· web viewwarm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in. andere...

3
20 Jan. 2018 - Dome Poele, Magaliesburg (Lettie) Saterdagoggend het 20 baie voorbereide en opgewonde stappers die pad aangepak Mooinooi toe. Ons gaan die Dome poele besoek en meer swem as stap soos dit op die Internet genoem is. Omtrent niemand was laat nie. ‘n Paar stappers het sommer by Buffelspoort gaan kamp vir die naweek. Die roete het heel gemaklik begin maar gou het die paadjie kliptrap ingesluit. Die sterker stappers was vining ver voor met die agterosse wat teen ‘n stadiger tempo gevolg het. Hoofstuk 1 Die drama aan die agterkant Danie, Lettie en Emily stap heel agter met Louis en Anette ‘n entjie voor hulle. Skielik verloor Emily haar balans en gly uit die paadjie. Sy rol teen die 70 grade skuinste af om en om. Danie en Lettie roep na haar asof dit sou help maar Emily rol net. Uiteindelik bly sy lê waar dit meer gelyk word langs die stroompie. Seker omtrent 15 meter af. Op die geroep kom Louis vining nader terwyl Anette vir Lizelle per selfoon laat weet. Lizelle het wonde verbind en pille gegee soos ‘n wafferse ‘Emergency Response’ en met groot genade is daar toe ‘n boer naby wat die 3 agterbankers terug kon neem na die karre. Natuurlik word daar geëet en geslaap om van die skok te vergeet en daarmee is hulle stap verby. Later is hulle terug met Louise se kar en het Emily by 1 Mil hospitaal mediese sorg gekry. Hoofstuk 2 Die groot swem Almal vorder toe fluks oor berg en dal en menige rotse en los klippe verder. Warm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in. Andere geniet die gly in die versnellings en plas in die poele en Sam maak toe sommer vriende met ‘n ander groep en leen by hulle ‘n spons om die beste van die versnellings te maak. Hier word gepiekniek en heerlik gerus. Die fotos getuig van die pragtige natuurtonele.

Upload: phungkhanh

Post on 19-May-2018

213 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1:  · Web viewWarm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in. Andere geniet die gly in die versnellings en plas in die poele en Sam maak toe sommer vriende

20 Jan. 2018 - Dome Poele, Magaliesburg (Lettie)

Saterdagoggend het 20 baie voorbereide en opgewonde stappers die pad aangepak Mooinooi toe. Ons gaan die Dome poele besoek en meer swem as stap soos dit op die Internet genoem is. Omtrent niemand was laat nie.‘n Paar stappers het sommer by Buffelspoort gaan kamp vir die naweek.

Die roete het heel gemaklik begin maar gou het die paadjie kliptrap

ingesluit. Die sterker stappers was vining ver voor met die agterosse wat teen ‘n stadiger tempo gevolg het.

Hoofstuk 1 Die drama aan die agterkant

Danie, Lettie en Emily stap heel agter met Louis en Anette ‘n entjie voor hulle. Skielik verloor Emily haar balans en gly uit die paadjie. Sy rol teen die 70 grade skuinste af om en om. Danie en Lettie roep na haar asof dit sou help maar Emily rol net. Uiteindelik bly sy lê waar dit meer gelyk word langs die stroompie. Seker omtrent 15 meter af.

Op die geroep kom Louis vining nader terwyl Anette vir Lizelle per selfoon laat weet. Lizelle het wonde verbind en pille gegee soos ‘n wafferse ‘Emergency Response’ en met groot genade is daar toe ‘n boer naby wat die 3 agterbankers terug kon neem na die karre. Natuurlik word daar geëet en geslaap om van die skok te vergeet en daarmee is hulle stap verby. Later is hulle terug met Louise se kar en het Emily by 1 Mil hospitaal mediese sorg gekry.

Hoofstuk 2 Die groot swem

Almal vorder toe fluks oor berg en dal en menige rotse en los klippe verder. Warm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in.

Andere geniet die gly in die versnellings en plas in die poele en Sam maak toe sommer vriende met ‘n ander groep en leen by hulle ‘n spons om die beste van die versnellings te maak.

Hier word gepiekniek en heerlik gerus. Die fotos getuig van die pragtige natuurtonele.

Hoofstuk 3 Die terugtog

Teen die tyd is dit 35 grade en die pad terug lank en uitputtend. Ten minste 2 ure se stap. Dis hier waar Anette se energie heeltemaal opraak en sy vol verwagting by die pompstasie neersak en wag dat sy ook terug vervoer kan word na die karre.

Maar helaas, die hek is gesluit en die pad net begaanbaar vir 4X4 voertuie. Lizelle moes uiteindelik onverrigtersake terugkeer. Met Jaco, Denise, Louis en Francois se hulp het hulle stadig terug gevorder met die voetpaadjie.

Page 2:  · Web viewWarm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in. Andere geniet die gly in die versnellings en plas in die poele en Sam maak toe sommer vriende

Hoofstuk 4 Huistoe

Na ‘n lang en gebeurtenisvolle dag het almal moeg en tevrede huiswaarts gekeer, party nie in die karre waarin hulle die oggend vertrek het nie.

Hoofstuk 5 BAIE DANKIE

Aan die Here – dat Emily niks gebreek het met die val nie. En die voorsiening met die boer wat net op die regte tyd daar was. En Sy beskerming en voorsiening vir ons almal.

Aan Lizelle – vir die reël van die stap maar veral ook die omgee en baie praktiese hulp.

Aan elke ander stapper, vir julle omgee en hulpvaardigheid.

Aan al die stappers wat moes aanpassings maak met die ryreëlings.

Dit was steeds ‘n wondelike ervaring!

NS.Na verneem word is Emily se wonde, na bietjie teenspoed, uiteindelik aan die genees. Ons dank die Here vir die genesing en wens Emily alles van die beste toe!LlR

Page 3:  · Web viewWarm en uitgeput (veral vir sommiges) sak hulle in die koel poele water in. Andere geniet die gly in die versnellings en plas in die poele en Sam maak toe sommer vriende