toerisme - hoërskool brandwag...ekurhuleni north toerisme graad 10 november 2017 3 vraag 1 1.1 in...

24
EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017 1 TOERISME NOVEMBER EKSAMEN 2017 EKURHULENI-NOORD DISTRIK GRAAD 10 PUNTE: 200 TYD: 3 ure Die papier bestaan uit 24 bladsye

Upload: others

Post on 27-Jan-2020

38 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

1

TOERISME

NOVEMBER EKSAMEN 2017

EKURHULENI-NOORD DISTRIK GRAAD 10

PUNTE: 200 TYD: 3 ure Die papier bestaan uit 24 bladsye

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

2

INSTRUKSIES

1. Die vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Skryf jou naam en van duidelik op jou antwoordblad. 3. Volg die instruksies aan die begin van elke vraag. 4. Nommer jou antwoorde korrek volgens die nomeringstelsel wat in die vraestel

gebruik word. 5. Antwoord in volsinne waar nodig. 6. 'n Nie-programeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 7. Alle vrae moet slegs in blou/swart ink beantwoord word.

AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD

A Kort vrae.

40 20

B Kaartwerk en toerbeplanning.

30 30

C Toerisme attraksies; Kultuur en Erfenis toerisme; bemarking

50 50

D Toerisme sektore; Volhoubare en verantwoordelike toerisme.

50 50

E Plaaslike-, Streeks- en Internasionale toerisme, kommunikasie en kliëntediens.

30 30

TOTAAL 200 180

AFDELING A

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

3

VRAAG 1

1.1 In elk van die volgende vrae, word vier opsies gegee as moontlike

antwoorde. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die

vraagnommer neer. Bv. 1.1.11 B

1.1.1 'n Toeris wat reis van Durban (Suid-Afrika) na Gaberone (Botswana) neem deel aan _______ toerisme.

A plaaslike B streeks C internasionale D transkontinentale (1) 1.1.2 Mr. Jones besoek Londen om beter pryse vir sy

besigheid te onderhandel. Identifiseer watter soort besigheidstoeris hy is.

A vergaderings B aansporings C konferensie D uitstalling (1) 1.1.3 'n Groep kinders wat Konstitusieheuwel vir 'n dag

besoek, is ‘n _______________

A ontspanningstoeris. B rugsaktoeris. C ekskursionis. D kulturele toeris. (1) 1.1.4 Die naam van Suid-Afrika se bekostigbare

langafstand trein is die ___________

A Gautrain. B Blou Trein. C Shosholoza Meyl. D Shongololo Express. (1) 1.1.5 Die volgende word as watervervoer beskou: A Jetski, veerboot, kano, riksja. B Seiljag, passasierskip, veerboot, kano. C Trem, monospoor, jetski, vlot. D Riksja, stoomboot, passasierskip, trem. (1) 1.1.6 Wanneer toeriste die geskikste vervoermetode kies,

moet hulle die volgende oorweeg:

A Statussimbole, bagasiebeperkinge en kapasiteit. B Skilderagtige uitsigte, eenvormige style en prys. C Prys, gerief, beskikbaarheid, tyd en spoed. D Tyd en spoed, gerief en gewildheid. (1)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

4

1.1.7 Klassifiseer die vervoermetode langsaan, wat op die Durban-strandfront gevind word.

A watervervoer B lugvervoer C buitengewone vervoer D spoorvervoer (1) 1.1.8 Die regeringsorganisasie wat verantwoordelik is vir

die versekering van gehalte in Suid-Afrika se verblyf is die ____________ .

A NDT B SAVVV (SAVRALA) C SARTG (TGCSA) D SATYI (1) 1.1.9 Kamerdiens verwys na die feit dat ____________ A 'n toeris se kamer skoongemaak word wanneer

hulle uit is.

B 'n toeris kos kan bestel wat by sy kamer afgelewer word.

C 'n toeris sy / haar eie kos moet kook. D 'n toeris kan ‘vending’- masjien diens verwag. (1) 1.1.10 Aan watter

bewaringsorganisasie, behoort die simbool langsaan?

A SAEHA (SAHRA) B UNESCO C WWF D SANParke (1) (10)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

5

1.2 Kies die korrekte term uit die opsies in hakies. Skryf slegs die term langs die vraagnommer in jou antwoordboek neer.

1.2.1 'n Toeris wat 'n en-suite kamer versoek, word

gesien as 'n (behoefte / voorkeur).

1.2.2 'n Toeris wat die Pilanesberg Nasionale Park besoek tydens 'n konferensie in Sun City, besoek sy (primêre / sekondêre) attraksie.

1.2.3 Thabo gaan op vakansie, wat deur sy maatskappy gereël is, omdat hy sy verkoopsdoelwitte bereik het, hy is 'n (ontspannings / aansporings) toeris.

1.2.4 Simon gaan haaihok duik, hy is 'n (avontuur toeris / ekotoeris).

1.2.5 'n Reisagent gebruik 'n (aansoekvorm / toeristeprofiel) om relevante inligting oor 'n toeris te versamel.

1.2.6 'n Herberg met 24-uur diens word beskou as (formele / gaste) akkommodasie.

1.2.7 'n Kontroversiele bewaringsmetode om dierebevolkings te bestuur is (jag / uitdunning).

1.2.8 Die wêreldwye organisasie wat statistieke oor toerisme monitor en versamel, is (UNWTO / WTTC).

1.2.9 'n Toeris wat aparte beddens in 'n kamer wil hê, sal vra vir 'n (dubbel / tweeling) kamer.

1.2.10 Aardklop Kunstefees word beskou as deel van die (sport & ontspanning / geleenthede & konferensies) sub-sektor van toerisme.

(10) 1.3 Pas die beskrywing in Kolom A met die korrekte term in

Kolom B. Skryf slegs die letter langs die korrekte vraagnommer neer. Bv. 1.3.6 G

1.3.1 15 grade op die aarde se oppervlak wat een uur verteenwoordig.

A IDL

1.3.2 Die 0 grade lengtelyn van waar tyd bereken word.

B Ewenaar

1.3.3 Die 180 grade lengtegraad wat verantwoordelik is vir die verandering in datum.

C Skaal

1.3.4 Die 0 grade breedtelyn wat die aarde se halfronde skei.

D Tydsone

1.3.5 Gebruik die werklike afstand na kaartafstand

E UTK

(5)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

6

1.4 1.4.1. 1.4.2 1.4.3 1.4.4

Identifiseer die volgende attraksies EN die provinsie waarin hul geleë is. Antwoord deur net die attraksie se naam en provinsie in jou antwoordboek te skryf, langs die korrekte vraagnommer. Bv. 1.4.6 Robben Island – Wes Kaap

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

7

1.4.5

(10) 1.5 Noem die ELEMENTE VAN KULTUUR wat in die prente

hieronder voorgestel word. Skryf slegs die element langs die vraagnommer neer.

1.5.1

1.5.2 1.5.3

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

8

1.5.4 1.5.5

(5)

TOTAAL AFDELING A [40]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

9

AFDELING B : KAARTWERK EN TOERBEPLANNING. VRAAG 2 2.1 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat daarop

volg.

2.1.1 Noem die nasionale pad wat 'n besoeker sal neem om toegang tot hierdie gedeelte van die Tuinroete te verkry.

(1)

2.1.2 Identifiseer hoe lank die Blue Duiker Trail is. (1) 2.1.3 Gebaseer op die bostaande kaart stel die volgende

aktiwiteite voor vir toeriste wat van plan is om die gebied te besoek.

a) TWEE aktiwiteite wat beskikbaar is vir toeriste. b) TWEE fasiliteite wat beskikbaar is vir toeriste.

(2) (2)

[6]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

10

2.2 Analiseer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2.2.1 Noem die provinsies wat F en H genommer is. Skryf die letter en jou antwoord neer.

(2)

2.2.2 Noem die bergreeks wat deur die provinsies C, E,

en H loop.

(1) 2.2.3 Identifiseer die oseaan aan die weskus van Suid-

Afrika. (1)

2.2.4 Noem Suid-Afrika se buurland wat 2 genommer is. (1) [5] 2.3. Gebruik die wêreldkaart hieronder om die volgende vrae te

beatwoord.

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

11

2.3.1 Noem die kontinent wat C genommer is. (1) 2.3.2 Identifiseer die oseaan wat tussen Australië en

Suid-Amerika geleë is.

(1) 2.3.3 Noem die eilandgroep wat tussen Noord- en Suid-

Amerika geleë is.

(1) 2.3.4 Identifiseer in watter halfrond die kontinent B geleë

is. (1)

2.3.5 As 'n vliegtuig van Afrika na Australië vlieg, in watter

rigting vlieg hy?

(1)

[5]

2.4 Gebruik jou kennis van afstandstabelle en padreise om Oliver en Thandi in die onderstaande scenario te adviseer.

Blo

emfo

nte

in

Cap

e to

wn

Du

rban

Eas

t L

on

do

n

Geo

rge

Joh

ann

esb

urg

Kim

ber

ley

Kn

ysn

a

Ou

dts

ho

orn

Ple

tten

ber

g B

ay

Po

rt E

lizab

eth

Pre

tori

a

Um

tata

Bloemfontein 1004 634 586 869 398 177 932 743 968 677 456 570

Cape town 1004 1753 1099 438 1402 962 629 506 665 769 1460 1314

Durban 634 1753 679 1317 630 811 1254 1377 1218 1003 636 445

East London 586 1099 679 638 1002 780 575 575 538 324 1040 234

George 869 438 1317 638 1285 824 63 60 99 314 1229 872

Johannesburg 398 1402 630 1002 1285 472 1351 1170 1387 1099 58 862

Kimberley 177 962 811 780 824 472 887 698 923 1138 530 747

Knysna 932 629 1254 575 63 1351 887 123 36 251 1417 809

Oudtshoorn 743 506 1377 575 60 1170 698 123 159 374 1199 932

Plettenberg Bay

968 665 1218 538 99 1387 923 36 159 215 1348 773

Port Elizabeth 677 769 1003 324 314 1099 1138 251 374 215 1133 558

Pretoria 456 1460 636 1040 1229 58 530 1417 1199 1348 1133 920

Umtata 570 1314 445 234 872 862 747 809 932 773 558 920

Oliver en Thandi woon in Kaapstad. Hulle beplan 'n reis op die tuinroete en het

jou gevra om hulle te help om die afstande van die reis te verstaan. Hulle gaan

vanaf Kaapstad na George ry, waar hulle vir 2 nagte Oliver se tannie sal

besoek. Hulle sal dan na Kynsna ry, aangesien Thandi belangstel om die

bedreigde Knysna Seeperdjie te sien. Daarna bring die egpaar 3 nagte in

Oudtshoorn deur voordat hulle terug ry na Kaapstad.

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

12

2.4.1 Stel voor hoe die kennis van afstande tussen dorpe toeriste kan help.

(2)

2.4.2 Adviseer Oliver hoe lank die rit moontlik gaan neem

vanaf Kaapstad na George. Wys alle berekeninge en rond af tot die naaste minuut.

(3)

2.4.3 Bereken die totale afstand wat Oliver en Thandi sal ry.

Wys alle berekeninge netjies.

(5) [10]

2.5 Identifiseer die volgende tipes kaarte en verduidelik waarvoor

hulle gebruik word.

2.5.1

(2)

2.5.2

(2)

[4] TOTAAL AFDELING B [30]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

13

AFDELING C : TOERISME ATTRAKSIES,KULTUUR, ERFENIS EN BEMARKING

VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande artikel oor die Vredefort-Koepel wat vanaf die

internet, September 2017 geneem is en beantwoord die vrae wat volg.

Welkom na die Vredefort-Koepel

Die Vredefort-Koepel (Krater) is tans die grootste en een van die oudste meteor-impakterreine in die wêreld. Dit is Suid-Afrika se sewende wêrelderfenisgebied en dit is grootliks te danke aan die navorsingswetenskaplike van Wits Universiteit, insluitend dr. Rodger Hart.

Ten spyte van die belangrikheid van impakterreine op die planeet se geskiedenis, het geologiese aktiwiteit op die aarde se oppervlak gelei tot die verdwyning van bewyse van die meeste van hulle. Vredefort is die enigste voorbeeld om 'n volledige geologiese profiel van 'n astrobleme onder die kratervloer te bied.

Vredefort is 'n klein plaasdorpie in die Vrystaatprovinsie. Dit is die tuiste van 3000 inwoners. Die gebied vertoon uitsonderlike natuurskoon en is ryk aan biodiversiteit met merkwaardige dier- en plantbevolkings. Verskeie kulturele kenmerke voeg ook by tot die waarde van die gebied. Die Vredefort-Koepel het 'n besondere toerisme-potensiaal en is ongeveer 100 km van Johannesburg geleë.

Nie veel impakkraters word op die oppervlak van die aarde aangetref nie (ongeveer 160), omdat baie van die oppervlak van ons planeet deur water bedek is en dus blootgestel word aan die uitwerking van erosie. Die aarde se impakrekord bestaan dus meestal uit onlangse kraters, en 'n paar ou, maar baie grotes.

3.1.1 Identifiseer die provinsie waarin die bogenoemde attraksie

geleë is.

(1) 3.1.2 Maak 'n aantekening van TWEE aktiwiteite waaraan

toeriste kan deelneem terwyl hulle by hierdie attraksie. is.

(2)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

14

3.1.3 Noem TWEE TIPES toeriste wat daarvan sal hou om die

Vredefort Koepel ( Dome ) te besoek.

(2) 3.1.4 Gee die volle naam van die ander attraksie in die betrokke

provinsie.

(1) 3.1.5 Verskaf 'n beskrywing van die attraksie wat genoem is in

3.1.4, insluitende unieke eienskappe en aktiwiteite wat beskikbaar is vir besoekers.

(4)

3.1.6 Voorspel hoe 'n naby geleë wêrelderfenisgebied, die

mense van Vredefort bevoordeel.

(3) [13] 3.2 Kyk na die foto hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

3.2.1 Identifiseer die attraksie in die prentjie wat ook deel vorm

van die sewe natuurwonders van die wêreld.

(1) 3.2.2 Gee 'n rede waarom die attraksie in vraag 3.2.1 so gewild is

vir toeriste EN sê wat dit so uniek maak.

(4) 3.2.3 Die attraksie genoem in vraag 3.2.1 is ryk aan fauna en flora

en is die tuiste van die bedreigde spookpadda. Onderskei tussen fauna en flora en omskryf die term ‘bedreig’.

(4)

3.2.4 Verwys na die foto en gee die naam van die ander attraksie

wat ook in die foto gesien kan word.

(1) 3.2.5 Uit die attraksie in 3.2.3 kan jy 'n ‘ferry’ neem en 'n ander

attraksie besoek, wat ook 'n Wêrelderfenisgebied is. Gee die

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

15

naam van hierdie attraksie EN die persoon wat daarmee gepaard gaan.

(2)

3.2.6 Noem die provinsie EN hoofstad waar hierdie attraksies

geleë is.

(2) 3.2.7 Noem die naam van 'n gewilde Afrikaanse fees wat elke jaar

in hierdie provinsie plaasvind.

(1) [15] 3.3

Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebied sedert 1999 (UNESCO), is ook die derde grootste beskermde gebied in Suid-Afrika.

3.3.1 Noem die provinsie waarin hierdie gebied geleë is.

(1) 3.3.2 Volgens die stelling hierbo het die Isimangaliso-vleilandpark

Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebied geword. Verduidelik wat hierdie gebied so uniek maak.

(2)

3.3.3 Met verwysing na die provinsie in Vraag 3.3.2, wat is die

naam van die ander wêrelderfenisgebied wat in dieselfde provinsie geleë is?

(1)

3.3.4 Hierdie provinsie is ook bekend vir 'n sportbyeenkoms.

Noem EN beskryf hierdie gebeurtenis.

(3) 3.3.5 Beveel een ander attraksie in hierdie provinsie aan en

motiveer jou keuse.

(2) [9] 3.4

3.4.1 Vergelyk, in tabelvorm, EEN unieke kenmerk oor elk van

die TWEE bogenoemde luukse privaat wildreservate. B.v.

Shamwari Madikwe

(2)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

16

3.4.2 Identifiseer die luukse privaatwildtuin, naby die

Krugerwildtuin.

(1) [3] 3.5

Suid-Afrika het 10 botaniese tuine wat deur SANBI bedryf word.

Robert en Cameron wil graag 'n botaniese tuin en 'n Nasionale Park besoek wanneer hulle op vakansie gaan. Hulle het jou, as Toerisme-student, genader vir inligting. Help hulle deur die volgende vrae te beantwoord.

3.5.1 Skryf volledig uit wat die akroniem SANBI voor staan. (1) 3.5.2 Verduidelik in jou EIE woorde die term ‘botaniese tuine’. (2) 3.5.3 Vertel vir hulle die naam van Suid-Afrika se vlagskip

botaniese tuin.

(1) 3.5.4 Noem die naam van die Nasionale Park in Mpumalanga en

Limpopo.

(1) [5] 3.6 Desmond Tutu verwys na Suid-Afrika as die

‘reënboognasie’. Beskryf wat hy bedoel het met die begrip ‘reënboognasie’.

(1)

[1] 3.7

Bemarking vorm 'n baie belangrike rol in die sukses van 'n toerisme-produk of -diens.

3.7.1 Definieer die term ‘bemarking’. (2) 3.7.2 Evalueer die verskille tussen 'n ‘kernmark’ en 'n ‘nismark’.

(2) [4] TOTAAL AFDELING C [50]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

17

AFDELING D :TOERISME SEKTORE, VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME

VRAAG 4 4.1 Verwys na die onderstaande foto en beantwoord die vrae wat

daarop volg.

4.1.1 Kies TWEE opsies uit die onderstaande wat die tipe

toeris in die spotprent beskryf. Beantwoord deur SLEGS die korrekte letters langs die vraagnommer in jou antwoordboek te skryf. B.v. 4.1.1 i en j.

a) Besigheid b) Avontuur c) Inkopie d) Aansporing e) Rugsaktoeris f) Gesondheid g) Kultuur h) Ontspanning

(2)

4.1.2 Stel TWEE vervoerervarings voor, uit die lys hieronder,

wat van belang is vir die tipe toeris in 4.1.1. Beantwoord deur SLEGS die korrekte letters langs die vraagnommer in jou antwoordboek te skryf. Bv 4.1.2 f en g.

a) Luukse treinrit b) Warmlugballonvlug c) Donkiekarrit d) Mikro-ligvlug e) Privaat jet

(2)

4.1.3 Gebruik jou kennis oor die attraksiesektor en kies TWEE

subsektore,uit die onderstaande lys, wat hierdie tipe toeriste sal aantrek. Beantwoord deur SLEGS die korrekte letters langs die vraagnommer in die antwoord

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

18

boek te skryf. B.v. 4.1.3 f en g.

a) Bewaring b) Geleenthede en konferensies c) Dobbel en lotterye d) Ontspanning e) Sport en ontspanning

(2)

[6] 4.2 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die volgende

vrae.

Impala Cottage Gastehuis bied 'n 24-uur pendeldiens vir gaste. Al drie die en-suite-dubbelkamers het tegnologie vir vermaak, gerief, werk en veiligheid in die kamers. Die eienaars gebruik omgewingsverantwoordelike praktyke om hul onderneming te bestuur. Aandetes kan gereël word by plaaslike restaurante, familie-restaurante, tavernes of kitskoswinkels. Die plaaslike omgewing is gewild by avontuur- en spesiale belangstellingstoeriste.

4.2.1 Verduidelik die volgende terme: a) pendeldiens (2) b) en-suite (2) c) dubbelkamer (2) d) spesiale belangstellingstoeris (2) 4.2.2 Noem EEN voorbeeld van tegnologie in kamers vir elk

van die volgende:

a) Tegnologie vir vermaak (1) b) Tegnologie vir gemak (1) c) Tegnologie vir werk (1) d) Tegnologie vir veiligheid (1) 4.2.3 Teken die tabel hieronder en onderskei tussen die

volgende voedsel- en drankinstellings. Voldiensrestaurante, familie restaurante, kitskoswinkels en tavernes.

Voldiens-restaurante

Familie restaurante

Kitskos winkels

Tavernes

(8)

[20]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

19

4.3 Noem TWEE toerisme-verwante funksies van elk van

die volgende Staatsdepartemente of -organisasies.

4.3.1 Nasionale Departement van Toerisme (NDT) (2) 4.3.2 Provinsiale Toerisme Department (2) 4.3.3 Plaaslike Toerisme Organisasie (PTO) (2) [6] 4.4 Lees die gevallestudie hieronder oor Nelson Mandela Toere

aangepas uit Via-Afrika en beantwoord die vrae wat daarop volg.

NELSON MANDELA TOERE - 'n Verantwoordelike Toeroperateur

Nelson Mandela Toere is 'n toeroperateur in die Nelson Mandelabaai area. Nelson Mandela Toere beskou hulself as 'n maatskappy gegrond op sterk etiese beginsels. Hierdie beginsels word die beste beskryf as die visie van volhoubare en verantwoordelike toerisme. Basies probeer ons om te verseker dat ons toere:

Nie die omgewing steur nie.

Nie 'n negatiewe sosiale impak maak nie, veral op kultuur.

'n Positiewe ekonomiese impak maak.

Ons grootste belang is om 'n groter vlak van maatskaplike en ekonomiese geregtigheid in Suid-Afrika te verseker, 'n land wat steeds sukkel om die ongelykhede wat deur apartheid geskep word, te oorkom. As 'n maatskappy het ons ook ons etiese benadering tot 'n meetbare vlak geneem deur ons townshiptoere met Regverdige Handel Toerisme Suid-Afrika te akkrediteer. 'n Wêreld eerste, Suid-Afrika akkrediteer tans maatskappye in toerisme wat aan regverdige handelsbeginsels voldoen. Die FTTSA is gekoppel aan die wêreldwye regverdige handelsbeweging. Die Nelson Mandela Trust is 'n nie-winsgewende ontwikkelingsorganisasie wat ons in 1999 gestig het, om toeriste toe te laat om by te dra tot gemeenskapsinisiatiewe op die toer. Dit werk heeltemal afsonderlik aan die kommersiële entiteit van Nelson Mandela Toere en het merkwaardige sukses behaal.

4.4.1 Nelson Mandela Toere is 'n toermaatskappy met sterk etiese beginsels. Identifiseer uit die gevallestudie die organisasie wat verantwoordelik is vir die akkreditering van 'n toer / maatskappy wat etiese gedrag praktiseer.

(1)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

20

4.4.2 Bespreek die konsep 'verantwoordelike toerisme'. (2) 4.4.3 Noem TWEE driedubbele slotreël aspekte wat in die

gevallestudie hierbo voorkom.

(2) 4.4.4 Stel DRIE negatiewe impakte voor wat toerisme op die

omgewing kan hê. (3)

[8] 4.5 Verwys na die gevallestudie hieronder oor Nuwe Groen

Toerisme en beantwoord die vrae wat daarop volg.

NUWE GROEN TOERISME INITIATIEF VIR KAAPSTAD Daar is 'n paar stede in die wêreld wat met 'n skilderagtige treinrit kan spog langs 'n pragtige kuslyn wat walviskyk uit die vensters bied. Dit bied ook maklike toegang tot groot toeriste-attraksies binne 'n radius van 2 km van treinstasies. Die vennootskapsprojek tussen Kaapstad Toerisme, Metrorail Wes-Kaap en Green Cabs, bied hierdie nuwe inisiatief aan. Dit is 'n ekologiese, sensitiewe diens wat hoop om die toenemende globale behoefte aan te spreek en om verantwoordelik te reis. Spoorreise is minder skadelik vir die omgewing as baie ander vorme van vervoer. In samewerking met die projek-vennootskap is Green Cab, Kaapstad se eerste eko-vervoer wat aangebied word. Green Cab het hul koolstofvoetspoor verminder deur sy petrolkomponent van sy vloot om te skakel om op dubbele brandstof te dryf, en die dieselkomponent op Biodiesel, wat 'n besparing van 15-20% in koolstofvrystellings behaal.. Green Cabs sal beskikbaar wees by stasies om besoekers na attraksies te vervoer, selfs so ver in die Skiereiland as Boulders Beach en Kaappunt Natuurreservaat.

Verwys na die gevallestudie hierbo en jou kennis van

aardverwarming en skryf EEN paragraaf waarin jy veral aandag gee aan die volgende punte:

Verduidelik wat die hoofoorsaak van aardverwarming

is. (1)

Verduidelik die begrip ‘koolstofvoetspoor’. (2) Die diens wat in die gevallestudie genoem word, reis

langs die kuslyn. Bespreek hoe die gevolge van aardverwarming hierdie toerismeproduk kan beïnvloed.

(4)

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

21

Benewens die gebruik van omgewingsvriendelike

vervoer, maak EEN ander aanbeveling wat toeriste kan doen om hul koolstofvoetspoor te verminder.

(1)

Helper woord gebruik en paragraaf formaat. (2) Maak gebruik van sommige van die hulpwoorde in die

kassie hieronder en onderstreep hulle. Helper woorde:

Kan gedefinieer word as; is te danke aan; want; dit lyk vir my; oorweeg; die oorsaak van; in; Ek sluit af, was; na my mening; aardverwarming

[10]

TOTAAL AFDELING D [50]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

22

AFDELING E : PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME, KOMMUNIKASIE EN KLIËNTE DIENS

VRAAG 5 5.1 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat

daarop volg. TEKS: ‘Wees asseblief geduldig meneer. Ons sal u bagasie vind, die oomblik as ons die vliegtuig kan opspoor’.

5.1.1 Klassifiseer die tipe diens wat in die spotprent verskyn en verduidelik jou keuse

(2)

5.1.2 Voorspel TWEE gevolge vir die lugdiens van

hierdie tipe diens.

(2) 5.1.3 Ontleed die lugdienspersoneel se mondelinge

kommunikasie en lewer kommentaar op die manier waarop hy met die kliënt praat.

(2)

5.1.4. Anders as om met hul passasiers te praat, noem

TWEE kommunikasiemetodes wat beskikbaar is vir hierdie klientediensagente.

(2)

5.1.5 Stel DRIE strategieë voor wat jy kan gebruik om

kliëntediens te verbeter as jy die bestuurder van hierdie lugredery was.

(3)

5.1.6 Die toerisme-industrie gebruik dikwels ikone om

met besoekers te kommunikeer. Identifiseer die diens of fasiliteit wat deur elk van die volgende ikone aangedui word. Beantwoord deur die ikoon letter en jou antwoord op jou antwoordblad te skryf.

A B C D

(4) [15]

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

23

5.2

5.2.1 Klassifiseer die tipe toerisme waarop hierdie advertensieveldtog gemik is

(1)

5.2.2 Identifiseer die doel van die bogenoemde

advertensieveldtog.

(2) 5.2.3 Toerisme het baie voordele vir die betrokke

belanghebbendes. Verskaf EEN voordeel van die bogenoemde toerisme tipe vir elk van die volgende kategorieë.

a) ekonomies b) sosiaal c) omgewings

(3)

[6] 5.3

Ontleed die onderstaande statistieke en beantwoord die vrae wat daarop volg.

EKURHULENI NORTH TOERISME GRAAD 10 NOVEMBER 2017

24

5.3.1 Identifiseer die gewildste provinsie vir binnelandse vakansies.

(1)

5.3.2 Stel 'n rede vir jou antwoord in 5.3.1 voor. (2) 5.3.3 Ten spyte van sy grootte en baie

besienswaardighede word Noord-Kaap nie in hierdie statistieke genoem nie. Lewer kommentaar op waarom Suid-Afrikaners nie in die Noord-Kaap vakansie hou nie.

(2)

5.3.4 Toeriste spandeer geld op verskeie aktiwiteite

wanneer hulle op vakansie is. Stel 'n betaalmetode voor vir die volgende aktiwiteite en verduidelik jou keuse.

a) Koop 'n gesnede kameelperd van 'n straatverkoper.

b) Betaal vir 'n seekosdinee by die V & A Waterfront.

(2) (2)

[9] TOTAAL AFDELING E [30] GROOTTOTAAL: 200