annelienimmo.weebly.com · web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word...

14
VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs OPSOMMINGS EN VRAE: HOOFSTUK 1 Opsomming: Crystal en haar pa kom vroegoggend by die akwarium aan. Crystal ontdek dat iemand in die nag ingebreek het. Oral is glas en daar dryf bottels en sigaretstompies in die dolfyntenk. Ginger, die dolfyn, het gelukkig niks oorgekom nie, maar bo haar tenk het iemand met spuitverf geskryf: Hallo, Visasem! Woordeskat: AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKING akwarium aquarium ‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: 1. Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) 2. Waar werk Crystal se pa? (1) 3. Wat het skynbaar die vorige nag by die akwarium gebeur? (2)

Upload: trantu

Post on 15-Apr-2018

257 views

Category:

Documents


10 download

TRANSCRIPT

Page 1: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

VIS EN TJIPS deur Jaco Jacobs

OPSOMMINGS EN VRAE:

HOOFSTUK 1Opsomming:Crystal en haar pa kom vroegoggend by die akwarium aan. Crystal ontdek dat iemand in die nag ingebreek het. Oral is glas en daar dryf bottels en sigaretstompies in die dolfyntenk. Ginger, die dolfyn, het gelukkig niks oorgekom nie, maar bo haar tenk het iemand met spuitverf geskryf: Hallo, Visasem!

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGakwarium aquarium ‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers

gewys word

Vrae:1. Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is.

(3)2. Waar werk Crystal se pa?

(1)3. Wat het skynbaar die vorige nag by die akwarium gebeur?

(2)4. Na wie verwys die naam “Visasem”? Waarom?

(2)5. Dit klink vir Crystal of Ginger ‘n vraag vra. Wat dink jy sou die dolfyn graag wou

weet?(1)

Page 2: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 2Opsomming:Dit is ‘n week later. Crystal ontmoet vir Kevin Pieterse, die seun wat gevang is vir die inbraak. As straf moet hy vier weke lank gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Sy eerste taak is om die graffiti teen die muur toe te verf. Kevin se houding is uitdagend en dit krap Crystal om. Ginger, die dolfyn, spoeg Kevin in die gesig en dit klink of sy daaroor lag.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGgemeenskapsdiens

community service werk wat vir die gemeenskap gedoen word, vrywillig of as straf

houtskool charcoal hout wat nie heeltemal verbrand het nie en gebruik word om mee te teken

vleispaleis hunk aantreklike man, hartebrekernagwag night watchman veiligheidswag wat snags die plek oppas

Vrae:1. Die eerste sin van hoofstuk 2 sluit aan by die vorige hoofstuk. Verduidelik.

(2)2. Waarom rol Crystal haar oë nadat sy die woorde op Kevin se T-hemp gelees het?

(2)3. Wat is Kevin se straf omdat hy ingebreek het?

(1)4. Waarom voel Crystal dat sy die een is wat gestraf word?

(2)5. Wie is oom Jules en waarom voel hy skuldig?

(1)6. Verduidelik waarom Crystal dink: “Gmf! Hy gaan nie ‘n sent betaal word vir die

vakansie se werk nie.”(1)

7. “Jy kan begin om jou kunswerk dood te verf.” Waarom is hierdie sin ironies?(1)

8. Hoe is dit dubbelsinnig as Crystal sê sy sal Kevin kom roep wanneer die haaie gevoer word?

(2)9. Dink jy Crystal vind Kevin aantreklik, al is sy so aggressief teenoor hom? Gee ‘n rede

vir jou antwoord.(2)

Page 3: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 3Opsomming:Crystal vertel dat haar pa ‘n mariene bioloog en haar ma ‘n veearts is. Hulle het by die akwarium ontmoet. Ginger is ‘n stompneusdolfyn en is in aanhouding gebore. Haar maat, Fred, is die vorige jaar dood. Die dolfyne is na twee bekende Hollywoodsterre vernoem en hulle “dansitem” was baie gewild. Sedert Fred dood is, treur Ginger. Omdat sy nie meer toertjies doen nie, ontvang die akwarium minder besoekers en dreig die munisipaliteit selfs om dit toe te maak. Crystal is daarom ekstra-kwaad vir Kevin. Die polisie het hom vasgetrek omdat sy gesig op die veiligheidskamera verskyn het terwyl hy die graffiti geverf het. As hy sy vriende se name ook vir die polisie gegee het, sou hy ‘n ligter straf gekry het, maar hy het geweier. Bianca, ‘n matriekmeisie wat vakansies in die snoepie en geskenkwinkel werk, staan en bewonder vir Kevin terwyl hy werk en wil by Crystal weet wat sy naam is.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGdansnommer dance item ‘n item waar daar gedans wordmariene bioloog marine biologist ‘n wetenskaplike wat seelewe bestudeerpraktyk practice die besigheid van iemand soos ‘n dokter, veearts

of advokaatYouTube YouTube ‘n sosiale netwerk op die internet waar mense

video’s met mekaar deel

Vrae:1. Verduidelik waarom die akwarium dalk toegemaak gaan word.

(2)2. Watter veralgemening maak Crystal oor Kevin?

(2)3. Wat, dink jy, sê dit van Kevin dat hy nie sy vriende se name vir die polisie wou gee

nie?(1)

4. Voltooi die blokkiesraaisel:(12)

8 9 111

23

7 104

5

6

Page 4: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

DWARS:1. Plek waar Ginger gebore is2. Die polisie se _____ met minder ernstige misdade is: “Ons het belangriker misdade

om op te los.”3. Die dolfyne se bekendste toertjie4. Die dolfynvertonings het hierdie mense gelok.5. Danksy die veiligheidskamera kon die polisie daarin _____ om Kevin vas te trek.6. Tekeninge of woorde op mure, geboue, ens.

AF:1. Die naam van die plek waar Crystal se ouers al amper twintig jaar werk.7. Sy is tans baie eensaam.8. Hy was ‘n bekende Hollywoodse danser.9. Dis hoe Bianca vir Kevin opsom10. Die arme dolfyn sal die oop _____ nooit sien nie.11. Ginger is so ‘n soort dolfyn.

Page 5: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 4Opsomming:Dit is toemaaktyd. Kevin het die graffiti toegeverf. Hy laat sy gemeenskapsdiensvorm teken en stap sonder ‘n woord weg. Bianca bring die dag se snoepiegeld. Daar was min besoekers. Crystal gaan sit by Ginger terwyl haar pa en Bianca die geld tel. Die dolfyn spat haar nat. Crystal keer haar en sê sy kan die volgende dag weer “daai windgat” natspat. Kevin begin lag en Crystal besef verleë dat hy haar gehoor het.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGgedempte muffled gesmoorde, sagte geluidkoebaai goodbye sleng vir tot siens

Vrae:1. Gee twee redes waarom Crystal se pa skynbaar beïndruk is met Kevin se werk.

(2)2. Bianca bring die dag se snoepigeld. “Dit was stil vandag,” sê sy.2.1 Watter twee dinge kan jy aflei uit die feit dat Bianca sê dit was stil?

(2)2.2 Waarom sug Crystal se pa toe hy Bianca se woorde hoor?

(1)3. Net omdat ‘n dolfyn glimlag, beteken dit nie sy is gelukkig nie.3.1 Waarom, dink jy, kan dit lyk of ‘n dolfyn glimlag?

(1)3.2 Is Ginger gelukkig?

(1)4. Wat bedoel Crystal as sy na Kevin as ‘n “windgat” verwys?

(1)

Page 6: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 5Opsomming:Crystal en Sanri gesels oor Kevin. Sanri dink hy is aantreklik, maar Crystal herinner haar daaraan dat hy ‘n inbreker en ‘n vandaal is. Crystal maak sketse van verskillende goed wat by die akwarium gebeur. Sy sien hoe haar pa sonder sukses probeer om Ginger toertjies te laat doen.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGaanhits egg on / incite aanmoedig om aan te valboetiek boutique ‘n winkel wat eksklusiewe klere verkoopgebreinspoel brainwashed mense wat advertensieveldtogte of propaganda

gebruik om jou te oorreed om te doen wat hulle wil hê jy moet doen

skril shrill ‘n geluid met ‘n baie hoë toonhoogtevandaal vandal ‘n persoon wat ander se eiendom opsetlik

beskadig

Vrae:1. Verduidelik in jou eie woorde wat die Scoville-skaal is.

(2)2. Met watter twee teenstrydige woorde (wat altwee “breek” as stam het) verwys

Crystal na Kevin?(2)

3.1 Gee ‘n voorbeeld van klanknabootsing in hierdie hoofstuk.(1)

3.2 Met watter woord of frase kan die klanknabootsing vervang word?(1)

4.1 Noem een voorbeeld van ‘n duur handelsmerk in die verhaal.(1)

4.2 Noem twee winkels waarna verwys word waar ‘n mens klere kan koop wat nie noodwendig duur handelsmerke het nie.

(2)5. Haal ‘n sin aan wat bewys dat Crystal wens haar ma wil ook vir haar duur

handelsmerkklere koop.(1)

6. Beskryf in kort volsinne die 5 sketse wat Crystal (in hierdie hoofstuk) in haar sketsboek maak.

(5)7. Die toeriste stap teleurgesteld weg toe Ginger nie die toertjies wil doen nie. Hoe, dink

jy, laat dit Crystal se pa voel? Verduidelik.(2)

Page 7: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 6Opsomming:Woensdagmiddag kom Crystal se ma Roberta ondersoek om seker te maak die rob het nie weer ‘n swaminfeksie nie. Meneer Parker, die hoof van Parke en Ontspanning, daag op. Die akwarium val onder sy departement en hy is ontevrede met die geldsake. Hy kom Crystal se pa spreek. Crystal is baie bekommerd dat meneer Parker die akwarium gaan toemaak. Sy hoor water spat en ontdek Kevin swem in die dolfyntenk. Sy skel hom uit omdat dit gevaarlik is, maar dan ontdek sy en haar pa dat Kevin vir Ginger kan laat toertjies doen.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGswaminfeksie fungal infection ‘n siekte waar ‘n organisme met ‘n fungus besmet

raak, robbe in aanhouding kry dit dikwelsverpletter devastated baie geskok

Vrae:1. Aan watter bekende uitdrukking herinner die woorde “van kop tot stertvin”?

(1)2. Wat beteken “so gesond soos ‘n vis in die water”?

(1)3. Hoekom is dit betekenisvol dat meneer Parker juis teenoor Crystal se ma oor die

veeartsrekening kla?(1)

4. Verduidelik hoe meneer Parker die woord “gesond” 4.1 letterlik en 4.2 figuurlik gebruik.

(2)5. Waarom dink Crystal nie dis ‘n goeie teken dat haar pa nog laat in sy kantoor besig is

nie?(2)

6. Haal ‘n sin op bl. 16 aan wat wys dat Crystal tog raaksien dat Kevin aantreklik is, al wil sy dit nie openlik erken nie.

(1)7. Dink jy Kevin beledig vir Ginger as hy haar “Visasem” noem? Verduidelik.

(2)8. Waarom behoort ‘n mens nie alleen saam met ‘n dolfyn te swem nie?

(1)9. Verduidelik waarom Crystal se pa so verstom is.

(2)

Page 8: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 7Opsomming:Crystal se pa verduidelik die volgende dag aan Kevin dat die dolfyn van hom hou en dat dit die eerste keer in ‘n lang tyd is dat sy toertjies doen. Hulle kom ooreen dat Kevin nie weer die vensters hoef te was of die haaie se kos hoef op te sny nie, mits hy help om Ginger af te rig. Meneer Parker het tydens die vorige dag se vergadering gesê dat hy die akwarium se begroting gaan sny en nie vir Ginger ‘n nuwe maat gaan koop nie. Bianca kom staan langs Crystal en hou vir Kevin dop. Sy kondig aan dat sy ‘n vakansieromanse met hom beplan.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGbegroting budget ‘n opsomming van die inkomstes en uitgawes van

‘n besigheid in ‘n sekere tydperksosiale diere social animals diere wat verkies om in groepe te woonvermetelheid cheekyness parmantigheid

Vrae:1. Wat sien Crystal se pa as ‘n wonderwerk?

(2)2. Hoekom dink jy glimlag Kevin op bl. 28 skelm?

(1)3. Watter twee dinge hoef Kevin nie meer te doen nie, mits hy help om Ginger toertjies

te leer?(2)

4. Wat beteken meneer Parker se woorde dat die munisipaliteit “’n besluit” oor Aqua World sal moet neem?

(1)5. Wat lei jy af uit die feit dat Bianca net in Kevin se maagspiere en glimlag belangstel en

hom as ‘n “vakansieprojek” sien?(1)

6. Haal ‘n voorbeeld van ‘n metafoor op bl. 30 aan.(2)

7.1 Haal twee vergelykings op bl. 30 aan.(2)

7.2 Is elke vergelyking geslaagd? Verduidelik jou antwoord.(4)

Page 9: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 8Opsomming:Crystal skilder seeperdjies vir ‘n beplande uitstalling by die akwarium. Kevin kom gesels met haar en sê dat Ginger met die bal gespeel het. Bianca onderbreek hulle gesprek en bring vir Kevin ‘n roomys. Crystal se selfoon lui. Dit is Sanri wat bel om haar na ‘n strandpartytjie te nooi.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGdelikate delicate fyn, breekbaarhofmakery courting wanneer een persoon of dier romantiese

belangstelling in ‘n ander wysmariene reservaat

marine reservation ‘n area in die see waar seelewe beskerm word

Vrae:1. Waarom was Crystal se pa so trots toe die seeperdjies vroeër die jaar kleintjies gekry

het?(1)

2. Noem drie dinge wat daarop dui dat Bianca by kevin aanlê.(3)

3. Waarom, dink jy, wil Crystal naar word toe Bianca die roomys van Kevin se neus afvee?

(2)

Page 10: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 9Opsomming:Crystal en Sanri kuier op die strand. Sanri word honger en hulle gaan koop worsbroodjies by ‘n stalletjie. Hulle sien dat Kevin die worsbroodjies verkoop en Crystal is effens verbaas. Toe hulle wegstap, bewonder Sanri vir Kevin, maar Crystal is nie beïndruk nie.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGplatejoggie DJ Kort vir “disc jockey”, iemand wat musiek by ‘n

partytjie of radiostasie maakworsbroodjies hot dogs ‘n broodjie met ‘n worsie inwafferse smart / grand spoggerige, goeie

Vrae:1. Pas die regte letter in die tweede kolom by die beskrywing in die eerste kolom. Skryf

net die letter neer.(10)

BESKRYWING KARAKTER1. Meneer Twee Miljoen Punte op die Scoville-

skaalA. Bianca

2. Sy eet tamatiesous op haar worsbroodjie B. Roberta3. Sy word deur Kevin Pieterse afgerig C. Giger Rogers4. Sy het vir kevin ‘n roomys gekoop D. Sanri5. Een van die robbe by die akwarium E. Jules6. ‘n Klasmaat van Crystal en sanri F. Desiree7. Hy het ‘n snor G. Ginger8. Nagwag by Aqua World H. Kevin Pieterse9. Beroemde Hollywood-ster I. Blennie10. ‘n Visspesie wat by Aqua World gesien kan

wordJ. Meneer Parker

2. Wat bedoel Sanri wanneer sy sê:”Ten minste twee miljoen punte...”? (1)

3. Hoekom sal sy dit sê om Crystal te irriteer? (1)

4. Crystal sê Kevin is ‘n man van vele talente. Watter “talent” van Kevin maak dat Crystal nie van hom hou nie?

(1)

Page 11: annelienimmo.weebly.com · Web view‘n plek waar waterdiere en –plante aan besoekers gewys word Vrae: Noem drie dinge wat wys dat Crystal baie geskok is. (3) Waar werk Crystal

HOOFSTUK 10Opsomming:Dit lyk vir Crystal of Ginger verlief op Kevin is. Sy kyk hoe hy die dolfyn toertjies laat doen. Dan vra sy vir Kevin waarom hy ingebreek het en die plek gevandaliseer het. Sy wys daarop dat Ginger dood kon gewees het. Kevin vererg hom en sê dat dit sy broer se vriende se skuld was, maar besef dan dat hy te veel gesê het. Hy is kwaad en sê dat nie alle pa’s so gaaf soos Crystal se pa is nie. Dan stap hy weg en laat Crystal geskok agter.

Woordeskat:AFRIKAANS ENGELS VERDUIDELIKINGBafana Bafana Bafana Bafana Suid-Afrika se nasionale sokkerspan, Bafana is

Zoeloe vir seunsflirteer flirt ogies maak / aanlê

Vrae:1. Watter verwagting skep die eerste twee sinne van hierdie hoofstuk by die leser?

Waarom is die antwoord ‘n skok?(2)

2. Watter uitdrukking beteken NIE dieselfde as “flirteer” nie?a) ogies maakb) aanlêc) flikkers gooid) mal wees oor

(1)3. Verduidelik wat jy uit die volgende sin kan aflei: “Die idee was dat hy my nie moes

sien nie.”(1)

4. Waarom sê Kevin dat Ginger nog vir Bafana Bafana gaan speel?(1)

5. Hoe kan ons uit Kevin se gesigsuitdrukking sien dat hy ontspanne is as hy met Ginger speel?

(1)6. Wat vind ons van Kevin se pa uit?

(1)7. Verduidelik die twee moontlike betekenisse van die volgende sin wat dubbelsinnig is:

Wat is Kevin Pieterse se storie?(2)