wapad - 20 februarie 2014

16
6 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] 20 Februarie 2014 / VOL 2 LEES JOU KAMPUS Karlien, Overs én Ratau in die sop HANNES KRUGER O ns was uit die veld geslaan. Ons het dit glad nie verwag nie! Só het Chantelle Ludik, prim van Karlien-vrouekoshuis, gesê ná die HK van dié koshuis ty- delik geskors is ná klagtes van beweerde onbehoorlike praktyke. Volgens Ludik kan hulle op hierdie stadium nie dink wat die aard van die klagtes is nie. “Ons het die reëls deeglik gevolg en streng gehou by die goedgekeurde tradisies.” Volgens Ludik het die hele kos- huis ’n SMS op die dag van die tydelike skorsing gekry wat sê dat die hele koshuis om 17:30 in die ontspanningsaal moet wees vir ’n vergadering met die rektor. “Die HK is egter apart geroep vir ’n vergadering in die raadsaal. Dit is waar vir ons gesê is ons is tydelik geskors en dat ons teen 20:00 moet ontruim.” Karlien en Over de Voor-mans- koshuis, wie se HK ook tydelik geskors is na aanleiding van onbe- hoorlike praktyke wat aangemeld is, word tydelik in die Dennepark wooneenhede tydens die onder- soek gehuisves. “Ons het onveilig gevoel. Daar was een loper wat al die kamers in Dennepark kon oopsluit. Daar is mense wat ons nie ken nie wat ook daar bly,” het Ludik by navraag gesê. Die probleem is egter nou opgelos. Volgens Ludik veroorsaak die tydelike huisvesting ongerief. “Daar is geen internet nie. Ons moet die heeltyd kampus toe ry wat baie ekstra brandstofgeld uit die sak jaag om van die internet gebruik te maak.” “Ons moet nou ook betaal om ons wasgoed te was waar dit in die koshuis gratis was.” Intussen is daar geen nuwe in- ligting oor die presiese aard van die klagtes deur die kampusbe- stuur bekendgemaak nie. Volgens prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, sal daar meer inligting ná die verhoor bekendgemaak word. “Anders is ons besig om die ondersoek en moontlike verhoor vooruit te loop en individue in die openbaar te verhoor,” het Van Schalkwyk gesê. Luidens ’n verklaring wat verlede week deur die universiteit op hulle Facebook-blad geplaas is, het heelwat studente, seniors en eerstejaars van albei koshuise die ondersoekspan met belangrike inligting genader wat egter nog bevestig moet word. Op grond van hierdie verdere inligting word onder meer be- weerde voorvalle van intimidasie (geskreeu en gevloek) en soge- naamde rondstampery deur die span ondersoek. “Gerugte onder studente wat die Potchefstroom Herald te hore gekom het, is dat die HK’s van Karlien hulle eerstejaars verbied het om te eet en van toiletgeriewe gebruik te maak,” het die Potchef- stroom Herald berig. Hulle moes glo van emmers in hulle kamers gebruik maak. Volgens Ludik het die media tot dusver die dam onder die eend uit- geruk. “Hulle laat dit lyk asof ons skul- dig is nog voordat ons skuldig bev- ind is,” het sy gesê. “Die bewerings is onwaar. Ons het konkrete bewyse wat ek besig is om saam te stel dat ons nie oor- tree het nie.” Volgens Ludik is die bewe- rings dat eerstejaars in emmers moes urineer omdat hulle badka- mergeriewe geweier is totaal en al onwaar. “Eerstejaars mag enige badka- mer in die koshuis gebruik. Dit het wel so in die verlede gewerk dat eerstejaars en seniors verskil- lende badkamers moes gebruik. Dit werk nie meer so nie. Eerste- jaars mag enige badkamer in die koshuis te alle tye gebruik, asook die voorportaalbadkamers.” JD Conradie, prim van Overs, het teen druktyd nog geen kom- mentaar gelewer nie. Boonop is die koshuisouer van Over de Voor-manskoshuis ook ty- delik onthef van sy verantwoorde- likhede hangende die uitslag van die ondersoek. Volgens Van Schalkwyk hou die rede hiervoor verband met die bewering van wanpraktyke in die betrokke koshuise en die versuim daarvan om dit te rapporteer. Die koshuisouers van Karlien is egter nie tydelik onthef van hulle verpligtinge nie. Volgens Louis Jacobs, media- woordvoerder van die institusio- nele kantoor, is hulle nie van hulle verpligtinge onthef nie aangesien “elke geval van ’n skorsing op eie meriete gehanteer word”. ’n Ondersoek is ook in Ratau Le- bone-manskoshuis begin weens beweerde wanpraktyke in dié kos- huis tydens O&B. ’n Eerstejaar wie se ouers al- twee glo in die regspraktyk is, het ’n klagte by die studentedekaan gelê. Volgens prof. Rikus Fick, stu- dentedekaan, is die saak aan die dissiplinêre kantoor oorgegee. “Daar is nog geen bevindings gemaak nie. Die ondersoek is nog aan die gang. Soos met die geval van Over de Voor en Karlien sal daar baie streng opgetree word as en wanneer iemand skuldig be- vind word,” het Fick gesê. Dié koshuis se HK-lede is egter nie tydelik van hulle verpligtinge onthef nie. Volgens Frans Erasmus, prim Karlien, Overs: 'AfriForum is verantwoordelik' 'Die bewerings teen ons tot dusver is onwaar' - Karlien se primaria ’n Ondersoek is ook in Ratau Lebone-mans- koshuis begin weens beweerde wanprak- tyke in dié koshuis tydens O&B. NUUS 5 Pukki-liedjie nie YouTube gehalte Karlien-vrouekoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is. Over de Voor-manskoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is. SS pryse styg drasties Hoekom? van Ratau Lebone-manskoshuis, het hulle geen inligting tot dusver ontvang van die besonderhede oor die klagtes nie. Volgens Erasmus het daar geen onbehoorlike praktyke plaasge- vind nie. "Ons is nie bewus dat die klag- tes met enige senior te doen het nie, sou ons bevind dat die klagtes wel verband hou met ‘n senior sal daar verseker opgetree word," het Erasmus gesê. Luidens die verklaring op die NWU-Puk se Facebook-blad leef die kampus steeds sy "Omgee"- ingesteldheid uit en streef daarna om studente in 'n veilige atmos- feer voor te berei om afgeronde en gebalanseerde studente vir ons land op te lewer. Daarom is die universiteit ook ernstig om praktyke wat nie strook met die land se grondwet en die universiteit se doenwaardes nie, met wortel en tak uit te roei. In die proses word almal ver- soek om die Universiteit ruimte te gee om die ondersoek deeglik af te handel, ook om begrip te toon dat die Universiteit nie voor- tydig inligting bekend kan maak nie. Dit kan die ondersoekproses benadeel. FOTO'S: MSM-produksies

Upload: wapad

Post on 22-Mar-2016

298 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Wapad - 20 Februarie 2014

6

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

20 Februarie 2014 / VOL 2

LEES JOU KAMPUS

Karlien, Overs én Ratau in die sopHANNES KRUGER

Ons was uit die veld geslaan. Ons het dit glad nie verwag nie!

Só het Chantelle Ludik, prim van Karlien-vrouekoshuis, gesê ná die HK van dié koshuis ty-delik geskors is ná klagtes van beweerde onbehoorlike praktyke.

Volgens Ludik kan hulle op hierdie stadium nie dink wat die aard van die klagtes is nie.

“Ons het die reëls deeglik gevolg en streng gehou by die goedgekeurde tradisies.”

Volgens Ludik het die hele kos- huis ’n SMS op die dag van die tydelike skorsing gekry wat sê dat die hele koshuis om 17:30 in die ontspanningsaal moet wees vir ’n vergadering met die rektor.

“Die HK is egter apart geroep vir ’n vergadering in die raadsaal. Dit is waar vir ons gesê is ons is tydelik geskors en dat ons teen 20:00 moet ontruim.”

Karlien en Over de Voor-mans- koshuis, wie se HK ook tydelik geskors is na aanleiding van onbe-hoorlike praktyke wat aangemeld is, word tydelik in die Dennepark wooneenhede tydens die onder-soek gehuisves.

“Ons het onveilig gevoel. Daar was een loper wat al die kamers in Dennepark kon oopsluit. Daar is mense wat ons nie ken nie wat ook daar bly,” het Ludik by navraag gesê. Die probleem is egter nou opgelos.

Volgens Ludik veroorsaak die tydelike huisvesting ongerief.

“Daar is geen internet nie. Ons moet die heeltyd kampus toe ry wat baie ekstra brandstofgeld uit die sak jaag om van die internet gebruik te maak.”

“Ons moet nou ook betaal om ons wasgoed te was waar dit in die koshuis gratis was.”

Intussen is daar geen nuwe in-ligting oor die presiese aard van die klagtes deur die kampusbe- stuur bekendgemaak nie.

Volgens prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, sal daar meer inligting ná die verhoor bekendgemaak word.

“Anders is ons besig om die ondersoek en moontlike verhoor vooruit te loop en individue in die openbaar te verhoor,” het Van Schalkwyk gesê.

Luidens ’n verklaring wat verlede week deur die universiteit op hulle Facebook-blad geplaas is, het heelwat studente, seniors en eerstejaars van albei koshuise die ondersoekspan met belangrike inligting genader wat egter nog bevestig moet word.

Op grond van hierdie verdere inligting word onder meer be-weerde voorvalle van intimidasie (geskreeu en gevloek) en soge-naamde rondstampery deur die span ondersoek.

“Gerugte onder studente wat die Potchefstroom Herald te hore gekom het, is dat die HK’s van Karlien hulle eerstejaars verbied het om te eet en van toiletgeriewe gebruik te maak,” het die Potchef-stroom Herald berig.

Hulle moes glo van emmers in hulle kamers gebruik maak.

Volgens Ludik het die media tot dusver die dam onder die eend uit-geruk.

“Hulle laat dit lyk asof ons skul-dig is nog voordat ons skuldig bev-ind is,” het sy gesê.

“Die bewerings is onwaar. Ons het konkrete bewyse wat ek besig is om saam te stel dat ons nie oor-tree het nie.”

Volgens Ludik is die bewe-rings dat eerstejaars in emmers moes urineer omdat hulle badka-mergeriewe geweier is totaal en al onwaar.

“Eerstejaars mag enige badka-mer in die koshuis gebruik. Dit het wel so in die verlede gewerk dat eerstejaars en seniors verskil-lende badkamers moes gebruik. Dit werk nie meer so nie. Eerste-jaars mag enige badkamer in die koshuis te alle tye gebruik, asook die voorportaalbadkamers.”

JD Conradie, prim van Overs, het teen druktyd nog geen kom-mentaar gelewer nie.

Boonop is die koshuisouer van Over de Voor-manskoshuis ook ty-

delik onthef van sy verantwoorde-likhede hangende die uitslag van die ondersoek.

Volgens Van Schalkwyk hou die rede hiervoor verband met die bewering van wanpraktyke in die betrokke koshuise en die versuim daarvan om dit te rapporteer.

Die koshuisouers van Karlien is egter nie tydelik onthef van hulle verpligtinge nie.

Volgens Louis Jacobs, media-woordvoerder van die institusio-nele kantoor, is hulle nie van hulle verpligtinge onthef nie aangesien “elke geval van ’n skorsing op eie meriete gehanteer word”.

’n Ondersoek is ook in Ratau Le- bone-manskoshuis begin weens beweerde wanpraktyke in dié kos-huis tydens O&B.

’n Eerstejaar wie se ouers al- twee glo in die regspraktyk is, het ’n klagte by die studentedekaan gelê.

Volgens prof. Rikus Fick, stu-dentedekaan, is die saak aan die dissiplinêre kantoor oorgegee.

“Daar is nog geen bevindings gemaak nie. Die ondersoek is nog aan die gang. Soos met die geval van Over de Voor en Karlien sal daar baie streng opgetree word as en wanneer iemand skuldig be- vind word,” het Fick gesê.

Dié koshuis se HK-lede is egter nie tydelik van hulle verpligtinge onthef nie.

Volgens Frans Erasmus, prim

Karlien, Overs: 'AfriForum is verantwoordelik'

'Die bewerings teen ons tot dusver is onwaar' - Karlien se primaria

’n Ondersoek is ook in Ratau Lebone-mans-koshuis begin weens beweerde wanprak-tyke in dié koshuis tydens O&B.

NUUS 5Pukki-liedjie nie YouTube gehalte

Karlien-vrouekoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is.

Over de Voor-manskoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is.

SS pryse styg drasties Hoekom?

van Ratau Lebone-manskoshuis, het hulle geen inligting tot dusver ontvang van die besonderhede oor die klagtes nie.

Volgens Erasmus het daar geen onbehoorlike praktyke plaasge-vind nie.

"Ons is nie bewus dat die klag-tes met enige senior te doen het nie, sou ons bevind dat die klagtes wel verband hou met ‘n senior sal daar verseker opgetree word," het Erasmus gesê.

Luidens die verklaring op die NWU-Puk se Facebook-blad leef die kampus steeds sy "Omgee"-

ingesteldheid uit en streef daarna om studente in 'n veilige atmos-feer voor te berei om afgeronde en gebalanseerde studente vir ons land op te lewer.

Daarom is die universiteit ook ernstig om praktyke wat nie strook met die land se grondwet en die universiteit se doenwaardes nie, met wortel en tak uit te roei.

In die proses word almal ver-soek om die Universiteit ruimte te gee om die ondersoek deeglik af te handel, ook om begrip te toon dat die Universiteit nie voor-tydig inligting bekend kan maak nie. Dit kan die ondersoekproses benadeel.

FOTO'S: MSM-produksies

Page 2: Wapad - 20 Februarie 2014

Nuus 2 20 Februarie 2014

InterkampusInterkampus

Ronald Patrick Uys, ’n 27-jarige student van die Universiteit van Pretoria (UP), is op Woens-dag 5 Februarie dood in ’n veld gevind.

Uys se lyk is naby ’n stroom gevind ná ’n vyfdagsoektog, het Tukkies se studentekoerant, Perdeby, berig.

Sy kar is dieselfe dag in die Sandton-area gevind.

Uys het op 29 Januarie vermis geraak waar hy ver- moedelik deur die gebiede van Diepsloot, Dainfern en Four-ways gery het.

Polisie vermoed nie dat vuil-spel betrokke is nie, maar het gesê dat ’n nadoodse onder-soek onderneem sal word om te bepaal wat met hom gebeur het.

Tuksstudent se lyk in veld gevind

SAAMGESTEL DEUR FRANCOIS LION-CACHET

Daar is klagtes gelê deur ver-skeie prims van die Univer-siteit van Stellenbosch (US) rakende die organisering en effektiwiteit van hulle verwel-komingsprogram.

Jethro Georgiades, prim van Vesta-dorpskoshuis vir mans, het met die US se studentekoe-rant, Die Matie, gepraat oor sekere aktiwiteite wat volgens hom geen afsienbare uitkoms- tes het nie.

Georgiades het verder gesê dat aktiwiteite soos Bondel-

sport en Colour Fest irrelevant is teenoor die oriëntasie en ad-ministratiewe voorbereiding van eerstejaars.

Sonop-vrouekoshuis se prim, Adri Thiart, het ook vir Die Matie vertel dat hulle self moes reël vir Halaal-voorbereidings vir die openingsweek aan- gesien daar nie genoeg was nie.

Thiart het verder gesê dat die universiteit min te doen gehad het met die handhawing van di-versiteit en inklusiwiteit onder die nuwe studente.

Matie prims kla oor hulle O&B

’n Man wat selfone steel deur om studente te truuk het weer by die Universiteit van die Wit-watersrand toegeslaan.

Volgens Wits se studentekoe-rant, Wits Vuvuzela, word stu-dente genader deur ’n man met ’n Nigeriese aksent wat vra of hy ’n vriend kan bel van hulle foon af.

Ná die oproep gemaak is, haal die man twee sakkies ko-kaïen uit wat hy beweer hy aan die persoon gaan verkoop wat hy gebel het.

Hy dring daarop aan om die

foon saam met hom te neem vir wanneer die persoon hom gaan terugbel vir dié ontmoeting.

Hy los egter een sakkie van die kokaïen agter om as seku-riteit te dien vir die selfoon-eienaar.

In een geval wou die student nie toelaat dat die man sy sel-foon vat nie, maar is gedreig met ’n mes.

Soortgelyke gevalle het verlede jaar plaasgevind. Helfte van die swendelaars wat wel gearresteer is, was skynbaar studente van Wits self.

Wits ‘kokaïen’-dief slaan weer toe

JEANELLE GREYLING

Die Ferdinand Postma-bib-lioteek open vroeg Maart twee “toegewyde ruim-

tes” vir navorsingsdoeleindes: ’n navorsingsmeent vir doktors- en meesterstudente én ’n honneurs-meent.

Boonop is dié biblioteek een van min in die land wat óók ’n hon-neursmeent bied.

Dié inisiatief spruit uit die be-hoefte om akademiese navorsing te bevorder en voorsien slegs vir vierdejaars en hoër, asook aka- demiese personeel.

Die toegewyde ruimtes op die derde vloer word toegerus met sitkamers om ’n gemaklike atmos-feer te skep en bied die nuutste tegnologie.

“Spesiale navorsingsagteware en -metodeboeke wat moeilik ver-krygbaar is, is ook hier te bied,” het Louise Vos, bestuurder van inligtingsdienste, gesê.

Vos en Elsa Esterhuizen, di-rekteur van biblioteekdienste, is veral opgewonde oor die semi-naarkamer vir Skype-gesprekke in elke meent en die konferen-sielokaal in die navorsingsmeent.

“Die navorsingsmeent het ook

’n kombuis met gesuiwerde wa-ter en ’n koffiemasjien wat koffie onder die markprys sal bied,” het Esterhuizen gesê.

Die navorsingsmeent bied meer as 70 netwerkpunte en ruim kragvoorsiening vir toestelle wat driepunt- en tweepuntproppe ver-eis.

“Dit is ’n internasionale ten-dens om voorkeur aan nagraadse studente te gee,” het Vos gesê.

Die aanvanklike idee is in 2010 reeds geplant, maar dit was eers aan die einde van 2011 wat ’n ruim- telike argitek genader is om die biblioteekruimte ten volle te benut.

“’n Reeks boeke uit die meer as

halfmiljoen moes herontplooi word om plek te maak vir dié ruimtes,” het Vos gesê.

Die NWU-Potchefstroomkam-pus het donasies van onder meer PPS, ’n verskaffer van finansiële dienste wat op gegradueerde beroepslui fokus, ontvang om dié projek van etlike miljoene rande te realiseer.

“Voorgraadse studente moenie afgeskeep voel nie,” het Vos gesê.

Dié biblioteek gaan eersdaags begin met die tweede fase van die herontplooiing: ’n inligtingsmeent vir voorgraadse studente.

Dié studieruimte gaan meer as 90 rekenaars bied, asook 40 addi-sionele opleidingsrekenaars wat toeganklik sal wees wanneer geen opleiding plaasvind nie.

“Dis hopelik iets om na uit te sien vir die einde van die jaar,” het Esterhuizen gesê.

“Die opknappings op elke vloer sluit verbeterings in lig- en lug- kwaliteit in.”

Esterhuizen en Vos berei stu-dente egter voor op die lawaai wat hulle vanjaar sal ontwrig.

“Maar hopelik tree ons volgende jaar met ’n song en dance in,” het Esterhuizen gesê.

Die derde vloer in die Ferdinand Postma-biblioteek bied nou ’n navorsings-meent en ’n honneursmeent. FOTO’S: Marizka Esterhuizen-Rudolph

Die navorsingsmeent bied mins- tens 70 sitplekke.

Die navorsingsmeent het ook ’n kombuis met gesuiwerde water en ’n kof�emasjien wat kof�e onder die markprys sal bied

Bib oorgedoen vir nagraadse studente

ANINE PETERS

Students won’t be allowed to pass through gates with their vehicles if they don’t have the right coloured parking disks.

This is according to the Pro-tection Services of the NWU-Puk.

“If they are at the wrong gate they will be expected to turn around and park at the right place,” Protection Services said.

Upon this the NWU-Puk Pro-tection Services stated that all students and faculty members with the right parking disks are allowed through the main gate. This includes senior students with green or orange parking disks and faculty with maroon parking disks.

“Students with hostel parking disks must be parked at their hostels between 06:00 and 18:00 and west campus students with yellow parking disks will not be allowed through the main gate.”

From the start of the semes-ter students have complained that the security guards at the North-West University Potchef-stroom campus gates have been very unfriendly in their en-forcement of the new university parking rules.

Many students did not know

about these parking rules and were taken by surprise at the fer-vent knocking on their windows and rude shouts when they were in the wrong place.

Students are also not allowed to drive to their destination through campus as it already handles over 40 000 vehicles as it is.

The different hostel par- king disks are blue, white, pink, black, purple, and yellow. Pri-vate resident first years have green parking disks and also have designated parking spots.

Fines are also handed out to those parking on yellow lines and cars that have not been re-gistered.

Students scared off at gate

Students are also not allowed to drive to their destination through campus as it already handles over 40 000 vehicles as it is.

Page 3: Wapad - 20 Februarie 2014

3 Nuus20 Februarie 2014

HANNES KRUGER

SASCO blameer AfriForum Jeug Pukke vir die onbehoor-like praktyke wat in Karlien-

vrouekoshuis en Over de Voor-mans-koshuis plaasgevind het, gevolglik het hulle ’n beroep op dié organisasie se lede gedoen om te bedank.

Luidens ’n verklaring van SASCO deur Jason Mfusi, voorsitter van SASCO in die dr. Kenneth Kaunda-streek, ondersteun AfriForum Jeug nou al vir jare die “konserwatiewe koshuisbeleide en barbaarse oortre- dings wat inbreuk maak op studente se menseregte. Alles om die koshuis-kultuur en –tradisies te beskerm.”

“Ons het genoeg gehad daarvan dat hulle [AfriForum Jeug] ons studente-populasie so verdeel,” het Mfusi in die verklaring gesê.

“Hoe durf julle sê julle veg vir jong-mense se menseregte as jul besig is om sulke onbehoorlike praktyke aan te moedig en dit dan nog bonoop in die vorige uitgawe van Wapad te probeer regverdig?”

Volgens Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, is Af-riForum Jeug Pukke hier om te bly.

Maree het verder gesê SASCO is duidelik daarop uit om enige insident te wil politiseer vir hulle eie gewin.

Volgens Paul Maritz, voorsitter van AfriForum Jeug Pukke, wag Af-riForum Jeug vir die uitslag van die ondersoek oor wat by Karlien en Overs gebeur het.

“AfriForum Jeug veroordeel gebrui-ke waar studente se regte op inbraak gemaak is. Dit is egter belangrik om nie alle gebruike en tradisies by die NWU-Puk af te maak as dieselfde nie. Die NWU-Puk het duidelike riglyne van wat aanvaarbaar is en wat nie,” het Maritz gesê.

“AfriForum Jeug is pro gesonde kos- huistradisies. Daar waar studente se regte geskend word stem ons saam dat

daar opgetree moet word. Ons beklem-toon wel dat ’n geïsoleerde geval nie die positiewe tradities negatief moet beïnvloed nie,” het Maree gesê.

SASCO het ook in die verklaring ’n beroep op die studenteraad (SR) ge- doen om stappe te neem teen AfriFo-rum Jeug Pukke.

Volgens Janco Jordaan, SR-voorsit-ter, is dit onredelik om op hierdie sta-dium terwyl die ondersoek nog aan die gang is, enigiemand die skuld te gee.

“Dit is ook nie bewys dat enigie-mand koshuistradisies voortsit onder die vaandel of leiding van Afriforum nie,” het Jordaan gesê.

Jordaan het verder gesê dat indien SASCO 'n klagte het, is hulle welkom om dit by die studenteraad (SR) aan te meld.

Hy het verder gesê dat SASCO ook soos AfriForum Jeug hul kant van die saak in die Wapad kan stel en dat “die inhoud en adverteerders van die Wa-pad nie noodwendig deur die Student-eraad goed- of afgekeur word nie”.

Mfusi het prof. Herman van Schalk-wyk, kampusrektor, in die verklaring bedank vir sy onbaatsugtige werk om die onbehoorlike praktyke in koshuise te probeer uitwis.

Hoe durf julle sê julle veg vir jongmense se menseregte?

MARLANDI KÜSSMAN

Sewe uit die tien Thalia-toneel bestuurslede het sedert Septem-ber verlede jaar se verkiesing bedank.

Ses uit dié sewe het glo binne die tydperk van ’n week in Janu-arie 2014 bedank.

Anton Potgieter, gewese voor-sitter, het gesê die bestuur het baie foute begaan. “Uit emosie doen jy goed wat ’n mens nie noodwendig sou doen as jy eers daaroor gedink het nie. Almal het emosioneel in plaas van ra-sioneel opgetree.

“Ek dink ek was een van die eerstes wat emosioneel opgetree het.”

Volgens Rozeldi Trollip, wat as ondervoorsitter bedank het, was meer as een persoon skul-dig vir dié interne konflik.

“Die konflik het uit ’n emosio-nele benadering op almal se pro- bleme gespruit,” het Trollip gesê.

Shaun van Eyssen, UK-onder-liggame, het twee hoofredes vir dié rits bedankings vermeld.

“Daar was ’n gebrek aan kommunikasie tussen die be- stuurslede. Die bestuur het ook toegelaat dat hulle persoonlike lewens en ander probleme met

hul professionele pligte inge-meng het,” het Van Eyssen gesê.

Volgens die NWU-Pukkunste reglement moet’n kunstelig-gaam se bestuur ontbind indien meer as die helfte van die bestu-urslede bedank. Van Eyssen moet in dié geval Thalia-toneel se sake hanteer.

Die aansoeke vir bestuurpo- sisies is geopen en die swete is op 18 Februarie gehou. Dié uitslae was teen saktyd nog nie bekend nie.

“Thalia het ’n ryk geskiedenis en kultuur,” het Horst Bütow, Direkteur van NWU-Pukkunste, gesê.

“Die voortbestaan hang egter af van die bestuur – wat ’n jam-merte is.”

Bütow verneem daar is wel ’n groot behoefte aan deelname, aangesien daar meer as ’n hon-derd mense by die massakeu- ring vir Thalia-toneel was.

Trollip, die gewese ondervoor-sitter, het aangedui dat sy vir die posisie van voorsitter gaan staan. Van Eyssen hoop om dié saak so vinnig as moontlik op te los sodat die nuwe bestuur so gou as moontlik in werking kan tree.

‘Emosionele’ Thalia bestuur bedank, ontbind

FRANCOIS LION-CACHET

Koshuise van die NWU-Puk sal voortaan nie meer koshuisdrag dra wanneer hulle aan debat deelneem nie.

Só het SR:Kunste besluit na dié liggaam gestem het oor die dra van koshuisdrag tydens ’n debat. Slegs 10 lede was ten gunste daarvan, terwyl 18 lede dit teengestaan het.

Volgens Anneke Ueckermann, SR:Kunste, is die rede vir die be- sluit om “ ’n gelyke speelvlak aan te moedig. Beoordelaars kan nie bevooroordeeld wees as hulle nie weet wie voor hulle staan nie.”

Sy het bygevoeg dat dit moei-liker is om ’n koshuis se identiteit tydens ’n debat anoniem te hou,

maar hulle probeer om die kompe-tisie so regverdig moontlik te hou.

Volgens Ueckermann het ver-skeie belanghebbendes dié voor-stel gemaak. Michelle Groenewald, voorsitter van die debatsverenig-ing, het sterk daarop aangedring.

Volgens Groenewald het sy weens verskeie redes voorgestel dat debatslede nie in koshuisdrag debatteer nie.

“Eerstens is die probleem met die spesifieke debatstyl wat ons volg dat daar ’n tekort aan beoorde-laars is. Daar is ’n beperkte aantal beoordelaars wat ervaring in dié styl van debat het.

“Ons word ook deur ’n tekort aan finansies beperk. Ons kan net beoordelaars van Johannesburg,

Pretoria en Potchefstroom kry.”Groenewald voeg by dat debat

nie soveel geld soos Sêr inbring nie, die UK moet dus die debats-kostes dek.

“Dit beteken dat dieselfde beoordelaars vir ’n paar opeen-volgende jare gebruik word,” het Groenewald gesê.

Met die afskaffing van koshuis-drag poog die debatsvereninging en SR:Kunste om moontlike be- vooroordeling van koshuise met ’n sterk debatsnaam uit te ska-kel. Groenewald beklemtoon dat vooroordeel nie deur dié besluit geëlimineer word nie. “Ons poog wel om dit te verminder.”

“Ek glo nie vir een oomblik dat die beoordelaars doelbewus een

koshuis bo die ander wil plaas nie.” Dit sal egter steeds ’n ver-skil maak as “een beoordelaar vir ’n debatspan wat verlede jaar goed was ses uit tien gee en vir ’n ander span vyf uit tien,” want volgens Groenewald kan slegs een punt die verskil tussen wen en verloor beteken.

Karlien, Overs: ‘AfriForum Jeug verantwoordelik’SASCO kap AfriForum Jeug oor koshuistradisies en menseregteskendings

Debat poog vir meer regverdigheid – geen koshuisdrag

Beoordelaars kan nie bevooroordeeld wees as hulle nie weet wie voor hulle staan nie.

Michelle Groenewald

FacialsMassagesManicuresPedicures

Get 10% Discount on treatments when presenting your student or sta card.

Page 4: Wapad - 20 Februarie 2014

Advertensie4 20 Februarie 2014

AminoSkin Day & Night Formula60 day AND 60 night capsules

R229.95

Collagen Value Pack 60 PLUS 30 capsules

R149.95

Peptan Collagen

321g

R199.95

RaspberryKetone10060 capsules

R119.95Phenadrine ThermoCut120 capsules

R299.95Green CoffeeBean Extract 60 capsules

R129.95

Cellu-TreatBody Sculpting Gel200ml

R239.95

Omega 390 capsules

R74.95

CLA & Raspberry Ketone

Body Toner Drink210g

R169.95Diet FuelUltraLean1kg

R199.95

WaterSlim20 sachets

R129.95

Cellu-TreatBody Sculpting Gel200ml

R239.95

SAVER50

Diet Protein Bar50g

R15.95each

VALUE PACK

Diet Protein400g

R109.95

Diet Protein Bar50g

R15.95each

GO Advertising 69599

GET THE CARD AND GET

25% CASH BACK

ON CHRONICARE

PRODUCTS

Discovery ChroniCare

Dis-Chem reserves the right to limit the quantity of any item offered for sale. Sale products may vary from photographs. Pictures are for illustration purposes only. Offers may not be available at all stores. Prices include VAT and are valid for cash, cheque or credit card. E&OE.

rewards

GET

CASH BACK

CHRONICARE

Discovery ChroniCareDiscovery ChroniCare

www.dischem.co.za | Customer Careline 0860 347 243 | [email protected] | Follow us on and

Welcome to

Dis-ChemOnline

To access our new exciting Online Store, simply go to

www.dischemonline.co.za

Phedra-Cut LipoXT 30 capsules

R329.95SAVER50

Page 5: Wapad - 20 Februarie 2014

5 Nuus20 Februarie 2014

MARCÉ BESTER & SIMON SON-NEKUS

Sosiale media, wat nog in sy em-briofase is, het al ’n paar vreemde verskynsels gebaar. Planking, Harlem Shakes, selfies en stupid Bitstrips het al ongelukkig die lig gesien. Neknominations is nou eg-ter die nuwe fad onder die massas.

Neknomination is ’n een-voudiger weergawe van die term “Drink your neck, no-

minate a friend.” Natuurlik moes die term verkort om by die intel-ligensievlak van besope studente aan te pas. Dankie tog dis nie soos Bitstrips waar almal in die derde persoon praat nie.

Daar behoort binne die vol-gende paar dae ’n kennis-gewing op jou vuisboek te

verskyn: “Ek nomineer my beste tjommies en die res van die so- siale media gemeenskap om te kyk hoe verslind ek ’n bier.” Jy moet net nie van jou video-opne-mer vergeet nie.

Waaghalsigheid is krities tot ’n gewilde neknom en kan dalk sorg vir Youtube-faam.

Wees gewaarsku, dié giftige meng-sel kan dalk lei tot ’n dubbele do-sis breinselverlies tesame met 'n paar gebreekte bene. Maar gaan wees Evel Knievel. Jy vermaak ons.

Kies jou gif. Mense maak of hulle Neknomination ’n episode van MasterChef is.

“ ’n Bietjie bier, met so ’n knert-sie whiskey by en moet nie ver-geet van die Tabasco en eiers vir smaak nie.” Dankie tog dis net jy wat jou eie brousel moet drink.

Sommiges kies egter gewone, bekende brousels vir hulle Neknominations, maar reus-

agtige hoeveelhede daarvan. Die mense hou nie terug nie, ’n Kroeg-man van ons eie Mystic Boer het ’n hele bottel Jose Quervo-tequila binne ’n paar sekondes verorber. Die Brannewallie het ook bo-op ’n heuwel êrens in Pretoria vir almal gewys hy kan ’n liter brannas af-sluk. ’n Eenhandklap vir julle.

Kommunikasie in ’n Neknomination word dikwels belemmer deur ’n klomp fak-

tore. Die feit dat jy ’n halwe liter bier afsluk in enkele sekondes is merkwaardig, maar die dialoog daarna klink bitter simpel. Ek bu-u-urp nominate bu-u-urp vir bu-u-urp. Jou BlackBerry se flou video- opnemer help ook nie juis die saak nie.

Wat dink jy van Pukki?DANAY STOPPELEerstejaar Mikrobiologie en Biochemie

“Ek het nie geweet hy is ’n taren-taal nie. Maar hy is cool en hy het baie energie.”

MARIËTTE SORGDRAGERDerdejaarHeideBA Kommunikasie

“Hulle moet meer die mascot by die actual brand inbring. Dit sal cool wees as hy meer tussen stu-dente chill.”

HANNES MAREDerdejaarHeimatEkonomie en Informatika

“Ek dink hy is cool en dis ’n mooi mascot.”

MARENA VAN WYKEerstejaarWag-’n-BietjieFarmasie

“Hy is awesome! En sy privaatheid moet so gehou word want dit maak hom ekstra cool.”

WHALLESSE RANGOLIEDerdejaarPrivaatLLB Regte

“Ek’s nogal bang vir hom, want hy’s groter as ek, maar hy’s baie oulik solank hy net ’n ent weg-bly van my af.”

ANGELO SMITHVyfdejaarPrivaatMeganiese Ingenieur

“ Hy is cool. “Hy is cool. Ons sien hom nie genoeg nie, hy moet meer gesig wys en dis cool dat hy nog ’n mys-tery is.”

Neknoms laat jou lyk soos ’n Numpty

Die DBV en PETA kry seker rillings as hulle die woord Neknominations hoor. Een

Ozzie kou ’n goudvissie, ’n En-gelsman eet ’n kuiken se kop. Wat dink julle gaan volgende kom? Julle sal sorg dat die hele wêreld vegan word en dan gaan die hip-sters iets anders moet kry wat hulle cool kan maak.

Tot almal se verbasing het die suipgier egter gelei tot die uitvoer van goeie dade.

Die idee van ’n drink down het verander en mense het begin om ‘random acts of kindness’ uit te voer. So word daar deur ’n indi-vidu of ’n spesifieke groep mense teruggegee aan die gemeen- skap of net ’n goeie daad gedoen. Julle is oulik, goue sterretjie vir menswees.

Die meeste van die simpel in-ternet-fads is skadeloos maar Neknominations het bietjie

woes geraak. ’n Paar mense het al die emmer geskop as gevolg van hierdie besigheid. Kyk maar wyd vir moontlike blapse as jy fles vat en die massas wil entertain. Jou ma sal nie baie gelukkig wees nie.

As al hierdie internet-fads soms ’n bietjie te veel raak vir jou en jy

met ’n babelas sit en wonder hoe jy ooit so blindelings die massas kon volg, tel ’n Wapad op. Ons bied iets oorspronkliks.

Pukki ‘war cry’ nie YouTube-gehalte

CHRISTO BESTER

‘Kyk net hoe baie Pukke is ons hier, kyk net hoe baie Pukke is ons hier!

“Ons almal weet dis lekker hier: ons plekkie langs die Mooi-rivier.

Kyk net hoe baie Pukke is ons hier.”

Die Pukki-liedjie wat deur die universiteit op die been gebring is om studente byeen te bring en as ’n “war-cry” te dien is vroeër die maand van YouTube verwy-der.

Jimmy Pressly, SR-MEK, het bevestig dat die liedjie van You-Tube verwyder is omdat dié weergawe van slegte gehalte was

en die sanger Pieter Smith die woorde nie behoorlik geken het tydens die opname nie.

“Die liedjie se gehalte in terme van Pieter Smith wat nie daai dag die woorde geken het nie, het ver-skriklike slegte kommentaar ont-lok,” het Pressly gesê.

“Die gevoel was dat die liedjie ook saam afgetrek word.”

Volgens Pressly moet die NWU-Puk wag tot ’n beter op-name beskikbaar is voor die nuwe weergawe op YouTube ge-laai word.

Dié verwyderde liedjie het baie verskillende reaksies onder stu-dente op die NWU-Pukkampus ontlok. “Ek glo elkeen het hul eie smaak,” het Pressly gesê.

“Smaak verskil op die einde van persoon tot persoon.”

Volgens Pressly beoog die NWU-Puk om deur die Pukki-liedjie ’n “war-cry” vir studente te gee: iets waarop ons kan trots wees en wat ons soos ’n eenheid laat voel.

Flatlander, ’n band bestaande uit vyf oud-NWU-Pukke, het hul eie weergawe van dié liedjie by die Varsity Cup-wedstryd tussen die NWU-Pukke en die Universi-teit van die Vrystaat se Shimlas gesing.

Smith was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar oor die bewerings dat hy nie sy woorde geken het tydens die video-opname nie.

Flatlander sing die Pukki-liedjie voor die Varsity Cup-wedstryd tussen die NWU en UVS.

Beeld-redakteur kap Pukke, rektor kap terugHANNES KRUGER

Dít is hoe ’n universiteit wat na bewering in ’n plu- raliteit van sienings en

kritiese denke glo, vryheid van spraak versmoor.

Dit was die inleiparagraaf van Adriaan Basson se rubriek, “Die waarheid is jou vyand”, in Maan-dag se Beeld oor hoe vryheid van spraak op ’n universiteit ver-smoor word.

“Dit is duidelik dat hy na die NWU-Potchefstroomkampus ver-wys, omdat hy afgesluit het met ‘Wat gaan aan op Potchefstroom?’. Die ander gevalle waarna hy ver-wys is ook gevalle wat op die kampus afgespeel het,” het prof. Herman van Schalkwyk, kampus-rektor, by navraag gesê.

Basson het na verskeie voor-beelde in die rubriek verwys van hoe vryheid van spraak op die

kampus versmoor word. Hy het onder meer na ’n dosent

verwys “wat gedurf het om haar robuuste menings op haar eie Facebook-blad te publiseer” en gevolglik intern vervolg word.

“Want eintlik glo jy vryheid van spraak is 'n euwel. Jy wens jy het beheer gehad oor jou studente en dosente se Facebook-blaaie,” het Basson in die rubriek gesê.

Van Schalkwyk het egter nie die dosent se naam bekendgemaak nie en gesê dat die hantering van hierdie personeelaangeleentheid uiteindelik op ’n ooreenkoms uitgeloop het wat ’n vertrou-likheidsklousule bevat.

Basson het verder in die ru-briek moontlik beweerde uitlatings gemaak oor die tydelike skorsing van Karlien-vrouekoshuis en Over de Voor-manskoshuis se HK.

“Maar vir jou is die grootste bedreiging die wéét. Jy moet

hierdie ding goed beheer sodat die waarheid nie sal uitkom nie. Jy het jou storie gereed: “stam-pery, intimidasie en ontneming van geriewe”.

“Dit is wyd en vaag genoeg.”Van Schalkwyk het in reaksie

gesê dat sodra die ondersoek en regverdige verhore afgehandel is

en skuldigbevindings gemaak is, sal die uitslag natuurlik bekend-gemaak word.

“Tot dan toe bly dit ’n ondersoek waar die feite eers bevestig moet word. Dit is normale praktyk en goeie korporatiewe bestuur. An-ders is ons besig om die ondersoek en moontlike verhoor vooruit te loop en individue in die openbaar te verhoor.”

Basson het ter afsluiting in sy rubriek verwys na die SMS wat die studente op kampus gekry het oor hoe om die media te hanteer.

Die SMS het gesê: “Media op kampus oor HK-skorsing. Media-vryheid belangrik, lewer verant-woordelike kommentaar. Advies: kry vrae op skrif. Hulplyn: 018...”

“Dit behoort hulle genoeg af te skrik om nie uit te praat nie. Want die grootste sondaar is die uit-prater. Oor die HK-lede sal jy later worrie. Wat gaan aan op Potchef-

Die boodskap was nie bedoel om studente "af te skrik, maar om hulle aan te moedig om vrylik met die media te praat

stroom?” het Basson oor dié SMS in sy rubriek gesê.

“Die boodskap was nie bedoel om studente "af te skrik" nie, maar eerder om hulle aan te moedig om vrylik met die media te praat,” het Van Schalkwyk in reaksie gesê.

Beeld-redakteur, Adriaan Basson.

Page 6: Wapad - 20 Februarie 2014

WêreldnuusKortliksSAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

Nuus6 20 Februarie 2014

BENETTE RAUTENBACH

“Ongeveer 30 of 40 jaar terug kon jy ’n hele graadkursus doen vir dieselfde geld as wat een module vandag kos.”

Dit was prof. Derick Blaauw, ekonomiedosent aan die Noord-wes-Universiteit se Potchef- stroomkampus, se kommentaar oor die feit dat studente al hoe meer aan hul broeksakke begin voel.

Studente kry gemiddeld R1607,14 sakgeld per maand en 60% van studente sê hulle sukkel om daarmee uit te kom. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat ouers baie geld aan studiegeld, handboeke, eet- en verblyfgeld moet spandeer.

“Ek moes R19,50 vir vleisbredie by Oosterhof se eetsaal betaal. Dit was so min en glad nie genoeg vir die prys wat ek betaal het nie,” het Eunice Stolz, ’n student aan die NWU-Puk gesê.

Studente voel hulle word inge- doen en dat hul te veel vir kos by die Klipoog Kafeteria (SS) en die Drakenstein-restaurant op kam-pus betaal.

Reonette Jansen, hoof van die SS en Drakenstein, het verduide-lik dat beide dié eetplekke op ’n gelykbreekbegroting funksioneer en geen subsidies van die staat of die NWU-Puk ontvang nie. Alle uitgawes berus dus op die verkope.

“Daar is ’n paar vereistes waaraan ek moet voldoen,” het Jansen gesê.

“Ons pryse moet die goedkoop-ste in Potchefstroom wees en ek moet sover as moontlik mededin-gend bly. As ons pryse hoër is as ander besighede in die dorp soos KFC of McDonald’s, moet ek gaan kyk hoekom dit só is. Die alombekende chicken wrap (R33,20) is duurder as KFC se Twister (R26,90/R32,90). Ek het bevind KFC se Twister bevat net twee stukkies hoender waar die chicken wrap 8 stukkies hoender bevat.”

Jansen besef dat studente onder die huidige omstandighede swig.

Waarom is kospryse so peperduur?

Redes vir drastiese prysverhogings

R10

2010 2011 2012 2013 2014

R15

R20

R25

R30

R35 Wrap

Chicken

Budget Burger

tamatie toebieOnt

Ham,

byt Pita-

Bites

Chicken

kaas &

SS hoeveel duurder?Stygings vanaf 2010 - 2014

Spek 54%

Kaas 11,65%

Sky�es 48,55%

“Hoe budget jy as ons net pryse wild en wakker opstoot? Hoe kom jy uit met jou sakgeld? Hoe sit jou ma geld op jou eterekening?”

“Ek het sover as moontlik probeer om pryse glad nie op te stoot tussen 2012 en 2013 nie, maar

die wisselkoers en die produkte se pryse het ’n lae prysverhoging vir 2014 onmoontlik gemaak.”

’n Ander finansiële faset wat studente en hul ouers ’n kopseer gee, is die aankoop van hand-boeke.

Tydens ’n algemene opname op kampus het ’n chemiese inge-nieurswesestudent gesê sy hand-boeke vir die eerste semester het R7500 beloop.

“Die swak rand en die effek van wisselkoerse het ’n baie groot in-

vloed op vanjaar se hoë boekpryse gehad,” het Retha van Zyl, tak-bestuurder van die akademiese boekwinkelgroep Van Schaik op Potchefstroom, gesê.

“Die US Dollar ($) dui op ’n toe-name van 24% op die prys wat die-selfde boek ’n jaar terug gekos het en die GBP, Britse Pond, (£) dui op ’n toename van 28% op dieselfde boek se prys verlede jaar.”

“Krause’s Food, Nutrition & Diet Therapy, ’n handboek vir voeding-studente, het laasjaar nog R1567 gekos en vanjaar kan ons hom nie vir minder as R2095 verkoop nie.”

Volgens Daleen Bütow, bestuur-der van Protea Boekwinkel op Potchefstroom, het selfs plaaslike boeke se pryse drasties gestyg.

“Die meeste uitgewers het ’n jaarlikse verhoging in pryse. Ons probeer om druk op die voorge-stelde verkoopspryse te plaas om boeke vir nóg minder te verkoop.”

Blaauw, die ekonomiedosent, het verder gesê ouers sukkel om voorsiening te maak vir hul kinders se universiteitsgelde om-dat lewenskoste op alle terreine verhoog het.

Waar klasgelde in 2008 tussen R13 110 (vir ’n BA-graad) en R23 470 (vir ’n BCom-graad) was, is dit tans tussen R27 830 en R34 000 vir dieselfde grade.

Klasgelde vir verskillende grade het in ’n jaar met tussen 26,61% en 36,7% gestyg.

“Wat die studente self betref, het ek al waargeneem dat die klasgelde betaal word, maar dat hul nie noodwendig geld vir hand-boeke het nie. ’n Mens moet eet en bly. Die vraag na pret en plesier is dalk redelik onelasties dus is hand-boeke ’n terrein waar daar gespaar kan word,” het Blaauw gesê.

Studente is nie die enigstes wat deur prysverhogings geraak word nie. Verskaffers aan studente word net soveel geraak en doen hul bes om pryse ten spyte van ekonomiese omstandighede so laag as moontlik te hou.

R10

Buffalo Wings

Swiss Bull 400g

Cheesy CHips

Milo

R30

R20

R50

R40

R70

R60

R80

20102014

Drakenstein Kursusse

R15 000

R40 000

2010-2014

BIngBScBComLLBBABEd

’n Vulkaniese uitbarsting in Indonesië het die lewens van drie mense geëis terwyl duisende ander hulle huise moes ontruim. Die ramp-bestuuragentskap het op Vrydag 14 Februarie bekendgemaak dat twee van die oorledenes dood is weens inaseming van rook en die derde is oorlede ná ’n muur op hom ineenge-stort het. Berg Kelud aan die oostelike deel van die hoofeiland, Java, het twee dae voor die uitbarsting al begin as en rook uitspoeg wat inwoners gewaarsku het van die chaos wat op pad is. Daar het na beraming byna 100 000 mense hulle huise ontruim.

INDONESIËVulkaan eis 3 lewens

’n 57-jarige man is in hegtenis geneem rakende sy be-weerde betrokkenheid met die dwelms wat in die oorlede akteur Philip Seymour Hoffman se huis gevind is. Hy is op Vrydag 14 Februarie borgtog toegestaan. Hoffman is op 2 Februarie dood in sy huis gevind nadat hy glo ’n oordo-sis heroïen gebruik het. Die 57-jarige man is in hegtenis geneem toe sowat 50 klein sakkies van dié dwelm, sowel as materiaal wat gebruik word om heroïen te verpak, in sy besit was.

VSAVerdagte in Hoffman-saak borgtog toegestaan

Die Parlement van België het genadedood vir terminaal siek kinders gewettig. België is die eerste land wat dit wettig ná hulle 12 jaar terug die genadedood vir volwassenes gewet-tig het. Die genadedood moet toegepas word op ’n kind wat terminaal siek is en geweldige pyn ervaar. Dit mag slegs toegepas word indien die betrokke kind toestem op die besluit. Dié besluit het egter kritiek wêreldwyd ontlok. Ander lande is van mening dat ’n kind nie daartoe in staat is om ’n besluit te neem oor die voortsetting van sy lewe nie.

BELGIËGenadedood vir kinders wettig

Page 7: Wapad - 20 Februarie 2014

7Profiel20 Februarie 2014

Dieper in die skrumskakel se lewe

Die NWU-Puk Varsitybekerkaptein openbaar ’n bietjie meer oor sy persoonlike lewe. HANNES KRUGER het meer gaan uitvind oor dié skrumskakel.

Tiaan Dor�ing: ‘Wanneer laas gehuil? Gehuil?! Jissie, nóú vra jy ’n vraag’

Wat ek kan onthou is dat ek en ’n vriend van my wat nou ook saam met my rugby speel, afgerig is deur ’n juffrou by die skool. Dit

was graad een.Dít is wat Tiaan Dorfling (23), NWU-Puk Varsity-

bekerkaptein, heel beskeie vertel as jy hom vra of hy die oomblik kan onthou toe die vlam van passie vir rugby hom kleintyd aangesteek het.

Hy kom voor as ’n redelike skaam mens. En is nie baie uitgesproke nie. Mense wonder altyd wat in sy lewe aangaan. Hulle sê hy is anders as die ander spelers in die span. Ingenome en beskeie.

Soos wat ’n mens by sy woonstel instap ná hy jou heel sagkens binnenooi, kan jy sien daar is ’n vrou in sy lewe. ’n Plek vir elke ding en elke ding op sy plek. Die banke is versier met rooi kussings en sommiges het hartjies op. Die TV is aan en op die kanaal Comedy Central. Dit word sagter gesit en hy gaan sit heel gespanne op die bank en vryf sy hande met stywe, reguit arms teen sy bene en maak hom reg vir die onderhoud.

Die gedruis van ’n haardroër kom uit een van die kamers terwyl sy verloofde, Corna van Wyk, haarself regmaak vir die dag.

Hy begin praat oor die sukses wat hy tot dusver met rugby behaal het as jy hom daaroor vra, maar sê niks meer oor homself as wat hy voel hy moet nie.

Al wat ’n mens kan aflei is dat hy werklik ’n passie vir rugby het. Dis al. Verder wy hy nie veel uit oor die vele prestasies wat hy in rugby behaal het nie.

“Van my lekkerste rugbydae was op skool. Goeie memories en support gehad. Dit was lek-ker om rugby te jol daar by ons.”

En die wisselwerking tussen akademie en rugby?

“Op skool was dit redelik maklik. Op univer-siteit was dit maar erg. Ek het in my tweede- en derdejaar nie regtig geswot nie en op rugby gefokus. Ek is nou spyt omdat ek al ’n graad kon gehad het. Maar ek is nou besig daarmee en wil dit graag klaarmaak,” vertel dié onder-wysstudent terwyl hy steeds sy hande taamlik ongemaklik teen sy bene vryf.

Sy verloofde sluit aan by die gesprek en hy ontdooi. Sy het ’n kalmerende effek op hom. Hy sit terug en ontspan en praat gemakliker.

Hy begin praat oor die persepsie wat daar is dat rugbyspelers dom is.

“Rugbyspelers is maar lui. Ek is ’n voorbeeld daarvan. En jy kry maar soms ’n paar dom rugbyspelers. Jy doen. Maar hier by ons is daar ouens wat GR swot én honneurs doen, asook in-genieurswese. Daarom wil ek nie sê dóm nie. Meer lui as enige iets anders.”

Dié kranige skrumskakel van Port Elizabeth het sy eerstejaar in 2009 aan die NWU-Puk be-gin en drie jaar in die Pukdorp-manskoshuis gebly.

“Dit was vir my ’n aanpassing om Potch toe te kom.

“Ek was maar bederf op skool en die enigste kind in die huis.

“Dit was rof in die begin. O&B was nie so streng gereguleer soos nou nie. Dit was rof met tye, maar dit het my baie geleer. Ek was nooit gewoond om by die huis skottelgoed en wasgoed te was nie. Hier moes ek elke dag skottelgoed was vir iemand anders. Dit het my waardes ge-leer,” sê hy taamlik ernstig.

Hy voeg tong in die kies by dat hy “ongeluk-kig moes eerstejaarskonsert doen” en ’n voor-danser was.

“Ons was verplig. Ek is maar skaam.” Hy kyk na sy verloofde en glimlag. “Sy is maar die chatty een wat vinnig vriende

maak. Ek sukkel maar ’n bietjie daarmee.”Vra hom of hy gereeld konserte kyk, sê hy

vinnig nee. “Maar ek wil nog een keer sêr gaan kyk, maar

ek weet nie van ’n orkesopvoering nie. Dis maar ’n bietjie... ’n Bietjie wild daai.”

Hy is ’n mens wat die buitelewe geniet, aan verskeie sportsoorte deelneem en graag in sy vrye tyd visvang.

“Dis belangrik om net ’n bietjie iets anders te doen wat jou laat relax.”

Hy vertel verder dat die “naaste wat ek aan lees kom, is maar visvang-magazines.”

“Ek lees nie graag nie. Veral hierdie AGLA was ’n schlep nogal. Ek hou nie veel van stilsit nie. Ek hou van beweeg en besig bly.”

En dit is waar die bal aan die rol vir hom en Corna se verlowing gesit is.

“Ons altwee is baie lief vir visvang. Toe vat ek haar na ’n plekkie waar ons gereeld gaan stap op Sondae en soms visvang. Ek het voor die tyd sjampan-je en eetgoedjies reg gehad. Toe ons op pad kerk toe is, vertel ek haar ’n vriend het ’n groot vis gevang en vra of ons gou daarna kan gaan kyk voor kerk,” vertel hy met glinsterende oë terwyl hy gereeld met Corna oogkon-tak maak.

“Sy was verras.”“Maar ek sou nie sê ek is ’n ro-

mantiese tipe persoon nie. Ek sal partykeer vir haar blomme koop of so, maar ek is nou nie die all out ro-mantic wat briefies skryf en goed op Facebook sit nie. Nee, ek is glad nie so nie.”

Jy kan sien dat hy ’n taamlik gere-serveerde persoon is wat sake presies hanteer, maar tog met takt.

Maar hy is nie ’n totaal en al siel- en emosielose mens nie.

“Wanneer laas gehuil? Gehuil?! Jis-

sie, nóú vra jy ’n vraag.”Hy kyk na sy verloofde en vra: “Wan-

neer laas het ek gehuil? Jy sou by ge-wees het. Ek huil nie sommer nie.”

“Ek dink ek het laas gehuil toe my hond dood is. Ek het grootgeraak met die hond. Net die idee dat as ek huis toe gaan dat sy nie daar gaan wees nie, was ’n bietjie hartseer,” vertel hy skaam en bloos effens.

“Maar ek is oor die algemeen ’n positiewe mens.

“As kaptein van ’n span moet jy maar altyd positief wees. Al gaan dit sleg, moet jy die een wees wat almal positief hou.”

Drama agter die skerms tydens Var-sity Cup tot dusver?

“Elkeen het maar sy eie opinie. Al-mal moet net eerlik en reguit met me-kaar wees. Aanvaar mekaar se opinie en respekteer dit. Maar ek voel baie positief oor die jaar. Sover het ons ’n baie goeie begin gehad. As ons net op dit kan bou.”

Tiaan Dor�ing tydens die onderhoud. FOTO: GERT COETZER

2007 Haal Oostelike Provinsie (OP) se o/18-Akademiespan2008 Kaptein van Hoërskool Framesby se eersterugbyspan Onderkaptein van OP se 0.18 onoorwonne akademiespan Ingesluit in die Suid-Afrikaanse akademiespan Gekies vir die Suid-Afrikaanse o/19-sewesspan2009 Puk 0/19 speler van die jaar Gekies vir die Platinum Luiperds se o/21-Curriebekerspan2010 Curriebekerdebuut vir die Platinum Luiperds2014 Gekies as kaptein vir die NWU-Puk se Varsitybekerspan

NWU-Puk Varsitybekerkaptein

Tiaan Dor�ingVolle name: Tiaan Arno Dor�ingSkool: Hoërskool FramesbyStudierigting: OnderwysGeboortedatum: 26 Julie 1990Lengte: 1.75mGewig: 85kgPosisie: Skrumskakel

RUGBYPRESTASIES:

...ek is nou nie die all out romantic wat brie�es skryf en goed op Facebook sit nie.

Page 8: Wapad - 20 Februarie 2014

Advertensie8 20 Februarie 2014

Page 9: Wapad - 20 Februarie 2014

9K&V20 Februarie 2014

Dit gaan alles oor die kuns

Uit die eerste ry – Luister-luister wie daar �uister

NWU-galery-uitstallings beïndrukMARLANDI KÜSSMAN EN MIZAN VAN DER MERWE

Die NWU-galery en die NWU-Botaniese Tuin-galery het die kampus kunsliefheb-

bers in ekstase gehad toe Johan du Plessis en Usha Seejarim se kunsuitstallings ’n kunsryke jaar verseker het.

Dié indrukwekkende uit-stallings het albei op Donderdag 6 Februarie met ’n verskeiden-heid digitale-gemengde media, portretfotografie en perseptuele uitbeeldings sowel as kontem-porêre, humoristiese uitbeel- dings, geopen.

Du Plessis se uitstalling Stilte kan in die NWU-Botaniese Tuin- galery gesien word. Dié uit-stalling bestaan uit ’n reeks stilte-portrette van Du Plessis se naaste vriende en sluit onder meer be-kende akteurs in. Du Plessis poog om elke karakter wat die hoof-fokus van ’n portret uitmaak, uit te beeld volgens sy perseptuele waarneming van die betrokke persoon se karakter.

Robert Hamblin, ’n fotograaf van onder meer die foto’s in die kunswerke, beskryf Du Plessis se werk as ’n groot verskuiwing van sy vroeëre werk na die nuwe tipe kunsvorm van vryheid.

Hamblin het vir Du Plessis in-gestaan aangesien hy nie self die opening kon bywoon nie. Hy het ’n toespraak deur Judith Mason, ’n bekende Afrika-kunstenaar, waarin sy Du Plessis se werk prys, voorgelees.

“Du Plessis is ’n groot kontem-porêre kunstenaar wat met vorms en beelde eksperimenteer totdat hy daardie ‘Ah-ha!’ oomblik er-vaar.”

“Dit gaan alles oor die kuns en nie oor homself nie,” het Melissa Cokayne, die NWU-Botaniese Tuin-galery se nuwe assistent, gesê.

Een van die kunswerke wat die meeste aandag getrek het, is die een van Anna-Mart van der Mer-we. Volgens Hamblin is die foto’s in dié werk spesiaal vir die por-tret geneem en volgens Cokayne “raam Du Plessis haar as ’n ge-heel om haar te verhelder”.

Anders as Du Plessis se uit-stalling, bestaan Seejarim se uitstalling Venus at Home uit beeldhouwerke wat uit ’n ver-

skeidenheid moppe, strykysters, besems en ander huishoudelike materiaal saamgestel is.

Seejarim het materiaal wat reeds deur verskeie mense ge-bruik is vir haar kunswerke in-gesamel in ’n poging om die vrou-like werkersrol in die huis op ’n humoristiese en interessante manier uit te beeld.

“Een vrou het met ’n hele vrag daar aangekom en ’n ander tan-nie van omtrent 80-jaar oud het my gebel en gevra of ek nie as-seblief die een besem wat sy besit in my uitstalling wil sit nie,” het

Seejarim gesê.Volgens Michelle Constant,

hoof-uitvoerende beampte van Business and Arts South Africa (BASA), gee Seejarim se werk respek deur humor en vreugde te wys. Volgens Constant spreek Seejarim ten spyte van die humor, ook ernstige Suid-Afrikaanse probleme, soos die etniese verde-ling tussen ras en klas sedert die Apartheidsera, aan.

Haar uitstalling bevat kuns-werke met interessante temas soos “Lotus flowers” wat uit ’n rangskikking van strykysters, asook ’n paar tong in die kies kunswerke bestaan. Hieroor sê Seejarim: “In al my werke is ek soms ’n bietjie stout, maar ek wil dit nie te voor die hand liggend maak nie.”

Die uitstalling is tot 20 Maart in die galerye te sien.

Studente verkyk hul aan die interessante kunswerke tydens die NWU-galery se openingsgeleenthede. FOTO’S: Marcé Bester

10CD-resensie:High Hopes

10Fliektomaan:Meer as net kulkuns

’N ANONIEME KUNSTE- SKINDERRUBRIEK

Aanvanklik het dié van ons wat hier in die eerste ry sit, gedink die week gaan stil vir kampus-kunste wees. Ons kon egter nie meer verkeerd wees nie.

Dit is alles te danke aan Thalia wat, soos dit hulle betaam, be-hoorlik gesorg het vir meer as genoeg drama. Sodra jy jou voete op kampus sit, staan jy kniediep in die skinderstories. Die gerugte oor wat agter geslote deure van dié drama of toneels-pel onderliggaam of wat ook al dit is wat hulle eintlik doen (be-halwe om een powere produksie ’n jaar op te voer) gebeur het, lê die hele kampus vol en ons kan nie help om te wonder nie...

Eintlik wys dit net weereens

dat die verkeerde mense aanvank-lik verkies is en dat almal vir die res van die jaar na die verkeerde mense se bakkies in die dagboek gaan vaskyk. Iemand wat agter ons gesit het, meen hulle het be-sef die werk is te hard en toe is hul seker nie meer lus nie.

Al wat ons weet is dat daar soveel verskillende stories is wat met mekaar bots, dat dit duide-lik is dat iemand besig is om le-lik deur hul nekke te lieg en iets toe te smeer. Gaan die veelvul- dige bedankings dalk sorg vir die einde van Thalia se bestaan?

So gepraat van alkoholmis-bruik...

Ons verneem ook dat die galery-opening vreeslik ver-

maaklik was, veral as gevolg van die hoeveelheid gratis wyn wat deur een of ander fancy wynplaas geskenk is. Die mense wat net daar opgedaag het vir die gratis drank, het blykbaar soos ’n seer duim uitgestaan. Ons het gehoor van een meneertjie wat kompleet in sy gymklere, met ’n glas wyn in elke hand vir 15 minute na ’n as-blik gestaar het en gedink het dis deel van die uitstalling.

Hoewel die JOOL-debutante in al hul glorie nie werklik in die kunste se kollig val nie, was dit interessant om te hoor hoe die mense in die ry agter ons in mekaar se ore fluister. Die fluis-terstemme het bespiegel oor die nuutgekroonde Mej. Jool per-

soonlikheid wie se kamermaat blykbaar een van die beoorde-laars was.

Ons het die week ook ag-tergekom dat sommige mense op kampus effens meer irriterend as gewoonlik is.

Daar is heeltyd iemand wat sing, maak nie saak waar jy jou-self bevind nie... Dit beteken net een ding: dis tyd vir sêr- oudisies. Nie dat ons ’n probleem met ’n bietjie gesingery het nie, maar sommige mense sal net ’n dowe skool kan trots maak en die SS-personeel was reeds ’n bron van frustrasie voor jy in ons ore kom kraai het.

Ons het ook verneem dat Min-jonet sêr-oudisies gehad het, so

geluk aan hulle dat hulle vanjaar onthou het dat daar wel so iets soos sêr is en dat hulle ’n poging gaan aanwend om deel te neem.

Page 10: Wapad - 20 Februarie 2014

DONDERDAG 20 FEBRUARIE Kunsuitstalling van Irma Lochner-Louw: Memories – Yesterday and TodayPotchefstroom Museum

DONDERDAG 20 FEBRUARIE - 13:10St. Alban’s College lunch hour konsertKonservatorium

VRYDAG 21 FEBRUARIE - 21:00Potch takeoverDie Mystic Boer, Potchefstroom

DONDERDAG 27 FEBRUARIE - 19:00The Cherry Lane Band Snow�ake

VRYDAG 28 FEBRUARIE - 20:00Jack Parow liveDie Mystic Boer, Potchefstroom

SATERDAG 1 MAART - 09:00The Life MarketSnow�ake

MAANDAG 3 MAART - 18:00SR:Kunsteraad-debat �nale rondtes beginNWU

DINSDAG 4 MAART - 19:30Potchpourri! konsertreeks met Charl du PlessisKonservatorium

20 Februarie - 5 Maart

K&V 10 20 Februarie 2014

tomaanFLIEK

FRANCOIS LION-CACHET

Met tien Oscar-nominasies is American Hustle nie te versmaai nie. Dié nomi-

nasies sluit beste film, akteur, ak-trise en beste regisseur in.

American Hustle vertel die storie van die briljante swende-laar, Irving Rosenfeld (Christian Bale), wat tesame sy ewe-slinkse en verleidelike kollega Sydney Prosser (Amy Adams) geforseer word om saam met die FBI te werk.

Die FBI-agent, Richie DiMaso (Bradley Cooper), wat ook ’n hoofrol speel is wild en onbeheer-baar in sy rol. Saam moet die drie verskeie hoë-profiel politici, ma-fia en besigheidsmanne uitlok en vastrek vir bedrog.

Dié film is die akteurs s'n.

Elke rol word oortuigend en sterk oorgedra. Elke rol, behalwe vir een gespeel deur Louis C.K., word gedryf deur ’n hoë mate van blindelingse ambisie.

Die plot is ver van realisties, maar dien die film en die kyker goed.

Soos David O. Russell se vorige films, kan ’n mens American Hus-tle nie in ’n spesifieke genre plaas nie.

Die film skop af met ’n stel- ling wat lees: “Some of this actu-ally happened.” Dít word later in die einderkennings herroep met: “This is a work of fiction”. Dus word selfs die kyker gekul in dié film oor swendelary.

American Hustle het ’n sterk deurlopende tema van wat die mens gedwonge is om te doen om te kan oorleef.

Die film verdiep homself in wat dit is om mens te wees. ’n Eerlike benadering tot die rotre-sies. Swakhede en sterkpunte, beperkte keuses en keuses ge-maak op emosies is aan die orde van die dag.

Dié film kan vergelyk word met Martin Scorsese se The Wolf Of Wall Street op verskeie vlakke. Beide raak sekere aspekte van die menswees aan en die gejaag na roem en rykdom.

American Hustle benader egter dié onderwerpe met takt en ’n mate van opregtheid – iets wat ontbreek in Scorsese se film wat in verskeie kategorieë teen dié een gaan staan by die Oscars.

Die film het 'n sterk basis van goeie rolspel en fotografie.

Dit begin binnekort wys by teaters landswyd.

American Hustle – Meer as net kulkuns

Die hoofkarakters in ’n toneel uit die �lm American Hustle. Die �lm begin op Vrydag 28 Februarie in teaters draai. Dit het ’n ouderdomsbeper-king van 16 LS en duur 2 uur en 17 minute.

The Boss se musikale reisBruce Springsteen – High Hopes

TARINA MULDER

Bruce Springsteen, ook bekend as The Boss, se 18de studio-album, High Hopes, is Januarie 2014 vry-gestel.

Die album is ’n kombinasie van covers, oorspronklike liedjies wat weer opgeneem is, liedjies wat nog nooit opgevoer is nie en in-houd waarmee Springsteen nog nooit mee geëksperimenteer het nie. High Hopes kyk dus terug na optredes en opnames van Spring-steen se laaste dekade.

Springsteen het die album saam met die lede van E Street Band (sy ondersteunende band sedert 1972), ’n klomp addisionele musikante en sy eie kinders as agtergrond-sangers opgeneem. ’n Groot deel van High Hopes is ook saam met Tom Morello (The Nightwatch-man, Audioslave, Rage Against The Machine) gelewer.

Morello se bydrae is natuur-lik en sy invloed is duidelik op agt van die twaalf liedjies. Bill-board beweer dat Morello Spring-steen musikaal en emosioneel uitgedaag het en Springsteen be-dank Morello in die albumboekie vir sy betrokkenheid.

Alhoewel High Hopes ’n same-stelling is wat Springsteen as ’n moet beskou, is die probleem met die album egter dat daar nie deur-lopende elemente is wat die album saambind nie. Een van Spring-

steen se gewoontes is juis om ’n album as ’n eenheid te lewer met ’n lyn wat die liedjies as ’n produk verbind. Die bogenoemde kan dus die albumkwaliteit belemmer.

Beide die klank en temas op die album varieer tussen Springsteen se klassieke manier van liedjies saamstel soos “Frankie Fell in Love”, maar ook liedjies soos

MK-Awards 2014die geleentheid vermaak en Fokofpolisiekar het gesorg dat die aand behoorlik op ’n harde noot afsluit.

Die volgende toekennings is oorhandig:

Shortstraw – Good Morning,Sunshine

OppikoppiBudget

Al Bairre – We Move On

Al Bairre

Van Coke KartelLive

Jeremy Loops

Shortstraw – Waterworks

Arcade Empire, Pretoria enThe Assembly, Kaapstad.

MIZAN VAN DER MERWE EN IAN VENTER

Alhoewel MK nie meer hul eie kanaal op DStv het nie, het dit hul nie gekeer om vanjaar steeds voort te gaan met die MK-Awards nie.

Dié geleentheid het op Sater-dag 15 Februarie by die Pretoria Staatsteater plaasgevind en was behoorlik met bekendes uit die musiekbedryf gesaai.

Die aanbieders vir die aand was Anne Hirsch, Jean Jordaan en Bouwer Bosch. Hirsch het ’n Lady Gaga op almal getrek en het in ’n eierpakkie op die ver-hoog verskyn.

Haddad Viljoen is vir sy reuse bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf erken en het weg-gestap met wat MK hul “gesogte Legende-award” noem.

Heelwat bekende musiek- groepe soos Wrestlerish en Shaun Jacobs het die mense by

“American Skin (41 Shots)” wat as ’n reaksie op die skietinsident van Amadou Diallo in New York geskryf is.

Aanhangers sal wel die album as ’n samestelling beskou wat die musikale reis van Springsteen verteenwoordig, asook optredes wat die laaste paar jaar Springs-teen se fokus geword het.

BENETTE RAUTENBACH

Die Pukki Talentfees is om die draai en vanjaar word daar aan T.T. Cloete hulde gebring.

“Met ons 31ste bestaansjaar is dit vir ons ’n voorreg om hulde te bring aan só ’n groot legende wat hier in ons midde is,” het Alanka Craffert aan Wapad gesê.

“Die talentfees se gala-aand vindplaas op 16 Mei en die profes-sor word vanjaar 90 jaar oud in dieselfde maand wat dit die per-fekte geleentheid maak om hulde aan hom te bring,” het sy gesê.

Op ’n byna 90-jarige ouderdom sien hy nog kans om elke Dins-dagaand in Februarie by die Woordkaffee op te tree en van sy Psalmsomdigtings aan mense voor te lees. Dan vertel hy ook ou-like staaltjies soos hoe hy sy vrou,

Anna, en hul vyf kinders bome gaan plant het in die parkie oor- kant hul huis. Hulle het die parkie Cloetepark gedoop en daar het hulle menigmale gaan piekniek hou.

“Ons doen ’n beroep op studen-te om in hul voorbereiding dit te oorweeg om van Cloete se stukke gebruik te maak en só hulde aan hom te bring. Daar kan veral in die volgende afdelings daarop gefokus word: Eie komposisie, vertolking en visuele kuns,” het Craffert gesê.

Daar is ’n totale bedrag van R70 000 wat die aand weggegee gaan word en die wenner kan tot R17 000 wen. Dalk met ’n bietjie moed en entoesiame kan jy vanjaar deel wees van die pret en sommer ook met ’n paar rand wegstap.

Pukki Talentfees bring hulde aan T.T. Cloete

Page 11: Wapad - 20 Februarie 2014

Leefstyl 11 20 Februarie 2014

PLAKAAT: FACEBOOK.COM

Maksirompe As jy dalk nie die dag lus het om jou bene aan die wêreld te ver-toon nie, is ’n lang-broek nie jou enigste opsie nie.

Jy kan maklik met ’n lang romp wegkom, maak nie saak wat die geleentheid is of wat-ter seisoen dit is nie.

Wat lang rompe ook so gewild maak, is dat enige iemand dit kan dra, maak nie saak hoe jy gebou is nie.

’n Lang romp in ’n neutrale kleur is ’n uitstekende opsie omdat daar soveel verskillende maniere is wat jy dit kan dra dat jy nie sommer verveeld daarmee sal raak nie.

Daar is ’n ver-skeidenheid opsies wat jy kan oorweeg as jy jou uitrusting wil verander en dit is maklik om te eksperi-menteer met verskil-lende kombinasies.

Wanneer die tempera- tuur effens gedaal het, kan jy ’n langmouhemp dra en jou uitrusting bietjie skop gee met ver-skillende tipes serpe met interessante patrone.

Dit is die seisoen hoogmode om ’n hoed te dra. Met só ’n unieke hoed sal jy beslis kop en skouers bo die res uitstaan.

’n Mooi handsak of selfs ’n klas-sak kan ook as komplimentêre ele-ment gebruik word.

Jy kan jou romp kom-bineer met ’n T-hemp, ’n knoophemp wat jy kan insteek, kan knoop of bo-oor ’n ander hemp kan dra, ’n tenk top of ’n crop top.

Jy kan ook maklik net die juwele by jou uitrusting verander om ’n an-der gevoel te skep of om die uitrus-ting meer interessant te maak.

’n Gordel rond die uitrusting goed af, veral as jy ’n crop top aanhet of as jou hemp ingesteek is.

Saamgestel deur Mizan van der MerweFotograaf: Luzanne KeyterModelle: Mariëtte Sorgdrager, Lizanne Loots, Amoré Caldeira, Marlandi Küssman, Rochelle Slabbert, Celetia Reinders, Ilana Swanepoel en Alicia Kotzee.

MARCÉ BESTER

In ’n studentedorp soos Potchefstroom voel dit soms of daar nie altyd veel is om te doen behalwe om te gaan kuier en te drink nie. As jy egter ’n bietjie uit jou gemaksone beweeg en daar mooi gesoek word, kan jy op ’n avontuur gaan en jou lewe daardie ef-fense hupstoot gee wat hy soms nodig het.

Indien jy baie ywerig is om ’n bietjie meer moeite te doen, kan ons beweeg na die vlak-

tes van Parys. So 70 km van Potchefstroom af op die ban-ke van die Vaalrivier lê daar heelwat geleenthede en wag. Dimaliche River Lodge bied ’n verskeidenheid aktiwiteite aan wat beslis die adrenalien sal laat pomp.

’n Mens kan die Vaal in al sy glorie aanvat in ’n witwater-kano of die koppies uitjaag met ’n vierwielmotorfiets. Hengel-geriewe sal sorg dat diegene wat daarvan hou om hul kos te vang, iets het om op die kole te sit.

As pret met petrolvoertuie

nie jou ding is nie, kan jy ook by Parys se geheime bergfiets-paadjies jou vernuf toets. Hier-die paadjies bevat verskillende moeilikheidsgrade en sal sorg dat jou hart vinniger klop en jou boepie effens krimp.

As jy nie belangstel om ’n hele naweek op te offer nie en ook natuurlik as jou geldsake jou nie heeltemal toelaat om so avontuurlustig te wees nie, is daar wel ander alternatiewe. Rapid Fire is ’n nuwe paintball-baan wat in Potchefstroom oop-gemaak het. As jy hou van skiet-

speletjies en graag voor jou re-kenaarskerm wil uitkom, is hier- die die ideale opsie vir jou.

Rapid Fire, wat op die Krom-draaipad geleë is, verskaf al die nodige toerusting en gewere, asook ’n goeie paar bloukolle. Die herstel na die tyd sal jou eg-ter so ’n paar dae kos.

As student is dit soms nodig om ’n bietjie meer gereeld uit jou gemaklike grot te kruip en die buitewêreld aan te durf. Die beste manier om dit te doen is met ’n stewige dosis adrenalien in jou bloedstroom.

Links: Besoekers wat by Dimaliche River Lodge white water raft. Bo: Parys se geheime berg�etspadjies. Onder: Rapid Fire, ’n nuwe paintball-baan.

Klim uit jou gemaksoneLeefstyl

Page 12: Wapad - 20 Februarie 2014

Walter Doubell - Voorbehoedmiddels, 'n karwag en 'n verlowing

Briewe Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

Leon Roets - Tradisies, koshuiskultuur en om te behoort

12 20 Februarie 2014

KommentaarRedaksioneel

20 Februarie 2014

Kernredaksie

@NWUWapad

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Teksversorgers: Bianca Enslin, Ruan Fourie, Jeanelle Greyling en Hannes Kruger

Uitleg: Hannes Kruger, Simon Sonnekus en Kevin du Plessis

SMS’e en twiets

Die volgende uitgawe vanWapad verskyn op 6 Maart

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIES & FINANSIES: Lorraine Jordaan

Ons leef in 'n tyd van verander-ing waaroor mense graag kerm en kla. Die mens leef onder ’n illusie van bevryding en verseker só sy eie ondergang. In dié tyd moet ons miskien vra wat beide partye vir jare geïgnoreer het, opnuut vra.

Rakende koshuistradisies kry jy twee kampe: die stryders daarvan en dié wat geheel en al teen dit pro-testeer. Beide partye het sterk oor-tuigings vir hul saak, maar beide is soms te kleinlik om 'n nuwe visie aan te neem.

Ek skryf na aanleiding van Maas se pessimistiese en eenogige vertel-ling in die vorige Wapad-uitgawe. Maas kryt die tradisies uit as nega-tief en impliseer dit word deur bykans onopgevoede mense voorg-estaan. Hy kyk vas in die lank-ver-valle tradisies van afbreek aan die menswees. Het hy al navraag oor he-dendaagse koshuistradisies gedoen?

In 'n wêreld wat klem op indi-vidualisme en vrye denke lê is dit hartseer dat 'n omgee-kultuur ger-eeld verlore gaan. Die individu met sy vrye denke is alleen in 'n wrede wêreld, want die wêreld is wild, genadeloos en onverskrokke.

Ek is g’n sielkundige nie, maar enige sterk argument kort 'n fon-dasie. Hoe kan individualisme en vrye denke sonder ’n fondasie van sekerheid en standvastigheid seëvier? Dit moet ondersteuning en aanvaarding bied en ’n mens

laat vooruitstreef.Wat as koshuise dié fondasie kan

bied?Die Universiteit van Stellenbosch

het ’n groter persentasie eerste-jaarstudente in koshuise toegelaat. Dis beduidend dat seniorstudente en mede-eerstejaars in koshuise ’n eiesoortige ondersteuning bied. Selfs op die NWU-Puk ontvang stu-dente uit kampuskoshuise gewoon-lik meer akademiese trofeë as dié van dorpskoshuise.

Boonop trek juis die "swakker" koshuisstudent die meeste voordeel. Ná drie jaar se betrokkenheid met eerstejaars getuig ek van iemand wat kop-onderstebo by die koshuis ingestap het en na ’n kort tydperk die wêreld die stryd aangesê het.

Uiteindelik bied 'n koshuis die geleenthede vir aanvaarding, res-pek en deelwording. Koshuistradis-ies daag jou uit om vrae te vra, jou grense te toets, jouself te ontdek en ontwikkel. Dié tradisies is eintlik 100% vrydenkend en individual-isties en die individu hoef nie ver-gete te bly nie.

Ek ken sulke koshuistradisies. Ek weet hoe dit voel om na 'n Prim-groet en tydens 'n klere-ontvang ser-emonie te behoort. Ek het myself ontdek en my grense oorskry omdat iemand anders in my geglo het.

Ek dra hierdie aanvaarding oor en maak ander deel van 'n samelew-ing waar die individu kan binne 'n

geborge omgewing kan ontwikkel. Ek ken pyn en seer wat genees is omdat iemand vir die eerste keer geluister het. Mnr. Maas, ek moet u gelyk gee: enige Pukstudent voel dieselfde oor die tradisies wat u op-noem. U denke is egter beperk en ons tradisies behoort op 'n nuwe lysie met 'n nuwe definisie.

Ek weet my waarheid en dít wat Mnr. Maas skryf is nie dieselfde ding nie. Daarom vra ek dat dié twee partye hul stryd op 'n ander plek gaan voer.

Ek het genoeg gehad van dié wat pret uit vernedering en afkraking wil put. Maar Mnr. Maas: van u soort is dit ook genoeg. Ek wil die NWU-bestuur en sy leier bedank vir hul oopkop-benadering toe die meeste universiteite ewe volstruis hul koppe onder die sand ingedruk het. Dis soveel meer tragies as ’n jongmens in die fleur van sy lewe doodgaan, maar kan die waarheid nie aanvaar word sonder om vir persoonlike vendettas gebruik te word nie?

Dis tyd om núwe vrae te vra en núwe antwoorde te kry. Die ko-shuise en tradisies wat die individu en vrye denke bevorder moet bly.

“Studentwees” beteken dat stu-dente soms sinneloos optree. Voor u dink die naak mans was onder dwang in die Calvyn, gaan luister na hoe hulle lag en baljaar. "Want ’n mens is net eenkeer ’n student!"

Voor jy jou oë uitvee is jou vakansie verby, jy kom terug Potch toe en die eerste paar weke is maar stadig. Dosente gee nie noodwendig baie klas nie, jy wag nog vir handboeke en studie- gidse en in ekstreme gevalle slaap jy die ou Joolbabelas nog af.

Kom week twee tref die werk jou soos jou moeder se houtlepel, leereenhede word soos blits voltooi, sport begin en voor jy weer sien is jy agter. Dit is net die gewone studentelewe.

Daar is studente wat verkies om ’n bietjie meer hooi op hul vurk te laai. Hulle is tipies jou UK’s, HK’s, ASV’s, SR-lede en selfs ons hier by kampusmedia.

Dit is dus belangrik om te besef dat jy jouself verkiesbaar gestel het vir daardie pos. Soos in die werkplek is jy gewoonlik gebonde aan die spesi�eke organisasie wat jy verteenwoordig. Daarom kan jy nie net “af” dae vat nie, jou selfoon nie antwoord nie al is dit hoe laat en veral nie alkohol misbruik nie. Daarom moet jy jou tyd bestuur om jou akademie en sosiale verpligtinge in te pas, te sorg jou selfoon is altyd aan en soms duiwel-drank te vermy.

Hierdie poste word geskep vir leerskole vir die individu en jy kan dit plaas op jou CV. Dit is egter niks werd as jy 'n halwe termyn gedien het en toe halfpad bedank het weens emosionele redes nie. So tough it out, dit sal jou uiteindelik baat.

Pasop vir te veel hooi

In Wapad van 10 Oktober 2013 skryf Max du Preez onder meer, “...verwag ons van Wapad se reda-ksie om ekstra krities te wees: om meer waagmoedig eksperimenter-end en avontuurlik te wees.” Ons hoef seker nie Max se voorstelle slaafs na te volg nie maar daar is tog rede om die Wapad te vergelyk met sy idees oor wat 'n studenteko-erant hoort te wees.

In die Wapad van 6 Februarie 2014 is Deon Maas se artikel be-sonder aktueel. Dié artikel prik-

kel belangstelling en sal hopelik sinvolle kommentaar lok. Ander berigte wat inligting verskaf oor die aktiwiteite op kampus en weg van die kampus het ook waarde en is nuuswaardig. Die sportberigte is interessant en verskaf nodige inligting. Daar is ander berigte wat ook van belang is. Die Tien Dinge-rubriek op bladsy 5 met die deels smerige en oppervlakkige inhoud sal nie onthou word nie, maar kan seker maar verduur word. Die Wapad se bladuitleg en

Wapad het 'n trotse tradisie.

" 'n Totaal van R1 256 300 is deur SJGD uitbetaal aan die gemeenskap. #SJGD14" -Great stuff. Here seen elk een van julle. Goeie werk almal.

Corli @corli0990

tipografie is goed. Bogenoemde positiewe inhoud

van 6 Februarie se Wapad word egter bederf deur drie berigte wat, soos die spreekwoordelike vrot ap-pel, die hele mandjie bederf. Die

voorblad basuin inligting uit van die oënskynlike promiskue gedrag van die NWU-studente. Is die berig bloot inligting of het ons te doen met 'n ernstige probleem? Indien daar wel 'n omvangryke probleem is, publiseer eerder kundige me-nings en 'n moontlike oplossing. Behalwe vir hierdie nuus, word die leser gekasty met 'n berig oor 'n karwag by 'n plaaslike kuier-plek. Menslike-belang stories het waarde maar is hierdie werklik binne die belangstellingsveld van

die NWU-Pukke? En dan, die pièce de résistance.

Die SR-voorsitter se verlowing. Al wat hieroor gesê hoef te word, is; gaan lees Afrikaanse koerante van die sestig- en sewentig jare. Kyk veral na die onderdanige heldever-eringsberigte oor die ministers en hooggeplaastes van daardie tyd. Dit was toe. Nou is 2014.

"Ons soek die plaaslike nuus-brokkies en inligting van die kam-puslewe in ons Wapad, maar ons eis meer.”

Page 13: Wapad - 20 Februarie 2014

Kultuurverandering is nodigSMS 31750SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

1320 Februarie 2014

So dit maak van jou ’n trotse koshuisinwoner om eerder trappe te klim of om in ’n

emmer te pee, baie geluk.Dit is rêrig jammer dat soveel

van die goeie aspekte van koshuis-lewe ondermyn word deur wan-praktyke wat soms in koshuise voorkom.

In “Koshuisbesture ‘te ver-sigtig’ oor tradisies” (Wapad, 6 Feb) beaam Afriforum wat om koshuistradisies veg, dat hulle “nie ten gunste is van tradisies wat inbreuk maak op individue se menseregte nie”. Dus wil dit voorkom asof daar konsensus is dat menseregte die maatstaf word waarvolgens tradisies op kampus beoordeel moet word.

Hoekom is dit dan nog so moei-lik vir mense om te verstaan dat om iemand die basiese fasiliteite van ’n koshuis te weier, juis ’n diskriminatoriese inbraak maak op hul regte? En ons praat dan nie oor die wyse waarop geweld (beide in dreigemente, sowel as fisies van aard) soms gebruik word om te in-timideer nie.

Die koshuise is ook nie al wie skuldig is nie – selfs al is aksies soos die President van Tarentaal in die lig van menseregte herbe-soek, was daar geen optrede toe “ons soek bloed” steeds by hierdie geleentheid geskree is nie. Ons kan tog nie die koshuise oor die vingers tik as soortgelyke ver-grype steeds in die georganiseerde program plaasvind nie.

So, as ons besef dat daar nie ’n keuse is om al ons aktiwiteite aan die Grondwet te meet nie, hoekom is mense steeds besig om so sterk daarteen vas te skop as die Uni-versiteit ingryp weens beweerde menseregteskendings?

Ek is van mening dat ’n deel van die inskakelingsproses in kos-huise so sterk daarop fokus om kos- huiseenheid te bou, dat daardie koshuisinwoners wanneer daar ’n bedryging is, op enige manier moontlik (selfs op onwettige of irrasionele wyse) sal optree om hul koshuise te beskerm.

Op ’n Darwiniese wyse kom die idee, “there is safety in numbers”, by my op toe ek verlede week die kommentaar op sosiale media en aanlynkoerante oor die tydelike skorsing van HK-lede aan hierdie kampus sien.

Deur die bank word saamge-staan, geregverdig en gepoog om die “dom door” of “lamsakkige eerstejaar” uit te kryt as die eint-like probleem in hierdie situasie. Jy sien, die meeste mense vertel graag hoe hulle deur veel erger goed is en dat hulle beter mense daarvoor is – dit sonder dat enigie-mand werklik die feite het oor wat in daardie koshuise gebeur het en die universiteit weinig inligting hier rondom bekendgemaak het.

Die feit dat die universiteit as instelling verantwoordbaar is vir dit wat in sy koshuise gebeur, word ook vinnig vergeet.

Soos individue, het groepe hul

tekortkominge; groepe kan die beste en slegste in mense uitbring.

Inlywingsaktiwiteite in kos-huise is daarop geskoei om ’n groep te vorm, trots en lojali- teit te kweek en om te sorg dat die magbalans in die groep onderhou word.

Wanneer nuwelinge afgebreek

word, demonstreer seniors in die koshuis hulle mag en status ter-wyl hulle ’n blinde aanhang af- dwing – ’n proses wat jaarliks her-haal word om die groepsisteem in stand te hou.

En selfs wanneer die tradisies wat hierdie stelsel in stand hou verander, word baie van hierdie aktiwiteite in die geheim gedoen met dreigemente dat “klikbekke” uitgesorteer sal word op ’n tipiese boelie-wyse. Dit is juis hierdie geheimhouding en groepslojali-teit wat telkens beteken dat die menseregtelyn bietjie-vir-bietjie oorskry word.

Klakkelose konformisme vereis dat enigeen in die groep wat vrae vra, anders dink of “nie wil saam-werk nie” uitgewerk moet word. En as die bedreiging van buite af is, sal daar selfs teen die univer-siteitsowerhede opgestaan word, want die groep se behoud word bo alles gestel.

En dit is juis hierdie gefor-seerde aanvaarding van ’n alles-of-niks groepmentaliteit waar die probleem lê.

Die grootste deel van die geor-ganiseerde studentelewe is kom-petisiegedrewe en dit bou aan ’n kultuur waar super-koshuise soos onaantasbare klein koninkrykies teen mekaar oorlog voer – op die verhoog, die rugbyveld of selfs die sypaadjie voor Bourbons.

Dit is tyd dat ons as univer-siteit (koshuisstudente inkluis) besef dat hierdie ’n akademiese

omgewing is. So as daar in videos gesê word dat O&B ongeveer 70% akademies van aard is, moet ons daaraan werk om dit so te kry.

Sulke “akademiese aktiwi-teite” kan onder meer insluit om kritiese denke te skoei en om studente (eerstejaars saam met seniorstudente) te laat besin oor hoe ons ’n ongesonde kultuur kan omswaai, eerder as om verbete te baklei vir die “reg” om deur ie-mand anders aangerand te word.

En om te sê dat mense kan kies om in koshuise te bly, is ook te simplisties – koshuisverblyf is goedkoper as privaatverblyf, so as jy niks anders kan bekostig nie, moet jy maar net inval by die kos-huispraktyke.

Elke koshuisinwoner behoort juis op te staan en te veg dat hulle koshuise aan menseregtevereistes voldoen – al is dit nie altyd lekker om sogenaamde studentepret op te gee nie.

As ons werklik ’n verandering op kampus wil sien, is dit nodig om ’n daadwerklike kultuurveran-dering te ondergaan. Dit help nie ’n mens lap toe, slaan vure dood en maak klein aanpassings net om later te vra hoekom vergrype dan weer kop uitsteek nie.

Hou op om wanpraktyke te probeer beskerm en kyk eerder hoe jy jou koshuis kan verander om ’n plek te word waar almal, ten spyte van hul agtergrond of oor-tuigings, kan tuisvoel, vrae vra, van mekaar kan verskil en groei.

Deur die bank word saamgestaan, geregver-dig en gepoog om die “dom door” of “lamsak-kige eerstejaar” uit te kryt as die eintlike pro-bleem in hierdie situasie.

Steven Bosch

Page 14: Wapad - 20 Februarie 2014

14 20 Februarie 2014SportWapad

EUGENIE GREGAN

Parkrun, die hard-l o o p - revo l u s i e wat wêreldwyd

posgevat het, is Sater-dag in Potchefstroom bekendgestel. Parkrun is ’n unieke, gratis 5 km-pretwedloop wat elke naweek regoor die wêreld in parke plaas-êreld in parke plaas-reld in parke plaas-vind.

Paul Sinton-Hewitt, die baasbrein agter parkrun, is ’n boorling van Potchefstroom en het aan die Potchef-stroom Boys High ge-matrikuleer. Hy het in 2004 die eerste parkrun-konsep in Engeland begin.

Bruce Fordyce, een van Suid-Afrika se grootste sportikone en die organiseerder van parkrun in Suid-Afrika, was in Potchefstroom om die bekendstelling te behartig. Fordyce, wat die Comrades Mar-athon nege keer gewen het, is baie passievol oor parkrun en het self

al amper 100 van dié wedlope regoor die land gehardloop.

Hy was vol lof vir die plaaslike organiseerder, Manie Esterhuizen en die Tlokwe-munisipali-teit se bydrae en is vol vertroue dat die Potch-wedloop baie suksesvol gaan wees.

“As jy eers een keer gehardloop het is jy hooked. Dis verslawend. Mense sal kom hard-

loop al reën, hael en sneeu dit. En parkrun sal elke Saterdag daar wees.”

Fordyce moedig stu-dente aan om aan park-run te kom deelneem.

“Om te hardloop is die eenvoudigste van alle sportsoorte. Jy kan nie goeie rugby of krieket speel as jy nie kan hardloop nie. Dis die basis van die meeste sportsoorte en ’n mak-

Gewilde parkrun nou ook in Potch

like manier om fiks en aktief te bly.”

Sy raad aan atlete wat graag ernstig wil begin hardloop is om by ’n formele hardloopklub aan te sluit en parkrun deel van hul oefenpro-gram te maak.

Parkrun is van borge en vrywilligers afhank-lik.

“Discovery Vitality het onlangs aan boord gekom as borg en gee

500 Vitality-punte aan hulle lede vir elke park-run wat hulle voltooi. As jy gaan gym kry jy net 150 punte!”

Sowat ’n 100 mense het Saterdag vir Potchefst-room se eerste parkrun opgedaag.

“Parkrun was vir my ’n belewenis! Ek sal dit definitief weer wil doen. Die roete is mooi en nie te uitdagend nie. Dit is iets wat almal kan hardloop,” het Joané Botha, vrouestudent aan die NWU-Puk, gesê.

“Ek gaan soveel as moontlik parkruns probeer hardloop. Dis ’n baie lekker konsep wat familie en vriende oor naweke saambring.”

Parkrun word elke Saterdag om 08:00 by die terrein oorkant die Trimpark in Govan Mbeki-laan gehou. Daar word slegs van deelne-mers verwag om te re-gistreer en ’n strepies-kode te kry. Besoek www.parkrun.co.za vir meer inligting.

Bruce Fordyce en plaaslike atlete hardloop Potchefstroom se eerste parkrun. FOTO: Simon Sonnekus

SIMON SONNEKUS

Die NWU se Tawana-span het Potch Defence Sondag met 3-0 in hul SAB-ligawedstryd op die Fanie du Toit-sportgronde ge-klop.

Tawana het vanaf die be-ginfluitjie die spel veral in die middelveld oorheers en het die bal gereeld by hul doelskieters uitgekry. Die manne kon in en-kele minute ’n doel aanteken toe Kagiso Pitso van die middelveld Defence Force se verdediging met spoed geklop het en die bal in die net kon sit.

Tawana het goeie balbesit getoon en met amper 'n Barce-'n Barce- Barce-lona-agtige spel van tikka-takka voetbal die bal met fluïditeit na hul voorspelers versprei. Dit was egter moeilik vir Tawana om dié kanse te benut weens die aanhoudende en soms debatteer-bare strafskoppe vir onkantspel wat hulle ontvang het.

Bongani Mnyamane, Tawana se kaptein, het sy span se voor-sprong verbeter ná ’n goeie kruisskop van die regtervleuel en die doel op die agterpaal met gemak geskop om die telling 2-0 te maak.

Met die aanvang van die tweede helfte het Potch Defence Force egter eerste gevaarlik ge-lyk en kon hulle die bal verby die Tawana-doelwagter kry, net om vergeefs toe te kyk hoe ’n verde-diger die bal van die lyn af red.

Tawana het egter met maksi-mum balbesit weer verskeie aanvalle teen die Defence Force geloods wat kort-kort gekelder is

deur die skeidsregter se fluitjie. Die frustrasie van die Tawana-spelers het begin wys en twee spelers is binne enkele minute rooikaarte gewys, wat die tuis-span met net nege spelers gelos het. Dit het egter nie 'n verskil gemaak nie en Thabang Mathla-ko het net voor die eindfluitjie die finale spyker in Defence Force se doodskis geslaan toe hy die doel-wagter geflous het.

Die Tawana-span se volgende wedstryd is teen Sayana Porto by die Ikageng-stadion.

“Dis by Ikageng- stadion en die skare daar is gewoonlik nie vrien-delik nie, dit gaan ’n harde wed-stryd wees,” het Tawana se afrig-ter, Moemeli Moektesi, gesê. “Ons het vandag goeie spel gewys, dis jammer dat die skeidsregter 'n paar slegte beslissings gemaak het. Dit het gelei tot die spelers se frustrasie en slegte dissipline gevolg deur die rooikaarte, nou mag hulle vir twee wedstryde nie speel nie.”

Tawana klop Defence Force met 9 spelers

Die Rissie praat oor ball girls, Laureus se skorsing uit eerste-jaarsrugby, sproeiers en weereens Varsity Cup

Daar is 'n paar sportsakies wat Die Rissie voel sy moet bespreek, dit is immers haar plig om haar lesers ingelig te hou.

Die Rissie sal sommer by Varsi-ty Cup begin. Hoe teleurstellend. So goeie begin en dan word die NWU-Pukke deur Maties gesink. Wat hierdie oorwinning vir die manne van Stellenbosch so soet maak is die feit dat hulle uiteinde-lik 'n bietjie menswaardigheid in die kompetisie kon herstel en dan is hul Man of the Match nog die NWU-Puk Varsity Cup-breier se seun ook. Die Rissie is seker die Pukke sal teen NMMU beter vaar, of so hoop sy.

'n Kwessie wat Die Rissie taam-lik baie pla is die nuwe ball girls by Varsity Cup. Kyk, dié men-sies is omtrent so nutteloos soos Luther Obi se performance teen die Shimlas (tenminste was hy baie beter Maandagaand). Dalk as hulle broekies 'n bietjie meer bloedsirkulasie toegelaat het sou hulle die balle vinniger by die vaste fasette kon kry, of ten min-ste lyk of hulle weet wat om daar-mee te doen.

Die Rissie het Vrydagaand biet-jie 'n stappie na die rugbyvelde toe geneem om die eerstejaarsrugby te kyk en laat sy net sê die sproe-

iers wat tydens die Patria/Caput-wedstryd afgegaan het, was so ontydig soos die afskoptye van die NWU-Puk-1 mansokkerspan se wedstryde, want dié se opponente daag mos altyd laat op (dis nou AS hulle besluit om op te daag).

So gepraat van NWU-Puksok-ker, Die Rissie het Sondag ’n draai by die NWU-Puk-1/Defence Force game gemaak en gesien dat daar NOGSTEEDS nie lynregters by hierdie wedstryde is nie. Die enig-ste ding wat hierdie geval erger maak is die feit dat die skeidsreg-ters nog onbekwaam ook is. Ai, sommige mense het dit darem maar moeilik.

’n Span wat dit wel nie vanjaar moeilik gehad het nie is Thaba-Jäh se eerstejaarsrugbyspan, dit het seker iets te doen met al die Rugbyinstituut-eerstejaartjies wat daarin gepomp is, maar nou ja.

Van al die bogenoemde kwes-sies is Laureus se klein eerste-jaarsrugbyvoorval nog die ergste. Hoe ironies dat die verdedigende kampioene uit die toernooi ge-skors is. Die Rissie het gedink dit sal nie nodig wees om mans-koshuise teen die ‘kom-ons-ge-bruik-meer-seniors-as-wat-ons-eintlik-mag’-praktyk te waarsku

nie, want wragtig, sy het gedink dis vanselfsprekend, toe nou nie. Boonop lyk sake ook nie te goed vir hul sport HK-lid Reinhardt van Staden nie, maar ja, onbe-kwaamheid is mos lekker.

Die Rissie wil dan laastens net baie geluk sê aan Patria en Kla-werhof wat die tafeltennis gewen het, Heide en Caput wat die ge-mengde netbal gewen het (Caput het ook die mansnetbal gewen), en die NWU-Puksokkerspan wat hul wedstryd teen die Defence Force 3-0 gewen het. Oh ja, en die Leeus wat hierdie naweek hul terugkeer na Super Rugby gemaak het en hul wedstryd teen die Cheetahs gewen het, of altans Marnitz Bos-hoff wat die wedstryd gewen het. Die Rissie sou sê hulle het haar trots gemaak, maar toe besef sy sy voel eintlik ’n veer. Hopelik (vir hulle) is dit nie die laaste oor-winning vir Johan Ackermann se spannetjie nie.

'n Kwessie wat Die Rissie taamlik baie pla is die nuwe ball girls by Varsity Cup.

Tawana het Defence Force 3-0 geklop

Page 15: Wapad - 20 Februarie 2014

Sport 1520 Februarie 2014

REINETTE VENTER

Die NWU-Puk se netballiga vir mans het vanjaar op ’n goeie voet afgeskop en

het baie trots én teleurstelling ge-én teleurstelling ge- ge-bring.

Die 3-dag toernooi het op 11 Fe-bruarie begin en het uit ’n A- en B-liga bestaan. Al 14 manskoshuise het hieraan deelgeneem.

Caput het hulself bewys as ’n koshuis waarmee rekening gehou moet word toe hulle in die A- én B-liga met die trofee weggestap het. Die eerstespan het tot die bit-ter einde teen Veritas geveg, wat die eindstryd tot op die punt van sudden death gebring het. Caput kon eerste ’n doel aanteken en het Veritas met 9-8 geklop.

Dit was nie die eerste keer wat dié twee koshuise vir die titel teen mekaar moes meeding nie. Van-jaar se eindstryd was die vyfde agtereenvolgende een vir dié twee spanne.

Tiaan Visagie, sport HK-lid van Caput, speel sedert sy eerste jaar in 2010 al en kon nou vir die eerste keer die trofee ook lig.

“Die ouens is almal baie bly oor die wen, maar die ekstra tyd was spanningsvol en dit het daarop neergekom dat die span wie eerste

Caput seëvier in mans-netballiga’n fout maak sal verloor so dit was nogal intense.”

Veritas se doel, Tyrone Breyten-bach sê dat die kompetisie van-jaar definitief veel sterker was as in vorige jare.

“Baie spanne het dit meer ern-stig opgeneem as vantevore, indi-viduele spelers in spanne het baie uitgestaan en daar was aansienlik meer ondersteuning deur die kos-huise”.

Oor die nederlaag is hulle hartseer, maar hulle het in goeie gees afgesluit. “Dit was maar vir my en my span ’n teleurstelling om na jare wat ons die liga wen met een punt dan in die eind-stryd te verloor. Ek is baie trots op elkeen van my spelers wat 110% gegee het, maar op die einde van die dag het die beste span gewen, daar is geen suur druiwe nie,” het Breytenbach gesê.

Ratau Lebone het hulself oor-tref met goeie spel om in die derde plek te eindig en Excelsior kan hulself op die skouer klop met hul vierde plek.

*Caput en hul sleepkoshuis Heide (mHEI-hart-se-PUnt) het ook die liga vir gemengde netbal gewen deur Ratau Lebone en Bel-latrix (RAU-BEL-leer) in die eind-stryd te klop. Caput, wenners van die mans-netballiga saam met hulle afrigter. Foto: Gert Coetzer

Patria en Klawerhof

tafeltennis-kampioeneCHRISTO BESTER

Die finale rondte van die tafeltennis-liga het verlede week Donderdag in die Weet-en-Sweet plaasgevind.

Die spelers het goeie onder-steuning vanaf die koshuise ont-vang en veral die ondersteuners van Hombré, Caput en Karlien het gesorg dat daar ’n lekker gees in die Weet-en-Sweet heers.

In die afdeling vir vroue het Minjonet en Klawerhof in die eindstryd teen mekaar gespeel. Na ’n uitstekende wedstryd kon Minjonet egter nie in die laaste stel by Klawerhof kers vashou nie en is laasgenoemde as wen-ners gekroon.

In wat seker die grootste wed-

stryd van die aand was, het Vil-lagers en Patria vir die tweede jaar in ’n ry mekaar die stryd aangesê vir die trofee vir eersteli-ga-wenners in die mansafdeling. In die laaste stel het Patria gedo-mineer om hul titel as tafelten-nis-kampioene in die mansafde-ling te behou.

In die liga vir vroue se tweede-spanne het die spanne van Min-jonet en Heide teen mekaar te staan gekom. Minjonet was eg-ter te sterk vir Heide en kon hul aand as wenners afsluit.

In die mans se tweede liga het Veritas en Patria teen mekaar gespeel. Patria kon egter nie hul eerstespan se prestasie eggo nie en moes teen Veritas die aftog blaas.

Patria en Villagers in aksie. Foto: Christo Bester

WYNONA LOUW

Laureus manskoshuis is uit vanjaar se eerstejaarsrugbytoer-nooi gediskwalifiseer nadat hulle oortollige seniorspelers in hul eerstejaarspan ingesluit het.

Volgens die rugbyreglement mag ’n koshuis twee seniorspe-lers in hul eerstejaarsgroep hê, mits hulle in die voorpak speel.Laureus het vier spelers in hul groep van 23 ingesluit.

“Ons het die jaar ’n sterk groep rugby-eerstejaars ontvang en hulle het lang ure spandeer op die rugbyvelde vir voorbereiding. Ons eerste wedstryd was teen De Wilgers Manskoshuis, nadat hulle Thaba-Jäh gewen het in die uit-dunrondtes. Die wedstryd is 15-5 gewen. Ons spanlyste is Dins-dag die 11de Februarie ingestuur en die seniors se besonderhede is daarop, ons het toe geen te-rugvoer ontvang aangaande die saak nie. Dit het ongelukkig te laat onder ons aandag gekom dat daar slegs twee seniors in die span van 23 mag wees, en ons het dit verkeerdelik verstaan as twee seniors op die veld. Dus was daar twee seniorspelers wat langs die kant gesit het en deel was van die 23,” het Bernard Streuders, Laureus se onderprimarius, gesê. “Ons sport HK-Lid, Reinhardt van Staden en ons drie afrigters het met die Rugbyinstituut gaan praat. Hulle het toe wel vasge-stel dat die tegniese fout nie ons spelers sal beïnvloed nie en hulle steeds die kans gegun sal word om die Barbarian-span te haal. Ons wens alle spanne wat nog-steeds in die toernooi is alle sterk-te toe en berei onsself voor vir ’n groot jaar in 2015,” het Streuders gesê.

Die eindstryd van die eerste-jaarsrugbytoernooi vind op Vrydag 21 Februarie om 19:15 op die D-veld van die Fanie du Toit-sportgronde plaas.

Laureus gediskwali�seer uit eerste-jaarsrugbytoernooi

Dit het ongelukkig te laat onder ons aandag gekom dat daar slegs twee seniors in die span van 23 mag wees, en ons het dit verkeerdelik verstaan as twee seniors op die veld. 

Page 16: Wapad - 20 Februarie 2014

Sport20 Februarie 2014

WYNONA LOUW

Die Universiteit van Stellenbosch (Maties) het Maandagaand hul eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie

gevier nadat hulle die NWU-Pukke met 33-21 op Potchefstroom geklop het.

Die Potchefstromers, wat hul eerste ne-derlaag Maandagaand teen die driemalige kampioene gely het, het na rustyd na 'n agterstand van 21-0 goed teruggeveg, maar die manne van Stellenbosch het die NWU se vurige aanslag goed hanteer om met die louere weg te stap.

Die besoekende maroenspan het vroeg beheer van die wedstryd geneem en punte was vinnig om te volg toe flank Beyers de Villiers vanaf 'n losgemaal gebreek het en oor die doellyn gegaan het.

Die besoekers het teen die einde van die eerste kwart van die wedstryd weer die tuisspan se doelgebied gaan besoek toe bui-tesenter Johnny Kotze die NWU se verdedi-ging in die middelveld uitgebuit het om hul tweede drie in die hoek te druk en die Ma-ties 'n 13-0 voorsprong te gee.

Kort daarna het Maties se losskakel Rob-ert du Preez, wat ook die seun van NWU-Puk breier Robert du Preez is, die NWU-Pukondersteuners weer op hul senuwees

gehad toe hy 'n skop van Johnny Welthagen afgestorm het en met die optelslag voor 'n oop doellyn aangeslaan het.

Du Preez sou egter nie lank worstel oor sy hanteringsblaps nie en het kort daarna 'n gat in die NWU-Pukke se verdediging gevind en reg onder die pale gedruk.

Hy het ook verdoel om die Universiteit van Stellenbosch met 21-0 die voortou te laat neem.

In die tweede helfte het die NWU meer bal-besit geniet en uiteindelik die besit in punte oorgesit toe vleuel Luther Obi na ‘n kragtige skrum oorgeduik het om die Pukke se eerste drie te druk.

In die 52ste minuut het losvoorspeler HP Swart die NWU-Puk se telbordsyfers aan die beweeg gebring en die Pukke se tweede drie gedruk. Engelbrecht het verdoel en die die telling na 21-13 vernou.

'n Drie twee minute later deur Jacobus Jordaan en verdoeling deur Du Preez het die Maties met 29-13 weer gemaklik voor laat loop.

Met 10 minute oor het 'n troosdrie deur plaasvervanger-skrumskakel Dillon Smit en verdoeling deur Engelbrecht die telling na 29-21 vernou, maar twee laat strafdoele deur Du Preez het finaal die spyker in die NWU se doodskis gekap en die bonuspuntoorwinning

vir die Maties verseker. Ten spyte van die feit dat die tuisspan

in die tweede helfte baie meer in opposisie helfte gewei het en uitgerekte periodes van druk in Maties-gebied geloods het, het Ma-ties sterk verdediging getoon en verseker dat die NWU nie tot die witkalk deurbreek nie.

Die NWU-Puk val na die tweede plek op die punteleer, met die Universiteit van Pre-toria (Tuks) wat na die eerste plek skuif en NMMU en Ikeys wat die derde en vierde plekke onderskeidelik beklee.

NWU-Pukke val vas teen MatiesDie NWU-Pukke se volgende wedstryd is op 24 Februarie teen NMMU by die Madibaz Stadion in Port Elizabeth om 19:00.

Varsitybeker WEEK 3

TUKS

NMMU

PUKKE

Armand van der Merwe, haker van die NWU-Puk, word deur ‘n speler van Maties gestuit. FOTO: Eugene le Roux

SHIMLAS26 -0

13 -26 IKEYS

21 33

32

- MATIES

UJ WITS15-

Die NWU-Pukke se volgende tuiswedstryd is op 10 Maart teen Wits by die Fanie du Toit-sportgronde om 16:45.

ROOI RISSIE:Laureus, ball girls en ontydige

sproeiers

14