen. In die hof worddie onskuldiges letterlik afgeslag en hulle velleafgetrek (figuurlik gesproke).

Dit beteken egter nie dat ons nou saam met Migadie vinger moet wys na die slegte regters nie. Migapraat terselfdertyd ook met doodgewone mense inhulle alledaagse lewe. Elkeen van ons is op die eenof ander stadium ‘n regter wat ‘n beslissing moetgee. Dit kan in ons daaglikse lewe wees, in diekantoor, by die huis of in die gemeenskap. Daarkom situasies wanneer ons ‘n beslissing moet maakteenoor ons eggenoot, kinders of ouers. By die werkkan dit my werknemers wees of dalk my werkgewerof kollegas. Of dit kan dalk kliënte wees.

Elke sodanige besluit wat ek neem, moet ek kanmeet aan die Woord van God. Is dít wat ek besluitvolgens die norme van liefde wat Jesus neergelêhet? As werkgewer hou ek byvoorbeeld nie baie van‘n spesifieke persoon nie, want hy irriteer my, ennou soek ek enige moontlike geleentheid om

30

Page 31: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

“wettig” van hom ontslae te raak. ‘n Foutjie wat eknormaalweg sou oorsien, word voor hierdie persoonse voete gegooi, en hy word afgedank, geskors,weggejaag.

Ons het aan die begin gesien hoe die Herder ons asverlore skape liefderik bymekaar maak. Ons siendie groot genade wat God ons betoon, en hoe Hyons keer op keer weer vergewe, ten spyte van alons tekortkominge, en dikwels selfs moedswilligesondes.

Maar nou vra Hy ook dieselfde van ons. Van dieoorvloed van liefde wat Hy oor ons uitstort, vra Hydat ons ook ‘n bietjie sal teruggee aan onsmedemens. Ons bid “En vergeef ons ons skulde,”maar dan vergeet ons dat deel van die gebed gaan:“soos ook ons hulle vergeef wat teenoor ons skuldigstaan.” Soos wat die Groot Regter oor ons oordeel,wil Hy ook hê dat ons oor ander oordeel. Weesregverdig. Wees liefdevol. Maar bo alles, weesvergewensgesind!

Gebed:

Here, ek is skuldig voor U wanneer ek dink aanhoeveel keer ek al verkeerd opgetree het teenoormy medemens.

31

Page 32: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Oor die Profete

Miga 3:5-8

Video - Oudio

Destyds, in Miga se tyd was die profete die skakeltussen God en die mense. Daar was nie Bybels watjy kon lees nie, want die enkele geskrifte wat toebeskikbaar was, was met die hand geskryf opperkament of papirus, met tuisgemaakte ink engansveer penne. Daar was nog nie eers papiersoos ons dit vandag ken nie. Dit was slegs dieSkrifgeleerdes en profete wat insae gehad het in dieWoord van God, en geskrifte hieroor was uiterbeperk. Dit was eers tydens die ballingskap watmeeste van die mondelike oorlewerings op skrifgestel is. Dit was dus die profete se taak om die wilvan God aan die mense bekend te maak. Dit washulle wat die Woord moes verkondig.

Daar was dus twee metodes om met die Woord omte gaan: ‘n Man het Skrifgedeeltes by ‘n rabbi uit sykop geleer, en dan word dit mondelings aan sykinders oorgedra. En dan was daar die profete watdie volk moes leer en die Woord oordra. Jy kon dusnie gou in jou Bybel gaan naslaan of iemand diewaarheid preek nie.

Ongelukkig was Miga een van die baie min profetewat oorgebly het wat nie korrup geraak het nie.Wanneer Ds. Miga dus die dag by die erediens

32

Page 33: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

instap waar die profete besig is om die volk te leer,begin hy vir die profete preek, want wat hy daarhoor laat hom yskoud word. En wat hy vir hullepreek is beslis nie vleiend nie. Hy sê dat hulle prekebepaal word deur die kos wat by hulle mond ingaan.As sodanige profeet gevoer word met kaviaar,garnale en kreef, dan preek hy baie mooi preke, netsoos die mense daarvan hou om te hoor. Maar ashy net droë pap kry of dalk moet honger ly, danmaak hy behóórlik oorlog teen sy gemeente.

Dit gaan met ander woorde nie vir hulle primêr omdie Woord van God te verkondig ten spyte van allesnie, maar dit gaan om geld. As hulle ‘n ruimvergoeding kry, is hulle bereid om ‘n “preek opaanvraag” te lewer, een waarvan almal hou en watalmal laat goed voel. As die geld nie daar is inoorvloed nie, dan word die gemeente sleggesê.Paulus het jare later met dieselfde probleem gesit inKorinte, waar daar leraars opgetree het wat net virdie geld gepreek het.

En vandag? Dit gebeur nog steeds vandag! Onshoor dikwels nog van leraars wat skatryk word uithulle prediking. En dan is dit in die meeste gevalleslegs oor mooi woorde, hulle preek die dinge watdie gemeente graag wil hoor en nie wat die Woordvan God sê nie.

Ons het ook al gesien hoe sulke leraars tot ‘n valkom, nie finansieel nie, maar geestelik. Waar daar

33

Page 34: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

hofsake teen hulle gevoer is en allerhande lelikedinge gebeur.

Miga sê dan ook dat hierdie soort “preke opaanvraag” tot ‘n einde sal kom. Hierdie profete gaanagterkom dat hulle absoluut niks meer het om tekan sê nie. Daar sal net eenvoudig nie meeropenbarings van God na hulle kom nie.

Het jy enige idee hoe “skrywersblok” voel? As jy nognie iets moes skryf nie, is dit maar net ‘n vae begrip.Vir die ernstige skrywer is dit die grootste nagmerriein sy lewe. Sy lewe is afhanklik van sy skryfwerk.Skrywersblok is wanneer die dag gaan sit om teskryf, en in sy kop is daar net hierdie groot leë holtewaarin daar géén gedagtes is nie. Dit kan soms virdae en weke en selfs maande aanhou. Hy móét ‘nnuwe storie skryf, maar hy het nie ‘n storie om teskryf nie. Dit dryf hom tot raserny.

En dit is sekerlik hoe hierdie profete in Miga se tydmoes voel, want hulle moes oor iets preek om geldte kan kry, maar God gee hulle absoluut niks om oorte kon preek nie.

Miga, aan die ander kant, het iets wat hulle nie hetnie: die Gees van die Here! Die Heilige Gees is inhom en werk deur hom omdat hy bereid is om tedoen wat God van hom vra. Dalk kry hy nie die geldwat die ander profete kry nie, en dalk hou diegemeente nie juis daarvan om na hom te luister nie,want hy sê dinge wat hulle nie graag wil hoor nie.

34

Page 35: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Maar een ding is seker: die Here is gedurig ingesprek met Miga, en hy het nooit ‘n tekort aanwoorde nie. Dit borrel gedurig in hom want Godpraat met hom en God wys hom waar Israel sesonde lê.

Miga het ‘n taak op sy skouers, en hy doen ditsonder om te skroom. Hy is nie bang om die volk enselfs die ander profete vreesloos, kaalkop diewaarheid te vertel nie. Dankie tog: Miga was daremnie die enigste een nie. Daar was ander profete ookwat nie gehuiwer het om die waarheid te praat nie,soos Amos, Jesaja, Jeremia en Esegiël. Hulle wasook bereid om op te staan vir die waarheid.

Die vraag is of ek en jy bereid is omonvoorwaardelik op te staan vir die waarheid? Isons bereid om God te verdedig, maak nie saak watdie omstandighede is nie? Of gaan ons ook maarmet die stroom saamgaan net om die vrede tebewaar en ons eie situasie gemaklik te maak?Liewers te sê waarvan mense hou?

Gebed:

Here, gee my asseblief die moed en krag om nie stilte bly vir die waarheid nie.

35

Page 36: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Materialisme - die Monster.

Miga 3:9-12

Video - Oudio

Miga sluit in die laaste vier verse van hoofstuk 3 syonheilsprofesieë af met ‘n opsomming van wat hyreeds gesê het. Maar as jy hierdie verse lees, komjy agter dat daar iets baie dieper skuil onder hierdiemantel van onreg, naamlik die monster vanmaterialisme! Dalk moet ek net eers vertel van ‘npaar baie dierbare mense wat ons paadjie gekruishet oor die afgelope paar jaar. Nadat ons in ‘nfinansiële krisis gedompel was, het Willem en Lindaons vir ‘n volle jaar gratis blyplek gegee. Hulle wounie ‘n sent aanvaar vir ons verblyf in hulle huis nie.Na hulle was dit Danie en Adele wat presiesdieselfde gedoen het, en toe daardie blyplek niemeer beskikbaar was nie, was dit Ockie en Gill watweer na vore getree het. Vir hierdie mense gaan ditoor die uitleef van liefde soos Jesus dit vir onsvoorgelê het.

Maar in Miga se gemeenskap was dit iets totaalanders. Elke ding het sy prys! Die regters souuitspraak lewer slegs om sekere mense tebevoordeel, die profete sou profesieë lewer slegsom die mense se gemoedere te sus, en diepriesters sou mooi broodjies bak en die gemeentevlei met mooi Godsdienstige raad. En agter al

36

Page 37: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

hierdie handelinge sit daar die een enkele motief:materialisme.

Die regters sal ‘n uitspraak lewer, slegs as diepersoon betaal. En as hy ruimskoots betaal, sal dieregter sy saak bevoordeel, al is hy ook skuldig, enhy sal dan die ander party onregverdig veroordeel,al is hy dan onskuldig!

Die priesters gee mooi, vleiende raad oorallerhande godsdienstige sake, maar dan ook slegsas hulle betaling die moeite werd is. Selfs dieprofete is bereid om te profeteer soos wat jy graagsy profesie sou wou hoor, maar die voorwaarde wasweereens dat daar genoeg geld by betrokke souwees.

Materialisme is ‘n siekte. Dis is egter nie ‘n kwaalwat slegs gebonde was aan Miga se tyd nie. Hierdiesiekte het deur die eeue epidemiese proporsiesaangeneem en al by verskeie geleenthede volketotaal verwoes. Dit is egter ook nie slegs tot dieleiers, profete en regters beperk nie. Dit is iets wattotale gemeenskappe kan oorweldig. Die leiers isslegs die puntjie van die ysberg wat bo die seeuitsteek. Onder kolk en kook en maal die andernegentig persent daarvan. Wanneer Miga dus metdie volksleiers praat, dan praat hy eintlik met diehele volk.

Die een groot probleem van materialisme is databsoluut alles in geldwaarde gemeet word. Met

37

Page 38: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

ander woorde, dit is nie slegs die materiële dingenie, maar ook die dinge in die lewe wat eintlik geengeldwaarde het nie. Ons kan dink aan dinge soosgoeie regspraak, op alle vlakke, egte, suiwerGodsdiens, hoë morele waardes en tragies genoeg,selfs barmhartigheid en liefde. As dit eers tot hierdievlak gedaal het, dan is dit om van te huil en treur!

Dit is so tragies dat materialisme en geldgierigheiddikwels getooi word in ‘n geurige godsdienstigesousie! Miga huil dit uit in vers 11: Hulle sê: “DieHere is by ons, onheil sal ons nie tref nie.” Niks kanverkeerd loop solank hulle materialisme in dieNaam van God bedryf nie. Maar alles het alreedsverkeerd geloop! Hoe kan jy verwag dat die Heremet jou sal wees solank jy doelbewus besig is omander mense uit te buit? Hoe kan jy op Sy seënaanspraak maak solank jy onregverdig regspreekteen iemand anders? Terwyl jy mense benadeel terwille van geld? En hoe kan jy liefdeloos en dikwelswreed teenoor jou medemens optree, enterselfdertyd daarop aanspraak maak dat jy ‘nwonderlike, liefdevolle verhouding het met God?

Hierdie dinge rym net eenvoudig nie! Jy kan nieGod en Mammon gelyk dien nie! God se heiligheid,liefde, genade en alles-omvattende nabyheid kannet eenvoudig nie besoedel word metgeldgierigheid, materialisme, onreg enliefdeloosheid nie. Dit rym nie!

38

Page 39: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Miga sluit sy betoog af met ‘n verpletterendeuitspraak oor die trots van die volk: Jerusalem.

“Jerusalem sal ‘n puinhoop word!” voorspel Miga.Die pragtige stad gaan geplunder word, en daarmeesaam die juweel van die stad, die hartklop van dievolk: die asemrowende, heilige tempel. “Dietempelberg gaan ‘n hoogte vol bossies word.”waarsku Miga. Hoe tragies. En die skuld hiervoor lêMiga voor die deur van die volk en sy leiers. Hulle isverantwoordelik hiervoor. Hierdie oordeel het hulleoor hulleself gebring.

Gebed:

Here, bewaar my asseblief van geldgierigheid enmaterialisme. Vul my hart met liefde enbarmhartigheid.

39

Page 40: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Vrede kom!

Miga 4:1-5

Video - Oudio

Dikwels is gedeeltes in die Bybel gehul in misterie -dinge wat ons net eenvoudig nie kan verstaan ofverklaar nie. Miga 4:1-5 is een van daardiegedeeltes - nie omdat wat geskryf isonverstaanbaar is nie, maar omdat daar ‘n feitlikidentiese deel voorkom in Jesaja 2:1-5. Dit is feitlik‘n woord-vir-woord herhaling. Het Jesaja hierdiegedeelte van Miga afgeskryf? Of het Miga syne vanJesaja afgeskryf? Moontlik het albei hierdie profetehierdie stuk oorgeneem uit ‘n ander onbekendeboek of bron. Niemand weet nie. Daar is natuurlik ‘nander moontlikheid, een wat menslik totaalonmoontlik klink, en dit is dat beide hierdie skrywerspresies dieselfde woorde geskryf het op aandrangvan die Heilige Gees. Dit klink onmoontlik! Die kansdat twee skrywers presies dieselfde kon skryf, isnul. Tog is alles by God moontlik. Hoe dink jy hethierdie twee identiese geskrifte tot stand gekom?

Maar waaroor gaan hierdie gedeelte? Vrede! “Daar

kom ‘n tyd....” skryf Miga, en dan beskryf hy ‘nskynbaar onmoontlike situasie waar daar vollevrede heers.

Hoe smag mense nie na ware vrede nie! In diegeboorteland van Simon van Sirene, Libië, het

40

Page 41: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Moamar Ghadaffi vir baie jare ‘n skrikbewindgevoer. Die uiteinde was dat daar ‘n bloedigeburgeroorlog uitgebreek het om vrede te probeerbewerkstellig. In die proses om vrede te verkry, hetdie wêreld se magte saamgespan en met bommeen vuurpyle vrede probeer los skiet. Hierdie is nie ‘ngeïsoleerde geval nie. Regoor die wêreld woedoorloë en mense smag na vrede en om maar netweer ‘n slaggie onder ‘n boom te kan sit sonder dievrees dat jy enige oomblik doodgeskiet gaan word.

Suid-Afrika is ‘n land waar vrede heers, maar selfshier heers gedurig bloedige stakings enprotesoptogte. Daagliks word mense vermoor,verkrag en gewelddadig beroof. Selfs onskuldigekinders word koelbloedig doodgeskiet inbendegeweld! Diegene wat dit kan bekostig, leefagter tralies en met gesofistikeerdesekuriteitstelsels. Jy kan feitlik nêrens heen gaan enmaar net ontspan met ‘n kommervrye piekniek nie,want oral is dit gevaarlik!

Maar Miga sê: “Vrede kom!” Wat ‘n wonderlikevooruitsig! En hierdie is nie maar net ‘n vrede watvan korte duur is nie, dit is ‘n blywende vrede! Jyonthou seker nog hoe politieke leiers van verskeielande destyds probeer het om vrede te bepleit inZimbabwe, toe daardie land in sy ergste noodverkeer het. Dit was vrugteloos!

Die vrede waarvan Miga egter praat word nie

41

Page 42: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

bepleit of bewerkstellig deur politieke leiers nie,maar deur God. En daarom is dit ‘n vrede watvolmaak is. Ware vrede kan alleen gebeur waarmense God erken as God. Wanneer Hy hierdievrede bewerk, sal mense weer stroom na dietempel van God. Voor grendeltyd het ek dikwelsSondae gewonder waar al die mense is? Het hulleooit die behoefte om ‘n erediens by te woon? Is ditdalk die rede waarom ons so gebuk gaan onder on-vrede in ons land? Maar tydens die vrede wat Migasien, stroom mense in hordes saam om God saamte aanbid.

Wat gebeur wanneer hierdie vrede kom? Wapentuigword totaal oorbodig, en hulle word omvorm omlandbou implemente te word. Die ministerie vanverdediging raak totaal oorbodig want buurvolkeleef nie meer in vyandskap met mekaar nie. Diebeeld word geskilder van iemand wat rustig ondersy wingerd sit en ontspan sonder enige kommer.Iemand anders sit weer agteroor teen die stam van‘n vyeboom. Daar is geen gevaar dat hy van agteraangeval sal word of beroof word nie.

Wanneer ons hierdie idilliese beelde lees, wil onslag! Leef Miga nie dalk in ‘n Utopia nie? Ons lewevandag is so presies die teenoorgestelde, en ditvoel dan asof dit elke dag net erger raak. Geweldneem elke dag net toe. Wat moet ek as gelowigedoen? God kan tog onmoontlik nie teenwoordigwees in hierdie wêreld waar soveel dinge skeefloop

42

Page 43: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

en verkeerd gaan nie? Kan ‘n gelowige ooit ietsdaaraan doen?

Die antwoord is dat ek as gelowige positief sal leefen my nie blind staar teen al die geweld en slegtedinge nie. As elke gelowige maar net die liefde saluitleef wat Jesus vir ons beskryf het, dan is daaralreeds ‘n helder lig van vrede wat brand. Ek kaniets van God se vrede laat deurskemer deur te leefsoos wat God van my vra. Op hierdie manier salGod se volmaakte vrede alreeds sigbaar kan wordin die wêreld. Ja, inderdaad sien ons oral hierdiewonderlike vrede deurskemer in gelowiges watvoluit Jesus se liefde uitleef en uitstraal. Gelowigesis toekomsgerigte mense - mense wat vanuit dietoekoms lewe. God het ons daardie onbeskryflikehoop gegee van die dinge wat kom, en vanuitdaardie hoop kan ons alreeds vandag lewe en onslewens inrig.

Die hoop wat God ons gee uit die Woord, is genoegom ons deur die grootste swaarkry en onvrede tedra, want daardie hoop vertel ons van dieuiteindelike onbeskryflike lewe aan die voete vanJesus. En daardie hoop is nie maar net iets vaagnie, maar ‘n werklikheid.

Gebed:

Here, ek sien reikhalsend uit na die vrede - dievolmaakte vrede wat op my wag!

43

Page 44: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Dit Sál Beter Word

Miga 4:6-14

Video - Oudio

Die streng inperkings van verlede jaar het baiemense finansieel geknak. Sommige sonder werkgelaat, ander se sakeondernemings laatverkrummel. Dalk is jy een van hulle.

Ja, ek weet hoe dit voel! In 2010 het ek gesienhoedat my wêreld besig was om rondom my in tetuimel toe ons besigheid begin sink. Ek het gepleitby die Here om my te red uit hierdie ramp, maar ditgebeur nie. Uiteindelik was daar nog een laastestukkie hoop: my huis. As hy net verkoop kon wordteen ‘n redelike prys, dan was ons gered. Maar diemark was swak! Uiteindelik was die laaste opsie ‘nveiling. Die opbrengs dek nie eers naastenby dieskuld nie. Ek sit in sak en as - alles wat ek gehadhet was weg, en daar was nog ‘n berg skuld watbetaal moes word.

Maar ek verloor nie hoop nie. Krampagtig klou ekvas aan die een stukkie hoop wat oorbly, die Here.Wanneer alles op sy donkerste is, en ons nie meer‘n dak oor ons kop het nie, voorsien Hy opwonderbaarlike wyse. Wanneer daar nie ‘nkrieseltjie kos in die huis is nie, voorsien Hy uit ‘ntotaal onverwagse oord. Wanneer my moedgebreek is, kom die Here en maak my sterk.

44

Page 45: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Wanneer ek in totale afhanklikheid na Hom opkyk,gee Hy my moed. Wanneer ek alleen in die wêreldvoel, oorlaai medegelowiges my met liefde, moed-inpraat, bystand en troos. Skielik kom ek agterhoeveel mense daar werklik is wat omgee!

In vers 6 vertel Miga hoe die Here vir hom gesê hetdat Hy die kreupeles en diegene wat verstrooi is inballingskap en dié wat met rampe getref is weer salbymekaar maak. Volgens die wet van Levitikus 21kon kreupeles nie dien as priesters nie. Maar nou isdit juis die kreupeles wat uitgesonder word om nuutte begin met die Here. Die oorblyfsel van wateenmaal ‘n volk was, sal Hy weer ‘n volk maak. Diesiekes sal Hy oprig om ‘n nasie te word. En dan salGod oor hulle heers. Is dit nie die wonderlikstevertroosting nie!

Dikwels is dit juis in die swaarkry en pyn waar dieseën van die Here die helderste deurkom. Migagebruik hier die voorbeeld van ‘n vrou wat in kraamgaan. Dink maar mooi wat gebeur: vir nege maandedra die mamma die groeiende baba in haar rond.Daar is dikwels allerhande komplikasies, en soosdie tyd vorder raak dit al erger en die ongemak raakal groter. Ek het al so dikwels gehoor dat ‘nhoogswanger mamma sê dat sy dit nou net niemeer kan vat nie - dat dit net een te veel begin raak.Maar die ergste lê nog voor! Eers die verskriklikegeboortepyne wat elke minuut meer intens raak. Endan wanneer sy begin kraam, en die pyn totaal

45

Page 46: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

ondraaglik raak - vir baie mammas voel dit na dieeinde van die wêreld.

En skielik is alles verby, en die vreugde wat géénperke ken nie - om daardie klein bondeltjie mens injou arms te kan vashou. En die klein wonderwerkievul jou hele wese met vrede en vreugde enverwondering en dankbaarheid. Dan wéét jy dat aldaardie maande van ongemak en die verskriklikepyn alles deur en deur die moeite werd was. Danbesef jy ook dat sonder daardie pyn en smarte, jynooit hierdie vreugde sou kon ervaar nie!

Die pyn van die ramp wat my getref het, was ‘nnoodsaaklikheid om my te louter en te leer vantotale afhanklikheid van God. Die pyniging is somssteeds daar, want ek het nog ‘n lang pad om te loopom totale vertroue aan te leer. Maar ek aanvaar ditmet blydskap, want ek besef baie goed dat die“Pottebakker” nog gladnie klaar is met hierdierowwe stuk klei nie. Boonop wil die klei ook nie altydlekker saamwerk nie! Maar ten spyte daarvanervaar ek intense blydskap. Ek sien die wonderlikehand van God deur dit alles, en ek ervaar Syonbeskryflike genade, liefde, ootmoed enmeelewing baie meer as ooit tevore.

Maar dan besef ek ook terdeë dat hierdie maar netdie begin is. Die gordyn word slegs op ‘n kleinskrefie oopgetrek sodat ek hier ‘n ietsie van diehemel kan ervaar. Miga kyk vooruit na die eendag,

46

Page 47: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

die dag wanneer Jesus weer kom op die wolke, enons daardie onbeskryflike mooi, vreedsame,liefdegevulde woonplek van God, die hemel, kanbetree. Dan sal al die pyn en smarte vir ewigvergete wees! Die swaarkry is dus alles deel vanons voorbereidingsproses.

Maar wat nou van al die onreg wat steeds aan diegang is? Wat van die misdaad en liefdeloosheid vandie wêreld? Daaroor hoef ek en jy nie ons koppe tebreek nie! Nie alleen sal die goddelose mekaarvernietig nie, maar die oordeel van God sal hulletref. Ek en jy hoef nie te oordeel nie, die Regter vanalle Regters - aan Hom kom die oordeel toe!

Gebed:

Here, dankie dat ek swaarkry kan ondervind, wantek weet dat U my daarin vorm tot U eer.

47

Page 48: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Die Nuwe Koning

Miga 5:1-5

Video - Oudio

Die intriges van die koningshuise boei die helewêreld. Jy onthou seker nog die bohaai toe prinsAlbert destyds met onse mooie Charlene getroud is.Ons het ons vergaap aan die koninklike prag enpraal. En natuurlik al die skandes waaroor daar indie wandelgange gefluister is.....

Die koningshuis van Brittanje is natuurlik ookgedurig in die nuus, en kort-kort moet OumaElizabeth net vure doodslaan vir haar kinders enkleinkinders se skandes. Harry en Meghan isgedurig op koerante se voorblaaie. Inderdaad gaandit nou relatief goed in die koningshuis, as jy diestreke van sommige van Brittanje se vorige koningsin ag neem. Vat nou maar ou Henry die 8ste, enhoe hy op ’n streep van sy vrouens ontslae geraakhet, elke keer as sy hormone hom pla en ‘n nuwejong bokkie verbyloop.

In die Bybelse tye het dit nog erger gegaan,sommer véél erger! Daar is dik boeke geskryf oordie konings van Israel. En die enkele “goeie”konings kan jy op die vingers van jou een hand tel.Selfs die goeie konings het geraamtes in hulle kasgehad. Vat nou maar vir Dawid, die geliefde koningwat liedere geskryf het wat duisende jare later

48

Page 49: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

steeds gesing word. Hy was ‘n man wat die Hereintens liefgehad het. Maar sy geraamtes is walglik.Hy pleeg owerspel. Hy laat die vrou wat hom sobekoor se man vermoor. Hy het geen beheer oor sykinders nie. Oor manne soos Agab en sy goddelosevrou Isebel praat ons nie eers nie. Keer op keerlees ons in die kronieke van die konings: “Diekoning het gedoen wat verkeerd is in die oë vanGod.” Israel se konings was deur die bank vir dievolk ‘n reuse teleurstelling. In Psalm 72 word dieideale koning beskryf, maar hiervan het net mooiniks gekom nie.

En nou kom Miga met ‘n aankondiging wat soos ‘nvars briesie oor jou waai, soos heerlike soet, yskouewater in die hitte van die dor woestyn. Hy vertel vanhierdie Koning wat nie korrup is soos al die andernie. Elkeen wat lees wat Miga geskryf het, gaanregop sit, en lees dit weer. “Is dit ooit moontlik?!”Hierdie nuwe Koning waarvan Miga skryf sal beslisnie teleurstel nie. Hy voldoen aan al die vereisteswat God stel aan ‘n koning. En Hy lê boonop in diekoningslyn van die geliefde koning Dawid. Maar Sykoningskap se wortels lê eintlik baie, baie verderterug as Dawid - dit strek “tot in die gryse verlede”(Miga 5:1).

Tóg kom hierdie Koning uit ‘n baie klein enonbelangrike ou dorpie, Betlehem Efrata. As jydaarvandaan kom, beteken dit dat jy maar ‘n baienederige agtergrond het. Dawid kom ook

49

Page 50: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

daarvandaan! Hy was die jongste van Isai se seuns,en die laaste een wat oorweeg sou word virmoontlike koningskap. Hy was ‘n bloteskaapwagtertjie, ‘n kind van die veld wat baie nagteonder die sterre moes deurbring en op die hardegrond slaap. Tóg was hy die een wat Israel verenighet en uitgebou het tot ‘n groot en magtige nasie.

Maar dit is hoe die Here werk. Hy doen dinge op diemees onwaarskynlike en onverwagse maniere.Klein en onbenullige mensies word groot enbelangrik in die hande van die Meester Pottebakker.

Maar Dawid was nie die een waaroor Miga geskryfhet nie. Die Koning van alle konings is egter indieselfde klein dorpie, Betlehem gebore in ‘nnederige stal, van alle plekke! Sy nederige lewewas relatief van korte duur, ‘n skamele 33 jaar, entoe word Hy gekruisig - aan ‘n vloekhoutvasgespyker. Sy lewe was gekenmerk deur vredeen liefde en nederigheid. Hy het altyd die bestegesoek vir die mense wat Hom gevolg het. Hy hethulle siektes genees, vir hulle kos gegee en hullegeleer.

Maar toe kom die kruisiging en Sy hemelvaart. Ennou wag ons in groot afwagting vir die dag wanneer

Hy terugkeer. Miga sê dat dit net ’n kort rukkie salwees, so lank as dit ’n vrou neem om ’n kind in diewêreld te bring. Hoe lank is daardie kort rukkie?Niemand weet nie, nie eers die engele nie. Ons kan

50

Page 51: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

dit ook nie letterlik opneem, dat dit nege maandesou duur nie. Dit is “profetiese perspektief” wat blootbeteken dat daardie dag onverwags gaan wees, netsoos wat ‘n normale geboorte onverwags is. Al dietekens is wel daar dat dit binnekort moet gebeur,maar dit bly steeds ‘n groot verrassing. Diegene watuitwerk dat die wederkoms op ‘n sekere dag gaanplaasvind, mislei mense. Die tekens is alreeds baieduidelik daar dat Jesus se wederkoms enigeoomblik kan plaasvind. Dit kan selfs vandag of môrewees, maar dit kan ook nog jare duur. Die grootding is dat ons gereed moet wees, soos wat dieman van die swanger vrou gereed moet sit vir dieoomblik wanneer die geboortepyne begin.

O, watter wonderlike vooruitsig is daar nie! MetJesus se wederkoms gaan absoluut alles verander.Sien jy ook uit daarna? En is jy gereed om Jesus teontmoet?

Gebed:

Here, ek sien uit met groot verwagting na diewonderlike dag van U wederkoms.

51

Page 52: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Dou in die Dor Woestyn

Miga 5:6-14

Video - Oudio

In die dorre, droë landskap van Palestina smagalles en almal na ‘n bietjie water, net ‘n oulafenissie. Wanneer die bloedige son egter agter diehorison verdwyn, sak ‘n swaar dou oor die dorreaarde neer wat plant en dier feitlik sopnat laat, enheerlik verfris in die vroeë oggend. Dorstige dierelek dankbaar die dou van die grashalms af enuitgedorde plante suig die vog in om nuwe lewe tekry.

Aan die dorre Skedelkus van Suider Afrika lê dieoudste woestyn in die wêreld dor, droog, morsdood.Maar wanneer die misbank voeg-oggend sy sagtedonskombers oor die landskap tooi, dan kry hierdielewelose sandduine skielik lewe. Insekte, geitjies engemsbokke drink die dou wat kondenseer op dieskaars grashalmpies - lewegewende, lawende douin ‘n wêreld waar die dood lê en loer.

Miga beskryf “dié van Jakob wat oorbly” soos dou in‘n dorre wêreld, dou wat van die Here kom. Hullesal tussen baie mense wees. Maar nie alleen salhulle soos dou wees nie maar ook sooslewegewende sagte reën wat diep in die dorreaarde indring en die wortels van die plantedeurdrenk met nuwe lewe.

52

Page 53: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Ons gelowiges is ook deel van “dié van Jakob watoorbly” en daar rus dus ‘n baie grootverantwoordelikheid op ons om soos dou en sagtereën te wees in die wêreld waar ons woon en werk. Gelowiges mag net eenvoudig nie “werkloos” sit enwag vir die koms van die nuwe Koning van wie onsin die vorige dagstukkie gelees het nie. Ons woon in‘n wêreld “tussen baie volke”. Wie is hierdie volke?Almal wat ongelowig is. Daar is diegene watnatuurlik openlik afgode aanbid, soos die Hindoes.Maar die meeste mense met wie ons te doen kry,skaar hulleself onder die vaandel van Christelikegeloof, maar hulle bedryf ‘n dooie Godsdiens. Hulleglo in God se bestaan (die duiwel glo dit ook!) enhulle glo selfs dat God die Skepper is. Maar hullehet nog nooit by Jesus uitgekom nie. Dan is daardieGodsdiens dor en selfs dood soos die Skedelkus.

Dit is juis hier waar ons gelowiges se taak lê, omsoos lawende dou of reën vir sulke mense te wees.Ons moet ‘n seën wees vir die omgewing, ‘n bate.Dit is natuurlik nie iets wat jy uit jou eie krag kandoen nie. Net soos wat die dou en die misbank vandie Skedelkus ‘n gawe is wat God gee, so kry onsook die gawe en krag van God om vir mense ‘nlafenis te wees. Hy gee hierdie gereedskap vir onsin ons hande. Maar die verantwoordelikheid lê danby ons om dit te gebruik.

Wanneer is jy so ‘n lafenis vir die mense om jou?Wanneer alles in jou soos ‘n vars bries, soos dou is.

53

Page 54: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Bloot deur liefde uit te leef en uit te straal is alreedsso ‘n lafenis. Ek begin deur tot die diepe besef tekom van God se groot liefde vir my. Dit behoort inmy ‘n oorweldigende vrede en lewensvreugde teontketen, iets wat op my gesig en my hele houdinggesien kan word. Dit pas net eenvoudig nie by ‘ngelowige om nors en onvriendelik te wees nie, selfsnie eers wanneer dit met jou sleg gaan nie. Onthou:swaarkry is maar net ‘n proses van suiwering omons sterker te maak, en iets waarvoor ons dankbaarmoet wees.

My lewe van vreugde, liefde en vrede moet virander ‘n aangename geur wees, sodat hulle hongersal word om ook daardie lewe te wil kry. Dit maakdan deure oop om die Evangelie aan hulle oor tedra.

Maar daar is ook ‘n tweede aspek wat Miga noem -en dit is dat gelowiges soos leeus sal wees. Diebeeld wat ‘n leeu uitstraal is een van krag enonoorwinlikheid. As gelowige sê jy nie maar “ja enamen” op alles nie, maar jy kry die krag om te kanstandpunt inneem en te kan stry vir die uitbreidingvan God se Koninkryk. Natuurlik het die Koninkrykvyande en teenstaanders, en dit beteken dan ookdat gelowiges sterk moet kan staan onder moeilikeomstandighede.

Om egter dou of ‘n leeu te wees, beteken dat ekeers die hand in eie boesem moet steek en

54

Page 55: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

regmaak wat daar in my lewe verkeerd is. Maar ekmoet ook leer dat ek nie my vertroue op wêreldsedinge kan stel nie, maar alleen op God. Miga praatvan “perde en strydwaens en vestingstede” - dingewat jou ‘n valse gevoel van sekuriteit gee. Vandagkan ons dalk praat van ‘n gesonde bankbalans, ‘ngoeie werk of posisie op die kerkraad. Maar dit kanook wees dat jy jou krag sien in jou goeieGodsdiensbeoefening - ek gaan elke Sondag kerktoe, gee my tiende, help die armes. Jy bult jougeestelike spiere.

Maar dit is alles valse sekuriteite. Jou waresekuriteit kom alleen van God af - ‘n totaleafhanklikheid van God. Dit is Hy alleen wat my diekrag kan gee om te kan opstaan in Sy Koninkryk.En dit is Hy alleen wat my verfrissende en lawendedou kan maak in die dor wêreld. Dit mag ons nooitvergeet nie.

Gebed:

Here, dankie dat U vir my al die toerusting gee omdiensbaar te kan wees in U Koninkryk. Help my omdaardie toerusting met krag te kan gebruik, maarterselfdertyd ook in nederigheid en volleafhanklikheid van U.

55

Page 56: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

God se Groot Genade

Miga 6:1-8

Video - Oudio

Ons het nou gekom by die tweede hoofgedeelte vanMiga. Die eerste deel het begin met ‘n hofsaak, ennou begin die tweede deel weereens met ‘nhofsaak. In ‘n hofsaak word daar dikwelsbeskuldigings heen en weer geslinger en vuilwasgoed gewas. Liefdeloosheid en haat is dikwels‘n integrale deel van so ‘n geleentheid. Hierdie eenis egter baie anders, want omdat die Here dieRegverdige en Liefdevolle Regter is kan ons ‘nregverdige hofsaak verwag.

Miga begin deur die getuies te roep: die berge enheuwels. Hulle was maar al die eeue daar, en hullehet gesien hoe die volk daar aangekom het en wathulle deur die eeue gedoen het. En hulle het gesienwat die Here alles vir die volk gedoen het. Hulle soudus kon instaan vir die waarheid van die getuieniswat die Aanklaer teen die volk gaan lei.

Die aanklag van die Here teen die volk begin op ‘nverrassende wyse. Hy hou nie ‘n klagstaat voor enbegin met verdoemende getuienis nie, soos wat onssou verwag nie. Hy begin deur te vra of die Here niedalk iets verkeerd gedoen het in die verhoudingtussen Hom en Sy volk nie. ‘n Verdere verrassing isdat Hy nie die volk aanspreek as “die beskuldigde”

56

Page 57: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

nie, maar as “My volk”. Hy het steeds nie dieverbond tussen Hom en Sy volk opgehef nie, tenspyte van hulle afvalligheid. Hy hou steeds nie opom Sy volk innig lief te hê nie, al het hulle ook sover afgedwaal. “My volk, wat het Ek aan jou gedoenen hoe het Ek jou vermoei? Antwoord My!” vra dieHere.

Maar die volk het absoluut niks wat hy hierop kansê nie.

Dan gaan die Here voort en Hy haal aan uit diegeskiedenis, want dit is immers die geheue van dievolk. Natuurlik sal hulle nog onthou hoe die Herehulle op wonderbaarlike wyse gered het uit Egipte,daar waar hulle slawe was van die Farao, en waarhulle gedryf was tot op hulle uiterste. Die Here seontsaglike daad van verlossing daar was, om dieminste te sê, asemrowend, verstommend! Dielogistieke wonder van God se voorsiening van kosen water aan miljoene Israeliete in hulle tog deur diewoestyn, is in vandag se terme haas onmoontlik. Ditsou jare se noukeurige beplanning neem om dit tedoen wat binne ‘n paar weke afgehandel is. Diedeurtog deur die Rietsee laat vandag nog die grootmilitêre leiers kopskud in ongeloof.

Nie alleen het die Here hier voorsien nie, Hy het ookdie regte leiers op die regte tyd gegee, Moses,Aäron, Josua. En dan gebruik Hy selfs heidenesoos Bileam. Wanneer Balak vir Bileam huur om die

57

Page 58: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Israeliete te vervloek, seën Bileam hulle eerder toedie Here hom aanspreek. Die Here haal die plekkeSittem en Gilgal aan, want watter Israeliet sal niehierdie name onthou nie! Sittem was die laaste plekwaar die Israeliete was voordat hulle triomfantlikdeur die Jordaan getrek het om die Beloofde Landte beset. En Gilgal was die eerste plek wat hulleteëgekom het in hierdie nuwe land wat die Here aanhulle gegee het.

Ons word ook gedurig herinner aan ons eie verlede,aan die wonderbaarlike manier wat die Here onsvolk gelei en bewaar het. Die wonderwerke uit onseie geskiedenis is legio. Maar dit is nie net ons volkse geskiedenis nie - dink maar terug aan jou eielewe, hoe die Here liefdevol voorsien het, dikwelsop tye wanneer ons dit die minste verdien het. Ekkan boeke vol skryf oor die Here se voorsiening inmy lewe! Die afgelope paar jaar alleen was vir mygekenmerk deur wonderwerk op wonderwerk, enliefde en genade in oorvloed. Selfs deur fisiesmoeilike tye, kon ek ondervind hoe Hy my gedrahet, en steeds dra. Maar die grootste genade nógwas die dag toe Hy my gered het uit die slawernyvan die duiwel, daardie dag toe Jesus in my lewegekom het. Daardie was enige tyd net so groot soosdie verlossing uit Egipte.

Uiteindelik kry die volk ‘n kans om te antwoord (vers6). Hulle besef maar al te goed hoe verkeerd hulleopgetree het teen die Here, en dan wil hulle die

58

Page 59: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

saak probeer regstel. Allerhande soorte offerandesword oorweeg, selfs in groot getalle soos duisenderamme en duisende offers van olie. Hulle oorweegdit selfs om so ver te gaan om hulle eie kinders,hulle eersgeborenes aan God te offer!

Dit is egter nie wat die Here wil hê nie. Hy vra dathulle harte verander moet word. As jou hartverander, verander jou lewenswyse ook. Dit wat jydoen is ‘n bewys van wat jy in jou hart omdra. Jesushet dit later opgesom, dat dit beteken om joumedemens lief te hê. Oor hierdie onderwerp, vanwat dit presies beteken om liefde uit te leef is reedsbaie geskryf. Paulus het dit onder andere in 1 Kor.13 duidelik uitgespel. Maar dit beteken ook dat onsliefde vir God moet uitleef. Voordat jy kan begin omdit te doen, moet daar eerstens ‘n lewendeverhouding met Hom wees. En dit is presies watJesus van my en jou vandag vra, ‘n lewendeverhouding met Hom.

Gebed:

Here, vandag besef ek net weereens hoe baie U virmy gedoen het, en hoe oneindig lief U my het. Helpmy asseblief om ‘n lewende verhouding van liefdemet U uit te leef.

59

Page 60: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Korrupsie

Miga 6:9-16

Video - Oudio

As jy die nuus aanskakel, hoor jy net “Korrupsie!”En as jy die koerant oopmaak, lees jy net“Korrupsie!” Dit het ‘n algemene woord geword inons samelewing. In die parlement word dit tensterkste veroordeel, en koerante skryf giftige berigtedaaroor. In Amerika skreeu Donald Trump:“Korrupsie!” met die verkiesingsuitslae. En selfs indie hoogste raad van ons land, die parlement, broeikorrupsie soos ‘n stinkende rottingstenk. En omdatdit die parlement besoedel het, sypel dit deur na allevlakke van die samelewing. Korrupsie is aan dieorde van die dag in die meeste groot maatskappye -kort-kort is die een of ander invloedryke sakeman indie nuus oor korrupsie. Reuse maatskappye wordmet miljoene rande beboet oor sogenaamdeprysvasstelling - iets wat die arm man tref waar ditdie seerste maak, soos die prys van brood.

Miga praat hard en reguit oor hierdie saak, en hynoem dit by die naam. Korrupsie is niks anders nieas blatante roof! Hy sê dat die winkelier aspris symaatlyn verander het, sodat wanneer hy ‘n metermateriaal uitmeet, jy eintlik net 90cm kry. Dan is ditmos diefstal! Dieselfde word gedoen met diemaatbeker, sodat jy slegs 900ml melk kry as jy

60

Page 61: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

betaal vir ‘n volle liter. En jou “kilogram” koring weegeintlik heelwat minder.

Korrupsie beteken vandag dikwels om ‘nregeringskontrak aan te gaan teen ‘n baie hoër prysas wat dit veronderstel is om te wees, omdat jyomkoopgeld gekry het. Die belastingbetaler is dandie een wat daaronder ly.

Maar ons is baie vinnig om die vinger te wys na dieregeringsamptenare, en dan vergeet ons diekorrupsie in ons eie lewens. Om iemand anders inte doen, selfs op klein skaal, is steeds korrupsie.Om iemand te kul uit ‘n paar sente uit, is ookkorrupsie. Inderdaad praat Miga met die volk, maarhy praat terselfdertyd ook met jou en my.

Die probleem is dat gelowiges dikwels die kerk vandie werk wil skei. Sondag gaan ons kerk toe, en danis ons engeltjies, sê ons die mooiste dinge enfilosofeer ons oor die waarheid en liefde en jouhouding teenoor jou naaste. Maar dit is vir Sondag.Kom Maandag, dan word Sondag skoon vergeet,want hy is mos nou verby. En dan is dit maar weerdie ou ekke wat net aan myself dink, en nie omgeehoe ek ‘n ander verneuk om my wins te maak nie.Nie omgee hoe ek my medemens uitbuit sodat ekgoed kan lewe nie!

Inderdaad is dieselfde God wat ons Sondag aanbid,ook God waar ons sakekontrakte opstel of waarhandelstransaksies beklink word. En dieselfde God

61

Page 62: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

is ook teenwoordig waar ons werkers se salarissebetaal. En natuurlik is Hy ook teenwoordig waar onswinsgrense vasstel. Of daar waar ek mybelastingopgawe invul.

Maar korrupsie kom die een of ander tyd tot ‘neinde, en gewoonlik is dit nie ‘n aangename eindenie. Jy sal die een of ander tyd uitgevang word, enso wreek korrupsie homself. ‘n Land wat bestuurword deur ‘n korrupte regering kom gewoonlikverarm anderkant uit. Sy ekonomie word vernietig.Kyk maar wat het met Zimbabwe gebeur. Enwanneer dit eers gebeur, word daardie land ‘nmaklike prooi vir sy vyande want dan het hy neteenvoudig nie meer die infrastruktuur om homself teverdedig nie. Hy kan sy politieke onafhanklikheidverloor en ‘n internasionale skande word.

Is daar ‘n antwoord vir hierdie soort situasie? Ek enjy as eenvoudige gelowiges het miskien nie die magom grootskaalse korrupsie teë te werk nie, maarons kan ten minste by onsself begin. Die grootgeheim is: Leef liefde uit. Jesus het dit opgesom datons God moet liefhê en ook ons naaste. Paulus hethierdie begrip wyd omskryf, veral in 1 Kor. 13, waarhy in helder woorde vertel wat ware liefde beteken.In die tien gebooie word jou liefde teenoor jounaaste helder en duidelik beskryf.

Wanneer ons hierdie Bybelse beginsels toepas inons lewe, dan is daar net eenvoudig nie plek vir

62

Page 63: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

korrupsie nie. En dit beteken geensins om “wetties”te lewe nie, maar bloot die basiese beginsels vanliefde toe te pas. Nie ‘n negatiewe: “Jy mag nie steelnie” maar ‘n positiewe: respekteer jou naaste seeiendom. Doen jy dit nie, gaan jou naaste skade ly,en dit is baie beslis liefdeloos. Wees eerlik insaketransaksies, anders kan dit jou medemensedalk groot skade berokken, en dan het jy beslisliefdeloos opgetree!

Ons mag nooit ooit vergeet nie van die groot,onbaatsugtige liefde wat Jesus ons bewys het nie.Die minste wat ons kan doen om dankie te sêdaarvoor is om sélf liefde uit te leef teenoor onsnaaste, op alle vlakke van die lewe - ook in diehandelswêreld.

Gebed:

Here, lei my om in alle vlakke van my lewe sonderkorrupsie te lewe, en my liefde ten volle uit te leef.

63

Page 64: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

Geen Gelowiges Oor Nie?

Miga 7:1-7

Video - Oudio

Het jy al die gevoel gekry dat jy die enigste een iswat oor is wat nog in Jesus glo? Jare gelede het ekby ‘n konstruksiemaatskappy gewerk, en daar hetek werklik gevoel asof ek die enigste gelowige is.Daar het byna nie ‘n naweek omgegaan waar daarnie ‘n dronkpartytjie was nie - wilde partytjies waardaar dikwels ontkleedanseresse betrokke was. Enaltyd reuse hoeveelhede drank. Een van diedirekteure het sy kollega se vrou van hom afgevry.Die twee het steeds saam bly werk - dit was nie so‘n groot ding nie...... Vulgêre grappies was aan dieorde van die dag. Die finansiële direkteur hetdikwels sy vrou by die huis gelos en dan in Durbanin ontkleeklubs en hole rondgehang tot in die vroeëoggendure. Sy het vir hom bly bid.

Ek het eensaam gevoel, want ek kon by niksinskakel nie. Niemand het my eers uitgenooi nahulle partytjies nie want hulle het geweet hoe ekdaaroor voel. Ek is half-spottend aangekyk as dienat vadoek.

Miga het ook so gevoel, alleen en eensaam, wantdaar was niemand meer wat sy passie vir God methom kon deel nie. Oral waar hy kyk rondom hom,sien hy net die Goddelose wat floreer. “Daar is nie

64

Page 65: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

meer ‘n gelowige in die land nie!” kerm hywanhopig in vers 2.

Kyk ek vandag rondom my, dan is dit met ‘nbeklemming om die hart wat ek sien hoe diekerkbywoning besig is om te kwyn, al minder enminder mense kom nog kerktoe. En nou met dieinperkings, waar ons eredienste uitsaai, kyk alminder mense Sondae na die diens op Youtube.Om ‘n voorbeeld te noem: die DurbanMiddestadgemeente van die NG Kerk was in myjong dae ‘n gemeente wat aan die brand was. Daarwas gedurig iets opwindend aan die gang. Die tweejong leraars moes net bontstaan om by alles uit tekom in die gemeente. Die gemeente het oor dieafgelope jare gekwyn sodat daar uiteindelik slegs20 lidmate oorgebly het. Tragies!

Intussen het daar egter ’n groot wonderwerkgebeur, en die kerke van Durban het saamgesnoerom die ou kerkgebou te benut. Vandag wordduisende mense weekliks met die Evangelie bereikuit hierdie gemeente, wat nou deur die DurbanMetropoolbediening bedryf word. In more sedagstukkie sal ons dan ook sien dat alles baiebeslis nie verlore is nie! God is steeds in beheer, alvoel dit vir my en jou asof die ganse wêreldgeestelik ineengestort het!

Maar terug by Miga se probleem: Hy huil omdatmisdaad al hoe meer word - “almal stel strikke om

65

Page 66: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

moord te pleeg” (vers 2). Klink dit nie bekend nie?Is dit nie maar hoe ons dit vandag ook beleef nie?Daar is net eenvoudig nie meer respek vir ‘n anderse lewe nie. Mense, dikwels selfs skoolkinders,word vermoor vir ‘n selfoon of selfs toebroodjies.“hulle maak met vangnette jag op hulle broers”(v 2). Hoeveel keer is daar nie al die afgelope jaremense in lokvalle gelei, en dan gekaap nie? Dit iswalglik. Dit is tragies dat ons samelewing so laaggedaal het. Die gemeenskap het soos ‘nvrugteboord geword waar daar net die kaal bomestaan sonder enige vrugte - so sê Miga.

Waardes het totaal verlaag. Regeringsamptenare isdikwels die skurke in die samelewing. Hoeveelpolisiemanne is daar nie al die afgelope ruk inhegtenis geneem oor misdaad nie? Selfs offisieremet die hoogste range staan vandag onderverdenking! Polisielede is betrokke by dwelm- ofmisdaadsindikate. Hulle spoor mense aan omverkeerd te doen, en dít terwyl hulle veronderstel isom wet en orde te handhaaf!

Om op regspraak aanspraak te maak, help ook niemeer nie, want die regstelsel is dikwels in onmaggedompel. Dit neem baie jare om ‘n hofsaak af tehandel, en dan word slegs ‘n baie klein persentasievan misdadigers uiteindelik skuldig bevind.

Van geregtigheid in die samelewing is daar géénsprake nie, want transaksies word dikwels onder die

66

Page 67: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

tafel deur beklink op baie bedenklike maniere.Materialisme is aan die orde van die dag - ditdomineer die ganse samelewing. Elkeen dink netaan homself. Jy kan niemand meer vertrou nie,selfs nie eers meer jou eie vriende of naby familienie (vers 5). Alle waardes soos respek, integriteit,eerlikheid, vertroue en ontsag het uit diesamelewing verdwyn.

Hoe leef ‘n gelowige in so ‘n siek samelewing? Dit isbeslis nie maklik nie. Maar die troos is tog daar: hounet krampagtig vas aan die Here. Hou aan om dieHere te dien, ten spyte van die omstandighede

rondom jou. “Ek sal vertrou op die Here.” sê Migaselfversekerd. Hy wéét waar sy redding vandaankom. Ek en jy kan vandag nog baie meer so sê, enal ons hoop op God vestig. Hy bly steeds getrou enregverdig, en Hy sal ons nooit beskaam nie. Moresluit ons DV die boek Miga af met wonderlike,positiewe nuus!

Gebed:

Here, alles lyk dikwels so donker rondom my, maarek weet waar my hulp vandaan kom. Dankie dat ekaan U kan vashou en weet dat U steeds altyd daaris vir my!

67

Page 68: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

God is Genadig

Miga 7:8-20

Video - Oudio

Het jy al ooit swaarkry beleef in jou lewe? Ek glo niedat een van ons “nee” kan antwoord op hierdievraag nie. Sommige van ons lesers het weliswaar albaie swaar gehad in hulle lewens - dit is ons almalse lot. In die slotgedeelte van Miga se boek praat hydan juis met diegene wat hard geval het, en watmoontlik nou in groot donkerte sit. As dit jou lot is -daar is hoop! Jy kan weer positief die lewe ingaan!

Luister maar net wat sê Miga in vers 8: “Moet jounie oor my verlustig nie, my vyand. Al het ek geval,ek staan weer op; al sit ek in die donker, die Here isvir my 'n lig.” En dan gaan Miga voort: hy vertel datdie volk opreg besef het dat hulle gesondig het endat hulle dus skuldig is. Nou kan hulle maar netopkyk na die Here, want in die duisternis is Hy dieenigste Lig. Die volk het ook besef dat hierdieverskriklike dinge wat hulle getref het, bloot diegevolg is van hulle eie sonde. Hulle is bereid om diestraf daarvoor te dra.

Wanneer daar sonde in jou lewe is, is daar eintlikmaar net een uitweg wat sin maak - bely dit! Jesushet Sy dissipels later presies dieselfde geleer: belyjou sondes en erken dat dinge nie reg is in jou lewenie! Jy sal dan uitvind dat God getrou is, en dat Hy

68

Page 69: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

jou vergewe. Hierdie volk kon daarna uitsien dat dieHere weer vir hulle lig sou bring en hulle weer souophef uit hulle ellende. Ek en jy kan presies net souitsien na die lig wat alreeds skyn - God se lig, endat Hy ons uit ons swaarkry sal uitlig.

Miga is baie opgewonde as hy sien hoedat die volkherstel word en die stad se mure herbou word. Dievolke wat neergesien het op Israel, sal dan na Israeltoe stroom. Sy vyande sal verslaan wees en Israelsal weer outonoom staan, trots om die volk van Godte kan wees.

Ek en jy staan ook dalk nou verslae, net soos Jobvan ouds wat alles in sy lewe verloor het. Maar kyknet hoe het God hom weer opgehef. Inderdaad kanek en jy ook weer eendag trots ons koppe lig enmense in die oë kyk, trots om kinders van God tekan wees en te weet dat Hy ons vergewe het enopgehef het!

Verse 14 tot 17 is eintlik ‘n gebed. “Pas u volk opmet u staf, die kleinvee wat u eiendom is, wateensaam woon in 'n bos in die middel van 'nvrugbare gebied. Laat hulle in Basan en Gilead wei,soos in die ou tyd.” Hiermee is Miga se gebed dandat die Here weereens soos in die ou dae die volkse Herder sal wees, soos wat Dawid in sy pragtigePsalm 23 geskryf het: “Die Here is my Herder - eksal niks kortkom nie”. Daar is ‘n hegte band tussen‘n herder en sy skape. Hy leef saam met hulle in die

69

Page 70: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

veld en ken elkeen persoonlik by die naam. Hy weetpresies wat elkeen se geite en skete is, en hygesels met hulle en maak hulle rustig as daar ‘nondier in die omgewing is.

Wat ‘n pragtige beeld, want net so is die Here. Hy isnie iewers daar bo in die hemel nie, maar Hy is hiersaam met ons, Sy kudde, Sy skape. Hy wil net diebeste vir ons hê, en daarom sal Hy ons lei na diebeste weivelde. Hy ken elkeen van ons by die naam- ken ons deur en deur. Hy gee intens om vir ons.Ja, dikwels moet Hy die kierie, die herderstafgebruik wanneer ons wil wegbreek en ons eie padvolg. Dit kan dalk seermaak, maar dit is nodig virons eie heil.

Toe ons die eerste verse van die boek Miga geleeshet was dit dalk met angs wat ons harte omklemhet, want die boek begin met die intrapslag met ‘nhofsaak. Maar nou eindig Miga (verse 18-20) met ’nheerlike loflied oor God. Inderdaad is Hy genadig enHy vergewe. Daar is absoluut niemand soos Godnie - Hy is uniek! Hy kan nie vergelyk word metenigiemand anders nie. “Wie is ‘n God soos U? U is

'n God wat skuld vergewe!” jubel Miga dit uit. Onshet hier bo gesê dat ons ons sondes moet bely. Ditis egter nie die waarborg dat die sondes vergewesal word nie. Die waarborg lê by God alleen, wantHy is die Een wat genadig is. Sy liefde en trou maakdat Hy sondes vergewe. Maar dit word nie alleenvergewe nie - dit word ook totaal weggeneem, sodat

70

Page 71: 1 Gaan Na Inhoud - dagstukkie.co.za · God? ‘n Mens kan seker sê dat die Bybel jou vertel hoe om jou verhouding met God reg te kry. Dit gaan met ander woorde oor jou geestelike

God nooit weer daaroor dink nie. Vergelyk gerusmaar Jesaja 1:18. Jy hoef nie oor en oor vergifnis tevra vir ‘n sonde wat jy gedoen het nie. As God diteenmaal vergewe het, is dit verby, so anders as onsmense wat dikwels ‘n sekere oortreding keer opkeer teen iemand se kop gooi, al het dit soms al jareterug gebeur.

Dat God sondes vergewe is nie sommer ‘ngoedkoop sakie nie. Hy was so ernstig daaroor datHy Sy enigste Seun, Jesus laat mens word het, laatverneder het en uiteindelik die hoogste prys laatbetaal om my en jou los te koop van ons sondes.Dit was die enigste voorwaarde wat vir Godaanvaarbaar kon wees. Vandag is dit die finalewaarborg dat ons sondes vergewe is.

In die Ou Testament word dit dikwels vir onsvoorgehou dat God ‘n wrede God is wat straf. InMiga het ons die teenoorgestelde gesien. Al het diemens ook hoé laag gedaal, is God steeds bereid omhom op te tel en uit genade te vergewe en weer opte hef.

Gebed:

Here, dankie vir Miga wat ons net weereens laatbesef het hoe groot U genade en liefde vir ons is.

71