tweede kwartaal week 4, 5 en 6 tema 5: voedsel …...van ’n vreeslike gedruis. ek hardloop vinnig...
TRANSCRIPT
126
Tw
eed
e K
wart
aal
W
eek 4
, 5 e
n 6
Tem
a 5
: V
oed
sel
van
vers
kil
len
de g
em
een
skap
pe
Notas:
Assesseringsm
erk
ers
en
wenke v
ir info
rmele
en
form
ele
assessering
Leerm
ate
riaal en
hulp
bro
nne
Inte
rnetv
erw
ysin
gs o
f
aanvulle
nde m
ate
riaal
Voorb
ere
idin
g
Lees:
Matt
. 6:
11
Gen.
25:
34
Luk.
11:
11 -
13
Luk.
22:
17 -
20
Matt
. 14:
17
Doels
telli
ngs
1.
Voedsel is
’n g
aw
e v
an G
od,
sodat
ons k
rag h
et
om
God s
e k
onin
kry
k o
p a
ard
e
te b
ou.
2.
Die
vers
keid
enheid
voedsels
oort
e d
ui die
rykdom
van G
od s
e s
keppin
g a
an.
3.
Die
Here
sorg
vir s
y k
inders
deur
aan h
ulle
die
kos w
at
hulle
no
dig
het
te g
ee.
127
5. Voedsel van verskillende gemeenskappe
Dag 1
Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling
Uitstaltafel: Stal prente van regte voorbeelde van kos van die verskillende kulture uit met naamkaarte daarby.
Klasgesprek:
Hoekom moet jy elke dag eet?Jou liggaam is ’n tempel van God daarom het jy die verantwoordelikheid om ge-sonde kos te eet. Dit hou jou liggaam sterk en gesond. Jy moet gebalanseerde maaltye eet om te groei en gesond te bly. ’n Gebalanseerde maaltyd bestaan uit verskillende voedselgroepe:
Proteïene: Dit is kossoorte wat van diere afkomstig is byvoorbeeld: vleis, vis, eiers en hoender.Koolhidrate: Die kossoorte is gewoonlik wit of geel, byvoorbeeld: pasta, rys, mieliemeel, bruinbrood.Groente en vrugte: Groente en vrugte bevat baie vitamine.Kalsium: Kalsium kom voor in melk en ander suiwelprodukte.
Werkkaart 32: Groepeer die kossoorte.
Proteïene Koolhidrate
Groente en vrugte Kalsium
30 minute
128
melk
perske
eier
spinasie
pap
kool
brood
vis
peer, druiwe, appel
kaas
yogurt
hoender
wortels
lemoen
piesang
botter
beet
mielievleis
129
Aktiwiteit 2: Musiek
Leer die liedjie: “Ou tante Koba” Volksliedjie
1. Ou tante Koba, sy was so dom,
Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa!
2. Hier kom oom Hennie die heuwel uit, Toe bak tante Koba gou nog mosbeskuit. Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa!
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding
Opwarming: (5 minute)Leerlinge staan verspreid oor ’n area.Onderwyser slaan vinnige note op ’n handtrom en leerlinge hardloop op die maat van trommelslae.
Beweging en koördinasieStersprong:
Een leerling hou die rugkant van ’n stoel vas.Leerlinge maak beurte om met sterspronge van die stoel af te spring.Die arms word hoog en sywaarts geswaai, terwyl die bene gesprei word, die knieë gestrek en die tone gepunt.Leerlinge land met twee voete bymekaar.
Ontspanningsaktiwiteit: (2 minute)Leerlinge lê op rug en asem stadig in en uit.
15 minute
30 minute
44
groot-toon om. Tie - rie - rie - ra, die - rie - ram - pam - pa! Tie -
rie - rie - ra, die - rie ram - pam - pa!
130
Dag 2
Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling
Kossoorte wat leerlinge tuis eetOntbyt:In die oggend moet ’n mens ’n gebalanseerde ontbyt eet:
mieliepap, hawermout (oats) koringpap (Maltabella)
spek, eiers, worsiesvrugteroosterbroodjoghurtbeskuit
Middagete:bruinbroodjieworsbroodjiehamburgervrugteslaaikouevleispasteivetkoek met maalvleis, konfyt
vrugtesap, melk, water
Aktiwiteit 2: Musiek
Liedjie: “Ou tante Koba” Volkswysie 3. Skaapkop en pootjies en boontjieslaai dié vaalhaarnooi wil ek nou mos mee draai. Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa! Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa!
4. Ek hou my lyf soos ’n vaal patrys En dans met Bybie die polenys. Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa! Tie – rie – rie – ra, die – rie – ram – pa – pa!
15 minute
30 minute
131
Aktiwiteit 3: Drama
Leer die gedig: “Aan tafel” Tienie Holloway Oupa is lief vir ertappels en Ouma hou van rys. Mamma is lief vir groente en pappa hou van vleis. Sus is lief vir beetslaai en ekke hou van sop. En as ons aan tafel kom dan eet ons alles op.
Aktiwiteit 4: Liggaamlike opvoeding
Opwarming: (5 minute)Verdeel die klas in vier groepe.Maak driehoeke, sirkels, vierkante en reghoeke op die grond met springtoue.Leerlinge loop op hulle tone op die vorms.Roteer die groepe.
Spring en klimLeerlinge spring oor die balanseerbankie en land met twee voete op die mat.Leerlinge klim oor twee groot stoele en hasiespring weer terug na die begin-punt.
Ontspanningsaktiwiteit: (2 minute)Lê op rug en luister na rustige musiek.
15 minute
30 minute
132
Dag 3
Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling
Aandete:Aandete is gewoonlik die hoofmaaltyd. Dit moet nie te laat saans geëet word nie.
Kerrie-en-rysPap en sousHerderspasteiVerskeie soorte vleis soos hoender, beesvleis, skaapvleis, varkvleis.Verskeie soorte gaar, groente soos wortels, boontjies, spinasie, pampoen, blomkool, aartappels, ensovoorts.Rys en pasta.Verskeie soorte slaai soos wortelslaai, beetslaai, mengelslaai, aartappelslaai, koolslaai, ensovoorts.Verskeie soorte nagereg.
Werkkaart 33:
Vir ontbyt eet ek graag: Vir middagete eet ek graag:
Vir aandete eet ek graag:
Aktiwiteit 2: Musiek
Rigoletto van VerdiSpeel walsmusiek. Leerlinge werk in pare hulle eie danspassies uit.
15 minute
30 minute
134
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding
Opwarming: (5 minute)Leerlinge spring met springtoue.
SpringLeerlinge staan in ’n ry. Hulle hardloop en spring oor agt kegels wat ’n paar meter van mekaar af geplaas is.Leerlinge spring oor ’n springtou wat ± 30 cm van die grond afgehou word deur twee leerlinge.Nadat almal gespring het, verhoog die hoogte.
Ontspanningsaktiwiteit: (2 minute)Lê plat, strek jou arms bokant jou kop uit, punt jou tone en ontspan.
30 minute
135
Dag 4
Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling
Goeie tafelmaniere:
Sit regop, moenie met jou elmboë op die tafel lê nie.Eet met ’n vurk en mes.Moenie mors nie.Moenie oor die tafel rek nie.Kou met ’n toe mond.Moenie met jou mond vol kos praat nie.
Moenie jou bord uitlek nie.Moenie diere aan tafel voer deur kos op die grond te gooi nie.Sê “dankie” en “asseblief”.Sê “verskoon my asseblief” as jy opstaan.Vee jou mond af met ’n servet.Bid en dank voor en na ete.
Werkkaart 34: TafelmaniereVul die regte woorde in:
bid dank diere servet asseblief dankie mond mes hande vurk praat
1.
2. Eet met ’n ___________ en ______________.
3. Kou met ’n toe ____________________.
4. Moenie met ’n mond vol kos ______________ nie.
5. Vee jou mond af met ’n ________________.
6. Moenie ________________ aan tafel voer nie.
7. Sê __________________ en __________________.
Aktiwiteit 2: Musiek
Speel marsmusiek (CD of klavier).Leerlinge marsjeer in ’n kring – kloksgewys. As musiek stop staan hulle stil en draai om. As musiek weer speel marsjeer leerlinge in ’n ander rigting – anti-kloksgewys.
15 minute
30 minute
136
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding
Opwarming: (5 minute)Hardloop, spring en hop op dieselfde plek.
leerlinge op en af.
BalansBalanseer ’n boontjiesakkie op die kop en draai jou lyf vyf keer links en regs.Sit ’n boontjiesakkie op jou voet en loop na ’n teiken en terug.Balanseer boontjiesakkie op jou arm en loop na die teiken en terug.
Ontspanningsaktiwiteit: (2 minute)Lê plat, sluit jou oë, haal diep asem en blaas dit stadig uit.
Marsmusiek
30 minute
44
44
1 3 3 4 5 3 1 1 1 3 4 4 4 5 4 3 1 1 1 3 3 4 5 3
f
24
24
14
24
24
1 1 1 5 4 4 4 5 4 3 3 3 3 4 5 3 1 3 2 2 2 3 4
24
14
14
24
14
5 3 1 3 2 2 2 1 3 3 4 5 1 1 1 5 4 4 4 5 3 3 33 4
24
14
24
24
14
24
137
Dag 5
Aktiwiteit 1: Drama
Mimiek tafelmaniere:Leerlinge kry beurte om sekere aksies uit te voer. Die wat eerste reg raai kry ’n beurt.
Sit regop aan tafel.Bid voor ete.Lê op die tafel.Eet met jou mes en vurk.Rek oor tafel.Kou met oop mond.Praat met ’n mond vol kos.Vee jou mond af met ’n servet.Voer diere aan tafel.Dank na ete.
Aktiwiteit 2: Kuns
Collage-kalender:Benodighede:
Prente van groente en vrugteSker PrittDun, swart kartonBorduurgaringKleefband
Metode:Knip kleurprente van groente en vrugte uit.Om ’n drie-dimensionele effek te verkry, knip al die agtergrond van sommige prente uit.
-pig, ensovoorts.Rangskik die prente op ’n dun stuk karton en gom dit vas sodat die prente oormekaar val en geen karton uitsteek nie. Swart karton maak die beste agtergrond.Maak die kalenderblok (vanaf die internet of by skryfbehoeftewinkels te koop) onderaan die collage vas.Maak ’n lus met kleefband aan die agterkant van die kalender vas of gebruik borduurgaring of tou om dit op te hang.
15 minute
30 minute
138
Dag 1
Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling
Sommige Afrika-bevolkingsgroepe eet:VleisPap en shebaGroenteSuurmelk
Die Ndebele-mense eet:MopaniwurmsMarogSprinkanePampoenGroenmieliesPatatsSorghum
Die Ndebeles vier “Luma” die fees van die eerste vrugte. Dis gewoonlik in Februarie net voor die nuwe maan verskyn. Dit duur gewoonlik drie dae. Mielies, sorghum, pampoen en patats mag nie geëet word voordat die “Fees van die eerste vrugte” gehou is nie.
Aktiwiteit 2: Musiek
Leer die liedjie “Nagkapades”
Een nag toe skrik ek wakker van ’n vreeslike gedruis. Ek hardloop vinnig gang-af en loer in die kombuis. O, wat ’n malle dansparty, ’n regte skotteljons! Die pan dans met die groot kastrol, die ketel sing en gons. Die lepels, messe, vurke speel bok-bok teen die muur. Die koppies, komme, bakkies, borde rinkel van plesier. La la la la la la tra – la – la – la - la La la la la la La la la la la la tra – la – la – la - la La la la la la la!
15 minute
30 minute
140
ketel sing en gons. Die lepels, vurke, messe speel bok-bok teen die muur. Die
koppies, kom-me, bak-ke, bor-de rinkel van ple - sier! La la
la la la la tra- la- la- la la, la la la la la! La la
la la la la tra- la- la- la la, la la la la la la
141
Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding
Opwarming: (5 minute)Beweeg oor die hele area op die maat van ’n trom.
Loop soos iemand wat kwaad is.Loop soos iemand wat baie haastig is.Loop soos iemand wat opgewonde is.Beweeg soos ’n kat.
SpringMaak ’n kous vol rys of sand vas aan die einde van ’n tou.Swaai die tou in die rondte bokant die grond.Leerlinge moet daaroor spring.As iemand die tou raak, moet hy/sy op een been na die teiken spring en weer terug voor hy/sy weer kan deelneem.
Ontspanningsaktiwiteit: (2 minute)Lê op rug. Rol drie keer na links en dan weer drie keer na regs.
30 minute