rayryk.files.wordpress.com€¦  · web viewhélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die...

48
2008 GOVERNOR’S CUP RESIES KAAPSTAD NA ST HELENA EILAND Dagboek van Ewoud Rykaart. 1

Upload: others

Post on 21-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

2008 GOVERNOR’S CUP RESIESKAAPSTAD NA ST HELENA EILAND

Dagboek van Ewoud Rykaart.

29 Desember 2008 tot 22 Februarie 2009

1

Page 2: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

ʼn Paar Statistieke.

Boot naam : GAIA Seil afstand Kaapstad tot St Helena : 1838nm Gemiddelde spoed: 4.50knopeTipe : Cape28 Lengte : 8.53m Seil afstand St Helena tot Gordonsbaai: 3313nm Gemiddelde spoed: 4.10knopeGewig : 3500kg.

Totale seil afstand : 5151nm Gemiddelde spoed: 4.23knope

Totale tyd (insluitende 6 dae op St Helena) 56 dae._______________________

_________________________________

So bietjie algemene informasie.

Hélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in skuinsskrif gedoen. Die res is soos dit oorspronklik geskryf is op die tyd alhoewel ek hier en daar later ʼn nota bygevoeg het as daar ʼn insident was en ʼn latere gebeurtenis het ʼn inpak daarop gemaak. Dis net om dit so bietjie meer interessant te probeer maak – daar gebeur nie veel op so ʼn bootrit nie, dis alles net water en wind.

Omdat almal van Kaapstad vertrek het, het die organiseerders gereël dat al die bote by V&A vasmeer. Lien, Ray en Carli het saamgeseil van Gordonsbaai na V&A toe. Ons is Saterdagmiddag 22 Desember daar weg en het deur die nag geseil Kaap toe. Daar was baie min wind en die meeste van die tyd moes die motor help. Maar dit was lekker en Carli en Ray het hulle gate uit geniet. Carli het seesiek geword en volgens Ray ‘gespoeg’. Ek het in die slag gebly en moes met ʼn emmer water myself en die kajuit afwas. Dit was ʼn herhaling van toe Camille lank gelede ook op my ‘gespoeg’ het toe ons in Kanada na Cabbage eiland toe geseil het. Ray het bly terg en op ʼn stadium met sy mond vol water oor die reling geleun en gesê “Kyk Mamma, ek spoeg." Ek weet nie wie van ek of Lien meer lus was om hom oorboord te gooi nie. Carli, met haar bleek gesiggie het haar bes probeer om Ray se humor te hanteer.

Die hoogtepunt was toe ʼn paar dolfyne ʼn draai gemaak het en al om die boot baljaar het. Selfs Carli kon van haar naarheid vergeet. Na ʼn lang slaap was sy genees en kon die res van die rit, en veral die aankoms in V&A, baie geniet. Ek sal nie vergeet toe die twee voor op die boot gestaan het en vir al die mense gewaai het toe ons V&A binne gegaan het nie.

Figure 1 Gordonsbaai na V&A

2

Die foto links is naby Kaappunt geneem en regs net voor ons die volgende oggend by Kaapstad aangekom het.

Page 3: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 2 Al die Skippers van Governor’s Cup bote.

Figure 3 Ouma, Oupa, Keira en Andreo

3

Page 4: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 4 GAIA by V&A voor en met vertrek

33.53 S 18.25EDag 1. Maandag 29 Desember 2008.

Die oggend het begin deur die laaste vars kos op die boot te laai. Daarna is daar ʼn paar toesprake gehou, onder andere deur Me Jesperson, ʼn Stads Amptenaar en voormalige burgemeester van Simonstad. Ons is toe almal weg uit die hawe terwyl daar oor die publieke sisteem aangekondig is wie ons is, en ons eie gekose lied gespeel word. Myne was “Love changes everything” soos gesing deur Sarah Brightman. Johan, Annette en die kinders was saam met Ma daar om my af te sien. Ma en Annette is op die RMS St. Helena om die wegspring dop te hou.Ons dobber nou almal hier net buite die hawe rond en wag om te begin. Dis nou 12uur en daar is nog twee ure om te wag. Geen wind op die oomblik nie.Later: Nadat die kanon afgegaan het om die begin aan te dui was daar oorspronklik geen beweging van enige boot nie. Met geen wind was dit nie ʼn besonderse indrukwekkende prentjie nie. Daar het darem later so iets begin waai en met veel gesukkel het ons almal weggekom. Dit was die begin van wind, of geen wind, probleme wat die res van die resies gekenmerk het.

Figure 5GAIA dobber rond na die resies begin het -sonder wind en blykbaar sonder skipper......

4

GAIA vasgemeer by V&A langsaan ʼn 80ft boot. Op ʼn ander foto lyk hy soos ʼn reddingsboot van die grote. Regs is ons op pad uit met die hekke wat oplig.

Al dobberend na die resies reeds begin het. Die skipper soek seker lafenis binne om uit die hitte te kom. Later het daar darem genoeg wind gekom om te kon wegseil.

Page 5: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

33.12S 17.06EDag 2. Dinsdag 30 Desember 2008.

ʼn Stadige dag en nag. Somtyds net beweeg. Afstand net 80 myl. Die ander bote is voor my maar dit is te verstane. My boot is baie klein in vergelyking en met die wind is ʼn mas wat net ʼn klein bietjie langer is van groot belang om die wind daarbo te bereik.Die agterste “bilge” pomp het gebreek en ek sal dit een of ander tyd moet regmaak. Vir nou kan dit eers wag. Anders gaan dit goed. Ek is besig om Hélène se boek te lees “The Shack”. Nie heeltemal my smaak nie maar ʼn interessante benadering van die onderwerp.

From: <[email protected]>To: <[email protected]>Subject: EwoudDate: Tuesday, 30 December 2008 6:03

Hi LoveHet nounet jou verjaarsdag geskenk oopgemaak en is baie bly daaroor. Ek sal beslis al drie lees - genoeg tyd daarvoor. Alhoewel dit ook nie heeltemal waar is nie, want in die nag is die lig te sleg en in die dag vang ek op met verlore slaap. Dankie vir die boekie, sal net een blad elke dag lees.Die heel nag was daar byna geen wind nie. Ek is ver agter, die groot bote hanteer die ligte winde beter want hulle seil area is groter. Nietemin, alles gaan goed.Al my liefde Ewoud

Hi JohanIs daar iets op die website. As daar is en dis klein genoeg om te stuur sal ek graag wil weet waar die ander bote is.HeersPa

31.59S 15.00E Dag 3 Woensdag 31 Desember 2008.

Goeie wind in die nag met ʼn afstand van 120 myl. See was rof maar nou is dit stiller. Vanoggend die “bilge” pomp reggemaak. My lyf moes alle kante toe buig om dit uit te haal en weer terugsit. Genoeg plek vir ʼn aap maar nie ʼn gorilla nie. Nietemin hy werk weer. Gisteraand die laaste van Johan se pasta potjie geëet saam met groente. Die potjie is toe regtig so goed soos jy gesê het Johan.E-pos van Hélène, Johan en Maritz. Sover werk alles ok.Ek het ʼn lekker bad gehad. Toe ek vir Andreo gesê het ek bad op die boot was hy gou om te sê daar is nie ʼn bad nie. Hy is altyd so oplettend en ek moes verduidelik hoe ek ʼn emmer gebruik. Ek dink nie hy het dit heeltemal geglo nie.

30.34S 13.53EDag 4 Donderdag 1Januarie 2009.02.24

Laaste nag tot nou toe is daar maar net omtrent 5 knope wind. Ek kon nie juis vorder nie. Vroeër die oggend vind ek die los voorseil is weg. Ek kry dit toe waar dit in die water langs die boot gesleep word. Die “spinnaker Halyard” het gebreek. Alhoewel daar byna geen wind was nie was dit ʼn yslike taak om dit weer op die boot te kry. Dit is nou op met ʼn spaar “halyard”. Ek sal weer die “spinnaker halyard” opsit wanneer ek op anker is in St. Helena. Net die punt het afgebreek en ek kan dit buite die mas aansit indien nodig. Om dit op sy plek binne die mas deur te laat is twee mense nodig.Ek het myself ʼn Nuwejaars geskenk gegee deur Johan te vra om Pactor III sagteware te bestel. Hopelik sal dit die modem beter laat werk want dit sukkel maar. Dit is warm en stil. Gisteraand het ek braaivleis geëet en vanaand weer. Nee, nie vuur braaivleis nie – dis pan gebraai. Maar hier is alles lekker. Ek dink nie my vleis gaan bestand wees teen die hitte nie, so sal maar alles so vinnig moontlik eet. Daarna sal ek visvang!!!!My radio/CD speler is die goedkoopste op die mark en dit klink ook so. Dis nie net blikkerig nie maar dit mompel die woorde. Vir ʼn ekstra R200 kon ek ʼn beter een gekoop het maar natuurlik is ek altyd suinig en nou moet ek die prys betaal. (Ps. Hoe langer ek op die see was, hoe meer het die ding my gefrustreer. Die klank was, op ʼn skaal van 1 tot 10, omtrent -5).

5

Page 6: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

E-pos aan Johan:Hi Johan, Bestel asb. die software Pactor III wat ek jou van gesê het. Verifieer die nommer: 0100000AE30E9DCF (16 CHARACTERS)Bel ook Tony v/d Linde (Ma sal help wie dit is) en vra hy moet na die website kyk en dan ʼn tabel saamstel wat die boot se naam en afstand om te doen gee. In kleinste tot grootste afstand orde. Tony het ʼn program geskryf wat dit kan doen. Alles moet net kort en kragtig wees. Pa.

HI LoveAlles Ok hier. Goeie seil en geniet dit. Goeie Nuwejaar vir jou en ook al die ander. Het 'SHACK' gelees. Besig met Spaghetti en Waffles. Ek is in een van die bokse.Heers lief vir jou.Ewoud

29.43S 14.08EDag 5 Vrydag 2 Januarie 2009.02.24

Laaste nag vir 12 ure op een plek gestaan sonder wind. Dit was eintlik baie mooi met die helder sterre. So windstil dit sou ʼn perfekte aand gewees het vir ʼn vuur en braai. Op die oomblik (15h00) het dit opgetel en ek seil nou teen 5 knope. Met al die wind stiltes sal ek moet uithaal om teen die 14de klaar te maak. Daar bly 13 dae en 1300 myl oor. Baie moontlik maar net as die wind hou. Ek is nou in die resies en wil darem graag goed doen – ek hou nie daarvan om te vrloor nie. E-pos van Hélène gehad om te sê Johan en Annette is vanoggend huis toe.

From: <[email protected]>To: <[email protected]>Subject: GaiaDate: Vrydag 2 Januarie 2009 12:43

Hi LoveGeniet die alleen, maar gaan kuier baie by almal. Dit gaan stadig met almal-tekort aan wind. Met my stadige boot sal ek dit nie met die wind maak teen die 14de nie. Maar alles gaan goed. Ek neem aan Johan het gesê ons wag vir ʼn kode van Dockside Radio of iets soortgelyks. Moenie dit delete nie, stuur dit aan na my.Lief vir jouEwoud

28.46S 11.34EDag 6 Saterdag 3 Januarie 2009.

Goeie seil laaste nag maar met sons opkoms het die wind gewyk. Dis warm - seker 27-28 grade. Laaste nag het my linker voet, of liewer toon, begin seer word. Dit was rooi opgeswel en het gelyk soos een van die berugte swere wat ek gekry het. Op die oomblik loop ek swaar en weet nog steeds nie wat om te diagnoseer nie. Dis dik geswel en as ek daaraan raak is dit seer, so die nommer een diagnose is nog vir ʼn sweer. Ek sien nie uit daarna nie.My AIS radar werk nie en vanoggend het ek die probleem gaan soek. Ek dink dit is ʼn swak konneksie in die lugdraad wat ek reggemaak het. Nou wag ek vir ʼn skip om dit te toets. Gister was daar twee, albei baie naby maar dit het niks gewys nie. Hier is baie min skepe so dit pla my nie as dit nie werk nie. Ek het die kode gekry vir Pactor III wat Johan vir my bestel het, en dit lyk of dit die e-pos beter laat werk. Die probleem bly maar die slegte frekwensie bande as gevolg van die sonvlekke.Gisteraand wou ek kerrie maak maar kon nie die kerrie poeier kry nie. Ek was so seker ek het dit ingesit. (Dit het later geblyk die kerrie poeier het wel agterweë gebly).Dit lyk asof die winde eers teen Maandag sal kom. Dit gaan min help – ek het dit nou nodig.

Fairly good winds the last 24 hrs. Cannot afford too many slack days from now on.

Hi LoveDis die kode waarvoor ek gewag het. Los hom maar net so in die 'inbox.Alles goed hier. Beter wind gister en laasnag.HeersEwoud XXX

6

Page 7: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

27.32S 9.59EDag 7 Sondag 4 Januarie 2009.

Lui, maklike seil, min wind en kalm see. Maar dit is nie wat ek wil hê nie. My berekeninge wys dat tensy iets buitegewoons gebeur en die wind heelwat versterk kan ek nie betyds klaarmaak nie. So op die oomblik lyk die vooruitsigte nie goed daarvoor nie, maar nou ja, as mens seil moet jy gebruik maak van wat jou gebied word en ek doen my beste. Alle seile wat gehang kan word is gehang en nie enige wind word gemors nie.

Hi LoveDarem laasnag bietjie meer wind gehad en vordering gemaak, maar nie genoeg om op te vang nie. Alles OK hier maar ek het ʼn seerplek op my voet. Dis op die groottoon se kneukel en nag voor laas het dit ontsettend gepyn. Dis nou beter maar nog rooi en seer. Ek leef in angs dat dit weer ʼn karbonkel kan wees. Geniet jou ete en groete aan almal.Ewoud XXX

26.12S 08.17EDag 8 Maandag 5 Januarie 2009.

Soos gister, soos vandag. Laas nag darem beter wind en die dag grens op 120 myl, wat goed is. Die probleem is nog steeds die pas waarteen ek seil. Sal ek betyds klaarmaak? Dis besig om aan my te knaag en ek moet die frustrasie teenwerk.Het vandag met Tom Ambrose (ZSITA) oor die Ham radio gepraat. Altyd lekker om met hom te gesels. Oko van ZSIOKO in Napier het ook gesels en gesê Matt Greyvenstein stuur groete. (Ek dink ek het verkeerd verstaan, hy het net verwys na Matt as ʼn gemene kennis).Daar het ʼn pong uit die koelkas gekom en ek moes die vleis wat nog oor was weggooi, dus is ek nou sonder vars vleis. Ek probeer natuurlik nog om ʼn vis te vang maar my rekord daarmee is nie goed nie. My visvang vermoë is maar karig.My toon is beter sonder enige hulp en ek weet nie wat die probleem was nie.Volgens ʼn artikel op die webblad wat Johan aangestuur het is ek in eerste plek van die “cruisers” kategorie. Dit is natuurlik vanweë die groot voorgee want fisies is almal ver voor my. Soos die liedjie wat sê “stuur tog net so ʼn bietjie reën...” kan ek sing “stuur tog net so ʼn bietjie wind... “

Better winds last night, managed 120 miles for the day. But now back to 8 knots variable. Else all fine.

Hi LoveJohan het vir my ʼn ekstrak van die webblad gestuur en al die bote sukkel maar met wind. Laaste nag was beter en ek het goeie myle gemaak maar vandag is alles weer stil en ek ploeter voort. En die volgende dae lyk niks beter nie. Maar nouja, dis seker maar wat seil is. Ek hoop net ek kan klaarmaak binne die tyd en op die oomblik hang dit aan ʼn draadjie.My toon is beter - dis nie meer rooi nie en die swelsel is af. Ek het geen idee wat dit is of was nie. Anders gaan alles goed en ek spandeer die dag met lees. Is nou besig met ‘Pillars of the Earth’ en dis werklik interessant om te lees. Dit sal my definitief hou tot minstens by St. Helena.Hoop alles is OK by die huis.Lief jouEwoud

25.10S 06.21EDag 9 Dinsdag 6 Januarie 2009.

Dis nou 21H30 en die wind is heeltemal weg. Ek gebruik van my toegelate 150 myl motor ‘toelae’ om die boot op koers te hou en die batterye sommer weer goed te laai. Met die voorspellings wat voorlê is die resies verby vir my. Ek dink nie ek sal die enigste wees nie. Ek is nou presies halfpad en sal maar vir wind moet wag nadat die batterye vol is. Dis nou ʼn groot teleurstelling maar deel van seil. Anders gaan alles goed en ek vat dit soos dit kom. (Dit wys hoe goed ek my frustrasie kon verbloem).

Hi LoveEk probeer vir Derek Richards kontak, maar hy antwoord nie. Ek neem aan hy moes toe agterbly sodat Linda kan behandeling kry. Sal jy kyk of jy kontak kan maak? Kyk deur die eposse wat ingekom het en miskien is daar ʼn adres in St. Helena waar jy kan navraag doen: informasie, koerant of wat ook al. Of kry vir Piet (Broer) om oor te kom en op die internet te soek. Ek wil maar net weet hoe dit gaan, en jy het gesê miskien kan hulle oorkom as hulle daar moet bly. Verskoon maar die foute - die boot skud so en ek probeer hulle regmaak maar dis nie altyd maklik nie.

7

Page 8: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Laaste nag het my toon weer opgevlam. Ek wonder of dit dalk 'gout' kan wees. Dis nie seergemaak nie en dis nie ʼn sweer nie. Om te begin gaan ek niks wyn drink nie, selfs al drink ek baie min. Miskien weet iemand wat jy ken van ʼn tuisgemaakte hulp - vra maar rond.LiefEwoud

Less wind than the previous day. Now racing against myself just to finish in time.

24.59S 05.59EDag 10 Woensdag 7 Januarie 2009.

Van vroeg gisteraand af is daar geen wind nie. Het so ʼn bietjie met die motor gery om sommer weer die batterye vol te laai, maar ten spyte daarvan kom ek nêrens nie. Die weer nuus is dat daar net ʼn enkele isobaar in die Suid Atlantiese oseaan is, wat beteken geen wind nie. En die langtermyn voorspelling is dat dit so sal bly tot minstens Sondag toe. Laaste nag was my toon weer ontsettend seer. Ek kan die probleem glad nie diagnoseer nie.Dit is natuurlik doodstil wanneer dit so windstil is. Al geluid is die klop-klop van die seile soos die boot op die deinings rondbeweeg.Het vanaand ʼn pasta dis gemaak. Toe dit by die oond kom, wou dit nie werk nie. Dit wou net nie vlam vat nie. Ek het ietwat paniekerig (op my manier) geword en toe gesê: “Ontspan en DINK “ en toe besef ek wat ek verkeerd doen en pronto – daar werk die oond. Die pasta dis was nie baie lekker nie maar dit was nie die oond se skuld nie. Ek dink ek het kortpad gekies toe ek dit gemaak het.

Last night the wind was absent and just drifting around. Now 860 miles from St. Helena - just over halfway.

Hi Love en KindersEk sit hier op die oseaan wat so glad soos ʼn spieël is. Van vroeg gisteraand (Dinsdag) tot nou toe (Woensdag 14h00) is daar geen wind nie. Ek het nounet met Tom en Alistair oor die Hamnet gepraat en daar is net een isobaar oor die Suid Atlanties tot Sondag toe, so enige wind wat ons kry sal gelokaliseer wees en baie swak. Dit lyk asof ek nog lank gaan neem om in St. Helena te kom. Ek is net mooi in die middel tussen St. Helena en Kaapstad- so +-800 myl van beide.Dis vandag betrokke en die son verdwyn so elke dan en wan. Alhoewel dit warm word, is binne die boot darem altyd redelik koel. Daar moet goeie insulasie in die dak wees. Ek dink ek het geskryf dat my laaste paar stukke vleis sleg geword het en ek moes dit weggooi. Nogal jammer daaroor - ek is maar nie ʼn blikkies-kos persoon nie. Afgesien van die frustrasie om nie te seil nie gaan alles goed. My toon lol weer baie en laaste nag was dit onsettend seer. Ek is heeltemal onseker wat dit is. Dis beslis nie beseer nie en ook geen uitkomende sweer nie. My enigste raaiskoot is 'gout' maar ek weet niks daarvan nie so dis ook net ʼn wilde raai. Vir julle kinders (ek het vir Ma daarvan vertel) my linker groottoon het skielik baie seer geword, rooi en geswel. Dis eintlik meer die lid waar die toon aan die voet vasgeheg word. Vandag isdit weer beter. Op die oomblik drink ek niks wyn nie, net ingeval dit gout is. Sal maar sien wat gebeur.Die boek 'Pillars of the Earth' lees baie lekker en is op die oomblik ʼn pilaar vir my!Heers en goed gaanEwoud en Pa

24.00S 05.22EDag 11 Donderdag 8 Januarie 2009

Laat oggend en seil teen so 6 knope met n goeie WNW wind in ʼn rigting. (Later) Dis nou 17H00 en nog die selfde. Hopelik gaan dit weer wes draai een of ander tyd en kan ek dan weer op koers kom – NW. Ek het een of ander tyd amper ʼn vis gevang. Die squid-aas se sterte is afgebyt, net die hoek gemis. Dit sal heerlik wees om ʼn vis te vang. My kos die laaste twee aande was nie lekker nie.

Late yesterday a blistering gale of 3 knots started from nowhere, peaking at times at 1,5kn. Boat speed at 2 knots but surfing at times to 0,5kn.

22.56S 03.58EDag 12 Vrydag 9 Januarie 2009.

Laaste nag was die wind deurmekaar en het om die kompas gegaan. Daar was donderwolke om my maar darem geen “squalls” nie. Net voor donker het een van die toue van die windloods gebreek en moes ek dit vervang. Netsowel dit was nog daglig, sou baie moeiliker gewees het in die donker. Van vroegoggend waai die regte SO wind weer. Dis nie baie sterk nie, maar dit is wat moet gebeur in die geweste. Dit was ʼn heerlike dag se seil en as dit deur die nag so aanhou kyk ek na so 120 – 130 myl

8

Page 9: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

môreoggend. Dis ongelukkig te laat, ek kan nie meer die afsny tyd haal op die 14de nie. Daar het net teveel afstand verlore gegaan.

Slegte nuus van Johan. Hulle het by die huis ingebreek. Gelukkig is Hélène OK. Het nog nie die details nie. Dis jammer want dit versuur alles. Ek onthou toe ek daar was hoe ongemaklik ek was maar ek weet Hélène kan na haarself kyk so dis nutteloos om teveel te bekommer. Ek het vir Gep ʼn e-pos gestuur en sy hulp gevra, en ook vir Piet Uys, wat waarneem as voorsitter in my afwesigheid. My voorstel is dat ons tog maar ʼn elektriese heining opsit. Ek wonder wat Vida sal sê daarvan.

Hi LoveLaaste nag was een van daai moeilike nagte waar die wind net nie kon besluit wat hy wil doen nie. Baie moeite met min loon. My toon is darem nou baie beter. In werklikheid pla hy my niks. Ek het nou vir 3 dae geen wyn gedrink nie, maar myns insiens is dit nog nie genoeg rede om te glo dis gout nie. Sal weer later wyn drink en sien wat gebeur.Anders gaan alles goed. Dis net jammer dat daar so baie windstiltes was. GAIA het meer wind nodig om enigsins te presteer omdat die mas so kort is. Nou is ek natuurlik ver agter. Ek verwag om vroegste volgende Vrydag in St. Helena te wees. Twee dae laat. Hoop alles is OK met jou en by die huis.LiefdeEwoud XXX

21.56S 02.43EDag 13 Saterdag 10 Januarie 2009.

Laaste nag nog goeie wind en ʼn goeie afstand van 121 myl. Die see was baie rof en die boot het moeilik beheer. Later het die wind gedaal maar die see het rof gebly. Die boot wou net nie koers hou met die windloods nie en het telkemale ge-gybe. Ekr sit ek maar die auto pilot aan en inspekteer die windloods.

En die is toe kaput. Daar het ʼn part gebreek wat nie regmaakbaar op die see is nie. Toe die see bedaar het ek dit uitmekaar gehaal. Dis regmaakbaar, maar moet op die eiland gedoen word want dit moet gesweis word. (Later het ek dit op die boot reggemaak soos die foto hierbo wys).Nou is ek in die pekel. Die elektroniese autopilot is OK in maklike wind en see maar niks sterks nie. En uiteindelik is die regte winde op pad. Ek moet spoed verminder, met die hand stuur en “heave-to” as dit nie anders kan nie. Ek is nog 600 myl van die eiland af so dit gaan ʼn moeilike tyd wees. Nie ʼn goeie vooruitsig nie.So tussen al die drama deur het ek darem nog twee broodjies gebak. Twee omdat twee panne mooi in die oond pas. Saam met Gerda se appelkoos konfyt was (en is) dit heerlik.

Good winds, good distance, rough seas

Hi LoveEk stuur die huis toe, want Gep het gesê Pieter sal help om ʼn nuwe monitor te installeer.Johan het my laat weet van die inbraak, en daarna van Gep gehoor dat hulle deur die deur gekom het. Ek is net bly jy het niks oorgekom nie, die ander goed kan maklik vervang word. Gep het gesê van die sekuriteitsdeur en alarm. Dis die regte besluite wat jy gemaak het. Ek dink nie dis nodig vir ʼn 'armed response' nie, maar as dit jou sal laat veilig voel doen dit dan. Maak net seker dat daar ADT kennisgewings aangebring word buite die garage en al die buite deure. Dis lekker om te weet jy is in staatom alles te beheer.Laaste nag (Vrydagnag) was taamlik wild gewees met ʼn redelike wind maar omgekrapte see. Hy (die see) was seker vies dat die wind hom wakker gemaak het van sy week se slaap. Ek het min slaap gehad maar sal vandag opvang. Die wind is goed en die see raak kalmer.

9

Figuur 6 Die reggemaakte en gebreekte part.

Regs is die ‘clevis’ wat gebreek het, en links is die gemaakte een nadat dit in sy plek geskroef is. Dis sterker staal en het uiteindelik so goed gewerk dat dit nou ʼn permanente deel van die loods is.

Page 10: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

LiefdeEwoud xxx

Johan, Pass this on to all pse: Saturday 10/01 at 13h30

Just as things started going well with the wind coming right, disaster has struck with a broken windpilot. It is not fixable on the sea and will have to be done at St. Helena. Will have to make do with hand steering and the autopilot. The latter is unfortunately not good for heavy seas and wind and I will therefore reduce speed to cope. May have to heave-to under difficult conditions. Will now arrive at the Island way beyond cutoff, and will probably officially withdraw from race. Pity, but what can do. Ewoud (Ray) RykaartGAIA

PS: Just stripped the wind pilot while relatively calm. Its fixable but needs to be welded, so can only be done on the Island. Like usual, I'll make a plan. I made it and it broke at a weak link that I should have foreseen, so its only right that I pay the price.

20.39S 01.16EDag 14 Sondag 11 Januarie 2009.

Dis Sondagmiddag en voel amper net so ook. Elke dan en wan wil ek “Sunday Blues” kry maar dan soek ek iets om te doen. Nie dat daar veel is nie, lees boek of doen sudukos’. Die boot beweeg so 3 knope in ʼn 5 knope wind. Ek het nou so 500 myl na die eiland toe. Sal Vrydag of Saterdag daar aankom teen dié gemiddelde pas. Vrydagaand is ʼn ete by die Goewerneur en ek sal nogal graag daar wou wees.

Hi LoveEk stuur ʼn afskrif na Gep en Gerda indien ons komper nog nie reg is nie. Gep, jy kan maar net deurbel na Helene toe ingeval dit nog uit orde is. Dankie.Net ivm die alarm. Die mense sal heelwaarskynlik goeie advies kan gee, na alles dis hulle job. Jy sal seker kan onthou die een wat ons in Alberton gehad het kon mens programmeer om sekere gebiede aan/af te skakel. Dit moet so-iets wees. Ten minste die scullery moet kan aan wees terwyl die res af is. En dan ʼn panic button in ons slaapkamer en moontlik ʼn 'remote' ook. Baie belangrik dat daar genoeg kennisgewings buite geplaas word dat daar ʼn alarm is. Anders is alles OK hier. Die 'tiller pilot' hanteer die boot goed want die see is nie te rof nie. Van more af sal dit anders wees maar ek sal regkom. Dis redelik maklik om die windloods reg te maak sodat hy nie weer sal breek nie, moet net ʼn sweis masjien kry, en ek is seker daar sal so ʼn plek wees. Dis die verandering wat ek die week voor ek weg is gemaak het wat die probleem veroorsaak het. Die verandering het goed gewerk maar het te veel stres op ʼn ander plek gesit wat toe gebreek het.LiefdeEwoud xxx

19.23S 00.18EDag 15 Maandag 12 Januarie 2009.

Seil toestand onveranderd. Nou 370 myl van die eiland en ETA is nog Vrydag –twee dae laat. Dis darem nie omdat ek nie probeer het nie. Nog altyd alle seile moontlik uitgehang.Running with Scissors, ʼn Minitransat 6.5 se mas het glo gebreek en iemand sleep hom in. Ek weet nie die details nie. Ek is nie verbaas nie; dit is ʼn sardynblik met handdoek groot seile. As ons gewone winde gehad het het hy lankal in die hek geduik.Vanmiddag het ek die ekstra gewig wat ek aan die windloods gesit het afgehaal. Dis hulle wat die breek veroorsaak het. Dit was omtrent ʼn job gewees want ek moes eers die S/S pyp waaraan die lood was deur die lengte afsaag en daarna die lood afkap. Maar dis gedoen – al skommelende.Die radio e-pos het ook skielik begin probleme gee. Daar is RF geraas wat deur die modem gaan en dan alles befoeter. Ek het deur alles gegaan waaraan ek kon dink maar sonder sukses. Daar was so ʼn ietwat van ʼn hoë frekwensie gesing op die radio en toe ek toevallig aan die GPS – USB konneksie raak is dit skielik stil. Ek diskonnekteer en probeer en pronto die e-pos gaan deur. Maar ek is skepties. Waarom nou skielik die probleem. Ek het ʼn gevoel dit gaan terugkom. Ek het gister middag my wasgoed in ʼn plastiek drom met seep en water gesit en agter op die boot vasgemaak. Vanoggend was alles skoon gewas. Selfs my wasvadoeke is weer (redelik) skoon.

10

Page 11: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Ek het alreeds aandete op die stoof gehad en met ʼn whisky in die hand was ek van plan om na die sonsondergang te gaan kyk – nog so ʼn uur weg. Wel, miskien twee whiskeys. En toe ek buite kom is daar iets op die water, ʼn VIS! Alles word neergesit en stadig katrol ek hom in. Ek gesels met myself, “stadig nou, versigtig, moet hom nie verloor nie...” Dis toe ʼn dorado van so 1.5 kg. Vorige kos word sommer oorboord gegooi en die vis voorberei. Rys en vis met coconut sous. Dis ʼn resep (as mens so braaf kan wees om dit so te noem) wat ek so self mee geëksperimenteer het en het dit al dikwels gemaak. Ek het 3 steaks gesny en die res opgehang onder die son paneel waar hy more heeldag in die koelte sal wees. Dis koningskos terwyl die boot na homself kyk teen so 5-6 knope. Net so terloops vir die laaste twee dae het ek nie aan die seile geraak nie. Die wind is konstant S-Oos 10 -15 knope. Hierdie is seil wat ʼn mens eintlik met iemand moes kon deel. Maar ek is heeltemal tevrede met myself ook. Dit is baie spesiaal om te weet dit is net jy alleen wat alles onder beheer moet hou en om dit te kan doen sonder enige stres. Dit moet seker moeilik wees vir sommige mense om te glo dat mens so tuis kan voel met duisende myle van water om jou en geen stres te hê nie. Dis nou donker en die volmaan gaan enige tyd opkom. Dan is die see helder verlig amper soos daglig. Die boot gly oor die water en omdat die wind van skuins-agter kom is daar geen geraas van wind nie. Net so nou en dan ʼn golf wat klots teen die boot en die ritmiese gekraak van die mas en ander plekke wat stres verduur. Dis betowerend, dis MAGIC!

Wind steady at 5 knots. Relaxed sailing but frustrating. At this rate eta in St. Helena Friday. Two days late.

Hi LoveNou Maandagoggend teen ʼn stadige, steady pas. Heerlike seil weer en met net die tiller pilot is dit die perfekte see daarvoor. Teen die pas is eta in St. Helena Vrydag - twee dae laat. Gegewe die tekort aan wind is dit nie sleg nie. Die grootste bote sou gister middag of vandag daar aankom - ook 3-4 dae laat. Ek is net ongelukkig omdat ek altyd op ʼn Wight budget was, en toe werk dit nie uit nie.Anders gaan alles goed. My toon is heeltemal gesond en gisteraand het ek weer bietjie wyn gedrink. Dis die enigste manier om uit te vind of dit die probleem is.LiefdeEwoud xxx

Hi LoveDis Maandagaand en het nou net klaar opgewas. Ek het alreeds die aand se maal in die pot gehad toe ek ʼn dorado van so 1,5kg vang. Dadelik is alles oorboord gegooi (dis te warm en hou nie) en die vis is gaargemaak. Met uie en coconut milk sous. Dit was uit die boonste rakke. Dit sou perfek gewees het as jy ook hier was om saam te eet.Die laaste twee dae was seil so uit ʼn storieboek uit; ek het nie aan ʼn seil geraak of enigiets gedoen om die boot te beheer nie. Hy gaan aan asof hy sy eie ding doen. Daar is net een woord: Magic.Ek hoop die dinge by die huis is nou op ʼn punt waar jy weer kan begin ontspan. Piet (buurman) het laat weet alles is OK. Moet net nie te veel op jouself neem nie- deel dit met ander mense. Dan funksioneer jy die beste. LiefdeEwoud

18.07S 02.06EDag 16 Dinsdag 13 Januarie 1009.

More is afsny dag en ek is 245 myl weg. Tenspyte van drie dae se goeie myle kan ek dit nie maak nie. As daar maar wind was vanaf die begin af. (hier gaan ek alweer!)

11

Dorados’ is die algemene visse in die gebied en baie lekker eetvisse. Die een was net die regte grote vir my lyn en hoek. Later was die visse wat ek gehaak het elke keer te groot en het of die hoek oopgebuig of die lyn gebreek.

Figure 7 Die dorado veilig op die dek...

Page 12: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Laaste nag het ek aan ʼn plan gedink om die windloods reg te maak en vanoggend het ek dit gedoen. Ek het ʼn “rigging screw” gekannibaliseer met ystersaag, feil en hamer en geëindig met ʼn baie goeie vervanging van die gebreekte part. Dis beter en sterker as die oorspronklike een (sien figuur 6). Ek kan nie die hele lot aanmekaar sit teen die spoed wat ek ry nie en is nie bereid om te stop nie. Die boot moet stilstaan maar dis lekker om te weet as dit moet kan ek hom weer aan die gang kry te enige tyd.

Die skipper van Running with Scissors, ook alleen, is Lionel Dyke en is nie beseer toe die mas gebreek het nie. (Later het ek gehoor hy het ribbes gebreek voor die tyd, en was reeds in pyn toe die mas gebreek het).Die e-pos wat probleme gegee het is nou weer beter. Dit lyk asof dit die USB adaptor na die GPS was wat die moeilikheid gegee het. Ek het dit omgeruil met ʼn spaar. Miskien is ek maar net hoopvol.Ek verlang vanmiddag ewe skielik huis toe. Mis vir Hélène en al die ander.

Great,steady sailing at 5-6 knots for last 2 days. Caught a dorade 1,5kg and had fish for supper. Pure magic here on the sea.

17.65S 03.48WDag 17 Woensdag 14 januarie 2009.

Nou net 14Hoo en die einde van die resies by St Helena (en natuurlik vir my ook)p. Ek is nog 140 myl weg. Ek voel terneergedruk en so ʼn bietjie jammer vir myself. Dit tenspype dat daar nie ʼn enkele dag was wat ek nie die maksimum spoed moontlik gemaak het nie. Maar met ʼn klein boot soos die mag ʼn mens nie ʼn enkele dag se seil verloor nie en ek het dae gehad waar ek ver minder as die helfde van my benodigde myle kon doen. Maar nou ja, soos ek altyd vir die kinders sê mens kan net vorentoe leef; wat verby is is gedane sake.Vandag is die radio bande so swak ek kon nie eers vir Alistair of Tom hoor vir die weer voorspellings nie. Kon ook nog nie met die e-pos konneksie maak nie.Die see was laaste nag en vanoggend ontsettend moeilik en ek het swaar geseil. Die golwe en deinings het uit alle rigtings gekom en dan bou dit op tot ʼn GROTE, en as hy die boot vang dan draai hy hom amper heeltemal om. Dis nou nog so maar darem kleiner en ietwat makliker.Dit lyk darem of ek die Goewerneurs partytjie sal haal. Op die oomblik is ETA moreaand laterig (Donderdag) en die partytjie is Vrydagaand.

Hi AlmalEk sukkel op die oomblik om die epos deur te kry. Die freq bande is almal sleg. Ek behoort more (Donderdag laat daar aan te kom. Daar is nie radio komms van waar ons anker nie want daar is ʼn groot klipberg reg teenaan ons, so geen epos ook nie. Heers Pa

Made the broken part of the windpilot out of a rigging screw that I cannibalised. It is better than the original part, but took a lot of sawing, filing and hammering. Could make it in a 20k wind, but can not fit it.Will wait for the island. In the meantime I help the tiller pilot when it gives up with the sea. If only I had winds like this, I would have been well in time to finish.

Hi LoveEk is bly jy is weer aan die gang. Het jou gemis.Die memory stick was maar daar bo tussen die disks. As dit nie daar is nie is dit ook weg. Gaan koop maar ʼn nuwe. Kyk by die internet kafee by die flieks en Incredible connection. ʼn 1GB is genoeg. Ek behoort vroeg aand more te land en sal een of ander tyd na Lien-hulle bel om te se.Ek is so bietjie down in the dumps omdat ek nie binne die tyd kon klaarmaak nie, maar dit was beslis nie ʼn tekort aan probeer nie. Tom het vir Derek gesien. Hulle moes bly sodat Linda behandeling kon kry.Ek het 'Pillars of the Earth' klaar gelees. Ek het lanklaas elke woord in ʼn boek gelees, en amper met opset stadig gelees want dit kon maar net aanhou. Dis een van die bes geskrewe boeke wat ek nog ooit gelees het. Ek sal hom graag vir Pieter gee om te lees; alhoewel na Jake White se boek moet ek seker nie veel te wagte wees nie. Dit was ʼn goeie geskenk - dankie. Lief jouEwoudXXX

12

Page 13: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

15.55S 5.38WDag18 Donderdag 15 Januarie 2009. Is nou net besig om by die NW van die eiland verby te gaan 14H15. Nog ongeveer 6 km na die hawe

toe. Laaste nag het die spaar jib halyard ook gebreek. Ek het heelwat om reg te maak op die eiland.Oor die eindstreep 14H30. ʼn Tyd van 17D 0H 30m. ʼn Goeie ontvangs. Die organiseerders het uitgekom met ʼn dingy om my te ontmoet, oor die wenstreep en toe na die vasmeer plek toe. Almal wat ek ontmoet het was ontsettend gaaf. In die aand was daar ʼn braai by die Klubhuis (St. Helena Y.C.). Baie goed en baie lekker. Ek het seker al die mense ontmoet en almal het gemaak of jy maar net ʼn vriend is. Die vrouens was spesifiek gaaf, ongelukkig almal so oud soos ek en die jonges sê vir my Oom!

Hi AllI am due to arrive late afternoon on the Island, so this will be the last communication. Thanks for all the support. Yesterday and last night I pushed the boat hard and I’m a bit tired this morning. The sea is VERY rough. The spare jib halyard broke with a loose-luff sail flying from it. Very early in the race the spinnaker halyard also broke. Will replace both in St. Helena.In the end I console myself that I actually beat both Aurora and Thiswan based just on theoretical hullspeed. They are both 43 footers. Unfortunately there's nothing official about it.HeersEwoud

Barring anything unforseen, should make landfall late afternoon/early evening. There will be no comms from there as the mountain blocks all transmissions.

13

Hier is die eiland so omtrent 10 myl weg. Die see iseffens rof met ʼn 10-12 knoop S-Ooste wind.

Die eiland se N-Ooste punt omtrent 5 myl weg.

Vasgemeer en ʼn foto Ooswaarts vanwaar ek gekom het.

Figure 8 St Helena Eiland

Page 14: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 9Die roetes van al die bote. GAIA sin is daar erens.

Figure 10 Die eind resultate soos dit op die webblad gepubliseer is.

14

Die grafiek dui die roetes van al die bote aan. Die een wat na Walvisbaai gaan is ʼn boot wat motor-probleme ontwikkel het. Die roete mees Wes is deur die boot wat op voorgee gewen het. GAIA was die bruin roete maar is verlore tussen al die ander kleure.

Page 15: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 11Eind resultate in orde. GAIA het in 'Cruising class' deelgeneem.

Op die Eiland.Dag 19 Vrydag 16 Januarie 2009.

Vanoggend deur paspoort en dosyne ander dinge sonder probleme. So bietjie rondgestap maar my voet word te seer. Later koffie gedrink saam met die ander seilers en lekker gesels.Die aand ʼn skemerkelkie party by die G.G. se huis. Hy is nie op die eiland tans nie en die gasheer was die vise G.G. Baie aangenaam en lekker gesels met almal. Maar soos alle skemerkelkie partytjies bly dit maar bietjie pynlik.

Die GG se huis word ‘Plantation House’ genoem en is omtrent in die middel van die eiland. Dis pragtig en die eiland lyk meer groen as wat ek dit die vorige keer kan onthou. Blykbaar het hulle baie reen gehad die jaar. In die ‘binneland’ van die eiland is dit baie mooi en heelwaarskynlik ʼn baie lekker plek om te bly.

15

Net vir interessantheid:Ek het die afsnytyd met 24uur gemis. Met nog een dag se wind sou ek betyds klaargemaak het en sou my ge-korrekteerde tyd 12 dae 19 uur 12 minute gewees het. Dit sou my die wenner gemaak het in my klas (cruiser class) en algeheel tweede van almal. Nie sleg nie, maar na alles gestorte melk.

Page 16: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 12 GAIA, die Hoofstraat op ʼn Sondag en die baai van bo gesien.

Op die Eiland.Dag 20 Saterdag 17 januarie 2009.

Vanoggend vir Ian Williams gaan help met sy boot se enjin maar dit blyk kaput te wees en hy sal in Kaapstad daarna moet laat kyk. Gelukkig seil hy nie terug nie maar gaan met die RMS St. Helena terug. Die bote word op die skip gelaai daarvoor. Ian het my daarna kom help en ons het die twee gebreekte halyards vervang. Die aand was die prys uitdeling en behalwe die wenners het ons almal ʼn “prys” gekry. Ek het ʼn windmeul (kinder speelding) gekry vanweë my tekort aan wind plus ʼn stuk bamboes paal om my te help met my seer voet. Daarna was al die G.C. verpligtinge op ʼn einde en ons het ʼn hamburger en tjips geëet. Dit was beslis dit alles werd net vir die kameradie. Lionel Dycke van ‘Running with Scissors’ en ek het lekker gesels. Hy is ook die kommadoor van Valsbaai Y.C. en het gevra ek moet my posisie rapport ook soontoe stuur. Roger Burrows , kommadoor van Gordonsbaiai Y.C. en ek het ook lekker gesels.More ʼn paar dinge gaan doen en beplan om Dinsdag te seil. Op die EilandDag 21 Sondag 18 Januarie 2009.

16

GAIA vasgemeer in St Helena ‘hawe’. Dis nie op anker nie maar vas aan ʼn swaai-anker wat deur die hawe owerheid daar gesit is vir besoekende bote. Daar is ʼn klein veerboot wat mens hawe to neem.

Jamestown se hoofstraat. Dis Sondagoggend en daarom is daar geen mense nie – almal is by die huis of in die Kerk. Geen winkels of eetplekke is oop op ʼn Sondag nie.

Die ‘hawe’ van bo gesien. Mens kom daar bo per motor of deur met die trappe op te stap -699 van hulle. Dit gaan maar rus-rus om bo te kom. Op die deel van die eiland is daar geen plantegroei nie, behalwe onder in die dorp wat in ʼn vallei le. Die res van die eiland (binnelands) is mooi groen met bome, struike en gras.

Page 17: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Vanoggend nog onderhoud gedoen op die boot. Daarna dorp toe, maar alles was toe, nie eers ʼn koeldrank te koop nie. Ek het met Jacobs Ladder opgegaan en teruggestap padlangs. My voet het hom goed gedra. By die klub ʼn koeldrank gedrink en terug boot toe waar ek na Saints Radio luister. So uit die vorige eeu se musiek. Alles die “sad country songs”. Snaaks genoeg ek het nie die “Sunday blues’ nie. Ek het heel middag rondgeploeter en dit en dat gedoen. Vanaand moet ek ʼn vis vang vir ete. As mens ʼn lig uitsit is daar ʼn groot moontlikheid om ʼn vis te vang. Daar is baie van hulle hier in die ‘hawe’.More gaan ek huis toe bel, diesel koop en 25L water bring. Dinsdagoggend kos koop en dan seil. More kom die skip ook aan van Ascension af so sal daar baie mense wees.

Hi LoveEwe skielik is daar komms. Alles OK. Beplan om Dinsdag te seil. Alles op die boot is reggemaak en ek voel goed. Hoop alles met jou ook .LiefdeEwoud XXX

Op die Eiland.Dag 22 Maandag 19 Januarie 2009.

Geen vis gisteraand. Vandag sê ek les op met my voet van gister se stap. Dis ontsettend seer. Ek was dorp toe, diesel gekoop teen een pond ses pennies per liter. Dis meer as R15 per liter. Goed is baie duur hier, alhoewel eetplekke heel redelik is. Vandag saam met Ian by Anns Restaurant geëet. Tuna steak met tjips en slaai. Môreoggend gaan ek voorrade koop en daarna seil. Behoort so 12H00 op pad te wees.Dit was ʼn lekker tyd op die eiland omdat daar oral mense was om mee te deel.Ek het nou net ʼn stywe dop whisky geskink en 2 disprin gedrink. Hopelik sal dit die voet pyn wegsteek.

Op die EilandDag 23 Dinsdag 20 Januarie 2009.

Vanoggend 7uur dorp toe om voorrade te koop maar die winkels maak eers 9 uur oop. Rondgedrentel tot dan en toe terug boot toe. Van die vasmeerplek weg 10H15 en geploeter tot ek uit die wind skadu van die eiland is. Van toe af goeie wind en ek seil 220 grade Wes. Het nou net (21H30) klaar geëet, ʼn baie lekker beesstert bredie. Dis vanaand die eerste aand van baie aande op die see. Ek skat dit kan tussen 6 en 8 weke se seil terug wees.Hélène het ʼn e-pos gestuur, Broer Jan is oorlede. Dit was te wagte want Jan was gedaan. Nogtans ʼn mens voel maar sleg daaroor. Ek dink nie Jan het baie plesier uit die lewe gehad teen die einde nie en moes in baie pyn gewees het. Jan moes 74 gewees het, want hy is 6 jaar ouer as ek. Van ons 8 kinders is daar nou net vier oor. Dis amper soos die liedjie ‘Ten green bottles, standing on the wall...... Hi All (Johan, pse forward)Well, I'm on my way again, having left the island this morning (Tuesday) at 10h50. Headin SW for +- 1500 miles to stick to the trades.The GCup was great fun and I met a lot of very nice people. Looking back, I did not finish in time due to a lack of wind. My boat is too slow to make up for lost time. Statistically it actually went very well. If the race was extended for just 24 hours, I would have been in time and with a second place after corrected (handicapped) time. If I had finished in time (just 120 miles short) I would have been first on handicap in the cruising class, and second (handicapped time) overall. But yes, its spilt milk. I expect the journey back to be 6-8 weeks.Heers Ewoud

Hi LoveJammer om te hoor oor broer Jan, maar dis seker maar te wagte gewees. Se maar vir die mense ek het die boodskap gekry en se sterkte aan almal.Ek is bly jy voel veilig. Dit laat my darem beter voel. Ja, ek kry eintlik baie tyd om te lees. Nie veel anders om te doen nie. Tensy iets natuurlik breek! Ek het daremdeur alles gegaan en hoop daar is minder van as voorheen.Dit was lekker om te praat oor die telefoon op St. Helena. Jou stem het net anders geklink, maar dit was die telefoon. Die tyd op die eiland was lekker, maar ek is bly om weer op pad te wees. Dit sal natuurlik eers so voel wanneer ek oor so 3 weke Oos draai - op die oomblik is die rigting nog verkeerd. Mooi blyLiefdeEwoud xxx

17

Page 18: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

17.17 S 07.33WDag 24 Woensdag 21 Januarie 2009.

ʼn Lui dag sonder enige gebeure. Dit seil nie maklik nie – so skuins oor die S-Oos deininge en elke nou en dan draai hulle die boot se neus wind af. Ek het nou net (16H30) die seile bietjie anders gestel om te sien of dit sal help. Elke keer as ek dit doen lyk dit beter maar sodra ek terug is in die kajuit gaan hy maar weer. Dis maar omdat die boot so lig is.Ek het nog nie weer in ʼn goeie roetine gekom na St. Helena nie. Miskien is dit so ʼn bietjie blues na al die dinge en mense daar. Dit sal wel oorgaan soos dit vervaag en net die boot oorbly.

A good night's sailing with some rain squalls. All well.

Hi LoveDit gaan so heel stil-stil hier, relatief natuurlik. Tot dusver darem nog altyd wind en niks het gebreek nie!As jy dalk lus het om na Broer Jan se begrafnis te gaan moet jy dit doen. Nie vir my ontwil nie maar miskien voel jy lus om te konnekteer met die famielie. Miskien ʼn motor huur vir ʼn paar dae. Kyk in die middelste regterkant laai is daar boekies wat te doen het met aftree/Integrisure waar ons motors verseker is. Hulle het pakkette wat hulle aanbied. Dis net ʼn gedagte.Ek is nou besig om "Long walk to freedom" te lees na al die jare. Vind dit heel interessant.Mooi bly en liefdeEwoudXX

18.44S 08.48WDag 25 Donderdag 22 Januarie 2009.

Die heeldag wissel die wind vanweë reën buie. Soms stop dit heeltemal en ander tye waai dit teen 15 knope. Maak dit moeilik want dit verg aandag.Boot inspeksie het gely tot die ontdekking dat ʼn moertjie losgekom het op die windloods se “servo Paddle”. Maklik om reg te maak binne vyf minute. Dit wys maar hoe belangrik dit is om gereeld inspeksie te doen. Iets gaan maklik verkeerd siende dat dit 24/7 moet werk.Radio kommunikasie is nie goed nie en ek kon glad nie met Tom en Alistair gesels nie. E-pos werk darem nog alhoewel dit ook moeilik gaan. Nietemin dis lekker om so af en toe van iemand te hoor.

Two days of 120 miles each and quite pleasant sailing without driving the boat hard. If only I had these conditions during the GC! Quite a few rainsqualls but with good controllable wind.

20.14S 09.44WDag 26 Vrydag 23 Januarie 2009.

Stil nag en dag. ʼn Paar wind “squalls” maar andersins is alles baie rustig. Ek het my gereelde 2 daagse bad gehad en dan voel ek altyd lekker fris.Vanaand eet ek die laaste vleis in St. Helena gekoop. Ek het dit koel gehou in ʼn plastiek houer toegedraai in ʼn nat handdoek en dit het goed gewerk. Ek het weer ʼn vislyn uit en sal van more af weer ernstig daaraan werk. Weet nie juis hoe nie want soos reeds gesê is ek nie veel van ʼn visterman nie. Vanaand is dit spaghetti met bully-beef vleis..

Very light SE winds and the forecast promises no more. Possibly only 5k for today. Need to go a little more West.

Hi LoveSe vir T Las sterkte met die arm. Het ek gese ek lees nou Mandela se boek - na 10 jaar. Vind dit baie interessant. Hier is alles OK, min wind maar ek beweeg altyd. Wil in elk geval nie die boot druk nie - sal liewers niks breek nie. Geniet jou scrapping.Ek ontvang heel goed epos maar sukkel om dit te stuur. Bande maar baie sleg.Jy moet die advertensies dophou om jou kamera te vervang. Gewoonlik Game, Makro en HI-FI Corp wat dit adverteer. LiefdeEwoudxxx

18

Page 19: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

22.04S 10.54WDag 27 Saterdag 24 Januarie 2009.

Vandag het heeldag niks gebeur nie. Net boek gelees. Nou het ek darem besluit om ʼn meer suidelike koers te hou – so 3 grade wes van Tristan de Cunha. As daar dan meer wind kom sal ek planne wysig daarvolgens.Ek is nou amper ʼn maand op die see en nie ʼn enkele storm nie. Ek sal nie weet wat om te doen as daar een kom nie.

23.21S 11.27WDag 28 Sondag 25 Januarie 2009.

Dis warm en bedompig. Ek het gebad maar het onmiddellik weer begin sweet. Bad beteken natuurlik ʼn emmer vol seewater met Colgate sjampoe as seep. Dis verfrissend en die sjampoe maak die water heel sag. Ek was sommer die klere wat ek aan het in die selfde water en loop dan kaal totdat dit droog is.Ek wens net daar was bietjie meer wind, om so aan te karring teen ʼn slakke pas is maar sieldodend. Maar dan weer ek is besig met “A Long Walk to Freedom” en as ʼn mens sien hoe dit in die tronk moes wees vir Mandela, hoe lank dit was, en hoe hy dit gedoen het is die paar weke in my eie “tronk” so ʼn kleinigheid. Dan maak die geploeter skielik nie meer saak nie. Mandela is ʼn baie spesiale mens. Ek wou nooit die boek lees nie want ek was bang dit sou die beeld wat ek van hom het skade berokken. In teenstelling dit het vergroot. Een van die goed wat hy sê is hoe belangrik dit was om die tronksel en omgewing skoon en netjies te hou. Ek vind dit ook. Ek maak elke dag skoon en dit doen tog iets aan mens om te help om normaal te voel. Nee, ek vergelyk nie myself en my omstandighede met ʼn tronk nie, maar die afgesonderheid het tog ʼn ooreenkoms. En dat jy geheel en al op jouself moet staat maak om oor die weg te kom.

Hi LoveDie kommunikasie sukkel maar om deur te gaan, maar dit werk darem nog. Alles is OK hier. As jy dalk ʼn paar dae niks hoor nie, bel maar vir Tom - met groot moeite maak ons nog kontak dmv ander bote tussen in. Ek neem ʼn korter roete want met die min wind is dit moontlik. As alles uitwerk sal dit nie meer as ses weke van St. Helena neem nie. Maar ons vat maar soos ons kan.Onthou van die hooikoorspille. Nou net daaraan gedink toe ek een drink.HeersLiefdeEwoudxxx

The prevailing winds are going to remain light for some time, and I have changed plans. Instead of heading further west, I'm taking a more Southerly route heading about 3degrees NW of Tristan. If a weather change should come I will change travel plans accordingly.

24.52S 12.13WDag 29 Maandag 26 Januarie 2009.

Vandag ʼn maand vandat ek by die huis weg is. Dit het eintlik baie gou verbygeglip. Hiervan was 5 dae op die eiland.Vanoggend het ʼn Ooste wind van so 10 knope opgesteek en hou nog steeds, so ek maak goeie vordering. Ietwat ongemaklik want ek gaan suid, suid-wes maar ek kan nie hier winde van agter af verwag nie. Ek het dit geweet toe ek op ʼn kortpad besluit het. Gister en vandag kon ek glad nie e-pos deurkry nie. Het darem vanoggend met Alistair gepraat en dit lyk of die wind ʼn rukkie kan aanhou.My laaste brood van die eiland het begin muf en ek is besig met ʼn broodpoeding. Ek weet nie wat moet ingaan nie maar het stroop water gemaak (die stroop is sandsuiker) en dit saam met die broodstukke en ʼn handvol rosyntjies ingegooi. Dis nou in die oond. Indien niks anders nie sal dit soet wees.Later – die broodpoeding is nie sleg nie. Weliswaar so soet dat ʼn mens se tone omkrul, maar anders lyk dit goed en smaak soos broodpoeding. Dis byna soos die wat my Ma gemaak het – so styf en gladderig. Maar nie so lekker soos die wat Hélène maak nie. Ek het Mandela se boek klaar gelees. Iets baie besonders en inspirerend. Hy is ʼn besonderse mens.Die belowende wind is weer weg. Nou word daar voort geploeter. Nou presies in die middel tussen St. Helena en Tristan de Cunha. Winds remain light. Will just make 100 miles for the day. That's track, not VMG. All OK.

19

Page 20: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Text book sailing last 24h. Sun shone whole day yesterday with good winds. Made a breadpudding from last island bread. Looks and tastes good but so sweet it makes my toes curl.

All good with little wind No report yesterday, unable to connect due to bad propagation.

26.50S 12.30WDag 30 Dinsdag 27 Januarie 2009.

Gister en laaste nag was fantastiese seil. ʼn Redelike wind en stil see. Maar van laat oggend af is die wind weer weg en dis nou so 10 knope SO rigting. Die boot beweeg so teen 4 knope in WSW rigting.Vanoggend met ʼn hoofpyn wakker geword en ʼn omgekrapte maag. Albei is nou weer OK maar ek voel nie 100% nie. Al wat ek kan dink is dat dit my poeding van gister moes wees, maar ek weet nie hoekom nie. In elk geval ek het die stukkie oorskiet maar oorboord gegooi. Miskien maak dit ʼn vis deurmekaar en hy vat dan my hoek. Sedert ek weg is van St. Helena het ek nog geen lewe gesien nie. Geen skip, geen lig, geen voël, geen vis of ander see lewe nie. Geen geluid anders as wat die boot maak nie. Dis duidelik net ek wat hier is vir honderde myle rondom my. Seker ook nie waar nie want daar moet darem seker lewe in die water wees maar hulle wys hulleself nie. Selfs die radio propagasie is nou so dat ek omtrent niks kan stuur of ontvang nie. Vandag kon ek nog nie eens kontak maak nie. Dis warm, warm, warm.Net vandag geskryf ek is al wat leef hier en nou is daar ʼn swart Stormvoël (ek dink) wat hier om die boot sweef. Dis lekker om weer lewe te sien. Die wind is omtrent heeltemal weg en dis doodstil. Baie uniek maar ek sou meer van wind gehou het.Vanaand gaan ek ʼn pasta en kaas dis probeer maak. Die vorige een was ʼn flop – was nader aan sop.Toe ek nou uitgaan sit die stormvoël op die sonpaneel. Hy is nie in die minste bang vir my nie. Ek wou hom ʼn Provita gee maar hy stel nie belang nie; eet glo net vis. Ek wou aan hom raak maar hy wil my byt, maar vlieg nie weg nie. Hy gly bietjie rond op die paneel maar dis so stil dis seker makliker om hier te sit as op die see. Hy sal natuurlik ʼn blerts los wat ek sal moet skoonmaak.

Made use of the windless time to go thru HF radio installation and found some corroded connections. Also connected the counterpoise to the leadkeel and it made a big difference. Hope it will assist the bad propagation conditions. Else all well, but no fish.

27.45S 12.27WDag 31 Woensdag 28 Januarie 2009.

Dis vroegoggend. Ek het vanoggend vroeg al begin om te sien of ek nie kan deurkom met die e-pos nie, maar geen geluk nie. Ek begin al wonder of daar iets met my toerusting verkeerd is, alhoewel alles doen wat hulle moet.

20

Page 21: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 13Fotos van die Eiland en die besoekende stormvoël.

21

Jamestown van bo gesien. Dis ʼn lang dun dorp wat bepaal word deur die vallei wat dit in le. In die tyd van seil skepe toe dit ʼn halfwegstasie was is groente en vrugte in die vallei gekweek.

Die eiland se S-Westilike punt. Die rots in die see word ‘Pulpit-rock’ genoem en is tamaai groot.

Die stormvoël kom rus op die son paneel. Heel mak en baie welkom as ʼn bietjie geselskap maar die volgende dag was die hele paneel besmeer met sy nalatings. Dit was nogal moeilik om af te kry, veral op ʼn wiegende boot.

Page 22: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Die Stormvoël het toe ʼn yslike gemors gemaak op die sonpaneel. Dit was omtrent ʼn job om dit skoon te kry. Hy is nie weer welkom nie. Nieteenstaande hy was goeie geselskap en interessant om dop te hou terwyl hy hom duidelik met sy eie olie smeer. By tye het dit letterlik van sy snawel afgedrup. Dit was al donker toe ek hom gaan pla om aan hom te vat. Hy het hom vererg en weggevlieg, maar ʼn rukkie later is hy terug. Dit was omtrent soos ʼn leerling vlieënier. Sy eerste poging om te land was ietwat kort en hy het so skuins na agter geval. Die tweede poging was mooi in die middel maar hy het eers vorentoe gegly, toe agtertoe en weer vorentoe en toe opgevlieg. Die derde poging was perfek, net ver genoeg sodat sy pote oor die voorkant kon skuif en hy daar kon vasklou.Die wind is Wes teen omtrent 4 knope. Maar die barometer is darem besig om te daal en daar is hoop vir meer wind.Dis vroegaand en die boot beweeg teen 1 – 2 knope. Dis te warm om te slaap en ek voel uitgeput. Hierdie windstiltes is werklikwaar ʼn toets vir mens se geduld. Al geluid is die klop, klop van die seile.Ek het darem ʼn brood gebak. Dit het goed gekom en smaak lekker. Ek sou dit verruil vir wind. Dis seker hoe die lensie-sop insident plaasgevind het....

29.00S 12.00WDag 32 Donderdag 29 Januarie 2009.

Sedert gisteraand laat is daar min wind en die boot spoed was 1 – 2 knope deurgaans. Die wind varieer tussen SO en NO maar natuurlik kan mens dit nie wind noem nie. Dis BAIE warm en vir die volgende 2 dae plus gaan niks verander nie. Ek het gehoop om Tristan te haal voor Dinsdag maar nou sal dit nie gebeur nie. Die windstiltes bly die grootste toets.Ek het van die tyd gebruik gemaak en stap vir stap alles nagegaan met die radio installasie. Al die konneksies skoon gemaak en ook nog ʼn nuwe konneksie na die bootkiel gemaak. Die RF inmenging is beslis minder, maar tot dusver is daar nog geen sukses met die verbinding nie. Ek probeer nog ʼn paar goed.Die aand en die see is soos ʼn spieël. Selfs die seile klap nie so stil is dit. Dis nog stiller as Somerset Wes op ʼn Sondag middag. Vroeër toe die die son nog geskyn het, het ek afgekyk in die water. Daar diep was ʼn vis, baie diep, nie groot nie, net ʼn lekker maaltyd. Ek het rosyntjies, al wat ek het, aan die hoek gesit maar is nog steeds sonder vis.Die radio kommunikasie het deurgegaan so miskien sal dinge nou weer verbeter. Netnou het ek die radio afgesit en dit wou nie weer aankom nie. Dis nou die einde van die komms, het ek gedink, maar later was dit weer OK. Tegnologie en seil gaan nie saam nie.Ek dryf so teen 1 knoop Suidwaarts wat in die regte rigting is.

No wind since late yesterday. Moving SE at 1-1,5 kn. VERY hot.

30.04S 11.31WDag 33 Vrydag 30 Januarie 2009.03.02

Darem nie vandag so warm nie. Daar waai so ʼn lui NW wind en ek kruip voort teen 2 – 3 knope.ʼn E-pos van Hélène gehad. Sy lyk asof sy haarself geniet. Ek hoop maar ek is nie teveel in die pad as ek terugkom nie.Die radio komms is maar nog vol dinge. Vanoggend ʼn paar e-posse weggekry maar sedertdien weer niks nie. Ek is nou uit idees van wat om te doen.Ek raak desperaat om ʼn vis te vang, is nou moeg vir blikkies kos. Ek kan net nie glo dat daar net een dom vis in die hele Atlantiese see kon gewees het wat ek reeds gevang het nie. Made use of the windless time to go thru HF radio installation and found some corroded connections. Also connected the counterpoise to the leadkeel and it made a big difference. Hope it will assist the bad propagation conditions. Else all well, but no fish.

22

Page 23: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

31.20S 10.22WDag 34 Saterdag 31 Januarie 2009.

Vandag het dit al ʼn paar keer gereën en op die oomblik is daar reënbuie reg rondom my. Die heeldag waai daar so ʼn lui NW wind en ek dryf/seil S-Oos, in die regte rigting.Ek het nou die stryd gewonne gegee met die e-pos, want ek weet nie wat die probleem is nie. Ek het deur die details gelees en gevind die antennae van die diensverskaffer is NW gedraai vanaf Durban. Dis waarom dit goed gewerk het totdat ek nou te ver Suid gekom het. Onder beter propageer omstandighede sou die ander antennaes (wat nie rigting gebonde is nie) nog gewerk het maar omdat dit sulke swak omstandighede is kan ek nie deurkom nie. Ek het via Tom gevra om vir Hélène te laat weet daar sal nie weer e-pos komms wees nie, altans nie totdat ek ten minste 500 myl nader is nie. En selfs dan sal dit moeilik wees.Laasnag het ek al twee my lokaas aan vis verloor. Dit moes redelik groot visse gewees het. Die een het die hoek reguit gebuig. Ek het nie meer baie aas nie so sal van nou af die hoeke uithaal in die nag en dan hoop ek sien raak as ʼn vis die hoek vat in die dag. Die see is stil maar met groot deinings en dit maak die boot ongemaklik wieg. Dis verbasend hoe vermoeiend dit is. Alles wat mens doen moet stadig en met oorleg beplan word anders stamp jy jou disnis teen iets. Sonder ʼn vis is daar vanaand hoender kerrie uit ʼn blik. Ek het dit al voorheen gehad en maak nie saak hoe mens dit dokter met blatjang en nog wat, dit wil net nie lekker wees nie.

31.52S 11.02WDag 35 Sondag 1 Februarie 2009.

Laaste nag het ʼn 20-30 knope S-Ooste begin waai en waai nog steeds (14H00). Om te probeer skryf is seker soortgelyks as om op ʼn perd se rug te probeer. Die see is 3 tot 4 meter en is baie rof. Ek sit hier met my bene teen die maspaal en my rug styf vasgenael in die bank se hoek met die boek op my skoot. ʼn Mens kan nie by die tafel geskryf kry nie.Met die ligte winde het ek my pad stadig Oos gemaak en was alreeds naby 10.00W maar die Suidooster het my nou teruggedruk tot by 11.00W. Ek seil nou weer SW en sal so aanhou totdat die wind miskien more weer Wes draai. Nogtans gaan ek aanhou Suid gaan want die tyd van die jaar is die Weste winde baie ver Suid. Ek sal heelwaarskynlik naby aan die 40.00S lyn Ooswaarts begin seil. Ek het nog glad nie vandag iets warms gedrink nie, alles sal van die stoof afspring, maar my maag is darem vol. Die wind hou nooit op met loei deur die masdrade nie en dit laat dit erger voel as wat dit is.Ek het met Tom gepraat oor die radio en gevra hy moet ʼn e-pos aan Joost stuur (Joost hanteer die Ham e-pos) en vra of hy nie ʼn plan kan maak met ʼn sterker radio kontak na die Suid oseaan nie. Dit sal fantasties wees as daar weer e-pos verbinding is maar die kanse is skraal.GAIA is beslis te klein vir die soort see. Kort kort span twee golwe saam en stamp hom dat hy byna heeltemal omdraai. Of hulle breek bo-oor die boot en dusiende liters stort oor die dek. Nee, hier wil mens ʼn tipiese Amerikaanse boot van 70 voet en 50 ton hê. Nie ʼn 28 voet en 3,5 ton nie.

23

Page 24: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 14 Fotos op die oop-see.

Nietemin alles gaan goed en ek is hier uit eie keuse. Daar is tog iets daaraan om net die elemente te gebruik om te leef en te weet as jy dit reg doen is dit nog veilig, al dan nie gemaklik nie.Tot hierdie wind gekom het, het ek nooit meer as 10 – 12 knope gehad vandat ek weg is van Gordonsbaai nie, en dan was dit van agter gewees. Hierdie is regte Suid Atlantiese see en dit toets alles op die boot en jouself. Dis ʼn proses om van een end van die boot na die ander te loop en om op een plek te staan is amper onmoontlik. Ek kan nie help om te vra; “wat maak ek hier?” Daar is geen seile op om van te praat nie maar dit ten spyte laat die boot se kant telkens onder die water verdwyn en dan stroom dit oor die dek soos ʼn rivier. As ʼn golf oor die boot breek voel dit asof die water hom afdruk wat ek seker is is wat gebeur. Ek is maar te bly daar is ʼn windloods wat stuur. As ek self dit moes doen sou dit soms half verdrinkende wees. Dis nie heeltemal moontlik om te beskryf hoe woes dit gaan nie.

33.40S 12.07WDag 36 Maandag 2 Februarie 2009.

Soos alle dinge het die wind ook weer tot ruste gekom en van gisteraand is dit weer redelike maklike seil. Ek is nou 200 myl noord van Tristan en met ʼn Ooste windtjie mik ek net so Oos van die eiland. Hopelik

24

Die twee fotos weerspieel nie regtig die omstandighede nie want die see lyk platter as wat hy werklik is en die boot lyk meer regop. In die see ‘wieg’ die boot 30grade plus links na regs. Dis BAIE ongemaklik en die beste is om te gaan lê en jou swaartepunt so laag moontlik te hou.

Page 25: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

sal die weste winde daarlangs begin alhoewel dis nog vroeg somer en ek sal seker verder Suid moet gaan. Sal maar dat die wind die besluit maak, nie dat ek teveel keuse daarin het nie.Ek het die “tiller pilot” (elektronies) vir ʼn paar dae nie gebruik nie en vanoggend wou ek hom net aansit terwyl ek die batterye laai en toe werk dit nie. Ek het gedink dit het nat geword in die woeste rit van gister en het dit laat droog word met die hulp van ʼn handvol sout in sy deksel om die water op te suig. Later het die son ook gehelp, maar daar was geen lewe nie. Ek haal toe maar die kontrole kop af en maak dit oop maar alles is droog. Daar is ook niks opvallend verkeerd nie. Maak alles skoon en sit dit terug maar sonder sukses. Ek neem aan die elektronika is kaput.Dis eienaardig laaste keer op die rit het die elektroniese loods ook die gees gegaf wat ek nie kon regmaak nie. Daarna het die windloods onklaar geraak wat ek wel kon regmaak. Die keer is dit die selfde probleme net omgekeerd. Na die herstel by St. Helena werk die windloods baie goed. Hoop maar daar gaan nie weer iets verkeerd nie want dan is ek regtig “up the street without a paddle”.Dit sal lekker wees as ek eers Oos draai want dan kry mens die indruk die pad gaan vinniger verby omdat die grade gouer oorgesteek word. Volgens my berekening is ʼn graad van Wes na Oos op breedte graad 37.00 net omtrent 48 myl. Ek onthou met die Tosca het ek laaste keer maklik 3 grade op ʼn dag geseil. As ek twee doen met GAIA sal ek heel tevrede wees. Met gister se baie wind het ek 120 myl gedoen Maar dit was wild en ek sal liewer minder doen en gemakliker seil.

34.52S 11.45WDag 37 Dinsdag 3 Februarie 2009.

Hierdie moet seker die stadigste rit ooit wees tussen st. Helena en Tristan. Ek begin dink soos ek nader kom skuif hy verder. Die wind is lui, en alhoewel ek beweeg tussen 4 -4,5 knope is daar geen geluid nie. Dis eintlik heerlik maar meer wind sou welkom wees.Laaste nag het die hoofseil se “sheetblock” gebreek. Eintlik nie gebreek nie , die “shackle” het homself losgeskroef. Dis maar die aanhoudende gekarring en geruk wat dit doen. Daar was min wind en ek kon dit sonder enige krisis regmaak.Vanoggend is die PC kaput. Hy het nog geen probleme gegee nie maar toe ek hom oopmaak vanoggend is daar geen skerm nie. Alles werk nog maar daar is niks om te sien nie. Ek spandeer nog die hele oggend om hier te karring en daar te karring maar sonder sukses. So nou is e-pos ook finaal daarmee heen. Elektronika en bote gaan maar nie saam nie. En ek het nogal spesiaal die PC beskerm teen klam word en daar was nog nooit rede om te glo dit sal ʼn probleem word nie.Volgens Alistair sit die Atlantiese hoëdruk stelsel vas so Suid-Oos van my en vandaar die ligte winde. Die stelsel se barometer en myne is die selfde; 1024 en vandaar die wind tekort. Ek kan nie teveel Oos seil nie dan seil ek binne in hom in nou hou ek maar Suid. Anders kon ek nou begin Oos draai ....... vir die finale tog terug.

25

ʼn Warm maaltyd, ʼn varsgebakte brood en ʼn whisky; kan dit beter?

Page 26: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Ek het alles probeer met die PC om dit weer aan die gang te kry, maar tevergeefs. Dit is nou maar weggesit. Ek het nie papierkaarte van die omgewing nie en gebruik nou maar grafiese papier om te navigeer. Gelukkig lyk die een plek nes die ander so dit maak nie juis saak nie. Die PC het elektroniese kaarte opgehad. Ek het darem al die kaarte vir die S.A. kusgebied. (PS. Ek het hierna vir nog ʼn dag of twee gesukkel met die PC maar sonder sukses. Dit het nog gewerk maar niks niks op die skerm gewys nie. Ek het vermoed hy het homself gestel om op ʼn eksterne skerm te werk, maar wou nie reageer op enige instruksies om dit te laat vaar nie. Dit was frustrerend toe ek hom by die huis uithaal en aanskakel en alles werk perfek. Die tyd van rus het hom blykbaar kans gegee om my te vergewe vir moeilike omstandighede op die boot).Daar het nog ʼn blok gebreek op my “Gybe preventer”. Weereens nie gebreek nie maar die skroef het losgekom en ek kon dit weer herstel.Dis nou 3 uur in die oggend. Ek sit nou vir 12 uur op dieselfde plek sonder wind. Die see is so plat selfs die seile wapper nie. Dis bewolk en so donker dit buig ʼn flits se strale. Die see wat so stil is beteken vir baie myle rondom is daar niks nie. Daar is ʼn koue front op pad en die barometer daal stadig maar ek weet nie hoe vêr die front dit is en hoe vinnig dit beweeg nie.

35.44S 10.55WDag 38 Woensdag 4 Februarie 2009.

Weereens ʼn pynvolle dag met min of geen wind. Die sterkste wind was plus minus 3 knope maar dit beskou ek as baie. Ek het maar die rigting na S-Oos verander wat die maklikste is om die boot op koers te hou en stuur nou na wegpunt 38.00S 07.00W . Dis 438 myl weg. Hier agter my word die wolkies bietjie vlieserig wat hopelik die koms van die koue front is gepaard met NE – NW wind. Beide sal welkom wees. Ek lees weer Randolph Feinnes se boek “Beyond The Limits”. As ek dink dis moeilik wat ek doen dan kan mens nie eens ʼn vergelyking maak met wat hy al gedoen het nie. En keer op keer doen hy weer iets soortgelyks. Dit klink net nie vir my normaal nie.Ek het gister brood gebak en dis baie lekker. Vir een keer het ek genoeg sout ingesit en net genoeg olie. ʼn Brood hou gewoonlik so drie dae.Hier is nou iets om te onthou vir seevaarders en kampers wat nie ʼn koelkas het nie. Ek hou my botter en oorskiet kos koel deur dit in ʼn plastiek houer te sit en toe te draai in ʼn handdoek en dan nat te hou. Dit werk uitstekend. Die tweede is weer ʼn koolkop en hou dit op ʼn plek waar dit nie geruik kan word nie. Dit hou baie lank en maak heerlike koolslaai. Ek het by die huis een gekoop en nog daarvan geëet nadat ek van St. Helena weg is. Daar het ek vir my twee kleintjies gekoop en het nog die helfte van een oor. Makeer niks nie, en dis darem baie lekker om bietjie slaai te eet.Dis nou laat middag en dit lyk of die windjie besig is om die gees te gee.Die alleenheid wil my elke nou en dan vang, maar ek weier om daarop te konsentreer en soek iets om te doen of forseer myself om aan iets anders te dink. In die boek wat ek lees is daar kwotasies en twee wat my spesifiek getref het, miskien omdat hulle toepaslik is, is “endure what can’t be mended” en “There is always a risk in being alive and if you are more alive there is more risk.” Ek kan altwee be-aam.

36.46S 09.58WDag 39 Donderdag 5 Februarie 2009.

Uiteindelik het die wind waarvoor ek gewag het so 12 uur laasnag gekom. Uit die N.O. uit en stadig meer geword tot nou toe wat dit so 12 -15 knope is. Ek seil S.O. so dis maklike seil, en intussen is dit meer van ʼn Noordewind. Ek wil nie hoër Noord seil as 47 grade nie omdat die drukstelsels baie laag loop en dit die beste kans is dat ek die Weste winde sal hou. Daar is ʼn erg lae druk stelsel agter my wat dalk ʼn storm kan bring oor 2 -3 dae. Dis heerlike seil op die oomblik, baie stil met die boot wat heen en weer wieg maar eintlik regop bly. Dis die winde wat my huis toe moet waai. Tussen 18 na 25 dae.Daar het nou net ʼn seevoël my aas probeer oppik en ek het hom verjaag, sonder veel reaksie van sy kant af. Hy weet duidelik nie wat ‘voertsek’ beteken nie.

26

Page 27: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Ek hoop Hélène kry die boodskap dat my PC die gees gegee het. Ek het vir Graham gesê om vir Alistair te vra om vir Hélène ʼn e-pos te stuur. Ek kon vandag nie eers vir Alistair hoor nie so swak was die band, en hy saai uit teen 400 watt.Aai ek wens darem regtig ek kan net so ʼn klein Tuna vang. Is maar moeg vir blikkies kos.

37.37S 08.26ODag 40 Vrydag 6 Februarie 2009.

Die N.O. wind waai nog steeds so 10 -15 knope. Vroeër het ek die GPS wegpunt gestel op die verste punt Oos - 38.00S 16.00O. Dis 1161 myl weg teen 100 grade. Een graad hier is net minder as 50 myl so, alles gegewe, behoort ek so 2 grade per dag te doen. By 16 grade Oos begin ek Noordwaarts beweeg Gordons Baai toe.Alhoewel dit somer is bly dit maar klam en koud in die gebied. Dit dou ontsettend baie. Gister was die son darem warm en moontlik vandag ook. Dan sal ek die kussings bietjie uitsit om te bak.Die see is vol gate en die boot skud maar baie terwyl die stert ook heen en weer swaai. Vanoggend wil ek pap en eiers eet. Ek het nog agt eiers oor, ses van die huis af. Hulle is nog heeltemal goed en ek is verbaas, maar sal nie kla nie. ʼn Tamatie daarmee saam sou goed afgaan maar daar was niks te kope in St. Helena nie.Ek luister nou net na die BBC nuus. Daar het nog niks verander sedert ek weg is nie. Zimbabwe, finansieel, oorlog, dis nog alles dieselfde. Miskien moet ek maar op die see bly.Dis middag en die hele dag waai daar ʼn N.N.W. wind van 15 – 20 knope. Dis ongemaklike seil met ʼn bonkige see.Radio koms was so sleg vandag ek kon niemand hoor nie en hulle ook nie vir my nie. Weet nie wat die weer inhou nie.

37.53S 05.15WDag 41 Saterdag 7 Februarie 2009.

Van laaste nag af was daar ʼn ding aant komme. Die barometer het vinnig begin daal van 1024 af en is nou twaalf ure later op 1012 en die wind het saamgekom. Vanoggend het die reent ook gekom met die gepaard gaande windstorms, maar dit het so 15 knope gebly en toe so twee uur gelede (11 uur) het die wind alle perspektief verloor. Die see het opgegaan na 6 - 8 meter golwe en die wind na 30 tot 40 knope. Op die oomblik is dit omtrent 50. Ek het storm klere aangetrek en ʼn harnas aangesit en die hoofseil laat sak en vasgebind. Die wind wou my met alle geweld van die boot waai en ek kon nie help om te wonder of ek weer sal opkom as hy dit wel doen nie, harnas ten spyte. Op die oomblik met net so ʼn halwe meter voorseil om rigting te hou. Ek kan nie uitmaak of dit reën en of dit net sproei is wat rond waai nie. Hier in die kajuit is dit nou houbaar maar buite loei en huil die wind. Dit het ook meer S.O. gedraai en eintlik moet dit Wes gaan. Ek het nie ʼn keuse om maar te wag en sien waarheen dit gaan nie.Het darem goeie radio verbinding gehad. Die voorspelling is maar vir sterk wind en see. Dis nou ʼn uur of wat later. Ek het die boot gestop want ek het gevoel dit raak buite beheer. So ʼn lappie van ʼn voorseil en die neus wys in die wind in. Dis chaos daar buite. Die see en wind kompeteer teen mekaar en dit voel asof ek in die middel gevang is. Die golwe het berge geword en die wind werk homself op tot ʼn punt waar dit nie verder kan gaan nie, verslap dan ietwat net om weer op te werk tot bo. Gaan nou so ʼn bietjie probeer slaap want dit kan nog ʼn woeste nag word.

Dis nou 15h30 en die wind en see het redelik bedaar en toe ek weer begin seil wil die windloods nie stuur nie. Ek gaan kyk agter en my moed sak in my skoene toe ek sien die spaan staan 90 grade skuins. Dit het op die sweis nate oopgeskeur. ʼn Totale katastrofe. Ek is omtrent 1300 myl van die einde af en as ek moet met die hand stuur gaan dit my baie lank neem om daar te kom. Ek het deur die boot gegaan om te sien wat daar is om ʼn reparasie mee te maak, met min hoop. Ek kry toe ʼn “bracket” waarmee die HF radio oorspronklik gemonteer was. Redelike sterk staal en ek bewerk ʼn plan om dit soos ʼn verband om te sit. Na baie gehamer en gebuig en gesaag is dit toe gedoen maar daar was nog ʼn swak plek wat ʼn verband nodig het. Ek soek weer en kom af op ʼn ou mas trap en dit tesame met ʼn stukkie plank en ʼn paar 6mm boude doen ʼn aanvaarbare job. Met nog ʼn baie rof see maar redelike wind sit ek die spaan terug en stel hom om die minste moontlike spanning op die spaan te sit. O ja. Ek het die spaan nog bietjie afgesaag om die spanning te verlig.

27

Page 28: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Figure 15 Die gebreekte spaan (bo) en weer reggemaak (onder).

28

Hier kan duidelik gesien word hoe die sweiswerk losgeskeur is. Die regsom gebuigde deel was oorspronklik aan die plaat links vasgesweis.

Die foto is geneem by die huis en wys hoe die plaat van die radio-‘bracket’ om die oorspronklike gebuig en toe vasgebout is.

Onder is die addisionele spalk van die mastrap gemaak tesame met ʼn houtblok. Die hele lot het perfek gewerk en na 1300 myl was daar geen teken dat dit nie sou kon hou vir ʼn onbepaalde tyd nie.

Page 29: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Ek seil nou weer maar hou alles stadig en sonder om onnodige stremming op die stuur te sit. Dit blyk heel goed te werk maar net tyd sal leer of dit sal hou. Ek is maar baie angstig daaroor, seker die naaste wat ek aan bekommer kom. 37.45S 03.59WDag 42. Sondag 8 Februarie 2009.

Deur die nag geseil met ligte wind maar groot see. Baie ongemaklik. Die windloods het deurgaans goed gewerk en ek druk die boot glad nie. Ek het besluit as ek een lengte graad elke dag seil sal ek tevrede wees solank die loods hou. Tot dusver het ek twee grade plus geseil. Op die breedte graad is die afstand tussen lengte grade 48 myl. Dis min om te seil maar beter as wanneer ek dalk moet self stuur. Daar is 22 lengte grade plus drie breedte grade oor. So plus minus 1300 myl.Dis nou so ses uur aand en ʼn goeie dag se seil. Die windloods werk goed, dalk beter as voorheen omdat dit nou anders gestel is. As dit net sal hou tot by die huis!! Daar is dosyne voëls en hulle wil net my aas oppik. Wegja werk nie, hulle verstaan nie die taal nie. Ek wens die visse het so belang gestel. Dit is net fassinerend om die voëls dop te hou met die aas. Hulle vlieg van agter af en hang dan net so bo die aas, of gaan sit op die water terwyl hulle vlerke nog uitgesprei is, en dan “loop” hulle op die water. En nooit sal ʼn golf hulle onklaar vang nie. Hulle moet bewus wees van alles wat reg rondom hulle aangaan. As die see so hoog is soos nou en hulle styg op van die water af doen hulle dit teen ʼn aankomende golf want dit druk die lug na bo. Hulle maak gebruik van die opwaartse lugvloei deur die golwe veroorsaak om hulle in die lug te hou sonder om hulle vlerke te klap. As dit by laagvlieg kom is hulle meesters daarvan.

37.33S 01.35WDag 43 Maandag 9 Februarie 2009.

Wind is aan en af maar goeie vooruitgang. Dis bewolk en koud maar darem nie onplesierig nie. Is nou 85 myl van die Greenwich lengte graad af. Dis so ʼn bietjie van ʼn waterskeiding, so of dit die laaste skof word.Ek neem aan ek is maar besig om artritis te kry in my vingers. Vir ʼn paar maande al pyn my twee voorvingers, maar dit versprei nou na die ander ook. Dis ontsettend seer, en hoe kouer hoe seerder. Laasnag het ek my ski handskoene gedra en dit help darem so ʼn bietjie. Kan darem maar nie die ouderdom en gevolge stop nie.Ek seil nou op die laaste lengtegraad voor Greenwich.Dis nou ses uur aand en vandag heeldag was net magiese seil gewees. Die deinings is hoog, so 3 -4 meter, maar ʼn goeie 200 meter uitmekaar en tussenin is daar geen golwe nie. Die wind waai nie reg nie – S Oos- so ek gaan teveel Noord maar dit doen geen skade aan die seil nie. Die boot seil geruisloos voort op haar eie so teen 4.5 en 5 knope. Geen wonderse spoed nie maar op die einde van die dag sal daar so 100 myl plus bygetel wees. En dit sonder dat ek selfs eenkeer aan iets geraak het, (maar die nag lê nog voor!).

37.32S 00.01EDag 44 Dinsdag 10 Februarie 2009. Van gister af is die wind skaars en alles gaan met stampe en stote. Ek is uiteindelik vroeër oor die Greenwich lengtegraad. Ek het vir die eerste keer in ʼn lang tyd met Alistair gepraat en hy sê hy bel Hélène somtyds, en stuur ook vir Johan ʼn e-pos as hy van my hoor. Ek sal hom ʼn paar bottels wyn stuur as ek by die huis is. Ek het vir hom gesê ek behoort so oor 10 -14 dae by die huis te wees van nou af. Dis seker so 800 plus myl. Alles hang natuurlik van die wind af en as niks breek nie. My windloods werk goed – hy moet net hou!

37.41S 01.41EDag 45 Woensdag 11 Februarie 2009.

Vanoggend net na lig het ʼn vis weer my lyn gebreek. Dis ʼn dilemma want my lyn is nie sterk genoeg nie. As ek ʼn groot sterk hoek aansit breek die lyn, met ʼn kleiner hoek buig dit reguit. Die resultaat is altyd die

29

Page 30: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

selfde; geen vis nie. Ek skat ek het ten minste ses visse so verloor. Dis tragies want ek is moeg vir blikkies kos.Laaste nag (van gistermiddag af) was die wind perfek en gaan ek in die regte rigting teen ʼn goeie pas. Omdat dit uit die Noorde kom is die boot ongemaklik, altyd op die regtersy. Maar liewer dit as geen wind nie.Die ‘beseerde’ windloods doen een goeie ding en dit is om my seil metodes aan te pas sodat daar nie stres op die stuur is nie. Ek moet die seile nou so hou dat daar net die minimum van stuur deur die roer gedoen word. Dis interessant hoe somtyds net ʼn paar sentimeter meer of minder seil ʼn groot verandering maak. En gewoonlik gaan dit gepaard met ʼn versnelling in spoed. Ek het laaste nag gelê en dink; met die noodgedwonge veranderinge wat ek gemaak het is die windloods nou weer basies terug op die vlak soos ek dit oorspronklik beplan het, en dit werk perfek. Êrens is daar ʼn les te leer in die hele episode en die beste wat ek aan kan dink is wat ons dikwels gebruik het toe ek nog gewerk het: “if it ain’t broke, don’t fix it”.

37.37S 05.05EDag 46 Donderdag 12 Februarie 2009.

Dit was die beste afstand in 24 uur op die hele trip tot dusver, 148 myl teen 6 tot 7 knope. En alhoewel somtyds ʼn bietjie stamperig is dit als met geen wind geloei nie. Die boot voel somtyds asof dit glad nie beweeg nie. Het net mooi oor drie lengtegrade geseil. En op die oomblik lyk dit asof dit so gaan bly so dit kan weer ʼn goeie 24 uur wees.Dis net koud. Ek het ʼn bad nodig maar is nie lus vir die koue nie. Gaan wag tot more en sien of dit nie beter is nie. Ek voel bietjie olik. Ek dink die klammigheid laat die allerlergie goggas uitbroei want ek sukkel daarmee. As ek so voel kan ek ook nie regtig lees nie en dit maak ʼn lang dag. Ek gaan maar vanmiddag ʼn brood bak om iets te doen.

37.14S 07.14EDag 47 Vrydag 13 Februarie 2009.

Die see is onstuimig en die seil is nie maklik nie. Golwe is 5 meter plus en omdat dit uit die Suide kom en ek gaan Oos moet daar dwars oor hulle geseil word. Soms lê die boot byna op die sy, en dis natuurlik uiters ongemaklik. Dit gaan seker nog erger word want die voorspelling is dat die wind SO gaan draai. My liggaam is seer om teen dit te baklei.Anders gaan alles goed. Gister het ek weer 127 myl gedoen maar dis natuurlik nie alles in die regte rigting nie omdat die boot so links en regs rondswaai. Nietemin dis nog vooruitgang.Die ‘afstand te gaan’ is nou omtrent 750 myl. So omtrent ʼn week se seil. Soos gewoonlik naby aan die einde van ʼn reis is ek nou haastig huis toe.

37.07S 09.50EDag 48 Saterdag 14 Februarie 2009.

ʼn Hoëdruk stelsel beweeg oor my en ek is uit wind uit. Die see is nog rof met die gevolg dis ekstra ongemaklik met die boot wat rond dobber sonder om êrens te gaan. So elke nou en dan is daar so ʼn vlaag wind en die hoop vlam op maar dan verdwyn dit weer. Nogtans ek het buitengewoon goed geseil die laaste week en kan nie kla nie.Het gister gehoor van Alistair. Hélène is P.E. toe en sal die 23ste terug wees. Gegewe met redelike toestande behoort ek tuis te wees voor dan maar baie kan gebeur so sal maar sien.Dis nog koud, seker so 12/15 grade en glad nie lekker nie. Ek het ʼn lekker sonnige bad nodig maar daar is min kans vir son vandag. Ek verstaan nie die weer nie. Met die hoëdruk behoort dit sonskyn te wees.

36.53S 11.23EDag 49 Sondag 15 Februarie 2009.

Alistair het gister gesê Hélène sal nou die 19de terug wees. Sy het seker haar besoek kort geknip omdat ek so goed gevaar het en sy by die huis wil wees as ek aankom. Maar van gister af het alles verander en ek ploeter voort teen 0 en 2 knope. Die wind wissel tussen 0 en 5 knope. Uit die S-Ooste wat ook

30

Page 31: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

verkeerd is. Die hoëdruk bly by my so dit sal seker nog ʼn tyd hou. Hoop nie die wind draai Oos nie. Die see is nog redelik rof, so êrens waai die wind sterk en ek kry die ongemak.Ek het geknie vir ʼn brood en wag dat dit moet rys. Ek het nie meer ʼn groot verskeidenheid van kos soorte nie en dit raak al hoe moeiliker om ʼn goeie maal te berei. Ek het nou die handdoek ingegooi om te probeer visvang, het ook nie meer aas oor nie. Daar is ʼn hele paar visse wat van noue ontkomings kan vertel maar ek moes honger bly.Dis nog steeds bewolk maar darem nie so baie koud nie, alhoewel ek nog iets warm moet aantrek.

36.23S 12.19EDag 50 Maandag 16 Februarie 2009.

Die spreekwoord sê mens moet nie jou kuikens tel alvorens die eiers uitgebroei is nie, en dis nou die geval met my. Ek het uitgewerk dat ek teen Vrydag sal in wees en nou sit ek hier op een plek met ʼn Ooste wind en ek kan net Noord of Suid gaan en nie een van hulle is ʼn oplossing nie.Ek was al vandag totaal deurmekaar, met die bietjie wind wat ek het kan ek somtyds so N-Oos seil, wat my 50 tot 60 grade (werklike rigting) moes gee volgens die kompas maar die GPS, wat werklike rigting gee wys sommer reg Noord of daar êrens. Ek het dit probeer uitredeneer maar daar bly net iets verkeerd. Haal naderhand die ander GPS uit, maar die wys dieselfde. Na baie eksperimente het ek later besluit ek moet in die Agulhas stroom wees wat teen 2 knope plus vloei in die gebied. Dit vloei omtrent reg Wes waar ek nou is en sal dit verklaar as ek teen 4/5 knope N-Oos seil. Ek het in elk geval geen ander verklaring daarvoor nie, en kan dit nie toets nie want my water log werk nie. Die see stroomspoed word langs die Afrika Oos kus aangegee as 3 knope wat dan moontlik is. Dis sulke tyd wat iemand anders se opinie welkom sou wees.Later in die dag.Die wind het so effens Suid van Oos gedraai en ek kon weer so stadig begin seil. Ek het ʼn vector diagram geteken met my geskatte boot spoed en die stroom vloei en dit wys dat die prognose korrek is. Ek sal nou in die stroom bly totdat ek Noord moet draai, so het goeie wind nodig, wat ek nie het nie.

36.12S 12.23EDag 51 Dinsdag 17 Februarie 2009.

Laaste nag was dit omtrent ʼn gepook met ʼn hele paar reënbuie en snaakse winde. Uiteindelik so omtrent 22H00 het die wind geval na 1 – 2 knope en ek moes ophou seil. Ek is in die stroom en het tot dusver (na 6 ure plus) al 24 myl terug Weswaarts gedryf. Die stroom vloei teen 2,9 knope en ek is magteloos daarteen. Daar het vroeër ʼn redelike S.O. wind opgesteek en selfs met die enjin aan kan ek net 3 knope maak. Ek is nou in ʼn groot delemma waaraan ek niks kan doen nie. Dis 400 myl N-Oos Kaap toe en al wat my daar kan kry is ʼn goeie Weste wind – iets wat nog baie skaars was op die hele trip. En elke uur raak die afstand meer soos ek dryf. Voorwaar ʼn benarde situasie.

Later.

31

Die foto is na die reis in die hawe geneem en wys hoe ek met die stroom afgedryf het. Van onder is die rit in ‘n N-Oos rigting en draai dan meer Oos tot by die skerp punt aan die Oostelike (regter) kant waar die wind stop. Dan dryf ek Weswaarts en later met so bietjie S-Oos wind in ‘n S-Westelike rigting totdat die wind weer regdraai en ek neem ‘n koers S-Oos. In totaal het die stroom my omtrent 25 myl Weswaart gevoer.

Page 32: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Ek het ʼn besluit gemaak om weer Suid te gaan af na 37 grade. Dis waar ek dink ek in die stroom ingekom het. Vandaar sal ek gebruik wat daar is om Oos te gaan. Ek motor, en ʼn rukkie gelede het ʼn ligte W.S.W. opgesteek so ek gaan nou S-Oos. Wat ook al gebeur, as ek ver genoeg Suid is kan ek alles hanteer. 36.50S 13.14EDag 52 Woensdag 18 Februarie 2009.

Gisteraand het ek met die enjin gery tot omtrent ses uur. Toe het dit so stil geraak dat ek geëet en geslaap het. So omtrent 11 uur wakker geword met ʼn see wat soos ʼn spieël lyk. In die tyd het ek NW gedryf vir so 5 myl. Weer die enjin aangesit en terug gery. Daar begin toe so ʼn ligte SW wind waai, wat later Suid is, toe NW en nou NO. Ek het naderhand nie geweet wat om te doen nie, het bly seile verander. Uiteindelik het dit uit die NW gekom en daarvandaan is dit nog steeds soos ʼn malle meul. Die see is rof en ek het van volle seile gegaan tot 3 reefs in albei en nog steeds 6 tot 7 knope. Die wind het by NW begin, toe Wes en is nou S-Wes. My eerste keuse is nog om S-Oos te gaan tot by 37 grade en dit maak dit vir my nog rowwer. Maar tenminste kom ek êrens, al is dit ook ongemaklik. Veel beter as om in die Agulhas stroom Weswaarts te dryf.Middag.Dis vandag ʼn regte Suid-Atlantiese see. Golwe van 6 tot 8 meter hoog en die heeldag is die spoed tussen 6 en 7 knope. As ek kon sou ek die seile kleiner maak maar op drie reefs is dit so klein as ek kan anders moet ek die tri-seil opsit. Gelukkig is alles wind af so dis eintlik maklik en stil. Selfs die boot is heel gemaklik, baie relatief natuurlik. Dis koud en kort- kort reen dit. Die een positief is die myle gaan vinnig verby.Ek hou die reggemaakte windloods dop maar hy werk baie goed en daar is nie regtig rede tot kommer nie. Nogtans wens ek dit wil net so ʼn bietjie rustiger gaan. 37.08S 15.32EDag 53 Donderdag 19 Februarie 2009.

Laaste nag was soos hulle sê “a night made in hell”. Die see het so rof geword met 8-10 meter golwe en ʼn wind van seker 50 knope dat iets êrens moes breek. Dit was net buite beheer. Ek stop toe maar die boot met die neus in die wind en probeer slaap maar dis byna onmoontlik met die boot wat alle kante toe rol. Na omtrent 3 ure bedaar die wind se geloei so ietwat, en ek rol die hoofseil heeltemal op, draai om en seil met die jib. Selfs dan het dit nog tussen 5 en 6 knope gegaan met surfs van 8 na 10 knope. Teen die oggend het die wind kalmer geraak maar die see was natuurlik nog net so rof. Op die oomblik is dit nege uur en die wind is amper weg, die golwe is klein maar die deinings is amper 8 meter en so tussen 100/150 meter uitmekaar. Dis tipiese Suid-see berge. Dis darem redelik gemaklike en ek probeer so bietjie met slaap opvang.Een of ander tyd moet ek begin Noord draai maar ek het goeie wind nodig om oor die Agulhas stroom te kom so sal nog die kat uit die boom bekyk. As die wind nou regtig ophou gaan dit weer frustrerend wees.Toe ek later buite kom, sien ek die jib sleep in die water langs die boot. My moed het tot in my skoene gesak. Die jib halyard het gebreek maar alhoewel die wind net so 10 knope waai was dit ʼn yslike job om dit weer op te kry. Dit moet in die “furler” gleuf gaan terwyl dit by die mas opgetrek word, en dit terwyl dit in die wind rond wapper. Die mas en “furler” is 3 meter uitmekaar so dis nie moontlik om albei gelyk by te kom nie. Voorwaar nie maklik nie, maar is darem naderhand gedoen. Toe ek dit wil oprol haak dit vas; die kontrole lyn het vasgedraai om die drom, maar met nog ʼn gesukkel kom dit darem los.Terwyl ek daar besig is inspekteer ek toe sommer die hele lot en net so wel. Die “clevis pin” van die “forestay” se “split pin” is gebreek en hou net op genade. As die pen moes uitkom is die “forestay” daarmee heen. Nadat ek die “split pin” vervang het het ek gedink die gebreekte halyard was dalk ʼn bedekte seën want dis ʼn klein probleem teenoor ʼn gebreekte “forestay”.Later wil ek weer die jib oprol en weereens haak dit vas. Dit was toe nie die lyne wat gekoek het nie, en alhoewel dit reeds sterk skemer was en ek nie kon sien nie het ek gediagnoseer dat die halyard nie styf genoeg is nie en dat dit om die “forestay’ draai. Dit styf getrek en dit lyk asof die probleem opgelos is.My go is nou so ʼn bietjie uit, en my hande seer van al die nat toue wat ek aan moes trek. Die see is nog baie rof.

32

Page 33: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

36.54S 17.16EDag 54 Vrydag 20 Februarie 2009.

Laas nag was ʼn lafenis van die vorige een. Die wind het konstant so 10 knope gewaai en die see het bedaar. Nog groot deinings van so 4/5 meter maar anders is die see so sag soos satyn. Die heel nag Oos gegaan saam met die deinings en met net so ʼn sagte wieg in die boot en anders geen geluid nie het ek al my slaap ingehaal en nog ʼn goeie 60 myl ook gedoen.Ek het nou Noordwaarts gedraai op die laaste skof. My mikpunt is Danger Point so 40 myl oos van Valsbaai. Die Agulhas stroom vloei sterk die tyd van die jaar en ek het ʼn vector diagram berekening gemaak. As ek vir Danger Point stuur behoort die stroom my af te dryf tot by Valsbaai se ingang. Daar is ook genoeg spasie as die S-Ooster sou begin waai. As die Weste wind hou wat ek nou het kan ek altyd meer N-wes draai voor ek naby kom. Ek is nou 200 myl van Gordonsbaai, dis twee dae se seil, maar met die trip maak ek geen vooruitskatting meer nie. Nietemin dis moontlik om teen Sondagaand tuis te wees.

34.53S 18.27EDag 55 Saterdag 21 Februarie 2009.

Die heeldag waai dit storm-sterk uit die N/N-Weste. Eers Noord en nou NW. Dis natuurlik net teen alles wat beplan is, want nou moet ek so te sê wind op seil om Valsbaai te maak. Die rede hoekom ek so ver Wes gegaan het voordat ek Noord gedraai het was omdat ek bang was die SO winde waai my Saldanha toe. Nou moet ek spook om nie Agulhas toe te waai nie.Op die oomblik seil ek net met die jib so storm grote. Die hoofseil is heeltemal opgerol. Die see is ontsettend onstuimig en die boot val in gate in. Die wind loei teen 30/35 knope en ek haal soms 6,5k spoed. Ek wil die jib kleiner maak maar hy lol nog en wil nie oprol nie. Dis ʼn bietjie van ʼn nagmerrie, ek weet nie wat ek sal doen as dit moet opgerol word nie. Op die oomblik het ek nie ʼn keuse anders as om voort te beur nie. Dit voel asof iets moet breek; die boot is onder ontsettende spanning. Dis teen my beginsels want dis vra vir moeilikheid en hier is genoeg sonder om daarvoor te vra. Nou 35 myl suid van Kaappunt. Te moeilik om te skryf. Op ʼn stadium het die boot 180 grade getol sonder dat ek daarvan bewus was. Een oomblik het ek nog Noord geseil en die volgende was dit Suid. Dit moes getol het bo op ʼn golf en so maklik dat ek dit nie gevoel het nie.

Dag 56 Sondag 22 Februarie 2009.

Uiteindelik, net na ek verby die lyn tussen Kaappunt en Hangklip is het die wind bedaar en het ek die motor gebruik om verder, 24 myl, huis toe te gaan. Binne ʼn uur of twee was daar geen wind nie en by Gordonsbaai aangekom was dit so stil soos ek dit seker nog nooit gesien het nie. Gelukkig, want 03H45 in die oggend is daar niemand om te help om die boot vas te maak nie, en so was dit maklik.My liggaam is seer van die laaste dag se stamp ry.

Later, by die huis.

Hélène het my om en by 07h00 kom haal en is ons huis toe waar sy ʼn lekker ontbyt gemaak het. Murray, Lien en die kinders het die middag oorgekom en ons het ʼn welkome stukkie vleis gebraai. Met my ‘see bene’ het ek maar gesukkel vir ʼn paar dae en aanhoudend gestrompel en in goed vasgeloop.

Die bure was almal bly om my veilig tuis te he en Piet, Louis, Peter en Steve het oorgekom om hallo te se. Ek is hulle almal dank verskuldig vir die hulp aan Hélène verleen met die inbraak en sal dit opmaak een of ander tyd. Dan weer, mens moenie so iets probeer terugbetaal nie, dis te waardevol.

Ek voel heeltemal tevrede met myself en hoe ek dit alles gehanteer het. Behalwe dat ek nie betyds klaargemaak het met die resies nie – dit kou maar so bietjie. Die ou storie van ‘as ek maar net.......’ wat natuurlik nonsies is want wat verby is is verby. ʼn Mens kan net vorentoe leef.

33

Page 34: rayryk.files.wordpress.com€¦  · Web viewHélène het die tikwerk gedoen en besluit om van die e-posse in te sluit om ʼn ander dimensie ook te gee. Dis alles in . skuinsskrif

Is ek nou moeg vir seil? Nee, beslis nie. As ek kon sou ek ʼn groter boot gekoop het en meer gaan seil het. Maar dis darem ook nie lekker om dit alleen te doen nie. Op die rit het ek die alleenheid gehanteer deur dit positief te onderdruk wanneer ek gevoel het dit gaan my vang en dit het gewerk maar is nie ideaal nie. Sover die boot aangaan, GAIA kan alles hanteer wat die see kan bied, maar ʼn groter boot sal dit darem heelwat makliker maak.

Ja, die volgende Governor’s Cup is in 2010, en ek kan wen..........................

__________________________

So ʼn paar seil-wenke:

Om te gaan seil op die oop see, en hier konsentreer ek op die alleen-seiler, is ʼn unieke ervaring en verg ʼn paar eienskappe wat anders gehanteer moet word as wanneer mens op vaste land reis.

Eerstens is daar die beplanning. Op die see verander die boot in jou hele wereld. As iets nie op die boot is nie, is dit ook nie in jou wereld nie. Dit sluit alles in; kos, water, spaar parte, gereedskap, kennis, vaardigheid en al die ander goed waaraan mens kan dink. Hoe beter jou beplanning, hoe beter die kanse dat jy alles wat na jou gegooi word die hoof kan bied.

Dan is daar self vertroue. Jy moet eenvoudig glo dat jy in staat is om jou uit enige situasie te kry op watter manier ook al. Weliswaar moet mens seker maak jy het genoeg kennis en ondervinding maar dis nooit moontlik om alles te ondervind of simuleer voor die die tyd nie. Wanneer die onverwagte gebeur moet jy ʼn plan maak en mag jy nie op ʼn hopie gaan sit en jouself jammer kry nie. Dit sal niks oplos nie en self vertroue is al wat jou daar deur gaan kry.

Om moed op te gee is nie ʼn opsie nie. Moedeloos sal jy wel raak, maar daarna moet jy opstaan en doen wat gedoen moet word. As jý dit nie doen nie is daar niemand anders wat sal nie. Soms, wanneer dinge baie deurmekaar lyk en jou wereld lyk asof dit inmekaar gaan stort is dit nodig om vir jouself te sê: ‘Hokaai, kalmeer en DINK’. En as jy dit gedoen het word dinge gewoonlik dadelik weer hanteerbaar.

Jy moet altyd in beheer van jou wereld (boot) wees, en nie andersom nie. As jy vind die boot raak buite beheer, verminder spoed (seile) en as dit nog steeds te rof gaan, stop die die boot en vat ʼn blaaskans. As jý nie in beheer is nie, is niemand anders nie en dinge gaan ernstig verkeerd loop.

Doen elke dag ʼn volledige ondersoek van die boot om probleme te probeer verhoed. Op die see gebeur alles 24/7 met geen rustyd nie en klein probleempies verander baie gou in grotes. Na ʼn paar dae of weke sal selfs net ʼn klein skaafplekkie deurgeskuur wees met moontlike katastrofiese gevolge.

Om bang te wees is ʼn verkwisting van tyd en energie en beide kan beter gebruik word om iets daadwerkliks aan die ‘bang-probleem’ te doen. Wees eerlik met jouself en vra hoe dit gaan help om bang te wees en vind dan die beste alternatief. Dit werk elke keer.

As jy ontstuimige weer verwag berei voor daarop alvorens dit by jou aankom. Dis baie makliker en minder gevaarlik terwyl die omstandighede goed is om seile te verminder en andersins voor te berei as om te wag totdat alles rondom jou chaoties word.

En laastens: As jy moes wag totdat alles perfek reg is, sal jy nooit gaan seil nie. Kom tot ʼn punt waar jy redelik gemaklik voel en doen dit.

En nou ʼn bietjie Ewoud filosofie: Lees weer die seil-wenke hier bo maar sien dit as Lewens- instede van seil-wenke.

34