€¦ · web viewword in een deel van die plant geproduseer en na `n ander deel vervoer. drie...
TRANSCRIPT
Reaksie op die omgewing – plantePlanthormone
Organiese verbindings wat in lae konsentrasie voorkom en optree as chemise boodskappers. Word in een deel van die plant geproduseer en na `n ander deel vervoer. Drie hoofgroepe planthormone is:
Ouksiene Gibberline Absisiensuur
Ouksiene : word geproduseer deur verlengende selle net agter die groeipunte van stingels en wortelsOuksiene is verantwoordelik vir:
Tropiese bewegings van plante Selverlenging( stimuleer selle om langer te word) Apikale dominansie – ouksiene in die groeipunt inhibeer(keer) die groei van enige laterale(syknoppe)
onder hom Voorkom dat blomme en vrugte vroeg afval Stimuleer blom by sommige plante en verhoed blom by ander Stimuleer die produksie van vrugte
9.1 Groei en ontwikkeling in planteGroei en ontwikkeling van plante word deur hormone beheer. Ouksien is ’n voorbeeld van ’n hormoon.’n Tropisme is die groei- of draaibeweging van ’n plant of ’n deel van ’n plant in reaksie op ’n stimulus uit die omgewing.• Fototropisme is die groeibeweging van ’n plant in die rigting van ’n ligbron
As die lig die plant slegs van een kant tref, beweeg ouksiene na die donker kant van stingel Hoër konsentrasie ouksiene aan die donkerkant van stingel versnel selverlenging, wat veroorsaak dat
die donkerkant vinniger verleng as die lig kant Stingel buig na die lig toe
• Geotropisme is die groeibeweging van ’n plant in reaksie op swaartekrag of gravitasie. Hierdie groeibeweging van fototropisme en geotropisme is as gevolg van chemiese boodskappers (hormone), genaamd ouksiene, in ’n plant.
Wanneer wortels horisontaal geplaas word, beweeg ouksiene agv gravitasie na die onderkant van die
wortel.
1
Hoë konsentrasie ouksiene in wortel inhibeer(verhoed) selverlenging. Selverlenging aan die onderkant is dus stadiger as aan die bokant van die wortel Wortel groei dan na onder
Gibberliene (bl 200 meer volledig) Veroorsaak verlenging van stingels sodat plante hoog kan groei. Stimuleer saadkieming
Absissiensuur(ABA)(bl201 meer volledig) Inhibeer groei sodat sade en knoppe in rustoestand kan gaan in ongunstige omgewongstoestande Help die plant om stres te oorleef bv. droogte, lae temperature Bevorder die afsnyding van blare en vrugte Veroorsaak dat die huidmondjie sluit wanneer plante verwelk
Fototropisme GeotropismeStingels groei na die ligprikkel en is dus positief fototropies
Stinels groei boontoe, weg van die gravitasie en is dus negatief geotropies
Wortels groei weg van die ligprikkel en is dus negatief fototropies
Wortels groei in die aarde in en is dus positief geotropies
Plantgroeistowwe en gebruike in landbou Wortelvorming by steggies Produksie van vrugte sonder sade Rypwording van vrugte Toename in grootte van vrugte Stimuleer ontkieming van sade Beheer van onkruid
Sommige sintetiese onkruiddoders bevat hoë konsentrasies ouksiene wat breëblaar, dikotiele onkruide se metabolisme versnel en stimleer
Onkruide groei dan so vinnig dat hul voedselproduksie en wateropname nie genoegsaam is nie Plante verswak en gaan dood Boere kan dus dikotile onkruid tussen , monokotiele gewasse(koring,mielies en hawer) ,
suksesvol uitroeiMoontlike eksperimentele opstellingsFototropisme Geotropisme
NB ! Plantverdedigingsmeganismes ( bl 206 in handboek)
Aanvullende vrae
2
1. Lesego, 'n Graad 12 leerder, ondersoek die effek van planthormone op groei. Die volgende metode is gebruik. Metode: • Sy gebruik twee lote, wat sy loot A en B merk. • Sy sny die punt van Loot A af. • Sy sny die punt van Loot B af en sit dit weer terug. • Sy los die apparaat vir 'n paar dae. • Na 'n paar dae neem sy die resultate van Loot A en Loot B waar, soos getoon in die onderstaande diagram.
1.1 Identifiseer diea) Onafhanklike veranderlike (1)b) Afhanklike veranderlike (1)
1.2 Bespreek die resultate wat in die ondersoek waargeneem kan word. (4)1.3 Stel een manier voor hoe Lesego die betroubaarheid van die ondersoek kan verbeter. (1)1.4 Gee twee redes hoe sy kan verseker dat haar ondersoek geldig is. (2)
2. Die diagramme hierander stel die groeireaksies (groeibewegings) van twee verskillende plantargane ap uitwendige prikkels voor.
2.1 Noem die groep planthormone wat verantwoordelik is vir die groeireaksies wat in die diagramme waargeneem word. (1)
2.2 Noem die uitwendige prikkel by: (a) A (1)(b) D (1)
2.3 Gee EEN waarneembare rede waarom plantorgaan B `n stingel is. (1)
2.4 Verduidelik die groeireaksies wat by plantorgaan C waargeneem word. (3)
3. 'n Klinostaat is `n apparaat wat gebruik word om plantgroeireaksies te ondersoek. Dit het 'n skyf wat baie stadig roteer wanneer die klinostaat aangeskakel is. Tydens `n ondersoek oor plantgroeireaksies op lig is die prosedure hieronder gevolg: • Drie potplante van dieselfde spesie is gebruik. • Elke potplant is op een van drie identiese klinostate geplaas. • Elke stel apparaat, A, B en C, is in 'n boks met 'n enkele opening geplaas. • Elke klinostaat is oor In tydperk van vyf weke op 'n verskillende manier behandel. Die resultate van die ondersoek word in die diagramme hieronder voorgestel.
3
3.1 Noem die plant se groeireaksie op lig. (1)3.2 Noem TWEE faktore wat tydens die ondersoek konstant gehou is. (2)3.3 Gee EEN rede waarom die resultate van hierdie ondersoek as onbetroubaar beskou kan word. (1)3.4 In watter apparaat (A, B of C) was die klinostaat:
(a) Aangeskakel en het stadig geroteer (1)(b) Afgeskakel, maar een maal per week met die hand deur 180° geroteer (1)
3.5 Verduidelik die uitwerking van die eensydige lig op die verspreiding van ouksiene in die plant in apparaat C. (3)
4