swartland gazette 9 oct 2012

8
Swartland Year 10 • 9 October 2012 | Tel. 022 482 3817 Stok in die hernuwingswiel CHARLOTTE LESCH RIEBEEK-WES – Die langverwagte ont- wikkeling van ’n splinternuwe Spar Super- mark op Riebeek-Wes, kan moontlik ver- der uitgestel word nadat beswaarmakers hulle misnoeë teenoor die ontwikkelaar en die munisipaliteit uitgespreek het. Volgens die munisipaliteit is twee besware gedurende die tydperk van publieke deelname (9 Julie 2012 tot 3 September 2012) ontvang. Een van die beswaarmakers wie se huis grens aan die erf waarop die voorgestelde su- permark ontwikkel sal word, skryf in ’n aan- lyn-nuusbrief die “monster” van ’n gebou gaan ’n beduidende impak op die “atmosfeer” van die klein dorp hê. Hy voeg by hulle is op ’n baie laat stadium van die ontwikkelingsproses in kennis gestel. Nicki Koegelenberg, die ontwikkelaar en ei- enaar van die bestaande Spar, sê die ontwikke- ling kom al sedert 2004 aan. “Wanneer iemand ’n huis koop, behoort hulle vanselfsprekend uit te vind oor toekomstige aangrensende ont- wikkelings.” Hy het op navraag oor die dubbelverdieping- gebou, waarteen die inwoner onder meer be- swaar maak, gesê hulle gaan van straatvlak be- gin ingrawe wat die gebou nie aansienlik hoër as die ander geboue sal maak nie. Patrick Kane, voorsitter van die Riebeek- Vallei-omgewingsforum, sê die grondvloer sal op straatvlak wees en sal slegs 1,5 meter hoër as die bestaande gebou wees. Die voorgestelde ontwikkeling sloer sedert 2004 nadat toestemming eers verkry moes word vir die vereiste parkeerplek op die perseel oor- kant die nuwe ontwikkeling. Die bestaande Spar sal gesloop word om plek te maak vir dié parkeerplek. Die ontwikkeling, wat die gebou van die Brink Broers Vleismark en Standard Bank, reg oorkant die bestaande Spar in Riebe- ekstraat sal vervang, sal bestaan uit ’n koffie- winkel, ’n Tops-drankwinkel, die supermark (2 168 m²) en Standard Bank. Volgens Koegelen- berg sal die slaghuis voortaan deur Brink Broers Vleismark binne die Spar bedryf word. Die perseel maak voorsiening vir 28 parkeer- ruimtes, terwyl 42 parkeerruimtes op die per- seel van die bestaande Spar sal kom. Volgens die munisipaliteit moet die besware deur die ontwikkelaar oorweeg word en moet gepoog word om dit aan te spreek voordat die raad die aansoek, wat op 29 Junie 2012 ontvang is, oorweeg. “Indien dit nie gebeur nie, het hul- le of die ontwikkelaar ’n appélreg ná die besluit van die raad, afhangende wat en ten gunste van wie die raad besluit het,” sê die direkteur van ontwikkelingsdienste, Johan Steenkamp. Koegelenberg voeg by dat sy franchise sal moet toemaak indien sy aansoek afgekeur word. “Die huidige gebou voldoen nie aan Spar se standaarde nie en is hopeloos te klein.” Die munisipaliteit, wat die Gazette die verse- kering gegee het dat die prosesse streng vol- gens wetgewing bestuur word, sê egter die pu- blieke deelnameproses kan nie onbepaald aan- hou om bure en groepe wat geraak word se voorkeure te akkommodeer nie. Grafiese voorstelling van die voorgestelde Spar-supermark op Riebeek-Wes. GRAFIESE ONTWERP: VERSKAF Die Cloof-wynlandgoed buite Darling was die afgelope naweek ’n miernes van bedrywigheid met duisende besoekers van so ver as Gauteng wat die sewende 49M Rocking the Daisies-musiekfees bygewoon het. Alle kaartjies is voor die fees op Donderdag 4 Oktober begin het, uitverkoop en organiseerders sê dit was ’n groot sukses. Bo geniet feesgangers ’n flou lenteson terwyl hulle na ’n Suid-Afrikaanse rock-orkes luister. FOTO: LIZETTE SMIT Die Daisies het gerock!

Upload: boland-gazette

Post on 22-Mar-2016

300 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Swartland Gazette 9 Oct 2012

TRANSCRIPT

Page 1: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland

Year 10 • 9 October 2012 | Tel. 022 482 3817

Stok in diehernuwingswielCHARLOTTE LESCH

RIEBEEK-WES – Die langverwagte ont-wikkelingvan ’n splinternuweSparSuper-mark op Riebeek-Wes, kan moontlik ver-der uitgestel word nadat beswaarmakershullemisnoeë teenoor die ontwikkelaar endie munisipaliteit uitgespreek het.

Volgens die munisipaliteit is twee beswaregedurende die tydperk van publieke deelname(9 Julie 2012 tot 3 September 2012) ontvang.Een van die beswaarmakers wie se huis

grens aan die erf waarop die voorgestelde su-permark ontwikkel sal word, skryf in ’n aan-lyn-nuusbrief die “monster” van ’n gebougaan’n beduidende impak op die “atmosfeer” vandie klein dorp hê. Hy voeg by hulle is op ’n baielaat stadium van die ontwikkelingsproses inkennis gestel.Nicki Koegelenberg, die ontwikkelaar en ei-

enaar van die bestaande Spar, sê die ontwikke-ling kom al sedert 2004 aan. “Wanneer iemand’n huis koop, behoort hulle vanselfsprekenduit te vind oor toekomstige aangrensende ont-wikkelings.”Hyhet opnavraag oor die dubbelverdieping-

gebou, waarteen die inwoner onder meer be-swaarmaak, gesêhulle gaanvanstraatvlakbe-gin ingrawe wat die gebou nie aansienlik hoëras die ander geboue sal maak nie.Patrick Kane, voorsitter van die Riebeek-

Vallei-omgewingsforum, sê die grondvloer salop straatvlak wees en sal slegs 1,5 meter hoëras die bestaande gebou wees.

Die voorgestelde ontwikkeling sloer sedert2004nadattoestemmingeersverkrymoeswordvir die vereiste parkeerplek op die perseel oor-kant die nuwe ontwikkeling. Die bestaandeSpar sal gesloop word om plek te maak vir diéparkeerplek. Die ontwikkeling, wat die gebouvan die Brink Broers Vleismark en StandardBank, reg oorkant die bestaandeSpar inRiebe-ekstraat sal vervang, sal bestaan uit ’n koffie-winkel, ’n Tops-drankwinkel, die supermark(2 168m²)enStandardBank.VolgensKoegelen-berg sal die slaghuis voortaan deur BrinkBroers Vleismark binne die Spar bedryf word.Dieperseelmaakvoorsieningvir 28parkeer-

ruimtes, terwyl 42 parkeerruimtes op die per-seel van die bestaande Spar sal kom.Volgens diemunisipaliteitmoet die besware

deur die ontwikkelaar oorweeg word en moetgepoog word om dit aan te spreek voordat dieraad die aansoek,wat op 29 Junie 2012 ontvangis, oorweeg. “Indien dit nie gebeur nie, het hul-le ofdieontwikkelaar ’nappélregnádiebesluitvandieraad,afhangendewaten tengunstevanwie die raad besluit het,” sê die direkteur vanontwikkelingsdienste, Johan Steenkamp.Koegelenberg voeg by dat sy franchise sal

moet toemaak indien sy aansoek afgekeurword. “Diehuidige gebouvoldoennie aanSparse standaarde nie en is hopeloos te klein.”Diemunisipaliteit,wat dieGazettedie verse-

kering gegee het dat die prosesse streng vol-gens wetgewing bestuur word, sê egter die pu-blieke deelnameproses kannie onbepaald aan-hou om bure en groepe wat geraak word sevoorkeure te akkommodeer nie.

Grafiese voorstelling van die voorgestelde Spar-supermark op Riebeek-Wes. GRAFIESE ONTWERP: VERSKAF

Die Cloof-wynlandgoed buite Darling was die afgelope naweek ’n miernes van bedrywigheid metduisende besoekers van so ver as Gauteng wat die sewende 49M Rocking the Daisies-musiekfeesbygewoon het. Alle kaartjies is voor die fees op Donderdag 4 Oktober begin het, uitverkoop enorganiseerders sê dit was ’n groot sukses. Bo geniet feesgangers ’n flou lenteson terwyl hullena ’n Suid-Afrikaanse rock-orkes luister. FOTO: LIZETTE SMIT

Die Daisies het gerock!

Page 2: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland Gazette News - Nuus Tuesday 9 October 20122

NOODLOTTIGE ONGELUK: ’n Inwoner van Darling is Sondagmiddag om-streeks 16:00 op slag dood ná sy motor volgens ’n ooggetuie heenen weer oor die pad buite Darling geswaai het, drie bome getref enin twee gebreek het. Diemotoris was glo van die werk op Swartwaterplaasna Darling op pad toe die ongeluk plaasgevind het. Die ooggetuie hetdie ongeluk by die polisie op Darling aangemeld waarna die polisiegou op die toneel was. Die naasbestaandes van die oorledene wasspoedigopdie toneel endiemanasdie40-jarige AfrikaSalmonuitgeken.’n Saak van strafbare manslag word ondersoek. FOTO: VERSKAF

R-Wes straks akademie kwytCHARLOTTE LESCH

RIEBEEK-WES – Die proses om diebouvallige en ongewenste skoolge-bou op Riebeek-Wes in ’n musiek-akademie te omskep, is moontlikiets van die verlede.

Die Nexus Academy of Music (Uni-ted Kingdom) het aan die begin vanverlede jaar ’n voorlegging aan dieprovinsiale regering gedoen om diegewese meisieskool op die dorp aan tekoop om dit in ’n musiekakademie teomskep.

Die onderhandelingsproses het ein-de verlede jaar vir eers tot stilstandgekom weens die “buitensporige”prys waar die gebou te koop was. Dieprovinsiale departement van vervoeren openbare werke het ’n onafhankli-ke waardasie op die eiendom aange-vra wat ’n markwaarde van R4,3 mil-joen in Julie verlede jaar bepaal het.

Diemunisipalewaardasiewatdaar-op gedoen is, stel egter die waarde opnet R912 000.

Rolf Pearson van Nexus Suid-Afri-

ka sê hulle is nie bereid om die buiten-sporige bedrag wat die departementvir die gebou wil hê te betaal as diemunisipale waarde baie laer is nie.

Ná voortdurende onderhandelingeen samesprekings, is ’n 10-jaar-huur-kontrak onlangs aan Nexus aange-bied.

Pearson het aan die begin van verle-de week gesê die onderhandelingeduur al langer as 18 maande en minvordering is tot ’n koop kontrak ge-maak. “Nexus stel nie belang in ’nhuurkontrak nie. Nexus beplan omsowat R15 miljoen aan die opgrade-ring van die gebou te bestee, maar isnie bereid om daardie tipe geld in ’ngehuurde gebou te belê nie.”

Volgens Gary Fisher, hoof van dieprovinsiale departement van openba-re werke, is die Nexus-raad in die Ver-enigde Koninkryk ontnugter deur diemoeisame burokratiese proses raken-de die verkoop van eiendom. “Hullehet ook verdere kriteria waaraan vol-doen moet word voordat ’n beleggingin Suid-Afrika kan voortgaan,” sê Fis-her.

Hy sê voorts vrae sal geopper wordindien eiendom onder markwaardeverkoop word.

Hy voeg by die moontlikheid van ’nhuurkontrak is nie heeltemal van dietafel gevee nie. “Ná my gesprek metNexus UK, is daar gevra om tog diegoedkeuring vir ’n 20-jaar-huurkon-trak te voltooi.” Die departement ver-wag ’n antwoord in Oktober. VolgensFisher beteken ’n 20-jaar huurkon-trak, eienaarskap.

Hy sê dat Nexus egter hul motive-ring om ’n musiekakademie op Rie-beek-Wes te open, heroorweeg. “In-dien hulle nie meer hul akademie opRiebeek-Wes wil vestig nie, sal onshelp om ’n meer geskikte area vir hul-le te kry. Ons is altyd ten gunste vantransaksies wat tot voordeel van diegemeenskap is en ondersteun opvoed-kundige uitkomste.”

Hy sê ook Nexusis nie ’n unieke ge-val nie en dat die eiendom onmiddel-likopdiemarkgeplaasenaan’nandertenderaar verkoop sal word indienNexus nie die huurkontrak onderte-ken nie.

SLAGOFFERS AAN HUL REGTE HERINNER: Van 15 tot 21 September hetdie polisie opMoorreesburg, in samewerkingmet slagofferbemagtiging-vrywilli-gers, buurtwaglede, lede van die gemeenskap en die Hernuwingsentrum, vandeur tot deur in die dorp gestap om mense, veral vroue, oor hul regte inte lig. Die gemeenskap is ook uitgenooi om die slagofferondersteuningskamerby die plaaslike polisiestasie te besigtig. Sers. Nicolette Visagie het aan belang-stellendes verduidelik hoe te werk gegaan word wanneer iemand ’n klagtevan gesinsgeweld, verkragting of aanrandingwil rapporteer. Hier is die ’n groepiekinders met die veiligheidswenke wat die polisie vir hulle gegee het

Man sit lank oor bietjie tikMALMESBURY – ’n Man wat verle-de jaar met klein hoeveelhede tikin sy besit gevang is, is verledeDinsdag in die plaaslike landdros-hof tot vier jaar gevangenisstraf ge-vonnis. Garnet Owies (30) van Wes-bank is met onderskeidelik 0,12 en0,64 g-sakkies tik in sy besit betrap.

Landdros Jan Gericke het in syvonnisuitspraak gesê dit is nie diehoeveelheid tik wat die lengte vandie vonnis bepaal nie, maar die feitdat Owies dwelms in sy besit gehadhet. Dié vonnis moet dien as ’n dui-delikeboodskapaanmensewatmetdwelms betrap gaan word.

Talle maak gebruik van gratis ondersoekSeptember en Oktober is vrouege-sondheidsmaande. Gedurende Sep-tember het Kansa, in samewerkingmet die departement van gesond-heid, vir ses dae borsondersoeke enpapsmere in die Swartland-streekdoen.

Dié gratis papsmere en borson-dersoeke is op die plase Mornings-tar en Goedgedacht, Darling-kli-

niek, POP-sentrum in Riebeek- Wesen die Riebeek-Kasteel-kliniek aan-gebied en 103 papsmere en 112 bors-ondersoeke is gedoen.

Pienk strikkies en pamflette isuitgedeelenvroueisweerbewusge-maak dat borskanker een van dievinnig groeiende kankers in ons ge-meenskap is.

Van die vroue met abnormalitei-

te op die serviks is vir verdere on-dersoeke verwys – wat weer eens ’nbewys is dat vroue nie hierdie siek-te moet onderskat nie.

Kansa nooi alle belangstellendesom ’n borskankerplakker teen R5 tekoop om te wys hoe hulle die veld-tog teen borskanker ondersteun.

Vir navrae bel die Kansa-kantoorby 022 482 1111.

Spar­ontwikkeling ploegterug in ekonomieCHARLOTTE LESCH

RIEBEEK-WES – Die voorgestel-de Spar-ontwikkeling op Riebeek-Wes(oorkantdiebestaandeSpar),sal die plaaslike ekonomie ’n hup-stoot gee. Só meen van die inwo-ners en die ontwikkelaar NickiKoegelenberg.

Koegelenberg meen die ontwik-keling gaan waar moontlik vanplaaslike besighede en mense sedienste gebruik maak.

“Die argitek, Warrick Rauben-heimer, kom van Riebeek-Wes endie bougereedskap van ’n plaasli-ke besigheid. My personeel gaanmet 23 mense verdubbel watwerkskepping meebring.”

Japie Fortuin, gemeenskapslei-er van Riebeek-Wes, sê die nuweSpar gaan duur reise na Malmes-bury spaar, aangesien inkopiesnou plaaslik gedoen kan word.

Dorothy Wordrich van Rie-beek-Wes, sê hulle steur hulle nieveel aan besware nie. “Ons sienal te lank uit na die ontwikkeling.Indien die munisipaliteit die aan-soek afkeur, gaan hulle met baiemoeilike inwoners te doen kry.”

Daniel Christen van RE/MAXeiendomme sê hy weet al jare vandie ontwikkeling. “Die huidigeSpar is nie op standaard nie en diebehoefte van die inwoners raak tegroot.” Hy sê wel ontwikkelaarssal eers met bure in aanrakingmoet kom, voordat die ontwikke-lingsproses kan begin. “Volledigedeelname deur die bure kan toe-komstige komplikasies vermy.”

Ansa Roodt, wat agter die voor-gestelde Spar woon, sê die skuin-stevandiebergmaakvoorsieningvir ’n onbelemmerde uitsig, maarhet die “trip” na Malmesbury as’n uitstappie beskou.

Page 3: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland GazetteNews - NuusTuesday 9 October 2012 3

Sopkombuise: ’n seën of ’n probleem?LIZETTE SMIT

CHATSWORTH – Armoede enwerkloosheidvierhoogty inChats-worth en omgewing. Gelukkig isdaar talle kerke en instansies watdiegeweldigenoodvanbehoeftigesverligdeurgereeld sopkombuisetevoorsien en vars produkte soosgroente te verskaf.

Daar is egter inwoners op Chats-worthwat glo die sopkombuise dra bytot werkloosheid en armoede omdatmense glo só goed gevoed en onder-steun word dat hulle byna nie nodighet om te werk nie.“Mense kry hul regering- of onge-

skiktheidstoelae wat dikwels gebruikword om drank te koop en dan word

die mae volgehou met die hulp vansopkombuise.“Op All Pay-dae doen die smokkel-

huise goeie besigheid,” sê ’n man watverkies om anoniem te bly uit vreesvir intimidasie.Hilda Davids het pas groente by ’n

plaaslike kerk gaanhaal en sê die sop-kombuise is ’n seënomdat sy daar ietsvir ’n honger maag kan gaan kry asdit nodig is.’n Vrou wat nie haar naamwou gee

nie, sê sy maak nie van sopkombuisegebruik nie.Jamiel Davids sê hy gebruik nie die

dienste van die sopkombuise nie,maar hy weet van talle mense wat ditwel doen.Adam en René Jacobs behartig ’n

sopkombuis van hul huis af, bestuur

’n kleuterskool en sê hulle sorg selfsdat die dorp se honde enkatte kos kry.“Daar is baie mense wat lief is vir

hul troeteldiere, maar nie kan bekos-tigomvirhullekos tegeenie.Onssorgdat hulle ’n sakkie kos kan kry.”Adam sê hulle maak staat op sken-

kings van instansies en supermarkteom mense te help.ABFieliesenJanvanRooyensêhul-

le maak gereeld van sopkombuise ge-bruik. Van Rooyen sê as hulle dit niedoen nie, die skenkings van super-markte heel waarskynlik gestaak salword.Jeano Adams woon saammet sy fa-

milie opGoedgegundensêhullemaakstaat op sy ongeskiktheidspensioenen sopkombuise om aan die lewe tebly.

Hilda Davids sê die sopkombuise help omkos op die tafel te sit.

Jamiel Davids maak nie gebruik vansopkombuise op Chatsworth nie.

AdamenRené Jacobsbedryf ’n sopkombuis vanhul huis af en sorgookdatChatsworthse troeteldiere kos kry.

ABFielies en Jan vanRooyengloasdie sopkombuisenie ondersteun word nie, die dienste gestaak salword. FOTO’S: DERRICK YOUNG

Zane Engelbrecht, Jeano en Margaret Adams is afhanklik van die sopkombuiseom kos op die tafel te kry aangesien niemand in die huishouding werk nie.

Page 4: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland Gazette Leader - Hoofartikel Tuesday 9 October 20124

Ontwikkelingstruikelblokke’n Stok is in die hernuwingswiel gegooi nadatbeswaar teen ’n ontwikkeling aangeteken is.Dié besware kan die ontwikkelingsproses,

wat sedert 2004 sloer, nog verder vertraag.Die ontwikkeling van ’n splinternuwe Spar

opRiebeek-Wes, gaanvolgens inwoners ’n eko-nomiese inspuiting vir die dorp beteken, deelsomdat daar nie meer na Malmesbury toe gerymoet word vir inkopies nie.Volgens die ontwikkelaar kan die huidige

Spar toemaak omdat dit nie aan standaardevoldoen nie.Tog is ’n openbare deelnameproses nie ver-

niet daar nie. Gedurende dié tydperk, kan par-tye of groepe wat hierdeur geraak word hulkommentaar lug. Die proses gee elkeen ’n reg-verdigekansomtesêhoehulleoor ’nspesifiekeontwikkeling voel.Partye wat geraak word kan kwessies opper

wat moontlik nie oorspronklik in ag geneemis nie enwat die ontwikkelingsproses net latermeer vlot kan laat verloop.Nouer deelname deur die ontwikkelaar met

partye wat direk geraakword vanmeet af aan,kanmoontlikdiésoortkomplikasiesheeltemalvoorkom.Dat die huiseienaar moet uitvind van toe-

komstige ontwikkelings vóór die koopkontrakgetekenword, is ’n regverdigeargument.Maar’n ontwikkelaar moet ook dalk vroeër met ’nopenbare deelnameproses van sy eie begin omdie pad vorentoe te vergemaklik.Ontwikkelingwordegterindiemeestegeval-

le deur aanvraag gedryf. Soos die munisipali-teit sê, is ’n ontwikkeling ’n baie belangrikesaak. “Nie net ten koste van die omgewing ofmense nie, maar in belang daarvan.”

Die eenvoudigste speel die lekkersteOp pad werk toe gewaar ek drie jong seunsspeel op ’n boer se plaashek. (Ek sal liewernie sê wie se hek nie.) Twee sit bo op diehek en spring op en af. Die ander een swaaihulle heen en weer. Al wat ek hoor soos ekverby hulle ry, is ’n gegil en ’n gelag vanplesier.Eers is ek ontsteld, wantwie gee hulle die

reg om iemand anders se eiendom te maaken breek soos hullewil? Dit het gelyk of hul-le die hek gaan af ruk.Nou ja, ek kom by die werk en haal my

kamera uit my motor – wat altyd saam metmy ry vir ingeval ek op ’nmooi toneel afkom– en dink bymyself ek het weereens (ongeagdiemooi Swartlandse natuurtonele) geen fo-togeleentheid gekry nie.Foutjie. Dít was ’n goeie fotogeleentheid

met die son wat in die agtergrond opkom en

kinderswat nie kanwag omwakker teworden hul skoolvakansie na die beste van hullevermoë te benut nie.Enwatkieshulle? ’nEenvoudigeplaashek

om dit te doen.Dit het my laat terug dink aan daardie

draadkarrewat ’nalgemeneverskynselwas.Ek sienhulle nounooitmeer nie. Dit is altydvir my lekker om te sien as kinders nog hul

verbeelding gebruik om te speel en die Wiiof elektroniese sportmotor nie ’n faktor isnie.Mymanvertelmydanaltydvanhoe lek-ker hy en sy susters plaas-plaas gespeel het,terwyl die “plasie” uit die plaas gebou is.“Ja,maarasdit buite reën, kanhulle besig

gehou word met die Xbox.”Nee, as dit reën, bou jy ’n tent uit lakens

en stoele onder jouma se eetkamertafel, souek eerder sê.My kind is so bevoorreg om op die plaas

groot te word. Hopelik sien hy ook eendagdie potensiaal van speletjies raak deur netdie natuur of ’n stuk draad en ’n tou te ge-bruik. Solank hy net nie sy verbeelding on-der ’n trekker of op ’n bossiekapper gaanuit-leef nie.Mag hy gespaar word van al die gevare en

speel soos in die ou dae.

RubriekRubriek

Lesse uit dieLesse uit dieOlimpiese SpeleOlimpiese SpelePASTOOR PIET SMIT

WAT JY IN SIT – Waarom het Afrika soveelswakker gevaar as Europa? Die antwoord:Laasgenoemde belê soveel meer in hul atleteas Afrika. Die beginsel: Wat jy insit, gaan jyuitkry.Sommige wil niks insit vir die Here nie. Dis

te veel moeite om te bid, sistematies die Bybelte lees, getrou die onderlinge byeenkomste byte woon, ens. Gevolglik is mense ná jare nogsteeds klein babatjies in die geloof. Hulle stag-neer en toon geen vordering.2Tim. 2:15: “Lê joudaarop toe om joubeproef

voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoefte skaam nie, wat die woord van die waarheidreg sny.”Daar is die storietjie vandiehondwat so vin-

nig kon hardloop, maar eendag toe hy ’n haaswouvang,hardloopdiehaashomweg.Toespotdie ander honde hom: “Jy spog altyd dat jy sovinnig is enkykvandaghet diehaas jouwegge-hardloop.” Toe antwoord die hond: “Ja, maaronthou ek het net gehardloop om ’n ete in diehand te kry, maar die haas het gehardloop virsy lewe.”Dis hoe ons die Here moet dien! Ons sit alles

in vir ons Koning!

Swartland se jaarlikse kook- en bakkompetisie het die afgelope naweek (6 Oktober) weer plaasgevind.Volgens Adriaan Januarie, die organiseerder, het sowat 20 deelnemers mekaar die stryd aangesê.Karin Hart, kosredakteur van Kuier-tydskrif en Maritz Jacobs, kok by Reuben’s Restaurant op Fransch-hoek, het die disse beoordeel. Volgens Hart is haar gunsteling dis murgbene met ’n rooiwynsous,roosterbrood en aartappels, terwyl Jacobs die beesstert verkies. Hier (van links) is Karin Hart, LownaFarao met ’n Israeliese sjokolade-tert, Salma Williams met ’n sjokolade-koekstruif en Martina Cupidomet ’n spaghetti en kaas-terrien, Maritz Jacobs en Adriaan Januarie.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

Dankie aan borge virDankie aan borge virmatrikulant­droommatrikulant­droomDie ontwerperMadelein Smuts vanMoorrees-burgwatonlangsdiedroomvan’nmatrikulantsematriekafskeidwaargemaakhet, bedank al-mal vir hul ondersteuning en bydrae:Tommy Bakker-hoofkantoor/Dutch Restua-

rant vir die donasie vir materiale vir die rok;Leon vanderWalt, Kekkel enKraai/A2ZSupe-rette se kontant donasie;Jaco Brand vanCheckin se kontant donasie;HendrickCoenraadBothavanHCB(H.C.Bo-

tha) vir sy Silwer GTI;Junene Kitshoff van Skin and Body vir die

grimering;Leilani van der Westhuizen, die fotograaf

deur die loop van die dag;ElaniPool vanBeautifull Things 777 se juwe-

le;Jackie vanDyk vanDolls &Divas vir die na-

els;Nicole Rademeyer/Irma de Jager van Salon

Trendetters vir die hare;Isabel Crous van Isabel Crous Photography

vir die foto’s;Johann Smuts van The Sign Shop vir dienommerplate; enSwartlandGazette vir ’n wonderlike artikel.

Kry al die feite oor jouKry al die feite oor jousekuriteitsmaatskappysekuriteitsmaatskappy

Kommentaar op die brief:Toets gerus die seku-riteitsmaatskappy by wie jy inskakel in verledeweek se uitgawe van die Gazette verwys:Ongelukkig is dit so dat “kansvatters” soos

dié, die bedryf skade berokken. Hierdie is nie’n geïsoleerde geval nie.Gewapende reaksie word te dikwels as ’n

diens verkoop, maar dan word die SAPD mis-bruik om na alarms om te sien.Die verbruiker moet homself afvra of goed-

koper pryse en leë beloftes werklik kan op-maak vir goeie dienslewering.Vergewisuself vandie struktuurvanuseku-

riteitsmaatskappy,gaanbesoekhulkantoorenkyk na hul infrastruktuur en aantal personeelwat u gaan diens.Die privaat-sekuriteitsbedryf word beheer

deur die Private Security Industry RegulatoryAuthority, of kortweg Psira.Klagtesoor“kansvatters”kangerusaanhul-

le, opPsira sewebbladwww.psira.co.za, gerap-porteer word.Dit is vir onsnet so frustrerendombesigheid

te doen in ’n omgewing met sulke “kansvat-ters”.

PHILLIP GELDENHUYSMSS SEKURITEITSDIENSTE

SPCA, thank youSPCA, thank youI would like to take this opportunity to thankand commend Wayne Hector of the SwartlandSPCA for his excellent work and commitment.Wayne assisted me in finding the owners of

two young Labradors last weekend in Yzerfon-tein after a gruelling day spent at a rodeo inMalmesbury.Wayne was the epitome of professionalism,

dedication and commitment to both the SPCAand thesepoor lost animals.Waynewentaboveand beyond his role and did so with kindnessandcompassion.Youreallyareanamazinghu-manbeing,Wayneandyoudeserve thehighestcommendation.The SPCA is extremely fortunate to have a

manof suchempathyandhumility in their em-ploy. I hope the powers that be take the timeto share this letter of recognition.

KELLY MALAN

Ons lesers praatOns lesers praatRina skryf: Welkom aan die Wimpy en CrazyStorehier opMalmesbury.Onshoop julle gaan’n lang en gelukkige toekoms hier hê.

Swartland se baaskokke bak en brouSwartland se baaskokke bak en brou

Page 5: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenTuesday 9 October 2012 5

9 Oktober) Sakekamer Safari-kuier: Die bus-sie vertrek om 18:30 van Basson enLouw se kantoor op Malmesbury nadie geheime bestemming. Slegs 100sitplekke is beskikbaar. Bespreekvoor 5 Oktober by 022 482 1060.

11 Oktober) Business Link-vergadering beginom 07:30 in die OLOK-saal by HSS-sportterrein. Spreker is Johnnie Phi-landerwatsalgeselsoorhoeomwaar-de tot joubesigheid te voeg.Navrae byNora Marais by 082 826 1729.

13 Oktober) Walk forJesus:GoedverwachtSon-dagskool hou hulWalk For Jesus van07:00 op Goedverwacht. Alle Sondag-skole in die Bergrivierstreek is wel-komomsaamtestap.Organiseerders:Gerhard Esau, Danile Solomons, Ber-nard Cornelius by 081 362 3065, of 084068 2554 of 072 210 1410.

OktoberHSS–funksies:.11 Oktober – HS Swartland se prys-uitdeling in stadsaal om 19:00..17Oktober –HS Swartland se 100-ja-rige-vieringe van skoolgebou; ske-merkelkie19:00,kaasenwynom20:00.Kaartjies teen R100 elk by die skoolse finansieskantoor beskikbaar..18Oktober–SPARuitnodigingsatle-tiekbyeenkoms by HS Swartland-vel-de van 14:45 af..19 Oktober – HS Swartland 100-jari-ge vieringe van skoolgebou.Kunsfeesin klaskamers van 14:30 – kaartjiesR20 per persoon. Toneelfees in skool-saal 18:30 – kaartjies R30 per persoon.Kaartjies by HSS-finansieskantoor.

18 Oktober) Kennisgewing aan alle pastore enpredikante op Malmesbury en omge-wing van die maandelikse gebedses-sie wat by die AGS opWesbank in Hi-biskusstraat om09:30 gehouword.Belpast. David Davids by 076 686 6002 of022 486 5656 vir meer inligting.

20 Oktober) Malmesbury Aglow is having abirthday celebration. Join us at theMethodist church hall at 16:00. Re-freshments served. Everyone wel-come. Call Elaine on 072 5906 636.) Die CoramDeo-gemeente,Malmes-buryhou ’nkonferensiemetdie tema:Uit die derde Hemel - die vuur van dieHere; 09:00 tot 17:00.Kaartjies is bySa-lon Azalea, h/v Lang- en Duthiestr.Navrae: 072 345 9557 en 072 317 1340.) The 10th anniversary of the ShirazCountry Classic at the Moorreesburggolf club. Snacks, lunch,wine tasting,lamb on a spit, great prizes and goodybags. For information phone Yvetteon 083 441 2083.) CPMsejaarlikseGr.R-modeparadevind om 10:00 inMalmesbury se stad-saal plaas. Kaartjies kos R80. Navrae:072 2005 875.

26 Oktober) Darling Museum – spreker, Anne-mie Lourens, ’n kenner op die gebiedvan stamboomnavorsing, bied die dieA-Z van Genealogie aan. Deure openom 19:00. Vriende van die museum:R50 en belangstellendes: R60.Navrae:Dianne by 022 492 3361.

27 Oktober) Markdag en ’n kattebakverkopingword van 08:00 tot 14:00 op diemuseumterrein op Moorreesburg ge-hou. Inskrywingsfooie is R30. KontakAnnelize by 022 433 1072 of 082 574 0357vir meer inligting.

Page 6: Swartland Gazette 9 Oct 2012

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

07

GelukwensingCongratulations

Keith Bruintjies vanRiverlands! Geluk met jouprestasie! Op 21 Sept2012 het hy sy GraadBTEC in Sport Bestuurontvang aan CapePeninsula Universiteit vanTegnologie.

KYKwie word 21!Carmen Samson. Baiegeluk op jou verjaarsdag.Bly die dogter wat jy is.Baie lief vir jou! Van:Mammie, jou suster,Suzette en kinders.

MaxiMaxword 21 op die13/10/2012. Hoe ouer dieklarinetspeler, Hoe mooierdie musiek.Van: Mammieen Oom John.

MAXWINROEMS - Ge-luk met jou mondigwor-ding die 13 Okt. Liefde jouNanna (Veronica), neefsWillmore & Rosswinn.

WELKOM in diegrootmenswêreld! Hoop jyhet 'n lekker dag. Van:Leheno en Dehan.

11

In Memoriam

MEYERYOENE -12/10/32 - 24/06/2012Met tere herinneringe dinkons aan 'n geliefde egge-noot, Pa, en Oupa. OpVrydag, 12/10/12, sou ditjou 80ste verjaarsdag ge-wees het, asook jou 1steverjaarsdag weg van ons.Ons sal jou nooit vergeetof ophou mis nie. Goddank vir jou. Vrou,Doreen, Yoland, Russellen klienkinders.

PERSOON-LIKEDIENSTEPERSONALSERVICES

21

Op Soek Na . . .In Search Of . . .

DRAAGBARE Radio metkassetspeler in goeie wer-kende toestand. SkakelHettie:022 482 3127.

23

Dagsorg (kinders)Day Care (children)

VOETSPOORTJ IESOns sal u Baba versorgmet baie liefde vanaf 1mnd.Kan baba bad, kli-niek toeneem vir opvolgbesoeke. Dankie aan aldie ouers wat reeds hulvertroue in ons plaas.Gerty Dutoit, 3 Wests t r , M a l m e s b u r y .Kontakno:083 505 3441.

33

Skoonheid enGesondheid

Beauty and Health

Verloor Gewig Vinnig!Veilig en maklik. Speelklaar met 'maagvet',selluliet en plooie. Behouspiertonus + lyk jonger.Nora by - 022 482 330 /082 826 1729.

34

SpysenieringCatering

VIR bestellings vansamoosas, springrolls,rotis, koek ens. Skakel022 486 4933.

36

KindervermaakChildren’s

Entertainment

ASPATAT PARTYTJIES:Springkastele,waterglybane,kindertafeltjies & -stoeltjies

te huur. Kontak:084 607 5658.

BOETIE ENSUSSIESPRINGKASTELE -Waterglybane en verskei-denheid spring-kastele tehuur. Kontak Nelia 073 6102810.

TJ'S SPRINGKASTELESpringkastele enwaterglybaan te huur.Kontak Theresa:082 497 3383.

TEKOOPFORSALE

91

SelfoneCell Phones

SAMSUNGStar (GT-S5233A), with charger,USB cable, Earphones, 2GB memory card, bodyglove pocket. All networksGood condition R699.071 896 2993.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

105

BinnenshuisdiensteHome Services

Interior

BLINDINGS/BLINDS.JUST BLINDS - Virkwaliteit en diens!Vervaardig & herstelwerkvan blindings. Vir gratiskwotasies skakel TokkieBredenhand:083265 5161.

CEGE SMIT BLINDSTRADINGAS JSBLINDS - Vervaar-digersvan alle soorte blindings,asook enige herstelwerk &veran-derings. Derick &Nelia 082 788 7210 /(022) 487 2394.

CKBLINDS - Verskaffersvan blindings, sonkappiesen Pergolas. Doenherstelwerk. Elsabé022 487 3948/072 126 2394.

CK SOLAR - Installeersonpanele vir geiserse n swembad d e n s .Eskom geakkrediteer.Chris 082 554 2754.

108

Geld/leningsMoney/Loans

1 2 10 CASH LOANS Le-nings tot R200 000.Swartlys Welkom. Goed-keuring in 5 min. 021 6960676.

AFFORDABLE LOANSMonthly Earners only. Upto R15 000. Call / sms081 587 2624.

HET u Dringend Geld no-dig? Kontak BurnettDirkse vir 'n Persoonlikelening. Kantoor: 022 4338233 Faks: 022 433 8234Sel: 078 533 9027.

Soek jy geld /KonsolidasieR1 000 - R100 000.Blacklisted welcome.Sameday payout. Fiona -082 422 2271.

1141

AlgemeneDienste

General Services

OORTREK van Pooltafelsen uithuur van digitalejukeboxe vir funksies.Skakel: 082 873 3352.

1151

SkoonmaakdiensteCleaning Services

MATTE & GestoffeerdeMeubels. Deeglik Skoon-maak & Ontsmetting vanMatte en Bekleedsel.Droog ± 30min. SkakelPaula 073 393 2373 /022 487 1615.

MOTORSVEHICLES

145

Voertuie te KoopGevra

Vehicles Wantedto Buy

AANALLE beide bakkiesen motors eienaarsvoertuie word gesoek virkontant. Lopend of nie lo-pend. Ons doen ook bankaflosse. Skakel of Sms:079 544 2824.

AANDAGAlle KlienteVOERTUIE dringend ge-soek. Ek koop enigegebruikte voertuie vir kon-tant. Skakel 083 4646960. Doen Bank Aflosse.

174

Reiswaens te Koop/te Huur

Caravans for Sale/To Hire

WOONWAGESOEK,betaal kontant. Skakel An-dré 082 584 7533.

159

Motors te KoopVehicles for Sale

2007 FORD BANTAM1.3 IXL - K a p p i e ,t r e k s t a n g , a i r c o n ,p o w e r s t e e r i n g ,g o e i e t o e s t a n d -R 4 8 0 0 0 . S k a k e l082 458 9525.

160

Voertuie te Kooponder R20 000

Vehicles for Saleunder R20 000

MERCEDES - BENZE220. Handrat, 1994, Sil-wer, Netjies, R19 500.Skakel 083 464 6960.

EIENDOMMEPROPERTIES

164

Eiendomme te KoopProperty for Sale

TITUS EIENDOMMEWesbank - R230 000,2Slpk, sit/komb, badk.Netjies omhein met mure& hekke.Wesbank - R128 000, Erfin beste area. Skakel: 022486 5219 / 082 780 1380.

171

Woonstelle te HuurFlats to Let

KORINGBERG Rustige,veilige woonplek virafgetredes en jongmense.Skakel 022 433 3333 /082 810 5686.

Help thehomelessWe intuitively give tothose who ask.“However, when

we provide financialand material help di-rectly to homelesspeople,wearemerelyenabling them to con-tinue living on thestreets, inadver-tently harming vul-nerable people by in-creasing their aliena-tion from theirfamily, friends andhome community,”says a spokespersonof Swartland Haven.This month, the

Swartland Havennight shelter willagain reflect on whatis being done to “helpour brothers and sis-ters living on thestreets, and how bestto provide servicesthat offer real help”.

The Haven re-quests everybody’sparticipation in ad-dressing the plight ofhomeless people.To this end, the Ha-

ven will hold opendays at 5 VaringStreet in Wesbank,Malmesbury, thisThursday (11 Octo-ber) and Saturday (13October) from09:00 to14:00.To find out more

call 022 486 5191.

SENTRAAL 1slpkw/stel,oopplkomb,sitk,enkel jong mense.R1800+dept. Geentroeteldiere. Skakel:022 482 2676. K/u

JOBS

400

Betrekkings GevraJobs Wanted

'n 39 Jarigeweduweesoek "char" werk vir 2 tot3 dae 'n week. Skakel071 471 2928 virverwysings.

PENSIOENARISmetkode 10 en PDP soekdringend werk as drywer.Kontak Hennie by:082 694 3551.

Verkoeling /AssistentOnmiddellik beskikbaar,Ondervinding vanElektriese Installasie enGas Sweis 'n vereistes.Opleiding sal ook verskafword. Faks 'n verkorte CVna 022 433 1608.Sluitingsdatum13/10/2012.

Yzerfontein Kwik Spar Be-nodig 'n Assistent be-stuurder en Bakker. Ska-kel 022 451 2628 of 083517 0725 of epos 'n kortCV [email protected]

RAAI WIE’S 50:Daar is op die ou-derdom van 11 aanDeborah (Debbie)Pietersen se ouersgesê sy gaan nieouer as 16 wordnie. Pietersen, ’ngestremde vrou vanMalmesbury, vieregter vandag (9Ok-tober) haar 50steverjaarsdag. Nadathaar ouers oorledeis, het haar susterMartha haar ver-sorg. Pietersen isvir die afgelope 33jaar elke dag by JoDolfyn, ’n skool virgestremdes opMalmesbury.

FOTO: VERSKAF

RIVERLANDS HOU BASAAR: Emileen deJongh (links) en Liezel Pockpass (regs) geniet’n koppie tee tydens Riverlands se Food-fair. Verskillende disse van Indië en Amerikais gemaak en ’n Engelse High Tea is aange-bied. FOTO: VERSKAF

Page 7: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland GazetteGeneral - AlgemeenTuesday 9 October 2012 7

A cultural visit from NorwayDOMINIQUE WINTER

Malmesbury – Students fromKirkeparken Upper SecondarySchool inNorwayarecurrentlyen-joying a two-week visit to the vari-ous West Coast College campuseshere in South Africa.

They held a seminar last Tuesdayto inform Gazette of their plans.Their visit forms part of the MOT

exchange project, which aims to pro-mote values, the care of one’s sur-roundings, and positive attitudesamong students, says Solveig Fjær-vik, principal of Kirkeparken.Fjærvik says she’s impressed with

how proficient and professional WestCoast College is. Sigrid Sandvand,MOTteacher, says theproject enablesNorwegian and South African stu-dents to get an understanding of eachother’s cultures.West Coast College students visited

Kirkeparken Upper Secondary inMay this year and participated in a“Courage to Care Day” along withtheir Norwegian counterparts. Thistime the students fromboth countrieswill participate in “Global Dignity

Day”,whichwillbeheldhere inSouthAfrica. Fjærvik says these eventshave been organised to shed light onsegregation and separation, as bothcountries have suffered some form oftrauma in the past – apartheid inSouth Africa and the terror attack of22 July 2011 in Norway.

Fjærviksays that theaimofDignityDay is to motivate respect for others,and toemphasise theconcept ofdigni-ty among the delegates. She alsomen-tioned that they will be looking at theimportance of being a role model andinspiring others to make the world abetter place.

Seen here are the participants of the MOT exchange project, with South Africans in white shirts and the Norwegians in black shirts(front row, from left): Elrise Eriksen, Martin Gukild, Ingrid Sophie Kallevik, Lea Tallerud, Milla Ekkjestøl, Rebecca Sandstø and HenrietteW Andersen; (back) deputy CEO Rhazia Hamza, principal Solveig Fjærvik, Jeremedro Jacobs (West Coast College Malmesbury), SiyandaChiliza (WC College Atlantis), Kristian Moum, Malin Storesund, Beaulah van den Heever (WC College Vredendal), Bertram Rooi (WCCollege Citrusdal), Odwa Ngozi (WC College Vredenburg), MOT teacher Sigrid Sandvand and Esna Banhard (Vredendal campus manager).

PHOTO: DOMINIQUE WINTER

The Norwegian students give biltong and droëwors a try.

MATRIKULANT SE DROOM WORD WAAR:As deel vanMadelein Smuts, ’n ontwerper-student se eind-eksamen, het sy weer ’nmatrikulant se droom van ’n perfekte ma-triekafskeidwaargemaak.Smuts, ’nderde-jaar student aan die Cape Academy of Fas-hion Design in Brackenfell, het ’n rok virEunice Hector ontwerp en gemaak, asookalles wat saam met ’n perfekte afskeid ge-paard gaan, gereël. Links staan MadeleinSmuts (ontwerper) by Eunice Hector vanHoërskool Dirkie Uys. FOTO: VERSKAF

Skole­Skole­nuusnuusofof

sport­sport­nuus?nuus?Kontak ons ge-rus met foto’sen bydraes vanskolenuus ofsportgebeurte-nisse. E-pos fo-to’s en nuus na

[email protected]

of

[email protected].

Page 8: Swartland Gazette 9 Oct 2012

Swartland

Year 10 • 9 Oktober 2012 | Tel. 022 482 3817

Spairs maak dit net-net nieJOHANN MAARMAN

Wellington – Net soos hulle slagspreuk sêskrik Hawston toe vir niks . . . nie eens virdie tiere van Never Despair nie! Hawstonhet Never Despair in die Superliga-eind-strydnaelskraapmet 18–15 geklop en speelvolgende jaar met die groot honde in diePremierliga.

NeverDespair?Virdiederdeagtereenvolgen-de jaar moet hulle maar weer langs die N7 dieWeskus-pad aandurf en in 2013 weer die trappevan voor-af klim. Hulle sal weer moet probeeren in gedagte hou dat aanhouer wen.

Die WP het 30 jaar laas die Curriebeker ge-wen, maar die planete het nie uit hul bane ge-spring nie. So Never Despair is darem nou niejou enigste toffie in die rugbyfabriek wat in ’neindstryd gekou word nie en hoef glad nie insak en as te gaan sit nie.

In ieder geval, indien enige klub wat sy soutwerd is, nie ’n dik vel het om kritiek te verduurnie, moet hy maar sy snoepie en sy biertuintoemaak en gras gaan sny. Die toets van warekarakter vir die klub het al juis ná Saterdagse verloor begin.

Dit was ’n rillereindstryd. Hawston het metdie afskop al probeer amok maak. Hulle grootvoorspelers het Never Despair in die skrumsprobeer aanvat, maar Never Despair het hullenie laat ontsenu nie. In elk geval, het ’n helepaar keer die kreefmanne in tru-rat gedruk enhier moet veral Sylvester Anthony se naam ge-

noem word.Never Despair het eerste punte aangeteken

toe Llewellyn Adonis (heelagter) met ’n straf-skop geslaag het. Daarna het volgehoue drukvan die Despair-voorspelers dit moontlik ge-maak vir Nadius Solomons (senter) om die ver-dediging van Hawston te toets en hy het met’n skitter-breekslag die kalk gaan opsoek. Ado-nis was in die kol met die doelskop om Despairstert in die lug te loop. Maar Hawston het niebes gegee nie en toe self kort voor rustyd tweedrieë gaan druk waarvan een deur BradleyBrown verdoel is om die telling 12–10 in Haws-ton se guns te maak.

Ná rustyd het Sherwyn Dyason seker in diekleinste van die kleinste spasie inbeweeg omin die hoekie te gaan oor duik om Never Des-pair se vlae te laat wapper. Dyason was ’n gene-raal en die groot planmaker in die span. Hyhet selfs twee losballe gesteel om Hawston vandie doellyn weg te hou. Met 15–10 en 20 minutese speeltyd oor was dit soos ’n skaakspel.

Hawstonhetgeantwoordmet ’nstrafskopomsake gelykop te maak en toe met 10 minute sespeeltyd oor het Linston Maneuls (skeidsreg-ter) Despair gestraf vir ’n oortreding wat selfsEinstein aan die dink sou laat sit.

In die laaste minute het Despair verwoedaangeval, maar Hawston het gekeer vir al watwerd was om as kampioene uit die stryd te tree.

) Die klub se bekeruitdeling vind Vrydag-aand 2 Novemeber in die Wesbank gemeen-skapsaal plaas. Kaartjies is by Kaza Pieters be-skikbaar.

NEVER DESPAIR DRIE PUNTE KORT: Die Hawston-rugbyspan van Hermanus vier ’n wentelling van 18-15 teenNever Despair van Malmesbury gedurende die afgelope naweek se Superliga-eindtryd op Wellington. LezandroOctober van Never Despair klou verbete aan die bal, ongeag ’n harde duikslag deur een van sy teenstanders.

FOTO: CHARLOTTE LESCH

NUTROSCIENCE SKENK KLERE: Dogsense, ’n afdelingvan Nutroscience, borg vanjaar weer die sokkerspanvan Illingelethu, Two for Joy. Spesiale sokker-uitrustingsis vir die span ontwerp wat die afgelope naweek inhul eerste wedstryd gebruik is. Volgens Klaas van derWal, is dit Nutroscience se manier om terug te geeaandie gemeenskap. VolgensHannoKoen vanNutros-cience is dit baie belangrik vir hulle om die tradisievol te hou. “Ons wil hê julle moet mooi lyk. Nou moetjulle net mooi speel ook.” Hier is (agter van links):GcinikayaMehlo (voorsitter), Klaas van derWal (Nutro-sience), Izak Booi (spanbestuurder), die sokkerspanmet spanbestuurder Julius Booi (voor in die blou enswart), Els Mdodana (afrigter), Hanno Koen (Nutrosci-ence) en Thembelani Booi. FOTO: CHARLOTTE LESCH

VIR RENOSTERS EN RENOSTERVELD: Fietsry-ers wat die afgelope naweek aan die Ridethe Rhino-fietstoer van Langebaan na Dur-banville deelgeneem het, neem ’n blaaskansby ’n rusplek oorkant die Darling-kelder, oppad na Malmesbury, waar hulle oornag het.Die Ride the Rhino word elke jaar aangebiedter bewusmaking van die bewaring van renos-ters éndie renosterveldwat eie aandie Swart-land is. FOTO: LIZETTE SMIT