vakansieprogram - ngk onrusrivier · ds michiel de kock 083 468 8194 (028) 316-2116 dr wilhelm...
TRANSCRIPT
VAKANSIEPROGRAM 2 DES 2018 - 13 JAN 2019
Ons almal saam in diens van
Jesus Christus
Oral, Altyd en in Alles
Die Gemeente Onrusrivier verwelkom u hartlik! Ons het niks om oor te roem nie. Ons is nie die produk van menslike vernuf en vermoëns nie. Ons is maar net die skepping van die Heilige Gees. En daarom staan ons deure oop en betoon ons versoenende gasvryheid
En met hierdie bekendstelling, word u verwelkom - Ons deel ons gasvryheid met u:
Vir ons is God die ware Gasheer. Hy deel Sy wêreld, Sy Afrika en Sy Overstrand en Sy Onrusrivier met ons én ook met u. Hy oorlaai ons almal met goedheid, lewensvreugde en onvoorwaardelike liefde. Ons is Sy gaste.
Ons deel ons aanbiddingsruimte met u: Dit is die Here se kerk en gemeente. Hier is niemand
onwelkom nie. Niemand is te onwaardig nie. Niemand is te ellendig nie. Niemand is te verlore nie. Ons - soos u – is almal Sy gemeente!
Ons deel ons seëninge met u - Mag die Here u seën met ‘n oorvloed van liefde en
mag u dit verkwistend deel met die ander in u huishouding.
Mag die Here u seën met genoeg vrygewigheid om nie slegs Kersgeskenkies uit te deel nie, maar óók bedagsaamheid en waardering teenoor die ander.
Mag die Here u seën met Sy skeppende genade sodat u hierdie vakansie vir ander ‘n hemel op aarde sal skep (en net nie ‘n hel op aarde nie).
Ons bid u ‘n geseënde Christusfees toe. U is baie welkom!
Seëngroete, Leraars en Personeel
HARTLIK WELKOM BY ONRUSGEMEENTE SE DESEMBER ADVENTDIENSTE
1st Adventsondag (Vreugde)
2 Desember @ 09:00 Kerssangdiens
Sondagoggend Kom sing saam met ons!
2de Adventsondag (Vrede)
9 Desember @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Ds Anton Duvenhage
3de Adventsondag (Liefde)
16 Desember @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Ds Michiel de Kock
4de Adventsondag (Hoop)
23 Desember @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Dr Clifford Heys
Oukersaanddiens
24 Desember @ 18:00 Dr Wilhelm Burger
Maandagaand
OUJAARSDIENSTE
KERSDAGDIENSTE DINSDAG 25 DESEMBER
JANUARIE 2019 EREDIENSTE
07:00
08:30
10:00
Dr Wilhelm
Burger
30 Desember @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Ds Michiel de Kock
31 Desember @ 18:00 Oujaarsdiens (Lof & Dank)
31 Desember @ 23:30 Oujaarsdiens (Meditatief)
Maandagaand Ds Michiel de Kock
6 Januarie @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Ds Johan Smith
13 Januarie @ 09:00 Erediens
Sondagoggend Dr Wilhelm Burger
KONTAK ONS
Deon vd Kooi (Koster) 072 273 1494 Kerkkantoor gesluit 21 Des - 13 Jan
Ds Michiel de Kock 083 468 8194 (028) 316-2116
Dr Wilhelm Burger 083 448 1651 Bergstraat, Onrusrivier
Ds Anton Duvenhage 072 477 3185 [email protected]
Dr Clifford Heys (028) 316-4895 www.ngkonrusrivier.co.za
ONS GEBED VIR U ...
Met die feesgety wil die personeel van Onrusgemeente vir u elkeen ‘n God-geseënde tyd toebid. Mag u elkeen die nabyheid, troos, leiding en versterking van die Heilige Gees tasbaar voel. Mag u die onverstaanbare, onvoorwaardelike liefde van Jesus ervaar en ook uitdeel na die mense rondom u. En mag u die wonder beleef van die Skepper God, die Almagtige, wat u naam op Sy handpalm geskryf het. Ons bid dat u elkeen gekoester sal voel in hierdie tyd en net weer besef, ons is nooit alleen nie, - Immanuel, God met ons. Amen.