♫ speakers!

19
Speakers!

Upload: ash

Post on 07-Jan-2016

69 views

Category:

Documents


5 download

DESCRIPTION

Dagvaarding. Dis Nou Jou Beurt. Ja, jy is gedagvaar - en dit vir die hofsitting van jou lewe - DIE GROOT HOFSITTING en die uur om te ver- skyn, het aangebreek. Niks is belangriker vir jou as om die volgende paar oomblikke daaroor na te dink nie . Jy sal - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: ♫ Speakers!

♫ Speakers!♫ Speakers!

Page 2: ♫ Speakers!

Antw: Ja, hieromtrent kan daar geen twyfel bestaan nie.Selfs die appostel Johannes, wat oor die tere liefde van God skryfSoos geen ander skrywer in die Bybel nie,verwys 31 keer na die oordeel. Die Bybel is duidelik. Daar is ‘n oordeelsdag.

Page 3: ♫ Speakers!
Page 4: ♫ Speakers!

4. Mag ek ‘n advokaat kry om my saak te pleit?

Antw: Jesus Christus, die Seun van God, is begerig om as jou advokaat en verteenwoordiger in die oordeel te verskyn. As jy jou lewe aan Hom oorgee en Hom voor die mense bely, sal Hy as jou voorspraak intree.

Page 5: ♫ Speakers!

Mat. 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is.

Rom.5:9 Almal wat Christus as hulle voorspraak kies, sal deur Hom gered word.

Die Bybelleerstelling van die oordeel is die evangelie, want Christus staan as middelpunt van hierdie groot waarheid.

“Want Christus het ….ingegaan … in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Heb.9:24

Heb. 7:25 “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”

Page 6: ♫ Speakers!

1 Joh .2:1 ”…ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.”

5. Volgens watter standaard sal ons almal geoordeel word ?

Ons gaan geoordeel word volgens die wet van Tien gebooie, want dit geld vir alle mense. Pred.12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is : Vrees God en hou sy gebooie, want dit geld vir alle mense.

Diegene wat Gods gebooie deur die krag van Christus hou, sal die hemel binnegaan: Op.22;14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Christus begeer om jou voorspraak te wees.

Page 7: ♫ Speakers!

Diegene wat hulle breek, sal skuldig bevind word in die oordeel en moet noodwendig uit Gods koninkryk uitgesluit word. Dit is ‘n sombere feit dat mense deur daardie wet wat baie nou onder hulle voete vertrap, geoordeel gaan word. Ons moet nou volgens daardie wet lewe sodat ons gereed sal wees om deur daardie wet geoordeel te word wanneer ons voor die regterstoel verskyn.

“Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie.As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan , het jy ‘n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.”

Page 8: ♫ Speakers!

Antw: Ja ! Die volledige verslag van elke persoon se lewe word inDie hemelse boeke gehou. Die Bybel skryf van die GEDENKBOEK, die BOEK VAN DIE LEWE en ander boeke wat nie spesifiekGenoem word nie. Party van hierdie boeke hou verslag van ons dade.

6. Hou God verslag van my lewe en dade ?

Mal. 3:16 Toe het die wat die HERE vrees, met mekaarGespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, endaar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir Die wat die HERE vrees en sy Naam eer.

Ons trane,Ps.56:9, U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie? Ons sondesJes.65;1-7 ……. Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe;Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja Ek sal dit Vergelde in hulle boesem.

Page 9: ♫ Speakers!

Die BOEK VAN DIE LEWE bevat die name van die gereddes. (Op.20:15; Ps. 69:29). Christus is teenwoordig om vir Sy kinders In die oordeel in te tree, maar in die ondersoekende oordeel verskyn niemand self voor God nie. Dit is nie nodig nie, want dit staan alles in die boeke opgeskryf. “En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is.”(Op.20;12)

7. Sal alles wat ek ooit gesê het in die oordeel geopenbaar word ?

Matt.12;36,37.. “van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hullerekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word,En uit jou woorde sal jy veroordeel word.”

Antw: die Bybel sê ja: in die oordeel sal elke woord beslis openbaar gemaak Word. Is dit nie ‘n skokkende gedagte nie ! Hoe biddend moet ons nie waak oor alles wat oor ons lippe gaan nie.

Page 10: ♫ Speakers!

8. Wel ten minste my gedagtes en motiewe bly ‘n geheim.Hulle kan nie in die oordeel openbaar gemaak word nie – kan hulle ?

Antw: Daar bestaan geen geheim voor God nie. In die oordeel word nie netOns woorde en dade geweeg nie, maar ook ons gedagtes en motiewe en dieGeheime dinge wat diep in ons harte verborge is.

Pred.12;14 ”Want God sal elke werk Bring in die gerig wat kom oor al dieVerborge dinge, goed of sleg.”

Luk.8:17 “Want daar is niksVerborge wat nie openbaar Sal word nie, of weggesteekWat nie bekend sal word nie.”

Spr.16:2 “Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.”

1Kor. 4:5 “ ……die Here ….(sal) die verborge dinge van die duisternis in die lig bringEn die bedoelinge van die harte openbaar maak, en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Page 11: ♫ Speakers!

9. Veronderstel ek bely en oorwin alle sonde behalwe een, sal ek Verlore wees ?

Die Satan laat dit altyd lyk asof een sonde of ‘n klein bietjie sonde nie ernstig is nie. Maar hy vertel vir ons ‘n leuen .‘n Klein bietjie sonde is soos ‘n klein Bietjie kanker. Jy moet dit vernietig of dit vernietig jou.

Jesus sê ons moet alles verlaat as ons Sy kinders wil wees. Luk.14:33

Ex 32:33 “Wie teen My gesondig het, die sal Ek uitdelg uit my boek.”

Ps 1:5 “daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel nie.”

Jak.2:10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, hetaan almal skuldig geword.”

Spr.28:13 “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie,maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.”

Ps,.37:9 “ …..die kwaadoeners sal uitgeroei word.”

Page 12: ♫ Speakers!

10. Maar ek kan teen my vonnis appelleer as ek nie tevrede is nie, nie waar nie ?

Antw: Nee! Die vonnis van die regter van die hele aarde is FINAAL.

Openb.22:11 “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wievuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog meer regverdig word, en laat die heilige nog heiliger word.

Pred 3;14 “Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan;Daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; enGod het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

Page 13: ♫ Speakers!

11. Wie se name kom eerste in die oordeel voor ?

Antw: Die oordeel begin by die kinders van God – ongetwyfeld met die naam van Adam of miskien sy seun, Abel, wat die eerste regverdigewas om te sterf.

1Pet.4:17 Die oordeel moet begin by die huis Van God. En as dit eers by ons begin, wat salDie einde wees van die wat aan die evangelie Van God ongehoorsaam is ?

Die “Huis van God” verwys na Gods volgelinge – sy kerk.

1 Tim.3:15 en dat jy van kleins af die Heilige SkrifteKen wat jou wys kan maak tot saligheid deur dieGeloof in Christus Jesus.

As die verslag aandui dat die betrokke persoon aan GodGetyrou gebly het, word sy sondes uitgewis.lees Hand 3;19En sy naam bly in die boek van die lewe.

Page 14: ♫ Speakers!

12. Wanneer begin die oordeel ?

Antw: Dit is verbasend, maar dit is waar !DIE OORDEEL IN DIE HEMEL HET ALREEDS BEGIN !Dit is nou in sitting terwyl die nasies vertoorn is En terwyl die laaste oordeelsboodskap na dieAarde gaan net voor Jesus se koms.

Op.14; 6, 7,14 : En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vliegMet ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde enaan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stemgesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeelhet gekom en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine GEMAAK het.14.En ek het gesien, en kyk, daar was ‘nwit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n gouekroon op sy hoof en in sy hand is ‘n skerp sekel. (Lees gerus die heleOp.14)

Page 15: ♫ Speakers!

13. Maar ek het gedink die oordeel vind plaas by die tweede koms van Christus wanneer die wêreld eindig ?

Daar is drie fases in elke hofsaak: 1)Die ondersoek van getuienis,2) die bevindings,3) die vonnis word gevel. Die hemelse oordeel geskied ook op hierdie beginsels.

Open.11:18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekomen die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.

Lees: Mat. 25: 31-41

Party mense leer dat ons beloon word wanneer ons sterf,Maar die Skrifte leer anders.

Page 16: ♫ Speakers!

14.Ek voel so sonder hoop. Is daar enige moontlike manier waarop ek My kan voorberei om voor ‘n heilige God te verskyn ?

Antw: Ja daar is hoop vir almal deur Jesus Christus. As ons ons lewens in Sy hande plaas, vergewe Hy ons al ons Sondes, reinig Hy ons van alle ongeregtigheid enwaarborg Hy om ons tot die uiterste te red Hy sê nouaan jou:Mat:11:28 kom na My toe, almal wat vermoeidEn belas is, en Ek sal jou rus gee.

Joh.6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal homwat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

Jes.43:25 “Ek, Ek is dit wat jouoortredinge uitdelg…. En aan jou sondes dink Ek nie.

Heb.7:25 Daarom kan hy ook volkome red die wat deur Homtot God gaan.

Page 17: ♫ Speakers!

2 Kor.6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp.kyk, nou is die tyd van diewelbehae; kyk, nou is diedag van heil.

Dus moet ek Christus nou as my Verlosser en Voorspraak aanneem,Of Hom later in die gesig kyk as die regter.

Hier is dan iets wat ons kanverbaas. Alhoewel God die Vader die regter is in dieondersoekende deel van die oordeel waar Jesus as advokaat of voorspraakdien, het Hy in werklikheidSy Seun aangestel as uitvoerende regter.

Joh.5:22 “Want die Vader oordeel ook niemand nie,maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.

Page 18: ♫ Speakers!

15. Baie mense voel ongemaklik wanneer daar van die oordeel gepraat word. Hoekom ?

Antw: Want alle mense besef diep in hulle harte dat hulle vir hulle dadeverantwoordelik is en dit net tydelik kan verberg. Die werk van die Heilige gees is om die mense te oortuig dat hulle verkeerd doen en Hydoen sy werk deeglik. Die mens is deur God geskape om reg te lewe,en het ‘n gewete wat hom aankla as hy verkeerd doen. Diegene wathulle gewete en die Heilige Gees ignoreer, weet hulle is verkeerd enDaarom voel hulle om weg te hardloop.

Spr.28:1 “Die goddelose vlugSonder dat daar ‘n vervolger is”

Lev. 26:14-17 as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; …..Ek sal verskrikking oor julle beskik;…….En julle sal vlug terwyl niemandJulle agtervolg nie.

Joh.16:8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en vanGeregtigheid en van oordeel.

Page 19: ♫ Speakers!

16. Wat is die belangrikste verrigting van die oordeel ?

Antw: Die sondeprobleem sal volkome opgelos wees. In die begin hetSatan gesondig deur valse aantygings teen God se karakter en plannete maak en deur vol te hou dat sy plan beter was. Sonde, iets nuuts in die heelal, is destyds nie begryp nie en kon nie dadelik vernietig wordnie, anders sou mense en engele God uit vrees gedien het en nie uit liefde nie.

Dit het eeue geduur voordat sonde tot sy volle ontplooing gekom het.Maar wanneer die oordeel tot ‘n einde gekom en elkeen se saaksorgvuldig ondersoek is, sal God se liefdevolle karakter ten volle erken word. Selfs die Satan en Sondaars sal toegee dat God altyduiters genadig, liefdevol en regverdig was in Sy opterede teenoor elke persoon en selfs teenoor die Bose. Dit sal ook krisstalhelder weesdat die Satan se plan ‘n tragedie was, wat op selfverheffing gebaseer was, en tot ellende, hartseer en die dood gelei het. Na die oordeel sal die ganse heelal uitroep:

Openb.15:3 : Regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges.

( Geneem uit : Verbasende feite. SDA ) Alta Strydom