volksbladsaterdag18september2010 www ...boekhouding en koe-verte.dieinstruksies is duidelik en...
TRANSCRIPT
VOLKSBLAD SATERDAG 18 SEPTEMBER 2010 ) WWW.VOLKSBLAD.COM BOEKE 7
STORIELYNREDAKTEUR: ADÉLE DEMPERS [email protected] 051-404-7694
Dié bundel sal elke poësieliefhebber om verskillende redes na aan diehart kom staan en elke akademikus om verskillende redes twee maallaat dink.– Johann P. Boshoff oor Wat die water onthou
Judy – van hartseertot groot vreugdeJUDY VAN TONDER se boek Thank Godmy parents died – a memoir of hopehet vroeër vanjaar in Amerika verskyn. Ditis die verhaal van haar getraumatiseerdejeug en hartseer-dae in Ons Kinderhuis inBloemfontein, maar ook van hoe sy geneesis en haar lewe van, soos ’n resensent ditgestel het, “victim to victor” verander het.Adéle Dempers het tydens haar besoekaan Bloemfontein met Judy gesels.
SY het altyd geweet daar moetiets beters wees. Saans, wanneer syhartseer in haar bed in Ons Kinder-huis gelê het, het sy haar verbeeldie vier hoeke van haar kussing isdie gesinwat sy eendaggaanhê, datsy met haar kop in hul koesterendeskoot gelê het.
JudyvanTonderglodit ishierdiehoop en haar inherente kreatiwi-teit wat haar gehelp het om te breekuit die omstandighede waarin sygrootgeword het.
Sy is in 1957 gebore, diemiddelstevan drie kinders. Albeihaar ouers was alkoho-liste. Toe sy ses jaar oudwas, het mev. Alexan-der, ’n kollega van haarma, haar genooi om virdie Kersvakansie byhaar te kom kuier.Haar ma het ingestemmits Judy Kersdag byhaar gesin kon bestee.
Judy het by mev.Alexander kennis ge-maak met Rosa, die be-diende, en Auntie Rose.Hierdie twee vroue wasbaie goed vir haar enRosa was die eerste vanverskeie swart vrouewat sy met liefde onthou. AuntieRose het haar die eerste keer inhaar lewe versorg laat voel en Rosahet haar met die heerlikste kos be-derf – groenboontjies, sneeuwit ka-pokaartappels, sagte skaaptjops enMarmite-broodjies – trooskos watJudy vandag nog voorsit.
Toe mev. Alexander Judy opKersdag huis toe neem, was haarma sterk onder die invloed vandrank. ’n Rusie het tussen mev.Alexander en haar ma ontstaan.Mev. Alexander het Judy in die mo-tor geboender. Judy se ma het haaruit die motor probeer sleep terwylalmal ’n groot kabaal opgeskop het.
Dit was die begin van swaar jarevir Judy. Haar ouers het mev. Alex-ander van ontvoering aangekla ensy en Judy het rondgeswerf. Judywas in verskeie skole en in die kos-huis. Die skole was dan Afrikaans,dan Engels. Sy het die heeltyd ge-voel sy is anders, abnormaal, ter-wyl haar grootste begeerte was omnet soos die ander te wees.
Judy vermoed die rede vir diebaie verhuisings was omdat hullevoor die gereg gevlug het. Hoewelmev. Alexander haar goed versorghet, was sy baie streng en het Judyaangerand wanneer sy foute be-gaan het. Dit het die sensitiewekind baie ontstel en ontwrig.
Eindelik moes Judy teruggaanna haar ouers, maar kort voor lankis sy en haar broers in Ons Kinder-huis opgeneem.
Judy beskryf die jare daar as lou-ter hel. Daar kleef ’n stigma aankinderhuiskinders wat vir haar,wat so graag normaal wou wees,erg was. Sy beskryf die getraliedevensters, die onstuimige vakansiesby haar ouers of gasouers, die ewi-ge honger. Sy het egter vroeg ont-
dek sy kan goed hardloop en hethaar hierin uitgeleef. Dit het virhaar oomblikke van erkenning en’n gevoel van behoort gegee.
Tog het daar uit die trauma ookiets goeds gekom. In die skool (Dr.Viljoen) het die stads- en kinder-huiskinders nooit gemeng nie.Daar was egter een uitsondering –die Lindes. Mariana het haar oorJudy ontferm. Sy het Judy geleer“jy is in die kinderhuis, maar diekinderhuis is nie in jou nie”.
Die Lindes was ’n groot gesin enJudy vertel hoe gekoester sy gevoelhet omdat sy geweet het in die Lin-de-huis het altyd vir haar ’n bordkos in die louoond gewag.
’nJaargeledehet eenvandieLin-de-broers, Jurie, haar deur die in-ternet opgespoor.Die vriendskap ishervat en dis juis by die Lindeswaar Judy in Bloemfontein kuier.Die Lindes het bly hoop dat ietsgoeds met haar sou gebeur.
En die lewe het virJudy goed verloop. Sywoon vandag in Ame-rika, in haar droom-huiswathulle laatbouhet. Sy het haar man,Keith, ontmoet toe sy17 was en hulle is al ja-re gelukkig getroud.Sy het twee kinders,soos in haar kinder-fantasie, en is stralendtrots op hulle.
Sy het ’n doelbewus-te besluit geneem omnie die foute van haarouers te herhaal nie.Sy sê genesing het be-gin toe sy op 18 jaar
Pretoria toe is om by die SAL omwerk aansoek te doen. Dit sou virhaar haar toekoms oopsluit en dithét.
Op die trein het sy ook besef wathaar ouers aan hulle gedoen het,was nie reg nie. Sy het besef haarouers was heeltemal onbevoeg virouerskap. Sy sê in die grootmaakvan haar kinders het sy doelbewusdie teenoorgestelde gedoen. Sy isAfrikaans, maar is met ’n Engels-man getroud en het haar kindersEngels grootgemaak, want dit is an-ders as haar ouers. Haar Afrikaan-se kant was alles wat sleg en nega-tief was, maar selfs hiermee het syvrede gemaak en is nou trots daar-op dat sy Afrikaans is.
Sy het ’n pastorale sielkundigegaan spreek. Hy het haar geleer sysal nooit vry wees as sy nie almalwat haar seergemaak het, vergewenie. Daarna het haar genesingspro-ses begin.
Vandag is daar groter openheidoor kindermishandeling en -moles-tering. Ondanks die groter bewust-heid meen Judy die probleem hetnie opgehou nie. Hoewel hulle weethulle kan hulp kry, steek kindershul pyn slimmer weg.
Judy het in Maart die eerste keerweer Ons Kinderhuis besoek. Ditwas vir haar baie traumaties. Syvertel toe hulle by die hek inry, hethulle twee kinders gesien. Hullehet stilgehou om pad te vra.
“Is julle kinderhuiskinders?” hetJudy gevra.
“Nee, tannie,” het hulle geant-woord. Net soos sy destyds sou gesêhet. Maar vandag lag sy hard enlekker, sê Judy, sy is gelukkig) Thank God my parents died is byExclusive Books of www.ama-zon.com beskikbaar.
JUDY VAN TONDER FOTO: MARADINE WHITEHORN
Menslike staaltjiesoor sporthelde boeiSNAKES IN THE GARDEN OF EDEN deurNorman Canale. Uitgegee deur Don Nelson. Sagteband. Prysonbekend.
NORMAN CANALEwas een van die bestesportskrywers van sytyd. En hierdie boekvan hom handel oordie bykans ’n halfeeuwat hy gereeld virSuid-Afrikaanse – enoorsese – koerante entydskrifte verslag ge-doen het oor ’n wyeverskeidenheidsportsoorte. Hy ge-sels onderhoudend enmet gesag oor diemeeste van die sportbyeenkomstewat hy bygewoon het.
Dit was eintlik as beriggewer oorgroot boksgevegte dat hy bekend-heid verwerf het. Hy was ’n ver-troueling van die bekendste boks-promotors en die meeste van diegroot vegters. Dit was ook as ver-troueling van die boksfamilie dathy by sy hoofde in die pekel belandhet. Die titel van die boek vertel dat’n groot deel daarvan gewy wordaan daardie deel van sy loopbaan.
Dit is ’n persoonlike vertelling enaanvanklik het jy die indruk gekrydat hy te veel ruimte daaraan be-stee het. Vir baie mense, wat nie diehoofspelers so goed ken soos dieuwe nie, kan dit eentonig klink.
Maar lees verby die gedeeltes endan kom jy daar waar Canale geselsoor die grootstes van sport met wiehy te doen gekry het. Mense oor wiehy artikels geskryf het. Dan kyk jyna die skrywers van sportboeke injou biblioteek, Danie Craven, JohnFeinstein, Steve de Villiers, BubBooyens, AC Parker, Reg Seet enbaie ander, en jy wonder of hierdieeen nie dalk die beste boek nog oorsport en sy mense is nie.
Veral staaltjies oor die ou stryd-rosse wat vir die meeste mense on-bekend is, is boeiend en menslik.
Hier is een daarvan:Billy Miske was ’n swaargewig
wat kort ná 1900 teen die beste ge-veg het. Hy het onder meer teen diegrote Jack Dempsey verloor nadathy in die 12de ronde uitgeslaan is.
Toe doen hyBright se siekteop. Dit tas on-der meer jouniere aan. Daarwas geen kuurvir die siektenie en die dok-ters het gesê hykan nog vyfjaar lewe mitshy boks los. Hyhet nie en het álswakker ge-word. Hy wassiek, maar hetaangehou oe-fen. Weens diemediese kostehet sy vrou en
drie kindersswaar gekry. Al werk wat Billy kondoen, was boks. Kort voor Kersfeesin 1923 het hy sy promotor oorreedom nog een geveg vir hom te reël.Dit was teen Tommy Gibbons, eenvan die rofste vegters nog. ’n Paardae voor die geveg het Miske ’n te-rugslag ondervind en die promotorwou die geveg stopsit.
“As ek môreoggend om die blokkan stap, sal ek baklei,” het Billygesê. Hy het en in die geveg is hyteen die einde van die tweede rondeso erg gestraf dat hulle die hand-doek wou ingooi. Billy het geweier.
Op wankelende bene het hy uit-gestap toe die derde ronde begin enGibbons met ’n allemintige hou ge-tref en hom uitgeslaan. Hy konKersfees saam met sy gesin viermet derduisende rande aan prys-geld in sy sak.
Oujaarsdag het hy sy promotorgebel en gevra hy moet hom hospi-taal toe neem.
Kort voordat die klokke die nuwejaar ingelui het, is hy dood. Hy wasnet 29 jaar oud.. Canale kies ook sy beste sport-manne van alle tye. Hulle is: Rug-by: Hennie Muller; krieket: Grae-me Pollock en Barry Richardstweede; Gholf: Gary Player en Bob-by Locke; Atletiek: Paul Nash,Springbok-naelloper; Boks: BrianMitchell en Viccie Toweel, Suid-Afrika se eerste wêreldkampioen;Tennis: Eric Sturgess, wat die ge-mengde dubbelspel op Wimbledontwee keer gewen het. – Joe Venter
Wen pragtige handwerkboekeBREISTORIES MET OULIKE KARAKTERS VIRALMAL deur LauraLong. Metz Press. Sagteband. R169,95.
DIE volkleurfoto’svan hierdie kostelike ge-breide speelgoed laat jouvan kwaai naaldwerk-juffrouens vergeet enmaak jou lus om diebreipenne en wol naderte trek. By elke speel-ding se “hoofstuk” isdaar ’n kort storietjie,die patroon, beno-digdhede, wenke virafwerking en ’n aan-duiding van die moei-likheidsgraad van diepatroon. Agterin isook patroonplate.
NAALWERKINSPIRASIE deur KarenAdendorff en TootjieNiemand. Lapa. Sagteband. R164,95.
Handgemaak en uniekis dienuwemodeneiging.Met die idees en patronein Naaldwerkinspirasiekan jy jou huis in ’n ont-werperstuiste omskep metdie maklike en bekostigba-re naaldwerkprojekte.
Die samestellers bied vyf projektevir elke vertrek in die huis en wyshoe hierdie projekte in die onder-skeie vertrekke gekombineer kanword. Duidelike stap-vir-stap-aan-duidings en kleurfoto’s word by elke
produk gegee.CREATIVE 3 SCRAP
BOOK PIECING deur Marina duPlessis. Struik. Sagteband. R170.
Plakboekmakers sal hulle verlus-tig in Marina du Plessis se derde
boek oor plakboeke. Sy is internasio-naal bekend vir haar unieke
driedimensionele figuurteg-nieke.
Die boek bied meer as 40temas elk met ’n volkleur-foto van die resultaat enpatrone vir figure, ra-me, letters, titels, dag-boekhouding en koe-verte. Die instruksiesis duidelik en mak-lik om te verstaan.Gevorderde en be-ginner-plakboek-makers sal dieboek nuttigvind.) Drie lesers
kan elkeen eenvan hierdie boekewen. Dit is geluks-pryse, daar is geenvraag nie.
SMS jou besonder-hede na 41849 (tik dieboek van jou keusebv. “Wen Brei”, “WenNaald” of “WenScrap”, jou naam enposadres).
SMS’e kos R2. Diekompetisie sluit vandagom 00:00.) Verlede week se wen-ners van Steeds Mathysmet die komplimente van
Exclusive Books is K.Crouse van Bloemfontein, C.
Smith van Oranjeville en C. Oosthui-zen van Kroonstad.
Ek soek dié boekMEV. GERDA VAN ASWEGEN
is op soek na die boek Spyskaart virelke seisoen deur Anette Human.
Kontak haar by 082-417-9766 as jyhaar kan help om hierdie boek indie hande te kry.
Lesers wat op soek is na ’n boekkan die besonderhede aan Volks-blad stuurvir gratis plasing. Volks-blad aanvaar egter nie verantwoor-delikheid vir die transaksie nie, ditis uitsluitlik tussen die betrokkepartye.
Stuur die inligting oor die boeken jou naam en kontakbesonderhe-de na [email protected],’n faks na 051-430-6949 (vir aandagAdéle Dempers) of ’n brief na DieBoekeredakteur, Posbus 267,Bloemfontein 9300.
Piet Steyn teken boekePIET STEYN, skrywer van die
gewilde Snoeiskêr en Bottelnek, isop Saterdag 25 September van 10:00tot 15:00 in Exclusive Books, Mimo-sa Mall, Bloemfontein, om sy nuweboek, Tou, te teken. Hy is ’n afgetre-de Vrystaatse skoolhoof en worddie tweede Deon Meyer genoem.
Program by biblioteekDIE Fichardtpark-biblioteek in
Bloemfontein bied in die Septem-ber-skoolvakansie ’n vakansiepro-gram vir kinders aan.
Die program is:28 September: Kom kuier saam
met die dinosourusse van die Nasi-onale Museum. Dit is gratis.
29 September: Poppekasverto-ning met Jomaré Botha. Koste: R10per persoon.
30 September: Wees kreatief,speel speletjies en verf gesigte. Ditis gratis.
Bespreking is noodsaaklik. BelRose van Zyl by 051-522-8884.
Bundel sal lesersna aan die hart lêBoei reeds van die titel afWAT DIE WATER ONTHOU deurLouis Esterhuizen. Protea Boekhuis. R130.
LIEFHEBBERS van die digkunslees gedigte vir die lekkerte, nie omenige ander rede nie. As hulle danboonop geboei raak deur temas enverstegniese dinge soos klankkom-posisie, struktuur, motiefsirkulasieen beelding, is dit maar slegs ’n bo-nus.
Wat die water onthou, Louis Ester-huizen se agtste digbundel, is presiesnet dit: pure leesplesier én andersinsboeiend.
Reeds die titel boei jou, want wátis dit dan wat kwansuis deur wateronthou word? En jy kyk behoorlik nadie voorblad en sien die bundel seRorschach-agtige waterverfspatsel-voorbladillustrasie waarin jy netkan sien wat jy wil sien. Lees gerus3 skoling (bl. 40) in die wonderbaarli-ke siklus die geduld van water waar-in die geliefde die maak van akwarel-le aan die sprekende “ek” verduide-lik, kyk veral na die volgendeversparagraaf: “en jy sien meteens /die druppeltjie bruin tussen / al diegroen –”.
Jy blaai verder.Dié illustrasie is gedoen deur Mar-
lise Joubert, kunstenaar, multigen-reskrywer en Esterhuizen se vrou.Dan lees jy Esterhuizen se romantie-se opdrag op die volgende bladsy:“Vir Marlise – nog steeds & altyd”.
Jy blaai om . . . en die antwoord opwát die water dan tóg onthou, springplotseling uit die inhoudsopgawe intitel ná titel op. Die water onthou“dat daar altyd ’n begin is” enso-voorts. Dié leeservaring is asof jy ’nselfstandige “gedig” lees. En jy besef:Hier kom ’n ding!
Toebegin ekelkegedig leesmetdieaanvangsgedagte “die water ont-hou: . . . ”, want só wil elke gedig inhierdie bundel klaarblyklik geleesword. Dit het my glad nie verbaas niedat die verwagting geskep deur dietitel, voorbladillustrasie, opdrag eninhoudsopgawe telkens bevredigword in die opeenvolgende, afgeron-de verse van hierdie beleë digter-skap. Wat ’n vreugde!
En water “onthou” na beweringbaie dinge as ’n mens op die internetrondsnuffel. Kyk gerus na http://www.life-enthusiast.com/twilight/research_water_memory.htm.
Getrou aan digters van sy geslagslaag Esterhuizen om die bundel digte weef met deurlopende beelde enmotiewe (soos te wagte, dié van “wa-ter” en van “onthou”), asook gedigtewat op mekaar inspeel.
Verstaan my mooi – en dis nie omenige leser hiervan of myself te beïn-druk nie – ek het my huiswerk ge-doen met internetsoektogte. Ek gaanveral akkoord met Marius Crous vandie Nelson Mandela- Metropolitaan-se Universiteit se goeie, gewoon fei-telik-neutrale opsommende oorsigoor Esterhuizen se dig-oeuvre:
”Die deurlopende temas in LouisEsterhuizen se werk word in hierdiebundel voortgesit: die herinneringaan die jeug, die digterskap en kom-mentaar op die skeppingsproses, dieintertekstuele gesprek met ander
digters ( . . . ) en die liefde. ( . . . )”.Crous meld ook die (verstegniese)
gestrooptheid van die verse – “kaal-voetgedigte”, om Antjie Krog sewoord te gebruik. Juis dit maak dielees van die gedigte gemaklik.
Sterk, want naas die liefde promi-nent aan die einde, is die (nuwe) om-gang met die onontwykbare dood astema in veral die twee eindsiklusse,Posisies op ’n bord en Duskant die uit-loop, asook in die slotgedig, Melopee.Maar reeds vroeër maak ons met diétema kennis, vervleg met die liefdes-tema in 4 oop en bloot (bl. 41), watsoos volg eindig: “ingesmelt soos ditin ’n gedig / die geval is – met die lief-de / en ook met die dood.
Terug na Melopee en die bundel seslotreëls. Dié woord kom uit dieFrans, mélopée, wat na ’n klaagliedof ook eentonige dreunsang verwys.Net soos die bundel, eindig die lewevir die sprekende “ek” boonop met’n aandagstreep (–), dit wil sê nog ’n“wat?”, maar dié keer sonder ant-woord – ’n eentonige klaaglied, dalk.Die roeier hou gewoon op met roei:“alles, alles, om gedwee spane / neerte lê en buite sig te verdwyn / metdie water / as enigste verloop –”.
Met die laaste twee reëls word nog’n sterk nuwe tema in die bundel be-
vestig. Vir die spreker eindig feitlikalles, die lewe ook, op ’n (uitsiglose?futiele?) niks . . . met net die waterwat onverstoord voortbestaan. Leesook die slot van “dat die tyd iets iswat smelt” (bl. 36): “swaartekrag: dieding // wat ons voorlopig vas wilhou, / dan gesigloos laat gaan”.
Vir elke leser sal daar gewis unie-ke blywende indrukke en gunstelin-ge wees – reëls, idees en dalk hele ge-digte of siklusse.
My gunsteling is “dat daar holtesis” (bl. 35), met die diepsinnige slot-woorde: “ten laaste, want eintlik isdie lewe / net holtes wat gevul wordvan begin // tot einde, altyd af-draand / na antwoorde waarop dievrae / nog nie versin is nie”.
En met al my verwysings na diesluiting van gedigte staan Esterhui-zen se vermoë om ’n gedig stilistiesby wyse van spreke deur te laat vloeina ’n onafwendbare slot toe uit. Ditis een van die sterkste verstegniesekenmerke van die bundel.
Dié bundel sal elke poësieliefheb-ber om verskillende redes na aan diehart kom staan en elke akademikusomverskillende redes tweemaal laatdink. Geniet die lees. Geniet die die-per delf. – Johann P. Boshoff, skrywer en vryskutresensent
Woordveertjies in diehoed vir Bfn-skrywersVIER Bloemfonteinse skry-wers is verlede Vrydagaandop Stellenbosch met ATKV-Woordveertjies vereer. Hulleis Gilbert Gibson, Irma Jou-bert, Jaco Jacobs en Fanie Vil-joen.
Gibson het die Prys vir Poë-sie vir sy bundel Oogensiklope-die (Tafelberg-uitgewers) ont-vang. Volgens die beoorde-laars is dit ’n unieke,deurwrogte en deurgekompo-neerde bydrae in Afrikaanswat ’n mens nie sou wou mis-loop nie.
Anderkant Pontenilo (Tafel-berg) van Irma Joubert het diePrys vir Liefdesroman gewen.Die beoordelaars het dit loftoegeswaai as “ ’n deeglik na-gevorste, veelsydige en dig-verweefde verhaal”.
Bloemfontein se bekendekinder- en jeugboekskrywersFanie Viljoen en Jaco Jacobshet ook hul stem dik gemaakin die ATKV se Kinderboe-keerbewyse. In hierdie afdelingstem kinders self vir hul gunste-ling-boek.
Viljoen het in die Selfleeskatego-rie, gr. 1 tot gr. 3, die Woordveertjiegekry vir Slym en die beker van ge-
luk (Lapa). hy het ook vir die boekdie prys as illustreerder verower.
Jacobs se gewilde Middernagfees(Lapa) het in die Selfleeskategorie,gr. 6 tot gr. 7, die Woordveertjie ge-wen.
JACO JACOBSGILBERTGIBSON
IRMA JOUBERT FANIE VILJOEN