senior certificate · 2018-05-01 · kopiereg voorbehou blaai om asseblief senior certificate unte:...

21
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad. NASIONALE GRAAD 12 GASVRYHEIDSTUDIES FEBRUARIE/MAART 2009 P T SENIOR SERTIFIKAAT

Upload: others

Post on 15-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SENIOR CERTIFICATE

UNTE: 200

YD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad.

NASIONALE

GRAAD 12

GASVRYHEIDSTUDIES

FEBRUARIE/MAART 2009

P T

SENIOR SERTIFIKAAT

Page 2: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 2 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings.

AFDELING A: Kortvrae (40) AFDELING B: Gasvryheidskonsepte, gesondheid en veiligheid (40) AFDELING C: Voedselproduksie (80) AFDELING D: Voedsel- en drankbediening (40)

2. 3. 4. 5. 6.

Beantwoord AL die vrae. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Beantwoord AFDELING A op die aangehegte ANTWOORDBLAD. Beantwoord AFDELING B, C en D in die ANTWOORDEBOEK. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 3 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) in die blokkie (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.15) op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

VOORBEELD: 1.1.16 'n Gevriesde nagereg in 'n ronde vorm is 'n … A

B C D

mousse. bombe glacée. parfait. vacherin.

ANTWOORD:

A B C D

1.1.1 … is 'n strategie wat gebruik word om mense in te lig oor watter produkte 'n onderneming aanbied.

A

B C D

Finansiering Bemarking Prysberekening Taakstelling

1.1.2 'n Brosjure is 'n voorbeeld van 'n … bemarkingsinstrument.

A

B C D

oudiovisuele sensoriese ouditiewe visuele

1.1.3 'n Goed gevestigde besigheid wat deel vorm van 'n kettinggroep

met 'n unieke eienaar:

A

B C D

Korporasie Franchise Verkoper Maatskappy

Page 4: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 4 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.4 Teikenmark en marksegmentering wat deur ouderdom, geslag, huwelikstatus en familiegrootte beïnvloed word, verwys na … faktore.

A

B C D

geografiese psigografiese demografiese biografiese

1.1.5 Vomering is 'n algemene simptoom van …

A

B C D

gastroënteritis. tuberkulose. hipertensie. diabetes.

1.1.6 'n Sjef wat aanhoudend hoes, ly aan …

A

B C D

gastroënteritis. cholera. tuberkulose. buiktifus.

1.1.7 'n Dieetriglyn wat 'n sjef in ag moet neem wanneer poeding vir 'n

diabetiese persoon voorberei word:

A

B C D

Gebruik laevetmelk en droëvrugte Gebruik volroommelk en vars vrugte Gebruik gekondenseerde melk en droëvrugte Gebruik afgeroomde melk en vars vrugte

1.1.8 'n Persoon wat 'n seekos-allergie het, sal die volgende simptoom

toon:

A

B C D

Opswel van die gesig Vaal gelaatskleur Rusteloosheid Oormatige sweet

1.1.9 Om 'n vet en suiker saam te klits tot lig en romerig:

A

B C D

Klits Klop Verroming Meng

Page 5: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 5 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.10 'n Verkooppuntstelsel kan die effektiwiteit van die gasvryheidbedryf bevorder deur ...

A

B C D

verfyning van saketransaksies. die verliese te vermeerder. onvolledige verslae te voorsien. die kontroleer van sekere bedrywighede te verminder.

1.1.11 Die term wat na uitgawes verwys, byvoorbeeld elektrisiteit, water en huur in 'n besigheid:

A

B C D

Begroting Kapu (Kapitaaluitgawes) Oorhoofse koste Finansies

1.1.12 Eier wat in pasteideeg gebruik word, sal tot … bydra.

A

B C D

glutenversterking sagtheid van die produk elastisiteit van die deeg ligtheid van tekstuur

1.1.13 'n Tradisionele Afrika-gereg waarin maagafval as die hoof-

bestanddeel gebruik word:

A

B C D

Mashonzha Morogo Umngqusho Mogodu

1.1.14 'n Gepaste porsiegrootte vir een persoon wanneer bobotie bedien

word:

A

B C D

100 g 120 g 150 g 200 g

1.1.15 Wanneer … diens gebruik word, word voedsel vanaf die

bedieningsbord na die gas se bord oorgedra.

A

B C D

bord- buffet- silwer- Franse (15 x 1)

(15)

Page 6: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 6 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2 PASITEMS

Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n term in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6

Marineer Bedruip Smoor Toeskroei/Aanbraai Afrand/Reg sny Roerbraai

A B C D E F G H I

ryg dun repies vet of spek in vleis maak voedsel in 'n klein hoeveelheid vloeistof in 'n bedekte oondskottel in die oond gaar laat week vleis in 'n gegeurde vloeistof vir 'n tydjie voor gaarmaak om die voorkoms van 'n vleissnit te bevorder deur vet en senings te verwyder om warm vet met 'n lepel oor vleis te skep wanneer vleis in die oond gebraai word om gaar vleis met 'n lagie aspiek te bedek die verbruining van vleisoppervlakke by hoë hitte om die verlangde kleur en verbeterde geur te verkry om dun repies vleis in 'n klein bietjie olie in 'n pan gaar te maak om vleis met snytjies vet of spek te bedek

(6 x 1) (6)

Page 7: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 7 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 SKRYF DIE ONTBREKENDE WOORD(E) NEER

Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

1.3.1

1.3.2 1.3.3 1.3.4 1.3.5

'n Vasgestelde spyskaart word … genoem. … verwys na die voorbereiding van 'n restaurant voor bediening. 'n Toestel wat deur kerse of vlambare jel verhit word, is 'n … Geld wat aan die einde van 'n maal aan die kelner gegee word vir goeie diens, word 'n … genoem. Toerusting wat gebruik word om 'n bottel in 'n fynproewerrestaurant oop te maak, word 'n … genoem.

(5)

1.4 EENWOORDITEMS

Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.4.1 – 1.4.10) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

1.4.1

1.4.2 1.4.3 1.4.4 1.4.5 1.4.6 1.4.7 1.4.8 1.4.9 1.4.10

'n Bestelvorm wat aan die stoorklerk gegee word 'n Tegniek waardeur die sediment uit 'n vloeistof verwyder word 'n Proses waar pasteikorse gebak word voordat die vulsel daarin geplaas word Voedsel wat streng volgens die Joodse wette voorberei word Pannekoek of crêpe wat met kaviaar bedien word 'n Tradisionele sous wat saam gebraaide varkvleis bedien word Tradisionele Suid-Afrikaanse vleisballetjies Die term wat gebruik word vir die eweredige verspreiding van vet in vleis Die tempo waarteen voedsel ryk aan koolhidrate afgebreek word om glukose in die liggaam vry te stel Fyngemaakte hoenderlewertjies bedien met Melba-roosterbrood

(10)

Page 8: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 8 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.5 PASITEMS

Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n entrepreneursterm in KOLOM A te pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.5.1 – 1.5.4) op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer.

KOLOM A

ENTREPRENEURSTERME KOLOM B

BESKRYWING

1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.5.4

Telebemarking Teikenmark Operasionele plan Marknavorsing

A

B

C

D

E

F

G

entrepreneurs wat die mark vir die eerste keer betree 'n proses waarby inligting versamel word om 'n behoefte te bepaal advertering van 'n produk op televisie om potensiële kliënte te lok 'n groep kliënte wat die waarskynlikste 'n produk of diens sal koop advertering van 'n produk deur kliënte te bel beplanning om alle aspekte in te sluit vir die gladde funksionering van 'n besigheid beskrywing van hoe 'n besigheid sal funksioneer

(4 x 1) (4) TOTAAL AFDELING A: 40

Page 9: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 9 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: GASVRYHEIDSKONSEPTE, GESONDHEID EN VEILIGHEID VRAAG 2

2.1 Bestudeer die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vanessa het besluit om nie na Graad 12 verder te studeer nie, en begin toe 'n

tuisnywerheid. Haar besigheid het floreer as gevolg van haar uitstekende bakvaardighede. Na 'n paar jaar het Vanessa meer mense in diens geneem, en haar hele familie werk nou saam.

2.1.1 Beveel riglyne aan wat Vanessa moet oorweeg wanneer sy 'n

pamflet ontwerp om haar besigheid te bevorder.

(6)

2.1.2 Dink jy dat Vanessa se besigheid tot die plaaslike ekonomie sal bydra? Motiveer jou antwoord.

(3)

2.1.3

Vanessa moet 'n finansiële plan optrek. Stel aspekte voor wat jy dink in die plan ingesluit behoort te word.

(5)

2.1.4

Vanessa het werknemers nodig wat effektief kan werk en wat met spanlede sal saam werk. Maak 'n lys van SES punte oor werksetiek en professionele gedrag wat werknemers behoort te toon.

(7)

2.2 Stel VYF prosedures voor wat gevolg behoort te word wanneer 'n persoon

deur elektrisiteit geskok is.

(5)

Page 10: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 10 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2.3.1 Identifiseer die simptoom wat in die skets hierbo uitgebeeld word. (1)

2.3.2

Verduidelik hoe jy behandeling op die persoon in die situasie hierbo sal toepas.

(3)

2.4 Martha se moeder het Vigs gehad wat letsels en oop wonde aan haar hande

en bene veroorsaak het. Martha het die hele tyd na haar ma omgesien en haar wonde behandel. Haar ma is ongelukkig oorlede en ses maande na haar dood is Martha ook as MIV-positief gediagnoseer.

2.4.1 2.4.2 2.4.3 2.4.4 2.4.5

Waarvoor staan die afkorting MIV? Verduidelik hoe Martha die siekte van haar moeder kon gekry het. Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat Martha moes geneem het om die verspreiding van die siekte te voorkom. Noem DRIE infeksies waaraan Martha se moeder as gevolg van haar siekte kon gely het. Stel TWEE maniere voor waarop die gesin en die gemeenskap Martha kan bystaan.

(1)

(2) (2) (3) (2)

TOTAAL AFDELING B: 40

Page 11: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 11 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: VOEDSELPRODUKSIE VRAAG 3

3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Baie hotelbestuurders en professionele sjefs beskou rekenaars as belangrike

toerusting om met spyskaartbeplanning te help.

Stem jy saam met die bostaande stelling? Motiveer jou antwoord. (8)

3.2 Vergelyk die voordele van die gebruik van die voorraadstellingkaart ('bin

card') en rekenaarstelsels om voorraad te kontroleer. Tabuleer jou antwoord soos volg:

VOORDELE

VOORRAADSTELLINGKAART ('BIN CARD')

REKENAAR

(2 x 2)

(2 x 2)

(8)

3.3 Bestudeer die lys voedsel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. verskeidenheid kouevleise; gebraaide aartappelskyfies; romerige wortels;

klappermeringues; volgraanbroodrolletjies; heuningverglansde ribbetjies; gestoomde groente

3.3.1 Identifiseer TWEE kosse uit die lys wat NIE geskik is vir 'n persoon

wat 'n laenatrium-dieet volg NIE. Gee 'n rede vir jou antwoord. (3)

3.3.2 'n Persoon ly aan 'n hartverwante siekte. Kies TWEE kosse uit die

lys hierbo wat:

(a)

(b) Geskik is Ongeskik is

Tabuleer jou antwoord soos volg: (a) GESKIKTE KOS (a) ONGESKIKTE KOS (4)

Page 12: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 12 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

T

TE

***

op

***

ers

***

us ies

aai

***

ert

***

ffie

09

3.4

Bestudeer die spyskaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SPYSKAAR

AANDE

Splitertjies

Gevulde ei

Geroosterde Vis met TartaresoDiepgebraaide Aartappelwigg

Glansgroente Gemengde Groensl

Melkt

Ko

1 Februarie 20

3.4.1 Evalueer die geskiktheid van die spyskaart hierbo vir die volgende

tipes vegetariërs:

(a)

(b) Vegane Pesco-vegetariërs

(2) (2)

3.4.2 Maak 'n lys van VIER belangrike faktore wat in ag geneem moet

word wanneer die spyskaart hierbo beplan word.

(4) 3.5 Stel VIER plaaslike Suid-Afrikaanse basisprodukte/verbruiksware voor wat jy

sou kon gebruik om die hoofgang in die spyskaart hierbo mee te vervang.

(4)

Page 13: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 13 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.6 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die volgende inligting vir 'n aandetespyskaart vir 100 gaste is beskikbaar:

• Verkoopprys van die spyskaart: R11 000 • Voedselkoste van die spyskaart: R4 700 • Oorhoofse koste: R1 900

3.6.1

3.6.2

Bereken wat dit die spysenier sal kos om die spyskaart voor te berei. Bereken die netto profyt.

(2) (3) [40]

VRAAG 4 4.1

Bestudeer die gedeelte van die beeskarkas hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

4.1.1 4.1.2 4.1.3

Identifiseer die gedeelte van die beeskarkas wat hierbo geïllustreer is. Identifiseer die vleissnitte wat 1 – 4 genommer is. Stel EEN geskikte kookmetode voor vir elk van die snitte genommer 1 – 4.

(1) (4) (4)

Page 14: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 14 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2 Bestudeer die illustrasies hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.

2.

3.

4.

4.2.1

4.2.2

Herrangskik die stappe om chouxdeeg te maak in die korrekte volgorde. Skryf slegs die nommers (1 – 4) in die korrekte volgorde in die ANTWOORDEBOEK neer. Noem die funksies van die volgende bestanddele wanneer die chouxdeeg gemaak word:

(4)

(a)

(b) Meel Vloeistof

(1) (1)

Page 15: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 15 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2.3 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vraag. Maak 'n lys van die VIER hoofeienskappe van die produk hierbo. (4) 4.3 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae.

4.3.1 4.3.2

Identifiseer die pasteideegproduk in die bostaande illustrasie. Stel die geskikste tipe pasteideeg voor wat gebruik word om die produk hierbo voor te berei.

(1) (1)

4.3.3 Maak 'n lys van DRIE belangrike reëls om te volg wanneer

bostaande pasteideeg gemaak word.

(3)

4.3.4 By watter temperatuur sal die bostaande produk gebak word? (1)

Page 16: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 16 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4

Bestudeer die resep hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Bavarois BESTANDDELE 7,5 ml gelatien 1 eier, geskei 25 ml strooisuiker 125 ml melk 60 ml room 2 ml vanieljegeursel METODE 1. Week die gelatien in 20 ml koue water. 2. Room die eiergeel en suiker tot lig. Voeg

vanieljegeursel by. 3. Bring die melk tot kookpunt. 4. Voeg die melk by die eiermengsel. 5. Kook dit oor 'n dubbelkoker oor lae hitte totdat die

mengsel dik word. Verwyder van die hitte. 6. Smelt die gelatien oor kookwater en voeg dit by die

vla. 7. Vir 'n baie gladde resultaat kan die vla nou deur 'n

fyn sif gegooi word. 8. Laat dit afkoel. 9. Klits die room en vou dit in die vla in. 10. Klits eierwitte styf. Vou dit in die vla in. 11. Gooi die mengsel in voorbereide vorms en laat in

die yskas om te stol. 12. Draai vorms uit op 'n plat bedienbord. Versier.

4.4.1 Gee 'n rede vir elk van die volgende: (a)

(b) Week die gelatien in koue water (Stap 1) Kook die eier-/melkmengsel oor lae hitte (Stap 5)

(1) (1)

4.4.2 Verduidelik hoekom die vlamengsel afgekoel word voordat die

eierwit bygevoeg word.

(1)

4.4.3 Verduidelik hoe jy die vorm sal voorberei voordat die voorbereide mengsel ingegooi word.

(2)

4.4.4 Noem die proses wat elk van die volgende beskryf:

(a)

(b) Week gelatien in koue water Smelt gelatien in warm water

(1) (1)

Page 17: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 17 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4.5 Vlasous moet altyd in 'n dubbelkoker gekook word. Verduidelik

hoekom. (2)

4.4.6 'n Sjef voeg 30 ml verpulpte vye by voor die eierwitte ingevou

word. Verduidelik die resultaat van die eindproduk. (2)

4.5 Noem TWEE hoofbestanddele wat gebruik word om meringue te maak. (2) 4.6 Noem TWEE tipes meringue. (2)

[40] TOTAAL AFDELING C: 80

Page 18: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies 18 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING D: VOEDSEL- EN DRANKBEDIENING VRAAG 5

5.1

Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

LUUKSE HOTEL OPEN IN JOHANNESBURG SE MIDDESTAD Die Mapungubwe Hotel Apartments en inhuis-restaurant, Black (Bistro Lounge and Cocktail Kitchen), het in Oktober 2007 oopgemaak. Die hotel se kos-en-drankafdeling bied plek vir skemerkelk- en formele aandetefunksies en 24-uur-kamerbediening. Black het 'n dramatiese atmosfeer met 'n informele etniese elegansie. Die sjef berei 'n reeks fusion-disse voor wat Afrika- en kontinentale invloede het.

[Aangepas uit: Hotel and Restaurant Magazine, Mei 2008]

5.1.1

Bepaal hoe die personeel by die Mapungubwe Hotel versorg en aangetrek behoort te wees om die etniese elegansie uniek aan hierdie instansie uit te beeld.

(6)

5.1.2 'n Formele aandetefunksie gaan by die hotel gehou word.

Bespreek hoe die maître d' en kelners die plek en tafels vir die formele ete sal opstel.

(4)

5.1.3 Lewer kommentaar op maniere waarop 'n atmosfeer van informele

etniese elegansie by die inhuis-restaurant geskep kan word.

(5)

5.1.4 Verduidelik die prosedure wat gevolg behoort te word wanneer die toemaak-mise-en-place vir die formele aandetefunksie uitgevoer word.

(6)

5.1.5 Verduidelik hoekom skemerkelkfunksies 'n populêre manier van

onthaal is.

(4)

5.1.6

Maak 'n lys van die punte wat jy in gedagte moet hou wanneer jy peuselhappies vir 'n skemerkelkfunksie kies.

(3)

Page 19: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheid art 2009 NSS

Kopiereg voorbehou

studies 19 DoE/Febr. – Ma

5.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die gasvryheidsbedryf beloof om maniere te vind om Eskom te help om die

elektrisiteitslading te help verlig.

[Aangepas uit: Hotel and Restaurant Magazine, Mei 2008]

Lig VIER praktiese maniere uit waarop restaurante kan help om hierdie

belofte na te kom.

(4) 5.3

Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

5.3.1 Identifiseer die prosedure wat hierbo uitgebeeld word. (1)

5.3.2

Beskryf die belangrike riglyne wat in ag geneem moet word wanneer die prosedure hierbo by die tafel uitgevoer word.

(3)

5.4

Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n drankspyskaart aangebied word.

(4)

TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 200

Page 20: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou

ANTWOORDBLAD

AFDELING A VRAAG 1

EKSAMENNOMMER:

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A B C D

1.1.2 A B C D

1.1.3 A B C D

1.1.4 A B C D

1.1.5 A B C D

1.1.6 A B C D

1.1.7 A B C D

1.1.8 A B C D

1.1.9 A B C D

1.1.10 A B C D

1.1.11 A B C D

1.1.12 A B C D

1.1.13 A B C D

1.1.14 A B C D

1.1.15 A B C D

(15 x 1) (15) 1.2 PASITEMS 1.2.1

1.2.2

1.2.3

1.2.4

1.2.5

1.2.6

(6 x 1) (6)

Page 21: SENIOR CERTIFICATE · 2018-05-01 · Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief SENIOR CERTIFICATE UNTE: 200 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 'n 2 bladsy-antwoordblad

Gasvryheidstudies DoE/Feb. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou

1.3 SKRYF DIE ONTBREKENDE WOORD(E) NEER 1.3.1

1.3.2

1.3.3

1.3.4

1.3.5

(5 x 1) (5) 1.4 EENWOORDITEMS 1.4.1

1.4.2

1.4.3

1.4.4

1.4.5

1.4.6

1.4.7

1.4.8

1.4.9

1.4.10

(10 x 1) (10) 1.5 PASITEMS 1.5.1

1.5.2

1.5.3

1.5.4

(4 x 1) (4) TOTAAL AFDELING A: 40