voordieberg.co.za  · web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se voortrekker...

9
Die Voortrekkers Voor-die-Berg 2017 in 'n Neutedop Wat gebeur in 2017, wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos? Hieronder volg alles wat u moet weet vir 2017 van ledegelde, spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae, asook geraamde uitgawes, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind van toepassing is – nie almal neem aan alles deel nie! Kyk ook gerus na die bespreking onderaan vir groter duidelikheid. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite sal deur die loop van die jaar deurgegee word sodra dit beskikbaar is. Vir enige navrae, kontak ons gerus: AKL Admin: Reinette de Koker, 082 929 9866 E-pos: [email protected] KL: Danie Erasmus, 082 338 6075 E-pos: [email protected] Aktiwiteite in 2017 Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders PD = Penkop (Laerskool Seun) & Drawwertjie (Laerskool Dogter) Verkenners - Hoërskool Seuns & Dogters Verwys ook na die web: http:// transvaal.voortrekkers.org.za

Upload: lykien

Post on 14-Jun-2019

215 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Die Voortrekkers Voor-die-Berg

2017 in 'n Neutedop

Wat gebeur in 2017, wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos?Hieronder volg alles wat u moet weet vir 2017 – van ledegelde, spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae, asook geraamde uitgawes, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind van toepassing is – nie almal neem aan alles deel nie! Kyk ook gerus na die bespreking onderaan vir groter duidelikheid. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite sal deur die loop van die jaar deurgegee word sodra dit beskikbaar is.

Vir enige navrae, kontak ons gerus:AKL Admin: Reinette de Koker, 082 929 9866E-pos: [email protected]: Danie Erasmus, 082 338 6075E-pos: [email protected]

Aktiwiteite in 2017SpanbyeenkomsteVoortrekkertyd is weekliks op Woensdae 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom op ‘n spesifieke plek, dag en tyd vir spanvergaderings wat almal pas.

KommandobyeenkomsteElke kwartaal word ten minste twee kommando aktiwiteite gehou, waartydens al die spanne van die kommando betrokke is. Kommando tyd is 17h00 – 18h00 op ‘n Woensdag.

KampeAlle kampe is opsioneel. Spankampe word binne spanverband gereël. Daar is ook 'n Kommandokamp vir almal en baie Gebiedskampe vir Gr 4-12 om van te kies.

PD = Penkop (Laerskool Seun) & Drawwertjie

(Laerskool Dogter)

Page 2: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Verkenners - Hoërskool Seuns & Dogters

Verwys ook na die web:http://transvaal.voortrekkers.org.zahttp://www.houkoers.co.za

Ledegeld en LidmaatskapLedegeld vir 2017 vir Gr 1 - 11 beloop R1280 vir die jaar. Ledegeld is betaalbaar aan die Voor-die-Berg Voortrekkers in paaiemente (R160 x 1 maand en R140 x 8 maande). Die ledegeld sluit alle kostes in wat benoig word om die kommando suksesvol te bedryf. Ledegeld vir Gr 0 & 12 is R680.

Nuwe lede voltooi 'n lidmaatskapsvorm (L1) en lede met 'n lidnommer voltooi 'n voortsettingsvorm. Hierdie vorms sal beskikbaar wees tydens die Kommando-opening (Januarie 2017) by die spanoffisier. Nuwe lede kry 'n lidnommer na die lid geregistreer is by die gebiedskantoor.

SpanfondsOnthou asseblief dat offisiere glad nie betaling ontvang vir hulle dienste nie! Aangesien offisiere in die verlede baie onkostes t.o.v. aanbiedingsmateriaal, eetgoed ens. uit hulle sakke betaal het, is daar voorgestel dat ‘n spanfonds

Betalings (Kommando lid-kode)Alle betalings vir Voortrekker-aktiwiteite (ledegeld, kommando-aktiwiteite, oord/gebiedsaktiwiteite en kampe) word in Voor-die-Berg se rekening betaal. Elke lid ontvang 'n lid-kode (bv. R-017 of B-022) en hierdie kode word gebruik as verwysing vir ALLE betalings. Elke span sal ook elke kwartaal 'n staat ontvang. Bewys van betalings moet aan spanoffisier gestuur word. Kontak jou spanoffisier, indien jy nog nie jou lid-kode ontvang het nie. Alle vorms moet asseblief met ‘n betalingsbewys ingedien word.

RekeningbesonderhedeNaam: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommandoBank: ABSA (632005)Tjek Rek no: 509 411 24Verwysing: Kommando lid-kode bv. R-017 of B-022

KleredragDie bestel van klere word direk by die spanoffisier gedoen. Laerskool Wonderboom se klerebank het voorbeelde en groottes. Bestellings kan ook direk by die

Page 3: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

van R100 per spanlid gehef word wat reeds ingesluit is by die ledegeld, wat gaan vir die dag tot dag uitgawes van die span bv papier, afdrukke, aanbiedingsmateriaal vir graadwielwerk, eetgoed ens. Indien ‘n span addisionele spanfonds nodig het, sal die spanoffisier dit met die span se ouers bespreek. Betalings van spanfonds moet in Voor-die-Berg se rekening gemaak word en ‘n betalingsbewys moet aan die spanoffisier gegee word.

klerebank gedoen word, maar sal ‘n week of twee neem voor dit beskikbaar sal wees. Klere kan ook direk by die Voortrekkerdepot in Pierneef straat, Villieria aangekoop word.

Voortrekker HempieNavy Blou gholfhempie met Voortrekker wapen. Dit word gedra met ‘n netjiese denim en wit tekkies en word dan AKTIEWE DRAG genoem. Jou kind moet so ‘n hempie hê alvorens hy/sy ingelyf word, dus moet dit in die loop van sy eerste Voortrekkerjaar aangekoop word.

ErkenningsbaadjieNavy blou onderbaadjie waarop al die kentekens aangewerk word. Wanneer dit saam met die AKTIEWE DRAG gedra word, word dit FORMELE DRAG genoem. Vanaf Graad 4 is die dra van die erkenningsbaadjie vir formele drag in ons kommando verpligtend.

SpandragOnderling in spanverband gereël om spanidentiteit te bevorder.

Page 4: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Spesialisasie KentekensDie verwerwing van kentekens is opsioneel en word op ‘n vrywillige basis gedoen. Moedig die kinders asb egter aan om minstens 2 kentekens vir die jaar te probeer verwerf – daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies en dus êrens iets vir elkeen se belangstelling. Behalwe dat dit interessant is, is hulle tog aan die einde van die dag baie trots as hulle die kentekens ontvang. Die verwerwing van ‘n sekere aantal kentekens is ook ‘n voorvereiste vir die toekenning van die Voorslag toekenning in Graad 7.

Kentekens in spanverbandDie spanoffisier sal aan die begin van die jaar een of 2 spesialisasies identifiseer wat in spanverband gedoen sal word. Hy/sy sal jou van die kostes, indien enige, in kennis stel, asook van ‘n lys van items wat benodig sal word, indien van toepassing. Aangesien een van die vereistes is dat daar ‘n sekere aantal ure aan die werk spandeer moet word, moet jy asseblief seker maak dat jou kind die spanbyeenkomste gereeld bywoon sodat hy/sy nie gepenaliseer word nie. Evaluasie vind ook plaas alvorens die kenteken toegeken kan word.

GGA/GGN KentekendaeBy 'n Gebied Goedgekeurde Aktiwiteit/Naweek (GGA/GGN) kry jou kind geleentheid om spesialisasies waarin hy belangstel, en wat nie in spanverband gedoen word nie, te doen. Dit vind deur die loop van die jaar, gewoonlik op ‘n Saterdag (GGA), of oor ‘n hele naweek (GGN) plaas. Jou spanoffisier sal jou in kennis stel van opkomende kentekendae. Daar sal streng by sluitingsdatums vir inskrywings gehou word en GEEN inskrywings sal verwerk word indien die bewys van betaling nie daarby aangeheg is nie. Inskrywings word aan die spanoffisier gestuur.

LW: Daar word gewoonlik vereis dat minstens 1 volwassene per span wat die dag bywoon, die kinders moet vergesel word vir toesigdoeleindes. Die spanoffisier sal met die ouers reël (of vooraf ‘n rooster opstel) van wie watter dag die toesighouding gaan waarneem. Indien daar nie volwasse toesig is nie, kan die kinders se inskrywings geweier word. Volwassenes wat die dag meemaak betaal ‘n nominale inskrywingsfooi vir middagete/verversings.

GebiedskampeVanaf graad 4 (sommige kampe Graad 3) kan die kinders tydens vakansies op gebiedskampe gaan. Dit is kampe wat deur die Transvaalse Gebied gereël word en waarheen kinders van regoor Transvaal Gebied kan gaan. Elke kind besluit self of - en watter- kamp hy/sy wil bywoon. Dit is glad nie verpligtend nie en word oor die algemeen nie in spanverband gereël nie, hoewel lede van ‘n span kan besluit dat hulle saam ‘n sekere kamp wil gaan bywoon. Die spanoffisier is ook nie noodwendig by die kamp betrokke nie en as hy/sy wel gaan, nie noodwendig by jou kind se groep nie. Tydens hierdie kampe word daar dan ook aan kentekens gewerk. Omdat langer tyd beskikbaar is, word die kentekens meer in diepte en meer prakties aangebied.

Die verblyfsreëlings verskil van kamp tot kamp – by sommige moet die spanne self tente voorsien (verkieslik nie klein 2-man tentjies nie) en by ander word weermagtente voorsien, waarin die kinders dan opgedeel word.

Hierdie kampe is ‘n wonderlike geleentheid vir jou kind om nuwe maats te maak en sy selfvertroue te ontwikkel. As dit enigsins moontlik is, beveel ons aan dat elke kind probeer om minstens 1 gebiedskamp elke jaar of 2 te doen.

Betalings vir gebiedskampe moet in Voor-die-Berg se rekening inbetaal word en vergesel word van ‘n betalingsbewys en inskrywingsvorm.

Daar word gewoonlik vereis dat ‘n kommando minstens 1 volwassene vir elke 6-8 kinders, wat die kamp bywoon, saam stuur vir toesigdoeleindes. Indien die offisier nie self die kamp kan bywoon nie, sal die spanoffisier met die ouers reël vir ‘n volwassene om saam te kamp, indien daar nie reeds genoeg is nie. Indien daar nie genoegsame volwasse toesig is nie, kan die betrokke

Page 5: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

gebiedskamp die kinders se inskrywings weier.

LW: Aangesien hierdie aktiwiteite nog in die beplanningstadium is, is daar nog nie finale kostes vir 2017 bekend nie en is hierdie dus net geskatte bedrae, gegrond op vorige jare se kostes. Ons neem dus geen verantwoordelikheid vir

verskille in geskatte en werklike bedrae nie.

UITGAWE WIE IS BETROKKE? GESKATTE BEDRAGAlgemeen

Ledegelde Alle lede

R1280 per lid (Gr 1 – 11)R680 per lid (Gr 0 & 12)Minimum betaling @ 31 Mei 2017 is R720 per lidTotaal is betaalbaar teen 30 September 2017

SpanfondsIs ingesluit by die ledegeld maar kan addisioneel binne spanverband bepaal word

Bedrag van R100 is ingesluit by die ledegeld of addisionele bedrag kan deur spanoffisier gereël word

Graadwielboeke Offisiere Reeds ingesluit by ledegeld

Uitstappies Die wat wil deelneem (spanverband)

Kostes word beperk tot werklike uitgawes en word deur die spanoffisier bepaal

Kleredrag

Navy Blou Voortrekker hemp All nuwe lede, asook bestaande lede wat nog nie ingelyf is nie

+/- R90+ (afhangende van grootte)

Moet aangekoop word voor inlywing in Junie 2017

Erkenningsbaadjie en 5 basiese kentekens

Opsioneel Gr 0 - 3Verpligtend vanaf Gr 4 +/- R100 (afhangend van grootte)

Spandrag Binne spanverband bepaal R50+ (afhangend van grootte, kwaliteit en motief waarop besluit word binne die span)

Kommandobyeenkomste

Kommandobyeenkomste Alle kommandoledeGewoonlik gratis, andersins minimaal, bv R30 of eetgoed of items wat van die huis gebring kan word ens.

SpesialisasiesIn spanverband Alle spanlede wat belangstel Ingesluit by spanfonds of soos deur spanoffisier

meegedeelGGA Kentekendae / naweke

(Lys van GGA kentekendae beskikbaar)

Almal wat wil - eie inisiatief of saam met span +/- R90 (1 dag) tot +/- R250 (naweek)

Kampe

Kommandokamp Almal in die kommandoIngesluit by die ledegeld betaalbaar behalwe vir Graad 0 & 12 lede. Koste is nie terugbetaalbaar indien jy nie gaan kamp nie.

Spankamp Spanlede Wissel vanaf +/- R200Gebiedskampe (PD)

April – Sentraal P/D kamp (De Bank)

Gr 4-7 wat wil R680 in 2016, eie vervoer of busvervoer @ R270 ekstra, tente word verskaf, 6 dae kamp

April – Hoëveld P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R480 in 2016, eie vervoer & tente, 5 dae kamp

April – Jakaranda P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R480 in 2016, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

April – Noordelik P/D Kamp (Tzaneen)

Gr 4-7 wat wil R395 in 2016, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

Junie – Swartvlei Seekamp (Sedgefield, Weskaap)

Gr 4-7 wat wil R2050 in 2016 (busvervoer ingesluit)Tente word voorsien, 7 dae kamp

Junie – Oostelik P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R600-700 in 2016, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

Sept - Voorslagkamp Slegs Gr 7 (nie verpligtend, slegs indien jy die Voorslag kenteken wil verwerf)

R300 in 2016, eie vervoer & tente, 3 dae kamp

Okt – Venterskroon P/D Kamp Gr 4-7 wat wil R670 in 2016, eie vervoer & tente, 5 dae kamp

Page 6: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Gebiedskampe (Verkenners)April – Rhus Keeti Veldwerk (net buite Nylstroom)

Gr 8-12 wat wil R960 - R1560 in 2016, eie vervoer of busvervoer @ R245 ekstra. Eie tente, 8 dae kamp

April – Thaba Veldwerk (80km buite Pta)

Gr 8-12 wat wil R905 - R1075 in 2016, eie vervoer. Tente word voorsien, 7 dae kamp

April – Lunsklip Veldwerk (net buite Potgietersrus)

Gr 8-12 wat wil R425 - R725 in 2016, eie vervoer of busvervoer @ R250 ekstra. Tente word voorsien, 10 dae kamp

Junie – Seejol Seekamp (Hartenbos, Weskaap)

Gr 8-12 wat wil R1 950 in 2016 (busvervoer ingesluit)Tente word voorsien, 10 dae kamp

Julie – PV Toetskamp (terrain sal bevestig word)

Slegs Gr 12 (nie verpligtend, slegs indien jy die HW/PV Toekenning wil verwerf)

Koste en reëlings word gegee per uitnodiging

Okt – Wilgedraai Waterwerk (Vaaldam)

Gr 8-12 wat wil R920 – R1340 in 2016, eie vervoer (busvervoer @ +/- R200 ekstra) & eie tente, 9 dae kamp

JaarprogramDATUM AKTIWITEIT

Kwar

taal

1

13-15 Jan GGN: Wapadrand Volksdanse (Graad 6&7)20 Jan Kommando opening & Voriejol Gr 0-721 Jan Kommando opening & Verkennerjol Gr 8-1222 Jan Kerkparade - Aanddiens25 Jan Spanbyeenkoms 101 Feb Spanbyeenkoms 208 Feb Spanbyeenkoms 315 Feb Spanbyeenkoms 422 Feb Spanbyeenkoms 524-26 Feb GGA/GGN Kruinsig Vooortrekkers24-26 Feb GGA/GGN Sytze Wierda Voortrekkers01 Mrt Spanbyeenkoms 603-04 Mrt GGA Suiderkruis Voortrekkers04 Mrt Gebied: Verkenneravontuurdag08 Mrt Spanbyeenkoms 708 Mrt Kommando verjaar 59ste10-11 Mrt GGA Noordpos Voortrekkers10-12 Mrt GGN Medemenskamp15 Mrt Spanbyeenkoms 818 Mrt Overkruin Atletiekklub Waterpunt bemanning22 Mrt Spanbyeenkoms 929 Mrt Kommando afsluiting & Inlywing31 Mrt Skole sluit31 Mrt - 05 Apr Jakaranda PD Gebiedskamp07 -16 Apr Lunsklip Verkenner Gebiedskamp07 - 12 Apr Noordelike PD Gebiedskamp08 - 12 Apr Hoëveld PD Gebiedskamp08 - 13 Apr SPDW Gebiedskamp (Sentraal Penkop/Drawwertjie waterwerkamp)07 - 13 Apr Thaba Verkenner Veldwerk Gebiedskamp08 - 15 Apr Rhus Keeti Avontuur Verkenner Gebiedskamp

Kwar

taal

2

18 Apr Skole Open19 Apr Kommando Opening26 Apr Spanbyeenkoms 1027 Apr - 01 Mei Gebied: Verkennertoer03 Mei Spanbyeenkoms 1105 Mei Speletjiesaand & Boemelaarsaand (Rugbyveld)05 - 07 Mei GGN Garsvallei Singkamp06 Mei GGA Genl Hertzog

Page 7: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Kwar

taal

2 v

ervo

lg10 Mei Spanbyeenkoms 1213 Mei Gebied: Gr 9 Nasionale Gedenkwaardighede toer (PV portefulje)12 - 14 Mei GGA/GGN Rietvallei17 Mei Spanbyeenkoms 1319 - 21 Mei GGA/GGN Goudrand24 Mei Spanbyeenkoms 1425 Mei Oord Hemelvaart Kerkparade26 - 28 Mei GGA/GGN Goudrand31 Mei Spanbyeenkoms 1507 Jun Spanbyeenkoms 1614 Jun Spanbyeenkoms 1721 Jun Spanbyeenkoms 1828 Jun Kommando afsluiting30 Jun Skole sluit30 Jun - 09 Jul Seejol Verkenner Gebiedskamp02 Jul - 08 Jul Swartvlei PD Gebiedskamp01 Jul - 06 Jul OPD Gebiedskamp

Kwar

taal

3

24 Jul Skole Open26 Jul Kommando opening28 - 30 Jul GGA/GGN Impala02 Aug Spanbyeenkoms 1909 Aug Gebiedsverkenner kenteken- en portefuljedag11 - 13 Aug Kommandokamp - Badseloop16 Aug Spanbyeenkoms 2018 - 20 Aug Wapadrand GGA/GGN23 Aug Spanbyeenkoms 2125 - 27 Aug GGN Goudrand25 - 26 Aug Theuns Meyer GGA/GGN30 Aug Spanbyeenkoms 2206 Sep Spanbyeenkoms 2308 - 10 Sep Transvaal Voorslagkamp, Hartbeesfontein13 Sep Spanbyeenkoms 2415 - 17 Sep Rietvallei fietskaskenades20 Sep Spanbyeenkoms 2522 - 23 Sep Kanaalroei24 Sep Irene konsentrasiekamp kranslegging27 Sep Kommando Afsluiting & Voortrekkerverjaarsdag29 Sep Skole sluit30 Sep Voortrekkerverjaarsdag: 86jaar29 Sep - 3 Okt Venterskroon PD Gebiedskamp30 Sep - 8 Okt Nakuphi Verkenner Gebiedskamp30 Sep - 8 Okt Wilgedraai Verkenner Gebiedskamp

Kwar

taal

4

09 Okt Skole open11 Okt Kommando opening11 Okt Gr 7 Funksie09 - 13 Okt Voortrekker omgeeweek13 - 15 Okt GGN Letaba14 Okt CQ Hou Koers en Netvatkoers14 Okt Kaskardag by Voortrekkermonument18 Okt Spanbyeenkoms 26 - Graadwiel evaluering Gr 1-620 - 21 Okt Vlotvaart25 Okt Spanbyeenkoms 27 - Spanafsluiting27 - 29 Okt Volksdans GGN: Wapadrand Kommando28 Okt Kommando afsluiting Meriete funksie6 Des Skole sluit

Page 8: voordieberg.co.za  · Web view, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind

Voor-die-Berg Voortrekkers

Kontak besonderhede:KL Danie Erasmus 082 338 [email protected] Admin Reinette de Koker 082 929 [email protected] Fin Marissa Botha 082 333 4796AKL Bem Lientjie Grobler 082 871 3234AKL Volw Henri Grobler 082 872 5570AKL Verk (gr 8-12) Gary Hendry 082 565 3752AKL Snr P/D (gr 4-7) Alicia Bekker 073 553 5370AKL Jnr P/D (gr 0-3) Vilet Kruger 082 861 4185Staatmakers Armand Marè 078 309 4321