want u koninkryk moet kom tema: lofpr ing sing: ps. 47-1:1 ... · anna smith ([email protected])...

6
24 November 2013 Jaargang 2 #38 09:30 Oggenddiens Ds Willem Steyn Tema: Jesus het gekom om verlore mense te soek en te red Ds Fanie Coetzee Tema: Onse Vader – bewaar en vermeerder u Kerk, want u Koninkryk moet kom Lofpr�ing 18:00 Aanddiens Lied 184: 1, 2, 4 Lofsing die Here Lied 214:1,2,3 Here, ons sal U loof Lied 525:1,3 Here, hoe blymoedig Sing: Ps. 47-1:1.3.4 Sing: Ps.93-2:1,2,5 Skriflesing: Handeling 1:1-8 Teks: Handeling 1:6-8 HK Sondag 48 Gebed - Sing: Sb.15-1:1,2,3,4 Sing: Sb.2-3:1,2 Amen: Sb.13-3 Sing: Sb.12-3:1,2 Loflied: Ps.107-1:1; 107-2:3 Sing: Ps.107-1:4 (Kinderbegeleiding) Wetlesing: Rom 12:1-2, 9-21 Sing: Lied 163: 1 Skriflesing: Lukas 19:1-10 Teks: Lukas 19:9-10 Sb.14-4:2,3,4 Doop Sb.16-1: 1, 7 Sing: Ps.105-1: 5 Sing: Lied 334:1,2,3,4 Amen: Sb.13-3

Upload: hoangdieu

Post on 19-Nov-2018

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

24 November 2013Jaargang 2 #38

09:30 OggenddiensDs Willem Steyn

Tema: Jesus het gekom om verlore mense te soek en te red

Ds Fanie CoetzeeTema: Onse Vader – bewaar en vermeerder u Kerk,

want u Koninkryk moet kom

Lofpr�ing

18:00 Aanddiens

Lied 184: 1, 2, 4 Lofsing die Here

Lied 214:1,2,3 Here, ons sal U loof

Lied 525:1,3 Here, hoe blymoedig

Sing: Ps. 47-1:1.3.4Sing: Ps.93-2:1,2,5Skriflesing: Handeling 1:1-8Teks: Handeling 1:6-8HK Sondag 48Gebed - Sing: Sb.15-1:1,2,3,4Sing: Sb.2-3:1,2Amen: Sb.13-3

Sing: Sb.12-3:1,2Loflied: Ps.107-1:1; 107-2:3

Sing: Ps.107-1:4 (Kinderbegeleiding)Wetlesing: Rom 12:1-2, 9-21

Sing: Lied 163: 1Skriflesing: Lukas 19:1-10

Teks: Lukas 19:9-10Sb.14-4:2,3,4

DoopSb.16-1: 1, 7

Sing: Ps.105-1: 5Sing: Lied 334:1,2,3,4

Amen: Sb.13-3

2

Gereformeerde Kerke Kamp – Club AmigosIn plaas van ‘n tradisionele gemeentekamp, gaan daar volgende jaar ‘n gesamentlike kamp gehou word vir al die Gereformeerde Kerke in die omgewing.

As daar een ding is wat ons as lidmate van die Gereformeerde Kerke goed kan doen, is dit om saam te kuier! Daar is min dinge wat só lekker en só opbouend is. Om iets daarvan op ‘n groter skaal te beleef, nooi die Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos die Gereformeerde Kerke in Potch-efstroom, Klerksdorp, Rustenburg, Ven-tersdorp, Uitschot, Zeerust en Krugersdorp uit na ‘n Gereformeerde Kerke kamp. Hierdie kamp vind plaas op die naweek van 14-16 Maart 2014 by Club Amigos Holiday Resort naby Ventersdorp.

Die tariewe lyk soos volg:

Chalets/Casitas

Getal persone (kinders s.w.a volwassenes)

Vrydag tot Sondag

1-4 R 13001-6 (maksimum) R 1300Geen troeteldiere word toegelaat in die Casitas nie.

Tente / Karavane

Getal persone (2 jaar en ouer)

Vrydag tot Sondag

1-2 R 3003 R 3704 R 4405 R 5106 R 580Klein honde – slegs 1 per staanplek

R 40

Alle ekstras (vir die hele naweek):

Persone R 70Motorvoertuie R 70Tente/daktente/Speel tente R 70Bote/Jet-ski (slegs by sekere staanplekke/casitas)

R 70

Ons moet egter alle besprekings reeds teen 30 November 2013 afhandel om te verseker dat ons genoeg staanplekke en casitas vir almal kry. Daarom vra ons vriendelik om so gou as moontlik by ds. Karel Steyn ([email protected]) of Anna Smith ([email protected]) te be-spreek. ‘n Deposito van R200 (of die volle bedrag) is betaalbaar voor of op 30 No-vember 2013 en kan in die onderstaande rekening inbetaal word. Die finale bedrag moet ons teen 15 Februarie 2014 ontvang. Gebruik asseblief die volgende verwysing: Naam+Van+Dopperkamp2014. Ongeluk-kig kan geen deposito’s terug betaal word in die geval van ‘n kansellasie nie.Rekeninghouer: Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos Bank: ABSA (takkode: 632005)Rekeningnommer en tipe: Tjekrekening 670 340 066Verdere reëlings rakende die kos en die naweekprogram sal vroeg in 2014 aan al die gemeentes versprei word. Ons sien baie uit daarna om saam met ons broers en susters ‘n naweek te spandeer en God saam beter te leer ken. Oos-Dopper Groete, Ds. Karel Steyn

• Op 1 Desember is daar ’n Kerssangdiens in ons kerkgebou.• Die kerkkantoor sluit vir die skoolvakansie (van 4 Des - 6 Jan).• Daar sal op Kersdag om 09:00 ’n diens in ons kerkgebou wees.

V innige nuus

3

Kerstyd is ’n tyd vir familie, vriende en liefde. Dalk ’n briefie hier en daar, of selfs ’n lekker drukkie, is ’n mooi gebaar. Hierdie jaar se Mooirivier Kersmark gaan juis oor familie, vriende en liefde. Kom maak ’n draai en beleef hierdie gelooflike tyd saam met ons waar dit nie net oor die geskenke gaan nie, maar ook oor dit wat in ons harte leef.Ons produkte is met liefde gemaak om jou familie en vriende ekstra spesiaal te laat voel ... Ja, ek weet, jou gesin het op ongeveer R100 se handgemaakte geskenke be-sluit en daar is baie mooi gevra dat dit sommer ook tuisgemaak moet wees. Wat ver-wag hulle van ’n mens: om ’n haas uit ’n hoed te trek vir onder R100?Hier by Mooirivier Kersmark trek ons wel die haas uit die hoed met baie oulike hand-gemaakte produkte, dekor, praktiese houtwerk, lekker eetgoed, juwele en nog baie meer. Selfs ietsie vir daardie persoon vir wie jy nooit weet wat om te gee nie. Ons het die perfekte geskenk vir klein en groot.Vanjaar het ons ook iets heeltemal nuuts by die mark, naamlik optredes (musikaal en ander) deur ’n verskeidenheid plaaslike kunstenaars asook ons eie Tafel – ’n buffet-tafel met heerlike disse elke weeksaand tussen 17:00 en 19:00. Kom geniet dus gesel-lige musiek en vermaak saam met ’n heerlike bord kos.Kom maak gerus ’n draai, al is dit ook net om te kuier, 23 tot 30 November 2013 in Paryslaan, Bailliepark, Potchefstroom. Die kersmark is daagliks oop van 9:00 tot 20:00. Onthou net: Sondag 24 November is die mark gesluit, want ja, ons wil dan graag by ons geestelike familie wees!Vir enige navrae, kontak Adèle Delport gerus (018 290 7690).

Mooirivier Kersmark – gaan maak ’n draai!

KerssangfeesSondagaand 1 Desember hou die Bult saam met Mooirivier en Oos ons Kerssangfees in Bult se kerkgebou.

AANDAG LAERKOOLKINDERS EN KLEUTERS

Ons het julle baie nodig om saam te kom sing. Sal julle asb op 1 Desember tien oor vyf (5.10nm) voor in die kerkgebou wees om saam te kom oefen of net om daar te wees. Ons wil vir julle elkeen ‘n klein geskenkie gee omdat ons so lief is vir julle. As julle ‘n wit T-hemp of rokkie het, trek dit asb aan. Anders maak dit nie saak nie.

Annatjie Verhoef

Liefdegawesby die deure24 November

Oggend: Bystandfonds DiakonieAand: Meelewingsfonds1 DesemberOggend: Teologiese Skool BiblioteekAand: Meelewingsfonds8 DesemberOggend: Teologiese Skool PublikasiesAand: Meelewingsfonds

Bystandsfonds vir Diakonie kragtens KO, art 25 – Om predikante wat uit die bediening is (of afgesette predikante) en in nood verkeer te help. Riglyn van die Admin Buro: R10 per belydende lidmaat.

Waarvoor word die Liefdegawes gebruik?

4

Meelewing

Teeskinkbeurte

Baie dankie!

24 NovemberKG 8 (Ans Geertsema) &

Wyk 7 (Paulina van der Walt)

1 DesemberKG 9 (Elsa Els) &

Wyk 8 (Alta Verster)

Geen teeskinkbeurte geskeduleer tydens vakansietyd.

VerjaarsdaeMaandag, 25 NovemberMara Combrinck 083-388-3745Carina Kruger 083-292-4793

Dinsdag, 26 NovemberKannetjie Fouché 082-872-5498Rayner van der Walt 018-293-3047

Woensdag, 27 NovemberCato Coetzee 018-297-1297

Vrydag, 29 NovemberHannie du Plooy 071-202-4027

2021

5

80

Ons is vandag saam met ds Willem en Hanlie (018-294-3934) dankbaar dat hulle vir klein Jana bring om gedoop te word. Mag die beloftes van die Here, wat hy vandag aan Jana met die doop bevestig, vir julle ʼn werklikheid wees en mag die Here julle seën in die verantwoordelikheid en opvoeding van Willem en Jana. Vir ons as gemeente is dit ook versterkend en ʼn voorreg om deel van julle lewe te weesBaie geluk aan Andre en Rianda Joubert (082-494-1375) met die geboorte van hulle dogtertjie, Marilet. Mag die Here julle ryk-lik seën.Poen Coetzee (082-474-4538) is terug by die huis waar hy aansterk na ʼn longopera-sie. Mag jy volkome herstel.Ons dink aan tannie Hettie Labuschagne (018-297-1793) wat sukkel met haar gesondheid en ʼn operasie op haar hoë ouderdom sal moet ondergaan.

BEROEPE ONTVANGDs DJ Bakker van Boksburg na Koster.Dr IW Ferreira van Rietvallei na Teologiese Skool Potchefstroom as professor in Mis-siologie.Dr RS Hobyane van Promosa na Teologiese Skool Potchefstroom as professor in Nuwe Testament met opdrag Grieks.Dr FP Kruger van Meyerspark na Teolo-giese Skool Potchefstroom as professor in Praktiese Teologie.Ds CJ Nagel [ jr] van Nylstroom na Walvis-baai/Swakopmund/Hentiesbaai.Ds SJMS Smit van Pietersburg-Noord na Heidelberg.Ds PW Kurpershoek van Middelburg (Tvl) na Rietvallei as medeleraar.Proponent TV Moruri na Jouberton (Klerks-dorp).

BEROEPE AANVAARProponent TV Moruri na Jouberton (Klerks-dorp).

BEROEPE BEDANKDs DJ Bakker van Boksburg na Koster.Dr DJ de Kock van Krokodil-rivier na Phalaborwa.

Beroepe

Volgende week verskyn die laaste Lantern voor die vakansie. Alle verjaarsdae vir die

vakansietyd sal hierin verskyn.

5

Graag wil ek my dank uitspreek teen Bult GK se meelewing tydens Doep se siekte en afsterwe. Baie dankie vir die besoeke van ons predikante en ander lidmate. Dankie ook vir die blomme tydens ons altwee se hospitalisasie.Ook aan Fransa in die kerkkantoor, ‘n groot dankie vir al die preek-CD’s. Dis altyd lek-ker om by jou in te stap.Petro Aucamp

Baie dankie

DANKIEBaie dankie vir elkeen wat by die STUDIE-SENTRUM betrokke was. Die projek groei steeds en dit was ʼn vreugde om met tye ʼn vol saal studente te sien wat doen waar-voor hulle hier is, om te studeer. Deuren-tyd was daar studente en dit bly ʼn voorreg om so tot diens van die Bult te wees.

Verlede Saterdag se katkisasie-uitstap-pie was ʼn fees. Baie dankie vir elkeen wat ʼn bydrae gelewer het en wat dit by-gewoon het. In die besonder ds Willem en Hanlie wat die aankope gedoen het en Joggie Müller wat ʼn bus beskikbaar gestel het. Volgende jaar maak ons nog ʼn groter fees daarvan.

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Katkisasie-uitstappie

Die matte in die kerk en in die moeders-kamers gaan DV binnekort vervang word. Monsters van die matte, wat die Eiendoms-kommissie dink kan werk, is in die Portaal onder die toring ter besigtiging.Lidmate wat ‘n inset wil lewer oor die tipe of kleur van die matte moet asseblief lede van die Eiendomskommissie, na die og-gend diens, in die portaal ontmoet.

Matte in die kerk

Frankfort Riviertoer!Datum: 4-8 Desember 2013 Waar: Op die plaas Zorgvliet naby Tweeling en FrankfortKoste: R 670 per persoonOuderdomsgroep: 14-20 jaarDaar is plek vir slegs 180 siele. Spring en kry jou inskrywingsvorm en betaling gereed. Lees meer:http://projekte.kruispad.net/frankfort-riviertoer.html

Botswana Bou-projekOns nooi julle uit vir ‘n 10 dag uitreik na die Noord-Westelike deel van Botswana. Ons gaan ‘n huis vir Bybelvertaler-ge-sinne bou, met sement stene. Datum: 15-25 Januarie 2014Koste: R1000 per persoonTerwyl ons daar is gaan ons ook die area ontdek! Lees meer:http://projekte.kruispad.net/bou-in-botswana.html

Die nuutste nuus oor gebeure en geleenthede vir die jeug!

Vir meer inligting kontak gerus die kerkkantoor.

Jeugbediening in Suider-Afrika vanuit die GKSA.

6

Skribas: Ig Vorster: 082-788-5902 Jaap Verhoef: 018-294-6502Orrelistes: Jetty van Rensburg: 083-439-7379 Annatjie Verhoef: 072-391-2552Kosters (Molenstraat): Piet van Maarleveld: 084-776-6113 Koster (Gerrit Dekker): Wilma Herbst: 082-965-7525Kassier: Paul Delicado: 082-574-2204Internasionale diens: Ray Everson: 018-290-6782Diakonie: Elsa Els: 082-460-0939Katkisasie: Braam Pieterse: 082-923-4881Kleuterbediening: Marida Coetzee: 084-678-3863Dataprojeksie: Adelle Lotter: 083-286-3811Tolkdienste: Kerkkantoor: 018-297-4843

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Sopkombuis: Elsa Els: 082-460-0939Susters: Judie Coetzee: 082-619-4620Onthaalkomitee: Retha van Wyk: 083-967-1511G5 Bediening: Ds Willem Steyn: 082-854-3587Musiekbediening: Hanlie Steyn: 083 654 8652 Bedieningskommissie: Jan Geertsema: 083-271-6570Finansiële kommissie: Carools Reinecke: 082-568-5652Eiendomskommissie: Johan van Dijk: 076-383-9150Liturgiese Werkgroep: Lou van Wyk: 084-520-1086Saalverhurings: Molenstraat: Kerkkantoor: 018-297-4843Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525Breekware: Molenstraat: Elma de Kock: 083-302-5282Gerrit Dekkerstraat: Wilma Herbst: 082-965-7525

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

Ouderlinge en Diaken aan diensOuderlinge: Koos SchoemanFlip Schutte

Diaken: Ina van der Walt

Woonstel te huur :Tweeslaapkamerwoonstel in Kockstraat te huur vanaf Januarie 2014 @ R3500/maand (krag ingesluit). Verkieslik wer-kende jong man. Afdak vir voertuig be-skikbaar.Kontak Retha Potgieter by 076 758 3464 of (018) 299 2308.A

DVER

TEN

SIES

opgedateerdHou jou OnderOnsie

Pieter en Annetjie du Plessis verhuis binnekort; hier is hul nuwe kontakbesonderhede:Posadres in Pretoria vanaf 1 Januarie 2014: Bougainvilla Aftree-oord, Eenheid 18, Privaatsak X6, Montanapark, 0159E-pos: [email protected] / Pieter: 072-145-7010 / Annetjie: 082-955-3311

Cachet Apteek benodig vir die vakansie die hulp na-ure van ‘n mansstudent of ‘n matriekseun. Kontak Gawie van der Walt voor Vrydag 29 November by die apteekperseel.

Tydens die vakansie is daar nie Interna-sionale dienste nie. Lidmate word egter genooi om die Afrikaanse dienste by te woon omdat daar tolking plaasvind. Baie van die tolke is egter met vakansie, en dit veroorsaak bietjie van ‘n probleem. Kan jy dalk help om te tolk? Skakel asseblief vir Fransa by die kerkkantoor.

Die kerkrade of familielede van pasiënte wat verwys word na UNITAS in Centurion moet die Gereformeerde Kerk Lyttelton as-seblief daarvan laat weet. Die hospitaal se toelatingsvorm het sodanig verander, dat ons nie meer kan sien as lidmate van ander gemeentes van die GKSA in die hospitaal opgeneem word nie. Ons besoek pasiënte van ander gemeentes graag ten einde van hulp te wees vir enige praktiese of emo-sionele probleme wat hulle kan ervaar. (Ons is spesifiek betrokke by die pasiënte op die tweede vloer.)Hulle kan vir ds. Christo Swanepoel by 083 263 7641 of vir dr. Trudie Grobbelaar kon-tak by 084 589 5965.