squared2 uphoof uitvoerende beampte, me maureen manyama-matome. die nuwe r100 miljoen kompleks sal...

26
SQUARED 2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Mei 2012 www.up.ac.za 17 Januarie 2012 was ʼn groot dag vir die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria het die nuwe Plantwetenskappe-kompleks amptelik geopen. Die kompleks huisves diverse departemente en institute op die gebied van plantkunde. Die opening van die kompleks het saamgeval met die bekendstelling van die SAFCOL Bosbou-leerstoel deur die waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente en fakulteite verbind wat nie in die verlede in ʼn tradisionele sin interaksie sou hê nie. Die nuwe fasiliteit sluit ook navorsingslaboratoriums in wat hulle verbind tot die velde van plantdiversiteit, ekologie, biotegnologie en medisinale plantkunde. Die nuwe Bosbounavorsingsprogram word in een vleuel van die kompleks gehuisves en sluit die SAFCOL Bosbou-leerstoel en ʼn suite van laboratoriums in om die groeiende aktiwiteite van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie te akkommodeer. Die nuwe kompleks het verskeie nagraadse laboratoriums en twee groot voorgraadse laboratoriums, ʼn mikroskopie-laboratorium wat 150 studente huisves en ʼn biotegnologie-laboratorium vir 120 studente. Daar is ʼn dubbelverdieping ouditorium en twee kleiner konferensielokale. Die gebou het ʼn herbarium op die grondvlak en die dak sal gebruik word om plante aan te kweek vir eksperimentele doeleindes – in ʼn doelvervaardigde glasbedekte “kweekhuis”. Amptelike opening van Plantwetenskappe-kompleks Vervolg op bladsy 3

Upload: others

Post on 02-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP Nuusbrief van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Uitgawe 1 Mei 2012

www.up.ac.za

17 Januarie 2012 was ʼn groot dag vir die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria het die nuwe Plantwetenskappe-kompleks amptelik geopen. Die kompleks huisves diverse departemente en institute op die gebied van plantkunde. Die opening van die kompleks het saamgeval met die bekendstelling van die SAFCOL Bosbou-leerstoel deur die waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome.

Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente en fakulteite verbind wat nie in die verlede in ʼn tradisionele sin interaksie sou hê nie. Die nuwe fasiliteit sluit ook navorsingslaboratoriums in wat hulle verbind tot die velde van plantdiversiteit, ekologie, biotegnologie en medisinale plantkunde.

Die nuwe Bosbounavorsingsprogram word in een vleuel van die kompleks gehuisves en sluit die SAFCOL Bosbou-leerstoel en ʼn suite van laboratoriums in om die groeiende aktiwiteite van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie te akkommodeer.

Die nuwe kompleks het verskeie nagraadse laboratoriums en twee groot voorgraadse laboratoriums, ʼn mikroskopie-laboratorium wat 150 studente huisves en ʼn biotegnologie-laboratorium vir 120 studente. Daar is ʼn dubbelverdieping ouditorium en twee kleiner konferensielokale. Die gebou het ʼn herbarium op die grondvlak en die dak sal gebruik word om plante aan te kweek vir eksperimentele doeleindes – in ʼn doelvervaardigde glasbedekte “kweekhuis”.

Amptelike opening van Plantwetenskappe-kompleks

Vervolg op bladsy 3

Page 2: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

2 SQUARED2 UP

Bood

skap

van d

ie De

kaan

Die Universiteit van Pretoria word tans gelys onder die top 120 instellings in die wêreld met betrekking tot die volume navorsingsuitsette en totale aanhalings en skripsies in plant- en dierkunde en beklee die nommer een posisie op die Afrika-kontinent – d�t is volgens die essensiële wetenskapaanwysers van die Institute for Scientific Information (ISI). Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe wil sy navorsingsuitsette betekenisvol verhoog, veral deur middel van inisiatiewe soos die nuwe R120 miljoen Plantwetenskappe-kompleks en die vestiging van die SAFCOL Bosbou-leerstoel. Die Fakulteit wil terselfdertyd sy internasionale profiel uitbrei deur sterk multidissiplinêre navorsingspanne byeen te bring binne hierdie nuwe kompleks. Lees meer oor die amptelike opening van die Plantwetenskappe-kompleks en die bekendstelling van die SAFCOL-leerstoel op bladsy 1.

Ons streef daarna om die Fakulteit as een van die top internasionale fakulteite van wetenskap te vestig en die voorste wetenskapfakulteit op die Afrika-kontinent te wees – deur ʼn betekenisvolle bydrae te lewer (deur middel van ons nagraadse navorsing) tot sommige van die grootste uitdagings wat die kontinent in die gesig staar met betrekking tot armoede en voedsel, energie en watersekerheid, klimaatsverandering en die impak daarvan op landbou, menslike- en dieregesondheid en ekonomiese volhoubaarheid. Alhoewel die Fakulteit reeds wesenlik tot sommige van hierdie uitdagings bydra, gaan die nuut-gevestigde Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW), wat hom selfs meer op hierdie kritiese gebiede sal toespits, in samewerking met ons en ander fakulteite poog om sy impak en voetspoor in Afrika betekenisvol te verbeter (lees meer oor die aanstelling van die Temaleiers van die IFNuW op bladsy 13-14).

Die Fakulteit soek gedurig na geleenthede om hoogs aangeskrewe navorsers en akademici te werf en aan te stel – ʼn uitvloeisel van sy mensgerigtheid. Een van hierdie nuwe aanstellings is dié van prof Rivka Kfir as Buitengewone Professor by die UP Waterinstituut, (lees meer op bladsy 15). Vier van die Fakulteit se departemente het nuwe Hoofde aangestel (lees meer op bladsy 9-12).

Ons is, soos gewoonlik, baie trots op die uitstaande prestasies van ons personeel en studente in die Fakulteit. Prof Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) is gekies om ʼn eregraad van die Universiteit van British Columbia te ontvang (bladsy 5). Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Havenga-prys vir Biologiese Wetenskappe aan prof Nigel Bennett toegeken (bladsy 5) en die UP Nutrilab is onlangs met ’n toonaangewende toekenning vir hulle akkurate laboratorium-analise deur die Agri-Laboratory Association of Southern Africa (AgriLASA) vereer (bladsy 6). Chris Oosthuizen, ʼn onlangse MSc-gegradueerde van die Departement Dierkunde en Entomologie is vereer vir uitnemendheid in wetenskapkommunikasie deurdat hy die “Wetenskap in Aksie”-kategorie van die invloedryke jaarlikse South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) SA wetenskaplens-fotografiekompetisie gewen het (bladsy 25). Meer inligting oor die Fakulteit se toppresteerders kan op bladsy 26 gevind word.

Navorsing is deel van ons kernbesigheid en die belangrikheid daarvan word deur die baanbreker-navorsingswerk van ons personeel en studente beklemtoon. Lees meer aangaande prof Bob Millar se navorsing oor die neuro-endokrinologie van voortplanting wat in die toonaangewende New England Journal of Medicine gepubliseer is (bladsy 15). Vind ook op bladsy 16 uit waarom robbe dalk dieper sal moet duik om genoeg voedsel te vind indien die tendens van oseaanverwarming voortgaan.

Daar is baie uitstaande prestasies van ons personeel en studente waarop ons geweldig trots is. Ons wil deur middel van hierdie nuusbrief sommige van hierdie prestasies met julle deel. Ons vertrou dat julle hierdie samevatting van die nuutste verwikkelinge in ons Fakulteit insiggewend sal vind. Sterkte vir die res van die eerste semester.

Prof Anton StröhDekaan: Fakulteit Natuur- en

Landbouwetenskappe

Boodskap van die Dekaan

Geleenthede geskep deur multidissiplinêre navorsing

Redaksie:Martie Meyer (redakteur)[email protected] 420 5498 (kantoor)012 420 5895 (faks)Kamer 8-9,LandbouwetenskappegebouFakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe

Uitleg:Rita DaveCreative Studios (Hatfield)Departement vir Onderwysinnovasie012 420 3932

Taalversorging en vertaling:Matilda Botha

Stuur gerus kommentaar en terugvoer oor die fakulteitsnuusbrief en idees/voorstelle vir artikels na [email protected]

Redakteur

Martie Meyer

Page 3: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 3

gelys is in terme van die hoeveelheid uitsette in plantkunde. Hy het ook gesê dat die nuwe kompleks die Fakulteit in staat sal stel om produksie te versnel op die gebied van plantkunde.

Met die bekendstelling van die Suid-Afrikaanse Bosboumaatskappy (Bpk) (SAFCOL) het die waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van SAFCOL, me Maureen Manyama-Matome, gesê haar organisasie poog om programme vir die bevordering van leer en ontwikkeling van kundigheid in bosbouprogramme aan te moedig. Dit is in 2006 (in samewerking met die Universiteit) verwesenlik toe ʼn behoefte geïdentifiseer is om formele onderrig te bied aan voornemende nagraadse studente van Suid-Afrika en die SADC streek.

Sy het bygevoeg: “Die Universiteit van Pretoria was en is steeds perfek geposisioneer om suksesvol by te dra tot die behoefte aan formele onderrig vir voornemende studente wat op bosbouverwante navorsing fokus.”

Me Manyama-Matome het voorspel dat die vestiging van die Plantwetenskappe-kompleks ʼn groot rol gaan speel in die ondersteuning van bosbounavorsing. Sy het bygevoeg dat die SAFCOL-leerstoel wat by die Universiteit van Pretoria bekendgestel is die oplossing gaan word vir die uitdagings met betrekking tot kundigheid in die florerende bosbou-industrie.

Manyama-Matome het ook gesê dat die sukses van die SAFCOL-leerstoel in die aanbieding van kwaliteit-onderrig en leer afhanklik is van die deelname van die bosbou-industrie binne die openbare- en privaatsektor en dat sleutelrolspelers ook hierby betrokke moet raak.

Volgens prof Marion Meyer, hoof van die Departement Plantkunde, sal die nuwe kompleks die spilpunt van aktiwiteite in sy departement vorm; vir die eerste keer in baie dekades word personeellede van die Departement saamgevoeg onder een dak. Hy sê: “Die nuwe Plantwetenskappe-kompleks sal samewerking bevorder tussen verskillende departemente en institute wat in fundamentele navorsing en toegepaste wetenskappe binne die Departement Plantkunde spesialiseer.”

Prof Cheryl de la Rey, die Visekanselier en Rektor, het in haar openingsrede gesê die nuwe kompleks stel die Universiteit van Pretoria in staat om sy doelwitte van kwaliteit en verhoogde navorsingsuitsette te bereik. Dit is ook ʼn verwesenliking van ʼn visie en verbintenis wat sy by ʼn sooispitgeleentheid twee jaar gelede gemaak het. Die Universiteit moet ʼn omgewing skep waarin die personeel en studente kan fokus op hulle passie vir en toewyding tot intellektuele en wetenskaplike ondersoek, sodat die akademiese gehalte en uitsette kan verbeter. So ʼn omgewing sluit die toepaslike fisiese infrastruktuur in.

Alhoewel die fokus op die viering van die nuwe fasiliteite was, het prof De la Rey die aandag daarop gevestig dat die Departement Plantkunde van die Universiteit van Pretoria volgens die ISI Essensiële Wetenskapaanwysers op die ranglys van die top instellings in die wêreld is.

Prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbou-wetenskappe, het beklemtoon dat die Departement sy uitsette verhoog het, beide in die plaaslike en die internasionale omgewing. Dit het tot gevolg gehad dat die Universiteit van Pretoria wêreldwyd in die nommer 54 posisie

Van links: Prof Marion Meyer (Hoof: Departement Plantkunde), prof Cheryl de la Rey (UP se Visekanselier en Rektor), me Maureen Manyama-Matome (SAFCOL) en prof Anton Ströh (Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Die Hoof van UP se Departement Plantkunde, prof Marion Meyer, spreek die gehoor toe tydens die amptelike opening van die nuwe Plantwetenskappe-kompleks, met ʼn kunstenaarsvoorstelling van die gebou.

Van links: UP se Direkteur van die SAFCOL Bosbou-leerstoel, prof Paxie Chirwa, me Maureen Manyama-Matome (SAFCOL) en prof Cheryl de la Rey (UP Visekanselier en Rektor).

vervolg van bladsy 1

Page 4: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

4 SQUARED2 UP

Pres

tasies

Die Universiteit van Pretoria het op 13 April by die Herfspromosieplegtigheid ’n eredoktorsgraad aan prof Santosh M Warrier oorhandig; hy staan meer bekend as prof M Santosh in die wêreld-geologiegemeenskap en is een van die wêreld se voorste geologiese wetenskaplikes. Hy is verbonde aan die Kochi Universiteit in Japan.

Die toekenning van die DSc (honoris causa) is gebaseer op sy leidende internasionale rol in sy denkwyse en navorsingsaktiwiteite op die wêreld superkontinent-siklus, op sy vestiging van ’n onbekende vaktydskrif (Gondwana Research) wat hy as redakteur gestuur het tot die spits van eietydse internasionale geologiese publikasies en op sy persoonlike navorsingspublikasie-rekord en die aanhalingsprofiel daarvan.

Hy het die joernaal Gondwana Research van ’n nederige ontstaan (as nuusbrief) geneem tot een van die uitmuntende hedendaagse geologiese publikasies, wat deur die wêreld se voorste uitgewers, Elsevier Science, gepubliseer word. Dit beklee tans die #1 posisie tussen die algemene geologiese (nie-beoordeelde) vaktydskrifte op die ranglys van sitasies, met ’n 2010 impakfaktor van 5.503. Prof Santosh was van die begin af redakteur van hierdie tydskrif met die merkwaardige groei en het dit omskep in ’n geologiese krag wat die aansluiting van gevestigde westerse geowetenskap oortref en die toenemende belangrikheid van oosterse (Japanese, Chinese en Indiese) geowetenskaplike denke onderskryf. Sy lang akademiese band met Japanese aardwetenskappe in kombinasie met ’n vroeëre opvoedkundige grondslag in Indië, het aan hom ’n unieke vermoë besorg om hierdie hoogtes te bereik en die wêrelddenke en aktiwiteite wat verband hou met die superkontinent-siklus te domineer. Sy hoogs invloedryke 2004 boek, Continents and Supercontinents (as mede-outeur), het baanbrekerswerk van meer as twee dekades bevat.

Hy is in 1957 in Indië gebore en het sy PhD in 1986 aan die Cochin Universiteit verwerf. Hy was ’n Navorsingsgenoot van 1981 tot 2000 en ’n wetenskaplike by die Centre for Earth Science Studies in Indië, met uitgebreide post-doktorale periodes in die VK (1988) en veral in Japan (1999-2000). Hy het in 1990 sy DSc aan die Universiteit van Osaka City in Japan verwerf. Hy is sedert 2000 ’n vername professor by die Kochi Universiteit in Japan. Hy was die leier van verskeie belangrike bilaterale navorsingsprojekte tussen Indië en Japan, was die mede-leier van ’n UNESCO projek, het op die raad van vyf internasionale vaktydskrifte van hoë stand gedien en was ’n besoekende professor by nege internasionale universiteite in Indië, Frankryk, VSA, Japan, Australië, China en Suid-Korea. Hy het toesig gehou oor agt PhD-studente sowel as ’n groot hoeveelheid MSc-studente by verskeie universiteite.

Prof Santosh het ’n publikasierekord in hoëklas internasionale vaktydskrifte en boekreekse wat baie moeilik deur enige persoon van enige agtergrond geëwenaar sal word: meer as 300 wetenskaplike werke, ’n ISI (Web of Science) h-indeks van 33 (255 dokumente gevind; 3 562 aanhalings), met ’n Scopus rekord van H=29 (268 dokumente gevind). Daar is 48 boeke of verhandelings om by die lys van vaktydskrifte te voeg. Hy het ook baie toekennings ontvang, die mees betekenisvolle daarvan is die hoogste geowetenskaplike toekennings in Indië: die National Mineral Award (jaarliks deur die Visepresident van die land toegeken) en die Outstanding Geologist Award.

Prof Dave Berger van die Departement Plantkunde en die Instituut vir Bosbou- en Landbou Biotegnologie (FABI) van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die tweede prys gewen by die toekennings van ESASTAP (European-South African Science and Technology Advancement Programme of the Department of Science and Technology) in die kategorie kapasiteitsontwikkeling. Die toekenning is gedoen vir sy bydrae as wetenskaplike koördineerder van die EU se INCO-DEV SAFEMAIZE projek, wat op voedselsekuriteit toegespits was. Prof Amanda Minnaar van die Departement Voedselwetenskap het die eerste prys gewen (artikel geplaas in vorige nuusbrief).

Boere in Afrika het te kampe met die probleem dat hul mielie-gewasse aan ’n fusarium-fungus, wat swamtoksine produseer, blootgestel is. Dit het ernstige gesondheidsimplikasies vir verbruikers. Die projek was daarop gerig om strategieë te ontwikkel om hierdie risiko te verminder. Die projek het kapasiteit gebou in die biotegnologie van gewasse en terselfdertyd gehelp om samewerking tussen die drie Suid-Afrikaanse vennote — die Universiteit van Pretoria, die Landbounavorsingsraad en die WNNR — te verstewig, deur middel van samewerking met die Universiteit van Rome en die Istituto Sperimentale per la Cerealicoltura in Italië. Plantpatologiese kapasiteit in Zambië is deur samewerking tussen die Universiteit van Zambië, die Universiteit van Pretoria en Plant Research International in Nederland versterk.

Eredoktorsgraad vir voorste geoloog

Plantkundige wen ESASTAP prys

Voor: Prof Robin Crewe (UP Viserektor), prof Santosh Warrier en prof Wiseman Nkuhlu (UP Kanselier). Agter: Prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Andrzej Kijko (Direkteur: Aon Benfield Natuurlike Ramp Sentrum, Afrika by UP), mnr Philani Mavimbela (UP Departement Geologie), prof Pat Eriksson (Hoof van UP Departement Geologie) en prof Hariharan Rajesh (Universiteit van Johannesburg en eertydse student van prof Santosh Warrier).

Prof Dave Berger

Page 5: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 5

Prestasies

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs die Havenga-prys vir Lewenswetenskappe aan prof Nigel Bennett van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe toegeken. Prof Bennett is ’n kenner op die gebied van ekologie, dierfisiologie en die gedrag van diere en het die Havenga-prys in Lewenswetenskappe ontvang vir navorsing op lewende materiaal, uitgesluit die mens, bv in Landbou, Biologie en Veeartsenykunde.

Die Havenga-prys word jaarliks vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegnologiese gebied toegeken en die nodige vereistes by die beoordeling van kandidate is eerstens navorsingspublikasies en tweedens bewys van die bevordering van Afrikaans.

Prof Nigel Bennett het sy PhD aan die Universiteit van Kaapstad voltooi en beklee tans die Austin Roberts-leerstoel vir Afrika-soogdierkunde en die SARChI-leerstoel vir Soogdiergedragsekologie en -fisiologie. Hy is ook Volprofessor in die Departement Dierkunde en Entomologie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe.

In sy navorsing spits hy hom toe op ekologie, dierfisiologie en die gedrag van diere. Hy bestudeer die biologie van die Afrika-stootmol en gebruik hierdie organismes as modeldiere vir sy interdissiplinêre studies.

Hy het self een boek gepubliseer, tien hoofstukke bygedra tot verskillende ander boeke en 194

navorsingsartikels gepubliseer in internasionale portuurbeoordeelde vaktydskrifte, met inbegrip van bydraes in Nature, Proceedings of the Royal Society of London, Advances in the Study of Behavior en Trends in Ecology and Evolution. Hy is ’n genoot van die Zoological Society of London en die Royal Society of South Africa. Hy was President en Visepresident van die Dierkundevereniging van Suider-Afrika en is die Hoofredakteur van die Journal of Zoology (Londen) en die Redakteur van die Proceedings of the Royal Society of Londen - Series B (Biological Sciences).

In 2003 en weer in 2011 ontvang professor Bennett die Kanseliersmedalje vir Navorsing en in 2008 ontvang hy die Goue Medalje van die Dierkundevereniging. Hy beskik oor ’n A-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS).

Prof Nigel Bennett was ook onlangs ’n besoekende Professor aan die Departement Dierkunde by die King Saud Universiteit in Riyadh, Saoedi-Arabië.

Prof Mike Wingfield, Direkteur van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) en ’n internasionaal bekende navorser, is gekies om ’n eredoktorsgraad van die University of British Columbia te ontvang. Die graad sal amptelik in November tydens dié Universiteit se gradeplegtigheid aan hom oorhandig word.

Die rol wat prof Wingfield gespeel het as raadgewer vir meer as 50 PhD-studente kan beskou word as een van sy belangrikste bydraes tot bosbou. Baie van hierdie studente is tans in belangrike poste wêreldwyd. Hy was verantwoordelik vir die stigting van die Boombeskerming-samewerkingsprogram / Tree Protection Co-operative Programme (TPCP) in 1990 om die impak van peste en patogene in Suid-Afrika te minimaliseer, veral waar dit die bedreiging van kommersiële bosbou inhou. Hierdie program het ontwikkel tot die grootste enkele boomgesondheidsprojek in die wêreld. Dit het ook aanleiding gegee tot die stigting van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI; www.fabinet.up.ac.za) in 1998, waarvan hy die stigtingsdirekteur was.

Prof Wingfield het wyd gepubliseer oor die onderwerp van boomgesondheid – in meer as 600 referate, vyf boeke en verskeie uitgenooide lesings wêreldwyd. Hy het in baie vername posisies gedien, het verskeie toekennings ontvang en is geëer vir sy bydrae tot opvoedkunde, navorsing en die industrie in Suid-Afrika sowel as elders in die wêreld. Hy is op grond van hierdie bydraes verkies tot genoot van verskeie wetenskaplike verenigings insluitend die Royal Society of South Africa, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap (ASSAf), die Suid-Afrikaanse Vereniging vir

Plantpatologie en die American Phytopathological Society. Hy is een van slegs ʼn paar erelede van die Mycological Society of America.

Hy het vir meer as dertig jaar navorsing oor boompeste en patogene gedoen, en veral gefokus op die wêreldwye beweging daarvan. Sy navorsing op hierdie gebied (gedoen in baie verskillende lande van die wêreld) is wyd aangehaal en vermeld; dit het ook gelei tot die ontdekking van sommige van die belangrikste patogene van bome wat kommersieel in plantasies gekweek word. Hierdie navorsing het ook elemente van die biologie en wêreldwye beweging van baie van die belangrikste peste en boompatogene verklaar, wat bygedra het tot nuwe bestuursmoontlikhede en oplossing van probleme – verliese in die industrie is derhalwe verminder. Weens sy hoë aansien in navorsingskringe is prof Wingfield al vir ʼn geruime tyd ʼn raadgewer vir baie belangrike bosbou-liggame wêreldwyd.

Nigel Bennett ontvang gesogte prys

Eredoktorsgraad vir bosboukundige

Prof Nigel Bennett

Prof Mike Wingfield

Page 6: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

6 SQUARED2 UP

Pres

tasies

Die Agri-Laboratory Association of Southern Africa (AgriLASA) het UP Nutrilab onlangs met ’n toonaangewende toekenning vir hulle akkurate laboratorium-analise vereer.

Die UP Nutrilab, gehuisves in die Departement Vee- en Wildkunde van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is ’n analitiese laboratorium wat spesialiseer in diervoeding. Die voedingslaboratoriums van die departement Vee- en Wildkunde by UP en die Etologie Departement by Onderstepoort het in 2002 saamgesmelt om die UP Nutrilab te vorm. Die fasiliteit word in die Landbouwetenskappe-gebou gehuisves en sluit die navorsingsfasiliteite op die eksperimentele plaas van die Universiteit in Suidstraat, waar studies oor dierevoeding gedoen word, in.

Die personeel van die UP Nutrilab akkommodeer nie alleen nagraadse en doktorale studente van die Departement Vee- en Wildkunde nie, maar staan ook studente van ander departemente, soos Plantproduksie en Grondkunde, Dierkunde en Verbruikerswetenskap by met laboratorium-analises vir nagraadse

studies. Hulle help ook dosente van ander departemente met navorsing.

UP Nutrilab verskaf ’n diens aan die gemeenskap en aan ander universiteite deur ontledings vir eksterne kliënte te doen wat ondersteun word deur die kundigheid van die dierkundiges in die Departement. Dit dien ook as ’n bronlaboratorium vir ontledings op voere vir registrasiedoeleindes by die Registrateur van Dierevoeding en doen chemiese analises vir voermaatskappye om hul NIR-toerusting te kalibreer.

AgriLASA is ’n nie-winsgewende organisasie vir laboratoriums met landboutoepaslikheid. Dit het ten doel die bevordering van die gebruik van standaard analitiese metodes, die voorsiening van kwaliteitversekering vir laboratoriums wat aan die vereniging se vaardigheidskema deelneem, die voorsiening van bewys van bevoegdheid en betroubare uitslae aan gebruikers van lid-laboratoriums en die daarstelling van ’n forum vir lid-laboratoriums om tegniese kennis en ervaring te deel en om algemene uitdagings aan te spreek.

ʼn Internasionaal erkende navorser van die Universiteit van Pretoria is onlangs vereer met die Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging (SAMS) se Toekenning vir Onderskeiding in Navorsing 2011.

Prof Jean Lubuma is die Hoof van die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy het hierdie invloedryke prys by die gesamentlike internasionale kongres van die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse Wiskundige Verenigings, wat van 29 November tot 3 Desember 2011 in Port Elizabeth aangebied is, ontvang.

Volgens SAMS is die doel van hierdie toekenning om uitnemendheid in navorsing te erken en stimuleer. Dit word slegs gedoen in erkenning van belangrike navorsingsbydraes tot Wiskunde of die toepassings van Wiskunde in enige veld. Die oogmerk van die Vereniging is om uitgebreide navorsing wat in Suid-Afrika en tot eer van Suid-Afrikaanse Wiskunde onderneem is, te erken en te beloon. Die prys word aangebied

in die vorm van ʼn silwer Möbiusband met goue rand en die toepaslike inskrywing.

Prof Lubuma geniet aansienlike internasionale erkenning vir sy betekenisvolle bydraes tot die Wiskunde en toepassing daarvan.

Sy huidige navorsingsfokusgebied sluit die epidemiologie van aansteeklike siektes by mense in: modellering, stimulering en toepassings. Hy het gedurende die laaste paar jaar ʼn goeie navorsingspan en netwerk van medewerkers

gevestig. Hy is betrokke by verskeie projekte wat gelei het tot kwaliteit publikasies in terme van die toepaslikheid daarvan en diepte van die probleme en uitslae.

Prof Lubuma se werk word in uitstaande vaktydskrifte gepubliseer, soos Proceedings of the Royal Society of London A en SIAM Journal on Numerical Analysis (wat onder die top vaktydskrifte in die veld is), sowel as Mathematische Nachrichten, Comptes Rendus de l’ Academie des Sciences de Paris, Numerical Methods for Partial Differential Equations, Journal of Computational and Applied Mathematics, Mathematical Methods in the Applied Sciences, ens. Hy is ook baie suksesvol daarmee om lesings in gesaghebbende reekse te publiseer, bv Pitman Research Notes in Mathematics, American Institute of Physics Conference Proceedings en Marcel-Dekker Lecture Notes in Pure and Applied Mathematics. Prof Lubuma is ʼn Genoot van verskeie akademies waarvan die Afrika Akademie vir Wetenskap en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap ʼn paar is.

UP Nutrilab ontvang toonaangewende toekenning

SAMS vereer prof Jean Lubuma

Die span van UP Nutrilab: Voor: Elise Ferreira, Truida Smit en Karin Basson. Agter: Tebogo Mogotsi, Ilze Smith en Rosa Qoko. Afwesig: Gerda Kotzé en Moses Phetla.

Prof Jean Lubuma ontvang die Toekenning.

Page 7: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 7

Prestasies

Dr Charles Maepa het die Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde se Toekenning vir Uitnemendheid in Onderrig en Leer vir 2011 ontvang. Daar word deur middel van hierdie toekenning erkenning aan dr Maepa verleen vir sy toewyding tot onderrig en die professionele wyse waarop hy ʼn kursus vir ʼn groot groep studente aanbied en bestuur. Die wenner van hierdie toonaangewende toekenning is in November 2011 by die jaarlikse departementele Bosberaad aangekondig.

Van links: Prof Izak Broere (Voorsitter van die Beoordelingspaneel), prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde), dr Charles Maepa, prof Nthabiseng Ogude (Viserektor) en prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe).

Dr Charles Maepa ontvang die toekenning by prof Nthabiseng Ogude (Viserektor).

Die Universiteit van Pretoria het Afrika, Suid-Afrika en die Afrika-kontinent op die Komitee vir Wêreldvoedselsekerheid (CFS) verteenwoordig.

Rashid Hassan, ʼn Professor van die Departement Landbou-ekonomie, Voorligting en Landelike Ontwikkeling in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, is aangestel as ʼn Projekspanlid vir Klimaatsverandering en Voedselsekerheid. Hy is een van ses lede wat op die Hoëvlakpaneel van Kundiges (HLPE) vir Voedselsekerheid en Voeding dien. Die ander lede van HLPE is Gerald Nelson (VSA), Zucong Cai (China), Charles Godfray (VK), Maureen Santos (Brasilië) en Hema Swaminathan (Indië).

Die HLPE vir Voedselsekerheid en Voeding is ʼn noodsaaklike element in die hervorming van Komitee vir Wêreld Voedselsekerheid (CFS), ʼn internasionale en inter-regeringsplatform vir voedselsekerheid en voeding. Die HLPE-span se taak is om die huidige toestand van voedselsekerheid en voeding en die onderliggende oorsake daarvan vas te stel en te ontleed, wetenskaplike en kennisgebaseerde analise en advies oor spesifieke beleidsake te voorsien, opkomende kwessies te identifiseer en lede te help om toekomstige optrede te prioritiseer.

Prof Hassan het onlangs die UP Kanseliersmedalje vir Navorsing ontvang. Hy het as lid van verskeie raadgewende direksies en komitees gedien, waarvan die Consultative Group on International Agricultural Research Independent Science and Partnership Council, die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, die Eksterne Akademiese Raadgewende Paneel vir die Wêreldontwikkelingsverslag 2009 oor klimaatsverandering maar net ʼn paar is. Hy het ook die Afrika-wye projek oor die impak van klimaatsverandering op landbou, water en ekosisteme gelei. Prof Hassan is ʼn lid van die Academy of Science of South Africa en is gekies as Senior Genoot van die Afrika Vereniging van Landbou-ekonome en Genoot van die Akademie vir Wetenskap vir die Ontwikkelende Wêreld.

Universiteit van Pretoria verteenwoordig op roemryke paneel van kundiges

Prof Rashid Hassan

Prof Eddie Webb, Hoof van die Departement Vee- en Wildkunde in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het onlangs ʼn toekenning van die West Texas A&M Universiteit (WTAMU) ontvang. Prof Ted Montgomery van WTAMU het die prys aan prof Webb oorhandig om die goeie samewerking en uitstekende verhouding tussen die twee instellings te vier. Die prys is ʼn standbeeld van ʼn bison, wat deesdae ʼn bedreigde spesie is. Prof Montgomery is ook betrokke by navorsingsprojekte tussen UP en WTAMU.

WTAMU beloon prof Webb

Mev Montgomery, prof Montgomery en prof Webb.

Page 8: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

8 SQUARED2 UP

Pres

tasi

es

Nie baie mense kan sê dat hulle die voorreg gehad het om Koningin Elizabeth van Engeland persoonlik te ontmoet nie. Nog minder kan sê dat hulle tien minute in Buckingham-paleis in ʼn privaatgesprek met haar Koninklike Hoogheid spandeer het. Dit was presies wat prof Jolanda Roux van die Universiteit van Pretoria se Instituut vir Bosbou- en Landbou Biotegnologie (FABI) in Desember 2011 gedoen het.

Prof Roux en mnr Jim Ball, Voorsitter van die Commonwealth Forestry Association (CFA), het op 13 Desember 2011 om 12 uur by die hek van Buckingham-paleis aangemeld, in reaksie op ʼn uitnodiging van Haar Majesteit, Koningin Elizabeth II. Hierdie eer het Jolanda te beurt geval omdat sy die CFA se “Queen’s Award for Forestry” gewen het. Koningin Elizabeth is die beskermdame van die CFA en het in 1987 die “Queen’s Award for Forestry” goedgekeur. Die toekenning is daarop gerig om uitstaande internasionale bydraes tot bosbou en die prestasies van hierdie uitstaande bosbouers te erken. Dit word gebaseer op ʼn kombinasie van besondere bydraes tot bosbou deur sodanige bosbouer en innoverende benadering tot sy of haar werk. Die toekenning is slegs nege keer gemaak sedert sy ontstaan. Prof Roux is die eerste vrou aan wie hierdie eer bewys is.

Sy beskryf die ontmoeting met die Koningin as ʼn “ongelooflike ervaring wat effens onwerklik voel. Dit is nie iets wat ek ooit gedink het met my sal gebeur nie en ek was heeltemal verstom toe die prys aan my gegee is en veral toe ek die telefoonoproep ontvang het waarin daar aan my gesê is dat Koningin Elizabeth my na die paleis nooi vir ʼn gesprek met haar!”

Prof Roux is ʼn bosboupatoloog en mikoloog. Sy is een van die span akademici wat FABI lei (www.fabinet.up.ac.za) en het ook ʼn aanstelling in die Universiteit se Departement Mikrobiologie en Plantpatologie. Haar navorsing is gerig op boomsiektes en sy is veral passievol oor boomgesondheid oor die algemeen en swamme wat siektes van bome op die Afrika-kontinent veroorsaak. Sy werk saam met navorsers in baie ander wêrelddele en het wyd gereis om haar navorsing te doen. Sy het reeds naby aan 100 proefskrifte in internasionale, gerespekteerde vaktydskrifte gepubliseer en toesig gehou oor verskeie nagraadse studente by die Universiteit van Pretoria. Prof Roux het baie ander vorme van erkenning ontvang en die DST se Uitsonderlike Jong Vroue in Wetenskap-toekenning vir 2011 moet beslis hier genoem word.

UP navorser ontmoet Koningin van England

Prof Jolanda Roux en mnr Jim Ball van die CFA ontmoet Haar Hoogheid, Koningin Elizabeth II.

Page 9: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Aanstellings

SQUARED2 UP 9

Min mense weet dat die nuwe Hoof van die Departement Biochemie, prof Debra Meyer, reeds vir meer as ’n dekade ook ’n vryskutaanbieder van SABC 2 se weervoorspelling is. Prof Meyer is sedert 1 Januarie 2012 aangestel as die Hoof van die Biochemie Departement van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy het die leisels by Prof Jan Verschoor oorgeneem.

Sy het haar meestersgraad aan die voormalige Rand Afrikaanse Universiteit verwerf en haar PhD in Biochemie en Molekulêre Biologie deur die Universiteit van Kalifornië, Davis (UCD) voltooi.

Prof Meyer het verskeie toekennings en eerbetoon ontvang, onder andere die NSTF/NRF TW Kambule uitmuntende swart navorser-toekenning wat sy in 2004 en weer in 2010 ontvang het. Prof Meyer het ook die TWAS-prys van die Akademie van Wetenskap vir die Ontwikkelende Wêreld in 2005 ontvang. Die Rapport en City Press het haar in 2007 aangewys as een van tien SA Vroue van Aansien. Sy was in 2004 ʼn besoekende wetenskaplike by Harvard Universiteit se Virale Immunologie Departement en in 2010 was sy by die Universiteit van Kalifornië, San Francisco. Prof Meyer is sedert 2004 ʼn NRF-gegradeerde wetenskaplike.

Haar navorsingsgroep is pioniers in die gebruik van moderne analitiese chemiese tegnieke in die bestudering van MIV/VIGS. Dit het gelei tot baanbrekers-publikasies op die gebied van biovloeistof metabonomika vir gebruik in MIV/VIGS navorsing en die demonstrasie van die effek van metale op MIV-infeksie.

Prof Meyer sê die moontlikheid om ʼn bydrae te lewer tot die toekoms van die Biochemie Departement is ʼn opwindende leierskapsgeleentheid. Sy sê: “Die personeellede van die Departement het tot op hede werk van goeie gehalte gedoen in navorsing en onderrig en dit dien as ʼn vaste basis vir die toekoms. Die Departement doen reeds navorsing wat toepaslik is op Suid-Afrika en dit is in lyn met die Universiteit se temas en mikpunte. Profetiese leierskap, effektiewe strategieë en innoverende bestuur kan waarde toevoeg tot die aansien van die Departement en daarop voortbou. My rol as Hoof van die Departement sal wees om die soort strategiese en vindingryke leierskap te voorsien wat insethouers sal inspireer om die nuwe visie na te volg, te ondersteun en om strategiese idees om te skakel in die praktyk.”

Haar visie vir die Departement is dat dit as een van die voorste wetenskapdepartemente van die Universiteit, die streek en die land erken sal word weens hoë gehalte internasionaal erkende navorsing en ʼn nougesette en toepaslike kurrikulum. Akademiese personeel sal gereeld in eweknie-beoordeelde internasionale vaktydskrifte publiseer en/of lewenskragtige patente registreer om ʼn impak te maak op voorgraadse Biochemiese wetenskaponderrig. Die nagraadse projekte en navorsingsplanne van die Departement sal toegewyde, leergierige studente lok wat hierdie Departement gekies het as gevolg van sy reputasie vir voortreflikheid en vermoë om kritiese denkers en produktiewe jong wetenskaplikes binne ʼn redelike tydperk op te lewer.

Prof Jan Verschoor was van 2003 tot 2011 die Hoof van die Biochemie Departement. Hy het die navorsing van die Departement op die diagnose, voorkoming en genesing van menslike en dierlike aansteeklike siektes gefokus, in besonder op die groot drie aansteeklike siektes in Afika wat aan armoede gekoppel word, naamlik VIGS, TB en Malaria. Prof Meyer se aanstelling as befaamde HIV spesialis-navorser het hierdie ideaal tot die spits gedryf.

Prof Verschoor se Tuberkulose-navorsingspan het sedert 1995 vyf internasionale patente oor innoverende TB diagnostiek en terapie ontwikkel. Hulle het in 2005 ʼn navorsingsooreenkoms met Bangor Universiteit (VK) en die WNNR (Pretoria) aangegaan om hierdie produkte vir die mark te ontwikkel.

Die span het in 2004 en 2008 aan die National Innovation Competitions deelgeneem en in 2009 finalisstatus bereik by die NSTF-Toekennings. Prof Verschoor fokus nou op die bekendstelling van die Universiteit se eerste kommersiële onderneming in nuwe, innoverende TB diagnostiek van toepassing op lande wat onder VIGS gebuk gaan (Suid-Afrika is een van die mees geaffekteerde lande in die wêreld). Hy is ook ʼn konsultant vir die WNNR se innoverende nano-enkapsuleerde anti-TB medikasie, wat ondersteun word deur die DST vir kommersiële bekendstelling. Hy het tans ʼn NRF-C2 gradering as navorser.

Bekroonde vrouewetenskaplike lei Biochemie

Prof Debra Meyer

Prof Jan Verschoor

Page 10: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

10 SQUARED2 UP

Aans

tellin

gs

Van teologie tot fisika... Prof Chris Theron, pas aangestel as die nuwe Hoof van die Departement Fisika in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het sy akademiese loopbaan as ʼn BA Teologie-student begin. Hy het egter na drie jaar sy studierigting na Fisika verander. Hy volg in die voetspore van prof Johan Malherbe wat aan die einde van 2011 uitgetree het uit die pos.

Prof Theron het die eerste in sito “real-time” Rutherford Backscattering spektometrie (RBS) fasiliteit ontwikkel en is genooi om ʼn lesing oor hierdie ontwikkeling te gee by die Ion Beam Analysis konferensie in Dresden (1999). Hy het vir sestien jaar by iTemba LABS gewerk (ʼn Nasionale Fasiliteit van die NRF wat van versnellingswetenskap gebruik maak) en was vir die laaste ses jaar die hoof van die Materiale Navorsingsgroep. Hy het in 2007 ʼn pos as hoofnavorsingswetenskaplike by die Diamond Navorsingslaboratorium van Element Six aanvaar. Hy moes kyk na nuwe toepassings van diamante of die toepassing van hoë temperatuur- en hoë druk-tegnologie op vreemde materiale. Prof Theron sê: “Ek is in 2010 as professor by die Departement Fisika aangestel waar ek gebruik maak van die 2 MV Van de Graaff-versneller in die studie van materiale.”

Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Fisika en was direkteur van die ”not-for-profit” Cape Initiative for Materials in Manufacturing. Hy is die voorsitter van die Programbestuurskomitee van iThemba LABS (Faure). Prof Theron was instrumenteel in die daarstelling van ʼn samewerkingsooreenkoms met die Centre for Energy Research and Development in Nigerië wat gelei het tot die suksesvolle aanskaffing en ingebruikneming van die pelletronversneller.

Hy beplan om die fasiliteite vir navorsing en onderrig wat tot die Departement se beskikking is te verbeter. Prof Theron sê: “Die Fisika Departement is gretig om die 2025 uitdaging te aanvaar en dit is my rol om die wonderlike idees wat opborrel uit die geledere van die personeel te koördineer en seker te maak dat ons daadwerklik optree om ons doelwitte te bereik.”

Prof Malherbe was die Hoof van die Departement Fisika van 1998 tot 2011 en Voorsitter van die Skool vir Fisiese Wetenskappe in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe van 2000 tot 2008.

Alhoewel hy sy PhD in teoretiese fisika gedoen het, het hy sy navorsingsveld na eksperimentele fisika verander. Hy het sabbatsjare by verskeie navorsingsinstansies en universiteite in Duitsland en Denemarke voltooi en navorsing saam met Siegfried Hofmann en Peter Sigmund gedoen (beide is leiers in oppervlak fisika). Hy het wyd gepubliseer en is veral bekend vir sy modelle en eksperimente. Hy is uitgenooi om voltallige lesings aan te bied by internasionale konferensies en om dokumente te beoordeel. Hy het meer onlangs op materiale-probleme begin werk wat verbind word met die kernkrag-industrie.

Hy het op ʼn hoeveelheid plaaslike en internasionale komitees gedien en was op verskeie daarvan die voorsitter. Hy het plaaslike en internasionale toekennings ontvang. Hy is tans ʼn raadslid van die Nasionale Wetenskap- en Tegnologie Forum, Suid-Afrikaanse Raad vir Professionele Wetenskaplikes en die International Advisory Board of Atomic Collisions in Solids. Hy het vier keer die UP Uitstaande Presteerder-toekenning ontvang. Hy het ʼn B2-gradering van die NRF.Prof Johan Malherbe

Prof Chris Theron by een van die eksperimentele stasies van die 2 miljoen volt Van de Graaff versneller op die Hatfield-kampus.

Chris Theron lei Departement Fisika

Page 11: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 11

Aanstellings

Prof Elna Buys, ʼn kundige in voedsel-mikrobiologie en voedselsekerheid is onlangs aangestel as die nuwe Hoof van die Departement Voedselwetenskap in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Sy is ʼn C2-gegradeerde wetenskaplike by die Nasionale Navorsingsraad (NRF) en is vanaf 1 Februarie 2012 in hierdie pos. Sy volg prof Amanda Minnaar op.

Prof Buys het haar PhD in Mikrobiologie by die Universiteit van die Witwatersrand voltooi en haar loopbaan in 2001 by die Universiteit van Pretoria begin. Sy was eers ʼn Senior Navorser by die Landbounavorsingsraad (LNR).

Sy dien op die die tegniese komitee van die South African Dairy Standards Agency (lidmaatskap slegs op uitnodiging). Sy hou tans toesig oor vier meesterstudente, twee PhD-studente, een postdoktorale student en een DTech graadstudent. Prof Buys het meer as 40 artikels en 4 boeke gepubliseer.

Sy beklemtoon dat die Departement Voedselwetenskap uitstekende vordering getoon het in onderrig, leer en navorsing, “maar ten spyte van ons sukses moet ons nuwe doelwitte stel want die gebiede van voedselwetenskap en voeding bied heeltyd nuwe geleenthede waarvan ons deel moet wees. Dit is van uiterste belang dat ons gedurig sal aanpas en met nuwe idees vorendag sal kom.”

Haar visie vir die Departement is dat dit, onder andere, die akademiese leier op die onderskeie navorsingsgebiede sal wees. Dit sluit in die verspreiding van voedselwetenskap- en voedingkennis om studente te onderrig, optimale gesondheid en welsyn sowel as voedselsekerheid te bevorder en om die behoeftes van Suid-Afrikaners en ander te dien. Sy voeg by: “Ons behoort ook strategiese verbintenisse te vorm om voedselsekerheid te bevorder, gesondheid en welsyn uit te dra en tot gemeenskapsontwikkeling by te dra in gebiede waar ons ʼn verskil kan maak in die verbetering van voedselsekerheid en kwaliteit van voedsel geproduseer deur die Suid-Afrikaanse industrie, regeringsbeleide en voedselsekerheid en welsyn van verbruikers.”

Prof Amanda Minnaar was van 2001 tot 2011 die Hoof van die Departement Voedselwetenskap. Sy het haar PhD deur die Universiteit van Pretoria

voltooi en onlangs erkenning ontvang vir 25 jaar in diens van die Universiteit.

Sy is ʼn kundige op die gebied van voedselprosessering en -bewaring, sensoriese evaluasie en die wetenskap en tegnologie van peulgewasse. Sy is ʼn professionele lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van

Voedselwetenskap en Tegnologie (SAAFoST), voorsitter van SAAFoST se Noordelike Tak en lid van die Instituut vir Voedseltegnologie, VSA.

Hoogtepunte van haar loopbaan sluit in haar deelname aan verskeie internasionale projekte as projekleier of hoof wetenskaplike ondersoeker. Dit sluit die Boontjie/Swartbekboontjie Gekoördineerde Navorsingsprogram deur USAID befonds, die FAO/Internasionale Atoomenergie Agentskap Internasionale Werkgroepe en die EUINCO-DEV Marama II-projek in. Sy het ook onlangs die eerste prys gewen by die European-South African Science and Technology Advancement Programme (ESASTAP) se toekennings. Prof Minnaar het die eerste prys gewen in die kategorie kapasiteitontwikkeling, uit hoofde van haar betrokkenheid by

die Marama II-projek van die Europese Unie. Sy is ʼn C2-gegradeerde wetenskaplike by die Nasionale Navorsingsraad.

Elna Buys nuwe hoof van Voedselwetenskap

Prof Elna Buys

Prof Amanda Minnaar

Page 12: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Prof Chris Chimimba

Nuwe leier vir Dierkunde en Entomologie

Aans

tellin

gs

Prof Chris Chimimba, ʼn befaamde dierkundige en Wetenskaplike Genoot van die Zoological Society of London is aangestel as die nuwe Hoof van die Departement van Dierkunde en Entomologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Prof Chimimba volg prof Sue Nicolson op.

Prof Chimimba is geregistreer as ’n professionele natuurwetenskaplike (Pr. Sci. Nat.) by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies. Hy is ʼn Genoot van die Linnean Society of London (FLS) (Londen) en het ʼn C2 NRF-gradering. Hy het sy PhD deur die Universiteit van Pretoria gedoen.

Hy is tans ʼn professor in die Departement Dierkunde en Entomologie en ʼn navorsings-assosiaat van die wêreldbekende Mammal Research Institute (MRI). Hy is ʼn kernspanlid van een van die ses invloedryke DST-NRF Sentrums van Uitnemendheid in Suid-Afrika, die Centre of Excellence for Invasion Biology (CIB). Sy navorsing is hoofsaaklik in biosistematiek van Afrika-fauna, van gewerweldes tot ongewerweldes, waar hy onder andere morfometrie, DNA sekwensie, sitogenetiese, ekologiese, epidemiologiese en GIS-tegnieke toepas, en fokus op die taksa van mediese-, veeartsenykundige-, landbou-, ekonomiese- en natuurbewaringsbelang.

Prof Chimimba het as wetenskaplike beoordelaar vir soveel as 25 internasionaal geakkrediteerde wetenskaplike vaktydskrifte opgetree, is ʼn raadgewende redakteur vir Navorsinge van Nasionale Museum, Bloemfontein en was ʼn mederedakteur van die hoogs aangeskrewe Journal of Mammalogy (VSA) en die vaktydskrif Biodiversity & Conservation (Nederland). Hy dien as lid van die raadgewende rade van die Transvaal Museum en die Sentrum vir Uitnemendheid by die Percy FitzPatrick Instituut van die Universiteit van Kaapstad, is ʼn kurator van die Green Trust (Nedbank) en die Institute for the Breeding of Rare and Endangered Mammals South Africa (IBREAM SA). Hy was as konsultant betrokke by groot projekte soos die Red Data Book on South African Mammals. Hy het onderneem om sy navorsing deur middel van populêre artikels en die media (soos SABC se 50/50 natuurprogram) te versprei.

Sy visie vir die Departement is om die status quo van een van die mees produktiewe akademiese departemente van die Universiteit en die land

in stand te hou en dit na nuwe hoogtes te neem. Hy beplan om met die Departement se sterk navorsingsprogramme voort te gaan en fondse te lok sowel as ’n uitstekende kohort voorgraadse en nagraadse studente en postdoktorale genote te hê. Hy beklemtoon dat dit nie alleen die fokus sal plaas op die behoeftes van die wetenskaplike gemeenskap nie, maar ook regeringsbehoeftes sal aanspreek wat wyer as die wetenskap strek. Prof Chimimba beplan verder om bande met ander potensiële vennote binne en buite die Universiteit en toepaslike kundigheid van ander dissiplines aan te moedig.

Prof Sue Nicolson was die Hoof van die Departement Dierkunde en Entomologie van 2003 tot 2011. Sy het haar BSc honneursgraad aan die Universiteit van Auckland in New Zealand voltooi en ʼn Statebondbeurs ontvang om haar PhD in insekfisiologie by Cambridge Universiteit te doen. Nadat sy Suid-Afrika toe gekom het, het sy in die Dierkunde Departement van die Universiteit van Kaapstad gewerk. Sy het in 2001 by UP aangesluit.

Haar hoofnavorsingsbelang is in fisiologiese aspekte van bestuiwingsbiologie, veral nektar en stuifmeel vir bye en voëls. Sy beskou die onlangse navorsingskenking van die UK Insect Pollinators Initiative om op die voedingsregulering by bye te werk, befonds deur die Biotechnology and Biological Sciences Research Council (BBSRC) en ander, as ʼn hoogtepunt van haar loopbaan.

Sy het drie toekennings in 2010 ontvang. Prof Nicolson het die goue medalje van die Dierkundige Vereniging van Suider-Afrika ontvang, was die naaswenner van die Departement Wetenskap en Tegnologie (DST) Uitnemende Vroue in Wetenskap se Lewenswetenskappe-toekenning en is gekies as Genoot van die Royal Society of South Africa. Sy het in 2009 die Bill Venter/Altron Boekprys gewen vir Insect physiological ecology: Mechanisms and patterns (Chown & Nicolson, 2004) wat sy met mede-outeur, Steven Chown van Stellenbosch Universiteit gedeel het.

Prof Nicolson het meer as 130 artikels in vaktydskrifte en twee boeke gepubliseer. Sy het ʼn B2-gradering van die Nasionale Navorsingsraad (NRF) en ʼn h-indeks van 23 op die ISI Web of Science.

Prof Sue Nicolson

Nuwe leier vir Dierkunde en Entomologie

12 SQUARED2 UP

Page 13: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Aanstellings

SQUARED2 UP 13

Navorsingsleiers is aangewys om die fokusgebiede van die Institusionele Navorsingstema (INT) vir Voedsel, Voeding en Gesondheid te huisves en te fasiliteer. Dit volg op die totstandkoming van die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (IFNuW) en die aanstelling van prof Sheryl Hendriks as Direkteur van die Instituut.

Die span, bestaande uit internasionaal erkende navorsers, is uitgesoek deur middel van ʼn mededingende proses. Elke navorser bring strategiese leierskap na die vyf fokusgebiede

van die INT en sal sy/haar energie belê in die daarstelling van ʼn spilpunt van mense en projekte met die doel om die strategiese transdissiplinêre gebiede van navorsing te ontwikkel.

Die Instituut is in werklikheid ʼn virtuele platvorm wat die INT vir Voedsel, Voeding en Gesondheid (FNuW) fasiliteer en huisves. Personeel wat met die Instituut verbind word sal die persone insluit wat aan die INT vir FNuW projekte deelneem, asook aan projekte wat ekstern befonds en geteken word (onder borgskap van die Instituut) en lede van Instituut Think Tanks. Die Vennote van die Instituut sal op hulle beurt hierdie verenigings, samewerkings en aktiwiteite in alle produkte en uitsette erken.

Die Instituut het onlangs ʼn werkswinkel vir Temaleiers en die primêre ondersoekers van die agt strategiese projekte wat deur die INT befonds word gehou om kern-institusionele waardes te identifiseer wat die Instituut se wisselwerkings, navorsing en produkte sal kenmerk. Die Instituut strewe daarna om ʼn nuwe model vir samewerkende navorsing daar te stel en het derhalwe die kernwaardes geïdentifiseer om die “business unusual” benadering tot die organisering van sy aktiwiteite te karakteriseer.

Die vyf INT Temaleiers sal sterk navorsingspanne

in elk van die vyf temagebiede bou en fasiliteer, platforms skep vir samewerking en integrasie van kundigheid en ʼn navorsingsomgewing daarstel wat hom leen tot innovasie sowel as ʼn beduidende toename in nagraadse uitsette en navorsingspublikasies.

Agtergrond oor die vyf Temaleiers:

Prof Ned Donkin is as Interim Temaleier aangestel vir die ontwikkeling van navorsing wat die volhoubare landbouproduksie in ʼn omgewing met ʼn tekort aan hulpbronne ontgin. Sy akademiese opleiding in Dierkunde en uitgebreide ervaring in onderrig en navorsing in die Veeartsenykunde plaas hom in die ideale posisie om aktiwiteite binne hierdie tema,

wat in wese die tradisionele skeiding tussen Dierkunde en Veeartsenykunde oorbrug, te fasiliteer. Sy navorsingsprojekte het tot die ontwikkeling van praktiese bestuurstegnieke gelei en sluit in studies oor Hartwater, die gebruik van laktoperoksidase in bokmelk en die uitwerking daarvan op kaas- en bokmelkgehalte, teling van boklamme en Leucaena as ʼn alternatiewe veevoer-hulpbron vir melkbokke. As Visepresident van die International Goat Association het hy kontak met mense in baie ander lande wie se roeping die bevordering

van bokmelknavorsing en -ontwikkeling is, met die doel om armoede te verlig, vooruitgang te bevorder en die lewenskwaliteit te verbeter.

Hy hoop om kollegas aan te moedig om betrokke te raak by hierdie opwindende nuwe onderneming en ʼn wyer visie oor die verskillende dissiplines te ontwikkel. Sodoende kan sommige van die dringende vrae rakende die behoefte aan meer voedsel en beter kwaliteit voedselproduksie, veral in Afrika, beantwoord word.

Prof Lise Korsten is ʼn Plantpatoloog/Mikrobioloog en spesialiseer in na-oes tegnologie, voedselsekuriteit van vars vrugte en biobeheer. Haar navorsingspan het versnelde

Temaleiers vir die Instituut vir Voedsel, Voeding en Gesondheid aangestel

Prof Sheryl Hendriks Prof Ned Donkin Prof Lisa Korsten

Page 14: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

14 SQUARED2 UP

Aans

tellin

gs

diagnostiese metodes ontwikkel vir die opspoor van die belangrikste Penicillium spp in die lietsjie, sitrus en steenvrug uitvoerkettings. Hierdie tegnologie word ook in forensiese fitopatologie gebruik om wêreld-vrugtehandelgeskille uit die weg te ruim. Prof Korsten glo dat vars vrugte-verliese wat tydens vervaardiging, verpakking en by die mark gely word, groot ekonomiese skade aan boere veroorsaak, staatsinkomste negatief beïnvloed en bydra tot die verswakking van verbruikersvertroue. Om voedselverliese te verminder is dit van groot belang om allereers ʼn strategiese benadering te ontwikkel om die patogeen vinnig te identifiseer, die oorsprong van besmetting vas te stel, die rede vir die bederf van die voedsel vas te stel en ʼn meer effektiewe stelsel vir voedselbestuur te ontwikkel. Prof Korsten het onlangs nog ʼn projek ingesluit wat fokus op die verband tussen besmetting en besmette besproeiingswater en voedselsekuriteit.

Haar visie vir die tema Voedselsekerheid, Biosekerheid, Openbare Gesondheid en Regulerende Beheer is om bestaande kundigheid in plant-, dier- en menslike gesondheid byeen te bring onder ʼn enkele fokuspunt naamlik “One Health”. Dit sal ʼn unieke geleentheid aan navorsers van verskillende studievelde bied om komplimentêre navorsingsaktiwiteite te integreer en die Universiteit strategies te posisioneer as een van die voorste instellings in Afrika wat op uitdagings fokus wat verband hou met voedselsekerheid, biosekerheid, openbare gesondheid en regulerende beheer.

Prof John Taylor is in Engeland gebore en het sy opleiding ook daar ontvang. Hy het in 1992 by UP se Departement Voedselwetenskap aangesluit as graanwetenskaplike en voedselchemikus nadat hy vir 12 jaar by die WNNR gewerk het en hoofsaaklik navorsing oor sorghum in die brouery-industrie gedoen het. Hy word internasionaal gerespekteer as spesialis in die wetenskap en prosesseringstegnologie van die inheemse Afrika-grane sorghum en manna. Sy visie vir die Funksionele Biomolekules

en Gesonde Voedselsoorte-tema word in drie verwante kern-elemente omsluit waarin hy praktiese ondervinding gehad het: Wetenskap, Projekte en Mensontwikkeling. Prof Taylor verduidelik: “Die wetenskap handel byvoorbeeld oor die navorsing en ontwikkeling van natuurlike bioaktiewe samestellings en voedingsmiddele om wanvoeding, lewenstylsiektes en -kondisies te voorkom en te behandel.” Die fokus van sy tema sal wees op die inheemse Afrika-gewasse en voedsel wat daaruit vervaardig word, aangesien dit op ʼn unieke wyse ryk is aan bioaktiewe fitochemikalieë.

Prof Taylor beskou sy aanstelling as ʼn persoonlike dryfkrag wat hom in staat stel om die oorblywende ses jaar van sy amptelike loopbaan daaraan toe te wy om wetenskaplikes, die voedselindustrie en mense in Sub-Sahara-Afrika te help om kundigheid en kennis te ontwikkel “...sodat elkeen genoeg sal hê om te eet en gesonder en meer produktief sal wees sodat ons die teistering van armoede kan beëindig.”

Prof Ronél Ferreira lei ʼn nuwe fokus op gedragsverandering met die oog op gesondheid en welsyn. Sy is in 2010 by UP aangestel en is Hoof van die Departement Opvoedkundige Sielkunde in die Opvoedkunde Fakulteit. Haar navorsingsfokusgebiede is tans psigososiale ondersteuning, positiewe sielkunde, weerbaarheid, die psigososiale

hantering van kwesbaarhede, psigologiese welstand van kinders en gemeenskappe, MIV/VIGS, gemeenskapsgebaseerde intervensie, deelnemende refleksie en aksienavorsing.

Prof Ferreira sal gebruik maak van die kundigheid en ondervinding van navorsers vanuit die verskeie dissiplines om strategieë te identifiseer waardeur persepsies, houdings en gedrag met betrekking tot voedselkeuses, voedselproduksie en -verbruik verander kan word om sodoende honger aan te spreek. Daar sal ook gepoog word om voedsel- en voedingsekerheid, gesondheid, verbruikerswelstand, emosionele funksionering

en aanpassing sowel as omgewingsvolhoubaarheid te verbeter. Sy glo dat dit nodig is om op sosiale en kulturele aspekte van voedselproduksie en -verbruik te fokus sodat die houding van die gemeenskap en strukture wat met voedselsekerheid gepaardgaan, asook kulturele faktore wat voedselproduksie en -verbruik beïnvloed, aangespreek kan word.

Dit is vir haar opwindend om ʼn span wetenskaplikes van verskillende dissiplines te lei om navorsing te doen wat gedragsverandering kan fasiliteer en selfs kan aanleiding gee tot sosiale- en gemeenskapsontwikkeling. Sy sê: “Deur saam te werk as ʼn

span en die kundigheid van kollegas te benut kan ons pogings om gesondheid en welstand te verbeter op die verskeie gebiede van die lewe ondersteun”. Deur die uitvoering van gesamentlike navorsing kan navorsingskapasiteit uitgebrei word, wat persoonlike en professionele ontwikkeling fasiliteer.

Prof Sheryl Hendriks, ʼn leier en spesialis op die gebied van Voedselsekerheid in Afrika en Direkteur van die IFNuW, sal as interimleier optree vir die tema oor Voedselbeleide en Assessering van die Uitwerking daarvan. ʼn Think Tank sal gevestig word onder hierdie tema – die doel is om voedselsekerheid-aanwysers te verken vir die assessering van die idees en aanbevelings wat vanuit projekte in die ander vier temas voortspruit en om nasionale debat oor hierdie onderwerp in te lig.

Prof John Taylor Prof Ronel Ferreira

Page 15: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Navorsing

SQUARED2 UP 15

Prof Rivka Kfir, voormalige HUB van die Waternavorsingskommissie (WNK), het onlangs by die Universiteit van Pretoria (UP) se Waterinstituut aangesluit. Die UP Waterinstituut spreek tans ’n wye reeks waterkwessies aan deur middel van sy deelnemende lede vanuit alle UP-fakulteite. Prof Kfir gaan ’n belangrike rol speel by die vestiging van die Waterinstituut in die nasionale en internasionale akademiese, regerings- en insethoueromgewings.

Die UP Waterinstituut is ’n unieke akademiese instituut wat ’n wye reeks waterkwessies aanspreek, met inbegrip van water en landbou, water en gesondheid, water en wêreldwye verandering, waterbehandeling en -infrastruktuur en waterbestuur. Die UP Waterinstituut beklemtoon werk wat oor verskeie akademiese dissiplines en fakulteite strek en volg ’n sterk transdissiplinêre benadering tot die oplossing van uitdagings op die gebied van water.

Prof Kfir beskik oor ’n PhD wat sy aan die Universiteit van Pretoria verwerf het en ’n MSc (cum laude) in Bestuur van die London Business School se Ekonomie Departement, Universiteit van Londen. Haar verbintenis met die Suid-Afrikaanse en wêreldwye watersektor het 32 jaar gelede begin toe sy as doktorale student by die WNNR aangesluit het.

Sy het van 1986 as Groepleier van die Mikrobiologiegroep opgetree en hierna as die Programbestuurder van ’n program wat water en gesondheid aangespreek het, albei by die WNNR. Sy het ’n wye reeks gebruike vir grond en water hanteer (van huishoudelike tot landboukundige gebruik) en haar navorsing het benewens konvensionele watermikrobiologie en chemie ook op toksikologie en biotoksikologie gefokus.

Prof Kfir was Direkteur van die Afdeling Watertegnologie by die WNNR en later die WNNR se Tegnologiebestuurder. Sy het in 2000 van die WNNR na die Nasionale Navorsingstigting (NRF) geskuif, waar sy die Uitvoerende Direkteur: Kennisbestuur was. Sy is later as die HUB van die Waternavorsingsinstituut (WNI) aangestel.

Sy was die skrywer en medeskrywer van ongeveer 80 portuurbeoordeelde publikasies en meer as 200 sakeverslae en medetoesighouer van ’n aantal PhD- en MSc-studente. Sy het op baie nasionale navorsingreëlingskomitees gedien, het ’n aantal referate en programredes aangebied en is uitgenooi om as spreker by talle plaaslike en internasionale konferensies op te tree.

Prof Kfir het ook op ’n aantal internasionale komitees en rade gedien en was voorsitter van wêreldwye inisiatiewe soos “Streams of Knowledge”, ’n koalisie van hulpbronsentrums wat water en sanitasie aanspreek. Sy was aktief betrokke by NEPAD se inisiatief wat daarop gemik was om sentrums van uitnemendheid vir waternavorsing in Afrika te vestig en sy het Suid-Afrika se akademiese omgewing by baie byeenkomste oor waternavorsing verteenwoordig.

Wêreldbekende waterspesialis aangestel om Waterinstituut te ontwikkel

Prof Rivka Kfir

Prof Robert (Bob) Millar, Direkteur van die Mammal Research Institute van die Departement Dierkunde en Entomologie het nie alleen meer as 350 artikels gepubliseer met meer as 10 000 vermeldings nie, maar het ook onlangs twee artikels in die toonaangewende New England Journal of Medicine, wat die hoogste aangeskryf word van alle wetenskaplike vaktydskrifte op die ranglys met ʼn impakfaktor van 47, gepubliseer. Hy het onlangs ʼn A-gradering van die Nasionale Navorsingsraad (NRF) ontvang.

Sy navorsing is gerig op die neuro-endokrinologie van voortplanting. Hierdie spreek die meganismes aan waardeur diverse interne faktore (soos geslagshormone, streshormone, infeksie, glukose, lipiede en ander metaboliete) en eksterne faktore (soos die lengte van daglig, temperatuur, stres, chemiese stowwe en voedsel) seine aan die brein stuur wat dan die inligting integreer om voortplanting te reguleer. Die tekort aan voeding kan byvoorbeeld ʼn vermindering van die breinhormoon gonadotropin-releasing-hormone (GnRH) tot gevolg hê soos met anorexia nervosa of verlies aan menstruele siklusse weens gewigsverlies by langafstand-atlete. Prof Millar is ʼn baanbreker in navorsing oor GnRH en sy reseptor, wat gelei het tot die ontwikkeling van ʼn biljoen dollar mark in GnRH-geneesmiddels vir die behandeling van ʼn verskeidenheid siektes soos prostaat- en ander kankers, endometriose en polisistiese siekte van die eierstokke wat 30% van vroue affekteer.

Hoewel dit duidelik was dat die GnRH ʼn meester-breinhormoon is wat voortplanting beheer, het ons nie ʼn idee gehad hoe die uiteenlopende faktore hier bo genoem die GnRH neuron reguleer nie aangesien dit ʼn tekort gehad het aan reseptore vir die reguleerders. Hierdie raaisel is onlangs opgeklaar met die uitvinding dat mutasies in die gene wat twee breinhormone en hul reseptore enkodeer veroorsaak dat daar by die mens nie deur puberteit gevorder kan word nie. Die hormone, Kisspeptin en Neurokinin B is nou ʼn groot fokus van navorsing wat gerig is op die ontwikkeling van nuwe geneesmiddels vir die behandeling van siektes van die menslike voortplantingsweefsel. Prof Millar het bygedra tot hierdie vordering deur middel van publikasies in vaktydskrifte sowel as in twee onlangse artikels in die gesaghebbende New England Journal of Medicine. Hierdie artikels het ʼn beskrywing van die mutasies van die menslike GnRH-geen en Kisspeptin-geen, wat veroorsaak dat daar nie deur puberteit gevorder kan word nie, bevat.

Prof Millar gebruik nou hierdie kliniese kennis om te verstaan hoe stres vanuit die omgewing, soos byvoorbeeld voedselgebrek, infeksie (soos TB) en hoë temperature as gevolg van klimaatsverandering die neuro-endokriene stelsel beïnvloed om ʼn negatiewe uitwerking op voortplanting in die natuur te hê en hoe reaksies op Kisspeptin en Neurokinin B ʼn sensitiewe aanduider van stres en siekte kan wees.

Prof Millar publiseer in gesaghebbende vaktydskrif

Prof Robert (Bob) Millar

Page 16: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Navo

rsing

16 SQUARED2 UP

Robbe sal dalk dieper moet duik om genoeg voedsel te vind indien die tendens van oseaanverwarming voortgaan. Volgens dr Trevor McIntyre, nagraadse navorser by die Soogdiernavorsingsinstituut (MRI) van die Departement Dierkunde en Entomologie het die vaktydskrif Marine Ecology Progress Series onlangs gerapporteer dat dit voorkom of die suidelike see-olifante (Mirounga leonina) van Marion-eiland dieper duik en minder tyd in teikendieptes spandeer wanneer hulle in warmer water duik.

Ons skryf hierdie verskynsel toe aan die voorkoms van potensiële prooi dieper in die oseaan (daar waar hul spesifieke termiese voorkeure dit vereis). Die uitslae van hierdie manuskrip is deel van die uitkomste van ʼn intensiewe satelliet-etiketteerprogram wat gesamentlik deur prof Marthán Bester se navorsingsgroep by die MRI (UP Departement Dierkunde en Entomologie) en kollegas van die Alfred Wegener Institute for Polar and Marine Research in Duitsland, asook die Universiteit van Kaapstad gedoen is. Meer as 70 satellietsenders is aan die koppe van die robbe by Marion-eiland vasgegom,* wat inligting oor die posisie en duikgedrag van die robbe voorsien, sowel as omgewingsveranderlikes soos watertemperatuur en konduktiwiteit via die Argos satellietstelsel. Hierdie bevindings het nou internasionale nuusblaaie bereik (soos bv gesien kan word by: http://www.sciencedaily.com/releases/2012/02/120209140200.htm

http://www.livescience.com/18442-elephant-seals-dive-deeper-global-warming.html

http://news.discovery.com/earth/elephant-seals-go-deep-120212.html)

Die uitslae van hierdie ondersoek dui aan dat die robbe by Marion-eiland dalk verplig sal wees om dieper te duik ten koste van hul fisiologie. Suidelike see-olifante oortref gereeld hulle sogenaamde “berekende aerobiese duiklimiete” waar hulle aaneenlopend duik vir verlengde periodes (duiksessies kan enige tyd tussen 20 en 30 minute duur met niks minder as ʼn gemiddeld van 2.5 minute tussenin by die oppervlakte van die see nie). Ons het vroeër genoem dat die Marion eiland robbe reeds naby aan hulle maksimum fisiologiese limiet beweeg (McIntyre et al. 2010) aangesien die robbe hier

dieper duik en vir langer tye onder die water bly as ander robpopulasies. Aangesien korter leeftye aangeteken is vir hierdie robbe het ons beweer dat daar fisiologiese kostes vir die robbe is weens ʼn “dieper duik – korter lewe” hipotese. Ons beplan om hierdie verskynsel nou in meer detail te ondersoek aangesien hulle bewegings in die see nou deurlopend gevolg word deur middel van die satellietsenders en ʼn langtermynprogram in plek is om dit aan te teken op Marion-eiland. Hierdie langtermyn insameling van data plaas ons in ʼn unieke posisie waar ons nou gedrag in die see (deur deurlopende satellietopsporing) kan verbind met lewenslange gevolge vir oorlewing en sukses van voortplanting.

* Etikette word vasgegom aan die koppe van die robbe. Al die see-olifante keer een maal per jaar terug na die eiland waar hulle verhaar – hulle verloor al hul hare en die buitenste laag van hul velle. Die satelliet-etikette val gewoonlik tydens hierdie proses af en kan deur navorsers teruggevind word.

Robbe dalk geforseer om dieper te duik in ’n warmer oseaanIngestuur deur dr Trevor McIntyreDr McIntyre en ʼn see-olifantbul op Marion-eiland.

Suidelike see-olifant (vroulik) met satelliet-data etiket.

Page 17: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 17

Navorsing

Prof Zander Myburg van die Departement Genetika en die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) in die Fakulteit Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het die uitslae van die Eucalyptus Genoomprojek by die onlangse Internasionale Plant- en Diergenoom-konferensie in San Diego, Kalifornië, in Januarie 2012 aangebied.

Prof Myburg is die hoof ondersoeker (PI) van die US-Department of Energy (US-DOE) befondsde projek oor die genoom van Eucalyptus grandis, ʼn vinnig groeiende boom wat beskou word as ʼn potensiële

bio-energie gewas. Prof Myburg het die DOE - Joint Genome Institute (JGI) in Walnut Creek, Kalifornië besoek waar hy saam met mede-ondersoeker dr Jerry Tuskan van Oak Ridge National Laboratory (ORNL) aan die konsep-genoomdokument gewerk het. Genoom-analise wat deur prof Myburg se navorsingspan by die Universiteit van Pretoria en internasionale vennote gedoen is lê die geweldige genomiese diversiteit van eukalyptusse bloot, wat onderliggend is tot hul wye aanpasbaarheid en die uitbreiding van geenfamilies wat betrokke is by die houtagtige biomassaproduksie.

Eucalyptus boomgenoom los geheime op oor houtagtige biomassaproduksie

Prof Zander Myburg (UP Departement van Genetika) en dr JerryTuskan (Oak Ridge National Laboratory (ORNL) by die Gesamentlike Genoom Instituut in Walnut Creek, Kalifornië).

Prof Elna Buys, Hoof van die Departement Voedselwetenskap, het onlangs vyf maande in Spanje spandeer waar sy navorsing by die Universiteit van Valencia se Farmasie Fakulteit gedoen het. Sy het ʼn genootskap ontvang en veral nou saam met twee persone gewerk: dr Jordi Mañes i Vinuesa, Hoof van die Departement van Voorkomende Geneeskunde en dr Houda Berrada (beide is spesialiste in mikotoksiene). Sy het haar toegespits op mikrobiologiese risiko-karakterisering van appelsapkonsentrate. Aangesien beide Spanje en Suid-Afrika belang het by die uitvoer van vrugte, was hierdie projek van gesamentlike belang. Prof Buys het ook besoek afgelê aan prof Mieke Uyttendaele by die Universiteit van Ghent en ʼn lesing oor Waterkwaliteit en die impak daarvan op Voedselsekerheid by hul internasionale Opleidingsprogram oor Voedselsekerheid aangebied.

Navorsing oor appelsap in Spanje

Prof Elna Buys (voorste ry, tweede van regs) met studente en personeel van die Departement van Voorkomende Geneeskunde, Universiteit van Valencia.

Wiskundiges en bioloë het aan die einde van 2011 vergader om ’n interdissiplinêre inisiatief, naamlik die Biomath Forum, in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe te stig. Die Biomath Forum is ’n inisiatief vir interdissiplinêre navorsing wat wiskundige modellering, kwalitatiewe analise en eksperimentele ondersoek in biowetenskappe verenig met die uiteindelike doel om die onderliggende biologiese prosesse toe te lig. Die Biomath Forum sal, in kort, navorsing oor interessante kwessies, van belang vir wiskundiges sowel as bioloë, stimuleer.

Die eerste lesing is deur prof Roumen Anguelov aangebied, met die tema: Mathematical Modelling of Sterile Insect Technology for Control of Anopheles Mosquito. Prof Brenda Wingfield (Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies in die Fakulteit) het die belangrikheid van gereelde samewerking en netwerkvorming tussen wiskundiges en bioloë, as verteenwoordigend van twee uiterste kante van die wetenskap, in haar openingsrede beklemtoon.

Biomath Forum gestig

Van links: Prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Marion Meyer (Hoof: Departement Plantkunde), prof Brenda Wingfield (Adjunkdekaan: Navorsing en Nagraadse Studies, Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), prof Jean Lubuma (Hoof: Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde) en prof Roumen Anguelov (Departement Wiskunde en Toegepaste Wiskunde).

Page 18: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

18 SQUARED2 UP

Geologie is ʼn praktiese wetenskap waar studente leer om gesteentes van baie verskillende fasette en tipes te beskryf, te identifiseer en te interpreteer. Die rotsfragmente van versamelings wat tydens praktiese sessies ondersoek word weerspieël egter nie die natuur nie. Die verhouding van klippe/rotse tot mekaar en tot mineraalafsettings in die veld kan nie alleenlik in die laboratorium onderrig word nie. Blootstelling aan grootskaalse, 3-D dagsome met betrekking tot die topografie en dimensie van tyd in die geskiedenis van die aarde help om 4-dimensionele denke te ontwikkel en om die basiese beginsels van Geologie te verstaan.

Ten spyte van groot hoeveelhede studente in die Geologie- en Ingenieursprogramme wat deur ons Departement bedien word, het ons dit nodig gevind om ʼn nuwe kursus, naamlik “Inleiding tot Geologie”, gebaseer op die vorige GLY 151- en GLY 152- kursusse, te ontwikkel, waar sodanige blootstelling verleen word.

In die GLY 155-kursus, bestuur deur prof Wlady Altermann (Kumba-Exxaro Leerstoel in Geodinamika) met me Nelda Breedt en mnr Marnus Ferreira (beide Afrikaanse dosente), me Vusani Mathada (tutor) en me Khensani Mavikane, mnr Zakhele Nkosi en mnr Nkhupetseng Mohlahlana as demonstreerders, kan geowetenskaplike metodes en teorieë bestudeer en ingeoefen word.

Die kursus sluit in ʼn bekendstelling tot die sonnestelsel, struktuur van die vaste stowwe, gesteentes en minerale, die endogeniese en eksogeniese rotssiklus en die dinamiese aard van plaattektoniek en atmosferiese prosesse. Met die ondersteuning van mnr Roelf Coertze, bestuurder van die Universiteit van Pretoria se eksperimentele plaas, kan eerstejaarstudente in werklike dagsome oefen, binne loopafstand van die Departement. Ons het reeds by Strubenkop ʼn oefensessie gehad met 475 studente, verdeel in vyf groepe. Die studente het dit so geniet dat hulle besluit het om ekstra ure in die veld by hul program in te sluit. Die uitwerking wat dit op die studente gehad het is baie waardevol en kan nie genoeg beklemtoon word nie. Die nuwe kursus gaan dus drie weke van hierdie praktiese oefeninge insluit in ʼn 14-week-kursustydperk, tesame met tradisionele laboratoriumwerk, lesings en multimedia-interaksie op clickUP.

Funk

sies e

n Wer

kswi

nkels

Die eerste werkswinkel oor die gebruik van genome in die Suid-Afrikaanse veeteeltbedryf is van 15 tot 17 Februarie 2012 deur die Departement Vee- en Wildkunde van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe aangebied. Die doel van die werkswinkel was om die begrip vir die toepassing van hierdie nuwe en opwindende tegnologie in die veeteeltbedryf te bevorder. Die werkswinkel is deur 45 veetelers, genetici en nagraadse studente in veeteelt van UP, die Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Stellenbosch, die Landbounavorsingsraad, GADI, SA Studbook, LRF en Taurus bygewoon.

Die twee internasionale sprekers, naamlik dr Donagh Berry van Teagasc (Ierland) en dr André Eggen van Ilumina (Frankryk), het uitstekende tegniese praatjies aangebied. Hulle het die beginsels van genoomseleksie bespreek en voorbeelde van hoe genoomseleksie suksesvol in lande soos Ierland, Frankryk en Skandinawië toegepas is, aangebied.

Die werkswinkel is deur mnr Elfick van Learning Strategies gefasiliteer en die deelnemers het aktief aan die besprekings oor die toepassing van genoomseleksie in die Suid-Afrikaanse industrie deelgeneem. Die uitdagings en beperkings wat moontlik ondervind kan word is ook in ag geneem en ’n strategie met vyf stappe vir die implementering daarvan is uiteengesit.

’n Taakspan wat die organisasies en instellings wat die werkswinkel bygewoon het verteenwoordig, het ooreengekom oor die stappe wat benodig word vir genoomseleksie in Suid-Afrika. Aanbevelings is gemaak wat nou aan die breër veeteelt-industrie en die toepaslike regeringsorganisasies versprei sal word.

Vanuit hierdie oorlegplegings was dit duidelik dat die veetelers van Suid-Afrika gereed is om vorentoe te beweeg met die navorsing oor en ontwikkeling van ’n genoomseleksie strategie vir die veeteeltbedryf in Suid-Afrika.

Onderrig op die rotse van Strubenkop, hoog bo Pretoria.

Genoomwerkswinkel oor veeteelt in Suid-Afrika

Van links: dr Andre Eggen, dr Carina Visser, prof Eddie Webb (Hoof: Departement Vee- en Wildkunde), prof Este van Marle-Koster en dr Donagh Berry.

Nuwe Geologie-kursus vir beginnersNuwe Geologie-kursus vir beginners

Page 19: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 19

Funksies en Werkswinkels

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het in Desember verlede jaar die gesamentlike Amerikaanse Wiskundige Vereniging (AMS) en Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging (SAMS) se Satelliet konferensie oor Abstrakte Analise aangebied. Dit het gevolg op die suksesvolle gesamentlike internasionale kongres van die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse Wiskundige Verenigings in Port Elizabeth van 29 November tot 3 Desember 2011.

Die hoofonderwerpe onder bespreking was Classical and non-commutative Functional Analysis en Operator Algebras and single linear operator theory.

Wiskundige Satelliet-konferensie by UP

Twee van die internasionaal erkende sprekers by die gesamentlike AMS-SAMS konferensie met prof Anton Ströh, Dekaan van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe van die Universiteit van Pretoria (middel), by die satelliet konferensie. Links is prof Zhong-Jin Ruan (Professor: Departement Wiskunde, Illinois Universiteit) en regs is prof Lásló Zidó (Professor in Wiskunde: Universiteit van Rome).

Afgevaardigdes by die gesamentlike gesamentlike Amerikaanse Wiskundige Vereniging (AMS) en Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging (SAMS) se Satelliet Konferensie by die Universiteit van Pretoria.

Die Sweedse ambassadeur, mev Anna Lindstedt, het op 29 Maart 2012 ʼn toespraak by die Universiteit van Pretoria gehou. Sy was op ʼn besoek aan die Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Die titel van haar toespraak, How to contribute to the fight against Climate Change – the Swedish example, was baie toepaslik en aktueel.

Sy is sedert 1990 ’n beroepsdiplomaat en beklee tans die posisie van Ambassadeur vir Klimaatsverandering en Hoofonderhandelaar van Swede by die UNFCCC onderhandelings. Sy was van 2006 tot 2011 die Sweedse Ambassadeur in Mexiko en van 2003 tot 2006 die Sweedse Ambassadeur in Viëtnam. Ander buitelandse poste wat sy beklee het is onder andere Tweede Sekretaris van die Sweedse Ambassade in Jakarta,

Indonesië en Eerste Sekretaris in Islamabad, Pakistan. Anna Lindstedt was van 2000 tot 2003 hoof van die Suid-Asië afdeling van die Ministerie vir Buitelandse Sake in Stockholm en voor dit was sy ʼn amptenaar van die Sweedse kantoor by die Departement van Wêreldsake.

Anna Lindstedt het, voor sy by die Sweedse Buitelandse Diens aangesluit het, vir vyf jaar as

verslaggewer gewerk. Sy het Joernalistiek, Politieke Wetenskap, Ekonomie, Internasionale Betrekkinge, Internasionale Reg en Tale by Lund Universiteit studeer. Sy beskik ook oor ’n diploma in die Franse Taal- en Letterkunde van die Sorbonne in Parys.

Sweedse Ambassadeur praat oor klimaatsverandering

Van links: Prof Anton Ströh (Dekaan: Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe), Ambassadeur Anna Lindstedt en prof Hannes Rautenbach (Hoof: Departement Geografie, Geoinformatika en Meteorologie).

Page 20: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

20 SQUARED2 UP

Funk

sies e

n Wer

kswi

nkels

Die Departement Plantkunde het in Januarie vanjaar die 38ste Jaarlikse Kongres van die Suid-Afrikaanse Genootskap van Plantkundiges (SAGP) iaangebied. Die kongres het saamgeval met die amptelike opening van die nuut-voltooide R100 miljoen Plantwetenskappe Kompleks op 17 Januarie.

Die tema van die kongres was “Plante en Samelewing”. Die tema is uitgedra deur die vyf sprekers wat programredes aangebied het. Prof Robert Verpoorte van die Universiteit van Leiden in Nederland het gepraat oor “Metabolomics: a gateway to discoveries”. Prof Joseph Hirschberg van die Hebrew Universiteit van Jerusalem in Israel het sommige van die aspekte van sy roemryke loopbaan met betrekking tot kloning van die gene vir al die stappe in die karotenoïed biosintese-baan aangebied. Prof Petr Pysek, voorste bewaringsbioloog van die Tsjeggiese Republiek, het oor indringingsbiologie gepraat met ʼn wêreldperspektief. Hierdie sprekers het die breedte van die Plantwetenskappe verteenwoordig.

Twee plaaslike NRF A-gegradeerde wetenskaplikes,

prof Willian Bond van UCT en prof Richard Cowling van NMMU, het programredes aangebied. Die kongres is deur 260 afgevaardigdes, waarvan die helfte nagraadse studente was, bygewoon. Die kongres is deur lede van die volgende departemente bygewoon: Plantkunde, Genetika, Biochemie, Dierkunde en Entomologie, Plantproduksie en Grondkunde, Mikrobiologie en Plantpatologie en die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI). Hierdie is ʼn bewys dat die Fakulteit ʼn nasionale spilpunt van interdissiplinêre navorsing in die Plantwetenskappe is.

Pryse wat aan studente toegeken is is deur onafhanklike panele bestaande uit plaaslike en oorsese navorsers beoordeel. Die pryse vir die beste Jong Wetenskaplike en beste PhD-aanbiedings is gewen deur studente van die Witwatersrand en Stellenbosch Universiteite. Sarah Stanton van die UP Departement Plantkunde het die prys gewen vir die beste MSc-aanbieding. Die prys vir die beste plakkaat-aanbieding is deur Nanette Coetzer van UP se Bio-Informatika eenheid (Departement Plantkunde) en Jonathan Botha van UP se Genetika Departement gewen. Hulle deel die prys.

UP bied 38ste Plantkundige Kongres aan

Kongresgangers van die 38ste Jaarlikse Kongres van die Suid-Afrikaanse Genootskap van Plantkundiges

Page 21: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 21

Gemeenskapsbetrokkenheid

Vennootskap met skole in Mamelodi en Eersterust hernu

Prof Cheryl de la Rey, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van Pretoria, het onlangs die hoofde van hoërskole in Eersterust en Mamelodi genooi na ʼn vergadering om die vennootskap tussen die Universiteit en hierdie skole te bespreek. Prof De la Rey het die belangrike rol wat deur hoofde en hul skole gespeel word, beklemtoon. Hulle lewer ʼn waardevolle bydrae tot die strategie en planne om die Mamelodikampus te hervorm en groei tot die voordeel van almal.

Prof De la Rey (links) gesels met mnr Godfrey Seletisha (Departement van Onderwys: Tshwane Suid-distrik) met dr Dan Thokoane in die middel.

ʼn Groep plantpatologiewetenskaplikes en voorgraadse studente van die Universiteit van Pretoria (UP) het onlangs op ’n Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) toer gegaan om ʼn “Mandjie vol kennis” oor die uitdagings in voedelsekerheid in Afrika te deel.

Die groep het kommersiële plase, informele markte en voedselondernemings sowel as kleinboere in Suid-Afrika, Swaziland en Mosambiek besoek. Hulle het plattelandse dorpies en skole besoek en hul kennis gedeel oor die vermindering van na-oes verliese en die belangrikheid van voedselsekerheid en higiëne. Hulle het ook volhoubare waterhulpbronbestuur, gewasproduksie en -beskerming beoordeel.

Die hoofdoel van hierdie toer was om kennis en ondervinding op verskillende vlakke te deel binne verskeie temas van die International Society for Plant Pathology (ISPP) se Voedselsekerheidsprogram. Hulle het met twee voertuie met ʼn mobiele laboratorium deur die SAOG gereis. Die laboratorium is gebruik om die konsep van mikrobes is oral; sien hulle in aksie aan boere, skoolkinders en plaaslike gemeenskappe te illustreer. Die laboratorium is gebruik om eenvoudige water-, plant- en voedseltoetse te demonstreer wat deur onderwysers en boere gebruik kan word om uitdagings in voedselsekerheid aan te spreek of om kennis oor te dra.

Die SAOG se projek vir voedselsekerheid en deel van kennis is ʼn wêreldwye inisiatief van die ISPP om jong mense, plattelandse gemeenskappe en kleinboere te onderrig in voedselsekerheidskwessies. Die ISPP-taakmag vir Wêreldvoedselsekerheid het hierdie projek, naamlik “Verandering van openbare beleid en opinies oor Wêreldvoedselsekerheid” befonds. Die toer was deel van die inisiatief “Neem wetenskap na die gemeenskap” en verteenwoordig een van die projekdoelwitte.

Vir meer inligting kontak asseblief vir prof Lise Korsten by 012 420 4097 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Plantpatologie deel mandjies vol kennis

Prof Korsten deel ʼn oomblik met een van die leerders.

Pette en boeke word aan die kleinboere in Swaziland uitgedeel.

Page 22: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

22 SQUARED2 UP

Geme

ensk

apsb

etrok

kenh

eid

’n Memorandum van Ooreenkoms (MoU) is op 5 April 2012 tussen die Ambassade van die Verenigde State van Amerika en die Universiteit van Pretoria geteken. Hierdie MoU is ’n voortsetting van ’n gevestigde vennootskap tussen die twee partye vir die Mae Jemison VSA-wetenskapleeskamer, ’n opvoedkundige program op die Mamelodikampus.

Die ooreenkoms is in Maart hierdie jaar hernu en sal tot 2015 geldig wees. Die Mae Jemison-leeskamer word gebruik om leerders sowel as lede van die gemeenskap (Mamelodi en Eersterust) in wetenskap en ander verwante akademiese projekte te onderrig en om leerders en lede van die gemeenskap van opvoedkundige materiaal te voorsien.

Die Mae Jemison VSA-wetenskapleeskamer is in 2008 amptelik geopen en vernoem na die eerste Afro-Amerikaanse vroue-ruimtereisiger, dr Mae Jemison.

Voor: Mnr Karl E Stoltz (Minister se raadgewer vir Openbare Sake: VSA Ambassade in SA) en prof Johann Engelbrecht (Adjunkdekaan: Onderrig, Leer en Gemeenskapsbetrokkenheid in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe). Agter: Mnr Edwin Smith (Kampusdirekteur: Mamelodikampus) en mnr Steven P Kerchoff (Inligtinghulpbronbeampte: VSA Ambassade in SA).

VSA help met wetenskaponderrig in Mamelodi

Page 23: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Theodor en sy vrou, Katryn.

Theodor en sy studieleier, prof Andriëtte Bekker.

SQUARED2 UP 23

Studente

Theodor Loots het nie net sy MSc in Wiskundige Statistiek met onderskeiding behaal nie, maar het ook onlangs die S2A3-Bronsmedalje ontvang vir die werk wat hy gedoen het om sy meestersgraad te behaal.

Theodor werk tans as kredietrisiko-analis by ABSA; hy is gebore met ongeveer 5% sig maar het hom nie daardeur laat weerhou om sy doelwitte te bereik nie.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap (S2A3) ken jaarliks ’n Goue, Silwer- en Bronsmedalje toe. Die Goue Medalje word toegeken aan ʼn voortreflike Suid-Afrikaanse Wetenskaplike vir die uitsonderlike bydrae tot die bevordering van wetenskap op ’n breë basis of in ’n gespesialiseerde veld. Die Silwermedalje word toegeken aan ʼn persoon onder 40 jaar wat aktief betrokke is by navorsing en deur middel van internasionale deelname en publikasies uitstaande bevoegdheid en prestasie openbaar. Dit is een van die hoogste pryse wat vir oorspronklike wetenskaplike navorsing in Suid-Afrika aangebied word. Die Bronsmedalje dien om plaaslike wetenskapstudente op meestersvlak te loof en aan te moedig.

Theodor het op Dinsdag, 14 Februarie 2012 die Bronsmedalje en ʼn sertifikaat ontvang.

Sy inspirasie kom van Sir William Rowan Hamilton en Theodor heg veral waarde aan die volgende verhaal: “On October 16th, 1843, while walking with his wife past the Broome Bridge (Dublin), Hamilton made a breakthrough in his quest for extending complex numbers with the concept of a system that contained one real and three imaginary parts. Hamilton’s excitement at the discovery prompted him to carve the critical equation into a nearby bridge as insurance against the possibility that he might die before he told someone else of his breakthrough. A plaque is now located at Broome Bridge in Dublin to commemorate the event.”

Hierdie woorde het Theodor gemotiveer om die navorsing aan te pak. In sy verhandeling het hy die werk van die vernaamste meewerkers tot hierdie teorie gekontrasteer, as ʼn geheel aangebied en geïllustreer. Hy was bevoorreg om die sirkel te voltooi en sy werk by die Internasionale Statistiese Vergadering in Dublin, Ierland in Augustus 2011 aan te bied.

Statistiek-meesterstudent ontvang S2A3-Bronsmedalje

Page 24: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

24 SQUARED2 UP

Stud

ente

Osmond Mlonyeni, ’n PhD-student van die Instituut vir Bosbou- en Landboubiotegnologie (FABI) en die Genetika Departement in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe (tweede van links) het onlangs die geleentheid gehad om skouers te skuur met die vrou van die President van

die Verenigde State van Amerika, mev Michelle Obama (tweede van regs) by ’n geleentheid wat sy bygewoon het tydens haar eerste amptelike besoek aan Suid-Afrika.

PhD-student skuur skouers met Michelle Obama

Die Departement Voedselwetenskap van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe het op 23 Maart 2012 ʼn Smaak van Afrika (Taste of Africa)-fees aangebied. Die fees is deur die Departement en TUKSFoST, die studenteliggaam wat die voorgraadse en nagraadse studente van die Departement Voedselwetenskap verteenwoordig, aangebied. Die tema van die fees was ʼn Smaak van Afrika met invloede van die res van die wêreld. Studente en personeel het die geleentheid gehad om die ryk en diverse kulture van die Departement te deel deur ʼn tradisionele gereg van hul eie kultuur te maak. Die feestelike luim is verder verhoog deur die tradisionele drag wat deur hulle gedra is om die geleentheid te komplimenteer.

Voedselwetenskap proe Afrika

Personeel en studente van die Departement Voedselwetenskap in tradisionele drag.

Page 25: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

SQUARED2 UP 25

Chris Oosthuizen, ʼn onlangse MSc-gegradueerde van die Departement Dierkunde en Entomologie in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe, het die “Wetenskap in Aksie”-kategorie van die toonaangewende jaarlikse South African Agency for Science and Technology Advancement (SAASTA) SA wetenskaplens-kompetisie gewen. Die prys is ʼn beloning vir uitnemendheid in wetenskapkommunikasie. SAASTA wil openbare bewustheid, waardering en verbintenis tot wetenskap, ingenieurswese en tegnologie in Suid-Afrika verhoog. Dié foto het ook die ‘Space Science’-toekenning ingepalm. Voorts is nog ’n foto van Chris getiteld “Celestial science” as ’n naaswenner in die ‘Space Science’ spesiale toekennings aangewys.

Die titel van die wenfoto is Aurora australis en kan gesien word by: http://www.saasta.ac.za/index. php?option=com_content&view=article&id=268. Aurora australis word ook die Suiderlig genoem.

Hierdie ongelooflike en ontsagwekkende verskynsel kan in die winter in die Antarktiese lug gesien word. Aurora is die naam wat gegee is aan die lig wat uit atome en molekules in die atmosfeer straal wanneer hulle energie vrystel. Hierdie energie word aan hulle oorgedra wanneer deeltjies wat baie energie bevat, gerig deur die aarde se magnetise veld, die atmosfeer in die Pole binnekom en teen hulle bots. Wanneer die energie weer vrygestel word, word dit as lig vrygestel. Die kleur van die Aurora hang af van die elemente wat teenwoordig is in die boonste atmosfeer van die aarde.

Chris Oosthuizen wen SAASTA fotokompetisie

“Aurora australis”

“Celestial science”

Studente

Page 26: SQUARED2 UPHoof Uitvoerende Beampte, me Maureen Manyama-Matome. Die nuwe R100 miljoen kompleks sal inter- en kruisdissiplinêre navorsingsamewerking verbeter. Dit sal departemente

Stud

ente

www.up.ac.zaUniversiteit van Pretoria • University of Pretoria • Yunibesithi ya PretoriaPrivaatsak/Private Bag/Mokotla wa Poso X20 • Hatfield • 0028 • Suid-Afrika/South Africa/Afrika BorwaTel: +27 12 420 4111 • Faks/Fax/Fekse: +27 12 420 4555

Die eerste groep studente wat ingeskryf was vir die BSc-vierjaarprogram, wat in 2008 afgeskop het, het hul grade tydens die afgelope Herfspromosieplegtigheid ontvang. Altesaam 53 studente het die program suksesvol afgelê en hul grade in April 2012 ontvang.

Die BSc-vierjaarprogram is oorspronklik in September 2008 deur die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe ingestel. Die Program, met laer toelatingsvereistes, bied ’n geleentheid

aan studente wat nie aan die minimum vereistes vir die normale BSc-program voldoen nie, maar bereid is om hard te werk en oor die potensiaal beskik om die nodige vaardighede aan te leer, om ʼn BSc-graad te verwerf.

Die BSc-vierjaarprogram is in 2012 uitgebrei om studente wat belangstel in ʼn loopbaan in Inligtingtegnologie, Rekenaarwetenskap, Multimedia en Handel, maar nie aan die normale toelatingsvereistes voldoen nie, die geleentheid te bied om hul studies voort te sit.

Hierdie programme sluit ʼn aanvullende studiejaar in waarin studente se basiese kennis en vaardighede verbeter word sodat hulle op ʼn later stadium na meer gespesialiseerde studies kan aanbeweeg. Die eerste twee semesters se lesings vind op die Mamelodikampus plaas. Studente sit daarna hul studies op die Hatfieldkampus voort. Studente wat hierdie programme volg staan ʼn beter kans om in hul studies te slaag aangesien dit die beste toegewyde ondersteuning verleen aan studente

wat hulp nodig het om die gaping tussen skool en hoër onderwys te oorbrug.

Die vierjaarprogramme bestaan uit twee fases. Tydens die eerste fase, wat 18 maande (drie semesters) duur, word studente akademies opgelei en ontwikkel asook sielkundig voorberei vir verdere studies. Hulle gaan daarna in die tweede fase met hul studies voort deur aan te sluit by studente wat die normale driejaar-hoofstroomgraadprogramme volg.

Tydens die eerste fase word die akademiese inhoud teen ʼn stadiger pas aangebied as wat in die normale programme die geval is, sodat studente meer tyd het om bekend te raak met die vakinhoud en ʼn behoorlike begrip van die materiaal kan ontwikkel. Gedurende die drie semesters van die eerste fase sal die pas geleidelik toeneem. Teen die tyd dat hulle die eerste fase voltooi het behoort hulle teen die normale spoed te werk wat van hoofstroom-universiteitstudente verwag word.

Die vierjaarprogramme is gerig op die begrip vir en ontwikkeling van kritiese denkvaardighede en praktiese vaardighede wat benodig word om die kursus suksesvol af te lê.

Vir meer inligting rakende die vierjaarprogramme, kontak die Direkteur, (dr Quenton Kritzinger) by 012 842 3469 (Mamelodikampus) of 012 420 2799 (Hatfieldkampus), of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Eerste vierjaar-BSc-studente ontvang grade

“Ons woon in ’n aaneengeskakelde wêreld met ’n rykdom van geleenthede. Daar bestaan ’n ongelooflike hoeveelheid kennis om te ontwikkel en te deel. Die Universiteit van Pretoria (UP) is een van die instansies waardeur dit kan plaasvind. “ Hierdie was die woorde van Prof Bernard Slippers, gasspreker by die jaarlikse Toppresteerdersfunksie vir Studente van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe op 12 April 2012. Hy het sy persoonlike belewenisse ten opsigte van akademiese uitnemendheid by ’n voorste navorsingsinstansie soos UP met die gehoor gedeel.

Andrew Graham het verskeie pryse by die funksie opgeraap en het ook die Visekanselier en Rektor se Toekenning ontvang as algehele toppresteerder in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe. Hy het die Departement Fisika-prys vir die beste derdejaarstudent in Fisika ontvang en die Pierre du Plessis-prys vir die beste derdejaarstudent in Fisika met onderskeiding. Hy het ook die Dewald Hattingh-Boekprys, wat gedeel word, vir die beste derdejaarstudent in Wiskunde ontvang. Andrew het sy BSc-graad in Fisika met ’n gemiddelde prestasie van meer as 86% oor die drie studiejare behaal.

Meer as vyftig pryse en trofees is tydens hierdie gebeurtenis aan toppresteerders in die Fakulteit oorhandig. Die Fakulteit is trots daarop om sulke uitstaande akademiese presteerders te hê en dankbaar teenoor al die borge vir die pryse en trofees.

Algehele Toppresteerder van die Fakulteit, Andrew Graham en prof Chris Theron (Hoof: Departement Fisika).

Fakulteit vier akademiese uitnemendheid by Toppresteerdersfunksie