2019 in ’n neutedop · aktiwiteite in 2019. spanbyeenkomste voortrekkertyd is weekliks op...

8
1 Wat gebeur in 2019, wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos? Hieronder volg alles wat u moet weet vir 2019 – van ledegelde, spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae, asook geraamde uitgawes, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind van toepassing is – nie almal neem aan alles deel nie! Kyk ook gerus na die bespreking onderaan vir groter duidelikheid. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite sal deur die loop van die jaar deurgegee word sodra dit beskikbaar is. Vir enige navrae, kontak ons gerus: AKL Admin: Sunette Botha 083 376 8223 E-pos: [email protected] Kommandoleier: Marissa Botha 082 333 4796 E-pos: [email protected] NAVRAE 2019 IN ’N NEUTEDOP Penkoppe en Drawwertjies

Upload: others

Post on 18-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

1

Wat gebeur in 2019, wanneer moet my kind deelneem en hoeveel gaan dit kos?Hieronder volg alles wat u moet weet vir 2019 – van ledegelde, spanfonds, kleredrag en die werking van kampe en kentekendae, asook geraamde uitgawes, ten einde julle in staat te stel om vir die jaar se Voortrekker aktiwiteite te beplan en te begroot. Kies watter aktiwiteite en kostes op jou kind van toepassing is – nie almal neem aan alles deel nie! Kyk ook gerus na die bespreking onderaan vir groter duidelikheid. Inligting rondom die onderskeie aktiwiteite sal deur die loop van die jaar deurgegee word sodra dit beskikbaar is.

Vir enige navrae, kontak ons gerus:

AKL Admin: Sunette Botha 083 376 8223 E-pos: [email protected]: Marissa Botha 082 333 4796 E-pos: [email protected]

AVRA

E

2019 IN ’N NEUTEDOP

Penkoppe en Drawwertjies

Page 2: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

2

www.transvaal.voortrekkers.co.zawww.houkoers.co.za

www.voordieberg.co.za

Voortrekker Webtuiste-skakels:

W W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z A

AKTIWITEITE IN 2019Spanbyeenkomste

Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom op ‘n spesifieke

plek, dag en tyd vir spanvergaderings wat almal pas.

KommandobyeenkomsteElke kwartaal word ten minste twee kommando

aktiwiteite gehou, waartydens al die spanne van die kommando betrokke is. Kommando tyd is 17h00 –

18h00 op ‘n Woensdag.

KampeAlle kampe is opsioneel. Spankampe word binne spanverband gereël. Daar is ook ‘n

Kommandokamp vir almal en baie Gebiedskampe vir Gr 4-12 om van te kies.

.

W W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z A

PD = Penkop (Laerskool Seun) en Drawwertjie (Laerskool Dogter)

Verkenners = Hoërskool Seuns en Dogters

Penkoppe en Drawwertjies

PENKOPPEDRAWWERTJIES

Page 3: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

3

Naam: Die Voortrekkers: Voor-die-Berg kommando

Bank: ABSA (632005)Tjek Rek no: 509 411 24Verwysing: Kommando lid-kode bv.

R-017 of B-022

Voor-die-Berg Rekeningbesonderhede:

Betalings (Kommando lid-kode)

Alle betalings vir Voortrekker-aktiwiteite (ledegeld, kommando-aktiwiteite, oord/gebiedsaktiwiteite en kampe) word in Voor-die-Berg se rekening betaal. Elke lid ontvang ‘n lid-kode (bv. R-017 of B-022) en hierdie kode word gebruik as verwysing vir

ALLE betalings. Elke jeuglid sal ook elke kwartaal ‘n staat ontvang. Bewys van betalings moet aan

spanoffisier gestuur word. Kontak jou spanoffisier, indien jy nog nie jou lid-kode ontvang het nie.

Alle vorms moet asseblief met ‘n betalingsbewys ingedien word. PENKOPPE

DRAWWERTJIES

Ledegeld en LidmaatskapBegrote Ledegeld vir 2019 vir Gr 1 - 12 beloop

R1300.00 vir die jaar. Ledegeld is betaalbaar aan die Voor-die-Berg Voortrekkers in paaiemente (R130 x

10 maande Januarie 2019 – Oktober 2019). Die ledegeld sluit alle kostes in wat benodig word om die kommando

suksesvol te bedryf. Nuwe lede voltooi ‘n lidmaatskapsvorm (L1) en

lede met ‘n lidnommer voltooi ‘n voortsettingsvorm. Hierdie vorms sal beskikbaar wees tydens die Kommando-opening (Januarie 2019) by die

spanoffisier. Nuwe lede kry ‘n lidnommer na die lid geregistreer is by die gebiedskantoor.

SpanfondsOnthou asseblief dat offisiere glad nie betaling

ontvang vir hulle dienste nie! Aangesien offisiere in die verlede baie onkostes t.o.v.

aanbiedingsmateriaal, eetgoed ens. uit hulle sakke betaal het, is daar voorgestel dat ‘n spanfonds

van R60 per spanlid gehef word wat reeds ingesluit is by die ledegeld, wat gaan vir die dag

tot dag uitgawes van die span bv papier, afdrukke, aanbiedingsmateriaal vir graadwielwerk, eetgoed ens. Indien ‘n span addisionele spanfonds nodig het, sal die spanoffisier dit met die span se ouers

bespreek. Betalings van spanfonds moet in Voor-die-Berg se rekening gemaak word en ‘n betalingsbewys

moet aan die spanoffisier gegee word.

W W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z A

Page 4: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

4

KleredragDie aankoop van klere word direk by die

Voortrekkerdepot in Pierneef straat, Villieria aangekoop. Skakel 012 329 0198 of besoek

gerus www.voriemol.co.za vir aanlyn inkopies.

Voortrekker HempieNavy blou gholfhempie met Voortrekker wapen. Dit word gedra met ‘n netjiese

denim en wit tekkies en word dan AKTIEWE DRAG genoem.

ErkenningsbaadjieNavy blou onderbaadjie waarop al die

kentekens aangewerk word. Wanneer dit saam met AKTIEWE DRAG gedra word,

word dit FORMELE DRAG genoem. Vanaf Graad 4 is die dra van erkenningsbaadjies

vir formele drag in ons kommando verpligtend.

SpandragOnderling in spanverband gereël om

spanidentiteit te bevorder.

W W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z AW W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z A

Page 5: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

5

Spesialisasie KentekensDie verwerwing van kentekens is opsioneel en word op ‘n vrywillige basis gedoen. Moedig die kinders asb egter aan om minstens 2 kentekens vir die jaar te probeer verwerf – daar is ‘n groot verskeidenheid om van te kies en dus êrens iets vir elkeen se belangstelling. Behalwe dat dit interessant is, is hulle tog aan die einde van die dag baie trots as hulle die kentekens ontvang. Die verwerwing van ‘n sekere aantal kentekens is ook ‘n voorvereiste vir die toekenning van die Voorslag toekenning in Graad 7.

Kentekens in spanverbandDie spanoffisier sal aan die begin van die jaar een of 2 spesialisasies identifiseer wat in spanverband gedoen sal word. Hy/sy sal jou van die kostes, indien enige, in kennis stel, asook van ‘n lys van items wat benodig sal word, indien van toepassing. Aangesien een van die vereistes is dat daar ‘n sekere aantal ure aan die werk spandeer moet word, moet jy asseblief seker maak dat jou kind die spanbyeenkomste gereeld bywoon sodat hy/sy nie gepenaliseer word nie. Evaluasie vind ook plaas alvorens die kenteken toegeken kan word.

GGA/GGN KentekendaeBy ‘n Gebied Goedgekeurde Aktiwiteit/Naweek (GGA/GGN) kry jou kind geleentheid om spesialisasies waarin hy belangstel, en wat nie in spanverband gedoen word nie, te doen. Dit vind deur die loop van die jaar, gewoonlik op ‘n Saterdag (GGA), of oor ‘n hele naweek (GGN) plaas. Jou spanoffisier sal jou in kennis stel van opkomende kentekendae. Daar sal streng by sluitingsdatums vir inskrywings gehou word en GEEN inskrywings sal verwerk word indien die bewys van betaling nie daarby aangeheg is nie. Inskrywings word aan die spanoffisier gestuur. LW: Daar word gewoonlik vereis dat minstens 1 volwassene per span wat die dag bywoon, die kinders moet vergesel word vir toesigdoeleindes. Die spanoffisier sal met die ouers reël (of vooraf ‘n rooster opstel) van wie watter dag die toesighouding gaan waarneem. Indien daar nie volwasse toesig is nie, kan die kinders se inskrywings geweier word. Volwassenes wat die dag meemaak betaal ‘n nominale inskrywingsfooi vir middagete/verversings.

GebiedskampeVanaf graad 4 (sommige kampe Graad 3) kan die kinders tydens vakansies op gebiedskampe gaan. Dit is kampe wat deur die Transvaalse Gebied gereël word en waarheen kinders van regoor Transvaal Gebied kan gaan. Elke kind besluit self of - en watter- kamp hy/sy wil bywoon. Dit is glad nie verpligtend nie en word oor die algemeen nie in spanverband gereël nie, hoewel lede van ‘n span kan besluit dat hulle saam ‘n sekere kamp wil gaan bywoon. Die spanoffisier is ook nie noodwendig by die kamp betrokke nie en as hy/sy wel gaan, nie noodwendig by jou kind se groep nie. Tydens hierdie kampe word daar dan ook aan kentekens gewerk. Omdat langer tyd beskikbaar is, word die kentekens meer in diepte en meer prakties aangebied. van kamp tot kamp – by sommige moet die spanne self tente voorsien (verkieslik nie klein 2-man tentjies nie) en by ander word weermagtente voorsien, waarin die kinders dan opgedeel word.Hierdie kampe is ‘n wonderlike geleentheid vir jou kind om nuwe maats te maak en sy selfvertroue te ontwikkel. As dit enigsins moontlik is, beveel ons aan dat elke kind probeer om minstens 1 gebiedskamp elke jaar of 2 te doen.Betalings vir gebiedskampe moet in Voor-die-Berg se rekening inbetaal word en vergesel word van ‘n betalingsbewys en inskrywingsvorm.Daar word gewoonlik vereis dat ‘n kommando minstens 1 volwassene vir elke 6-8 kinders, wat die kamp bywoon, saam stuur vir toesigdoeleindes. Indien die offisier nie self die kamp kan bywoon nie, sal die spanoffisier met die ouers reël vir ‘n volwassene om saam te kamp, indien daar nie reeds genoeg is nie. Indien daar nie genoegsame volwasse toesig is nie, kan die betrokke gebiedskamp die kinders se inskrywings weier.

Page 6: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

6

UITGAWE WIE IS BETROKKE? GESKATTE BEDRAGALGEMEEN

Ledegelde Alle lede R1300.00 per lid (Gr1 – 12)Afbetaling begin reeds in Januarie 2019Minimum betaling @ 31 Mei 2019 is R520.00 per lid. Totaal is betaalbaar teen 31 Oktober 2018

Graadwielboeke Offisiere Reeds ingesluit by ledegeld

Uitstappies Die wat wil deelneem (spanverband) Kostes word beperk tot werklike uitgawes en word deur die spanoffisier bepaal

KLEREDRAGNavy Blou Voortrekker hemp All nuwe lede, asook bestaande lede

wat nog nie ingelyf is nie+/- R90+ (afhangende van grootte)Moet aangekoop word voor inlywing in Mei 2019

Erkenningsbaadjie en 5 basiese kentekens

Opsioneel Gr 0 - 3Verpligtend vanaf Gr 4

R207 – R221 vir erkenningsbaadjie R51 – das / tantinieR212 – damesromp vir dogtersR50 – 5 basiese kentekens

Spandrag Binne spanverband bepaal R50+ (afhangend van grootte, kwaliteit en motief waarop besluit word binne die span)

KOMMANDOBYEENKOMSTEKommandobyeenkomste Alle kommandolede Gewoonlik gratis, andersins minimaal,

bv R30 of eetgoed of items wat van die huis gebring kan word ens.

SPESIALISASIESIn spanverband Alle spanlede wat belangstel Ingesluit by spanfonds of soos deur

spanoffisier meegedeel

GGA Kentekendae / naweke(Lys van GGA kentekendae beskikbaar)

Almal wat wil - eie inisiatief of saam met span

+/- R90 (1 dag) tot +/- R250 (naweek)

KAMPEKommandokamp Almal in die kommando Ingesluit by die ledegeld betaalbaar

behalwe vir Graad 0 lede. Koste is nie terugbetaalbaar indien jy nie gaan kamp nie.

Spankamp Spanlede Wissel vanaf +/- R200

LW: Aangesien hierdie aktiwiteite nog in die beplanningstadium is, is daar nog nie finale kostes vir 2019 bekend nie en is hierdie dus net geskatte bedrae, gegrond op vorige jare se kostes. Ons neem dus geen verantwoordelikheid vir verskille in geskatte en werklike bedrae nie.

Page 7: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

7

GEBIEDSKAMPE (PD)Maart – Sentraal P/D kamp (De Bank)

Gr 4-7 wat wil R680 in 2017, eie vervoer of busvervoer @ R270 ekstra, tente word verskaf, 6 dae kamp

Maart – Hoëveld P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R560 in 2018, eie vervoer & tente, 5 dae kamp

Maart – Jakaranda P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R520 in 2017, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

Maart – Noordelik P/D Kamp (Tzaneen)

Gr 4-7 wat wil R410 in 2017, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

Junie – Swartvlei Seekamp (Sedgefield, Weskaap)

Gr 4-7 wat wil R2100 in 2017 (busvervoer ingesluit)

Junie – Oostelik P/D Kamp (50km buite Pta)

Gr 4-7 wat wil R630 in 2017, eie vervoer & tente, 6 dae kamp

Sept - Voorslagkamp Slegs Gr 7 (nie verpligtend, slegs indien jy die Voorslag kenteken wil verwerf)

R350 in 2018, eie vervoer & tente, 3 dae kamp

Okt – Venterskroon P/D Kamp Gr 4-7 wat wil R660 in 2017, eie vervoer & tente, 5 dae kamp

Penkop en DrawwertjieKOSTES

Page 8: 2019 IN ’N NEUTEDOP · AKTIWITEITE IN 2019. Spanbyeenkomste Voortrekkertyd is weekliks op Woensdae . 17h00 – 18h00. Andersins sal die spanoffisier met die ouers en kinders ooreenkom

PBPB

8

W W W. V O O R D I E B E R G . C O . Z A

Kommandoleier Marissa Botha082 333 [email protected]

Voor-die-Berg Voortrekkers Kontak besonderhede:

AKL Admin Sunette Botha083 376 [email protected]

AKL Finansies Herman ruldoph076 527 [email protected]

AKL Bem – Lientjie Grobler 082 871 3234AKL Verk (gr 8-12) – Reinette de Koker 082 929 9866

AKL Snr P/D (gr 4-7) – Alicia Bekker 073 553 5370AKL Jnr P/D (gr 0-3) – Deon Bure 083 376 8139

Staatmakers – Clarissa Botha 076 373 8419

KONTAKONS