tye verander maar sekere dinge bly dieselfde...my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma...
TRANSCRIPT
PSG Menlyn | Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria | Tel: +27 (12) 368 1778| Fax: +27 (12) 368 1770|
www.psg.co.za/menlyn
Tye verander – maar sekere dinge bly dieselfde Deur: Marius Cornelissen CFA
Portefeulje Bestuurder [email protected]
Een van Bob Dylan se bekendste liedjies is “The times, they
are a changin”. Dit is waar, want oor die laaste 3 dekades
het tegnologiese en mediese vooruitgang mense se
behoeftes verander. Ek dink soms met heimwee terug aan
die dae voor selfone, toe ek nog by vriende kon gaan kuier
en net bloot voor sononder by die huis moes wees.
Vir maatskappye het die omgewing ook verander en die
top maatskappye van 30 jaar gelede is nie noodwendig
meer dieselfde as nou nie. Onder volg die top 10 aandele
op die S&P 500 per dekade volgens markkapitalisasie (in
miljoene).
NUUSBRIEF (2014/07)
In 1980 was olie vuurwarm, met Exxon, Mobil, Shell en
Standard Oil in die top 10. In 1990 het IBM steeds aan die
boonste plek vasgeklou, maar dit was die begin van die
einde. In hierdie tyd het Wal-Mart en Coca-Cola begin
reuse word. Teen die jaar 2000 het die tegnologie borrel
reeds gebars, maar 3 aandele (Cisco, Microsoft en Intel) het
steeds die golf gery. Teen 2013 het sake heelwat verander,
veral danksy Apple en Google wat ons lewens kom
oorneem het.
Daar is egter ‘n paar dinge wat interessant is. Eerstens het
General Electric dit reggekry om ten spyte van dekades van
verandering op die lys te bly. So ook Exxon, later
ExxonMobil, wat wys dat energie ‘n moet in enige
portefeulje is. Tegnologie aandele is ook heeltyd
teenwoordig, maar verskil nogal tussen dekades.
Dis altyd maklik om terug te kyk in die verlede, maar effens
moeiliker om die toekoms te voorspel. Tendense en
menslike behoeftes verander soos tyd verbygaan. Wat my
egter opval is dat met enkele uitsonderings die top
maatskappye van gister steeds toonaangewende
maatskappye van vandag is. Om op kwaliteit te fokus was,
is en sal altyd ons fokus by PSG wees.
Aftree-hervorming Deur: Magdeleen Cornelissen CFP®
Portefeulje Bestuurder [email protected]
“He who rejects change is the architect of decay. The only human institution which rejects progress is the cemetery.” ~ Harold Wilson Of ons dit nou wil weet of nie, vanaf 1 Maart 2015 is daar veranderings wat plaasvind in die arena van aftree fondse. Dit is belangrik om kennis hiervan te neem, ten einde te verseker dat jy die voordeel uit die veranderinge put. Kortliks kan beleggers die volgende verwag: Werkgewers Bydraes: Vanaf 1 Maart 2015 sal alle bydraes gemaak tot `n aftreefonds deur `n werkgewer, namens `n werknemer, ingesluit word in die bruto inkomste van die werknemer as `n byvoordeel. Gevolglik is die bydrae belasbaar in die hand van die werknemer. Die werkgewer gaan `n belasting korting verkry vir die bydraes gemaak tot `n Pensioenfonds, Voorsorgfonds en Aftree Annuïteite, wat tot die voordeel van `n werknemer is. Werknemers Bydraes: Vanaf 1 Maart 2015 kan individuele belastingbetalers bydraes gemaak tot `n Pensioenfonds, Voorsorgfonds en Aftree Annuïteit aftrek van belasting. Dit sluit ook in bydraes wat deur die werkgewer gemaak is tot die Aftree fondse. Die aftrekking is gelyk aan 27.5% van die grootste van vergoeding of belasbare inkomste (uitgesluit annuïteite en aftree lompsom betalings). Die aftrekking word egter beperk tot R350 000 per jaar. Wat is die verskil tussen vergoeding en belasbare inkomste: Vergoeding word omskryf in die 4de Skedule van die Inkomste Belasting wet as enige inkomste bedrag wat betaal is, of betaalbaar is, aan enige persoon deur middel van enige salaris, verlof
uitbetalings, lone, oortyd betalings, bonus, gratifikasie, kommissie, fooie, pensioen, emeritaat betalings, aftree betalings en toelae. Hierdie genoemde items kon ontvang wees in kontant of enige ander wyse ongeag of dit in ruil was vir dienste gelewer of nie. In teenstelling daarmee word belasbare inkomste as volg bereken: Bruto Inkomste (uitgesluit `n aftree lompsom en amp skeidingspakkette) Minus : Vrygestelde Inkomste Minus : Alle aftrekbare items toegelaat teen die bruto inkomste tot op hierdie punt Plus : Belasbare kapitale wins = Belasbare Inkomste Addisionele bydraes gemaak wat nie gekwalifiseer het as `n aftrekking nie : Alle bydraes wat nie in `n betrokke jaar gekwalifiseer het as `n aftrekbare item nie kan oorgedra word tot die volgende belasting jaar en dan aangewend word as `n aftrekking. Die reeds genoemde aftrekbare limiete sal egter steeds geld. Indien daar bydraes was wat nie in `n betrokke belasting jaar aftrekbaar was nie, kan dit wel met aftrede in ag geneem word. Die bogenoemde verandering kan as positief geag word, aangesien dit die belastingaftrekbaarheid van bydraes tot aftree fondse bevorder. Dit is egter steeds belangrik om te onthou dat die aftree fondse wel bestuur moet word ten einde te verseker dat jou individuele doelwitte bereik word. Ons nooi u weereens uit om ons te kontak om na u bestaande aftree fondse te kyk.
Belê in jou toekoms, ons wil jou help. Volgende maand bespreek ek die veranderinge wat plaasvind in Voorsorgfondse, kom loer gerus weer in. Tot volgende keer.
Magdeleen Bron: Momentum Momentarily Junie 2014
Die Verrassingselement Deur: Ben Fraser Finansiële beplanner [email protected]
Vir so lank as wat ek kan onthou, het ek nog altyd daarvan gehou om dit te beleef hoe mense skrik. In my tiener jare was die slagoffer gewoonlik my ma gewees. Ten spyte van die goeie en gesonde leefstyl wat sy lewe, is ek doodseker dat sy nie hartprobleme sal kry nie, bloot oor die massas adrenalien wat deur haar lyf gepomp het na die verrassingselement van drie seuns in die huis. Wanneer ‘n belegging aangegaan is vir ‘n spesifieke doel, veral wanneer daar ‘n gereelde inkomste onttrekking elke maand is, moet ons waak daarteen om die belegging se langlewendheid te verminder deur hierdie onttrekkings. Ja, dit is waar dat korter termyn beleggings meer konserwatief belê word en dit is ook waar dat daar minder risiko aangegaan word vir ‘n konserwatiewe belegger. Die vraag is egter,
“hoe lank gaan ek nog lewe?” Ongelukkig is dit net soos om presies te bepaal wanneer wat met die mark gaan gebeur – onmoontlik. Vir daardie spesifieke rede, “ons weet nie hoe lank ons nog gaan lewe nie”, moet ons ons finansies beplan asof ons gaan lewe tot ons kleinkinders al kleinkinders het. Hierdie omstandighede vereis ‘n hupstoot, soortgelyk aan die gevoel van adrenalien wat deur jou are pomp. Oor die wisselvalligheid van die markte en die onsekerheid oor wat volgende is, is dit noodsaaklik om ‘n plan te implementeer wat reeds gevorm en gevestig is. By PSG bou ons ‘n belegging van onder af boontoe, waar die lae van kort-termyn na lang-termyn opmekaar geplaas word om die struktuur van
die belegging in-lyn te bring met die doelwit. Daar is ‘n spreekwoord wat sê, “Al in die lewe wat bo begin is om ‘n gat te grawe”.
Om oor-konserwatief te wees kan ook daartoe lei dat jou risiko toeneem soos die jare verby gaan. Maak seker dat die “verrassingselement” ingebou is in jou portefeulje en laat dit tot jou voordeel werk.
‘n Nuwe toevoeging tot PSG Menlyn Deur: Ulandi Janssen
Portefeulje Beplanner [email protected]
Ulandi Janssen is vanaf 1 Augustus deel van die PSG Menlyn span. Sy gaan hoofsaaklik fokus op die Risiko en
Mediese voordele. Ulandi het die versekeringsindustrie in 1994 aangepak. Sy was onder andere ook ‘n konsultant
by Momentum en haar kennis en menseverhoudings is ‘n aanwins vir ons kantoor.
Volg ons op Facebook by
www.facebook.com/PSGMenlyn en “like” ons bladsy.
Ons is ook te vinde op Twitter by @PSGMenlyn
PSG Menlyn Adres
Newlands Kantoorpark
Blok B, Grondvloer
261 Lois Ave
Newlands
Pretoria
Posbus 118
Newlands
Pretoria
0049
T: (012) 368 1778 / F: (012) 368-1770
Marius Cornelissen
Magdeleen Cornelissen
Gerda Potgieter
Ben Fraser
Mariska Blom
Kliënte Administrasie
Facebook:
www.facebook.com/PSGMenlyn
Twitter:
@PSGMenlyn