robbertze-dag 1 maart 2014

9
Die Robbertzes “Bloed kruip waar dit nie kan loop nie” Robbertze – Dag: 1 Maart 2014

Upload: johann-robbertze

Post on 23-Jun-2015

444 views

Category:

Lifestyle


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Die Robbertzes

“Bloed kruip waar dit nie kan loop nie”

Robbertze – Dag: 1 Maart 2014

Page 2: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Om die Robbertze stamboom te kan verstaan is nie elke dag ‘n maklike taak nie. Ons weet dat ons afstam van Peter Robbertsz en dat die eerste geslagte nie mooi kon skryf nie, want Robbertsz word toe sommer Robbertze en of Robbertse.

Die volgende geslagte was nie so eenvoudig nie, bloot omdat daar so baie van hulle was. Om die lyn deur te trek na die hier en nou, vat ‘n effense kopkrap. Maar een ding weet ons verseker. Ons IS almal familie en dit kan ‘n mens ‘hoor’, nog voordat mens kan ‘sien’. Dit was ons belewenes tydens die ongelooflike interessante familiedag op 1 Maart. Mens kon sommer gou sien wie kom van waar. Sommiges drink baie koffie, en ander…… iets anders.

Met baie oor en weer gepraat om familie te kan uitlê, kan ons nie anders as om hoed af te haal vir die nageslag van Albert Marais Robbertze nie, want hulle hou hierdie gereelde familiedae wat so kosbaar is.

“Ons kan nie weet waarheen ons op pad is as ons nie kan waardeer waar ons vandaan kom nie”.

Page 3: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Baie eenvoudig, kan ons ooreenkom dat ons almal afstammelinge is van:

Johannes Hendrik Francois Robbertze (1872 – 1950) en

Petronella Susanna Hattingh (1875 – 1933)

Uit hierdie huwelik is daar 13 kinders gebore waarvan die jongste 4 vir ons meer bekend is. Iemand wat almal egter kan onthou is Tannie Tes. Biae indrukwekkend, maar in enige Robbertze geselskap kan jy haar naam noem en daar is iemand wat een of ander staaltjie kan vertel. Tannie Tes (Hester Maria 1908 – 1992) was die middelste kind van die 13.

Van die jongste 4 is die jongste , die ongelooflike Tannie Nel. Nog met ons en op 96 is sy woonagtig in Standerton.

Die oupa van ons gasheer verlede Saterdag was Albert Marais Robbertze (1912 – 2004) en dan was sy broer Christiaan Johannes Robbertze 1914 – 1984 – (ons kinders se oupa). Dan was daar Martha Maria 1915 – 1963, die tweede jongste.

Page 4: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Nou kom ons by die geslag waar ons gesigte by die name kan sit te danke aan die baie lekker familiedag terwyl die reën gesorg het dat ons almal baie naby aan mekaar moes verkeer. Martiens en Marthie is die kinders van Albert en dan dink ons ook aan Jan wat reeds oorlede is. Dit is dan die kinders en kleinkinders van hierdie geslag wat almal gereeld die familiedae bywwoon.

Page 5: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Uit die huwelik van Christiaan Johannes Robbertze (Oom Chris) en Maria Hendrieka (Tannie Mata) du Toit is 3 seuns gebore, Johann getroud met Maude, Dirk (oorlede) en Chris, getroud met Ingrid.

Page 6: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Baie dankie aan ons gasheer en gasvrou vir ‘n baie lekker aand. Vir Albert kon jy hoor lank voordat jy hom nog kon sien, maar sy vrou kon jy sien bakke en borde rond dra lank voordat jy haar kon hoor. Albert se vleis was onoortreflik om nie van die “pap” te praat nie. Vriend Tiepie moes help, maar volgens Albert is hy net goed met “Invoice skryf” en nie iets anders nie.

Die grootste dankie aan Anina, dit is waar dit alles begin het en by wie almal net ingeval het.

Baie dankie aan al die dames vir die smulhappies, bykosse en wie weet wat nog.

Page 7: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Sommiges is trots om Robbertzes te wees, maar

vir ander is dit meer belangrik om aangetroude Robbertzes te wees…

Page 8: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Ongelukkig het ons kameraman so nou en dan verdwyn en het ons nie regtig genoeg fotos om ‘n ware weergawe van ons ervaring van die aand te kan gee nie.

Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het en ons sien sommer baie uit na nog vele genotvolle tye saam met ons ‘nuwe familie’.

Page 9: Robbertze-Dag   1 Maart 2014

Net ‘n naskrif. Ons familie…

Tiaan en sy dogtertjie Ané

Mareli en Corne met kroos Emma en Bea

Die jongste twee, Johann en Maudi