voorbidding weekblad van stellenbosch welgelegen gemeente … · 2016-08-25 · ([email protected]...

2
VOORBIDDING: Wêreld: Estland, Letland en Litaue. Oplossing vir konflikte [Palestyne-Israel]; bekamping van IS-groep se terreur. RSA & Dorp: Onderwys en Opleiding - universiteite, tegnikons, skole, leerkragte, studente en leerders. Vigs geïnfekteerdes en geaffekteerdes. Dwelmaanklikes en geaffekteerdes. Gemeente & Kerk: Treurendes, siekes, verswaktes, diegene onder behandeling en aan die herstel. Barmhargheidsmaand. Lentefees. Meegevoel: Liza van Staden is oorlede. Meegevoel met Niel en sy kinders. Baie geluk aan die volgende lidmate wat vandag verjaar: Cobus Erasmus (Brandwacht), Neels Lamprecht (La Clémence), Hein Muller (Nida), Anlea Rode (Brandwacht), Corlia Stemmet (Simond), Louisa van der Merwe (Lovell) en Laea Walters (Bon Chreen). GROENgedagte #37 Internasionale dag teen kernwapentoetse – 29 Augustus. Die geskiedenis van kerntoetse begin op 16 Julie 1945 toe 'n atoombom in die woestyn van New Mexico getoets is. Kort hierna word Hiroshima verwoes en ver- ander die wêreld vir altyd as gevolg van die verniegingskrag van die kernwapen en die vrees wat dit wek. Sedert daardie dag is meer as 2000 kerntoetse wêreldwyd uitgevoer. Hierdie dag wat deur die verenigde nasies ingestel is in 2010 wil die pu- bliek bewus maak van die gevolge van kernwapentoetse. Die idee is om 'n einde te bring aan sulke toetse om die mense en die omgewing te beskerm. Tot op datum het 183 lande in die wêreld ook 'n verbintenis geteken om op te hou met kernwapentoetse. Kan ons dink aan 'n wêreld sonder kernwapens. Indien alle lande met die vermoë sou ophou om hierdie wapens te toets, kan ons by die doelwit van 'n kernwapen- vrye wêreld uitkom. Geroep Gewillig Gestuur Dagtoer na Darling Veldblommeskou en Orgideë deur ABBA Saterdag 17 September Kaartjies: R280 pp (ete uitgesluit) Skakel Lydia Burger by 083 277 6941 Opbrengs ten bate van ABBA, Stellenbosch (ABBA staan mense met dwelmverslawing by.) Uitnodiging van Badisa Alle gemeentelede word uitgenooi na Badisa se jaarvergadering en funksie wat op 6 September 2016 plaasvind (18:00 vir 18:30 by Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston). Prof Piet Naudé is die spreker by die geleentheid. Belangstel- lendes kan nog tot 1 September hul teenwoordigheid bevesg by Marinda ([email protected] / 021 957 7130). WELWEEK Weekblad van Stellenbosch-Welgelegen Gemeente Christus is die Here! Daarom wil ons mekaar in verhoudinge opbou Om so sy groot opdrag uit te leef. Sondag 28 Augustus 2016 Barmhartigheidsondag Tema en Teks: “Dissipels leef beskeie & gasvry.” Lukas 14:1, 7-14 Prediker: Leon Fouché 09:30 Erediens 09:30 Junior kategese en kleuterkerk 18:00 Tienerkerk: Die liefde is ... ONSELFSUGTIG (Leon Cronje) Jaartema: Dissipels sien mense raak. Koninkrykstyd Fokustekste: (Aanvullende tekste om te lees wat aansluit by vandag se preek) * Hebreërs 13: 1-8, 15-16 * Psalm 81: 1, 10-16 * Jeremia 2: 4-13 Familie lucky packet By al die deure en in die vierkant is daar familie pakkee. Hierdie pakkee bevat 'n klomp idees en hulpmiddels vir gesinne om saam te groei in hulle verhouding met die Here en om geloofsvormende gewoontes te leer. Ouers moet onthou hulle is die primêre persone as dit kom by die geloofsvorming van hul kinders. Onthou dus om julle gesin se LUCKY packet te neem. En maak seker julle skryf op facebook in vir ons eerste familiepakket-kompesie. Gaan kyk by NGK Stellenbosch-Welgelegen se facebook- blad en "post" julle foto’s. Die tema vir vanjaar sluit aan by ons Dankbaar- heidsmaand-tema: “Soos ‘n boot wat gemaak is om die oseane te verken, moet ‘n gemeente die hawe verlaat op reis na waar God aan die werk is. Ons moet God se liefde en genade die wêreld oor gaan uitleef.” Inspireer almal om jou: by jou werkplek, by jou skool (ja, kinders kan ook be- trokke raak!), in jou gesin en in jou vriendekring en pak ‘n projek aan wat jou uitdaag om jou grense ‘n bietjie te verskuif! Barmhargheidsmaand 31 Julie - 28 Augustus Vooraf bestellings en inskrywings in die vierkant VANDAG! * Jy kan vandag ná die ere- diens jou kerrie-en-rys bestelling vir die Lentefees by René Hodgson in die vier- kant plaas. * Skryf vandag ná die erediens in vir die Bergloop en Straatmyl by Mien-Marie Groeneveld wat in die vierkant sal wees.

Upload: others

Post on 20-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: VOORBIDDING Weekblad van Stellenbosch Welgelegen Gemeente … · 2016-08-25 · (info@badisa.org.za / 021 957 7130). vierkant WELWEEK Weekblad van Stellenbosch-Welgelegen Gemeente

VOORBIDDING: Wêreld: Estland, Letland en Litaue. Oplossing vir konflikte [Palestyne-Israel]; bekamping van IS-groep se terreur. RSA & Dorp: Onderwys en Opleiding - universiteite, tegnikons, skole, leerkragte, studente en leerders. Vigs geïnfekteerdes en geaffekteerdes. Dwelmafhanklikes en geaffekteerdes. Gemeente & Kerk: Treurendes, siekes, verswaktes, diegene onder behandeling en aan die herstel. Barmhartigheidsmaand. Lentefees. Meegevoel: Liza van Staden is oorlede. Meegevoel met Niel en sy kinders. Baie geluk aan die volgende lidmate wat vandag verjaar: Cobus Erasmus (Brandwacht), Neels Lamprecht (La Clémence), Hein Muller (Nitida), Anlea Rode (Brandwacht), Corlia Stemmet (Simond), Louisa van der Merwe (Lovell) en Laetitia Walters (Bon Chretien).

GROENgedagte #37 Internasionale dag teen kernwapentoetse – 29 Augustus. Die geskiedenis van kerntoetse begin op 16 Julie 1945 toe 'n atoombom in die woestyn van New Mexico getoets is. Kort hierna word Hiroshima verwoes en ver-ander die wêreld vir altyd as gevolg van die vernietigingskrag van die kernwapen en die vrees wat dit wek. Sedert daardie dag is meer as 2000 kerntoetse wêreldwyd uitgevoer. Hierdie dag wat deur die verenigde nasies ingestel is in 2010 wil die pu-bliek bewus maak van die gevolge van kernwapentoetse. Die idee is om 'n einde te bring aan sulke toetse om die mense en die omgewing te beskerm. Tot op datum het 183 lande in die wêreld ook 'n verbintenis geteken om op te hou met kernwapentoetse. Kan ons dink aan 'n wêreld sonder kernwapens. Indien alle lande met die vermoë sou ophou om hierdie wapens te toets, kan ons by die doelwit van 'n kernwapen-vrye wêreld uitkom.

Geroep Gewillig Gestuur

Dagtoer na Darling Veldblommeskou en Orgideë deur ABBA Saterdag 17 September

Kaartjies: R280 pp (ete uitgesluit) Skakel Lydia Burger by 083 277 6941

Opbrengs ten bate van ABBA, Stellenbosch

(ABBA staan mense met dwelmverslawing by.)

Uitnodiging van Badisa Alle gemeentelede word uitgenooi na Badisa se jaarvergadering en funksie wat op 6 September 2016 plaasvind (18:00 vir 18:30 by Vredelust Gemeente, 13de Laan 87, Boston). Prof Piet Naudé is die spreker by die geleentheid. Belangstel-lendes kan nog tot 1 September hul teenwoordigheid bevestig by Marinda ([email protected] / 021 957 7130).

W E L W E E K Weekblad van Stellenbosch-Welgelegen Gemeente

Chr is tus is d ie Here! Daarom wi l ons mekaar in verhoud inge opbou

Om so sy groot opdrag u i t te leef .

Jaartema: Diss ipels s ien men se

Sondag 28 Augustus 2016

Barmhart igheidsondag

Tema en Teks: “Dissipels leef beskeie & gasvry.” Lukas 14:1, 7-14

Prediker: Leon Fouché

09:30 Erediens

09:30 Junior kategese en kleuterkerk

18:00 Tienerkerk: Die liefde is ... ONSELFSUGTIG

(Leon Cronje)

Ja

arte

ma

:

Dis

sip

els

sie

n

me

ns

e r

aa

k.

Ko

nin

kry

ks

tyd

Fokustekste: (Aanvullende tekste om te lees wat aansluit by vandag se preek)

* Hebreërs 13: 1-8, 15-16 * Psalm 81: 1, 10-16 * Jeremia 2: 4-13

Familie lucky packet By al die deure en in die vierkant is daar familie pakkette.

Hierdie pakkette bevat 'n klomp idees en hulpmiddels vir gesinne om saam te groei in hulle verhouding met die Here en om geloofsvormende gewoontes te leer. Ouers moet onthou hulle is die primêre persone as dit kom by die geloofsvorming van hul kinders. Onthou dus om julle gesin se LUCKY packet te neem. En maak seker julle skryf op facebook in vir ons eerste familiepakket-kompetisie. Gaan kyk by NGK Stellenbosch-Welgelegen se facebook-blad en "post" julle foto’s.

Die tema vir vanjaar sluit aan by ons Dankbaar-heidsmaand-tema: “Soos ‘n boot wat gemaak is om die

oseane te verken, moet ‘n gemeente die hawe verlaat op reis na waar God aan die werk is. Ons moet God se liefde en genade die wêreld oor gaan uitleef.” Inspireer almal om jou: by jou werkplek, by jou skool (ja, kinders kan ook be-trokke raak!), in jou gesin en in jou vriendekring en pak ‘n projek aan wat jou uitdaag om jou grense ‘n bietjie te verskuif!

Barmhartigheidsmaand 31 Julie - 28 Augustus

Vooraf bestellings en inskrywings in die

vierkant VANDAG! * Jy kan vandag ná die ere-diens jou kerrie-en-rys bestelling vir die Lentefees by René Hodgson in die vier-kant plaas.

* Skryf vandag ná die erediens in vir die Bergloop en Straatmyl by Mien-Marie Groeneveld wat in die vierkant sal wees.

Page 2: VOORBIDDING Weekblad van Stellenbosch Welgelegen Gemeente … · 2016-08-25 · (info@badisa.org.za / 021 957 7130). vierkant WELWEEK Weekblad van Stellenbosch-Welgelegen Gemeente

Di 30/8 19:00 Kerkraadsvergadering in die konsistorie

Wo 31/8

09:00 & 19:00 09:00 - 12:00 MARKDAG

18:45

Geloofsgroei-byeenkoms in die konsistorie. Almal welkom. Teetuin. Kom drink of eet iets lekker hier by ons eie restaurant. Groep-besprekings ook welkom sowel as wegneemete-bestellings. Kontakper-sone: Jeanetta Strydom by 021 887 1954 / 082 416 2792 of Bettie du Plessis by 021 887 1515. Bybelstudie vir huishulpe: Mientjie Uys 021 886 4320.

Do 1/9

09:00 - 12:00 Naaldwerkgroep: Kontak Anette Cronje by 021 886 5115 as jy wil kom saam werk aan al die projekte wat hulle aanpak. Laaste dag vir doopaanmelding vir Oktober.

Vr 2/9 Universiteit sluit

So 4/9

09:30 09:30 18:00

Nasionale Biddag vir Dowes Erediens: Leon Cronje Junior kategese en kleuterkerk Tienerbediening

PROGRAM VIR VOLGENDE WEEK: Maandag 29 /8 tot Sondag 4 /9

Verlede week se deurkollekte vir

Stellenbosch Hospice was R2 656-00.

Baie dankie! Volgende week se

deurkollekte gaan aan die Bediening aan Dowes.

NG Gemeente Stellenbosch -Welgelegen Telefoon: 021 886 5975

Kantoorure: 08:00 tot 13:00

Bankbesonderhede Stellenbosch-Welgelegen NG Kerk (Nedbank) Takno: 149 821 Rekno: 149 8046 320

PASTORALE VERSORGING

Lidmate wat ’n leraar nodig het, skakel enige leraar of die kerkkantoor by 021 886 5975. Die spreekkamer van Theunis

Botha voorsien gespe-sialiseerde pastorale hulp.

Skakel 082 896 2089.

Herwinningspapier vir Huis Horison moet asb in die hout-kas met die opligdeksel (in die

vierkant, links van die hek) geplaas word.

Die deurkollekte vandag gaan aan ABBA wat mense met dwelm-

verslawing bystaan: By ABBA word rolspelers gemobiliseer om mid-

delafhanklikheid (alkohol– en dwelmmisbruik) te voorkom en te

behandel. Gesinne wat geraak word, word ondersteun. Behandeling

word by twee sentrums, Ramot en Toevlug gegee. Ons gemeente se

verteenwoordiger is Lydia Burger ([email protected] of 021 856 4703 of

083 277 6941). ABBA Stellenbosch se nommer is 021 883 8030.

Musiekuitvoering by Stellenbosch-Welgelegen

Vanaand om 16:00 kan jy kom luister na Motette van drie Bach-familielede. Dit word aangebied deur Cape Consort met as tema: 'Bach meets Bach and Bach' (Johann Ludwig, Christoph en Johann Sebastiaan).

Kaartjies vir hierdie spesiale uitvoering sal by die deure wees teen R120 per persoon (R100 vir pensioenarisse en R80 vir studente).

Canticum Novum (die NG Moedergemeente Studente Kerkkoor) en die Palissander kamerkoor hou ’n etensuur-konsert op 1 September om 13:00 in die Endlersaal van die Konser-vatorium. Toegang is gratis.

GELOOFSGROEI: Woensdag 09:00 & 19:00. Die tema vir die derde kwartaal is “’n Paar gesprekke van Jesus II” – ‘n opvolg van 2015 se te-ma. In ‘n sin is alle verhale oor Jesus verhale van sy gesprekke. Selfs die wonders wat Hy doen, gaan gepaard met ‘n gesprek, ‘n verduideliking, ‘n motivering, ‘n verhelderende boodskap wat hoop gee of skyn-heiligheid ontbloot. Ons kyk na verskeie gesprekke van Jesus ... nie net om die verrassende kwinkslae te geniet nie, maar om Hom [en onsself!] beter te leer ken. Almal is welkom … jy val in en val uit soos dit jou pas. Aanbieder: Leon Fouché.

13 slapies tot ons Lentefees op Saterdag

10 September! Kom vul jou koskas, wynrak en yskas met konfyt, kaas, koek, wyn, wors, brood en

allerhande heerlikhede! Geniet ’n heerlike ontbyt-jaffle (gevul met roereier,

spek en kaas) van 09:00 tot 10:00 en maalvleis-jaffle van 10:00 tot 12:00. Snuffel

deur die Wit Olifante vir interessante kopies en items uit vervloë dae. Stap saam met die

Berglopers of neem deel aan die Straatmyl! Bederf ’n geliefde met ’n stukkie koek of tert. Wees

BRAAF en durf die fietsbaan aan! Kom kuier saam om die potjiekosvure met ’n bakkie poeding in

die een hand en ’n sosatie in die ander hand! Hou die kerrie-en-rys vir later en pannekoeke vir tussen-in en moenie vergeet van al die soete verleidings by die KINDERTAFEL nie!

Lentefeeslyste word nou deur die dienswerkers rondgeneem in al die wyke. Daar is ook

lyste by die teetafel ná kerk vir diegene wat nie dienswerkers het nie maar wil help

woeker om dit ’n suksesvolle kermis te maak. DIENSWERKERS ONTHOU ASB: Voltooide

kollektelyste moet teen Maandag 29 Augustus by die kerkkantoor ingehandig word. BAIE

DANKIE VIR JUL MOEITE!

* Dis amper Lente en tyd om te spring clean! Raak van alle onnodige items in jou huis

ontslae en skenk dit aan die Wit Olifanttafel. Kom gee af by die kerkkantoor of skakel

Laetitia Fick by 083 225 4889. Items moet skoon en bruikbaar wees.

* Ons benodig 'n ou fiets/ie vir die Lentefees se fietsbaan-kompetisie. Ook van daardie plastiese sandputte vir lekker skattejag. Kontak Leon Cronje as jy kan help.

www.stelwel.co.za se makeover Selfde adres, maar ná ‘n totale nuutmaaksessie is ons nou reg vir die volgende 50 jaar van gemeente-saam-wees en gemeente-saam-doen! Besoek www.stelwel.co.za en gaan teken aan op die nuusbrief sodat jy ook op hoogte kan bly van al die belangrike gebeurtenisse en aksies in ons gemeente.

Skenk ’n tuinbankie Tydens die Lentefees

gaan ons lekker uitdagings op die fietsbaan hê. Maar die baan is nou reeds 'n heerlike speel-plek vir oud en jonk. Ons benodig egter bankies waarop ouers en oppassers kan sit. As iemand 'n tuinbankie het wat nie meer gebruik word nie, sal ons dit graag gebruik. Ook ongebruikte houtpalette waarmee ons bankies kan maak, is welkom.