vol 25 no 24_noord

24
SUSTER VEG OM BROER TUIS TE KRY GROOT PRET BY ONTBYT STUDEBAKERS OP SKOU TITANS ONOORWONNE 3 13 23 Koelkop in krisis 7 Vervolg op bladsy 2 Last Saturday the Sinoville CPF got their hands dirty by cleaning a low water bridge’s drainage pipes under Amandelboom Road near Dovea Street in Doornpoort. The CPF also removed weeds and dense grass along the stream, in an effort to prevent criminals from hiding there after they had committed crime as well as to unblock drainage pipes that overflows during the rainy sea- son. Here Danie Basson, sector 4 CPF co-ordinator and Craig Brocon, member of the CPF, clean up the stream. Photo: Ron Sibiya Clearing the way for crime prevention Natashia Hudson ’n Toneel uit ’n wilde Weste-film het verlede Vrydag by ’n kerkterrein afgespeel toe ’n pastoor en rowers op mekaar losgebrand het. Pastoor Willem Franck het ’n groep kerkgangers, waaronder sy dogter en seun, te hulp gesnel tydens ’n gewapende roof nadat die jeugdi- ges by Nikos-eindtydbedieninge-kerk in Hesteapark bymekaargekom het. Franck het gereageer op ’n krip- tiese boodskap wat hy van sy dogter ontvang het. Sy het ongemerk daarin geslaag om die woord ‘ge-gun’ aan haar ma te SMS. Die jongmense kom elke Vrydagaand saam met ’n groep van ongeveer 20 tieners by dié kerk bymekaar. Vrydagaand het egter in ’n nag- merrie ontaard toe Franck se seun, Marno, na die diens die veiligheids- hek van binne af oopgesluit en vier gewapende mans op hom afgestorm het. Volgens Marno het een van die mans ’n geweer teen sy kop gedruk en almal beveel om binne die kerk op hulle mae te lê. Die rowers het die tieners se hande en voete met skoen- veters en mikrofoonkabels vasgebind en aangesê om ‘net te slaap’. Hulle is gewaarsku dat die rowers sal skiet indien iemand ’n fout maak. Twee selfone, een kamera en ’n klein aantal juweliersware is by die groep afgeneem. Die rowers het ook die kerk se klanktoerusting begin uitdra. Franck se dogter, Mirelle, het egter daarin geslaag om haar selfoon onder ’n stoelkussing in te druk en vir haar ma, Alet, ’n boodskap vanaf haar Blackberry te stuur. Hulle het onmiddellik besef daar is fout en na die toneel gejaag. Volgens Willem het hy op pad kerk toe die sekuri- teitsmaatskappy ontbied. Die rowers het daarin geslaag om te vlug. Die Tshwane-metropolisie was vin- nig op die toneel na hulle blykbaar die skote gehoor het. Niemand is tydens die skietery beseer nie. Pieter Nienaber, wat deel van die Theresapark-buurtwag is, het ook kort daarna by die toneel opgedaag. Volgens Nienaber is die misdaad- statistieke in die omgewing aan die styg. “Gewapende roof raak nou ’n kwessie in ons omgewing,” het hy gesê.

Upload: capital-media

Post on 22-Mar-2016

307 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Rekord, Pretoria’s biggest newspaper, weekly provides residents with the most important community news in greater Pretoria. The seven Rekord newspapers each has its own character and carries news related to the area where it is distributed. As part of Rekord’s community involvement the contents of one of the newspapers, Rekord West News is partly produced by students of the Department of Journalism at the Tshwane University of Technology.

TRANSCRIPT

Page 1: Vol 25 No 24_Noord

suster veg om broer tuis te kry

groot pret by ontbyt

studebakers op skou titans onoorwonne

3 13 23

Koelkop in krisis

7

Vervolg op bladsy 2

Last Saturday the Sinoville CPF got their hands dirty by cleaning a low water bridge’s drainage pipes under Amandelboom Road near Dovea Street in Doornpoort. The CPF also removed weeds and dense grass along the stream, in an effort to prevent criminals from hiding there after they had committed crime as well as to unblock drainage pipes that overflows during the rainy sea­son. Here Danie Basson, sector 4 CPF co­ordinator and Craig Brocon, member of the CPF, clean up the stream. Photo: Ron Sibiya

Clearing the way for crime prevention

Natashia Hudson

’n Toneel uit ’n wilde Weste-film het verlede Vrydag by ’n kerkterrein afgespeel toe ’n pastoor en rowers op mekaar losgebrand het.

Pastoor Willem Franck het ’n groep kerkgangers, waaronder sy dogter en seun, te hulp gesnel tydens ’n gewapende roof nadat die jeugdi-ges by Nikos-eindtydbedieninge-kerk in Hesteapark bymekaargekom het.

Franck het gereageer op ’n krip-tiese boodskap wat hy van sy dogter ontvang het. Sy het ongemerk daarin geslaag om die woord ‘ge-gun’ aan haar ma te SMS. Die jongmense kom elke Vrydagaand saam met ’n groep van ongeveer 20 tieners by dié kerk bymekaar.

Vrydagaand het egter in ’n nag-merrie ontaard toe Franck se seun, Marno, na die diens die veiligheids-hek van binne af oopgesluit en vier gewapende mans op hom afgestorm het.

Volgens Marno het een van die mans ’n geweer teen sy kop gedruk en almal beveel om binne die kerk op hulle mae te lê. Die rowers het die tieners se hande en voete met skoen-veters en mikrofoonkabels vasgebind

en aangesê om ‘net te slaap’. Hulle is gewaarsku dat die rowers

sal skiet indien iemand ’n fout maak. Twee selfone, een kamera en ’n klein aantal juweliersware is by die groep afgeneem. Die rowers het ook die kerk se klanktoerusting begin uitdra.

Franck se dogter, Mirelle, het egter daarin geslaag om haar selfoon onder ’n stoelkussing in te druk en vir haar ma, Alet, ’n boodskap vanaf haar Blackberry te stuur. Hulle het onmiddellik besef daar is fout en na die toneel gejaag. Volgens Willem het hy op pad kerk toe die sekuri-teitsmaatskappy ontbied. Die rowers het daarin geslaag om te vlug.

Die Tshwane-metropolisie was vin-nig op die toneel na hulle blykbaar die skote gehoor het. Niemand is tydens die skietery beseer nie.

Pieter Nienaber, wat deel van die Theresapark-buurtwag is, het ook kort daarna by die toneel opgedaag. Volgens Nienaber is die misdaad-statistieke in die omgewing aan die styg. “Gewapende roof raak nou ’n kwessie in ons omgewing,” het hy gesê.

Page 2: Vol 25 No 24_Noord

2 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Vervolg vanaf bladsy 1

’n Ontspanne Mirelle het Maandag aan Rekord gesê dat alhoewel hulle die erva-ring glad nie ligtelik opneem nie, hulle nie in vrees lewe nie. “Ek is meer oplettend nou, maar daar is darem geen trauma nie.” Verder

vertel sy trots hoe al die jongmense, insluitend ’n meisie van 10,

kalm gebly en kopgehou het tydens die voorval. “Jy lees gewoonlik van ontvoering, verkragting en mense wat baie seerkry in sulke voorvalle. Die voorval was baie vreemd. Ons was almal so rustig en het net gebid. Ek het sommer hardop gebid. Selfs die rowers was oor die algemeen rustig en dit is nie normaal volgens my nie.”

Die tieners en hul gesinne is dankbaar dat niemand ernstig beseer is nie en dat slegs ’n paar besittings neem is. Vol-gens Franck is hierdie die eer- ste geval van ’n inbraak of roof by die kerk oor die afge-lope drie jaar.

SMS-alarm bring hulp

Mirelle Franck het ’n boodskap aan haar ma gestuur

tydens die roof.

As many as 42 people were treated for smoke inhalation after a fire reportedly started in the storage area of the Spar at the Montana Corner shopping complex in Dr Swanepoel Drive.

According to Vanessa Jackson from ER24, two women and one man were taken to hospital last Wednesday morning after the fire broke out.

According to Charles Louings, the retail risk control manager of Spar, the fire was quickly contained and no staff members were seriously injured. He said they are not yet sure what caused the fire but the Tshwane metro’s Fire Department is inves-tigating the possible cause.

Fire guts Spar

The Minister of International Relations and Co­operation, Maite Nkoana­Mashabane with Winnie Mashaba, during the entertainment of the 50­days countdown concert to South Africa’s hosting of the United Nations Framework Convention on Climate Change in Soshanguve last Saturday morning. On the right is Gauteng MEC Nandi Mayathula­Khoza. Photo: Jacoline Prinsloo

50-day countdown begins

Page 3: Vol 25 No 24_Noord

Natalie Grobler

’n Vrou van Villieria veg nou al vier jaar om haar broer, wat in Amerika gestrand is met ernstige breinskade, terug huis toe te bring.

Marissa van der Walt moet nog R60 000 insamel en het net tien maande waarin sy dit kan doen voor haar gestremde broer, Dawid Kriel, se tydelike paspoort verval.

In 1989 het Kriel die geleent-heid gekry om klubrugby in Amerika af te rig en het in Utha, Texas, gebly. Alles het goed gegaan tot 10 Junie 2007 toe sy

hele lewe drasties verander het.

“Volgens ’n

paramedikus het Dawid ’n ligte beroerte gehad en beheer oor sy voertuig verloor. Hy het teen ’n elektriese houtpaal vasgery en die impak het hom uit die voertuig geslinger,” het sy gesê.

Die paal het op sy gesig te lande gekom. Die ongeluk het permanente breinskade aangerig en in ’n stadium was Kriel af-hanklik van masjiene om hom aan die lewe te hou.

Van der Walt het kort na die ongeluk haar broer besoek.

Na ’n 21-uur vlug het sy by die hospitaal gekom waar sy skok op skok ervaar het.

“Die suster het dadelik vorms in my hand gestop om my toe-stemming te kry dat hulle sy or- gane kan gebruik, as ek sou be- sluit om die masjiene af te ska-kel,” het sy gesê.

Volgens Van der Walt was sy woedend omdat sy moes kies om haar broer se masjiene af te skakel

en ook nog moes besluit of sy die papiere moet teken of nie.

“Hy was vir 92 dae in ’n koma en ons het die ergste verwag, maar deur die Here se genade het hy uiteindelik wakker geword,” het sy gesê.

Kriel is na Yakima Memorial Nursing Home verskuif waar hy met rehabilitasie begin het. “Hy was gretig om te leer en het goed gevorder,” het sy gesê.

Toe tref nog ’n terugslag Kriel. Hy het een van sy mede-

pasiënte geslaan. “Die familie van die ander man wou ’n saak teen my broer maak, maar die dokters het vir die familie verduidelik dat hy gestremd is,” het sy gesê.

Die dokters van Yakima het daarna vir Kriel na Mimos Adult Home in Seattle gestuur. “Yakima het my nie eens laat weet dat hulle hom geskuif het nie. Ek het na ’n lang gesukkel uitgevind dat hy in Seattle is,” het sy gesê.

Volgens Van der Walt is Mimos Adult Home ’n goeie sorgsen-trum, maar omdat Kriel intensie-we rehabilitasie nodig het, wat nie by dié sorgsentrum verskaf word nie, het hy agteruitgegaan. Dis toe Kriel begin pleit om terug te kom.

“Nie net wou hy terug Suid-Afrika toe kom nie, maar die Amerikaanse regering het besluit dat hulle subsidies gaan sny van immigrante asook die wat ver-sorging nodig het,” het sy gesê.

Van der Walt en Kriel se voog, Ken Curry, het die lang stryd begin om vir Kriel ’n paspoort te kry. “Curry het ’n tydelike pas-poort wat vir 12 maande geldig is gereël en ons trek nou by maand twee,” het sy gesê. Sy het gesê haar geldinsamelingpogings het ses maande gelede deur barmhar-tige Samaritane begin en sy het reeds sowat R40 000 ingesamel.

“Die NG-kerk Rietfontein-Noord het op 21 Oktober ’n Izak Davel-konsert gereël ten bate van Dawid asook die Alfa en Omega-sorgsentrum en ons hou ’n gholfdag op 15 November by die Akasia-gholfbaan vir Dawid,” het sy gesê.

Navrae: Marissa van der Walt by 083-299-6599.

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 3www.rekord.co.za

Sus veg om broer tuis te kry

Dawid Kriel en sy suster Marissa van der Walt by die Yakima Me­morial Nursing Home in Amerika na sy motorongeluk in 2007 wat hom gestremd gelaat het.

Natashia Hudson

Dit wil voorkom asof skool-kinders van Sinoville en Annlin besig is om ’n lewensgevaar-like speletjie met butaangas te speel.

Volgens Frikkie Olivier, ’n inwoner van Sinoville, het hy en sy vrou die laaste paar maande ’n kommerwekkende hoeveelheid butaangas-blik- ke en -doppe in hulle omge-wing opgetel. Butaangas word in vuuraanstekers gebruik.

Olivier vermoed dat tieners die gas snuif en is bekommerd oor die gevaar wat hierdie gas inhou vir diegene wat dit mis-bruik.

Volgens dwelmkenner, Addo Krige, is hierdie dwelmmis-bruik nie ’n nuwe fenomeen of tendens nie, maar geïsoleerde gevalle van skoolkinders wat op ’n jong ouderdom begin ek-sperimenteer. “Dit is gevaarlik en defnitief nie iets om mee te speel nie.”

Krige het verduidelik dat ’n tiener wat butaangas snuif se hartklop na 150 hartslae per minuut kan spring en die giftsowwe kan ’n hartaanval veroorsaak.

Hy het verder gesê dat die snuif van gas ’n onaangename ervaring is wat gepaardgaan met ’n gevoel van naarheid en disoriëntasie.

Hy het egter bygevoeg dat hierdie dwelmmisbruik selde tot ander dwelmgebruik lei.

Ben Wannenburg, wyks- raadslid, het gesê dat hy bewus

Gas word misbruikis van gevalle van jongmense wat met hierdie gevaarlike middels eksperimenteer en dat hy besig is om verdere onder-soek in te stel.

Rekord het ook die Sinovil- le-polisiestasie oor die pro-bleem genader. Volgens Ben Strydom, woordvoerder van die stasie, is daar nog nie enige voorvalle aangemeld, navrae gedoen of arrestasies gemaak in verband met hierdie pro- bleem nie.

’n Bekommerde inwoner van die Noorde, Francois Slabbert, by ’n paar leë blikke en doppe wat in George Antonstraat in Annlin opgemerk is. Meeste van die leë doppe lê langs ’n hindernisbaan waar tieners gereeld met hulle fietse ry.

Page 4: Vol 25 No 24_Noord

4 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

R300 0000 se ware glo stelselmatig weggedra

Plakkers woon nou eldersNatashia Hudson

Na ’n paar weke van erge onrus en frustrasie is die gemoed van die Pretoria-Wes gemeenskap effens ligter.

Dit volg na dit bekendgemaak is dat die Schubartpark-plakkers nie meer na Claremont in Pretoria-Wes verskuif gaan word nie.

Rekord het onlangs gelede berig dat die gemeenskap en die Bremer-straat-plakkers, wat reg langs die oop veld in Claremont bly, onge-lukkig oor die voorgenome skuif is.

René Botes, wie se huis naby die Bremerstraat-plakkerskamp is, het gemeen dat dit heeltemal onaanvaarbaar is. “Ons probleem is dat dit die ergste van die ergste misdadigers is wat hier gaan kom bly. Ons het reeds baie misdaad. Ons het nie nog nodig nie.”

Jeffrey Masondo van die

Bremerstraat-plakkerskamp was net so ongelukkig oor die nuus en wou weet waarom mense van ver behuising kry terwyl hulle wat reeds lank vir behuising wag, in soveel ellende moet bly leef.

Gemoedere het verder kookpunt bereik toe tien sinkhuise op 7 Okto-ber op die perseel afgelaai is. Daar was sprake van betogings en sommige plakkers en inwoners het gedreig om die sinkhuise af te breek.

Intussen het Piet Fourie, wyks-raadslid, ’n vergadering van ’n lid van die burgemeesterskomitee by-gewoon waarin die Tshwane-metro se beplanning aangaande hierdie situasie bespreek is.

Fourie het beklemtoon dat die Schubartpark-plakkers nie meer na Claremont verplaas gaan word nie, maar reeds elders geplaas is.

Volgens Fourie word daar nou beoog om die Bremerstraat-plak-kers en Betlehem-plakkers tydelik in die nuwe sinkhuise te huisves.

Hy sê die metro is besig om deur die prosesse te werk en aandag aan die water- en rioolstelsels te gee en agtergrondondersoeke oor poten-siële inwoners te doen.

Fourie sê verder, alhoewel die gemeenskap rustiger is, hulle steeds nie gelukkig is nie omdat hulle bekommerd is dat die waarde van hul eiendom gaan afneem.

Hendrik Kruger, wat betrokke is by die Hercules-gemeenskapvei-ligheidassosiasie, meen ook dat die stof nog nie heeltemal gaan lê het nie en dat daar nog ’n spannings-volle atmosfeer heers.

Wat die Schubartpark-plakkers betref sê hy egter: “Ek dink ons het ons punt bewys. Ons het die bood-skap duidelik oorgedra.”

Plig roep polisieAkasia-polisiestasie het ’n

operasie van stapel gestuur wat misdaad in die omgewing hok te slaan.

Dit vorm deel van Operasie Duty Calls wat verlede jaar deur generaal Bheki Chele van stapel gestuur is en behels dat polisie se sigbaarheid voor en gedurende die Kersseisoen opgeskerp moet word sodat inwoners veilig voel gedurende hierdie tyd.

Lede van Akasia- en om-liggende polisiestasies en die metropolisie het op 27 Sep-tember in talle plakkerskampe ingevaar en inwoners se huise, stalletjies en drankstalletjies deursoek.

Hulle het 33 verbode im-migrante tydens die klopjag gearresteer.

Drie stalletjies waar daar met drank handelgedryf word is deursoek en daar is op ’n groot hoeveelheid drank beslag gelê.

“Die drank sal vernietig word,” het kolonel Johan Ven-ter, Akasia se stasiebevelvoer-der, gesê.

Verskillende tweedehandse besighede is ook deursoek vir gesteelde goedere en lisensies is nagegaan.

Drie besighede is aangekla van tweedehandse handeldryf sonder lisensies.

Die metropolisie het ’n pad-blokkade op Britsweg opgestel waar 150 voertuie deursoek en 131 bestuurders aangekla is van verkeersoortredings.

Twee honderd en vyftig huise is deursoek en 450 mense is deursoek, waartydens een gearresteer is vir die besit van gesteelde goedere, nog twee vir diefstal en een vir aanranding.

Die operasie was ’n groot sukses en sulke operasies sal as deel van die Duty Calls-projek vir die res van die jaar voort-duur.

Tydens die operasie wat Akasia­polisiestasie saam met lede van omliggende polisiestasies en die Tshwane­metro op 27 September van stapel gestuur het, is talle plakkerskampe deursoek.

Jeffrey Masondo voel dit is onregverdig dat buitestaanders behoorlike behuising in hul omgewing kry terwyl hulle in sulke slegte omstandighede leef.

René Botes en Ben Seboulela staan saam teen die voorgenome skuif van die Schubartpark­plakkers na die oop stuk grond langs die Bremerstraat­plakkerskamp.

’n Herrie het ontstaan nadat dié sinkdakhuise op die oop stuk grond langs die Bremerstraat­plakkerskamp twee weke gelede afgelaai is.

Akasia-polisie het hulleself oortref na hulle gesteelde goedere van nagenoeg R300 000 opgespoor het.

Dit volg nadat Unforgettable Function Hire in Akasia agtergekom het dat van hul goedere stelselmatig begin verdwyn.

Volgens adjudant-offisier Annerie Robbinson, Akasia se polisiewoordvoer-der, het ’n informant vir adjudant-offisier Hansie van der Berg vertel van ’n vrou wat van haar huis af handeldryf met spysenieringstoebehore wat nie aan haar behoort nie.

Die vrou het volgens Robinson by die spysenieringsmaatskappy gewerk en op so ’n manier toegang tot al die toebehore gekry.

Die informant het Van den Berg na die adres geneem waar die vrou op klag-te van diefstal en besit van gesteelde goedere gearresteer is.

“Ons het agtergekom dat daar van ons goed verdwyn, maar ons was nie seker hoe en waarheen nie. Ons is baie bly dat die toerusting gevind is en bedank die polisie vir hul goeie werk,” het Johan Olivier van Unforgettable Function Hire gesê.

Johan Olivier van Unforgettable Function Hire saam met adjudant­offisier Hansie van den Berg wat nagenoeg R300 000 se gesteelde spysenieringstoebehore van die maatskappy teruggevind het.

Page 5: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 5www.rekord.co.za

Natashia Hudson

Dawn Ceronio, ’n 70-jarige inwoner van Seniordal-aftreeoord, het 12 Oktober vir die 12e jaar in ’n ry by die Emily Hob-house-aftreeoord opgetree.

Natashia Hudson

Die Eden Akasia-aftreeoord in Theresa-park het vanjaar sy 25e bestaansjaar gevier.

Agt van die tien oorspronklike inwoners wat in die oord oor is, het op 24 September bymekaargekom en gesellig saamgekuier en gesels oor die afgelope 25 jaar wat hulle by die oord woonagtig is.

Tydens die jaarlikse lentedagviering van die oord wat op 12 Oktober vanjaar

gehou is, is daar van die geleentheid gebruik gemaak om die oord se 25-jarige bestaan amptelik te vier. Hulde is aan die tien oorblywende, oorspronklike inwoners gebring en daar is selfs `n spesiale koek vir die geleentheid gebak.

Die oudste inwoner, Hendrik Troskie, het die kersies doodgeblaas.

Daarna het elkeen van dié inwoners ’n geleentheid gekry om ’n woordjie van waardering te spreek.

Natashia Hudson

Inwoners van Zambesi-aftreeoord het ’n besonderse klokkespelvertoning tydens hul lentekonsert verlede naweek geniet. Gott-fried Schule van Kempton Park het hierdie unieke klokkespel, wat uit geestelike en klassieke musiek bestaan, aangebied.

Schule het reeds in 1992 sy liefde vir musiek en uitsending by Transwêreld Ra-dio se Swaziland-tak begin uitleef. Vandaar is hy na Amerika waar hy verder vir Trans- wêreld Radio gewerk het.

Dit was gedurende hierdie tydperk in sy loopbaan waar hy die Engelse handklok-

kies leer ken het. Schule wat tans by Trans-Wêreld Radio se Afrika-streekskantoor in Kempton Park betrokke is, het intussen ’n reputasie met sy unieke handklokkiekon-serte begin verwerf.

Hy maak gebruik van sowat 30 klokke tydens sy vertonings om musiek te maak.

Alhoewel Schule gewoonlik een klokkie op ’n slag gebruik om musiek te maak, is dit nie vreemd vir hom om ’n hele paar klokke gelyktydig te speel nie.

Inwoners van die aftreeoord kon na die lentekonsert nie uitgepraat raak oor die vertoning nie en het dit beskryf as ’n fees vir die sintuie.

Douglas Zeiss, die adjunkhoof van Laerskool Wonderboom, is op 3 Oktober dood na hy in Maart vanjaar met kanker

van die pankreas gediagnoseer is. Zeiss was die afgelope 26 jaar aan Laerskool

Wonderboom verbonde. In dié tyd het hy as vriend, kollega en onderwyser diep

spore in die harte van die gemeenskap getrap. Hy het leiding met die skool

se akademiese program geneem en was hoofsaaklik verantwoordelik vir die

besonderse standaard waarmee die Wonnies verbind word.

Dawn Ceronio het vir die 12e jaar vir die bejaardes van die Emily Hobhouse­aftreeoord opgetree. Ceronio het ’n passie vir sang en voordrag en het selfs die gehoor aan die sing gehad.

Sanger se vertoning reeds ’n instelling

Gottfried Schule se optrede tydens ’n lentekonsert by die Zambesi­aftreeoord was ’n fees vir die oog en oor. Schule se vertoning was een van die hoogtepunte op dié aftreeoord se kultuurprogram.

Hy weet waar die klepel hang

Die tema van die optrede was 70 jaar: terugblik, nou-tyd en vorentoe kyk.

Tydens Terugblik het Ceronio met heim-weë aan haar hoërskooldae teruggedink en die gehoor met kleurvolle stories uit haar jeug vermaak, waarna sy ’n geestelike lied, In the Garden gesing het.

Tydens Nou-tyd het sy die gehoor aangemoedig om die hede te geniet en hul bekommernisse agter te laat.

“Nou-tyd is ook ons bekommernistyd. Die rentekoers is baie laag en dit beïnvloed ons beleggings. Die liggaam wil nie elke dag saamspeel nie. Loop net een dag op ’n slag saam met die Here en besluit elke oggend om hierdie dag ten volle te geniet.”

Ceronio het daarna passievol One Day at a Time gesing en daarna in Vorentoe kyk met een van haar gunstelinge, To the River, afgesluit. Sy sê sy het nie formele onder-rig in sang ontvang nie maar was al van ’n jong ouderdom lief vir die kunste.

Sy sing, skilder, skryf graag en tree ook gereeld as gasspreker by ouetehuise en kerke op. Ceronio het al drie CD’s opgeneem en ’n paar geestelike boeke gepubliseer. In die laat 80’s het sy ook ’n geselsprogram genaamd Lig en Sout op Transwêreld Radio aangebied.

Joan Bracey, sekretaresse van die Emily Hobhouse-aftreeoord se dienssentrum en Bettie Landman, inwoner van die oord, het vanjaar se geleentheid saam gereël. Bracey het na die opvoering vertel die inwoners sien elke jaar na Ceronio se optrede uit.

“Ons geniet altyd haar optredes hier by ons. Dit is beslis ’n hoogtepunt.”

Laerskool neem afskeid

Agt van die heel eerste inwoners van Eden Akasia­aftreeoord het op Erfenisdag byme­kaargekom om herinneringe van die afgelope 25 jaar by dié oord te deel. Voor van links sit Hendrik en Lucy Troskie, Val van Heerden en Alet Cilliers. Agter is Paul en Lettie Roux, Zettie van Niekerk en Pieter Prinsloo.

Bejaardes dink ver terug

Page 6: Vol 25 No 24_Noord

6 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 OPINIE www.rekord.co.za

RedaksioneleKommentaar

Verlede Saterdagoggend is ’n openbare bus, met passasiers, deur ’n private videospan verfilm terwyl dit teen 150km/h op die Ben Schoeman-deurpad ry.

Die motor met die filmspan het langs die bus gery terwyl daar telkens skote van die motor se spoedmeter geneem is.

Die busbestuurder kan bly wees dat hy en sy passasiers nie deel van die openbare vervoer se ongeluksta-tistiek geword het nie, statistiek wat die afgelope paar maande die hoogte ingeskiet het.

Volgens ’n ER24-segsman het die diens sedert die begin van die jaar op ongeveer 411 ongelukke waarin mini-bus-taxis betrokke was, gereageer. In dié tydperk moes hulle ook hulp verleen by 288 ongelukke waarby openbare busse betrokke was en 30 treinongelukke.

Verlede Woensdag het 21 mense in drie ongelukke in minibus-taxis omgekom.

Wat veroorsaak hierdie asemro-wende toename in openbare ver-voerongelukke? Volgens ’n woord- voerder van die Automobiel-assosia-sie, is daar twee oorsake – die toe-stand van die voertuie en die toestand van die drywers.

Oktober is juis Nasionale Ver-voermaand en daar kan nie ’n groter prioriteit wees as om ernstig oor die hoë ongeluksyfer in ons land te besin nie. Die minister van vervoer het onlangs gesê dat padsterftes deesdae ’n groter epidemie in Suid-Afrika is as MIV/Vigs.

Faith

Nevil Norden

An eagle is an exceptional bird and once it focuses on its prey, it has single-ness of mind and purpose.

From that moment on, every part of its powerful, beautiful body is locked in line with the focus of those keen eyes.

The wings, the talons, the beak, the understanding of aerodynamics all come into line with only one thought, to catch the prey.

Nothing will cause it to deviate from its set course of action.

James 1:8 speaks of a double-minded man who is unstable in all his ways. Don’t zigzag through life, focus will take you where you want to go.

If you come to a mountain, climb it or go around it or dig a way through it, but don’t let it stop you in any way. If criticism is levelled at you analyse it.

If you need to repent, repent.If you can learn a life lesson, learn it.If it hurts your pride, humble your-

self.If it is untrue, disregard it.We can blame our circumstances or

someone for our lack of accomplish-ment, yet history is full of wonderful stories of those who fought the odds and

won.A blind man once said: “My blind-

ness was not a restriction, just a bit of a nuisance at times.”

People’s opinions can draw you off target and get you totally side-tracked. Focus on your dreams by taking control of your time.

Just remember that achievers have a strong sense of urgency. Ephesians 5:14 (NKJV) says: Awake, you who sleep, arise from the dead, and Christ will give you light.

If you are serious, you will develop time management skills.

Remember a disciplined focus is what distinguishes those who make things happen, from those who watch things happen.

Faith with focus

[email protected] /[email protected] /[email protected] /[email protected] /

Capital Media (Edms)Bpk / (Pty) Ltd

Rekord word uitgegee en versprei deur sy eienaar,Capital Media (Edms) Bpk,

Orpenlaan 32, Lydiana en gedruk deurCaxton, Wrightstraat 16, Industria

Rekord Hulpfonds / Rekord Charity FundLopende rekeningnommer 4059368516, ABSA, Lynnwoodrif

Enige skenkings welkom

AdsFax012-804-4812Adv.Faks012-804-4740

Small Hits Faks/Fax 012-842-0319Editorial Faks/Fax 086-652-0378

20 000 - Mamelodi19 000 - Wesnuus69 140 - Oos/East:Lynnwood (33 287)Faerie Glen (35 853)

Sentraal / Central - 22 540Centurion - 53 600

Moot -32 730Noord / North - 36 850

Noweto - 28 820Total weekly distribution /Totale weeklikse verspreiding 282 680

087-750-6887

Rekord subscribes to the SouthAfrican Press Code that prescribesnews that is truthful, accurate, fair

and balanced. If we dont live up to the Code pleasecontact the Press Ombudsman at 011-484-3618/2.

Off the RekordPhillip Bruwer

Briewe mag aan die Redakteur gerig word, Posbus 8261, Pretoria 0001, faks na 086-652-0378 of e-pos na [email protected]. Briewe mag nie langer as 200 woorde wees nie. Die Redakteur behou die reg om enige brief te wysig. ’n Skrywer mag onder ’n pennaam skryf, maar sy of haar volle name, adres en telefoonnommer moet die brief vergesel.

BRIEWE E-pos jou briewe na: [email protected]

Pretoria is nou Blommeland. Soos in Liewe Heksie se Blommeland.

Jakarandas blom in die strate. Dis Pers. Dis groen. Dis mooi. Aan die troon sit koning Rosedoring. Liewe Heksie en Blommie is Jan Alleman. Vroulief is Liewe Heksie (of altans die meeste van die tyd), kompleet met besem en al. Blommie is haar maaitjie. Karel Kat is die enigste een in Blommeland wat ’n kar ry, met die nommerplate ‘Balty GP’. Dan is daar natuurlik ook deesdae baie gifappeltjies te sien. In geel gedrapeer.

So kom Blommie een Vrydagaand, na ’n lang dag in Blommeland se velde, by die huis. Hy skop sy trommelskoene uit en gaan skink vir hom ’n rosewyntjie in die sterretjies kombuis. Hy skuif daarna voor die kleurvolle geraaskassie in en skakel na Blommelanders.

Heksie kom kort daarna - teen daai tyd aangeswoes - sy is pootuit want sy moes Karel help met verslae omdat sy kar glo nie aan die wette van Blomme-land voldoen nie. Koning Molsetroon is baie vies vir hom en is besig met ’n ondersoek.

Heksie parkeer haar besem op die dak en stamp amper die pampoen af. Sy gooi ’n paar eetgoedjies in haar pot en maak haar, saam met Blommie, gemaklik op die strooi-sofa.

Klop klop. Blommie en Heksie sug, hulle is nie nou lus vir gaste nie, dis Blommelanders!

“Maak die deur oop of ek blaas jou dak af... O’ sorry, verkeerde sprokie.” Blommie sug, staan op en maak die deur oop. ’n Gifappeltjie staan by die deur. “Hallo, ek is hier om julle te tel.”

“Hoekom - is iemand weg?” vra Blommie verward. “Nee, dis vir beter

service delivery,” sê die vriendelike gifappeltjie.

“O Griet, wat is dit?” haak Heksie af... ’n lang tyd van stilte gaan verby. “Ek sê OOOO GRIET,” ewe skielik stoom GauGriet daar in uit die bloute. “Sorry for the inconvenience, ek was bietjie vertraag, daar is van my kabels gegaps.”

“O nice, noudat julle almal hier is: Race?”

“Ek sal graag wil, as my kabels nie gesteel word nie,” sê GauGriet.

“Is julle op pille?” Net GauGriet sê ja - hy het baie stres.

“Het julle ’n TV?” Blommelanders blêr in die agtergrond. “’n Yskas?” “Nee ons is poppe ons maak net of ons eet,” sê Heksie.

“’n Badkamer?” “Nee ons gebruik ’n LavaTree,” sê

Blommie. “Hoeveel keer gebruik julle dit bedags?” “Ek het nou juis ’n be-hoefte,” skimp Blommie. Na nog ’n paar vrae is hulle klaar met die sense-nielus.

Die gifappeltjie groet vriendelik en gaan na die volgende huis. Heksie se brousel verbrand, Blommelanders se endkrediete draai en buite in die strate, bars Jakarandas uit hul nate...

“Gelukkig is dit nou klaar en gebeur dit net een keer in ’n paar jaar,” rym Heksie.

Sensustiwiteit

’n Baie Bekommerde Ouer skryf:Hierdie is ’n ope brief aan die bestuurder

van ’n beige-kleurige Volkswagen Fox. Op 14 Oktober om 07:20 het ek in Pierneef-straat jou voertuig opgemerk waar ’n kleu-ter op die voorsitplek gestaan het. Jy was op pad om die kleinding by ’n kleuterskool te gaan aflaai. Ek kan nie verstaan dat jy so onverantwoordelik kan optree om ’n kind se

lewe so in gevaar te stel nie. As jou voertuig in ’n botsing betrokke is, of as jy selfs net baie skerp moet rem, gaan die kleintjie met ’n spoed teen of deur die voorruit trek. Belê eerder in ’n motorstoeltjie of gordel die kind op die agterste sitplek vas. Die kind se veiligheid is belangriker as sy of haar nukke om nie stil in ’n motor te sit nie. Ek is seker jy wil ook nie later met verwyte sit nie.

Spyt kom altyd te laat

Bekommerde inwoner skryf:Ons en ons ouers bly in die Magalies-

kruin-omgewing en moet daagliks by Wabe- kestraat in Braam Pretoriusrylaan indraai.

Ongelukkig het ons mede-inwoners selfsugtig geraak en word daar teen hoë snelhede oor die betrokke stopstraat gejaag. Vir die hoeveelste keer moes ek voorko-mende stappe doen om ’n ongeluk te vermy. Boonop het die bestuurder my geskel.

Ek wil net vir die man sê wat Maandag-aand om 20:15 in sy bruin Jeep oor die stopstraat gejaag het, dat daar ’n 7-jarige kind en 8-maande swanger vrou in die ander motor was.

Asseblief mede-inwoners let op na hoe julle ry. Ek is seker niemand wil met die wete saamleef dat hulle verantwoordelik was vir ’n tragedie en dit net om drie sekon- des vinniger by jou bestemming uit te kom.

Wees bedag

Page 7: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 7www.rekord.co.za

Drop off those jeansNatalie Grobler

Rekord’s Jeans 5 000 project is finally here and those with a pair of jeans to spare can start piling it up from this Saturday until December 15.

This project is an initiative launched by Rekord Charity Fund to collect 5 000 jeans (old or new) or more, to distribute among the poor throughout Pretoria during the festive season.

“We decided that clothing would be the best option this year because it is more durable than toys for instance,” said Adri Bouwer, marketing manager of Rekord.

This project is not only supported by Rekord’s staff, but the Word4Word shop-ping centres came on board with drop-off locations at various shopping centres.

Even the Soviet Group in Pretoria took notice and showed their support by dona- ting 500 jeans to the cause.

Not only did they ‘hooha’ their way into donating jeans, but also agreed to give a discount voucher for a new jean to each person who donates one.

Each person who drops off a jean at the Soviet Group will receive a 25% discount voucher.

Be sure not to miss out on this charita-ble opportunity and get your jeans ready to drop-off at the following locations:

l Atterbury Value Martl The Grovel Woodlands Boulevardl Centurion Malll Rekord’s offices at 32 Orpen Avenue,

Lydiana.

Angelique Gerber is proud to be representing the Jeans 5 000 project that was launched by Rekord Newspapers, to aid the poor during the festive season. Photo: Phillip Bruwer

Suzette van Huyssteen

Vroue van oral in Pretoria het Saterdag die Kerskopie, Kos en Kuier vir Kansa-geleentheid, wat by die Capital Hotel School in Arcadia gehou is, vreeslik geniet.

Gaste is deur Elzabé Zietsman, Amore Bekker en Gretha Wiid vermaak.

Wiid was die gasspreker van die dag en sy het haar gedagtes oor Vrouwees en Kersfees met gaste gedeel.

Verder is die gaste deur die seremoniemeester, Ronel Bezui-denhout, vermaak.

Zietsman en Bekker was die beroemde sjefs by die geleentheid en het ’n paar van hul unieke resepte gedeel, wat die gaste ook kon proe as die spyskaartdisse van die dag.

Die gulde geleentheid was ge-hou om geld in te samel vir Kansa met die oog op borskankermaand.

Die dag was hope pret en elke gas het huis toe gegaan met ’n geskenkpakkie en ’n klein resepteboekie gevul met Zietsman en Bekker se resepte.

Met hierdie resepte gaan kook oor die Kersseisoen maklik en propvol pret wees.

Bekendes ondersteun kanker-geleentheid

Seremonie­ meester van die dag, Ronel Bezuidenhout

en gasspreker van die geleentheid, Gretha

Wiid.

Natasha Barnes en Natalia Poolman was opgetof vir die geleentheid.

Nadia Pretorius en haar ma, Bernadine Human.

Bernice Nel was een van die gelukkige wenners van ’n verskeidenheid pryse.

Page 8: Vol 25 No 24_Noord

8 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

the Restless 11:30 Supernanny 14:30 Paddington Bear 16:00 Shiz Niz 17:30 Medical Detec-tives 20:00 My Name Is Earl 20:30 WWE: Smackdown 21:35 Late Nite News with Loyiso Gola 22:35 Touched 12:45 Miss Polly 01:35 Second Chorus

SABC 108:00 The Bold and the Beautiful 08:30 Isidingo 09:00 Genera- tions 10:30 The Chatroom 11:00 Big Up 13:30 The Media Career Guide 15:00 Matrics Uploaded 17:28 Journeys of Inspiration 18:00 Ses’khona 19:30 News 20:00 Generations 20:30 Skeem Saam 21:30 Cutting EdgeSABC 206:00 Morning Live 08:50 Thabang Thabong 09:20 Cow and Chicken 12:40 Judge Mathis 15:30 Muvhango 16:30 My Ma-tric Dance 18:30 7de Laan 20:30 News 21:30 Speak Out 5 22:00 The Final VerdictSABC 308:00 AM Shopping 09:50 American Idol 10:40 Generations 12:00 The A Team 14:00 All My Children 14:30 Dr Oz 16:30 Days of our Lives 19:00 News 19:30 Isidingo 20:29 News in 60 seconds 20:30 Mating Game 21:00 Special Assignment 21:30 Prison Break 22:00 Accidently on Purpose 23:30 New Adventures of Old ChristineeTV 06:00 Sunrise 08:00 eNews Sunrise 09:00 Rhythm City 10:00 Madam & Eve 10:30 The Young and Restless 11:30 The Show-biz Report 12:00 Downtown Hunters 12:30 Backstage 13:30 WWE: Raw 14:30 Paddington Bear 15:00 Woo 16:00 Craze World Live 16:40 Young and the Restless 17:30 It’s my Biz 18:25 Coca Cola Happiness Machine 19:00 News 19:30 Scandal! 20:00 Mad About You 22:40 Soul’s Midnight 02:20 Blackmail

SABC 109:30 Muvhango 11:30 Judge Joe Brown 12:00 Friends Like These 14:00 Selimathunzi 17:28 Reflections of Faith 19:30 News 20:30 Intersexions 21:00 Live XII 01:00 Music Lounge SABC 2 06:00 Morning Live 08:50 Thabang Thabong 10:50 Ratan-ang 12:40 Judge Mathis 15:00 7de Laan 19:00 News 19:30 Noot vir Noot 20:30 News 21:00 Ditla Bonyane Ke Ditla Boima 21:34 Afro CaféSABC 3 08:00 AM Shopping 09:30 Shoreline 10:30 7de Laan 12:10 Mission Impossible 14:00 All My Children 16:30 Days of our Lives 17:35 Oprah Winfrey Show 18:30 Cricket Magazine 19:00 News @ 7 21:00 Flash eTV09:00 Rhythm City 09:30 Scan-dal! 10:00 Mad About You 10:30 Young And The Restless 12:00 Club 808 12:30 Backstage 13:00 News Day 13:30 WWE Smack-down 16:40 The Young And The Restless 17:30 Medical Detec-tives 18:30 Rhythm City 19:00 News 20:00 Malcolm and Eddy 20:30 Chain Reaction

SABC 109:00 One Day Leaders 10:00 Generations 13:30 Siyaswima 14:50 Laduma 17:25 Sport Results of the Day 18:30 Friends Like These 19:30 News 20:00

national 17:00 WWE: Raw 18:05 AXN Action TV 19:00 News 19:30 How I Met Your Mother 20:00 Bad Boys

SABC 109:00 Generations 10:30 What’s Your Story 11:30 Rate my Date: Relate 13:00 Ses’khona 15:00 Matrics Uploaded 17:00 Teenagers on a Mission 18:30 The Bold and the Beautiful 19:00 My Perfect Fa-mily 19:30 News 20:00 Generations 21:00 Soccer Zone SABC 210:20 Rivoningo 10:50 It’s Gospel Time 14:10 As The World Turns 15:00 7de Laan 16:00 Hectic Nine 16:30 Rough it Out 17:00 Legion Of Super Heroes 17:30 News 18:00 When Duty Calls 19:30 50/50 21:00 Muvhango 21:30 Motswako SABC 309:50 American Idol 10:30 7de Laan 14:00 All My Children 16:40 3 Talk with Noeleen 17:40 Days of our Lives 19:00 News @ 7 20:00 The Ride 21:00 My Family 22:00 CSI Miami 23:00 The Good WifeeTV 09:00 Rhythm City 09:30 e-Shibobo 10:00 3rd Degree 10:30 Young and the Restless 11:30 Great Expecta-tions 15:00 Zoboomafoo 15:30 Skunk Fu 16:00 Sistahood 16:40 The Young and the Restless 19:30 Scandal! 20:00 The Steve Harvey Show 21:00 eKasi: Our Stories

SABC 108:30 Isidingo 09:00 Generations 09:30 Muvhango 10:00 Emzini Wesinsizwa 13:00 Sgud’Snaysi 13:30 Shift 16:00 YOTV Extension 4 Pt 17:00 Ed, Edd and Eddy 18:00 Jozi - Moving the City 18:30 The Bold and the Beautiful 19:30 News 20:00 Generations 20:30 Soul City 22:00 The Unit 3SABC 208:50 Thabang Thabong 10:20 Rivoningo 11:50 Dr Phil 15:30 Mu-

vhango 16:00 Hectic Nine-9 16:30 Keeping it Real 17:30 News 19:00 News 19:30 Huis Van Liefde 21:30 Powerball 21:35 Ke Nako 22:00 The Mo’Nique Show SABC 308:00 AM Shopping 09:00 Celebs Biographies 10:30 7de Laan 11:00 Generations 13:00 News 14:50 Oprah Winfrey 16:50 3 Talk with Noeleen 17:40 Days of our Lives 20:00 Top Billing 21:00 The Good Wife 03:00 Mission ImpossibilityeTV 09:00 Rhythm City 09:30 Scandal 10:00 The Steve Harvey Show 10:30 Young and the Restless 11:30 Great Expectations 12:30 Backstage 15:00 Dennis the Me- nace 16:00 Frenzy 16:40 The Young and the Restless 19:00 News 19:30 Scandal! 20:00 Planet’s Fun-niest Animals

SABC 109:00 Generations 09:30 Muvhango 11:30 Judge Joe Brown 13:30 It’s Just I’spani 15:00 Matrics Uploaded 16:00 YOTV Extention 4 17:28 Listen for a Moment 18:00 Seli-mathunzi 19:00 Daddy’s Girls 20:00 Generations 21:00 Khumbul’ekaya 22:00 Laduma: Telkom Knock-OutSABC 206:00 Morning Live 09:20 Cow and Chicken 11:50 Dr Phil 13:25 Days of our Lives 15:00 7de Laan 16:00 Hectic Nine-9 16:30 Wise Up 17:00 Legion of Super Heroes 17:30 News 18:00 Nhlalala Ya Rixaka 18:30 7de Laan 19:00 News 19:30 Pasella 21:30 Stokvel 22:00 Jacob’s Cross 23:00 Matrix UploadedSABC 308:00 AM Shopping 09:30 Top Gear 10:40 Generations 11:10 Isidingo 12:10 Mission Impossibility 13:00 News 14:00 All My Children 16:45 Days of our Lives 19:30 Isidingo 20:00 The Voice 23:00 Prison Break 04:00 3 Talk With NoeleeneTV 09:00 Rhythm City 09:30 Scandal! 10:00 3rd Degree 10:30 Young and

Laduma: Telkom Knock-OutSABC 2 07:00 Weekend Live 09:00 House Call 10:30 Hack Shack 12:30 Mother of All Professions 13:00 Muvhango 16:00 The Perfect Man 18:00 News 20:00 America’s Got Talent 21:00 The Mo’Nique Show SABC 3 06:00 I am a Work of Art 07:00 Jimmy Two Shoes 08:00 Kim Pos-sible 09:00 Techno Geeks 12:00 30 Rock 16:00 Charly’s Cake Angels 18:00 Celebs Biographies 19:00 News 21:30 Law & Order 22:30 CSI Miami 00:30 Super Sweet Sixteen 04:30 The A Team eTV07:30 Little Lulu Show 08:30 Lazy Town 09:05 Sistahood 09:30 Rhythm City 11:30 WWE Bot-tomline 13:00 Malcolm and Eddie 16:00 WWE: Vintage Collection 17:00 WWE: NXT 18:05 AXN Action TV 19:00 News 19:30 So What 20:00 Roll Bounce

SABC 108:00 Captain Planet and the Pla-neteers 08:30 Samurai Jack 10:00 Spirit Sundae 11:30 Agape 12:00 Imani - The Devine Spark 12:15 An Nur V (Muslim Mag) 14:00 Soccer 411 14:50 Laduma: Telkom Knock-Out 17:30 Gospel Gold 18:00 Roots 19:30 News SABC 208:30 What does God think of us 10:00 2011 RWC Final (Live) 12:00 Wrap Up 15:30 7de Laan 18:00 News 18:30 Fokus 19:30 News 21:00 Man Made MarvelsSABC 307:00 Madam Meerkat 08:00 Meet Joe Food 08:30 Take a Trip 12:00 Isidingo Omnibus 13:00 The Ride 18:00 National Geographic 19:00 News @ 7 21:30 Interface 01:00 Special AssignmenteTV 09:00 Hillsong 09:30 Tom and Fluffy 09:35 Cool Catz 10:30 Shiz Niz 11:00 TJ Hooker 12:00 UEFA Magazine 16:00 Fear Factor Inter-

tvGUIDE

Friday, October 21

Saturday, October 22

Sunday, October 23

Monday, October 24

Tuesday, October 25

Wednesday, October 26

Thursday, October 27

l Events will not be accepted over the phone. Fax to 086-645-6764 or e-mail [email protected] or [email protected] or post to PO Box 8261, Pretoria, 0001.l Only events not aimed at profit/product selling, will be placed for free. Publication is not guaranteed.l Deadlines are strictly Wednesdays at 12 noon for the next week’s edition.l Events aimed at profit and events for guaranteed publication can be placed at a nominal fee. Contact Small Hits on 012-842-0321 or fax 086-590-9648 or e-mail at [email protected]

Ontspanning

l 3km Pretloop. Kom geniet Jannie Grobler se musiek na afloop van pretloop. Kos en stalletjies 22 Okt om 07:00. 194 Gloverlaan, Lyttel-ton. Tel 012-664-1858. RA/0499911

l Breek weg na die bos. Sien groot 5 diere. Enkellopendes welkom. Johann 083-432-9052 . RA/0497421

l Do you have a score to settle with someone? Challenge them at tug-of-war on Nov 4 from 16:00. Gezina, Toutrekpark. Categories: Primary and high schools, women, men, families and more. Stalls, fun for all in aid of Madelé Ludike Scoliosis Fund. Tel Suzette 082-821-6254.

RA/0498454

l Erasmus Kasteel. Geniet ’n toer deur dié Victoriaanse spookhuis op 22 en 29 Okt van 10:00-12:00. Bespreek dr Roos 012-803-1632 RA/0497785

l Nell se solovertoning vind op 26 Okt by Café Barcelona en 3 Des by Lemon Jack-teater plaas. Nell 072-436-0450. RA/0499858

l Oud-Affiebond bied ’n vonkel-ontbyt op 29 Okt om 09:30 in die Louisa Venter-sentrum aan. Bespreek voor 17 Okt. Marlene 083-460-5486. RA/0499134

l Rekorvoce-wenner 2011 Frank Panaou en The Sticky Triggers Big Band bied Frank Sinatra Live by Atterbury-teater op 29 Okt om 14:30 en 20:00 aan. Tel 012-346-0755. RA/0499851

l Sit jou hoed op en kom geniet ’n vroueoggend saam met NG-kerk Wesmoot en Natasha Joubert in die tuin. 29 Okt om 10:00. Daar sal ook

uitstallers wees en hope pryse te wen. Willanie 082-338-7055. RA/0499821

Kuns

l Art courses - Includes all art materials & lunch. Oils & acry-lics - Nov 11, 12 & 13. Dec 5, 6 & 7 Neil Moss 083-306-1635. See website www.neilmoss.co.za. RA/0499557

l Kuns in die Park. Magnolia-dal 22 Oktober 2011. Uitstalling van oorspronklike skilderye. 08:00-15:00. 073-466-6942.

RA/0499185

Charity

l Famsa bied berading vir huwe-liksprobleme, kinderberading en trauma-ontlonting aan. Tel 012-460-0733. RA/0496291

l Harmoniehof vir bejaardes, Mearstr 125, Sunnyside, bied op 22 Okt om 09:30 Carel Trichardt en Petru Wessels met Toentertyd se dinge en vandag se grille en giere, ten bate van die tehuis se siekeboeg aan. Spreker: Dr Elma Kruger. Tel 012-440-3357. RA/0499179

l LifeLine Pretoria provides free confidential telephone, face-to-face, rape, trauma, HIV/Aids and bereavement counselling. Crisis line 012-804-3619, rape line 082-340-2061 and appointments 012-804-1853. RA/0499823

l NG-kerk Pierneef bied ’n konsert met Izak Davel ten bate van die Alfa en Omega Spesiale Sorgsentrum en die Dawid Kriel-trustfonds op 21 Okt om 19:00 by NG-kerk Rietfontein-Noord aan. Michelle 083-438-3501. RA/0499182

Skole

l Hoër Tegnologiese skool John Vorster in die Moot bied weer hul jaarlikse krieketaandreeks van 24-27 Okt aan. Skole wat meeding is H/s Montana, Wonderboom en Oos-Moot. Kosstalletjies en vermaak beskikbaar. Lize 082-446- 1599. RA/0499827

Markets

l New food/craft market now available at busy Pick n Pay centre. SMS 076-939-7300. RA/0498181

l Die FarmCity-mark is elke Sa-terdag van 09:00 tot 13:00. Bring die hele gesin om saam te eet en kuier. Heerlike plaasatmosfeer en stalletjies met vele eetgoed en produkte. Kinders kan op ’n trekker klouter en plaasdiere voer. H/v Atterbury- en Olympusweg. Tel 073-448-7835. RA/0494993

l Die Gereformeerde-kerk Eloffs- dal hou markdag op 29 Okt van 09:00. Laerskool Mayville. Trom- poppies, krieket, uitstallers, talent- kompetisie, kos en gebak. Uitstal-lers welkom. Tel Stephan 074-561-8777. RA/0498462

l Hervormde-kerk Derdepoort, Swaanstraat, East Lynne, hou ’n môremark op 5 Nov. Uitstallers welkom. Jan 073-141-1927. RA/0499826

l Magaliesskool Kersmark by die skool van 29 Okt tot 5 Nov van 09:00-19:00. Koop handwerkge-skenke wat leerlinge self gemaak het. Tel 012-330-0168. RA/0497801

l Ons Huis, Elarduspark, bied hul Kersmark op 5 Nov om 08:00 aan. Rolien 012-345-6130. RA/0499166

l Seniorstuis-dienssentrum by Ons Tuis Riviera hou Kersmark 4 en 5 Nov. Uitstallers welkom. Dalene 082-707-9709. RA/0499248

l St Pauls Church, 483 Proes St, Cnr Beatrix St, Arcadia, hosts a moneyraising morning market on Oct 29 from 08:00 till noon.Home-made treats, Tshisa Nyama, jumping castles and water slides, antiques, used furniture, clothes, fruit and veg, grocery items and books galore. RA/0499417

l The Holy Cross Home and hos- pice in Suiderberg (Lady Sel-bourne) hosts a fête. Oct 29. 08:00-14:00. Sarel St, Suiderberg. Tel 079-203-5437. RA/0498455

l Wierdabrug CPF sectors 1 and 3 hosts a moneyraising jumble sale on Nov 5 at 09:00. Support the fight against crime by donating items for sale. Paul 076-936-0429. RA/0497775

Lectures

l Divorced or separated - what and where now? Network and support seminar Oct 22-23, Irene. Mark 071-691-9434. RA/0497754

l Grey Power presents a half-day seminar titled Creative ageing for Seniors on strategies for wellness and longevity, financial wellness and more at the Coca-Cola Dome from Oct 28-30. Rene 011-549-8300. RA/0499848

l Newkloof-inwonersvereniging se jaarvergadering vind op 25 Okt om 19:00 by NG-kerk Pta-Oostelig, Waterkloof Glen plaas. Wilhelm 012-348-2932. RA/0499853

l SA Business Index ontmoet by Pumulani Lodge, Plot 14, Kameel-

drift-Oos op 27 Okt om 15:00. Spreker is Lauren Fleiser. Mariette 072-744-2027. RA/0499160

l What is Intuition? How can it be developed and used creatively in dealing with humans, animals and in daily life? By Dale Fox, Oct 21 at 19:00. Julia 073-665-6319.

RA/0499591

Klubs

l ATKV-Tonteldoos bied op 2 Nov om 15:00 ’n orrelfees met Gideon Brits by NG-kerk Faerie Glen aan. Tel 072-264-8670. RA/0499852

l Brooklyn Mall and the South African Cake Decorators’ Guild hosts The Sugarcraft Show at Brooklyn Mall from Oct 27-30. Tel 083-309-3272. RA/0499860

l Centurion-blommeskou in ver-skeie kategorië vind van 19-23 Okt by Mall@Reds plaas. Mitsie 082-337-6470. RA/0499162

l Kallimogilde vergader elke tweede Saterdag om 14:00 by 32e Laan 929, Villieria. Afsluiting 12 Nov. Annatjie 082-578-3106. RA/0499141

l Pretoria Amateur Banjo- en Mandolienklub. Ontmoet 2de Vrydag 18:00. Tel Johan 078-281-0220. RA/0498461

l Vital Communicators Toast-masters Club meet every second and fourth Monday 18:30 Groen-kloof. Tel 082-569-3302. RA/0498459

Religion

l Emmanuel Evangelie Pinkster-kerk, Claremont, soek orkeslede. Instrumente is beskikbaar. Diens Sondae om 09:00. Willem 083-958-0745. RA/0499176

l H/s Standerton 1961-matrieks. 50e reünie 22 Okt 09:00. The Willows Country Lodge, Lynn-woodweg. Tel Hartwig 082-269-9149. RA/0498498

Musiek

l AfriForum Afrikaanse musiek-fees. 12 Nov. 07:00-15:00, Voor-trekkermonument. Toegang gratis. Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Lianie May, Elizma Theron, Pieter Koen en nog 25 ander bekendes. Tel 086-102-0030. RA/0499814

Page 9: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 9www.rekord.co.za

Produksie maak opslae’n Trotse Seder val in Waterkloof­span wat hierdie jaar as die produksie met die meeste kaartjieverkope ty­dens InnieBos bekroon is met akteurs Gigi, Adriaan van As, Janel Jordaan, Albert Maritz (regisseur) en Jana Fischer.

Morula Casino and Hotel in Mabopane presents the hot South African band, Freshlyground, live on November 4 at Morula Sun, Leseding Arena.

Freshlyground promises to de- liver an energetic show with vo-cals, bass, drums, keyboards and guitar, rounded off with the violin, flute, sax and the traditional Afri-can mbira.

Fans can expect to hear many of their old favourites in addition to newer hits of their recently released album, Radio Africa.

Radio Africa is the band’s fourth studio album and has al-ready gone gold.

While putting the finishing touches to the album in New York, Freshlyground was selected to co-perform Waka-Waka, the official song for the 2010 World Cup tournament, which they re- corded and performed with Co-lombian singer Shakira.

The band was formed in 2002. It consists of Zolani Mahola on

lead vocals, Josh Hawks on bass and backup vocals, Seredeal Scheepers on keyboard and per-cussion, Kyla-Rose Smith on violin and backup vocals, Simon Attwell on flute, mbira, harmoni-ca and saxophone, Julio Sigauque on lead electric and acoustic gui-tar and Peter Cohen on drums.

In 2009 they did four sold-out tours of Europe. This included China, America and Canada, part of their tour for the first time, making them one of only a hand-ful of South African bands to achieve success both at home and internationally. Other accolades include winning the MTV Europe Award in the category of Best African Act in 2006 and several local Sama Awards.

The show starts at 20:00 and tickets are available from Com-puticket.

Be entertained by local sounds

Catch Freshlyground live at Morula Casino and Hotel on November 4.

Ané Roux

Vier vertonings van hierdie jaar se topproduksie, ’n Seder val in Waterkloof, deur PG du Plessis, was uitverkoop vroeër vanjaar tydens die InnieBos-kunstefees.

’n Vyfde vertoning se kaartjies is ook soos soetkoek opgeraap oomblikke na die ekstra vertoning aangekondig is.

Vir dié rede is die produksie onlangs met die toekenning vir

die meeste kaartjieverkope vereer. Albert Maritz, met sy uit-

stekende regie en rolverdeling, het daarin geslaag om hierdie jaar die trofee vir die mees gewilde produksie in te palm.

Maritz en sy akteurs is tydens ’n spesiale toekenningsgeleent-heid in Johannesburg vereer met Die Geveerde Vrou deur beeld-houer, Arend Eloff.

Dié beeld simboliseer kreati-witeit en oorspronklikheid en dít

is presies wat van hierdie klug so ’n vuurwarm sukses gemaak het.

“Ek is trots op die akteurs en ook dankbaar vir die teatergangers wat ons ondersteun het. Dis deur kunstefeeste soos Inniebos wat akteurs, regisseurs en skrywers in die kunste ’n bestaan kan maak,” het Maritz gesê.

Hy is ook tydens Aardklop as beste regisseur vir die produksie Mooi Maria bekroon.

Page 10: Vol 25 No 24_Noord

10 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Page 11: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 11www.rekord.co.za

Page 12: Vol 25 No 24_Noord

MOTORING12 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Ford South Africa recently bade farewell to ecstatic South African Idols winner, Dave van Vuuren, as he took to the road in his brand new personalised Fiesta 1.6 Sport after the nail-biting finale of the reality TV show.

A few months ago, the top nine aspiring Idols designed their ideal Fiesta exterior and Ford applied both Dave and Mark’s designs to the cars earlier this week.

Dave finally got to drive off in his eye-catching creation, with Mark’s designed Fiesta going to the winner of the Idols viewer competition.

“Idols South Africa has been a great expe-rience and I am so excited about winning the Fiesta 1.6 Sport. It is the cherry on top of a fantastic, but exhausting few months. I chose to design my car with a third eye and lyrics of the very first song I wrote. This symbol-ises that my heart and mind is connected with my music. I just want to thank Ford

for being part of this huge opportunity and giving me such a cool car to drive. You will definitely see me on the roads rocking my Fiesta,” said Van Vuuren.

This is the second year that Ford has been a major sponsor of Idols South Africa.

“We had such fun with the contestants this year,” commented Dean Stoneley, Ford’s vice president of marketing and sales.

“From designing the exterior of the Fiestas to asking the entrants to put the car through the ultimate road test, we’ve really enjoyed getting to know the contestants and congratulate Dave for the big win. We wish him all the best for the future and will be keeping a close eye and ear on his career.”

South Africa’s new Idol, Dave van Vuuren, with his personalised Ford Fiesta 1.6

Sport, one of the prizes he won when he was chosen as the new Idol.

Ford sponsors winner’s personalised car

• • • Advertorial • • • RA/0499095

De Graaf Under-Car Pretoria-Noord is van 1 Oktober onder nuwe bestuur. Lou-rens en Liezl Lemmer is die trotse nuwe eienaars van hierdie onderneming wat in Danie Theronstraat 293 geleë is.

De Graaf Pretoria-Noord lewer ’n wye verskeidenheid dienste. Hierdie onderneming spesialiseer in uitlaats-telsels en doen mega-niese werk aan alle voertuie.

De Graaf Pretoria-Noord bied ook klein en groot motordienste aan.

’n Verdere diens wat ook aangebied word, is ’n gratis veiligheidsondersoek, sodat u die langpad met ’n geruste hart

kan aandurf. Nog ’n bykomende gratis diens van

De Graaf Pretoria-Noord, is ’n insleep-diens as ’n kliënt se voertuig onklaar

sou raak en De Graaf Pretoria-Noord die probleem herstel.

Motoriste word aangemoedig om die pers dop te hou vir fantastiese aanbiedinge tydens Kerstyd.

De Graaf Preto-ria-Noord se besig-

heidsure is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 08:00 tot 13:00.

Navrae: 012-546-6660/1 of e-pos [email protected].

De Graaf onder nuwe bestuur

Page 13: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 13www.rekord.co.za MOTORS

Dis vanjaar die tiende her-denking van die Studebaker-klub van Suid Afrika se jaarlikse mo- torskou by die Smutshuis-mu-seum in Irene.

Die skou begin op 23 Okto-ber en die hekke open reeds om 08:00.

Vir liefhebbers van ou motors is hierdie skou gewoonlik ’n hoogtepunt op die kalender.

Soos gewoonlik word ander motorklubs soos Ford, Chevrolet, Mini, Borgward, om net ’n paar te noem, genooi om ook hul ou pronkstukke van toentertyd uit te stal.

Daar is elke jaar ook nuwe verrassings van modelle wat

nog nie op die Studebaker-skou te sien was nie en dan skielik êrens vanuit ’n motorhuis hul verskyning maak, na maande se mooimaak.

Behalwe die ou strydrosmo-tors gaan daar ook weer ’n vlooi-mark, verversingstalletjies en ’n kroeg en restaurant wees om in belangstellendes se behoeftes te voorsien.

Die ‘kar van die dag’ sal boonop deur skougangers aan-gewys word.

Besoekers sal die beoordelaars wees om ’n wenner vir die dag aan te wys.

Navrae: Detlev by 082-458-6078.

Goue oues pronk by tiende herdenking

Klassieke ou Stude­baker­motors soos hierdie sal te sien wees op hul jaarlikse motorskou.

Page 14: Vol 25 No 24_Noord

PROPERTY14 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Eiendom onder druk kan winskopie weesEiendomme onder druk wat die afgelope

twee jaar te koop aangebied is, het talle kopers die geleentheid gebied om die eien-domsmark vir die eerste keer te betree of om teen ’n afslag beter eiendom te koop.

Sulke eiendom word nie altyd op hul beste bemark nie want sommiges kan inder-daad baie verwaarloos voorkom en dit kan ’n valkoog vereis om die ware potensiaal raak te sien, het Hano Jacobs, uitvoerende hoof van die Realty 1 International-eien-domsgroep, gesê.

“Eienaars wat nie meer hul verband-

betalings kon bekostig nie sou ooglopend nie veel geld hê om hul eiendom goed in stand te hou nie. Kopers loop natuurlik die gevaar met eiendomme wat deur die bank teruggeneem is dat lang versuim om noodsaaklike onderhoud te doen nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie en dit kan hulle duur te staan kom wanneer dit by herstelwerk kom.

“Sogenaamde ‘eiendom onder druk’ is ’n ander geval. Sulke eiendom word gewoon-lik verkoop voordat eienaars te diep in ’n geldelike penarie beland en die meeste is

beslis ’n tweede besoek werd om te kyk of die onderliggende struktuur van die huis in goeie toestand is,” het Jacobs gesê.

Verbruikers wat dit oorweeg om sulke eiendom te koop behoort verskeie faktore in aanmerking te neem om te bepaal of dit ’n winskopie is of nie.

Vermy eiendom met groot krake, dakke wat erg lek en klam mure. As jy ’n huis kry waarvan jy hou behoort jy dit professioneel te laat inspekteer voordat jy ’n aanbod maak.

Vra die huisinspekteur om ook die

elektriese stelsel, loodgieterwerk en enige gasstelsels na te gaan en maak seker dat die verkoper die nodige dokumente kan toon dat dié stelsels onlangs as veilig gesertifi-seer is. In sommige gebiede is ’n sertifikaat vir houtboorders ook ’n vereiste.

Moenie toelaat dat meubels, gordyne, matte en die kleure van die verf jou afskrik nie.

“As al dié elemente na smaak is en die huis ’n goeie ligging het, sal slim kopers nie op hulle laat wag nie,” het Jacobs gesê.

Page 15: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 15www.rekord.co.za

LOST & FOUNDRekord publishes this column on animals

lost and found as a special service to the community.

Rekord lewer ’n spesiale diens aan die gemeenskap in die rubriek oor diere wat verlore of gevind is.

l ’n Chihuahua is onlangs in Theresa-park gevind. Sy is onlangs gesteriliseer. Navrae: Akasia-dierekliniek by 012-527-0034.

l ’n Aggressiewe keeshond (chow) is onlangs oorkant die Maroela-hotel in Preto-ria-Noord gevind. Die hond is na Akasia-dierekliniek geneem. Navrae: Akasia-die-rekliniek by 012-527-0034 of Angelique by 072-264-1341.

l ’n Bruin kruisinghond met bruin oë is 2 Oktober in die Ninapark-omgewing gevind. Die hond lyk soos ’n groot York-shire-terriërkruising.

Navrae: Charmaine Sirakis by 083-557-8956.

l Residents can e-mail Wetnose Animal Rescue centre the details and photographs of their missing or found pets. Enquiries: [email protected] or 013-932-3941/2 or for emergencies phone 082-677-8084.

l Onderstepoort Veterinary hospital re-ceives many animals off the street and your missing pet might have been taken in.

Dogs and cats that no one has claimed are also rehomed for the fee of sterilisation, vaccination and a microchip.

Enquiries: Onderstepoort’s outpatients section on 012-529-8016.

Leave your dogs in the Tshwane SPCA’s care and enjoy your holiday. Dogs are accommo-dated in hygienic, safe and secure fa-cilities. Dog board-ing facilities are available at Waltloo and Centurion and cat boarding facili-ties are available at Centurion only. Enquiries: www.spcapta.org.za.

•NOTICE•

This Jack Russell terrier’s kennel number is D6 and his disk number is D07095. Enquiries: Tshwane SPCA on 012­803­5219.

Page 16: Vol 25 No 24_Noord

16 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Page 17: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 17www.rekord.co.za

Page 18: Vol 25 No 24_Noord

18 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Page 19: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 19www.rekord.co.za

Page 20: Vol 25 No 24_Noord

20 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Tel: 012 842 0321 • Faks: 012 842 0319 • www.rekord.co.za • [email protected] CENTURION SPERTYD: MAANDAG 12:00 vir dieselfde week / ANDER REKORD-KOERANTE: SPERTYD: WOENSDAG 12:00 vir daaropvolgende week • Kantoorure: 8:00 - 16:30

VOORWAARDES VIR AANVAARDING VAN ADVERTENSIE:LW:

LW:

Rekord behou hom die reg voor om enige advertensiebestelling wat aanvaar is, terug te hou of te kanselleer.Rekord aanvaar verantwoordelikheid vir net een foutiewe plasing. Adverteerders word aangeraai om hul advertensie op die eerste dag van publikasie te kontroleer

vir moontlike foute. GEEN gratis plasing of krediet sal toegestaan word as gevolg van klein tipografiese foute wat nie die waarde van die advertensie skaad nie.Kansellasie van ’n plasinginstruksie kan òf skriftelik òf telefonies geskied, maar moet Capital Media se advertensie kantoor minstens 3 (drie) dae voor die

publikasiedatum bereik. Vir telefoniese kansellasies moet ’n kansellasienommer verkry word. Telefoniese instruksies moet dadelik skriftelik bevestig word.Capital Media kan enige advertensieooreenkoms kanselleer indien die adverteerder versuim om sy rekening binne die tydperk soos ooreengekom, te betaal.

Geklassifiseerd

Page 21: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 21www.rekord.co.za

Page 22: Vol 25 No 24_Noord

22 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011 www.rekord.co.za

Die Voortrekkers vier vanjaar hul 80e bestaansjaar en het nasionale erfenis-projekte ter viering daarvan van stapel gestuur.

Een van die projekte wat aangepak is, is die opknap-ping van die Wonderboom-fort wat in die Wonder-boom-natuurreservaat op die Magaliesberg geleë is.

Op 17 September het die Voor-die-berg-, Noordpos-,

Kaptein Jack Hinden-, Die Kruin- en Arbeidsvrede-kommando’s die fort gaan skoonmaak.

Kinders van graad 0 tot 4 het rommel verwyder en bossies uitgetrek terwyl die ouer kinders en verkenners grafitti van mure verwyder en staalpilare en ysterhekke geverf het.

Op Erfenisdag, 24 Sep-tember, het die betrokke

kommando’s by Laerskool Wonderboom bymekaarge-kom en ’n fakkeloptog ge- hou na die fort, waarna die projek amptelik aan die ge- meenskap bekendgestel is.

Voor-die-berg Voortrek-kerkommando het ook later daardie week ter viering van die Voortrekkers se 80e bestaansjaar kolwyntjies by Laerskool Wonderboom uitgedeel.

Promotion

Game’s donation of R180 000 fully fitted Ama-lunchbox kitchens will ensure that more than 2 000 pupils at Bathabile Primary Farm School and Isekelo Primary School will receive nutritious, hygieni-cally prepared meals.

Jan Potgieter, Game’s CEO, with teams from Game Brooklyn and Kolon-nade handed over the dona-tion to the principals of the two schools in September.

A total of four Ama-lunchbox container kitchens will be donated to schools around Gauteng this month, bringing Game’s total investments so far to R6,9-million.

“The South African

constitution stipulates that every child has the right to basic nutrition,” said Potgieter.

According to Statistics South Africa, during 2008, 140 000 children in Gau-teng and over 3,3 million children nationally lived in households where they of-ten or always went hungry.

For more than 70% of pupils at Bathabile Prima-ry Farm School, the food supplied via the feeding scheme is their only gua-ranteed meal.

Many of the children at Bathabile have lost one or both parents and are cared for by grandpa-rents or relatives.

The principal of Batha-bile, Ramshite Kotu, was excited to receive the dona-

tion.“We are delighted to

receive an Amalunchbox kitchen, which is a tribute to the school’s governing body, staff members and pupils,” he said.

Daniel Nyaka, principal of Isekelo Primary School, said the kitchen would be a great help to the school.

“I feel blessed and I would like to thank Game because our social challen-ges will be lessened and hungry and needy pupils will benefit.”

An Amalunchbox kit-chen is a container kitchen fitted with a four-plate gas burner, double bowl sink, stainless steel counters, shelving, cooking pots, serving spoons and plates and spoons for every pupil.

Better nutrition for pupils

Voor­die­berg Voortrekkerkommando het op 30 September kolwyntjies by

Laerskool Wonderboom uitgedeel ter viering van die Voortrekkers se 80e bestaansjaar. Elke leerling en

onderwyser het ’n kolwyntjie gekry om die geleentheid te vier. Hier staan

kommandoleier, Gary Hendry.

80 jaar van tradisie

Langafstande geen probleem vir dié span nieFortis Noord het 43 atlete wat die Gauteng­Noordlandloopspan gehaal het. Die o.11­meisies van dié span het tydens die Gauteng­Noordkampioenskap skoonskip gemaak en die eerste plek ingepalm. Voor van links is Alicia Cochriane, Mzhane Potgieter, Zandre Potgieter, (agter) Rose Cuthbertson, voorsitter van die klub en Petro Kuhn, ondervoorsitter. Fortis Noord is ook as die sterkste klub in Gauteng aangewys na soveel lede vir die Gauteng­Noordspan gekies is.

Page 23: Vol 25 No 24_Noord

REKORD NORTH FRIDAY OCTOBER 21, 2011 23www.rekord.co.za

Die Blou Bulle se Oud-Spe-lersvereniging se jaarlikse Blou Bul-makietie word vanjaar op 28 Oktober by die Gecko Ridge-onthaalterrein in die ooste van Pretoria aangebied.

Gaskunstenaars soos Danie Niehaus en die stemkunstenaar wat die Springbokafrigter, Peter de Villiers op Radio Jacaranda namaak, sal optree.

Die president van die Goue Leeus-rugbyunie, Kevin de Klerk, sal as gasspreker optree.

Bespreek ’n tafel vir tien

mense en kom skuur skouers met Bloubul-legendes soos Frik du Preez, Naas Botha, Wynand Claassen, Burger Geldenhuys, Adolf Malan, Darius Botha en Tommy du Plessis. Dit is rugby-ondersteuners se kans om saam met die kenners en oudspelers te kuier na ’n lang en vol seisoen.

Die seremoniemeester is Hugh Bladen en ander sportsterre soos Corrie Sanders en Clive Rice sal ook teenwoordig wees.

Navrae: Juanita da Matta by 084-514-5180.

Oud-rugbyspelers hou weer makietie

Die vakbond Solidariteit se Helpende Hand-beweging bied hul jaarlikse gholfdag 26 Oktober by die Magaliespark-gholfklub naby Hartbeespoortdam aan.

Die opbrengs van die gholf-dag sal aan die Helpende Hand-beweging in Silverton se fondse gaan om dit aan te vul.

Dié tak bestuur ’n sopkombuis by ’n kamp in Derdepoort waar

kos, klere, komberse en ander noodsaaklikhede aan behoeftiges verskaf word. Die gholfdag sal in die Better ball Stableford-formaat gespeel word en spelers word ge-nooi om in vierballe in te skryf.

Inskrywingsfooie sluit baan-fooi, ’n geskenkpak, halfweg- huiskoste en die aandfunksie in.

Navrae: Allen Lourens by 082-784-3449.

Speel gholf vir goeie doel

Koos Venter

Vodacom se Shosholoza Bokke-veldtog, wat rondom die rugby wêreldbekertoernooi aangebied is, het geluk vir die jong Andrew Christie van Centurion gebring.

Christie en sy vriend, Brad Gray, het reeds op 12 Oktober vir twee weke Nieu-Seeland toe vertrek om daar, op Vodacom se onkoste, die res van die wêreld-bekertoernooi eerstehands te beleef.

Dié twee vriende het, na hulle die advertensie vir Vodacom se kompetisie gesien het, besluit om iets spesiaal te probeer doen sodat hulle sonder twyfel die beoorde-laars se aandag sou trek.

Uiteindelik het hulle 40 ver-skillende opnames gemaak en elke opname het ’n sentrale tema gehad. Die twee manne, wat se- dert hul skooldae aan Pretoria Boys’ High al boesemvriende is, se idee was om soveel aandag met hul kreatiewe pogings te trek, dat die beoordelaars hulle eenvoudig nie kon miskyk nie.

Uiteindelik is hulle beloon en een van hul opnames is saam met vier ander uit 25 000 inskrywings as die vyf wenners gekies. Nou lê die geleentheid van ’n leeftyd vir hulle voor, want hul prys is ’n hele R200 000 werd.

Christie, ’n derdejaar B.Com entrepreneurskap-student by Tuk- kies, vertel dat dit sy eerste be-soek aan Nieu-Seeland is. Hy was wel al in Europa en Suid-Ameri-ka, maar hierdie toer span vir hom die kroon.

Wat kan dan nou lekkerder wees vir twee rugbymal jongman-ne om vir twee weke in ’n land soos Nieu-Seeland te toer en dan nog boonop deel van die rugby wêreldbekertoernooi te wees?

Christie is self ’n kranige rug-byspeler wat gereeld vir Varsity Old Boys in Tukkies se koshuis-liga as flank of haker uitdraf.

Uiteraard is hy en Gray teleur- gesteld dat die Springbokke uit-geskakel is maar Christie, wat ten spyte van sy plaaslike wortels ’n groot Sharks-ondersteuner is, sien steeds uit na die toer.

Boesemvriende wen droomprys

Andrew Christie van Centurion kyk weer na sommige van die meer as 40 video­opnames wat hy en sy vriend ingestuur het na Vodacom se kompetisie wat bekendgestaan het as die Shosholosa Bokke-veldtog. Hulle was uiteindelik een van die vyf wenners van dié gesogte kompe­tisie.

The Pretoria-based side, Gau-teng North Wheelchair Basketball team, successfully defended the Vodacom Cup trophy when they won their clash against Eastern Cape 59-55 in the finals.

The men from Pretoria trailed in the first two quarters and their high pointers, Richard Nortjé and Stuart Jellows defended well and helped their team to dominate the last two quarters. Gauteng North recorded a deserved 59-55 victory.

The Eastern Cape team was a house on fire but inaccurate shoo-ting and pressure affected their game in the last two quarters.

The Gauteng North captain, Kobus Oeschger, was excited about his team’s achievement.

“We are the first team to suc-cessfully defend the Vodacom trophy and that’s an achieve-ment,” he said. Gauteng North won the Vodacom Cup trophy for the first time last year when they beat North West Province and successfully defended the trophy on Saturday.

“Eastern Cape is a good young team. I think they lost this game due to a lack of experience. They represent the future of wheelchair basketball in the country.”

The 2011 Vodacom Cup win-ner, Gauteng North, walked away with R10 000.

The managing executive at Vo-dacom Marketing, Enzo Scarcella,

Team retains Vodacom Cup

Two players in action in the recent Vodacom Cup Wheelchair Basket­ ball final between Gauteng North and the Eastern Cape. The men from Gauteng North won the game to retain their title as Vodacom Cup champions.

congratulated the 2011 winners. He said the Vodacom Cup has

been a platform to unearth talent for the past 12 years. It has ful-

filled the dreams of many upcom-ing wheelchair basketball players and they are happy to be part of this event.

Koos Venter

Dis nie aldag dat ’n speler 297 lopies in ’n meerdaagse krieketwedstryd slaan en dan nie as Man van die Wedstryd aangewys word nie.

Dít was die lot van die briljante Titans openingskolwer, Jacques Rudolph, in verlede week se SuperSport-wedstryd teen die Highveld Lions in Pot-chefstroom, wat met 243 lopies deur die Titans gewen is.

Rudolph het weer gewys dat die nasionale keurders hom eenvoudig nie kan ignoreer vir die toetse teen Australië en Sri Lanka wat eersdaags begin nie.

Rudolph het in die Titans se eerste beurt 210 lopies gemoker, meer as die helfte van sy span se eerste beurt totaal van 406 lopies.

Die enigste ander noemens-waardige telling in dié beurt was Tumelo Bodibe se 58.

Die Lions het met 306 geant-woord en hulle is veral geteister deur die boulwerk van twee op-komende sterre, Hardus Viljoen (vier paaltjies vir 61 lopies van 15 boulbeurte) en David Wiese (drie paaltjies vir 69 lopies van 16 boulbeurte).

In die tweede beurt het Ru-dolph weer sy deel met 87 lopies gedoen. Dit was egter Wiese se

verstommende 124 lopies van net 130 balle wat die Titans in ’n byna onaanvegbare posisie geplaas het.

Wiese is uiteindelik met die Man van die Wedstryd-titel be-loon toe hy in die Highveld Lions se tweede kolfbeurt boon-op vier paaltjies vir net 34 lopies in 15 boulbeurte geneem het.

Hy is goed bygestaan deur Viljoen en Paul Harris, wat elkeen drie paaltjies kon laat kantel.

Met hierdie oorwinning het die Titans hul eerste plek op die punteleer verstewig voordat hulle die Cape Cobras vanaf 27 Okto-ber in Benoni pak.

Kolwer veg vir sy spanDie Titans se openingskolwer wys sy slag vir die keurders

Die Nashua Titans se briljante kolwer en gewese kaptein, Jacques Rudolph, het weer die afgelope week gewys dat die nuwe afrigter van die Proteas, Gary Kirsten, hom nie vanjaar sal kan ignoreer nie. Rudolph het die boulers van die Highveld Lions moede­loos gekolf in die SuperSport­reeks wedstryd in Potchef­stroom. Foto: simondp@actionimage

Page 24: Vol 25 No 24_Noord

www.rekord.co.za24 REKORD NOORD VRYDAG 21 OKTOBER 2011

SPORTTennis. Vrydag 21 Oktober

tot Sondag 23 Oktober. Tuks Ope-eindstryd. Tuks-

tennisklub, LC de Villiers-sportgronde,

Pretoria.

Cricket. October 27 to 30. SuperSport Series. Titans vs Cape Cobras. Willowmoore

Park, Benoni. Daily from 09:30.

Met minder as 1 500 inskrywings beskikbaar vir die Cape Argus Pick n Pay-fietstoer 2012, moedig die Kaapse Fiets-toertrust dié wat nog nie ingeskryf het nie aan om dit so gou as moontlik te doen.

“Fietsryers wat hoop om op die laaste nippertjie in te skryf moenie op hulle laat wag nie, want daar is minder as 1 500 inskrywings beskikbaar.

“Ons verwag om die inskrywings aan die einde van die week, ’n maand vroeër as verlede jaar te sluit,” sê die uitvoerende hoof van die Kaapse Fietstoertrust, David Bellairs. Fietstoerinskrywings vir 2012 is beperk tot die eerste 30 000 betalende deelnemers.

“Ons sal belangstellendes wat te laat

was om in te skryf verwys na die liefdadig-heidsorganisasies wat blokbesprekings by ons gemaak het. Hulle sal dus die geleent-heid kry om deel te neem en terselfdertyd vir ’n goeie doel te help geld insamel,” het hy bygevoeg.

Dié ikoniese gebeurtenis, die grootse tydsberekende fietstoer in die wêreld, sal vir die 35e keer op 11 Maart 2012 plaas-vind. Om die inskrywingsproses te verge-maklik, maak seker dat jy die volgende inligting byderhand het: jou ID of paspoort, ’n geldige kredietkaart, jou mediese fonds besonderhede en lidnommer en ’n nood-kontaknommer.

Besoek dan www.cycletour.co.za en volg die instruksies.

Fietsryers wat nog nie ingeskryf het vir volgende jaar se Cape Argus nie, word aangeraai om dit so gou as moontlik te doen.

Wikkel met inskrywings

Koos Venter

Die Blou Bulle-rugbyunie se jaarlikse Cluster-kompetisie het die afgelope Saterdag met ’n hoogtepunt geëindig toe die eindwedstryd op Loftus Versfeld gespeel is.

Die Cluster-kompetisie is verlede sei-soen ingestel. Volgens dié formaat word die jurisdiksiegebied van die Blou Bulle in streke (clusters) ingedeel en al die klubs (alle ligas) binne ’n sekere cluster werk dan saam om ’n o.21-span en ’n senior span te kies en af te rig vir hierdie kompetisie. Vanjaar het die Noordwes-cluster se o.21-span in die eindwedstryd teen die Suidoos-cluster in die junior afdeling te staan gekom.

Die manne van Noordwes, wat klubs soos Polisie, TUT, Tuine en Noorde-likes insluit, is uiteindelik as kampioene gekroon, na hulle met 16-6 gewen het. In die senior eindwedstryd, waar die

Suidoos-cluster, met klubs soos Harle-quins en Oostelikes as hul vernaamste voedingsbron, teen die Noordoos-cluster (hoofsaaklik Naka Bulle, Silver Valke en Jan Niemandpark) gespeel het, is puik hardlooprugby gesien.

Geen strafdoele is aangeteken nie, maar al die punte is deur drieë behaal. Die manne van Noordoos het die eerste helfte oorheers en teen rustyd gerieflik voorgeloop. In die tweede helfte het die Suidoos-span egter stadig maar seker teruggekom in die wedstryd en met sowat tien minute se spel oor het hulle die tel-ling 21-elk gelykop gemaak toe hulle hul derde drie gaan druk het.

In die spannende laaste minute het albei spanne verwoed aangeval, maar dit was die span van die Suidoos-cluster wat uiteindelik sekondes voor die eindfluitjie die deurbraak kon maak en die wendrie kon druk. Die eindtelling was 28-21 in die guns van die Suidoos-cluster.

Die Suidoos­cluster vier fees met hul trofee, na hulle in ’n naelbyteindwedstryd in die laaste sekondes teen die Noordoos­cluster met 28­21 gewen het.

Trofee na Suidooste

Die Blou Bulle se jong slot, Jeandré Kruger, het sy goeie vorm in die Curriebekerreeks beklemtoon deur Vrydagaand op Loftus Versfeld teen die Luiperds twee drieë te druk. Hier skuif hy oor die doellyn vir sy eerste. Foto: simondp@actionimage

Blou Bulle ryg die drieë inKoos Venter

Vir die eerste keer in tien jaar kon die Blou Bulle vanjaar nie die halfeindrondte van die Curriebe-kerreeks haal nie.

Nietemin is daar tog hoop en selfs opgewondenheid oor die toekoms, veral as Pine Pienaar se jong span se vertoning in vanjaar se laaste ligawedstryd in dié reeks in ag geneem word.

Deurwinterde Bloubul-onder-steuners sou moed geskep het nadat die Blou Bulle Vrydagaand in die beste vertoning deur enige span in vanjaar se reeks 14 drieë ingeryg het om die Luiperds met 92-21 te klop.

Hoewel die Blou Bulle se vy-ande daaroor juig dat die span vir die eerste keer sedert 2001 nie vir die halfeindrondte kon kwalifiseer nie, is die spelers en bestuur op Loftus Versfeld nie in sak en as nie. Hoewel hulle volgehou het dat hulle wel vanjaar die beker wou wen, sal ’n realistiese ontle- ding bewys dat die Curriebeker waarskynlik vanjaar opgeoffer is ter wille van groter planne vir die toekoms.

Dit is geen geheim dat die Blou Bulle vanjaar die einde van ’n besonderse goue era bereik het nie. Om spelers van die standaard

van Victor Matfield, Bakkies Botha, Danie Rossouw, Gurthro Steenkamp, Gary Botha, De-rick Kuün en Fourie du Preez te vervang, gaan nie maklik wees nie.

Tog het die bestuur op Loftus Versfeld dit reggekry om die jong opkomende sterre wat reeds in die stelsel op Loftus was, aan te vul met ’n paar opwindende aanwin-ste uit ander geledere.

Hierdie groep spelers moes hulleself vanjaar in die Currie-bekerreeks vestig te midde van die feit dat ten minste 15 senior spelers tydelik of permanent op nasionale diens by die Spring-bokke was.

Daarby het beserings aan sleu-telspelers soos Deon Stegmann en Dewald Potgieter ook nog sake bemoeilik.

Daar is egter ’n positiewe gees oor die toekoms by die Bulle. In die bouproses van die goue era wat vanjaar tot ’n einde gekom het was die Blou Bulle drie jaar lank (1999 tot 2001) in die Cur-riebeker-wildernis, waartydens hulle nie die halfeindrondte kon haal nie. Die kanse dat dit weer sal gebeur is byna onmoontlik. Dit is duidelik dat die breintrust op Loftus Versfeld die toekoms van plaaslike rugby verstaan en reeds

daarvoor begin voorberei het. Saam met die jong manne

wat vanjaar in die Curriebeker rypgemaak is, die nuwe aanwinste en die seniors wat wel van die Springbokke af terugkeer, sal die Bulle in die toekoms genoeg diep-

te hê om die nuwe veeleisende rugbyprogram aan te pak.

Ten spyte van die Blou Bulle se vyfde plek in die Curriebeker-reeks, is nuwe sterre vanjaar op Loftus gebore uit die jongelinge wat deur die junior geledere

gekom het en die uitgesoekte aanwinste uit ander geledere.

As hierdie groep en die terug-kerende Springbokke tot ’n een-heid saamgevoeg kan word, sal die volgende goue era op Loftus Versfeld nie lank wegbly nie.