reik uit deur die internet, uitsendings en...
TRANSCRIPT
Reik uitdeur die internet, uitsendings en drukmedia
PRES
TASI
EOOR
SIG
Prestasieoorsig
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201142
OORSIG VAN GROEPRESULTATEDie groep het die afgelope jaar stewig presteer.
Gekonsolideerde omset het met 18% gestyg en
kernwesensverdienste was 13% hoër. Hierdie
resultate is deur ’n gediversifiseerde portefeulje
en ’n sterk balansstaat ondersteun.
Stewige groei is behaal in die internet- en
betaaltelevisie-ondernemings. Die internetbedryf
het sy uitbreiding wêreldwyd voortgesit, en
die meeste van ons internetondernemings het
hierby baat gevind. Die veerkragtigheid van
ons betaaltelevisie-ondernemings in ’n al hoe
meer mededingende omgewing onderstreep
die voordeel van gehalte-inhoud, hoewel
stygende koste marges onder druk plaas.
Ons drukmedia-ondernemings het gedeeltelik
herstel wat advertensie-inkomste betref, terwyl
die tegnologie-onderneming in staat was om
marges te verbeter.
KORPORATIEWE BEDRYWIGHEDEDie groep het ’n sewe-jaareffek van
VS$700m met ’n koeponkoers van 6,375%
uitgereik. Die opbrengs is gebruik om ’n
buitelandse wentelkredietfasiliteit (WKF)
gedeeltelik af te betaal.
In Maart het die groep sy WKF herfinansier.
Dit is tot VS$2mjd verhoog en die termyn is
tot 2016 verleng. Die fasiliteit dra rente teen
die VS LIBOR plus 1,75% voor verbintenis- en
benuttingsgelde.
OMSETGekonsolideerde omset het met 18% tot
R33mjd toegeneem. Gekonsolideerde internet-
omset (geassosieerde maatskappye uitgesluit)
was 36% hoër, terwyl groei in die intekenaarbasis
betaaltelevisie-omset met 19% laat styg het.
HANDELSWINSGekonsolideerde handelswins, wat
finansieringskoste op transpondeerderbruikhuur-
kontrakte insluit, maar amortisasie van ontasbare
bates (behalwe sagteware) en ander wins/verliese
uitsluit, het met 7% tot R5,8mjd gestyg. Dié laer
marges was hoofsaaklik toe te skryf aan die hoër
koste in die betaaltelevisie-onderneming.
NETTO RENTEKOSTE Netto rentekoste op kontant en lenings het van
R286m verlede jaar tot R575m gestyg, omdat
beleggings met skuld befonds is.
EKWITEITSVERANTWOORDE RESULTATEOns kernverdienste uit ekwiteitsverantwoorde
geassosieerde maatskappye het tot R3,6mjd
gestyg, grotendeels danksy sterk prestasie deur
Tencent en Mail.ru Group.
Finansiële oorsigHierdie oorsig skets die hoogtepunte van die groep se finansiële prestasie gedurende
die afgelope jaar. Volledige besonderhede verskyn in die finansiële jaarstate.
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 43
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
0
1 000
2 000
3 000
4 000
5 000
6 000
7 000
2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011
R’m
VERWATERINGSWINSDie verwateringswins van R1,5mjd wat
gerapporteer word, is bloot teoreties. Dit het
hoofsaaklik ontstaan uit ons bydrae van die groep
se belang in Mail.ru tot die pas genoteerde entiteit.
KERNWESENSVERDIENSTEKernwesensverdienste vir die jaar het met
13% tot R6mjd gestyg. ’n Berekening van
wesensverdienste en kernwesensverdienste
word in die opgesomde finansiële jaarstate
op bladsy 141 toegelig. Soos gereeld aan
aandeelhouers gemeld word, is die direksie van
mening dat kernwesensverdienste ’n toepaslike
maatstaf van die groep se volhoubare
bedryfsprestasie is, aangesien dit eenmalige en
nie-bedryfsitems uitsluit.
KONTANTVLOEI EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIEHierdie verdiensteprestasie het positiewe
vrye kontantvloei van R4mjd gelewer. Ons
befondsingstruktuur bly gesond, met totale
gekonsolideerde netto skuld van R3,9mjd,
wat satellietbruikhuurkontrakte uitsluit. Dit
verteenwoordig ’n netto skuld:ekwiteit-
verhouding van 10%.
Kernwesensverdienste Jaarlikse saamgestelde groeikoers: 41%
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201144
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Finansiële oorsig (vervolg)
BEDUIDENDE VERKRYGINGSBesonderhede van beduidende verkrygings
verskyn in die opgesomde fi nansiële jaarstate
op bladsy 144.
OPGESOMDE EN FINANSIËLE JAARSTATEDie opgesomde fi nansiële jaarstate verskyn op
bladsy 130 van hierdie geïntegreerde jaarverslag.
Die volledige fi nansiële jaarstate vir die jaar tot
31 Maart 2011 is in hierdie verslag ingesluit en
is ook op ons webwerf by www.naspers.com
beskikbaar.
+27% saamgestelde
groeiper jaar
(Saamgestelde
groei oor 10 jaar:
27% per jaar)
Voorgestelde dividend per N-aandeel: 270 sent per aandeel
270
235
180
120
207
156
70
383025
2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 20112002
45
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
BedryfsoorsigNaspers is ’n toonaangewende mediagroep in ontluikende
markte, met gediversifi seerde internet-, betaaltelevisie- en
drukmediabates in markte met sterk groeipotensiaal.
Internet – internetplatforms in Middel- en Oos-Europa, China,
Rusland, Latyns-Amerika, Afrika, Indië en suidoos-Asië. Dienste
sluit e-handel, gemeenskappe, kommunikasie, sosiale netwerke,
vermaak en mobiele waardetoevoegingsdienste in.
Betaaltelevisie – betaaltelevisie-intekenaarplatforms in Suid-
Afrika en Afrika suid van die Sahara buite Suid-Afrika. Naspers
ontwikkel ook onderliggende inhoudbeskermings- en
toegangsbestuurtegnologieë vir internet-,
betaaltelevisie- en mobiele platforms.
Drukmedia – tydskrifte,
koerante, drukwerk, verspreiders
en boekuitgewerye in Suid-Afrika
en Afrika suid van die Sahara
buite Suid-Afrika, asook beleggings in die
drukmedia in Brasilië en China.
Slimplatforms
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 45
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201146
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Internet
InternetOmset*
0
3 000
6 000
9 000
12 000
15 000
20112010
EBITDA*
0
500
1 000
1 500
2 000
2 500
3 000
3 500
4 000
20112010
Handelswins*
0
500
1 000
1500
2 000
2 500
3 000
3 500
20112010*Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit
R’m R’m R’m
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 47
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Sektorfokus
EUROPA
Die vernaamste bronne van omset is e-handel,
geklassifi seerde en ander advertensies,
betaaldienste, vergelykende inkopies,
tariefgebaseerde waardetoevoegingsdienste
en speletjies. Geografi es dek die Europese
portefeulje 23 lande deur drie hoofondernemings:
die Mail.ru-groep in Rusland, die Allegro-groep in
Pole en die Ricardo-groep in Switserland.
E-handel
Speletjies
Kitsbood-skappeE-pos
Portaal
Betaal-platforms
Sosialenetwerke
Gemeenskap
Waarde-toevoegings-
dienste(MVAS)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201148
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Internet (vervolg)
Allegro voorsien hoofsaaklik
e-handelsplatforms vir vasteprys-transaksies
(meer as 85% van alle transaksies) asook
veilings, geklassifi seerde advertensies (motors,
betrekkings en eiendom), prysvergelykingsdienste
en betaalstelsels in 17 gebiede. Allegro lewer
steeds sterk groei – transaksies het met 25%
gegroei, bruto handelswaarde met 16% en
omset met 20% tot PLN667m (R1,6mjd). Hoewel
Pole nog die kernmark vir hierdie groep is, begin
internasionale bedrywighede nou ’n bydrae lewer.
Mail.ru is onlangs getransformeer deur die
samesmelting met Digital Sky Technologies
(“DST”) en sy notering op die Londense
aandelebeurs. Ná notering besit Naspers
29% van Mail.ru Group. Volledige besonderhede
oor Mail.ru Group se prestasie is by
www.corp.mail.ru beskikbaar.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 49
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Mail.ru Group bestuur toonaangewende
sosiale netwerk- en sosiale vermaakplatforms. Dit
huisves ook vooraanstaande kioskbetaaldienste
en dienste vir geklassifi seerde advertensies van
betrekkings, met klein belange in nie-Russiese
bates soos Facebook, Zynga en Groupon.
Mail.ru Group het sterk gegroei – omset het
met 86% tot VS$275m gestyg.
Gadu-Gadu is die grootste kitsboodskap-
gemeenskap in Pole. Waar groei agtergebly
het, het die groep gedurende die jaar ’n
waardedaling van R492m ten opsigte
van klandisiewaarde en ontasbare bates
ondervind.
Ricardo het goed gevaar gedurende
die jaar, met omsetgroei van 30% en
die uitbreiding van sowel sy dienste as
geografi ese voetspoor. In November 2010
het Ricardo 70% van die toonaangewende
Deense onderneming Trendsales.dk verkry,
wat in geklassifi seerde mode-advertensies
spesialiseer. Ná die jaareinde het Ricardo
70% van die toonaangewende Italiaanse
inkopievergelykingsmaatskappy 7Pixel
verkry, wat die groep se posisie in hierdie
e-handelsegment versterk.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201150
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
MIH se belange in Indië en die res van
suidoos-Asië groei steeds organies, asook deur
verkrygings.
In Indië het die ibibo-vennootskap met
Tencent hierdie onderneming in staat gestel om
sy kennis van platforms en sosiale speletjies uit
te brei. ibibo is die eerste maatskappy in Indië
wat ’n sakemodel geskep het wat toegespits is
op virtuele goedere en handel, wat inkopies, reis,
’n advertensienetwerk en ’n betaalplatform dek.
Sanook! bly die toonaangewende plaaslike
portaal in Thailand, ondanks moeilike toestande
in die land. Soos in Indië, het MIH ’n gesamentlike
onderneming met Tencent aangegaan om die
sosiale speletjies- en kommunikasieplatform te
ontwikkel.
In die Filippyne het Sulit sy status as ’n top
plaaslike webwerf gehandhaaf en geklassifi seerde
advertensies vir motors geloods. Lelong is
’n markleier in aanlynveilings en het uitgebrei met
’n aanlynwinkelsentrum, SuperBuy.
MIH het sy belang in suidoos-Asië uitgebrei deur
76% van Multiply te verkry – ’n maatskappy wat
tans van sosiale media na e-handel beweeg.
Bedryfsoorsig Internet (vervolg)
Sektorfokus
SUIDOOS-ASIË
E-handel Speletjies
Kitsbood-skappeE-pos
Portaal
Betaal-platforms
Waarde-toevoegings
dienste(MVAS)
Sosialenetwerke
Gemeenskap
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 51
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
T encent se uitstekende prestasie is te danke
aan die uitnemende bestuurspan en werknemers
van Tencent, onder leiding van Ma Huateng.
Tencent (waarvan 34% via MIH besit word)
het in ’n al hoe meer mededingende mark
goeie fi nansiële en bedryfsresultate vir die
jaar aangeteken. Die vinnige groei van die
internetbedryf in China het Tencent in staat
gestel om sy kernplatforms uit te brei, deur sy
volgehoue fokus op gebruikers se ervaring.
Die totale getal internetgebruikers in China
het tot einde 2010 met 19% gegroei, terwyl
Sektorfokus
CHINA
internetpenetrasie tot 34% toegeneem het en vir
die eerste keer die wêreldwye gemiddelde oortref
het. Hoewel China se internetgebruikerbasis
stadiger groei namate sy omvang uitbrei, het die
internet deel van mense se daaglikse lewens
geword. Mededinging om gebruikers neem
steeds toe, terwyl internetmaatskappye uitbrei en
hul diensreeks diversifi seer.
Kernbedryfs-platforms het weer eens goeie
groei getoon met Tencent se bekendstelling
van nuwe aanlynspeletjies om sy portefeulje te
diversifi seer en sy gebruikerbasis te verbreed.
E-handelSoekenjin
Speletjies
Portaal
Betaal-platforms
Gemeenskap
Kitsbood-skappeE-pos
Sosialenetwerke
Waarde-toevoegings-
dienste(MVAS)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201152
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Internet (vervolg)
Die QQ-kitsboodskapplatform het in Maart 2011 ’n
nuwe mylpaal bereik met 137 miljoen gelyktydige
spitstydgebruikers wat aangeteken is.
Die aanlynspeletjies-onderneming het in
2010 beter groei as die bedryfs gemiddelde
aangeteken en sy posisie as ’n toonaangewende
speletjies-onderneming wêreldwyd gevestig.
Massiewe multispeler-aanlynspeletjies en
gevorderde informele speletjies was belangrike
dryfvere. QQ Games het gesonde groei
getoon en ’n platform vir ander Tencent-
aanlynspeletjies verskaf. Gemeenskapsgerigte
internetwaardetoevoegingsdienste het ook
sterk gegroei.
Tencent belê steeds meer in navorsings- en
ontwikkelingsvermoëns, tegniese infrastruktuur
en personeelontwikkeling. Om die inhoud wat
aangebied word vir gebruikers te verryk, het
Tencent ook ’n oopplatform-strategie aanvaar
wat derde partye toelaat om toepassings vir sy
platform te ontwikkel. Tencent-platforms speel
reeds ’n onontbeerlike rol om ’n samewerkende
internetbedryf in China op te bou. Tencent gaan
ook voort om meer in netwerk- en platform sekuriteit
te belê. Dit is verskerp na ’n sekuriteitbedreiging in
die vierde kwartaal van 2010, wat ontwrigting vir
gebruikers veroorsaak het.
Tencent het gedurende die jaar strategiese
beleggings in ’n paar internasionale markte
aangegaan, waaronder Rusland, Indië, suidoos-
Asië en die VSA. Dit sluit ’n belang van 7,6% in
Mail.ru Group in, en ’n meerderheidsbelang in
Riot Games, ’n ontwikkelaar en uitgewer van
aanlynspeletjies wat in die VSA gesetel is.
Totale omset vir die jaar tot 31 Desember
2010 het RMB19,6mjd (VS$2,9mjd) beloop,
58% hoër as die vorige jaar. Wins toeskryfbaar
aan ekwiteitshouers was RMB8mjd (VS$1,2mjd),
56% hoër op ’n jaar-tot-jaar-grondslag. Tencent
is op die Hongkongse aandelebeurs genoteer.
Breedvoerige besonderhede is op hulle webwerf,
www.tencent.com beskikbaar.
137 miljoen gelyktydige spitstydgebruikers
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 53
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
E-handel
Betaal-platforms
Sosialenetwerke
Speletjies
Kitsbood-skappeE-pos
Portaal
Waarde-toevoegings-
dienste(MVAS)
Gemeenskap
kalahari.net is die leier in Suid-Afrikaanse
e-handel met ’n geraamde 20%-markaandeel
van besigheid-na-gebruiker e-handel (reis
uitgesluit). Hierdie elektroniese en algemene
handelsonderneming verkoop boeke, CD’s,
DVD’s, speletjies en verbruikerselektronika.
kalahari.net fokus steeds op omsetgroei,
deur reeksuitbreidings (meer elektroniese
handelsmerke en genres), digitale inhoud
(e-boeke en e-musiek) en die afskaling van
nie-presterende vertakkings.
Sektorfokus
MIDDE-OOSTE EN AFRIKA
kalahari.net het gedurende die jaar vir nog ’n
allereerste in Afrika gesorg met die bekendstelling
van MarketPlace. Hierdie platform stel derde-
party-verkopers in staat om naas kalahari.net in
’n veilige en betroubare omgewing hul nuwe en
tweedehandse produkte aan te bied.
Vanjaar is kalahariAds.net ook bekend gestel,
’n webwerf vir aanlyn-geklassifi seerde
advertensies.
MXIT
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201154
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Internet (vervolg)
MIH het gedurende die jaar 25% van Dubizzle verkry, die toonaangewende verskaffer van aanlyn- geklassifi seerde advertensies in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE). Dubizzle ontplooi sulke dienste in nuwe gebiede.
MIH Internet Africa besit 51% van Korbitec, wat dienste aan regs-, eiendoms- en bankbelang hebbendes asook ander spelers in die eiendomswaardeketting lewer. Property24.com, Suid-Afrika se voorste eiendomsportaal, is die afgelope jaar met Korbitec geïntegreer om ’n verbruikersgerigte eiendom-e-handelsentrum te skep.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 55
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
E-handel
Speletjies
Kitsbood-skappeE-pos
Betaal-platforms
Waarde-toevoegings
dienste(MVAS)
Sosialenetwerke Gemeenskap
BuscaPé, ons e-handelsonderneming in
Latyns-Amerika, het sy groei voortgesit. BuscaPé
bied vergelykende inkopiedienste (BuscaPé
en BondFaro), ’n platform vir geklassifi seerde
advertensies (QueBarato), betaalplatforms
(Pagamento Digital en PagosOnline) en verwante
dienste.
Movile, ons waardetoevoegingsverskaffer van
mobiele dienste, het hom as een van die voorste
spelers op hierdie gebied in Latyns-Amerika
gevestig. Betalings via selfone vir digitale goedere
word ook nou aangebied.
In Augustus 2010 het MIH ’n meerderheids-
belang in OLX, ’n vooraanstaande platform
vir geklassifi seerde advertensies, verkry.
Hierdie marksegment is dinamies en baie
mededingend.
In Desember 2010 het MIH Level Up!
Holdings verkry. Dit is die toonaangewende
massiewe multispeler-aanlynoperateur in Brasilië,
met ’n kleiner belang in Level Up! Philippines.
Hierdie onderneming ontwikkel nie speletjies nie,
maar versprei, bemark en bedryf speletjies van
verskillende ontwikkelaars.
Sektorfokus
LATYNS-AMERIKA
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201156
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
BetaaltelevisieBedryfsoorsig (vervolg)
SUID-AFRIKADie MultiChoice DStv-intekenaarbasis het met
637 000 gegroei om die totale getal intekenare
vir die jaar op 3,5 miljoen te staan te bring. Dit
sluit die intreevlak-boeket Easyview in, wat ’n
lae subskripsiegeld het. Die Compact-boeket,
wat op die ontluikende mark gerig is, het
gedurende die jaar stewig gegroei, met 376 000
intekenare, en bereik nou meer as 1 miljoen
huishoudings.
Groei is oor die algemeen ondersteun
deur uitstekende verkope tydens die
2010-Fifa-wêreldbekertoernooi en spesiale
aanbiedings op dekodeerders. Die loodsing
van ’n nuwe operateur het belangstelling in
betaaltelevisie gestimuleer. ’n Intreevlak-boeket,
DStv Lite, is goed ontvang terwyl die DStv
Premium- en Select-boekette verder gegroei het.
Omset
0
5 000
10 000
15 000
20 000
25 000
Handelswins
0
1000
2 000
3 000
4 000
5 000
6 000
R’m R’m
20112010 20112010
EBITDA
0
1 000
2 000
3 000
4 000
5 000
6 000
7 000
R’m
20112010
Voeg by vriende!
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 57
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Sewes of Super-rugby?
Verkope van die gewilde persoonlike video-
opnemer (PVO) het met 117 000 tot 480 000
gegroei, ondersteun deur die bekendstelling van ’n
goedkoper weergawe van die hoëdefi nisie-PVO.
Verskeie nuwe kanale verbeter die kyker se
ervaring en wissel van vermaak en fl ieks tot
dokumentêre programme en sport – insluitend
Food Network, SONY MAX, KidsCo en Afro Music.
Die bekendstelling van Mzansi Magic was pret
(bladsy 60). Die kanaal stel plaaslik vervaardigde
Suid-Afrikaanse vermaak ten toon en sluit
fl ieks, komedie, spesiale musiekprogramme,
geselsprogramme, dokumentêre programme,
reekse en dramas in.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201158
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Betaaltelevisie (vervolg)
DStv se 15de verjaardag
’n Inhaaldiens, DStv
On Demand,
is op die
dekodeerder en aanlyn
bekendgestel. Die diens is beskikbaar vir
DStv Premium-intekenare met PVO’s en bied
20 uur van die mees gewilde televisiereekse en
sportjoernaalprogramme vir tot sewe dae ná
uitsending. Toegang tot die aanlyndiens kan
verkry word deur ’n persoonlike rekenaar, deur die
DStv-webwerf te besoek en verskaf prima inhoud
wat fl ieks, reekse, sport, kinderprogramme en
dokumentêre programme insluit.
Vir ’n beter begrip van kykergedrag op die
DStv-platform, is ’n kyker-evalueringshulpmiddel
DStv-i bekendgestel. Die verslagpaneel bestaan
uit sowat 4 000 DStv-huishoudings en word
deur sowel die advertensiebedryf as interne
belanghebbendes gebruik.
Die DStv Mobile-diens, wat digitale video-
uitsending vir handtoestelle (“DVB-H”) gebruik, is
in Desember 2010 geloods. Toegang
tot hierdie diens kan verkry word via
’n DVB-H-toegeruste selfoon of via
MultiChoice se nuwe mobiele televisie-
dekodeerder, die Drifta. Dit is ’n aparte
toestel wat die DStv mobiele uitsaaisein
ontvang en dit na toegeruste toestelle soos
skootrekenaars, tafelrekenaars,
tablette en slimfone herlei.
DStv Mobile is ’n langtermyn-
geleentheid wat beduidende
investering sal verg. Die tegnologie
en sakemodelle ontwikkel nog
Die hoëdefi nisie-reeks (HD-reeks) het ook
verder uitgebrei. Met die jongste toevoegings
(M-Net Movies 1 HD, Discovery HD, SuperSport
HD en ’n 24-uur HD Engelse Premierliga-kanaal)
is daar nou ses HD-kanale op DStv.
SuperSport se aanbieding van die
2010-Fifa-wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika
was omvattend. Benewens ’n toegewyde
24-uur HD-kanaal, is alle wedstryde in vier
tale (Engels, Portugees, Zoeloe en Sotho)
aangebied en voorafgegaan deur ’n intensiewe
uurlange aanloop voor elke wedstryd. Wedstryd-
ontledings deur internasionale en plaaslike
gaste, asook eksklusiewe inhoud van Fifa se
kameras agter die skerms, het tot die ervaring
bygedra. Daar was ook vier daaglikse regstreekse
joernaalprogramme, ’n toegewyde webwerf,
bewegende kameras by wedstrydstadions,
verslaggewers in Lagos en Nairobi, wat alles
vanuit ’n veelvlakkige, doelgemaakte HD-ateljee
uitgesaai is.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 59
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Beveel dit aan
wêreldwyd en hierdie belegging sal
eers oor ’n paar jaar opbrengste lewer.
Dit is egter vir die ontwikkeling van
Suid-Afrika se ingenieursvermoëns wat
inligting- en kommunikasietegnologie
betref, belangrik om deurentyd te
eksperimenteer en aan die voorpunt van
nuwe tegnologie te wees.
MWEB het ’n onbeperkte internetdiens,
die eerste in die Suid-Afrikaanse mark,
bekendgestel. Dit het tot meer bekostigbare
internettariewe in Suid-Afrika gelei.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201160
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
SuperSport het sy sokkerdekking in Angola,
Ghana, Nigerië, Kenia en Zambië voortgesit en
sy dekking uitgebrei om basketbal in Nigerië en
Angola in te sluit.
Die HD-kanaalreeks is uitgebrei met M-Net
Movies en SuperSport HD.
Vir die DStv Engelse mark is die nuwe kanale
eTV Africa, Food Network, Kingdom Africa
en SONY MAX bygevoeg. Ons Portugese
markte op DStv Bué Facil kan nou AXN HD
Biography, Fine Living, Historia, Jim Jam,
TV Brazil en Zone Reality geniet. Premium-
intekenare het addisionele waarde verkry met
die bekendstelling van DStv On Demand.
Mededinging neem vinnig toe, van sowel
nuwe marktoetreders as bestaande deelnemers.
Dit het die koste van inhoud, veral sportregte,
beduidend laat styg.
GEVALLESTUDIE – MZANSI MAGIC
Met die vinnige veranderings in die DStv-kykerbasis in Suid-Afrika,
het M-Net gewilde programme omskep. Mzansi Magic, wat in Julie
2010 geloods is, vertoon nou vermaaklikheids-, komedie- en plaaslike
programme. Mzansi voldoen aan die behoeftes van Compact- en
Premium-kykers, waaronder die snelgroeiende swart middelklas.
Mzansi Magic is aangepas na aanleiding van gesprekke met akteurs,
musikante en komediante in die bedryf. Die kanaal streef om die
ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigingsbedryf te
help stimuleer, veral ontluikende talent.
RES VAN AFRIKA In die res van Afrika het MultiChoice goeie
groei behaal, ondanks die loodsing van
addisionele mededingers in die meeste markte.
Die DStv-intekenaarbasis het met 340 000
uitgebrei tot 1,44 miljoen huishoudings teen die
jaareinde.
Ná die loodsing van ’n nuwe satelliet en met
die suksesvolle oorskakeling van intekenare kan
ons nou meer kanale uitsaai.
’n Nuwe boeket, DStv Compact PLUS, is
bekendgestel vir intekenare wat addisionele
sportkanale in die middelprysklas verlang. ’n
Goedkoper Portugese boeket, DStv Bué Facil,
is in Angola en Mosambiek geloods.
Ons fokus op plaaslike programinhoud in
Afrika het die bekendstelling van ’n Nigeriese
nuuskanaal NN24 ingesluit, en die uitbreiding
van die Keniaanse nuuskanaal, K24, na meer
lande.
Bedryfsoorsig Betaaltelevisie (vervolg)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 61
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
TegnologieOmset
0
300
600
900
1 200
1 500
EBITDA
0
50
100
150
200
Handelswins
0
30
60
90
120
150
R’m R’m R’m
20112010 20112010 20112010
produkte gebruik, wat beter marges tot gevolg
gehad het.
Hoogtepunte van die jaar sluit in:
18 miljoen beveiligde voorwaardelike-
toegang(CA)-eenhede is afgelewer,
17% hoër. Vanaf 2011 sal al hoe meer
voorwaardeliketoegang-eenhede wat versend
word Cloakware se CA-eenhede insluit –
Irdeto se sagtewareproduk wat gevorderde
Cloakware-tegnologie gebruik
fasiliteite en spanne in Asië is verder uitgebrei
71 nuwe ingenieurs is wêreldwyd aangestel, en
24 patente is toegestaan.
Irdeto het Cloakware-tegnologie vir die produkte
en dienste van groot internasionale handelsmerke
gebruik vir aanlyn-ekosisteme, soos Logitech,
Sony Internet TV, D-Link en Softbank Mobile. ’n
Nuwe sekuriteitsdiens, ActiveCloakTM, is geloods
om digitale bates dinamies oor hul lewensiklus te
bestuur. Dit sluit video, speletjies en e-publikasies in
wat aanlyn na verskeie toestelle versprei word.
Irdeto ontwikkel nuwe oplossings wat verskeie
produkte en dienste kombineer om betaalmedia-
operateurs se behoeftes aan te spreek. Hierdie
oplossings het veld gewen, terwyl operateurs
die kombinasie van uitsendings en breëband-
lewering benut het om hul diensreeks uit te
brei. Hierdie dienste is ontwerp om aanklank te
vind by aanlyngebruikers (via vaste of mobiele
toestelle) en met nuwe gekonnekteerde toestelle
soos iPads. Die konsolidasie van produkte en
dienste het ook besparings meegebring, soos ’n
enkele koppelvlak met klante wat verskeie Irdeto-
62
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
DrukmediaBedryfsoorsig (vervolg)
Omset*
0
2 000
4 000
6 000
8 000
10 000
12 000
EBITDA*
0
300
600
900
1 200
1 500
Handelswins*
0
200
400
600
800
1 000
*Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit *Geassosieerde maatskappye is op ’n proporsionele grondslag ingesluit
R’m R’m R’m
20112010 20112010 20112010
Teken in op Rapport
NASPERS GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011
SUID-AFRIKA Die Suid-Afrikaanse drukmediabelange word
deur Media24 bedryf. Omsetgroei
is aangeteken met advertensie-
inkomste wat matig verbeter
het. Handelswins en EBITDA het
egter gedaal, deels as gevolg
van die gebrekkige inwerkingstelling
van nuwe sagteware vir die bestuur van
ondernemings se hulpbronne (ERP-stelsel).
KoeranteMedia24 Koerante het die struktuur van
sy ondernemings verder verfyn. Kostebesparings
is danksy groter doeltreffendheid verkry, en daar
was ’n sterk fokus op die gehalte van inhoud.
Die afdeling se sentrale span ondersoekende
verslaggewers is uitgebrei en het gedurende
die jaar verskeie eksklusiewe suksesse behaal.
Koerantintekening is egter benadeel deur ernstige
probleme met bogenoemde ERP-stelsel.
Die Sondagkoerant City Press is herontwerp en
sy hoofredakteur het die Nasionale Persklub se
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 63
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
redakteur van die jaar-prys ingepalm.
Sake24, ons Afrikaanse breëblad
vir sake, het sy lesertal verhoog nadat
dit opnuut gefokus is.
Ons mediumtermyn-doelwit is
om die winsgewendheid van hierdie
afdeling deur kostebestuur en
mark ont wikkeling te herbou, met
’n verskerpte fokus op redaksionele
uitnemendheid.
24.com, die grootste
internetuitgewer in Suid-Afrika, is
herposisioneer in die Media24-
koerantafdeling, om te verseker
dat hierdie handelsmerke munt kan
slaan uit geleenthede in die snelgroeiende
mobiele- en tabletmarkte. 24.com se
maandelikse besoekers aan sy netwerk van
webwerwe het met sowat 40% gestyg.
TydskrifteDie tydskrifbedryf het wêreldwyd steeds
knellende omstandighede beleef. Ons
het digitale ondernemings begin ontwikkel
gegrond op ons tydskrifi nhoud.
Redaksiespanne het hul aansien in die
plaaslike bedryf verder verhoog. Benewens
verskeie nasionale pryse wat deur individuele
redakteurs en joernaliste ingepalm is, het
Media24 Tydskrifte die botoon gevoer by die
gesogte jaarlikse Pica-pryse (bladsy 91).
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201164
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Bedryfsoorsig Drukmedia (vervolg)
Paarl Media Die Paarl Media-groep het sy
werksaamhede meer vaartbelyn
gemaak, terwyl sy voetspoor uitgebrei
is met die insluiting van nog ’n fabriek
in KwaZulu-Natal. Tegniese- en
toerustingopgraderings het by al nege
fasiliteite plaasgevind. Voortspruitend
hieruit het Paarl Coldset die eerste
Afrika-lid van die gesogte Wan-IFRA
Quality Club geword.
’n Verspreidings-netwerk, Shopper’s
Friend, is in Gauteng op die been
gebring en bied aan kleinhandelaars
regstreekse toegang tot verbruikers.
Paarl Media het sy voetspoor in
Afrika aansienlik verbreed.
BoekuitgeweryeJonathan Ball Uitgewers is die voorste
verskaffer van algemene boeke aan die
Suid-Afrikaanse mark.
Die NB-groep het sy markaandeel
onder Suid-Afrikaanse
handelsuitgewers verhoog
en bly die toonaangewende
plaaslike handelsuitgewer. Ander
hoogtepunte was onder meer
35 literêre pryse wat NB Uitgewers
en sy skrywers gedurende die jaar
ingepalm het.
Die opvoedkundige uitgewers
was minder suksesvol, behalwe
Via Afrika Smile, wat by
groter vraag na aanvullende
opvoedkundige materiaal baat
gevind het. Ná die jaareinde
het Media24 ’n ooreenkoms
aangegaan om sy belang in sekere
opvoedkundige ondernemings in
die Via Afrika-groep te verkoop.
Die ooreenkoms is onderhewig aan
voorwaardes.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 65
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Kyk en leer
BRASILIË Die groep het ’n belang van 30% in Abril, die
voorste tydskrifuitgewer in Brasilië. Abril het ’n
markaandeel van 45% van tydskrifsirkulasie en
64% van die tydskrifadvertensiemark in Brasilië.
Gedurende die jaar is vier nuwe titels geloods. Die
drukmedia- en verspreidingsondernemings was
stabiel. Laat in 2010 het Abril ’n meerderheidsbelang
in die toonaangewende Brasiliaanse binnenshuise
vertoonskerm-onderneming, Elimidia, verkry.
CHINA
Die groep het ’n nie-beherende belang in Xin’an
Media Corporation, ’n koerantuitgewer in die
snelgroeiende sekondêre stad Anhui in die Hebei-
provinsie, asook in BMC, wat die toonaangewende
koerant Beijing Youth Daily in Beijing bedryf.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201166
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Ons moedig werknemers aan om areas waar
die groep miskien in sy sake-optrede en
waardes faal, via vertroulike kanale aan te meld.
Ons poog om aan plaaslike arbeidswette te
voldoen.
Nie-fi nansiële oorsig
Maatskaplike oorsigNaspers benader sy verantwoordelikheid teenoor die gemeenskappe
waarin hy werk, met erns. Ons bevorder die welsyn van die
gemeenskap, ons klante en ons werknemers, deur by te dra tot
inisiatiewe wat lewensgehalte in hierdie gemeenskappe verhoog.
HOE ONS DIT DOEN
Gemeenskap
Ons is in verskeie lande bedrywig, en waar
moontlik, probeer ons plaaslike burgers in
diens neem.
Ons dra by tot die gemeenskappe waarin ons
woon en werk. In sommige dra ons by tot
opvoedkundige programme.
Ons bedryf ons sake met integriteit en volg ’n
billike en etiese benadering. Ons etiese kode
bepaal ons kultuur.
In Suid-Afrika ondersteun ons voorheen-
benadeelde-ondernemings deur aktief sulke
verskaffers te identifi seer.
Ons mense
Ons belê in die voortgesette ontwikkeling van
ons mense.
Ons moedig ons werknemers aan om by te
dra tot volhoubaarheids- en
vernuwingsinisiatiewe.
Ons respekteer die regte van ons werknemers
en hul diversiteit.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 67
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
TransformasieTransformasie is ’n strategiese doelwit vir
Naspers, om te verseker dat ons aan plaaslike
wetgewing voldoen en dat ons werksmag die
plaaslike demografiese profiel weerspieël. Daar
is in die hele groep verskeie inisiatiewe om
toepaslike vaardighede en verantwoordelike
aankooppraktyke te ontwikkel.
Agt jaar gelede het Media24 ’n
transformasie forum gestig om elemente van
die Suid-Afrikaanse swart ekonomiese
bemagtigingstelkaart te monitor. Die forum sluit
senior bestuurders van elke sake-eenheid in.
Media24 het die afgelope paar jaar vordering
gemaak met sy transformasiedoelwitte, wat
teenoor ’n telkaart van die Departement van
Handel en Nywerheid se kode vir goeie praktyk
vir breedgebaseerde swart ekonomiese
bemagtiging (BGSEB) gemeet word. Volgens die
SEB-telkaart het Media24 sy vlak 4-status behou,
met ’n 125%-erkenningsvlak as ’n verskaffer wat
waarde toevoeg.
MultiChoice het sy status as ’n vlak 4-bydraer
behou en verder in diensbillikheid,
vaardigheidsontwikkeling en voorkeuraankope
belê. Ná sy suksesvolle bemagtigingstransaksie
in 2006, toe 120 000 nuwe aandeelhouers
verkry is, het die groep maksimum punte vir
aandeelhouding op die telkaart behaal.
MultiChoice vaar ook goed op die gebied van
diensbillikheid (75%) en voorkeuraankope (87%).
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201168
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB)
PHUTHUMA NATHIDeur ’n kombinasie van aandeelhouding in Naspers
en die Phuthuma Nathi-aandeleskemas besit swart
Suid-Afrikaanse individue en groepe 30% van
MultiChoice Suid-Afrika. Die Phuthuma Nathi 1-
en 2-aandeleskemas is onderskeidelik in 2006
en 2007 bekendgestel. Sedertdien het die
aandeleskemas dividende van meer as R1mjd
ontvang, wat gebruik is om skuld te verminder.
Namate die skuld verminder word, groei die waarde
van Phuthuma Nathi.
Volgens die skemareëls kan Phuthuma
Nathi-aandele na ’n vyfjaar-vasleggingstydperk
verhandel word. Die vasleggingstydperk vir
Phuthuma Nathi 1 eindig in Desember 2011, en
dié van Phuthuma Nathi 2 in Maart 2012.
By die bekendstelling van die skemas het
MultiChoice aangekondig dat hy hom sal beywer
om ’n handelsplatform vir Phuthuma Nathi-aandele
te skep nadat die vyfjaar-vasleggings tydperk
verstryk het. Ons is besig om so ’n platform te
ontwikkel.
WELKOM YIZANIIn 2006 het Media24 die grootste BGSEB-aandele-
aanbod in die drukmediabedryf, Welkom Yizani,
van stapel gestuur. Dit het daartoe gelei dat
kwalifiserende swart mense en groepe ongeveer
25% (direk en indirek) in Media24 Beherend besit.
In Desember 2009 het Naspers R330m van sy
befondsing in Welkom Yizani afgeskryf om die
uitwerking van die resessie op die waarde van
hierdie aandele te verminder en die skema is met
twee jaar tot Desember 2013 verleng. Hierdie
proaktiewe stap gee Welkom Yizani-aandeelhouers
’n beter geleentheid om uit hul oorspronklike
belegging wins te maak.
Swart ekonomiese bemagtigingsvennoteMedia24, MultiChoice en ander maatskappye
in die groep het hul koopkrag in Suid-Afrika in
’n gesentraliseerde bedingingsmaatskappy,
CommerceZone, saamgevoeg. Verskaffers se
SEB-prestasie word volgens spesifieke kriteria
beoordeel en van verskaffers word verwag om
hul jaarlikse SEB-gradering te verbeter.
Die MultiChoice-voorkeuraankoopprogram
ondersteun die ontwikkeling van klein, middelgroot
en mikro-ondernemings (KMMO’s). Hierbenewens
word hierdie KMMO’s geleenthede gebied om
groter projekte aan te pak, wat entrepreneurs in
staat stel om hul vaardighede en vermoëns te
ontwikkel. Die afgelope drie jaar het MultiChoice
se voorkeuraankoopbesteding verbeter – van 47%
in 2009 tot 87% in 2011 ten opsigte van
maatskappye wat aan SEB voldoen. Dit beteken
meer as R4mjd is by sulke maatskappye bestee.
Benewens sy eie bemagtigingsinisiatiewe, koop
MultiChoice ’n groot aantal dekodeerders by ’n
plaaslike vervaardiger. Dit het werkgeleenthede op
die gebied van vervaardiging, logistiek en verkope
geskep. MultiChoice het 113 agentskappe, almal
ondernemings met eienaar-bestuurders. Onge veer
28 hiervan word deur swart mense besit. R24m is
die afgelope jaar in hierdie projek belê.
Nie-finansiële oorsig (vervolg)
Regstreekse bemagtiging
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 69
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Voorts het ondernemingsontwikkelings-
inisiatiewe meer as 1 500 werkgeleenthede in
die Paarl Media-groep geskep.
WerknemersMultiChoice speel ’n belangrike rol in ekonomiese
groei in Afrika, deur direk en indirek by te dra tot
werkskepping. Ons het die afgelope 18 maande
sowat 5 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika
alleen geskep. Indirekte poste verteenwoordig
44% van die groei. 16% van die direkte poste is
geskep deur leerderskappe, wat
vaardigheidsontwikkeling in die informele sektor
verseker. Die vernaamste bron van werkskepping
in die indirekte mark is addisionele personeel in
agentskappe, groter installeringsspanne,
inhoudskepping, en onderhoud en opgradering
van fasiliteite.
DiensbillikheidNaspers heg groot waarde aan diversiteit in sy
werksmag. Die ontleding van die groep se
jaarlikse diensbillikheidsverslae aan die Suid-
Afrikaanse Departement van Arbeid, met
klassifikasies aangedui, word hieronder
weergegee.
0
5 000
10 000
15 000
20 000
20112010
15 932
12 958
Aantalwerknemers
Gestrem Swart Wit
2011
2%
54% 44%
Media24se werksmag
Swart Wit
2011
21%
79%
MultiChoicese werksmag
Verspreiding van werknemers
MultiChoice SA
Media24
Allegro
BuscaPé
Ander bedrywighede
3%
11%
44%
25%17%
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201170
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
WERKNEMERVOORDELEAftreevoordele
Sommige lande waarin ons bedrywig is, het
statutêre aftreevoordeelbefondsing. In ander
lande, en waar gepas, voorsien die groep
aftreevoordele aan heeltydse werknemers,
hoofsaaklik in die vorm van maandelikse bydraes
tot vastebydrae-pensioen fonds en vastebydrae-
voorsorgfondse. Die bates van hierdie
fondse word normaalweg in aparte trustee-
geadministreerde fondse gehou.
Mediesefondsvoordele
Mediesefonds-lidmaatskap is verpligtend in die
meeste groepondernemings, en die werkgewer
dra ’n deel van die maandelikse premie by.
Sommige groepmaatskappye voorsien
gesond heids voordele ná aftrede. Werknemers is
op hierdie voordele geregtig indien hulle tot en
met aftree-ouderdom in diens bly en ’n minimum
dienstydperk voltooi het.
Ekwiteitseienaarskap
Om die vaardighede te behou waarvan ons
volhoubaarheid afhang, bied die meeste
maatskappye in die groep aan werknemers
aandele-opsies of aandeelwaarderingsregte
ingevolge ’n aantal ekwiteitsvergoedingsplanne.
WERKNEMERVERHOUDINGEDie groep voldoen aan arbeidswetgewing in sy
bedryfsareas. In Suid-Afrika dien MultiChoice
en Media24 statutêre verslae in.
Die risiko van kinderarbeid en dwangarbeid is
laag in die groep. Waar kinders in plaaslike
produksies gebruik word, word streng nakoming
van hul gereguleerde diensvoorwaardes
toegepas.
OPLEIDING EN VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGInvestering in vaardigheidsontwikkeling is hoog
op die groep se agenda, met inagneming van die
strategiese belang van tegnologie en intellektuele
eiendom vir ons volhoubaarheid in ’n
mededingende mark.
In die oorsigtydperk het MultiChoice meer
as R17m aan inisiatiewe vir vaardigheidsont-
wikkeling bestee. Dit sluit die Program vir Nuwe
Bestuurders, Bestuursbevorderingsprogram en
Mediabestuursprogram in, wat voorsiening maak
vir opleiding vanaf toesighouervlak tot
uitvoerende bestuur.
Aangesien tegnologie MultiChoice se
kernbesigheid is, het vaardigheidsontwikkeling
talle fasette. Die maatskappy se
leerderskapprogramme kombineer
beroepsonderwys en opleidingsmodules vir die
verkryging van kwalifikasies wat binne die
Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
geregistreer is.
MultiChoice het gedurende die jaar 249
leerderskap- en internskapposte gevul wat
klantesorg, DStv Online, finansies, mense-
hulpbronne, uitsaaitegnologie en IT insluit.
Nie-finansiële oorsig Werknemers (vervolg)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 71
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Hierdie programme gee aan voornemende en
nuwe gegradueerdes ervaring in die
werkomgewing. Van die programme wat in ons
ondernemings ingestel is, sluit in:
38 ingenieurs- en tegniese poste by M-Net
10 poste by SuperSport vir praktiese
betrokkenheid by produksie-areas, en
46 poste vir leerderskappe en tegniese areas
by MWEB.
MultiChoice het 51 beurse toegeken in 2011,
wat die totale getal beurse wat sedert 2008
toegeken is, op 161 te staan bring.
SuperSport se vennootskap met Wits se
bestuurskool (WBS) dra by om die
administratiewe vaardigheidsbasis in
sportliggame in Afrika uit te brei. Sedert
die ontstaan van die program in 2006 het
120 sportadministrateurs dit met welslae voltooi.
Terwyl dit reeds as ’n wêreldklas-inisiatief
gevestig is, het SuperSport die program in 2010 na
Nigerië uitgebrei om in samewerking met WBS en
die Nigeriese nasionale sportkommissie te fokus op
die bestuur van groot byeenkomste, leierskap,
korporatiewe bestuurstoesig en strategie. Tot
dusver het 20 gegradueerdes daarby baat gevind.
SuperSport het die afgelope jaar sy opleiding in
Nigerië en Kenia verskerp, veral met die oordrag
van televisieproduksievaardighede om die
talentpoel van gekwalifiseerde produksiespanlede
uit te brei. Die Gain Insight From Training-program
(“GIFT”) help studente om vaardighede in die
televisieproduksie-omgewing te ontwikkel. Tans is
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201172
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-fi nansiële oorsig Werknemers (vervolg)
69 studente ingeskryf. Verder het 15 kwekeling-
produksie spanlede van Kenia en Nigerië by hul
Suid-Afrikaanse kollegas aangesluit vir praktiese
opleiding deur SuperSport se hoogs ervare
Suid-Afrikaanse produksiespan, ook tydens die
2010-Fifa-wêreldbekertoenooi.
Media24 het in die huidige fi nansiële jaar sowat
R23m in die ontwikkeling van werknemers op
verskeie vlakke belê. Dit sluit R9m in vir die
opleiding van huidige en toekomstige joernaliste
by sy Joernalistieke Akademie, wat die afgelope
jaar 24 afgestudeerdes opgelewer het.
Begunstigdes van die akademieprogram, van
wie party steeds ingeskryf is, sluit die volgende in:
13 beurshouers (drie swart, drie bruin en
sewe wit)
16 akademiekwekelinge (sewe swart, een bruin
en agt wit), en
agt ná-beurs kwekelinge (twee wit, twee swart,
drie bruin en een Indiër).
Media24 het in 2011 ook 229
beurse vir deeltydse studie aan
werknemers toegeken.
Nadat oorsese
opleidingsprogramme
bestudeer is, het Paarl
Media die voortou geneem
om ’n opleidingsfasiliteit van
wêreldgehalte, die Paarl Media
Academy of Print, te ontwikkel.
Ná omvattende
navorsing en
ontwikkeling is die
verouderde ambagleerplan
deur nuwe vakleerlingskapprogramme vervang.
Benewens tegniese programme, bied die
akademie ook vaardigheids- en leierskap-
kursusse aan vir Paarl Media-werknemers. Om
bestuursvaardighede in die bedryf te verhoog,
fokus Paarl Media se leierskapont wikkelings-
program (deur die bestuurskole van
Stellenbosch, Wits en ander
instellings) op die
ontwikkeling van mense
op alle bestuursvlakke
(van toesighouer tot
uitvoerende bestuur).
Die leierskap-
pyplynprogram verseker
dat potensiële leiers
geïdentifi seer word vir
verdere bevordering en
toekomstige bestuurs poste.
Die akademie is geakkrediteer by
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 73
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
die instituut van sektor- en beroepsuitnemend-
heid en ook as opleidings verskaffer by die
MAPPP/FPM Seta. Internasionale akkreditering
is deur City & Guilds, Brittanje se voorste
beroepstoekenningsliggaam, aan die akademie
toegeken.
In ons internasionale ondernemings,
hoofsaaklik in die internetbedryf, probeer ons
jong ingenieurs lok. Opleiding en ontwikkeling is
dus deurslaggewend vir ons strategie om
toonaangewende internetplatforms in ontluikende
markte te bedryf.
Ons skep geleenthede vir jong entrepreneurs
deur die sogenaamde Technology Incubator te
borg, waar tien jong gegradueerdes onder
leiding van ervare ingenieurs en
projekbestuurders hul idees vir nuwe
ondernemings toepas.
Internasionaal word jong ingenieurs en
tegnoloë deur die Uitruilprogram vir Junior
Personeel aangespoor om hul loopbaan in die
MIH Internet-groep voort te sit. Hierdie program
het tien talentvolle tegnoloë die geleentheid
gegee om drie maande by ander Naspers-
maatskappye te werk.
MIH besef ook hoe belangrik dit is om sy
ervare tegnoloë en ingenieurs te behou. Deur
erkenning aan ’n uitgesoekte groep uitnemende
tegnoloë van MIH te verleen, spoor ons senior
ingenieurs aan. Die toekenning sluit
betrokkenheid by groepwye projekte in en is
in 2011 aan 11 tegnoloë toegeken.
Naspers borg ook 30 studente vir nagraadse
studie in nuwe media aan die Universiteit
Stellenbosch. Gegradueerdes van die Media
Lab-program is met welslae in
groepmaatskappye aangestel.
Irdeto het sy samewerking met ongeveer
20 universiteite wêreldwyd verhoog, deur
internskappe, gesamentlike navorsing en
somerskole.
GEVALLESTUDIE – SUPERSPORT IN KENIASuperSport het ’n opleidingsprogram van drie maande in Kenia aangebied, waar ’n Suid-Afrikaanse produksiespan deelgeneem het aan die dekking van plaaslike sokker om Keniane praktiese ondervinding in alle aspekte van televisieproduksie te bied. Ons het meer as 40 operateurs opgelei. Nadat die gebruik van die hoofstadion in Kenia verkry is, en met die hulp van die Keniaanse premierliga, het 11 eersteliga-oefenwedstryde aan kwekeling-produksiespanlede geleenthede vir praktiese opleiding gebied. Produksies is opgeneem en in die klaskamer bestudeer, om vir kwekelinge te wys wat hulle goed gedoen het en waar hulle moes verbeter.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201174
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
GEMEENSKAPPEDie groep is aktief in sy gemeenskappe en fokus op geletterheids- en opvoedkundige programme in Afrika.
As gevolg van die aard van sy besigheid speel MultiChoice ’n sleutelrol in sy gemeenskappe. Met die strewe om ’n volhoubare impak op die land se sosio-ekonomiese uitdagings te hê, het MultiChoice se maatskappye verskeie inisiatiewe van stapel gestuur.
Korporatiewe burgerskap
Nie-fi nansiële oorsig (vervolg)
Projek Begunstigdes
M-N
et e
n D
Stv
Med
ia S
ales
Inisiatiewe vir gemeenskapsontwikkeling
Belegging van meer as R50m in skenkings en lugtyd.
Apex-pryse Erkenning van uitstekende resultate deur adverteerders en agentskappe. Hierbenewens het meer as 30 liefdadigheids organisasies en NRO’s gratis lugtyd gekry om bewustheid van verskeie maatskaplike kwessies te skep.
Bedryfsvaardigheid-ontwikkeling
Vuka-toekennings moedig gratis gemeen-skapsdiens-aankondigings vir liefdadigheids-organisasies en oor maatskaplike kwessies aan. Meer as 170 inskrywings is ontvang en 25 fi naliste se werk is op M-Net-kanale uitgesaai.
New Directions is gemik op regisseurs en teksskrywers – 75 inskrywings is in 2010 ontvang. Twee rolprente en een dokumentêre program wat vervaardig is, sal op Mzansi Magic bekendgestel word.
EDit bied aan ontluikende rolprent- en televisie studente geleenthede vir realiteits-produksies. Drie toets-realiteitsprogramme sal vir ontwikkeling en uitsending op Mzansi Magic ontgin word.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 75
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Projek Begunstigdes
M-N
et e
n D
Stv
Med
ia S
ales
(ver
volg
)
Naledi Graad 3-leerders is geleer lees en skryf.
300 kinders in ses skole in Gauteng en die Wes-Kaap het in 2010 hierby baat gevind.
Gogo Magic Skep werk vir benadeelde persone, met die brei van mussies wat aan wesies en kwesbare kinders uitgedeel word.
593 werkgeleenthede is in ses gemeenskappe in Gauteng en Limpopo geskep, en 28 000 mussies is aan kinders regoor die land uitgedeel.
Borskankerbewustheid Finansiële ondersteuning vir voertuie wat voorligting en toetsing vir borskanker in landelike gebiede moontlik maak:
1 365 vroue het mammogramtoetse ontvang
7 435 kliniese borsondersoeke is uitgevoer
11 205 persone het voorligting oor borskanker ontvang, en
27 000 stukke opvoedkundige materiaal is versprei.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201176
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)
Projek Begunstigdes
Sup
erS
port
My 2010 Schools Adventure Program in samewerking met die 2010-Fifa-wêreld beker toenooi en die departement van basiese onderwys, waarby 7 500 skole betrek is.
Vermindering van misdaad in skole deur ontwikkeling van sportvaardighede
Program in samewerking met Unicef en die departement van basiese onderwys, om deur sport misdaad te verminder en skoolbywoning te verbeter.
450 skole is bereik.
MW
EB
Internetkafees en rekenaaropleidingsentrums in townships
R700 000 is aan Silulo Ulothu Technologies geskenk om die opening van meer internetkafees en rekenaaropleidingsentrums in townships te help bevorder.
Sentrums in Athlone, Blue Downs en Gugulethu.
Mul
tiCho
ice
Film Talent Incubator Vaardigheidsontwikkeling en mentorskapgeleenthede vir opkomende rolprentvervaardigers in ’n intensiewe praktiese kursus.
Tot dusver het die rolprentbedryf 64 bekwame professionele rolprentmakers bygekry, wat teen vergoeding werk.
Ongeveer R20m is in hierdie program belê.
Drie addisionele weeshuise bygevoeg
MultiChoice het drie weeshuise in drie provinsies (Noordwes, Noord-Kaap en Mpumalanga) gehelp, as deel van sy program om wesies te ondersteun.
Tot dusver is 10 residensiële fasiliteite landwyd en meer as 1 000 kinders al gehelp.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 77
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Projek Begunstigdes
Mul
tiCho
ice
(ver
volg
)
Uitbreiding van rekenaarlaboratoriums in skole
Multimedia-laboratoriums is in agt skole in die Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap ingestel. Die laboratoriums sluit rekenaars, internet-verbindings, televisies en gratis opvoedkun-dige inhoud op DStv in. Om impak te verseker, is onderwysers opgelei in die bestuur van die hulpbron en inskakeling van tegnologie by onderrig.
Deur hierdie program het meer as 28 000 leerders toegang tot rekenaars.
MultiChoice Make a Difference (MMAD)
Werknemers word betrek en lewer vrywillige diens met die oog op gemeenskapsontwikkeling.
Meer as 1 100 werknemers het ’n verskil gemaak in die lewens van ongeveer 2 000 lede van gemeenskappe.
Reach Out DStv-intekenare kry kans om betrokke te raak by die Reach Out-program, deur die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse vir ’n fi nansiële bydrae van MultiChoice te benoem.
In 2010 is die volgende instansies ondersteun: Ikhaya Le Themba, SAVF Belfast Kinderhuis, Knysna Education Trust en Mother of Peace-weeshuis.
M
ultiC
hoic
e
Afr
ika
Media-ontwikkeling MultiChoice vervaardig in samewerking met CNN die CNN MultiChoice African Journalist of the Year-prys. Die 2010-funksie is in Mei in Uganda gehou en is deur president Museveni bygewoon.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201178
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
MultiChoice het ’n maatskaplike belegging-
strategie ontwikkel wat by sy doelwitte aansluit.
Dit sal tot breër Suid-Afrikaanse transformasie
bydra. Die strategie fokus op die ontwikkeling
van vaardighede wat vir MultiChoice se bedryf
van deurslaggewende belang is en konsolideer
sy sosiale programme in ’n enkele medium,
DStv Be More.
Let’s Play, wat in 2005 geloods is, het in 2010
by die bekendstelling van die Virgin Active
sportbedryf-pryse die prys ontvang vir die beste
maatskaplike verantwoordelikheid in sport. Let’s
Play moedig laerskoolkinders aan om aan sport
GEVALLESTUDIE – SUPERSPORT SE BETROKKENHEID BY SOKKERLIGAS IN AFRIKASuperSport is betrokke by die sokkerfederasies in Nigerië,
Kenia, Zambië, Angola, Ghana en Uganda. In sommige
gevalle is die tariewe wat SuperSport betaal om die plaaslike
sokkerwedstryde uit te saai, tot 75% van hul inkomste. Ons
sokkerkonsultant, Stanley Matthews, bied gereeld
werksessies aan wat korporatiewe bestuurstoesig,
administrasie en bestuur van die ligas verbeter. SuperSport
help met die bestuur van hul webwerwe, neem plaaslike
inwoners in diens en rus hulle toe met vaardighede, en belê
sterk in infrastruktuur soos ateljees, uitsaaivoertuie
ensovoorts. Ons help die ligas om borgskappe te kry en stel
hulle in staat om aan ’n uitruilprogram met die Duitse
Bundesliga deel te neem, waar administrateurs, spelers en
joernaliste werksessies in Duitsland bywoon.
Toeskouergetalle het vinnig toegeneem sedert SuperSport by
die federasies betrokke begin raak het – in Kenia was daar
byvoorbeeld ’n toename van gemiddeld 2 000 tot 20 000
toeskouers per wedstryd.
deel te neem en het vennootskappe met onder
meer Unicef en die departemente van basiese
onderwys en sport en ontspanning aangegaan.
Tydens die 2010-Fifa-wêreldbekertoernooi het
Let’s Play met die plaaslike organiseringskomitee
en die departement van basiese onderwys
saamgespan om die My 2010 Schools
Adventure-program aan te bied, waarby 7 500
skole betrek is. Deur die Let’s Play a Million-
projek is 220 000 sokkerballe aan skole en
gemeenskappe in die hele land versprei.
In vennootskap met die ministeries van
onderwys in Afrika-lande, het MultiChoice
hulpbronsentrums as ’n leerhulpmiddel vir
leerders gevestig in skole met ’n tekort aan
hulpbronne. Daar word nou 900 van hierdie
sentrums in 28 lande bedryf – 172 nuwe
sentrums is die afgelope fi nansiële jaar geopen.
Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 79
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
MultiChoice voorsien en installeer dekodeerders,
televisies en DVD-opnemers.
Die DStv Education-boeket word kosteloos
aan MultiChoice-hulpbronsentrums verskaf. Die
boeket bestaan uit agt opvoedkundige kanale:
History, National Geographic, National
Geographic Wild, BBC World, BBC Knowledge,
Discovery, Mindset Learn en Animal Planet.
Hierbenewens word opvoeders in hierdie skole
opgelei om hierdie opvoedkundige programme
met leerplanne te integreer.
Media24 wil hê dat alle Suid-Afrikaners moet
kan lees. Daarom het die maatskappy in talle
projekte belê wat opvoed, ophef en ontwikkel,
veral ten opsigte van geletterdheid. Media24
het die afgelope jaar sowat R13m in
gemeenskapsprojekte oor die hele Suid-Afrika
belê, met die fokus op welsyn, gesondheid en
onderwys. Verder het Media24 se koerante en
tydskrifte gratis redaksionele en advertensie-
ruimte beskikbaar gestel om bewustheid te skep
van en ondersteuning te werf vir ’n aantal
sosio-ekonomiese kwessies in die land.
Projek Begunstigdes
Literacy Move! Best Parent het met Project Literacy saamgespan om ’n reeks geletterdheids- en opleidingsprogramme vir volwassenes te ontplooi.
Volunteers24 Media24 se werknemervrywilligers het verskeie inisiatiewe ondersteun, waaronder die opknapping van preprimêre en laerskoolklaskamers in die Wes-Kaap en Gauteng. Bewustheids- en geldinsamelings-veldtogte het die Nasionale Kankervereniging, Hart- en Beroerte-stigting, Epilepsievereniging en Rooikruis vereniging ondersteun.
Rachel’s Angels Empowerment Trust Media24 se mentorskapprogram, Rachel’s Angels, is nou in sy vyfde jaar, met 20 deelnemende skole en 140 mentors van die Universiteit Stellenbosch wat as mentors optree en loopbaanadvies aan senior leerders van hierdie skole verskaf.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201180
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)
Ondersteuning van die Internasionale Rooi Kruis-federasie en Rooi Sekel-verenigings vir voedselsekuriteitprogramme.
Oprig van ’n kostent by die weeshuis The House in Berea waar voedsame kos sowel as vaardigheidsontwikkeling verskaf word.
Finansiële steun en komberse wat aan The Haven Care Centre gegee is.
Borg van ’n voertuig vir Amado, ’n organisasie wat gestremde kinders deur terapie met behulp van diere bemagtig.
Skenking van skoolklere, skryfbehoeftes en kos aan Prissked Charities.
Ondersteuning van Carel du Toit-sentrum,
waar kinders met gehoorgestremdheid
versorg word.
Jaarlikse bydrae tot die Paarl Post
Kersfondsinsameling ten behoewe van die
Wes-Kaapse gemeenskapskas.
Subsidie vir drukwerk van die Vereniging vir
Blindes en Tsiba-kollege.
Hulp aan Monte Christo Ministries met
voeding skemas by skole, sopkombuise en
hospitale.
Volgehoue skenkings aan die Nasionale
Seereddingsinstituut en SOS Kinderdorp.
Paarl Media is op sowel maatskaplike as
omgewingsvlak aktief betrokke by sy
gemeenskappe. Van sy huidige projekte sluit die
volgende in:
Beurstrust van R10m wat op die been gebring is
vir voorheen benadeelde studente uit die
Paarl-gemeenskap.
Bystand aan die Miqlat-leersentrum in Paarl-Oos
met leer- en rekenaarhulpbronne.
Borg van die drukwerk van The Big Issue,
waarvan die verkopers hoofsaaklik werkloses uit
informele nedersettings in die buitewyke van
Kaapstad is.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 81
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
TEN BATE VAN DIE GEMEENSKAPMultiChoice reik uit na die plaaslike
gemeenskappe waarin hy bedrywig is en
ondersteun inisiatiewe soos skenkings vir
rampverligting in Uganda, vir die slagoffers van
modderstortings in die ooste van die land, en
die boeredag-vierings in Ghana.
In Nigerië ondersteun MultiChoice die
sekelsel-stigting. Ons voorsien voertuie en
promosie-ondersteuning vir die stigting deur ons
platform te gebruik om bewustheid van die
siekte te skep en inligting oor behandeling te
verskaf.
Waardevolle werk word ook gedoen in van
die ondernemings waarin ons
minderheidsbelange het.
Vennootskap met die Paarlberg-projek om
werkgeleenthede te skep deur indringerplante
in die omgewing uit te roei.
Finansiële bystand aan Helping Hand SA, ’n
sendingorganisasie wat kos, klere en ander
middele aan armes uitdeel.
Nasionale sekelsel-sentrum in Lagos
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201182
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-fi nansiële oorsig Korporatiewe burgerskap (vervolg)
Tencent se liefdadigheidstigting het bykans
RMB10m (R10,4m) geskenk vir die oprigting van
skoolgeboue, koshuise en ander infrastruktuur
om die gehalte van plaaslike opvoeding en
skooltoestande in arm streke te verbeter.
Werknemers van Tencent het ’n
vrywilligervereniging gestig wat tans meer
as 1 000 lede het, onder wie middel- en
topbestuur onder leiding van die uitvoerende
hoof, en die ruggraat van verskeie afdelings.
Hulle gebruik hul vrye tyd om projekte uit te
voer wat deur die Tencent-liefdadigheidstigting
gefi nansier word. Dit sluit projekte vir
opvoedkundige ontwikkeling en die ontwikkeling
van universiteitstalent in. Ander aktiwiteite sluit
bystand aan bejaardes, opleiding in veilige
internetnavigasie vir jongmense, en die skenking
van klere aan rampgebiede in.
In die Filippyne het Sulit aangesluit by Bayan-
Anihan (’n gemeenskapsoes-beweging), ’n
vennootskap tussen die departement van
landbou en Gawad Kalinga, ’n organisasie wat
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 83
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
bied, wat deur promosiebemarking en
werknemervrywilligers ondersteun word.
Ricardo het ook geldinsameling vir die
internasionale Rooi Kruis ondersteun.
Kunswerke deur bekendes, met ’n rooi kruis
daarin, is op www.ricardo.ch opgeveil. Dié
projek het die gesogte Swiss Dialogue
Marketing-prys vir 2011 ontvang.
armoede probeer bestry. Hierdie beweging fokus
op die dringende kwessie van hongersnood in
die Filippyne. Om sy vierde bestaansjaar te vier,
het Sulit die SULITulungan-projek georganiseer –
23 werknemers en ongeveer 40 lede van die
Sulit-gemeenskap het ’n plaas aan die gang
gekry om aan gesinne van ’n dorpie in die
Laguna-streek ’n volhoubare bestaan te bied.
LevelUp! gebruik elke jaar virale bemarking en
die ondersteuning van beroemdes om speletjie-
entoesiaste aan te moedig om bloed te skenk,
as deel van sy Life Quest-projek in samewerking
met die Apro Sangue-instituut. Om boomdag
te vier, bied LevelUp! ’n vasvra op sy webwerf
aan, en spelerdeelname ondersteun die
maatskappy se skenking van sowat 200 bome
aan Tropical Flora.
OLX in Argentinië het ’n rekenaarskenkings-
program om skole, liefdadigheidsorganisasies en
organisasies sonder winsbejag (OSW’s) in hul
fokus op onderwys te help. Twaalf organisasies
het baat gevind by skenkings van rekenaars en
skootrekenaars wat in ’n goeie toestand is.
Verder ondersteun OLX talle OSW’s wat op
onderwys, geletterdheid, kwesbare kinders en
persone met gestremdhede fokus.
Ricardo neem deel aan die grootste geldinsameling
insameling in Switserland, Jeder Rappen zählt
(elke jaar voor Kersfees gehou), deur
liefdadigheidsveilings op www.ricardo.ch aan te
Ons streef ’n beseringvrye werkomgewing na.
Ons doen gesondheids- en veiligheidsrisiko-
evaluerings by ons fasiliteite, wat deur
opleiding ondersteun word.
Ons monitor bestuur se aksies deur
operasionele, interne en eksterne oudit- en
verslagdoening.
’n Gesonde werksmag dra by tot sakesukses.
Verskeie van ons ondernemings bied mediese
hulp- en welstandprogramme aan hul
personeel.
Gesondheid en veiligheid
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201184
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-finansiële oorsig Gesondheid en veiligheid (vervolg)
DIE WERKPLEKDie behoud van ’n gesonde, veilige
werkplek in sowel administratiewe as
produksiefasiliteite geniet voorkeur. Ons
streef die laagste moontlike koers vir beserings
aan diens na. Waar nodig, verseker
gesondheids- en veiligheidskomitees – wat uit
verantwoordelike, opgeleide individue bestaan
– regulatoriese voldoening. Geskikte mediese
nood- en rampherstelplanne is vir die bedryf van
die ondernemings ontwikkel.
Jaarlikse oudits of evaluerings van beroeps -
gesondheids- en veiligheids risikobeheer word
deur bedryfsentiteite in die hele groep uitgevoer
en waar nodig word verbeterings aangebring.
Belangrike sake word by Naspers se risiko-
komitee aangemeld en deur die komitee
gemonitor.
Media24 se verspreidingsonder neming
en drukkerye maak op groot skaal
gebruik van kontrakteurs en
organiseerders. Die meeste kom uit
voorheen benadeelde gemeenskappe en kry
opleiding by Media24 om hul werk veilig en
doeltreffend te kan uitvoer. Weens die aard van
die drukkery-onderneming, wat verspreidings-
netwerke en drukkeryfasiliteite besit en bedryf,
is dit die area in die Naspers-groep met die
grootste inherente risiko vir beserings aan diens.
MONITERINGMedia24 se veiligheids-, gesondheids- en
omgewingskomitee, ’n subkomitee van die
direksie, monitor verwante kwessies in die
Media24-groep. Media24 en MultiChoice
doen jaarliks gesondheid-, veiligheid- en
omgewingsoudits en gaan geboue na om
voldoening te verseker. Beserings aan diens
word streng gemonitor.
Die brand by Paarl Print in April 2009 het
tragies tot 13 sterftes en ernstige beserings aan
vier mense gelei. Dit was die ergste voorval in
die groep se geskiedenis. Ons betreur hierdie
lewensverlies en beserings en ons dink steeds
aan daardie gesinne. Groep maatskappye het die
gesinne finansieel bygestaan en amper R7m
uitbetaal. ’n Formele ondersoek na die brand by
Paarl Print, ingevolge artikel 32 van die Wet
op Beroeps gesondheid en Veiligheid, is in
Junie 2010 afgehandel. ’n Verslag is
ingevolge artikel 32 van die wet
opgestel en op grond van inligting wat
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 85
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
van die departement van arbeid ontvang is, word
verwag dat die verslag binne die afsienbare
toekoms beskikbaar gestel sal word. Nader
inligting dui daarop dat die verslag na die
nasionale vervolgingsgesag verwys is vir verdere
aksie. Wanneer die verslag beskikbaar gestel
word, is dit moontlik dat derde partye siviele eise
teen die maatskappy kan instel. Paarl Print se
blootstelling in hierdie verband behoort ná die
versekeringsterug betaling nie beduidend te wees
nie. Ons het die
gesinne ook gehelp
om eise ingevolge die
Wet op Vergoeding vir
Beroeps beserings en
-siektes van 1993 in
te dien.
WELSTANDVerskeie welstand-
programme word deur
die groep se fi liale
bedryf in ’n voor-
komende benadering
tot werknemers se
gesondheid. Dit wissel
van programme om op
te hou rook, tot MIV/vigs-toetse. Drywers
en personeel wat aan geraas blootgestel
word, ondergaan gereeld mediese, oog- en
gehoortoetse. Professionele en onafhanklike
psigososiale ondersteuning word aan
personeel in die ondernemings verskaf.
MultiChoice bied ’n reeks welstand- en
gebalanseerde leefstyldienste aan alle
werknemers op die perseel, en ’n Montessori-
kleuterskool vir sy werknemers in Randburg.
Media24 het ’n welstandsentrum by sy
kantore in Kaapstad en by sekere drukkerye.
Gesondheidsdienste sluit toetse in vir hoë
bloeddruk en diabetes, gratis MIV/vigs-berading
en -toetsing, en ’n aantal risikobeheer-
programme. Deurlopende
welstandondersteuning
word deur mobiele klinieke
regdeur die maatskappy
verskaf.
MIV/VIGSOns is deeglik bewus van
die MIV/vigs-pandemie in
Afrika en die maatskaplike
en ekonomiese implikasies
hiervan. Omvattende
programme in Media24,
MultiChoice Suid-Afrika en
MultiChoice in Afrika suid
van die Sahara buite
Suid-Afrika behels die
volgende:
inligtings- en
bewusmakingsveldtogte
vrywillige gratis toetsing
gratis berading, en
omvattende mediese
behandelingsprogramme.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201186
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Deur verbetering en volhoubare tegnologiese vernuwing, streef Naspers om oplossings te skep wat sy omgewingsimpak tot die minimum beperk.
Omgewing
HOE ONS DIT DOEN Ons doen risiko-evaluerings om
werksaamhede te identifi seer waar ons direkte
impak op die omgewing die beduidendste is.
Ons probeer gevorderde tegnologie aanwend
om die impak op die omgewing te verminder.
Ons drukkerye gebruik toonaangewende
uitlatingverminderingstegnologie om uitlatings
tot die minimum te beperk en op
verantwoordelike wyse van afval ontslae
te raak.
Ons monitor omgewingsnakomingstandaarde
by ons fasiliteite en neem deel aan derdeparty-
opnames.
Ons meet en doen verslag oor ons
koolstofvoetspoor.
Ons reageer op situasies waar werksaamhede
’n negatiewe uitwerking op die omgewing het.
Ons gebruik omgewingsvolhoubare hulpbronne
om aan ons bedryfsbehoeftes te voldoen,
en bewaar onhernubare natuurlike bronne.
Waar moontlik, gebruik ons
omgewingsverantwoordelike energiebronne,
belê in die verbetering van energie-
doeltreffendheid en ontwerp
energiedoeltreffende fasiliteite.
Ons probeer ons verskaffers oortuig om ’n
soortgelyke benadering met die lewering van
materiaal en dienste te volg.
Naspers se Suid-Afrikaanse werksaamhede het
hul bruto koolstofvoetspoor met betrekking tot
bestek 1- en 2-uitlatings vir die tweede jaar
agtereenvolgens ooreenkomstig die Greenhouse
Gas (GHG)-protokol gemeet.
Elektrisiteit bly die grootste bydraer tot direkte
uitlatings. Aangesien steenkool, wat
DIE GREENHOUSE GAS PROTOCOL (GHG-PROTOKOL) is ’n maatstaf wat deur ondernemings en regerings gebruik word.
Dié standaard is in 2001 gesamentlik deur die World Resources
Institute en die World Business Council for Sustainable Develop-
ment ingestel nadat hulle ’n behoefte geïdentifi seer het aan ’n
konsekwente maatstaf wat organisasies kon gebruik om uitlatings
te meet en te verantwoord.
Nie-fi nansiële oorsig (vervolg)
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 87
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
’n hoër uitlatingskoers het, Suid-Afrika se
hoofbron van elektrisiteit is, is elektrisiteit vir
100% van bestek 2-uitlatings verantwoordelik
(95% van totale uitlatings).
Deurlopende voorsiening van goeie gehalte
elektrisiteit is uiters belangrik vir die
voortsetting van ons bedrywighede. Die groep
het kragopwekkers by sekere fasiliteite
geïnstalleer om deurlopende elektrisiteit-
voorsiening te verseker en dus die risiko van
ontwrigtings te beperk.
Die bruto koolstofvoetspoor (bestek 1 en 2)
is 141 081 ton Co2e (2010: 129 760 ton
Co2e). Die groep het direkte uitlatings by
sowat 12 plekke regoor Suid-Afrika gemeet en
sal in die komende jaar fokus op die verfyning
van die proses om volledige datareekse in te
samel. Die drukkerye dra 59% tot die groep
se totale koolstof-uitlatings by.
Ons gebruik van elektrisiteit het die afgelope
jaar met 9% afgeneem, terwyl die GHG-
uitlatingsfaktor vir elektrisiteit met 10% gestyg het.
131 522 859kWh
Suid-Afrikaanse ondernemings
Bestek 1 CO2 ton
Elektrisiteit gebruik
Bestek 2 CO2 ton
119 833 655
6 655 7 389
2010 2011
133 692
123 105
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201188
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
KWEEKHUISGASSEIn MultiChoice en Media24 is ’n aantal Think
Green-inisiatiewe van stapel gestuur om ons
koolstofvoetspoor te verminder en die
volhoubaarheidsveldtog te ondersteun.
Inisiatiewe vir groter energiedoeltreffend-
heid wat die afgelope jaar begin is, sluit in:
installering van beweging-geaktiveerde ligte
opknapping van lugversorgers om
elektrisiteitsverbruik te verminder
konsolidasie van datasentrums, en
outomatiese slaapmodus van tafelrekenaars.
Afvalbestuursinisiatiewe het ingesluit:
instel van drukkers om outomaties bladsye
weerskante te druk en papierverbruik te
verminder, en
doeltreffender herwinning van
kantoorafval.
Uitreik-inisiatiewe na die gemeenskap is ook
van stapel gestuur:
installering van sonkrag-verkeersligte by die
MultiChoice-kampus in Randburg
installering van e-afvalhouers vir klante en
werknemers om op ’n veilige manier van
verouderde elektroniese toestelle soos
dekodeerders, afstandbeheerkonsoles,
rekenaars ensovoorts, ontslae te raak
Allegro in Pole het verskeie inisiatiewe
aangepak deur sy All For Planet Foundation
(www.allforplanet.pl), wat bedoel is om die
plaaslike gemeenskap deur bewusmaking te
help om ’n groener land na te streef, en ook
deur sekere omgewingsbeleggings aan te
gaan.
Naspers se bedrywighede is uiteenlopend en
wissel van drukkerye tot transaksie-
internetplatforms wat vermaak of produkte
aanbied. Elke tipe onderneming het ’n unieke
uitwerking op die omgewing, wat verskillende
maatreëls verg om hierdie impak te beperk.
Kweekhuisgasse
Nie-finansiële oorsig Omgewing (vervolg)
Verminder jou koolstofvoetspoor
Verspreiding
Drukfasiliteite
Kantoorgeboue
38%
3%
59%
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 89NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
DrukfasiliteitePaarl Media se papierverskaffers is in Suid-Afrika
en Europa gesetel en hulle ondersoek
voortdurend opsies om die impak op die
omgewing te beperk en terselfdertyd te verseker
dat gehaltepapier produkte in ons publikasies
gebruik word.
Paarl Media is die eerste drukkery-onder-
neming in Afrika wat die Forest Stewardship
Council (“FSC”) se bewaringskettingsertifisering
ontvang het. Dit is ’n onafhanklike internasionale
verifikasie dat gedrukte produkte vanaf hul
oorsprong tot verantwoordelike, goed bestuurde
bosbou-, beheerde en herwonne bronne
nagespoor kan word.
Paarl Media bied klante ’n omgewings-
volhoubare papierreeks en het die voortou
geneem in die Suid-Afrikaanse drukkerybedryf
deur die impak van drukproduksieprosesse op
natuurlike hulpbronne te erken en praktyke in
te stel om uitlatings uit te skakel. Die Paarl
Media-groep spits hom toe op vermindering,
en alle papier wat nie as deel van die gedrukte
produk verkoop word nie, word herwin en aan
Mondi verskaf. Toerusting in die opgegradeerde
Paarl Media Cape-drukkery verseker dat
stofdeeltjies afkomstig van die drukproses
versamel en herwin word.
Media24 se hoofprodukte is boeke, tydskrifte
en koerante. Die maatskappy herwin alle
onverkoopte tydskrifte en koerante en gebruik sy
tydskrifte en koerante as platforms om lesers in
te lig en te help om hul impak op die omgewing
te verminder.
BetaaltelevisieDekodeerders word verkry van erkende verskaffers
wat ’n verbintenis het tot omgewingsbeskerming.
Insiggewende programme verseker dat kykers
ingelig en aangemoedig word om hul
onmiddellike omgewing te beskerm.
InternetInternetplatforms soos Allegro gaan ekonomies
te werk. Hul kernbesigheid sluit aanlynkopies van
tweedehandse goedere in.
Bydraes word ook gelewer in sekere
maatskappye waarin ons minderheidsbelange
het. Tencent se vrywilligervereniging, met meer
as 1 000 werknemers as lede, het die afgelope
vyf jaar al talle boomplantgeleenthede gehou om
Tencent Green Forests uit te brei. Tencent-
vrywilligers het al meer as 1 000 bome geplant.
Die omgewingsimpak van ons internasionale
ondernemings is hoofsaaklik tot die gebruik van
elektrisiteit beperk.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201190
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-finansiële oorsig Omgewing (vervolg)
GEVALLESTUDIE: ALL FOR PLANET FOUNDATION
Allegro het in November 2008 sy All For Planet
Foundation gestig om gemeenskappe aan te moedig
om elke dag bewaringsbewus te wees. Dit kombineer
ekologie met ontwerp en musiek om
openbare ruimtes nuwe lewe te gee deur
volhoubare ontwerp en stedelike vervoer:
Bicycle racks ondersteun die konsep
van volhoubaarheid deur:
fietse as omgewingsvriendelike
vervoermiddel te bemark
ontwerp en bruikbaarheid te
kombineer
openbare mening en dialoog oor
stedelike vervoer aan te moedig
talentvolle jong Poolse ontwerpers
te ondersteun, en
’n unieke benadering tot
ekologieprojekte in Pole te bied.
Green backyards is ’n inisiatief wat
plaaslike gemeenskappe aanmoedig
om iets vir die ekologie-inisiatief te doen,
deur klein te begin en hul eie agterplase
te verander. Allegro kies elke jaar vyf
agterplase uit honderde inskrywings van
regoor die land.
Recycling music skep
musiekinstrumente uit gebruikte advertensiemateriaal en
houtvate. Die inisiatief het onlangs erkenning van Guinness
World Records ontvang vir die grootste orkes wat op herwonne
instrumente gespeel het by die XVI Woodstock-fees.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 2011 91
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Die groep het die afgelope jaar geen beduidende
boetes vir nie-voldoening ontvang nie.
Omdat MultiChoice in ’n hoogs gereguleerde
omgewing in Suid-Afrika sake doen, is
nakoming belangrik. Die maatskappy neem
deel aan die regulatoriese proses wat die
kommunikasiebedryf raak, deur aan verskeie
openbare forums en debatte deel te neem
en insette te lewer oor die formulering van
standaarde en strategieë vir hierdie bedryf.
Regulatoriese omgewing en boetes
MultiChoice en M-Net het boetes van die
selfregulerende liggaam, die Uitsaaiklag-
tekommissie van Suid-Afrika, ontvang in
verband met verkeerde skedulering van inhoud.
Dit was as gevolg van menslike foute en stappe
is gedoen om dit reg te stel.
Daar was in die afgelope jaar geen
omgewingsongelukke nie en geen omgewings-
verwante boetes is deur enige owerheid opgelê
nie. Die groep sal voortgaan om sy prosesse vir
die bestuur van sy omgewingsimpak te verfyn.
PryseVan die belangrike pryse wat deur ons groepmaatskappye ontvang is:
ibibo
Star Youth Icon-prys by die derde Global Youth Marketing
Awards 2011 vir bydraes tot die jeug.
Media24 Koerante
Nasionale Persklub se 2010 redakteur van die jaar:
City Press se hoofredakteur, Ferial Haffajee.
Media24 Tydskrifte
Uitnemende prestasie by jaarlikse Pica-pryse:
SARIE – Michélle van Breda, redakteur van die jaar
SARIE – verbruikerstydskrif van die jaar
Woolworths TASTE – uitgegee deur New Media Publishing in
opdrag van Woolworths – klantetydskrif van die jaar.
NASPERS- GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG 201192
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Nie-fi nansiële oorsig Pryse (vervolg)
DIE NASPERS-GROEP
PRESTASIE-OORSIG
KORPORATIEWEBESTUURSTOESIG
OPGESOMDEFINANSIËLEJAARSTATE
AANDEELHOUER-EN KORPORATIEWE
INLIGTING
Paarl Media ● Eerste Afrika-lid wat tot die internasionale WAN/IFRA Quality Club
toegelaat is
● Erkenning deur Mondi en Sappi vir drukwerk.
NB Uitgewers● Hertzog-prys vir fi ksie – 30 Nagte in Amsterdam deur
Etienne van Heerden (Tafelberg)
● Universiteit van Johannesburg se debuutprys vir
kreatiewe skryfwerk – Plaasmoord deur Karin Brynard
(Human & Rousseau)
● Universiteit van Johannesburg se prys vir kreatiewe
skryfwerk – Reisiger deur Elsa Joubert (Tafelberg)
● Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur – In die nimmer-immer-bos deur
Linda Rode, geïllustreer deur Fiona Moodie (Tafelberg)
● Commonwealth Writers’ Prize vir die beste boek in die Afrika-streek –
The Double Crown deur Marié Heese.
SuperSport ● Let’s Play is by die bekendstelling van die Virgin Active sportbedryf-
pryse aangewys as Suid-Afrika se beste inisiatief vir maatskaplike
verantwoordelikheid in sport.
MultiChoice● Orange Indeks-pryse – eerste in telekommunikasiesektor en algeheel
vierde (evaluering van alle maatskappye wat klantediens lewer)
● Vier Loerie-pryse (evaluering van kreatiewe reklame in alle media, soos
beoordeel deur ’n paneel van kundiges)
● Eerste in FinWeek se radioveldtog van die jaar (evaluering van reklame
op radio, soos beoordeel deur ’n paneel van kundiges)
● 21 Generation X Top Teas (navorsing oor alle Suid-Afrikaanse
handelsmerke)
● 12 Afrika Promax-pryse (Afrika: kreatiewe uitsaaibemarking)
● Vier internasionale Promax-pryse (Internasionaal: kreatiewe
uitsaaibemarking)
● Eerste en gesamentlik tweede in Millward Brown (navorsingsmaatskappy)
se tien gewildste Suid-Afrikaanse televisie-advertensies.