spuithandleiding vir: pruime - bonvik.co.za · indien witperskedopluis voorkom, kan dursban 480 ec...

16
Spuithandleiding vir: Pruime 2018/2019

Upload: truongtu

Post on 16-Aug-2019

226 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Spuithandleiding vir:

Pruime

2018/2019

Page 2: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Spuithandleiding vir pruime 2018/2019 (W9.1 21-06-2018)

REDE VIR

BEHANDELING DORMANT KNOPSWEL 10% BALLON 30% BLOM VOLBLOM

90% BLOM-

BLAARVAL

+14 DAE

(± MID OKT)

+14-21 DAE

( ± BEGIN NOV)

Vertraagde bot1

Dopluis2

PYRINEX 480 EC

75 ml +

CIPRON 500 ml

PYRINEX 480 EC

75 ml +

CIPRON 500 ml

CLOSER 240

SC

12 ml

CLOSER 240

SC

12 ml

Blaaspootjie3

Bolwurm

DELEGATE 250

WG 12 g

OF

TRACER 480

SC 20 ml

OF

KLARTAN 240

EW 30 ml

KLARTAN 240

EW 30 ml

OF

DELEGATE 250

WG 12 g

OF

TRACER 480 SC

20 ml

AKITO 6.5 ml

+

GRABOLL

200 ml/ha

AKITO 6.5 ml

+

GRABOLL

200 ml/ha

WARLOCK

19.2 EC

80 ml

Antestia en

groenperskeluis

Kalander4

Verwys na die

verduidelikende

notas.

EXIREL 100 SE

35 ml

OVM5 EXIREL 100 SE

50 ml

AKITO 6.5 ml

+

CRYPTEX

60 ml/ha

EXIREL 100 SE

50 ml

+

CRYPTEX

35 ml/ha

Vrugtevlieg7 LOKVALLE

1 per 2 ha

Bryobia8

Rooispinnekop,

Europese rooimyt

(Bryobia-myt: Verwys na

die notas)8

SANAMECTIN 18

EC 35 ml +

MCW EOS 150 ml

OF

VANITY 200 SC

60 ml +

PICANTA 50 ml

Bakteriese siektes9

BESTCURE

1.5 L/ha

Nie saam met

plantvoeding-

stowwe nie,

verwys na die

notas.

Gomvlek

Bruinroes10

Bloeiselversenging11

THIRAM 750

WP

150 g

CHRONOS 450

SC 27 ml

OF

THIRAM 750 WP

150 g

OF

BUMPER 250 EC

20 ml

CHRONOS 450

SC 27 ml

OF

BUMPER 250 EC

20 ml

OF

THIRAM 750 WP

150 g

CHRONOS 450

SC

27 ml

OF

BUMPER 250 EC

20 ml

Valskodlingmot6

PENNCOZEB WG 150

10-14 dae intervalle afhangende van reën.

BROADBAND 50 ml

STAMBANDE

Herhaal soos nodig.

GF-120 NF 1 - 1.2 L/ha

DORMEX 500 ml +

CITROLE 100 2 - 3 L

Eerste tekens van knopbeweging.

COPROX SUPER

350 g

CAPTAB WP

200 g

KLARTAN 240 EW 30 ml

Enkeltoediening soos nodig.

LOKVALLE

Einde Julie.

CHECKMATE FCM-F 110 ml/ha (3-4 weke intervalle)

CIDETRAK OFM-L 450/ha

OF

NO MATE OFM SPIRAL 500/ha

OF

ISOMATE OFM ROSSO 500/ha

Eerste week Aug.

DELEGATE 250 WG 10 g OF TRACER 480 SC 15 ml EXIREL 100 SE 100 ml

Bladsy 1 van 4 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

Page 3: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Spuithandleiding vir pruime 2018/2019 (W9.1 21-06-2018)

END NOV MID DES BEGIN JAN 10 DAE VOOR OES 5 DAE VOOR OES NA OES 50-75% BLAARVALVOOR SNOEI

(DORMANT)

PYRINEX 480 EC

75 ml +

CIPRON 500 ml

WARLOCK

19.2 EC

80 ml

EXIREL 100 SE

35 ml

Maks. 2 toedie-

nings per seisoen.

EXIREL 100 SE

50 ml

Maks. 2

toedienings per

seisoen.

EXIREL 100 SE

50 ml

Maks. 2 toedie-

nings per seisoen.

+

CRYPTEX

35 ml/ha

ALTACOR 10 g

Maks. 3 groep 28

middels per

seisoen.

+

CRYPTEX

35 ml/ha

ALTACOR 10 g

Maks. 3 groep 28

middels per

seisoen.

+

CRYPTEX

35 ml/ha

Herhaal bespuitings van

AKITO + CRYPTEX

tot 14 dae voor oes.

OF

WARLOCK 19.2 EC 80 ml

+ CRYPTEX 35 ml/ha

BESTCURE

1.5 L/ha

Nie saam met

plantvoeding-

stowwe nie, verwys

na die notas.

BESTCURE

1.5 L/ha

Nie saam met

plantvoeding-

stowwe nie, verwys

na die notas.

COPROX SUPER

350 g

PENNCOZEB WG

150 g

PENNCOZEB WG

150 g

CHECKMATE FCM-F 110 ml/ha (3-4 weke intervalle)

Herhaal soos nodig.

GF-120 NF 1 - 1.2 L/ha

SANAMECTIN 18 EC 35 ml + MCW EOS 150 ml

OF

VANITY 200 SC 60 ml + PICANTA 50 ml

Maksimum twee spuite per seisoen.

Monitor vir loot- en vrugskade

en spuit indien nodig.

Bladsy 2 van 4 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

Page 4: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Spuithandleiding vir pruime 2018/2019 (W9.1 21-06-2018)

REDE VIR

BEHANDELING DORMANT KNOPSWEL 10% BALLON 30% BLOM VOLBLOM

90% BLOM-

BLAARVAL

+14 DAE

(± MID OKT)

+14-21 DAE

( ± BEGIN NOV)

Vrugverrotting/

Na-oesbederf

(Bruinvrot, Rhizopus,

Botritis)12

Vruggroei en spesiale

voedingsbehoeftes

Blaarvoeding

(Slegs in konsultasie

met ´n kundige

voedingsadviseur.)

COPTRAC 500

0.5 L/ha

ELFER BORO

50 ml +

TSAMA ZINC

70 ml +

TSAMA MN

50 ml

ELFER BORO

50 ml +

TSAMA ZINC

70 ml +

TSAMA MN

50 ml

ELFER BORO

50 ml +

TSAMA ZINC

70 ml +

TSAMA MN

50 ml

Grondtoediening:

Ystertekorte

NematodesRUGBY 10 ME

15 - 25 ml/m2

RUGBY 10 ME

15 - 25 ml/m2

OF

VYDATE SL

1.2 ml/m2

Snoeiwonde13 KEMSEEL

Ontsmetting14 Verwys na die

notas.

ELFER GREENFIELDS 3 kg/ha

In gebiede waar simptome die vorige seisoen

voorgekom het, of in jong boorde.

Raadpleeg u Viking-verteenwoordiger.

Bladsy 3 van 4 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

Page 5: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Spuithandleiding vir pruime 2018/2019 (W9.1 21-06-2018)

END NOV MID DES BEGIN JAN 10 DAE VOOR OES 5 DAE VOOR OES NA OES 50-75% BLAARVALVOOR SNOEI

(DORMANT)

TUTOR 500 SC

120 ml

INDAR 50 EW 80 ml

(bruinvrot)

OF

TUTOR 500 SC 120 ml

ELFER BIOFOL K

100 g

OF

TSAMA PLENTY

K 5 L/ha

TSAMA

PITSTOP

250 ml

TSAMA PITSTOP

250 ml

ELFER BORO

50 ml +

TSAMA ZINC

70 ml +

UREUM LB 1%

COPTRAC 500

0.5 L/ha

VYDATE SL

1.2 ml/m2

RUGBY 10 ME 15 - 25 ml/m2

8 weke na vorige behandeling.

Raadpleeg u Viking-adviseur.

Bladsy 4 van 4 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

Page 6: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 1 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

1 VERTRAAGDE BOT (RUSBREKING)

Die volgende kultivars kan met DORMEX + olie (soos CITROLE 100) behandel word: Simka, Songold, Casselman, Redgold, Eldorado, Santa Rosa, Reubenel, Gaviota, Leatitia. Indien DORMEX oorweeg word vir toediening op enige ander kultivar, moet daar met ’n kundige gekonsulteer word. Moenie DORMEX op plumcots toedien nie.

Gebruik die hoër dosis olie vir kultivars met ’n hoë kouebehoefte of in areas waar vertraagde bot gereeld voorkom. Gebruik OLIE alleen (sonder Dormex) slegs vir kultivars met lae tot medium kouebehoeftes.

Kouebehoefte van die mees algemene pruimkultivars verbou in SA.

Kouebehoefte Hoog Medium hoog Medium laag Laag

Kultivars Southern Belle

Flavor King (geen Dormex)

Flavor Fall

September Yummy

Songold

Laetitia

Suplum 11

Ruby Star

Lady Red

Larry Anne

Angeleno

August Yummy

Souvenir

Ruby Nel

Harry Pickstone

Pioneer

African Rose

African Delight

Suplum 25

Budbreak 4 L 4 L 3 - 4 L 3 L

Dormex alleen Geen registrasie nie.

Dormex + olie ½ + 2-3% ½ + 2% ½ + 2% ½ + 2%

Die beste tyd vir bespuiting is so laat as moontlik in die seisoen, maar nie later as ogiebeweging nie. Kies die spuitdae só dat daar minstens drie warm dae is tydens en ná die bespuiting.

Let daarop dat bome in ’n boord aansienlik kan varieer in hul ontwikkelingstatus rondom bot. Bome met lae voedingsreserwes, bome wat droog gely het gedurende die herfs of winter en bome wat onderhewig is aan bakteriese siektes, is geneig om vinniger te bot as gesonde bome in rus.

Die volgende foto’s toon verskillende ontwikkelingstadiums en die moontlike rusbreekbehandelings aan:

Aangesien die klimaatstoestande kort voor bot die werking van die rusbreekmiddels kan beïnvloed, word u aangeraai om u Viking-verteenwoordiger oor die gebruik van rusbreekmiddels te raadpleeg, voordat bogenoemde aanbevelings geïmplementeer word.

In die vroeë stadium van ontwikkeling behoort

Dormex + olie toegedien te word.

In ‘n later stadium van ontwikkeling kan slegs olie toegedien word.

In hierdie stadium is dit te laat om olie alleen of Dormex + olie toe te

dien.

Page 7: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 2 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

2 DOPLUIS

Aantal bespuitings op grond van infestasievlakke in die vorige seisoen

1. Waar geen dopluis in die vorige seisoen op vrugte of die boomrame voorgekom het nie, kan hierdie status in stand gehou word deur die toediening van twee onderhoudsbespuitings van chlorpyrifos (PYRINEX 480 EC) tydens die dormante periode. Dien die eerste bespuiting ongeveer een maand voor ogieswel toe en volg op met 'n tweede toediening net voor of by ogieswel.

2. In die geval van matige infestasie, wanneer dopluis op die boomrame voorgekom het, maar nog nie op vrugte waargeneem is nie, behoort drie toedienings van PYRINEX 480 EC tydens die dormante periode gemaak te word. Laat een maand tussen toedienings toe en dien die laaste bespuiting by ogieswel toe.

3. Indien dopluis die vorige seisoen op die vrugte waargeneem is, het ernstige infestasie voorgekom en behoort vier toedienings van PYRINEX 480 EC gemaak te word tydens die dormante periode. Laat een maand tussen toedienings toe en dien die laaste bespuiting by ogieswel toe.

4. Die gebruik van ‘n ligte mineraalolie (soos CIPRON of CITROLE 100) saam met die chemiese middels is nodig vir die beheer van dopluise. Op kultivars met ‘n lae kouebehoefte kan dit oorweeg word om die CIPRON-dosis afwaarts aan te pas.

Algemene reëls by dopluisbespuitings

Dopluisbeheerprogramme moet só beplan en uitgevoer word dat geen toediening tydens die groeiperiode nodig is nie. Tans word geeneen van die middels wat tradisioneel tydens die aktiewe groeiperiode vir korrektiewe beheer van dopluis- en witluisbesmettings gebruik is, toegelaat nie.

Merk dopluisbesmette bome en takke tydens snoei en spuit hul deeglik met handstange om voldoende bedekking van die boomraam te verkry. In die geval van ’n swaar besmetting sal newelblaastipe spuitmasjiene nie voldoende bedekking gee nie.

Die byvoeging van 'n ligte mineraalolie teen 'n konsentrasie van 500 ml/100 L water by die PYRINEX-spuitmengsel sal die effektiwiteit van die middel teen dopluis verhoog. By vrugsoorte en in gebiede waar oliebevattende rusbreekmiddels toegedien word, kan die laaste dopluisbespuiting met hierdie rusbreekbespuiting gekombineer word. Geen addisionele olie sal dan by die dopluisspuitmengsel gevoeg word nie.

Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op verderflike dopluis, sal ook witperskedopluis beheer. KALKSWAEL moenie saam met oliebevattende spuite toegedien word nie en moet teen 'n konsentrasie van 8 tot 12 L/100 L water gebruik word. KALKSWAEL is ook aktief teen sekere swamsiektes, die oorwinterende eiers van Bryobia-myte, asook ander dopluisspesies wat selde op vrugtebome in die Wes-Kaap voorkom. KALKSWAEL moet voor ogieswel toegedien word. Let daarop dat KALKSWAEL 'n korrosiewe effek op spuitmasjinerie en ander implemente mag hê.

Watervolume is die sleutel tot sukses: Streef na 2 maal boomryvolume. Bedekking van die boomraam is uiters belangrik vir effektiewe dopluisbeheer.

Page 8: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 3 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

3 BLAASPOOTJIE

Blaaspootjiebeheer behoort vroeg in die blomperiode begin te word. Die gebruik van DELEGATE 250 WG vir die beheer van blaaspootjies sal ook kalander beheer. Herhaal die bespuiting binne 7 dae soos die blomperiode vorder. ’n Maksimum van vier toedienings per seisoen behoort gedoen te word.

EXIREL 100 SE (cyantraniliprole) sal gelyktydige beheer van blaaspootjies, kalanders, OVM en VKM gee. Vermy die gebruik hiervan gedurende blomtyd aangesien die produk hoogs toksies is vir bestuiwers. EXIREL moet na blom gebruik word en ’n maksimum van 2 toedienings word per seisoen toegelaat om weerstand teen groep 28 middels uit te stel.

BIOMECTIN (abamectin) is nie geregistreer vir gebruik op steenvrugte nie. Geen abamectin-formulasie is vir blaaspootjie op steenvrugte geregistreer nie. Die volgende handelsname is wel geregistreer op steenvrugte vir die beheer van myte:

• AGRIMEC GOLD op appelkose

• EPICURE S.L. en AGRIMEC GOLD op perskes en nektariens

• AGRIMEC GOLD, SANAMECTIN 18 EC en ZORO 36 EC op pruime

4 KALANDERS en BOLWURM

Kalanders is nie ’n plaag van pruime nie en ernstige maatreëls vir die beheer van kalanders sal oorbodig wees. As gevolg van die verlaging in die maksimum residuvlak van chlorfenapyr (HUNTER 24 SC) in die Europese Unie, kan die aktiewe bestanddeel slegs voor blom op steenvrugte gebruik word. Die produk het ’n lang nawerking en gebruik daarvan kan dus maklik tot ’n residu-oorskryding aanleiding gee as daar enigsins vruggies teenwoordig is ten tye van bespuiting. Neem ook in ag dat HUNTER die byepopulasie in die boord ten tye van bespuiting nadelig sal beïnvloed.

EXIREL 100 SE (cyantraniliprole) is onlangs geregistreer vir die beheer van kalanders teen 35 ml per 100 L water. Vermy die gebruik hiervan gedurende blomtyd aangesien die produk hoogs toksies is vir bestuiwers. EXIREL moet na blom gebruik word en ’n maksimum van 2 toedienings word per seisoen toegelaat om weerstand teen groep 28 middels uit te stel.

Bolwurm: Beperk alle abamectin en emamectin (WARLOCK 19.2 EC en ander) behandelings tot maksimum 4 toedienings per seisoen.

5 OOSTERSE VRUGTEMOT (OVM)

Hang van lokvalle

Hang OVM-lokvalle teen einde Julie of begin Augustus om te verseker dat monitering van OVM-aktiwiteit betyds begin. Hang een lokval vir elke twee hektaar.

Let op dat daar nie 'n aksiedrumpelwaarde vir OVM-bespuiting is nie, maar dat lokvalvangste slegs die vlugpatroon van OVM aandui. Die spuitdatums kan vanaf die datum waarop volgehoue vangste van OVM geregistreer word (biofix) met daggrade-modelle vir OVM bereken word.

Beplan ’n geïntegreerde beheerstrategie gebaseer op die OVM-daggrademodel in samewerking met u Viking-verteenwoordiger. Die gebruik van die OVM-daggrademodel voorsien uitstekende bykomstige inligting waarmee meer effektiewe en volhoubare beheer van OVM gedoen kan word. Wanneer hierdie tegniek gebruik word, is dit aan te beveel om LNR-Infruitec te skakel en ook die Infruitec-handleiding vir die beheer van OVM- en kodlingmot te bestudeer.

Page 9: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 4 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

Paringsontwrigting

Indien u van OVM-paringsontwrigting gebruik maak, behoort die CIDETRAK OFM-L of ISOMATE OVM-vrystellers laat in Julie of vroeg in Augustus uitgeplaas te word, voordat die eerste motte gevang word. OVM-lokvalle dui nie die populasie-aktiwiteit van OVM in boorde onder paringsontwrigting aan nie en die gebruik van lokaasvalle (bait pots) asook gereelde inspeksie vir loot- en vrugskade is van die uiterste belang vir suksesvolle OVM-beheer. Paringsontwrigting alleen bied ook nie genoeg beheer in boorde en gebiede waar die voorkoms van OVM hoog is nie.

Chemiese beheer

EXIREL 100 SE (cyantraniliprole), teen 50 ml per 100 L water, sal gelyktydige beheer van OVM, kalanders en VKM gee. Vermy die gebruik hiervan gedurende blomtyd aangesien die produk hoogs toksies is vir bestuiwers. EXIREL moet na blom gebruik word en ’n maksimum van 2 toedienings word per seisoen toegelaat om weerstand teen groep 28 middels uit te stel.

6 VALSKODLINGMOT

Hang lokvalle teen einde Julie of begin Augustus op.

Let op dat die gebruik van azinphos-methyl nie verder deur sekere markte geduld word nie en alternatiewe moet so spoedig moontlik ontwikkel word. Let asseblief ook op die beperkte registrasies van AZINPHOS 350 WP.

Die gebruik van piretroïede in die laat groeistadiums van pruime is strydig met die beginsels van geïntegreerde plaagbeheer.

Spinetoram (DELEGATE 250 WG) is vir die beheer van Lepidoptera op steenvrugte geregistreer en alle aanduidings is dat die produk goeie beheer van OVM, valskodlingmot en kodlingmot sal gee. STEWARD, wat vir die beheer van bolwurm op pruime geregistreer is, beheer ook kodlingmot by kernvrugte en OVM by steenvrugte. Die dosis van STEWARD vir die beheer van kalanders en OVM is 20 g/100 L water op ander steenvrugte.

EXIREL 100 SE (cyantraniliprole), teen 50 ml per 100 L water, sal gelyktydige beheer van VKM, kalanders en OVM gee. Vermy die gebruik hiervan gedurende blomtyd aangesien die produk hoogs toksies is vir bestuiwers. EXIREL moet na blom gebruik word en ’n maksimum van 2 toedienings word per seisoen toegelaat om weerstand teen groep 28 middels uit te stel.

Die valskodlingmotgranulovirus (CRYPTEX) is ’n noodsaaklike byvoeging tot die beheer van VKM op pruime.

Die gebruik van paringsontwrigting (CHECKMATE FCM-F) addisioneel tot die virusse is ’n goeie toevoeging tot die beheer van VKM. CHECKMATE FCM-F is ’n spuitbehandeling wat herhaal moet word teen 3-4 weke intervalle. Dit is verkieslik dat hierdie behandelings as ’n konsentraatspuit of spatbehandeling toegedien word. Die aanbevole dosis is 110 ml/ha.

Beauveria bassiana, handelsnaam BROADBAND, is ook geregistreer vir VKM beheer op pruime. Let daarop dat hierdie produk met groot sorg aangewend moet word aangesien dit nie onder alle klimaatsomstandighede ewe suksesvol werk nie.

Verwyder deurlopend besmette vrugte en vrugte wat op die boordvloer beland as deel van ‘n boordsanitasieprogram. Hou hiermee vol tot in die na-oesperiode. Bespreek 'n geskikte beheerstrategie met u Viking-verteenwoordiger.

Page 10: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 5 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

7 VRUGTEVLIEG

Hang van lokvalle

Hang een lokval vir elke twee hektaar, maar let op dat in sekere gevalle daar meer as een lokval per twee hektaar benodig kan word (bv. ‘n lang, smal boord). Lokvalle moenie meer as 150 meter van mekaar gehang word nie. Toepaslike lokmiddels moet in die lokvalle geplaas word.

Let daarop dat die eerste aanduidings van vrugtevlieg gewoonlik aan die buitekant van boorde voorkom. Dit is belangrik om so vroeg as moontlik vir die voorkoms van hierdie plaag te begin monitor, veral waar boorde grens aan vrugtevliegvatbare gewasse wat vroeër ryp word.

Chemiese beheer

Indien een tot vier vrugtevlieë per lokval per week gevang word, spat dadelik met een van die volgende mengsels:

GF-120 NF. Dien toe teen 1 - 1.2 L in 4 - 29 L water per hektaar.

OF

500 ml MERCAPTOTHION 500 EC teen + 2 L HYM-LURE per 100 L water. Moenie meer as 40 tot 50 L van dié mengsel per hektaar toedien nie.

Herhaal die toediening na reën. Gebruik 'n metode wat growwe druppels lewer en dien as 'n smal strook in die boonste helfte van die bome toe.

Spatbehandelings van 'n lokaas bly die doeltreffendste beheermaatreël vir die beheer van volwasse vrugtevlieë oor die langtermyn. Volgehoue, gereelde beheermaatreëls (7-14 dae) moet teen vrugtevlieë toegepas word totdat die vooroesonthoudingsperiode vir die betrokke middel aanbreek.

Spat vatbare gewasse ongeag die voorkoms van vrugtevlieë in lokvalle. Vrugtevlieë word dikwels nie in die lokvalle gevang as baie ander vrugtipes in die direkte omgewing van die lokvalle voorkom nie, as gevolg van kompetisie tussen die kunsmatige lokmiddel en die natuurlike voedselbron. Om die vrugtevliegpopulasie in die boord te beperk, dien die spatbehandelings dwarsdeur die seisoen toe en hou na oes vol totdat alle vrugte van ander omliggende gewasse geoes is. Intervalle kan in die winter tot 'n maand verleng word.

8 EUROPESE ROOIMYT, ROOISPINNEKOP EN BRYOBIA

Die gebruik van azinphos-methyl word nie verder deur sekere markte geduld nie en alternatiewe moet so spoedig moontlik ontwikkel word. Geen azinphos-methyl registrasie bestaan tans vir die beheer van Bryobia op pruime nie, maar die produk is wel geregistreer vir die beheer van kodlingmot en bladroller op pruime. Beide die WP- en SC-formulasies is ook geregistreer vir die beheer van Bryobia op perskes en appelkose.

SANAMECTIN 18 EC is geregistreer vir die beheer van rooispinnekop en Europese rooimyt op pruime, maar nie vir Bryobia nie. Slegs 1 toediening SANAMECTIN 18 EC per seisoen is toelaatbaar.

Beauveria bassiana (BROADBAND teen 1 L/ha) is geregistreer vir beheer van rooispinnekop op perskes en kersies en ook vir die beheer van valskodlingmot op alle steenvrugte. Om effektief te wees moet hierdie behandeling as ‘n programbespuiting gedoen word en vroeg in die seisoen ‘n aanvang neem.

9 BAKTERIESE SIEKTES (XANTHOMONAS)

Geen middel kan bakteriese siektes effektief beheer nie, maar die verspreiding van die bakterieë kan beperk word deur die gebruik van ’n Bordeaux-mengsel. So ’n mengsel kan op die plaas gemaak word deur 800 g kopersulfaat te kombineer met 600 g spuitkalk in 100 L water en dan as ’n voldekbespuiting toe te dien. Die tyd van toediening is belangrik en dit word aanbeveel dat geïnfekteerde bome vier keer

Page 11: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 6 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

deur die jaar gespuit word. Die eerste toediening moet gemaak word by 50% blaarval, die tweede by 85% blaarval, die derde in die middel van die winter, ná snoei, en die laaste toediening by vroeë knopswel. Hierdie laaste toediening kan die aanbevole kopertoediening tydens knopswel, wat normaalweg vir die beheer van bakteriese siektes gebruik word, vervang.

Die herhaalde gebruik van weerstandsinduseerders soos BESTCURE is ’n noodsaaklike toevoeging vir die beheer van bakteriese siektes veral in hoë risiko gebiede. Bakteriese siektes manifisteer veral by bome wat onder strestoestande verkeer soos vogstremming, voedingstremming en swaar oesladings. Let daarop dat BESTCURE nie siektebeheer gee nie, maar net die plant se immuniteitstelsel vir selfbeskerming ondersteun. BESTCURE moenie met plantvoedingsmiddels, veral koper, gemeng word nie.

10 BRUINROES

Herhaal PENNCOZEB WG-bespuitings met intervalle van 10 to 14 dae. Indien aanhoudende nat weerstoestande voorkom, gaan voort met PENNCOZEB WG-toedienings teen bruinroes tot 35 dae voor oes. KUMULUS WG sal ook bruinroes en witroes beheer, maar wees versigtig vir swaelbrand onder uitermatig hoë temperature.

11 BLOEISELVERSENGING

Indien THIRAM 750 WP vir die beheer van bloeiselversenging gebruik word, moet bespuitings telkens na reën herhaal word. Onder droë toestande tydens blom kan spuitintervalle van 7 dae gevolg word. THIRAM 750 WP moet teen 150 g/100 L water toegedien word. THIRAM-bespuitings vir die beheer van bloeiselversenging moet tot by volblom volgehou word. Let op dat THIRAM 750 WP nie witroes beheer nie.

CHRONOS 450 SC kan in plaas van THIRAM 750 WP vir die beheer van bloeiselversenging gebruik word. Herhaal CHRONOS 480 SC-bespuitings teen bloeiselversenging met tussenposes van 7 dae, tot by 90% blomblaarval. BUMPER 250 EC teen 20 ml/100 L water kan as alternatief vir die beheer van bloeiselversenging gebruik word vanaf die 10% ballonstadium tot by 90% blomblaarval.

CHRONOS 450 SC sal nie witroes beheer nie. Waar witroes ook voorkom, word die gebruik van BUMPER 250 EC in plaas van CHRONOS 480 SC aanbeveel.

Die gebruik van BENOMYL 500 WP in blomtyd kan moontlik die beheer van botritis ondersteun, maar word nie deur die markte (Tesco) aanvaar nie.

12 VRUGVERROTTING OF NA-OESBEDERF (BRUINVROT, RHIZOPUS, BOTRITIS)

Die patogene verantwoordelik vir vrugverrotting kan reeds lank voor oes infekteer, mits klimaatstoestande daarvoor gunstig is. Soos by ander vrugtipes, sal herhaalde bespuitings teen ’n maksimum van 14-dae-intervalle, vanaf die stadium dat klimaatstoestande gunstig is vir siekte-ontwikkeling, meer sin maak as enkele laat-seisoen bespuitings.

‘n Sinvolle strategie vir optimale beheer van vrugverrottingswamme sou wees om INDAR 50 EW (fenbuconazole) 10 dae voor oes en TUTOR 500 SC (pyrimethanil + fludioxonil) 3 dae voor oes toe te dien. Hierdie strategie is veral geskik in gebiede waar bruinvrot die dominante bederfswam is. TUTOR 500 SC beheer bruinvrot beter as iprodione, maar botritis net so goed soos iprodione. Daarom word die bogenoemde program (INDAR + TUTOR) beskou as meer effektief op vrugte gekweek in areas waar beide botritis en bruinvrot voorkom en die voorkoms van bruinvrot dominant is.

INDAR 50 EW moenie meer as twee keer voor oes toegedien word nie. INDAR 50 EW is slegs effektief teen bruinvrot (Monilinia laxa).

Die gebruik van BESTCURE vir bakteriese siektes sal ook die ontwikkeling van die na-oesbederfsiektes onderdruk.

Page 12: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Verduidelikende notas tot die spuithandleiding

vir pruime 2018/2019

(W 9.2 27-06-2018)

Bladsy 7 van 7 © Viking Bemarking (Edms) Bpk 2018

13 SNOEIWONDE

Smeer alle snoeiwonde, wat groter as 2 cm in deursnee is, deeglik toe om infeksie deur houtverrottingsorganismes te beperk.

14 ONTSMETTING

Gebruik kwaternêre ammoniumverbindings (quaternary ammonium compounds; QAC’s) vir die ontsmetting van snoeiskêre. ’n Baie beperkte residu van die QAC’s word tans deur invoerlande toegelaat om voorsiening te maak vir oordra-besoedeling van paklyne na vrugte. Die gebruik van QAC’s gedurende die dormante en voor-botperiode kan egter ’n nuttige aanvulling wees om die inokulum van siektes soos krulblaar, bloeiselversenging en bruinvrot te verlaag.

ALGEMEEN

Toedieningsdosisse

Die dosisse in die spuithandleiding word altyd per 100 liter water aangedui, tensy anders vermeld (bv. per ha of per m2).

Handelsname

Aangesien ’n toenemende aantal handelsname (handelsmerke) vir bepaalde aktiewe bestanddele beskikbaar raak, behou Viking die reg voor om ander handelsname as dié wat in die spuithandleiding aangedui word te verskaf. U sal egter vooraf deur u Viking-verteenwoordiger daaroor ingelig word.

Boordmonitering

DEEGLIKE BOORDMONITERING IS ‘N VOORVEREISTE VIR ENIGE CHEMIESE INGRYPING.

In baie gevalle sal die gebruik van middels wat ‘n effek op ‘n afwyking het, maar nie daarvoor op die vrugtipe geregistreer is nie, wel die probleem beheer. Onder sulke toestande sal addisionele beheerstrategieë onnodig wees en sal monitering aandui dat verdere beheer oorbodig is.

WAARSKUWING

Hierdie spuithandleiding dien slegs as ’n riglyn. Bestudeer asseblief die produketikette deeglik voordat enige toedienings gemaak word.

Maksimum residuvlakke (MRV’s) en vooroesonthoudingsperiodes van sekere produkte word deurgaans geëvalueer en kan tydens die seisoen verander. Raadpleeg u Viking-verteenwoordiger oor die veranderinge en die jongste MRV’s en onthoudingsperiodes, of vergewis u van die jongste chemiese residuvereistes, soos aangedui in dokumente van Agri-Intel (www.agri-intel.com), Hortgro, sekere uitvoerders, of ABSi (www.absi.co.za).

Page 13: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Aanbevelings en Rekordhouding

Spuit nr.

Datum Kultivar / Boord / Blok Doel van spuit Produk(te) Dosis/

100ℓ water Dosis/ha Dosis/tenk VOP Opmerkings

Page 14: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Aanbevelings en Rekordhouding

Spuit nr.

Datum Kultivar / Boord / Blok Doel van spuit Produk(te) Dosis/

100ℓ water Dosis/ha Dosis/tenk VOP Opmerkings

Page 15: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Aanbevelings en Rekordhouding

Spuit nr.

Datum Kultivar / Boord / Blok Doel van spuit Produk(te) Dosis/

100ℓ water Dosis/ha Dosis/tenk VOP Opmerkings

Page 16: Spuithandleiding vir: Pruime - bonvik.co.za · Indien witperskedopluis voorkom, kan DURSBAN 480 EC of DURSBAN 750 WG toegedien word. KALKSWAEL, wat geregistreer is vir gebruik op

Aanbevelings en Rekordhouding

Spuit nr.

Datum Kultivar / Boord / Blok Doel van spuit Produk(te) Dosis/

100ℓ water Dosis/ha Dosis/tenk VOP Opmerkings