09:30 oggenddiens 3 februarie 2013 · die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het...

6
3 Februarie 2013 Jaargang 2 #04 09:30 Oggenddiens Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected] webblad: www.gkpotchbult.co.za Kontak ons Ds Fanie Coetzee: 082-520-5168 [email protected] Ds Willem Steyn: 082-854-3587 [email protected] Ds Fanie Coetzee Tema: Sodat die werke wat God doen, in hom sigbaar kan word Rev Willem Steyn Theme: In Jesus we are freed from judgement Scripture reading: 2 Cor 5: 11-21 Focus verse: 2 Cor 5: 20b-21 11:30 English Service Voora�ang 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: ’n Nuwe bril: In Christus reeds oorwinnaars, maar vandag nog in die stryd Geloof en vertroue Lied 215:1-5 Besing die lof van Jesus saam Lied 513:1,2 Soek in God jul sterkte Lied 547:1,2,3 Alle volke klap julle hande Sing: Ps 31-1:1,2,3 Sing: Ps 31-1:12 (Kinderbegeleiding) Sing: Ps 73-1:12 Skriflesing: Johannes 9:1-12 en 35-41 Teks: Johannes 9:3 Sing: Ps 9-2:1,5,6 Doopbediening Sing: Ps 146-1:8 Sing: Ps 116-2:1,5,6,7 Amen: Sb. 13-3 Sing: Ps 33-2;1, 7 Skriflesing: •Rom 8:1-17 •Rom 8:18-30 •Rom 8:31-39 Teks: Rom 8:1,18,31 Geloofsbelydenis: Kategismus V&A 56 Sing: Ps 32-1: 1, 6. Wetlesing: 1 Joh 5:1-5 Sing: Lied 422: 1, 2, 3. Amen: Sb 13-2

Upload: others

Post on 19-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

3 Februarie 2013Jaargang 2 #04

09:30 Oggenddiens

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Ds Fanie CoetzeeTema: Sodat die werke wat God doen, in hom sigbaar kan word

Rev Willem Steyn Theme: In Jesus we are freed from judgement

Scripture reading: 2 Cor 5: 11-21 Focus verse: 2 Cor 5: 20b-21

11:30 English Service

Voora�ang

18:00 AanddiensDs Willem Steyn

Tema: ’n Nuwe bril: In Christus reeds oorwinnaars, maar vandag nog in die stryd

Geloof en vertroueLied 215:1-5 Besing die lof van

Jesus saamLied 513:1,2 Soek in God jul sterkte

Lied 547:1,2,3 Alle volke klap julle hande

Sing: Ps 31-1:1,2,3Sing: Ps 31-1:12 (Kinderbegeleiding)

Sing: Ps 73-1:12Skriflesing: Johannes 9:1-12 en 35-41 Teks: Johannes 9:3

Sing: Ps 9-2:1,5,6DoopbedieningSing: Ps 146-1:8

Sing: Ps 116-2:1,5,6,7Amen: Sb. 13-3

Sing: Ps 33-2;1, 7Skriflesing: •Rom 8:1-17 •Rom 8:18-30 •Rom 8:31-39 Teks: Rom 8:1,18,31Geloofsbelydenis: Kategismus V&A 56Sing: Ps 32-1: 1, 6.Wetlesing: 1 Joh 5:1-5Sing: Lied 422: 1, 2, 3.Amen: Sb 13-2

Page 2: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

2

Teeskinkbeurte

Baie dankie!

3 FebruarieKG 5 (Lizelle le Roux) & Wyk 5 (Christa Smith)

10 FebruarieKG 7 (Ina vd Walt) & Wyk 6 (Lowisa Smit)

17 FebruarieKG 8 (Ans Geertsema) & Wyk 7 (Paulina vd Walt)

Eerstens baie dankie aan almal wat gerea-geer het op die versoek om begrotings vir bediening in 2013 deur ons gemeente in te dien. As daar nog uitstaande versoeke is, ontvang ons dit asb so gou as moontlik (Skakel Paul Delicado by 082-574-2204 of vir Carools Reinecke by 082-568-5652).Afgelope Maandagaand het die Bedien-ingskommissie en die Finansiële-kom-missie saam in die G5-lokaal vergader en besin oor die beste manier om ons gawes en middele in 2013 en vorentoe in diens van die koninkryk aan te wend. Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid, blydskap en lof aan God wat ge-heers het tydens die “Vrywillige offers vir die tempel” van die volk en van Dawid kort voor sy dood (I Kronieke 29: 1 – 11).Die GK Potchefstroom Die Bult is geseënd met ‘n verskeidenheid gawes en middele wat ons as gemeente kan aanwend in diens van die Koninkryk, volgens ons roeping daarvoor in, op en oor die Bult. ‘n Baie be-langrike uitgangspunt van die twee kom-missies was dat die begroting (dit is die geld wat tans jaarliks beskikbaar is), nie die be-dieningsfokusse moet

bepaal nie, maar andersom. Ons glo dat ons roeping is om eerste aandag te gee aan daardie geleenthede waar ons as ge-meente ons roeping kan vervul, en daarna om te beplan hoe ons daarvoor middele en gawes kan bekom.Hierdie uitgangspunt beteken egter ook dat ons die middele waarvoor ons begroot soos rentmeesters moet hanteer, d.w.s met verantwoordelikheid en aanspreeklikheid. Dit beteken ook dat elke lidmaat in die-selfde gesindheid met offervaardigheid, roepingsbewustheid en dankbaarheid moet bydra sodat ons as gemeente ons roeping kan vervul. Die Finansiële Kommissie het nou die opdrag gekry om ‘n konsep be-groting binne bogenoemde uitgangspunt op te stel, dit aan die kerkraad voor te lê en ook duidelik aan die gemeente bekend te stel.Die oes is groot, en die werkers min (Lu-kas 10: 2). Dit is met groot dankbaarheid teenoor die Here dat ons in ‘n tyd en om-standighede lewe om werklik diensbaar in sy koninkryk te kan wees, eerstens binne ons gemeente, maar dan ook daar buite. Mag elke lidmaat met vervulling deelneem aan die groot geleenthede wat in ons ge-meente, maar ook rondom ons gemeente bestaan.

BEDIENING EN BEGROTING: 2013

Liefdegawesby die deure

3 Februarie: Oggend: EmeritaatsversorgingAand: Sustersaamtrek10 Februarie: Oggend: DankbaarheidsfondsAand: Sustersaamtrek17 Februarie: Oggend: SustentasieAand: Sustersaamtrek

Page 3: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

l v

Onthou die volgende3 Februarie 19-00 Kerkraadsvergadering

10 Februarie 09-30 Nagmaal

17 Februarie 19-00

Diakonievergadering

24 Februarie Gesamentlike Jeugdiens

18-00

3 Maart (aand) Buitediens

(by Kleinbos)

9 Maart Sustersaamtrek

10 Maart 19-00 Verslagvergadering

15 - 17 Maart Gemeentekamp

(Nooitgedacht)

l v

l v

L v

l v

l vll v

l vOnthou die volgende

l v

3

l v

Ons woon in Suid-Afrika – ’n gespreksgroep

Die oogmerke van die gespreksgroep is om saam oor Suid-Afrika en sy mense te: gesels; lees; dink.Werkwyse: 3-5 persone vergader saam met ‘n leier; ‘n groep word saamgestel uit ‘n lys van belangstel-lendes; daar word een keer in twee weke vergader (soos ooreengekom) in die G5-koffiekamer; elke twee weke word een korterige stuk vooraf gelees vir bespreking; die siklus van ‘n groep is ses byeenkomste.Moontlike onderwerpe vir die eerste siklus van ses weke: Vooroordeel en hoe dit oorkom kan word. Wat is hierdie kultuur-ding? ‘n Brokkie Suid-Afrikaanse geskiedenis. Identiteit en optrede. Wie is “hulle”? Die vreemde-ling binne die stadspoorte. Bid vir die mense in die land.Gepreksleier: Fanie Jansen van Rens-burg, [email protected]; 073-249-0359. Indien jy belangstel, verskaf jou naam en kontakbesonder-hede en ek kom terug na jou.

Breekgoed by die saalVir baie jare is ons “Noord-saal” se breek-goed opgepas, uitgehuur, uitgepak en teruggepak, sonder dat veel gesê word. Nou wil ons BAIE DANKIE sê vir Rhodé Vorster, wat dit so getrou en in rustig-heid gedoen het. Daar was nooit pro-bleme of klagtes nie en ons waardeer dit regtig baie. Sy gee nou oor aan Elma de Kock, wat vir ons hierdie taak gaan be-hartig. Ons sê dus aan haar ook dankie vir die bereidheid en vra dat enigeen wat iets wil bespreek/huur by die saal vir haar sal kontak. (083 302 5282)

Ons wil op Woensdae om 18:30 in die saal se stoep-vertrek nuwe kleingroepe plant. Die aksie gaan bekendstaan as Vat 5!Ons nooi ALMAL wat nuut is in die gemeente, en almal wat wil inskakel by ’n kleingroep.

Page 4: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

4

Ons is besig om ‘n gemeentekamp te reël vir 15 - 17 Maart 2013. Skryf asb solank jou naam op die lys in die portaal! Indien daar persone of groepe is wat be-trokke wil raak by die reëlings kan hulle met Fransa by die kerkkantoor skakel.

Gemeentekamp 2013

PREDIKANTEWERKSVERDELINGOns is bevoorreg om EEN gemeente met TWEE predikante te hê. Hierdie eenheid is vir ons ononderhandelbaar.Daarom herinner ons daaraan dat die ge-meente vir pastorale sorg so onder die predikante ingedeel is, dat daar van alle ouderdomsgroepe onder beide predikante se sorg val. Omdat ons egter erns maak met die gawes van die predikante is die oorwig van wyke en kleingroepe met jongmense by ds Willem ingedeel en die oorwig van wyke en kleingroepe met senior lidmate by Ds Fanie.

Omdat verhoudinge in die gemeente vir ons belangrik is, wil ons nie die rigied wees in die pastorale bediening nie en kan elke lidmaat met vrymoedigheid met enige predikant skakel. Primêr bly die betrokke predikant egter verantwoordelik vir die lid-mate in die wyke of kleingroepe.

Ds WillemKleingroepe 5,6,7,8,9,14,15,19,20Wyke 3,4,8,12,14,16,17,18,19,

20,24,29,30,31,34

Ds FanieKleingroepe 1,2,4,10,11,12,13,17Wyke 1,2,5,6,7,9,10,11,13,15,

22,23,25,26,27,28,32,33

PredikingOns gemeente het elke Sondag drie ere-dienste - 9:30 Oggenddiens - 11:30 Engelse diens - 18:00 Aanddiens. Hierdie dienste is vir ons gelyk-belangrik en ons nooi alle lidmate uit om enige van die dienste by te woon. Uiteraard het el-keen van die dienste sy eie karakter en ook fokus. Omdat ds Willem se fokus op die Eng-else bediening en die jongmense is, gaan hy meer Engelstalige en -aanddienste lei terwyl ds Fanie meer oggenddienste gaan waarneem. Dit bly egter EEN gemeente met TWEE predikante en daarom gaan al-bei predikante ook by alle dienste voor-gaan.

As enigiemand nog eensaam of verstote voel na soveel meelewing op ‘n verjaardag, is daar groot fout! Baie, baie dankie vir al die oproepe, geskenke en goeie wense en die pragtige ruiker van die gemeente wat ek verlede naweek ontvang het. Dit is won-derlik om in so ‘n groot huisgesin geborge en tuis te wees. Julle maak dit vir ons baie spesiaal om deel van die Bult-gemeente te wees.Baie dankie!Judie

Baie dankie!

Page 5: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

5

Wihan Sarakis 082-779-5165Anica Myburgh 076-079-5507

Fanie, Carlien & Wilhelm Kruger

082-859-1867

Welkom hier!

Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Een kamer in meenthuis te huur en sluit water en elektrisiteit in. Die meenthuis word bewoon deur een persoon en die badkamer moet gedeel word. Huurder het toegang tot kombuis, wasma sjien en ‘n gedeelte van yskas. Huur per maand is R1800.00 en dieselfde be-drag vir deposito. Die sleuteldeposito sal betaal word wanneer duplikate laat maak is en die bedrag bekend is. Mari kan gekontak word ter eniger tyd by 083-273-5587.

ADV

ERTE

NSI

E

Sustersaamtrek 9 Maart 2013 09:00Onthou om die datum vir die Suster-saamtrek in jou dagboek aan te teken! Die tema vir die saamtrek is Gelowig vrou, diensbaar in die koninkryk van God. Skryf asseblief jou naam op die lyste in die portale indien jy kan help met die Saamtrek of as jy die Saamtrek gaan bywoon. Ons benodig onder andere hulp met kosvoorbereiding, die pak van lêers, mooimaak van die kerkgebou en ook die logistiek rondom die dag. Kaartjies kos R90 en bespre-kings sluit 18 Februarie 2013.

VENTERSKROONKINDERS EN DIE TJEK

Verlede jaar het ‘n professor van Yale Univer-siteit in New Haven, VSA, die Fakulteit Teo-logie besoek. Sy is prof Nora Tibbs Tisdale ‘n spesialis in profetiese prediking. Sy wou graag die dienste van Venterskroon meemaak en het sy dit geniet! Sy kon nie genoeg ver-tel nie van die hartlikheid, vriendelikheid en liefde van die lidmate van Venterskroon. Sy kon wieg en dans saam met die lewensblye groep terwyl sy Tswana probeer saamsing. Die kindertjies het haar veral aangegryp en hulle kon in ‘n spreekkoor Bybelversies opsê en pragtig saamsing. Sy was so entoesias ties hieroor dat sy en haar man (‘n dominee) en haar volwasse kinders besluit het om ‘n by-drae vir die kinders te maak. Die meeste van die kinders was nog nie verder as Potchef-stroom nie. Sy wou graag dat hulle tegelyk meer van die wêreld sien en kinderpret hê. Maar die tjek van die VSA het gesukkel om by die regte plek uit te kom. Uiteindelik was al die gegewens op die tjek reg en kon die bedrag help dat die kinders ‘n wonderlike daguitstappie geniet.

Kosbank – Help asseblief!Ons gemeente het ‘n Kosbank, en hieruit word daar vir hulpbehoe-wendes kos gegee. Op hierdie sta-dium is daar egter min voorraad, en ons sal enige skenkings waar-deer! Blikkies kos, sojaprodukte, graanprodukte of selfs iets soos seep of tandepasta is baie nodig. Enige skenkings kan by die kerk of kerkkantoor afgegee word.

Page 6: 09:30 Oggenddiens 3 Februarie 2013 · Die gesind-heid waarin die vergadering plaasgevind het, het aangesluit by die skrifoordenking van Ds. Fanie. Hy het gewys het op die vry-willigheid,

6

Verjaarsdae

21

Maandag, 4 FebruarieSu-Marie Erasmus Wyksgroep 16 083-639-1181 Doefie Kruger Kleingroep 08 018-294-6921

Dinsdag, 5 FebruarieJetty van Rensburg Wyksgroep 28 083-439-7379Daan Wissing Wyksgroep 25 083-657-0480

Woensdag, 6 FebruarieMartiens Venter Wyksgroep 11 082-532-3118

Donderdag, 7 FebruarieElmarie Kruger Kleingroep 04 083-462-1953

Vrydag, 8 FebruarieGerhard Kruger Wyksgroep 15 072-064-0827Bertie Smit Kleingroep 01 072-189-3646Louis van der Walt Kleingroep 20 078-803-1578

Saterdag, 9 FebruarieGerrit Grobler Wyksgroep 27 082-802-8858

12

MeelewingVandag bring Krister en Nickey Janse van Rensburg vir Sunette om gedoop te word. Baie geluk! Ons is saam met oupa Fika en ouma Sunette bly oor hierdie mooi dag!Oom Pieter du Plessis het nuus ontvang dat hy meer intensiewe kankerbehande-ling sal moet ondergaan. Hy gaan binne-kort bestraling ook ontvang. Ons dink aan hulle in die tyd.Ons bid steeds vir Lou en Hettie van Wyk met die behandeling wat Lou ondergaan en die eise wat dit ook aan Hettie stel. Ons bid vir genesing.Tannie Veronica Snyman sê graag dankie vir die blomme wat sy van die gemeente ontvang het, asook die meelewing en om-gee van so baie van die gemeente.Geluk aan CP en Carin Kloppers met die geboorte van hulle eersteling dogtertjie Miné. Ons is dankbaar dat die bevalling goed verloop het en bid dat sy vir julle baie vreugde sal gee.Gert en Rina de Beer was albei die afge-lope week vir mediese toetse. Die uitslae is vir hulle altwee baie gunstig.Ons innige meelewing met Jaap Verhoef en Annatjie met die dood van sy oom, pro-fessor P.A. Verhoef van Stellenbosch, op die ouderdom van 98 jaar. Professor Ver-hoef se dood is nie net ʼn verlies vir Jaap-hulle nie, maar vir die wyere gereformeerde familie in ons land. Hy was alom bekend as byvoorbeeld gereformeerde teoloog, as lid van die eindredaksie van die Afrikaanse Vertaling van die Bybel van 1983 en vir skrywes wat die kerklike en volkslewe raak. Hy het ook van sy studie aan die Puk ge-doen en het in die afgelope jare soms ar-tikels in die Kerkblad gepubliseer. Ons bid om vertroosting vir sy hele familie en sy vrou Elsa met wie hy na die dood van sy vrou Rita getroud is.

Ons gemeente vier DV op 10 Februarie tydens die oggenddiens Nagmaal. Kom ons verootmoedig ons opnuut voor die Here sodat ons die wonder van die ver-lossing deur Jesus Christus sal besef.

Nagmaal