tyd welkom by vandag se erediens!€¦ · vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou...

4
26 Augustus 2018 KONINGKRYKSTYD Welkom by vandag se erediens! VANDAG SE PROGRAM Predikant Ds. Francois Human Orrelis Johann Enslin 09:30 Erediens: 40 Dae - Week 4 - Rus Dienswerkers: Jaco en Bennie van der Merwe DEUROFFER: Paarl Skool Brackenfell – Daar is tans 320 kinders wat by Paarl Skool vir neuraal gestremde kinders te Brackenfell skoolgaan. Kinders met serebraal-, fisiese en leerafwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer is, kom na die Paarl skool. Met die hulp van spraak-, arbeids- en fisioterapeute en sielkundiges, ‘n verpleegsuster en spesiaal opgeleide onderwysers word elke kind geevalueer en kry individuele aandag volgens hul onderskeie behoeftes. Vervoer in spesiale aangepaste busse word vir 90% van die kinders voorsien. Alhoewel die skool die normale kurrikulum van die Onderwysdepartement volg, word gespesialiseerde toerusting soos rystoele, opvoedkundige programme en spesiale rekenaars gebruik. Gemeentes se ondersteuning word opreg waardeer. 10:45 Kategese – Kinderdankoffer Week 4 : Rus Almal is welkom om saam met Hom te kuier op Dinsdagaand om 18:30 in die konsistorie, en/of Woensdagoggend om 09:30 agtereenvolgnes vir die volgende 3 weke. 40 Dae afsluiting is Sondag 9 September 2018.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: TYD Welkom by vandag se erediens!€¦ · vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou goed op en loop”. Die Here sê Ek wil jou verander met genesing – gaan en geniet

26 A

ug

ust

us

2018

KONINGKRYKSTYD

Welkom by vandag se erediens!

VANDAG SE PROGRAM

Predikant Ds. Francois Human

Orrelis Johann Enslin

09:30 Erediens: 40 Dae - Week 4 - Rus

Dienswerkers: Jaco en Bennie van der Merwe

DEUROFFER: Paarl Skool Brackenfell – Daar is tans 320 kinders wat by Paarl Skool

vir neuraal gestremde kinders te Brackenfell skoolgaan. Kinders met serebraal-, fisiese en

leerafwykings, outistiese kinders en kinders wat in motorongelukke beseer is, kom na die

Paarl skool. Met die hulp van spraak-, arbeids- en fisioterapeute en sielkundiges, ‘n

verpleegsuster en spesiaal opgeleide onderwysers word elke kind geevalueer en kry

individuele aandag volgens hul onderskeie behoeftes. Vervoer in spesiale aangepaste busse

word vir 90% van die kinders voorsien. Alhoewel die skool die normale kurrikulum van

die Onderwysdepartement volg, word gespesialiseerde toerusting soos rystoele,

opvoedkundige programme en spesiale rekenaars gebruik. Gemeentes se ondersteuning

word opreg waardeer.

10:45 Kategese – Kinderdankoffer

Week 4 : Rus Almal is welkom om saam met Hom te kuier op

Dinsdagaand om 18:30 in die konsistorie, en/of

Woensdagoggend om 09:30 agtereenvolgnes vir

die volgende 3 weke. 40 Dae afsluiting is Sondag 9

September 2018.

Page 2: TYD Welkom by vandag se erediens!€¦ · vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou goed op en loop”. Die Here sê Ek wil jou verander met genesing – gaan en geniet

Kwartaalprogram SATERDAG 1 SEPTEMBER 2018

Basaar! Basaar! Basaar!

SONDAG EN MAANDAG 2&3

SEPTEMBER 2018

Ringsitting te Wellington-Oos.

SONDAG 9 SEPTEMBER 2018

40 Dae afsluiting asook NAGMAAL.

SONDAG 16 SEPTEMBER 2018

SANGDIENS. MAANDAG 17 SEPTEMBER 2018

Kerkraadsvergadering om 19:00 in die konsis-

torie.

VRYDAG 28 SEPTEMBER 2018

Skole sluit.

SATERDAG 14 OKTOBER 2018

Graad 0-3 Uitstappie

SATERDAG 21 OKTOBER 2018

Graad 4-10 kategese uitstappie.

Dolf Britz (26) – Roelof Lombard (26) – Paula

van der Merwe (26) – Louis Buys (27) – Cornel

Genis (27) – Ronnie Hansen (27) – Dirkie van

Schalkwyk (27) – Alta Burger (28) – Koos

Carstens (28) – Freddie Leiding (28) – Marnell

Sauermann (28) – Maritza van Wyk (28) –

Martinet de Reuck (29) – Estelle Kellerman (29)

– Schalk Keyser (29) – Beatrie King (29) –

Christiaan Malan (29) – Andrea van Heerden

(29) – Irma Bothma (30) – Nico Geldenhuys

(30) – Nieka Coetzee (31) – May van Heerden

(31) – Andre van Niekerk (31)

Gedenkpilare Ons is baie opgewonde oor die eerste

fase se oprigting van 3 gedenkpilare in die kerk se tuin langs die konsistorie.

Elke nis het plek vir twee kissies, en die koste daaraan verbonde is R2600 tot

aan die einde van Desember waarna die koste sal verhoog. Indien u belangstel in

die koop van ‘n nis kan u dit by die kerkkantoor bespreek en betaal.

Wanneer dit nodig is om gravering op

die granietsteen aan te bring sal die kerkkantoor vir u die nodige reëlings

tref, maar u moet die kostes vir die gravering self vereffen, aangesien dit nie

by die prys van die nis ingesluit is nie.

Page 3: TYD Welkom by vandag se erediens!€¦ · vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou goed op en loop”. Die Here sê Ek wil jou verander met genesing – gaan en geniet

Preek: 19 Augustus 2018 – Johannes

40 Dae – Jesus geneesMense soek genesing.Die hoop vir die gestremde

mense lê in die hoop in die Engel wat die water laat borrel en draai het dan het die een

wat eerste daarin gaan genesing gevind. Ons is ook maar kreupeles in hierdie gebroke

wêreld. Ons word vasgevang met goed wat in ons verlede gebeur het. Die mense by die bad het geweet van Jesus – miskien kom Jesus ook by die bad aan om te genees.

Die bad was ‘n Huis van Genade. “Bet” beteken huis en “testa” genade. Ek kom soek

genade in die huis van die Here.

Die man is 38 jaar verlam. Jesus ken sy toestand – Jesus wil ons kom ontmoet. Hy wil

ook iets in my lewe kom doen, want Hy ken my situasie. Hoe lank is jy verlam? Die Here

soek die man uit tussen al die kreupeles, en die Here vra “wat kan ek vir jou doen? Wil

jy gesond word / regtig verander? Jesus kyk in die verlamde man se oë en sien hy is moeg.

Jesus is ook vanoggend hier om ons aan te raak. Rig jou oë op Jesus – daar is hoop.

Wat weerhou jou van genesing? Dat die Here jou wil verander? Ons blameer graag ander

mense vir die toestand waarin ons is. Die Here is teenwoordig en Hy wil nie hê ons moet

ander mense daarvoor blameer nie. Vertrou op die Here.

As die Here wel genees is dit tot groot vreugde – alles het nuut geword. Die Here vra

vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou goed op en loop”.

Die Here sê Ek wil jou verander met genesing – gaan en geniet dit. Plaas jou vertroue in

die Here – Hy kan jou genees.

Gebedsgids vir Bybelwerk – 19-25 Augustus 2018

Marokko: Bid vir vordering met Bybelvertaling, asook dat dit moontlik sal wees om Bybels en

Bybelgedeeltes aan migrante wat hulle in Marokko bevind, te voorsien. Dank die Here dat Bybelwerk

wel in hierdie land kan plaasvind.

Tunisië: Bid vir georganiseerde Bybelwerk in hierdie land. Bid vir plaaslike Christene en vir kerke.

Bid ook vir vrede en politieke stabiliteit in Tunisië.

Egipte: Daar word reeds baie jare aan die Arabiese Van Dyke Studiebybel gewerk waarvan die

Nuwe Testament reeds gepubliseer is. Bid asseblief vir die impak van hierdie werk en dat die

volledige Bybel binnekort voltooi sal word. Bid vir die Kerk en vir die veiligheid van ons personeel.

Dis tyd om te

sing!

Datum: 8 September 2018

Tyd: 19:00

Plek: Kaapstad Stadsaal

Prys: R200 per persoon

Besprekings: 0860 26 33 42 of

[email protected]

Page 4: TYD Welkom by vandag se erediens!€¦ · vir die verlamde man of hy gesond wil word – “tel jou goed op en loop”. Die Here sê Ek wil jou verander met genesing – gaan en geniet

Roomysbakke Versailles en Onverwacht Wyke benodig asb 2 liter roomysbakke vir

die basaar.Dit kan asb by Marius of die kerkkantoor afgegee word, of

kontak een van die volgende persone: Elize Henn 083 407 2573,

Chanine Bauermeister 082 230 6324

Basaar Ontbyt Gebraaide wors en spek – Roereiers – Tamatiesmoor - Vars

gebakte brood Kaartjies @ R50 elk is beskikbaar by die kerkkantoor.

Wit Olifanttafel Graag soek ons wit olifante vir die

basaar. Onthou iemand se uitskot

is weer ‘n ander se winskopie!!

Dit is nou ‘n goeie tyd om bietjie

kaste reg te pak en van oortollige

items ontslae te raak. Wit olifante kan by die kerkkantoor ingehandig

word. Baie Dankie!!

NGK Wellington-Noord

MacCronestraat 11 – Wellington – 7655

Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765

Bankbesonderhede: ABSA, Wellington:

430 580 019

www.facebook.com/wellingtonnoord

E-pos adresse: Francois Human: [email protected]

Johann Crous: [email protected]

Marita Coetzee: [email protected]

Marius Otto: [email protected]

Johann Enslin: [email protected]

GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord