09:30 oggenddiens...2016/01/31  · moenie die dienssentrum se basaar op 16 feb-ruarie misloop nie!...

6
09:30 Oggenddiens Prof Francois Muller Tema: Jesus Christus, Here én Verlosser, Verlosser én Here Jaargang 5 #4 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 31 Januarie 2016 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Ons is verlos om soos Jesus te wees Sb 7-2: 1, 2. Ps 46-2: 1, 2, 3 Ps 68-2: 1, Ps 68-1: 9, 16. Sb 15-1: 1-4 Skriflesing: Kolossense 3: 1-17 Teks: Kolossense 3: 12 Wetlesing: Galasiërs 5: 13-26 Sb 8-1: 1,2 Sb 18-6:1 -5 Ps 145-2:1,3,6,7,9 Ps 9-1:7 (Kinderbegeleiding) Sb 9-1: 1,2,10,11 Skriflesing: Johannes 7: 25 – 8: 11 Ps 119-2: 14, 18, 27 Teks: Johannes 8: 11 (Preekbegeleiding) Ps 71-1: 1,6,9,12,14

Upload: others

Post on 20-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 09:30 OggenddiensProf Francois Muller

    Tema: Jesus Christus, Here én Verlosser, Verlosser én Here

    Jaargang 5 #4 · Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom die Bult · 31 Januarie 2016

    18:00 AanddiensDs Willem Steyn

    Tema: Ons is verlos om soos Jesus te wees

    Sb 7-2: 1, 2. • Ps 46-2: 1, 2, 3Ps 68-2: 1, Ps 68-1: 9, 16.

    Sb 15-1: 1-4Skriflesing: Kolossense 3: 1-17

    Teks: Kolossense 3: 12Wetlesing: Galasiërs 5: 13-26

    Sb 8-1: 1,2 • Sb 18-6:1 -5

    Ps 145-2:1,3,6,7,9Ps 9-1:7 (Kinderbegeleiding)

    Sb 9-1: 1,2,10,11Skriflesing: Johannes 7: 25 – 8: 11

    Ps 119-2: 14, 18, 27Teks: Johannes 8: 11 (Preekbegeleiding)

    Ps 71-1: 1,6,9,12,14

  • Kernwaarhede van die geloof

    2

    11:30 International ServiceRev Willem Steyn

    Theme: We were redeemed to be like JesusScripture: Colossians 3: 1-17 Text verse: Colossians 3: 12

    Stuur jou foto na die kerkkantoor sodat ons dit op die dataprojeksiebord kan wys. e-pos: [email protected] of whatsapp: 076 391 7578

    15

    11

    8

    21Vandag 31 JanuarieIda Steenkamp 071 146 9200

    Maandag, 1 FebruarieLouis Fourie 083 320 7614Philip van der Westhuizen 082 348 3720Ray van Rensburg 083 750 0944Hettie van Wyk 082 416 1136Ester Venter 079 871 3889Mariette Viljoen 082 850 8395

    Dinsdag, 2 Februarie Christina Kruger 073 082 4964Helena Robinson 018 294 6808

    Woensdag, 3 FebruarieKirsten Potgieter 083 983 0948

    Donderdag, 4 FebruarieSu-Marie Erasmus 083 639 1181Doefi e Kruger 072 741 3403

    Vrydag, 5 FebruarieAdri Haasbroek 072 594 6618Helene Laufs 079 493 4594Jetty van Rensburg 083 439 7379Marko Werkman 083 233 4941Daan Wissing 083 657 0480

    Saterdag, 6 FebruarieKobus Schoeman 071 686 0194Martiens Venter 082 532 3118Dongyeong Yun 072 089 4968

    85

    Ons is bevoorreg om voortdurend nuwe in-trekkers in ons gemeente te ontvang. Met die oog daarop skep ons gereelde geleentheid vir hulle en ander belangstellendes om meer oor die Bult gemeente te wete te kom.Dieselfde voorlegging word op twee geleent-hede in die week aangebied om dit vir meer mense moontlik te maak om dit by te woon. Hierdie week vergader ons DV Maandagmid-dag tussen 17:00 en 18:00 of Donderdagaand tussen 18:30-19:30 in die Koffi ekamer. Alle nuwe intrekkers, belangstellendes en be-staande lidmate word na die geleentheid uit-genooi.

    Bult 102 is ‘n geleentheid waar ons die kern-waarhede van die Christelike geloof in ‘n kort oorsig met mekaar deel.Dieselfde kursus word op twee geleent hede in die week aangebied om dit vir meer mense moontlik te maak om dit by te woon. Vol-gende week vergader ons DV Maandagmid-dag (8 Febr) tussen 17:00 en 18:00 of Don-derdagaand (11 Febr) tussen 18:30-19:30 in die Koffi ekamer. Alle nuwe intrekkers, belangstellendes en be-staande lidmate word na die geleentheid uit-genooi.

    Nuwe intrekkers & belangstellendes

    Verjaar jy volgende week?

    Stuur jou foto na die kerkkantoor sodat ons

  • Liefdegawes31 Januarie

    Oggend: Deputate Jeugsorg

    Aand: Meelewingsfonds

    7 FebruarieOggend: GK De Hoop

    Aand: Meelewingsfonds

    14 FebruarieOggend: Dankbaarheidsfonds

    Aand: Meelewingsfonds

    Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

    by die deure

    3

    U is waarskynlik bewus van die hartseer situ-asie wat ‘n paar jaar gelede ontstaan het toe daar ‘n skeiding onder die Gereformeerde kerke in Sinode Soutpansberg ontstaan het. Dit het tydens die herstrukturering van meerdere vergaderings in die GKSA plaasgevind. Party gemeentes het besluit om met gemeentes in die GKSA in meerdere vergadering te ver-gader en ander gemeentes het besluit om in Sinode Soutpansberg aan te bly.

    Die Gereformeerde Kerk De Hoop, die oud-ste Venda sprekende Gereformeerde ge-meente het die die skeiding intens ervaar met sommige lidmate wat besluit het om deel te word van die GKSA en ander wat besluit het om deel te bly van Sinode Soutpansberg. Dit het veroorsaak dat die gemeente geskei het. Altwee groepe het aanspraak gemaak dat die kerkgebou aan hul behoort. Die gevolg was dat die Gereformeerde Kerk De Hoop met groot moeite op Sondae rustig eredienste hou op ‘n manier wat tot God se eer is. Soms is eredienste versteur met die gelui van die kerk se klok of mense wat tydens eredienste buite gestaan en skree het. Dit het ook moeilik geword om vergaderings en ander funksies buite die aangewese tye te hou. Die situasie het die gemeente moedeloos gemaak.

    Die Here het hul gebede verhoor. In plaas daarvan om aan te hou baklei of om die hof te nader en reg te laat geskied teen groot koste (sonder enige waarborg op sukses), het die gemeente besluit om eerder ‘n nuwe gebou op te rig. Hul hoop het gegroei na-mate die gemeente besef het watter nuwe moontlikhede daar is. Al die verskillende wyke vergader tans op hul eie met die uitsondering van nagmaalsdienste wanneer een gesament-like diens gehou word.

    Vervoer is vandag meer geredelik beskik-baar en meer lidmate besit voertuie. De Hoop het besluit om een gebou te bou waar al die lidmate kan vergader. Die Here het dit vir hul

    moontlik gemaak om ‘n stuk grond by die plaaslike hoofman te koop. ‘n Vergunning tot Okkupasie is bekom en planne vir die nuwe gebou is geteken.

    Die gemeente het begin om fondse in te samel. Hulle wil die nuwe gebou kontant bou. Vier van die 40 staalkolomme wat benodig word, is reeds aangekoop teen R4200 stuk. Groot opgewondenheid heers vir wat voorlê. Vroue, bejaardes, jong mense en selfs die skoolgaande jeug neem deel om fondse in te samel. ‘n Verdere R22 000 is beskikbaar om materiaal aan te koop.

    U is welkom om ds Norman Ligege (083 618 6419) te kontak vir meer inligting.

    Op die 7e Februarie gaan ons gemeente se liefdegawe vir hulp aan De Hoop wees. Dona-sies kan ook in hierdie rekening inbetaal word:

    ABSA, Tak: 335 138 (632 005), Rekeningnaam: Administratiewe Buro, Rekeningnommer: 670 140 040.Verwysing: GK DE HOOP

    VAN HOOPLOOSHEID NA HOOP IN DE HOOP

    Die Diakonie vergader volgende Sondag om 16:30

    in die Senaatsaal.

  • 4

    Ouderlinge en Diaken aan diens

    Ouderlinge: Francois Venter & Lucas Venter

    Diaken: Wilma Herbst

    Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.zafaks: 086-750-5339Kon

    takons

    Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

    Sal enigiemand wat bereid is om te help met die beheer van die klank

    tydens eredienste asb vir Stefan Linde kontak:

    [email protected] / 072 811 1665

    Baie geluk aan Gert en Mariaan Breed (072 341 0305), met die geboorte van jul derde klein-kind - Gerbrand en Melissa se eersteling. Mag Gerhardo vir julle baie vreugde bring!

    Kosbank vra skenkings

    Ons gemeente het ‘n kosbank waaruit ons mense kan help – veral in ‘n noodgeval.

    Indien jy skenkings wil maak, sal enige nie-bederfbare items (bv. blikkies kos, soja-vleis, pasta, rys, olie, ens.) baie

    waardeer word. Skakel gerus met die kerkkantoor vir meer inligting.

    Moenie die Dienssentrum se Basaar op 16 Feb-ruarie misloop nie! Baie lekkernye, handwerk ens. te koop! Johan Horn gaan die gaskunste-naar wees. Chris Hanirylaan 90 018 293 0678

  • 5

    Cheer Motshwaiwa is ‘n kandidaatstu-dent aan die Teologiese Skool. Hy is lidmaat van GK Ikageng Bophirima. Hy het in 2015 tweede semester met drie eerstejaarsvakke begin wat hy aldrie geslaag het en hy is nou volwaardige eerstejaarstudent om die res te voltooi. Cheer het ‘n kamer nader aan die TSP gekry, maar dis nie gemeubileerd nie. Hy kort ‘n klein lessenaar/tafel waarby hy kan studeer, asook ‘n klein yskassie. As u dalk behulpsaam kan wees, sal hy dit baie waardeer. Sy selfoon-nommer is 081 498 4068.

    Amelia Nasorgsentrum, ‘n sentrum vir intellektueel gestremde volwassenes, poog om R17 500 in te samel om hul atlete Wêreld-kampioenskappe toe te stuur. Hulle hou al vir 10 jaar die wisseltrofee vir die beste span in atletiek, en 8 jaar die wisseltrofee vir die beste swemspan. Twee van hul downsin droom kliënte het by die Wêreldkampioenskappe in Bloemfontein wêreldrekords gebreek.As jy graag ‘n bydrae wil maak kan jy dit in hierdie rekening inbetaal: Amelia Nasorg-sentrum, Absa (632005) Tjekrekening: 680960283. Verwysing: Donasie - atletiek

    Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

    Naam: .................................................................................Telefoonnommer: ..................................................

    Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

    Hennie, Roelien, Rika & Kari Goede082 444 1631

    Amorien Venter079 536 4306

    Melissa Leeb072 093 6761

    Louis Swanepoel072 229 7458

    Welkom hier!

    Wil jy ook by ons gemeente inskakel? Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.

    Ons het ‘n nuwe webblad ontwikkel vir die Internasionale diens. Jy sal die skakel sien

    op die Afrikaans tuisblad maar kan gerus ook direk daarop kom by www.gkpotchbult.co.za/home.html

    Indien jy Engelssprekende vriende of kollegas het, verwys hulle na ons webblad

    vir meer inligting oor die Internasionale diens.

    Webblad Internasionale Diens

    Die G5 Koffi ekamer is aan die agterkant van die kerksaal (amper oorkant Soetdorings). Stap van die kerkgebou af suid na die kersaal toe, en gaan dan na die agterkant.

  • 6

    Skriba: Mias Smit: 084-510-9193Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Anja Viljoen: 082-053-9246Koster (Molen): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Internasionale diens: George Lotter: 083-284-7599Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kinderbegeleiding: Marida van Eeden: 060-977-1124Preekbegeleiding: Henriëtte vd Zwan: 082-859-2229Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Klank: Stefan Linde: 072-811-1665Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843Preekopnames: Kerkkantoor: 018-297-4843Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Omgee-groep Seniors: Eunice Stoltz: 083-595-8981Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939

    Susters: Hanlie Steyn: 083-654-8652Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Eiendomskommissie: Faan van Wyk: 082-551-7782Liturgiese Werkgroep: Ben de Klerk: 072-183-1083Venterskroon Diensgroep: Gerrit Pienaar: 079-527-2079Finansiële kommissie: Lou van Wyk: 084-520-1086Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204

    Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

    Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

    Bankbesonderhede

    Ons is op soek na werk vir ‘n knap vrou (ouderdom 33) met ervaring in skoonmaak, kos-maak, kelnerwerk en kassierwerk. Diploma in bejaardesorg. Praat Tswana / Sotho, Engels en Afrikaans. Kontak Esmari: 083 446 5511.

    VERHURINGS (Dadelik beskikbaar) • ‘n Goedehoop woonstel te huur in Thabi Mbeki vir R 3800 per maand. 2 slaapkamers, 1 badkamer en 1 afdak. Dadelik beskikbaar. • Cari woonstel te huur in Meulstraat. Pragtig, splinternuut @ R 3500 per maand. 2 Slaap-kamers, 1 badkamer en 1 afdak. Skakel my gerus by 082 356 9799 (Liza)

    Die Potch Mooi Rotary Anns hou ‘n Rock ‘n Roll opskop ten bate van liefdadigheid op die 20ste Februarie by Roots (17:30 vir 18:00). Kom kuier en dans saam met ons! Kaartjies: R120 vir volwassenes en kinders bo 10, R80 vir kinders tussen 2 en 10 en R20 vir kinders onder 2. Die kaartjies sluit ‘n hamburger, tjips en ‘n draai-roomys in. En ‘n hele aand van vermaak deur die It Takes Four orkes. Kontak Marianne by 082 459 1313 vir kaartjies.

    Vir kunsklasse of raamwerk kontak Celia Kruger by 074 180 3449

    Ruim Bachelor Woonstel te huur – Molenstraat. Slaapkamer / woon, kombuisie, badkamer. Heeltemal privaat en veilige parke-ring. R2900 (water & ligte ingesluit). Onmidde-lik beskikbaar. Skakel 079 167 5567

    Baie dankie!

    31 JanuarieWyk 6 (Lowisa Smit - 084 583 4327)KG 4 (Janien Linde - 083 286 3811)

    7 FebruarieWyk 7 (Paulina vd Walt - 082 567 4727)

    KG 5 (Elza Hattingh - 083 299 7376)

    Teeskinkbeurte

    Daar is nog 2 plekke beskikbaar indien daar van julle is wat saam met lidmate uit die gemeente in die Wildtuin wil gaan kamp. Ons het plek bespreek in die Balule satel-lietkamp naby Olifantskamp vir die nagte van 22-26 April. Die koste vir die vyf nagte se kampplek is R 1390. Ons moet binne ’n week of wat die betalings doen of kampplek kanselleer. Kontak met Ds Fanie.

    Wildtuin

    KATKISASIE VIR OUERS EN KINDERS

    Hierdie Sondagoggend wil ons graag die ouers saam met die kinders om half 9 in die kerkge-bou ontvang. Dit is vir ons van die uiterste belang dat ons en die ouers saamwerk in die katkisasie van ons kinders.