school name - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · web viewn illustrasie van ‘n hout borderak...

17
ONDERWYSDISTRIK WESKUS GRAAD 8 NOVEMBER 2014 TEGNOLOGIE PUNTE: 100 TYD: 1 ½ Hours Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

Upload: buique

Post on 09-Nov-2018

226 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

ONDERWYSDISTRIK WESKUS

GRAAD 8

NOVEMBER 2014

TEGNOLOGIE

PUNTE: 100

TYD: 1 ½ Hours

Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

SENIOR FASE

Page 2: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

ONDERWYSDISTRIK WESKUSNovember 2014 GRAAD 8

Examinator:Mnr. R. Gildenhuys

Gemodereer deur: Mnr A. Mather Mnr. D. Kraak

TEGNOLOGIE EKSAMEN 1 ½ UUR

PUNTE: 100

INSTRUKSIES:1. Gaan na of al 11 bladsye duidelik gedruk is.2. 10 minute ekstra tyd vir leeswerk word toegestaan.3. Die toesighouer sal aandui wanneer jy mag begin skryf.4. Gebruik slegs ‘n blou of swart pen om mee te skryf.5. Doen alle sketse en tekeninge met potlood en byskrifte met ‘n pen.6. Voorsien u antwoordstel van die opskrif: TEGNOLOGIE en die datum.7. Skryf netjies en leesbaar.8. Skryf jou naam, klas en voorletters van jou opvoeder op elke antwoordblad.9. Nommer die vrae net soos op die antwoordstel.10. Bring ‘n kantlyn op die regterkant van elke bladsy aan.11. Begin elke nuwe afdeling op ‘n nuwe bladsy.12. Laat ‘n reël oop tussen die vrae.13. Lees die instruksies vir ELKE vraag deeglik.14. Raadpleeg die matriks en punte toegeken om jou te rig as jy die vrae beantwoord.15. Maak seker al die bladsye van die antwoordstel is gekram of met ‘n skuifspeld geheg en

ingehandig.

SPESIFIEKE DOELWITTEo SPESIFIEKE DOELWIT 1: TEGNOLOGIESE PROSESSE EN VAARDIGHEDE (50%)o SPESIFIEKE DOELWIT 2: TEGNOLOGIESE KENNIS EN BEGRIP (30%)o SPESIFIEKE DOELWIT 3: TEGNOLOGIE, DIE SAMELEWING EN DIE OMGEWING (20%)

AFDELING A SPESIFIEKE DOELWIT: 2 30 PunteAFDELING B SPESIFIEKE DOELWIT: 1 50 PunteAFDELING C SPESIFIEKE DOELWIT: 3 20 Punte

AFDELING A /30/

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 2

Page 3: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

VRAAG 11. Veelvuldige keuse vrae:

Lees elke vraag en skryf dan die letter A, B, C of D neer wat die mees korrekte antwoord op die vrae verskaf.

1.1 Die term wat gebruik word om ‘n materiaal te beskryf wat elektrisiteit gelei is ….

A) geleierB) kortsluitingC) weerstandD) parallel stroombaan

(1)

1.2 ‘n Balk wat op een end ondersteun is word ‘n …genoem

A) I balkB) vakwerkC) kap

D) vrydraerbalk

(1)

1.3 Termiese kragstasies word aangedryf deur …

A) steenkoolB) gasC) kernkragD) enige van die drie

(1)

1.4 Twee skakelaars wat in parallel verbind is werk soos ‘n …

A) EN hekB) OF hekC) NAND hekD) NOR hek

.

(1)

1.5 Selle wat in serie gekoppel is in ‘n stroombaan en waar die weerstand in die stroombaan dieselfde bly, verskaf ‘n toename in …

A) weerstandB) stroomvloeiC) stroomvloei en spanningD) nie een van bogenoemde

.

(1)

[5]VRAAG 22. Lees die onderstaande stellings en dui aan watter waar en watter onwaar is.

Skryf die letter “W” vir waar en “O” vir onwaar langs die nommer van elke vraag neer. Korrigeer die foutiewe stellings om dit waar te maak.

2.1 Die gebruik van interne kruisverspanning en driehoekversterking in raamstrukture verskaf stewigheid .

2.2 ‘n Spantou kan trek sowel as drukkragte weerstaan.2.3 ‘n Enkel derdeklas hefboom gee nooit meganiese voordeel nie.2.4 Wanneer ‘n krag op ‘n balk inwerk sodat dit afwaarts buig, is die bokant van die balk

aan trekkrag onderworpe.

[6]

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 3

Page 4: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

VRAAG 3

3. Skryf die letter in kolom B neer wat sal pas by 3.1 tot 3.5 in kolom A.(Nie alle antwoorde in kolom B pas nie, en die antwoorde in kolom B word net een keer gebruik.)

KOLOM A – woord of term KOLOM B - Beskrywing3.1 frakture A tipe sjokolade3.2 stelseldiagram B metaalprofiele3.3 T-balk C fotovoltaïese selle3.4 sonselle D skakelaar3.5 beheertoestel E motor

F weens gebrek aan sterkteG inset – proses - uitsetH gesinkroniseerd

[5]

VRAAG 4

4. Vul die ontbrekende woord/e in.Maak gebruik van die woorde in hakies om die onderstaande stellings te voltooi

(ontwikkeling, meester sillinder, keëlrat, meer, slaafsilinder, minder, tussenrat )

Skryf die korrekte woord/e langs die nommer van die vraag neer.(Woorde mag net een keer gebruik word en nie alle woorde is van toepassing nie)

4.1 Die uitsetsilinder in ‘n pneumatiese stelsel word die ___genoem (1)

4.2 Hoe langer die lasarm hoe ___ die meganiese voordeel. (1)

4.3 ‘n ___is ‘n tipe tekening wat aangewend word om die buitelyne te toon van ‘n houer wat uit een vel materiaal vervaardig word.

(1)

4.4 ___word gebruik om die as van rotasie deur 90 grade oor te dra. (1)

[4]VRAAG 5

5. Bestudeer die prente of illustrasies om die vrae te beantwoord.

5.1 Noem die eenvoudige meganisme waarop die ontwerp van die lem van die mes gebaseer is.

(1)

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 4

Page 5: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

5.2 ‘n Illustrasie van n neutekraker word gegee.

5.2.1 Teken ‘n stelseldiagram om die posisie van die steunpunt, las en mag soos in die neutkraker toegepas word te illustreer.

5.2.2 Skryf die volgende simbool oor in woorde. MA > 1

(3)

(2)

5.3 Elektriese alarmstelsels word geïnstalleer om: mense wat in ‘n gebou woon of werk te waarsku, enige ongemagtigde toegang te verhoed, of kosbare besittings te beskerm.

Noem twee verskillende uitset toestelle wat jy in ‘n alarmstelsel sal gebruik. (2)

[8]

VRAAG 6

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 5

Page 6: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

6. Gevallestudie:Lees die gevallestudie om die onderstaande vrae te beantwoord.

Ratte word in die meeste masjiene in die konstruksie bedryf gebruik.‘n Fiets word deur ‘n ketting aangedryf, wat energie oordra van die pedale na die kleiner rat op die middel van die agterwiel. Die onderstaande diagram illustreer ‘nses spoed ratstelsel.

Die ketting kan aangedryf word deur die groot dryfratte A of B, en dit kan ook elk van die kleiner agterratte C, D of E aandryf.

Met die ratstelsel is die volgende ses verskillende spoedverhoudings moontlik:

A:C , A:D , A:E , B:C, B:D, en B:E

6.1

Watter van die SES ratios sal die beste wees om steil bulte uit te trap?

6.2

Watter ratio sal die beste wees om maksimum spoed op ‘n gelyke pad te verkry?

(1)

(1)

[2]

AFDELING B / 50 /

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 6

Page 7: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

VRAAG 1 ‘n Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak word met skarniere en skroewe aanmekaar gesit sodat die rak kan platvou .

Geelkoper skarnier

1.1 In watter konteks sal die borderak gebruik word? (1)

1.2 Skryf ‘n ontwerpopdrag wat sal aandui wie die produk gaan gebruik, waar dit gebruik gaan word, wat die produk sal moet doen en watter voordeel dit vir die gebruiker sal inhou. (4)

1.3 Maak ‘n lys van spesifikasie vir die borderak wat verband sal hou met die volgende ontwerpoorwegings: doel, veiligheid, konstruksie en materiale.

(4)

1.4 Identifiseer enige relevante data tot die ontwerp oplossing en beskryf die belangrikheid van die data vir die gebruiker.

(2)

1.5 ‘n Ontwerper is gevra on ‘n artistieke tekening van die borderak te maak. Hy het besluit om sy tekening te begin deur van die onderstaande konstruksielyne gebruik te maak.Watter tipe artistieke tekening is hy van plan om te gebruik? VP VP

(2)

1.6 GEBRUIK BYLAE ATeken ‘n isometriese aansig van die voorste raam van die borderak met die stutte en die groewe. Maak gebruik enige drie versterkingstegnieke om die tekening te versterk.

(8)

[21]VRAAG 22 Lees die instruksies oor hoe om die borderak te maak.

Stappe vir maak Gebruik die skarnier en die skroewe om die dele inmekaar te sit. Sny die gleuwe in die plank waar die borde gaan inpas. Meet en sny die dele op maat. Gebruik skuurpapier om die skerp rante rond te maak en die produk af te werk. Boor gate vir die skroewe wat gebruik gaan word om die dele aanmekaar te sit.

2.1 Teken ‘n vloeidiagram wat die logiese volgorde van die maak van die borderak sal weergee. (5)

2.2 Maak ‘n lys van die materiale wat benodig word vir die produk, en beskryf die fisiese eienskappe van die materiale wat hulle geskik maak vir gebruik in die produk.

(2)

2.3 Noem twee gereedskapstukke wat gebruik sal word in die maakproses en lig een veilige werkpraktyk uit.

(2)

[9]

VRAAG 3

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 7

Page 8: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

3 ‘n Leerder het twee ontwerpe vir ‘n blikpers aangebied.Bestudeer die voorstellings en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Hefboomstelsel ‘n kruk en hefboom stetsel

3.1 Noem drie kriteria wat jy sal gebruik om die twee produkte te evalueer. (3)3.2 Beskryf die prosedure wat u sal volg om die twee produkte te evalueer. (1)

[4]

VRAAG 44 ‘n Isometriese tekening van ‘n produk word gegee. Die werklike afmetings van die

produk word in die tekening in millimeter aangedui.

180 90

180 270 vooraansig

Maak gebruik van die korrekte Suid-Afrikaanse Tekenkonvensies om:4.1 ‘n Vooraansig, Syaansig en Bo-aansig in eerste hoekse ortografiese projeksie te

teken.Die tekening moet op skaal 1:3 gedoen word [een blokkie op die ortografiese geruitepapier verteenwoordig 10 mm].

Die posisie van die vooraansig word met die pyl aangedui.

Gebruik Bylae B

(12)

4.2 Maak gebruik van die korrekte afmetings om vier van die belangrikste afmetings op die tekening aan te dui.

(4)

[16]

AFDELING C / 20 /

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 8

Page 9: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

VRAAG 1Impak van Tegnologie:

Lees die onderstaande Gevallestudie en antwoord die vrae wat daarop volg.

Verpakking is ‘n groot bron van besoedeling. So veel as 80% van alle huishoudelike afval bestaan uit verpakkingsmateriaal in die vorm van papier, karton, plastiek, blikke en glas. Verpakking speel ‘n belangrike rol in die beskerming van voedsel. Dit maak dit ook moontlik om verskillende soorte voedsel ten toon te stel. Die groot nadeel daarvan is dat verpakking weggegooi word en afval word.

“ The Green Company” het met die blink idee na vore gekom om herwinde materiaal vir sy verpakking te gebruik. Materiaal wat

normaalweg weggegooi sou word kan nou vir nuwe produkte gebruik word.

1.1 Skryf ’n kort paragraaf met verwysing na die impak wat in die gevallestudie opgebring word en stel moontlike kort- of langtermyn negatiewe invloede voor wat dit op die omgewing en betrokke mense mag hê.

MATRIKS VIR ASSESSERINGBESKRYWERS PUNTE

o Toepaslike en relevante inligting is verskafo Impak soos in die konteks van die gevallestudie word

volledig genoemo Toepaslike verduidelikings is verskafo Ondersteun deur eie menings

5

o Voldoende inligting oor kort- en langtermyn impak op die omgewing en betrokke mense soos in die gevallestudie beskryf.

o Inligting hou verband met tegnologiese impak in konteks van gevallestudie

o Voorbeelde is gegee

3-4

o Onvoldoende inligtingo Reaksie hou nie ten volle verband met die gevallestudie nieo Geen duidelike voorbeelde

2

o Poging aangewend maar nie binne die konteks van die gevallestudie nie

o Voorbeelde is nie toepaslik nie

1

[5]

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 9

Page 10: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

VRAAG 2

Inheemse Tegnologie en Kultuur

Bestudeer die illustrasies en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Soos die mense van Afrika se dieet begin verander het van vars vleis en karringmelk na mieliemeel, is meer natuurlike grasvelde in beslag geneem deur bewerkte landerye. Mense het toe begin om tegnologie te ontwikkel wat hulle kon help om groter hoeveelhede mielies tot mieliemeel te kan maal.Illustrasie A en B toon voorbeeld van verskillende metodes waarop mielies deur tradisionele mense in Afrika gemaal is.

Metode A Metode B

2.1 Verduidelik hoe elke metode werk en hoe elk gepas was vir sy bepaalde konteks en doel.

(6)

2.2 Verskaf redes vir die keuse van die materiale vir elkeen van die twee voorbeelde. (5)2.3 Verduidelik in jou eie woorde hoe die veranderende behoeftes van die mense

verandering in tegnologie te weeg gebring het.(2)

2.4 Watter een van die twee stelsels het die grootste impak op die omgewing.Verskaf ‘n rede vir jou antwoord.

(2)

[15]

TOTALE PUNT /100/Die einde

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 10

Page 11: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

BYLAE A NAAM: ___________________ KLAS _____

Afdeling B Vraag 1.6

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 11

Page 12: SCHOOL NAME - wcedcurriculum.westerncape.gov.za  · Web viewn Illustrasie van ‘n hout borderak wat tien groot en tien klein bordjies kan hou word gegee. Die twee dele van die borderak

BYLAE B NAAM: ___________________ Klas_____ GRAAD 8 Afdeling : B Vraag : 4.1 en 4.2

TEGNOLOGIE: GRAAD 8 EKSAMEN KWARTAAL 4 Bladsy 12