web viewdie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... wie word toe mej ... as...

31
VrydagNuus 14 MAART 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Menswees “We need one another to be fully human. Brokenness, imperfection and incompleteness is the human story” – Vader Michael Lapsley, een van die nuutverkose visie-presidente van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), by die afsluitingsgeleentheid van die Wêreldraad van Kerke in November 2013. Lees meer . Dit is nog meer betekenisvol, omdat Michael Lapsley albei sy hande in 'n briefbom verloor het in die apartheidsjare. SINODALE NUUS 1. #imagine: Dringende versoek aan Gemeentes Met amper 5000 inskrywings vir volgende naweek se #imagine-fees, heers groot opgewondenheid. 'n Gebrek aan gemeentes se finansiële ondersteuning en die ongekende reënval in die Noorde (wat ekstra koste van 'n reuse tent meebring) plaas ongelukkig 'n effense demper op die vreugde. Gemeentes se dringende aandag word gevra vir Gielie Loubser se versoek - reageer asseblief vandag nog. Lees hier. 2. Communitas: VBO-kursusse vir volgende kwartaal Daar is 'n hele aantal VBO-kursusse wat volgende kwartaal deur Communitas aangebied word. 'n Kursus oor die lees en verstaan van Paulus; aangebied deur proff Elna Mouton en Jeremy Punt, en Francois Wessels (sperdatum 3 April); 'n PEAK-leierskap kursus deur Jannie Le Roux en Peet Bester (sperdatum 10 April) en nog baie meer – lees gerus onderaan .

Upload: vandieu

Post on 31-Jan-2018

221 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

VrydagNuus14 MAART 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Menswees“We need one another to be fully human. Brokenness, imperfection and incompleteness is the human story” – Vader Michael Lapsley, een van die nuutverkose visie-presidente van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK), by die afsluitingsgeleentheid van die Wêreldraad van Kerke in November 2013. Lees meer. Dit is nog meer betekenisvol, omdat Michael Lapsley albei sy hande in 'n briefbom verloor het in die apartheidsjare.

SINODALE NUUS1. #imagine: Dringende versoek aan GemeentesMet amper 5000 inskrywings vir volgende naweek se #imagine-fees, heers groot opgewondenheid. 'n Gebrek aan gemeentes se finansiële ondersteuning en die ongekende reënval in die Noorde (wat ekstra koste van 'n reuse tent meebring) plaas ongelukkig 'n effense demper op die vreugde. Gemeentes se dringende aandag word gevra vir Gielie Loubser se versoek - reageer asseblief vandag nog. Lees hier.

2. Communitas: VBO-kursusse vir volgende kwartaalDaar is 'n hele aantal VBO-kursusse wat volgende kwartaal deur Communitas aangebied word. 'n Kursus oor die lees en verstaan van Paulus; aangebied deur proff Elna Mouton en Jeremy Punt, en Francois Wessels (sperdatum 3 April); 'n PEAK-leierskap kursus deur Jannie Le Roux en Peet Bester (sperdatum 10 April) en nog baie meer – lees gerus onderaan.

3. NG Kerk se ASM vergaderDie Algemene Sinode Moderamen (ASM) vergader van 17-19 Maart in Pretoria. Hierdie vergadering hanteer sake tot die volgende sinodesitting (September 2015) en bestaan uit die lede van die moderatuur, een afgevaardigde per sinode en vier addisionele lede. By http://www.ngkerkas.co.za/index.php/ngk-familie/ngk/ is meer hieroor. Sterkte en wysheid vir almal by hierdie vergadering betrokke toegebid.

Page 2: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING Voormalige Sendingsekretaris oorledeOns het vanoggend die berig ontvang dat (ds) Day van Niekerk van die Strand Dinsdag oorlede is. Hy was onder meer Organiserende Sendingsekretaris van die Kaapse Kerk vanaf 1984 tot 1987 en Organiserende Sekretaris (Kaapstad-streek) by die Bybelgenootskap van SA. Ons medelye gaan aan sy gesin en familie met hierdie groot persoonlike verlies. Ons eer hom vir sy bydrae in die kerk van die Here (Red). Klik hier.

1. WGGK vra voorbidding in LydenstydDie algemene sekretaris van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK), dr Setri Nyomi, skryf aan die begin van Lydenstyd om voorbidding vir verskeie onrus-geteisterde lande te vra. Die Accra-verklaring, wat vanjaar sy tiende herdenking vier, bied ook besondere materiaal vir nadenke. Beide die brief en Accra-verklaring is by Dokumente – Kerk en Samelewing op www.kaapkerk.co.za beskikbaar.

2. Conventus oor Bendegeweld en VerkiesingDie Konvent van Reformatoriese Kerke (die grootste groepering van Gereformeerde Kerke in SA met ongeveer 1,5 miljoen lede) het van 4-6 Maart 'n suksesvolle vergadering in Athlone gehad. Twee mediaverklarings, een oor die komende algemene verkiesing en die ander oor die ontstellende voorkoms van bendegeweld, is vrygestel. Lees gerus.

3. Stellenbosch Besprekingsgroep: Oorsig oor die RequiemDie Stellenbosch Besprekingsgroep se volgende byeenkoms is op Dinsdag 18 Maart vanaf 17:00 in die Kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Prof Izak Grove, US Departement Musiek, spreek die groep toe oor: Die Requiem in die musiek: Agtergrond en oorsig. Toepaslike musiekstukke sal die praatjie toelig. Meer hieroor is aangeheg.

4. VGK Kraaifontein vra Hulp met KerkorrelHierdie gemeente is dringend op soek na ’n kerkorrel, terwyl fondse daarvoor eintlik baie beperk is. Hulle het twee bedieningspunte, nl in Eikendal en Scottsville. “’n Paar Sondae gelede het ons orrel in Scottsville finaal die gees gegee. Indien daar ’n gemeente of persoon is wat ons kan help om die orrel te vervang, sal ons dit baie waardeer,” skryf Andrew Esterhuizen (ds). Kontak hom by [email protected] of 021 987 4063 / 083 287 0637.

5. Verstaan Gemeentes se Sinodale AandeelDie NG Wes-en-Suid-Kaapland sinodale kantoor ontvang dikwels navrae oor die doel en aanwending van gemeentes se sinodale aandeel. Dit is belangrik om eerstens te herinner daaraan dat die sinode daar is ter wille van gemeentes; die sinode kán en moét gemeentes help. Gemeentes kan met die grootste vrymoedigheid vra, want hulp met fasilitering, berading, finansiële en administrasie is onder meer beskikbaar. Meer oor die sinodale aandeel is op die

Page 3: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

webblad van die Diensgroep Ondersteuningsdiens (SDO). Klik by “Sinodale Aandeel”.

6. Gereed vir #Twitter en #Interaktiewe Dienste?Gebruik # + 'n woord op Twitter en jy skep 'n onderwerp vir bespreking, 'n string kommentare om te volg. In sommige gevalle kan die # selfs 'n manier wees om deelname aan 'n erediens aan te moedig. Meer en meer mense kom met selfoon en al na die diens, lees hul Bybel deur 'n app en maak selfs notas oor die diens op hul iPad. Iets om dalk veral by Jeugdienste in berekening te bring? Belangstellendes kan hier meer lees.

7. Lydenstyd: Palmsondag 13 April 2014Op Palmsondag herdenk ons Jesus se intog in Jerusalem. Palmtakke en kruise uit palmblare gemaak, is deel hiervan. In sommige christelike tradisies word Palmsondag se kruise gedurende die volgende jaar se Aswoensdag in die as-seremonie verbrand. Hier is dalk iets vir 'n kleingroep om as aktiwiteit met die oog op Palmsondag te oorweeg: 'n PP-aanbieding met aanwysings vir die vou van so 'n kruisie is op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Algemene Dokumente beskikbaar.

INNOVASIEKom ons inspireer mekaar met kreatiewe planne en projekte. So sluit ons aan by een van ons sinode se waardes (www.kaapkerk.co.za), nl 'n “vaste verbintenis tot innovasie en kreatiwiteit”. Gemeentes, stuur asseblief nuus oor kreatiewe projekte en aksies na [email protected].

NG Durbanville: Durbanville vier/4 Jesus Aangespoor deur hulle jaarlikse reeks wat vanjaar die tema Die goeie en mooi gemeenskap het, het Durbanville besef dit is tyd om in liefde uit te reik na mekaar en na die wêreld, tyd dat die Kerk in Durbanville hande vat en saam sy Koninkryk uitleef. Hieruit is 'n groter veldtog, Durbanville vier/for Jesus (D4J), saam met verskeie ander denominasies gebore. Klik gerus hier; kyk die video en kry meer inligting op www.d4j.co.za. Hulle wil die dorp geel verf met 'n gebedstap, 'n pay-it-forward-veldtog en baie meer, laat weet André van Wyk!

KEN JOU AFKORTINGS1. NetACTNetACT (Network for African Congregational Theology) is 'n netwerk van Presbiteriaanse Gereformeerde tradisie in sub-Sahara Afrika. In 2000 is 'n netwerk gevorm tussen die US Fakulteit Teologie en suster teologiese instellings in Suider-Afrika, geïnisieer deur die MIV-pandemie, armoede en die wydverspreide korrupsie wat oral ervaar word. Lees meer op die KGA-webblad by http://www.kga.org.za/wp/netact/.

Page 4: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

2. STLASDie Sinodale Taakspan Leer en Aktuele Sake (STLAS) adviseer die sinode in verband met alle sake rakende die leer en leerstellig-etiese kwessies van aktuele belang in die lewe en getuienis van die kerk. Hulle hanteer navorsing en beplanning, inligting en voorligting in verband met leer en aktuele sake. Meer inligting oor dié taakspan is hier.

3. WGGKDie NG Kerkfamilie is deel van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK). Hierdie organisasie (in Engels bekend as die World Communion of Reformed Churches, WCRC) bestaan uit 229 lidkerke en is welbekend vir onder meer die Accra-verklaring. Klik hier vir meer inligting.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. LiG van April is hierEnkele hoogtepunte in hierdie propvol uitgawe:

Lindie – “Dien, doen en geniet!” Paasfees – stap saam op Jesus se lydenspad Ontspan! Perfekte ouers woon in Kammaland Kussingstories genees stukkende harte MasterChef-sussies se geheime bestanddeel:

hulle pa!

2. Shepherd Nuusbrief In die jongste uitgawe vervolg Gerhard Botha, direkteur van Shepherd, met die drie laaste eienskappe van toepassing op dominees in kleiner gemeentes, nadat hy in die vorige uitgawe verwys het na visie en innovering. Lees gerus by NUUT op www.kaapkerk.co.za hieroor.

3. L’Chaim, Nuusbrief van Simcha-bediening aan JodeIn hierdie nuusbrief van die familie van NG Kerke se Simcha Bediening aan Jode is inligting oor die Purim-fees, wat op Sondag 16 Maart gevier word. Lees gerus onderaan hoe Joodse kinders tydens hierdie fees in die kerk lawaai...klik hier.

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDE1. Bybel-Media Kleuterpret op StellenboschBybel-Media in samewerking met Stellenbosch Square hou op 15 Maart van 10:00 – 15:00 'n heerlike dag vir die kleinspan: 'n Akkerpret-poppekas om 10:00, 12:00 en 14:00, 'n inkleurkompetisie met groot pryse, allerlei prettige kunsaktiwiteite en kinderprodukte teen afslagpryse by die Kleuterpret-stalletjie. Vir al die ouers bied Mugg & Bean iets spesiaals: kry 10% af op enige maaltyd, slegs geldig vir 15 Maart. Kom haal gerus die koepon by ons stalletjie, nooi Adele. Navrae: [email protected]. Sien die volkleur advertensie hier.

Page 5: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

2. NG Gemeente De Rust2.1 De Rust en Hartenbos hou saam Basaar: Hande werk as Harte werk!Op Saterdag 29 Maart vanaf 10:00 hou Hartenbos en De Rust-gemeentes vir die derde jaar saam basaar! De Rust bring topgehalte vars vleis en Hartenbos skep 'n heerlike, feestelike atmosfeer vir die verkope. Besoekers aan die Hartenbos-basaar kan, benewens die tradisionele basaar lekkernye, uitsien na kwaliteit biltong en oorgenoeg goeie vleis, netjies verpak om selfs die hoë proteïen-aanhangers tevrede te stel. Nuus oor 'n spesiale veiling van unieke items en meer, is hier.

2.2 Meiringspoort Trail RunAs jy al die Meiringspoort Halfmarathon in Oktober gehardloop het, sal jy weet waarvan ons praat – die pragtige Meiringspoort! En nou kan die dapperes op 17 Mei die Meiringspoort Trail Run, wat jou nóg dieper neem, aandurf… maar wees gewaarsku – dit is rof! Vooraf-inskrywings R150 pp. Sien www.meiringspoorttrailrun.co.za. Skakel Brende by 076 038 2886 vir meer besonderhede. Fondse ten bate van die instandhoudingsfonds van die NG Kerk De Rust.

3. NG Gemeente Kuilsrivier: Kruis-tot-Kroon Musiek-konsertKuilsrivier, in samewerking met Aksie Samaritaan, bied 'n Musiekkonsert aan op 23 Maart om 19:00 in die kerkgebou (Van Riebeeckweg). Kaartjies beloop R50. Hierdie konsert is 'n fondsinsameling vir die opgradering van geboue vir Kuilsrivier se sopkombuis, met die droom om die sopkombuis mettertyd vir vaardigheidsontwikkeling te gebruik. Navrae en kaartjies: 021 903 1529. Lees onderaan meer oor Aksie Samaritaan en ondersteun gerus hierdie verdienstelike saak.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. NG Gemeente Stellenbosch: Vyfde Leraar'n Herinnering: Stellenbosch Moedergemeente, ’n gestuurde makrogemeente wat bestaan uit ’n gevestigde komponent van ongeveer 2200 belydende en 800 dooplidmate en ook ’n studente-komponent van ongeveer 2500 studente, het 'n vakature vir 'n vyfde leraar. Onderaan is meer hieroor. Reageer asseblief voor of op 24 Maart.

2. NG Gemeente Toringkerk, Paarl: MedeleraarBelangstellendes in ’n medeleraarspos by Toringkerk word hiermee uitgenooi om hulle name vir oorweging aan die gemeenteraad te stuur. Besonderhede oor die vereistes is onderaan. Reageer asseblief voor 14 April.

Page 6: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

3. NG Gemeente Olifantshoek: LeraarOlifantshoek is ’n gemeente met 252 belydende en 79 dooplidmate, geleë op die N14 roete, 50 km suid-wes van Kathu en 165 km noord-oos van Upington. Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewingsontwikkeling wat aanpassings in hulle bedieningsbehoeftes en –strategie noodsaak. 'n Vakature vir 'n leraar bestaan tans in hierdie gemeente. Belangstellendes moet voor 30 Maart aansoek doen. Meer inligting is hier.

4. Hefsiba, Mosambiek: Dosent in SielkundeHefsiba Instituut vir Christelike Hoër Onderwys van die IRM (Reformed Church in Mozambique) het universiteitstatus en is geleë by Vila Ulongue in die noordooste van die Tête-provinsie, Noord-Mosambiek. Hefsiba het drie fakulteite, nl Teologie, Sielkunde en Ekonomie & Bestuur. Hier is tans 'n vakature vir 'n dosent in Sielkunde. Meer inligting is aangeheg. Reageer voor 30 April.

5. Badisa: Maatskaplike WerkersDie Beheerrade van Badisa Trio Scottsdene/Kraaifontein en Badisa Tygerberg wag aansoeke in van geregistreerde maatskaplike werkers om vakante poste te vul. Badisa is 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VG Kerk in Suider-Afrika (Kaapland). Meer oor die vereistes en voordele is onderaan. Sluitingsdatum: 21 Maart.

6. NG Gemeente Tafelberg: MusiekdirekteurHier is 'n herinnering: die NG Gemeente Tafelberg benodig 'n dinamiese persoon om 'n vakature as musiekdirekteur te vul. Vereistes/'n profiel vir die pos sal op aanvraag aan alle aansoekers verskaf word. Aansoeke sluit op 20 Maart. Klik hier vir meer inligting.

Ten SlotteVir beplanning: onthou asseblief dat volgende week korter as gewoonlik is met Menseregtedag as openbare vakansiedag op Vrydag 21 Maart. Verder: die skole sluit op Vrydag 28 Maart vir die April-vakansie en heropen op Maandag 7 April. Afgesien daarvan, maak verskeie skool- en ander vakansiedae deel van volgende kwartaal uit. Diegene wat weer al die datums wil bekyk, kan hier klik.

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

Page 7: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

#IMAGINEDRINGENDE VERSOEK

12 Maart 2014

Geagte kollega

Dit raak vir ons duidelik dat die Here ’n beweging begin het wat baie meer as ’n naweekkamp alleen is. Daar het al 4845 ingeskryf en verskeie gemeentes is nog besig om hulle lyste op die website in te voer; daarom weet ons hier is nog baie wat bygevoeg word.

Vandag vra ek egter reguit vir jou wat hier lees om ons te help.

Van die 1600 gemeentes wat die NG Kerk het, het slegs 96 gemeentes vir ons gehelp met finansiële bydraes (en 2 streeksinodes). Dis minder as ’n tiende en dit bring ons by ’n finansiële krisis!

Ons het ons begroting so aangepas en afbestuur dat ons net meer as R100 000 gekort het, maar die aanhoudende reën in die Noorde dwing ons om ’n reuse tent op te slaan wat ons R67 000 ekstra kos. Ons het ook begroot dat daar 4500 mense na die Noorde se #imagine sou gaan en weens die reën (vermoed ons) is daar minder as 2000 mense. Dit laat ons met nog ’n R300 000 tekort.

As julle gemeente dus nog nie bygedra het nie, wil julle nie asseblief sommer vandag nog die R2000 of meer oorbetaal nie? As julle nie die fondse het nie, wil jy/julle nie ’n paar sakemanne vra om ’n bydrae te maak, sodat julle ons kan help met ’n bydrae nie? Sien die bankbesonderhede hieronder.

Ons is eintlik so opgewonde oor die sprekers en die “bands” en die program en die amper 5000 wat ingeskryf het, maar die kommer oor die finansies steel soveel vreugde.

Ons weet hierdie beweging kan ons kerk se dalende getalle omdraai, kan ons publieke beeld positief beïnvloed, maar meer as dit - dit kan ons land help opbou.

Asseblief - help ons oor die laaste hekkie.

Groete.

Gielie [email protected] 808 9293

Bankbesonderhede:Bybel-Media

Page 8: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

ABSA tjekrekening Rekeningnommer: 408 259 9261Takkode: 632005 Verwysing: Gemeentenaam

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

COMMUNITASVBO-KURSUSSE

Daar is 'n hele aantal VBO-kursusse wat volgende kwartaal deur Communitas aangebied word:

8–10 April: ’n Nuwe blik op Paulus: ’n Inleiding tot hedendaagse interpretasies van Paulus se boodskap en sy kommunikasie daarvan. Dis 'n kursus oor die lees en verstaan van Paulus; aanbieders is proff Elna Mouton en Jeremy Punt, asook Francois Wessels.

Sperdatum: 3 AprilInskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

15–16 Apr: PEAK Deel 2 – Belangrik: persone wat reeds Deel 1 in die verlede gedoen het, kan ook hier inskakel om die PEAK Leadership-kursus te voltooi. Aangebied deur Jannie le Roux en Peet Bester.

Sperdatum: 10 AprilInskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

22–24 Apr: Gelukkige Aftrede – Vir almal wat op aftrede staan - dis belangrik om jou voor te berei vir hierdie nuwe lewensfase! Aanbieders is Kenny Raats en Deon Bruwer.

Sperdatum 10 AprilInskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

22–24 April: Familiebediening? Hoe werk dit in huishoudings, in gemeentes, in die skool en as ’n missionêre metodiek? – aanbeveel vir almal wat ouers is of met families, kinders of jongmense werk. "Where Christ is present in faith, the home is church too!" Aanbieders: Deon Kitching, Gielie Loubser, Anriëtte de Ridder en Denvor Wagenaar.

Page 9: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Sperdatum 14 AprilInskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

13-15 Mei: (Let wel – die datum het geskuif agv die verkiesing) Nuwe Groei en Vrug – hoe om jou visie en passie weer aan te vuur. Die kursus wil hê dat “elke leraar ʼn nuwe ontmoeting met die Here sal ervaar wat verseker nuwe blydskap, groei en vrug gaan bring”. Aanbieder is Dirkie van der Spuy.

Sperdatum 25 AprilInskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

20-22 Mei: PEAK Fasiliteerders Opleiding – indien jy reeds die PEAK-kursus as geheel voltooi het, kan jy nou die fasiliteerders-kursus bywoon. Dit is 'n geleentheid om jou te bemagtig om gemeenskapsleiers op te lei in leierskap en húlle weer so te bemagtig. Die aanbieder is Kerry Sandison van Village of Leaders. Die assessering vind plaas op 17-20 Jun – merk dus hierdie 7 dae op jou dagboek.

Skryf in voor of op 12 Mei.Inskrywingsvorm beskikbaar op www.kaapkerk.co.za – Dokumente – Dagboek.

Meer inligting oor elke kursus is hier onder, asook op die Communitas webtuiste, by http://communitas.co.za/taakspanne/vbo/vbo-2014-volledige-kursusboekie/ of skakel Wilma le Roux by 021 808 3624.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

VOORMALIGE SENDINGSEKRETARIS OORLEDEOns het vanoggend die berig ontvang dat (ds) Day van Niekerk van die Strand Dinsdag (11 Maart 2014) oorlede is.

Hy het die gemeentes Hennenman, Koue Bokkeveld, Bredasdorp en Suider-Strand gedurende sy loopbaan bedien en was Organiserende Sendingsekretaris van die Kaapse Kerk vanaf 1984 tot 1987. Daarna was hy as Organiserende Sekretaris (Kaapstad-streek) by die Bybelgenootskap van SA werksaam.

Sedert sy aftrede het hulle in die Strand gewoon. Day sal onthou word as 'n vriendelike, entoesiastiese persoon wat die belange van die NG Kerk in sy betrokkenheid in Afrika met groot ywer gedien het.

Page 10: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

'n Dankdiens sal op Maandag 17 Maart in die NG Gemeente Suider-Strand gehou word.

Ons medelye gaan aan sy gesin en familie met hierdie groot persoonlike verlies. Ons eer hom vir sy bydrae in die kerk van die Here (Red).

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

16TH CONVENTUS OF THE CHURCHES OF THE REFORMATION IN SOUTHERN AFRICA

STATEMENT ON GANG VIOLENCE

March 4th, 2014Athlone, Cape Town Metropole

Today, the 4th March 2014, an act of gang violence robbed a young man of 17 of his life. He was gunned down in a gang shooting only a stone's throw away from where we have meeting in Calvin Protestant Church in Kewtown, Athlone.

For some people he will signify no more than a news item. But to his mother he was her only son; to us all he was a fellow human being; and in God's sight he was someone created in his own image, whose life was therefore precious.

We urge those who were responsible for this atrocity to acknowledge to grievous injury they have done to the bereaved family and to desist from any further senseless violence. We also appeal to the community to respect the rule of law and to those responsible for the enforcement of the law to see that justice is done and to keep the peace.

Rev Stephen Snyman (Calvyn Protestant Church of South Africa)Chair

Rev Etienne Fourie (Netherdutch Reformed Church of Africa)General Secretary

Members of the Conventus present:Calvyn Protestant Church of South AfricaDutch Reformed Church Dutch Reformed Church in AfricaEvangelical Lutheran Church in Southern AfricaNetherdutch Reformed Church of AfricaReformed Churches in South AfricaRhenish Church

Page 11: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Uniting Presbyterian Church in Southern Africa

These churches represent 1 500 000 Christians in South Africa.

16TH CONVENTUS OF THE CHURCHES OF THE REFORMATION IN SOUTHERN AFRICA

STATEMENT ON THE UPCOMING ELECTIONS

March 6th, 2014Athlone, Cape Town Metropole

We call on all citizens of South Africa - and especially the members of our churches – to take seriously the importance of participating in the democratic process in our country by taking part in the upcoming elections. Every Christian citizen who can, should vote.

We call on all South Africans to refrain from any form of violence, and to use the opportunity, and allow others the opportunity, to vote and let their voices be heard.

It is inappropriate for a church to call on its members to vote for any particular political party. Instead the church should teach the values of justice, compassion and integrity and call on its members to vote according to these values.

We call upon our members to value the role of a political party for what it should be: not an organisation dictating the whole of civil society in a country, but an effective instrument governing for the benefit of all the citizens of a country.

Every voter should vote not according to our natural inclinations to vote in favour of our racial or class privileges but for the good of all and for justice for all.

We call on all those campaigning for political parties at all times to refrain from any rhetoric that incites hatred or prejudice between citizens and to stick strictly to the truth. This truth also includes refraining from making unrealistic promises that will afterwards lead to frustration and aggression among people.

We also call upon leaders of political parties to refrain from any claim to be the only God-ordained institution to govern South Africa till kingdom comes.

We call on all authorities and parties involved in the election to see that the election will be free and fair and transparent.

We pray to almighty God to use this election to preserve the peace and promote the well-being of all the citizens of South Africa.

Page 12: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Rev Stephen Snyman (Calvyn Protestant Church of South Africa)Chair

Rev Etienne Fourie (Netherdutch Reformed Church of Africa)General Secretary

Members of the Conventus present:Calvyn Protestant Church of South AfricaDutch Reformed Church Dutch Reformed Church in AfricaEvangelical Lutheran Church in Southern AfricaNetherdutch Reformed Church of AfricaReformed Churches in South AfricaRhenish ChurchUniting Presbyterian Church in Southern Africa

16DE KONVENT VAN DIE KERKE VAN DIE REFORMASIE IN SUIDELIKE-AFRIKA

VERKLARING OOR DIE KOMENDE VERKIESING

6 Maart 2014Athlone, Kaapstad Metropool

Ons doen 'n beroep op alle inwoners van Suid-Afrika – en veral die lidmate van ons kerke – om aan die demokratiese proses in ons land deel te neem en die komende verkiesing ernstig op te neem. Elke Christen wat kan stem, moet stem.

Ons doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle te weerhou van enige vorm van geweld; om hierdie geleentheid om te stem, te benut én om ander dieselfde geleentheid te gun ten einde hulle stemme te laat hoor.

Dit is onvanpas vir 'n kerk om sy lede te versoek om vir 'n bepaalde politieke party te stem. In plaas daarvan moet die kerk die waardes van geregtigheid, deernis en integriteit verkondig en 'n beroep op sy lede doen om te stem volgens hierdie waardes.

Ons versoek ons lidmate om die rol van 'n politieke party te sien vir wat dit behoort te wees: nie 'n organisasie om die hele burgerlike samelewing in 'n land te dikteer nie, maar 'n doeltreffende instrument vir effektiewe regering tot die voordeel van al die burgers van 'n land.

Elke kieser moet stem, nie volgens ons natuurlike neigings ten gunste van ras of klas nie, maar vir die welsyn en geregtigheid van almal.

Page 13: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Ons doen 'n beroep op die verteenwoordigers van alle politieke partye om hulle te alle tye te weerhou van enige retoriek wat haat of vooroordeel tussen die burgers van die land kan aanblaas en om hulle by die waarheid te hou. Hierdie waarheid sluit in dat hulle hulself sal weerhou van die maak van onrealistiese beloftes wat net sal lei tot frustrasie en aggressie tussen mense.

Ons doen ook 'n beroep op die leiers van politieke partye om hulle te weerhou van enige aanspraak om die enigste Godgegewe instelling in Suid-Afrika te wees wat sal regeer tot die wederkoms.

Ons roep alle owerhede en die betrokke partye op om toe te sien dat die verkiesing vry en regverdig en deursigtig sal wees.

Ons bid dat die Almagtige God hierdie verkiesing sal gebruik om die vrede en die welsyn van al die burgers van Suid-Afrika te bevorder.

Ds Stephen Snyman (Calvyn Protestantse Kerk in Suid-Afrika)Voorsitter

Ds Etienne Fourie (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika)Algemene Sekretaris

Lede van die Conventus teenwoordig:Calvyn Protestantse Kerk van Suid-AfrikaDie Rynse KerkEvangelies Lutherse Kerk in Suider-AfrikaGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNederduitsch Hervormde Kerk van AfrikaNederduitse Gereformeerde Kerk Nederduitse Gereformeerde Kerk in AfrikaUniting Presbyterian Church in Southern Africa

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

STELLENBOSCH STUDIE- EN BESPREKINGSGROEPONS GODSDIENS EN DIE WETENSKAPPE

Volgende Byeenkoms

Datum en tyd: Dinsdag 18 Maart, om 17:00 tot 18:00 lesing (oor die ondergenoemde onderwerp) en daarna bespreking tot 18:30.

Onderwerp: Die Requiem in die musiek: Agtergrond en oorsig

Page 14: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Spreker: Prof Izak Grove, Dept Musiek, US.

Plek: Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, h/v Merrimanlaan & Martinsonstraat, Uniepark, Stellenbosch.

Prof. Izak Grove spreek ons toe oor die onderwerp:Die Requiem in die musiek: Agtergrond en oorsig

Die Requiem (die dodemis) soos musiekliefhebbers dit ken aan die hand van Mozart en andere se werk, behoort tot 'n liturgiese begrafnistradisie van die Vroeë Kerk, en voorskrifte van leestekste en musikale items daarvoor is tydens die 16de eeu finaal vasgelê. Die meermalige gebruikspotensiaal van 'n komposisie vir die doel was een van die redes vir komposisies daarvan deur gevestigde komponiste.

'n Belangrike deel van 18de-eeuse Requiem-komposisies was die gebruik van instrumente, en daardeur het die genre veral sedert die 19de eeu meer gereeld as gewyde konsertmusiek gedien, in plaas van liturgiese musiek in die kerk. Die belangrikste werke in die konsert repertorium is dié van Mozart, Verdi en Fauré. Brahms se werk met dieselfde titel behoort in werklikheid tot die Protestantse kerkmusiek, en is nie werklik 'n Requiem nie. Hierdie werke sal die kern vorm van die aanbieding op 18 Maart.

Prof Izak Grove is 'n afgetrede professor vir musiekwetenskap, maar steeds aktief as dosent op deeltydse basis.

Kontak die sekretaris, Piet Walters, by [email protected] met navrae.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE DURBANVILLEGOEIE EN MOOI GEMEENSKAP

Durbanville-gemeente hou jaarliks 'n reeks in die gemeente rondom 'n spesifieke tema en al die bedieninge word hierby betrek. Reeds in 2013 het ons besef dat ons nie in 2014 'n tema soos Die goeie en mooi gemeenskap – na aanleiding van 'n gelyknamige boek deur James Bryan Smith - alleen kan aanpak nie. Dis immers die Here se opdrag vir sy hele kerk om deur dade van liefde uit te reik na mekaar en na die wêreld. Deur die jare is vriendskappe tussen 'n hele klompie kerke opgebou en die Here het ons oortuig dat die tyd ryp is dat sy Kerk in Durbanville hande vat en saam sy Koninkryk uitleef.

Aanvanklik het ons vier kerke genooi – Durbanville Baptiste Kerk, die Presbiteriaanse Kerk, die Anglikaanse Kerk en Durbanville Familiekerk - om

Page 15: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

hierdie jaar se reeks vir vier weke saam met ons te doen in hul eie gemeentes en dan tydens Pinkster saam hier in ons kerk. Almal het met oorgawe “ingekoop” en meer en meer kerke het gevra om ook deel te wees - El Shaddai, Goedemoed Baptiste, Christian Family Church, Protea Valley Church, Grapevine Christian Fellowship en GraceLife Ministries.

Hieruit is 'n groter veldtog – Durbanville vier/for Jesus (D4J) vir die Kerk in Durbanville gebore en glo my, die dorp gaan geel geverf word, letterlik! Tydens Mei-maand word 'n groot gebedstap deur die dorp vir alle kerke deur die Anglikaanse Kerk gereël; jeugwerkers van die onderskeie kerke gaan die skole besoek en die kinders tot 'n “pay-it-forward” veldtog uitdaag; ons gaan 'n Praise & Worship-aand by Durbanville Familiekerk vir die tieners hou en van Hemelvaart tot Pinkstersondag word 'n 10-dae-van-gebed geleentheid vir Durbanville gereël. Vir 1 Junie word onderskeie uitreikgeleenthede beplan en vanaf 1-5 Junie (Pinkster) kom almal na NGK Durbanville toe vir 'n reeks oor Die Goeie en Mooi Gemeenskap, saam aangebied deur predikante van die verskillende kerke. En natuurlik hou ons potjiekosaand op 6 Junie vir al die kerke saam. En wat 'n fees gaan dit nie wees nie!

Vandat ek 12 jaar terug as predikant by Durbanville Gemeente aangestel is, het ek deel geword van die Predikanteforum, waar predikante, pastore en ander kerkleiers maandeliks mekaar ontmoet vir gesprek en verhoudinge bou. Oor die jare is telkemale probeer om gesamentlike gebeurtenisse of bedieninge op die been te bring, maar tot dusver was dit net nie moontlik nie. Elkeen was maar besig met hul eie kerk se bedieninge en verantwoordelikhede. Maar die laaste paar jaar het die Here regtig hegte verhoudinge tussen ons opgebou waar vertroue, omgee en liefde hoog op prys gestel word. Ons het weereens tot die oortuiging gekom dat God se Koninkryk hier in Durbanville en verder baie belangriker is as ons eie gemeentes en dat die Here groter eenheid wil sien in sy Kerk. So die koms van hierdie reeks en veldtog maak ons almal baie opgewonde.

Ek glo regtig dat hierdie veldtog die begin van GROOT dinge vir die uitgebreide kerk in Durbanville is. Die D4J-veldtog stop nie na Pinkster nie en ons is reeds besig om opvolg byeenkomste te reël. Verder droom ons dat die onderskeie kerke se bedieninge en lidmate al meer en meer sal hande vat om saam, in eenheid en liefde, ons dorp te dien met die Here se liefde. So leef ons mos in die Koninkryk van God!

Gaan kyk gerus na die nuwe webbladsy - www.d4j.co.za of ‘like’ ons D4J-Facebook bladsy!

André van WykNG Durbanville6 Maart 2014

Terug na Hoofblad.

Page 16: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

----------------------------------------------------------

SIMCHANuusbrief van die familie van NG Kerke se Simcha Bediening aan JodeNewsletter from the Dutch Reformed Churches’ Simcha Ministry to the Jewish people

MAART 2014

Viering van die Joodse fees Purim op Sondag 16 Maart in erediens

Hoe om in die kerk lawaai te maak...Die Joodse Purim-fees word eerskomende Sondag, 16 Maart gevier. Purim vier die gebeure van die boek Ester in die Bybel – die verhaal hoe die Here vir Ester, ’n soort Ou-Testamentiese skoonheidskoningin, gebruik het om die volk Israel te red van ’n beplande volksmoord deur die Hamman, die eerste minister in die Persiese Ryk in die 6de eeu VC. Purim is ’n vrolike fees – daar word selfs in die sinagoge gedans! Vir Joodse kinders is dit ’n gunstelingfees, want met Purim word hulle toegelaat om hardop in die sinagoge lawaai te maak. Lees hieronder hoe dominee dieselfde met sy gemeentekinders kan doen.

Wat gebeur het met Ester, Mej PersiëDie boek Ester vertel die verhaal van Ester, ’n Joodse meisie wat in die tyd van die ballingskap in die Persiese Ryk gewoon het. Koning Ahasveros soek toe ’n bruid – maar dit moes die mooiste meisie in Persië wees. Wie word toe Mej Persië – en kort daarna die koningin van Persië? Reg geraai – niemand anders as Ester nie! Maar Ester was skaam omdat sy in die God van Abraham, Isak en Jakob geglo het, daarom het sy nie vir koning Ahasveros gesê dat sy ’n Jodin was nie.

Kort voor lank is sy egter gedwing om te kies vir of teen die waarheid. Die eerste minister van Persië, ’n man met die naam van Hamman, ’n regte skurk, het ’n wet uitgevaardig dat al die Jode wat in Persië gewoon het, uitgeroei moes word. Ester se oom, ’n man met die naam van Mordecai, stuur toe ’n boodskap na Ester: Sy is die enigste wat die Israeliete nou kon red, sy moes na die koning gaan en hom vertel dat sy ’n Israeliet is, en dat sy glo in die God van van Abraham, Isaak en Jakob – en dat die koning asseblief moet ingryp, anders word al die Israeliete in Persië vermoor.

Ester was eers bang. Sy kon haar lewe verloor as sy op haar eie, sonder uitnodiging, na die koning gaan. Haar oom Mordegai stuur haar toe die volgende boodskap: “Moenie dink net jy van al die Jode sal vrykom omdat jy in die koning se paleis is nie. As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het! (Ester 4:12)”

Page 17: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Ester het toe haar moed bymekaar geskraap, na die koning gegaan – wat haar sowaar vriendelik ontvang het! Toe hy haar storie hoor, was hy baie kwaad vir sy eerste minister Hamman, wat die Israeliete wou uitmoor. Die koning het toe kennis gegee dat Hamman tereggestel moet word, en dat die Israeliete se veiligheid in die Persiese Ryk gewaarborg moet word.

Hoe Joodse kinders die Purim-fees vier...In die sinagoge word die gebeure hierbo in herinnering geroep deur ’n gedeelte van die verhaal van Ester hardop in die sinagoge te lees – gewoonlik deel van hoofstuk 4. Wanneer die naam van die agterbakse eerste minister Hamman gelees word, het die kinders in die sinagoge – en al die grootmense wat jonk van gees is – die reg om lawaai te maak, om so die naam van Hamman, die skurk, uit te doof.

Dominee kan die volgende doen op eerskomende Sondag 16 Maart (presies die dag waarop die Purim-fees gevier word): In die kindertyd word die kinders na vore geroep. Leë blikke met sente en ander dinge wat lawaai maak, word uitgedeel. Dominee vertel kortliks die storie van Ester en lees dan ’n stuk uit die Bybel waarin Hamman se naam dikwels voorkom – miskien uit Ester 4, of dalk sy eie opsomming. Wanneer die naam “Hamman” genoem word, moet die kinders lawaai maak – die blikke skud, voete stamp of sommer net skreeu.

Om een of ander onverklaarbare rede geniet die kinders (en veral sommige grootmense wat saam skree) die lawaaimakery terdeë.

As dominee die skare tot bedaring gebring het, kan hy dalk preek oor Mordegai se woorde aan Ester (en ons almal): “As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” (Ester 4:12)

En dalk kan sommige van die lidmate die storie van Ester en Purim gebruik om by Joodse vriende te hoor hoe hulle oor geloof voel – en miskien die geleentheid gebruik om oor hulle eie geloof te praat.

As u ons nuusbrief per e-pos wil ontvang: stuur ’n e-pos aan Cecilia Burger by [email protected].

Francois Wessels 083 232 0960Cecilia Burger 021 424 9454 of 083 232 0628Kloofnekweg 43, Tamboerskloof, Kaapstad

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 18: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

NG GEMEENTES HARTENBOS EN DE RUSTBASAAR

Die NG Gemeente Hartenbos hou op 29 Maart sy jaarlikse basaar. Ons tema vanjaar is: Hande werk as harte werk.

Kom beleef dit met 'n gemeente in aksie!

Met al die vakansiegangers, ondersteuners van die KKNK, besoekers uit die omgewing en eie gemeentelede gaan dit 'n regte Hartenbos-joligheid wees.

Oorvol tafels met 'n verskeidenheid lekkernye en heerlike etes beteken nie dat laatkommers iets gaan kry nie! Maak seker dat jy betyds is. Die basaar open om 10:00.

Ons bied vanjaar, as 'n eerste, 'n spesiale veiling aan waar ons 'n klompie werklik unieke items gaan opveil. Onder die items tel handgemaakte knipmesse, 'n paar bottels wyn (enig in sy soort in die wêreld), unieke hout gemaakte items en nog meer. 'n Plek vir versamelaars.

Ons verwelkom weereens vir De Rust Gemeente met hulle hoë kwaliteit vleis en die lekkerste biltong in die kontrei."

Kontak:Piet Schoeman (Hartenbos) by 044 692 0424 ofPaula Schoeman (De Rust) by 044 241 2114.

Terug na Hoofblad.

------------------------------------------------------

NG GEMEENTE KUILSRIVIERKRUIS-TOT-KROON MUSIEK-KONSERT

NG Gemeente Kuilsrivier, in samewerking met Aksie Samaritaan, bied 'n Musiekkonsert aan op 23 Maart om 19:00 in die kerkgebou (Van Riebeeckweg). Kaartjies beloop R50.

Hierdie konsert is 'n fondsinsameling vir die opgradering van geboue vir Kuilsrivier se sopkombuis, met die hoop om mettertyd die sopkombuis te gebruik vir vaardigheidsontwikkeling.

Navrae en kaartjies: 021 903 1529.

Meer oor Aksie Samaritaan:

Page 19: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Hierdie projek is 'n Kuilsrivier Gemeenskapsprojek wat geloods word deur Aksie Samaritaan. Aksie Samaritaan stel mense in Kuilsrivier in staat om hande te vat teen armoede en nood d.m.v. 'n sopkombuis en straat-uitreike.

Aksie Samaritaan se bestaande gebou is net voldoende vir dienste en die uitdeel van sop en brood. Ons droom is om ook die geboue te gebruik vir kerkdienste, Bybelstudies, Kategese en uiteindelik ook berading en vaardigheidsontwikkeling.

Beter ablusie-geriewe met die verdere droom dat hierdie perseel ook eendag as 'n nagskuiling ingespan sal word.

Kom help ons droom waar word en ondersteun asb. die projekte wat geloods word. Kom ontspan op die Sondagaand in die teenwoordigheid van die Here.

Baie dankie vir u ondersteuning.

Sandra Meyer: 084 941 0622Direksielid, Aksie Samaritaan

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE STELLENBOSCH (MOEDERKERK | KRUISKERK)VAKATURE: VYFDE LERAAR

In biddende afhanklikheid van die Here maak die Kerkraad hierdie vakature bekend.

GemeenteprofielStellenbosch Moedergemeente is ’n gestuurde gemeente wat bestaan uit ’n gevestigde komponent van ongeveer 2200 belydende en 800 dooplidmate en ook ’n studente-komponent van ongeveer 2500 studente. Wat die gevestigde komponent van die gemeente betref, is daar ’n sterk toename in jong families wat by die gemeente inskakel. Die studente-komponent se aktiwiteite word bestuur deur die studente self onder die naam van die CRUX Studentebediening.

As ’n makrogemeente is ons eredienste vir ons krities belangrik as die weeklikse toerustings- en vieringsgeleenthede van die gemeente. Eredienste in ’n meer klassieke styl word in die historiese Moederkerk-gebou gehou en eredienste in ’n kontemporêre styl word in die Kruiskerk (die ou Studentekerk) gehou. Daarbenewens het die gemeente ook Tienerdienste en meditatiewe eredienste.

Die kernfasette van die gemeente se visie en bedieningsplan is Versorging, Toerusting en Bediening. Moedergemeente se visie is om vir God ’n Rivier van

Page 20: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Lewende Water te wees. Die CRUX Studentebediening sluit hierby aan deur hulle leuse om Toegerus vir die Lewe te wees en deur die verskeidenheid van aksies waardeur hulle ’n verskil in die wêreld maak.

Die gemeente het vier ander voltydse leraars, 'n pastorale hulp wat veral vir senior lidmate verantwoordelik is, 'n jeugwerker vir die tieners en 'n hele aantal administratiewe en ander bedieningsposte.

Meer inligting oor die gemeente is te vinde by www.moederkerk.co.za en www.kruiskerk.com.

LeraarsprofielDaar word gesoek na ’n persoon wat Vanuit ’n entoesiastiese verhouding met die Here leef Met deernis na mense omsien Sal fokus op die studentebediening in die gemeente Teologies goed onderleg is ten einde gemaklik met geloofsvrae te kan omgaan en die Woord aktueel en met intellektuele integriteit te kan bedien Energiek is en ’n natuurlike aanvoeling het vir studente se leefwêreld Kreatief kan kommunikeer en ongeforseerd gebruik maak van tegnologie en sosiale media ’n Begaafde spreker en prediker is wat ’n makro-gemeente se eredienste gemaklik kan hanteer Goed in ’n span en ’n geordende werksomgewing kan funksioneer en op sinergie ingestel is Bewys kan lewer van die deurvoer van idees en inisiatiewe na werkbare en volhoubare resultate ’n Duidelike en passievolle gerigtheid het op die verskil wat die plaaslike kerk in die gemeenskap kan maak en studente daartoe kan mobiliseer Verkieslik in die ouderdomsgroep 30 tot 40 val en oor gemeente-ervaring beskik Gemaklik in Afrikaans én Engels kan kommunikeer

Vergoeding: 'n Mededingende pakket met die sinodale skaal as riglyn sal onderhandel word

Aansoeke: 'n Volledige CV (met besonderhede van minstens drie referente) moet die kerkkantoor bereik voor of op 24 Maart 2014.

Rig die aansoek aan:Die VoorsitterPre-Advies TaakgroepDrostdystraat 2Stellenbosch7600Of per e-pos aan [email protected]

Navrae:

Page 21: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Maritha Kotze (Administratiewe Bestuurder),[email protected] of 021 883 3458 (kantoorure)Hennie Dippenaar (Voorsitter: Pre-Advieskommissie),[email protected] of 079 696 6185

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE TORINGKERK, PAARLVAKATURE: MEDELERAAR

Belangstellendes in ’n medeleraarspos by Toringkerk word hiermee uitgenooi om hulle name vir oorweging aan die gemeenteraad te stuur.

Die leraar waarna ons soek, is waarskynlik iemand

• met ’n gesinsgerigte bedieningstyl, ingestel op jongmense en jong volwassenes; • met sterk, innoverende leierseienskappe en bestuursvaardighede; • wat gebalanseerd is en goeie menseverhoudinge het;• met ’n pastorale hart.

Vergoeding is volgens sinodale skaal. ’n Ruim pastorie is beskikbaar.’n Volledige CV met minstens drie referente kan voor 14 April 2014

gestuur word aan:Die Saakgelastigde, Posbus 304, Paarl, 7620of e-pos aan [email protected]

Vir meer besonderhede, skakel ds Jaco Thom by 084 523 1157 of mev Annelie Koegelenberg by 021 872 6730 (weeksdae tussen 09:00 en 13:00).

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

NG GEMEENTE OLIFANTSHOEKVAKATURE: LERAAR

Olifantshoek is ’n gemeente met 252 belydende en 79 dooplidmate, geleë op die N14 roete, 50 km suid-wes van Kathu en 165 km noord-oos van Upington. Dit is baie tipiese uitgestrekte Kalahari-wêreld met lae reënval, rooi sand en pragtige kameeldoringbome. Ons gemeenskap bestaan uit landbou en groeiende industrie- en mynbou aktiwiteit en ’n aftreeoord.

Page 22: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewingsontwikkeling wat aanpassings in ons bedieningsbehoeftes en –strategie noodsaak. Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat ons kan lei in hierdie nuwe begin saam met Hom.

Wat vir ons belangrik is, is verhoudingsbou – ons het baie aktiewe plaaswyke wat al goed as omgeegroepe funksioneer. Ons wil dit graag ontwikkel saam met kleingroepbediening in die dorp;

Sondageredienste is vir ons kosbaar. Aangesien ons groot afstande moet aflê is dit vir ons belangrik om as God se familie by mekaar te kom en aktueel en prakties uit die Skrif gevoed te word. Ons jeugbediening lê ons na aan die hart.

Ons benodig begeleiding met pastorale versorging, visionering vir die toekoms en begeleiding met gemeenteroeping, en ’n hande-vat aksie van sinvolle besoek en ondersteuning. Ons is reeds besig met die ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur.

VergoedingAs gemeente in proses van herstel wil ons saam die Here vertrou dat ons binne Sinodale riglyne sal kan onderhandel.

AansoekEnige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit word genooi om voor 30 Maart 2014 ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier.

NavraeBart Nel (Leierouderling) 082 495 9713Ds Schalk van Schalkwyk (Konsulent) 084 673 1075Ds Bennie Brink (Brugleraar) 082 337 5458

AdresDie voorsitter, Posbus 25, Olifantshoek 8450E-pos: [email protected]

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

HEFSIBA INSTITUUT VIR CHRISTELIKE HOËR ONDERWYS

SIELKUNDE-DOSENT (GEMEENSKAPSBERADING)(MOSAMBIEK)

Page 23: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Hefsiba Instituut vir Christelike Hoër Onderwys van die IRM (Reformed Church in Mozambique) het universiteitstatus en is geleë by Vila Ulongue in die noordooste van die Tête-provinsie, Noord-Mosambiek. Hefsiba het drie fakulteite, nl. Teologie, Sielkunde en Ekonomie & Bestuur en bied verskeie kursusse waarvan sommige in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) is.

Die aangewese kandidaat/sendeling sal onder andere vir die volgende pligte verantwoordelik wees:• Kurrikulum-beplanning vir die 4-jaar Honneursgraad in Sielkunde;• Om ten minste 10 periodes per week klas te gee (gewoonlik saans);• Die rol vervul van Direkteur van die Fakulteit van Sielkunde;• Koördinering van ander vakke as deel van die Honneursgraad in Sielkunde;• Beheer van kwaliteit van Sielkunde op die kampus van Hefsiba en ander satellietkampusse;• Begeleiding doen van Honneursstudente in Teologiese afstandsonderrig in Sielkunde en lid wees van die Akademiese Komitee.

Die ideale kandidaat beskik oor ’n Meestersgraad in Sielkunde (’n kandidaat met ’n Honneurs wat besig is om ’n Meestersgraad te verwerf, sal ook oorweeg word). Vorige ondervinding in opleiding en praktiese berading word sterk aanbeveel. Benewens interkulturele ondervinding en sensitiwiteit is die ideale kandidaat ’n oortuigde Christen met bereidheid om dit in die kurrikulum te reflekteer. Bereidwilligheid om Portugees aan te leer, sal u aansoek versterk.

Vergoeding is onderhandelbaar.

Rig ’n volledige CV voor 30 April 2014 aan die Direkteur vir Vennootskappe: Zimbabwe, Mosambiek & Malawi by die Kommissie vir Getuienisaksie van die NG Kerk-familie in die Kaapstreek, Privaatsak X8, Bellville 7535 óf per e-pos na [email protected].

Persoonlike navrae kan gerig word aan dr Kobus Odendaal by 021 957 7204.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISA TRIO SCOTTSDENE/KRAAIFONTEIN EN BADISA TYGERBERG

Die Beheerrade van die genoemde programme wag aansoeke in van geregistreerde maatskaplike werkers om vakante poste te vul.

Vereistes:

Page 24: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

• Diploma of Graad in Maatskaplike Werk • Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensprofessies• Bestuurderslisensie• Afrikaans magtig

Posvereistes:• Kennis en vaardighede met betrekking tot Kinder- en Gesinsorg• Kennis en vaardighede met betrekking tot Statutêre Prosedures en Wetgewing• Kennis van vaardighede in al drie die metodes van Maatskaplike Werk

Voordele:• 'n Mededingende salaris• Dertiende tjek t.o.v. permanente poste• 24 Werksdae verlof• Mediese en pensioenvoordele t.o.v. permanente poste

Voorsien asseblief 'n volledige CV teen: 21 Maart 2014

Adres:Die Bestuurder Maatskaplike Diensprogramme: J Beukes (083 381 6749)Privaatsak X8Bellville 7535

E-posadres: [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE TAFELBERGMUSIEKDIREKTEUR

Die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Tafelberg is op soek na 'n dinamiese persoon om bogenoemde vakante posisie te vul.

Toepaslike kwalifikasies sal vanselfsprekend van belang wees en in ag geneem word. Dit sal egter nie noodwendig die deurslaggewende rol in die aanstelling van die suksesvolle kandidaat speel nie.

Vereistes/'n profiel vir die pos sal op aanvraag aan alle aansoekers verskaf word. Hierdie profiel is krities belangrik vir kennisname deur enige belangstellendes daar dit volledig beskryf waar die gemeente is, waarheen sy wil gaan, en die rol wat die suksesvolle kandidaat daarin sal speel. Aansoekers word ernstig versoek om hierdie profiel te bekom en te bestudeer alvorens hulle aansoeke indien.

Page 25: Web viewDie belangrikste werke in die konsert repertorium is dié ... Wie word toe Mej ... As jy nou swyg en daar kom van ’n ander kant oaf uitkoms en redding vir

Salaris sal onderhandelbaar wees ingevolge riglyne soos voorgeskryf deur SAKOV.

Aansoeke moet 'n volledige CV, die aansoeker se geloofsoortuigings, asook sy/haar kommentaar op die voorgestelde profiel, insluit

Navrae kan gerig word aan Celeste Vorster021 461 2682 (10:00-14:00) (Kantoor)083 700 8279 (sel)[email protected] (E-pos)

Aansoeke sluit op 20 Maart 2014.

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------